Wys resultate 1 tot 2 van 2

Draad: Die Slag van Italeni!!!

  1. #1
    luther1
    Besoeker

    Verstek Die Slag van Italeni!!!

    Die Slag van Italeni (6 April 1838)
    Na die afgryslike gebeure by Blaauwkrantz trek Gert Maritz, Piet Uys, Hendrik Potgieter en Piet Greyling afsonderlike laers by Doornkop. Die Trekkers besluit om Dingane te straf en begin daarvoor beplan. Potgieter en Uys weier om Maritz as leier van die kommando te aanvaar; op die ou end ry twee perdekommando's in die rigting van Zoeloeland. Hulle steek die Tugela oor en bemerk 'n groot sametrek van vee oorkant die Buffelsrivier naby die Italeni-berg.
    Toe die Zoeloe herders die beeste in 'n vallei jaag tussen twee reekse van die berg, raak Potgieter onrustig en hou sy manne terug. Uys se kommando jaag die vallei binne tot waar dit vernou; hier l die Zoeloemag vir hulle en wag in 'n perfekte lokval. Die krygers val s skielik aan met bloedstollende gille dat die perde skrik en begin rondmaal. Uys en sy manne het weinig beweegruimte om vorentoe of agtertoe te beweeg terwyl Potgieter hulle 'n pad probeer oopveg. Potgieter val die horings van die Zoeloelinie aan om so die geledere op te breek. Die Uys kommando jaag deur, maar Piet Uys en agt makkers word afgesny, Uys word gewond maar probeer tog al bloeiende om een van sy manne te help. Hy val egter van sy perd af en smeek die ander om hom te laat en te ontvlug. Sy twaalfjarige seun, Dirkie, wat kon wegkom, draai om en veg moedig aan sy pa se sy totdat ook hy sneuwel. Uys se kommando skiet omtrent 600 Zoeloes dood, maar die een regiment na die ander maak hulle opwagting. Potgieter beveel dat almal moet terugval en die kommando's se perde raak onbeheerbaar met die lawaai van duisende krygers wat op hulle skilde trommel. Na agtervolging van twee uur gee die Zoeloes bes - hulle weet egter dat die oorwinning aan hulle behoort. Tien Trekkers is in di skermutseling dood terwyl 'n aantal perde in die slag gebly het.
    Die mislukte ekspedisie veroorsaak groot onmin tussen Potgieter en Uys se ondersteuners. Hy word daarvan beskuldig dat hy Uys hulle in die steek gelaat het en terleurgesteld besluit hy en sy gevolg om Natal te verlaat.
    <A name="Die Slag by veglaer">Die Slag by Veglaer (13 tot 15 Augustus 1838)
    Op 13 Augustus sak 10 000 Zoeloes weereens toe en omsingel die mees oostelike laer by Gatslaer aan die Boesmansrivier. Die Trekkers was egter gereed vir hierdie aanslag: 'n versterkte laer is getrek met 'n binnesirkel van waens vir die vroue en kinders. Doringtakke tussen en onder die waens dien as versperrings om die vyand uit te hou.
    Onder aanvoering van kommandant Hans de Lange slaan die 75 weerbare manne golf op golf Zoeloes af in 'n geveg wat twee dae en nagte duur. Die vroue help om die gewere te laai en elke dag sneuwel honderde impi buite die laer. Op die derde dag gee die Zoeloemag bes en trek terug - weereens met al die Trekkers se vee. Na die geveg word die plek herdoop na Veglaer. 'n Maand later, op Sondag 23 September 1838, sterf Gert Maritz op die jong ouderdom van 41 jaar.

  2. #2
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Thu
    Plek
    Ons Geskiedenis moet voortleef
    Poste
    2,673

    Verstek Re: Die Slag van Italeni!!!

    Luther baie dankie vir hierdie waardevolle inset op die Geskiedenis laer.

    Volksgenote ek moedig julle elkeen weer aan om Luther se voorbeeld te volg en die volk se geskiedenis hier op die laer te plaas sodat ons almal dit kan lees wat al vergete geraak het.

Soortgelyke drade

  1. Lag 'n slag !!!
    By Pendoring in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 5
    Laaste Pos: 15 Oct 2008, 22:33
  2. Die Slag van Donkerhoek
    By Arend in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 12 Jun 2008, 14:46
  3. Lag n slag!!!!!
    By Krummel in forum Volkshumor
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 8 Apr 2008, 14:37
  4. Kapain, Italeni en Bloedrivier
    By Arend in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 1 Dec 2007, 18:22
  5. Glimlag 'n slag...
    By KIMAREN in forum Volkshumor
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 29 Jan 2006, 20:16

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::