Wys resultate 1 tot 9 van 9

Draad: Majuba-deklarasie

  1. #1
    Kennis Volksregister DuP du Plessis's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Sun
    Plek
    Pretoria, Hoofstad van Republiek 15
    Poste
    344

    Verstek Majuba-deklarasie

    Goeiedag Boere,
    Ek weet nie of julle daarvan bewus is nie, maar ons ou klompie Boere is toe nie eerste met ons Majuba-deklarasie nie! Ons is voorgespring deur Boere wat nog verder vooruitgedink het as onsself!

    No. 267.
    Gouvernements Kennisgeving.

    _______
    ONDERSTAAND Volkraadbesluit, art. 248,
    d.d. 31 Mei 1882, wordt hiermede ter algemeene informatie gepubliceerd.

    Op last,

    W. EDUARD BOK,
    Staatssecretaris.

    Gouvernementskantoor,
    Pretoria, 5 Junij 1882.
    _______

    Volksraadsbesluit art. 248, d.d. 31 Mei 1882.
    Den 27sten Februarij van elk jaar, de Gedenkdag van den Slag bij Amajuba, zal in ’t vervolg een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer zijn, voor de groote dingen op dien dag aan het volk gedaan.


    Hierdie kennisgewing wat destyds in die Staatskoerant gepubliseer was, was gelykstaande aan die uitvaardiging van 'n 'Wet van Transvaal'. Hieruit kan julle sien dat ons ou voorsate erkenning gegee het aan die feit dat JHWH die God van die Boerevolk, ons ook weer 'n tweede maal met 'n wonderwerk uitgered het uit die hand van die magtigste vyand wat op daardie stadium die wêreld oorheers het.
    Nie net was die Engelse baie meer as die Boere nie, hulle was ook opgeleide soldate met meer moderne vuurwapens as die Boere se voorlaaiers en jaggewere. Die Engelse het reeds die magsposisie van die dominerendste berg in die omgewing ingeneem, desnieteenstaande het ons Vader hulle in ons voorouers se hand gegee om weer hulle vrye Boere-republiek terug te kry.
    Hierdie uitslag van die 'Slag van Majuba' het egter nie gratis en verniet gekom nie, op 13 Desember van die vorige jaar is die volgende Verbond gesluit te PAARDEKRAAL.

    In de tegenwoordigheid van den Almachtige God, de kenner aller harten onder biddend opzien om Zijn genadige hulp en ontferming, zijn wij, Burgers der Zuid-Afrikaansche Republiek, plechtig overeengekomen, gelijk wij bij dezen overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heiligen verbond op te richten, hetwelk wij met plechtigen eed bezweren.

    Ruim veertig jaar is het geleden dat onze vaderen den Kaapkolonie ontvlucht zijn om een vrij en onafhanklijk volk te worde, Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.

    Wij hebben Natal, den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemalen heeft de Engelsch Regering onze vrijheid vertrapt… en onze vlag, die onze vaderen met hun bloed en tranen heeft gedoopt hebben , van den grond neergehaal.

    Alz door een dief in den nacht is onze vrye Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen het niet dragen.

    God wil, dat de eerbied onze vaderen en de liefde jegens onze kinderen ons voorskrijft het erfpand der vaderen ongeschonden aan onze kinderen over te leveren.

    Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven alz mannen, broeders, plegtig belovende, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog op God, zamen te werken, tot den dood toe Voor de herstelling van de vrijheid onzer Republiek.

    Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig.


    Nou wil ek baie dringend aan elke Boer op hierdie webblad vra: Oor 3 dae is hierdie wet reeds 124 jaar oud, van daardie 124 jaar was dit vir 104 jaar vertrap deur talle volksvreemde regerings. Eers die Engelse, toe die Jingo's, toe die Afrikaners en nou die parasiete.
    Sal ons onsself verder deur volksvreemdes laat verhoed om ons Geloftes te betaal? Kom ons neem Woensdag elkeen op sy eie 'n 'plechtigen eed' dat ons voortaan 27 Frebruarie van elke jaar, as 'een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer' sal hou, en dat ons, ons kinders sal inlig oor 'de groote dingen' wat JHWH 'op dien dag aan het volk gedaan.'
    Boeregroete,
    DuP
    Hoog die Vierkleur vir Republiek 15!

  2. #2
    Anna Steenkamp
    Besoeker

    Thumbs up Re: Majuba-deklarasie

    Baie dankie vir hierdie wonderlike artikel neef DuP. Kan ek hierdie artikel van jou maar uitdruk en aan ons mense versprei? Jy is inderdaad 'n yster!!!

  3. #3
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Thu
    Plek
    Ons Geskiedenis moet voortleef
    Poste
    2,673

    Verstek Re: Majuba-deklarasie

    Baie goeie plan neef. Na die afloop van die verkiesing op 9 Des 2006 kan die nuwe leiers besluit dat die 27ste Februarie van elke jaar 'n amptelike Boerevolk vakansie dag word.

  4. #4
    Kennis Volksregister DuP du Plessis's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Sun
    Plek
    Pretoria, Hoofstad van Republiek 15
    Poste
    344

    Verstek Re: Majuba-deklarasie

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Anna Steenkamp
    Baie dankie vir hierdie wonderlike artikel neef DuP. Kan ek hierdie artikel van jou maar uitdruk en aan ons mense versprei? Jy is inderdaad 'n yster!!!
    Goeiedag Anna,
    Ja asb., so wyd as moontlik, maar laat my toe om dadelik te ontken dat dit 'my atrikel' is. Die werklike skrywer hiervan is ons Vader wat hierdie geskiedenis al in Sy raadsplan beskryf het, lank voor die grondlegging van die aarde.
    Die (her)skrywer wat hierdie waarheid sy laaste lewenstaak gemaak het, om dit onder die aandag van sy volk te bring, is Oom Hendrik van Blerk. Ek wil nie te veel uitwei oor die inhoud van sy laaste boek wat eersdaags gaan verskyn nie, maar ek glo dat hierdie boodskap die kern vorm van dit wat Oom Hendrik besiel het om nog met soveel ywer tot op 90 jarige ouderdom, die boodskap van vryheid deur middel van Majuba aan die Boerevolk te gee.
    Ek sal die Plaaswerf op hoogte hou oor wanneer die boek beskikbaar sal word en hoop dat ons deur middel van al die laers en Boereklubs hierdie boodskap na elke Boer regoor die wêreld deur te gee.
    Intussen wag ek nog dat iemand op die werf, die Majuba reeks moet bestel.
    Boeregroete,
    DuP
    Hoog die Vierkleur vir Republiek 15!

  5. #5
    Kennis Volksregister DuP du Plessis's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Sun
    Plek
    Pretoria, Hoofstad van Republiek 15
    Poste
    344

    Verstek Re: Majuba-deklarasie

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Boere Staatsman
    Baie goeie plan neef. Na die afloop van die verkiesing op 9 Des 2006 kan die nuwe leiers besluit dat die 27ste Februarie van elke jaar 'n amptelike Boerevolk vakansie dag word.
    Goeiedag Boere en ons Staatsman,
    Ek hoop nie dat ons tot dan gaan wag om hierdie wet, wat reeds 124 jaar lank ons volk s'n is, weer ons eie te maak nie. Wat ek wel besef is dat daardie Verbond, wat daar op Paardekraal tussen die Boere met 'n Eed voor ons Vader gesweer was, vandag nog net so geldig is, en deur elkeen van ons met mekaar herbevestig moet word. Gaan lees die inhoud daarvan weer 'n keer aandagtig.
    Boeregroete,
    DuP
    Hoog die Vierkleur vir Republiek 15!

  6. #6
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Thu
    Plek
    Ons Geskiedenis moet voortleef
    Poste
    2,673

    Verstek Re: Majuba-deklarasie

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur DuP du Plessis
    Goeiedag Boere en ons Staatsman,
    Ek hoop nie dat ons tot dan gaan wag om hierdie wet, wat reeds 124 jaar lank ons volk s'n is, weer ons eie te maak nie. Wat ek wel besef is dat daardie Verbond, wat daar op Paardekraal tussen die Boere met 'n Eed voor ons Vader gesweer was, vandag nog net so geldig is, en deur elkeen van ons met mekaar herbevestig moet word. Gaan lees die inhoud daarvan weer 'n keer aandagtig.
    Boeregroete,
    DuP
    Ons moet dalk weer as volk hierdie tipe geloftes en verbond voor JaHWeH gaan afle en dit herbevestig.

  7. #7

    Verstek Re: Majuba-deklarasie

    Baie dankie broer, Dup
    Lank lewe die boerevolk
    Geteken : Adolph Hitler

  8. #8
    Kennis Volksregister DuP du Plessis's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Sun
    Plek
    Pretoria, Hoofstad van Republiek 15
    Poste
    344

    Verstek Ant: Majuba-deklarasie

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur DuP du Plessis Bekyk pos
    No. 267.
    Gouvernements Kennisgeving.

    _______
    ONDERSTAAND Volkraadbesluit, art. 248,
    d.d. 31 Mei 1882, wordt hiermede ter algemeene informatie gepubliceerd.

    Op last,

    W. EDUARD BOK,
    Staatssecretaris.

    Gouvernementskantoor,
    Pretoria, 5 Junij 1882.
    _______

    Volksraadsbesluit art. 248, d.d. 31 Mei 1882.
    Den 27sten Februarij van elk jaar, de Gedenkdag van den Slag bij Amajuba, zal in ’t vervolg een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer zijn, voor de groote dingen op dien dag aan het volk gedaan.
    Kwoteer Oorspronklik gepos deur DuP du Plessis Bekyk pos
    Nou wil ek baie dringend aan elke Boer op hierdie webblad vra: Oor 3 dae is hierdie wet reeds 124 jaar oud, van daardie 124 jaar was dit vir 104 jaar vertrap deur talle volksvreemde regerings. Eers die Engelse, toe die Jingo's, toe die Afrikaners en nou die parasiete.
    Sal ons onsself verder deur volksvreemdes laat verhoed om ons Geloftes te betaal? Kom ons neem Woensdag elkeen op sy eie 'n 'plechtigen eed' dat ons voortaan 27 Frebruarie van elke jaar, as 'een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer' sal hou, en dat ons, ons kinders sal inlig oor 'de groote dingen' wat JHWH 'op dien dag aan het volk gedaan.'
    Goeiedag Boere,
    Hierdie pos was bykans 7 jaar gelede hier geplaas. Intussen het hierdie hardkoppige ou Boervolkie se situasie so versleg dat ons tans die moord en doodslag daagliks in die gesig staar, nie net op ons plase nie, maar oral waar ons steeds 'n bestaan probeer voer. Ek kan die hoeveelheid Boere wat ek ken op my twee hande tel, vir wie die "Volksraadsbesluit art. 248, d.d. 31 Mei 1882" intussen 'n saak van erns geword het.
    Ek wil maar weereens baie dringend aan elke Boer op hierdie webblad vra: Oor 'n maand van nou is die 131ste herdenking van die Slag van Majuba en teen 31 Mei sal bg. wet reeds vir 113 jaar vertrap wees deur talle volksvreemde regerings, Engelse, Jingo's, Afrikaners en nou byna vir twee dekades al die Kommunistiese parasiete.
    Sal ons onsself verder deur volksvreemdes laat verhoed om ons Geloftes te betaal? Kom ons kom op Woensdag 27 Februarie 2013 eendragtig op Majuba bymekaar en neem elkeen daar 'n 'plechtigen eed' dat ons voortaan 27 Frebruarie van elke jaar, as 'een publieke feestdag en een dag van verootmoediging voor den Heer' sal hou, en dat ons, ons kinders sal inlig oor 'de groote dingen' wat JHWH 'op dien dag aan het volk gedaan.'
    Die Majuba naweke wat al vir 20 of meer jaar gereël was, het nog nooit hierdie waarheid by ons volk se jeug tuisgebring nie. Nog steeds word dit gereël as 'n lekker piekniek en 'n kantus op die berg. Vir hoe lank nog gaan ons toelaat dat ons jeug oningelig bly oor die waarheid van ons Vader se Verbond met ons, vir hoe lank nog gaan ons die eer verswyg wat ons Vader in die hemel toekom. Die Boerevolk mag nie verder hieroor swyg nie.
    Boeregroete,
    DuP
    Last edited by DuP du Plessis; 25 Jan 2013 at 16:03.
    Hoog die Vierkleur vir Republiek 15!

  9. #9
    Kennis Volksregister DuP du Plessis's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Sun
    Plek
    Pretoria, Hoofstad van Republiek 15
    Poste
    344

    Verstek Ant: Majuba-deklarasie

    Goeiedag Boere,
    More oor twee weke sal aan elkeen van julle weereens die geleentheid gegun word om bg. opdrag tot verootmoediging, uit te voer tot eer van ons Vader in die hemel.
    Maar oor 'n week en 'n half sal duisende van ons volksgenote, heel moontlik ook jul eie kinders, (moontlik ook jy wat nou hier lees) op daardie selfde berg bymekaarkom om piekniek en 'n kantus te hou, sonder om vir een oomblik herinner te word aan die werklike rede vir daardie herdenking.
    Ek wil 'n uitdaging rig aan elkeen wat hierdie pos lees:
    Maak 'n afspraak met jou eie gewete en gaan dink mooi na oor die onreg wat die Boerevolk (nie die Afrikaners nie) hul eie Vader aandoen deur nie aan hulle kinders hierdie opdrag voor te leef nie, en met hul eie optrede ook hul kinders die geleentheid te misken om "de groote dingen" wat ons Vader in die hemel "op dien dag aan het volk gedaan" te mag uitleef nie.
    Boeregroete,
    DuP
    Hoog die Vierkleur vir Republiek 15!

Soortgelyke drade

  1. Majuba Deklarasie verspreiding
    By nieuwoudtrl in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 17 Aug 2008, 19:26
  2. Die Majuba Deklarasie
    By Leeuw in forum Volkereg Laer
    Antwoorde: 17
    Laaste Pos: 26 Feb 2007, 13:42
  3. Die Majuba Deklarasie
    By Stoffel in forum BVR - Die Boerevolk Verteenwoordigende Raad
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 11 Jul 2006, 10:38
  4. Die Majuba Deklarasie by die Parlement
    By Stoffel in forum Volkereg Laer
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 24 May 2006, 07:36
  5. Die ANB oor die Majuba Deklarasie
    By Hektor in forum Politieke Laer
    Antwoorde: 21
    Laaste Pos: 7 Mar 2006, 00:08

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::