Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 23

Draad: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

  1. #1

    Verstek Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede asook Rebelle tydens Anglo Boereoorlog.

    Johannes Petrus Coetzee.

    Die sestienjarige Johannes Coetzee (met die hoed op sy kop) staan tussen twee soldate en hoor sy doodsvonnis op die kerkplein in Cradock aan. Johannes Petrus Coetzee, die sestienjarige seun wat deur die Engelse ter dood veroordeel is. Sy teregstelling het baie reaksie in Brittanje uitgelok.
    JOE VENTER: Bloemfontein
    KOL. HARRY SCOBELL was gedurende die Anglo-Boereoorlog 'n gehate en gevreesde man onder die Boeremagte in die destydse Kaapkolonie. Soos Paulus voor sy bekering die Christene gejag het, so het Scobell die rebelle gejag. Dalk kan 'n mens hom vergelyk met die bounty hunters in Amerika wat onskuldiges by die hope doodgeskiet het. In die boek Hoe zij stierven (1904) verskyn die naam van Scobell gereeld by rebelle wat gevang is. In die berig hiernaas vertel mnr. Gert Coetzee van sy broer wat in die oorlog dood is. Coetzee was negentien toe die oorlog uitgebreek het en sy broertjie, Johannes Petrus, net veertien. Dit was Scobell wat inligting opgevolg en die jong Coetzee gevang het. Op 24 Junie 1901 is die sestienjarige penkop op Dordrecht verhoor. Hy is aangekla van moord op ene manskap Gibbons en hoogverraad. Hy het erken dat hy hom by die Boerekommando's aangesluit het, maar ontken dat hy moord ge-pleeg het. Hy is op albei klagtes skuldig bevind en tot die dood veroordeel. Coetzee is in die tronk op Dordrecht aangehou tot vier dae voor sy teregstelling. Hy is na sy tuisdorp, Cradock, geneem om tereggestel te word. Self het hy toe nog nie geweet wat sy vonnis was nie.
    Op 12 Julie is hy na die kerkplein geneem waar die doodvonnis oor hom uitgespreek is. Die kerk is deur die soldate beset. Al die inwoners van die dorp wat met die Boere gesimpatiseer het, is as ``ongewenste inwoners'' beskou en almal moes op die plein byeenkom om die vonnis aan te hoor. Die name van mense is selfs uitgelees om seker te maak hulle is daar. Coetzee is voor die kommandant gebring om die vonnis aan te hoor. Dit was 'n verdwaasde seun wat na die tronk teruggelei is. Hy het nie die doodvonnis verwag nie. Toe sy vader hom die volgende dag besoek, was hy egter kalm en het hy sy pa getroos: ``Vader, sÍ aan moeder hulle moet nie treur nie. Alles is reg. Ek gaan na my Heiland toe, na my ewige tuiste. Ek weet julle sal oor my treur en dit kwel my.'' Kort daarna is hy na die agterplaas van die gevangenis geneem waar die groot klomp ongewenstes weer gedwing is om die voltrekking van die vonnis te aanskou. Ds. J.C. Reyneke het hom bygestaan. ``My Jesus is aan my sy,'' was sy laaste woorde. Die wyse waarop Coetzee deur die militÍre hof verhoor is, het weerklank in Engeland gevind. Die Morning Leader berig dat Coetzee skuldig bevind is deur 'n hof ``which had only the most elementary notions of evidence. There was obviously no adequate evidence on which to convict him. He was a very young man, neither ruffian nor brigand and certainly in no sense a ringleader. His hanging was quite indefensible.'' Die vonnis is ook in die Britse parlement veroordeel en een lid van die laer huis het gesÍ een onregverdigheid, een veroordeling van 'n onskuldige man kan vir geslagte in die geheue van 'n volk bly vassteek. Die teregstelling van Hendrik Jacobus van Heerden op 2 Maart 1901 in die distrik Middelburg (Kaap) word beskryf as 'n skreiende verontagsaming van billike regspleging weens die bedenklike wyse waarop hy ter dood veroordeel is.
    Van Heerden was nie 'n rebel nie, maar 'n lojale Britse onderdaan. Op 1 Maart 1901 het 'n klompie boere onder kmdt. Kritzinger op sy plaas aangekom waar hulle proviand en voer vir hul perde gekry het. Kort nadat hulle daar weg is, het kol. Gorringe daar aangekom en Van Heerden gearresteer en vir ondervraging na Middelburg geneem. Hulle was 'n paar honderd meter van die huis af toe die Boere op hulle losbrand. Van Heerden is swaar gewond. Hy het vir die Boere beduie om op te hou vuur. Twee soldate is ook gewond, maar Van Heerden moes die huis binnegehelp word. Die dag nŠ die skietery het 'n groep soldate by die plaas opgedaag. Die luitenant in bevel het Van Heerden meegedeel dat 'n bevoegde hof hom skuldig bevind het en dat hy agt minute tyd gegun word woordat hy tereggestel sal word. Uit die verslae van Gorringe blyk dit dat die verhoor op 'n buurplaas gehou is. Hy meld dat weens 'n gebrek aan tyd kan hy nie die saak vir goedkeuring aan hoŽr gesag voorlÍ nie en dat hy genoodsaak was om die vonnis te voltrek weens ``the urgent necessity to make a summary example on the spot''. Hy sÍ hy moes die Boere agtervolg en kon nie wag nie. Van Heerden, wat in groot pyn was, is deur die soldate uit sy vrou se arms losgeskeur, op 'n kombers gesit en na buite gedra. Daar was 'n sarsie skote agter die kraalmuur en oomblikke later het die soldate 'n sterwende Van Heerden weer by die huis ingedra en op sy bed neergegooi. Die vonnis is gekritiseer deur die magistraat wat verslag moes doen en die prokureur-generaal van die Kaap se kommentaar het gelui: ``I need hardly point out that even in the case of a military tribunal, a trial in the absence of the accused is no trial at all.'' Van Heerden het in sy vrou se arms gesterf. Sy laaste woorde was: ``My vrou, my vrou, sit op my grafsteen: Onskuldig bloed. Onskuldig bloed.''
    Aangehegde prentjies Aangehegde prentjies Click image for larger version. 

Name:	g.2c_250_300.jpg 
Views:	96 
Size:	16.2 KB 
ID:	6367   Click image for larger version. 

Name:	ghy.jpg 
Views:	99 
Size:	15.0 KB 
ID:	6368  
    Last edited by Boertjie Phillip; 5 Nov 2017 at 18:02.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  2. #2

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Penkop gee ooggetuie-verslag van luitenant Liebenberg se teregstelling.

    Teen die aand bevind die penkoppe hulle in Aliwal-Noord se gevangenis. Hulle staan in 'n kantoor waar 'n Kakie in die lig van 'n stormlantern hul besonderhede in 'n register aanteken. Agter die penkoppe staan die wagte wat hulle van Dordrecht af begelei het. Skielik verstyf die een wag en skree: ``Attention!''
    'n Kakie met 'n oorgetrekte leerlatjie onder die arm kom die vertrek binne, terwyl al die Kakies stokstyf regop staan en in die verte tuur. Dit lyk kompleet of hulle op nagenoeg portrettelyshoogte dwarsdeur die muur kyk.
    ``At ease,'' sÍ die Kakie met die stokkie en almal lyk weer normaal. Die penkoppe vind die optrede komies en kyk glimlaggend na mekaar. Die Kakie met die stokkie hou blykbaar nie van die penkoppe se optrede nie en gluur hulle boos aan. Die penkoppe glimlag nou nog ooglopender en kyk die Kakie-offisier uitdagend aan.
    Nadat die offisier met die Kakie wat die skryfwerk doen, gepraat het, beweeg hy na die deur. By die deur steek hy egter vas en kyk na die penkoppe: ``I'd like to see you smile after tomorrow's hanging,'' sÍ hy en stap by die deur uit. Die penkoppe het egter nie 'n idee waaroor die offisier praat nie en kyk vraend na mekaar.
    Later word die penkoppe na 'n sel geneem waarin reeds drie ander Boere aangehou word. Die drie Boere is volwassenes en die een is 'n oom van in sy sestigs. Die drie Boere is stil, nadat oor en weer gegroet is. Die penkoppe ervaar 'n stroewe atmosfeer wat vir hulle vreemd is. In Dordrecht het hulle geskerts en gesels nadat hulle aandgodsdiens gehou het, partymaal tot laat in die nag.

    Willie is die oudste van die penkoppe en besluit om die leiding te neem. Hy haal 'n klein boekie uit sy kous waar hy dit wegsteek sodat die Kakies nie daarop moet beslag lÍ nie en wink sy maats nader. Almal ken die boekie en weet wat Willie wil doen. Die boekie is die Evangelie volgens Johannes in Nederlands en die penkoppe hou hul aandgodsdiens. Toe Willie vra of iemand met gebed sal afsluit, staan die senior oom op en bid een van die mooiste gebede wat Witkop in 'n lang tyd gehoor het. 'n Groot deel van sy gebed word gewy aan afsmeking van genade vir die onsterflike siel van Izak Liebenberg wat die volgende dag tereggestel sou word. Die penkoppe besef nou waarna die Kakie-offisier vroeŽr die aand verwys het. Op hul vrae aan die drie Boere, verneem die penkoppe dat Izak die volgende oggend in die tronk gehang sal word en dat al die Boerekrygsgevangenes teenwoordig die teregstelling sal aanskou. Oom Ernst, die senior oom, vertel dat 'n predikant reeds van die middag af by Izak is en waarskynlik die hele nag by hom sal bly.

    Witkop het daardie nag laat (of was dit al die volgende mŰre vroeg) wakker geword en gehoor hoe twee manstemme Nader my God by U sing. Hy het aanvaar dat dit Izak en die predikant was.
    Daarna kon Witkop nie weer slaap nie. Hy het gewonder hoe dit voel om te weet jy word oor 'n paar ure doodgemaak; hy het gewonder wat sy en die ander penkoppe se lot sal wees. Witkop het 'n geweldige deernis vir Izak Liebenberg gevoel. Izak het geveg vir iets waarin hy geglo het, maar die ergste was volgens oom Ernst dat Izak gaan sterf vir iets wat hy nie gedoen het nie. Dit is bloot 'n plan van die Kakies om die rebelle die skrik op die lyf te jaag. Teen 09:00 die oggend het al die krygsgevangenes teen die muur van die gevangenis se binnehof gestaan. Die galg was aan die een kant van die binnehof opgestel. Dit was doodstil toe Izak die binnehof inkom en na die galg toe stap. Wat vir Witkop dadelik opval, is dat Izak fier en regop stap en dat hy 'n grys pet op sy kop het.

    Hy het by die houtstruktuur gekom en die paar trappies opgeklim. Op die boonste trappie het hy 'n oomblik geaarsel en na die Boere gekyk wat teen die muur staan. Toe loop hy vorentoe tot reg onder die galgtou.
    Iemand in kakie-uniform en met 'n swart mus oor sy kop en gesig kom nader en plaas die tou om Izak se nek, dan staan hy eenkant toe en plaas sy hand op 'n hefboom. Skielik druk hy die hefboom af en Izak stort deur 'n valdeur wat onder sy voete oopgaan. Terselfdertyd val 'n gordyn oor die toneel en niemand kan sien wat gebeur nie.
    Die meeste Boere sou in elk geval niks gesien het nie, want byna almal het ůf hul oŽ gesluit ůf hul koppe weggedraai. Twee Kakies kom nader tot voor die galg en trek die gordyn weg . . . en daar staan Izak, ongedeerd!
    Een van die Kakies roep bevele uit en twee ander storm by die binnehof se deur uit. Die Boere wat verstaan wat gesÍ word, verduidelik aan die ander dat die Kakies vergeet het dat daar 'n gat van sowat twee voet diep (nagenoeg 60 cm) onder die galg gemaak moet word, omdat die struktuur te laag is om 'n mens se nek af te ruk.
    Die twee Kakies wat die binnehof uitgestorm het, kom terug met 'n paar bandiete met pikke en grawe wat dadelik begin om 'n gat onder die valdeur te maak.

    Terwyl die bandiete die gat maak, stap Izak by al die Boere wat teen die muur staan verby. Hy groet elkeen met die hand en praat 'n paar woorde met elkeen. Baie van die Boere kyk hom stom aan, omdat hulle nie weet wat om te sÍ nie en ander vertrou weer nie hul eie stem nie. Izak steur hom egter nie hieraan nie en praat met elkeen in 'n sterk stem. Toe hy met die laaste Boer gepraat het, word hy na die galg gebied en weer eens stap hy met vaste tred na die treetjies. Toe hy egter op die boonste treetjie kom, val sy pet van sy kop af, rol teen die treetjies af en kom in die stof tot stilstand. Izak aarsel asof hy dit oorweeg om sy pet te gaan optel. Dan lyk dit of hy anders besluit en sÍ met 'n sterk stem: ``Gaan maar ou pet, jou baas gaan ook.'' Die hele proses word nou herhaal en toe die Kakies hierdie keer die gordyn ooptrek, swaai Izak stadig heen en weer aan die galgtou. Sy kop hang skuins na voor op sy bors.
    Hy is dood. Witkop was 13 jaar oud toe hy in Jamestown weggeloop het om teen die Britte te veg.

    Click image for larger version. 

Name:	nbh.jpg 
Views:	3 
Size:	4.8 KB 
ID:	6370 Click image for larger version. 

Name:	wwsx.jpg 
Views:	3 
Size:	94.7 KB 
ID:	6371
    Aangehegde prentjies Aangehegde prentjies Click image for larger version. 

Name:	3.jpg 
Views:	5 
Size:	4.7 KB 
ID:	6369  
    Last edited by Boertjie Phillip; 5 Nov 2017 at 18:10.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  3. #3

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Rebel Hendrik Johan Veenstra.

    Een van die mees aangrypende verhale is diť van die 22-jarige Hendrik Johan Veenstra, wat op 4 September 1901 in Colesberg tereggestel is saam met 'n Sweed, Frederick Toy, en 'n Boer, Hendrik van Vuuren. Veenstra is in Amsterdam gebore, was in die beste skole en het verskeie sertifikate op die gebied van handel verower. Sy toekomstige werkgewer, 'n Frans-Hollandse maatskappy, het hom na Suid-Afrika gestuur om sy oom, Frans van der Ahee, in Colesberg te besoek kort voor die uitbreek van die oorlog. Hy het op 3 April 1901 by Kommandant Gideon Scheepers se kommando aangesluit, waarskynlik omdat hy soos baie van sy mede-Hollanders geesdriftig oor die Boeresaak gevoel het en daadwerklik iets wou doen om dit te bevorder. Sy adres is later in hofdokumente aangegee as 'n Rietfontein, Murraysburg. Skaars drie maande later is hy saam met Toy en 'n Luitenant Izak Liebenberg by Onbedacht in die Camdeboo gevange geneem.

    Op 5 Augustus 1901 is hy deur 'n militÍre hof in Graaff-Reinet verhoor op aanklagte van hoogverraad, die dra van vuurwapens en rebellie 'n aanklagte wat streng gesproke onmoontlik was aangesien hy steeds 'n Hollandse burger was en op geen manier Britse burgerskap kon verkry het nie. hy is ook aangekla van brandstigting en stropery. Volgens die hof het hy drie huise in die Murraysburg-gebied aan die brand gesteek, waaronder die magistraatskantoor en die pragtige ou woning op die plaas Vleiplaas. Waarskynlik in die hoop dat hy as Hollander gevrywaar was teen vervolging, het Veenstra skuldig gepleit. 'n Paar maande later, toe Scheeepers in Graaff-Reinet verhoor is, het hy erken dat hy Vleiplaas afgebrand het, sowel as die Rose-Innes-huis, Sharwood-huis en 'n stoor.

    Veenstra is skuldig bevind op aanklagte en ter dood veroordeel. Hy is saam met Toy en Van Vuuren met 'n gepantserde trein na die tronk op Colesberg gestuur. Toy, 'n kunstenaar van Gothenburg, het voor die oorlog in Johannesburg gewoon, maar toe vyandelikhede uitgebreek het, het hy na die Kaapkolonie verhuis. Soos Veenstra het hy in April 1901 by 'n Boere-kommando aangesluit, en kon ůf 'n Transvaalse ůf 'n Sweedse burger wees, maar beslis nie 'n Britse burger nie. Min is bekend oor Van Vuuren, behalwe dat hy lid was van Scheepers se kommando, dat hy afkomstig was uit die Willowmore-distrik en glad nie Engels verstaan het nie.

    Op Dinsdag, 3 September 1901, het Veenstra saam met Toy en Van Vuuren op die kerkplein in Colesberg gestaan en geluister hoe hul doodsvonnis gelees word en teregstelling deur 'n vuurpeleton die volgende dag. Dieselfde aand het die jong Hollander 'n hartroerende brief aan sy gesin geskryf:

    Hartelik geliefde Moeder en Suster,

    Dit is vir my swaar om aan u te skryf, maar ek is verplig om dit nou te doen. Mag die Heer u Goddelike krag gee om dit te kan dra, soos Hy my genade en krag gegee het om te berus in my opgelegde lot en te kan sÍ: Laat slegs U wil geskied. Die Here het dit nou goed gedink om my van die aarde af weg te ruk om my 'n plek in sy Vaderhuis aan te wys.

    Ek het 'n groot stryd gehad. Ruim ses weke het ek in die gevangenis deurgebring, maar dit was tot my heil, want daar het ek die weg na Jesus gevind. Treur dus nie, want ek gaan slegs vooruit en ek bid dat u almal my eendag sal volg. Ek sal vir u sonder ophou bid. O! laat Garda en Sophia tog nooit die regte pad verlaat nie. Laat hulle tog die Here Jesus hartelik liefhÍ, want ek het ondervind watter troos en wat ?n moed dit aan mens gee om te weet dat die Hemelse Vader alle weŽ bestuur.

    En dan dank ek u vir al die gebede wat u en Tante en Mej. B vir my opgestuur het. Dit het my in die laaste dae gelukkig en getroos laat voel dat daar so opreg vir my gebid is.

    En nou sal ek mŰreoggend om sewe-uur die ewigheid ingaan, en daar kry ek weer trooswoorde uit die gesang:

    Als wij de doodsvallei betreŽn
    Laat ons elk aardse vriend alleen
    Maar Hij, de beste vriend in nood
    Vergzelt ons over graf en dood

    Ek het aan Oom Frans geskryf om my ring aan u terug te stuur, asook vyf portrette waarop ek voorkom. Daarvan is een vir u, een vir Tant Anna, een vir Floris Vedenlof. Die orige twee sal u wel plek voor weet.

    En nu my geliefde Moeder en Tante en Mej. Ten Boom, vra ek u om vergifnis vir al die verdriet wat ek u aangedoen het, en vir al die trane wat u om my ontwil stort. O! ek hoop dat almal teen wie ek gesondig het, my dit sal vergewe.

    'n Engelse predikant het my besoek en met my gepraat na aanleiding van Johannes 14 en 15 en het saam met my gebid. Hy het beloof om weer te kom.
    'n Laaste vaarwel aan my liewe Moeder en familie, liewe Tante en liewe Mej. Ten Boom, familie en bekendes en veral Floris.
    Ek sal vir almal bid, soos u vir my gebid het. Ek sien 'n poort wyd ope staan. Deur u Seun, Broef, Neef en vriend,
    Hendrik Jan Veenstra.

    My Bybeltjie sal ook aan u gestuur word. Vaarwel tot ?n salige wedersiens in Gods Vaderhuis, my liewe, liewe Moeder en Sussies.

    Click image for larger version. 

Name:	ssdf.jpg 
Views:	4 
Size:	5.3 KB 
ID:	6372
    Last edited by Boertjie Phillip; 5 Nov 2017 at 18:11.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  4. #4

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Vergruis deur 114 koeŽls.

    Cornelis is vergruis deur 114 koeŽls. "Kleinbasie" bid totdat Kakies hom kom haal. Die grafsteen van Cornelis Steyn in die Frankfort-begraafplaas.

    'n Bejaarde swart man wat daar naby gewoon het, het later aan die vader vertel dat die seun nie gaan slaap het nie, maar die "kleinbasie'' dopgehou het - dit was naby sy stroois. Hy het gesien die kleinbasie het altyd gebid en sag gesing, totdat hulle hom daar weggeneem en onskuldig gaan doodskiet het.
    Bertie de Jager skryf dat Mev. F.A.W. Naudť van Skurwekop, Frankfort, vertel van die wrede dood van haar jeugdige broer, Cornelis Janse Steyn. Hul pa was veldkornet DaniŽl Wynand Steyn, volksraadslid vir Vegkop tot die uitbreek van die oorlog.

    Cornelis se gesondheid was swak, hy het nie na die Natalse grens gegaan nie en was nie opgekommandeer nie. Maar nadat die kommando's van Natal teruggekeer het, het hy hom vrywillig aangesluit by die kommando van kmdt. Van Coller van Heilbron. Hy was twee jaar op kommando.
    Teen die einde van die oorlog het die kommando's feitlik net gevlug. Klere was skaars en die burgers was genoodsaak om enige soort klere, selfs die Engelse s'n, te dra.

    Cornelis het 'n swaar half lengte kakiebaadjie gehad, maar diť was te groot vir hom. Gevolglik het hy sy baadjie nŠ die geveg by Groenkop naby Afrikaskop, Kestell, by 'n ander burger verruil vir 'n kleiner baadjie, wat toevallig 'n offisier baadjie was, met kentekens en al.
    'n Paar dae nŠ Groenkop se geveg was hy en sy swaer Petrus Naudť (Elizabeth se man), swaer George Linde, Klaas Krause, Manie Steyn, Jan Rothman en Jacobus Steyn, sy broer, by Elizabeth en haar suster, Martha Linde, op Vredewerf naby Tweeling, waarheen hulle van Skurwekop af gevlug het.

    Cornelis het nog sy ouers op Marseilles (Marsala?) naby Tweeling gaan besoek. Maandagoggend het die groep daarvan vertrek. Die middag is hy gevang, wes van Tweeling nie ver van waar Jackie Theron woon nie.
    Hy het met 'n swakkerige perd gery, want hy het sy eie perd op Marseilles gelaat om te rus. Toe hy deur 'n spruitjie wou gaan, wou die perd nie verder loop nie.
    Hy het afgespring en gehardloop. Toe hy moeg word, gooi hy eers sy geweer weg, toe die kakiebaadjie, die kos en ander los goed.
    Naderhand het die Engelse hom ingehaal en gevang, hom op 'n perd gesit en saamgeneem.

    Toe hulle by oom Piet van Rensburg se plaas aankom, vra tant Sannie hom: "Wat maak jy hier by die Engelse, Corneels?''
    Toe rol die trane oor sy wange en hy sÍ: "Tant Sannie, gee my bietjie water, asseblief. Tant Sannie moet vir Pa, Ma, broers en susters sÍ: Tot hier gaan dit goed, hoe dit verder sal gaan, weet ek nie.''

    Toe gee 'n swart man antwoord: ``Hoe kan jy sÍ jy weet nie? Ons het gesÍ ons sal jou doodskiet.''
    Daarna het hulle hom geboei en aan 'n wa vasgemaak - twee dae lank, dag en nag. Die Engelse het hom beskuldig dat hy op Tafelkop (distrik Vrede) 'n offisier met 'n pik sou doodgeslaan het.
    Dit was onwaar. Hy was nooit by Tafelkop, waar kmdt. A. Ross geopereer het nie, en hy het nie tot daardie kommando behoort nie. Hulle het gesÍ hy het die offisier baadjie daar bekom, wat onwaar was.
    Hy het by die verhoor geen getuienis gehad nie, behalwe 'n medegevangene, 'n Delport, wat verskrik was en nie wou getuig nie.

    Cornelis is die Woensdag, twee dae nŠ sy gevangeneming, teen 'n kransie naby Hooggelegen gefusilleer.
    By die holtetjie wat hulle gegrawe het en wat as graf moes dien, wou hulle hom blinddoek, maar hy het gesÍ dat hy bereid is om die ewigheid onskuldig met oop oŽ in te gaan.
    'n Mev. Van der Merwe wat op die plaas gewoon het, het sy lyk uitgehaal net nadat die Engelse weg was, dit in 'n lang kas geplaas en die vader verwittig.
    Die vader, sy seun Koos en George Linde het die lyk gaan haal. Cornelis is vergruis deur 114 koeŽls en 'n sabelsteek dwarsdeur sy lyf. Die sabelwond het oopgevlek gelÍ.

    (Die onderbaadjie, die hemp en die nekdoek, met al die gate sigbaar, is deur mev. Naudť aan die Oorlogmuseum in Bloemfontein gestuur.)
    Van dieselfde kas het die vader 'n kis gemaak en Cornelis is op Marseilles begrawe op sy moeder se verjaardag, 22 Januarie 1902. Die vader het daar 'n monument opgerig.
    Sy vader het gesÍ: ``My arme kind het 'n marteldood gesterf.''
    Christiaan Weideman het die lyksrede gehou. Die gebeurtenis het die vroue en burgers net vasberade gemaak om met die stryd vol te hou.

    Click image for larger version. 

Name:	4.jpg 
Views:	4 
Size:	14.4 KB 
ID:	6373
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  5. #5

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Hoe het Duncan gesterf?

    My oor-oupa-grootjie, aan moederskant, was die bekende Isak (Leeuboud) van Niekerk, wat as jong man aan die Groot Trek deelgeneem het. Hy het hom later gevestig op die plaas Franshoek buite Ficksburg en is ook daar begrawe.
    Een van sy seuns, was die bekende kommandant J.J. van Niekerk, wat nŠ pa Isak op Franshoek gewoon het.
    Hy was ’n bittereinder-kommandant in die ABO en het gedurende die oorlog, ’n jong man, by name Duncan van der Riet, laat begrawe op Franshoek, in dieselfde kerkhof waar sy vader Isak Leeuboud begrawe lÍ. Duncan, verneem ons, het in 1902 gesneuwel, nadat daar verraad gepleeg is en hy deur ’n verraaier ůůk uitgelewer is, ůf vermoor is, omdat hy as bittereinder-penkop steeds onder kommandant J.J. van Niekerk bly voortveg het.

    In ’n Stop van Myne-rubriek oor die baie bekende Renier-versameling, met opskrif: “Verwaarloos maar baie kosbaar” (datum onbekend), skryf mnr. J.I.J. Fick van Belgravia, Paul Roux, oor die reeds genoemde plaas-kerkhof, asook van die graf van Duncan van der Riet.
    Dit blyk uit die stukkie dat Duncan die bittereinder-boere baie na aan die hart gelÍ het, soveel so dat hy nie in die dorpsbegraafplaas begrawe is nie, maar op Franshoek, in ’n soort ere-begraafplaas.

    Daar moet nog iemand Írens wees wat iets van hierdie jong man se tragiese helde-dood af weet.
    Is hy wel destyds deur iemand verraai, wie het hom doodgeskiet, is sy dood ooit gewreek, hoekom en in watter omstandighede is hy op Franshoek begrawe?
    Ek het reeds in die verlede baie geld bestee om rond te bel, maar sonder om enigiets wys te word.
    Winburg asook Ficksburg se Van der Riet-families, wat vandag nog daar boer en bly, weet niks van hom af nie. Was hy ’n Ficksburg-inwoner, of van waar af het hy gekom om by die Ficksburg-kommando aan te sluit en hoekom?

    Duncan het die hoogste offer betaal vir ons Afrikaners se vryheid, op ’n baie jong leeftyd. Ons is dit net verskuldig aan hom dat sy storie nie in die vergetelheid sal verdwyn nie, maar dat mense van hom as held sal kennis neem, soos wat ons kennis neem van Danie Theron, Gideon Scheepers en andere.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  6. #6

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Kommandant J.C. LŲtter.

    Die meeste van die kommando onder kommandant J.C. LŲtter was jonger as 30. Een was 'n seun van 14, LŲttter self slegs 26. Niemand onder 19 het gesneuwel nie, want hulle het die kinders in die hoek van die kraal laat skuil toe die hel losbars.

    For King and Empire. Hier op die genadelose Afrika landskap, duisende kilometers van king en empire af.

    Die gewondes aan Boere kant op diť yskoue, nat dag het 43 getel. Daar is op 'n afstand van 13 tree op mekaar geskiet. Volgens die Britte ``. . . the scene inside the shed was horrible in the extreme and the place swimming in blood''.

    Vroegoggend al staan ons en kyk hoe 'n groep van sowat 20 perderuiters oor die bergkruin afgery kom hier na die klipkraal waar die Boere onverhoeds betrap is en die hel losgebars het. Jy kan jou goed voorstel hoe dit moet gewees het om 'n eeu gelede te perd hier af te ry. Die terrein is steeds ru, moeilik begaanbaar.

    Sowat 80 volwassenes en talle kinders het opgedaag vir die geleentheid wat deur Pearston se N.G. Kerk gereel is: die Bibliathon insameling word gekombineer met 'n huldeblyk aan die soldate en krygers aan albei kante wat honderd jaar gelede hier gesneuwel het.

    Kaapse rebelle wat ten tyde van die oorlog as krygsgevangenes teenstrydig met die Volkerereg deur die Britse militÍre doodgeskiet is, is J. C. LŲtter op 15 Januarie 1875 op Bouwersfontein, distrik Somerset-Oos, gebore.

    Sy lewe was woelig hy het baie van rondreis gehou en het 'n tyd lank in die Vrystaat gewoon. Hy het na die Kaap Kolonie teruggekeer en was 'n paar jaar, tot kort voor die oorlog, betrokke by 'n handelsonderneming op Noupoort.

    In November 1899 het hy van Middelburg na Colesberg gegaan waar hy hom by Boere-kommando's aangesluit.

    Tussen Bloemfontein en Kroonstad is hy in 'n skermutseling gewond. Daarna was hy rapportryer vir die Boere-kommando's. Hy is deur die Engelse gevange geneem en na Bloemfontein gestuur. Vier dae later het hy ontsnap, nog in besit van sy rapport. Hy het in rang vinnig van gewone burger na kommandant gevorder.

    Een reŽnerige winternag is hy en sy kommando in die distrik Graaff- Reinet in 'n skuur, waarin hulle skuiling teen die koue gesoek het, deur Britse soldate omsingel. NŠ 'n kort maar hewige geveg teen 'n oormag was die Boere genoodsaak om oor te gee.

    LŲtter is in die kop gewond en na Graaff-Reinet geneem, waar hy in die gevangenis geplaas, voor 'n krygsraad gebring en later na Mid delburg geneem en ter dood veroordeel is.

    Op 10 Oktober is briefies aan sekere klasse van die bevolking rondgestuur om tussen elf- en twaalfuur op die 11de op die mark teenwoordig te wees om daar die vonnisse van die rebelle aan te hoor.

    LŲtter is na die markplein gebring. Angstig het 'n skare vriende daar gewag, maar was, helaas, nie in staat om enigiets te doen nie. Hulle het die ergste verwag, want doodvonnisse het iets algemeens geword, maar daaraan gewoond word kon 'n mens nie.

    Die vonnis is gevel, LŲtter is ter dood veroordeel. Sy swak gestel, of soos hy later gesÍ het ``honger'', was die oorsaak dat hy dit nie kon aanhoor nie hy het flou geval. Toe hy teruggebring is na die gevangenis het 'n vriendin aansoek gedoen om hom te besoek; dis haar gegun.

    Sy vertel: ``Ek het gegaan om hom te sien met die hoop om hom te vertroos. 'n Vriend het saam met my gegaan. Ons moes deur 'n gewapende massa Kakies wat met gevelde bajonette die straat bewaak het, gaan. Ons het eers na die kantoor van die sipier gegaan waarvandaan ons begelei is deur 'n wag. Ons het deur die stil, koue gange gegaan; swaar, dik deure is ontsluit en gesluit.

    ``Eindelik het ons die sel van kommandant LŲtter binnegetree. Daar het ons nie 'n deur wanhoop kranksinnige man gekry nie; nee, ons het 'n jongman, kalm en gelate, afgetrokke van die aardse dinge, op die bed gekry lÍ.

    ``Hy het ons gevra om by hom te sit en hy was baie bly om ons te sien. Hy het Ben gevra om te rook en wou eers self nie rook nie, maar het meteens gesÍ: `Ja, broer, dit sal ons laaste rook wees!`

    ``Voor hy begin rook het, het hy gesÍ: `Mej. N., met jou toestemming.' Ek het met die kop geknik, want woorde het ek nie gehad nie.

    ``Toe hy my droefheid opgemerk het, het hy gesÍ: `Ag nee, mej. N., moet tog nie so oor my treur nie, moenie huil nie. Ek is bereid om te gaan, dis Gods wil. Een ding is ek spyt van en dit is dat ek nie die vrug van my arbeid sal sien nie, dat vrede en ek mekaar nie hier sal ontmoet nie. Vrede vir my siel. O ja, diť het ek, maar my lands-, my volksvrede is vir my verborge.'

    ``Hy het my 'n uitknipsel uit Reynolds gegee. Dit het iets omtrent die moontlikheid van vrede bevat. Laat my toe om te vertel hoe ek sy sel gevind het. Alles wat die hart kon begeer, was daar wat eetware betref. Sodawater, lemoene, sigare, ja, alles. Maar wie het lus om te eet onder sulke omstandighede? Dit was nou te laat.

    ``Ek het hom toe twee dagboekies, Daily Light, gegee. Die teks vir 11 Oktober was Ps. 22: 12: Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

    `Ja!' het hy gesÍ, `as God nie my Helper was nie, was ek verlore.'

    ``Hy het my gevra om ook die teks vir 12 Oktober te lees. Dit was Mattheus 24: 44: Daarom moet julle ook gereed wees. `Ek is,' het hy gesÍ. `O! ek is so bly, as ek aan die ewigheid wat vir my wag, dink, nie vir jare nie maar slegs oor 'n paar uur mŰre as die son opkom, sal my grote son ook in die gesig kom. Suster, laat my toe om te sÍ dat jy nie 'n Afrikaner kan bly as jy nie eers 'n kind van God is nie, want hulle sal probeer om jou te verlei, hulle sal baie omkoop en dis dan wanneer God as Vader sal moet help.'

    ``Toe dit haas tyd geword het om te gaan, wou hy my iets gee as 'n aandenking maar daar hy niks gehad het nie, het hy my 'n haarlokkie gegee wat ons met 'n knipmes afgesny het. `Alles, alles is nou gereed,' het hy gesÍ. `Nog net een ding ontbreek en dit is, ek sou so graag al my vriende wou groet voordat ek heengaan.'

    ``Hy het my hartlik gesoen en gesÍ: `Mag God met jou wees tot ons mekaar weer ontmoet.'

    ``Ek het hom gevra of dit nie 'n bewys was van Gods ontevredenheid dat hy en sy manskappe nou almal in hierdie haglike toestand verkeer nie. `O nee!' het hy gesÍ, `ek het nooit berou gehad oor die stap wat ek geneem het nie, dis 'n regverdige saak voor God en ek is daartoe geroep.'

    ``Het jy dan nie die doodvonnis verwag nie? Jou flouval op die mark het my so laat dink.''

    ``O ja; maar moenie vergeet nie, ek het behoefte aan liggaamskrag gehad, hulle het my bitter laat verhonger en nog daarby aan 'n hartkwaal lydende, was die dood te groot om aan te dink. En my dierbare moeder het voor my gees gekom Ag! ek voel vir haar.'

    ``Jul tyd is verstreke,' het dit van die deur geklink. Ons het weggegaan met die woorde: `God sy met julle' nog in ons ore.''

    Di. Postma en Le Clus het ook verlof gekry om hom te kom besoek en te vergesel tot by sy graf. Die doodvonnis is voltrek buite die dorp op die gewone manier, op 'n stoel vasgebind en deur 'n aantal soldate doodgeskiet. Hy was moedig en onderworpe aan sy lot by sy graf. Die dood was oombliklik. Laaste brief

    Kommandant LŲtter se laaste brief, geskryf te Middelburg op 11 Oktober 1901, lui soos volg: ``Geliefde Moeder, Vader, Broers en Susters, Hiermee wil ek aan u bekend maak dat ek tot die dood gevonnis is. Wees getroos, Moeder, Vader, Broers en Susters. Die Here het gesÍ dat nie 'n enkele haartjie van ons koppe sal val sonder sy wil nie. Ek is heeltemal tevrede om my Heer te ontmoet. Wees deur my gegroet; nie vir ewig nie, want ons sal mekaar weer in die hiernamaals ontmoet.''

    Click image for larger version. 

Name:	Johannes_Lotter_smaller.jpg 
Views:	4 
Size:	14.0 KB 
ID:	6374
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  7. #7

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Teregstellings van rebelle was doeltreffende afskrikmiddel.

    DIE omstrede teregstelling van Kaapse rebelle en burgers van die Republieke in die Kolonie in die Anglo-Boereoorlog het in Oktober 1901 'n hoogtepunt bereik toe 15 burgers in diť maand tereggestel is. Saam met die gevangeneming van Gideon Scheepers in dieselfde maand was dit die keerpunt van die rebellie in die Kolonie.
    Die vlaag grusame teregstellings in die winter en lente van 1901 het op 'n reeks invalle in Kaapland deur 'n aantal guerrillakommando's onder aanvoering van genls. Pieter Kritzinger, J.B.M. Hertzog en Jan Smuts gevolg. As vergelding teen die ontbering en lyding deur die beleid van verskroeide aarde en konsentrasiekampe in die Boererepublieke veroorsaak, het pres. M.T. Steyn en genl. C.R. de Wet reeds op 14 Januarie 1901 die Engelse gewaarsku dat ``tensy Engeland die vernietiging van eiendom in die Republieke staak, sal die republieke wraak neem deur die eiendom van Britse onderdane in Kaapland wat nie die Boere goedgesind is nie, op soortgelyke wyse te vernietig.''

    Uit wraak teen Engeland se grootskeepse gebruik van gekleurdes in die uitvoering van sy beleid van verskroeide aarde en konsentrasiekampe het De Wet en Kritzinger ook later proklamasies uitgereik wat guerrillaleiers in Kaapland gemagtig het om gekleurde spioene en nuusdraers summier tereg te stel as hulle in Boerehande val, of hulle gewapen was of nie.
    Met diť proklamasies het die Republikeinse leiers amptelike magtiging verleen aan wraakmaatreŽls in die Kolonie om Engeland te laat afsien van sy oorlogsbeleid wat deur die Boere as barbaars beskou is.
    Die gevolg was 'n vete teen almal in die Kolonie wat die Britte gesteun het of goedgesind was. Talle lojaalgesindes is afgeransel of hul huise is afgebrand. Voorraad van lojaliste is opgekommandeer. Regeringsgeboue is vernietig. Treine en spoorweŽ is opgeblaas. Tientalle swart spioene, nuusdraers of meelopers is summier tereggestel.

    Sommige guerrillaleiers het sů ywerig uitvoering aan die vergeldingsopdragte gegee dat Kritzinger en Smuts later wal moes gooi deur die teregstellings van gekleurdes en afbrand van huise te verbied om te verhinder dat alle lojaalgesindes in die Kolonie van die Boeresaak vervreem word.
    Die Engelse het op die Boere se wraakmaatreŽls geantwoord deur die lys van oortredings waarvoor militÍre howe in Kaapland die doodstraf kon oplÍ, uit te brei na teregstelling van gekleurdes, die afbrand van geboue, die opblaas van treine en spoorweŽ en die afranseling van lojaliste.
    Die eerste keer kon onderdane van die republieke ook nou tereggestel word weens oorlogsmisdaad wat in die Kolonie gepleeg word, terwyl dergelike optrede as normale oorlogspraktyke in die republieke aanvaar is.
    Die bekendste voorbeeld van die aankla van 'n burger van die republieke vir dade gepleeg in die Kolonie is Gideon Scheepers, wat in Oktober gevange geneem is en van oorlogsmisdaad aangekla is.
    Sy pleidooi dat hy slegs in opdrag van meerdere offisiere opgetree het, is verwerp en hy is as Transvaalse burger deur 'n militÍre hof in Kaapland weens ``moord'' op gekleurde spioene en nuusdraers, die opblaas van treine en spoorweŽ en die afbrand van huise ter dood veroordeel.

    Scheepers is deur dieselfde militÍre hof en onder dieselfde krygswette as die Kaapse rebelle verhoor, terwyl soortgelyke optrede nie as oorlogsmisdaad in die republieke beskou is nie.
    Ses Transvaalse en twee Vrystaatse burgers, asook twee buitelanders was onder die meer as 40 burgers wat in Kaapland in die oorlog tereggestel is.
    In Oktober alleen is 15 doodvonnisse in Middelburg, Cradock, Tarkastad, Aberdeen, Graaff-Reinet en Vryburg voltrek. Dorpe en teregstellings is so uitgekies dat dit as die groots moontlike afskrikmiddel vir die groots moontlike aantal inwoners kon dien.
    Hoewel die vonnisse gelui het: ``To be hanged, hanged!'' het die meeste voor 'n vuurpeloton gesterf omdat die bou en vervoer van galge te tydrowend was.
    In baie gevalle is simpatiseerders met die Boere gedwing om die teregstellings by te woon. Die veroordeelde is gewoonlik op 'n stoel voor die oop graf vasgemaak en dan gefusileer terwyl 'n orkes More work for the undertaker gespeel het.
    NŠ die teregstelling is twee sakke ongebluste kalk op die lyke gegooi en die graf met water opgevul om ontbinding te versnel. Familie is nie toegelaat om die lyke te verwyder nie. Sommige grafte kon eers nŠ die oorlog opgespoor word, ander nooit nie.
    In die geval van Vryburg kon 'n galg nie betyds verskaf word nie en om die vonnis letterlik uit te voer, is 'n galg van 'n ou windpomptoring gebou. Die windpompgalg is op 11 Oktober die eerste keer gebruik vir die teregstelling van Johannes Jansen en Nicolaas Rautenbach en twee weke later weer vir die teregstelling van die Kuhn-broers, Manie en Jurie.
    Die ander teregstellings in Oktober sluit in vyf offisiere van LŲtter se kommando, vyf burgers van Smuts en een van Kritzinger se kommando's.
    Net soos die verskroeide aarde en konsentrasiekampe in die republieke was die grusame teregstelling van rebelle en burgers in die Kolonie 'n uiters suksesvolle militÍre strategie van die Engelse.
    Hoewel dit 'n klompie bittereinders tot die einde laat volhard het, het dit as doeltreffende afskrikmiddel vir nuwe rekrute in die Kolonie gedien. Terselfdertyd het dit daartoe bygedra dat nog net sowat 200 burgers van die republieke in Kaapland in die veld was toe die wapen neergelÍ is.

    'n GROEPFOTO van 'n klomp rebelle in die tronk in Graaff-Reinet. Agt van hulle is later tereggestel. Hul name en die dorp waar elkeen tereggestel is, verskyn hieronder met hul nommer op die foto tussen hakies daarna.

    DaniŽl Olwagen, Graaff-Reinet (2); Frederick Toy, Colesberg (4); Lodewyk Pfeiffer, Graaff-Reinet (5); Johan van Rensburg, Graaff-Reinet (6); Ignatius Nel, Graaff-Reinet (8); Hendrik Veenstra, Colesberg (15); Wilhelm Kruger, Cradock (17); en Petrus Fourie, Graaff-Reinet (20).

    Click image for larger version. 

Name:	io.jpg 
Views:	4 
Size:	137.5 KB 
ID:	6376 Click image for larger version. 

Name:	Fourie_van_Rensburg_Pfeiffer.jpg 
Views:	2 
Size:	76.9 KB 
ID:	6384
    Last edited by Boertjie Phillip; 5 Nov 2017 at 14:10.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  8. #8

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Lootjie bepaal lot.

    Die teregstelling van die Kaapse rebel Petrus Kloppert in Burgersdorp is bepaal deur die trek van lootjies.

    Diť sonderlinge verhaal van die Anglo-Boereoorlog word vertel in die oorlogsherinneringe van Christiaan Kruger, 'n rebel wat saam met Kloppert op Steynsburg ter dood veroordeel is, maar begenadig en na Bermuda verban is.

    'n Vlaag teregstellings van rebelle het gevolg kort op generaal Pieter Kritzinger se tweede inval in Kaapland op 19 Mei 1901. Vyf Kaapse rebelle is op 17 Junie 1901 op in Steynsburg ter dood veroordeel en drie op 24 Junie op Dordrecht om te dien as afskrikmiddel vir die uitbreiding van die opstand in Kaapland.

    Die keuse van die rebelle wat tereggestel is, was uiters selektief. Ook die dorpe waarin hulle in die openbaar tereggestel is, is gekies om die grootste moontlike impak te hÍ op die gemeenskap waar die rebelle bedrywig was. Die rebelle wat op Steynsburg ter dood veroordeel is, was deel van kommandant GHP van Reenen se kommando wat op 7 Junie op Ruigtevlei laer opgeslaan het. Van Reenen wou Kritzinger nie vergesel op sy veldtog in die Stormberg nie en het op Ruigtevlei oorgestaan om sy kommando met vars perde toe te rus. Op die plaas het 'n paar rebelle van Burgersdorp hulle by die kommando kom aansluit.

    Onder hulle was Petrus Kloppert wat reeds voorheen die wapen neergelÍ en die eed van neutraliteit afgelÍ het.

    Hulle is gelas om in die nag vir hulle perde by 'n lojaalgesinde boer te gaan steel, dog die kommando se teenwoordigheid op Ruigtevlei is reeds deur die boer aan kolonel Wyndham van die 17th Lancers verraai.

    In 'n nagtelike aanval op Van Reenen se laer het Jan Kruger, 'n teologiese student van Burgersdorp, en 'n Britse soldaat gesneuwel, terwyl 18 rebelle gevang is. Van Reenen en kaptein Botha het egter ontsnap.

    Vyf van die 18 rebelle is op 17 Junie op Steynsburg ter dood veroordeel: Petrus Kloppert, Andries en Christiaan Kruger, CWC van Biljon en Stef Koekemoer. Die res is na die tronk in Tokaai gestuur. Vier van die veroordeeldes is begenadig en na Bermuda verban, maar Kloppert is op 24 Julie in Burgersdorp gehang.

    Christiaan Kruger het nŠ sy terugkeer uit ballingskap na ArgentiniŽ uitgewyk. By sy terugkeer na Suid-Afrika het hy in sy oorlogsherinneringe sy sonderlinge verhaal vertel.

    Voor sy vertrek na ArgentiniŽ het hy 'n Britse soldaat, ene Bell, ontmoet wat teenwoordig was met die teregstelling van die vyf Kaapse rebelle op Steynsburg.

    Volgens Bell moes net een van die vyf tereggestel word om as voorbeeld vir die rebelle te dien. Lootjies is toe getrek en dit het op Kloppert geval. Kloppert is toe na Burgersdorp gebring om daar tereggestel te word as afskrikmiddel vir daardie rebelle-nes.

    Kloppert het 'n maand lank in die tronk op Burgersdorp gesit terwyl hy elke dag die getimmer aan sy galg aangehoor het. Hy is in die openbaar op die plein voor die tronk tereggestel, terwyl die ongewenstes verplig is om die teregstelling by te woon.

    Een van die ongewenstes, Jans Henning, wat saam met al sy seuns bo 16 jaar kennis gekry het om die teregstelling by te woon, beskryf die teregstelling so: "Toe hy die trappe na die galg begin opklim, het professor Lion-Cachet met 'n diep stem uitgeroep: 'Gena, o, God!"

    Petrus het roerloos staan en kyk. Hy was bleek en verslae, maar het geen traan gestort en sy oŽ vir geen oomblik van ons af geneem nie. Toe die laksman die mussie oor sy kop trek, was die oŽ wat so na ons gestaar het, vir ewig toe. Toe die swaaideure oopgaan, het ons gesien hoe die tou met die dooie gewig onderaan heen en weer swaai".

    Kloppert is eers in die ou begraafplaas van Hottentot-moordenaars begrawe, maar later herbegrawe in 'n massagraf vir burgers wat in die Burgersdorp-omgewing gesneuwel het. Sy naam verskyn bo-aan die lys name van gesneuwelde burgers op die gedenksteen in Burgersdorp se begraafplaas.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  9. #9

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Piet Bester.

    Piet Bester, word tot die dood veroordeel by Dordrecht. Regulasies vereis dat rebelle in die publiek... tereggestel word, en daarom word hy na 'n plaashuis geneem waar vroue is.

    Die Boervrou Johanna Coetzer is diep ongelukkig toe sy hoor hoekom hulle daar is. Die Engelse offisiere gee in en neem Bester na 'n nabye sloot. Hy weier om geblinddoek te word. Die soldate kan nie die man wat so vir hulle staar skiet nie en hy word toe aan 'n stoel vasgemaak, omgedraai en in die rug geskiet.
    Click image for larger version. 

Name:	NG_kerk_Dordrecht_standbeeld-bewoording.jpg 
Views:	4 
Size:	61.9 KB 
ID:	6377
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  10. #10

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    'n Boer-gevangene wat op 21 Januarie 1902 deur 'n vuurpeloton in Suid-Afrika tereggestel word. Hy was een van vier Boere wat gevang wat deur lede van Nieu-Seeland omrede hy 'n Engelse uniform aangehad het en is ter dood veroordeel.

    Hy staan in die middel van die foto met sy hande voor hom vasgebind. Op die voorgrond, 'n Britse beampte wat die bevel gee. Die vuurpeloton is net buite die foto.

    Die gevangene in die foto was die 21-jarige jongman met die naam Cornelis Janse Steyn, Geboortedatum 25 Aug 1880. Hy is op 20 Januarie 1902 gevange geneem en die volgende dag geskiet.

    Sy familie het 'n klein monument opgerig op die selfde rotsagtige plek waar hy geskiet was.

    Click image for larger version. 

Name:	qwe.jpg 
Views:	7 
Size:	131.8 KB 
ID:	6386 Click image for larger version. 

Name:	qwer.JPG 
Views:	5 
Size:	55.2 KB 
ID:	6388
    Last edited by Boertjie Phillip; 5 Nov 2017 at 18:58.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  11. #11

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Teregstelling as wreed en weersinwekkend beskryf.

    Oomblikke voordat die luik van die galg oopgegaan het, het 'n 16-jarige penkop in die Anglo-Boereoorlog geprewel: "My Jesus is nou aan my sy".

    Louis Leipoldt het as oorlogskorrespondent vir die Manchester Guardian en etlike ander oorsese koerante die eerste openbare teregstelling as wreed en weersinwekkend beskryf.

    Coetzee, Cornelius Claassen en Frederick Marais is op 6 Junie 1901 op Wildefontein in die klowe van die Karnmelkspruit gevang toe generaal Pieter Kritzinger se kommando in die nag deur die Engelse oorrompel is. In die wilde nagtelike gevegte wat gevolg het, is manskap Gibbons gewond terwyl die Engelse 'n koppie bestorm het van waar daar op hulle gevuur is.

    Drie van die rebelle in Kritzinger se kommando wat gevang is, is van hoogverraad en poging tot moord aangekla. Hulle is deur 'n militÍre hof in Dordrecht verhoor en ter dood veroordeel.

    NŠ 'n maand se aanhouding in die tronk in Dordrecht is die drie op hul tuisdorpe in die openbaar tereggestel. In al drie gevalle is ongewenstes wat daarvan verdink is dat hulle die rebelle simpatiek gesind was, gedwing om die teregstellings by te woon.

    Die selektiewe teregstelling van diť drie en die ophang in die openbaar was duidelik om as die grootste moontlike afskrikmiddel vir die gemeenskap te dien.

    Coetzee was 'n 16-jarige penkop van Cradock. Hy het ontken dat hy ooit iemand probeer vermoor het. Hy het erken dat hy hom by die republikeinse mag aangesluit het om sy verdrukte volk te help en as hy daarvoor moes sterf, was hy bereid om dit te doen, maar moord het hy nie gepleeg nie. Op 13 Julie is hy in Cradock in die openbaar opgehang.

    Oomblikke voordat die luik oopgegaan het, het hy geprewel: "My Jesus is nou aan my sy".

    Claassen was 'n vertraagde jong man wat 'n perdeoppasser in die laer was. Hy het skuld beken op 'n klag van hoogverraad, maar het gesweer dat hy nooit 'n enkele skoot geskiet het nie, want hy het net perde opgepas. Hy is op 24 Julie in Somerset-Oos in die openbaar opgehang terwyl dit gelyk het of hy nie eers mooi geweet het wat om hom aangaan nie.

    Marais was 'n boer van Middelburg met 'n vrou en kinders. Hy het in die hof verklaar dat hy hom weens die verdrukkende krygswet by die Boere aangesluit het en dat hy niks verder gehad het om te sÍ nie. Hy is op 10 Julie 1901 in Middelburg in die openbaar opgehang.

    Op die skavot het hy uitgeroep: "Mijn God! Mijn God! Zie en aanschouw deze daden die aan mij en mijn volk gedaan worden!"

    Die teregstellings het 'n storm van protes tot ver buite die landsgrense ontketen.

    Die Morning Leader het in Brittanje die teregstellings as skandalig beskryf. Die blad het verder berig dat Coetzee skuldig bevind is deur 'n hof wat nie die mees elementÍre kennis van getuienis gehad het nie en dat daar geen besliste getuienis was waarop Coetzee veroordeel kon word nie.

    Hy was 'n jong man, geen skurk of moordenaar nie en beslis geen leier onder die rebelle nie. Sy teregstelling was totaal onverdedigbaar tensy Engeland bereid was om alle rebelle as sodanig op te hang, besluit die blad.

    In 'n hoofartikel in die South African News het Leipoldt die teregstellings as wreed en weersinwekkend vir elke beskaafde mens beskryf. Hy het verder daarop gewys dat die openbare teregstellings bowendien strydig was met 'n Britse wet wat in 1868 aangeneem is waarvolgens teregstellings in die openbaar verbied is.

    In die Manchester Guardian het Leipoldt te velde getrek teen die militÍre tribunaal en juriste wat geen benul gehad het van die wette oor verraad of van die opweeg van getuienis nie.

    Die teregstelling van die Dordrecht-rebelle het waarskynlik ook Leipoldt se bekende monoloog, Oom Gert vertel, geÔnspireer.

    Dat Leipoldt hom die lot van die rebelle diep aangetrek het, blyk ook uit artikels wat van tyd tot tyd in plaaslike en oorsese koerante verskyn het.

    Hy skryf oor die onregverdighede wat gepaard gegaan het met die instelling van krygswet in Kaapland en hy trek veral te velde teen die verpligte opkommandering van kolonialers deur die Vrystaters onder die voorwendsel dat hulle dan burgers van die Vrystaat sou wees, wel wetende dat hulle niks sou kon doen aan die lot van rebelle wat gevang word nie.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  12. #12

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Eerste Boer wat verhoor en ter dood veroordeel word.

    DIE eerste Boer wat in die Anglo-Boere Oorlog deur die Britse militÍre ``verhoor'', ter dood veroordeel en gefusilleer is, was die 23-jarige Hans Cordua, wat 'n eeu gelede in Pretoria gevang is toe hy gepoog het om veldmaarskalk lord F.S. Roberts, opperbevelhebber van die Britse magte in Suid-Afrika, te ontvoer sodat die Boere hom as gyselaar kon gebruik.

    Cordua, 'n vrywilliger-stryder van Duitse herkoms, is soos talle ander geheime agente van die Boere deur verraaiers in eie geledere verklap. Hy is op 24 Augustus 1900 in die tuin van die Pretoriase tronk deur 'n vuurpeloton doodgeskiet en daar begrawe. Sy oorskot is later in die ou kerkhof in Kerkstraat-Wes, Pretoria, herbegrawe. Die inskripsie op sy eenvoudige grafsteen lui: ``Hans Cordua. Born 25 September 1876. Died 24 August 1900''.

    In die merkwaardige boek van die Boere vrouespioen Johanna Brandt, Die Kappiekommando of Boere vroue in geheime diens, vertel sy hoe die geheime agente van die Boere onder kapt. J.J. Naudť in veral Pretoria kort-kort deur hul eie mense verraai is en dat verskeie deur die Britte gefusilleer is.

    Een van die tergendste geheime van daardie tyd is steeds nie ontrafel nie: Wie in die geledere van die Boere se opperbevel het hul eie spioene aan die Britte verklap?

    Sommige historici vermoed dat dit genl. Louis Botha of straks genl. J.C. Smuts kon wees, want nŠ die vredesluiting het albei meteoriese opgang in die politiek gemaak en is hulle byna as helde deur die Britte vereer. Die getuienis ontbreek egter dat hulle verraaiers was.

    Die opspraakwekkende dog tragiese verhaal van Hans Cordua en sy sameswering om Roberts te ontvoer word vertel in Graham Jooste en Abrie Oosthuizen se boek So het hulle gesterf, 'n gedenkboek van teregstellings van Kaapse Rebelle en republikeinse burgers tydens die Anglo-Boere Oorlog 18991902, J.P. van der Walt Uitgewers (nou Lapa Uitgewers), Pretoria, 1998.

    Cordua het drie jaar voor die uitbreek van die ABO na die ZAR ge®mmigreer en het as luitenant tot die Staatsartillerie toegetree. Toe Roberts Pretoria in 1900 binnegeval het, het Cordua hom oorgegee en die neutraliteitseed afgelÍ. Daar word vermoed dat hy tot diť stap oorgegaan het omdat hy 'n Boere spioen was. Hy was inderdaad in kontak met die spioenasienetwerk in diť stad, want minstens honderd voormalige Transvaalse burgers en polisiemanne wat nŠ die Britse inval as nie-vegtendes in Pretoria gewoon het, is saam met Cordua in hegtenis geneem. Hulle is almal na Ceylon verban, maar Cordua het die hoogste tol in die tronktuin betaal.

    Johanna Brand verwys in haar Kappiekommando na klopjagte deur die Britse soldate op die inwoners van Pretoria en die aankeer van 'n groot aantal mense, na wie sy as mede-spioene van die Geheime Kommissie verwys. Ook haar ouerhuis, die Hervormde gemeente se pastorie, Harmonie, in Avondale, is in klopjagte deur die Britse soldate deursoek.

    Cordua is op 21 Augustus deur 'n militÍre hof verhoor en weens die verbreking van die neutraliteitseed, die verbreking van paroolvoorwaardes en sameswering ter dood veroordeel. Die vonnis is drie dae later uitgevoer. Hy is geblinddoek op 'n stoel laat sit, maar op sy versoek nie vasgemaak nie.

    In 'n laaste brief skryf hy dat hy regverdig verhoor is.

    Cordua se plan was om 'n aantal geboue in die weste van Pretoria aan die brand te steek. Sy helpers sou hul gewapen versteek het in die omgewing van die woning waar Roberts tuisgegaan het.

    In die geharwar wat die brand sou veroorsaak, moes hulle op die huis toesak en Roberts gevange neem. Hy sou dan uit die stad gesmokkel word en aan die Boere magte uitgelewer word.

    Volgens oorlewering was genl. Louis Botha en van die ander generaals in die Boere se opperbevel bewus van diť plan, maar die dokumentÍre bewyse ontbreek.

    Cordua is (ook volgens ongestaafde oorlewering) glo deur 'n Spanjaard, ene Gano, in die sameswering gelei. Gano was 'n voormalige Britse geheime agent wat glo weens wangedrag ontslaan is.

    Hy wou die sameswering aan die gang sit en Cordua dan verraai sodat sy naam by die Britte in ere herstel kon word. Hy het glo aan Cordua gesÍ hy is 'n Boere spioen in Britse diens. Hy het 'n Britse uniform en vrypas aan Cordua verskaf. Cordua was in hierdie uniform geklee toe die Britse militÍre polisie hom gevange geneem het. Hy het 'n gebiedskaart in sy besit gehad waarop die hoofkwartier van die opperbevel aangedui was, asook 'n plan van die woning waar Robert tuisgegaan het.

    Tydens sy verhoor het Cordua geen emosie getoon nie en hy het fier en regop sy vonnis aangehoor.

    Aanhangsel 6387
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  13. #13

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Vyftienjarige Penkop byna tereggestel.

    'n Penkop wat hom op vyftienjarige ouderdom by die Boeremagte aangesluit het nadat hy homself vir diensplig opgeroep" het, is byna tereggestel, was dit nie vir die Britse opperbevelvoerder Lord Kitchener nie.

    Kirstein is op 17 Augustus 1884 op die plaas Lemoenfontein in die distrik Klerksdorp gebore is. Hy het pas vyftien geword toe die oorlog op 11 Oktober 1899 uitgebreek het. Sy pa en broer was al in Kimberley met generaal Cronjť se burgermag toe Fred sy eie kommandeer-brief namens" generaal Liebenberg uitgeskryf het en sy ma sů oorreed het dat hy hom moes gaan aansluit.

    Hy het toe te perd na Kimberley gery waar die beleg deur die Boere aan die gang was.

    Kirstein het later in die oorlog onder generaal Koos de la Rey en ook generaal Christiaan Beyers geveg. Toe Jan Smuts as generaal aangestel is, het Fred 18 maande lank as spioen in die Danie Theron Verkennerskorps onder hom gedien. Hy het altyd gesÍ generaal Smuts het nie 'n bang haar op sy kop gehad nie.

    In diť tyd was Fred by 'n hele paar insidente betrokke.

    Op 'n keer, toe hy alleen verken het, het 'n Britse soldaat alleen te perd op hom afgekom en op hom begin skiet, waarop Fred teruggeskiet het. Hy was 'n baie goeie skut. Hy het agter 'n goot bloekomboom geskuil. As hy sy kop uitsteek, skiet die Brit. Een skoot het oor sy wang gesny en 'n ander het sy oor geraak. Hy het toe besef die Kakie was van plan om hom 'n kopskoot te gee.

    Fred wou die Brit nie doodskiet nie, maar hy het besef dis nou ůf hy ůf die Brit. Fred het sy teiken getref en die Brit het swaar gewond neergesak.

    Die seun stap toe nader en gee sy slagoffer van sy water. Hy kon Engels praat. Die gewonde sÍ toe hy het uit sy eie na Suid-Afrika gekom vir die avontuur om die wilde Boere te skiet", soos aan hom en sy makkers gesÍ is. Sy ma wou egter nie hÍ hy moes kom nie.

    Hy oorhandig toe sy pistool, geweer, verkyker en perd, asook 'n brief en 'n foto van sy ma, en vra Fred om nŠ die oorlog aan haar te skryf. Dit het Fred dan later ook gedoen. Hy het oor die soldaat gewaak totdat hy gesterf het.

    Verder het Fred deelgeneem aan die Slag van Tweebosch, Rooiwal, Modderrivier en Ysterspruit, waar hy in sy linkersy gewond is. Gelukkig was dit net 'n vleiswond. Omdat hy die uniform van 'n hoŽ Engelse offisier met 'n dik leergordel aangehad het, het dit die koeŽl gekeer om te diep in te gaan. Uit diť slag het net drie Boere lewend gekom.

    Verder was Fred lid van 'n kommando wat in die rante by Hartbeesfontein in die distrik Klerksdorp geveg het. 'n Hele aantal Engelse offisiere het toe gesneuwel. Later, toe Fred as krygsgevangene op 'n skip was, het Tommies wat aan diť skermutseling deelgeneem het, aan hom gevra: Watter kommando was dit waarvan al die Boere op wit perde was wat daardie dag sů op ons geskiet het? Fred kon nie antwoord nie, want daar was nie so 'n kommando nie!

    Dan het Oom Niklaas Siener" van Rensburg hom ook af en toe by hulle aangesluit. Hy het hulle by geleentheid tussen die Kakies deurgelei waar hulle gelÍ en slaap het.

    Fred het die sluitstuk van 'n Britse Maxim-Nordenfelt kanon (bommeksim) ongesiens verwyder en dit in 'n skeur in 'n randjie naby Hartbeesfontein versteek. Toe kon die Britte dit nie meer gebruik nie.

    In die Slag van Tweebosch is generaal Lord Methuen deur De la Rey se kommando gewond en gevange geneem. 'n Skietstilstand is gehou waartydens die Boere Methuen verpleeg het en toegelaat het dat hy na 'n hospitaal weggebring word.

    Fred, 'n verkenner, het as boodskapper tussen die Boere en die Britse magte opgetree. Methuen het uit dankbaarheid 'n ambulans met mediese voorraad aan die kommando geskenk. So was dit deur die optrede van sommige in 'n sekere sin 'n beskaafde" oorlog.

    Sowat drie weke voor die vrede was daar 'n groot saamtrek van Britse troepe, sowat 3 000 soldate, op Klerksdorp. Fred was onderweg van Hartbeesfontein toe 'n klompie joiners van Graaff-Reinet hom gewaar en van agter bestorm het. 'n Heen-en-weer-skietery het losgebars, maar vir Fred was daar nie uitkomkans nie. Vlak voor die Boere laer is hy omsingel en gevang.

    Die Britte het hom gedwing om drie dae lank sonder kos of water op 'n miershoop te sit.

    Hy is bewaak deur gewapende Tommies.

    Luitenant-kolonel RG Kekewich het hom elke dag ure lank met behulp van 'n tolk ondervra. Hy is dan glo 'n kans gegee om die regte antwoorde te gee. Fred het voorgegee dat hy nie Engels verstaan nie.

    Kekewich wou veral weet waar die sluitstuk van die bommeksim was. Diť offisier het die seun allervreesliks uitgeskel.

    Later het Kekewich hom 'n plaas, 'n span osse en plaasgereedskap beloof as hy wys waar die sluitstuk versteek was. Fred, toe sewentien jaar oud, wou nie sÍ nie. N drie dae het Kekewich hom ter dood veroordeel en gewys waar sy graf sal wees. Hy is ook aangesÍ om 'n brief aan sy ouers te skryf.

    Nadat Kitchener tussenbeide getree het, het Kekewich aan Fred gesÍ hy sal hom stuur so ver as wat God land gegee het". Hy is Durban toe gestuur, waar die skip waarmee hy in ballingskap gebring sou word, in die hawe gelÍ het met geel vlae wat aan die maste. Almal aan boord het masels gehad.

    As kind het Fred diť siekte gehad, maar nou was dit soos 'n pes. Hy het op die seereis ernstig siek geword en in IndiŽ kon hy 'n tyd lank nie loop. Hulle het hom op 'n kameel gesit en so het hy by 'n Britse fort in die Himalajas op die grens met Rusland aangekom.

    'n Paar maande later is hy egter na Suid-Afrika teruggestuur.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  14. #14

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Jan van Kaller ontsnap sy teregstelling.

    Jan van Kaller het as 'n knaap van veertien of vyftien jaar oud by die kommando aangesluit. Op 'n sekere dag is hy saam met Koos de Bruyn as brandwag uitgesit. Hulle moes brandwag staan op 'n koppie in die omgewing van die dorpie Senekal wat toe reeds in Engelse hande was. Koos de Bruyn was 'n man van oor die twintig jaar oud. 'n Entjie van die koppie, in die rigting van Senekal, ret die Cronje's gewoon. Teen die middag besluit Koos en Jan om na die plaas van die Cronje's te ry om daar 'n bietjie met die nooientjies te gesels. Hulle optrede was 'n oortreding maar hulle het gereken dat hulle nie uitgevind sou word nie. Daar aangekom het hulle lekker gekuier totdat 'n klompie Engelse perderuiters hulle verskyning gemaak het. Hulle wou dadelik op die Engelse vuur maar die huis-baas het by hulle gepleit om dit nie te doen nie, omdat hy bevrees was dat die Engelse sou reken dat hy die Boere goedgesind was en dathulle straks al sy goed sou konfiskeer en hom selfs kon verban.

    Tussen die huis en 'n digte kweperlaning was daar 'n klipmuur van 'n paar voet hoog. Koos en Jan het posisie agter die kweperlaning ingeneem. Die Engelse het nie geweet hoeveel Boere daar was nie en het agter die huis skui- ling gesoek. Toe hulle gewaar dat daar nie meer Boere binne die huis is nie, het hulle by die agterkant van die huis ingegaan en van daar op die Boere in die tuin geskiet. Om die indruk te skep dat daar heelwat Boere was, het Koos en Jan van plek tot plek agter die kweperlaning en muur beweeg en vanuit verskillende posisies op die Engelse gevuur. Koos het sy kop te hoog bo die klipmuur uitgesteek en 'n koeel van die vyand het hom skrams bokant die oor getref.

    Die wond was diep en het baie gebloei sodat Koos sy bewussyn verloor het. Jan het gereken dat Koos dood is maar het aangehou om te skiet en nooit aan oorgee gedink nie. Later toe Koos sy bewussyn herwin, het hy sy hand opgesteek as 'n teken dat hy oorgee en het hy na die huis gekruip om verpleeg te word.

    Sy wond is deur die huismense verbind en toe die Engelse hom vra hoeveel Boere in die tuin is, het hy geantwoord dat daar tien is. Toe dit donker word het al die Engelse behalwe die vyf gewondes waaronder 'n Afrikaner was wat aan Britse kant geveg het, weggery om versterkings te gaan haal. Een van die meisies het versigtig uit die huis gesluip en aan Jan gaan vertel dat daar nog net gewondes in die huis is en dat die Engelse na die dorp gery het om versterkings en 'n ambulans te gaan haal.

    Hierop het Jan na die huis gegaan, 'n paar woorde met Koos gewissel, die vyf gewondes se gewere en perde geneem en daarmee na die Boerelaer afgesit. Die perde het hy aanmekaar vasgeknoop en hulle voor hom uitgejaag. Toe Koos en Jan nie op die bestemde tyd op- daag nie, het die burgers van Generaal de Wet se kommando onrustig geraak en na hulle gaan soek. Die kommandomense kon hulle nie vind nie. Skielik het hulle 'n ruiter gewaar wat na hulle aangejaag kom, dit was Jan van Kaller. Nadat hy sy verhaal aan hulle meegedeel het, is 'n sterk patrollie en 'n kar gestuur om Koos te gaan haal. Hulle het Koos in die huis gekry en na die laer teruggebring. Later is van die Cranje's verneem dat hulle net betyds was want 'n paar minute later het die Engelse met versterkings by die huis opgedaag. Toe aan Jan die vraag gestel is waarom hy nie 'n plan gemaak het om weg te kom nie, was sy antwoord dat hy die Engelse besig gehou het sodat hulle nie kon wegkom om op die Boerelaer te spioeneer en dit aan te val nie. Hy het gevoel dat dit sy plig was en sou desnoods tot die dood veg om die laer te beskerm.

    Baie ander Penkoppe was nie so gelukkig om met hulle lewe daarvan af te kom nie, maar het of hul lewe op die slagveld gelaat of is deur die Engelse gevange geneem en as krygsgevangenes weggestuur. 'n Penkop wat sy hoogste offer aan sy vaderland gebring het, was Piet van Rooyen. Hy was maar 'n knaap van dertien jaar toe hy by die kommando aangesluit het. Teen die vyfde of sesde Februarie 1901 sou die Boerekommando naby Trompsburg oor die treinspoor gaan. Hulle het hulle egter die nag in 'n gepantserde trein vasgeloop en na 'n hewige geveg het die meeste van die Boere hul perde in die hande gekry en na veiligheid gejaag. Toe dit dag word, het die burgers gemerk dat Piet se perd daar is maar hyself was nÍrens te bespeur nie. Daar was bloed aan die saal en daarvan het hulle afgelei dat hy gewond is. Terwyl daar planne beraam is om met 'n wit vlag na die Engelse te gaan om vas te stel wat met Piet gebeur het, het 'n ruiter van 'n ander kommando daar opgedaag en hulle die verhaal van die treurige einde van Piet meegedeel. Piet was swaar gewond en toe hy hom wou help, het Piet hom vertel wie hy is en hom versoek om homself te red.

    Piet was heeltemal tevrede om te sterf vir sy vaderland. Piet se ouers het later van die Engelse verneem dat hul hom swaar gewond in die veld gevind het. Hulle het hom met 'n ambulans na 'n veldhospitaal geneem maar op pad daarheen het hy gesterf. Hulle het hom toe langs die pad begrawe. Al die Penkoppe was egter nie so gelukkig soos Niklaas Kriek nie. Hy was maar twaalf jaar oud toe hy saam met sy vader op kommando ge-aan het. Toe kommandant Marthinus Prinsloo hom op 29 Julie 1900 by die Rooiberge, suid van Bethlehem, met vyfduisend man oorgegee het, is Niklaas en sy vader albei gevang. Sy vader is as krygsgevangene weggestuur maar toe die Engelse sien dat Niklaas nie eers 'n geweer het nie, het hulle hom vrygelaat om na sy moeder op die plaas te gaan. 'n Paar maande later het Niklaas weer by een van die kommando's aangesluit en tot die einde van die oorlog dapper saam geveg.

    Nadat die vrouens en kinders na die konsentrasiekampe weggevoer is en die plaashuise, vee en graan verwoes is, het dit vir die Boere op kommando al moeiliker geword om kos en klere in die hande te kry. Later het baie burgers die klere van Britse soldate wat doodgeskiet is, vir hulle geneem. In sommige gevalle het die burgers Engelse soldate gevang, hulle "geskud',dit beteken die Engelse soldate moes van hulle klere uittrek sodat die Boere dit kon neem. Dit het dan die Engelse soldate vrygestaan om die ou en verslete klere van die burgers aan te trek om oor die weg te kom tot tyd en wyl hulle weer by hul kolonnes aansluit. Dit was egter verbode vir enige persoon, wat nie 'n Britse soldaat was nie, om 'n Kakie-uniform te dra. As 'n burger met 'n Kakie-uniform gevang is, kon hy ter dood veroordeel word. Ernst de Jager, 'n twaalfjarige Penkop, het toe sy klere gedaan was ook 'n Britse soldaat se uniform vir hom toegeŽien. Op dertienjarige ouderdom is hy in die distrik Reddersburg deur die Engelse gevange geneem. Omdat hy 'n Kakie-uniform aangehad het, is hy ter dood veroordeel. Hy moes sy eie graf grawe en sou die volgende oggend tereggestel word.

    Daardie nag is hy onder strenge bewaking geplaas. Hy het egter daarin geslaag om te ontsnap, deur die blokhuis lyn te glip, bedags skuiling te soek en te slaap en snags voort te vlug van plaas tot plaas. So het hy uiteindelik, na 'n aantal noue ontkomings, by sy moeder in die konsentrasiekamp te Bethulie uitgekom. Alhoewel sy naam eintlik Ernst was, was hy beter bekend onder sy noemnaam Jimmie. Die volgende dag het hy hom by die kamp owerheid aangemeld onder die naam van Jimmie de Jager. Na lang ondervragings en oorwegings is hy as krygsgevangene na St Helena gestuur waar hy as banneling moes bly tot die oorlog verby was. --
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  15. #15

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Frederik Hendrik (Henkie) Bosch.

    Die 13-jarige Frederik Hendrik (Henkie) Bosch het aanhou wegloop uit die Staatsgimnasium in Pretoria om by Boeremagte aan te sluit. Op die ou einde het sy pa, Hendrik Bosch, en die skoolhoof maar besluit om Henkie toe te laat om by die Pretoria-Kommando aan te sluit. As lid van diť kommando was hy deel van die beleg van Ladismith in November 1900, waar hy in die hakskeen geskiet is toe hy vir ’n mede-penkop, wat in die skouer gewond is, gaan water haal het.

    Henkie se dapperheid is selfs deur Deneys Reitz in sy boek, ‘Commando’, vermeld.

    Henkie is gevange geneem toe die Britte Pretoria op 5 Junie ingeneem het. Hy is in Simonstad of Groenpunt in Kaapstad aangehou tot hy op 29 Mei 1901 aan boord van die SS Armenian na Bermuda gestuur is.

    Henkie was glo deel van ’n mislukte poging om die skip te kaap en na Nederland te vaar. Toe hy in Bermuda aankom is hy saam met die ander kapers in ’n maksimum veiligheidskamp aangehou.

    In diť kamp het dit gou bekend geword dat ‘n Britse soldaat, ene ‘William’, mense glo teen ‘n sekere vergoeding sal help om te ontsnap. Henkie het ‘n brief aan sy ouers geskryf om vir geld te vra, wat hulle toe gestuur het.

    Dit is die terugstuur van hulle geregistreerde brief, minus die geld, wat sy ouers met ‘n handgeskrewe nota op die koevert in kennis gestel het dat Henkie dood is. Daarop het gestaan: “Geadresseerde doodgeskiet toe hy probeer het om uit die Boerelaer te ontsnap.”

    Eintlik was dit glad nie eers Henkie se beurt om te probeer ontsnap nie. Klippies het vroegoggend van 27 April 1902 op hulle tent se dak geval – die teken vir die ontsnapping. Die ouens het haastig onder mekaar lootjies getrek, maar die wenner het so lank gesukkel om sy skoene aan te kry dat Henkie hom voorgespring het.

    Hy het net ’n klein entjie gevorder voor dieselfde William hom glo in die rug geskiet het. Henkie se kamerade het dit as koelbloedige moord beskou. Henkie se oorskot is die volgende dag in die krygsgevangene-begraafplaas op Long Island, Bermuda begrawe. Die dominee wat die diens gelei het was WJ Pretorius. Die klein wit grafsteen op sy graf, nommer 22, bevat net sy krygsgevangene-nommer, 16870, en geen naam nie.

    Sy naam, saam met die van 35 ander krygsgevangenes wat in Bermuda dood is, verskyn op die voetstuk van die gedenkteken wat in 1903 aan die rand van die begraafplaas opgerig is.

    Henkie was maar 16 jaar oud toe hy dood is. Hy het ‘n paar weke voor die ondertekening van die Vrede van Vereeniging, wat die oorlog beŽindig het en sy terugkeer na Suid-Afrika moontlik sou gemaak het, probeer ontsnap.
    Last edited by Boertjie Phillip; 6 Nov 2017 at 17:46.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::