Bladsy 2 van 2 EersteEerste 12
Wys resultate 16 tot 23 van 23

Draad: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

  1. #16

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Hendrik Stephanus (Henna) Erasmus word begenadig en spring doodvonnis vry.

    Henna was in st. 4 aan die HoŽr Jongenskool in Cradock toe genl. Pieter Kritzinger Kaapland aan die einde van 1900 met 'n guerrilla-kommando binnegeval het. Sy pa, ook H.S., was reeds deur die Engelse gevang en na die konsentrasiekamp in Port Alfred gestuur.
    Henna het ondanks 'n liggaamsgebrek die skool teen sy ouers se wil verlaat en hom by Kritzinger se kommando aangesluit. Hy het twee kort armpies net tot by die elmboŽ gehad met 'n paar kort vingertjies aan elke armpie. Nogtans was hy besonder sterk, 'n uithalerskut en uitstekende ruiter.

    Twee of meer skermutselings het in die distrik Cradock plaasgevind waaraan van die bruin soldate nie wou deelneem as "Duusman baas Henna'' ook sou deelneem nie. In een van die gevegte is 16 of 17 soldate doodgeskiet. Dit is aan Henna toegedig, waaroor hy later ter dood veroordeel sou word. Toe Kritzinger uit die Kolonie na die Vrystaat teruggedryf is, is Henna saam met hom en het hy in die Suidoos-Vrystaat geveg totdat genl. Jan Smuts Kaapland in September 1901 ingeval het.

    Sy kommando het ook verskeie skermutselings in die Vrystaat gehad. Hulle het 'n keer oor Visierskerf in die distrik Ficksburg getrek of gevlug waar sy oudste seun en naamgenoot, Hendrik Stefanus Erasmus, later geboer het. Terwyl Kritzinger-hulle oor die Oranjerivier probeer kom het om hulle by Smuts aan te sluit, het sy kommando die nag van 20 September 1901 onverwags op die slapende laer van die Lovat Scouts van Aliwal-Noord afgekom. Byna die hele Engelse kolonne is uitgewis, maar 'n kort daarna is Kritzinger se kommando self deur die Engelse vasgekeer en is talle burgers gevang, onder wie Henna.

    Al die Kaapse rebelle onder die gevangenes is van moord aangekla. Henna is in Cradock ter dood veroordeel, maar deur lord Kitchener begenadig en na St. Helena verban. Hy het later graag vertel hoe hy sy vonnis ontvang het. Op die paradegrond in Cradock het hy nie sy helmet afgehaal toe die bevel gegee is nie. 'n Engelse offisier het dit afgestamp en dit het op die grond beland waar hy dit laat lÍ het toe hulle weer tronk toe gemarsjeer het. Met 'n swaaistappie, soos in die Grahamstown Herald berig is, het hy die paradegrond verlaat. Die joernalis het die mening uitgespreek dat hy hopelik wel later "tot sy sinne sou kom''.

    NŠ die oorlog het Henna 'n gesiene, welvarende boer op die plaas Present by Cradock geword. Hy is op 15 September 1915 met Johanna Hattingh, 'n onderwyseres van die distrik, getroud. Hulle het twee seuns en drie dogters gehad. NŠ sy dood het sy jongste seun, Disiderius Hattingh, die boerdery op Present voortgesit.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  2. #17

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    12 jarige Dollie de Wit spring die dood vry.

    'n Geweerpatroon waarmee 'n twaalfjarige boereseun van Ladismith in die oorlog gefusilleer sou word, is nooit afgevuur nie, maar aan hom gegee. Dit was daarna sy lewe lank een van sy kosbaarste besittings totdat hy as grysaard op 78 jaar aan natuurlike oorsake oorlede is.

    Die patroon het altyd in die slaapkamer van mnr. Dollie de Wit aan 'n toutjie bo sy bed gehang. De Wit se dramatiese verhaal het hom afgespeel toe die Boere en Kakies in die beding van die oorlog in die distrik Ladismith slaags geraak het. Die knaap is as rapportryer ingespan om 'n geheime dokument na 'n Boerekommando by Algerynskraal, sowat 15 km van Ladismith, weg te bring. By Naauwkloof, 2 km buite die dorp, is hy op pad terug van die kommando by Algerynskraal deur die Britte voorgekeer, gevange geneem en op die dorp ondervra.

    Die bevelvoerder van die Britse kolonne het summier besluit om die kind daar en dan dood te skiet. Die distrikskommandant het egter tot sy redding gekom en gesÍ dat hulle nie 'n twaalfjarige behoort dood te skiet nie. Daarop het hy 'n patroon uit die geweer gehaal, aan die seun gegee en gesÍ dat hy dit aan sy ma, mev. Hendrina de Wit, moet gee. Hy moet aan haar sÍ dat dit die patroon is waarmee hy byna doodgeskiet is. Vir die seun en sy ma was dit van toe af 'n kosbare besitting.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  3. #18

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Pieter Willem van Heerden.

    Pieter Willem van Heerden was 42 jaar oud en van Vaalvlei, Tarkastad. Hy word valslik beskuldig van 'n persoon wat dood aangetref word op sy plaas. Hy word op 12 November 1901 voor ‘n vuurpeloton op Tarkastad tereggestel. Paar uur na sy dood besef hulle hy moes nie tereggestel geword het nie. Hy was ‘n halfblinde en 'n oorgewig man wat nooit ‘n Rebel was nie. Weens sy oorgewig het van die lede van die vuurpeloton hom opsetlik in die maag geskiet as ‘n grap.

    Click image for larger version. 

Name:	sfwete.jpg 
Views:	3 
Size:	41.8 KB 
ID:	6390

    Onder: Die vuurpeloton laai hul gewere vir die teregstelling van Pieter Willem van Heerden, by Tarkastad.

    Click image for larger version. 

Name:	dewt.JPG 
Views:	4 
Size:	143.3 KB 
ID:	6389
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  4. #19

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Kommandant Gideon Scheepers.

    Kommandant Gideon Scheepers (1878–1902) was ʼn Boere militÍre leier en heliografis tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

    Click image for larger version. 

Name:	gideon3.jpg 
Views:	3 
Size:	56.9 KB 
ID:	6391

    Op 10 Oktober 1901 word Scheepers ernstig siek naby Prince Albert en vra om agtergelaat te word. Die Britte neem hom gevange en stuur hom na ‘n tronk op Graaff-Reinet.

    Click image for larger version. 

Name:	Gideo1.jpg 
Views:	2 
Size:	29.0 KB 
ID:	6393

    ‘n Krygsraad misken sy aanspraak as offisier van die Boere republieke se magte en aanvaar onbetroubare getuienis dat hy oorlogsmisdade gepleeg het. Hy word skuldig bevind aan 16 aanklagtes teen hom en aan oorlogsmisdade, waarna hy in 1902 deur 'n vuurpeloton tereggestel word.

    Op 18 Januarie 1902 is Scheepers geblinddoek en aan ’n stoel vasgebind in die veld in die Karoo. Hy is tereggestel en het agteroor te lande gekom langs die graf wat reeds gegrawe was. Die Britte het geweier om sy stoflike oorskot te oorhandig omdat hulle wou voorkom dat ’n held van hom gemaak word; daarom is hy ’n onbekende graf begrawe.

    Click image for larger version. 

Name:	gideon2.jpg 
Views:	2 
Size:	20.2 KB 
ID:	6392
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  5. #20

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Solomon Gerhardus van As.

    Solomon Gerhardus van As, algemeen bekend as Salmon, is op 2 Mei 1878 gebore. Sy oupa het in Swellendam distrik geboer ten tye van sy vader se geboorte. Sy vader is in 1874 getroud en was volgens die huweliksertifikaat toe ‘n delwer te Kimberley. Sy ouers het later na Heidelberg, Transvaal, verhuis waar sy vader hom tot die boubedryf gewend het en gevolglik met sy afsterwe as “messelaar” op die sterf kennisgewing aangedui is.

    Sy vader het met sy seuns op kommando gegaan. Sy gesondheid het egter te velde ingegee en hy het hom by sy eggenote in die Heidelbergse konsentrasiekamp aangesluit, vanwaar hulle later na die Merebank-konsentrasiekamp by Durban oorgeplaas is. Na die vredesluiting, en toe Salmon reeds tereggestel is, het hulle na Rensburg teruggekeer waar hulle woning afgebrand het.
    Salmon se jonger broer, Hendrik Sebastiaan, wat as dertienjarige op kommando gegaan het, is vroeg in 1902 ernstig gewond. Hy is sodanig in sy been gewond dat hy die res van sy lewe kreupel was. Salmon se suster, Sarah, is intussen getroud met Cornelius Jacobus Petrus Jooste wat tydens die oorlog in ‘n verkennerskorps gedien het. Op 23 November 1901 is hy krygsgevangene geneem en na St Helena gestuur. Sarah self, nadat sy uit Heidelberg gevlug het en ‘n ruk saam met ‘n vroue kommando rondgeswerf het, is gevang en na die konsentrasiekamp op Kroonstad gestuur. Sy is later in die Merebank kamp in Durban op 16 Desember 1901 oorlede.
    Salmon was as ‘n jong man vermoedelik saam met sy vader in die boubedryf betrokke terwyl hy by sy ouers ingewoon het. Hy het later verloof geraak aan Cornelia, Maria, Petronella, Nortje (bekend as Nelly) wat op 30 Augustus gebore is. Met die uitbreek van die oorlog sluit hy as burger by die Heidelbergse Kommando aan en word later tot assistent-veldkornet verkies.

    Die gebeurtenis wat die kern vorm van hierdie herdenking, het op 25 September 1901 plaasgevind toe Salmon van As en ‘n aantal burgers onder bevel van Korporaal Christiaan Brits ‘n verkenningstog onderneem het, waartydens Salmon van As ‘n Britse offisier, Kaptein Ronald Miers geskiet het. Na die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 is hy uitgesluit van die amnestie bepalings. Hy is verhoor en skuldig bevind. Op 23 Junie 1902 is hy nadat hy geweier het om geblinddoek te word, tereggestel teen die agterste muur van die Heidelberg tronk.

    Na die oorlog is sy ouers volgens oorlewering, die geleentheid gebied deur die Britse regering om ‘n eis van skadevergoeding, omdat daar erken is dat daar 'n valse getuienis tydens die verhoor gelewer is. Sy verbitterde vader het dit egter geweier.

    Click image for larger version. 

Name:	ewre.jpg 
Views:	1 
Size:	63.0 KB 
ID:	6394
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  6. #21

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Francois Edward Davis.

    Voor sonsopkoms op 25 Januarie 1902 het 'n groot klomp toeskouers reeds vergader by 'n driffie deur die Boschrivier op die Pearston- pad net buite Somerset-Oos. Volgens die Somerset East Budget het die skare "vrywillig" vergader. Op die wal van die rivier was daar reeds 'n oop graf met 'n leŽ stoel en twee sakke ongebluste kalk.

    Om sesuur die mŰre nader 'n ambulanswa met twee muile vooraan die terrein. Veertien soldate van die Royal Fusiliers neem 25 tree van die graf of stelling in. Toe die wa naby die graf in 'n modderpoel vasval en die onhandige drywers nie die wa kon uitkry nie, vra die veroordeelde nog: "Gee vir my die leisels. Ek is 'n goeie drywer." Na 'n groot gesukkel kry die soldate die wa uit en hou by die graf stil. Die veroordeelde klim uit en gaan sit op die stool. Dan speel hierdie grusame ritueel hom af:

    Die veroordeelde word in 'n sittende posisie op 'n stoel vasgebind. Sy voete word aan die voorpote vasgemaak en die arms aan die leuning. 'n Tou word styf om sy middel getrek en om die stoel vasgemaak. Dan word by geblinddoek. Die stoel staan op die rand van die graf en leun ver agteroor. Die vuurpeloton lÍ aan. Hulle is uitgesoekte skuts. Nie een van hulle weet wie loskruitpatrone en wie lewendige patrone in hulle gewere het nie. Op die bevel van die offisier vuur hulle. 'n Sug gaan op deur die skare. Die veroordeelde se kop ruk agteroor en hy stort met stoel en al in die graf. Dr. Legge ondersoek die man vlugtig om seker te maak dat hy dood is, want 'n doodsertifikaat is 'n vereiste. Twee sakke ongebluste kalk word oor die lyk gestrooi. Die pote van die stoel is so lank dat dit nog bo die grond uitsteek toe die vlak graf toegegooi word. Dan gaan die toeskouers swygend uiteen.

    Dit is hoe Francois Davis, die deserteur uit Nesbitts Hors, aan sy einde gekom het — net soos 'n rebel.

    Die 30-jarige Francois Davis was afkomstig uit die Bedford-distrik en het aan die NG Kerk behoort soos blyk uit die besoek wat ds. Steyn van Bedford aan hom in die tronk gebring het voor sy teregstelling. Sy familie was Afrikaanssprekend en uit sy briewe blyk dit dat hy hom met die Afrikanervolk vereenselwig het.

    Davis was vroeŽr lid van "Nesbitt's Horse", 'n Oos-Kaapse regiment van Koloniale troepe wat in 1899 gestig is. In Maart 1901 het hy op Struishoek in die Somerset-Oos-distrik by die Boeremagte aangesluit en is saam met hulle na die Vrystaat. Op 15 Oktober 1901 is hy saam met vier burgers op 'n plaas in die Wepener-distrik in die Vrystaat gevange geneem.

    Uit die tronk het Davis hierdie roerende brief aan sy familie geskryf die aand voordat die doodsvonnis oor hom uitgespreek is, want 'n engel het die nag in 'n gesig aan horn verskyn en hom meegedeel dat hy sou sterf:

    Click image for larger version. 

Name:	werq.jpg 
Views:	0 
Size:	17.3 KB 
ID:	6396

    Agt dae na Davis se teregstelling het 'n hewige bui uitgesak en die graf gedeeltelik oopgespoel sodat die stoel se poot en Davis se voet bo uitgesteek het. Die graf is weer oopgemaak, die stoel verbrand en die graf weer toegemaak. Iemand het in besit gekom van die stoel se skroewe en dit aan Davis se weduwee gestuur met die boodskap: “Neem hierdie skroewe as 'n aandenking; wys dit aan ander Boere wat hul koning nie eer nie, en sÍ aan hulle dat hulle ook doodgeskiet sal word indien hullle hulself nie kom oorgee nie.”

    Ten spyte van die opdrag aan Kitchener ses maande vantevore wat openbare teregstellings verbied het, het 'n skare mense die teregstelling "vrywillig" bygewoon volgens die Somerset East Budget. Die koerant het ook 'n beroep op die regering gedoen om die graf te identifiseer en die oortreding van die veroordeelde daarop te meld, sodat politici wat die rebellie aangeblaas het, daardeur herinner kon word aan die erns van die misdaad van wapen opneem teen die wettige owerheid en aan die prys wat rebelle daarvoor betaal het.

    Davis se graf is onbekend. Daar is geen gedenksteen vir hom en Claassen, wat ook in Somerset-Oos tereggestel is, nie. Al aandenking aan hulle is hulle name wat saam met ander veroordeeldes verskyn op 'n wandelstaf wat deur 'n geÔnterneerde in Port Alfred gemaak is en wat in die museum op Somerset-Oos bewaar word.

    Click image for larger version. 

Name:	gtgegf.jpg 
Views:	0 
Size:	150.5 KB 
ID:	6397
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  7. #22

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Cornelis Broeksma.

    'n Minder bekende kampvegter vir die lot van Boerevroue en -kinders in konsentrasiekampe was Cornelis Broeksma. Hy is in Drente, Nederland gebore en het vroeg in 1882 op die ouderdom van 19 jaar na Suid-Afrika geŽmigreer.

    Cornelis het in 1891 met die 17-jarige Francina Vionel getrou en hulle eerste kind is in 1892 gebore. In 1895, toe hulle tweede kind gebore is, het hulle in Pretoria gebly. Hy was ‘n staatsaanklaer en het net nŠ die Jameson-inval na Johannesburg getrek.

    Toe die oorlog uitbreek het Cornelis gerugte van die toestande in konsentrasiekampe gehoor en besluit om soveel as moontlik van diť kampe te besoek. Wat hy gesien het, het hom so geskok dat hy rekord begin hou het van die aantal sterftes en het Europese koerante daarvan vertel.

    Hy het sy rekords in geheime kode na Amsterdam gestuur, maar op pad het dit in die Britte se hande beland. Cornelis is van hoogverraad aangekla en Kitchener het beveel dat hy in die openbaar tereggestel moet word. Cornelis is op 30 September 1901 deur ‘n vuurpeloton by die Johannesburgse Fort doodgeskiet, waar hy ook begrawe is. Hy is later in die Braamfontein begraafplaas herbegrawe.

    Click image for larger version. 

Name:	broeksema.jpg 
Views:	1 
Size:	64.0 KB 
ID:	6398
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

  8. #23

    Verstek Ant: Doodstraf van Penkoppe en jong Kommando lede tydens Anglo Boereoorlog.

    Kaapse Rebelle Tereggestel deur die Engelse.

    HENDRIK JACOBUS VAN HEERDEN van die plaas Sewefontein, Middelburg – tereggestel 2 Maart 1902 deur Engelse soldate terwyl hy swaar gewond in sy bed gelÍ het. Uitgesleep tot agter die kraalmuur en doodgeskiet.

    KAREL GERHARDUS JOHANNES NIENABER (36)
    JAN PETRUS NIENABER (24)
    JAN ANDRIES NIEUWOUDT (23) tereggestel deur ‘n vuurpeloton op 19 Maart 1901 te De Aar. Al drie werksaam op die plaas De Bad, Hanover. Verraai deur Jan van den Berg. Op hul grafsteen staan: “Onschuldig ter dood veroordeeld”.

    CORNELIUS JOHANNES CLAASSEN (22) van Bouwersfontein, Darlington opgehang op die dorpsplein van Somerset-Oos op 24 Julie 1901.

    JOHANNES PETRUS COETZEE (16) van Paardekraal, Cradock opgehang op die dorpsplein van Cradock op 13 Julie 1901. Na ‘n gebed van Ds JC Reynecke van die “ongewensdes” het Johannes sy laaste woorde gesÍ: “My Jesus is nou aan my sy”.

    FREDERICK ABRAM MARAIS (32) van die plaas Langkloof, Middelburg opgehang op 110 Julie 1901 op die dorpsplein van Middelburg. Op die skavot het hy uitgeroep: “Mijn God! Mijn God! Zie en aanschou dese daden die aan mij en mijn volk gedaan worden!”

    PETRUS WILLEM KLOPPER (20) van Kleinfontein, Burgersdorp opgehang op die dorpsplein van Burgersdorp op 20 Julie 1901. ‘n Ooggetuie vertel: “Toe hy die trappe na die skavot opklim het Ds Lion-Cachet uitgeroep: ‘Genade, o God!’ Petrus het roerloos na ons staan en kyk. Hy het geen traan gestort nie en hy het vir geen oomblik sy oŽ van ons afgeneem nie”.

    PETRUS JACOBUS FOURIE (40) van die plaas Uitkomst, Jansenville deur vuurpeloton tereggestel op Graaff Reinet op 19 Augustus 1901. Verraai deur kleurlingspioen Christiaan.

    JAN VAN RENSBURG (22) van Aberdeen voor die vuurpeloton gesterf op Graaff Reinet op 19 Augustus 1901. Verraai deur Jan Momberg van Aberdeen (grootoupa van voormalige DA- en ANC-parlementslid Jannie Momberg).

    LODEWYK FRANCOIS STEPHANUS PFEIFFER van die plaas Leeuwfontein, Victoria-Wes voor die vuurpeloton op Graaff Reinet op 19 Augustus 1901.

    DANIEL OLWAGEN (18) voor vuurpeloton op Graaff Reinet op 26 Augustus 1901 saam met IGNATIUS (Naas) NEL (17). Ds Murray het vir hulle gebid en gesÍ: “Nou, vaarwel – ek groet julle”, waarop Olwage geantwoord het: “Nee, nie vaarwel nie – maar tot wedersiens in die Koninkryk van God”.

    HENDRIK PETRUS VAN VUUREN (27) van Hotnotsrivier, Willowmore voor vuurpeloton te Cloesberg op 4 September 1901.

    FREDERICK TOY (TOE) ‘n Sweed van Gottenberg, Swede voor vuurpeloton op 4 September 1901 te Colesberg.

    HENDRIK JOHAN VEENSTRA (22) van Amsterdam, Nederland voor vuurpeloton op 4 Ugustus 1901 te Colesberg. Sy laaste brief aan sy ma sluit af met: “Vaarwel tot ‘n salige wedersiens in God’s Vaderhuis”.

    Kommandant JOHANNES CORNELIUS LOTTER (26) van Bouwersfontein, Somerset-Oos voor vuurpeleton op Middelburg op 12 Oktober 1901. Sy laaste woorde aan sy nooientjie: “Nog nooit het ek berou gehad nie. Dit is ‘n regverdige saak voor God en ek is daartoe geroepe”.

    Luitenant PIETER JACOBUS WOLFAARDT (32) van die plaas Fair View, Middelburg voor vuurpeloton op Middelburg op 15 Oktober 1901. Nadat hy geblinddoek is, het hy gesÍ: “Veilig in Jesus se arms”.

    Kommandant DIRK C BREED van Bethulie, Vrystaat voor vuurpeleton op Cradock op 17 Oktober 1901. Sy laaste woorde aan DS CJ Kruger: “God het my wonderbaarlik in die oorlog gespaar en nou is dit Sy wil dat ek vir my land en my volk moet sterf”.

    Veldkornet WILHELM STEPHANUS KRUGER (34) van Juriesdam, Cradock voor vuurpeloton op Cradock op 17 Oktober 1901. Tydens sy verhoor het hy gesÍ: “Die dryfveer wat my beweeg het om op te staan is die lyding van ons vroue en kinders. Ek is oortuig dat God my daartoe gelei het”.

    Luitenant JACOBUS GUSTAVUS SCHOEMAN (31) voor vuurpeleton op Tarkastad op 12 Oktober 1901. Verraai deur JP du Plessis van Tarkastad.

    PIET DE RUYT summier tereggestel in Bedford gedurende September 1901.

    CORNELIUS VERMAAS (20), HENRY RITTENBERG (20) en ARIE VAN ONSELEN (22) summier tereggestel te Glenconnor op 3 Oktober 1901.

    JOHN JACK ALEXANDER BAXTER (22) van Newcastle, Natal voor vuurpeleton op Aberdeen op 13 Oktober 1901. Sy laaste brief: “Moenie bedroef wees nie, my liewe ouers, want dit is die wil van die Here”.

    Veldkornet WILLIE HOFMEYR LOUW (30), seun van ‘n predikant van die Paarl voor vuurpeloton op Colesberg se skutplaas op 23 November 1901. Die latere Britse Eerste Minister McDonald het gesÍ: “… Louw has been shot upon a verdict of a court which did not understand the first elements of justice and had not the faintest idea when a statement was proved”.

    PIETER WILLEM VAN HEERDEN (42) van Vaalvlei, Tarkastad voor ‘n vuurpeloton op Tarkastad op 12 November 1901. Hy was ‘n halfblinde, oorgewig man wat nooit ‘n Rebel was nie. Weens sy oorgewig het van die lede van die vuurpeloton hom opsetlik in die maag geskiet as ‘n grap.

    NICOLAAS FRANCOIS VAN WIJK (26) van Kareepoort, Philipstown tereggestel te Colesberg op 12 November 1901. Verraai deur Mej Walton van die poskantoor op Vanwyksvlei. Sy laaste woorde: “So groet ek u almal met ‘n hartelike kus. Die Here wees my genadig”.

    JOHANNES HERMANUS ROUX (18) van Jordaanskraal, Grahamstad voor vuurpeloton op Graaff Reinet op 7 Oktober 1901.
    Wees Trots Op Jou Identiteit As Boer Status. http://www.onsboeresetrotsegeskiedenis.co.za/

Bladsy 2 van 2 EersteEerste 12

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::