Bladsy 25 van 25 EersteEerste ... 152122232425
Wys resultate 361 tot 369 van 369

Draad: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

  1. #361
    Staatmaker Ad Astra's Avatar
    Aansluit Datum
    2012-Apr-Mon
    Plek
    Suid Vrystaat
    Poste
    1,276

    Verstek Ant: Re: Ant: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur hmmmm Bekyk pos
    Die dag is nog nie verby nie
    Het ook so gedink, daarom dat ek vra, "wat van more".

  2. #362
    Steunpilaar Volksregister
    Aansluit Datum
    2010-Apr-Thu
    Poste
    2,473

    Verstek Re: Ant: Re: Ant: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur hmmmm Bekyk pos
    Daai maak nie saak nie - ons het al so a gesprek gehad na Niburu in 2011 op ons neergedaal het. Eks uitgekryt deur a paar mense oor ek so sarkasties was, en op a stadium amper die deur gewys.

    Niburu het toe gekom en gegaan (eintlik nie gekom nie, net gegaan) en die datums vloei voort. Miskien volgende winter... Of 32 Februarie 2019
    Ag nee kom nou man. Dit is nou net belaglik. Ons almal weet daar gaan nie 32 dae wees in Februarie 2019 nie. dit is nou rerig en bespotting en belaglik. Die wereld eindig seker hier by die 30 Februarie. Global warming en stuff. die dae word langer, Nibiru kom nader, mors met die aarde se omwentelings, maak dit langer, almal sterf, stootskrapers wat die lyke in die grond in ry maak die global warming erger, dae word nog langer. Baie baie wetenskaplik. Verseker die 30ste Februarie. Ek het nou nie gedroom daarvan nie, maar ek is pretty seker van my saak.

  3. #363
    Steunpilaar Volksregister
    Aansluit Datum
    2010-Apr-Thu
    Poste
    2,473

    Verstek Re: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Ek is eintlik baie baie kwaad. Ek het so ruk terug vir my van daai duur steak gekoop, Wagyu. My 'n arm en 'n been gekos. Ek het gevoel dat as die einde van die wereld kom, dan beter ek dit in styl doen. Wel...

    My steak is klaar. Ek is nog hier. Wat nou?

    Ok, grappies op 'n stokkie. Deborah, jy voorspel die einde van die wereld nou al elke jaar vir hoeveel jaar? Partykeer is dit spesifieke datums en ander kere is dit om en by datums. Meeste van die tyd het jy 'n droom daaroor gehad en ander kere is dit nou maar net jou eie uitleg. Maar, snaaks genoeg is jy NOOIT verkeerd nie. Daar's altyd iets iewers aan die gang...'n nuwe droom...beter uitleg...nuwe teorie. Elke keer.

    So, ek vra onverskoning vir al die grappe en bespottery. Maar jy maak dit heeltemal te maklik. Nee, dit regverdig nie my aksies nie, maar iewers gaan jy die Waarheid moet raaksien. Ernstiglik. Nee Deborah, nie jou weergawe van die Woord nie. Nou ons kan ingaan op die hele Waarheid, maar ek dink nie jy WIL dit hoor nie. Jesus het gekom vir die verlore. Nie vir die wat reeds gered is nie. So jy met jou "6.5 biljoen mense gaan dood jy gaan hulle behandel soos absoluut niks" staan in direkte teenstand met die Woord. DIREK.

    Ongelukkig tel die Woord nie. Nie vir jou nie. Jy lees die Skrif soos wat jy dit wil lees, ongeag van wat daar staan. Jy sal nou bietjie still wees vir so paar weke...maande. En dan sal jy terug wees met 'n nuwe datum, 'n nuwe teorie en sommer nog 'n paar fotos. Want jy hoop dat iemand iewers dit sal koop wat jy probeer smous, ongeag van die Waarheid.

    Waarlik jammer Deborah, maar die wereld eindig nie hierdie jaar nie. Ook nie volgende jaar nie. Ook nie die jaar daarna nie. En ook nie die jaar daarna nie. Maar dan weer, miskien eindig die wereld hierdie jaar. Miskien volgende jaar. Miskien die jaar daarna. Dit maak waarlik nie saak vir my nie. Ek sal die Woord van Christus uitleef soveel ek kan en soveel verlore skape probeer red as wat Christus my die krag en wysheid sal gee voor. Maar....nie ek of jy of enige van jou drome gaan die einde sien kom nie. En hoekom nie???? Want DIT is in die SKRIF, en DIT is WAARHEID. Die oomblik wat mense soos jy begin dink hulle weet wanneer die einde is besef hulle nie dat hulle hele geloof dan 'n leuen is...want Christus self het gese niemand sal weet nie.....en Deborah, my God is nie 'n leuenaar nie.

  4. #364

    Verstek Re: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur PeetB Bekyk pos
    Ek is eintlik baie baie kwaad. Ek het so ruk terug vir my van daai duur steak gekoop, Wagyu. My 'n arm en 'n been gekos. Ek het gevoel dat as die einde van die wereld kom, dan beter ek dit in styl doen. Wel...

    My steak is klaar. Ek is nog hier. Wat nou?
    My maggies Peet, jys ook nog hier! Ekt gedag almal is al weggeraap of skuil in die Volkstaat. Ekt so 10 dae terug ingeloer na jaaaaare (eintlik kom kyk of ek kan sien of die restaurant nog bestaan).

    Toe sien ek almal het die pad gevat - ek neem aan die Boere, die Ware Boere, die Regte-egte Boere, die Afrikaners en die ander het afgestig en toe bly niemand oor nie?

    In elk geval, goed om te sien jy, ek en die ander 7 biljoen aard bewoners het dit verby gister gemaak

  5. #365
    Staatmaker Ad Astra's Avatar
    Aansluit Datum
    2012-Apr-Mon
    Plek
    Suid Vrystaat
    Poste
    1,276

    Verstek Ant: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Hallo ou Peetman. Darem self gedink jy is dalk weggeraap. Was eintlik kwaad daaroor, want my geloof wil dan nou so baie met joune ooreenstem. Hoekom jy en nie ek nie!? Nou kan ek weer asemhaal.

    Nee-wat ou maat. Ons maak grappies en kan seker as "spotters" gebrandmerk word, maar soos jy self gesę het, party mense maak dit maklik en selfs aanloklik om soms gek te skeer.

    Ek wil een klein ou verskilletjie inbring. Die aarde word NOOIT verwoes nie. Dit gaan VERNUWE word. Ja, 'n mens moet eers die ou huis afbreek voordat jy die nuwe een kan bou, maar die stukkie grond bly staan darem nog en die uiteinde is soveel beter. Wanneer gaan dit gebeur? NIEMAND weet nie, nie eens Jesus nie! Die Bybel waarsku ernstig TEEN die dophou van tye en tekens, en as dit dan nou so moet wees dat ons na tekens wil kyk, wel gaan lees liewer geskiedenis op, want meeste van die tekens wat Deborah-en-kie verwag in die (nabye) toekoms, hel jare terug al REEDS gebeur.

    'n Profeet sien dinge en vertolk dit. 'n Valse profeet kyk na die politiek, węreldgebeure, internet webblaaie, weersvoorspellings, wetenskaplike observasies en voorspellings ens., en wil dan "profeteer" daarvolgens.

  6. #366

    Verstek Re: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Met betrekking to die voorspellings van Nibiru en ander vorrspellers van "doom" met hulle "fear-porn" wat gereeld allerhande verskrikkings en doodslag verkondig; dit is seker maar hulle "werk". Nou die dag vra iemand juis oor die sulkes en die gesprek skuif na mense soos John Edward en die soortgelyke vrou van SA Marietta Theunissen. Deel van my antwooed is hier by -


    Neewat, ek glo gladnie aan die mense nie. Hulle is redelik opportunisties en as mens fyn luister dan sal jy agterkom hulle gebruik 'n baie verfynde tegniek om eintlik antwoorde uit jou uit te kry. Die Ier (john Edmund) het baie bekendheid verwerf met die selfde ding - hy is al 'n paar keer uitgevang. Ek vergelyk hulle met die heks van Endor. Daar was en sal nog baie "profete" wees. My problem is dat van Nostradamus, Siener, Edgar Cayce en nog 'n paar ander se goed is alles hel dubbelsinnig geskryf en as jy dit in retrospek toepas kan jy enige iets eintlik daarby laat pas. Nie een van die donners het al enige iets verhoed om te gebeur nie.

    Wat sę die Bybel ((Met baie verwysings m.b.t. waarsę en voorspellings))


    Marietta Theunissen


    Die tannie het blykbaar nou ook haar dogter "geleer" om die selfde te doen.. Sy verdwyn gerieflik na New Zealand toe as dit warm word hier.

    Dit staan elke ou vry om te glo en te doen wat hy wil, persoonlik dink ek die vrou en ander soos sy, teer op mense se leed en gee mense valshoop - As sy dan nou so damn goed is, hoekom wen sy nie die lotto nie? Hoekom is sy nie saam met haar geeste in die casino nie? Nee, dit is makliker om arm mense se geld te gryp en hulle 'n klomp bollie te laat glo.

    http://www.news24.com/Columnists/Arc...-talk-20050916


    Jammer as dit nie is wat jy wou hoor nie, maar ek is maar baie skepties wanneer dit by sulke dinge kom. Nie een van die waarsęers het dit nog ooit reg gekry om hulle eie lewens soveel te verbeter d.m.v. hulle "talent" nie. As dit werklik dan so 'n "gawe van God" is, hoekom doen hulle dit nie verniet nie..

  7. #367
    Steunpilaar Volksregister
    Aansluit Datum
    2010-Apr-Thu
    Poste
    2,473

    Verstek Re: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!

    Dagsę mense!

    Dit is waarlik goed om te weet ons is darem nog hier...dit beteken daar's nog 'n kans vir daai vleisie op die vuur. Sę julle wat....ek sal solank begin spaar vir my volgende stukkie wagyu steak...en dan sodra Deborah terug keer met haar volgende voorspelling dan maak ons 'n datum om daai dingetjie op die vuur te gooi. Nie dat ek 'n verskoning soek om te braai nie...maar hey, if we're going out, let's do it in style!

    En stem saam Ad, die aarde gaan vernuwe word. Maar dink nie ons het 'n idee watse form daardie vernuwing gaan aanneem nie. Ons God is soveel groter as wat ons ooit kan droom of indink...Wat ek wel vir julle kan sę, dit gaan verseker nie as gevolg van Nibiru wees nie. Sover glo ek vas, in my klein opinie, dat die enigste ding wat Nibiru waarlik gaan veroorsaak is dat ek meer goeie steak braai. Flippen Nibiru.

    En Deborah, moet nie worry nie. Ons ken die antwoorde wat jy bitter graag hier wil plaas. Die standaard "Ek het 'n nuwe droom gehad" of die verdere "Julle hoef my nie te glo nie, julle sal binnekort weet" of selfs die "As julle nie voorberei nie gaan julle jammer wees". Wel, gelukkig vir jou het ek reeds begin spaar aan daai steak. En net so tussen my en jou.....Phillipians sę dit mooier as enige plek anders, vir my natuurlik.

    "For me, to live is Christ and to die is gain"

    Jy wat so hoop op nibiru sodat jy jou stukkie grond weer kan terug kry....jy wat so hoop op die verganklik....Ek, as Nibiru kom en ek word uitgewis....sit saam met Christus en fees hou. Dink jy waarlik ek's bang vir Nibiru?

  8. #368

    Verstek Re: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!





  9. #369

    Verstek Re: Nibiru is sigbaar met die blote oog. Jippie!


Bladsy 25 van 25 EersteEerste ... 152122232425

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::