En die volgende berig het ook in die dorp vandag gebeur. Gobabis is so klein en dis net meestal duitse boere rondom die dorp. Ek was al daar en daar is meer kerke as kroee of drankwinkels in die dorp. Daar word gespot dat as die wereld eindig, hoef jy net Gobabis toe te gaan, want die plek is tien jaar agter die tyd.

Laat my dink dat hulle nou almal met "die plan" is, en wie weet waar dit gaan eindig?


19.04.2012
Plaasmoord ruk Gobabis

In n poging om n plaaswerker se gesteelde fiets terug te kry, is n bekende Gobabis-boer wreed met n mes vermoor.

Die Gobabis-gemeenskap is in skok en rou gedompel toe n bekende boer en werktuigkundige van die omgewing deur n stukwerker ten aanskoue van sy vrou en buurvrou koelbloedig met n mes vermoor is.

Mnr. Piet van Helsdingen (49), wat ongeveer 110 km buite Gobabis in die omgewing van Kroonster boer, is Dinsdagoggend deur n plaaswerker in kennis gestel dat die werker se rooi fiets die vorige nag gesteel is.

Van Helsdingen moes na sy jarelange huisvriende, mnr. Hennie en me. Madeline van Niekerk, se melkboerdery sowat drie plase van sy eie af ry om aan n voertuig herstelwerk te gaan doen. Hy het twee van sy plaaswerkers saamgeneem, insluitend die een wie se fiets gesteel is.

Op pad na ons plaas toe, het Piet en sy werkers die fiets se spore gesien en toe hy by ons plaas aankom, het hy gevra of enige van die werkers iemand met n rooi fiets gesien het. Hulle het in die rigting van n man wat by die melkstalle gestaan het, beduie en Piet het na hom toe geloop. Ek en sy vrou, Trina, is agterna, het me. Van Niekerk gister aan Republikein vertel.

Piet het vir die werker gevra waarom hy die fiets gesteel het, want dit is dan nie sy eie nie. Die werker het hom vererg, n mes uitgepluk en reg voor my, Trina en die ander werkers se o, vir Piet op die linkerslaap, wang en in die bors met die mes gesteek, het Van Niekerk hartseer en geskok ges.

Volgens Van Niekerk het een van Van Helsdingen se werkers probeer keer en is self in die proses in die hand gesteek, maar is verder ongedeerd. n Ander werker het n klip opgetel en die stukwerker daarmee gegooi.

Piet het nog gelewe en ek en Trina het hom in die bakkie gelaai en dorp toe gejaag. Hy is deur n dokter op die dorp behandel en per ambulans Windhoek toe gestuur, maar toe die ambulans die hoofstad binnery, het hy aan sy beserings beswyk, het Van Niekerk ges.

Die polisiebevelvoerder van die Omahekestreek, komm. Josephat Abel, het aan Republikein ges die stukwerker wat met die klip beseer is, is op die moordtoneel in hegtenis geneem. Hy is tans in die hospitaal op die dorp onder polisiebewaking. Sodra hy ontslaan word, sal hy in die hof verskyn op klagte van aanranding en moord.

My pa was n great, great ou, hy kon enigiets doen en enigiets regmaak. Ons kan nou nog nie glo dit het gebeur nie, het Van Helsdingen se seun, Gert (24), ges.

Van Helsdingen laat sy vrou, drie seuns en n dogter na. Teen druktyd was begrafnisrelings nog nie beskikbaar nie.


Elzeth Harmse



19.04.2012
Bakkie-eienaar aangerand, vier in hof
Vier mans het onlangs in die landdroshof op Gobabis op klagte van poging tot moord en saakbeskadiging verskyn.

n Vyfde man is in die hospitaal. Die mans is op Sondag 10 April omstreeks 17:00 in hegtenis geneem nadat hulle n man wat n wit Hilux-bakkie bestuur het asook sy manlike passasier aangerand het.

Die mans het volgens getuies voor die aankomende bakkie gaan staan en dit tot stilstand gedwing. Drie van die mans het agterop die bakkie gespring en twee voor op die enjinkap. Die eienaar het uit die voertuig geklim, die een man n klap gegee en terug in sy bakkie geklim aangesien hulle sy kar met bottels geslaan het. Die mans het toe die eienaar uit sy voertuig gesleep en hom met klippe begin aanrand en hom met n mes gesteek.

Volgens me. Sofia Goagoseb, n ooggetuie, het die mans toe n bierbottel stukkend geslaan en die voertuigeienaar met n stuk daarvan in sy kop en rug gesteek.

Die een het geskree dat die bakkie hom gestamp het, maar dis nie waar nie, die bestuurder het stilgehou en vir hulle toeter geblaas, het sy getuig.

Die bestuurder het glo sy bewussyn verloor en die mans het hul aanval op die passasier toegespits. Hy het toe n vuurwapen uitgepluk en op die mans gerig. Volgens getuies het hy een in sy been gewond, waarna die passasier weggehardloop het. Die mans het toe die eienaar in die bakkie gelaai en sy enjinkap oopgemaak om die voertuig aan die brand te steek. Hulle het ook die voorruit met bottels stukkend geslaan.

n Omstander het intussen die polisie geskakel en die vyf mans is op heterdaad betrap en in hegtenis geneem. Die polisie het die beseerde bestuurder asook die een gewonde aanvaller na die hospitaal geneem.

Volgens die bakkie-eienaar, mnr. Phillipus Haufiku, ken hy glad nie die mans wat hom aangerand het nie en hy weet nie waarom hulle hom sou aanval nie. Die saak is tot 27 April uitgestel om die ouers van die een minderjarige beskuldigde op te spoor.