Wys resultate 1 tot 13 van 13

Draad: Die verlede is die Hede

  1. #1
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,767
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Die verlede is die Hede

    Die Anglo Boereoorlog laat mens steeds, meer as honderd jaar later, in verwondering en gryp jou aan die hart. Die leed van die vroue en kinders kan nie in woorde beskryf word nie. Die feit dat Brittanje na meer as n 100 jaar steeds nie verskoning vra vir hierdie barbaarse metodes van oorlogvoering nie, is betekenisvol. Wat egter begeester, is daardie manne wat in daardie hopelose toestand steeds met soveel oorgawe geveg het vir dit waarin hulle geglo het.

    Die vraag wat vandag steeds onbeantwoord bly, is waaroor daardie oorlog dan nou eintlik gegaan het. Dit mag vandag na n futiele oefening lyk, maar dit is juis hierdie aspek wat ons vandag in staat sal stel om te bepaal waaroor die stryd nou gaan.

    Op die oog af wil dit lyk of die oorlog oor stemreg gegaan het. Die Uitlanders, hoofsaaklik gesetel in Johannesburg, het beswaar gehad teen die feit dat hulle eers na 14 jaar se verblyf, stemreg kon kry. Alfred Milner het by Paul Kruger aangedring op n verlaging van hierdie tydperk. Kruger was bereid tot 7 jaar, alhoewel Milner op 5 jaar aangedring het.

    As dit net oor stemreg gegaan het en die feit dat slegs 2 jaar klaarblyklik tussen oorlog en vrede gestaan het, sou mens met stelligheid kon s dat dit dwaas sou wees om daaroor oorlog te maak.

    Het dit dan om goud gegaan?

    Dat goud belangrik was en die grootste ontdekkings ooit juis kort vantevore aan die Witwatersrand gedoen was, dit is algemene kennis. En dat goud juis duisende fortuinsoekers na hierdie land gebring het; hulle wat juis op stemreg aangedring het, dit is so. Nie dat hulle ooit regtig burgers van n Boere republiek wou word nie! Maar selfs al sou dit om goud gegaan het, sou dit steeds dwaas gewees het om slegs daaroor oorlog te maak. Ook kon dit nie oor die reputasie of aansien van Kruger en Milner gegaan het nie, want die Volksraad, en beslis die Oranje Vrystaat, sou nie toegelaat het dat oorlog verklaar word om die aansien van n persoon te verhoog of te red nie.

    Paul Kruger het self ges dat dit nie stemreg was wat Brittanje wou h nie, maar die land self. Wat het hy daarmee bedoel? Dat Brittanje ons grondgebied wou inpalm? Ja, beslis. Maar daarmee saam moes die bewoners van daardie grondgebied, die Boer, ook van daardie grondgebied verwyder word. Dit was dus die grondgebied sonder die Boer wat Brittanje wou h. Daarom dat dit van meet af bedoel was om n totale oorlog te wees.

    Dit wat die Voortrekker en die Boer ten doel gestel het, naamlik skeiding tussen volkere en daarmee saam vreedsame naasbestaan, sou juis in die pad staan van die droom van Rhodes en Milner, naamlik om alles en almal aan die Britse Ryk te onderwerp.

    Elke toegewing van Kruger is daarom deur n nuwe eis begroet. Daarom dat Alfred Milner s dat wat Kruger ookal toegee, hy nooit daarmee tevrede sal wees nie. Hy sou altyd meer vra. Jy kan alleen elke keer meer vra en kry as jy die volk van wie jy dit vra, nie enige bestaansreg gun nie. Daarom dat Milner na afloop van die oorlog en te midde van die feit dat honderdduisende stuks vee van kant gemaak is, tienduisende hektaars grond afgebrand is, 27 000 vroue en kinders sterf, 55 dorpe heeltemal of gedeeltelik in puin gel is, en te midde van n Vredestraktaat, steeds aandring dat die oorlog voortduur, al is dit ook met ander middele. Want soos dit opgeteken staan, moes die laaste spore van hierdie volk uitgewis word.

    Die volk van Majuba moes nie net n les geleer word nie; hy moes van die aardbodem verdwyn. Dit was die doel van daardie oorlog. En omdat daardie oorlog dit nie kon bewerkstellig nie, duur daardie oorlog (met ander middele) steeds vandag voort.

    Wat dus besef moet word, is dat dit wat sedert 1994 en met behulp van die Grondwet gebeur, steeds n voortsetting van daardie oogmerk van Milner is, naamlik om ons as volk te vernietig. Elke onteiening, elke verkragting, elke roof, elke moord, elke werklose Blanke is n stap-vir-stap verwesenliking van die bose ideaal wat Milner ten doel gestel het.

    Uit die oorlog van 1899 tot 1902 is vele lesse te leer. Van die belangrikste is dat n volk wat telkens op die verdediging is terwyl die vyand jou uitwissing ten doel stel, geen kans op oorwinning het nie. Piet Joubert en Piet Cronje was dapper manne wat diep spore in ons volk se bestaan getrap het. Maar aan leierskap het hulle in daardie omstandighede ernstig tekort geskiet. Hulle het die verkeerde strategie gevolg; daarvan is onder andere Ladysmith en Mafeking die bewys. En Paardeberg moes, indien daar geen besinning sou kom nie, noodwendig gebeur. Trouens, dit moes, as daardie toestande voortgeduur het, die einde van daardie oorlog beteken het.

    (Weeg alle organisasies en antwoord eerlik, onderstaande is 'n huidige probleem net soos destyds. Gevegsmetodes wel ons kan daaroor debateer)

    Traagheid van besluitneming, argaese gevegsmetodes en foutiewe strategie was gedoem om noodwendig nederlaag tot gevolg te h.

    (Wat ons soek in 'n Leier is eerlikwaar..)

    Maar dan verskyn nuwe leierskap op die toneel. Leiers wat begeester, vinnig besluite neem en die regte strategie volg. Leiers wat besiel is met die roepingsbesef wat in n volk vaardig behoort te wees.

    De Wet en De la Rey stel n nuwe standaard en lei deur voorbeeld.

    Weg is die walaer en die stellingfase.

    Skielik is dit asof slegs n gevegsmetode, die guerillategniek gepaardgaande met die spoed van die perd en die kennis van die terrein aan die Boer te velde nuwe moed gee. In n oogwink en ten spyte van alles wat Brittanje doen, is daar n wending in die stryd.

    Dat 210 000 van die vyand uiteindelik nodig was om n skamele ongeveer
    21 000 tot oorgawe te dwing, en nie omdat hulle die oorlog gewen het nie, maar slegs omdat hulle barbaarse metodes volg om vrouens en kinders te teiken in plaas van die opponent self, getuig van wat op die spel was. Dat vir bykans 2 jaar daarna oorlog gevoer is terwyl alles hopeloos gelyk het, getuig van n volk vir wie sy erfenis mooi was; wat geweet het dat n pragtige stuk vir hom afgemeet was.

    Wanneer jy jou roeping aanvoel maak jou eie grond en lewe nie meer saak nie; dan raak die volksaak groter as jyself. Oorlog in sulke omstandighede is n daad van selfrespek en selfbetuiging. Die Vrede van Vereeniging sou deur hierdie Bittereinders gesluit word, en nie deur die oorgers en hensoppers nie. By sulke ondertekenaars kon net een gedagte leef, naamlik dat by die eerste moontlike geleentheid die vryheid herstel sou word!

    Carl von Clausewitz, die Pruisiese generaal, historikus en strateeg, het ges dat hoe sterker die motiewe vir oorlog is, des te meer sal dit n absolute karakter aanneem. Die motief om ons volk van die aarbodem te vee, bestaan steeds. Die middele om dit te bewerkstellig bestaan in oorvloed. Die Britte wou nie soseer h dat die Swartes in 1994 stemreg kry nie, maar veel eerder dat die Swartes se stemreg die Britte en hulle bondgenote in staat kon stel om ons land finaal in te palm en daarmee saam: Om die laaste spore van ons volk uit te vee.

    Dat ons vyande steeds nie daarin kon slaag om ons uit te wis nie, en dit ondanks al die middele tot hulle beskikking, kan daaraan toegeskryf word dat die vlam van nasionalisme steeds brandend is. Dit is ons taak om daardie vlammetjie in n vuur te verander. En daartoe is aanval, eerder as verdediging, die aangewese strategie.
    ?
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

  2. #2
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,767
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Die verlede is die Hede

    Ons herhaal definitief foute van die verlede.

  3. #3
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,767
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Die verlede is die Hede

    Mense, wat het julle te se? Geen reaksie nie?

    Uit die oorlog van 1899 tot 1902 is vele lesse te leer. Van die belangrikste is dat ‘n volk wat telkens op die verdediging is terwyl die vyand jou uitwissing ten doel stel, geen kans op oorwinning het nie.
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

  4. #4
    Staatmaker Volksregister Salmon's Avatar
    Aansluit Datum
    2009-Dec-Thu
    Poste
    1,514
    Blog inskrywings
    1

    Verstek Ant: Die verlede is die Hede

    BPK, een van die dinge wat my al lank pla...

    Hoekom, met die inval van die Britte, het ons enigsins toegelaat dat hulle voet aan wal sit??
    Die Vierkleur sal weer wapper en Afrikaans SAL ons bly praat. GOD met ons.

  5. #5

    Verstek Ant: Die verlede is die Hede

    Barend, ek dink hierdie is baie insiggewend. Kan nie dink hoe dit wat 115 jaar terug gebeur het, so "verskriklike" effek op ons lewens vandag he nie. Dit wys net, die vyand hou nie op om die kinders van die lig te probeer uitwis nie.

    Dankie

  6. #6

    Verstek Ant: Die verlede is die Hede

    Miskien moet ons weer 'n Groot Trek begin? Dan herhaal ons die geskiedenis mos nou behoorlik. Hierdie keer LEER ons uit ons foute. Alles is opgeteken.
    ________________
    Ons moet nou werk aan selfbeskikking, dan onafhanklikheid en dan hopelik vryheid.

    [Boerevryheid Jeugleier Alberton]

  7. #7
    Staatmaker
    Aansluit Datum
    2011-Jun-Sun
    Plek
    Pretoria, Transvaal
    Poste
    1,781

    Verstek Ant: Die verlede is die Hede

    Die verlede is beslis nie die hede nie.

    Voorwaarts, die laaste groot trek het reeds na ander lande plaasgevind.

    Ons is die verraaiers wat tussen die anc ondersteuners agtergebly het omdat ons tussen hulle wil wees.

    Ons leer niks uit ons foute nie want niemand hier het nog 'n fout gemaak nie. Wys een ou wat so ver hier gese het askies ek het aangejaag.

    Alles word polities regverdig.

    Salmon die Boere was waarskynlik besig om onderling te stry oor een of ander onbenulligheid en het nie gedink dis nodig om ons grense te bewaar nie.

    Uit die oorlog van 1899 tot 1902 is vele lesse te leer. Van die belangrikste is dat ‘n volk wat telkens op die verdediging is terwyl die vyand jou uitwissing ten doel stel, geen kans op oorwinning het nie.
    Die grootste rede is omdat daar geen eenheid is nie, aaaaaltyd een of ander spul wat 'n probleem met alles het, behalwe sy eie (ondeurdagte) idees. Elke Boer wil SY woord laat hoor, maar nie een neem die leiding nie. Al wanneer Boere iets begin doen is wanneer die kalf al klaar 'n week in die put is en nou wragtag aan die vrek is.

    Laat my so aan Rocky dink. Die ander ou slaan hom eers voos voor hy begin terugslaan, so wanneer dit half en half te laat is.

    AS en m03rse groot AS iets in SA gaan regkom gaan dit van die Afrikaners of swartes af moet kom. Ons Boere gaan net sit en dit kritiseer - en daarmee se ek nie Boere is sleg nie. Boere is saggeaarde groot ouens met klein hartjies wat almal sal probeer help (as hy iets het om weg te gee).

    Sorrie - my 2c
    Last edited by F a n i e; 8 Dec 2011 at 18:35.
    Groente !
    Fanie

  8. #8

    Verstek Re: Ant: Die verlede is die Hede

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur F a n i e Bekyk pos
    Die verlede is beslis nie die hede nie.

    Voorwaarts, die laaste groot trek het reeds na ander lande plaasgevind.

    Ons is die verraaiers wat tussen die anc ondersteuners agtergebly het omdat ons tussen hulle wil wees.

    Ons leer niks uit ons foute nie want niemand hier het nog 'n fout gemaak nie. Wys een ou wat so ver hier gese het askies ek het aangejaag.

    Alles word polities regverdig.

    Salmon die Boere was waarskynlik besig om onderling te stry oor een of ander onbenulligheid en het nie gedink dis nodig om ons grense te bewaar nie.

    Die grootste rede is omdat daar geen eenheid is nie, aaaaaltyd een of ander spul wat 'n probleem met alles het, behalwe sy eie (ondeurdagte) idees. Elke Boer wil SY woord laat hoor, maar nie een neem die leiding nie. Al wanneer Boere iets begin doen is wanneer die kalf al klaar 'n week in die put is en nou wragtag aan die vrek is.

    Laat my so aan Rocky dink. Die ander ou slaan hom eers voos voor hy begin terugslaan, so wanneer dit half en half te laat is.

    AS en m03rse groot AS iets in SA gaan regkom gaan dit van die Afrikaners of swartes af moet kom. Ons Boere gaan net sit en dit kritiseer - en daarmee se ek nie Boere is sleg nie. Boere is saggeaarde groot ouens met klein hartjies wat almal sal probeer help (as hy iets het om weg te gee).

    Sorrie - my 2c
    Fanie, as ek gesien word as n verraaier omdat ek nog nie hierdie land verlaat het nie... so be it... Daar is nie vir my n ander land nie... Het jy al werklik erens gaan sit en stil raak in die veld en toegelaat dat die Afrika son, grond en lug met jou praat en oor jou siel spoel... Ek se altyd, God was in n goeie bui toe Hy Afrika gemaak het en het n spesiale plek in Sy hart vir hierdie land... moet wees, kyk hoe hard probeer die duiwel om dit wat goed is te vernietig...... Ja die eenheid ding.... Sonder om ons self vas te heg aan die duisternis hoop ek regtig daar word lig gesien... en gou... sodat ons kan saamstaan.... voor dit heeltemal te laat is....

  9. #9

    Verstek Ant: Die verlede is die Hede

    Die Groot Trek is nie net landuit nie, maar ook na die verskeie volks groeipunte.
    ________________
    Ons moet nou werk aan selfbeskikking, dan onafhanklikheid en dan hopelik vryheid.

    [Boerevryheid Jeugleier Alberton]

  10. #10

    Verstek Re: Ant: Die verlede is die Hede

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Voorwaarts Bekyk pos
    Die Groot Trek is nie net landuit nie, maar ook na die verskeie volks groeipunte.
    Dit is daardie verskeie groeipunte wat my so effe bekommer.... so ek gaan maar hier op my eie mishoop sit tot daar n mooi wolk verbykom in wie se skaduwee ek kan loop to by die regte groeipunt....

  11. #11

    Verstek Ant: Die verlede is die Hede

    Ondersteun dan solank die grootste groeipunte. Dit bly natuurlik jou keuse Spes 44
    ________________
    Ons moet nou werk aan selfbeskikking, dan onafhanklikheid en dan hopelik vryheid.

    [Boerevryheid Jeugleier Alberton]

  12. #12

    Verstek Re: Ant: Die verlede is die Hede

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Voorwaarts Bekyk pos
    Ondersteun dan solank die grootste groeipunte. Dit bly natuurlik jou keuse Spes 44
    Ek het n ''survival manual'' snaaks geskryf en verstaan die ding nie altyd nie... maar so nou en dan kom hier iemand verby wat so bietjie ''lig'' op die onderwerp plaas.... Ek ondersteun ongelukkig niks tot ek 100% tevrede is met die padkaart en ruit verwysings nie... 43 jaar is n lang tyd in die wildernis,, die tyd is kort en ek is nou moeg om in draaie te loop.... so ek sit maar hier op my mishoop,, sonder om enige verdere energie te mors tot ek seker is.... Ek weet ook nie of ek te gemaklik is met baie groot groepe nie... te veel name om te onthou en my geheue is nie te goed nie.... mense raak kwaad as ek nie hulle name kan onthou nie en dan verstoot hulle jou gewoonlik,,,,

  13. #13

    Verstek Re: Die verlede is die Hede

    Hier is een van daardie manuals - As julle belang stel laai dit af (2.8 |Meg) http://filegooi.co.za/get2/067a1408b...val_manual.pdf

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::