Wys resultate 1 tot 9 van 9

Draad: Biltong??!

  1. #1
    Staatmaker Volksregister Rosie's Avatar
    Aansluit Datum
    2010-Mar-Tue
    Plek
    Oos Vrystaat
    Poste
    1,138

    Verstek Biltong??!

    NaandsÍ Mense,

    Kan iemand asseblief vir my sÍ of biltong gemaak kan word van bosvark? En as `n mens kan, wat is die maklikste manier?
    **Net 'n handjievol van ons teen 'n hele groot mag**

  2. #2
    Staatmaker Volksregister Rosie's Avatar
    Aansluit Datum
    2010-Mar-Tue
    Plek
    Oos Vrystaat
    Poste
    1,138

    Verstek Ant: Biltong??!

    *hoes, hoes* maak my keel skoon.... "Iemand hier moet tog weet??"
    **Net 'n handjievol van ons teen 'n hele groot mag**

  3. #3
    Staatmaker Volksregister VuurEnBloed's Avatar
    Aansluit Datum
    2010-May-Sat
    Plek
    Centurion
    Poste
    1,078

    Verstek Re: Biltong??!

    ek kan nie glo niemand het ge-antwoord nie. Ek het geen idee nie, jammer.

    SovÍr ek weet kan mens nie vark biltong maak nie maar ek kan verkeerd wees.

    [QUOTE]SPERSERYE
    DEUR JOU EIE SPESERYE TE MENG BESPAAR JY SAKKE VOL GELD, DIT IS EENVOUDIG
    SMAAK OOK BETER AS DIE GEKOOPTE GOED

    BRAAIVLEIS SPESERYE
    1 Maat growwe sout
    1 Maat rou heel koljander
    Kwart maat heel swartpeper
    Meng en maal deur ‘n spesery meule

    BILTONG
    Daar is seker 'n paar duisend biltong resepte. Wat wel 'n feit is is dat lekker biltong lekker is en slegte biltong oneetbaar is.
    Die basiese bestandele is sout en peper.
    Ander bestandele word ook by gevoeg met sekere redes.
    Salpeter word bygevoeg en dit dien as 'n preserveermiddel.
    Bruinsuiker maak die biltong sag.
    Koeksoda verhoed dat die biltong muf in nat toestande.
    Koljander wat geskroei is is 'n gewilde smaakkeuse.

    GERT GROOTVUUR SE RESEP
    150 g Growwe sout
    70 g Bruinsuiker.
    10 g Salpeter ( By Apteke verkrygbaar)
    10 g Koeksoda
    5ml Wit peper.
    500 ml Wit asyn of worchester sous.
    Koljander na smaak.( Ek strooi my koljander op voordat ek dit ophang)
    Ek gebruik heel koljander wat ek self maal
    Die bestandele is genoeg vir 10 kg biltong.
    Laat lÍ vir 12 ure. Let op na hoeveel van die mengsel jy op die vleis strooi.
    Dit dien as 'n maatstaf vir die groot hoeveelhede biltong.

    GROOT MAAT RESEP
    2 kg Growwe sout
    1 kg Bruinsuiker
    130 g Salpeter
    130 g Koeksoda
    65 ml Wit peper
    6.5 Liter asyn
    1 kg Koljader .
    Wenk:
    Die bruinsuiker is geneig om die mengsel klam te maak. Plaas die mengsel op 'n swart plastiese sak in die son tot die meeste vog verdamp het. Die mengsel het 'n
    aangename reuk wat jou laat smag na "Jagtersland"

    KOTIE DU TOIT SE BILTONG
    Tant Kotie het ek ontmoet gedurende 'n Springbok jag in NamibiŽ in die distrik Maltehohe.
    Haar seun is die eienaar van die BP motorhawe op Keetmanshoop in die hoofstraat. Dis nou Jabus en Isetta du Toit.
    Die mengsel is genoeg vir 25kg vleis.
    500 g fyn sout
    500 g koljander
    225 g bruinsuiker
    15 ml salpeter
    25 ml koeksoda
    15 ml peper
    15 ml gemmer
    30 ml fyn naeltjies
    Bruin asyn
    Die rede vir die "fynsout" is: Die biltong kan na slegs 4 tot 6 ure in die pekel opgehang word

    KOTIE DU TOIT SE DROňWORS
    2Ĺ kg wilds vleis
    2Ĺ kg vet skaap vleis
    35 ml fyn sout
    50 ml geskroeide koljander (vars gemaal)
    5 ml fyn naeltjies
    5 ml fyn neutmuskaat
    10 ml fyn swartpeper
    150 ml bruinasyn
    Skaap derms (Dit is die geheim)
    Jy stop die wors so ongeveer 30mm dik (So dik soos jou Groottoon)
    Meng die bestandele en maal die vleis. Stop in die skaap derms en vleg 150mm worsies, hang op om droog te word. Vries die droŽwors voordat dit te droog is.
    Skaap derms laat die wors 'n droŽ skil buite vorm en laat die vars smaak binne vas vang.

    KALAHARI SE BILTONG SOUT
    1 kg Fyn sout
    Ĺ kg Geelsuiker
    2 Eetl. gemmer
    2 Eetl. swartpeper
    2 Eetl. koeksoda
    2 Eetl. salpeter
    500g Koljander .
    250 g van die resep is genoeg vir 10 kg biltong saam met 500ml asyn.
    Na 4 tot 6 ure in die pekel kan die biltong opgehang word

    WENK
    Sout byvoegging
    16 gr per kg vleis sÍ die slimmense
    Verminder die sout namate jy speserye byvoeg[QUOTE]
    Farm Murder death list since 1987 to April 20 2010
    http://tinyurl.com/3xywtbk

  4. #4
    Staatmaker Volksregister VuurEnBloed's Avatar
    Aansluit Datum
    2010-May-Sat
    Plek
    Centurion
    Poste
    1,078

    Verstek Re: Ant: Biltong??!

    Die word biltong (van die Nederlands BIL bilstuk of boudstuk en TONG: strook of moot) is sover bekend vir die eerste keer in 1815 opgeteken, alhoewel selfs die Oxford woordeboek di tnou aangee as “strips of sun-dried meat”.

    Hierdie is 'n basiese resep pas dit aan volgens eie smaak.

    Die basiese bestandele van biltong is sout en peper.
    Ander bestandele word ook by gevoeg met sekere redes.
    Salpeter word bygevoeg as 'n preserveermiddel.
    Om die biltong sag te maak kan bruin suiker bygevoeg word.
    Koeksoda verhoed dat die biltong muf in nat toestande.
    Geskroeide en gemaalde Koljander is 'n gewilde byvoeging.

    Ek het die volgende op die internet raakgeloop en plaas dit as voorbeeld.

    Biltong, soos Reader's Digest* dit doen
    Hoe om 'n Suid-Afrikaanse lekkerny voor te berei

    Daar is waarskynlik eindelose teorieŽ oor hoe biltong berei moet word, en wanneer dit gereed is om te eet. Wanneer 'n mens biltong maak, kies die beste snitte, en maak genoeg om lank te hou.

    Gewoonlik is die bereidingstyd drie dae, en die biltong moet in 'n koel, goed geventileerde plek hang totdat dit droog is.

    Die volgende bestanddele is genoeg om sowat 4,25 kg (omtrent 9 pond) biltong te lewer:


    10 kg vleis (wild, bees of volstruis)
    625 ml (2 1/2 koppies) bruinsuiker
    75g bruinsuiker
    8 ml (1 3/4 teelepels) fyn salpeter
    8 ml (1 3/4 teelepels) koeksoda
    10 ml (2 teelepels) peper
    45 ml (3 eetlepels) heel koljander
    275g (1 koppie) sout

    Sny die vleis in die verlangde dikte en lengte (sny saam met die draad) en vryf deeglik in met asyn. Maak seker dat elke stukkie met asyn gevee word.
    Meng die suiker, salpeter, koeksoda en peper en sit eenkant. Rooster die koljander oor matige hitte tot dit begin verkleur. Verwyder van hitte en maal of stamp fyner in 'n vysel. Meng met die suikermengsel.
    Plaas die dikker biltonge onderin 'n emaljehouer, bedek met 'n laag sout en dan 'n laag van die speserymengsel. Herhaal die lae met al dunner stukke, totdat die heel dunste biltonge bo is. Strooi 'n laaste laag sout oor. Laat staan vir 12 ure.
    Haal die dunste biltonge af, doop vinnig en kookwater en vee deeglik af met papierhanddoek of skoon lap. Haak een kant oor 'n S-vormige draadhakie en hang op. Maak seker dat daar genoeg plek tussen die biltonge is sodat lug vryelik kan sirkuleer.
    Na nog 12 ure, haal die medium-dikte biltonge uit, behandel met die water en hang op.
    Na 36 ure in die pekel is die dik biltonge gereed om gehang te word.
    Droogtyd hang af van faktore soos temperatuur, lugsirkulasie en persoonlike voorkeur.
    Farm Murder death list since 1987 to April 20 2010
    http://tinyurl.com/3xywtbk

  5. #5
    Staatmaker Volksregister VuurEnBloed's Avatar
    Aansluit Datum
    2010-May-Sat
    Plek
    Centurion
    Poste
    1,078

    Verstek Re: Ant: Biltong??!

    Elke jagter hou van biltong. Daar is ook menige resepte. Party ouens hou van ‘n bietjie brand terwyl sommiges naeltjies wil by kry. Die resep hieronder kan jy nie mee verkeerd gaan nie. So as jy nie laasjaar tevrede was met jou biltong nie probeer hierdie een.

    Die belangrikste van biltong is die kwaliteit van speserye. Wat is die verskil tussen ‘n Landcruiser en ‘n Landrover. Albei het sterk enjins in en albei het 4 x 4. Die verskil is in die kwaliteit van die produk. Daarom is Landcruiser ook duurder as Landrover. Dieselfde geld vir speserye. As die spesery kwaliteit nie goed is nie dan sal die biltong ook nie goed wees nie al gebruik jy ook wie se resep.

    Nou hier is die resep gebaseer op 10 kilogram nat biltong.

    2 koppies gemaalde koljander. Die ideaal is om die rou koljander korrels te kry en dit dan te skroei en dan fyn te maal. Let wel skroei en nie brand nie Dit maak n reuse verskil aan die smaak van die biltong.
    1 1/2 koppies sout
    3/4 koppie tiemie
    ‘n kwart koppie fyn wit peper
    1 1/2 koppies druiwe asyn (nie die ander tipe nie)

    Meng goed en laat vir 24 uur lÍ voor dit opgehang word.
    Dieselfde resep kan gebruik word vir droŽwors hoewel daar ‘n bietjie skaap of bees vet bygesit moet word
    Farm Murder death list since 1987 to April 20 2010
    http://tinyurl.com/3xywtbk

  6. #6
    Staatmaker Volksregister Rosie's Avatar
    Aansluit Datum
    2010-Mar-Tue
    Plek
    Oos Vrystaat
    Poste
    1,138

    Verstek Ant: Biltong??!

    Dankie, VuurEnbloed. Bosvark is mos nie gewone vark nie en proe heeltemal anders ook. Ek het `n paar stukke present gekry en my vrieshokkie van my yskas is baaaaaie klein. Sal more probeer Biltong maak. Dit kan sekerelik nie soerg flop nir? Hehe
    **Net 'n handjievol van ons teen 'n hele groot mag**

  7. #7

    Verstek Ant: Biltong??!

    Al wat ek kan voorste; is sny dit lekker dun repies sodat dit gou kan uitdroog, en hou maarr n waaier op dit in n koel droee plek. Dun repies stel ek voor omdat dit vark is en lekker vinnig kan uitdroog. Sover ek weet kan mens enige vleis uitdroog vir biltong. Ek het al sandhaai biltong geeet, so.....
    Ry dit asof jy dit gesteel het

  8. #8
    Oudstryder Oudstryder
    Aansluit Datum
    2007-May-Mon
    Plek
    Barberton
    Poste
    61

    Verstek Re: Biltong??!

    Hi Rosie

    Toe ek op Ellisras gebly het was vlakvark biltong baie gewild onder die manne by die myn, so ek is seker jy sal bosvark ook kan gebruik.

  9. #9
    Nuweling
    Aansluit Datum
    2011-Feb-Thu
    Plek
    Oudtshoorn WC SA / PNR CONGO
    Poste
    1

    Verstek Ant: Biltong??!

    Ek het nog nie vlakvark gemaak nie maar ek is gebaseer in Congo en het nou al meer as 8 kilo Bees gedroog met SA speserye wat nou op is al, so ek lees nou maar hier rond vir speserye resepte. Ons het wel die lieflikste bosvark hier wat ek my tande op gesit het , so as dit gedroog kan word sal ek dit wel wil probeer , alles is baie duur hier in die Congo so ek verkoop Biltong hier nou vir so 180 ZAR per 250gram aan die kakies en scotte . ek sal graag wil weet of ek my sout kan verminder en meer ander smaake kan doen want partykeer is my goed maar baie sout wat net reg is vir dring maar nie geniet nie, ons klimaat is baie natter as Durban en wil ook graag weet van die salpeter wat ander se kanker veroorsaak maar benodig word vir nat klimaat , en wat ek nog nie gebruik het nie , ek is hoof saaklik afhangend van konstante krag wat die Aircon aandryf en die klimaat in stand hou vir my biltong tand.

    ek hou van die site en wil graag my ander vaardighede ook openbaar hier wat die land sal help, kort net n paar slimkoppe om my idees te toets.

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::