Bladsy 1 van 5 12345 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 69

Draad: Gedigte

  1. #1

    Verstek Gedigte

    Gunsteling gedigte: Ek is 'n groot aanhanger van die digkuns, en van goeie gedigte loop ons afrikaanse taal oor. Wie is julle gunsteling digters, en watter gedigte bring daai knop in die keel, of daai blink in die oog...

  2. #2

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    'n gunsteling van my is boerneef se makie mooigoed een een staan: (hoop ek onthou dit reg)


    Makie mooigoed een-een staan
    as dit kan 'n hele rits
    kyk fyn kyk fyn onthou onthou
    waar die mooigoed een-een staan
    as die bokveldswinde noordwes ruk
    moet jy weet waar die ritse mooigoed staan
    Last edited by polfyntjie; 15 Jan 2006 at 21:06.

  3. #3

    Smile Re: Gunsteling gedigte

    Totius se seun, Japie se gedig: Die Doringboompie en die Ossewa.
    Ek buig my knie net voor my God en niemand anders nie

  4. #4
    Staatmaker boertjie3's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Tue
    Plek
    rens in die wye wreld
    Poste
    1,573

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Ek sal moet terugkom oor daardie een!

    Ek ken nie eintlik my gedigte so goed nie. Maar een van die ou meesters beslis! Hoogenhout, Totius en tydgenote!
    Leef elke dag voluit!

  5. #5

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Ek Spartaan


    ek Spartaan
    wat ligdag op sy beuel bly blaas
    om almal wat hom volg te haas
    in rigtings wat sy leerryk span
    met vlerk en vuis en roemerplan
    maar saans alleen in tente wit
    vleuellam langs sy bed bly bid
    deur die wegbyt van 'n traan
    verbied vir hom die spog-Spartaan

    wat in my popcorn snak en snik
    en trane oor 'n Disney pik
    as prentjiesmense aan mekaar
    hul hartstog op die doek verklaar
    en agter titels staan en waai
    vir my - leek wat nog oor liefde raai -
    want alles wat mens moet verstaan
    bly duister vir die spook-Spartaan

    wat reelloos oor Vivaldi raak
    (wat hom ewig aan my inste traak)
    dat ek dae lank deur my venster staar
    om versies buite te gewaar
    maar vashaak in die sleutel A
    dan onvoltooid die lied verlaat
    om buite in die reen te staan
    en skree: ek Spartaan

    uit: "Valkuns" deur Steve Hofmeyr





    Dankie Polfyntjie.

    Gaan kyk gerus na die volgende skakel waar ons graag alle gedigte geplaas wil sien
    http://www.boerevryheid.co.za/forums...read.php?t=376

    Andries Pretorius
    Last edited by polfyntjie; 18 Jan 2006 at 23:53.

  6. #6

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Sheba, haar lied



    Ek het jou van ver gewaar, my Broer.

    Hoe mooi is jy nie!

    Jy het vir my gevoel soos iets wat groen is,

    koel om aan te raak, n plant wat stroom in water.

    Vanuit die dieptes van jou o,

    en die ingehoudenhede van ou ledemate

    het n stroom na my gevloei soos uit fonteine.

    Jy het my jou woning gewys, en my aan my hand

    in die tempel geneem

    sonder om n menswoord te s.

    Was ek nie toe ook reeds ommuur nie?

    Daar waar ek was, het ek regop gestaan op aarde:

    dit was ons twee saam wat so gestaan het.

    Jou asem het verstrik gearaak met myne, soos die rankies

    van die nuwe wingerd wat bly tas-tas na mekaar.

    Ons het saam na die oneindigheid gesoek.

    Ek het jou toe bemin voor ek dit ooit geweet het.

    Nog altyd is dit so.

    As ek my vensters oopmaak in die oggend

    groet ek die rooidag in jou naam.

    Daar is n blomgeur in die rondte die klein bleek

    blomme van die druif het reeds ontvou

    Nog voor die son my huis getref het.

    As ek uitstap in die oggendlug proe ek die wyn

    wat nog moet kom.

    Ek hou my woord met wat nie goed ges kan word nie.

    Want die tong is n deugniet en n danser

    en ook die wynpers van die soetigheid,

    die tong waarmee ek hier jou skoonheid opnoem

    en die donker fermentasie van jou bloed.

    Jy is ver van my, maar ek is naby jou.

    Ek het jou teruggeskink tot in my binneste;

    dit is daar dat jy bly leef.

    Ek voel jy loop in my gebeente af soos wyngees self.

    Dit is n wonderwerk wat my omgeef.



    uit:Die aandag van jou o gedigte vir die liefde deur Petra Mller




























  7. #7

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Andries Pretorius
    Dankie Polfyntjie.

    Gaan kyk gerus na die volgende skakel waar ons graag alle gedigte geplaas wil sien
    http://www.boerevryheid.co.za/forums...read.php?t=376

    Andries Pretorius
    Dankie. Ek het die draad gesien, maar ek is nie seker of my plasings wel daar sal inpas nie. Sover ek verstaan moet die gedigte humoristies en patrioties wees....?? Dalk verstaan ek verkeerd.

  8. #8

    Exclamation Ant: Gunsteling gedigte

    Verskuif asseblief hierdie draad soontoe indien nodig.

  9. #9

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Dat alle liefde


    Dat alle liefde moet verlore gaan
    en wegwaai in die wye lug,
    waar hierdie dooie ster sy norse vlug
    neem deur die stiltes van sy baan -

    dit is die vrees, dit is die eensaamheid
    wat my, geboe, met die hande krom
    rondom die kersie van ons liefde, stom
    laat skuil in kleinlike verlatenheid.

    (deur: N.P. van Wyk Louw)

  10. #10
    Oudstryder Oudstryder KIMAREN's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Nov-Thu
    Plek
    Durban, S.A.
    Poste
    708

    Verstek Re: Gunsteling gedigte

    Moeilik om te kies - Leipoldt, Visser, Celliers, Van Wyk Louw, Marais, ag t veel om te noem, maar Leipoldt is my top gunsteling...

    Teen die blou van jakarandas is die blou van die lug maar bleek;
    Teen die rooi van kafferboomblomme is bloed maar skyn van kleur;
    En die pyn van na-herhinnering in 'n hart wat kraak en breek
    Is harder, seerder, skerper as die pyn wat senu's skeur.

    ***************

    Die koperkapel kom uit sy gat
    En sluip die randjie rond.
    Dit het geren, die veld is nat,
    En nat is die rooi-geel grond.
    En die meerkat kom, en sy ogies blink,
    En hy staan orent en wag,
    En die stokou ystervark s:
    "Ek dink die ren kom weer vannag."
    Maar die geitjie piep: "Dis gladnie ren,
    Dis klewerig, swart en rooi.
    Kom jy sulke ren in jou lewe teen,
    So styf, so glad, so mooi?"
    En die wyse steenuil waag sy woord:
    "Dis bloed. Dis mensebloed.
    Dis die lewensbloed wat hierdie oord
    Se bossie-wortels voed."

    Ek het natuurlik ook gunsteling Engelse gedigte, waarvan Alfred Noyes se gedig, The Highwayman, een van my top-gunstelinge is... Te lank om hier te plaas...

  11. #11

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Baie mooi, KIMAREN...DANKIE.

  12. #12

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Mijn Hert is als een blomgewas

    Mijn hert is als een blomgewas,
    dat, opengaande of toegeloken,
    de stralen van de zonne vangt,
    of kwijnt en pijnt en hangt gebroken!

    Mijn hert gelijkt het jeugdig groen,
    dat asemt in den dauw des morgens;
    maar zwakt, des avonds, moe geleefd,
    vol stof, vol weemoeds en vol zorgens!

    Mijn hert is als een vrucht, die wast
    en rijp wordt, in de schauw verholen,
    aleer die hand des najaars heeft,
    te vroeg, eilaas, den boom bestolen!

    Mijn hert gelijkt de sterre, die
    verschiet, en aan de hooge wanden
    des hemels eene sparke strijkt,
    die, eer 'k heraem, houdt op van branden!

    Mijn herte slacht den regenboog,
    die, hoog gebouwd door al de hemelen,
    welhaast gedaan heeft rood en blauw
    en groen en geluwe en peersch te schemelen!

    Mijn hert . . . mijn herte is krank, en broos,
    en onstandvastig in't verblijden;
    maar, als 't hem wel gaat eenen stond,
    't kan dagen lang weer honger lijden!



    Uit: Digkuns van die Nederlande 1100-1970 Deel I
    Last edited by polfyntjie; 28 Jan 2006 at 23:08.

  13. #13
    Oudstryder Oudstryder KIMAREN's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Nov-Thu
    Plek
    Durban, S.A.
    Poste
    708

    Verstek Re: Gunsteling gedigte

    WAGHONDJIES (Jan F. Celliers)

    Ek is hier, en Ma is hier,
    Ons twee l op Baas se baadjie.
    Wie is jy?
    Kom, loop verby,
    Anders word ons knor 'n daadjie -
    Kry jou bene dalk 'n hap.
    Kry jou broekspyp dalk 'n gaatjie.
    Mooipraat? Nee, ons ken jou nie.
    Weg jou hand en raak ons nie!
    "Oppas," het die baas ges,
    "Tot ek weer kom, hier bly l."
    Op ons pootjies l ons kop,
    Maar ons hou jou darem dop.
    Toe-oog slaap ons op die baadjie,
    Maar ons loer nog deur 'n gaatjie -
    Een oor plat, en een oor op,
    PAS-OP!!

    Polfyntjie, hier in 1949-1950 daag 'n taalkundige by ons skool op om ons so 'n ietsie oor die digkuns te vertel, en hy dra toe hierdie gediggie voor. MAAR - dit was nie sommer net aframmel/voordra nie - o-nee! Die manier waarop hy dit voorgedra het was iets besonders - stadig sodat elke woord gehoor en verstaan word, want dis nie sommer sulke hierjy brakke waaroor dit gaan nie. (Inderdaad, daar was 'n illustrasie van twee Foksterrirtjies in een van my boeke, en tot vandag toe is Foksies my gunsteling honde!)

    Elke "R" word letterlik uitgeKNORRRRR, en elke woord waarin die dubbele "A" voorkom (soos bv. baadjie, daadjie, ens) word die woord uitgeGAAAAAP soos sulke hondjies wl sal gaap.

    En die laaste rel - "PAS-OP!!" word letterlik uitgeblaf!

  14. #14

    Verstek Ant: Gunsteling gedigte

    Kostelik...Ek kon dit self beleef deur jou beskrywing. Die gedig wek ook by my kinder-herinneringe op.


    Dankie Kimaren!

  15. #15
    Boudicca
    Besoeker

    Verstek Re: Gunsteling gedigte

    'n Dom Predikant

    'Seuntjies kom 'n bietjie nader,'
    s die predikant eendag
    aan 'n klompie seuntjies wat hy
    langs die pad sien speel en lag.
    Hulle luister en kom nader,
    maar was 'n bietjie grof gemond
    en los nou en dan 'n vloekwoord
    dat dit daar klink oor die grond.
    'Foei tog, moet tog nie so vloek nie.
    Weet jul ook wat is my werk?
    Ek's die man wat d' pad jul aanwys
    hemel-toe, soos jul hoor in d' kerk.
    Wees nou soet en nie meer vloek nie,
    hoor? Nou kan julle my ook s
    hoe die pad na Kaalbosspruit gaan,
    en hoe ver dit nou nog l?'
    'Ka, ka, kaa,' lag die kleinspan-
    'hy wys hemel-toe die pad,
    maar die pad na Kaalbosspruit toe,
    ken hy nog nie. Groot patat!'

    DP du Toit
    1870-1936

Bladsy 1 van 5 12345 LaasteLaaste

Soortgelyke drade

  1. Gedigte
    By BOERLANDER in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 11
    Laaste Pos: 25 Jun 2011, 22:11
  2. Boere-gedigte
    By JisraEliet in forum Jeug Laer
    Antwoorde: 25
    Laaste Pos: 6 Oct 2009, 11:03
  3. WW1 Gedigte
    By Batman in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 27 Mar 2007, 22:38
  4. AG Visser - Gedigte.
    By Stefanus in forum Volkshumor
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 31 Mar 2006, 18:48

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::