Bladsy 1 van 3 123 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 32

Draad: Ons KAN iets doen!

  1. #1

    Verstek Ons KAN iets doen!

    Ons KAN iets doen! Met hierdie “voorbarige” aanhef wil ek onomwonde sê daar is baie wat ons kan doen teen die huidige arrogansie, onregmatige optredes en korrupsie van die ANC en sy filiate. Trouens ons kan BAIE DOEN sonder om regtig betrokke te raak en dié kan dalk net die vonk in die kruitvat wees om die regering te laat wankel en die huidige geskille wat van tyd tot tyd opduik, tot op ‘n punt dryf.

    Wanneer ‘n mens die onderskeie artikels en koerantberigte lees dan staan ‘n mens verbaas oor al die moontlikhede wat vir ons as witmense beskikbaar is om wel iets te kan DOEN! Die klem val hier baie beslis op doen en nie praat nie. Nee, nie SKIET of haatspraak verkondig of enige negatiewe dinge doen nie. Deur slegs bewus te wees van wat ons daagliks doen, en dit so te doen dat dit doeltreffend is, gaan dit waarskynlik ‘n klein begin hê, maar as dit uitkring gaan die rimpel effek duidelik gevoel word deur dié wat dit moet voel!

    Dit antwoord lê opgesluit in die huidige stand van die EKONOMIE enersyds maar ook in die tendense wat in die land plaasvind. Maar voordat ek met die deur in die huis val, is dit nodig om na die rubrieke, artikels, selfs briewe te kyk wat die antwoorde verskaf.

    Ek gaan uit artikels, rubrieke ensomeer aanhaal en sekere gedeeltes uitlig. Deur dié later saam te voeg kry ons die antwoord op wat ons kan doen. Hierdie konsepgedagtes wat hieruit voortvloei kan dan verder aan geskaaf en getimmer word tot ‘n optrede wat waarskynlik baie werkbaar is. Sodra daardie punt bereik word, word die “stelsel” of optredes net aan ander oorgedra en gepropageer en die wiele begin rol. Dit sonder om iemand werklik skade te berokken. Trouens die voordele in die werkswyse kan tot voordeel vir die meeste van ons wees. Die ander moontlikheid is natuurlik dat ons na deeglike bespreking en met die nodige motiverings, die “stelsel” van die tafel afvee indien dit nie ‘n werkbare oplossing bied nie en dan weer begin vra “wat kan ons doen?”

    Hierdie skrywe dien as inleiding van dit wat kom. Sodra ek alles agtermekaar het, pos ek die nodige inligting en verduidelik hoe dit mag werk.

  2. #2

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Chris Harmse en Johann van Tonder skryf in die Beeld van 2010-03-15 23:25 onder andere:

    Suid-Afrika is reeds ’n welsyn-staat en kan nie die uitbreiding daarvan bekostig nie.

    In die 2009-’10-geldjaar het die regering 74% van sy belastinginkomste aan maatskaplike besteding toegedeel vergeleke met 60% in 2008-’09.

    Om die massiewe uitgawe aan maatskaplike besteding te kon bekostig het die regering onder meer die gehalte en omvang van sy dienste aan belastingbetalers verlaag. Swakker mediese, onderwys- en veiligheidsdienste is voorbeelde van die verlaagde dienslewering.

    Sowat 25% van persoonlike-inkomstebelastingbetalers (dié wat meer as R150 000 per jaar verdien) is vir sowat 75% van die totale persoonlike inkomstebelasting verantwoordelik.

    Dis bekend dat die regering ’n meer gevorderde welsynstaat tot stand wil bring in die vorm van ’n uitgebreide maatskaplike stelsel. Afgesien van die bestaande programme en welsyntoelaes behels dit onder meer die inwerkingstelling van ’n nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV), ’n nasionale aftreevoorsieningstelsel (NAV) en die uitbreiding van die werkloosheidversekeringstelsel.

    Indien die beoogde stelsel in 2008-’09 in werking sou tree, sou dit ’n styging van meer as 100% in persoonlike-inkomstebelastingkoerse geverg het.

    Só ’n styging sou ongetwyfeld tot die ineenstorting van die ekonomie gelei het.

    Gevolglik is ’n ander benadering nodig om die maatskaplike stelsel uit te brei.

    Eerder as om die straf van bykomende belasting en regulering uit te deel, kan die regering aansporings- en samewerkingsooreenkomste met die publiek en sakeondernemings sluit om werk te skep, armoede te verlig en sodoende ’n omvattende maatskaplike stelsel meer haalbaar maak.

    Die regering het reeds voorstelle gedoen om belastingtoegewings te doen aan sakeondernemings wat meer arbeiders in diens neem.

    Sulke maatreëls kan werk skep, armoede verminder en die maatskaplike stelsel dus makliker finansier.

    Begenoemde aanhalings is geneem uit ‘n aangepaste weergawe van ’n toespraak in Pretoria voor die Afrikaner Burgerlike Netwerk. Dié volledige artikel het in die Beeld van 2010-03-15 verskyn en handel hoofsaaklik onder andere oor die haalbaarheid van ’n nasionale gesondheidsversekeringstelsel (NGV).


    Dan die volgende berig deur Johan Eybers ( Beeld: 2010-03-13 )

    Die landdroshowe in Kroonstad en Phalaborwa het die afgelope week in twee afsonderlike sake munisipaliteite verbied om die water- en elektrisiteitsvoorsiening af te sny van inwoners wat hul erfbelasting weerhou.

    In albei sake het die howe ook bevind dat munisipaliteite geen geregtelike stappe mag doen nie waar grondeienaars met ’n munisipaliteit in ’n geskil is.

    Die howe het ook beveel dat stadsrade nie die water- en kragtoevoer mag afsny van belastingbetalers wie se erfbelasting agterstallig is nie.



    2010-03-13 23:20
    Jan-Jan Joubert
    Die jongste voorstel vir grensbeveiliging deur die weermag gaan daartoe lei dat nog minder veiligheidsmagte aan Suid-Afrika se grense ontplooi word.

    Die voorstel is voorts dat die weermag eers vanaf April aanstaande jaar ontplooi word aan die grens met Lesotho, waar veediefstal ’n reuseprobleem is.

    Mnr. David Maynier, DA-LP en die party se woordvoerder oor verdediging, is bekommerd oor die plan en sê in ’n brief aan me. Lindiwe Sisulu, minister van verdediging, dat daar, luidens die voorstel, minder grensbewakers as tans sal wees, minder geld aan grensbewaking bestee sal word en dat grense dus in ’n mindere mate bewaak sal word.

    As die plan voortgaan, sal die getal grensbewakers afneem van 648 polisielede in 2008 tot ongeveer 540 weermaglede in 2010, met die bedrag begroot vir grensbeveiliging wat afneem van R225 miljoen na R135 miljoen.

    Gansies wat taks-eiers lê se gô is reeds uitgedruk

    Amanda Visser

    Daar is ’n belastingkundige wat reken dié gansie is op die punt van uitwissing weens sy belastinglas.

    Dié gansie is die gewone landsburger wat persoonlike belasting op al sy inkomste verklaar én betaal.

    En daar is nie baie van hulle nie.

    Luister ’n mens na verskeie voorspellers oor wat mnr. Pravin Gordhan, minister van finansies, môre gaan doen dan is daardie las op die punt om nog swaarder te raak.

    Volgens sy berekening dra 24% van Suid-Afrikaanse individue wat op die databasis is 64% van die persoonlike inkomstebelastinglas.

    Altesame 50% van die belastingbetalers wat op die databasis verskyn, dra net 3,1% by tot persoonlike inkomstebelasting.

    Jansen van Nieuwenhuizen wys daarop dat die 24% wat die leeue-aandeel dra, neerkom op 2,75 miljoen mense.

    Die totale belasting wat in Maart 2009 uit persoonlike inkomstebelasting gevorder is, het R196 miljard beloop.
    Die totale belastinginkomste was meer as R625 miljard.

    “Daardie 2,75 miljoen belastingbetalers bring op die oomblik 20% van die totale belastinginvorderings in.”

    Dan, sê Jansen van Nieuwenhuizen, word daar nog nie eens gekyk na wat hul bydrae is tot BTW, die brandstofheffing en doeane en aksyns nie.

    Volgens Jansen van Nieuwenhuizen is daar reeds ’n revolusie teen die gebrek aan dienslewering op munisipale vlak.

    Op provinsiale en nasionale vlak gaan dit nie veel beter nie.
    Om van mense te verwag om net meer en meer geld te gee vir nog minder dienste weens wanfunksionerende uitsaaiers, staatsinstellings en ministers is onaanvaarbaar.

    Kyk maar na die algemene strekking van bogenoemde berriggewing. Met die volgende pos lig ek nog enkele aspekte uit voordat ek by die moontlike oplossing/s kom.

  3. #3

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Ek betaal nie vir fiktiewe eiendom

    Dink daaraan van Zuurfontein skryf:
    Met dié dat al die straatname en dorpsname verander, sal ek graag wil weet of ons van daardie dorp of straat nog erfbelasting en munisipale rekenings moet betaal.

    Die rede hiervoor is dat my kaart en transport en akte dan na ’n ander adres verwys as waar ek nou met die nuwe naam bly, dus sal die munisipaliteite die koste moet dra om my kaart en transport, asook akte, na die nuwe adres te verander.
    Tot dan betaal ek nie belasting nie, want ek betaal nie vir iets wat nie bestaan volgens my geregistreerde adres by die aktekantoor nie.

    So daar gaan nog miljoene rande vir herregistrasies en kyk wat kos dit dan vir hierdie ondeurdagte naamsveranderings.


    Lizel Steenkamp
    Kaapstad. – Die wysigingswetsontwerp op Munisipale Eiendomsbelasting moet deur die parlement gejaag word om te keer dat 17 munisipaliteite ’n inkomste van R410 miljoen verloor.

    “Munisipaliteite het (landwyd) al R53 miljard se agterstallige skuld. Hulle kan nie bekostig om ’n sent te verloor nie,” het Shiceka aan die portefeuljekomitee oor koöperatiewe regering en tradisionele sake gesê.



    SA kort ’n nuwe groeipad – Gordhan

    Tekort lei tot ‘moeilike keuses’
    Jean-Marie de Waal, Kaapstad, en René Vollgraaff,
    Drie jaar van “moeilike keuses”.

    Dít is volgens gister se mediumtermyn-begrotingsraamwerk wat op Suid-Afrika wag – veral in die lig van Suid-Afrika se verwagte tekort aan belasting-inkomste van R70 miljard.

    Gordhan meen die grootste ekonomiese uitdaging bly werkskepping. Net 42% van die bevolking (tussen die ouderdomme 15 en 64) werk. “As die land nie ’n manier kry om dié probleem op te los nie, gaan dit katastrofies wees vir stabiliteit en groei,” word in die raamwerk genoem.

    In die raamwerk word daar ook die moontlikheid genoem om belasting- en nywerheidsaansporings te gebruik om werkskepping deur ’n werkskeppingsfonds te bevorder.
    .
    Die regering sal in die huidige finansiële jaar R285 miljard moet leen om sy verpligtinge na te kom.

    Suid-Afrika sal in reaksie op die wêreldwye ekonomiese krisis sowat R640 miljard se skuld oor die volgende vier jaar moet aangaan om beleggings in werkskepping, opvoedkunde, gesondheidsorg, landelike ontwikkeling en misdaadbestryding te handhaaf

    Die rente op dié staatskuld sal teen die einde van die termyn van die raamwerk in 2012-’13 bykans verdubbel tot R100 miljard.


    Inwoners dreig met hof

    Hettiën Strauss

    Ontstelde inwoners van Mogale City dreig dié munisipaliteit nou met regstappe omdat hy belastingbetalers se griewe oor die voorgestelde toepassing van die nuwe eiendomsbelastingwet ignoreer.

    Frik Mulder, munisipale praktisyn en inwoner, sê mense was boonop onbewus van die nuwe waardasielys.

    “Daar was nie sprake van ’n openbare deelnameproses ten opsigte van die verandering in die status van eiendomme soos deur die wet voorgeskryf word nie,” het Frik gesê.

    Hy vind ook gapings in die konsepbeleid. Dit verwys byvoorbeeld na “nuwe belasbare grond” wat gebiede insluit wat voorheen onder verskillende verteenwoordigende rade geval het.

    “Indien die munisipaliteit nie die belastingbetalers konsulteer en die grieweprosedure volg nie, sal ons nie anders kan as om die munisipaliteit met regstappe te beveg nie.”

    Hendrik van Putten, voorsitter van die Magaliesburgse belastingbetalersvereniging, sê dié vereniging het voorheen ook talle briewe aan die munisipaliteit oor dié probleme gestuur, maar het geen reaksie ontvang nie.


    Bossie Viljoen van Sasolburg skryf:

    In antwoord op Andries van der Walt se brief “Ons vergeet wat ons tóé gedoen het en onthou net wat ons pas” (Beeld, 25 Januarie):

    Die rugstekery deur wit kollegas waarna hy verwys, het ontstaan toe wit mense begin besef het van hulle gaan deur die toepassing van regstellende aksie hul werk verloor. Felle mededinging vir beskikbare “wit poste” was in 2000, toe Van der Walt afgetree het, reeds ’n gevestigde verskynsel.

    Van der Walt kan maar glo wat sy swart huiswerker en tuinwerker se politieke oortuiging is. Die waarheid is dat albei waarskynlik ANC gestem het – verkiesingsuitslae bewys dit.

    Swart mense is werkloos omdat hulle nie die wil, inisiatief of ondernemingsgees het om self werk te skep nie.

    Omdat 40% van Suid-Afrika se potensiële arbeidskrag óf werkloos óf ekonomies onaktief is, is ons bruto binnelandse produk per capita, en die besteebare belasting per capita wat daardeur gegenereer word, agt keer kleiner as dié van ontwikkelde lande.

    Ná die ANC se munisipale herafbakening in 2000 is die getal munisipaliteite verminder van 843 tot 287. Wit belastingbetalers in die voorheen tradisionele wit gebiede is toe gedwing om dienste aan massas swart wanbetalers te subsidieer.

    Wit mense wat tans 62% van die belasting bydra, het feitlik geen inspraak in die besteding van hul eie belastinggeld nie. Wit mense het die volste reg gehad om van die werk wat hulle voor 1994 geskep het, vir hul eie mense te reserveer.

    Wit mense bly werkskeppers, maar wit entrepreneurs word nou deur ANC-wetgewing gedwing om wins, werkgeleenthede en eienaarskap met swart mense te deel.


    Beeld 2010-03-15 23:19 (Ferdi Greyling)

    Jou selfoon Jou Facebook-profiel Belastingbetalers wat hul belasting weerhou omdat hulle reken stadsrade lewer nie behoorlike dienste nie en ministers wat sulke burgers dreig om te betaal, het alles te doen met die sosiale kontrak wat daar tussen burgers en hul regering is.

    Dié kontrak sê in sy eenvoudigste vorm dat die burgers belasting sal betaal – met ander woorde ’n gedeelte van hul geld aan die staat sal gee – en dat die staat dan in ruil daarvoor dienste daarmee sal organiseer en aan die burgers sal lewer.

    Op die einde is dit ’n kwessie van of die burgers nog in die staat glo.

    In dié geval die staat in die vorm van stadsrade wat duidelik nie behoorlik funksioneer nie.

    As die burgers nie meer in die staat glo nie, is die sosiale kontrak gebreek en maak dit nie saak watter wet wie gemaak het nie – die burgers gaan nie meer saamspeel nie.

    En gewoonlik is die een wat dit kan regmaak, ook die een wat die mag het.

    In die geval van dienslewering, is daardie een die staat.
    .

  4. #4

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Die omstanders hyg van walging (Wilhelm Jordaan)

    Beeld 2010-03-09 22:39

    Homo corruptus! wil ’n mens uitroep as jy deur die koerante blaai en byna daagliks berigte lees oor mense wat mag en posisie skandelik vir eie gewin aanwend.

    Mense hou nie meer van die woord “sonde” nie. Maar korrupsie – waardeur mag misbruik word om jouself te verryk – is waaragtig ’n sonde teen die mensdom.

    Korrupsie kom egter nooit alleen nie. Dit lê sy aan sy met die sogenoemde “sewe doodsondes”: hebsug, hoogmoed, afguns, woede, luiheid, vraatsug en wellus. Kyk maar hoe voed hulle mekaar oor en weer in ons kontrei:

    Te midde van ’n onbeholpe, koers-lose owerheid wat (self-)vernietigend voortstrompel sonder krag of die wil om op te tree, lê die oplossing in onsself in landsburgers se kollektiewe verset teen elke doodsondige versuim en vergryp.


    'Ek het niemand vermoor nie, maar het nie simpatie met slagoffers'

    Beeld 2010-03-17 07:25

    Daniëlla du Plooy

    ’n Aanhanger van Julius Malema plaas “opdaterings” van moorde op boere op die ANC-jeugligaleier se Facebook-blad.
    Een van Malema se “aanhangers”, mnr. Clearence Letlonkane, het die laaste paar dae elke paar uur opdaterings geplaas van inligting oor boere wat op plase vermoor is soos berig is op die webnuustuiste News24.

    Een van dié inskrywings lui: “3000 farmerz dead since ’94... we lost more people than that... we r far from being even... So kill da boer, kill da farmer.”

    In ’n ander inskrywing sê hy: “They kept the wealth of our land... the litte riches obtained is not merly enough to be shared equaly amongst all of us... -Hence it is that corruption persists... Crime will not rest until all that was stolen 4rm us is... all regained.”


    Nasionalisering van grond: ‘Ontkenning onder verdenking’

    Beeld 2010-03-16 23:30

    Sarel van der Walt

    Dit verbaas hom dat nóg pres. Jacob Zuma nóg enige van sy ministers standpunt ingeneem het oor die moontlike nasionalisering van produktiewe landbougrond, het mnr. Ben Marais, president van die landbou-organisasie TLU SA, gister gesê.

    “Onsekerheid is die belangrikste rede waarom kommersiële plattelandse boere nie tans hul boerderye uitbrei of meer werkgeleenthede skep nie.”


    Onwettiges plaas enorme druk op SA

    2010-03-03 23:21 (Hoofartikel) Beeld

    Die druk wat onwettige immigrante op Suid-Afrika se hulpbronne plaas, het weer soos ’n sweer oopgebars toe provinsiale polisiehoofde in die parlement gesê het die regering het nie begroot vir die miljoene onwettiges wat gepolisieer moet word nie.

    Dit sluit aan by die ander ekonomiese gegewe, naamlik vraag en aanbod. Deur die verslapping van grensbeheer het die regering oor ’n tydperk stelselmatig toegelaat dat die land verswelg is met al hoe meer onwettiges.

    Pleks van ’n natuurlike vloei van inwoners, is ’n eenrigtingverkeersbaan sonder enige stoptekens geskep.

    Ingeligtes raam daar is tussen 4 miljoen en 11 miljoen onwettige immigrante in Suid-Afrika.

    Hulle plaas druk op infrastruktuur, polisiëring, gesondheidsdiens*te, munisipale dienste en onderwys.


    Met hierdie laaste plasing van uitreksels uit berigte, artikels ensomeer vertrou ek dat 'n prentjie gevorm is, nie net van wat in ons land aan die gang is nie, maar veral waar die SWAKHEDE van die teenswoordige regering gesetel is. Deur hierdie swakhede in ons guns - passief - te draai, mag dinge begin verander. Daaroor in die volgende pos.

  5. #5
    Bittereinder Volksregister
    Boerevryheid Bestuur
    Generaal
    Rooi Jan's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Mon
    Plek
    Pretoria, ZAR
    Poste
    16,279
    Blog inskrywings
    8

    Verstek Ant: Ons KAN iets doen!

    Die NBU se veldtog is een van baie min wat resultate oplewer. Petisies wat by die ANC regime afgelewer word kry geen reaksie nie. Politieke partye kan ook niks vir ons doen nie.
    "Laat die leerstellige hansie-my-knegte uit ons midde padgee en hul slaafse wil en rampsalige vrese met hulle saamneem. Ons volk is niemand se kneg nie en is sy eie baas. Ons strewe daarna om in vrede met ander volke en nasies te lewe, maar ons sien met trots neer op die domastrantes rondom ons. Ons weier om smekend voor enigiemand te kruip in die waan om so ons vryheid as ’n geskenk te ontvang. Laat dit vir eens en vir altyd duidelik wees: ons volk sal nie langer ’n volgeling wees op die voetpaadjies van diegene met valse harte nie.”

  6. #6
    Boere Pelgrim
    Besoeker

    Verstek Ant: Ons KAN iets doen!

    Ons wag in spanning

  7. #7

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Alvorens moontlikhede op die tafel gesit word vir ‘n plan van aksie is dit noodsaaklik om te identifiseer teenoor wie ‘n mens wil optree en waarom jy so wil optree. Hiermee word nie verwys na individuele persone en/of individuele gebeurtenisse nie. Ook hoe so ‘n optrede ander gaan raak en jouself gaan raak. Vanuit die ENKELE berigte waaruit sekere aspekte beklemtoon is, kry ‘n mens ‘n beter beeld teenoor wie bepaalde optredes gerig behoort te word. ‘n Mens kan aan verskeie byvoeglike naamwoorde dink om sekere mense mee te beskryf, mens kan emosioneel raak en vuur spoeg as dit moet, maar gaan dit die probleem of probleme op die kort termyn oplos? En op die lang termyn? Dit is te betwyfel.

    Vir my lê die eerste en belangrikste stap in ‘n emosionele beheer en ‘n kalmte van die gees. Dit laat ‘n mens meer logies dink. Dit laat jou die ongeregtighede wat aan die orde van die dag is meer deurdag benader en dit genereer beter en skerper oplossings.

    Sou ‘n mens kyk teenoor wie opgetree moet word, as ‘n individu of kollektief, is dit miskien wys om eers ‘n klassifikasie te maak van die probleem areas en wie daarvoor verantwoordelik is.

    Die probleem areas gaan nie moeilik wees om neer te pen nie, waarskynlik minder moeilik ook gaan wees om aan te dui wie daarvoor verantwoordelik is.

    Die land stuur op ‘n ramp af en op erge konflik as daar nie slim te werk gegaan word nie. Waarom nog verder onskuldige bloed vergiet as wat reeds besig is om te gebeur deur middel van plaasmoorde, aanrandings, moorde op paaie en in private wonings ensomeer. Sonder twyfel sou die leser van hierdie pos etlike bladsye kan vul van gevalle van moord, verkragtings ensomeer waarvan hy/sy weet of waarskynlik self ervaar het.

    Om op ‘n dwase kind te konsentreer en, ter wille polisiemanne, wat op die naamlyste van witmense wat op plase vermoor is trap en dit verskeur, gaan absoluut niks oplos nie. ‘n Arend vang nie vlieë nie. Kom dié persone by wat agter die kap van die byl sit. Dié wat die gebeure asook die klein vissies se optrede goedkeur. Kom die belangrike besluitnemers asook hul belangrikste meelopers by. Indien hulle dit aan hulle bas gaan voel gaan hulle begin reageer – wat, as ‘n mens van die genoemde berigte lees, al begin gebeur het.

    Maak onderskeid teenoor wie opgetree gaan word, dit help veel as jy die wat jou goedgesind is wil verpletter en jou so die argwaan van ander goedgesindes op die hals haal. Deurdink alle optredes rasioneel en bepaal die moontlike uitkomste. Eers dan kan moontlike planne van stapel gestuur word. Weldeurdenkte planne wat kan werk laat mense vertroue kry in dit wat beplan word en dan gaan die nodige samewerking volg want die meeste inwoners van Suid-Afrika is tot boordens toe vol vir die onreg, minagting van die gereg en die korrupsie wat aan die orde van die dag is. Dan praat ek hoegenaamd nie eers van die geweldadige optredes waarvan ‘n mens lees en selfs ervaar het nie.

    Alvorens begin word om optredes en planne op die tafel te sit, sal dit eers goed wees as elkeen wat hier lees dit eers met homself of haarself uitmaak of dié benaderingswyse soos genoem, praat nog nie van ‘n plan van aksie nie, ‘n alternatiewe oplossing kan bied om probleme aan te spreek. Wat dit sou beteken is dat ons gemotiveerde voorstelle op die tafel sit, dit rustig bestudeer. Aanpassings maak indien dit geregverdig is. Dit probeer indien ‘n mens daaroor onseker is, dit verder skaaf en verwerk totdat dit kan lei tot ‘n behoorlike impak op die vir wie dit bedoel is. Indien u nie met die benaderingswyse saamstem nie, soos voorheen gesê, vee ons dié idee van die tafel af en vergeet daarvan.
    Last edited by Slaggat; 20 Mar 2010 at 21:27.

  8. #8

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Dit is jammer om dit te moet sê, maar baie van ons witmense is baie naïef as dit kom by onderhandelings met die regering van die dag. Mense besef nog nie, en dit na 15 jaar dat die ANC nie onderhandel nie. Hulle het wat hulle wou gehad het en hulle gaan soos die geval in Zimbawe, alles doen om te behou wat hulle het. Dit selfs verder te vermeerder - gulsigheid is 'n leë put sonder bodem.

    Hulle het baie slim maniere om dié wat onderhandel mee gerus te stel. Daar word doodstil geluister na wat gesê word. Geen aanstoot word gegee nie. Gepaste vrae en simpatieke opmerkings word gemaak. Die regte dinge word daarna aan die pers gesê. Op hul eie sal hulle waarskynlik stilweg in hul mou lag vir die witmens se goedgelowigheid. So kan die besoek van Zuma aan die armblankes in Pretoria-wes as ‘n voorbeeld dien. Die geprekke rondom ‘n Boerevolkstaat dien as ‘n ander voorbeeld – mooi geluister, geen reaksie. Die uitnodiging van enkele persone na ‘n ete saam met Zuma dien as ‘n ander geval. Gevoelens van mense word getoets en die “klimaat” van die witmense word gemeet. Vandaar die uiteenlopendheid van die gaste by genoemde ete. Hou maar dop – niks gaan verander nie.

    Hiermee sê ek nie dat so ‘n geleentheid nie benut moet word om belangrike sake te beklemtoon en oor te dra nie. Wat ek wel sê is dat geen van daardie aspekte wat genoem sou gewees het, sal realiseer indien daar nie druk op Zuma of dan die regering geplaas word nie. Eintlik is die regering bykans waar ‘n mens hulle sou wou hê. Die optrede van Malema is vir my soos die van ‘n keffertjie (klein onnosel hondjie) wat die bos ingestuur word om te kyk waar die leeu hom bevind. Vrydag se verrigtinge en die reaksie daarop bevestig wat ‘n mens vermoed. Dié mense is skrikkerig. Hulle steek voelers uit om die gevoelens van die mense, dan met spesifieke verwysing na die witmense, te bepaal.

    Waarom die nuwe wapenwet? Waarom geen antwoorde op aansoeke om nuwe lisensies nie? Trouens waarom geen antwoorde die her-ingediende aansoeke vir hernuwing van bestaande vuurwapenlisensies nie.

    Die ANC-regering ondervind tans druk op verskeie gebiede. Daar is ontevredenheid oor dienslewering, daar is probleme met hulle alliansie, hulle word gekritiseer, beleggings vanaf die buiteland neem af, Eskom is in die knyp en kan nie die dienste verskaf wat hy moet nie – wat weer kritiek op die regering tot gevolg het. So kan ‘n mens voortborduur op alles wat verkeerd is. Wat egter ‘n belangrike aanduider is dat die nood by die ANC hoog is, is die feit dat hulle brandstof aansienlik belas het, dat hulle die elektrisiteits tariewe ongekend aangepas het, dat hulle pensioenfondse wil gebruik om “projekte” te finansier. Dit spel een ding uit. Hulle het geld dringend nodig, en hulle wil dit graag gou bekom.

    Wie volgens hulle het die geld? Natuurlik die witmense. Die berig hierbo van die gans wat die goue eier lê het betrekking. Hulle probeer uit ons kry (geld, besittings ens.) wat menslik moontlik is. Daarom die hoë misdaadsyfer en die ontkenning daarvan asook die vals polisieverslae rakende die misdaadsyfers. Daar kan heelwat uitgebrei word, maar daar word volstaan met wat gesê is.

    Dit bring my by waarom ek sê die tyd is waarskynlik ryp om ‘n heel ander strategie te volg as tot dusver. Geen onderhandelings, gepraat en gevraery nie. Absolute stilte en swye. Dit word gesê hulle (die swartmense), werk eerder met ‘n Boer saam as met ‘n Engelsman. Die rede – jy weet presies waar jy met ‘n Boer staan. Hulle sê wat hulle dink, hulle is eerlik en doen wat hulle sê. ‘n Engelsman volgens hulle is vriendelik, bedagsaam en ordentlik. Maar jy weet nie waar jy met hom staan nie. Jy weet nie of hy eerlik is en bedoel wat hy sê nie.

    Vrydag se gebeure is presies wat ek bedoel. Waarom het Malema nie opgedaag nie? Met al die polisie en helikopters, het hy nie veel te vrese gehad nie. Al die media kon pragtig met behulp van foto’s uitbeeld indien die Boere onregmatig sou optree. Die eenvoudige antwoord is dat hy geweet het die Boere sal daar wees, dat hulle sal doen wat hulle gesê het hulle sal doen.

    Wanneer mens ons situasie met die van Zimbawe vergelyk is daar ongelooflike paralelle te trek. Geen wonder ministers wat op besoek was aan Zimbawe het gesê hulle het baie daar geleer nie. Dié verkrygde inligting word nou net op ‘n meer “wettige” manier aangewend om hulle self verder te bevoordeel. Dink maar na hulle uitsprake van onder andere die nasionalisering van produktiewe plase en die “beslaglegging” op wildsplase. Vir wat en vir wie? Slegs vir hulle self, en hulle goed gesindes. Presies op die model van Zimbawe.

    Hierdie model gaan hulle navolg aangesien hulle gesien het ‘n mens kan daarmee wegkom. Hulle stel net in hulleself belang en gee geen snars om vir hulle eie mense wat hulle in dié posisies ingestem het nie. Stem weer eens ooreen met die Zimbawe model. Daar is baie feite beskikbaar om hierdie bewerings verder te motiveer, maar hiermee word volstaan.

    Dit wat aanvanklik onmoontlik gelyk het, naamlik dat ander verskillende politieke partye sal kan saamwerk, begin nou verander. Ook hulle besef dat indien hulle nie begin saamwerk nie, hulle later niks sal kan doen om ‘n diktoriale staat waarop ons afstuur, te voorkom nie. Vandaar die vergadering om raakvlakke te identifiseer sonder om noodwendig hulle identiteit prys te gee.

    Met bogenoemde as verwysingsraamwerk, moet gekyk word na alternatiewe oplossings om hierdie golf van wanbestuur, arrogansie en korruptheid teen te werk aangesien “ordentlike” openhartige en eerlike optredes nie die gewensde uitwerking het nie.

  9. #9

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Die volgende artikel plaas ek soos geskryf deur Max du Preez. Persoonlik is ek nie 'n "aanhanger" van Max se skrywes nie. Wat hy skryf stem ek nie noodwendig met alles saam nie. Hy bevestig egter wat ek hierbo probeer oordra het. Meer nog, dat die tyd ryp is vir optrede. Lees gerus sy artikel soos ontleen uit vandag se rapport.

    Die nuwe generasie blikkies-opgaarders


    2010-03-20 13:49

    Max du Preez

    Die ANC se rigtingloosheid, ruggraatloosheid en leierloosheid is besig om ’n duur tol van Suid-Afrika te eis.

    Die twee groepe wat die pyn die meeste voel, is die etniese minderheidsgroepe en die armstes onder die swart bevolking. Onder albei groepe is die lug swaar van ’n gebrom oor burgerlike ongehoorsaamheid en selfs opstand.

    Gewelddadige protesaksies in plakkerskampe en townships het nou ’n daaglikse verskynsel geword en dit gaan waarskynlik net verder toeneem. Ons strate is weer vol brandende buitebande, traangas en rubberkoeëls soos laas in die laat 1980’s.

    Die fragiele verhouding tussen die vorige heersersklas, wat net 9,2% van die bevolking uitmaak, en die nuwe regerende es*ta*blish*ment is tans erg na aan uitrafel.

    Solank daar ’n belofte was van ’n beter, sinryke lewe in ruil vir die verlies aan mag en voorreg van 1994 kon wit mense nog die beledigings, dreigemente en tekens van administratiewe verval?verwerk. Maar daardie droom het nou ’n nagmerrie geword.

    Daar is ’n gevoel dat die staat aan die inplof is; dat daar ’n aanslag op die wit minderheid se regte en die gehalte van hul burgerskap is.

    Die laaste iets wat dié delikate situasie nodig het, is dat die sensitiefste knoppies roekeloos die een ná die ander gedruk moet word.

    Soos konsep-wetgewing oor landbougrond wat duidelik die deur ooplaat vir nasionalisering.

    Soos ’n snotneus-politikus wat ’n ou struggle-lied vir die eerste keer in 16 jaar afstof en lustig sing dat die boere geslag moet word – en niemand in die ANC wil hom sensureer nie.

    Soos nog ’n vlaag van plaasmoorde met al die simboliek en paranoia wat daarmee saamgaan.

    Soos ’n polisiemag wat duidelik die regerende party eerder as die reg of die burgers gedienstig is.

    Soos die regering se nuwe demonstrasie dat hulle nie die politieke wil het om Robert Mugabe in die bek te ruk nie.

    Die arme mense steier nog van die een skok dan tref die volgende een hulle al. Die akkumulatiewe effek laat ’n paniekerige Zimbabwe-rilling langs hul ruggraat afgaan.

    En pleks van ’n bietjie nugtere en kalm denke te bring, pleks van te help om die gebeure te verklaar en te interpreteer en nuwe strategieë voor te stel staan die Afrikaanse kommentators, akademici en meningsvormers tou om donker voorspellings te maak, om kopskuddend en tongklikkend te waarsku van weerstand en opstand, en om verspotte, hopeloos onrealistiese drome van “opvolgskikking”, “selfbeskikking”, “groepsoewereiniteit” en gewaarborgde minderheidsregte soos afslag-begrafnispolisse aan die beangstes te verkoop.

    Dié soort mense – en die debatte in die Afrikaanse media loop van hulle oor – is die nuwe generasie blikkies-opgaarders van voor 1994.

    En as jy nie in die koor van die neo-nasionalistiese doem*profete wil sing nie, dan is jy weer, net soos in die goeie ou dae van PW Botha en die Totale Aanslag, ’n politieke moffie, ’n bruikbare idioot van die kommuniste, ’n ANC-gatkruiper en ja, die term is terug: ’n kafferboetie.

    As daar één mens in die ANC is wat behoort te weet hoe gevaarlik dit is om al die Afrikaners se simboliese gevaarknoppies gelyk te druk, is dit pres. Jacob Zuma. Dit is hy wat saam met Thabo Mbeki, Joe Nhlanhla en ander in laat 1993 en vroeg 1994 in die geheim met mense soos Constand Viljoen, Tienie Groenewald en die harde manne van die kommandostelsel en die landbou-unies vergader het om hul vrese te besweer en hulle by die politieke proses in te trek.

    Hy is van nature ’n middelpuntsoeker en vredemaker. Hy verstaan die gevare van etniese mobilisering.

    Maar Zuma is soos ’n springhaas verstar in die jagterslig van sy twistende ondersteuners en sluipende opponente.

    Wat van Mbeki gesê is, kan nou ook van hom gesê word: Cometh the hour, disappeareth the man. Hy lei nie die ANC of die land soveel as wat hy geduld word deur die verskillende faksies van die ANC wat hom probeer gebruik om húl belange eerder as hul opponente s’n te dien nie.

    Daar is bitter min respek vir hom as mens en as leier oor. Sy kans om ’n tweede termyn as president te dien is so klein soos die kans dat hy nooit weer ’n kind gaan verwek nie.

    Daar word al jare lank met groot sekerheid aanvaar dat die nasionalistiese element in die regerende alliansie die natuurlike hart van sentrisme en stabiliteit is en dat wanneer die alliansie uiteindelik opbreek, dit die ANC-nasionaliste sal wees wat die middelgrond beset waarom ander politieke magte dan kan konsolideer.

    Dis nie meer waar nie, as dit ooit was. Die nasionalistiese hart van die ANC is die tuiste van die tenderpreneurs, die skelms, die kleptokrate, die Kebble-iste, die opportuniste en die rasse-chauviniste.

    Hulle lyk by die dag meer na Zanu-PF, met Julius Malema ’n Robert Mugabe-Mini-Me.

    Die linkses, die kommuniste en die vakbonde is nou skielik die gematigdes, die bewakers van die stabiliserende middelgrond: Hulle baklei vir ’n skoon en verantwoordbare regering, vir ’n terugkeer na ordentlikheid in ons politieke kultuur, vir leefstyl-oudits van alle politici.

    Die Cosatu-leier Zwelinzima Vavi se leefstyl-oudit op homself was ’n dapper en bewonderenswaardige daad.

    Dis die SAKP en Cosatu wat die hardste veg om die Zanu-fikasie van die ANC te stuit.

    Die onder-sekretaris-generaal van die SAKP, Jeremy Cronin, en die jeugleier, Buti Manemela, is die enigste twee ANC-leiers wat nog bereid was om Malema openlik aan te vat.

    Hoe ironies is dit nie dat dit Cosatu was wat laas week opgestaan het om die minister van finansies, Pravin Gordhan, teen die beledigings en kritiek van die ANC-jeugliga te verdedig nie.

    Dis die oorvrete, selfbelangrike nasionaliste, met Julius Malema as maskot, wat so lief is vir vertoon van mag en rykdom soos Mobutu Sésé Seko van ouds.

    Hulle dink hulle ís die staat. Dis hulle wat met die lang, vinnige bloulig-konvooie rondjaag en gewone burgers boelie.

    Dis hulle wat die raskaart eerste uitpluk om hul kritici te ontspoor of die fokus op hul eie korrupsie te kamoefleer.

    Daar is nie meer ouderlinge in die ANC-kerk nie, net ’n dominee met ’n oop gulp en diakens wat die kollektegeld steel.

    Senuagtige wit Suid-Afrikaners, veral Afrikaners, moet gehelp word om nugter na dié dinamiek te kyk. Hulle moet besef dat dit nie net middelklas-Afrikaners is wat die donder in is omdat die ANC ons dorpe en stede so verwaarloos dat ons paaie onbegaanbaar is en ons in ons eie uitskeidings rondploeter nie.

    Hulle moet besef die meeste swart Suid-Afrikaners is net so skaam vir Malema se kaskenades as wat die meeste Afrikaners skaam was vir *Eugène Terre’Blanche se verspothede – en dat ewe min swart mense Malema ernstig opneem as wat ons Terre’Blanche destyds ernstig opgeneem het.

    En terwyl hulle opgewerk raak deur die geringste getuienis van swart-op-wit-rassisme, waarvan daar deesdae oorgenoeg tekens is, moet hulle maar na hul eie wit bure luister en briewe aan koerante en op die internet lees om te onthou hoe verskriklik die wit-op-swart-rassisme nou weer is.

    Dit is werklik obseen om te lees wanneer mense soos Hermann Giliomee skryf asof net wit Afrikaners gatvol is, asof net wittes te na gekom word.

    Wit Suid-Afrikaners moet ’n slag probeer om lank genoeg uit hul eie bedorwenheid en bevoorregting uit te ontsnap om raak te sien dat hulle nog ’n goeie leefstyl, veiligheid en goeie onderwys vir hul kinders kan koop, terwyl die meeste swartmense nie kan nie.

    Ons moet ’n slag verby die slaggate in die paaie kyk en sien hoe miljoene swart mense in plakkerskampe krepeer. Húlle is groter slagoffers van die ANC se wanbestuur as ons.

    Wit Afrikaners moet ’n slag die moeite doen om met hul bruin taalgenote op die Kaapse Vlakte, in Eldoradopark, Eersterus, Reigerpark en op van die plase in die Boland te praat en te hoor hoe húlle sukkel om 16 jaar ná bevryding genoeg menswaardigheid en hoop bymekaar te skraap om aan te gaan.

    Maar nee, ons onthou mos net die bruin mense as ons hulle as ’n argument kan gebruik om Afrikaans te bevorder.

    Ek moet darem erken ek raak self ’n bietjie suf om die kiewe as ek sien hoe mense vandag teen die ANC se wanadministrasie toi-toi, maar môre maar weer vir hulle gaan stem.

    Ons kan maar net hoop dat volgende jaar se plaaslike verkiesings gaan bewys dat dié tendens se rug gebreek is, soos dit ’n klompie jare gelede in Zimbabwe gebeur het.

    Intussen moet ons Afrikaners ook maar onthou hoe lank dit ons gevat het om ons rug op die leiers van Afrikaner-nasionalisme te draai, al het ons eintlik maar geweet hulle was korrup en besig om ons land in die afgrond in te regeer.

    Ek hou van die nuwe aktivisme, van oorwoë burgerlike ongehoorsaamheid, van selfhelp-aksies, van belastinggeld weerhou om self dienste te kan lewer.

    Ek stem saam dat die era van bekhou en handjie-vryf en skuus-dat-ek-leef verby is; dat die era van warmbloedige selfgelding aangebreek het.

    Maar ek gaan nie toelaat dat die Zumas en die Malemas en die opportunistiese nuwe Boere-profete my in ’n wit, nasionalistiese laer injaag en van my landgenote vervreem nie.

    Ek sou eerder wou help dat ons as Suid-Afrikaners hierdie krisistyd gebruik om die burgerlike samelewing sterker en die staat of regering swakker te maak; om ’n nuwe sosiale kohesie op te bou wat gebou is op ’n gemeenskaplike afkeer in korrupsie en magsmisbruik en ’n vasberadenheid om hier ’n werklik progressiewe, oop demokrasie te laat wortelskiet.

    - Rapport

  10. #10
    WERFNAR marco's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Fri
    Plek
    Mandelasegat-topia
    Poste
    5,930

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Ag ou Maxi, die klappe op jou ogies sal seker ook nooit verdwyn nie!
    Aristotle: "We make war that we may live in peace"

  11. #11
    Bittereinder Volksregister propatria's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Feb-Fri
    Poste
    4,536

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Max se kruks boodskap
    Maar ek gaan nie toelaat dat die Zumas en die Malemas en die opportunistiese nuwe Boere-profete my in ’n wit, nasionalistiese laer injaag en van my landgenote vervreem nie.

    Ek het al n hele ruk terug gehoor Max het n buite egtelike kind by n kleurling (n donkerige een, die soort wat twee maal verbaster het) en kon nog nooit vastel of dit die waarheid is nie, ek het eenmaal selfs aan hom geskryf om te vra hy moet dit ontken, niks gehoor nie. Nou begin dit al meer en meer deurskemer, ou Max wil deel van die klomp wees. Hy is egter so deurmekaar soos n verkleurmanettjie op n smaartie box, want hy wil deel van hulle wees maar hy wil ontevrede wees met van hulle kulture.

    Maxie, ek het vir jou raad. Jy gaan hulle nie wit kry of westerse maniere leer nie, die dag het reeds lankal aangebreek dat jou hipoteses van die laat tagtigs ontmasker is, en aangesien jou eie mense jou nie eens wil he nie, stel ek voor jy begin jou klein kinders leer toi toi en swart tale leer, dat hulle maklik inskakel by jou, Tim, Pik en FW se nuwe Afrikaners wat nou nie meer n kleur moet he nie. Jy sien dan is jou probleme opgelos wat jou nageslag betref, wat jouself betref: Hulle gaan vroeer of later jou kop inmekaar slaan, wees maar geduldig, een van die aande wat jy so lekker saam met die Black Daimond's gaan drink gaan sake verkeerd loop, dan het jy gesterwe waarvoor jy gelewe het, (dit is mos elke man se droom ne?)

    Groete
    Fortitudinem nostram ipsa manifestat desperatio

  12. #12
    WERFNAR marco's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Fri
    Plek
    Mandelasegat-topia
    Poste
    5,930

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Goed geskryf WL!
    Aristotle: "We make war that we may live in peace"

  13. #13

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Die vertrekpunt van optrede teen die regering van die dag lê op verskeie fronte naamlik:

    • gewettigde verset,
    • gewettigde informasie,
    • gewettigde eise,
    • gewettigde weerhouding van gelde,
    optredes binne die wet,
    vermyding van onwettige optredes.

    Bogenoemde lys van optredes is nie in ‘n volgorde van belangrikheid geplaas nie, nog minder dui dit ‘n bepaalde vertrekpunt aan. Dit word interaktief gebruik. Indien dit wat genoem gaan word gedoen kan word, verall deur ‘n toenemende aantal mense, behoort die druk so groot te word op die regering dat tussen hulle en hul eie ondersteuners dat die bottel sal bars. Waar moontlik gaan gepoog word om elke punt te motiveer en ook die verwagte uitkoms wat beoog word.

    VERSET

    Waarteen kan ons ons verset?

    1. Daar word ‘n beroep deur die regering gedoen op onderwysers, mediese personeel, dokters om weer betrokke te raak by hul vorige beroepe aangesien die land hul “nodig” het. Ook boere word gevra om as mentors op te tree by nuwe plaaseienaars om die sukses van hul boerderye te verseker. Daar word selfs in laasgenoemde geval aangedui dat die boere mag deel in die wins.

    Hierdie mense behoort hul dienste beskikbaar te stel (skriftelike kennisgewing) op voorwaarde (ook skriftelik), dat plaasmoorde eers beïndig moet word. Wanneer daar nie meer plaasmoorde plaasvind nie, sal hulle hulle dienste oorweeg. Hulle verset hulle dus teen die versoek totdat aan hulle eis voldoen is. Die skriftelike deel is dat hulle hierdie informasie bekend maak aan die regering sodat die regering kennis neem van hulle verset. Elkeen wat beskikbaar is kan ook middel van die briewekolomme in die koerante hulle bereidwilligheid aandui maar dat hulle hulle verset totdat aan hulle eis voldoen is.

    Die eise wat gestel kan word is legio. Dit kan insluit swart ekonomiese bemagtiging, misdaad, moorde, en baie ander. Die lys is lank, maar behoort eers op sekere aspekte soos byvoorbeeld plaasmoorde klem te lê. Saam met plaasmoorde kan byvoorbeeld gaan die eis vir die verwydering van Malema uit sy pos as ANC jeugleier.

    Die gedagte met die verset en eis gedeelte moet wees om onmin binne die geledere van die ANC te skep. Die krake is daar. As dienste en gelde wettig weerhou word as gevolg van die wittes se verset, gaan die druk verhoog op die regering omdat die kiesers van die ANC net meer ongelukkig gaan word.

    2. Ons kan ons teen swak dienste verset waar dit enigsinds moontlik is. Groot besighede en sekere banke veral is die regering baie “onderdanig”. Hulle neem al meer swart mense in diens wat onbevoeg is, korrup is en nie die diens lewer soos dit hoort nie. As hulle vir besighede kleingeld gee is van die munte verwyder. Weet van ‘n geval waar ‘n persoon moes wag terwyl daar tussen 'n ander kliënt ((swart) en die teller (swart) lank gesêls is terwyl hy moes wag. Hy het sy rekening summier gesluit en sy onnodige gewag as rede aangevoer.

    3. Verset kan ook die vorm aanneem van onaanvaarding. Indien polisie nie ‘n saak ondersoek of jou op hoogte hou van die vordering nie, verset jou teen hierdie optrede en eis ‘n vorderings verslag. Skryf ‘n brief aan die stasiebevelvoerder en stuur afskrifte aan die regering. Hulle gaan niks doen nie maar hulle gaan besef daar is verset en onteveredenheid. Hoe meer skrywes hulle ontvang, hoe besiger gaan hulle gehou word en besef hulle sal iets moet doen – hopelik!

    Vir die doeleindes van verskillende optredes, word die vertrekpunt van 'n miljoen mense gebruik. As elkeen wat hulle verset 'n brief skryf wanneer nodig, gaan daar 1 miljoen e-posse of fakse beweeg op 'n deurlopende basis. Dit kan nie ongemerk verbygaan nie. Veral as die media slim betrek word.

    Daar is natuurlik baie baie meer waarteen mens jou kan verset en eise stel. Hier word slegs die konsep gedagte deurgegee.

    So gesien verbreek 'n mens nie die wet nie, en begin dit die beheer in jou hande plaas. Dit plaas die regering op die agtervoet - op die verdediging en dit is waar 'n mens hulle wil hê.

    Vervolg………

  14. #14

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Versoeningsdag?

    Die swartetjies toi-toi vir 'n paartjies wat vrekgeskiet was in 'n klompie jare gelede. Wanneer begin die Blankes toi-toi vir dié wat dood geskiet was op die plase vanaf die begin van die Blanke-teen-die-swart struggle?

    Ja, iets kan gedoen word. Ons verweer dat ons nie moet daal tot waar hulle is nie, maar as dit die enigste manier is wat ons iets gaan/kan uitrig?
    .
    Num 23:9 Kyk, 'n volk wat afgesonderd woon en hom nie tot die nasies reken nie.

  15. #15

    Verstek Re: Ons KAN iets doen!

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Asbak Bekyk pos
    Versoeningsdag?

    Ja, iets kan gedoen word. Ons verweer dat ons nie moet daal tot waar hulle is nie, maar as dit die enigste manier is wat ons iets gaan/kan uitrig?
    .
    Asbak.

    Daar is 'n moontlikheid. Versoeningsdag word GEDENKDAG vir ons. Ons gedenk die persone wat omgekom het tydens plaasmoorde, ander moorde en die wat geweldadig aangerand is onder die bewind van die huidige regering. Dit sal 'n klap in die gesig van die regering wees omdat ons ons nie steur aan versoening met moordenaars ensomeer nie.

    Dit hoef nie noodwendig ‘n groot byeenkoms te wees waar baie mense bymekaar kom nie. Dit ook, veral in groot dorpe en in stede. Kleiner groepe in hul omgewing byvoorbeeld op plase kan bymekaar kom om ook hierdie mense te gedenk, veral in die omgewings waar die moorde plaasgevind het. Sulke groepe kan na die gedenkdiens bymekaarkom om verdere optredes bespreek om moorde te voorkom, mense inlig oor wat om te doen in moeilike situasies ensomeer. Dit oor 'n koppie koffie en selfs later 'n vleisie op die kole.

    Foto’s en videomateriaal kan beskikbaar gestel word aan die pers om ander mense in te lig en hulle uit te nooi na die volgende jaar se byeenkomste. Boeremense kan vroegtydig ingelig waar sulke byeenkomste gehou gaan word deur dit in die pers vry te stel. Glo my die pers hou altyd van iets “nuuswaardig”. Of dit positief of negatief is.

    Dit sal deursypel na die regering dat daar ‘n burgelike opstand besig is om plaas te vind op ‘n meer georganiseerde en berekende wyse.

Bladsy 1 van 3 123 LaasteLaaste

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::