Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 26

Draad: Hare waai oor skole Godsdiens

  1. #1

    Angry Hare waai oor skole Godsdiens

    die "mens" moet beveg word!!!!!!



    Hare waai oor skole-godsdiens

    2009-09-19 20:08



    Prof. George Claassen
    Foto's · Leser se Foto's · Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's


    Verwante skakels






    Dis oorlog oor skole-godsdiens.
    Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.
    Claassen, ook ’n buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch, tree op namens ’n groep ouers wat ontevrede daaroor is dat godsdiens wederregtelik in skole bedryf word. Die skole wat hy in sy visier het, sluit vooraanstaande instellings soos die Laerskool Stellenbosch en Linden se Laerskool Louw Geldenhuys in.
    Skoolhoofde en onderwysorganisasies het ontstoke gereageer dat Skepties Suid-Afrika die regeringsbeleid oor skolegodsdiens waninterpreteer.
    “Die Grondwet sê jy kan nie godsdiens afdwing nie, maar jy kan ewe min die afwesigheid van godsdiens afdwing,” reageer prof. Rassie Malherbe, grondwetkenner aan die Universiteit van Johannesburg.
    Claassen meen onder meer dit is onaanvaarbaar dat skole soos die Laerskool Stellenbosch hulself amptelik beskryf as ’n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word.
    Volgens Claassen sou daar verlede jaar by dié skool ’n Jesusweek plaasgevind het waartydens kinders geel strikkies kon dra indien hulle gelowig was. “Dit is net omdat ouers met ’n sekulêre wêreldbeeld oor dié openlike oortreding van die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys gekla het dat die skool die Jesusweek gekanselleer het.
    “Onderwysers gebruik klastyd om Christelikheid te onderrig en ’n Christelike skeppergod te aanbid.”
    Dr. Johan van der Merwe, voorsitter van die Laerskool Stellenbosch se beheerliggaam, meen Claassen beskuldig die skool verkeerdelik. Hul godsdiensbeleid “is nagesien en in orde bevind deur vooraanstaande kenners van die onderwysreg en konstitusionele reg.
    “Dit is bevestig deur die direkteur van onderwys in die Wynlandstreek en die twee kringbestuurders.”
    Die onderwysdepartement het glo ook al die godsdiensbeleid van die Laerskool Stellenbosch ondersoek en geen fout daarmee gevind nie.
    Volgens mnr. Hawkie de Villiers, skoolhoof, is die deelname aan dié skool se godsdiensaktiwiteite “absoluut vrywillig”.
    Mnr. Arrie Genis, skoolhoof van die Laerskool Louw Geldenhuys, het gesê die beskuldigings teen sy skool is feitelik verkeerd.
    Mnr. Jaco Deacon, nasionale bedryfshoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, meen die regeringsbeleid laat wel ruimte vir godsdiens in skole.
    “Ingevolge die raamwerk van die Grondwet kan ’n skool steeds ’n Christelike of ’n Moslemskool wees. Die Grondwet bepaal bloot jy kan nie meer alle leerlinge verplig om aan godsdiensaktiwiteite deel te neem of mense met ander menings uitsluit nie. Skole moet begrip en verdraagsaam- heid kweek, eerder as om een siening rigied af te dwing.”
    Baie skole het glo selfs ’n godsdienskomitee sodat ’n verskeidenheid kerke in die omgewing betrokke kan raak.
    Volgens Malherbe, wat al artikels oor die grondwetlikheid van skolegodsdiens gepubliseer het, is enige beleid oor dié kwessie ondergeskik aan die Grondwet se beskerming van godsdiensvryheid. Regter Arthur Chaskalson van die konstitu­sionele hof het reeds in die 1990’s bevind die staat moet ’n ruimte skep waar mense hul geloof vrylik kan beoefen. Dit sluit openbare skole in, meen Malherbe.
    Daarenteen beskou Claassen sy organisasie se standpuntinname die naweek as ’n ultimatum aan skole.
    “Skepties Suid-Afrika oorweeg dit om strafregtelike klagte teen skole aanhangig te maak tensy dié optrede dadelik gestaak word en skole begin om die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys te gehoorsaam. Ons woon nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat nie.”

    - Rapport
    "Vryheid met Geregtigheid"

  2. #2

    Verstek Hare waai oor skole-godsdiens

    Hare waai oor skole-godsdiens
    2009-09-19 20:08
    Artikel opsies
    Druk artikel E-pos artikel Deel
    Laaik.it Yahoo Google Digg del.icio.us Facebook Kry Rapport op
    Jou selfoon

    Prof. George Claassen

    Foto's · Leser se Foto's · Nuus in Foto's
    Stuur vir ons jou foto's · Stuur vir ons jou foto's



    Verwante skakels
    Aweregs: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool



    Dis oorlog oor skole-godsdiens.

    Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.

    Claassen, ook ’n buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch, tree op namens ’n groep ouers wat ontevrede daaroor is dat godsdiens wederregtelik in skole bedryf word. Die skole wat hy in sy visier het, sluit vooraanstaande instellings soos die Laerskool Stellenbosch en Linden se Laerskool Louw Geldenhuys in.

    Skoolhoofde en onderwysorganisasies het ontstoke gereageer dat Skepties Suid-Afrika die regeringsbeleid oor skolegodsdiens waninterpreteer.

    “Die Grondwet sê jy kan nie godsdiens afdwing nie, maar jy kan ewe min die afwesigheid van godsdiens afdwing,” reageer prof. Rassie Malherbe, grondwetkenner aan die Universiteit van Johannesburg.

    Claassen meen onder meer dit is onaanvaarbaar dat skole soos die Laerskool Stellenbosch hulself amptelik beskryf as ’n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word.

    Volgens Claassen sou daar verlede jaar by dié skool ’n Jesusweek plaasgevind het waartydens kinders geel strikkies kon dra indien hulle gelowig was. “Dit is net omdat ouers met ’n sekulêre wêreldbeeld oor dié openlike oortreding van die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys gekla het dat die skool die Jesusweek gekanselleer het.

    “Onderwysers gebruik klastyd om Christelikheid te onderrig en ’n Christelike skeppergod te aanbid.”

    Dr. Johan van der Merwe, voorsitter van die Laerskool Stellenbosch se beheerliggaam, meen Claassen beskuldig die skool verkeerdelik. Hul godsdiensbeleid “is nagesien en in orde bevind deur vooraanstaande kenners van die onderwysreg en konstitusionele reg.

    “Dit is bevestig deur die direkteur van onderwys in die Wynlandstreek en die twee kringbestuurders.”

    Die onderwysdepartement het glo ook al die godsdiensbeleid van die Laerskool Stellenbosch ondersoek en geen fout daarmee gevind nie.

    Volgens mnr. Hawkie de Villiers, skoolhoof, is die deelname aan dié skool se godsdiensaktiwiteite “absoluut vrywillig”.

    Mnr. Arrie Genis, skoolhoof van die Laerskool Louw Geldenhuys, het gesê die beskuldigings teen sy skool is feitelik verkeerd.

    Mnr. Jaco Deacon, nasionale bedryfshoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, meen die regeringsbeleid laat wel ruimte vir godsdiens in skole.

    “Ingevolge die raamwerk van die Grondwet kan ’n skool steeds ’n Christelike of ’n Moslemskool wees. Die Grondwet bepaal bloot jy kan nie meer alle leerlinge verplig om aan godsdiensaktiwiteite deel te neem of mense met ander menings uitsluit nie. Skole moet begrip en verdraagsaam- heid kweek, eerder as om een siening rigied af te dwing.”

    Baie skole het glo selfs ’n godsdienskomitee sodat ’n verskeidenheid kerke in die omgewing betrokke kan raak.

    Volgens Malherbe, wat al artikels oor die grondwetlikheid van skolegodsdiens gepubliseer het, is enige beleid oor dié kwessie ondergeskik aan die Grondwet se beskerming van godsdiensvryheid. Regter Arthur Chaskalson van die konstitu*sionele hof het reeds in die 1990’s bevind die staat moet ’n ruimte skep waar mense hul geloof vrylik kan beoefen. Dit sluit openbare skole in, meen Malherbe.

    Daarenteen beskou Claassen sy organisasie se standpuntinname die naweek as ’n ultimatum aan skole.

    “Skepties Suid-Afrika oorweeg dit om strafregtelike klagte teen skole aanhangig te maak tensy dié optrede dadelik gestaak word en skole begin om die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys te gehoorsaam. Ons woon nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat nie.”


    - Rapport

    http://www.rapport.co.za/Content/Sui...ole-godsdiens_

    Die Woord waarsku ons dat daar sal n tyd kom wanneer ons vervolg sal word oor ons Godsdiens, ons sal verdruk words en in die tronke gegooi word. Die tyd het aangebreek.
    Ry dit asof jy dit gesteel het

  3. #3
    Staatmaker Volksregister Vryheids Rebel's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Jun-Tue
    Plek
    Oos Transvaal
    Poste
    1,093

    Verstek Ant: Hare waai oor skole Godsdiens

    Hulle wil die Godsdiens uit die skole he - as ons nie verset daarteen toon nie - gaan die ******* dit regkry.

    Die Afrikaner moet afsien van sy geestesgoedere in totaliteit. In die algemene omgang word die Afrikaner met sy waardes as verouderd en as ‘n bejammerings-waardige ingesteldheid bejeën. Maar die primêre aanslag kom op die punt wat Paul Kruger geïdentifiseer het as die basis van die Afrikanervolk se voortbestaan -naamlik onderwys.

    Opsommend:

    Hoewel daar nog (tot vertroosting) heelwat Afrikaanse Staatskole is wat ‘n Christelike karakter probeer behou sal hulle die totale langtermyn onderwys beleid nie ontsnap nie.

    Die OBE (Outcome based Education) sal in totaliteit die effek hê dat die Afrikanerkind geen voorsetting vir die Afrikanervolk meer kan bied nie.

    1. Hy gaan vervreem word van sy vaste Christelike geloofsbasis tot ‘n sinkristiese lewensbeskouing.

    2. Hy moet afstand doen van sy taal.

    3. Sy geskiedenis en volksgebondenheid moet vir hom afstootlik gemaak word.

    4. Akademies (en moreel) met sy meerdere vermoëns moet hy terug gedwing word as derde wêreldse wese.



    Die toestand voorhande roep om verset maar die Boere ouers en groot ouers is rustig omdat ons mense nie begryp dat hulle hul vryheid verloor het nie en nog goedgelowig en gerieflik voortgaan asof alles nog dieselfde is. (Terwyl die NG Kerk daarteen is dat Afrikaners hulle kinders afsonderlik opvoed.)



    Paul Kruger se vereistes vir die Boerevolk se voortbestaan is nog net so geldig nl. soewereine vryheid in ons eie land onder ons eie Christelike regering.
    Die Bloedrivier Gelofte met sy bevestiging van die verbond nl. “U alleen is ons God en ons wil vir U ‘n volk wees. Ons voortbestaan is volkome van U Genade afhanklik. Ons sal ‘n volkshuishouding vestig wat vir U alleen sal eer en vir U getuienis sal lewer.” Dit was die nuwe verbond in praktyk – “Ek sal My WETTE gee in hulle hart, in hulle verstand sal Ek dit inskryf en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit weer dink nie.” Daarom moet ons as Christen verbondsmense en Geloftevolk soewerein vry wees in ons eie land sodat die ordening (volgens Kruger se lewensbekouing) op alle lewensterreine geskoei kan word op Gods Woord alleen. Mag Christus ons daartoe genadig wees om weer die vryheidsgees in ons mense op te wek al is dit teen die wense van Kerke. Ons weet die waarheid van Kruger se beskouing is steeds geldig – “Hy verander ieder mens se gees soos Hy wil.” Hy alleen kan weer die Afrikanervolk as volk vir Hom berei. Kom laat ons ons mond en hande as ‘n dankoffer tot Sy beskikking stel.
    REBEL TO THE END
    WINNING OUR FREEDOM IS NOT EVERYTHING IT IS THE ONLY THING
    Let it be understood, evil unpunished and unavenged will continue without end.

  4. #4
    Registrasie B Lid Volksregister
    Aansluit Datum
    2009-Aug-Wed
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    557

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Hier is hulle web adres as julle bietjie wil gesels met hulle. www. ScepticSA. com. Hier volg die skrywe ook wat ek aan daai satanskind gestuur het.


    Geagte mnr Claassen( Ek is taamlik skepties om prof te gebruik, aangesien ek sien dat jy 'n pos beklee wat niemand kan beskryf nie. Buitengewone prof, klink soos minister sonder portefeulje omdat hy nie bevoeg is om 'n portefelje te he nie. Lyk derhalwe of 'n pos spesiaal vir jou geskep is omdat jy nie bevoeg is om enigiets van waarde te doseer nie.

    Ek dink jy moet jou vulgere organisasie eerder herdoop na Sceptic Kaapland. Jy kan maar daar onder in die skole rondkruip, maar ek kan jou waarborg dat jy op jou moer gaan kry as jy jou voet by skole in Gauteng sit. Jy is welkom om jou eie bizarre sienings na te volg, maar te hel daarmee of jy dit aan my kinders gaan opdring. So, kom probeer jou geluk. Glo my, as ek klaar is met jou, gaan jy baie skepties staan teenoor die wysheid daarvan om te kom krap waar dit nie juk nie.

    Hier is vir jou evolusioner meer ontwikkelde brein iets om aan te herkou:

    1x bb + 1x RO = 0t

    waar bb= busy body
    RO= rumoerige ouer
    t= tande

    VRIENDELIKE groete
    Riaan

  5. #5
    Bittereinder Volksregister
    Boerevryheid Bestuur
    Generaal
    Rooi Jan's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Mon
    Plek
    Pretoria, ZAR
    Poste
    16,445
    Blog inskrywings
    8

    Verstek Ant: Hare waai oor skole Godsdiens

    Hy en sy agterryers beter maar aan daai kant van die Oranje bly. Aan hierdie kant gaan dit met hulle sleg gaan!

    Aweregs: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool
    2009-09-19 15:33
    Rothea Kleynhans


    Attie Koekemoer van Linden in Johannesburg het onlangs ’n skool vir sy vyfjarige begin soek. Die Laerskool Louw Geldenhuys, waar hy ook skoolgegaan het, is vir hom gerieflik geleë.

    “Met groot verwagting het ek by die ope dag van die skool opgedaag. Ek was verbaas dat verrigtinge daar steeds met Skriflesing en gebed geopen word soos in die ‘ou Suid- Afrika’.”

    Die godsdiensbeleid van die departement van onderwys (Wet op Nasionale Onderwysbeleid nr. 27 van 1996) wat in 2003 gepromulgeer is, is aan Attie bekend. Die hart van die beleid is om alle kinders tuis te laat voel in hul skool en respek vir ander se oortuigings te leer. Enige voorkeur aan ’n spesifieke godsdiensoortuiging in openbare skole is taboe. (http://www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=70211.)

    “Dit is teenstrydig met die riglyne van die nasionale beleid. Ek was geskok toe ’n personeellid die gehoor meedeel dat godsdiensaktiwiteite afgeskaal word wanneer die onderwysdepartement die skool besoek sodat slapende honde nie wakker gemaak word nie.”

    Hierdie ingesteldheid is deur nog ’n skoolhoof (anoniem) van Pretoria beaam. Hier word alles “reg gedoen” wanneer hulle ’n besoek van die departement ontvang. Maar sodra die departement by die hek uit is, gaan die skool voort met Bybelstudie volgens die ou TOD-leerplan. Talle bekeringsaktiwiteite, soos CSV, gewyde sangperiodes, skriflesing en gebed vind in klastyd plaas.

    Die nasionale beleid het reeds tydens die opstel daarvan opslae gemaak. Die stof ná die promulgering daarvan het nog nie gaan lê nie. Voorheen was die meeste kritiek vanuit godsdiensgeledere en téén die beleid. Maar dit word nou duidelik dat daar ouers en organisasies is wat die beleid geesdriftig ondersteun. Hulle is krities oor skole wat huiwer om die beleid te implementeer.

    Mnr. Walter Mercuur, adjunk*direkteur van kurrikulum-ontwikkeling in die Wes-Kaap, sê die dae van window dressing is getel.

    “Skole is verplig om die riglyne wat reeds daar is, na te volg.

    “Skole mag nie adverteer dat hulle ’n spesifieke geloof voorstaan nie, al is die meerderheid van die kinders van daardie geloof. Dit druis in teen die wet wat sê dat daar in *model C-skole aan geen godsdiens*tige oortuiging voorkeur gegee mag word nie.”

    Hans Pietersen is ’n ouer wat gefrustreerd is omdat die Laerskool Stellenbosch hul eie godsdiensbeleid opgestel het, en dit eers nadat ouers verlede jaar gekla het.

    Hy verwag dat skole kinders realisties moet voorberei vir die openbare lewe en hul toekomstige werkplek, waar mense moet saamwerk en godsdiens niemand beskerm nie. Elke leerling, watter geloof sy ouers ook al aanhang, moet welkom en gerespekteer voel. Demokrasie vereis dat alle godsdiensoortuigings ’n gelyke speelveld in die openbare ruimte moet hê en dat kinders onbevange onderrig moet word.

    “Ek het ’n probleem daarmee wanneer tradisie nie bevraagteken mag word nie, veral wanneer ’n skool kwansuis kritiese denke bevorder. Geloof het nie ’n monopolie op waardes of waarheid nie. Die Christelik-Nasionale onderwys van ons verlede het juis ons Boetman-geslag soos sam*pioene hanteer; ons was in die duister gehou en perdevye gevoer.

    “Kernaspekte van wetenskap en politiek word steeds op aandrang van konserwatiewes opsetlik verskraal of vermy. Darwin het byvoorbeeld ’n fantastiese deurbraak vir die wetenskap gemaak, maar hoeveel van ons skole herdenk vanjaar sy 200ste geboortejaar?”

    Volgens Mercuur is dit skandalig dat ons kinders afgewaterde godsdiensonderrig ontvang. ’n Spesifieke kurrikulum vir godsdiensonderrig moet gevolg word en uitkomste moet soos enige ander leergebied gemeet word. Ouers het nie die reg om die inhoud van ’n leerplan te bepaal nie.

    Prof. Chrissie Steyn, skrywer van Religion in Life Orientation, het bevestig dat selfs die bietjie godsdiens wat in die vak lewensoriëntering voorgeskryf word, deur baie skole geïgnoreer word. Volgens haar moet ’n kind reeds op ’n vroeë ouderdom aan die rykdom van verskillende godsdienste blootgestel word.

    “Net deur kennis van die ander kan ’n kind geleer word om mense wat nie noodwendig soos hy glo nie, te respekteer.”

    Dirk Koekemoer van Faerie Glen in Pretoria het verlede jaar sy tweeling by die Laerskool Tygerpoort ingeskryf. Hy was in ’n plaasskool en wou sy kinders ’n soortgelyke ervaring gee. Die skool se ope dag het hom egter onwelkom laat voel en hy het ’n brief aan die skoolhoof gerig om sy misnoeë te betuig.

    Hy skryf: “Ons gesin volg ook Jesus, maar ek was verbaas om te sien hoe ’n skool in die ‘nuwe Suid-Afrika’ ’n spesifieke lering ondersteun en bemark, boonop ten koste van ander godsdienste. Ek wil nie eers dink wat ’n Katoliek, Jehovasgetuie, Hindoe of Moslem sou gevoel het as hulle Tygerpoort se ope dag bygewoon het nie. Ek het nêrens, voordat ek by die skool ingeloop het, ’n bord ‘Slegs Christene’ gesien nie.

    “Ek het julle webblad besoek en was geskok dat Tygerpoort selfs hier ’n spesifieke godsdiens aanhang. My vrees is dat ek geen benul het wat hierdie sogenaamde Christelike ‘norme en waardes’ is wat bemark word nie. Is aborsie reg of nie, is Jesus ’n god of nie, moet ek tot Maria bid of nie, is Satan ’n werklikheid of nie, is Islam die Antichris, mag ’n man met meer as een vrou trou of nie? – en nog vele ander vrae – almal onoplosbare Christelike kwessies. Dit is duidelik dat die skool nie net ‘norme en waardes’ bemark nie, maar voorkeur aan ’n spesifieke lering gee.”

    Volgens Koekemoer, ’n oud-teoloog, is daar nie ’n algemeen-aanvaarde “Christelike karakter” nie, want Christene kon nog nooit saamstem oor wat presies dit beteken om ’n Christen te wees nie. Soos ander pa’s wil Koekemoer nie godsdiens van kinders ontneem nie, “maar bid self vir jou kind in die motor voordat jy hom by die skool aflaai.

    ‘Dit is my verantwoordelikheid om my kind in sy religieuse ontwikkeling te begelei. Dit is nie die onderwyser se voorreg nie.

    “Hoe word gekontroleer wat my kind vertel word? Christene verskil dramaties. Gaan my kind moet hoor dat hy in die hel gaan brand as hy ‘sondig’?

    “Moet hy hoor dat gays en Moslems gedoem is en dat evolusie ’n duiwelse geloof is?” vra Koekemoer.

    “Openbare skole is nie die plek vir geloofsinskerping nie – daar is ruim tyd buite die skool daarvoor. Dit is ouers se voorreg om hul geloof aan hul eie kinders oor te dra,” sê Pietersen.

    “Maar daardie voorreg strek nie tot ander se kinders nie. Elkeen moet sy oortuigings op sy eie manier kan uitleef.

    “Om skole aan dogma onderhewig te maak verleen ’n spesiale status aan godsdiens. Só word plaaslike groepwaardes bo staatswette verhef, wat polities baie gevaarlik is.

    “Vergelyk maar wêreldwyd die lande waar godsdiens en politiek meng, selfs informeel, met lande waar staat en kerk goed geskei is. Dit is duidelik oorwegend eersgenoemdes wat deur geweld en armoede gekenmerk word en laasgenoemdes wat welvarend en veilig is.

    “Bybelboere moet vrede maak met die beginsels van ’n oop, demokratiese gemeenskap. Beskerm ons skole teen fundamentalisme.”

    ’n Gesprekforum is gestig vir *ouers wat die nasionale beleid ondersteun en gedagtes wil uitruil by http://groups.google.com/group/skoolbeleid.

    http://www.rapport.co.za/Content/Wee...gebed_op_skool
    Last edited by Rooi Jan; 20 Sep 2009 at 23:15.

  6. #6

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur SNIPES Bekyk pos
    Hier is hulle web adres as julle bietjie wil gesels met hulle. www. ScepticSA. com. Hier volg die skrywe ook wat ek aan daai satanskind gestuur het.


    Geagte mnr Claassen( Ek is taamlik skepties om prof te gebruik, aangesien ek sien dat jy 'n pos beklee wat niemand kan beskryf nie. Buitengewone prof, klink soos minister sonder portefeulje omdat hy nie bevoeg is om 'n portefelje te he nie. Lyk derhalwe of 'n pos spesiaal vir jou geskep is omdat jy nie bevoeg is om enigiets van waarde te doseer nie.

    Ek dink jy moet jou vulgere organisasie eerder herdoop na Sceptic Kaapland. Jy kan maar daar onder in die skole rondkruip, maar ek kan jou waarborg dat jy op jou moer gaan kry as jy jou voet by skole in Gauteng sit. Jy is welkom om jou eie bizarre sienings na te volg, maar te hel daarmee of jy dit aan my kinders gaan opdring. So, kom probeer jou geluk. Glo my, as ek klaar is met jou, gaan jy baie skepties staan teenoor die wysheid daarvan om te kom krap waar dit nie juk nie.

    Hier is vir jou evolusioner meer ontwikkelde brein iets om aan te herkou:

    1x bb + 1x RO = 0t

    waar bb= busy body
    RO= rumoerige ouer
    t= tande

    VRIENDELIKE groete
    Riaan
    Baie goeie werk Snipes!

  7. #7

    Verstek Ant: Hare waai oor skole Godsdiens

    Ons het dit mos al jare gelede gesien kom. Dink nou net as die skool in die oggende open met gebed. Die gewone blanke doen sy gebed , gevolg deur die Moslem en dan die swartes se gebed.

    Vlug en sit die kinders in 'n CVO skole of tuis onderrig.

  8. #8
    Bittereinder Volksregister
    Boerevryheid Bestuur
    Generaal
    Rooi Jan's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Mon
    Plek
    Pretoria, ZAR
    Poste
    16,445
    Blog inskrywings
    8

    Verstek Ant: Hare waai oor skole Godsdiens

    'n Goeie Moslem sal nie sy kind in 'n staatskool sit nie. Hy sal hom in 'n Moslem skool sit. Selfde geld vir Hindoes. Ons word gereeld vertel dat die reenboognasie 80% Christene is. Die linkses se argumente oor diskriminasie teen ander godsdienste is dus ongeldig. Hierdie is nog 'n aanslag teen die behoudende blankes. Dit maak my baie hartseer dat die ANC regime se vuilwerk weereens deur ons eie mense gedoen word.

    Die CVO saak is 'n goeie een, maar dit het nog te min ondersteuning. Sulke skole is vêr en wyd versprei wat dit maar moeilik maak vir ouers. Dis so half die hoender en die ouer. Wat kom eerste? Die skole of die ondersteuning. Dan is daar ook die ekstra koste verbonde. Dis iets wat buite baie ouers se is in hierdie moeilike tye waarin ons leef. Nietemin, hierdie debakel het die potensiaal on steun vir die CVO skole te skep.

    Nog 'n goeie ding wat hieruit kan voortspruit is dat die kerke geforseer sal word om openlik standpunt in te neem teen die goddelose ANC regime. Op die oomblik is hulle skynbaar te besig daarvoor. Daar is mos ander belangrike dinge, soos lang teologiese redenasies oor die aard van Christus se opstanding. En die plek van die vrou binne die kerk. En presies hoeveel as wat ons op ons hoofde moet strooi oor apartheid.

  9. #9

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur SNIPES Bekyk pos
    Hier is hulle web adres as julle bietjie wil gesels met hulle. www. ScepticSA. com. Hier volg die skrywe ook wat ek aan daai satanskind gestuur het.


    Geagte mnr Claassen( Ek is taamlik skepties om prof te gebruik, aangesien ek sien dat jy 'n pos beklee wat niemand kan beskryf nie. Buitengewone prof, klink soos minister sonder portefeulje omdat hy nie bevoeg is om 'n portefelje te he nie. Lyk derhalwe of 'n pos spesiaal vir jou geskep is omdat jy nie bevoeg is om enigiets van waarde te doseer nie.

    Ek dink jy moet jou vulgere organisasie eerder herdoop na Sceptic Kaapland. Jy kan maar daar onder in die skole rondkruip, maar ek kan jou waarborg dat jy op jou moer gaan kry as jy jou voet by skole in Gauteng sit. Jy is welkom om jou eie bizarre sienings na te volg, maar te hel daarmee of jy dit aan my kinders gaan opdring. So, kom probeer jou geluk. Glo my, as ek klaar is met jou, gaan jy baie skepties staan teenoor die wysheid daarvan om te kom krap waar dit nie juk nie.

    Hier is vir jou evolusioner meer ontwikkelde brein iets om aan te herkou:

    1x bb + 1x RO = 0t

    waar bb= busy body
    RO= rumoerige ouer
    t= tande

    VRIENDELIKE groete
    Riaan


    Ek is skoon trots op jou antwoord. Ek sou dit nie beter kon stel nie. Ek kom ook van Gauteng af en bly nou hier in die Kaap. Ek het 2 sussters en 1 broer in die skole hier. Die Bybel hier word alreeds geweier. Ek onthou daar was eendag wat hulle die Bybel gelees het en daar was n groot storie daar oor.

    My hart is seer dat die klein kinders deur daai nonsens moet gaan. Maar God's geluk kry my sussters hulle, hulle Gods diens by die huis by my ma. Maar jy het dit goed gestel Riaan, ek stem saam jou.

  10. #10
    Registrasie B Lid Volksregister
    Aansluit Datum
    2009-Aug-Wed
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    557

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Klein Welpie Bekyk pos
    My hart is seer dat die klein kinders deur daai nonsens moet gaan. Maar God's geluk kry my sussters hulle, hulle Gods diens by die huis by my ma. Maar jy het dit goed gestel Riaan, ek stem saam jou.
    Gelukkig kan mens jou Godsdiens tuis aan jou kinders deurgee. al verban hulle dit uit die skole uit. So, dit is nie die einde van die wereld nie. Wat my egter bekommer, is dat daardie gemors klaarblyklik 'n mandaat het om skole te besoek en sy eie bose agenda aan skoolkinders deur te gee, aangesien die berigte lui dat hy in "amptelike hoedanigheid " optree. Die maatskappy wat hy aan behoort, is besig om 'n wereldwye veldtog te voer om deur wetenskaplike studies te bewys dat daar nie 'n God bestaan nie.Dit is waar die probleem inkom, want dit is die boodskap wat hulle by skoolkinders wil tuisbring.

    My geloof is nie onderhandelbaar nie en my kinders sal nie aan sulke gemors blootgestel word nie. Ek voel baie sterk hieroor en ek sal daai onding met geweld verwyder indien hy my kinders se skool betree. So, my raad is gaan aan met die kinders se Christelike opvoeding tuis en hou jou ore oop. Indien hy julle kinders se skool betree, haal hom uit.

  11. #11

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Ek het ook die artikel in "Rapport" geleesen ek kan dink wat die oorgrote meerderheid daarvan gedink het maar....

    Net so min soos wat dit die skool se plig is om jou kind maniere te leer en 'n opvoeding te gee, net so min is dit die skool se plig en/of voorreg om jou kind in geloof te onderrig ! Jy as ouer alleen het daardie reg/voorreg beide in geloof en opvoeding en as jou kind swak maniere het , moet nie die onderwysers blammeer nie, kyk na jouself !!!

    Jou kind gaan skool toe om te leer lees, skryf, optel, aftrek ens. - Die res is jou verantwoordelikheid as ouer...

    Boere Groete.
    Hou ons volk Blank !!!

  12. #12
    Registrasie B Lid Volksregister Witleeu's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Feb-Sun
    Poste
    2,471

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    ...en so gaan die verdwaalde skape ook horende doof en siende blind die Antichris aanbid omrede dit "regerings beleid" gaan wees wat afgeforseer gaan word op tersiere instellings.

    Die tyd van Openbaring - soos voorspel deur die profete- is hier. Die era van die "groot leun" is in volle swang. Vevolging en uitwissing van kinders van die Here is op hande.

    Ek het juis die volle DVD van die 9/11 "Conspiracy" waar die"New Cons" Suid-Afrika - onder andere- lankal reeds geteiken het vir 'n regering-verandering.

    Die NWO is reeds besig om die skape op te stel vir die slagpale deur die Krediet, Rika en Fika sisteme.Hulle is besig om opspoorbare stelsels in jou huis in te bring om jou- die anders denkende- presies op te kan spoor- die dat hulle die volgende fase- soos in die ou kommunistiese bestel- jeugdiges op jou straathoek te plaas om op jou te spioeneer. Die vervolging van God's Woord word - soos julle sien- al hoe meer feller op ons skoolvlak geloods- dit raak nou fisiek- en later word gelowiges weer in tronke gestop.

    My vraag is aan my mense: Hoe ver het julle al voorberei vir julle vlug van die vervolging af? Is jy gereed om te onttrek? Ons baklei steeds oor agendas soos geloof - wat ons nerens gaan bring nie- en saai onmin tussen onsself- in plaas daarvan om gereedheids planne saam met mekaar in orde te kry.

    Boere- julle moet stellig gou ontwaak....julle slag-are word al hoe meer kwesbaar vir die laksman se byl. Vir die wat onge-erg dit aflag- net jy sal weet wat jy vir jou kind/ers gaan se eendag in die hiernamaals hoekom jy hulle traak-my-nie-agtig laat vermoor het.
    Last edited by Witleeu; 21 Sep 2009 at 23:51.
    Take a Dutchman, the kind of Dutchman that fought against all the might of Spain, intermix him with the inflexible french high notes. Take him through 8 generations of war, put him in a country suitable for the huntsman, marksman and rider. Put a finer temper in him the Bible, and you get a pure Boer - a nation so strong and powerful- that it took the British empire 191 000 000 pounds, 3 years and 480 000 soldiers to conquer the 2 poorest smallest states in the world by means of one of the worst human atrocities ever recorded in history ..... and never again to be mentioned due to the shame and humiliation the mighty rulers of Britain suffered from these hard-bitten bush fighters.

    THE BOER NATION- GOD'S SELECTED FEW.

    FORWARD TO FREEDOM


  13. #13
    Bittereinder Volksregister
    Boerevryheid Bestuur
    Generaal
    Rooi Jan's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Mon
    Plek
    Pretoria, ZAR
    Poste
    16,445
    Blog inskrywings
    8

    Verstek Ant: Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Klein Generaal Bekyk pos
    Ek het ook die artikel in "Rapport" geleesen ek kan dink wat die oorgrote meerderheid daarvan gedink het maar....

    Net so min soos wat dit die skool se plig is om jou kind maniere te leer en 'n opvoeding te gee, net so min is dit die skool se plig en/of voorreg om jou kind in geloof te onderrig ! Jy as ouer alleen het daardie reg/voorreg beide in geloof en opvoeding en as jou kind swak maniere het , moet nie die onderwysers blammeer nie, kyk na jouself !!!

    Jou kind gaan skool toe om te leer lees, skryf, optel, aftrek ens. - Die res is jou verantwoordelikheid as ouer...

    Boere Groete.
    Dit is natuurlik so, en ons wil nie ons plig ontduik deur alle godsdiens onderrig die skool se plig te maak nie. Nogtans het God se woord sy plek in die skool. Hoekom moet ons na die ANC regime se pype dans wanner hulle sê dat die skooldag nie met skriflesing en gebed geopen mag word nie? Ons gaan al reeds saam met dinge soos evolusie wat gedoseer word. Dit moes nooit gebeur het nie. Hierdie kan die laaste strooi wees wat die kameel se rug breek. Ek wonder of die ateïste nie dalk werktuie in God se hande is nie.

  14. #14
    Registrasie B Lid Volksregister
    Aansluit Datum
    2009-Aug-Wed
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    557

    Verstek Re: Hare waai oor skole Godsdiens

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Klein Generaal Bekyk pos

    Jou kind gaan skool toe om te leer lees, skryf, optel, aftrek ens. - Die res is jou verantwoordelikheid as ouer...

    Boere Groete.
    Geen probleem daarmee nie en stem 100% saam. My probleem is dat hulle nie net Godsdiens by die skole verbied nie, maar besig is om sceptic sa 'n vrypas tot skole te gee. So, daar gaan wel 'n geloof in skole toegelaat word, nl die geloof dat daar nie 'n God bestaan nie. Ek sal my kind tuis in Godsdiens onderrig soos wat die Moslem, Jood en whatever sy kind ook tuis kan onderrig. Lede van sceptic sa kan dan ook maar hulle kinders tuis onderrig oor die redes waarom daar nie 'n God bestaan nie. MOET dit net nie in skooltyd in my kinders se skole doen nie en los my kinders uit. As ek voel dat daar 'n rede is om aan my kinders te bewys dat daar nie 'n God is nie, SAL EK DIT SELF DOEN.

  15. #15
    Bittereinder Volksregister
    Boerevryheid Bestuur
    Generaal
    Rooi Jan's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Jul-Mon
    Plek
    Pretoria, ZAR
    Poste
    16,445
    Blog inskrywings
    8

    Verstek Ant: Hare waai oor skole Godsdiens

    DIE SINAGOGE VAN SATAN?
    Monday, 21 September 2009 16:45
    Mnr D Varkevisser - AVP Leier
    MEDIAVERKLARING


    Skepties Suid-Afrika is ’n organisasie waarvan prof. George Claassen, buitengewone prof. aan die Universiteit van Stellenbosch, die voorsitter is. Dié organisasie se naam laat ’n mens onwillekeurig dink aan Satan se vraag aan Eva in die Paradys: “Is dit so...?

    Skeptisisme word deur die verklarende Afrikaanse woordeboek beskryf as: “ ’n Wysgerige leerstelsel wat niks met sekerheid weet nie; niks met sekerheid glo nie; twyfelleer; twyfelsug.”



    Dit is vanuit hierdie twyfelagtige organisasie dat Claassen die naweek formeel begin het om skole te monitor om die wat Bybellees en gebed in klastye toelaat, moontlik strafregtelik te laat vervolg!

    Volgens Rapport van 20 September 2009 tree Claassen op namens ’n groep ouers wat ontevrede is dat godsdiens wederregtelik in skole bedryf word. Claassen beskou sy organisasie se standpunt as ’n ultimatum aan skole om die nasionale beleid oor godsdiens in skole te gehoorsaam, daar ons “nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat is nie.”

    Daar word verder onder redaksie van Johannes de Villiers feitlik ’n volblad van dieselfde koerant gewy aan galbrakers oor godsdienshandhawing in sommige skole.

    Kan daar by gelowige Afrikaners nog hoegenaamd twyfel bestaan dat die sluipoord op dr. Verwoerd op 6 September 1966, (666) deel is van die stryd tussen Lig en duisternis? Die afwyking van die beginsels en beleid van die Afrikanervolk wat daarna op elke terrein van die lewe sedert daardie klaaglike gebeurtenis op ’n glybaan van verval voortstu tot hierdie aantasting van die opdrag en gesag van God?

    Mense wat niks met sekerheid weet en niks met sekerheid glo nie, bepaal nou die norm van geloof, opvoeding, die demokrasie, ens.

    Kan ons hoegenaamd enige seën of beskerming, om nie te praat van verlossing soos by Bloedrivier, Vegkop en Majuba van God verwag as ons nie eers bereid is om by die aanskoue van hierdie aanslag in verset te kom nie! Moet ons kinders maar vir hulle self sorg?

    Onderrig sonder opvoeding, in besonder die afwesigheid van Christelike opvoeding, behoort elke Afrikaner in verset te bring. Pres. Paul Kruger het meer as ’n eeu gelede die onderwysers hieroor gewaarsku en voorspel dat van sulke kinders gesê sou kon word, “hoe groter geest, hoe groter beest!”

    Skeptici van Christus verteenwoordig die Sinagoge van die Satan! Laat ons ook ernstig vir hulle bekering bid tot behoud van hulleself en hulle nageslag.
    http://www.afrikanervolksparty.org/i...ings&Itemid=10
    'n Mens kan maar net wonder wie en wat agter George Claassen staan en die toutjies trek.

Bladsy 1 van 2 12 LaasteLaaste

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::