Wys resultate 1 tot 2 van 2

Draad: Die eerste Anglo-Boere Oorlog

  1. #1
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Thu
    Plek
    Ons Geskiedenis moet voortleef
    Poste
    2,679

    Verstek Die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Die eerste openlike konfrontasie tussen die Britte en die Boere het begin in November 1880 te Potchefstroom. P.L. Bezuidenhout het geweier om ekstra fooie op sy w ate betaal aangesien hy reeds sy tax betaal het. Hierna is sy wa deur die Britse owerhede gekonfiskeer. Op 11 November 1880 het n commando van 100 man onder leiding van P.A. Cronje die wa gaan terug neem by die Britte en dit aan Bezuidenhout gaan terug besorg.

    Na die voorval het sowat 8000 tot 10000 Boere op 8 Desember 1880 by Paardekraal, naby Krugersdorp byeengekom. Op 12 Desember 1880 is n groep leiers, waaronder Paul Kruger, Piet Joubert en M.W.Pretoruis aangewys. Op 13 Desember 1880 proklameer hulle die herstel van die Transvaalse Republiek en drie dae later is die Vierkleur op Heidelberg gehys. Hierdeur het hulle die Britse heerskapy verwerp.

    Op dieselfde dag is daar skote op Pochefstroom gevuur. Die oorlog het begin. Die Boere het ongeveer 7000 soldate gehad en daar was ook van die Vrystaters wat hulle mede Boere teen die Britse magte gehelp het. Daar was ongeveer 1800 Britse soldate gestasioneer in dorpe in die Transvaal so die Britte is by verre in die minderheid.

    Besettings en Veldslae gedurende die Eerste Anglo-Boere Oorlog.

    Daar was 4 hoof veldslae en n aantal kleiner kordonne. Die veldslae was by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Schuinshoogte en Majuba. Die besettings was by Potchefstroom, Pretoria, Marabastad, Lydenburg, Rustenburg, Standerton en Wakkerstroom.

    Baie vroeg in die oorlog was dit duidelik dat die Britse magte hulle teenstanders onderskat het. Hulle het aangeneem dat die Boere geen gelyke het as die magtige Britse militere mag nie. Die Boere het egter die voordeel gehad dat hulle die terrain baie goed geken het. Hulle was baie handig met hulle wapens aangesien hulle gereeld moes jag. Die rooi Britse uniforms het die soldate n baie maklike teiken gemaak terwyl die Boere in hulle alledaagse klere geveg het en dit was baie goeie kamoflering vir hulle gewees.

    Tydens die veldslae by Laingsnek en Schuinshoogte het die Britse magte groot verliese gely en was hulle verplig om terug te val. Maj-Genl Sir George Pomeroy Colley moes egter geduldig wag vir versterkings. Sir Everly Wood was aangestel as tweede in bevel en Colley wou gehad het dat Wood die exkstra soldate van Newcastle af aanvoer. Op 16 Februarie 1881 het Colley ges hy sal ophou met die oorlog mits die Boere hulle hoop op onafhanklikheid vir Transvaal sou opgee. Onderhandelinge het op niks uitgeloop nie. Op 26 Februarie 1881 het Colley besluit om na Majuba op te ruk met 554 manskappe waar die Boere n wagpos gehad het.

    Colley se manne het die top van die berg bereik in die vroe oggend ure en was baie moeg. Hulle het nie beskik oor masjien gewere nie en het geen werklike beskerming gehad nie. Generaal Joubert het besef dat die Britse magte Majuba beset het. Kommandant Nicolaas Smit het met 350 Boere die berg bestyg. Hy het besluit om n vuurlinie te vorm ongeveer 150 m van die bopunt van die berg af en het sodoende die Britse magte daar uit geskiet.
    Die Boere het die veldslag oorheers van die begin af. Colley is doodgeskiet en die oorblywende Britse soldate het eenvoudig net gevlug. Britanje het 92 soldate verloor, 134 was gewond en 59 as gevangenes geneem. Die Boere het 1 man verloor en 5 was gewond.

    Gedurende die eerste Anglo-Boere Oorlog was daar ook n paar besettings gewees. Lydenburg, Potchefstroom, Pretoria, Marabastad, Rustenburg, Standerton en Wakkerstroom was almal omring deur die Boere om in die proses die Britse magte daar staties te hou sodat hulle geensins aan enige gevegte kon deelneem nie.

    Voor die aanvang van die oorlog het die Britse magte begin om n fort in Potchefstroom te bou maar die vordering was baie stadig. Op 15 Desember 1880 het n groot groep Boere op hul perde na Potchefstroom opgeruk. Maj Thornhill het hulle gesien kom en dadelik sy manne in die fort gewaarsku. Daar is skoet gevuur op n klein groupie Boere wat die fort genader het. Kort daarna si die fort uit drie rigtings deur die Boere aangeval. Die fort se lae mure het nie baie beskerming gebied nie en op 16 Desember 1880 het die Boere die Union Jack vervang met n wit vlag. Hulle het ook die grasdak van die hoofgebou aan die brand gesteek. Die Boere het daarop aangedring dat die Britte moes oorgee maar Kol Winsloe het geweier.
    Hierdie besetting het 95 dae geduur waarna die Britse magte oorgegee het weens hongerte.

    Die besting van Lydenburg het gestrek vanaf 6 Januarie 1880 tot 30 Maart 1881. Na 5 Desember 1880 was daar minder as 100 Britse soldate onder die bevel van die 24 jarige Lt Walter Long oor in Lydenburg. Alhoewel Long die fort se verdediging opgeskerp het, het hulle water voorrade lag geloop teen 23 Januarie 1881. Long het n vredes aanbod van die Boere van die hand gewys en die besetting het eers 84 dae later tot n einde gekom.

    Marabastad was n Britse militre stasie waar daar ongeveer 50 000 Britse soldate was wat verantwoordelik was om die swart bevolking te beheer. Twee kompanies van die 94ste regiment wat by Lydenburg ongeveer 265km noord van Pretoria ontplooi was het in November 1880 in Marabastad geariveer en op 29 Novomber 1880 het hulle opdrag gekry om na Pretoria op te trek. Dit het die gevolg gehad dat daar net 60 Britse soldate in die fort oorgebly het. Dit was op dieselfde dag dat die nuus van die Britse nederlaag by Bronkhorstspruit bekend geraak het en Kapt Brook het opdrag gekry om die fort teen enige aanvalle te beskerm. Die besetting het op 29 Desember 1880 begin. Die plaaslike swart bevolking het die Britse magte ondersteun en ook aan hulle kos en water voorsien. Kapt Brook was bewus van die skiet stilstand op 22 maart 1881 maar het besluit om steeds die fort te verdedig. Die besetting het geindig op 2 April 1881.

    Daar was baie min Britse soldate in Rustenburg toe die oorlog uitgebreek het. Toe die Boere op 27 Desember 1880 aandring dat die Britse magte moet oorgee het hulle geweier. Die klein onbeskutte fort het baie weinige beskerming gebied en die soldate het gebuk gegaan onder siektes en n tekort aan kos en water. Op 14 Maart 1881 het die Boere n skietstilstand uitgeroep en op 30 Maart 1881 is dit deur die Britse magte aanvaar.

    Toe die nuus van die Britse verlies by Bronkhorstspruit in Pretoria bekend word het Kol W. Bellairs, bevelvoerder van die Britse magte in Pretoria, militre beheer uitgeoefen en die hele burgerlike bevolking van Pretoria in twee militre kampe geplaas. Alle kos voorrade was na die kampe geneem en ongeveer 5000 mense moes wag vir verligting uit Natal. Daar was ongeveer 1340 Britse soldate en 2 forte was aan die suide kant gebou.

    Boere Genl Piet Joubert was baie verheug oor die effektiewe manier waarop die Britse soldate in Pretoria vasgekeer was. Dit hom toegelaat om vrylik rond te beweeg en het toe besluit om nie Pretoria aan te val nie. Daar was baie min Boere in die Pretoria gestasioneer en die Britse magte het op 29 Desember 1880 verskeie aanvalle geloods maar het later opgegee. Die besetting het aangesleep aangesien die Britse fort nie bewus was van die gebeure in Natal nie. Op 28 Maart 1881 het die nuus van vrede Pretoria bereik en teen 8 Augustus het die Boere regering weer hul regmatige plek in Pretoria ingeneem as die regering.

  2. #2
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,771
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Soveel lekker insette om te lees. Dankie.
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

Soortgelyke drade

  1. Anglo Boere Oorlog
    By kiepersol in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 4
    Laaste Pos: 25 Jan 2011, 19:30
  2. Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog
    By Boere Staatsman in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 3
    Laaste Pos: 23 Jan 2011, 22:53
  3. Boere Generaals van die Anglo Boere Oorlog
    By Vicky in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 22
    Laaste Pos: 7 Oct 2010, 22:34
  4. Die Boere en Rusland tydens die Anglo-Boere Oorlog
    By Boervegter in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 14 May 2008, 01:58
  5. Anglo-Boere oorlog
    By Die_Soeker in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 2 Oct 2007, 22:50

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::