Wys resultate 1 tot 4 van 4

Draad: Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

  1. #1
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman's Avatar
    Aansluit Datum
    2005-Oct-Thu
    Plek
    Ons Geskiedenis moet voortleef
    Poste
    2,673

    Verstek Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

    16 Desember 1880 tot 23 Maart 1881

    Die eerste Anglo-Boere oorlog staan ook bekend as die Eerste Transvaalse oorlog vir onafhanklikheid aangesien daar konflik ontstaan het tussen die Britte en die Boere van die Traansvaalse Republiek of Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR). Die Boere kon egter staatmaak op hulp van hulle bure in die Oranje Vrystaat.

    Daar was verskeie oorskake vir die uitbreek van die Eerste Anglo-Boere Oorlog :
    1. Die uitbreiding van die Britse Empire
    2. Probleme binne die Transvaalse regering
    3. Dir Britse anneksasie van Transvaal
    4. Die Boere se teenkanting teen Britse beheer in Transvaal.

    Die uitbreiding van die Britse Empire

    Die 4de “Earl of Canarvon” was die Britse sekretaris van State oor die Kolonies onder die Premierskap van Minister Benjamin Disraeli. Hy was die premier van 1868 tot 1880 teen die tyd dat die Britse regering hulle Empire uitgerbrei het.

    Carnarvon wou ‘n konfederasie vorm met al die Britse colonies, onafhanklike Boere republieke en onafhanklike Afrikaanse groepe in Suid- Afrika onder Britse beheer. Teen 1876 besef hy dat dit nie vreedsaam haalbaar is nie. Hy het onder andere aan Disraeli gesê “By acting at once, we may ... acquire ... the whole Transvaal Republic after which the Orange Free State will follow.”
    Hy was bereid om met mag die konfederasie ‘n werklikheid te maak, ‘n feit wat bewys is met die Anglo-Zulu oorlog in 1879.

    Probleme binne die Transvaalse regering

    T.F.Burgers was die president van die Transvaalse Republiek van 1872 tot en met die anneksasie in 1877. Die Republiek was in ‘n ernestige geldelike krisis, grootliks omdat daar toe reeds ‘n oorlog aan die gang was tussen die Boere en die Pedi onder leierskap van Sekhukhune, in die Noord Oos Transvaal en omdat die Boere nie hulle belasting betaal het nie.

    Die Transvaalse publiek was ongelukkig met die leierskap en omdat Sekhukhune ingestem het tot vrede in Februarie 1877 en gewillig was om ‘n boete aan die Republiek te betaal, dit was egter te laat. Carnarvon stuur vir Sir Theophilus Shepstone, die voormalige Sekretaris van naturele sake in Natal na die Transvaal as ‘n spesiale kommisaris. Shepstone ariveer in Transvaal op 22 Januarie 1877 met 25 man as bystand. Aan die begin was hy egter baie vaag oor sy doel. Hy het die swakhede in die Transvaal regering gebruik om die Boere bewus te maak van die gevare van bankrotskap in die staat en het gefokus op die regering se onbeholpenheid met die beheer oor swart mense soos die Pedi en die Zulu’s. Hierdie aksie het die Boerevolk gedemoraliseer.

    Pres Burgers het baie wynig gedoen om te keer dat die Britte Transvaal oorneem. Shepstone het teen einde Januarie 1877 aan Burgers gesê wat sy intesnies was en Burgers het die Transvaalse regering probeer oortuig om die situasie erenstig op te neem, maar hulle het geweier om die dringendheid van die saak te sien.

    Die Britse anneksasie van Transvaal

    Carnarvon het gereken dat om Transvaal te annekseer die eeste stap in die rigting was van die konfederasie. Die engels sprekende mense in die Republiek was ten gunste vandie plan maar die Boere was teleurgesteld in hulle eie regering. Shepstone het gesê dat hy meer as 3000 handtekening het van mense wat gestem het om deel van die Britse Empire te word. Wat hy egter nie aan Carnarvon gesê dat hy meer as 3000 handtekening het van mense wat gestem het om deel van die Britse Empire te word. Wat hy egter nie aan Carnarvon gesê het nie is dat daar egter meer Boere was wat teen hierdie gedagte was en wou hulle onafhanklikheid behou.

    Op 12 April 1877 word die proklumasie van anneksasie op Kerk Plein in Pretoria gelees vir die Transvaalse Republiek. Daar was geen teenkanting nie en die “Union Jack” het die Transvaalse Vierkleur vervang as amptelike vlag. Dit was die dan die einde van die bestaan van die Transvaalse Republiek of Zuid-Afrikkasche Republiek (ZAR), maar het toe bekend gestaan as die Britse Kolonie van die Transvaalse Kolonie.

    In Mei 1877 stuur die Volksraad ‘n sending na Engeland om seker te maak dat die Britse regering bewus is daarvan dat die meeste van die inwoners van die Transvaal Republiek nie saam stem met die anneksasie nie maar die poging het misluk. Hulle het ook die burgers gevra om nie tot geweld oor te gaan nie want dit sou ‘n negatiewe beeld na Britanje stuur.

    Die Boere se teenkanting teen Britse beheer in Transvaal

    Die voormalige President T.F. Burgers en ander mense wat lojaal was aan die Transvaalse Republiek het hul teenkanting teen die anneksasie uitgespreek en Paul Kruger en E.J.P. Jorissen is in 1877 na Londen, Engeland gestuur om hulle saak aan Carnarvon te gaan voorhou. Hulle het misluk en is in 1878 neem hulle ‘n petisie met meer as 6500 handtekeninge van Boere na London, maar die Britse regering het aangedring dat Transvaal onder Britse beheer bly.

    Sir Theophilus Shepstone was nou die administarteur van die Transvaal Kolonie maar hy het dadelik besef dat om dit te beheer gaan baie moeiliker wees as die anneksasie. Die Britse regering het die Boere belowe dat hulle, hul sal toelaat om ‘n vorm van self-regering te behou maar Shepstone was baie traag om die proses aan die gang te kry. Die Kolonie was steeds amper bankrot en Britse planne om ‘n spoorlyn na Delagoa Baai te bou is op die ys geplaas.

    Deur die tyd het Shepstone al hoe meer ongewild geraak by die Kolonie se kantoor in London. Britse Naturele kommesarise het probeer om die swart mense te beheer in die gebied, maar hulle kon nie daarin slaag om Sekhunkhune en die Pedi sovêr te kry om die boete wat hulle aan die voormalige Transvaal Republiek skuld te betaal nie aangesien die Britte nie genoeg soldate gehad he tom dit ten uitvoer te bring nie. Shepstone het ook daarin gevaal om die Zulu’s aan die Kolonie se suidoostelike grens te beheer en baie boere was verplig om hulle plase te verlaat. Sir Owen Lanyon het in 1879 vir Shepstone as administarteur vervang. In September 1879 is Sir Garnet Wolseley aangstel as die hoë kommisaris van Suid Oos Afrika en die goeverneur van Natal en Transvaal.

    Die Anglo-Zulu oorlog van 1879 was veronderstel om die Britse beheer in Suid-Afrika te vergroot, maar het die teenoorgestelde uitwerking gehad. Die Zulu’s en die Pedi’s was in 1879 deur die Britte oorwin maar nie geweldadige Boere opposisie was aan die toeneem. In Januarie 1878 het ‘n groot groep Boere in Pretoria vergader om teen die anneksasie te protesteer. ‘n Ander Boere delegasie was in 1877 onderweg na London, maar hulle he took onsuksesvol teruggekeer in 1879 alhoewel hulle met Sir Michael Hicks Beach, Carnarvon se opvolger gepraat het.

    Die Boere het egter gehoop dat die verkiesing in 1880 van die Liberale Party in Britanje die onafhankliheid van Transvaal sou beteken, maar die Eerste Minister, W.E.Gladstone, het aangedring op Britse beheer in Pretoria. Die Volksraad van die Oranje Vrystaat, suid van die Vaal Rivier het in Mei 1879 die Transvaalse Boere ondersteun in hulle oproep na die onafhanklikheid van Transvaal. Ook Boere van die Kaap Kolonie het hulle morele ondersteuning aan hulle mede volksgenote in die noorde gegee. In Oktober 1880 het ‘n nuus koerant van die Paarl in die Kaap Kolonie berig “Passive resistance is now becoming futile”

  2. #2

    Verstek Re: Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Boere Staatsman
    [CENTER]Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

    “Passive resistance is now becoming futile”
    ... en baie van ons besef nie eers wie ons is en wat van ons verwag word nie.... Veel lekkerder om onder mekaar te baklei en los die res maar vir iemand anders om te doen...
    Groetnis
    Frans

    Oos Kaapse Rebel

  3. #3
    Pink-Hasie
    Besoeker

    Verstek Re: Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Boere Staatsman baie goeie inset

    Hierdie Britse Eerste minister Benjamin Disrael was van joodse afkoms, hy het onder meer gese

    "Regerings regeer nie werklik nie, maar beheer slegs die regeringsmasjinerie en word self beheer deur 'n geheime hand"

    Hy het dus toe reeds die werking van die "geheime hand" ontdek


    In 1973 het mnr P.W.Botha na die Council on Foreign Relations in die Parlement verwys as "gedomineer deur Sosialistiese-denkende indiwidue wat Suid-Afrika wil omverwerp"

  4. #4
    Bittereinder Volksregister Ben Kruger's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Nov-Sat
    Plek
    Transvaal
    Poste
    7,765
    Blog inskrywings
    9

    Verstek Re: Oorsake van die eerste Anglo-Boere Oorlog

    Hierdie is die tipe poste wat ons moet plaas sodat die Volk kan lees van ons Boere Geskiedenis.
    The correct term is "Boer nationalists" and not "right-wingers", as the Institute for Security Studies labels them. Boers are not an (extremist) element on the spectrum of the South African professional party-political comedy. Boers do not wish to be part of this "rainbow spectrum", nor do they consider themselves bound in conscience by a constitution, laws, rules and statutes made on their behalf without any form of consultation with them or consent by them. If and when they do obey these oppressive laws, they do it out of a higher conscience, and out of respect for the semblance of the order of things. The Boers have a right to resist an oppressive constitution and oppressive laws, as they believe that actions borne from coercion can never be interpreted as the giving of consent!

    "Crime expands according to our willingness to put up with it." - Farber, Barry J.

Soortgelyke drade

  1. Anglo Boere Oorlog
    By kiepersol in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 4
    Laaste Pos: 25 Jan 2011, 19:30
  2. Die eerste Anglo-Boere Oorlog
    By Boere Staatsman in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 23 Jan 2011, 22:55
  3. Boere Generaals van die Anglo Boere Oorlog
    By Vicky in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 22
    Laaste Pos: 7 Oct 2010, 21:34
  4. Die Boere en Rusland tydens die Anglo-Boere Oorlog
    By Boervegter in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 14 May 2008, 00:58
  5. Anglo-Boere oorlog
    By Die_Soeker in forum Geskiedenislaer
    Antwoorde: 0
    Laaste Pos: 2 Oct 2007, 21:50

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::