+ Reply to Thread
Results 1 to 13 of 13

Thread: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

  1. #1

    Default Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Waar kom die Afrikaner, die "Boerevolk", eintlik vandaan? As jy nog altyd gedink het ons is die nasate van Nederlanders wat hulle aan die Kaap kom vestig het (met so ’n skeut Franse bloed vanweë die koms van die Hugenote) kan jy dalk ontnugter word. P.W.P. van B., die skrywer van die meegaande kort artikel, redeneer ons is van huis uit eintlik Duitsers en nie soseer Nederlanders nie...

    Oral in die eietydse media en selfs historiese werke bestaan die dwaling: die Afrikaner word as ’n ver verwyderde loot van die Hollandse stam beskou word. Ons sou meestal van die Nederlanders afstam, word vertel, want ons taal is immers ’n "verworde" Nederlands.

    Maar hierdie nosie is nie eens halfpad juis nie, dog slegs ’n derde korrek, indien enigsins soveel.

    Laat ek gou sê dat ek hoegenaamd nie die Nederlanders (vir wie ek ’n groot respek en deernis het) met hierdie stelling wil aanvat of te na kom nie. Die bedoeling is bloot om by die werklike wortels van die Afrikaner uit te kom -- in die geskiedkundige sin en nie om enige ander rede nie. (Miskien sal dit selfs vir sekere Nederlanders ’n verligting wees om te verneem dat hulle nie so naby verwant is aan die "Boere" as wat hulle altyd gedink het nie!)

    As die Afrikaner hoegenaamd ’n spesifieke bakermat in Europa moet hê, lê dit waarskynlik meer in die teenswoordige Duitsland as in enige ander land. Duitsland as verenigde moondheid het toe weliswaar nog nie bestaan nie, maar Duitse state digby Nederland, soos Nedersakse, was ’n geweldige voedingsbron van soldate en matrose vir die Hollandse VOC.

    Dis boonop merkwaardig dat meer Nederlanders na Suid-Afrika verhuis het in die tydperk 1808 tot 1837, toe die Kaap onder blywende Britse bestuur was, as in die tydperk 1787 tot 1807, toe die Kaap nog grotendeels onder Nederlandse bewind was. Maar hul getalle word totaal oorskadu deur die 30 000 tot 40 000 Duitsers wat hulle in die negentiende eeu in Suid-Afrika gevestig het.

    ’n Navorser soos dr. J.A. Heese het die samestelling van die Afrikaner as volg bereken: Nederlands 34,8%, Duits 33,7%. Frans 13,2%, Brits 5,2%, ensovoorts. Dog die stroom name van Duitse stamvaders loop veel dikker deur ons genealogiese verlede as dié van Nederlanders.

    Die eenvoudige rede waarom daar tog nog ’n bietjie minder Duitse bloed in ons samestelling blyk te wees, is dat daar reeds dekades lank gevestigde Hollandse burgers met baie groot gesinne aan die Kaap was voordat die talle Duitsers hierheen gekom het. Ofskoon ons dus byna eweveel "Duits" as "Hollands" van afkoms is, is die Duitse bydrae tot ons gene-poel kwantitatief baie groter.

    Ons het, om dit eenvoudiger te stel, straks byna eweveel Nederlandse en Duitse bloed in ons are, maar wat die genetiese verskeidenheid aanbetref, is ons deur en deur Duits. Daar is baie, baie meer verskillende Duitse vanne onder die Afrikaner, hoewel die (Nederlandse) Van der Merwes, Van Wyks, Nels, ens. gemaklik elk meer as 60 000 siele tel. Maar selfs mense met die laasgenoemde vanne het weens die groot Suid-Afrikaanse vermenging ook ’n dik klomp Duitse gene.

    Die besef van die Duitse erfenis is stellig van geslag tot geslag oorgedra in die Afrikaner, al het baie mense naderhand nie meer geweet presies waarvandaan hul oor-oupagrootjies gekom het nie.

    Sou dit miskien help verklaar waarom soveel Afrikaners -- benewens weens die verwydering tussen Boer en Brit wat deur die Anglo-Boereoorlog veroorsaak is -- in die Tweede Wêreldoorlog so ’n geestelike verwantskap met die Duitsers aangevoel het? En hoekom daar in so baie Afrikaner-huise in die verlede nooit juis ’n besondere band met Nederland bestaan het nie?

    Selfs in ons "Heimat", op die Duitse platteland in die einste Nedersakse, bestaan die historiese verwydering tussen Nederlands en Duits blykbaar vandag nog, soos ek dit tydens besoeke in die afgelope jare beleef het. Vanweë ’n "ryk" Nederland en ’n destyds minder vermoënde Noordwes-Duitse bevolking van kleinboere bly die kloof tussen hierdie volkere ’n lewende erfenis in daardie wêrelddeel.

    Ander kan wel redeneer dat die bloedverskil tussen "Duits" en "Nederlands" op haarklowery neerkom. Altwee is tog Germaans en tot in die sestiende eeu het Nederland selfs deel uitgemaak van die Duitse Ryk.

    Maar die historiese politieke verwydering tussen hierdie twee nasies kan nie weggeredeneer word nie.

    http://www.suedwestafrika.info/swa.php
    http://gpa.informe.com/forum/

    Online community to preserve Germanic culture, traditions and identity of the Germanic peoples in Europe, North-America and South-Africa

  2. #2

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Wellicht is onderstaande kaart de oplossing van het probleem dat in feite geen probleem is. In Duitsland aan de Nederlandse grens worden namelijk “Nederlandse” dialecten gesproken.
    Attached Thumbnails Attached Thumbnails Click image for larger version

Name:	Continental_West_Germanic_languages.jpg
Views:	59
Size:	21.6 KB
ID:	3345  

  3. #3
    Hannes Lottering
    Besoeker

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Quote Originally Posted by Johan Van Vlaams View Post
    Wellicht is onderstaande kaart de oplossing van het probleem dat in feite geen probleem is. In Duitsland aan de Nederlandse grens worden namelijk “Nederlandse” dialecten gesproken.
    Dankie vir die kaart.

  4. #4

    Niet noodzakelijk!

    Het zijn Nederduitse dialecten dat aan beide standaardtalen (Duits en Nederlands) verwant zijn.

    Dutch Low Saxon (Dutch Low Saxon: Nedersaksisch) is a dialect group that is spoken in the northeastern Netherlands. Roughly, the southwestern part speaks a Low Franconian language. The classification of Dutch Low Saxon is not unanimous. From a diachronic point of view, it is classified as a Low German variety. This classification is reflected in the name Dutch Low Saxon, Low Saxon (Nedersaksisch) being a synonym of Low German (Nederduits) that is more commonly used in the Netherlands. From a strictly synchronic point of view, however, some linguists classify it as a variety of Dutch.[1] Some forms of Dutch Low Saxon show features of Westphalian, a West Low German dialect spoken in Germany.
    http://en.wikipedia.org/wiki/Dutch_Low_Saxon

    Most varieties belong to the West Low Saxon group. Gronings is so different from the rest of the Dutch Low Saxon varieties that it should be treated separately. Twents and Achterhoeks belong to the Westphalian group of dialects. The remainder, Drents, Stellingwervish, Sallands, Urkers and Veluws, could be classified in their own subdivision, since they form the westermost group of Low Saxon dialects, considerably affected by Dutch. Urkers and West-Veluws are even so heavily Hollandified that some people classify these dialects as Low Franconian rather than Low Saxon.
    Northern Low Saxon (in Low German, Noordneddersassisch) is a West Low German dialect.

    It is considered to be "Standard Low German" within Germany because it is spoken and understood in a huge central area including most of Lower Saxony, Bremen, Hamburg and Schleswig-Holstein, areas north of the Benrath line.

    As such, it covers a great part of the West Low-German-speaking areas of northern Germany, with the exception of the border regions where Eastphalian and Westphalian are spoken. However, Northern Low Saxon is easily understood by speakers of these dialects.

    Hamburgisch, Holsteinisch and Schleswigsch belong to Northern Low Saxon. The other subdialects are Gronings-East Frisian Low Saxon, Emslänner Platt, Heidjerisch, a subdialect spoken East of Bremen and a subdialect in Bremen and West of Bremen.
    http://en.wikipedia.org/wiki/Northern_Low_Saxon

    http://gpa.informe.com/forum/

    Online community to preserve Germanic culture, traditions and identity of the Germanic peoples in Europe, North-America and South-Africa

  5. #5

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Quote Originally Posted by atlantis View Post
    Niet noodzakelijk!

    Het zijn Nederduitse dialecten dat aan beide standaardtalen (Duits en Nederlands) verwant zijn.

    http://en.wikipedia.org/wiki/Dutch_Low_Saxon

    http://en.wikipedia.org/wiki/Northern_Low_Saxon

    Tegen de tijd dat de exodus naar Zuid-Afrika begon werd er al lang geen Fries meer gesproken langs de Hollandse en de Vlaamse kust. Ik denk dus dat deze laatste kaart van minder belang is in deze context.

  6. #6
    Kennis Arate is op die regte pad Arate's Avatar
    Join Date
    Jan 2007
    Location
    Vrijheid, De Nieuwe Republiek
    Posts
    121

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Quote Originally Posted by Johan Van Vlaams View Post
    Wellicht is onderstaande kaart de oplossing van het probleem dat in feite geen probleem is. In Duitsland aan de Nederlandse grens worden namelijk “Nederlandse” dialecten gesproken.
    Waar kan ek 'n groter voorbeeld van hierdie kaart kry, asseblief? Epos my gerus.

    Hou koers!

  7. #7

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Quote Originally Posted by Arate View Post
    Waar kan ek 'n groter voorbeeld van hierdie kaart kry, asseblief? Epos my gerus.
    Aub: http://en.wikipedia.org/wiki/German_dialects

    Wat er niet staat, maar wat wel waar is: de eerste groep Afrikaners bestond uit 90 Vlamingen en één Hollander (Van Riebeeck).

  8. #8

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Quote Originally Posted by atlantis View Post
    Met die inligting as agtergrond en ander rondom die vrymesselaars en genoemde Broeder betrokkenheid by hierdie tiepe organisasies, begin ek nou te verstaan hoekom daar na 1902 begin is deur die Boerevolk te probeer vervang met die term Afrikanervolk.

    Dit is dan ook opmerklik dat die sogenaamde Afrikanervolk (liberale volks vyand van die Boer) se samevoegings poging nog altyd al ons voorvaders vanaf 1652, en daarna onder een sambreel wou, en nog steeds wil saamvoeg tot hul nuwe wereld orde ideologie.

    Nou begin dit vir my meer duidelik raak hoekom die Afrikaner media en radio Pretoria nie erkenning wil gee aan die Boerevolk idee nie.

    Ons weet ook vir baie jare dat die media, radio en televisie nog altyd die wat nie in die nuwe wereld orde wou opgaan nie, nie kan verdra nie en sodoende n eens trotse Boerevolk wil vernietig.

    Ons moet dus "nie" die nuwe wereld orde in die buiteland gaan soek nie, maar wel tussen ons eie liberale Afrikaner en hul politiese bondgenoot elite, soos die DA, NNP, VF+ sowel as al hul ander Afrikaner meelopers soos COPE, die Afrikanerbond en vele ander organisasies soos die FAK, ATKV wat almal reeds vermeng is. Dit geld ook vir Afrikaanse instellings soos die Banke, Landbou instellings, en Versekerings maatskapye instellings.

    As ons hierdie keur versaak om die Boerevolk te identifiseer en saam te snoer, sal daar vir ons nageslag nie meer n eie identiteit beskore wees nie.

    Ons is nie Afrikaanses nie, en ons moet hierdie verpesting van n identiteits vernietigende poging van ons Volk deur die "liberale" Afrikaner met alles in ons vermoe teenstaan.

  9. #9

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Ek is van mening dat die SA reenboognasie wat deur die liberale Afrikaner instellings en skole hier ten sterkste onder die Afrikaner met sy deelname daaraan as nuwe wereld orde en een nasie ideaal bevorder word.

  10. #10
    Bittereinder Volksregister
    Kampkommandant
    voortrekker is op die regte pad voortrekker's Avatar
    Join Date
    Sep 2006
    Location
    Konfederale Boererepubliek
    Posts
    3,455

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    As ons hierdie keur versaak om die Boerevolk te identifiseer en saam te snoer, sal daar vir ons nageslag nie meer n eie identiteit beskore wees nie.

    Ons is nie Afrikaanses nie, en ons moet hierdie verpesting van n identiteits vernietigende poging van ons Volk deur die "liberale" Afrikaner met alles in ons vermoe teenstaan.

    C H die Afrikaners of sogenaamde afrikaanses het reeds die stryd verloor, vir n feit is daar beslis meer as 100.000 Boere wat hulself reeds as sodanig geein het, die pad na vryheid is dus nou onkeerbaar en die wat in ons pad is sal vertrap word.
    DIE WAT WEET TEL VIR TWEE

  11. #11

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Quote Originally Posted by voortrekker View Post
    As ons hierdie keur versaak om die Boerevolk te identifiseer en saam te snoer, sal daar vir ons nageslag nie meer n eie identiteit beskore wees nie.

    Ons is nie Afrikaanses nie, en ons moet hierdie verpesting van n identiteits vernietigende poging van ons Volk deur die "liberale" Afrikaner met alles in ons vermoe teenstaan.

    C H die Afrikaners of sogenaamde afrikaanses het reeds die stryd verloor, vir n feit is daar beslis meer as 100.000 Boere wat hulself reeds as sodanig geein het, die pad na vryheid is dus nou onkeerbaar en die wat in ons pad is sal vertrap word.
    Voortrekker, so gaan ons die pad saam stap

  12. #12
    Bittereinder Volksregister Henry is sterk oppad vorentoe Henry's Avatar
    Join Date
    Nov 2005
    Location
    Pretoria
    Posts
    5,827

    Default Ant: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    Dankie aan Atlantis en Johan van Vlaams vir die inligting. Die groot getal Duitse vanne onder ons onderstreep die feite soos hierbo gestel. Duitse jong mans het dan ook blykbaar gedurig as enkelinge geimmigreer en met Nederlands/Afrikaanssprekende meisies getrou. So is die Duitse gene onder ons redelik hoog.

    Johan, kan jy of Dennis meer vertel van die Friese? Hulle taal lyk tog op die internet heel verstaanbaar vir ons, hoewel dit effens anders is as Nederlands of Duits.

    Christo, nou verstaan jy ook waarom ek en ander amper fanaties raak oor identiteit?

    Met die inligting as agtergrond en ander rondom die vrymesselaars en genoemde Broeder betrokkenheid by hierdie tiepe organisasies, begin ek nou te verstaan hoekom daar na 1902 begin is deur die Boerevolk te probeer vervang met die term Afrikanervolk.
    Om dit te kan vervang moet die identiteite eers gelykgestel word en as uitruilbaar voorgestel word. Dit is dan ook een van die take wat Rpta hom ten doel gestel het, onder leiding van die bokryers en broeders.

    Die Afrikaner kan maklik 'n "Africaander" en daarvandaan 'n "African" gemaak word, (soos reeds op Skelmbos en in die ATKV en Broederbond/Afrikanerbond aan die orde vd dag is) maar die Boer kan nie. Daarom moet die Boer vertel word dat hy Afrikaneridentiteit moet aanvaar. Daarom mag ons nie langer onder hierdie vals identiteit gaan nie.

    Daarom gaan ons met forumlede twis wat Afrikaneridentiteit of Afrikaner- sowel as Boereidentiteit voorstaan. Daarom het ons ons van die begin af op hierdie forum as 'n aparte volk geidentifiseer wat bekend wil staan as Boere, synde die lede van 'n erkende aparte volk wat internasionaal as Boere bekend gestaan het en weer so bekend wil staan.

    Dit is slegs met Boere-identiteit dat ons dit sal regkry om teen die NWO te kan opstaan. Die Boerevolk staan dwars in die pad van die antichris en die Joodse NWO. Dit behels dat ons suiwer moet bly en ondermynende elemente nie mag toelaat nie. Dit behels dat ons moet weet wie sulke elemente is en hulle moet uitweer, terwyl ons persone wat werklik by ons kan integreer moet verwelkom. Dit behels waaksaamheid maar ook openhartigheid.

    Ons is nie maar sommer net dwars of Iers as ons met Hollandse of Skotse hardkoppigheid weier om Afrikaners genoem te word nie. Ons Duitse trots en Franse eergevoel noop ons om in verset te kom teen wat Voortrekker hierbo beskryf as die "identiteitsvernietigende poging van ons Volk deur die "liberale" Afrikaner."

    Die Boerevolk mag nooit 'n ontvangsaal word vir persone wat soos ons lyk en klink maar nie die Boerevolk se belange op die hart dra nie, maar ons moet ons genepoel vergroot met persone van ander afkoms wat "Boereharte" het en wat kan inskakel en Boere kan word. Ons kan egter NIE 'n tuiste bied vir allerlei organisasies wat ons mettertyd gaan bedreig nie.

    Daarom is Christo reg as hy die volgende stelling maak:
    As ons hierdie keer versaak om die Boerevolk te identifiseer en saam te snoer, sal daar vir ons nageslag nie meer n eie identiteit beskore wees nie.

    Ons is nie Afrikaanses nie, en ons moet hierdie verpesting van n identiteitsvernietigende poging van ons Volk deur die "liberale" Afrikaner met alles in ons vermoe teenstaan.
    Last edited by Henry; 27th July 2009 at 13:30.

  13. #13

    Default Re: Herkoms van die Afrikaner: Ons is Duits eerder as Nederlands!

    By Toring van Babel het Vader die mense opgesplit, met goeie rede, hier gaan Vader die mense bymekaar bring met goeie rede.

    Al gewonder wat noem mens 'n Amerikaner: Yanks
    Al gewonder wat noem mens 'n Brit: Tommie

    So kan ons aangaan:

    Wat noem mens 'n SA gebore mens: Wel antwoord maar self.

    Is 'n volk gekoppel aan 'n taal, geloof, vel kleur, wel antwoord maar self.

    Daar gaan baie mense oor die wêreld na die land stroom oor ons God, wat gaan julle hulle dan noem, of is hulle nie welkom nie. Wie is ons om 'n volk te wees maar die wat Vader regtig (ek bedoel ernstig) wil volg kan hier nie kom waar Vader 'n deurbraak bewerkstellig het, ek wonder net....
    Soli Deo Gloria Aan God al die Eer

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. Traktaat tussen die Boere rebelle en Duits Wes Afrika
    By Lourens in forum Geskiedenis Vrae
    Replies: 8
    Last Post: 28th January 2010, 21:08
  2. Jacob Zuma op sy teentjies getrap (Nederlands)
    By Dennis in forum News from outside South Africa
    Replies: 6
    Last Post: 10th September 2008, 19:58
  3. Republiek eerder as Volkstaat
    By Boere Staatsman in forum Volkereg Besprekings
    Replies: 9
    Last Post: 26th August 2006, 00:44
  4. Replies: 15
    Last Post: 5th January 2006, 07:57

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::