Bladsy 1 van 5 12345 LaasteLaaste
Wys resultate 1 tot 15 van 75

Draad: Vuurwapen raad

  1. #1
    Kennis Volksregister marie's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Jun-Thu
    Plek
    limpopo
    Poste
    52

    Verstek Vuurwapen raad

    Hi Julle

    Ek soek raad rondom 'n vuurwapen wat ek wil aankoop. Ek het huidiglik 'n 38 Spesial Rossi snup-nose maar vir my as 'n dame wat heedag in kantoor drag rondloop is dit nie prakties om die wapen aan my te dra nie so dis altyd in die kluis. Dis net dood eenvoudig te swaar.
    Ek wil graag iets he wat ek onder my broek op my enkel kan vasmaak sonder dat iemand iets sien of vermoed. Dit sal sekerlik 'n pistool moet wees want rewolwers is net te bonkig en vat te min patrone. Ek glo 'n wapen moet deur die dag aan jou gedra word, so ding in 'n handsak is baie nalatig.
    Raad asseblief. Indien een van julle dalk 'n vuurwapen winkel het wat my kan help met pryse ens, PM my asseblief.

    Groetnis
    :scooter:

  2. #2
    Ek het n reel oortree en dien my straf uit Koelkas Bewoner
    Aansluit Datum
    2007-Aug-Wed
    Plek
    Bloemfontein
    Poste
    172

    Verstek Re: Vuurwapen raad

    Hallo Marie,

    Omdat jy reeds 'n handwapen het dink ek dit gaan baie moeilik, indien nie onmoontlik, wees om 'n lisensie vir nog 'n handwapen te kry. Ek sit met dieselfde gedagte as jy, ek het 'n 9 mm-pistool wat ook te groot is om (ongesiens) aan jou lyf te dra. Ek sien net nie hoe ek verby die wapenwet gaan kom om twee handwapens te besit nie.

  3. #3
    Burger Volksregister Ouma meelbol's Avatar
    Aansluit Datum
    2008-Feb-Sun
    Plek
    Wes-Kaap
    Poste
    774

    Verstek Re: Vuurwapen raad

    Ja..dit sal gaaf wees as die manne vir ons n bietjie raad kan gee.Ek soek ook so iets...en ek het nog nooit my eie vuurwapen besit nie.....
    "Christen" is nie n benaming nie, dis n leefstyl!

  4. #4
    Kennis Volksregister marie's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Jun-Thu
    Plek
    limpopo
    Poste
    52

    Verstek Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Radford Bekyk pos
    Hallo Marie,

    Omdat jy reeds 'n handwapen het dink ek dit gaan baie moeilik, indien nie onmoontlik, wees om 'n lisensie vir nog 'n handwapen te kry. Ek sit met dieselfde gedagte as jy, ek het 'n 9 mm-pistool wat ook te groot is om (ongesiens) aan jou lyf te dra. Ek sien net nie hoe ek verby die wapenwet gaan kom om twee handwapens te besit nie.
    Hi Radford

    Ek bly gelukkig nog op 'n klein dorpie waar die polisie hoof nog heel oordentlik is. Dis ook hoekom ek dit so gou as moontlik wil aanskaf maar my rossi, gee ek vir niemand nieEk dink dit gaan oor wie jy ken en waar jy aansoek doen. Ek wag nou al 2jaar vir my lisensie(hernuwing) wat ek nog in Kemptonpark voor aansoek gedoen het. Hier is dit heelwat vinniger.

    Dan is daar ook deesdae heelwat airguns.
    Ouma meelblom, jy kan my PM dan stuur ek 'n website se besonderhede oor airguns. Daar is handwapens vanaf R780 - R2300. Die duurste en bestes is nog nie so duur soos wat jy vir 'n 9mm gaan betaal nie en jy't nie 'n lisensie nodig nie.

    Groete
    :scooter:

  5. #5
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Tue
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur marie Bekyk pos

    Marie, jy sal na 9mm ,32 of ,38 kan kyk. N baie mooi en gepaste ene vir dames is n Vector. Maar jy shop rond tot jy een kry wat lekker pas.
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  6. #6

    Verstek Re: Vuurwapen raad

    Marie

    Ek het self nou deur hierdie storie gegaan om wapens te kry.

    Ek het vir my 'n CZ100 gekry wat 'n pistool is. Dit is ook redelik klein en lig maar sal nogsteeds nie vir jou doel werk nie.

    As ek 'n voorstel kan maak. Ek woon in Pretoria en weet van 'n wapenhandelaar wat tweedehandse wapens aankoop. Moet dit net nie vir die polisie gee nie. Daar die revolwer wat jy het is 'n goeie wapen en ek dink nie jy sal sukkel om 'n koper te kry nie. Jy kry .22 pistole wat baie klein is. Jy kan dit op jou enkel dra en niemand sal daarvan weet nie. Ja, dit het nie die grootste slaankrag nie maar as jy kan skiet sal dit nie 'n probleem wees nie. Jy kry ook patrone wat genoem word "hollow points" wat groot skade kan inrig. Hierdie pistole is ook nie duur nie en ek het gesien dat hulle tweede handse klein .22 pistole het. Hulle het vir so R1500 verkoop, hulle is regtig nie duur nie. Jy kan die rewolwer verkoop en dan die pistool koop.

    Die beste sal wees om bietjie rond te kyk en raad te kry. Hulle naam is NSN en hulle is in Dykor str, Silverton, Pretoria.

    Jy gaan nie dit regkry om twee handwapens op jou naam te hê nie. Jy kan self die wapen op een van jou familie of vriende se naam sit.

  7. #7

    Verstek Re: Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur ISRAELIET Bekyk pos
    Marie, jy sal na 9mm ,32 of ,38 kan kyk. N baie mooi en gepaste ene vir dames is n Vector. Maar jy shop rond tot jy een kry wat lekker pas.
    Jy kan die junk mail ook dophou. Ek het al 'n paarkeer gesien dat mense hulle Vectors wil verkoop.

  8. #8
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Tue
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Gerrit13 Bekyk pos
    Jy kan die junk mail ook dophou. Ek het al 'n paarkeer gesien dat mense hulle Vectors wil verkoop.
    Flippen mooi wapen daai, maar ek like my parrabellum. Skiet die rook uit hulle uit.
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  9. #9
    Kennis Volksregister marie's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Jun-Thu
    Plek
    limpopo
    Poste
    52

    Verstek Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Gerrit13 Bekyk pos
    Marie

    Ek het self nou deur hierdie storie gegaan om wapens te kry.

    Ek het vir my 'n CZ100 gekry wat 'n pistool is. Dit is ook redelik klein en lig maar sal nogsteeds nie vir jou doel werk nie.

    As ek 'n voorstel kan maak. Ek woon in Pretoria en weet van 'n wapenhandelaar wat tweedehandse wapens aankoop. Moet dit net nie vir die polisie gee nie. Daar die revolwer wat jy het is 'n goeie wapen en ek dink nie jy sal sukkel om 'n koper te kry nie. Jy kry .22 pistole wat baie klein is. Jy kan dit op jou enkel dra en niemand sal daarvan weet nie. Ja, dit het nie die grootste slaankrag nie maar as jy kan skiet sal dit nie 'n probleem wees nie. Jy kry ook patrone wat genoem word "hollow points" wat groot skade kan inrig. Hierdie pistole is ook nie duur nie en ek het gesien dat hulle tweede handse klein .22 pistole het. Hulle het vir so R1500 verkoop, hulle is regtig nie duur nie. Jy kan die rewolwer verkoop en dan die pistool koop.

    Die beste sal wees om bietjie rond te kyk en raad te kry. Hulle naam is NSN en hulle is in Dykor str, Silverton, Pretoria.

    Jy gaan nie dit regkry om twee handwapens op jou naam te h nie. Jy kan self die wapen op een van jou familie of vriende se naam sit.
    Dankie Gerrit, ek sal beslis daar uitkom en 'n bietjie gaan loer. Jy se ek kan my rossi op 'n familie lid of vriend se naam sit? Hoe werk dit? Ek wil regtig eers probeer om my rossi te hou.
    :scooter:

  10. #10

    Verstek Re: Vuurwapen raad

    Ek het ook 'n 38 special maar die lang nose. Myne was powder coated maar het toe begin roes, het dit ingestuur om te laat croam maar het weer aan die kant wat aan my lyf is begin roes. Ek weet nie meer wat om te doen nie. Ek dra die wapen elke dag aan my, ja is nogal groot maar het dit gewoond geraak en skiet ook baie lekker.

  11. #11

    Verstek Re: Vuurwapen raad

    HK USP Compact!
    Jy sal nooooit spyt wees nie!
    Die wyse man bid in die storm tot God,
    nie vir veiligheid van gevaar nie,
    maar vir bevryding van vrees.
    Dit is die storm van binne wat ons in gevaar stel, nie die storm van buite nie.

  12. #12
    Kennis Volksregister marie's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Jun-Thu
    Plek
    limpopo
    Poste
    52

    Verstek Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Bos Konsert Bekyk pos
    HK USP Compact!
    Jy sal nooooit spyt wees nie!
    Is daar info op die web?
    :scooter:

  13. #13

    Verstek Re: Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur marie Bekyk pos
    Is daar info op die web?
    daar behoort te wees! ekstra magasyne is bietjie duur. Maar vind gerus meer uit oor DIE pistool.
    Die wyse man bid in die storm tot God,
    nie vir veiligheid van gevaar nie,
    maar vir bevryding van vrees.
    Dit is die storm van binne wat ons in gevaar stel, nie die storm van buite nie.

  14. #14

    Verstek Re: Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur marie Bekyk pos
    Dankie Gerrit, ek sal beslis daar uitkom en 'n bietjie gaan loer. Jy se ek kan my rossi op 'n familie lid of vriend se naam sit? Hoe werk dit? Ek wil regtig eers probeer om my rossi te hou.
    Ja, jy gaan na jou naaste polisiestasie toe ek kry daar 'n vorm vir oordrag van eienaarskap. Die persoon gaan net nie die wapen by hom/haar mag hou totdat die lisensie goedgekeur is nie. Hulle gaan ongelukkig die toetse moet doen en 'n bevoegdheidssertifikaat kry. Daar sal iemand in jou omgewing wees waar jy die toetse kan doen. Die bevoegdheids sertifikaat word deur die polisie kom doen. Hulle kom doen kluis inspeksie en hou 'n onderhoud met drie van jou vriende of familie hoe jou persoonlikheid is. Jy mag net nie 'n krimenele rekord h nie. Jy sal die die wapen by jou moet hou totdat dit goedgekeur word. Jy kan na www.saps.gov.za toe gaan waar hulle alles verduidelik.

  15. #15

    Verstek Re: Ant: Re: Vuurwapen raad

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Bos Konsert Bekyk pos
    daar behoort te wees! ekstra magasyne is bietjie duur. Maar vind gerus meer uit oor DIE pistool.
    Ja, doen jou huiswerk mooi. Wapenhandelaars sal jou ook goeie raad kan gee. Kyk na 'n paar wapens dan maak maar 'n kort lys. Jy kan dit dan altyd Google oip die internet. As jy weer in Pretoria is gaan maak 'n draai by NSN. Ek het ook gehoor van 'n plek genaamd VLT daar by die Stormvoel afrit wat skynbaar goed is.

Bladsy 1 van 5 12345 LaasteLaaste

Soortgelyke drade

  1. Gee jou vuurwapen of ek verkrag jou vrou.
    By Vicky in forum Menseregte Skendings - Boerevolk
    Antwoorde: 4
    Laaste Pos: 23 Oct 2007, 08:18
  2. Operasie Vuurwapen
    By Patriot 001 in forum SEKURITEITSLAER
    Antwoorde: 23
    Laaste Pos: 24 Apr 2007, 18:23
  3. Gevangene eis sy slagoffer se vuurwapen
    By Michelle Mans in forum Menseregte Skendings - Boerevolk
    Antwoorde: 5
    Laaste Pos: 13 Feb 2007, 03:05
  4. Vuurwapen lesensies - weg?
    By Deanv in forum SEKURITEITSLAER
    Antwoorde: 17
    Laaste Pos: 20 Jan 2007, 21:26
  5. Vuurwapen lisensies...
    By KIMAREN in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 1
    Laaste Pos: 29 Jan 2006, 07:46

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::