Ek sien in die week daar is 'n vrou dood na 'n vioolspinnekop haar gebyt het.
Noudat ek Photo bucket baasgeraak het, kan ek julle wys hoe lyk 'n regte vioolspinnekop byt. Ek is 2003 deur een gebyt. Die diagnose is deur Dr. Wouter Basson gemaak nadat 'n paar onigeligte dokters nie geweet het wat dit is nie. Hy het bloot toevallig by die saal waar ek gelê het ingestap om 'n ander pasient te besoek. Hy het my herken (ek het hom ontmoet toe hy my ma na 'n hartaanval behandel het) en gevra wat ek daar maak. Ek sê toe nie ek of die dokters weet nie, maar hy moet asseblief kyk. Hy het dit toe dadelik as 'n vioolspinnekopbyt gediagnoseer.
Herstel was lank en stadig, maar vandag is my been gesond met 'n lelike letsel.
http://i301.photobucket.com/albums/n...nnekopbyt3.jpg
http://i301.photobucket.com/albums/n...nnekopbyt2.jpg
http://i301.photobucket.com/albums/n...nnekopByt1.jpg


A racially integrated community is a chronological term timed from the entrance of the first black family to the exit of the last white family. - Saul Alinsky.
Aanhaling

My question is, where are these spiders when you need them?? I think you get my drift............

