Bladsy 2 van 3 EersteEerste 123 LaasteLaaste
Wys resultate 16 tot 30 van 35

Draad: Daar BUITE

  1. #16
    Lewendig verlaat.....
    Aansluit Datum
    2008-Mar-Fri
    Plek
    Amanzimtoti
    Poste
    2,093

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Arend Bekyk pos
    Karavaan-Paklys

    Onthou om 'n treklorrie te kry om jou te help vervoer.


    http://www.weg.co.za/wegsleep/paklys.asp
    Dit is n baie indrukwekkende veralgemeende lys vir die tipiese Suid Afrikaner.

    Sal die boere volk asb. ook net hulle Bybels onthou.

  2. #17

    Verstek Re: Daar BUITE

    Ek vra maar net, is julle mense van plan om op 'n helse kamp te gaan of is dit iets wat in toekoms gaan gebeur waarvan ek moet weet dalk?

    Ek het al 2 X Kamp Stoele (Nice goed) en 'n Cadac Gas stelsel, die beste kompas ook. So ons kan darem al sit, loop in 'n rigting en 'n gas vlam aansteek.

    Maar ek moet nog eers weet wat gaan gebeur...

  3. #18
    Lewendig verlaat
    Aansluit Datum
    2007-Dec-Mon
    Plek
    Pretoria
    Poste
    1,530

    Verstek Re: Daar BUITE

    Wat van 'n Tent-kamplys:
    Gasstoof met plaat
    Kastrol en Pan
    Toeknyp rooster
    Opblaas matras/kampbedjie
    Slaapsak, kombers en kussing
    Klere tas
    Flits
    "coolbag"
    Bordesakkie met bord, beker, bakkie mes en vurk
    Trommel vol kruideniers
    Kampketel
    Stoele
    ................Lekkerrrrrr!

  4. #19
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Watter stofie?

    Sedert Zog die grotman vuur ontdek het toe hy twee klippe teen mekaar geslaan het, het dit aansienlik makliker geword om jou tjoppie net reg gaar te maak. Daar is deesdae ’n verbysterende verskeidenheid kampstowe in buitelewewinkels. Mark Johnston het ’n paar getoets en gekook en geniet.
    Voor jy jou tjekboek uitpluk om daardie stoof te koop wat brand soos ’n straalenjin, dink oor dié 5 dinge:

    1. Hoeveel weeg dit? Kies ’n stoof wat pas by wat jy wil doen. Net soos ’n stapper gaan sukkel met ’n Cadac-silinder in sy rugsak, gaan jy sukkel om ’n woonwa te sleep met jou ouma se Dover agterin.

    2. Het jy genoeg brandstof? Dink mooi oor die brandstof waarmee jou stoof gaan werk. Hoe duur is dit? En, belangrik, hoe maklik kan jy dit vervang of hervul? Gas werk goed, totdat dit in die middel van nêrens opraak. Daar is alternatiewe soos brandstofjellie en selfs houtskool.

    3. Tafel vir twee? Vir hoeveel mense wil jy kosmaak? As dit net vir jou en die Sweedse uitruilstudent in die tent langsaan is, het jy ’n kleiner stofie nodig as wanneer jy moet kosmaak vir die dorp se toutrekspan.

    4. Hoe fyn wil jy proe? Hoe deftig gaan jou spyskaart wees? Vir boeliebief en sweetcorn het jy net een plaat en een pot nodig, maar as jy beplan om ’n gereg te maak uit daardie Franse kookboek wat jy vir Kersfees gekry het, gaan jy waarskynlik ’n tweeplaatstoof of selfs ’n oond nodig kry.

    5. Hou jy van stilte? Sommige kampstowe raas nogal. Dit werk goed om die gezoem van muskiete uit te doof, maar dit bederf die rustige buitelugatmosfeer. Party van die gevorderde stowe vir bergklim suis soos die Suidooster.

    Goed, jy weet waarvoor jy jou kampstoof wil gebruik. Nou kom die lekker deel – kies ’n stoof. Hier is 8 moontlikhede in drie gewigsafdelings:

    1. Swaargewig


    Die lekker ding van ’n karavaan of sleepwa is dat daar hope plek is (mits jy reg pak). Jy hoef dus nie skuldig te voel as jy ’n paar ekstras, soos ’n goeie stoof, inpak nie.

    Greenheat-stoof

    Die meeste woonwaens het ’n ingeboude gasstoof en oond, maar baie kampeerders verkies om ’n tweede stoof saam te neem sodat hulle buite kan kook, daar waar die goggas in jou bier val.

    Die gewildste keuse is ’n tweeplaat-gasstoof. Dis goedkoop, lig en plat en daarom maklik om op ’n tafel buite jou tent of woonwa te gebruik.

    As jy egter nie gas wil gebruik nie, is die Greenheat-stoof ’n alternatief. Dit gebruik ’n spesiale groen jellie (het jy al daai fliek Flubber gesien?), wat jy eenvoudig in ’n holte onder die brander plaas.

    ’n Lagie van 1 cm brand ’n uur lank (sonder rook), die gel is nie giftig nie en kos R85 vir 5 liter.

    Koop by: Safari Centre

    Cadac-skottel

    Cadac is al ’n ou bekende in kampkringe en by tannies wat pannekoek bak by kerkbasaars. Hulle gasstowe is stewig, betroubaar en steeds die maklikste manier om in die veld water te kook.

    Cadac se bybehore – riffelplate, potjiehouers en gasligte – het natuurlik ook hul plek om die kampvuur, maar die skottelskaar bly maar almal se gunsteling.

    ’n Ontbyt wat op een van dié ysters gemaak is, is onverbeterlik. Hulle is natuurlik ook net reg vir ’n bielie van ’n roerbraai.

    Dié skottel pas op die nr. 3-, 7-, 10- en 13-gassillinder en is toegrus met ’n verlengingspyp, so jy hoef nie buk-buk kos te maak nie.

    Koop by: Safari Centre

    Flamineta-gasoond

    As jy aan onttrekkingsimptome begin ly omdat jy lanklaas ’n gebakte lasagne geët het, oorweeg dié oond.

    Die Flamineta weeg net 15 kg en is gemaklik draagbaar, maar party mense sal dit dalk eerder wil laat inbou in hulle karavaan.

    Die binnekant van die oond is ’n ruim 41 x 26 x 21 cm, meer as genoeg plek vir ’n braaiboud of varsgebakte brood, en bo-op is daar ’n tweeplaat-gasstoof.

    Een van die groot voordele van ’n gasstoof is dat jy nie hoef te wag dat dit warm word nie; die nadeel is dat jy die temperatuur soms nie so akkuraat soos by ’n elektriese stoof kan verstel nie.

    Koop by: Tygerberg Caravans by (021) 982-4670.

    Middelgewig

    Wanneer jy al jou kampgoed in jou motor begin laai, kom jy gou agter die kattebak is nie so groot soos dit destyds in die vertoonlokaal gelyk het nie. Ons stel voor jy skaf kleinerige kookgoed aan.

    Cadac Safari Chef

    Dít is net die ding as jy jou fynere kookkunsies in die bos ten toon wil stel. Die Safari Chef het vyf kookvlakke wat geruil kan word.

    Jy kan steaks en groente braai op die geriffelde plaat, spek en eiers maak op die plat plaat en ’n lekker roerbraai aanmekaar slaan op die deksel, wat ook as ’n wok dien. Daar is selfs ’n braaipan vir jou tjops.

    O ja, jy kan ook natuurlik water kook op die gewone stoofplaat as jy verveeld is.

    Boonop word alles weggepak in ’n drasak wat nie veel groter is as ’n opgerolde slaapsak nie.

    Koop by: Makro

    Cobb

    Wie sê jy kan nie ’n sappige skaapboud voorsit wanneer jy kamp nie? Die Cobb is ’n vindingryke en kompakte oond/stoof, waarmee jy amper alles kan doen wat jy met jou oond by die huis kan doen.

    Jy kan ’n hoender gaarmaak en ’n brood of pizza bak. Dis natuurlik ’n aks kleiner (30 x 30 x 32 cm) as jou Defy Deluxe, so moenie verwag om ’n halwe tollie op een slag gaar te kry nie.

    Die brandstof is die beste ding van die Cobb: Dit gebruik net agt tot tien houtskool-brikette om tot drie uur se hitte te verskaf. Desnieteenstaande word dit aan die buitekant nooit warm nie. Oulik.


    Koop by: Outdoor Warehouse

    Festiva draagbare stoof

    Soek jy ’n goedkoop en kompakte kampstoof sonder nonsens? Dan is die Festiva die een vir jou.

    Dié draagbare stoof (jy mag dit dalk ook ken as die Umilo-stoof – dieselfde konsep, ander naam) het ’n enkelplaat wat met butaangas in ’n silinder van 220 g werk.

    Dit is nie veel groter as ’n telefoongids nie, werk goed en is eenvoudig om te gebruik. Koppel eenvoudig die gassilinder, druk die ontsteker se knoppie en... woesh, jy kook!


    Koop by: Safari Centre

    Kapokgewig


    As jy jou hele pakkaas op jou rug moet dra, soek jy toerusting wat lig en kompak is. Dié twee stofies is nommerpas.

    Campingaz Bleuet 206

    Kampeerders en stappers maak al sedert 1954 op hierdie blou buksie staat. Hulle is steeds gewild, hoofsaaklik omdat die stofie en die gassilindertjies goedkoop is.

    Hulle is ook lig en die jongste weergawe het ’n aanknip-meganisme, dus kan jy die gassilinder in japtrap vervang. By ouer modelle het dit soms nogal ’n gespook afgegee as jy dit wou ruil, maar met dié model is dit so maklik soos om uit ’n boom uit te val.

    As die gassilinder eers aan die stofie gekoppel is, kan jy dit egter nie weer afhaal sonder dat die gas ontsnap nie, gevolglik is die Bleuet nogal bonkig in jou rugsak.

    Die stofie werk goed in goeie weer, maar as dit koud of winderig is, is die vlammetjie maar yl en moet jy lank wag vir daardie warm beker Royco.

    Koop by: Cape Union Mart

    MSR Dragonfly

    Stowe wat met ’n gassilinder werk, is handig as jy die naweek gou oor die bult na die buurdorp wil stap, maar as jy op Merweville woon en na die buurdorp wil stap, oorweeg ’n stofie wat met vloeibare brandstof werk.

    Dié stofies werk beter in gure weer en jy hul brandstof is gewoonlik meer geredelik bekombaar as gassilinders. (Onthou jy mag nie ’n gassilinder saam met jou op ’n vliegtuig laai nie.)

    MSR is die koning van bergklimtoerusting en die Dragonfly is net die stofie vir ’n ernstige ekspedisie. Die stofie gebruik amper enige brandstof, van petrol tot vodka. Ons stel voor jy hou egter by iets soos brandspiritus.

    Die stoof het nogal ’n bielie van ’n vlam. Die enigste nadeel is dat die stofie klink soos ’n vegvliegtuig wat opstyg, Maar ’n bietjie geraas is ’n klein prys om te betaal vir ’n warm koppie Frisco.

    Koop by: Mountain Mail Order (www.mountainmailorder.co.za)
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  5. #20
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Kamppakplek-oplossings

    As jy klaar sukkel om jou sokkielaai by die huis netjies te hou, is n netjiese kampplek nogal n uitdaging. Mark Johnston gee nege pakplek-oplossings wat werk.
    Om te kamp beteken vir die meeste mense om n bietjie weg te kom van alles af.

    Wel, dalk nou nie van alles af nie Net van die alewige vroeg opstaan, die stryd deur spitsverkeer, en van grassny en rekeninge betaal en belastingopgawes invul af.

    Maar wanneer jy by die kampplek aankom, hou jou tog van n snoesige bed, n warm stort en n bietjie orde om jou.

    By die huis is dit al klaar n stryd om elke ding op sy plek te hou, maar sodra n mens op n kampeerterrein uit trommels en tasse moet leef, ruk die situasie maklik handuit.

    Jou kampplek hoef egter nie soos n negosiewinkel of n sekere soort vrou se handsak te lyk nie daar is n rak vir elke sak. Ons gee n paar wenke en help jou kies.

    Kyk na jou behoeftes

    1 Wat wil jy bre?

    Daar is talle bokse en kontrepsies wat jy as pakplek kan gebruik, maar sorg dat jy die regte ding kies. n Ammokis is ideaal vir blikkies en messegoed, maar nie vir klere nie.

    Moet ook nie verwag n kartonboks met n maand se boeliebief-vooraad daarin gaan n 4x4-safari oorleef nie.

    En vir klere benodig jy nie eintlik n kasdeur met gaas nie, maar dit kan nogal help om die vlie van jou oorskiet-skaaptjops af te hou.

    2 Sal dit pas?

    Daai kampeerkas wat 17 rakke hoog staan, het dalk nie so groot gelyk in die winkel nie, maar probeer dit n bietjie in jou koepeltent staan maak. Die gedagte is mos juis om mr plek, nie minder nie, te skep. Die meeste kampkaste is meer geskik vir n groter tent of woonwa.

    Die oop gedeelte onder n draagbare bed is n goeie breplek. As jy by die huis moeilikheid kry oor jou skoene wat onder die bed l, is dit n jou kans om dit n slag wettig te doen.

    Of oorweeg een van daardie hangrakke wat jy aan n boom of tentpaal kan haak.

    3 Voel jy fluks?

    n Kampkas, spens en draagbare rak is beslis gerieflik as jy uitspan, maar dit kos nogal moeite om aanmekaar te sit.

    Dis beslis die drama werd as jy vir n week of twee op een plek gaan kampeer, maar n trommel of oornagtassie is dalk n beter keuse vir n naweek-wegbreek.

    Di een of daai een?

    Ammokis

    Naas die wiel, die internet en Mrs. Balls se blatjang, is die ammokis seker een van die grootste uitvindsels ng. Dis basies onvernietigbaar, roesvry, waterbestand en boonop jy kan dit opstapel. Dis perfek om harde, bonkige artikels soos kastrolle, breekware en blikkieskos in te bre.

    Safari Centre; www.safaricentre.co.za

    Luukse ammokis

    Waars die soutpot se gat?

    As jy nie daarvan hou dat die braaitang en swartpotdeksel in die ammokis skud en raas nie, kan jy elke item afsonderlik in borrelplastiek toedraai en verpak.

    f jy kan die Natural Instincts-breekgoedhouer aanskaf. Dit bevat breekgoed en eetgerei vir ses mense en is netjies in hodigtheid-skuimplastiek verpak vir n stresvrye reis.

    Dis van goeie gehalte, die breekgoed is van melamien en die eetgerei van vlekvrye staal. Dit sluit ook n sout-en-peperstel en ses plastiekglase in.

    Outdoor Warehouse; www.outdoorwarehouse.co.za

    Komax- lugdigte houers

    Kos hou langer as dit nie aan lug blootgestel word nie. Dis hoekom die Snappy-houer n wenner is. Die sluitmeganisme maak die deksel heeltemal lug- en vloeistofdig.

    Dit beteken dat Ouma se beskuit n twee weke van kamp nog vars gaan wees. Mits daar n twee weke nog beskuit oor is.

    Dis ook ideaal vir koekies, brood, vrugte asook souse, marinades en oorskiet-potjiekos.

    Outdoor Warehouse; www.outdoorwarehouse.co.za

    Howling Moon-klerekas

    Die Howling Moon-kampkas vereis nie spesiale installasie of n graad in strukturele ingenieurswese nie. Haal dit net uit sy sak, vou dit soos n konsertina oop en siedaarvier ruim rakke.

    Jy het natuurlik n plek nodig om die kas op te hang. Gn probleem as jy in n tropiese woud kamp nie, maar in die Namib-woestyn gaan jy n ander plan moet maak.

    Campworld; www.campworld.co.za

    Camping Logic-kamprak

    n Mens kan Camping Logic gelukwens met hierdie kompakte kas wat maklik opgeslaan kan word en besonder prakties is. Dis doodeenvoudig en jy hoef nie met pale en houtrakke te sukkel nie. Dis werklik n kitskassie.

    Die truuk is die stut aan die agterkant van die kas wat stewig staan, ongeag hoeveel goed ingepak word. Die klein kantsakkies is ook n wenner en ideaal vir klein artikels soos sonskerm en n brilhuisie.

    Outdoor Warehouse; www.outdoorwarehouse.co.za

    Leisure Quip-kampkas

    Di Leisure Quip is perfek vir ordentlike pakplek. Di kas is beskikbaar met drie of vier rakke en pas in n groter tent of onder jou woonwa se rally-tent.

    Dit word van harde karton gemaak en is geskik vir klere, plastiek-eetgerei en die meeste kruideniersware, maar buig nogal kwaai onder n groter gewig. Los dus maar eerder die swartpot langs die braaiplek.

    Game; www.game.co.za

    Natural Instincts-hangkas

    As jou pakbehoeftes dieselfde is as Imelda Marcos sn, is di hangkas van Natural Instincts nt die ding vir jou. Die vier rakke bied meer as genoeg pakplek vir jou safari-ontwerpersitems.

    Die beste van alles is egter die reling waaraan jy jou klere kan hang, sodat dit nie kreukel nie. Die rakke is die stewigste wat ons in n lang tyd gesien het.

    Outdoor Warehouse; www.outdoorwarehouse.co.za

    Karavaanrak

    Jou woonwa het dalk n magdom rakke en kassies, maar as jy eers stelling ingeneem het onder die afdak, soek jy iets meer byderhand.

    Di rakke is ontwerp om netjies aan die kant van jou woonwa of aan n vensterbank te haak. Dis beskikbaar met drie of vier rakke en lekker stewig. Jy kan dit opvou en wegpak.

    Campworld; www.campworld.co.za

    Leisure Quip- opvoubare drom

    Vuil klere is altyd n kopseer as jy op vakansie gaan, veral as jy die bondel wasgoed eers later gaan takel. Hoe gemaak met daardie hoop stink sokkies?

    Die Leisure Quip-drom werk vir vullis, maar jy kan dit ook as n slim wasgoedmandjie inspan. Die vere aan die kante laat jou toe om die drom plat te vou en te vervoer en dan weer oop te vou wanneer jy dit nodig het. Dit het ook n deksel. Dis nogal jammer hulle maak nie ook n opvoubare wasmasjien nie.

    Safari Centre; www.safaricentre.co.za

    Uit WegSleep #3; Mei, 2007
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  6. #21
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Laat die son vir jou werk

    Solarstyl-sonlaaier


    Dis omtrent so groot soos ’n pak kaarte, maar hierdie Solar Style-laaier is net die ding vir daardie klein, elektroniese toebehore wat nou al so deel van kamp en bergklim is: Digitale kameras, GPS’e, MP3-spelers… (En jy dink jy kom weg van alles af.)

    Die laaier vou oop soos ’n mosselskulp en kan gebruik word om die toerusting self of die battery te laai. Dit laai lank – tussen ses en agt uur vir ’n battery. Maar as jy in die middel van nêrens kamp, of nie op jou internasionale reise ’n sak vol drade en laaiers wil saamsleep nie, is dié meneertjie ’n slim oplossing.

    Kontak Ndlovu Technologies *082 775 6040

    Draagbare sonpanele

    Dit klink soos iets uit ’n wetenskapfiksiefliek, maar sonpanele wat jy kan oprol en saamdra, is ’n werklikheid en dit gaan die kampwêreld aansienlik verander.

    Die panele word vervaardig deur ’n Amerikaanse maatskappy Global Solar Energy, wat ook panele aan die Amerikaanse weermag voorsien. Dit gebruik die jongste sonkragtegnologie om elektrisiteit skoon, veilig en stil op te wek.

    Die panele is beskikbaar in verskillende groottes en sterktes – van die kompakte 6,5 watt-paneel tot die kragtige 25 watt-weergawe, wat genoeg woema het om jou skootrekenaar en selfs ’n pap motorbattery te laai.

    Kontak Pro Venture Products *021 976 7437; *www.proventure.co.za

    Solar Style-flitsradion

    Met die eerste oogopslag lyk dié sonaangedrewe flitsradio soos ’n foefie, maar die nuttigheid daarvan is eintlik baie verstaanbaar. Jy hoef nooit bekommerd te wees dat jou flits se batterye pap is nie. As dit in die son gelaai is, sal die drie energiebesparende LED-liggies jou flits vier tot vyf uur lank kan laat brand.

    En as jy vergeet het om dit te laai, kan jy die opwen-dinamo gebruik. Dit kan ook gebruik word om jou selfoon te laai; drie minute se draai verskaf vyf minute se praattyd.

    Kontak Ndlovu Technologies *082 775 6040

    For Kids-reeks

    Dis nie altyd kinderspeletjies om vir Basjan en Bettie besig te hou as jy op vakansie is nie, veral as hul dikmond is omdat daar nie televisie in die boskamp is nie.

    Dié nuwe reeks buitelug-toebehore vir kinders deur die toerustingvervaardiger Coghlan (dis die mense wat ook met die kampstoof-broodrooster vorendag gekom het), kan jou help.

    Ons gunsteling is die Bug Lab wat drie kompartemente met vergrootglas-deksels het, waardeur kinders insekte kan bekyk, en dit daarna natuurlik loslaat.

    Daar is ook ’n skoenlappernet en ’n verkykerstel wat ’n seinspieël en kompas insluit.

    Kontak Eiger Equipment *021 555 0781; *www.eigerequipment.com

    Uit Weg Februarie 2007
    Last edited by Arend; 20 Apr 2008 at 15:21.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  7. #22
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Die koos en die springbokboud

    deur Nico Esterhuyse

    Die anderdag sit ek en Awie Spies so en gesels oor karavane, toe hy my hierdie een vertel.

    “Pa was ‘n blokman in sy leeftyd en het baie van kamplewe en sy karavaan gehou.

    “Ja,” vervolg hy, “ek en my broer was laerskooltjokkers in die sestigerjare en, so by my kool, Pa het vleis geken.”

    Nou raak ek nuuskierig. ‘n Blokman moet immers mos vleis ken, dink ek. Hulle is ‘n skaars spesie en daarby het ek die wêreld se respek vir hierdie edele beroep…

    Een van my sienings van die lewe is juis: Goeie blokman, goeie braai...

    Awie gaan aan met sy vertelling:

    “Ons, dis nou Ma ook, het toe die pad Windhoek toe gevat met die karavaan aangehaak. Dis ‘n ver pad van die Kaap af en saam het ook heelwat water gegaan, want sien, Fordtjie 20M het van kook gehou. Vars- of brakwater, maak nie saak nie, dis om'te ewe, want 20M het dit uitgespoeg as hy kookpunt bereik - nes met mens wanneer daar té laat, té veel en té lekker gekuier word. Danksy heelwat windpompe en vriendelike boere, het ons toe Windhoek bereik en lekker vakansie daar gehou.”

    “Vir my was Windhoek bo,” sê Awie en ek knik samestemmend. Sal ek dan ooit die vriendelike mense daar vergeet, dink ek so tussendeur die geselsery.

    “Maar met die terugkom het Pa toe by ‘n vriend in die suide gaan jag en ons het sommer met die 20M en die karavaan daar op boer se werf gaan staan terwyl Pa bok gesoek het. Dit was vir jou hemels,” sê Awie.

    “Ons kon die geriewe van die boer en sy vrou gebruik. Maar Ma het snags steeds vir koos gebruik en ons laat wegkyk.”

    “Wie en wat is dié Koos dan nou?” wil ek weet van Awie.

    “Ja man, dis ‘n erdepot wat Ma snags gebruik het vir nommer een” kom die antwoord so onderdeur.

    “Ek kan die koos nog goed onthou, want daar was ‘n paar kolle waar die erd van af was en Ma het gesweer dit het gekom van Pa se ryery met die karavaan.

    “Pa het toe sy bok gekry en dit is toe ook sommer net daar afgeslag en opgesny vir biltong.

    “Maar die pad Kaap toe is lank en daar is toe besluit om een boudvleis uit te hou wat Ma dan sal kook wanneer ons op Springbok aankom.

    “Daar aangekom, is die gasstoof aangesteek en het Ma die boud in die groot kastrol gekook,” lê Awie die ding vir my uit.

    Awie vertel my ook dat sy pa as blokman baie kliënte in sy slaghuis tevrede bedien het, maar hier op Springbok kry hy toe te doen met ‘n Ingelsman wat vol nukke is.

    Hulle het naamlik so geparkeer, met die karavaan steeds aangehaak, dat nommer een motor eers moes ry voordat nommer twee dit kon doen.

    “Jy weet mos wanneer almal agtermekaar in ‘n halfmaan geparkeer staan,” vra Awi. Ek knik weer of ek alles verstaan en laat Awie aangaan.

    “En,” sê Awie, “Ons is toe nommer een met 20M in die ry terwyl Ingelsman nommer twee is. Vieruur die oggend klop Ingelsman aan die deur en sê daar moet gery word.”

    Ek skree kliphard: “Vieruur in die oggend!”

    “Jong," sê Awie, “Ek hoor nog hoe Pa swets terwyl hy en Ma aantrek. Die reëling is dat hulle maar vir 20M en karavaan ‘n entjie vorentoe trek sodat Ingelsman verby kan kom. En ek en my broer bly sommer in die bed met die klein entjie se ry.”

    “Toe, terwyl Pa en Ma vorentoe ry, gebeur die volgende, maar,” sê Awie, “jy moet die storie stadig vertel, so slow motion in donkie-gear.

    “Met die ryery sien ons toe hoe dat kastrol met boudvleis in, begin kantel. Nou wat doen jy as laerskoolkannetjie terwyl dit gebeur,” sê-vra Awie.

    Ek sê-lag: “Ek weetie.”

    “Die boud val toe uit die kastrol en val, ja wragtig, binne in koos wat op die vloer van die karavaan gestaan het.”

    “En toe, en toe?” wil ek van hom weet.

    “Jy sal my nie glo nie, die karavaandeur gaan dieselfde tyd oop terwyl Pa oor ‘n knikkie ry en met dié val ‘koosboud’so wrintiewaar by die deur uit,” lê Awie die storie stap vir stap uit.

    Ek dink by myselwers aan die TV-reeks The Golden Girls: “Picture it, Sicily, 19...”

    “En nog is dit het niet einde niet,” sê Awie.

    “Terwyl Pa en Ma terugstap karavaan toe, kom ‘koosboud’ ewe onskuldig aangerol na hulle toe! “Hel, jy moes Pa hoor vloek so vroeg in die oggend. Net daar en dan het ons twee kinders nog ‘n voordeel van ‘n kombers ontdek - om jou ore toe te druk...” eindig Awie.

    Naskrif: Awie vertel my dat die storie ‘n goeie einde het...

    "Koos was empty."
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  8. #23

    Talking Re: Daar BUITE

    Arend
    Sulke kampeer- toerstories is goudwerd! Versoek aan ander kampeerders, stuur asb. julle ervaringe in. Die stories, ek bedoel ervaringe kan wees oor kamp opslaan, -afslaan, tussen op- en afslaan en alles van vertrek tuis tot terugkom by die huis wees. Dit kan ook sommer in sommige gevalle dien as "opleiding" vir ons minder ervare ouens/vrouens.

    Groete

  9. #24
    Registrasie B Lid Volksregister BOERLANDER's Avatar
    Aansluit Datum
    2006-Oct-Tue
    Plek
    Roodepoort
    Poste
    8,183

    Verstek Re: Daar BUITE

    Arend, baie dankie, hier is al klaar n paar dinge wat ek sien waarvan ek hou. Jy kwyd jouself baie goed van die takie met die draad en ander ene van kos en karre.

    Moenie dat mense jou afsit deur negatiewe kommentaar lewering nie.
    BOERLAND. GELOOFSLAND. GOD SE LAND. MY LAND.

  10. #25
    Lewendig verlaat
    Aansluit Datum
    2007-Dec-Mon
    Plek
    Pretoria
    Poste
    1,530

    Verstek Re: Daar BUITE

    Ek het vir my een van hierdie eenplaat greenlight gel stofies gaan koop (Ong R50) en 'n liter gel kos jou so R12. Dit werk baie ekonomies, en gee geen skadelike gasse af nie. Die enigste nadeel is dit ruik soos spirits as dit brand.

  11. #26

    Thumbs up Re: Daar BUITE

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Kantoor Tannie Bekyk pos
    Ek het vir my een van hierdie eenplaat greenlight gel stofies gaan koop (Ong R50) en 'n liter gel kos jou so R12. Dit werk baie ekonomies, en gee geen skadelike gasse af nie. Die enigste nadeel is dit ruik soos spirits as dit brand.
    KT ek is nou nie n kenner op die gebied nie maar Christo se niggie verkoop die stofies en lampies en die wat sy verkoop is wel n bietjie duurder maar gee glad nie n reuk af nie en as hy omval vir een of ander rede blis hy homself. Sy het ook genoem dat daar nou verwarmers beskikbaar is wat bo-op die stofie pas.
    As tannie nog inligting wil he stuur vir my n pm dan sal ek haar adres vir tannie stuur.

  12. #27
    Lewendig verlaat.....
    Aansluit Datum
    2008-Jan-Thu
    Plek
    Oudtshoorn
    Poste
    3,713

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Kyk, ek klink seker maar nou baie outyds, of sal ek sê primitief. Ek het 'n hekel aan mense wat allerhande foefies en dingetjies aanskaf om kampeer vir hulle gemakliker te maak. Hulle mis die doel van kamp totaal en al en derhalwe kry ek hulle eintlik baie jammer.

    Die goue reël, as jy gerief wil hê, bly by jou huis!

    As ons gaan kamp, gaan die volgende saam;

    Braairooster en driehoek
    Platboom kafferpot.
    een klein kastrollietjie.
    Enkelplaat cadac gasstofie
    2 van elk, blikbekers, messe vurke lepels en snymesse.
    Geen mikrogolf of ander kookgoeters.
    Ons het darem 'n klein yskassie wat presies 1 blokkie botter, 2 x 2liters Coke en drie ysbakkies kan hanteer.

    En dis dit!

    Ons slaan kamp binne 'n halfuur op, en daar kamp ons!

    'n Goue Reël,

    Geen radio,geen Televisie, geen musiek, NIKS!
    Last edited by Toffie; 20 Apr 2008 at 22:12.

  13. #28
    Hannes Lottering
    Besoeker

    Verstek Re: Ant: Daar BUITE

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Toffie Bekyk pos
    Kyk, ek klink seker maar nou baie outyds, of sal ek s primitief. Ek het 'n hekel aan mense wat allerhande foefies en dingetjies aanskaf om kampeer vir hulle gemakliker te maak. Hulle mis die doel van kamp totaal en al en derhalwe kry ek hulle eintlik baie jammer.

    Die goue rel, as jy gerief wil h, bly by jou huis!

    As ons gaan kamp, gaan die volgende saam;

    Braairooster en driehoek
    Platboom kafferpot.
    een klein kastrollietjie.
    Enkelplaat cadac gasstofie
    2 van elk, blikbekers, messe vurke lepels en snymesse.
    Geen mikrogolf of ander kookgoeters.
    Ons het darem 'n klein yskassie wat presies 1 blokkie botter, 2 x 2liters Coke en drie ysbakkies kan hanteer.

    En dis dit!

    Ons slaan kamp binne 'n halfuur op, en daar kamp ons!

    'n Goue Rel,

    Geen radio,geen Televisie, geen musiek, NIKS!
    Jy het die regte idee van kamp!

  14. #29

    Verstek Re: Ant: Daar BUITE

    Kwoteer Oorspronklik gepos deur Toffie Bekyk pos
    Die goue rel, as jy gerief wil h, bly by jou huis!
    Hoor hoor! Dit is mos waaroor jy gaan kamp!

  15. #30
    Registrasie B Lid Volksregister Arend's Avatar
    Aansluit Datum
    2007-Mar-Fri
    Plek
    Oos Rand
    Poste
    7,828

    Verstek Ant: Daar BUITE

    Handinge goeters

    Glimband

    Jy weet dit reeds: Van 1 Januarie 2006 moet daar weerkaatsende kleefstroke wees op alle woonwaens en sleepwaens. Dié stroke moet minstens 80% van die omtrek dek, insluitende die A-raam. Koop jou kleefgoed by die meter by omtrent enige woonwahandelaar.

    Twee soorte is algemeen beskikbaar: 104R en 3M. Jou plaaslike handelaar behoort die stroke te kan opsit (teen ’n fooi natuurlik) of jy kan dit self doen.

    Sorg net dat die oppervlak goed skoon is voor jy begin plak, anders begin dit afdop nog voor jy oor die eerste bult is. Jy wil nie hê jou woonwa moet soos ’n Krismisboom lyk soos stukke los band agterna wapper op pad Suidkus toe nie.

    Sleepspieëls

    Spieëls is uiters handig as jy van baan wil verander of ander voertuie wil verbygaan (of jou grimering wil doen), én dit maak jou reis soveel makliker en veiliger. Die gewildste soort is dié wat pas oor jou kantspieëls. Dis maklik om aan te sit en pas op meeste voertuigfabrikate.

    As die aanknip-soort nie op jou voertuig werk nie, is ‘n ondersteuningarm jou ander opsie. Onthou dat alle sleepspieëls effens vibreer teen spoed (amper soos Ollie le Roux). Daar is niks wat jy daaraan kan doen nie, behalwe om stadiger te ry.

    Stormstrop en –penne

    Goed, ons hoop almal die vakansieweer gaan ons genadig wees, maar die weergode is soms lekker moedswillig. Reën is nog hanteerbaar, want woonwaens en tente is immers ontwerp om jou droog te hou. Maar wind is ’n ander storie. ’n Woonwatent is gewoonlik ’n lekker groot opvanggebied vir wind en dit vat nie veel om die ankertoue te toets nie.

    Die oplossing: koop ’n stel stormstroppe. Dié swaardiens-stroppe word bó-oor jou tent gespan en keer dat jou tent ’n reuse-vlieër word. Kry sommer ook ’n paar ekstra-groot stormpenne om die stop mee te anker.

    Spaarwiel

    Moenie kanse vat nie. As jou woonwa nie ’n spaarwiel het nie, gaan koop een (en nee, jou voertuig se spaarwiel gaan nie werk nie).

    Waar sit jy dit? Die meeste nuwe woonwaens het ’n lekker handige neuskas met genoeg plek vir ’n spaarwiel – lekker toeganklik, dog uit die pad. As jou woonwa nie nie ’n neuskas het nie, oorweeg die pakplek onder die hoofbed. Jy kan ook ’n spesiale wielklamp onder jou sleepvoertuig laat aanbring.

    Fredlin-omskakelaar

    Daar is wel woonwaparke wat steeds die standaard-kragbokse vir driepuntproppe gebruik, maar meeste het reeds oorgeskakel na ’n nuwe stelsel wat ’n kleiner driepuntstelsel gebruik. Die kleiner prop is sterker en hou langer in die buitelug; Die nadeel is dat jy ’n omskakelaar nodig het.

    Woonwa-oortreksel

    Glo dit of nie, ’n woonwa is eintlik ’n goeie belegging. In teenstelling met voertuie, wat waarde begin verloor sodra jy die laaste dokument geteken het, kan jy jou huis-op-wiele dikwels verkoop vir meer as wat jy betaal het.

    Natuurlik sal dit net gebeur as jy behoorlik na jou wa omsien, en dis hoekom ons ’n oortreksel aanbeveel. Dit beskerm jou woonwa teen die son se skadelike strale (wat dit kan laat bleik en kraak), en help voorkom ook ’n woonwa se grootste vyand: houtvrot.

    Sleepstabiliseerder

    Jy’s uiteindelik op pad see toe, die lug is blou en wind is speel in jou hare. En dan begin die woonwa ewe skielik heen en weer swaai.

    Die onmidellike oplossing is om jou voet van die petrolpedaal af te haal sodat die voertuig en woonwa geleidelik spoed verminder. Maar teen 40 km/h uur vat dit nogal lank om by Margate uit te kom.

    Die langtermyn-oplossing is ’n sleepstabiliseerder. Dié slim goed is ontwerp om saam met die sleephak ekstra stabiliteit te verseker, danksy ’n arm wat aan die A-raam vas is. Dit beperk die swaaiery én hou ook jou wa stabiel in sterk dwarswinde of as jy oor ongelyke oppervlakke ry. Daar is verskeie modelle vir verskillende grotes woonwaens en sleepwaens.

    Waterpas

    Wat is die eerste ding wat jy doen sodra jou woonwa op sy plek staangemaak is? Gryp ’n bier en sink neer op ’n kampstoel? Nee! Kweek die gewoonte om eers jou woonwa waterpas staan te maak. Dit verseker dat al jou bloed nie na jou kop toe vloei as jy slaap nie, én dit is belangrik vir jou yskas om doeltreffend werk.

    Daar is heelwat waterpasse beskikbaar vir dié doel. Die gewildstes is die soort wat jy aan die buitekant van die woonwa vasheg sodat jy ’n oog daarop kan hou terwyl jy die hoekstabiliseerders verstel. Jy kry ook waterpasse wat jy op die yskas kan vassit. As die yskas waterpas is, behoort die res van die woonwa ook mos te wees.

    Stabiliseerderslinger

    Jy weet jy gaan ’n sleutel nodig hê om jou woonwa se hoekstabiliseerders te verstel. ’n Motor se wielsleutel werk so-so, maar wat jy eintlik nodig het, is ’n spesiale slinger. Kry een met ’n lekker lang arm (sodat jy nie jou kneukels nerf-af stamp nie) en ’n handvatsel om die draaislag nog makliker te maak.

    Onderdele

    Party woonwaparke verkoop onderdele en ander klein noodsaaklikhede – maar teen ’n stewige prys. Speel veilig en pak die basiese onderdele in wanneer jy met vakansie gaan. Van die belangrikste items is sekerings (fuses) vir jou kragboks, en ekstra ankertoue vir jou tent (vir ingeval jy in die winderige toestande gaan kamp).

    Murphy het ons ook al geleer dat jy iewers langs die pad tentpenne gaan verloor, dus is dit nie ’n slegte plan om ’n paar ekstras in te gooi nie.

    http://www.weg.co.za/wegsleep/toerus...Id=13&recId=66
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

Bladsy 2 van 3 EersteEerste 123 LaasteLaaste

Soortgelyke drade

  1. Resepte vir DAAR BUITE
    By Arend in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 55
    Laaste Pos: 17 Apr 2010, 14:21
  2. Tuberkulose is buite beheer!
    By Rooi Jan in forum Gesondheidslaer
    Antwoorde: 20
    Laaste Pos: 15 Jul 2008, 08:19
  3. Antwoorde: 4
    Laaste Pos: 2 Jun 2008, 13:04
  4. Is daar iemand daar buite?
    By Dirk van Rensburg in forum Kletshoekie
    Antwoorde: 3
    Laaste Pos: 26 Sep 2007, 21:20

Pos Permissies

  • Jy mag nie nuwe drade plaas nie
  • Jy mag nie poste plaas nie
  • Jy mag nie aanhangsels plaas nie
  • Jy mag nie u poste wysig nie
  •  
SA Topsites ::