+ Reply to Thread
Results 1 to 4 of 4

Thread: OKTOBER Maand

  1. #1
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman is sterk oppad vorentoe Boere Staatsman's Avatar
    Join Date
    Oct 2005
    Location
    Ons eie Aparte Boere Republiek
    Posts
    2,698

    Default OKTOBER Maand

    OKTOBERMAAND - C. LOUIS LEIPOLDT

    Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!
    Dan is die dag so helder, so groen is elke aand,
    so blou en sonder wolke die hemel heerlik bo,
    so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo,
    so blomtuin vol van kleure die asvaal ou Karoo.

    Dit is die maand Oktober! Die varkblom is in bloei;
    oor al die seekoeigate is kafferskuil gegroei;
    die koppies, kort gelede nog as 'n klip so kaal,
    het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal;
    het nou vir welkomsgroetnis hul mooiste voor gehaal.

    Dit is die maand Oktober! Die akkerboom is groen;
    die bloekoms langs die paaie is almal nuut geboen;
    en orals in die tuin rond ruik jy sering en roos,
    jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos,
    jasmyn en katjiepiering, lemoen en appelkoos.

    Dit is die maand Oktober! Ek dink die mense vier
    vir ewig in die hemel Oktobermaand soos hier!
    Wat wens jy meer as blomme, as helder dag en nag?
    Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?
    Wat kan jy beter, mooier of heerliker verwag?

    Wat gee ek om die winter? Wat praat jy nou van Mei?
    Wat skeel dit as ons later weer donker dae kry?
    Ek is nou in Oktober, die mooiste, mooiste maand,
    met elke dag so helder, so pragtig elke aand!
    Met elke dag so helder, so pragtig elke aand!

  2. #2
    Registrasie B Lid Volksregister Arend is sterk oppad vorentoe Arend is sterk oppad vorentoe Arend's Avatar
    Join Date
    Mar 2007
    Location
    Oos Rand
    Posts
    8,807

    Default Ant: OKTOBER Maand

    Ek het dit nou vir my vrou voorgelees. So mooi soos net 'n Leipold dit kon stel.

    Wat hy egter vergeet het is die donderweer wat so welkom dreun.
    STAAN OP MY VOLK. STAAN SAAM MY VOLK

    Is jy PARAAT?

  3. #3
    Steunpilaar Volksregister Boere Staatsman is sterk oppad vorentoe Boere Staatsman's Avatar
    Join Date
    Oct 2005
    Location
    Ons eie Aparte Boere Republiek
    Posts
    2,698

    Default Re: OKTOBER Maand

    Ons volks gedigte moet weer hulle regmatige plek in ons volks lewe begin inneem en veral onder ons jeug.

  4. #4

    Question Re: OKTOBER Maand

    Hi.
    Ken iemand die verse van Gee my Suid Afrika en Muskiete jag.
    Die skole leer die kinders geen afrikaanse verse of afrikaanse
    liedjies nie. Die skool waar my kleinkinders gaan was 'n afrikaanse skool maar nou is dit net engels.Wat gaan aan ek het
    met albei tale groot geword en die akrikaans is vir my die mooiste taal.

+ Reply to Thread

Similar Threads

  1. 6 Oktober, Brits
    By Hotstuff in forum Die Posklip
    Replies: 6
    Last Post: 5th October 2007, 18:24
  2. wat het geword van die grondroof die maand
    By Boer777 in forum Kletshoekie
    Replies: 8
    Last Post: 19th March 2006, 22:14
  3. Meningspeiling 3-7 Oktober 2005
    By Racheltjie de Beer in forum Politieke Besprekings
    Replies: 0
    Last Post: 28th September 2005, 20:14

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
SA Topsites ::