• Bevry die Boerevolk se Politieke Gevangenes saam met Boervin

    Waaroor gaan Boervin?

    Boervin (Boerevolk Vryheidsinisiatief) is ’n geregistreerde Nie-Winsgewende Maatskappy. Ons hoofprojek is om die vrylating van die Boerevolk se politieke gevangenes (BPG's) te bewerkstellig. Boervin se oogmerk is om dit deur middel van verskeie kanale te bewerkstellig, naamlik:

    juridies,
    diplomaties,Po
    volkeregtelik,
    sowel as internasionale en nasionale druk deur middel van die mobilisering van openbare mening.
    Watter weë ook al gevolg word, is die sukses afhanklik van twee aspekte, naamlik fondse en die opinie van die dag.

    Boervin is tans besig met die maak van n dokumenter oor die Boeremagsaak wat wereldwyd versprei gaan word in verskeie tale om die wereld te laat weet van die onreg wat daar plaasgevind het en steeds plaasvind. Ondersteun Boervin in hierdie projek deur 'n skenking te maak. Besoek http://boervin.org/skenk/

    Wat is die huidige situasie van die Boerevolk Politieke Gevangenes? (BPG's)

    Die Boeremag het ontstaan as ’n projek van Misdaad Intelligensie, met die doel om gewone lede van die publiek te provokeer om aan die aksies deel te neem. Onskuldige burgers was gewerf deur die voorhou van ’n bedreiging van swart op wit geweld en aangemoedig om defensiewe strukture op te rig sodat hulle hulself teen sodanige bedreiging kon verdedig. Misdaad Intelligensie het agente-provokateurs geplant om geleidelik die planne van defensief na offensief te verander. Die rede vir laasgenoemde was dat Misdaad Intelligensie dan ’n groter bedreiging van regse bedrywighede kon “ontmasker” ten einde meer toegang tot die geheime fonds te regverdig. Die gevolge van hierdie aksies van Misdaad Intelligensie was dat die werklike slagoffers van die “Boeremag” sedert 2002 agter tralies opgeëindig het. Ander van die slagoffers van die “Boeremag projek” het teen die aangeklaagdes gedraai as staatsgetuies. Hierdie staatsgetuies loop vandag vry.

    Met die aanvang van die verhoor het meeste van die beskuldigdes ’n spesiale pleit ingedien waarin die jurisdiksie van die hof bevraagteken is. Die beweegrede daarvoor was dat hulle nie kriminele was nie, maar hulleself as soldate beskou het en hoogstens as krygsgevangenes aangehou moes word. Die drie Pretorius-broers: Dr. Johan, Kobus en Wilhelm Pretorius het eers sewe jaar later in die saak daarin geslaag om ʼn aansoek te bring om as krygsgevangenes hanteer te word. Ten spyte daarvan dat hulle ten volle juridies daaraan voldoen het om as krygsgevangenes geklassifiseer te word, was die aansoek van die hand gewys en word hulle steeds nie as sodanig aangehou nie. Die staat het self tydens die verhoor die bewyse voor die hof geplaas dat die beskuldigdes ’n Boererepubliek uitgeroep het en dat daar ’n oorlog deur die Suid-Afrikaanse Boererepubliek verklaar was. Hulle was dus regmatig soldate en gevolglik skend Suid-Afrika die Geneefse Konvensie deur hulle as kriminele te verhoor. Hulle word nie eers as politieke gevangenes aangehou nie, maar tussen alle ander geharde kriminele. Selfs die apartheidsregering het die ANC, PAC en ander anti-apartheidsyweraars as politieke gevangenes aangehou. Die ANC en PAC het tydens die apartheidsera aangevoer dat hulle aangehoudenes as krygsgevangenes hanteer moes word. Noudat hulle in bewind is, pas hulle nie toe wat hulle bepleit het nie en die Boerevolk Politieke Gevangenes word onder haglike omstandighede as gewone kriminele aangehou.

    In die geval van die sogenaamde ‘Boeremag’ is daar geen twyfel dat die Boeremag gevangenes ‘n suiwer politieke agenda gehad, en dus as politieke gevangenes geklassifiseer moet word nie.

    Lees meer oor Boervin en die Boerevolk se Politieke Gevangenis by http://boervin.org/[/QUOTE]
    This article was originally published in blog: Bevry die Boerevolk se Politieke Gevangenes saam met Boervin started by Gesiggie
    Antwoorde 2 Antwoorde
    1. Die Ou Man's Avatar
      Die Ou Man -
      Dankie vir die plasing, Gesiggie.

      Sterkte.
    1. F a n i e's Avatar
      F a n i e -
      Hallo Gesiggie,
      Wat se ge-boe-re-volk is dit met julle ?

      Die identiteit is 'n Boer, die identiteit is nie jy is 'n BoerE nie.

      Daar is nie iets soos 'n Boerevolk nie, daar is wel 'n Boervolk, die volk van die Boer.

      Ek wil vir jou iets vertel van die Boervolk. Enige iemand wat sou doen wat hierdie "Boere" gedoen het sonder die mandaat van die Volk sou voor 'n vuurpeleton beland het. Die Boere het nie tronke gehad nie. Enige Boer wat sy eie belange bo die' van die Volk sou stel sou dieselfde lot toekom. Vertel dit vir die klomp Christen Boere wat dink die wereld draai om hom en sy saligmaking.

      Die omstandighede oor hierdie saak is wel anders.

      As dit werklik jou intensie is om hierdie "Boere" uit die tronk te kry, dan dink ek nie jy gaan dit regkry deur arm te druk met die res en hulle stelsel nie. Die stelsel is nie daar vir jou voordeel nie.

      Jy moet verstaan waaroor dit werklik gaan.

      Die eerste prioriteit is die bronne wat hier gesteel word wat belangriker is as enige getal Mense se lewens. Nie een van hulle gee om vir jou gespuis, of jou emosies of jou vieslike gebroedsel kleintjies en of jy vrek van elende en of jy vrek van die honger of peste nie.

      Die stelsel is daar om die hele gepeupel te onderdruk en onder hulle skoen te hou. Die stelsel is geld (papier sonder waarde), geloof (glo sonder bewyse), politiek (lee beloftes), ens. In hierdie stelsel is NIKS soos dit lyk nie, jy aanvaar dit net omdat dit vir jou geleer is. Jy lewe in 'n onwerklike realiteit, en die grootste vernietiger van die Boervolk is hierdie geloof, en hulle weet dit. Waarom dink jy word dit in ALLES ingesleep. Alles in die stelsel is gebasseer op gemoedsrus - sonder enige substansie.

      Die grootste bedreiging is die Boer se identiteit, want as dit erken word dan kan die Boervolk weer aanspraak maak op sy land. Daarom word dit nerens toegelaat dat die "Boer" mag bestaan nie, en sou iemand die woord Boer gebruik of daarna verwys dan word dit onmiddelik na boer, aka landbouer herlei. Hulle grootste VREES is dat die Boervolk sy identiteit herwin. Dis waarom die regter gese het daar is nie iets soos 'n Boer nie.

      Die stelsel is geskoei op medepligtigheid, as jy deelneem daaraan dan kom hulle oordeel jou toe. Jy kan jou net daarvan distansieer en verontskuld as jy daarin gedwing word teen jou wil en beter wete. Dit is deur hulle deelname as medepligtiges aan die stelsel wat die "Boere" in die eerste plek in die tronk sit, niks te doen met die deelname aan sg terrorisme of iets nie, almal weet dis opgestel.

      As jy nie verstaan wat ek vir jou se nie dan mors jy almal en jou tyd, net soos die Boervolk al laaaankal sy land kon terugkry as hy bereid was om te wees wie hy veronderstel is om te wees.

      Ek sien die adres van jou web registrasie is 'n parkeer area.
      En jy het nie geld nodig om hierdie mense uit die tronk te kry nie. Miskien 'n wel 'n bietjie.
SA Topsites ::