• Die stryd teen die zombies (deel 1)

    Ek het in die Desember vakansie na die TV reeks The Walking Dead gekyk. Dit het my so aan die dink gesit dat ek die strokiesverhaal waarop die TV programme gebaseer het ook gelees het.

    Vir die wat nie weet waaroor dit gaan nie, gee ek 'n kort opsomming. Lesers wat eers nog na die reeks wil kyk - wees gewaarsku, ek gaan heelwat van die komplot weggee. Die verhaal speel af in die huidige tyd, of in die afsienbare toekoms. Die ganse mensdom is besmet met een of ander virus. Die verhaal gee nie detail oor die herkoms van die virus nie, maar dit word gesuggereer dat dit 'n mensgemaakte ding is. Iets wat vir oorlogvoering bedoel is en uit die laboratorium ontsnap het. Daai soort van ding.

    Wanneer iemand tot sterwe kom, ontwaak hy binne minute as 'n zombie. Hier kan 'n mens seker vrae vrae oor die realiteit en die moraliteit van so 'n verhaal, maar kom ons hanteer dit maar as fantasie. Die zombies is 'n baie interessante metafoor vir menslike konflik. Terloops, in die TV reeks word daar nooit na zombies verwys nie. Die karakters praat van wandelaars of byters. Wanner die verhaal begin, is daar min mense oor tussen 'n menigte zombies.

    Hierdie zombies is letterlik die wandelende dooies, vandaar die titel. Hulle is nie baie slim of baie beweeglik nie, maar hulle is uiters gevaarlik. Om aan die beweeg te bly, moet hulle rou vleis eet en bloed drink. Diere se vleis werk, maar hul instink is om lewende mense te byt. Wanneer jy gebyt word, is die infeksie so erg dat jy binne ure daarvan beswyk. Dan word jy ook 'n zombie wat na iemand gaan soek om te eet. Jou enigste kans op oorlewing is om die ledemaat wat gebyt is dadelik te amputeer, voordat die infeksie versprei. As jy in die nek gebyt word, dan is dit verby. Dis nie moontlik om īn nek te amputeer nie.

    Die zombies is meedoŽnloos. Daar kan nie met hulle geredeneer of mooi gepraat word nie. Hulle wil eet en dit is al wat hulle dryf. Hulle slaap nooit en gaan sit nie eens nie. Hulle is altyd op hul voete en stap altyd rond op soek na kos. Dit is moeilik om hulle dood te maak. 'n Zombie wat net 'n lyf sonder bene is bly aan die gang. Sy instinkte is nog die selfde. Om 'n zombie deur die lyf te skiet het geen uitwerking nie. Hy of sy voel geen pyn nie. Dis die slegte nuus.

    Die goeie nuus is dat die zombies nie sů gevaarlik is nie. As jy jou afstand hou kan hulle niks aan jou doen nie. Hulle is bitterlik dom en Hulle beweeg nie baie vinnig nie en strompel eintlik meer as wat hulle wandel. Hulle roggel en hyg konstant. Hulle kan nie praat nie. Dis die manier waarop jy weet of 'n vreemdeling nog mens is - wanneer hy met jou praat. Met verloop van tyd laat die zombies se voorkoms egter geen twyfel nie. Dit is immers die lewende dooies en hul lywe begin verrot, net nie so vinnig soos gewoonweg nie. Jy kan zombies op 'n afstand hoor aankom en begin hardloop. As jy kan skuiling vind is jy veilig. Die goed kan nie eens 'n deur oopmaak nie. Die grootste gevaar wat die zombies inhou is hul getalle. As jy omring word is dit verby met jou.

    Nog beter nuus is dat dit eintlik maklik is om 'n zombie bokveld toe te stuur. Jy moet net dit wat oor is van sy brein vernietig. 'n Geweerskoot werk goed, maar ammunisie is nie onbeperk nie. Die geraas trek ook die aandag van ander zombies in die omgewing. Die karakters in die verhaal maai zombies op allerhande maniere af. Koppe word afgekap, oopgekloof en verbrysel met byle, swaarde, hamers, knuppels en nog wat. Dis nogal heel bloeddorstig. As jy beskermende klere dra wat keer dat jy gebyt word en 'n lekker skerp swaard het, kan jy sommer baie zombies afmaai. M.a.w. jy moet soos 'n middeleeuse ridder lyk en veg.

    Dit, in kort, is die scenario. 'n Handjievol oorlewendes teen 'n oormag. Die vyand se enigste gevaar lÍ in hul getalle en gewetenloosheid. As die oorlewendes begin groepeer, hulself bewapen en saamwerk teen die zombies, dan is die probleem in 'n japtrap opgelos. Dit sou egter nie 'n baie goeie storie uitmaak nie en dis ook nie hoe die verhaal verloop nie. Die oorlewendes se grootste probleem is nie die zombies nie. Dit is hulself. Hulle veg teen mekaar, verraai mekaar en stry onder mekaar. Daar is selfs oorlewendes wie se simpatie by die zombies lÍ. Hulle maak voorspraak vir die zombies se regte, bid jou dit aan.

    'n Onlogiese klomp snert? Ek dink nie so nie. DIe skrywers het die menslike natuur baie goed vasgevang. 'n Mens hoef maar net te kyk hoe dit in die ruwe nuwe Suid Afrika om te sien hoedat mense wat in 'n eksistensiŽle krisis verkeer hardnekkig weier om saam te werk. Maar dis net ons, hoor ek iemand sÍ. Ons voorouers was darem nie so nie. Helaas, hulle was ook maar erg verdeeld by tye. Ek sal meer vertel in die volgende aflewering.
    Antwoorde 7 Antwoorde
    1. Kryger's Avatar
      Kryger -
      Ja, hierdie klink baie soos ons eie verhaal.
    1. rambo919's Avatar
      rambo919 -
      Ek kon daai reeks nie bly kyk nie, te veel kere het zombies op net die regte oomblik uitgedop en eerlikwaar ek het net plein naar begin word van alles wat gewys word.

      Maar by gesÍ die obsessie met "zombies" is effe vreemd. Het een keer 'n satire gelees van iemand wat se dis 'n komplot om mense teen God te draai, om almal so te breinspoel dat as die tyd kom wat die dooies uit die graf uit opstaan almal sal dink dis 'n "zombie apocalypse". Eers het ek gedink ja ok watookal maar toe het dit my so effe laat begin wonder...
    1. F a n i e's Avatar
      F a n i e -
      Zombies word geskep, hulle word geprogrameer om zombies te word, soos al die talentvolle kindertjies wat dommer uit die skool uitkom as toe hulle daar ingegaan het. Alles gaan oor politieke idiologie.
      Om te keer dat jy self 'n zombie word, moet jy eers die waarheid oor jouself weet. Jy word doelbewus sekere goed geleer en daarmee geprogrameer sodat ander jou voordeel kan kry.

      https://www.youtube.com/watch?v=cHcKzzgYnMs
      BIBLICAL ISRAELITES WERE BLACK, And Still Are Today !

      https://www.youtube.com/watch?v=V2ljZlCT9Bc
      Who Are The Israelites?
      DNA bewys hulle is uit Afrikaane, vir die Israel viesie sekte.
      Die Israel volk is eers in 1940 is gestig.
    1. Leonor Bosman's Avatar
      Leonor Bosman -
      Kwoteer Oorspronklik gepos deur F a n i e Bekyk pos
      Zombies word geskep, hulle word geprogrameer om zombies te word, soos al die talentvolle kindertjies wat dommer uit die skool uitkom as toe hulle daar ingegaan het. Alles gaan oor politieke idiologie.
      Om te keer dat jy self 'n zombie word, moet jy eers die waarheid oor jouself weet. Jy word doelbewus sekere goed geleer en daarmee geprogrameer sodat ander jou voordeel kan kry.

      https://www.youtube.com/watch?v=cHcKzzgYnMs
      BIBLICAL ISRAELITES WERE BLACK, And Still Are Today !

      https://www.youtube.com/watch?v=V2ljZlCT9Bc
      Who Are The Israelites?
      DNA bewys hulle is uit Afrikaane, vir die Israel viesie sekte.
      Die Israel volk is eers in 1940 is gestig.
      En Jan van Riebeek is oorsaak van alle euwels wat die swartes getref het. En Detroit se verval is die oorsaak van wit oorheersing en rassime. En olifante kan vlieg. Wat ookal jou gelukkig maak.

      Terloops Israel, die nasiestaat, is eers in 1948 gestig en die nasie daarvan word Israelies of jode genoem. Nie Israeliete nie.

      http://www.marchandmeffre.com
    1. F a n i e's Avatar
      F a n i e -
      En Jan van Riebeek is oorsaak van alle euwels wat die swartes getref het.
      Moet nou nie soos die Afrikaner demokratiese media alles uit verband trek nie. Dis nie wat Zoempies gese het nie, hy het gese SA se probleme het begin toe Jan van Riebeeck hier aangekom het. Hy is reg, want van Riebeeck het die Afrikaners hier ingepiekel.

      En net soos Tjoep-tjoep (Malema) gese het die wittes aka Afrikaner is 'n kolonialer wat nie hier hoort nie wat ook waar is, is dit duidelik dat mens nie 'n geleerdheid van enige aard nodig het om dit te weet nie.

      Terloops Israel, die nasiestaat, is eers in 1948 gestig en die nasie daarvan word Israelies of jode genoem. Nie Israeliete nie.
      So jy weet en gee net voor die hele tyd ?

      Soooo... die Boere se land het nou gegaan

      Van vrye Boere Republieke

      Na 'n Engels-Afrikaner Unie

      Na 'n Verwoerdiaanse piesang republiek

      Na 'n Afrikaner nasie(onale) apartheid piesang republiek

      Na 'n ANC/Engelse/bonder demoonkrasie wat nou omskakel in 'n poelies staat met zenofobiese aanvalle en buurlande wat dreig met militere aanvalle. Hoop hulle bring hulle eie kerse saam.

      En dis nog nie die einde nie, wie weet watter volgende prestasie van die uitverkorenes op die lys bygevoeg sal kan word.
    1. F a n i e's Avatar
      F a n i e -
      Zombies - Die paar siele wat deur die Archon parasiete geprogrameer is om die parasiete te dien.
    1. F a n i e's Avatar
      F a n i e -
      Dit is nou bykans twee jaar later en niks het verander met die zombies nie, sederdien is net bevestig wat ek voorheen gese het daaroor en dit is dat hulle geslep word.

      Wanneer iemand sy hele hart en sy hele verstand en sy hele siel aan 'n geloof oorgegee het soos aaaal die gelowe eis, dan bly net die lee dop oor. Net EGO fungeer dan daaruit as 'n verdedigings meganisme.

      Dit bewys maar net weer, the "walking dead" is sonder siel, sonder verstand en sonder emosies. Jammerlik is dit die "Boere" ook wat deur hierdie gelowe besmet geraak het.
SA Topsites ::