• Boodskap van Wilhelm Pretorius


    Liewe vriende en volksgenote,

    Nog 'n nuwe jaar het aangebreek en die oue wat nog as vars spore in die sand lę. Vir sommige is dit 'n opgewonde gevoel met moontlikhede wat voorlę, vir ander 'n steil bult wat voorlę. Nogtans kan nie een van ons die toekoms sien nie. Dit is waar geloof en hoop ons Suiderkruis is om die rigting aan te dui, al sou dit dan ook nag wees.
    Dit is die dertiende jaar wat vir my en ander aangebreek het in die gevangenis. Soms 'n ark, soms 'n modderput, ander kere 'n addernes en party keer ook 'n leerskool. In die leerskool het ek soveel van ons Vader geleer. Geduld, lydsaamheid, nederigheid, vergenoegdeid, genade, blydskap en vreugde ten spyte van die situasie; maar een ding wat met genade behoue gebly het, is hoop. Dit is hierdie gedagte van hoop wat ek graag wil deel.

    In 135 n.C. was Israel onder die Romeinse juk. Hulle tempel was reeds in 70n.C. vernietig en verskeie dwang maatreëls is ingestel op die voli. Dit was dan in die tyd van 135 n.C. wat Israel in opstand gekom het onder leiding van Simon Bar Kokhba. Aanvanklik was dit 'n reuse sukses en 'n klein en geringe volkie het die magtige Romeinse Ryk aangevat. Nogtans het die vryheidstryd nie geslaag nie en stelselmatig in die "opstandelinge" in 'n hoek gedryf totdat die laaste groepie wat oorgebly het, omsingel was op Masada. Voordat hierdie groep tot die laaste man verslaan is, het 'n kreet oor Israel getrek wat tot in die eeue 'n weerklank sou vind. Voor die totale uitwissing van die groep roep Bar Kokhba uit: " Israel leef!" Nadat hy dit uitgeroep het, was Israel vir 1800 jaar nie in beheer van hul eie land nie. Hulle is oor die hele aarde verstrooi. Nogtans het Israel geleef en leef hulle steeds. Hulle leef want hulle het hoop. Hoop op die herstel. Hoop op die wil van 'n volk om te bly staan.

    Ek het groot geword met die ideaal: "Die Boerevolk leef!"

    Nogtans het die Boerevolk nog nooit oor homself regeer nie en nooit volkome vryheid herstel nie. Sedert 1994 het dit ook slegter gegaan met die Boerevolk in baie opsigte. In 2002 verloor ek saam met ander my persoonlike vryheid weens my vryheidstrewe vir ons volk. Tog, te midde van die situasie roep ek steeds vandag: "Die Boerevolk leef!"

    Sedert 1902 het die Boerevolk nooit opgehou om te bestaan nie, ook nie sedert 1994 nie. Ons is oor die aarde verstrooi en voel soos vreemdelinge in ons eie land, maar ons bly steeds leef. Vir my dertiende jaar is ek in aanhouding, nogtans bly ek 'n Boer. Te midde van haglike standighede kan 'n mens steeds jouself bly, getrou aan jou karakter en inbors waarmee ons Vader 'n mens seën. Hierin lę die hoop: solank ons Boere is en wil wees, beteken dit dat die Boerevolk bestaan. Daardie wil is iets wat slegs deur onsself vernietig kan word. As iemand anders dit wil vernietig, word dit juis slegs sterkter.

    Ek wil graag hierdie jaar begin om met elkeen die hoop te deel wat my steeds opgewonde hou en onwrikbaar in ons toekoms laat glo: niks keer ons om saam te groepeer en as volksgenote saam te bly nie. Kleinfontein en Orania het sekerlik al in daardie rigting'n pad gebaan.

    Ek wil saam met my volksgenote, mense wat weet dat hulle Boere is, in 'n eie gebied bewoon en bewerk. Ek wil ons eie godsdiens, kultuur en taal van ons volk uitleef in 'n eie gebied. Ek wil niemand anders oorreed om dit te doen of om 'n Boer te wees nie. Ek wil net saam met dié woon wat reeds daarin glo. Ek wil 'n kwaliteitlewe lei en opbou, soos ons voorouers, maak nie saak hoe klein die begin is nie. Ek wil in 'n gemeenskap woon waar liefde onder mekaar die gemeenskaplike deler is.

    Ek wil in vrede lewe en wedersydse respek met ander volkere van die land, sonder vrees om my eie te versaak, ontken of onverskoning daarvoor te vra. Ek wil leef in die vrese van ons Vader, in die Liefde van sy Seun en in krag van die Heilige Gees.

    Dit is die droom waaraan ek vashou en immer in bly glo. Ek nooi elke Boer uit om hierdie jaar saam aan hierdie hoop te begin glo, te droom en vir die realisering te begin bid.

    Baie dankie vir al die ondersteuning, liefde en vriendskap.

    Liefde Wilhelm.
    This article was originally published in forum thread: Boodskap van Wilhelm Pretorius started by Die Ou Man View original post
    Antwoorde 4 Antwoorde
    1. Die Ou Man's Avatar
      Die Ou Man -
      Wilhelm Pretorius vervolg:

      Wat is die lewe in die gevangenis? Dit hang nie af van jou omstandighede nie, maar jou uitkyk op die lewe. My antwoord sou wees: dieselfde as die lewe daarbuite, net met ander reëls, ander hoop, ander seëninge en ander uitdagings. Jy lag, jy huil, jy is vrolik en ervaar pyn, net soos buite. Seëninge is oorvloedig, aangesien 'n mens aangeleer het om dankbaar te wees vir die geringste.

      Ek kry nou die dag twee pruime en 'n perske. Wat 'n wonder was dit nie! Die gevangenis gee verseker perspektief oor die lewe. Jy leer om die klein dingetjies, die alledaagse te waardeer. Om dankbaar te wees, kinderlik vreugde te ervaar oor alledaagse vrugte. Ons kry drie uur besoeke per maand. Daardie uur is jou kosbaarste besitting. Jy leef, droom, eet en slaap vir daardie uur. Jy verstaan nie hoe mense wat daagliks bymekaar kan wees, om in privaatheid te gesels, om sonder ander oë hande vas te hou, daagliks met hulle gesinne tyd kan spandeer, nie daardie geleentheid aangryp nie!

      Dit is onverstaanbaar dat mense wat bymekaar kan wees, van mekaar vervreem.
      Jy kry perspektief oor sorge. Die een het sorge dat sy skoene nie in die mode is nie. Wat van die man sonder skoene of die een sonder bene? Die buitemens bekommer oor sy werk, dat hy nie die duurste kar kan bekostig, die paleis kan bewoon en in sy modieuste klere kan rondloop nie. Ek loop elke dag in 'n oranje pakkie, my "huis" is kleiner as die gemiddelde badkamer en ek besit niks behalwe my rekenaar, my boeke en my oupa se viool nie.


      Natuurlik bestaan daar daaglikse en hordes administratiewe rompslomp. Net om 'n skryfblok en penne in te kry, neem my twee dae se op en af loop om drie handtekeninge te kry. Jy word opgesluit, verwyder van jou mense en so kan mens oor die negatiewe uitbrei tot vervelens toe.

      So hoe is die lewe in die gevangenis? Dit is lewe. Dit gee perspektief. Jy leef in hoop en jou drome is jou realiteit. Jou toekoms bestaan en kom dag vir dag nader. Dag vir dag, tree vir tree, genade op genade, soos die onophoudelike geklots van branders...
    1. DuP du Plessis's Avatar
      DuP du Plessis -
      Verw.: "Ek het groot geword met die ideaal: "Die Boerevolk leef!""

      Goeiedag Wilhelm,
      Jou ideaal is meer as net 'n ideaal, dit is 'n waarheid.
      Die Boerevolk leef steeds, al het ons vyande ons voorouers al doodgewens, nog voor ons volk behoorlik uit sy kinderskoene kon groei. Die rede is omdat daardie vryheidsvlam, met swaarkry en lyding eerder gestook word, as geblus word, en die bewys daarvoor kan gevind word in die positiewe gees wat homself in ons harte openbaar, selfs as ons die grys mure van die gevangenis of selfs die dood rondom ons in die oë moet staar.
      Dankie dat jy jou vrylopende Boerevolksgenote, selfs vanuit die vyand se gevangenis kan bemoedig met optimisme.
      Opregte Boeregroete ook aan jou mede Boere-krygsgevangenis,
      DuP
    1. jjgsmith's Avatar
      jjgsmith -
      DuP

      Die Boerevolk sal nooit weg gewens, of uitgewis kan word nie. Die vlam van vryheid brand tans steeds helderder as lank voorheen, alhoewel dit met lewensverlies, vernedering, gevangenis staf en allerhande negatiewe dinge geppard gaan en daagliks gekonfronteer word.

      Mag ons die geweldige las wat ons mede volksgenote in die gevangenis dra elke dag en elke uur in ons gebede onthou, en bid vir hulle vrylating sommer biinekort.

      Die boodskap vanuit Zonderwater kan met as ‘n bemoediging dien vir ons buite die mure van die gevangenis.

      Boeregroete aan my vriend en volksgenoot

      jjgs
    1. F a n i e's Avatar
      F a n i e -
      Dankie Dom,

      Kleinfontein en Orania het egter niks met die Boervolk te doen nie. Ek sal nie oor ander goed kommentaar lewer nie.

      Die Boervolk sal weer hulle eie terugkry wanneer hulle die waardes en insigte terugkry wat vir ons verlore geraak het. Soos 'n vriend van my se, dit sal waarskynlik eers begin gebeur as die Boere begin bloei, hulle bloei nog net nie genoeg om wakker te word nie. Ons wag nou maar dat die krag omval en af bly, of die wit teen swart polarisasie sy omval punt bereik en in anargie uitloop.

      Sterkte !
SA Topsites ::