Stoffel
4 Sep 2007, 22:43
Sien asb die volgende pos. Ons nooi alle persone uit, ook die wat nuut geregistreer het. Kom help, ons het nou baie hande nodig!!!
Agv verskeie redes het ons besluit om die vergadering van môre uit te stel na volgende Woensdag (die 12de September) om 18h00 by die konsistorie van die APK van Moot sentraal. Die saal is geleë op die hoek van Ben Swart en Japonica in Waverley.
Almal wat op die BVS se bestuur dien moet asb probeer om die vergadering by te woon. Daar sal baie belangrike en rigtinggewende besluite geneem moet word. Indien dit u nie kan bywoon nie, laat weet asb per vonkpos. Almal wat op die skou gehelp het en almal wat belangstel om te kom help om die nuwe walaers te help orden na die skou is welkom om aan te sluit en sal gekoöpteer word vir die vergadering.
Ek stuur weldra ’n sakelys van die vergadering na u toe deur.
Na die fenomenale sukses tydens die skou, is dit van kardinale belang dat effektiewe opvolgwerk gedoen moet word. Daarvoor het ons baie hande nodig.
Party van u sal meer as een pos kry, ignoreer die ander asb.
Nooi gerus soveel van u vriende wat betrokke wil raak, om saam te kom help.
Boeregroete,
LP