PDA

View Full Version : R2,6 miljard se eise teen polisie ingestel



Michelle Mans
12 Jun 2007, 23:40
R2,6 miljard se eise teen polisie ingestel
Jun 13 2007
http://www.news24.com/Die_Volksblad/Nuus/0,,5-83_2128973,00.html

KAAPSTAD. – Eise van meer as R2,6 miljard is die afgelope twee jaar teen die polisie ingestel.

“Dit het ’n mode geword om die polisie te dagvaar – prokureurs sien ons as geldkoeie vir kontant,” het dir. Selby Bokaba, polisiewoordvoerder, gister aan Volksblad gesÍ.

Om diť eise te verminder gaan druk nou op bevelvoerders by polisiekantore geplaas word om toe te sien dat hul lede meer verantwoordelik optree in hul omgang met die publiek.

Die minister van veiligheid en sekuriteit, mnr. Charles Nqakula, het in antwoord op ’n geskrewe vraag in die parlement gesÍ verlede jaar is 4 177 eise teen hulle ingestel ter waarde van meer as R1,5 miljard. In die vorige boekjaar was dit 4 234 eise van byna R1,1 miljard.

Nqakula wou in antwoord op ’n vraag van die VF+ egter nie besonderhede verskaf oor die aard van die eise nie.

“Dit sal te veel werk wees om in detail in te gaan op elkeen van hulle,” het hy gesÍ.

Bokaba het aan Volksblad gesÍ die meeste van diť eise spruit uit gevalle waar mense verkeerdelik in hegtenis geneem is en motorbotsings waarin polisievoertuie betrokke was.

Verder word die meeste eise in Gauteng ingestel.

“Ons gaan nou ’n program in diť provinsie begin om bevelvoerders bewus te maak van hoe hul lede meer verantwoordelik kan optree. Dit sal deel van hul dienskontrak word. Later sal die program ook in ander provinsies in werking gestel word.”

Volgens Bokaba is daar baie gevalle waar ’n klag byvoorbeeld teen mense ingedien word waarvoor hulle nie noodwendig aangehou hoef te word nie.

“Polisielede moet weet wanneer hulle verdagtes kan aanhou of nie.”

Polisielede sal ook moet leer om meer verantwoordelik te bestuur.

“Ons sÍ nie as hulle ’n verdagte jaag moet hulle stadig ry nie, net meer versigtig. Daar bestaan steeds ’n kultuur onder ons lede waar hulle bloot skouers ophaal en sÍ dis die staat se voertuig en nie hul eie nie en daarom kan hulle bestuur soos hulle wil. DŪt moet stop,” het Bokaba gesÍ.

BOERLANDER
13 Jun 2007, 08:02
As n mens kyk na die arogansie van die waffer polisie en OOK sommige wit polisie lede verbaas dit my geensins nie dat hulle gedagvaar word nie.
Die koerante is vol van onregmatige arrestasies :cussing:

Deklinasie
13 Jun 2007, 09:22
Elke zot van die straat af word 'n polisieman net om die syfers reg te kry!

Hulle is erger as die skurke daar buite. Gevalle van verkragtings, roof, moord nes die misdadigers. My sienswyse kort ons 'n hele nuwe polisie sisteem. Ek is seker die misdadigers wat 20 jaar al in die tronk gesit het sal baie beter diens kan lewer as wat die huidiges doen.