PDA

View Full Version : Ma sien pornovideo van kind (5), vriend



Michelle Mans
28 Feb 2007, 06:42
Ma sien pornovideo van kind (5), vriend
Feb 28 2007
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2075949,00.html

Die ma van een van die vermeende slagoffers van mnr. Gordon Joubert, wat op verskeie klagtes van kinderpornografie teregstaan, moes gister na ’n 15 minuut lange video-opname kyk wat Joubert na bewering van hom en die kind gemaak het.

Joubert (48) staan in die Johannesburgse hooggeregshof tereg op 43 klagte wat verband hou met die maak en besit van kinderpornografie. Dít sluit in 11 klagtes van verkragting, 22 van onsedelike aanranding en agt klagtes van crimen injuria. Hy is in Oktober 2004 op ’n huurhoewe in Muldersdrift aan die Wes-Rand in hegtenis geneem waar die polisie beslag gelê het op video’s waarop meisies van so jonk as vyf jaar verkrag word.

Hy het na bewering tussen 1998 en 2004 16 meisies onsedelik aangerand en/of verkrag en dié dade verfilm. Al die kinders was jonger as 16.

Die ma van die meisie op die video wat gister in die hof gewys is, het gister getuig haar kind was vyf jaar oud toe dié voorval gebeur het. Die kyk van die video is in camera gehou en selfs die media moes die hof verlaat.

Volgens die ma, wat tussen 1996 en 1998 in ’n verhouding met Joubert was, was sy nie by toe dié opname gemaak is nie, maar sy het Joubert se stem in die opname herken. Sy het die videokasset met die opname eers later agter boeke op Joubert se boekrak gekry waar hy dit weggesteek het.

Sy het getuig ’n polisieman het haar in Oktober 2004 besoek met die doel om met haar dogter te praat. Dié polisieman het haar van die saak teen Joubert vertel en haar dogter is tóé na die Teddy Bear-kliniek geneem om vas te stel of sy tydens die voorval met Joubert verkrag is.

keelvolwitvrou
28 Feb 2007, 07:04
:cussing: Ek sê weer: LEWENDIGE KASTRASIE VIR VARKE SOOS HIERDIE!!! :BangHead:

-Igor-
28 Feb 2007, 07:14
Superglue en 'n Bowling Ball ...

Sarie Marais
28 Feb 2007, 07:38
My ma het altyd so 'n teorie vir sulke skepsels ( kan hulle nie mense noem nie) wat iets met vasgemaak in 'n brandende vertrek aan "baie sensitiewe deel" met 'n stomp mes in die hand insluit. Ek dink natuurlik dis 'n briljant plan!

Genl C R de Wet
28 Feb 2007, 07:41
:cussing: Ek sê weer: LEWENDIGE KASTRASIE VIR VARKE SOOS HIERDIE!!! :BangHead:Dink n skaaprekkie sal die ding doen!

Mike.
28 Feb 2007, 07:43
Die straf vir verkragting en Seks met kinders is die doodstraf. Hang hulle op.

Hornett
28 Feb 2007, 07:48
Die straf vir verkragting en Seks met kinders is die doodstraf. Hang hulle op.
Ja ek stem "Doodstraf" Hang hulle aan wat saakmaak tot hulle dood is:upset: :cussing: