PDA

View Full Version : Vrou en kinders aangeval

Michelle Mans
8 Feb 2007, 07:35
Vrou en kinders aangeval
Feb 08 2007
http://www.news24.com/Die_Volksblad/Streek/0,,5-1220_2065787,00.html

DRIE tieners en ’n vrou is in Welkom se Sentraalpark deur twee jeugdiges aangeval. Die kleinste van die boewe was met ’n panga gewapen en die ander met ’n mes.

Die ma van twee van die kinders (sy verkies om anoniem te bly) sê as sy nie haar dogter (18) weggestamp het nie, kon haar kind moontlik ernstige beserings opgedoen het.

Al wat die twee kalante buitgemaak het, is die motorsleutels. ’n Handsak en selfone is ongedeerd gelaat.

Die vrou se 14-jarige seun het die twee aanvallers agterna gesit en die een met ’n glasbottel oor die kop geslaan. Sy ma se benoude gille het die seun in sy spore gestuit.

Die vrou, haar twee kinders en ’n vriendin (14) gaan elke Saterdag of Sondag Sentraalpark toe om ’n bietjie uit die huis te kom. Hulle koop gewoonlik koeldrank of roomys. Dié Sondag omstreeks 20:30 het hulle op die gras gesit en speletjies speel.

“Kort nadat my seun (14) iets in die motor gaan haal het, het die twee menere na ons toe aangestap gekom.

“Toe my seun vra wat hulle wil hê, het die kleintjie, ons skat hom so tien jaar oud, ’n panga uitgepluk. Die wapen was amper net so groot soos hy. Sy maat, ek skat hom so 15 of 16, het ’n mes uitgepluk.

“Toe die kleintjie die panga in die rigting van my dogter swaai, het ek haar net betyds weggepluk. Hy kon haar kop afgekap het.”

Die vrou sê die ouer seun het net die motorsleutels gebuit en die twee het weggehardloop. “My seun het ’n bottel gegryp en hulle agterna gesit.

“Gelukkig het hy tot besinning gekom. Die sleutels, met my rybewys aan, kan vervang word. Ek is net bly my kind is ongedeerd.”

Die vrou het dadelik die polisie gebel. In ’n stadium was daar ses polisievoertuie wat die omgewing gepatrolleer het. Die twee booswigte was egter skoonveld.

“Ons ly nog erg aan skok en die kinders sal beslis vir berading moet gaan.”

Die oudste meisie was die volgende dag by die skool te bang om alleen kleedkamers toe te gaan. “Wanneer ek my oë toemaak, sien ek net die panga.”

Sy sê dit was die ergste skok wat sy nog beleef het. “Ek was heeltemal verstar.”

Die vrou sê dit is nou byna ’n jaar dat hulle elke naweek die park besoek. “Ons sal dit nooit weer doen nie. Ek het nie besef dit kan so gevaarlik wees nie.”

Sy het reeds nuwe sleutels vir haar voertuig bestel. Wat haar egter bekommer is dat haar rybewys ’n duidelike foto van haar op het.

Klein Generaal
8 Feb 2007, 09:09
Jammer hy het nie die bottel deur die gemors se kop geslaan nie !!!

Banksie
8 Feb 2007, 09:10
Jammer hy het nie die bottel deur die gemors se kop geslaan nie !!!

will jy so waar van n onskuldige kind n moordenaar maak ??? as iemand iets deer sy nek drik dan moet dit iemand wees wat nie meer in onskuld glo nie nie n kind nie :icon_wtf: :confused:

Donovan
8 Feb 2007, 09:21
n tienjarige verkleur mannetjie met n panga ... aai ... Word hulle nou al so gebore ...

Landsberg
8 Feb 2007, 09:25

Dit is heelwaarskynlik daardie 2 blikskottels se ouers wat hulle nog aanhits tot sulke dade! Hulle pa is seker n moordenaar wat hulle op n vroee ouderdom die "tricks of the trade" leer!
Dit maak my siek!

Dertignulses
8 Feb 2007, 09:28
Jammer hy het nie die bottel deur die gemors se kop geslaan nie !!!

Glas sukkel om deur hout te gaan! 'n Spyker sal beter werk.:icon_eyes

Dertignulses
8 Feb 2007, 09:31
will jy so waar van n onskuldige kind n moordenaar maak ??? as iemand iets deer sy nek drik dan moet dit iemand wees wat nie meer in onskuld glo nie nie n kind nie :icon_wtf: :confused:

Van wanneer af is dit "moord" as 'n seun sy ma en sussies teen gewetenlose skelms beskerm?

Gerhard Venter
8 Feb 2007, 09:48
Lees in n boek omtrent penkoppe en hoe dapper die kinders was, vra toe my vrou of sy dink dat vandag se kinders so dapper sou kon wees!!

Wel ek het my antwoord gekry, hul is dalk din gesaai, maar daar is tog!!
Ons lees elke dag hoe groot mans toegee,maar nie die knaap nie !Hierdie knaap het my respek!!

Groette

Klein Generaal
8 Feb 2007, 10:32
Ek wil van geen kind 'n moordenaar maak nie, selfverdediging dra geen "ouderdoms beperking" nie - as die kinders in die boere oorlog kon veg en die dogters op 14 jaar al getroud was moet jy mooi dink oor die term"kind"

As dit my kind was sou ek nie net trots gewees het nie maar ek sou ook van hom verwag om te doen wat nodig is op daardie stadium, sonder om "stupid" te wees.

Op 14 jaar moet jy al jou man kan staan wen of verloor.

"n' Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand."

Banksie
8 Feb 2007, 10:49

Dit is ou test daai nuwe een se draai die ander wang hulle het nie een leed aangedoen nie so om hom leed aante doen is nie n tand vir n tand nie!:confused:

Gerhard Venter
8 Feb 2007, 11:29
Dit is ou test daai nuwe een se draai die ander wang hulle het nie een leed aangedoen nie so om hom leed aante doen is nie n tand vir n tand nie!:confused:

Ai maar julle is vinnig om so n opmerking te maak!!
Se my wat is die ou testament en wat is die nuwe testament?

Groette

Klein Generaal
8 Feb 2007, 14:53
Dit is ou test daai nuwe een se draai die ander wang hulle het nie een leed aangedoen nie so om hom leed aante doen is nie n tand vir n tand nie!:confused:

Draai maar gerus jou ander wang (enige testament wat jou pas) ek sal my kans vat maar wang draai is lank nie meer 'n opsie nie !!!