walter
26 Jan 2007, 08:27
’n Personeelbeampte van die departement van binnelandse sake in Witbank het vlugtig in die hof verskyn weens die moord op mnr. Johan Prins (61) van Groblersdal tydens ’n plaasaanval verlede Vrydag.
Prins is met ’n haelgeweer doodgeskiet.
Mnr. Aubrey Mohlabe (30) is eergister in sy kantoor in hegtenis geneem.
Toe die polisie sy huis deursoek, het hulle op die moordwapen, Prins se .22-pistool, ’n 303-geweer en ’n 9mm-pistool afgekom.
Al die vuurwapens was in die huis se dak versteek, sê kapt. Manie van Zyl van die polisie se provinsiale opsporingseenheid.
Van die vuurwapens is ook positief verbind met ’n plaasaanval wat in April 2006 naby Witbank plaasgevind het.
Die polisie het ook op vyf vermoedelik vervalste ID-boeke in Mohlabe se huis afgekom. Hy bly in hegtenis en die saak is tot vroeg in Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2060180,00.html