PDA

View Full Version : Man dies trying to save his son



Michelle Mans
21 Jan 2007, 13:15
Man dies trying to save his son
January 21 2007
http://www.iol.co.za/index.php?from=rss_South%20Africa&set_id=1&click_id=13&art_id=iol1169380306495B265

A 78-year-old man has been shot dead while trying to save his son from attackers in the driveway of an Olivedale house, Johannesburg police said on Sunday.

Superintendent Chris Wilken said the younger man - his age is not known - was entering the driveway at 8.30pm on Saturday when he was attacked by four armed men.

"Hearing the screams of his son, the father came out to investigate," said Wilken.

Two shots were fired, hitting the elderly man in the chest, in the ensuing struggle, said Netcare 911 spokesman Nick Dollman. "He died at the scene."

Michelle Mans
21 Jan 2007, 23:27
Doodskoot vir bejaarde
Jan 22 2007
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,8325,3-975_2057747,00.html

‘Pres. Thabo Mbeki hoef net ’n besoek aan die familie te bring en die trauma en verlies te aanskou. Dít sal hom help om te besef dat misdaad in die land buite beheer is,” het me. Merle Wright, voorsitter van die Olivedale-inwonersvereniging, gesê ná die moord op mnr. Rodney Derrick King (79), haar buurman se pa.

King sr. van Zimbabwe, wat hier gekuier het, het eergisteraand sy seun, Brendon, te hulp gesnel nadat hy deur vier gewapende mans by sy oprit in Olivedale, noord van Johannesburg, aangeval is.

Volgens supt. Chris Wilken, Johannesburgse polisiewoordvoerder, het Brendon omstreeks 20:30 by sy erf ingery en die mans het op hom afgestorm. King het ’n geskree gehoor en het by die huis uitgehardloop om ondersoek in te stel.

Twee skote is afgevuur en hy is in die bors getref. Hy is op die toneel dood.

Die aanvallers, wat niks geroof het nie, het op die vlug geslaan.

Die Kings wou gister nie die media te woord staan nie en het gevra dat hulle met rus gelaat word.

Die aanval het inwoners met afgryse vervul. Wright, wat goed met die Kings bevriend is, het vertel dat hulle reeds 30 jaar in die huis langs hare woon. Sy self woon al 20 jaar in Olivedale. Dit is glo die eerste keer dat só iets die andersins rustige buurt tref.

“Ek vat gewoonlik om 20:15 my honde vir ’n wandeling langs die rivier (Klein Jukskeirivier) en net ná my terugkoms het die voëls ’n verskriklike lawaai gemaak. Ek het die ligte aangeskakel en toe raak dit tjoepstil. Ek het net my voet by die deur uitgesit, toe ek die skote hoor,” het sy gesê.

Brendon het glo aan sy gesin geskreeu om in die huis te bly, maar sy pa het hom nogtans na buite gehaas.

Koeëlgate was duidelik sigbaar in die groen skadu-lap wat die omheining bedek.

Wright glo die mans het uit die rivier wat agter die huise loop, se rigting gekom. Hul erwe word met palissade-omheining van die rivier geskei.

Die Kings se omheining is glo met ’n koevoet gebreek, wat die bende toegang tot die erf gegee het.

“Hoekom die onskuldige lewe van ’n bejaarde man neem? Hierdie is goeie burgers wat hul belasting betaal en wat kry hulle daarvoor?

“Dit is nie politiek korrek om ’n misdadiger te hang nie, maar dit is blykbaar politiek korrek om mense wat hard werk, te traumatiseer,” het sy uitgevaar.

Sy het haarself as ’n positiewe Suid-Afrikaner beskryf, maar “die regering het geen begeerte om misdaad te beveg nie, dit maak dat ons baklei wetende dat ons reeds die geveg verloor het”.

Wilken het gesê niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.