PDA

View Full Version : Ouma Se Stories



Vicky
24 Aug 2006, 12:48
OUMA SE STORIES

HOOFSTUK 2
OP 'n VRYSTAATSE PLAAS (1899-1902)

OORLOG EN VERWOESTING

Catharina Beatruks van den Berg (1888-1960) was gebore op 5 September 1888 op die plaas Frederiksrus, distrik Kroonstad, Oranje-Vrystaat. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 het sy saam met haar ouers, broers en susters gewoon op die plaas Vredefontein, distrik Kroonstad. Sy was een van veertien kinders, waarvan drie seuntjies as babas oorlede is, dus met ses dogters en vyf seuns oorlewend.

Meer as vyftig jaar gelede (1952) vertel Catharina talle stories oor hulle dae op die Vrystaatse plaas, voor, gedurende en na die oorlog. Vredefontein was 'n baie groot plaas, met 'n gemengde boerdery. Daar was vir 'n paar jaar goeie reŽns, en die Kroonstad distrik was een van die mooiste en mees beboude streke in die Vrystaat. Alles was geil en groen, met myle landerye aanmekaar, tuine en goedbewerkte plase en werwe, volop vee, perde, pluimvee (hoenders, eende, ganse en kalkoene) en swaarbelaaide vrugtebome. Dit was 'n rustige, landelike lewe, baie harde werk vanaf daglig tot laataande, met so nou-en-dan 'n besoek aan die dorp, gereŽld na kerk en Nagmaal, met somtyds die groot geleentheid van 'n troue of 'n mondigwording waar die jong komp 'n bietjie kon dans en die musiek geniet, en ook om hulle klein vriendekring uit te brei. Catharina was 'n mooi kind, en was veral gesog om op te tree as blommemeisie by 'n troue, en het ook die eer te beurt geval om per geleentheid 'n baba by die kerk in te dra vir 'n doopplegtigheid. Verder was dit maar net 'n kuiertjie by naburige plase van familie en vriende want plaaswerk is veeleisend en vryetyd baie beperk.

Maar in die lente van 1899 was dit net oorlogspraatjies.
In September 1899 is die burgers van die Oranje-Vrystaat gewaarsku - ingevolge die Kommandowet van Mei 1899 - om hulleself gereed te hou vir kommandodiens op die kortste moontlike kennisgewing. Die Kommandowet het bepaal dat elke burger tussen die ouderdomme van 16 en 60 gereed moet wees om te veg vir sy land. Die wet bepaal verder dat elke burger gereed moet wees met sy eie perd, saal en toom, 'n geweer en nie minder nie as 30 patrone (of 'n half-pond kruit en 30 koŽldoppies), sowel as kos vir agt dae. Die wet het nie vasgestel hoeveel kos dit moet wees nie, of die aard daarvan; die burger moes self sorg vir kos vir agt dae en hy moet self weet hoeveel en wat hy vir agt dae sou nodig he. Dit was 'n vaste reŽl onder die burgers dat 'n deel sou besteen uit wors of biltong, miskien 'n soutribbetjie indien beskikbaar, brood, beskuit en ander noodsaaklikhede.
Op Vredefontein was almal druk besig om alles reg te kry vir Catharina se pa om ook by die Kroonstad-kommando aan te sluit, sowel as om te beplan vir sy lang afwesigheid vanaf die boerdery en sy familie.

Catharina se pa was Philippus Jacobus van den Berg, geb. 6-1-1857 oorl. 9-6-1926, en haar moeder was Anna Maria Magdalena Pretorius, geb. 23-1-1861, oorl. 18-6-1926. Hy was dus 42 jaar oud toe die oorlog uitbreek, en was alom bekend as Flip of Flippie, en haar moeder was 38 jaar oud.

Dit was ook nie lank nie voordat almal weg is vanaf hulle plase, net die vrouens en kinders bly agter, met hier en daar jong seuns van so 13 of 14 jaar nog op plase. Later in die oorlog was alle seuns bo 12 jaar saam met 'n pa of ouer broer of ander familie op kommando, maar daar is ou mans bo 65 jaar wat nie gesond genoeg was vir krygsdiens nie, en selfs van hulle was later kaalvoet deur die veld gejaag deur die khakis om hulle met dwang na die konsentrasiekampe te neem.

Dit duur nie lank nie voordat die eerste Engelse troepe hulle opwagting maak op die plaas, en hulle maak 'n groot ophef darvan om kwitansies uit te reik vir alles wat hulle vat - en hulle vat baie, net wat hulle oŽ sien - vee, pluimvee, melk, eiers, vrugte en groente, maar na 'n rustyd is hulle weer weg, sonder om enige noemenswaardige skade aan te doen.

Catharina het twee ouer susters gehad: Judith, die oudste, en Annie, alombekend as Mooi Annie, want sy was so mooi soos 'n pop, maar baie nukkerig, parmantig en met 'n hoogs ontplofbare humeur. Sy was toe so 17 jaar oud.

Op 'n dag toe die Engelse weer by die werf opdaag om proviand op te kommandeer, was Annie net weg na die sement-dam toe om water te gaan skep. Toe sy terugkom wemel dit van die Khakis, en soos ook te wagte is die mooi jong meisie dadelik die middelpunt van alle aandag. Die soldate lag en skerts, maak opmerkings, maar dit erg haar nie aangesien sy nie 'n woord Engels ken nie. Maar vir die een soldaat was haar stuurs houding te veel, spring van sy perd af en probeer om die emmer by haar te vat (Catharina het altyd gesÍ hy wou dalk net galant wees en wou die emmer water dra vir so 'n mooi meisie). Toe sy nie die emmer wil prysgee nie vererg meneer hom en skop die emmer uit haar hand, sodat al die water uitval. Annie is op die plek moordadig kwaad, maar terselfdertyd vreeslik bang en bloedrooi van verleentheid oor wat gebeur, maar binne sekondes herstel sy van die skrik, gryp die emmer en slaan daarmee die Khaki 'n geweldige slag in die gesig sodat jy net bloed sien loop. Gelukkig kom op daardie oomblik 'n offisier op die werf aan, verneem wat aangaan en berispe sy soldate streng omdat hulle weerlose vrouens en kinders molesteer. Hulle is gou weer weg, maar Annie was vir dae kwaad - sy sweer as sy 'n wapen sou gehad het sy hom morsdood sou skiet.

Vicky
24 Aug 2006, 12:51
Na so drie of vier maande, toe die kommandos al hoe meer skade en doodsverliese aan die vyand berokken, is hulle nie meer beleefd of toegeeflik nie, hulle hele optrede en houding verander, en ons word vreeslik geteister. Catharina onthou die een dag besonder goed, want 'n groep Boere Verkenners kom aangestorm op die plaas om te waarsku dat almal moet vlug vir hulle lewens.

Almal help om 'n perdekar in te span en belaai met alles moontlik, soveel kas, klere, komberse ensovoorts as wat hulle haastig bymekaar kan raap. Die oudste dogter, Judith, het veral 'n buitengewone vrees vir 'n Khaki en sy gryp naderhand die leisels en begin wegjaag na die veiligheid van die rante, sonder om vir Catharina, Barend en Roelfie (twee jonger boeties) te wag, sodat hulle te voet moet vlug weg van die plaas af.

Binnekort is die Khakis op die werf en hierdie drie kinders is nog ver van veiligheid af. Catharina (sy was toe 11 jaar oud) sien dat hulle agternagesit word deur die soldate, en soos hulle vreesbevange weghardloop soek sy vir 'n wegkruipplek, maar daar is geen skuiling nie. So in die hardloop sien sy 'n ou erdvarkgat, en weet dat dit waarskynlik groot genoeg sou wees. Sy stoot vinnig vir Roelfie (hy is maar ses jaar oud en klein van postuur) met sy voete na onder in die gat, sodat sy gesiggie sowat ses duim onder grondvlak is, en sy val plat op die grand, bo-oor die opening van die erdvarkgat, en trek haar lang valerige rok oor haar bene en voete, en daar bid sy benoud dat die donderende perdehoewe hulle nie moet verpletter nie, totdat die laaste Engelse bo-oor hulle wegry sonder dat hulle gesien of beseer word.

Hulle weet natuurlik nie waar die res van die familie hulle bevind nie, en wag tot later in die dag wanneer hulle meen dat alle gevaar verby is voordat hulle teruggaan plaas-toe, waar hulle honger, beangs en half-verkluim tussen die riete in die water die hele nag wegkruip totdat die familie die volgende dag terugkeer.

Catharina was sekerlik 'n heldin in die ware sin van die woord om op so 'n jong ouderdom so vinnig te kan dink te midde van doodsgevaar en nog haar klein boetie se lewe ook te red, al sou dit ook moes wees ten koste van haar eie lewe.

En as julle nou wil weet wat van die derde kind geword het, en waar hy geskuil het, dit kan ek nie meer onthou nie. My aantekeninge wat meer as vyftig jaar gelede gemaak is terwyl Catharina my van die verlede vertel, se net "drie kinders vlug vir Khakis - Ma, Barend en Roelfie bly agter as Judith wegjaag met perdekar. Nege Verkenners weer honderde soldate af, sodat familie kan wegkom; kruip weg in erdvarkgat. Verkenners moes verder voort om ander plase te waarsku en kan nie help soek na die kinders".

Die aanstelling in Desember 1899 van Lord Roberts as die Engelse se Opperbevelhebber met Kitchener as sy Stafhoof verander die hele patroon van oorlogmaak. Die Engelse vind dat die vinnig-bewegende taktiek van die Boere-kommandos die oorlog onnodig uitrek en dat hulle 'n geweldige leŽr op die been moet hou om die klein Boere-eenhede te probeer vaskeer. Toe het die vyand meedoŽnloos geword. Solank die Boere-vroue op die plase gelaat is, sou die vegtende burgers geen gebrek aan voedsel en perdevoer hÍ nie. Die vroue is onwrikbaar daarteen dat die man moet "hendsop" en het dit 'n streng reŽl gemaak dat geen verraaiers of "hendsopper" of sy vrou en kinders ooit weer toegelaat sou word tot die gemeenskap nie, selfs nie ten tye van siekte of dood nie.

Kitchener besluit op 'n "scorched earth policy" soos reeds deur hom toegepas in IndiŽ, en sy soldate word aangesÍ om letterlik niks op die plase te laat nie. Hulle reken nou meer op die gevolge van hongersnood as op hulle eie wapens en vermoeŽ. Bevele word gegee om alle kosware te verbrand of verniel, alle waens, karre, meules, ploeŽ, trap- en dorsmasjiene moet stukkend gebreek word, damme word opgeblaas, tot koffie-meultjies word gebreek sodat die vroue nie daarmee kan koring maal nie. Op een nabygeleŽ plaas word meer as 500 vrugtebome afgekap onder die ent-merk, sodat dit nooit weer sal dra nie. Hulle gooi klippe in die windpomp-skagte af, maar die vroue hou moedig aan om die stryd voort te sit. Die nuus van die strawwe nuwe wending van die oorlog het soos veldbrand versprei, en Vredefontein se mense is gewaarsku teen wat kom, sodat hulle alle moontlike voorbereidings kan maak vir hulle oorlewing.

In die herfs van 1900 was die oeste besonder goed, die beste vir 'n hele aantal jare. Omdat die mans almal afwesig is, was al die koring, mielies, kafferkoring en ander oeste en kossoorte gesaai en geoes deur die Boerevroue en hulle dogters en jong seuntjies, want teen hierdie tyd was alle plaasarbeid reeds weg. Op Vredefontein was alles volop - beeste, skape, alle lewendehawe was vet en gesond, melk, botter, eiers, pluimvee en groente was oorvloedig, maar al hulle volharding was nodig om meer of min vir alles te sorg. Daar was een skokkende insident toe 'n klein groepie soldate hulle opwagting gemaak het om kos en perdevoer te kommandeer, en hulle oplet dat Catharina se drie jonger boeties, tesame met seuns van 'n naburige plaas, oor die rivier probeer swem na veiligheid - die soldate het dadelik op hulle begin skiet, gelukkig sonder om iemand te tref. Dit was die mening van sommige Engelse offisiere dat die jong seuns te veel soos vegtende burgers gelyk het. Hulle sou ook kon oorlog maak - hulle was vol heldemoed en kon almal goed skiet en was bedrewe met perdry, op- en afsaal soos blits, en kon in alle opsigte vir hulleself sorg in die veld, maar hulle was nog almal onder 12 jaar oud en die burgers het geweier om hulle saam te neem op kommando. Catharina se moeder, Anna Maria, was vir 'n tyd genoodsaak om die seuns in meisiesklere aan te trek en hulle laat wegkruip sodra tyding gekry was dat die vyand opruk.

Vicky
24 Aug 2006, 12:53
Die oudste dogter, Judith, was veral baie flink en slim om 'n plan te beraam, en binne minute nadat die Verkenners die tyding gebring het dat die Engelse na Vredefontein beweeg, het hulle al die nodigste besittings op 'n manier na die rivier gekry, waar daar 'n baie diep waterkuil was, en hierin het hulle soveel moontlik van die plaas-implemente, gereedskap, 'n ploeg, huishoudelike goedere soos borde, messegoed, potte en panne en drie perdekarre, volledig met disselbome, met osrieme in die water laat afsak, om sodoende iets te probeer red vir hulle voortbestaan.

Voor lank - soos op vorige geleenthede - kom dieselfde groep soldate onder 'n bevelvoerende offisier weer op die plaas aan, maar hierdie keer is hulle geduld klaarblyklik op. Hulle se die vroue en kinders moet sonder enige verdere hardkoppigheid hulle mans oorreed om wapens neer te lÍ of hulle gaan baie hardhandig optree. En toe die offisier wegloop sÍ hy so terloops vir een van sy onder-offisiere "These Boer women really are remarkable; we have been starving them for months, but they are still as fat as pigs".

Wat hy nie geweet het nie was dat almal wat dit kon doen soveel moontlik van hulle klere aangetrek het, sodat sommige tot drie stelle klere en kouse opmekaar aan het, net ingeval die vyand dit ook nog wou verbrand of konfiskeer.

Nie te lank daarna breek die dag aan waar hulle weer opdaag op die werf, dieselfde offisiere en soldate as voorheen, en sonder aarseling word almal aangesÍ om die huis en elke buitegebou te ontruim. Die huis waarin die familie toe gewoon het was nuutgebou, dele daarvan nog onklaar, en van naburige plase se families het in die ou plaashuis ingetrek, terwyl ander weer in skure en buitegeboue saamgewoon het om sodoende groter veiligheid te verseker asook om die beste gebruik te maak van arbeid, voorrade kos, medisynes en ander lewensmiddele.

Van die kinders is siek, party met koors, een met masels (wat gou versprei het na andere), en daar is 'n baba van tien dae oud (Anna Maria se nuutste seun), maar almal moet onverwyld die huis verlaat, sonder enige uitsonderings, en op die werf vergader. Ons word beveel om alles moontlik na buite te dra, en natuurlik was ons eerste gedagte om te red wat vir ons die kosbaarste was. Toe moet ons vind dat juis hierdie kosbare persoonlike goed eerste deur die vlamme verteer ward. Terwyl ons staan op die werf, word die blaaie van ons familie-bybel gebruik om die hele huis aan die brand te steek. Anna Maria maak 'n wanhopige poging om van die vlamme te blus, maar sy word platgeslaan deur 'n soldaat. Daardie dag het die trane gevloei soos nog nooit tevore of daarna nie. Om die waarheid te vertel, na hierdie vreeslike dag het niemand meer trane oorgehad om te stort nie, net hartseer en bitterheid het oorgebly.

Ons plaas word stelselmatig verwoes soos al die ander om ons - ons het niks oor nie, ons landerye staan in vlamme, alles kaal, verbrand en verdelg. Toe begin hulle op die oorblywende plaasdiere: 'n paar perde, beeste, varke, skape en pluimvee. Ons karperde en 'n paar stuks vee het ons die rante ingejaag, die perdekarre en ander goed lÍ nog steeds onder in die diep rivier kuil. Wat hulle nie onmiddellik kan gebruik of vervoer nie, word geskiet of doodgemaak en word net daar op die werf laat lÍ. Die onuithoubare reuk van vrot karkasse kan ons niks aan doen nie. Ons bekom 'n paar repe ou linne wat ons in asyn doop en dit dan om neuse en monde vasmaak om sodoende op 'n manier aan te sukkel. Dit is a verskriklike tyd waardeur ons moet leef voordat hulp opdaag. Ons staan op 'n kaal werf met niks, net die klere wat ons aan het, en winter is op hande. Daar is nie 'n plek waar ons kan was, of kopwas, en ons het almal lang dik haarvlegsels wat ons nie kan was of kam nie, of klere kan skoonkry nie. Die tien-dae-oud baba het geen klere of doeke nie, net wat hy aan sy liggaampie het. NÍrens is daar enige noodsaaklikhede of lewensmiddele nie. Anna Maria is in 'n bedenklike toestand na hierdie laaste bevalling en kan nie self haar baba versorg nie. Die bietjie kos wat op verskillende plekke weggesteek is was te min en dit word nodig om alles te rantsoeneer, sodat elkeen 'n gelyke deel kan kry. Van ons tydelike bewoners op die plaas word teruggestuur na hulle eie plekke om enigeiets moontlik bymekaar te kry - miskien 'n paar artappels of wortels nog in die grond, of eiers, of 'n verdwaalde hoender - enigeiets wat gebruik kan word. Ons probeer skuil in die oorblyfsels van die huis, skure en waenhuis, want tot die seile en tente wat ons besit het was verbrand. Ons probeer beskermings maak van stukke sinkplate en boomtakke, maar dit is skaars genoeg vir die babas, siekes en klein kinders.

Op een van ons wegsteekplekke is daar 'n paar kerse saam met die kosware, sodat ons 'n flou liggie het in die pikdonker nagte. Hier is net verwoesting en die dood, en die oorheersende angs en vrees wat nie vir 'n enkele oomblik weggaan nie.

Agt dae gaan verby voordat 'n klein groepie burgers van ons plaaslike kommando opdaag om hulp te verleen, veral met die verwydering van die verrottende diere-karkasse. Die mans slaag daarin om party van ons vee en perde in die rante aan te keer, en hulle help om ons goed onder uit die waterkuil te haal. Die kommando-lede vertoef net totdat die nodigste werk gedoen is, dan moet hulle weer na ander plase waar hulp ook nodig is.

Maar nou kom daar uit 'n ander oord nog veel erger. Waar die vyand self nie kon uitkom nie, stuur hy sy swart hordes, gewapen met gewere en patrone, wat as deel van die Britse leŽr optree en wat die verwoesting en verskrikking van die troepe voltooi.

Vicky
24 Aug 2006, 12:55
Daar kom 'n groepie swartes op Vredefontein aan, soek kammakastig werk nadat ons maande laas 'n plaaswerker gesien het, en onmiddellik keer hulle ons karperde aan, en trek weg met hulle.

Nou sit ons met drie perdekarre, maar sonder trekdiere, en sonder hulp van buite kan ons niks doen nie. Na 'n paar dae kom ene Dolf Britz by ons aan. Hy is 'n Kapenaar wat vrywilliglik vir die Vrystaat kom veg, saam met sy baie Vrystaatse familie. Hy is 'n besondere dapper, onverskrokke man, en dit word van hom gesÍ dat hy vir geen duiwel stuit nie. Ons vermoed hy het 'n oog op Mooi Annie, want hy kom verneem na ons welstand en kom help ons so dikwels as wat sy pligte dit toelaat. Hy word woedend toe hy sien wat met ons gebeur het, en die haglike omstandighede waaronder ons moet leef. Kort na sy aankoms daag daar 'n enkeling swarte ook op, om te vra vir kos en werk, en dadelik vermoed Dolf dat alles nie pluis is nie. Hy verneem na die man se omstandighede en waar hy voorheen gewerk het, en Dolf vertel ons hy dink die man is waarskynlik 'n spioen vir die Engelse.

Dolf laat die man oornag op die plaas, maar sy gedrag word al hoe meer verdag, en kort na sonop sÍ Dolf dat hy nie meer enige twyfel het nie. Almal wil weet, wat moet ons nou doen? Dolf sÍ hy sal met hom afreken. Hy maak 'n plan om die man met 'n spantou vas te maak en visenteer sy klere, en daar kry hy duidelike bewys van meneer se spioenasie-werk. Dolf maak die man los en se vir hom "hardloop die veld in, so vinnig as jy kan", met Dolf agterna op sy perd.. Hy ry 'n end vooruit en toe die man stilstaan skiet Dolf hom op die plek dood. Met perd en spantoue sleep hy die lyk tot by 'n nabye sloot en daar laat hy die spioen, in 'n vlak graf wat Dolf met los klippe bedek.

Dolf is weg om hulp te ontbied, maar ons was reeds vroeŽr deur die Verkenners gewaarsku dat die moord-bendes in ons omgewing rondbeweeg en alles verder uitmoor en verniel. En binne 'n dag of twee kom hulle op ons werf aan. Ons het vroegtydig skuiling gaan soek in die slote en spelonke van die nabyliggende koppies, 'n teisterende ontbering veral vir siekes en babas. Voor lank is Dolf terug met 'n klein groepie kommando-lede, en hulle sit die bendelede, weg met ons perde en vee, agterna, en voor lank kry hulle ons perde terug, en agtervolg die bende om met hulle af te reken. Binnekort was almal op 'n naburige plaas vasgekeer, waar die leier en 'n groep van sy makkers in 'n spelonk weggekruip het, vanwaar die bende baie goed weerstand gebied het. In hierdie geveg is twaalf van die bendelede doodgeskiet. 'n Besonder dapper jong burger van ons kommando (ek kan nie meer sy naam onthou nie) het vrywilliglik die spelonk binnegegaan om die leier te gaan uithaal, en na 'n kort rukkie se rumoer bring hy hom lewendig uit die spelonk.

Van al die oorblywendes is 18 volwassenes tot die dood veroordeel en almal is opgehang. Die Hof wat die oordeel gefel het was net onlangs gestig in Kroonstad toe die Volksraad daar met sy laaste sitting byeen was. Die hof het uit drie persone bestaan van wie een 'n regsgeleerde was en het nie krygsoffisiere ingesluit nie. Dit is moontlik en ook waarskynlik dat hierdie moord-bende deur hierdie of 'n soortgelyke hof die doodstraf opgelÍ is.
En net sodat ek nie miskien vergeet om julle te vertel nie: een van Dolf Britz se Vrystaatse neefs - en daar was baie van hulle - by name Gert Britz, is na die oorlog met Catharina se oudste suster Judith getroud, en hulle het twee seuns en drie dogters gehad.

Op die dag toe ons plaas afgebrand was, skiet my pa 'n Khaki dood in 'n ander deel van die provinsie waar sy kommando werksaam was. Sy doel is om die soldaat se klere, geweer en ammunisie, en alles persoonliks te bekom sodat hy tussen die vyand kan verspied en sodoende hulle bewegings kan verstrek aan sy bevelvoerders. Hoe hy vir 'n oomblik kon dink dat hy, 'n bebaarde takhaar Boer, sonder kennis van 'n woord Engels, met soiets kon wegkom gaan die verstand te bowe. Nietemin, hy kry dit reg en is suksesvol vir 'n tyd - hy gebruik die vyand se perde, klere en ammunisie - maar voor lank word hy aangekeer en deur die Engelse aangekla as 'n spioen, wat die doodsvonnis gedra het, met onmiddellike teregstelling deur "Firing Squad". Ons het nooit die besonderhede gehoor nie, ons was nog maar klein kinders en wat ons gehoor het was vanaf grootmens-gesprekke wat bo-oor ons koppe vertel was. Ewenwel, die doodsvonnis was vir die een of ander rede teruggehou, en my pa het mettertyd by ons laer onder beskerming van President Steyn aangesluit. Hy was gesÍ as hy ooit weer 'n wapen sou optel hy onmiddellik geskiet sou word as 'n spioen. Daar was gerugte dat hy in die geheim weer aangesluit het by sy kommando, en ons onthou duidelik dat hy dikwels vir lang tydperke sonder enige verduideliking weg was, maar oŽenskynlik was hy deel van ons laer. Na die oorlog was hy een van baie wat geweier het om die eed van getrouheid af te lÍ - dit wil se 'n "Bittereinder" - en is na IndiŽ gestuur as krygsgevangene, vanwaar hy eers in 1903 teruggekeer het na sy familie en vaderland.

Maar terug by ons verdere lotgevalle. Met behulp van ons kommandolede haal ons ons paar besittings onder uit die waterkuil, en so tussen al die families saam op die plaas kry ons die nodigste bymekaar. Ons is naderhand 'n groot laer, meer as 30 waens en perdekarre en meer as 150 siele bymekaar, want baie vergader by ons op Vredefontein. Ons reis onder die algehele beskerming van Marthinus Steyn, President van die Oranje-Vrystaat. Hierdie "Vrouelaers" word gestuur na verskeie sentrale bymekaarkomplekke, en die vroue en kinders word voorsien, waar beskikbaar, met kos, klere, wapens, tente of seile, en het vir beskerming 'n paar ou mans - te oud of sieklik vir kommandodiens - tesame met 'n paar jong kommandolede, maar die jongmans bly net tydelik om te sien dat alles goed verloop voordat hulle weer by die kommandos aansluit. President Steyn kommandeer alles wat beskikbaar is sover ons reis. Soos ons ry om by die groot laer aan te sluit sien ons plase, skure, en landerye wat staan in onafgebroke vuur en vlam en orals honderde karkasse van vee. Saans slaap ons binne of onder die waens want ons sou enige ding verduur of van ontbering omkom solank ons netnie in 'n konsentrasiekamp sou beland nie. Maar selfs hier het die vyand geen genade nie, en net waar hulle 'n onbeskermde laer raakloop word alles weer verniel en verbrand en enige persone gevange geneem word dadelik na die naaste konsentrasiekamp gestuur. *

Vicky
24 Aug 2006, 13:00
Tussenin pryk nog steeds die pragtige plase, huise en landerye van ons land se pes en ondergang, die verraaiers wat as National Scouts hulle land en volk en eer prysgegee het om aan die kant van die Engelse te werk.

Verder ook die "hendsoppers" wat lafhartig hulle wapens neergelÍ het sodat hulle plase en wÍreldsgoed nie uitgedelg moes word nie. Maar selfs met hierdie soort het die vyand nie sy woord gehou nie, en voor baie lank word hierdie hendsoppers se plase ook verwoes. Ons ken baie van hulle, meeste in ons kerk, bure of selfs lede van ons families, en in baie berugte gevalle was dit broer teen broer. Almal is so verbitter teenoor hierdie mense dat daar vroeg al 'n onwrikbare besluit geneem was dat geen National Scout of hendsopper, of sy vrou en kinders, of enige lid van sy familie ooit weer toegelaat sou word in die gemeenskap nie, selfs nie ten tye van siekte of dood nie. Die kerk laat nie toe dat hulle Nagmaal gebruik nie, en dit het wel gebeur dat een so 'n persoon na die oorlog by ons huis aangekom het vir hulp van een of ander aard; hy was vir sy moeite na die agterdeur gestuur om aan te klop, en daar was sy versoek kortaf en finaal geweier.

Onder oorhoofse beskerming en toesig van Generaal de Wet en sy Verkenners ry ons in President Steyn se laer van staanplek tot staanplek. As die Verkenners sÍ 'Inspan!', dag of nag, reŽnt of kapok, span ons in en word vergesel na 'n veiliger plek. Ons was nooit gevang nie, en ons het naderhand gewoond geraak aan hierdie swerwersbestaan wat in geheel tot aan die einde van die oorlog amper twee jaar geduur het. Dit het meermale gebeur dat ons met gekniede panne brood moes inspan en vlug, en sodra ons uitspan soek Judith 'n geskikte miershoop uit, wat uitgehol word terwyl die kleiner kinders vlytig ronddraf om takkies en hout bymekaar te maak, en binnekort is daar 'n lekker vuur en voor lank is die hele kamp vol van die heerlike broodbak-geur.


*Teen die einde van die oorlog was daar 45 van hierdie konsentrasiekampe, met 'n amptelike dodetal - vasgestel deur 'n komitee onder voorsitterskap van Generaal Louis Botha en die Rooikruis - van 27,800 siele, waarvan 22,057 kinders onder die ouderdom van 16 jaar was.


President Steyn kom self dikwels kuier by al die staanplekke, hoofsaaklik om persoonlik te sien dat alles goed gaan onder sulke moeilike omstandighede. Hy ken my pa goed, en op 'n dag toe die brood weer so lekker bak kom hy aangery op sy pragtige perd en kom groet. Hy sÍ "ou Flippie, hoe het ek dit met jou - die waens is nognie eers afgepak nie, nie een vuur brand nie, net joune" en hy is verbaas dat die Van den Bergs brood bak. My pa roep vir Judith nader, en sÍ "President, dit is my oudste, Judith, en dit is die handewerk van hierdie vlytige dogter wat so goed vir ons sorg".

In Junie 1900, na afloop van 'n aantal gevegte gewen deur die burgers, veral Rooiwal waar die Kroonstad-kommando hulleself onderskei het, word daar besluit deur die twee Republieke - Transvaal en Vrystaat - om 'n Dag van Danksegging en Verootmoediging te hou, saam met 'n Nagmaal. Die geleentheid was wyd en syd bekendgemaak, en soveel siele moontlik moet bywoon, sonder om afbreuk te doen aan enige pligte of oorlogvoering. Op die bestemde dag was daar honderde mense, burgers kon in baie gevalle vir die eerste keer weer hulle geliefdes bymekaar sien, maar tussen die vreugde en blydskap was daar ook baie trane en harte vol smart vir gesneuweldes en gewondes.

Die vroue wend 'n buitengewone poging aan om iets bymekaar te skraap om dit 'n besondere geleentheid te maak. Die kinders kry gou fynhout en takke bymekaar om te sorg vir genoeg braaivleisvure. Daar is boerewors, 'n paar varsgeslagde skape en ander toepaslike vleis, daar is vars brood en roosterkoek, selfs hier en daar 'n koek gebak deur 'n dame met baie ondernemingsgees, daar is gemmerbier, melktert, en heerlike, egte vars koffie - 'n groot luukse en seldsaam gesien.

Die Nagmaal sou natuurlik die Sondagoggend plaasvind, maar die Saterdag is die ene groot plesier, 'n dag om nooit te vergeet nie. Na die gesellige middagete word almal tot stilte gemaan want President Steyn en Generaal de Wet sou albei 'n toespraak lewer. Die verrigtinge word geopen met skriflesing, dan 'n vurige gebed, en dan sing almal uit volle bors hulle mees geliefde lied

Prys die Heer met blye galme
O my siel daar's ryke stof.
Sal solank ek leef my Psalme
Vrolik toewy aan Sy lof.
En Hom wat Sy guns my bied,
Altyd groot maak in my lied.Dan uiteindelik kom die groot oomblik waarvoor almal gewag het. Nadat Generaal de Wet sy toespraak gelewer het, kondig hy die name af van die DAPPERSTE HELDE van die oorlog tot dusver, en in die lys van name is daar ook baie van ons familie en vriende en mans wie later met 'n Van den Berg dogter sou trou:

GERT BRITZ, DOLF BRITZ, HENDRIK VAN RENSBURG, ROELF BRITZ, HANS BRITZ, JAN ECKSTEEN, RUDOLF PRETORIUS ('n broer van Anna Maria), en dan ook PHILIPPUS JACOBUS VAN DEN BERG, een van die dapperste van al die helde. Stel julle voor hoe daardie gesigte gestraal het van trots en vreugde by die aanhoor van hierdie eer!

Hierdie openbare "noem van name" was ook al erkenning wat die burgers gekry het vir al hulle swaarkry en opoffering. Daar was geen "Mention in Despatches", geen Military Medal of Victoria Cross soos by die Engelse nie. By die vyand was erkenning en militÍre eerbewys alles en hulle was te alle tye bereid om hulle lewens neer te lÍ vir sulke erkenning

Die mans, vroue en kinders van die Oranje-Vrystaat het tot die bitter einde aangehou veg teen 'n oorweldigende oormag, en honderde van hulle het met die stryd aangehou selfs na die Vrede van Vereeniging in Mei 1902, deur hulle weiering om wapens neer te lÍ en die Eed van Getrouheid te versmaai. Vir hierdie trotsering van die veroweraar se voorwaardes was honderde verban na verre lande: St. Helena, Ceylon, Bermuda, IndiŽ.
Een van die laaste aantekeninge in my boekie van die stories aan my vertel deur Catharina is dat Vise-President van die Oranje-Vrystaat, Schalk Burger, persoonlik gereis het van kamp tot kamp om die verpletterende nuus oor te dra van die onvoorwaardelike oorgawe van die twee Republieke, en oral waar hy die nuus meegedeel het kon hy dit nooit regkry om te verhoed dat sy trane oor sy lang wit baard gevloei het. President Marthinus Steyn was bedlÍend siek vir etlike maande voor die einde van die oorlog. Ten tye van die vredesonderhandelings was sy toestand ernstig, en het hy nie een van die onderhandelings of die Vredesverklaring bygewoon nie.


*Anna Maria se tien-dae-oud babaseun, Hendrik, het sy ongunstige toetrede tot die lewe oorleef en het 'n kranige jongman geword. In die loop van tyd het hy 'n Mej Kobie de Wet ontmoet en hulle is getroud. Hulle het drie seuns en 'n dogter gehad.

Vicky
24 Aug 2006, 13:07
ADDENDUM
26 September 1998

Teen die einde van 1900 het die Britse leŽrbevel besluit op die verwoesting van plase, oeste en lewendehawe, en die verwydering van vroue en kinders na konsentrasiekampe, waar derduisende beswyk het. Statistieke as volg:
Die Boere-Hulpkomitee onder voorsitterskap van Ds. A.J. Louw van Heidelberg het deur middel van die Kerkrade begin met 'n statistiek van diegene wat deur die oorlog doodgemaak is. Die hoofkomitee van "Het Volk" onder leiding van Generaal Botha het die saak verder gevat en deur middel van die Veldkornette en die personeel van die Rooikruis getalle bekom. Die statistieke opgawes bewys nou volledig deur naam, datum en distrik van die oorledene sowel as die oorsaak en die plek van oorlye, hoeveel daar van ons volk tydens die oorlog omgekom het. In die 45 konsentrasiekampe of vrouekampe is daar omgekom:

Getroude vroue 3,288
Jong dogters bo 16 jaar 825
Jong seuns bo 16 jaar 209
Kinders onder 16 jaar 22,057
Totaal vroue en kinders 26, 379
Ou manne 1,421
Groottotaal in die kampe gesterf 27, 800

Die statistieke opgawes bewys verder dat daar tydens die oorlog die volgende ook hulle lewens ingeskiet het:

Gesneuwel en aan wonde dood 3,990
Op kommando dood aan siekte of ongeluk 1,081
Omgekom in 21 krygsgevangeniskampe 1,118
Totaal gesterf in diens van land 6,189

Daar was geen noukeurige opgawes van manne, vroue en kinders wat tuis of deur te vlug in die veld dood is nie. 'n Beraamde berekening bring dit op omtrent 2,000 persone, wat so weens blootstelling en honger ontydig aan hulle end gekom het.

So het ons dan vanaf Oktober 1899 tot Junie 1902 van ons Afrikanerbevolking in die graf sien lÍ

Burgers op Kommandodiens 6,189
Vroue en kinders in konsentrasiekampe 27,800
Deur blootstelling en ontbering 2,000
Groottotaal 35,989

Copyright Suzanne van den Bergh. April 2006.
South African Military History Society (http://samilitaryhistory.org/)/ scribe@samilitaryhistory.org (scribe@samilitaryhistory.org)

Bron (http://samilitaryhistory.org/oumaabw.html)

Vicky
24 Aug 2006, 21:10
OUMA SE STORIES
HOOFSTUK 3
OUPA WILHELM VAN DEN BERGH - OP KOMMANDO

Vandag, 11 Oktober 1999, is dit presies eenhonderd jaar gelede sedert die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog. Oupa Wilhelm Johannes van den Bergh was toe 'n jong man van twintig jaar en agt maande. Hy was op 13 Februarie 1879 gebore op die plaas Du Toitskuil, distrik Boshoff, Oranje-Vrystaat. Toe die oorlog uitbreek was hy en sy familie woonagtig op die plaas 'WelgeleŽ' in die distrik Edenville, Oranje-Vrystaat. Hy was een van twaalf kinders, waarvan twee oorlede is as klein babas, dus met vyf seuns en vyf dogters oorlewend.

Wilhelm was die vyfde kind (twee ouer broers, twee babas oorlede, en daarna kom Wilhelm).

Met die uitbreek van oorlog was hy, sy twee ouer broers Nicholaas en Christiaan, en 'n vriend, Fanie Malan, dadelik opgeroep in dieselfde Kroonstad-kommando as Ouma Catharina van den Berg se pa Flip, haar swaers en ander familie (Gert Britz, Dolf Britz, Hendrik van Rensburg, Jack Ecksteen, Roelf Britz, Hans Britz en Rudolf Pretorius, Catharina se ma se broer.) Hulle was onder bevel van Kommandant Coen Nel, en Veldkornet Petrus Haefle, 'n familielid van Wilhelm se ma. Die kommando waarvan hulle deel was het aangesluit by Waarnemende Kommandant C.R. de Wet, later benoem tot Veggeneraal na sy oorwinning by Nicholsonsnek, en het hierdie groepie familie en vriende dwarsdeur tot die einde van die oorlog onder Generaal de Wet geveg.

Dit sal miskien vir julle interessant wees om te hoor hoe hierdie groepie mense moes voorberei vir oorlog.

In September 1899 is die burgers van die Oranje-Vrystaat aangesÍ om hulle volgens die Kommandowet van Mei 1899 gereed te hou om op die kortste moontlike kennisgewing opgeroep te word. Die Kommandowet het bepaal dat elke burger van 16 tot 60 jaar oud elke oomblik gereed en bereid moet wees om vir sy land te veg. Die wet bepaal ook dat landdroste tydens kommandodiens wapens en ammunisie kon uitreik aan persone wie dit nie self kon bekostig nie. Die wet bepaal ook dat elkeen wat opgeroep word, met sy eie ryperd, saal en toom, geweer en tenminste dertig patrone - of 'n halwe pond kruit, dertig koeŽls en doppies - sowel as kos vir agt dae gereed moet wees. Die wet het nie vasgestel hoeveel kos dit moes wees nie, of die aard daarvan - die burger moes sorg vir kos vir agt dae en hy moet self weet hoeveel en wat hy vir die agt dae sou nodig he. Dit was 'n vaste reŽl onder die burgers dat die rantsoene gedeeltelik sou bestaan uit biltong of wors, 'n soutribbetjie waar beskikbaar, brood, beskuit en ander noodsaaklikhede.

Dit was nie lank nie voordat die burgers op 2 Oktober 1899 tot aktiewe diens opgeroep is.

OUPA WILHELM VAN DEN BERGH - OP KOMMANDO

Oupa Wilhelm vertel: Die afdeling perderuiters vanaf Edenville is vroeg-vroeg alreeds by die huis van die Veldkornet. Die jonges onder die klomp is vol heldemoed, pronk met hulle perde, en die een probeer beter lyk as die ander met hulle wyerand hoede, bandoliers vol patrone en geweerlope wat skitter in die son. Hier en daar is een wat spog met 'n volstruisveer in die hoed se rand, maar hulle makkers maak soveel grappe dat hierdie windmakerigheid gou op 'n end is.

Daar was gemaan dat vroue verkieslik nie na die bymekaarkamplek moet kom nie, maar die Veldkornet se vrou is daar en word gou bygestaan deur 'n hele aantal ander, en voor lank bedien hulle koffie en beskuit.

Die Veldkornet roep almal gou tot orde, hy vra vir een van die ouderlinge om hom by te staan met skriflesing en gebed, en almal kniel eerbiedig met ontblote hoof, geweer aan die sy, tot dit klaar gelees en gebid is, en almal 'n psalm saamsing.

Ons ry almal in 'n baie meer ernstige gemoed, twee-twee in die stowwerige pad af, op pad na Generaal de Wet by Kroonstad, en ons besef skielik dat die oorlog nou begin het.

Die Krygskommissie het bepaal dat die kommandos van Heilbron,(de Wet se wyk), Vrede, Harrismith, gedeeltes van Bethlehem, Winburg en Kroonstad saam na die Natalse grens moet opruk. Toe begin die kommandolewe. Die agt dae van burgers se self-onderhoud met kos is gou verstreke en dit word die plig van die regering om kos te voorsien. Meel, mieliemeel, koffie en suiker word uitgedeel, en daar word beeste en skape geslag wat in porsies uitgedeel word deur 'n "vleiskorporaal". Om onpartydig en regverdig uit te deel staan hierdie man met sy rug na die toustaners en gee hy oor sy skouers vir elkeen 'n deel sonder om uit te soek - met baie klagtes en rusiessamegaande tot tyd en wyl almal meer of min aan die stelsel gewoond geraak het. Die burger maak sy eie vleis gaar (braai of kook) en hulle maak roosterkoek en vetkoek en 'n soort kluitjie (dumpling) wat hulle saam met die vleis kook of in warm vet braai - dan noem hulle dit "stormjaers" of "maagbomme".

Alles van die geslagde karkasse word opgebruik, teenoor die Engelse soldaat wat sy daaglikse "rations" kry: sout, suiker, tee, "biscuits", blikkiesvleis ens. Later in die oorlog toe die vyand begin om die plase uit te roei, konfiskeer hulle alle pluimvee, skape, beeste, maar sny net af wat hulle dadelik wil gebruik en laat die oorblywende gedeeltes netso vrot word op die grond.

Oupa vertel verder: taamlik vroeg in die oorlog, nog in die Vrystaat, ry ons op kommando en word skielik aangeval deur 'n aansienlike troep Engelse. Ons was totaal oortref in getalle, en binnekort was ons groep in twee dele uitmekaar geskei, die kleiner groep op die linkerhand van die skermutseling, dan 'n lang uitgerekte enkel lyn van Boere, en met 'n groter groep 'n end daarvandaan aan die regterhand. Ons het geen verbindingsmiddele nie, maar ons kry wel 'n boodskap dat die linkerhandse groep hulle posisie sou verlaat, en nadat die regterhandse groep vegtende gebly het so lank hulle kon, het hulle die bevel gekry om te ry na 'n voorafbepaalde bymekaarkomplek. Ek, my twee broers Nicholaas en Christiaan en Fanie Malan was deel van 'n groep wat saam weggejaag het, maar ons het skaars ons perde die spore gegee toe die een man gekwes was, dodelik verwond, sodat ons weer moes stilhou. Die verwonde man het besef dat hy binne oomblikke sou dood wees, toe dring hy daarop aan dat ons ander dadelik moet wegjaag. Ek het skaars weer my perd bestyg (en volgens ander se onpartydige getuienis was *Wilhelm 'n uitstekende perderutter) toe 'n fratsskoot my tref, maar net deur die metaalgespe van my ammunisie bandolier+, wat agter die perd afval. Binne oomblikke het ek my perd ingetoom en teruggegaan vir my bandolier, sodat ek met net 'n paar treŽ voorsprong kon wegkom by die Engelse. Ons paar burgers het veilig by die aangewese plek teruggekom, maar daar word ek voor die kommandant gebring om verslag te doen oor my optrede.

Die kommandant gee my 'n verskriklike skrobbering, tesame met 'n lesing oor my verpligtinge teenoor die kommando en my mede-burgers, en hy vererg hom nog verder oor ek vra "maar hoe wil julle nou hÍ moet ek sonder ammunisie oorlog maak?".

'n Ander gebeurtenis waarvan Oupa Wilhelm vertel het was toe hy en sy swaer Hans Britz, op verkenningspatrollie was en het skaars daarmee begin toe hulle binne-in 'n Engelse kamp beland. Hans - van wie dit gese was dat hy die dapperste en mees onverskrokke man was - het dadelik uitgeroep "Willem, ek sal hulle weglok - jaag jy en gaan waarsku die vroue- en kinderlaer".

Teen die tyd dat alle hoop al verlore was dat Hans ontsnap of oorleef het, daag hy op by die laer met 'n groot ophef en lawaai. Hy skreeu aanhoudend "moenie skiet nie, moenie skiet nie, dis Hans Britz" teryl hy aangejaag kom op 'n Engelsman se perd. Die burgers was klaar oorgehaal om op die Khaki te skiet, want Hans is aangetrek in 'n Engelse soldaat se uniform.
Nadat hy gerus en geŽet het, vertel hy sy kant van die storie. Toe hy Willem sien wegjaag laer-toe, gee hy sy perd die teuels en hy jaag dwarsdeur die Engelse kamp tot by die waterstroom waar hulle staan. Hy ry sonder dat 'n koeŽl hom tref en digby die rivier spring hy van sy perd af, saal af soos blits, en gee die perd 'n paar klappe sodat die getroue dier in die stroom afloop.

Die gebied waar die Engelse gekamp het was digbegroei, met baie bome en digte waterriet. Hy gebruik sy saal en saalsakke om hom dryfkrag te gee, want hy gaan na die heel diepste deel van die rivier.

Hy breek waterriete af om deur asem te haal wanneer die Engelse naby soek, maar hulle kry hom nie. So bly hy in die water vir 'n nag en nog 'n dag totdat die vyand oppak en wegry. Soos hy verwag het, kry hy nie sy eie perd nie, en gaan versigtig in die rigting van die Engelse agterna totdat hy'n paar van die stadige agtergeblewenes kan dophou vir die geleentheid om perd, kos en ammunisie te bekom. Dit is ook nie lank nie voordat hy hierdie plan uitvoer. Hy bespied en bekruip die een soldaat, en kry dit reg om sy vuurwapen te bekom. Hy skiet die soldaat op die plek dood, trek sy klere aan, en jaag dan terug tot by die laer waar hy met 'n groot lawaai op 'n nippertjie na sy eie dood ontkom.

* Op Oupa Wilhelm se negentigste verjaarsdag voer 'n koerantverslaggewer met hom 'n onderhoud om eerstehands te verneem van "die ou dae van 'n Oudstryder" en onder andere vertel Wilhelm self "My groot liefde in die lewe was en bly steeds perde. Ek was vyf jaar oud toe ek die eerste keer perd gery het, en op sewe het ek van die vurigste hingse ingebreek. Selfs vandag sal 'n perd my nie sommer afgooi nie. As ek eers in die saal is, kan ta maar spring soos hy wil, hy kry my nie af nie".

+ Hierdie bandolier is in besit van Willie van den Bergh Jnr

Vicky
24 Aug 2006, 21:12
OUPA WILHELM VAN DEN BERGH - OP KOMMANDO
SAAM MET GENERAAL C R DE WET - RIETFONTEIN

Oupa Wilhelm van den Bergh - tesame met sy broers Nicholaas en Christiaan, en hulle vriend Fanie Malan - het vanaf die begin van die oorlog in Oktober 1899 geveg onder bevel van Kommandant Coen Nel en Veldkornet Petrus Haefele ('n broer van Oupa Wilhelm se ma), almal van die Kroonstad-kommando. Hulle het aangesluit by die kommandos van Heilbron (de Wet se wyk), Vrede, Harrismith, gedeeltes van Bethlehem en Winburg, en hulle is dadelik beveel am na die Natalse grens op te ruk. Die namiddag van 11 Oktober 1899 om vyfuur was die tyd verstreke wat deur die Zuid-Afrikaanse Republiek gestel is om van Engeland te eis dat sy troepe van die grense teruggetrek moes word. Engeland het dit nie gedoen nie, en die Republieke het dus in 'n staat van oorlog verkeer.

Die Kroonstad-kommando het deelgeneem - gedurende Oktober, November en Desember 1899 - aan die gevegte by Rietfontein, Nicholsonsnek, Harrismith, Ladysmith, Tugela, Colenso en Spioenkop.

Die eerste groot geveg waaraan die Vrystaters, insluitende die Kroonstad-kommando, deelgeneem het, was by Rietfontein op 24 Oktober 1899. Volgens wat Generaal de Wet vertel van die geveg in sy boek "Die Stryd tussen Boer en Brit", het slegs 1,000 Vrystaters met een groot kanon aan die slag deelgeneem, waarvan Kommandant Nel van die Kroonstad-kommando aan die westelike vleuel dit die drukste gehad het. Waar de Wet was - meer aan die oostekant van die koppies wat 'n half-sirkel gevorm het - het die burgers minder gehad om te verduur. Maar al die burgers, waar hulle ook was, het dapper geveg. Elke stelling is behou, en alhoewel daar voortdurend diegene was wat gesneuwel of gewond neergeval het, was daar gedurende die hele slag geen teken van vlug nie.
Die Boere se posisies was so gelee' dat die vyand in klein klofies kon nader kom sonder om onder skoot te kom voordat hulle baie naby aan die Boere-stellings was. Waar hulle te voorskyn gekom het, het die Boere so 'n ontsettende en onafgebroke vuur op hulle gerig dat hulle nerens nader as tweehonderd tree kon kom nie.

Die Boere se kleingeweer vuur op die Engelse het tot ongeveer drieuur in die middag voortgeduur. Toe die vyand sien dat hulle nie die Boere-stellings kon verdryf nie, het hulle teruggetrek na Ladysmith. Kort daarna het de Wet en sy staf oor die slagveld gegaan maar daar was nie baie dooies en gewondes nie, want hulle is tydens die slag weggedra. Die Burgers het vanaf 'n hoe kop gesien hoe die Engelse dit doen. Van de Wet se manskappe was elf dood en een-en-twintig gewond.

OUPA WILHELM VAN DEN BERGH OP KOMMANDO
SAAM MET GENERAAL DE WET - NICHOLSONSNEK

Kort na die geveg by Rietfontein is die Vrystaters in nog 'n geskiedkundige geveg - Nicholsonsnek. Die kop met 'n effense plat kruin moes deur 'n gedeelte van Kommandant Coen Nel van Kroonstad se burgers bewaak word, maar deur die een of ander nalatigheid van hierdie groep is die kop deur die Engelse beset. De Wet besluit om die kop met driehonderd man te bestorm - twintig van Kmdt. Nel se burgers was ook hierby, ook Oupa Wilhelm, sy broers Nicholaas en Christiaan en Fanie Malan, en het hulle almal aan hierdie bestorming deelgeneem. Daar was haas geen skuiling vir die Boere nie, en het hulle alvegtende van posisie tot pasisie beweeg, en het mettertyd die ou klipkraal murasies waaragter die vyand geskuil het, ingeneem, 'n posisie vanwaar die vyand binnekort gewyk het. Na 'n verskriklike en onophaudende kruisvuur van agter die kraalmuurverskansings en groot rotsblokke het die vyand sy posisies begin verlaat en na 'n kort rukkie was daar oral vlae gesien opgaan. Die vyandige vuur het vir 'n tyd gestaak maar kort nadat ons vuur gestaak was - terwyl ons voorwaarts beweeg - begin die skietery weer, maar die Boere het met dubbele erns teruggeskiet, en nie lank daarna gaan oral wit vlaggies op en die slag is gelewer.

Boereverliese word aangegee deur Generaal de Wet as vier dood en vyf gewond, met 'n geskatte oormag van vyfmaal soveel Engelse as Boere. Volgens Generaal George White was die Boereverliese 16 dood en tussen 50 en 75 gewond. Sy amptelike verslag van Engelse verliese is 70 offisiere en ander manskappe dood, terwyl 249 offisiere en manskappe gewond is, met 'n verdere 10 offisiere en 917 ander manskappe vermis of krygsgevange geneem.

Dit was 'n besondere warm dag, 30 Oktober 1899, en almal het vreeslik doars gely, want daar was geen water nader as 'n myl van die berg nie. Die lyding van die gewondes het de Wet verskriklik gepla en hy het sy burgers beveel om die gewondes na skadubome te dra; die manskappe het ook vir die gewondes water aangedra in die waterkannetjies van krygsgevangenis. De Wet en sy burgers het tot sonop op die berg gebly. Behalwe 'n aantal kanonne het hulle meer as duisend Lee-Metford gewere, twintig kiste patrone en 'n klomp pakmuile en perde bekom.

Na sonop het hulle na die laer afgedaal, wat hulle teen agtuur bereik het. Aangesien die manskappe die vorige dag geen kos gehad het nie, was dit 'n groot genoeŽ om vleis op die spit te braai, tesame met 'n paar stormjaers en heerlike bekers koffie. Hulle is daardie nag van brandwag en gewone nagdiens verskoon, en het na die vermoeienis van die vorige dag hulle slaaprus uitermate geniet.

Op 9 Desember 1899 ontvang Generaal de Wet vanaf Staatspresident M.T. Steyn 'n telegram met die versoek om in die hoedanigheid van Veggeneraal na die westelike grens te gaan, welke aanstelling gevolg het op sy briljante taktiek en sukses by Nicholsonsnek.

Vicky
24 Aug 2006, 21:16
OUPA WILHELM VAN DEN BERGH OP KOMMANDO
SAAM MET GENERAAL C.R. DE WET IN NATAL

Oupa Wilhelm het my self net 'n paar gebeurtenisse vertel van hierdie oorlog in Natal, behalwe dat hy dit onthou as een van verskriklike ontbering. Hulle was by Ladysmith en weer by Colenso vir dae verskans, en by die Tugela was hy en sy groep vir agt dae vasgekeer in die verskroeiende son, in sig van die rivier maar geen manier om daar uit te kom nie. Hy was veral vie somdat hy en sy makkers nie betyds 'n loopgraaf kon maak nie - die terrein was in elk geval nie geskik vir loopgrawe nie - en hulle het vir 'n hele agt dae in slote in die rante gele" met net die allernodigste van kos en water wat snags aangedra was, om aan die lewe te bly.

In die slote en loopgrawe aan die voet van die rante agter die Tugela le" Generaal Louis Botha met 7,000 man, en vyf kanonne onder Kaptein Lood Pretorius. Twee dae lank laat Buller daardie rante woes bombardeer; toe dink hy die vyand is uitgedelg. Hy het met sy verkyker gekyk, en waar hy nie Boere sien nie, kan daar ook nie Boere wees nie. So het hy gedink, sÍ Generaal Kemp. Noord van die rivier het sowat 2,000 Vrystaters gewaak dat die Britse oormag nie vir Generaal Botha in die weste omvleuel nie; hulle kon dus nie regstreeks aan die slag deelneem nie, alhoewel sovele Vrystaatse wrywilligers wel deelgeneem het. Botha se plan was om die Engelse voorhoede eers oor die rivier te lok en die Britse strydmag dan met een klap verpletter. Daarom verbied hy die burgers ten strengste om die Britte se vuur te in die minste te beantwoord, terwyl liddietstof van barstende kartetse twee dae lank in die loopgrawe en slote walm.

Sir Redvers Buller was in Desember 1899 nog steeds die Engelse se opperbevelhebber, en Oupa Wilhelm, net 20 jaar oud, het vir Buller met 'n paar sinne afgekap, wat hy meer as 50 jaar later aan my vertel het. "Uit die totale Engelse Opperbevel was Redvers Buller, of soos ons hom almal genoem het ou Rooivers Bul, die heel onnoselste en het hy vir sy soldate die meeste verliese en swaarkry veroorsaak. Hy was vir ons burgers 'n groot grap, en ons het kringe om hom en sy troepe gemaak."

Buller het so diep onder die indruk gekom dat daar nie Boere onmiddellik agter die rivier was nie, dat hy agter hulle laat spioeneer het ten einde hulle aftog te kan afsny, en besluit het on 'n frontlinie aanval te doen. Teen middernag berig Botha se spioene dat die Engelse klaarmaak om aan te val, en om 5-uur die oggend kom die blom van die Britse lee"r - 20,000 man - sewe myl breed oor die vlaktes gemarsjeer. Die Boere begin te gou skiet, nog voordat die voorpunt die wa-brug bereik; Botha het vroe"r die treinbrug in die lug geblaas, maar nie die wa-brug nie. Maar die spanning was te geweldig, veral na die twee dae se bombardering, en die versoeking vir Kaptein Pretorius is te groot om met sy kanonne los te brand net voordat die vyand vir die stormloop ontplooi.

Terwyl die Britse artillerie bulder en 'n geweldige oormag teen die Boere se stellings aanruk, laat Botha geen enkele skoot skiet nie. Hy was vererg omdat sy bevel verontagsaam was, want sy plan was om die vyandelike mag deur die rivier in twee te sny.

Kort na aanvang van die geveg kom Kolonel Long met twaalf Armstrong-kanonne aangejaag en stel hulle reg voor die posisie ten ooste van die spoorlyn waar Oosthuizen en Kemp se manne die bediening en bespanning in 'n kits wegskiet. Botha het die vuur laat staak om die kanonne onder die Mauser-vuur in te lok. Toe hulle eenmaal tot stilstand kom gee hy hulle geen kans om 'n skoot te skiet of om weg te kom nie.
Nou is die probleem van die Engelse hoe om daardie kanonne weer weg te kry, en hoe die soldate wat reeds vroeg die mo"re platgeval het, uit die gevaarstreek kan kom. Hulle le" daar in die skroeiende son en bak en vergaan van die dors terwyl die Tugela se water by hulle verbyruis. Maar as een durf roer sif die koee"ls deur sy lyf. Kapteins Schofield, Congreve and E.F. Roberts wend heldhaftige pogings aan om die kanonne te red en laasgenoemde, Lord Roberts se enigste seun, word dodelik verwond. Twee kanonne word uitgebring maar die ander met die twaalf ammunisiewaens bly net so staan en weldra laat Buller langs die hele linie die aftog blaas. Teen vyfuur die agtermiddag haal die Boere die kanonne in, en hulle hensop nog 'n 80 Engelse in die dongas daar. Boere-verliese in die slag was 6 gesneuwel en 23 verwond; volgens die "Times History of the War" is 145 Engelse gedood, 762 gewond en 220 gevange geneem, behalwe die tien kanonne en twaalf ammunisiewaens vol kanon ammunisie.

Hierdie gevegte het plaasgevind gedurende Desember 1899.

OUPA WILHELM VAN DEN BERGH OP KOMMANDO
SAAM MET GENERAAL C.R. DE WET - COLENSO

Ds. Kestell wie ook op kommando was het die slag van Colenso ook meegemaak en skryf daaroor "Dit was 'n verskriklike dag - 'n dag wat niemand wat dit deurleef het ooit kan vergeet nie. Dit was onuithoudelik warm en ons - maar veral die arme gewondes - het onbeskryflik gely weens die dors. Om vyfuur die middag het enkele groot druppels teen die rotse gespat. Dit blits en dit donder. Dit raas teen die gebulder van die kanonne. Dit reŽn naderhand so hard dat die bloed van die gewondes afgewas word. Nou juis verdubbel die vyand sy pogings en veg nog harder as ooit in die dag. Maar hulle kan ons nie verdryf nie. Toe die reŽn so hard val op ons, kan ons ons dors les. Ons het dammetjies in ons reŽnjasse gemaak, die water daarin opgevang, en dit dan uitgesuig. Ook het waterstrome van die swaar reŽn deur die klippe geskiet en ons kon tot versadiging drink".

Die groot geveg by Colenso, waar die burgers so 'n skitterende oorwinning behaal het, het op 15 Desember 1899 plaasgevind. Oupa Wilhelm het self nie baie vertel oor hulle deelname nie, maar wat hy baie duidelik onthou en van vertel het was die gebeurtenis dat hulle op 16 Desember 1899 'n plegtige viering van Dingaansdag gehou het op die slagveld van Colenso. Die naam Dingaansdag was altyd in algemene gebruik, tot enkele jare gelede voordat die naam verander was na Geloftedag, en nou het dit geheel en al verdwyn en het geen naam meer nie.

Die dag is plegtig in ere gehou op die slagveld van Colenso vanwaar Doringkop sigbaar was. Die Voortrekkers het byna 62 jaar vroeŽr op 17 Februarie 1838 gevlug uit die Moordspruit ramp na Piet Petief se laer op Doringkop.

Generaal Schalk Burger het op 'n kanonwa gestaan en die burgers roerend toegespreek. Aan die einde van die plegtigheid het hy die Voortrekker Gelofte herhaal:

Hier staan ons voor die Heilige God van Hemel en Aarde om 'n Gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring, en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sÍ dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van die oorwinning aan Hom te gee.

Vicky
24 Aug 2006, 21:19
OUPA WILHELM VAN DEN BERGH OP KOMMANDO
SAAM MET GENERAAL C.R. DE WET - ROOIWAL

In sy boek "Die Stryd Tussen Boer en Brit" sÍ Generaal de Wet "Teen groot oormagte het die burgers geen kans gehad nie. Hulle moes dus die vyand in oorlog oortref, en die beste wyse om dit te doen was om rats te wees: rats met die geveg, rats met verkenning en, indien nodig, rats met vlug".

Hy sÍ verder "Vir die voormalige hendsoppers wat weer hulle lot by ons ingewerp het, het ons grootliks aan Lord Roberts te danke. Hy het hom nie gehou aan sy proklamasies waarin hy die eiendom en persoonlike vryheid van die burgers gewaarborg het. Hulle het gesien dat hulle die woord van die Engelse nie kon glo nie, en besorgd oor hulle eie veiligheid, het hulle weer na die kommandos teruggekeer. Ek het aan President Steyn 'n telegram gestuur waarin ek hom meedeel dat die burgers weer aansluit, en het opgemerk dat Lord Roberts die beste 'kommandeer'-offisier is wat ek ooit gehad het".

Teen die einde Mei 1900 het Generaal de Wet sowat twaalf myl vanaf Heilbron op 'n staanplek aangesluit by Kommandant Steenberg en Kommandant Olivier. Hier verdeel hy die kommandos en neem seshonderd man wat die beste perde gehad het, saam met hom (Nicholaas, Christiaan en Wilhelm van den Bergh en Fanie Malan tel ook onder hulle), en trek die aand van 2 Junie 1900 in die rigting van Rooiwal-stasie. Op pad daarheen kry hy berig van 'n konvooi wat op pad is van Rhenosterfontein na Heilbron, en op 4 Junie lÍ hy die groot Engelse konvooi voor op die plaas

Swawelkrans. Die volgende oggend vroeg, in ysige koue, het hy sonder om 'n skoot te skiet 200 Bergskotte (Highlanders) gevange geneem en 56 waens belaai met proviand buit gemaak, digby Rooiwal-stasie.

Die aand van 6 Junie 1900 stuur Generaal de Wet driehonderd man en 'n Krupp-kanon ander Kommandant Steenkamp om Vredefort-weg die volgende oggend teen sonop aan te val, terwyl nog driehonderd man met twee Krupps en 'n snelvuurkanon onder Generaal Froneman en Kommandant Coen Nel (van Kroonstad-kommando) die Engelse kamp 'n myl ten noorde van die Rhenosterrivier op 'n rant moet aanpak.

Generaal de Wet self, saam met Generaal Piet Fourie en tagtig burgers van die Kroonstad-kommando (insluitende Wilhelm, Nicholaas en Christiaan van den Bergh en Fanie Malan) met een Krupp-kanon, gaan na Rooiwal-stasie, 'n myl ten suide van die Rhenosterrivier, waar ontsaglike krygsvoorrade van die Engelse opgestapel was. Toe dit lig word het hy die Engelse by Rooiwal onder die koeŽls gesteek, terwyl sy artilleris, Kaptein Muller, hulle met groot bekwaamheid gebombardeer het.

Generaal Froneman het die Engelse by Rhenosterrivier tot oorgawe gedwing en teen half-agt die oggend was sy twee kanonne ook al by Rooiwal om Generaal de Wet te help. Nadat die drie kanonne en tagtig Mausers die Engelse nog 'n uur bestook het, het laasgenoemde die wit vlag gehys.

By Rooiwal het voorrade voedsel, klerasie, voer en ammunisie ter waarde van £800,000 (en dit in 1900 - hoeveel sou dit vandag wees?) in de Wet se hande geval, sowel as 200 krygsgevangenes, terwyl 27 Engelse daar dood en verwond is. Die Engelse daar was tydens die hele geveg stewig agter die opgestapelde voorrade verskans. Altesaam was die Engelse verliese by Rooiwal, Rhenosterrivierkoppie en Vredefort-weg behalwe die enorme voorrade, byna 200 dood en gewond en meer as 700 gevangenes. By Rooiwal is twee burgers gewond en twee dood.

Generaal de Wet het 600 kiste ammunisie, meestal Lee-Metfordpatrone, na veiligheid laat wegry en die burgers en gevange soldate die reg gegee om soveel van die voorrade te vat as wat hulle kon saamry of saamdra in die lyn van kos, klere, rookgoed, geskenkpakkies vanaf Engeland want die trein was vol possakke met geskenke veral vir wintergebruik, warm onderklere van eersteklas-gehalte, kouse, hemde, en voor lank is die perde so oorlaai dat die eienaar langsaan moet loop en lyk kompleet of hy 'n winkel gaan oopmaak. Die pad vanaf die stasie het streep-streep vol goed gele wat nie weggedra kon word nie.

Maar toe moet die vuur sy werk doen en alles wat oorbly moet aan die vlamme prysgegee word. Die aand na donker, toe hulle vyftienhonderd treŽ daarvandaan staan hoor hulle die ontploffing van die eerste bomme. Generaal de Wet het vyftien man gekies om die groot buit op verskillende plekke aan die brand te steek met die planke van kiste wat hulle oopgemaak het. Die vlamme slaan oral tegelyk uit, en hulle aanskou die mees skitterende vuurwerk wat jy kan voorstel. Tussen die donder van die grootbomme hoor hulle die dowwe ontploffing van kordiet en hoog in die lug skiet veelkleurige vuurtonge.

Dit was soos 'n nuwejaarspartytjie in die middel van die winter. Oupa Wilhelm vertel "Dit was 'n baie indrukwekkende spektakel, omtrent tagtig ontploffings, die hele spoorlyn is opgeblaas vanaf die spoorwegbrug oor die Rhenosterrivier, tot aan Rooiwal-stasie. Dit lyk soos slange wat hoog in die lug opkrul soos die treinspore in allerhande verwrange fatsoene die lug in staan, en wyd in die omtrek vind mens nog stukke yster lÍ as gevolg van die ontploffings".

Vicky
24 Aug 2006, 21:23
ALGEMENE GESKIEDKUNDIGE NOTAS OUMA SE STORIES
September 1998 ADDENDUM A
PIETER DANIEL DE WET (186l-1929) JONGER BROER VAN GENERAAL C.R. DE WET. MET UITBREEK VAN OORLOG WAS HY VELDKORNET VAN LINDLEY KOMMANDO. TUSSEN 3 JANUARIE EN 16 FEBRUARIE 1900 IS HY DEUR PRESIDENT STEYN AS WAARNEMENDE HOOFKOMMANDANT AANGEWYS.

IN JULIE 1900 HET PIET DE WET BY SY BROER AANGEKOM OM TE VERNEEM OF HY NOG KANS SIEN OM AAN TE HOU VEG, WAAROP GENERAAL DE WET HOM VREESLIK VERERG EN Sê "IS JY GEK OM SOIETS TE VRA"? PIET HET DAAR WEGGERY OM SY EIE KOERS IN TE SLAAN.

PIET DE WET, MET SES LEDE VAN SY STAF, HET OP 26 JULIE OP KROONSTAD GAAN WAPEN NEERLê. AAN DIE EINDE VAN 1900 WORD HY VOORSITTER VAN DIE VRYSTAATSE "BURGHER PEACE COMMITTEE" EN IN MAART 1901 BRING HY DIE "ORANGE RIVER VOLUNTEERS" TOT STAND OM

DIE BRITSE MAGTE MET VERKENNING BEHULPSAAM TE WEES.

DIE TWEE REPUBLIEKE HET IN DIE BEGIN VAN DIE OORLOG OMTRENT 60,000 MAN IN DIE VELD GEHAD (INSLUITENDE JONG SEUNS VANAF 12 JAAR OUD LATER IN DIE STRYD), WAARVAN ONG. 30,000 UIT TRANSVAAL WAS EN DIE RES UIT DIE VRYSTAAT. DIE BOERE WAS GOED BEWAPEN, NIE ALLEEN MET MAUSER EN MARTINI-HENRY GEWERE NIE, MAAR OOK MET MEER AS 100 KANONNE, WAARVAN AGT GROOT TRANSVAALSE KANONNE UIT VIER SESDUIM CREUSOTS (DIE LONG TOMS) EN VIER DUITSE 4.7 KRUPP-HOWITSERS BESTAAN HET. HOOF VAN DIE TRANSVAALSE STAATSARTILLERIE WAS LUIT.-KOL. S.P.E. TRICHARDT EN VAN DIE VRYSTAATSE ARTILLERIE, 'n DUITSE OFFISIER MAJ. R. ALBRECHT

DIE ENGELSE HET IN TOTAAL 400,000 TROEPE TEEN DIE REPUBLIEKE GEBRUIK (AFKOMSTIG VANAF ELKE UITHOEK VAN DIE BRITISH EMPIRE.).

GENERAAL DE LA REY (VAN DIE WES-TRANSVAAL) LAAT MAAK LOOPGRAWE, SOWAT VIER VOET DIEP, OOR DIE OOP VLAKTES, VAN HONDERD TOT TWEEHONDERD TREë VOOR DIE RANTE. DIE UITGEGRAAFDE GROND IS VOOR DIE LOOPGRAWE GEGOOI EN MET BOSSIES EN GRASPOLLE VERMOM SODAT DIE POSISIES VAN DIE BOERE OMTRENT ONSIGBAAR WAS. SNAGS HET DIE BURGERS IN DIE LOOPGRAWE GEWAAK EN SOGGENS VROEG AGTER DIE RANTE GAAN SLAAP WAAR DIE WAARNEMERS IN DIE ENGELSE BALLONNE HULLE GESIEN HET.

DIE BRITSE OPPERBEVEL HET BLOKHUISLINIES LANGS DIE SPOORWEë EN KRUIS EN DWARS DEUR DIE REPUBLIEKE LAAT BOU, EN DIE BOEREMAGTE.. DAARTEEN PROBEER INKRAAL, MAAR DIE BOERE HET MET SOVEEL SUKSES AAN DIE ENGELSE DRYFJAGTE ONTKOM, ONDANKS DIE FEIT DAT DUISENDE ONTROUE BURGERS DIE VYAND AS GIDSE GEDIEN EN HELP VEG HET, EN 00K SOVELE SWARTES EN GEKLEURDES DIE BRITSE STRYDMAG VERSTERK HET, DAT DAAR TEEN DIE EINDE VAN DIE OORLOG NOG RUIM 20,000 BOERESTRYDERS IN DIE VELD WAS, MET WAPENS, SKIETGOED, KLERASIE EN PERDE, MEESTAL VAN DIE VYAND GEBUIT, VAN WIE HULLE OOK DIKWELS DIE NODIGE KOS AFGENEEM HET.

South African Military History Society / scribe@samilitaryhistory.org