PDA

View Full Version : ABO Stories en Verhale.



Bladsye : [1] 2

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 07:18
Liefdes verhaal uit die ABO.

Hier is ʼn baie mooi liefdesverhaaltjie oor ʼn Britse soldaat uit die ABO: Jan Adrian Venter was waarnemende president van die Oranje-Vrystaat toe president Jan Brand so siek was oorsee, en later in die ABO is sy plaas Vaalbank nooit afgebrand nie, omdat hy die massiewe ou plaashuis in twee verdeel het. Aan die een kant was gewonde Boere-offisiere met Boeremeisies wat hulle verpleeg het, en aan die ander kant was daar gewonde Britse offisiere met Britse verpleegsters wat hulle weer versorg het. Die plaas het gesorg vir vars vrugte, groente, melk, kaas, eiers, en vleis, en al die gewondes is baie goed versorg. Die Boere het gesÍ hy is ʼn hanskakie en die Britte het gesÍ hy is ʼn joiner, maar al hulle ernstig gewonde generaals is soontoe gestuur, want niemand sou die huis aanval, beskadig of afbrand van Britse sowel as Boerekant nie.

Jan Adrian het besondere mooi dogters gehad, en een van hulle, Talitha Kumi, het die oog gevang van ʼn Britse offisier, George Scott. Hulle het verlief geraak en saam gaan toestemming vra om mekaar te sien. Jan Adrian het vir hom gesÍ: “Engelsman, as jy nou dadelik hier weggaan en nie weer met Talitha praat nie, of haar op geen manier probeer kontak nie, en die oorlog is verby en jy voel nog so, kan jy kom kuier, op voorwaarde dat jy jou land en jou mense vir altyd los en ʼn Boer word.” Die Engelsman is daar weg en hy is nooit weer gesien nie.

Twee jaar later, toe die oorlog eindelik verby was, het die Brit sy Boeremeisie kom haal. Jan Adrian het gesÍ hy kan haar kry, en Uncle George en Auntie Tallie Scott is getroud, hulle het uiters gelukkig saam geleef, Uncle George, ʼn tweed-wewer, het die geheim van Harris Tweed na Suid-Afrika gebring, hy het tot sy aftrede in die Tweedfabriek in die Hexriviervallei gewerk, en daarna is hulle na ʼn ouetehuis in Pinetown, waar hulle tot en met Uncle George se dood gewoon het. Aunty Tallie het daar aangebly, 32 jaar lank in totaal, tot ouderdom 92. Sy is in haar seun, Jock Scott, se huis oorlede. Ek onthou Uncle George as ʼn stewige, vriendelike ou Engelsman. Altyd met sy tweed cap op sy gemmerkleur hare, ʼn fyn humorsin en steeds dolverlief op sy Boerebruid.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 07:26
Die Dood van Generaal Manie Maritz – Moord?

Die 1988 hitte van Februariemaand se somer son by Silkaats Nek naby Brits, brand neer op die Kriminele Buro se geel drie liter Ford Sierra waarmee ek opgewonde by Oom Manie Maritz se Brahmaan Stoetery indraai. Ek is opgewonde, want ek gaan vandag vir myself uitvind of agt jaar se intensiewe studie, my eie persoonlike waarnemings en onderrig aan die hande van die land se mees erkende politieke kenners, en die vyftien jaar ondersoek ondervinding in die polisie genoeg was om my by die regte politieke oortuigings te bring, en of ek maar net soos baie ander regses besig was om my te ‘vergryp’ aan sameswerings teorieŽ oor die uitverkore volk en andere.

Agt jaar vantevore is ek as jong konstabel op grond van my onophoudelike navrae en belangstelling verwys na iemand wie Jan alleman nie maklik by sou kon uitkom nie. Daar het ek as 24 jarige jong man Generaal Manie Maritz se boek, ‘My Lewe en Strewe’ bekom. “Seun, hierdie boek het die generaal se dood beteken” vertel die ou belese boek versamelaar my...”Jy sal drukkers foute in die boek vind want daar was jag op die generaal gemaak om hierdie boek nie te publiseer nie. Hy het die boek in dele en in die geheim by verskillende drukkerye laat druk. Die boek was onwettig verklaar, maar die generaal was polities so onverskrokke as wat hy op die slagveld was, en hy was vasbeslote om sekere dinge by sy volk tuis te bring ...” Oom Piet Malan het sy breŽ sterk hand op my skouer geplaas ...” Lees hierdie boek deeglik, jou lewe gaan drasties verander, wees net versigtig met wie jy hierdie dinge deel ou seun. Praat eers met die manne wat die pad geloop het voordat jy goedsmoeds met hierdie dinge omgaan, anders gaan daar vir jou deure toegaan. Kyk dinge uit, volg die politiek deursigtig, steek kers by mense op, groei in die dinge...Generaal Maritz is vermoor as gevolg van die boek, maar dit is toegesmeer, sy seun weet alles...” Ek het die boek verslind en een oggend drieuur terwyl ek lees roep ek in woede uit. My arme jonge vrou het regop gesit in die bed...”Nou weet ek my skat, nou weet ek alles - die bliksems!”

My oupa se broer was die jongste minister in Malan se kabinet, later waarnemende Staatspresident met Eben Donges se onverwagse dood en ‘n rebel toe hy jare voor dit, die eerste persoon in Pietersburg was wat geweier het om teen Duitsland te veg. My vader het ook soos sy oom geweier en hy het my as seuntjie van vier jaar oud vermaan om nie ...“alles te glo wat daar oor die Duitsers en die oorlog gesÍ word nie”

Ek is as klein seuntjie op die plaas deur Verwoerd se kabinet ministers op die arm gedra. Rebelse bloed het in my are gedruis Die DNA in my het my genoop het om nie alles goedsmoeds te aanvaar nie. Ek het grootgeword met manne wat eerder sou veg as om te skik en verklik. Manne wat soos Generaal Manie Maritz, hulle nie laat onderkry het nie...

Generaal Salomon Gerhardus (Manie) Maritz se profiel voor op ‘My Lewe en Strewe’, hierdie rare boek, het dadelik my oog gevang en my verbeelding aangegryp, want ek meet ‘n man uiterlik aan sy nek. ‘n Man met ‘n gespierde nek lol jy nie mee nie. Generaal Manie Maritz het ‘n nek soos ‘n bul gehad en ‘n kyk. ‘n Oop, reguit en sterke kyk waaruit eerlike geen nonsens, duidelik gestraal het. En dit is wat hy inderdaad was en uitgeleef het.

Gebore op Kimberley 26 Julie 1876 as direkte afstammeling van die Voortrekker Gerrit Maritz. Hy sluit op 24 jarige ouderdom aan by die weerstand teen die Jameson inval en verwerf daardeur sy eerstegraadse Transvaalse Burgerskap. Dit was die begin van ‘n asemrowende krygers verhaal. Die tipe verhaal waaroor Hollywood rolprente maak. ‘n verhaal van dapperheid, onverskrokkenheid, ‘n patriotisme en ‘n vaderlandsliefde wat nie aldag gekry word nie. Hy sluit by die Zuid Afrikaansche Republiekeinse Politie (ZARPS) in Johannesburg aan en word na sy opleiding aangestel om spesiale diens te verrig deur ondersoek te doen na onwettige drank handel en smokkelary. Hy wys baie gou dat hy onverbiddelik in die uitvoering van sy pligte was en kom toe ook agter dat die drankhandel na ‘n ander area verskuif wanneer hy aan diens is, en hy word ook summier verbied om buite sy gebied te opereer. Hy het later met sy ondersoek gevind dat daar ‘n Joodse sindikaat was wat met die drank gesmokkel het en dat hulle deur die polisie beskerm was. Manie het geweier om omkoopgeld te vat en het die mense wat hy gevang het summier aangekla. Hy het later op ‘n bordeel toegeslaan wat deur Jode bedryf is en het arrestasies daar uitgevoer. Toe hy in die hof getuig het die aanklaer hom in die geheim gewaarsku dat hulle hom gaan arresteer op ‘n klag van meineed omdat hy ingemeng het in sake wat gelaat moes gewees het. Hy is toe ook gearresteer en is in die Fort opgesluit, maar toe hy voor die hof verskyn is die saak teen hom teruggetrek. Hy is egter summier uit die polisie ontslaan. Dit was sy eerste ondervinding met die Joodse magte.

In 1899 is hy met die Boksburgse Kommando na die Natalse front en daarna na Colesburg en die Vrystaat. In 19 April word hy saam met Jack Hindon, Henry Slegtkamp, Wynand Malan, Barnie Enslin en ook Jopie Fourie lid van die dappere Danie Theron Verkennerskorps. Hy het hom onderskei as Boere kryger en is op 6 Mei 1901 bevorder tot hoofkommandant van alle rebellekommando’s in die distrik Calvinia en Kenhardt. In Januarie 1902 word hy bevorder tot generaal na vele oorwinnings teen die Engelse.

Maar, generaal Maritz het ook sy ondervindinge met Jan Smuts gehad en dit het gestrook met wat my oorlede vader my as kind van Generaal Smuts vertel het: “Jan Smuts was aan die Engelse se kant en hy was ‘n agent van die Jode” het my vader altyd gesÍ. Toe my pa aan die Botha Regiment in Pietersburg behoort het en geweier het om die ‘Rooi Eed’ te neem het generaal Smuts hul rangtekens op ‘n openbare parade van hul skouers geskeur en dit voor baie mense in die grond getrap...

Generaal Manie Maritz en enkele van sy manskappe is gedurende die oorlog by ‘n sendingstasie by Leliefontein deur 40 Hottentotte in ‘n lokval gelei nadat hulle bedrieg is. Hulle het ‘n hewige hand geveg om lewe en dood gehad en het net, net daarin geslaag om die dood vry te spring. Toe hulle daarin slaag om te hergroepeer het hulle teruggeslaan en die Hottentotte almal gedood. Generaal Smuts was baie ongelukkig toe hy die dooie Hottentotte sien en het hom by die vyand geskaar. Denys Reitz was saam met Smuts op die toneel en volgens Reitz sou Smuts dit eerder goedgekeur het as Manie hulle se liggame daar gele het.

By O’okiep was dit vir Manie Maritz eienaardig dat Generaal Smuts nie saam die Burgers wou ingaan om die plek te bestorm nie hy wou gehad het dat Manie, kommandante Bouer en Schoeman 1000 meter agter die linies moes wag... Kort voor die Vredesluiting van Vereeniging op 31 Mei 1902 het generaal Smuts met sy vertrek ‘n vergadering gehou en die Burgers van die Kaap onder Manie maritz versoek om hulself steeds gereed te hou om te veg: “Ou Manie, sien jy kans om jou kommando bymekaar te hou – want al maak Transvaal en die Vrystaat vrede kan ons verder veg” Met sy terugkeer het Smuts vir Manie Maritz beveel om die wapens neer te lÍ en die voorwaardes van die vredesverdrag te aanvaar. Manie Maritz weier om die wapen neer te lÍ en volgens die vernederende vredesluiting op 31 Mei 1902 ‘n Britse onderdaan te word en verlaat die land deur Duits-Suidwes-Afrika na Europa.

In Europa ontmoet hy vir Generaal De Wet en vind by hom uit dat Smuts vir De Wet gesÍ dat die manne in die Kaap nie eintlik bereid was om verder te veg nie... Die vals en verraderlike inligting van Smuts was daartoe deurslaggewend dat De Wet uiteindelik tot die vredesverdrag ingestem het want De Wet wou by Smuts weet hoe die saak met die Kaapse burgers gestaan het. De wet het verklaar dat Smuts aan hom gesÍ het dat hy klompies burgers bymekaar gekry het wat daar rondgevlug het en dat hy hulle so goed as wat hy kon probeer organiseer het, maar dat daar ...”geen hoop in die Kaapkolonie was nie”

Wat ‘n godskreiende skande dat twee van ons grootste en dapperste krygers so uit hul veglus en land bedrieg is deur die leuenagtige verraad van die uiterste hanskakie en latere Sionis – Jannie Smuts. Wat ek in ‘’My Lewe en Strewe’ gelees het, het gestrook met wat ek as kind by my pa gehoor het en ek het begin dink...

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 07:27
Vervolg:

In Europa het generaal Manie Maritz se reputasie hom vooruitgegaan en het hy verskeie aanbiedinge gekry. In Parys het die Russiese ambassadeur hom genader en aangebied dat die Russiese regering hom op staat kostes sou oplei waarna hy ‘n goeie aanstelling in die Russiese leer sou kry. Hy het die aanbod van die hand gewys en het Madagaskar met die oog op moontlike nedersetting besoek maar vind die plek nie geskik nie. Hy gaan na Duits-Suidwes via die Kaap en veg in 1905 vir die Duitsers teen die Herero’s.

Hy keer terug na die Transvaal en nadat hy ‘n paar dae in Pretoria deurgebring het word hy gearresteer en versoek om die eed van getrouheid aan die Britse koning af te le en dan daar te bly, maar hy weier. Hy word onder haglike toestande aangehou en hulle probeer hom forseer om die eed af te le vir sy vryheid, maar hy weier steeds. Hy word toe voor die hof gebring waar die magistraat die keuse aan hom herhaal of dat hy alternatiewelik die land binne 24 uur verlaat. Manie Maritz weier en verlaat die Transvaal en vestig hom in die Kaap. Hy boer vir vyf jaar in Ventersburg en kry in 1914 aanstelling as Kommandant in die Suid Afrikaanse Polisie. Hy weier egter om Duits Suidwes Afrika in opdrag van die Unie van Suid Afrika in te val en rebelleer op 9 Oktober saam met 940 van die 1000 man onder hom. Hy veg tot 30 Januarie 1915 toe hy moes oorgee omdat die Trasvaalse Rebellie misluk het. Hy dien ses maande gevangenisstraf uit in Angola en gaan woon na sy ontslag tot 1920 in Portugal en Spanje. Uit Duitsland keer hy terug na Suid Afrika en word in 1923 vir hoogverraad aangekeer. Hy word tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis, maar na drie maande vrygelaat.

In 1936 word hy Nasionaal Sosialis en in 1940 stig hy die anti parlementÍre Volksparty en later die Boerenasie.

Hy sterf egter op 20 Desember 1940 n ‘n motorongeluk voor die sentrale gevangenis in Pretoria – Dit is wat in die populÍre geskiedenis opgeteken staan en wat met die Geregtelike Doodsondersoek bevind is...

Generaal Manie Maritz het egter die Joodse Protokolle in ‘My Lewe en Strewe’ gepubliseer en ook breedvoerig verwys na die metodiek van die Joodse geldmag in Suid Afrika hy is daarvoor aangekla en beboet en is met die dood gedreig...

Nadat ek die boek deeglik bestudeer het, het ek as jong polisieman ‘n verdere in diepte studie van die geldmag gemaak en onder andere B M Schoeman se ‘Die Sluipmoord op dr. Verwoerd’ en sy ‘Die Geldmag’ bestudeer. Ek het alle reŽls van die polisie verontagsaam en het ‘n ingeskrewe lid van die Herstigte Nasionale Party geword en selfs later as Adjudant Offisier onwettig in die party se Hoofbestuur gedien. Ek het ook by verskeie geleenthede as Mnr Jaap Marais se lyfwag saam hom na veraf vergaderings gery met my amptelike polisie R1 masjiengeweer no 7771. Ek het later toe ek waarnemende Stasiebevelvoerder was John Vorster se amptelik uitgereikte portret uit my kantoor verwyder en Jaap Marais sin teen my muur gehang.

Ek wou hÍ hulle moes my aanspreek – ek was lus vir baklei teen verraad...

Dit is twee jaar voordat ek as gevolg van politieke gewetensbesware uit die polisie bedank, toe ek by Generaal Maritz se seun, Oom Manie Maritz se Brahmaan stoetery indraai om te hoor oor hoe die Generaal eintlik dood is..

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 07:32
Persoon se weergawe.

My pa (1912) en my ma (1920) was slagoffers van die ongelooflike verarming wat na die Boere-Britse oorlog (1899-1902) gevolg het. My oupa aan my pa se kant het die oorlog oorleef met ‘n plaas wat totaal deur die Britte verwoes was en grafte by ‘n konsentrasie kamp deur hulle toedoen. Toe ek nog ‘n kannetjie was, het hy my dikwels gemaan: “moenie stories glo nie”. My pa weer: “moenie dom dinge doen nie”. My ma: “werk om van jou ellende te ontsnap”. My pa het vir my as laerskool kind boeke gekoop oor die oorlog en die kampe. Ek het baie nagte met gehuil aan die slaap geraak. Ek is trots op hierdie erfenis. Dit het tot ‘n groot mate bepaal wat ek vandag is, meer as 100 jaar later.

Die Boere op die plase het almal put toilette gehad. Hulle was almal ‘n hele ent van die huise gebou. Die toilette was omring van ‘n skerm uit riete of dekgras. Hulle “toilet papier” was gebreide sagte gras. Maar in die kampe? Daar was ‘n paar put toilette aan die buitewyke van party kampe. Hulle was so oorlaai van uriene en ontlasting dat Boere vroue en kinders weens die reuk daarvan opgegooi het.

In meeste kampe het elke tent net een emmer gehad. Daarmee moes die Boere water aandra, hulself was, klere was en as toilette gebruik. Kyk ‘n mens na hulle rantsoen, was dit hoofsaaklik mielie meel. Groente is een keer per maand voorsien. Vleis was goor “bully beef” of soms ‘n handvol vrot vleis. Hulle het nie eers genoeg brandhout gekry om alles gaar te kry of die goor/vrot weg te kook nie. Daar was geen manier om aansteeklike siektes te behandel of te isoleer nie.

Die kampe was tronke van smarte. Die lyding daarin was miskien erger as in Nazi Duitsland omdat hulle nie in gaskamers uitgedelg was nie. Was dit nie vir Emily Hobhouse en later ‘n paar ander nie, sou die Britte niks geweet het van hierdie ontmensing nie. Swart mense wat nie met die Britte wou saamwerk nie, is net so ontmens in kampe. Van hulle het 15 000 gesterf. Van die Boere het 26 000 gesterf. Na die oorlog het Brittanje onderneem om restitusie te betaal. Daarvan het nie eers ‘n pennie die lig gesien nie.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 07:47
Danie Theron se Verkenners:

Theron, baasverkenner in die Tweede Vryheidsoorlog se roemryke
dade en edele inbors het hom as ʼn onvergelyklike in daardie heldegeslag
gevestig. Danie het maar slegs die eerste tien maande van
daardie wrede oorlog beleef, toe hy daar noodlottig deur skrapnel
van ʼn Britse kanonkartets getref is, tog word hy vandag nog steeds in
die Boerevolk se helde-galery ge-eer. Weens sy liefde vir sy volk en
vir die Zuid-Afrikaansche Republiek, stig hy reeds voor die oorlog ʼn
spioenasiekorps: Die ĎWielrijders Rapportgangers Corpsí.
Twee dae nadat die ZAR en OVS Verdedigingsalliansie se Burgermagte
opgeroep is, vertrek Danie Theron na die front om vir sy land
en sy volk te veg. In sy hoedanigheid as kaptein van die Wielryerskorps,
dien Theron op Generaal Louis Botha se staf aan die Natalse
front. Sy korps se lede word in verskillende kommandoís aan al die
fronte ingedeel. Op 13 Oktober 1899, twee dae na die uitbreek van
die oorlog, steek Theron met ʼn klein groepie van sy korps saam met
die Boeremagte die Natalse grens oor. Hulle doen nou meestal te
perd, waardevolle verkenningswerk. Sy verkenners word nie slegs
tot rapportry beperk nie, hulle neem ook aktief aan die gevegte deel,
en word waar nodig vir verkennings- en spioenasiewerk aangewend.
Met die eerste groot slag in Natal, op 20 Oktober by Talana, dra
hulle ook by tot die gevangeneming van sowat 250 berede Britse
soldate. In die gevegte rondom Ladysmith onderskei Theron hom
sodanig, dat Jimmy Roos, Reuters se verslaggewer, op 3 November
in ʼn perstelegram berig: ďIf in Transvaal, the iron cross for valourÖ
were revived, the palm in Natal should be awarded to D. Theron,
chief of the Despatch riders. Every day his life depended on
goodwill of fate. He never questioned the danger when General
Joubert had any risky order to execute.Ē
Die dapper en gedissiplineerde wyse waarop die lede van die Wielryerskorps
hul pligte uitvoer, ontvang spoedig baie lof, selfs van
burgers wat aanvanklik skepties teenoor diť groep gestaan het.
Theron neem op 15 November onder genl. Botha deel aan die verowering
van ʼn gepantserde trein naby Chieveley, waartydens die

oorlogskorrespondent Winston Churchill onder meer, krygsgevange
geneem word. Hy teken telegrafies sterk teŽkanting by die regering
aan, toe gerugte die rondte doen dat Churchill vrygelaat gaan word.
As staflid van genl. Botha, onderskei Danie hom tydens die hewige
slae van Colenso (15 Desember 1899) en Spioenkop (24 Januarie
1900). Later sou Botha van hom sÍ: ďHy was as soldaat gehoorsaam
en trou, as offisier onverskrokke en bekwaam, as krygsman ʼn
held. Nooit het ek iemand ontmoet wat meer deurtastend te werk
gegaan het, wat opgewekter ʼn moeilike taak volbring het nie, hetsy
as leier, as spioen, of as aanvoerder by ʼn aanval. Die woord ʼneeí
het Theron nooit geken nie. Wat aan hom opgedra is, het hy gedoen.
Transvaal het geen dapperder man opgelewer nie.Ē
NŠ Colenso word die waarde van Danie Theron se verkenners deur
die militÍre leiers besef. Botha gee hom opdrag om weer sy Wielryers
bymekaar te maak. NŠ ʼn suksesvolle begin in Natal, kry Theron
verlof om die Vrystaat en die Kaapkolonie te besoek om dergelike
korpse daar te stig. So bevind Danie Theron hom op 22 Februarie in
Generaal Christiaan de Wet se laer by Poplar Grove aan die Wesfront.
Hier sou hy seker sy grootste roem as krygsman behaal deur
een van die waaghalsigste van al sy kordaatstukke gedurende die
oorlog uit te voer, om deur die Britse linies te kruip en ʼn boodskap
na Generaal Piet Cronjť wat by Paardeberg vasgekeer was, te bring.
Op Sondag 7 Maart 1900 word hy deur beide regerings se verteenwoordigers
aangesÍ om die Theron Verkennerskorps (TVk) te stig.
Die TVk was saamgestel uit meer as ʼn honderd jong mans uit verskillende
nasionaliteite en het ʼn groot bydrae gelewer tot die sukses
van genl. de Wet se optredes, onder wie hulle hoofsaaklik opgetree
het. Hulle was bv. sy oŽ en ore tydens die Britse 'dryfjagte' op hom
en het voortdurend inligting verskaf oor Britse troepebewegings,
treinspore opgeblaas, en selfs by geleentheid krygsgevangenes wat
deur die Engelse op Van Wyksrust aangehou was, bevry.
Die korps het respek aan beide kante, Boer en Brit, afgedwing, hoŽ
standaarde aan sy manskappe gestel en ʼn hoŽ gevegspeil gehandhaaf.
Uit die geledere van sy korps, wat persoonlik deur hom gekies en
opgelei is, het vermaarde oorlogsleiers gekom soos: Generaals

Wynand Malan en Manie Maritz, Kommandante Melt van Schoor,
Walter Mears, Jan Theron en Barney Enslin, Kapteins Jack Hindon,
Henri Slegtkamp, Gideon Scheepers, Henri Williams en Jopie Fourie
wat gedurende die 1914-Rebellie onsterflike roem verwerf het.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 07:58
Vervolg:

Generaal Botha het Danie Theron aangewend vir sy spesiale en gevaarlikste
rapporte, spioenasie- of verkenningswerk. Hy is bv. kort
voor sy dood uitgesonder om ʼn inval in die Kaapkolonie te loots en
is vir diť doel tot generaal bevorder. Na sy dood het Generaal de
Wet as volg oor hom geskryf: “Beminnelijke en dappere mannen
zooals hij zouden er wel in die wereld zijn; maar een man, met zoo
vele deugden in ťťn persoon vereenigd, waar zou ik dien vinden?
Hij was een mijner dapperste en getroudste kommandante, een man
van wi ik een onbeperkte dunk had.
Danie Theron se naam word vandag met trots deur velerlei instellings,
verenigings, gemeentes van Afrikaanse kerke, ʼn gaste huis en
talle Afrikaanse skole gebruik as hul eie, maar ook ter ere van hom.
Bykans ʼn driekwart eeu na Danie se dood, word sy naam ook deur
ons land se militÍre elite gehuldig. Benewens die Danie Theron-medalje,
vernoem die SA Weermag ook in 1968, die Danie
Theron-krygskool te Kimberley na hom. Hierdie instansie word die
opleidingsentrum in militÍre-intelligensie, van ons Teen-insurgensieeenhede.
Talle basiese verkenningstegnieke wat deur Danie Theron
se verkenners ontwikkel was, is hier weer met groot sukses aan ons
soldate geleer. Hierdie ‘Recce’-eenhede het gedurende die ‘Bosoorlog’
teen Kommunisme, wÍreldberoemdheid verwerf. Sedert 1994 is
hierdie skool en eenhede egter deur die Boerevolk se huidige vyande
ontbind, ons Burgermag en Kommando-korps stelselmatig vernietig.
Die TVk dien ook as ideaal vir ʼn jong volksbeweging wat ‘Die
Verkenners’ se naam met trots dra. Hierdie beweging streef daarna
om Christelike waardes en norme te bevorder en te beskerm. Op hul
tuisblad stel die Verkenners hul doelstellings as volg: Handhawing
van die Boerevolk se taal, kultuur, leefwyse en tradisies; Uitbouing
van die Boerevolk se identiteit en volkstrots; Behoud van die
Boerevolk se regte en erfenis en hulle poog om die volk se belange
in alles wat reg en billik is, eerste te stel en tot sy behoud te dien.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 08:22
Deel graag die uit 'n geslagregister.

OUPA HENDRIK KRY SKIELIK TROUKOORS

Ouma Nonnie se ouers, COENRAAD FREDERIK BEZUIDENHOUT en HELENA MARIA VAN RENSBURG , het oorspronklik op Uitkyk en Wolwekop naby Dewetsdorp gebly en het in 1888 daarvandaan na Brandfort getrek. Daar het hy die plase Gansfontein, Swartkop, Driekop en 'n stuk van Allemanskraal gekoop. Gansfontein en Zuurfontein lÍ langsmekaar. Sy het kort voor die trek Brandfort toe op Dewetsdorp gekatkiseer, maar moes wag tot sy 16 was om daar belydenis van geloof te doen. Op pad terug huis toe is daar toe op Bloemfontein 'n klompie bruidsgoed ("trousseau") gekoop en is daar ook 'n foto van haar geneem. Toe was Ouma Nonnie reg vir trou. (Die foto hang nou hier bokant my rekenaar.)

Volgens een van my bronne ('n ander ontken dit) was Ouma Nonnie 'n rooikop soos haar pa, en sy was boonop verwant aan Slagtersnek se Bezuidenhouts : moeilike mense! Die van die nageslag wat enige van daardie eienskappe vertoon sal dus weet waar dit vandaan kom. Oupa Hendrik het seker baie gedink oor die mooi jong nooi op die buurplaas en het seker 'n paar keer daar gaan opsit ook. Ek weet nie hoe lank die kyk en kuier geduur het nie, maar twee dinge is duidelik, Oupa Hendrik was nie die enigste vryer nie en hy het uiteindelik ook nie tyd gemors met die ja-woord-vraery nie. Een aand op 'n dans hoor hy hoe 'n ander jongman spog dat hy daardie aand vir Nonnie Bezuidenhout gaan vra om met hom te trou. Net daar staan Oupa op, stap na ouma Nonnie toe en vra haar om met hom te trou. Die ja-woord was uit, en ek glo daar was daarna groot jolyt op daardie dans vir almal behalwe een.

Die troue het op 14 Maart 1893 plaasgevind. (Byvoeging: - Op 14 Maart 1993 was ek toevallig vir besigheid in London en besluit toe om die diens daardie Sondag-oggend in die Westminister Katedraal by te woon. Eers toe ek daar saam met die Engelse die gesang sing wat ons in Afrikaans ken as " O God van Jacob deur U hand , word al U volk gevoed, U het weleer op see en land, ons vadere behoed" het ek besef wat die datum is, en dat dit die eeufees was van een van die huwelike waaraan ek my eie lewe te danke het. Onmiddelik na die diens het ek my ouers van die eerste-beste Tiekiebox af gaan bel en nie omgegee dat dit die ponde so vinnig ingesluk het nie.)

DIE LEWE OP FONTAINEBLEAU VOOR DIE OORLOG

Voor die Engelse Oorlog is daar vir Oupa Hendrik en Ouma Nonnie vier kinders op of naby Fontainebleau gebore: Lenie, Klaas, Frikkie en Kitty.

Oupa Klasie se derde vrou is op Fontainebleau oorlede en begrawe en Oupa Klasie trou toe as ou man weer 'n keer. Die vierde vrou se naam was MARIA SUSANNA MARGARETHA EKSTEEN. Hulle twee het in hulle ou dae by Oupa Hendrik en Ouma Nonnie op Fontainebleau gewoon, maar apart huis gehou en gekook op die oop vuur op die es. Daar was toe nog nie 'n stoof in die huis nie. Daar is wel saam geŽet - Oupa Klasie en sy vrou aan die een punt van die tafel, en Oupa Hendrik en sy gesin aan die ander punt van die tafel, elkeen sy eie kos. Later, na sy vierde vrou se dood, vertel Oom Klaas, het Oupa Klasie "hier by ons kom sit". Ek is trots om tans die eienaar van daardie ou tafel te wees, tesame met twee plat blou vleisskottels waarin daar seker honderde afvalle, ribbetjies of skaapboude op daardie tafel opgedien is. Nou hang hulle as versierings in my eetkamer. Die skottels was deel van 'n eetservies wat oorspronklik aan ouma Nonnie se ma behoort het.

Oupa Hendrik het vooruit geboer en toe die oorlog uitbreek het hy 'n duisend skape,'n paar honderd beeste en sowat 30 perde besit.

OUPA KLASIE SE DOOD

Agter Fontainebleau se huis is daar 'n lae rantjie en tydens die Engelse Oorlog was dit Oupa Klasie se gewoonte om elke dag die bult uit te stap om te gaan kyk of die Engelse nog nie aankom nie. Daarvandaan kan mens 12 myl ver na Glen se kant toe sien. Oupa Hendrik was op Kommando in die veld en Oupa Klasie was alleen op die plaas saam met die vrouens en kleingoed (daar het van die familie en buurvrouens met hulle kinders by Ouma Nonnie kom bly onder andere Oupa Hendrik se oudste broer, Salomon, se vrou, Tant Letta en haar kinders en 'n Tant Nonnie en haar kinders.) Daar op die koppie is hy toe op 28 of 29 Mei 1900 in die ouderdom van 88 jaar oorlede. Vier vrouens het sy liggaam op 'n bed daarvandaan afgedra. Sy graf is in die kerkhoffie op Fontainebleau en sy laaste twee vrouens se grafte is langs syne.

OUPA HENDRIK AS KRYGSGEVANGENE : SKRYWER EN KOK

Tydens die Engelse Oorlog het Oupa Hendrik as adjudant van Kommandant Koos Prinsloo van die Middelmodderrivier-kommando deelgeneem aan onder andere die slae by Belmont en Tweeriviere voordat hy gevange geneem en na Bellary in IndiŽ gestuur is. Oupa Hendrik se kommando was tussen Hoopstad en Kroonstad in die veld en hy kry daar berig dat Ouma Nonnie ernstig siek was. Hy kom toe deur die Engelse linies huistoe. Daar sien 'n swartman hom en rapporteer dit, met die gevolg dat hy daar voor sy vrou en kinders deur die Engelse gevang is en na Groenpunt naby Kaapstad gestuur word. Daarvandaan is weer teruggestuur Bloemfontein toe en die wapen teen sy eie mense aangebied. Hy sÍ toe hy wil die saak eers met sy vrou bespreek, met die gevolg dat hy toegelaat word om na die Brandfort Konsentrasiekamp toe te gaan. So het dit gebeur dat hy by sy vrou was toe hulle dogtertjie, Kitty, aan masels oorlede is in die kamp. Hy en 'n paar ander mans beplan toe om weg te loop terug na hulle kommando's toe, maar hulle word gevang voor hulle dit kon doen, vermoedelik omdat een van die mans hulle verklap het en hulle word per trein na Durban gestuur. Daar is hulle op 'n skip sowat 'n myl buite die hawe aangehou totdat daar genoeg boere op die skip was en vaar toe na Madras in IndiŽ. Daarvandaan is hulle oorland na die kamp Bellary in sentraal-IndiŽ gebring waar hulle tot na die oorlog gebly het. Oupa Hendrik se ouer broer, Niklaas en diť se seun Niklaas (Klaas Bek) was ook daar in die kamp.

In die kamp was Oupa Hendrik die sekretaris van 'n debatsvereniging wat hulle gestig het. Hy het die notuleboek saam teruggebring maar ongelukkig was die notules net aan die een kant van die bladsye geskryf. In die jare van papierskaarste na die oorlog is die skoon kante van die notuleboek vir allerlei notas gebruik en uitgeskeur. So het 'n waardevolle stukkie Africana in flentertjies inkopielyste en passe vir die plaasvolk oor die Vrystaatse vlaktes verdwyn.

Kosmaak in die veld was vir die klomp mans in die vreemde, en natuurlik ook terwyl hulle nog op kommando was, maar dikwels 'n groot probleem. Terwyl hulle nog op kommando was, word daar eendag 'n dier geslag en een van die mans waarmee Oupa moes deel wou hulle stuk vleis sommer so direk van die karkas af in die pot gooi. "Nee jong" sÍ Oupa, "ons moet die vleis darem eers 'n bietjie was!" waarop die man toe antwoord " Aag wat, Ou Hendrik, ons kan mos maar die sous weggooi."

Oupa Hendrik het skynbaar 'n merkwaardige slag met kos gehad. In die krysgevangene-kamp het hy dit reggekry om selfs van die karigste kos wat deur die Engelse voorsien is 'n redelike smaaklike ete voor te berei - 'n talent wat hom die kamp-bynaam van "Ma" besorg het. Ten spyte daarvan vertel Oom Klaas dat sy pa vreeslik maer was toe hy uiteindelik na die oorlog weer op die plaas aangekom het. Dit was veral die bootreis IndiŽ toe en terug wat vir Oupa klaargemaak het : soos meeste Boere het hy vreeslik seesiek geword.

OUMA NONNIE EN DIE KINDERS IN DIE KAMP

Na Oupa Klasie se dood het 'n paar Engelse en 'n klompie hanskakies eendag met 'n ossewa op Fontainebleau opgedaag. Hulle beveel Ouma Nonnie en die ander vrouens om hulle goedjies in te pak en met hulle kinders op die wa te klim, sodat hulle na Brandfort se konsentrasiekamp geneem kon word. Ouma Nonnie wou eers nie, maar toe die offisier dreig om haar op te tel, moes sy maar kopgee. Sy is toegelaat om die ou wakis waarvan ek vroŽer geskryf het, vol klere te pak en om een verebed saam te neem, maar niks meer nie. Hulle was nie lank op pad nie toe daar 'n bui reen uitsak, en die hele spul van hulle word toe met 'n sware bokseil so oor hulle koppe toegemaak.

Op Brandfort is al die vrouens en kinders eers in die skool se klaskames gehuisves.'n Geweldige klomp vrouens en kinders moes in die klaskamertjie slaap, soveel so dat Ouma Nonnie bang was dat die ander op haar kinders sou trap. Toe maak sy vir party van hulle bo-op die tafel en vir ander onder die tafel bed. Sy self het 'n stoel in die hande gekry het waarop sy gesit en slaap het. Van die skool af is die ander vrouens en kinders toe na die kamp toe, maar omdat die tyd vir Oom De Wet se geboorte naby was is Ouma Nonnie toegelaat om tydelik na hulle tuishuis op Brandfort te gaan. Daar het sy en haar kinders toe tot na Oom De Wet se geboorte gebly. Sy naam dui aan dat hy gedeeltelik na Generaal De Wet vernoem is. Uiteindelik moes hulle ook kamp toe omdat die Engelse geweier het om Ouma Nonnie te voorsien van kos.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 08:25
Vervolg:

PRET EN HARTSEER IN DIE KONSENTRASIEKAMP

Ten spyte van die tragedie van die baie kindersterftes in die kamp, die honger en die koue, nat tentlewe wat meer as 'n jaar lank geduur het, het Oom Klaas vertel dat dit vir hom as 7-jarige seun lekker was om tussen so baie maats te wees - iets waaraan hulle nie gewoond was nie. Sy een maat, Tewie van Graan, was 'n ouer seun en diť het rondgeloop en vir outjies van Oom Klaas se portuur gevra: "Is jy bang vir Klaas ?". As een durf "nee" antwoord, moes Klaas hom met stampe en vuishoue bang maak - altyd bewus daarvan dat as dinge nie in sy guns loop nie, die groot maat tot sy redding sou kom. Terwyl die groter kinders allerlei speletjies gespeel het, het die kleintjies 'n speletjie daarvan gemaak om 'n maat se hoed tussen die groteres in te gooi. Die eienaar kry dan 'n paar klappe en skoppe as hy sy hoed gaan haal maar wanneer hy terug is by sy maats moes die een wat die hoed gegooi het dit ontgeld.

Ander kattekwaad het ook nie uitgebly nie. Op 7-jarige ouderdom het Oom Klaas leer rook in die konsentrasiekamp : perdemis wat deur die son spierwit gebleik en kurkdroog gemaak is, gemeng met een pikswart vars bol vir die smaak ! Hy het ook eendag 'n baie skaars en swaarverdiende tiekie op 'n pakkie "Flag" sigarette spandeer, maar dit was te sleg en hy het dit vir een van die groot seuns gegee.

Die klomp seuns het eendag die veld naby die kamp aan die brand gesteek en dit het die hele regiment kampsoldate die hele middag geneem om die vuur te blus ten einde te verhoed dat die hele spul tente afbrand. Die bevelvoerder het die klomp seuns 'n loesing gegee wat Oom Klaas ontglip het deur in die lang gras weg te kruip en met 'n ompad na die kamp toe te seil. Soortgelyke dragte slae het ook gevolg op hulle oorlog-oorlog spelery met klippe en kleilatte waartydens die klomp kinders mekaar byna verongeluk het.

Oom Klaas was vir een ding vreeslik bang en dit was die klomp uitgeteerde honde wat van die verlate plase af na die kamp toe gekom het. Die klomp honde het juis tussen die tente en die hospitaal hulle lÍplek gehad en dit was sy werk om by die hospitaal te gaan melk haal vir Oom De Wet wat 'n siek klein babatjie was. 'n Ou swartman, wat in die kamp gewerk het, was darem bereid om in ruil vir 'n stukkie brood (wat Oom Klaas vasgelÍ het) saam te stap tot verby die honde.

DIE DOOD VAN 'N BOETIE EN 'N SUSSIE

Tot in sy oudag het Oom Klaas nog aangedaan geraak as hy vertel van die nag toe sy jonger broertjie, Frikkie, daar in die kamp aan witseerkeel oorlede is en sy lykie op die ou wakis waarna ek alreeds verwys het, uitgelÍ en in 'n laken toegespeld is. Later ook sy klein susterjie, Kitty, aan masels. Watter geweldige indruk moes hierdie gebeure, en die sterftes van so baie ander kinders van sy ouderdom en jonger nie op sy jong gemoed gemaak het nie? Hy het vertel van lykstoete van tot dertig klein swart kissies met wit papiertjies met name daarop wat per dag van die hospitaal na die kamp gebring is, en huilende vrouens wat daar gaan soek na die name van hulle kinders wat in die hospitaal opgeneem is.

Tant Lenie en Oom de Wet was ook baie siek in die kamp, trouens Oom De Wet het sy lewe lank daarna met borsprobleme gesukkel. Oom Klaas was nooit 'n dag siek gewees in die kamp nie. Met 'n half-skuldige laggie het hy vertel dat hy al die kondensmelk en konfyt wat na die tent toe gekom het, opgeŽet het, die ander was te siek om daarin te deel. En met daardie bonusies het sy ma hom "fluks gehou" om water aan te dra en hout te breek terwyl sy die siek kinders versorg het.

VROUE REBELLEER

Daar was eendag 'n opstand van die klomp vrouens in die kamp. Daaroor het Oom Klaas soos volg geskryf, waarskynlik in die vroeŽ 1960's (die oorspronklike geskrif kon ek nie opspoor nie maar in 1966 het tannie Anna Pretorius dit uit Oom Klaas se boek afgeskryf en ons haar dus te dank vir die behoud daarvan) :

"Ek was die more bo in die kamp toe se die vrouens ons moet ons ma's gaan roep om te kla oor die vleis.Gou-gou was daar 'n hele klomp vrouerns met bordjies vleis by die kommandant. Maar hy sÍ die vleis is goed, want in Kimberley moes hulle perdevleis eet wat nog slegter was, toe storm die vrouens en hy met sy staf moet weghardloop en die vrouens agterna, maar hy loop hulle uit. Die vrouens trek die Engelse vlag af en hys die Vrystaatse vlag en sing die Volkslied. Hulle loop toe daarvandaan en wapen hulleself met hout en dryf al die vegbare mans, hensoppers en kakieboere uit die kamp. Hulle sÍ wat soek die mans daar terwyl hulle mans op kommando of krygsgevangenes is...Die agtermiddag kom die kampregiment te perd met gevelde bajonette die kamp ingery en hulle vang sewe vrouens wat hulle toe na 'n draadkamp in Norvalspont toe stuur. Een vrou se arm is deur 'n man afgeslaan en sy het hom laat weet dat haar drie seuns kom terug van Bermuda af en hulle gaan sy derms uitstroop. Toe dit haas vrede word het hy en sy vrou en sproetgesig seuntjie na RhodesiŽ gevlug"

OORGAWE

Oor die vrouens se ervaring van die vredesaankondiging en die terugkeer huis toe het Oom Klaas soos volg geskryf:

"Die Burgers het na 31 Mei 1902 orals oorgegee, of wapens neergelÍ. Net wes van Brandfort op 'n plaas Aardoring het Gen. de Wet die Burgers gevra om die wapen neer te lÍ. Die volgende dag kom hulle toe kamp toe om hulle families op te soek. Rondom die telegraafpale was 'n klomp klippe gepak en op die klippe het ek gesit. Toe die burgers kom kon 'n mens sien hoe verwaarloos hulle was. Hulle klere was in 'n misrabele toestand en hulle gesigte was bruin gebrand. Gen. de Wet klim toe by my op die klipstapel en spreek die mense toe. Hy sÍ die vrouens kan maar huil want hulle staan nie net by die dood van baie dierbares nie, maar ook by die dood van ons dierbare staat, want ons onafhanklikheid is afgeneem. Dit was soos 'n groot begrafnis."

NA DIE OORLOG

Die oorlog was nou verby, maar dit het lank nog nie beteken dat die lewe dadelik kon voortgaan asof niks gebeur het nie. Die terugkeer na die plaas het eers 'n hele tyd na die oorlog gebeur. En toe was dit na 'n verwoeste tuiste toe. Gelukkig was die huis op Fontainebleau nie afgebrand nie, maar die vensters en deure was uitgebreek en die dak was af. Die deur, en vermoedelik ook die dakplate, is deur die Tommies gebruik om op Palmietfontein daar naby 'n polisiestasie te bou. Al stukkie dak wat daar was was so 'n toegeboude afdakkie aan die bywoner se huis wat hy as 'n kombuisie gebruik het. Daar het Ouma Nonnie en die kinders gebly tot Oupa Hendrik in November 1902 vanuit IndiŽ na die plaas teruggekeer het. Maar laat Oom Klaas self verder vertel:

"Ouma, tant Lenie, ek en Oom de Wet is toe omtrent in Augustus 1902 met 'n wa en muile uitgestuur plaas toe.

Hulle (die Engelse) het vir ons 'n bietjie kos gegee om saam te neem , en toe dit op is het Ouma en een van Tant Letta se dogters dorp toe geloop (9 myl) om te gaan kos koop. Hulle is vroeg die more daar weg en het eers na sononder doodmoeg met die pak goed op hulle koppe teruggekom....

Oupa het (na sy terugkeer) dadelik 'n ******, ou Isak gehuur en begin groentetuin maak. Hy het ook sy "claim" ingedien vir 1000 skape en 80 beeste en 10 perde en vir dit alles is hy 37 pond en 10 sjiellings uitbetaal.(dis nou as kompensasie vir oorlogskade!) In die buitekamer het nog 'n wolskeersel los gelÍ wat Ouma laat skeer het toe Oupa naby Kimberley was. Baie van die wol het ooral op die werf rondgelÍ soos die burgers of die Engelse dit uitgedra het om op te slaap. Die wol het ons opgetel en dit skoongemaak en toe het Oupa 'n wa gaan leen om die wol dorp toe te ry. Hy kry toe 80 pond vir die wol en koop ons woonhuis se hout en sink en deure daarvan. Oupa huur toe twee Smits om die huis te kom opbou en hy en Isak was die handlangers.

Daar was gelukkig nog springbokke op die plaas en Oupa leen 'n geweer op die dorp, en dit was 'n groot geleentheid as daar 'n springbok geskiet word. Ons eerste hoenders was 'n haan en 'n hen wat Ouma Bezuidenhout gegee het. Saans het ons die twee hoenders by ons in die kombuisie gevat, anders vang die ongediertes hulle."

DIE VEESTAPEL BEGIN UITBREI

Na die oorlog het Oupa Hendrik 400 pond by Ouma Nonnie se Ouma van Rensburg geleen teen 'n eerste verband op Fontainebleau. Daarvan het hy 100 pond aan sy suster Hester (getroud met Piet Minnaar) gegee. Van die res het hy onder andere agt koeie op Bloemfontein gaan koop. Een van hulle, Bontrok het 'n kalfie genaamd Hartman gehad en sy is as melkkoei gebruik tot die ander ook gekalf het. Oor die verdere uitbreiding van Fontainebleau en omgewing se veestapel vertel
Oom Klaas weer:

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 08:26
Vervolg:

" In Februarie 1903 is Oupa en Oom Jan van Graan Karoo toe om te gaan skape koop. Hulle het toe in Carnavon en Loxton genoeg gekoop. Al die boere het geld gegee om vir hulle ook 'n paar skape te koop. Oupa het sy kar gegee en Oom Jan van Graan sy perd en Oom Adam Bezuidenhout, ouma se broer, het 'n groot sterk muil (so 'n bloue) gegee. Nadat hulle die skape gekoop het, jaag hulle die skape aan oor De Aar, Hopetown, Jacobsdal, Petrusburg, langs Modderrivier op tot by ons plaas waar die verdeling plaasgevind het. Oupa het darem van elkeen wat meer as 50 skape gekry het een skaap as betaling gekry...By elke man van wie hulle vee gekoop het, het Oupa en Oom Jan ook elkeen 'n skaap persent gekry. Oupa het ook 'n klompie bokke saamgebring. Ek was 8 jaar oud en het die bokke opgepas. As 'n bokooi lam, gewoonlik 'n tweeling, loop die bokkies nie voor hulle 2 of 3 dae oud is nie. Ek moes hulle dra want hulle mag nie buite bly nie, dan vreet die ongediertes hulle op.

Nou het Oupa sy eie spannetjie osse aangeskaf, want hy het tot dusver met die koeie geploeg. Die voorosse was Fransman, ons bul, en Heidelberg, 'n groot swarte. Naasvoor was Zietsman en Pasman. Op ses was Blesman en Gentleman. Naasagter was Grootman en Blouberg. Agter was Hartman en Vaaltyn."

Nou kon die boerdery voortgaan. Almal moes help. So het dit gebeur dat Oom Klaas as 9 jarige seun te perd gestuur is om die beeste in die veld te gaan haal. Van die beeste het heelwat verder gewei as wat verwag is en is uiteindelik op 'n buurplaas gevind. Dit was al donker voor hy die beeste bymekaar gehad het en huiswaarts kon keer. Op pad het Oupa Hendrik hom teŽgekom, koud en bang. Ouma Nonnie het intussen twee kerse in die venster laat brand om vir die kind te wys waar die huis is.

Na die oorlog is daar nog vier kinders op Fontainebleau gebore: Coen, Kitty, Bettie en later ook Hester.

'N BIDUUR-BANK EN SONDAGSKOOL MET 'N SWEEP

Oupa Hendrik is kort na die oorlog as diaken gekies. Nie lank daarna nie woon hy eendag 'n biduur by 'n buurman, ene Schlebusch by. Toe hy kniel by die bank waarop hy gesit het, herken hy die bank as syne aan 'n paar kerfies wat daarin gesny was. Na die biduur vra hy toe vir Schlebusch na die bank. Schlebusch vertel toe dat sy eie bank ook na die oorlog weg was, maar dat hy by 'n sekere Smit, wat 'n paar plase verder gebly het, gehoor het dat daar by hom 'n vreemde bank staan wat aan die beskrywing voldoen. Schlebusch het na die bank gaan kyk, maar dit was nie syne nie. Smit dring toe egter daarop aan dat Schlebusch die bank moes vat, want, het hy gesÍ, hy sou hom dood skaam as die bank se ware eienaar dit daar by hom moes kry. Oupa Hendrik wys toe vir Schlebusch die kerfies en vertel hom dat dit die werk was van sy seuntjie , Frikkie, wat dit met 'n knipmes in die bank gesny het. Daarop sÍ Schlebusch toe sonder aarseling dat Oupa Hendrik sy bank moet laat haal. Miskien is dit hierdie atmosfeer van vertroue tussen mense wat gemaak het dat Oom Klaas later jare as taalonderwyser, en strydig met die leerplan, vir sy skoliere geleer het dat die woord "eerlik" nie trappe van vergelyking het nie. Die bank het na Oupa Hendrik se dood in die besit van sy dogter Bettie gekom .

Van 1903 af is daar een maal per maand Sondagskool gehou op Mooifontein, ongeveer 4 of 5 myl van Fontainebleau af. So 'n sessie het die hele middag aangehou. Wanneer dit verby was, moes daar feitlik die heelpad huistoe gedraf word, want die perde en die hoenders moes kos kry en daar moes met die melkery gehelp word. As voorbereiding vir die Sondagskool moes lang Psalms en Gesange van voor tot agter uit die kop geleer word. Hiermee het Oupa Hendrik gehelp, so met die sweep in die hand by die etenstafel.

In ongeveer 1908 is daar 'n skooltjie op Palmietfontein naby Zuurfontein gestig en kon die kinders skool toe. Voor dit het Ouma Nonnie die kinders leer lees en skryf. Toe Oom Klaas op byna veertienjarige ouderdom skool toe is, kon hy vlot lees en skryf en somme maak . Sewe jaar later het hy tot matriek gevorder, maar was toe al amper 21 jaar oud.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 08:40
5648

Jan Hendrik OLIVIER.

Jan Hendrik OLIVIER is ongeveer 1856 gebore en is op30 Mei 1930 oorlede. Op 15-jarige ouderdom sluit hy by die Vrystaatse grenspolisie aan en word in 1873 op 17-jarige ouderdom veldkornet vir Rouxville-Zastron. Vir sy deelname aan 'n veldtog teen Moshweshwe ontvang hy die plaas Olifantsbeen in die wyk Vechtkop in die distrik Zastron. In 1883 is hy tot lid van die Volksraad vir Caledonsrivier verkies en in 1893 herkies. Met die uitbreek van die oorlog in 1899 was hy reeds 'n jaar lank kommandant van die Rouxville-Zastron kommando. Sy kommando en twee ander veg noord en suid van die Oranjerivier en op 13 November 1899 beset hy Aliwal-Noord. Daarna beset hy Burghersdorp, Jamestown, Barkly-Oos en die spoorwegaansluiting by Stormberg. Op 26 November probeer genl.-maj. Catacre Stormberg beset maar genl. OLIVIER se 1 700 man dien hom 'n nederlaag toe en die Britte se "Swart Week" begin. In Maart en April 1900 is hy saam met genl C.R. De Wet in die suidoos- Vrystaat en bly tot Julie by hom in die Brandwaterkom. Sy kommando is een van die wat saam met genl. De Wet ontkom toe genl. Prinsloo oorgee. Weens 'n verskil met genl. De Wet besluit hy om met sy drie seuns liewer in Transvaal te gaan veg. Naby Winburg val hy egter in die hande van die Queenstown Volenteer Rifles en word na Ceylon gestuur. Na sy terugkeer word hy lid van die Wetgewende Vergadering van die Oranjerivier-kolonie, maar onttrek hom in 1910 aan die openbare lewe
[Die Boere-offisiere van die Tweede Vryheidsoorlog.]

Jan Hendrik OLIVIER van Olifantsbeen Zastron, kommandant van die Rouxvillekommando en reeds van sy 21 ste jaar af volksraadslid van die Vrystaat, is deur pres. Steyn aangestel as hoofkommandant van die invalsmagte in die Stormberggebied. Hy is in 1845 in die Burgersdorpdistrik gebore maar hulle het kort daarna na die Vrystaat verhuis waar hy in 1865 laerkommandant van die Rouvillekommando in die oorlog teen die Basotho's was. Komdt. Olivier het die familieplaas by sy pa gekoop en 'n vermoŽnde man geword.

Olivier was groot en vors van gestalte, het 'n sterk persoonlikheid gehad en het groot aansien onder sy volgelinge geniet. Sy welige bos baard het hom 'n stoere voorkoms gegee - 'n prototipe van die Boer. Hy was ook 'n diep gelowige man en uiters konserwatief, eienskappe wat van hom 'n beter vredetydse leier as 'n bevelvoerder van 'n krygsoperasie gemaak het. Aan dapperheid het hy egter nie ontbreek nie. Sy diep stem het gepas by sy gestalte en volgens oorlewering het hy sy toesprake begin met: "Ik, Jan Hendrik Olivier zeg," en dit afgesluit met: "Ik, Jan Hendrik Olivier, heb geseg."

Sy inname van Aliwal-Noord (Oliviersfontein) op 13 November met sy kommando van 450 Rouxvillers was meer seremonieel as kragdadig en al skote wat afgevuur is, was die saluut van die twee Kruppkanonne wat saam met hom gekom het.

Die omvang van Olivier se opsweping van gemoedere en opkommandering van burgers blyk duidelik daaruit dat die meer as 3 000 rekrute wat in die Stormbergdistrikte gewerf is, byna een derde van die 10 000 Kolonialers wat hulle by die Boeremagte aangesluit het, uitgemaak het.

[Rebelle van die Stormberge]

Maar generaals Froneman, Piet Fourie, WJ Kolbe en JH OLIVIER met kommandante Sarel Haasbroek, CJ De Villiers en P. Visser (van Fauresmith) het Prinsloo se oorgawe nie erken nie en met 1 500 man naby Clarens oor die berge na die noorde uitgebreek. Onder hierdie burgers was ook die latere genl. Wessel Wessels. Genl. JH OLIVIER het egter op 26 Augustus met twee van sy seuns (een slegs 13 jaar) ook in die Engelse se hande geval toe komdt. Andries van Tonder daarin geslaag het om onder 'n koeŽl reŽn uit te jaag. Hy is na Ceylon verban.

Op 16 Junie was De Wet en Froneman met die Engelse slaags by Elandslaagte, langs die Renosterrivier, tien myl van Heilbron af in Vredevortweg se rigting. Die volgende dag het komdt. C Nel van Kroonstad bedank en is komdt. Frans van Aardt in sy plek gekies. Genl. JH OLIVIER het ook by genl De Wet uitgekom en op 20 Junie het De Wet, OLIVIER en Froneman die spoorweg en telegraaflyn by Serfontein, Heuningspruit en America-stasie (van noord na suid) onderskeidelik gaan vernietig. De Wet en Froneman het geslaag, maar Engelse versterkings het Heuningspruit bereik voordat OLIVIER sy deel kon doen, en die drie generaals het toe maar na die plaas Paardekraal teruggeval.

Mnr. JJ van Tonder vertel as volg van sy vader se heldhaftige ontkoming naby Winburg. Op 'n more vroeg het die burgers 'n geveg gehad by Winburg en geretireer. Komdt. OLIVIER en veldk. Van Tonder ry langs mekaar en sien tot hulle verwondering die burgers word ontwapen deur twee persone in burgerdrag. Veldk. Van Tonder se toe aan OLIVIER: "Kyk ons mense speel nog, hulle ontwapen mekaar." Daar gekom word hulle toe ook ontwapen Komdt. OLIVIER (oud-generaal) klim toe van sy perd en gee sy mauser-rewolwer af. Veldk. Van Tonder bly op sy perd sit, trek sy mauser oor sy kop en gee dit af. Gelukkig vir hom gee hy nie sy bandolier met patrone ook nie. Hy het toe ontsnap en is later tot kommandant bevorder

Stormberg was een van OLIVIER se beroemdste veldslae. Met sy 400 man en 60 van die 350 man van komdt. Swanepoel. Genl Gatacre met sy mag van byna 3 000 man en 14 kanonne was op 26 November van Oos-Londen af na die Vrystaat in aantog.

[Die Helde-Album]

Een van die gevangenis in Ceylon wat 'n groot bydrae tot die gemeenskap van die eiland gemaak het was genl. J.H. OLIVIER. Hy het voor die oorlog met volbloedperde geboer en is deur die goewerneur van die kolonie, sir West Ridgway, versoek om die regering raad te gee by 'n perdetelery op Delft, 'n eilandjie aan die noordkus van Ceylon. Op advies van die generaal is die perdetelery stelselmatig georganiseer en verbeter. Die Boeregeneraal het gemeen dat toestande op die eiland uiters geskik was vir die teling van volbloedperde. Sy wenke is tot groot voordeel van die eiland toegepas. VanweŽ sy ryke boerderyervaring kon generaal Olivier ook sekere giftige plante uitwys wat op die weivelde van Delft voorkom.

[Bannelinge oor die Oseaan]

Na die besetting van Slag van Stormberg het komdt. Olivier op 1 Maart 1901 van pres Steyn opdrag ontvang om Stormberg te ontruim en terug te keer na Vrystaatse grondgebied. Olivier se seun Henning wat die veldtog in die Stormberge saam met sy pa deurgemaak het, skryf soos volg oor hulle onttrekking aan Stormberg in sy oorlogsherinneringe: Toe kom 'n berig van Cronje se oorgawe en die president order dat ons moet terugtrek. Vader wou eens nie. "Wat word van die kolonialers?" vra hy. Ons trek toe tot op die wal van die Oranje teenoor Aliwal.

[Rebelle van die Stormberge]

Kmdt. Jan Hendrik Olivier, die held van Stormberg, het nog aan verskeie veldslae in die Vrystaat deelgeneem en het hom as 'n dapper vegter onderskei. Toe genl. Marthinus Prinsloo in Julie 1900 naby Fouriesburg met meer as 4 000 man oorgee, was Olivier onder die kommandante wat geweier het om die oorgawe te erken en wat op heldhaftige wyse ontsnap het om die stryd te gaan voortsit. Olivier het egter gereken dat die hoofkommandantskap in die Vrystaat hom toekom en toe genl. Christiaan de Wet die pos kry, het daar verwydering tussen hom en De Wet , en selfs tussen hom en pres. Steyn gekom.

Op 26 Augustus 1900 is Olivier en sy twee seuns, van wie die jongste slegs dertien jaar oud was gevange geneem tydens 'n poging om Winburg wat in Britse habnde was te gaan ontset. Hy was op pad na 'n randjie wat deur boere beset was, maar toe hy sy bestemming bereik, was die burgers weg en ids hy gevangwe geneem deur manne van Brabant's Horse in siviele klere wat hy vir sy eie burgers aangesien het. So verbaas was hy dat hy op sy perd sit en lag het., vas onder die indruk dat sy manne besig was om hom 'n poets te bak.

Hierdie insident het die vermoede laat ontstaan dat hy verraai is en dit het 'n verbitterde man van Olivier gemaak. Hy is na Ceylon verban waar hy 'n eensame figuur was wat weens sy teruggetrokkenheid nie gewild by sy medegevangenis was nie.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 08:54
5651

Veldk. Harm OLIVIER.

Veldk. Harm OLIVIER, van Burgersdorp, wat in die Stormbergslag, deur 'n kartets in die oog getref, dood neergesak het, was 'n welvarende boer op Ruigtefontein, Burgersdorp. Hy was die vader van 20 kinders, van wie drie seuns saam met hom op kommando was en een in die slag van Stormberg in die been verwond is, deel sy dogter mee. Gebore op 8 November 1851, was hy 'n man van 48 jaar. Eers was hy met 'n mej. Venter getroud wat die moeder van 13 kinders geword het, en na haar dood met 'n mej Van Der Walt, by wie hy sewe dogters gehad het. Hy was die seun van komdt. JH OLIVIER van Colesberg (nie die een van Rouxville nie.)
Die boerekommando's het vir 'n volle twee weke op Stormbergaansluiting gele en die Engelse aanslag afgewag. Hieroor het vk. Harm Olivier soos volg aan sy vrou op Bugersdorp geskryf:

Stormberg Junekte den 27-11-1899

Sondag morgen (26 Nov.) Toen de zon op kom het ons Stormberg gevat zonder een schoot te schiet. Ons het nog geen order wat ons zal doen. Ik dink dat ons morgen Molteno zal gaan vat. Ik heb een tyding van dag dat de troepen Molteno door gekom het en ons denk dit zal een harde geveg wees.

En op 9 Desember skryf hy: Verder mijn vrouw, ik gevoel my van mogen zeer beswaar. Ons was aangezeg om vannag om 11 uur Molteno te gaan vat en ons was klaar toen is ons weer gestop en ons moet naar Steynsburg gaan van morgen om 9 uur.

Die volgende dag Sondag 10 Desember het die Engelse op Stormberg toegeslaan en Harm Olivier was een van 5 burgers wat in die slag van Stormberg gesneuwel het.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 08:59
5652

Veldk. Gert Cornelis OLIVIER.

Veldk. Gert Cornelis OLIVIER is in 1859 gebore en het 82 jaar oud geword. Toe komdt. (later president) Paul Kruger in 1865 die Vrystaters met 'n Transvaalse kommando teen die Basoeto's gaan help het, het hy 'n tyd op Rietfontein, die plaas van sy vader, Jacobus OLIVIER gestaan en het die sesjarige Gert vir hom melk na die laer weggebring. Daardie plaas Rietfontein is vandag byna geheel deur die water van die Vaaldam bedek. In 1878 is hy met Anna Christina Meintjies getroud, toe hy nog nie 20 jaar oud was nie. As vrederegter, kerkraadslid en skoolkommissie-lid het hy die gemeenskap trou gedien en hy het dwarsdeur die Tweede Vryheidsoorlog dapper geveg. By die vrede was sy flukse ryperd wat hom in tallose gevegte in skermutselings gedra het, nog fris en sterk, By sy dood was veldk. OLIVIER 'n gesiene en vermoŽnde man en hy was alombemind.

Op besoek aan sy weduweemoeder, naby "Uitvlugfontein" is 'n jong burger, OLIVIER, verras en voor die oe van sy moeder doodgeskiet. Sy maat Cornie Hoffman, Kmdt. Malan se adjudant, het gevlug en die twee soldate op sy beurt verras. Hulle het toe aan hom oorgegee en hy het hulle ontwapen. Dit was voor Julie 1901. 1.

Die boere moes uit 'n kraal breek tussen die Drakensberge en die Wilgerivier. Ons moes swaar verliese betreur: 13 dood en nagnoeg 20 gewond.In aller yl het die burgers wat deurgekom het (23 Februarie 1902), voortgehaas en kort na sonsopkoms op Bavaria by Bothasberg, die plaas van weduwee Bresler, aangekom. Hier het ons 'n lid van die president se lyfwag, Piet van der Merwe en 'n dertienjarige seun, OLIVIER, in een graf begrawe.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 09:01
Veldk. Willem Karel OLIVIER.

Veldk. Willem Karel OLIVIER * 7 Januarie 1873 het as lid van die Bethlehem-kommando aan die slae van Modderrivier en Magersfontein, Colesberg en Rietfontein-stasie deelgeneem. Na die terugval uit Kaapland was hy in 1900 in die slag toe die Yeomanry naby Lindley gevange geneem is en na Marthinus Prinsloo se oorgawe het hy onder Kmdt. Sarel Haasbroek aan baie gevegte deelgeneem.

Op besoek aan sy ouers op die plaas Blydskap, Kestell, het hy en sy broer Christiaan een Sondag ongewapen na die vee gaan kyk. By sy terugkeer is hy voor die waenhuis deur twee Engelse en 'n swartman gevange geneem. Die swartman het hom sy pas gevra en hom gevloek. Veldk. Olivier het gese die pas is in die huis en is gebied om dit te gaan haal. By die voordeur het sy ou moeder sy mauser aan hom oorhandig. Toe hy om die hoek gaan, le die Engelsman en die swartman aan, maar hy skiet die Engelsman dood. Toe laasgenoemde agteroorval, tref die skoot uit sy geweer die muur net bokant OLIVIER se kop. Die swartman wou weghardloop, maar OLIVIER het sy been afgeskiet en die ander Engelsman wat opsy was, ook gevange geneem.

Na die slag van Krismiskop is hy tot veldkornet benoem in die plek van veldk. Frans Pieterse wat daar gesneuwel het. Vervolgens was hy o.a. in die slag van Steenkampskop waar drie blokhuise van die Engelse afgeneem is en na die vredesluiting het hy saam met genl. Michael Prinsloo wapen neergele

Behalwe vir die terugkerende rebelle, was daar ook boere wat in die berge geskuil het om uit die hande van die Engelse te bly. Die Stormberge en die Drakensberge is vol hol kranse en grotte wat gerieflike skuiling gebied het. Van hierdie voortvlugtendes het krygswet oortree, of nooit die wapen neergele nie. Een groep wat hulle die Bergskotte genoem het was die Oliviers van Modderfontein. Hulle het lank in die berge rondgeswerf en na 'n lan kat-en-muis-spelery met dorpswagte, hulle by 'n kommando aangesluit

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 11:46
Die Verhaal van die blou koppetjies Ďn Verhaal uit die Anglo-Boereoorlog.

My ouma, aan moederskant, Johanna Magdalena Petronella (noemnaam Joey), was 'n nooi Botha getroud met Abraham Jacobus Pretorius uit die Andries Hendrik Pretorius tak. Sy het die volgende vir ons vertel:

Toe die Engelse op hulle (die Bothaís se) plaas aankom om die vrouens en kinders konsentrasiekamp toe te neem, moes hulle net hulle beddegoed saamneem. Sy het 'n egte porselein "tea set" gehad waarmee sy gespeel het: wit met fyn blou blommetjies. Sy het die "tea set" saamgevat en het sitplek agter op 'n wa gekry.

Die wa het oor 'n dippie gery en die "tea set" het van haar skoot geval en in die sand beland. Die agterste wa se wiele het oor die porselein koppetjies en pieringtjies gery. Sy het begin huil oor haar gebreekte "tea set" en vir die eerste keer "verlies" ervaar. Die porselein stelletjie was vir haar die simbool van die oorlogsverlies wat die volk ervaar het.

In die kamp is almal in een tent gestop. Te veel mense vir die spasie en hulle het dus beurte gemaak om gerieflik te slaap. Sy onthou koue, honger, gebrek aan skoon drinkwater. Waswater was moeilik bekombaar en seep 'n luukse. Haar moeder het munte en juwele in haar roksoom ingewerk. Na die oorlog is dit te gelde gemaak om die boerdery weer aan die gang te kry.

Ouma se ouers het gelukkig voortydig 'n paar meubelstukke en kosbaarhede in 'n groot "graf" met sinkdeksel bedek met grond weggesteek en na die oorlog weer uitgegrawe. Die outydse dubbelorrel wat deel van die weggesteekte los goedere was, staan vandag in my huis en speel foutloos na 'n behoorlike restourasie proses.

Ouma het vertel hulle het soms glasstukkies en hoeke in hulle kos in die konsentrasiekampe ontdek, maar niks oorgekom nie, want haar ma het van meet af aan alles sorgvuldig deurgesoek. Of dit deur die Engelse se tedoen was of per ongeluk daarin beland het, is vandag steeds duister.

Ouma se ma, Cornelia C. Conradie getroud met Johannes Petrus Botha) kon medisyne uit die veld se plante brou en het die gesin self suksesvol "gedokter" wanneer hulle siek was. Hulle het sewe kinders gehad waarvan ouma een was. Ouma Joey was self te klein om dit gedurende die oorlog aan te geleer het, maar het na die oorlog wel die kunsies leer baasraak. Ouma kon iets uit niks maak en ek het my altyd aan haar verwonder as sy kos en klere gemaak het. Haar groentetuin was 'n lushof en sy het altyd baie kruie gehad.Viooltjies in die voorhuis, viooltjies blou en rooi...

Ouma en Oupa Pretorius is presies twee weke na mekaar oorlede en is in die begraafplaas van Clocolan in die Oranje Vrystaat in 'n dubbelgraf begrawe.

OnsKenJulle...
18 Nov 2012, 12:55
BP hierdie is baie interesant, kan jy meer inligting verskaf oor die? is dit waar die stuk eindig?

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 15:29
Omstandigheidsgetuienis sterk dat Scheepers vergiftig is.

KMDT. GIDEON SCHEEPERS

HET 'n Britse agent die Anglo-Boereoorlog-held Gideon Scheepers vergiftig of was hy depressief?
SOWAT 37 jaar nŠ Scheepers se gevangeneming op 10 Oktober 1901 het Scheepers se adjudant, Kareltjie Lehmkuhl, met die skokkende onthulling vorendag gekom dat Scheepers en hyself deur 'n geheime Britse agent vergiftig is waarna Scheepers verplig was om hom aan die Engelse oor te gee om hospitaalbehandeling te kry.
Lehmkuhl, wat maar 16 jaar oud was in die oorlog, het die vergiftiging oorleef en op 53-jarige leeftyd besluit om sy geheim openbaar te maak in 'n artikel in Die Huisgenoot van 20 Mei 1938.
Volgens Lehmkuhl sou ene Hugo, 'n broer van regter-kmdt. Henry Hugo, vir die Britse intelligensie gewerk het. Hugo het uit die bloute by Scheepers se kommando aangekom. Omdat Scheepers met regter Hugo bevriend was, is die regter se broer as kok by die kommando in diens geneem.
Hugo sou een dag twee glasies wyn vir Scheepers en Lehmkuhl aangebied het. Terwyl Lehmkuhl sy glasie net halfpad gedrink het omdat dit sleg gesmaak het, het Scheepers syne geledig. Hugo het nog dieselfde dag spoorloos verdwyn. Kort daarna het Scheepers ernstig siek geword.

Op Koppieskraal is 'n dokter van Ladismith ontbied om Scheepers te ondersoek. Lehmkuhl beweer dat hy by die dokter gestaan het toe die dokter vir Scheepers gesÍ het dat hy 'n stadig werkende gif ingekry het. Lehmkuhl self het herstel nadat hy deur 'n ou boervrou met bossiemiddels gedokter is en die meeste gif uitgewerk het.
Scheepers was egter so siek dat hy homself moes oorgee.
'n Jonger broer van Scheepers, Kosie, het ook in 'n ongedateerde brief beweer dat Hugo deur die Engelse betaal was om Scheepers te vergiftig.
Lehmkuhl het die onthulling van Scheepers se vergiftiging in 1938 gedoen toe daar tydens die simboliese ossewatrek 'n geweldige oplewing in nasionalisme en 'n gepaardgaande ontploffing in geskiedskrywing oor die ABO plaasgevind het. Die talle publikasies oor die ABO wat in die jare veertig die lig gesien het, was deurgaans sterk patrioties en anti-Brits.

Dit val egter vreemd op dat Lehmkuhl se verhaal nŠ sy onthulling nie in enige van die standaard-publikasies van die jare veertig bevestig word nie, soos Die Helde-album van P.H.S. van Zyl in 1944, Die Gedenkalbum van die Tweede Vryheidsoorlog (1949) en die SA Biografiese Woordeboek.
Talle van die oorlogsveterane het toe nog geleef en die politieke klimaat was reg om Lehmkuhl se onthulling aan te gryp om die beeld van Scheepers as 'n martelaar van die vryheidstryd te bevorder.
Lehmkuhl se verhaal het egter vergete geraak. Die bekende skrywer Johannes Meintjes maak ook geen melding van die vergiftiging van Scheepers in sy Scheepers-biografie, Sword in the Sand van 1969 nie.
Eers in die laaste dekades van die eeu met die nadering van die100ste herdenking van die oorlog het geskiedskrywers weer Scheepers se siekte uit die stof opgediep.
In haar meestersgraadverhandeling, The second invasion of the Cape Colony van 1989, verwerp H.A.Shearing die bevinding van Mearns dat Scheepers aan blindedermontsteking gely het. Sy beweer dat Scheepers se siektesimptome en gedragspatroon tydens sy siekte eerder op maniese depressiwiteit dui.
Aangesien diť teorie eerder op persoonlike afleidings en subjektiewe menings as op konkrete bewyse berus, kan dit nie ernstig opgeneem word nie. Die positiewe gees wat uit Scheepers se dagboek straal, bewys die teendeel van haar teorie.
In sy meestersgraadverhandeling, The Guerrilla War in the Cape Colony during the S.A. War van 1996, beskryf Rodney Constantine Scheepers se vergiftiging deur Hugo na aanleiding van Lehmkuhl se onthulling in Die Huisgenoot.

In 1998 het dr. C.W. Lehmkuhl van Kemptonpark, 'n kleinseun van Kareltjie Lehmkuhl, 'n geskrewe verslag van Scheepers se vergiftiging wat sy pa (Kareltjie se seun) voor sy dood opgestel het, aan Constantine verskaf.
Ook Lehmkuhl se suster, wyle mev. Lucia Skinner, het voor haar dood luidens 'n berig in Die Burger in 1998, bevestig dat haar pa (Kareltjie) hulle vertel het van Scheepers se vergiftiging deur 'n Boer wat as geheime agent vir die Britte opgetree het.
In 'n later publikasie maak Constantine 'n sterk saak uit vir die teorie dat Scheepers vergiftig is. Dit ly ook geen twyfel nie dat die Britte 'n sterk motief gehad het om die mees gevreesde guerrillaleier te vergiftig, want vang kon hulle hom nie.
Hoe ver die Britte bereid was om te gaan om Scheepers uit die weg te ruim, blyk ook uit 'n onlangse aanwins van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein.
In 'n geheime telegram in kode geskryf gee die militÍre owerheid in Brittanje opdrag aan die offisiere gemoeid met Scheepers se verhoor in Graaff-Reinet ``om die verhoor met groot spoed en dringendheid af te handel''.
Dis duidelik dat Scheepers tot elke prys verwyder moes word.
Die verwydering van Scheepers se lyk uit sy graf deur die Engelse die nag nŠ sy teregstelling kan ook vertolk word as 'n poging om seker te maak dat geen bewyse van vergiftiging ooit gekry word nie.
Hoe sterk omstandigheidsgetuienis ook al is, is daar egter geen konkrete bewyse dat Scheepers vergiftig is nie. Lehmkuhl se swye vir 37 jaar voor sy onthulling, asook historici se ignorering van sy onthulling, kan moeilik verklaar word.
Constantine se verklaring dat die openbaarmaking van Scheepers se vergiftiging dinamiet nŠ die oorlog sou wees en dat die versoeningspolitiek van Smuts en Botha daardeur verongeluk sou word, is eweneens aanvegbaar.
Die enigste wyse waarop Scheepers se vergiftiging in opdrag van die Britse militÍre owerheid ooit bevestig kan word, sou uit militÍre bronne van Brittanje wees.
Lehmkuhl se onthulling sal daarom in omstredenheid gehul bly.
Met erkenning aan Kmdt. Gideon Scheepers se Lewe, Gevangeneming en Teregstelling deur Retief Koch (1998) en aan The Poisoning of Gideon Scheepers deur Rodney Constantine (1998).

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 16:21
'n Volbaard was net die regte ding.

Daar is een ding wat jy by al die generaals wat vir die ou ZAR in die Anglo-
Boereoorlog geveg gekry het. Dit is 'n ruie volbaard. Wel miskien nou nie by
almal nie. Die latere kommandant-generaal Louis Botha het byvoorbeeld sy
baard se groei beperk tot 'n bokbaardjie.
Maar kyk maar na Piet Joubert, Koos de la Rey, Piet Cronje en sulke ouens.
Almal het volbaarde gehad.
Byna soos figure in kinderbybels voorgestel word.
Selfs Paul Kruger het probeer om 'n volbaard te dra. Moeder Natuur het egter
die ou president se pogings beperk tot 'n yl kenbaard. As jy sy poging om 'n
baard te dra vergelyk met iemand soos generaal Koos de la Rey, het die
president sleg tweede gekom.
Wat my weer laat dink het aan die ding van baarde dra by die ou Transvalers
was 'n voorval vroeg in die Anglo-Boereoorlog. NŠ die slag by Modderrivier
het die Boere 'n klomp Kakies gevange geneem.
Nou as daar een ding was een ding wat die Boere nooit heeltemal onder die
knie kon kry nie, was dit wat om met krygsgevangenes te maak. Toe die
oorlog teen Engeland verklaar is, het niemand daaraan gedink waar om die
Engelse te neem wat in Boere hande sou val nie.
Die Engelse het nie die probleem gehad nie.
Hulle het die Boere eenvoudig na een
van hul mindere kolonies verban. Kolonies
soos Bermuda, Ceylon, IndiŽ en St.
Helena het almal kampe vir Boerekrygsgevangenes
gehuisves.
NŠ die slag by Modderrivier het die Boere
die krygsgevangenes na die Vrystaat gestuur.
Pres. Steyn was beslis nie lus om
gasheer vir die ongenooide gaste te speel
nie en hy het hulle na die Transvaal gestuur.
Hy het die twee van die senior manne wat
die krygsgevangenes moes vergesel gevra
om sy persoonlike groete aan pres. Kruger
oor te dra.
As die president so sÍ, dan word daar so gedoen. Toe die Vrystaters egter by
Kruger aan doen om hul president se mooi wense oor te dra, was hulle
ontvangs nie te hartlik nie.
“Waar kom julle vandaan?” wou Kruger nors weet.
“Hoe dan nou so? Van die Vrystaat natuurlik, president,” het hulle verbaas
geantwoord.
“Nou vir wat is julle gesigte dan skoon geskeer. Julle lyk vir my nes daardie
Kaapse mense. Hulle is almal Rhodes-mense. Al probeer hulle soms anders
voorgee,” brom Kruger nog steeds onvergenoegd voort.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 16:29
5653

Fritz Joubert: ďThe man who killed KitchenerĒ

Daar is heelwat verhale oor Fritz Joubert Duquesne (uitgespreek Doe-Kyn) geskryf en verskeie van die stories kom nie altyd ooreen nie. Ons het ondersoek ingestel om hierdie ongelooflike karakter se lewensverhaal vir u, die leser, bekend te maak.

Frederick (Fritz) Joubert Duquesne was op 21 Desember 1879 te Oos-Londen gebore. Sy ouers was welgesteld en hy was familie van genl. Piet Joubert.

Hy het grootgeword in Nylstroom en was op Ďn jong ouderdom na Ďn koshuis in Engeland gestuur. Op die ouderdom van 17 was hy by die London University ingeskryf en Ďn jaar later het hy na Brussels verhuis waar hy by Ďn militÍre universiteit studeer het.

Duquesne, nog net ín seun, het gedurende hierdie tydperk bekend gestaan as die beste swaardvegter in die hele Europe en het in drie van die opgetekende gevegte sy opponente gedood!

In 1899 keer hy terug na die Z.A.R., net betyds vir die uitbreek van Tweede Vryheidsoorlog. Hy word deel van sy oom genl. Piet Joubert se staf en was later naby Ladysmith gewond. Hy herstel egter vinnig en neem verder deel aan die oorlog.

By die slag van Colenso word hy deur die Britte gevang maar hy ontsnap op heroÔese wyse nadat hy talle soldate uitoorlÍ het en ín wag in die proses noodlottig gewond het. Hy was later weer gevang en weereens ontsnap hy voor die aanvang van die kryg verhoor.

Tydens die slag van Bergendal word hy tesame met die Boeremagte oor die grens in Mosambiek ingedryf. Die Portuguese neem hom gevangene en stuur hom na Ďn tronk Lisbon, Portugal.

Net voor hy gevang was het hy na bewering waens met onskatbare hoeveelheid goud iewers in die Laeveld weggesteek sodat die Britte dit nie in beslag kon neem nie. Hierdie goud was op pad na Europa om wapens en ammunisie vir die Boeremagte aan te koop. Die goud is tot op hede nog nie gevind nie.

In Portugal verlei hy die tronkbewaarder se dogter en sy help hom ontsnap. Hy vlug na Parys, Frankryk, en hier sluit hy aan by die Afrikanervereniging. Duquesne besluit toe om die Britse magte te infiltreer. Hy sluit in 1901 aan by die Britse weermag en word vinnig bevorder as offisier. Spoedig reel hy dat hy terug gestuur word na die Z.A.R. op die Britte se onkoste!

Op Transvaal sí bodem tref hy reŽlings dat hy na die Nylstroom-distrik gestuur word. Hier het sy haat vir Lord Horatio Kitchener ontstaan vanweŽ die geskroeide aardebeleid en die konsentrasiekampe. Hy vind sy familieplaas verbrand, sy suster verkrag en vermoor en sy moeder sterwend in Ďn konsentrasiekamp in Germiston. In latere jare erken hy dat hy vir Kitchener persoonlik verantwoordelik gehou het vir die ramp wat sy familie getref het asook die 27 000 Afrikanervroue en Ėkinders wat in die Britse helkampe gesterf het.

Dit is nie duidelik hoeveel inligting hy op hierdie stadium aan die Boeremagte gegee het nie. As Britse offisier het hy sonder twyfel toegang tot heelwat waardevolle inligting gehad. Sy bynaam onder Afrikaners was die ďSwart LuiperdĒ omrede sy donker hare en die heldhaftige wyse waarop hy die Britse Intelligensiediens male sonder tal ontduik het deur vertroulike inligting suksesvol aan sy Boere-kamerade te gee. Die Britte het geweet dat daar ín Boere-spioen in hul midde was maar hulle kon Duquesne nooit vastrek nie.

Steeds in Britse uniform, word hy na Kaapstad verplaas waar hy besluit het om die hawe en groot dele van die stad op te blaas. Hy was Ďn man wat mense maklik beÔnvloed het en kry dit reg om Ďn groep Afrikaners bymekaar te maak vir sy beplande sabotasie van Britse militÍre teikens in die Moederstad. Sy planne word egter ontbloot nadat Ďn vrou van een van sy manskappe die Britte daarop attent gemaak het dat hy ín sabotasie komplot beplan. Die Britte maak toe Ďn aanbod aan hom: indien hy die Boere se geheime militÍre kodes ontleed sal hulle sy lewe spaar. Hy ontleed dit maar gee valse inligting vir die vyand.

Daarna was hy na Bermuda gestuur as krygsgevangene. Kort na die Vrede van Vereeniging in 1902 ontsnap hy met die hulp van die jong Anna Maria Outerbridge, wie hy ook verlei het, na die VSA.

In New York het hy gewerk as Ďn joernalis en omrede hy Russies magtig was, het die koerant hom gestuur om verslag te lewer oor die Russies-Japanese oorlog. Fritz kon onder andere ook Frans, Duits, Portugees en Hollands vlot praat.

Hy het naam gemaak in die VSA as Ďn grootwildjagter en was ook bevriend met pres. Theodore Roosevelt, wie hy gereeld raad gegee oor jag.

Ook het hy hom voorgedoen as Ďn Australiese soldaat, ďCaptain Claude StoughtonĒ, en het geld verdien deur op reis te gaan en lesings aan te bied oor verskeie oorloŽ waarin hy betrokke was.

Gedurende die Eerste WÍreldoorlog verhuis hy na BrasiliŽ as die wetenskaplike ďFrederick FredericksĒ om rubberbome te bestudeer. Hy het natuurlik geweet dat die Britte baie skepe het wat voorraad vanaf Suid-Amerika na Europa vervoer om sodoende hul oorlogspoging aan die lewe te hou. Na bewering het hy meer as 20 Britse skepe vernietig met die gebruik van tydbomme, o.a. HMS Salvador, HMS Pembrokeshire, HMS Tennyson en die HMS Vauban.

In 1916 plaas hy Ďn berig in ín Britse koerant dat ďFritz Duquesne deur die Amasone Indiane in Bolivia vermoor wasĒ. Hy vertrek kortliks daarna na Engeland en doen hom voor as die Rus ďGraaf Boris ZabrefskiĒ. Dit is tot vandag toe nog onduidelik hoe Duquesne in aanraking gekom het met die Duitse Intelligensiediens maar hy was op hierdie stadium beslis ín Duitse spioen.

In Londen reŽl hy dat hy saam met Lord Kitchener aan boord die HMS Hampshire reis na Rusland. Op die hoŽ see gaan hy te werke om vir Ďn Duitse duikboot ín aanvalsein te stuur. Hy verlaat die skip net betyds voor ín torpedo-aanval die HMS Hampshire sink. Duquesne se lewensideaal word verwesenlik: Kitchener is dood!

Duquesne ontvang later die Ysterkruis vir dapperheid by Keiser Wilhelm vir die rol wat hy gespeel het om van Lord Kitchener ontslae te raak.

Omrede meeste van sy familielede in die Z.A.R. deur die Britte vermoor was het hy nooit weer teruggekeer na sy vaderland toe nie. Hy was later in Amerika gevang maar het homself voorgegee as ín verlamde en na twee jaar in Ďn tronk vir gestremdes het hy weer ontsnap.

In 1941, tydens die Tweede WÍreldoorlog, het die FBI hom weer vasgetrek nadat hy verantwoordelik was vir die grootste spioenasie komplot in die Amerikaanse geskiedenis: The Duquesne Spy Ring.

Hy was skuldig bevind van sabotasie op Britse militÍre teikens. Hy het homself verdedig gedurende die verhoor en sy lewe was gespaar omrede die hof bevind het dat al sy teikens slegs teen Britse belange was en dat hy wraak gepleeg het teen die Britte se oorlogsmisdade teen die Afrikanervolk tydens die Tweede Vryheidsoorlog.

Op die ouderdom van 62 het Fritz nie weer ontsnap nie. Hy was 13 jaar later in die tronk oorlede.

Dit gaan die verstand te bowe dat ons nie op skool geleer was van kapt. Fritz Joubert Duquesne se merkwaardige lewe nie.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 16:51
Ouma Hamman en die Barbertonse Konsentrasiekamp.

Nog so 'n geloofsheld is Anna Elizabeth Retief wat op 4 Julie 1874 te Graaff-Reinet gebore. Na haar dood het haar dogter Esperance Kelber 'n boekie oor haar lewe geskryf. Ouma Hamman was die stigter van die Moedersgebedsbond.

Gedurende die Anglo Boere Oorlog word sy en haar kinders aangehou in die Barberton konsentrasie-kamp. Die vrouens is gelukkig in ontruimde huise aangehou en nie in tente nie. Sy vertel: "Die Here was baie naby in daardie dae en het op 'n wonderlike wyse in al ons behoeftes voorsien in antwoord op gebed. Na drie maande het o.a. die vreeslike hitte in Barberton my vurig laat verlang na my geboorteplek en ouerhuis te Graaff-Reinet. Op my aanvraag het die kommandant vir my verlof verkry om om kosteloos deur die twee republieke (Transvaal en Vrystaat), te mag gaan, maar op eie risiko ...

Die vernaamste vraagstuk was nou padkos. 'n Groot hoeveelheid boerbeskuit was net die ding. In die dae het ek letterlik alles van die Here ontvang wat ek gevra het. Ek het die meel gekry, maar hoe ek ook al gebid het, die vet het ontbreek. Drie dae voor ons sou vertrek, en die laaste dag waarop ek kon bak, staan ek voor die kombuisvenster wat op die straat uitkyk met die skottel meel voor my. Met 'n beswaarde hart bid ek toe: "Vader, het u my dan vergeet; ek kan dit nie verstaan nie." Net toe het die militere muilwaens met kosware vir die troepe in die veld verbygespoed met groot geraas. Meteens was daar 'n harde klop aan die voordeur. Daar staan 'n soldaat met die grootste blik vet wat ek nog ooit gesien het voor hom op die grond. "Mevrou," het hy gehyg, "hierdie vet het afgeval, net toe ons hier verbygery het – wil u dit he of nie?" En sonder om op 'n antwoord te wag, het hy dit die gang ingerol en voortgesnel om die wegrollende waens in te haal. Verbysterd het ek asof vasgenael bly staan. Die teenwoordigheid van die Here was tasbaar. Wat die wonder nog groter gemaak het, was die feit dat die deur van die huis nie direk op die straat uitgegaan het nie, maar in 'n tuin met die hekkie laer af, terwyl die huise oorkant die straat se hekke by die voordeure was. Wat sou die man beweeg het om die ompad te neem om my huis te bereik? A, ek het geweet!"

Ouma Hamman het nie 'n maklike lewe gehad nie. Beide haar seuns het jonk gesterf. Haar dogter vertel: "Toe Muntingh 14 jaar oud was, het hy eendag tef gesny vir die koei wat ons daar in ons groot erf aangehou het. Per ongeluk het die sekel gegly en tussen die knie en knie-skyf ingeglip; maar die merkie was seker nie groter as as 'n sentstuk nie." Muntingh sterf toe aan bloedvergiftiging. Sy gaan verder: "Vir ons almal was dit 'n ontsettende skok ... Toe ek die nag terugkom , was hy reeds in sy kis – die lieflike knap seun van 14 jaar ... Vir Mamma was dit so 'n skok dat sy nie langer in daardie huis wou bly nie. Sy kon net nie daaroor kom nie.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 18:40
Baie dankie RJ.

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 19:15
Nie alle Boere was helde in oorlog.

IN die meeste geskrifte oor die Anglo-Boereoorlog word die verhale vertel van die Boere-helde, maar almal was nie helde nie.

Oor een van hulle het dr. Gert Scholtz, in lewe historikus en koerantredakteur, die volgende geskryf:

'n Swakker keuse as genl. Marthinus Prinsloo as bevelhebber van die magte in die distrik Bethlehem was nouliks moontlik. Hy het swak opgetree en nie geprobeer om deur die Britse linies te breek nie. Sowat 1 500 van sy eie mense het daarin geslaag om te ontsnap voordat Prinsloo met die Britte onderhandel het. Hy het met meer as 4 000 man oorgegee.

Marthinus Frederick Loots, wat met die uitbreek van die oorlog tien jaar oud was en toe al sy pligte nagekom en wag gestaan het vir die Boere, het sy wedervaringe van die oorlog 'n paar jaar later neergeskryf.

Van die memoirs is deur sy seun, Patrick Hendrik Loots, gepubliseer. Onder meer word vertel van die openlike konfrontasie tussen genl. Koos de la Rey en pres. Paul Kruger.

``Pa-Petrie Loots was nie ten gunste van die oorlog nie. Dit het goed gegaan met die boere in Transvaal. In die distrik Marico was die boerderye gesond en die goudmyne het die staatskas gevul.

``Die hoof-kommandant Piet Joubert het kanonne aangekoop en die staatsweermag is op die been gebring. Tog was nie net die boere van Marico teen die oorlog gekant nie, maar ook genl. Joubert, wat al oud en sieklik was, en genl. De La Rey.''

Hulle het gemeen dat die een of ander federale regering met die Kaap en Natal gevorm moet word.

Loots skryf dat pres. Kruger die Marico-mense eintlik van sy plaas weggejaag en hulle as lafaards uitgemaak het.

Ook genl. De la Rey het met die president gaan praat en dieselfde antwoord gekry.

Kruger het gesÍ 'n oorlog is onvermydelik omdat die kolonie Johannesburg se goud wil hÍ. Hy het vir De la Rey gevra of hy bang is, waarop die generaal geantwoord het: ``President, jy sal in die buiteland rondvlug, dan sal ek nog teen die vyand veg.''

Dit was profetiese woorde.

Loots skryf oor die eerste veldslae teen die einde van 1899.

``Die eerste slag was by Ramathlabama. Die Boere wen, maar daar is Boere dood. Toe weer die slag van Pitsani. Die Boere wen, maar bekendes sterf. Die vroue raak stil en vee die trane met hul voorskote af. Ons kinders speel Boer en Brit. Almal wil Boere wees, maar niemand 'n Brit nie.''

Marthinus was in November 1899 tien jaar oud. Hy is toegelaat om saam met sy pa wag te staan. Die Kersfees was op hande en baie Boere wou graag by hul vrouens wees.

Hy is later toegelaat om saam met skoolmaats wag te staan.

Die klein Loots-seuntjie en sy neef, Johannes Loots, was by toe Engelse soldate van die Boere se beeste met skuldbriewe kom koop het. Daar is besluit om met die ander beeste te vlug, en hy en Johannes is daarmee die berge in. Hoe lank hulle daar was, weet hy nie, maar dit het warm, bitter koud en weer warm geword.

Op 'n keer het twee Vrystaters hulle by hulle aangesluit. ``Hulle het pampoenkoekies gehad wat ons met melk geŽet het. Hulle het vertel dat die oorlog verby is. Dat die mense nie meer wil veg nie. Later het ons verneem hulle is die volgende dag in 'n hinderlaag doodgeskiet.''

Hy skryf dat Pa-Petrie hulle by die beeste besoek het. ``Van hom het ons verneem dat lord Methuen my ma, boeties en sussies gevang en na die `Refugee-kamp' in die destydse Mafeking geneem het.

``Kmdt. Daantjie Botha en genl. Lemmer het weens hul nederlae en swak vertoon 'n reputasie onder die mense gehad.

``Pa-Petrie het gesÍ hy voel hy veg vir niks. Die plase is tot niet, daar is nie kos en vee in die land oor nie. Maar hy het enduit bly veg. Hy het pres. Kruger egter sy lewe lank verkwalik vir die oorlog wat so onnodig was, en die Afrikaner so 'n nekslag toegedien het. Hy was kwaad oor die duisende vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe dood is.

``Hy het volgehou dat die Afrikaners nie die vermoŽ het om in tye van krisis die regte besluite te neem nie. Die bloed van die vroue en kinders wat gesterf het, het hy op die koppe van die leiers geplaas. Hy het gesÍ 'n held is iemand wat weet wanneer om te veg, te vlug en wanneer om vrede te maak.''

Loots skryf hy was een oggend saam met sy siek ouma (oud en met 'n halwe kreupel-stappie) en 'n stil en maer neef, Johannes, op die plaas. ``Ek het onder 'n boom gaan sit. Ek het eensaam en alleen gevoel en snikkend die tyd omgehuil.''

Toe kom twee Boere-joiners aan. ``Daar is 'n wa om alles op te laai. Ons moet pak en konsentrasiekamp toe gaan,'' het hulle gesÍ.

``Toe breek die verskriklike deel van my lewe aan.''

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 19:28
Smuts met sambok afgeransel.

Een van die kwaaiste vernederings wat enige Boereoffisier in die Anglo-Boereoorlog kon verduur, het generaal Jan Christiaan Smuts op 13 Desember 1900 in die Magaliesberg te beurt geval, toe generaal Koos de la Rey hom na afloop van die Slag van Nooitgedacht weens growwe pligsversuim met 'n sambok afgeransel het.

Hierdie voorval is nog nooit tevore in enige publikasie beskryf nie.

Smuts verdoesel sy fout by Vaalkop (wat hy Groenkop noem) in sy eie geskrewe weergawe van die slag, soos gepubliseer in Jan Smuts, memoirs of the Boer War, geredigeer deur SB Spies en Gail Nattrass. Hy pak die skuld op die donker nag en beken geensins dat hy enige fout gemaak het nie. Ook sy biograaf, WK Hancock, gooi 'n wye draai om diT voorval in Smuts, the Sanguine Years 1870-1919.

Die onthulling van die sambok-voorval is in 'n brief van ds Jozua Francois Naudť junior (87) aan KultuurKroniek, Bonus se susterpublikasie, gedoen. Ds Naudť jr (oom Joos), wat in die Strand woon, het hierdie weergawe ook telefonies bevestig. Hy vertel dat sy vader nŠ die oorlog verskeie kere van die sambok-onderonsie tussen De la Rey en Smuts vertel het.

Oom Joos se jonger broer is die bekende en omstrede predikant ds Beyers (oom Bey) Naudť. Sy vader het hom genoem na generaal Beyers, vir wie eersgenoemde die hoogste eerbied en bewondering gehad het.

In die vroeŽ oggendure van 13 Desember het die Boere onder De la Rey 'n skitterende krygsmaneuver beplan om 'n Britse mag onder generaal-majoor RAP Clements in die Magaliesberg vas te trek.

Diť gedenkwaardige Slag van Nooitgedacht het egter deels misluk omdat die 30-jarige Smuts, pas tot generaal bevorder, haas onverklaarbaar versuim het om die enigste ontvlugtingsroete vir die Britte aan die voet van Vaalkop te versper. Dit het Clements in staat gestel om uit die Boere se omsingeling te ontvlug.

Die merkwaardige slag het in die Magaliesberg - suidoos van Rustenburg - plaasgevind. Boere-offisiere wat onder andere daaraan deelgeneem het was generaals Christiaan Beyers en JCG Kemp, asook kommandante PM van Staden, CPS Badenhorst, Koos Boshoff, E Marais en Lodi Krause (aanvoerder van die verkenners).

Clements se mag het bestaan uit 1 500 beroepsoldate, nege kanonne en 'n pom-pom-masjiengeweer. Daar was 2 500 burgers.

Die aanvalsplan was om Clements se kamp aan die suidelike hang van die berg in die Moot vanuit alle rigtings te omsingel en dan aan te val. Smuts se opdrag was om Vaalkop suidoos van die Britse kamp te verower. Hy het nie daarin geslaag nie.

NŠ die slag, en in sy eie geskrewe weergawe, het hy gesÍ hy kon in die donker van die vroeŽ oggend nie die kop uitmaak nie en hy moes gevolglik wag totdat dit lig word. Omdat die burgers onder om toe sigbaar vir die Britte was, kon Smuts die kop nie verower nie en Clements het daarvandaan ooswaarts in die rigting van Rietfontein en Pretoria ontvlug.

Oom Joos skryf soos volg oor die staaltjie wat sy vader aan hulle vertel het: Na my wete is dit nog nÍrens op skrif gestel nie en ek gee dit nou hier in my eie woorde weer.

My vader het wel in sy boek Vechten en vluchten van Beyers en Kemp bŰkant De Wet, wat Nijgh & Van Ditmar in 1903 in Rotterdam uitgegee het, die Slag van Nooitgedacht beskryf, maar onderstaande verhaal het hy nie in die boek genoem nie.

Volgens my vader het die Boere in die nag die Magaliesberg van onder af na bo uitgeklim. Die Kakies het reeds stelling ingeneem aan die ander kant - onder aan die voet en ook hoŽr op.

GeneraalSmuts is aangesÍ om te keer dat die Kakies nie ontvlug nie. 'n Hele aantal het wel (deur Smuts se versuim) ontvlug en dit het De la Rey vreeslik kwaad gemaak. Die gevolg was dat hy toe vir Smuts met die sambok bygedam en hom 'n deeglike loesing gegee het".

Generaal Kemp skryf in sy oorlogsweergawe, Vir vryheid en vir reg, Nasionale Pers 1941, soos volg oor Smuts se optrede tydens die Slag van Nooitgedacht: Van alle kante word die (Britse) kamp onder die lood gesteek. Clements het toe reeds een-derde van sy manskappe verloor en ons het 'n pragtige kans om die hele kamp met kanonne en al te vat, want die kamp was onverdedigbaar. Maar generaal De la Rey se kommando's is te stadig om 'n stormaanval te maak en Clements kry die geleentheid om 'n klompie waens en al sy kanonne terug te trek tot op Vaalkop, 'n paar duisend tree van die kamp geleŽ, waarvandaan hy ons bombardeer. Op Vaalkop moes generaal Smuts die vyand keer. Maar hy verlaat sy posisie en die vyand kom dus vry".

Boertjie Phillip
18 Nov 2012, 19:46
Predikant met sambok geslaan.

12 Augustus 1868

Ds Frans Lion Cachet was ‘n vurige predikant wat alles in die stryd gewerp het om die saak van die Ned Geref Kerk te bevorder. In die tyd was daar groot kerklike verkeurdheid in die Transvaal, ‘n saak wat hom dikwels in botsing gebring het met die Ned Hervormde Kerk. Hy het nie vir die duiwel gestuit nie, daar is baie verhale in omloop oor sy doen en late op die kerklike akker. Op ‘n keer bevind hy hom in die distrik van Groot Marico, waar komdt. Jan Viljoen, bekende grootwildjagter en leier in die Ned Hervormde Kerk, hom verbied om besoeke te doen en te preek. Die gort was gaar en die humeure tussen die twee kerkmanne was kort - ds Jan Lion Cachet was onversetlik en wou nie gehoor gee om die gebied te verlaat nie. Toe niemand op sy bevel as kommadant die osse van die leraar se wa wou doodskiet nie, neem die die ouderling in ‘n oomblik van blinde woede self die voortou. Hy storm met sy perd op ds Jan Lion Cachet af en gee hom ‘n pak slae met sy sambok. In daardie dae was predikante kroonwild, daarom word die daad met die seekoeisambok met afgryse bejeen en kry die leraar simpatie en ondersteuning van onverwagte kante. Later kom versoening, ‘n Ned Geref Gemeente op Groot Marico word gestig en later met die inwyding van die kerkgebou is kommandant Jan Viljoen self ook teenwoordig. Die sambok het hard gepraat, maar niks kon die vestiging van die Ned Geref Kerk in Transvaal stuit nie.

Boertjie Phillip
21 Nov 2012, 19:48
Het vrouens regtig aan veldslae in die Anglo- Boere-oorlog deelgeneem?

Die geskiedenisboeke is vol van die ondersteunende rol wat vrouens in die Anglo-Boere-oorlog gespeel het.

Nonnie de la Rey, Hendrina Joubert en Annie Botha is bekend as generaals se vrouens, maar wie weet wat grootwildjagter Otto Krantz se vrou gedoen het, of wat van Helena Herbst Wagner of Sarah Raal?

Baie Boervroue het as spioene gewerk en die twee bekendste van hulle was ’n mev Van Warmelo en haar dogter Johanna wat dwarsdeur die oorlog inligting aan die kommando’s oorgedra het.

In die begin van die oorlog was dit nie ongewoon dat vrouens hulle mans slagveld toe vergesel het nie.

Toe die Bethal kommando onder leiding van kommandant Engelbrecht by Helpmekaar aankom, was daar vrouens en kinders by. In die heel voorste wa het die reuse Johannes S (Hans) Vermaak se vrou en kinders, almal ongewapen, hom vergesel.

’n Mev PJ Moll van die Pretoria-omgewing het haar man vir 11 maande op kommando gevolg voor sy en haar baba gevang is en na ’n konsentrasiekamp by Newcastle gestuur is.

Kommandant-generaal Piet Joubert het die voorbeeld gestel toe hy sy vrou, Hendrina, op kommando saamgeneem het. Sy kommandolede se vrouens het gou Hendrina se voorbeeld gevolg en was konstant besig met die voorbereiding van kos en die omsien na gewondes. En, as dit nodig was, het hulle self die geweer opgeneem.

Loopgraaf

Geskiedskrywers verwys na die veldslae rondom Tugela waar Britse magte ’n swaar gewonde 19-jarige Boere-meisie gevange geneem het. Net voor haar dood het sy vir hulle vertel dat sy langs haar man in die loopgraaf gelÍ en skiet het. Hy is dood ’n paar oomblikke voor ’n koeŽl haar getref het.

John X Merriman, die Kaapse politikus, het in sy joernaal geskryf dat twee Boervroue op 1 Maart 1900 dood gevind is in die loopgrawe waar hul saam met hul mans geveg het. In sy boek “A Guardsman memories, A Book of Recollections” skryf E Gleichen dat hy op Pietershoogte vroueklere gevind het.

Na die slag van Paardeberg in Februarie 1900, waar daar 50 vrouens en kinders in Piet Cronje se laer was, het generaal Christiaan de Wet vrouens verbied om hul mans front toe te volg.

Toe Louis Botha kommandant-generaal van die weermag word, het hy ’n bevel uitgereik dat vrouens nie eers toegelaat moet word om die laers te besoek nie. Toe die Britte Pretoria egter begin nader, het verskeie vroue heldhaftige pogings aangewend om die kommando’s te besoek om hul te bemoedig. Ironies genoeg was Annie Botha, Louis Botha se wederhelfte, een van diť vrouens.

Die ander een was Petronella, generaal Meyer se vrou. Hulle is, ewe netjies geklee, gereeld op die rug van ’n perd naby die laers gesien waarheen hulle kos geneem het en die Boere probeer moed inpraat het.

Mansklere.

Baie vrouens het egter besluit om hul mans se klere aan te trek en as ‘mans’ slagveld toe te gaan. In sy herinneringe skryf Ben Bouwer: “Daar kan ’n lang lys van vrouesoldate in mansklere gemaak word.”

Onder die gevangenes wat deur Britse magte by Colesberg gevang is was drie Boervroue wat mansklere gedra het. Dit is eers verskeie weke nadat hulle in ’n Kaapse tronk gesit is, dat daar ontdek is dat hulle vrouens is.

Volgens Hillegas, ’n Amerikaanse oorlogskorrespondent, het hordes Boervroue deelgeneem aan veldslae. Hy het ook geskryf oor ’n Helena Herbst Wagner van Zeerust wat vir vyf maande in die laers en loopgrawe geleef het voor daar uitgevind is dat sy ’n vrou is.

Helena se man is vroeg in die oorlog al weg op kommando en hy het haar alleen gelos by hulle baba. Die baba is in Januarie 1900 dood en dit is toe dat Helena haar man se klere aangetrek het, ’n geweer en bandolier bekom het en na die Natalse front toe is om na hom te soek. Toe sy hom nie kon kry nie, het sy by kommandant Ben Viljoen se kommando aangesluit en aan die veldslae van Spioenkop, Pontdrif en Pietershoogte deelgeneem.

Met die trek na Van Tondersnek het Helena uitgevind dat haar man ernstig gewond in ’n Johannesburgse hospitaal lÍ en sy het die kommando tydelik verlaat om hom te gaan verpleeg.

Kinders.

In ‘Words by an Eye-Witness’ skryf outeur Linesman dat Boervrouens gesien is agter die koppies by Colenso en Vaalkrantz. Daar is ’n foto in Sophia Izedinova se boek, “A few months with the Boers”, van ’n groep vrouens en kinders met gewere en bandeliere met die onderskrif: “’n Groep vrouens wat wapens teen die Britte opgeneem het.”

Dieselfde foto’s van kinders met gewere kan in Nonnie de la Rey, vrou van generaal Koos de la Rey, se boek gesien word. Jacoba Elizabeth de la Rey, bekend as Nonnie, en Koos se verhaal is waarskynlik een van die bekendste uit diť oorlog. Nonnie, gebore Greef, het Koos ontmoet toe sy 18 jaar oud was. Sy was die dogter van ’n vooraanstaande boer en stigter van die dorp Lichtenburg.

Aanvanklik was Nonnie se ma nie geneŽ dat haar dogter met Koos, nege jaar ouer as sy, moes trou nie. Koos en Nonnie is egter, met haar ouers se toestemming, op 24 Oktober 1876 getroud en het net buite Lichtenburg gebly.

In die eerste fase van die oorlog het Nonnie dikwels vir Koos op kommando besoek. Toe Nonnie die nuus van haar oudste kind, Adaan, se dood ontvang, het sy na haar man op die slagveld gehaas. NŠ die slag van Magersfontein het hulle na Jacobsdal gegaan om sŠŠm die graf van hulle seun te besoek.

Toe lord Methuen vir Nonnie uit haar huis verdryf, het sy en haar jonger kinders op 1 Desember 1900 met ’n wa en osse, ’n spaider, melkkoeie en ’n groepie bediendes vertrek om tot die einde van die oorlog in Mei 1902, rond te swerf. Nonnie het gesorg dat sy altyd naby haar man se kommando bly.

De la Rey het ook altyd geweet waar sy vrou en kinders was en het nooit ’n geleentheid laat verbygaan om hulle te besoek nie.

Nonnie het ’n boek, oorspronklik getiteld ‘Mijne omzwervingend en beproevingen gedurende den oorlog’ in 1903 in Amsterdam publiseer.

Boertjie Phillip
21 Nov 2012, 19:53
Smutshuis se Spook.

Ons vertel dat tannie Isie Smuts, vrou van staatsman Jan Christiaan Smuts, gereeld ín spook met ín stel Kruger-snorbaarde in hulle Irenehuis gesien het en dat diť spook dalk iets met die verlore Krugermiljoene te doen kan hÍ.

Ons het uitgevind dat tannie Isie nie die enigste een was wat die spook gesien het nie, dat dit ook nie die enigste spook in diť huis was nie en dat die spook vir tannie Isie iets oor die verlore Boereskat vertel het. Die spook het blykbaar gesÍ dat daar £30 000 se Boere-goud in die tuin begrawe is. Dit is glo hoekom die Smuts-gesin so gereeld in die tuin rondgeloop en gate gespit het.

Die egtheid van diť spookstorie is in 1936 deur George Wilson, redakteur van die ĎCape Timesí bevestig toe hy daar oorgebly het. Hy het die nag in die Ďdonkerkamerí langs die eetkamer oorgeslaap. Teen so vyf uur die oggend het hy wakker geword van die gevoel dat iemand vir hom kyk. Hy sÍ dat ín ou man, wat baie soos President Kruger gelyk het, ín paar tree van sy bed af gestaan het. George het regop gesit en sy hand in die spook se rigting uitgesteek en dis toe dat die spook verdwyn. Met ontbyt die oggend het hy vir tannie Isie van sy ondervinding vertel.

Niemand wou tannie Isie Smuts destyds glo nie. As vrou van staatsman Jan Christiaan Smuts, was sy nie veronderstel om uitgesproke te wees oor die spook wat sy aanhoudend in hulle Irenehuis gesien het nie.
Vandag, baie dekades na haar dood, sluip diť spook glo steeds in en om die Smutshuis, wat nou ín museum is, rond. Die spook is dan selfs afgeneem en dit wil voorkom asof tannie Isie reg was: Dis ín ouer man met ín stel Kruger-snorbaarde. Of lyk hy dalk meer Hongaars?


Die storie loop dat die spook die bewaarder van die geheim is oor die Boereskat, beter bekend as die Kruger miljoene, wat in die Tweede Vryheidsoorlog verdwyn het. Almal het gedink diť skat lÍ iewers in die destydse Oos-Transvaal begrawe, maar kenners meen nou dat die spook die skat iewers naby die Smutshuis bewaar.
Smutshuis is op ín gedeelte van die plaas Doornkloof gebou. Diť plaas is uitgelÍ deur die Voortrekker, DaniŽl Elardus Erasmus. Die Hongaar Alois Hugo Nellmapius het in 1889, saam met sy vrou, ín nooi Johanna Corlydia Hoffman, twee derdes van die plaas gekoop en dit vernoem na hul dogter, Irene.







George se beskrywing was presies hoe tannie Isie die spook gesien het. Sy het gesÍ dat die spook weer aan George sal verskyn en dat hy hom dan asseblief tog nie weer moet verwilder nie, maar beleefd vir hom moet vra waar die £30 000 begrawe is.

Die ander Smutshuis-spook was blykbaar ín offisier in die Koninklike Hussars, wat selfmoord in diť gebou gepleeg het toe dit nog as ín offisiersmenasie in Middelburg, destydse Oos-Transvaal, gebruik is.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 16:46
Waar lÍ sy lojaliteit: Boer of Brit.

Daar was die verhaal van John Griffiths. Sy pa was 'n ou Engelsman,geweermaker van beroep en net erg beduiweld. Jy kan dus maar se dat John'n Rooinek was.John was egter met 'n boerenooi getroud gewees. Behalwe dit, het hy ook die ou Hollandse bybel saam met sy vrou en kinders gelees. Hy het vooruit geboer en een van die rykste boere in die distrik geword.Oorlog was egter voor die deur, en hy sou in die moeilike posisie van kiesgeplaas word.Hy sou moes kies, of vir die boere, of vir die Engelse. Hoe nou gemaak? Hywas al amper net so veel Boer as wat hy Engelsman was. Sy skoonfamilie was dan immers ook Boere gewees.

Sy besluit was dan om eerder glad nie te veg en sodoende kant te kies nie.Hy wou net rustig op sy plaas sit en voortboer. Dit sou hom egter nie sobeskore wees nie...... Daar was gereeld skermutselings en gevegte tussen Boer en Brit in die omgewing van die plaas. Om die waarheid te se, die Slag van Kleinfontein het nie eens 10 kilometer van die plaas af verloop nie.

Dit was gedurende een van hierdie skermutseling wat 'n gewonde Boer by John kom aanklop het vir hulp, skuiling en verpleging. Al hierdie het hy dan ook gebied. Die Engelse het egter die gewonde gespoorsny tot by die plaashuis.Hulle het John beveel om die gewonde aan hulle te oorhandig.John het egter gevoel dat jy nie 'n gewonde persoon wat by hom kom skuilingen hulp soek, sommer so wegneem nie. Hy het dus hewig gevuur op die Engelse.'n Engelse verslag het dit later beskryf as "being heavely fired at". Hy moes egter vlug toe hy sien dat dinge te warm vir hom begin raak.Al uitweg wat nou vir hom oorgebly het, was om maar by die Boerekommando aan te sluit.

So het die noodlot uiteindelik namens hom 'n keuse gemaak. Sy vrou en kinders moes dit egter in die konsentrasiekamp ontgeld. Sy plaas met allesdaarop is ook uit vergelding afgebrand. Die vraag is nou: Waar het sy trou gele? Sy trou het aan die goeie menswees gele. Hy het nie geaarsel om 'n gewonde te help nie. In die geval van 'n gewonde Brit, sou hy dieselfde gedoen het? Hoe sou die Boere hom dan hanteer het? Heel moontlik as 'n verraaier.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 16:47
Watter man is die werklike eggenoot: Gert of Jan.

Dan was daar die geval van Gert Vermaak. In sy geval het dit gewys dat selfs 'n persoon se trou aan 'n eggenoot ook tydens oorlog na vore kan kom.Dit was tydens een van die gevegte in Natal, heel aan die begin van die oorlog, wat Gert vermis geraak het van sy groep. Hy het toe by 'n ander groep aan aansluit vir die res van die duur van die oorlog. Sy makkers het hom egter aan oorlede aan hulle veldkornet aangegee. Die nuus is toe ook so oorgedra aan sy weduwee.

Dit gebeur toe egter ook so dat sy verlief op 'n sekere Jan Potgieter. Nog voor die oorlog verby is, besluit hulle om te trou. Hulle was gelukkig en het in haar man se huis (wat aan haar nagelaat is) in Johannesburg gewoon..Ses maande na die oorlog daag haar eerste man egter toe daar op! Wat nou

gemaak? Met wie is sy nou getroud? Waar le haar trou nou? Dit was 'n moeilike en netelige sakie. Die veldkornet het nie 'n saak nie. Hyhet die rapport gekry dat Gert oorlede is. Die predikant se, nee maar die papiere se dat die vrou se man oorlede is. Laastens se die Meester van die Hoogeregshof dis nie sy probleem nie.

Wat toe gebeur het weet ons nie, maar terwyl die heen-en-weer beskuldiging aan die gang was, het die drie van hulle maar in dieselfde huis moes woon. Was die vrou dus nou getrou aan haar eerste, of aan haar tweede man?

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 16:48
Sy getroue kammeraad: Sy Perd.

Laastens is daar die geval van diere wat getrou aan hulle base is, dwarsdeur die oorlog. Spesifiek is daar die geval van Jan Frederik Viljoen. Die hele oorlog deur het sy getrou perd om gedra deur menige gevegte en veldslae. Aan die einde van die oorlog, toe die huistoe gaan daar was, ry hy toe terug na sy geliefdes. Maar hoe nader hy aan die plaashuis kom, hoe benouder raak hy......

Daar was konsenstrasiekampe, en sy vrou en kind was daar, en se nou .....?Toe hy nader kom, sien hy egter al van ver af sy vrou vir hom wink. Uit blydskap trek hy toe 'n skoot met sy geweer af (die het hy nie ingegee nie). Hy is egter oorhaastig en per ongeluk skiet hy sy perd morsdood deur die kop.

Die getroue perd het hom gedra. Getrou was hy sy baas se maat. Dit alles moes eindig na die oorlog. So is daar baie meer aan oorlog as wat mens dink. Daar word baie gepraat en geskryf daar oor sonder om ooit werklik daaroor na te dink. So kan begrippe soos vryheid, trou, ens. slegs lee begrippe sonder enige betekenis word.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 17:19
Legendariese veldwagter Harry Wolhuter 'n hanskakie.

Met die uitbreek van die Anglo-Boere-oorlog was sy lojaliteite verdeel. Hy is eers Mosambiek toe waar hy 'n paar boere se vee gaan versteek het. Na die Engelse inname van Transvaal en die Boerekommando’s se oorgang na 'n guerillastryd wat die oorlog met 'n verdere twee jaar uitgerek het, het Wolhuter hom by Steineacker se berede-eenheid by Nomahasha op die grens tussen Swaziland en Mosambiek aangesluit.


Op die keper beskou was Wolhuter niks minder as 'n joiner nie. Dis veel erger as 'n hanskakie. Hanskakies was Transvaalse en Vrystaatse burgers wat na die Engelse oorname van Pretoria gewoon die nuwe Britse bewindoorname aanvaar en verder buite die konflik gebly het. DŪt terwyl hulle patriotiese medeburgers die stryd onder bitter moeilike omstandighede voortgesit het.

Dis was diť manne se vroue en kinders wat in die konsentrasiekampe beland het. 'n Joiner soos Wolhuter het dus die wapen teen sy eie mense opgeneem en saam met die Tommies teen die Boere geveg.


Dwarsdeur die oorlog was Wolhuter en Perry geswore makkers. Woolmore skryf dat Perry van Kanada afkomstig was. Later was hy in die Amerikaanse vloot. Toe sy skip op 'n keer in Kaapstad aandoen het hy gedros en in die boubedryf betrokke geraak. Later het hy treinbrŻe en oorgange gemessel met die bou van die Oosterspoor deur die Laeveld van LourenÁo Marques, vandag Maputo, tot in Pretoria.


Die kontrakooreenkoms het egter skeefgeloop en op 'n verlies uitgeloop. Daarna het hy betrokke geraak by die onwettige werf van arbeiders uit Mosambiek. Hy is gevang en het in die tronk beland.


Eers met die oorlog as manskap in Steineacker se eenheid, blyk dit of Perry werklik tot sy reg gekom het. Hy is selfs later tot sersant bevorder. Na die oorlog bekom hy sy plaas - die een waarop Hazyview vandag uigelÍ is - en begin boer. Hy bedryf ook winkel naby die drif en latere brug oor die Sabierivier langs die pad na Bosbokrand. Sy handelspos was omtrent waar die huidige Hippo Hollow-hotel vandag staan. Perry bly ongetroud.


Wolhuter word 'n legendariese veldwagter. In die museum in Skukuza kan mens vandag nog die knipmes sien waarmee hy hy 'n leeu mee sou doodsteek. Diť het hom bo van sy perd afgespring en toe begin wegsleep. Wolhuter vertel dat hy die leeu bo-op hom van kant moes maak het. Die vel is ook daar. Dit was in 1903. Wolhuter was veldwagter vir die suidelike gedeelte van die wildtuin tot in 1946.


Dit lyk of hy Perry se buurplaas aan die suidekant, De Rust, in 1910 bekom het. Omdat hy in die destydse reservaat werksaam was, kon hy homself net gedeeltelik daar vestig. Haarhoff skryf verder:


"Wolhuter het sy taak as veldwagter vanaf Mtimba gedoen. Mtimbakop wat digby die afdraai by Numbi in die Nsikazi omgewing is, was op die ou transportpad wat die togryers in die 1880's gebruik het. Van die bekendste togryers (dit was voor die Anglo- Boereoorlog) was natuurlik Percy Fitzpatrick en sy hond Jock wat in sy boek beskryf hoe hulle 'n leeu op Bill Sanderson se plaas, Peebles, gejag het. Die huis van Sanderson bestaan ook steeds in die Peebles-omgewing en daar is 'n gedenkplaat te sien. Dit was weer die buurplaas aan die oostekant van Perry's Farm. Haarhoff vertel dat Perry se oorspronklike woonhuis ook nog iewers in Hazyview se hedendaagse dorpsgebied staan. Sy graf het in die middel 1980's verlore geraak toe dit per ongeluk omgeploeg is.


Wolhuter se oorspronklike woonhuis op De Rust, was digby waar die huidige Rissington Inn staan. Hier het Wolhuter onder meer honde geteel. Hy het ook gesoute Arabierperde opgelei vir jagdoeleindes - perde wat nie sou skrik wanneer daar van die rug af geskiet word nie. Na sy aftrede en tot en met sy dood in 1964 gaan woon Wolhuter op 'n ander plaas, Lindandene, digby Witrivier. Lindandene was ook Wolhuter se naam onder die plaaslike swartes.


NÍrens word daar breedvoerig vertel van Wolhuter se verblyf op De Rust nie. Nie in sy eie memoires, of in Some Lowveld Pioniers wat in die sestigerjare deur die plaaslike geskiedskrywer Brian Simmons saamgestel is nie. Hans Bornman gebruik meestal Simmons se inligting in sy meer omvattende Pioniers van die Laeveld wat later verskyn.

Ook Tol Pienaar het nie veel daaroor in sy monumentale Laeveld-boek Neem uit die Verlede te vertel nie. Wolhuter haal wel die laaste uitgawe van die sogenaamde nuwe Biografiese Woordeboek soos deur die RGN uitgegee, maar ook hier is daar niks oor sy latere jare aangeteken nie.


Toe ek na 'n ruk terugkeer en met Chris Harvey, die huidige eienaar van die gastehuis Rissington praat, vertel hy my dat Wolhuter se plaashuis op De Rust nog op die gedeelte regs langs sy grond te siene is. Hierdie deel van De Rust is later in kleinhoewes verdeel.


Die huis is aangebou en gemoderniseer maar die oorspronklike laehoek-staansinkdak en breŽ stoep om die huis - tipies van vroeŽre Laeveldse plaashuise - lyk nog net so.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 17:30
5661

Tante bewaar kopbeen van 'n Tommie al byna vier dekades lank.

Tant Magdalena en die kopbeen van die Tommie. Tant Magdalena Pienaar (82) hou al die kopbeen van die Britse soldaat vir langer as 30 jaar in ’n glaskas in ’n private museum buite haar huis op die plaas Paardenvallei,

THEUNISSEN. – Tant Magdalena Pienaar (82) leef al amper vier dekades lank met die skedel en beendere van 'n Britse soldaat net buite haar huis op die plaas Paardenvallei.

Diť kleindogter van ’n Boere-krygsgevangene hou die skedel van die Tommie in ’n glaskas in een van twee klein, private museums, wat sy al langer as ’n halfeeu op die plaas bedryf.

Dit is duidelik dat diť vermeende Britse soldaat wat in die Anglo-Boereoorlog 111 jaar gelede betrokke was, weens ůf ’n Mauser-koeŽl ůf ’n bomskerf dood is. Daar is ’n reuse-gat bokant die regteroog en in die kakebeen.

Tant Magdalena is al sů tuis met die gru-uitstalling, dat diť soldaat as’t ware as haar eie hanskakie bestempel kan word. Die Slag van Vetrivier het hom op die plaas afgespeel.

Oor hoe sy die Tommie onder haar vlerk geneem het, is omtrent ’n storie – met ’n paar gate in: ’n Groep matriekseuns van Theunissen het in die 1970’s op die geskende graf in die Britse begraafplaas op die plaas afgekom, die beendere verwyder en na haar gebring omdat sy die museum bedryf.

Maar presies wie die soldaat was, watter graf dit is, watter jaar dit was – en of dit wel ’n Britse soldaat is – kan nie met sekerheid gesÍ word nie. Sy het die beendere bloot in plastieksakkies in die glaskas bewaar.

Sy sÍ toe haar seun, Johan, op skool was, het die seuns die beendere vir haar gebring.

Hulle het op die oopgemaakte graf afgekom en self gegrawe en op die beendere afgekom. Johan is in 1985 in ’n ongeluk dood en sy onthou nie meer wie van die ander seuns in die groep was nie.

Al wat sy kan onthou, is dat die beendere uit die “laaste graf in die regterkantste agterste hoek” van die Britse begraafplaas by die Ou Vetrivier-stasie hier op die plaas kom.

“Ek het nooit die naam aangeteken nie. Ek vermoed dit moet ’n ‘s’ in hÍ, maar ek is nie seker nie.”

Daar is ook ’n Britse begraafplaas by die nuwe Vetrivier-stasie 2?km suid, maar sy is seker dit is nie daaruit nie. Laasgenoemde soldate is omtrent almal in die ou huis op die plaas, wat as hospitaal gedien het, aan maagkoors en anders siektes dood.

Tant Magdalena se Tommie is duidelik geskiet. In die kop.

Sy het Volksblad die begraafplaas gaan wys. Die begraafplaas is onlangs deur die Statebond se kommissie vir oorlogsgrafte opgeknap.

Die graf wat sy beduie het, behoort aan “tpr A.K. Meares, Lumsdens Horse, 05-05-1900”. Volgens The History of Lumsden’s Horse is Meares hier dood, maar hy is in die hart geskiet. Sy broer, Willie, het op sy lyk afgekom. Dit kon dus nie hy wees nie.

Volgens die Oorlogsmuseum in Bloemfontein se sterftelys van diť begraafplaas, is slegs Meares en nog een ander lid, troep L.E. Smith van die New Zealand Mounted Rifles se 2de peloton, aan wonde dood.


Die res van die 21 het almal weens siektes gesterf. Kan dit dalk sy kopbeen wees?

Watter soort wonde Smith opgedoen het, is nie duidelik nie. Hy is ’n dag nŠ Meares hier dood.

Tant Magdalena sÍ sy het die kopbeen en beendere bewaar, omdat sy “antiek- en museumbewus” was. “Als wat oud is, bÍre en bewaar ek.”

In die afgelope 30 tot 40 jaar het niemand nog egter ’n wenkbrou hieroor gelig of oor die skedel navraag gedoen nie.

Hoe voel sy oor die Tommie in haar huis?
“Wel, as hy my wou pla, kon hy dit lankal gedoen het. Maar hy het my nog nooit gepla nie.”

En oor die idee dat hy hier is?
“Dit het aanvanklik vir my ’n bietjie sleg gevoel, maar ek het my daarby berus,” het sy gesÍ met die kopbeen van die Tommie in haar hande.

Tant Magdalena sÍ sy is bereid dat kenners navorsing kom doen oor die skedel.
Sy is ook bereid om hom af te staan aan iemand of ’n instansie.
“Dit is nie myne nie. Ek is nie baas van hom nie. Ek het hom bloot in die glaskas gesit dat hy nie beskadig word nie. Baie mense kyk daarna.”

Mnr. Charles Ross, hoof van die Statebond se kommissie vir oorlogsgrafte in Suid-Afrika, was uit die veld geslaan oor die kopbeen en beendere wat oop en bloot vertoon word. Om te bepaal wie se beendere dit is, sal ’n “enorme proses” wees, het hy gesÍ.

Hy sal prof. Steve Watt van Pietermaritzburg wat in die middel 1990’s navorsing oor al die Britse oorloggrafte gedoen het, nader en sy sketskaarte van die begraafplaas aanvra. Hy sal ook self die plaas besoek en die kopbeen ondersoek.

Die een hoop wat hulle het om die identiteit van die Britse soldaat te bepaal, is dat Watt wel aangeteken het watter oorspronklike graf(te) geskend is toe die grafte herstel is.

Luidens die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne (nr. 25 van 1999) mag niemand sonder ’n permit van die Nasionale Erfenisraad ’n graf ouer as 60 jaar opgrawe of beskadig van iemand wat in ’n oorlog dood is nie. ’n Permit mag ook nie toegestaan word aan iemand wat nie die gemeenskap of mense om toestemming vra wat ’n belang by die grafte het nie.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 17:34
Sandveld se Rebelle, lojaliste in die Anglo-Boere Oorlog.

HOEWEL die Anglo-Boere Oorlog reeds op 11 Oktober 1899 uitgebreek het, het die Rebellestryd in die Sandveld eers in 1901 begin. Die epiese inval van die Smuts kommando in die Kaap Kolonie om die aandag van die twee republieke af te trek, het die stryd verskerp.

Kmdt. Manie Maritz was reeds van Januarie 1901 in die Kolonie bedrywig om 'n Rebellemag op die been te bring en 'n guerrilla-oorlog te begin. Die Britse militÍre het 'n offisier, maj. Jeudwine, met 'n berede korps na die distrikte Prieska, Van Wyksvlei, Brandvlei, Carnarvon en selfs in die Grahamstad omgewing gestuur om sake met die Boere kommandante Malan en Maritz uit te spook.

Ongeag die feit dat Jeudwine sy stryd teen die Rebelle as 'n soort segetog beskryf het en aan die einde van die oorlog deur Brittanje as 'n held bekroon is, was sy feite nie juis korrek nie. Hy het dit veral verswyg dat die Rebelle hom keer op keer op 'n dwaalspoor gebring en telkens die loef afgesteek het.

Onder die Sandveldse plaasboere was Afrikaanssprekendes wat die bewegings van die Rebelle aan die Britte verklap het. Hulle is ``hanskakies'' of ``Krepp se kommando'' genoem (na aanleiding van die berugte Rebelle jagter kol. Eyre Crabbe en sy meelopers).

Wanneer die Rebelle Afrikaner hanskakies gevang het, was die normale dosis 'n stewige drag slae met 'n sambok alvorens hulle sonder hul besittings vrygelaat is.

Op Langrietvlei naby Hopefield was 'n buitekamer sonder 'n deur en met 'n smal skrefiesvenster. Kmdt. Maritz het die hanskakies gewoonlik 'n nag lank daarin gevange gehou nadat hulle aan 'n tou deur die dak na binne laat sak is. Die volgende dag is die loesing toegedien en die gevangene vrygelaat.

Piketberg het 'n blokhuis met 'n stewige doringdraadomheining gehad wat Jeudwine ``a Piquet'' genoem het. Die plaaslike skool is as hospitaal ingerig, die koshuis moes maaltye aan die gewone Kakies verskaf, terwyl die offisiere by die Commercial Hotel (foto hiernaas) geŽet, gebad en tuisgegaan het.

Die Boere vroue en kinders het in krisistye in die kerk geskuil. 'n Skool is ook daar ingerig.

In die begraafplaas is steeds die graf te sien van 'n Britse soldaat genaamd Goldstone.

Die ou Joodse sinagoge word tans as dorpsmuseum ingerig. Ook die huis langsaan, voorheen die huis van die dorp se horlosiemaker, word vir diť doel ingeruim. Die kurator, mev. Rochť du Toit, berei 'n Anglo-Boere Oorlog uitstalling voor en vra dat lesers artefakte op bruikleen verskaf. Sy het onder meer kieries en twee kissies wat deur Boere krysgevangenes op Ceylon gemaak is.

Besoekers, veral skole, kan met haar reŽlings tref om die museum te besoek. Leerlinge sal dit baie leersaam vind. 'n Gids neem toergroepe deur die dorp en wys al die historiese geboue uit.

Verskeie plase in die Sandveld het 'n prominente rol in die oorlog gespeel. Een hiervan is Groenvlei aan die pad na Het Kruis. Daar het die koringboer S.W. Burger die Britse soldate wat gedurig op soek was na voedselvoorrade, gepypkan deur 'n kaggel toe te messel en as geheime koringsuil te gebruik. Hy het die koring in die nag met behulp van 'n lang leer daarin gegooi. In 1902, toe geen koring in die hele distrik te kry was nie, het Burger op Groenvlei koring gesaai. Hy het toe ook aan sy bure saad verskaf.

Mnr. Pieter Bruwer, die huidige eienaar van Groenvlei, wys graag die skoorsteen aan besoekers uit.

Jeudwine het ook sy net gegooi om Het Kruis, Wilgeboschdrift en Kapteinskloof sodat hy kmdt. Manie Maritz en sy sowat 300 burgers kon vang. Hy kon egter geen enkele Boer vind nie, aangesien hulle hul in die veld skuilgehou het.

Daarvandaan is Jeudwine na Gouda (toe bekend as Piketberg Road) oor Langbergsfontein, die plaas van dr. Jean Louis Lausberg wat die enigste winkel in die hele omgewing gehad het.

Die Britte het oral beslag gelÍ op perde, waens, graan en ander voedsel. Wat die honger soldate nie verorber het nie, is vernietig of beskadig. Op Langbergsfontein, waar 'n boer drie maande moes wag om voorraad per smouswa van die Kaap te verkry, het die ``Rooinekke''gou met die kosbaarhede klaargespeel. Selfs rolle kleremateriaal is oopgerol en groot blikke goue stroop daarop omgekeer.

Frank Retief, aanvoerder van die Boere in die omgewing, is op Langbergsfontein gewond. Hy is deur dr. Lausberg verpleeg, maar het tůg gesterf en is daar begrawe. In die jare 1960 is sy gebeentes opgegrawe en op Clanwilliam saam met diť van ander burgers herbegrawe.

Jeudwine het van 21 tot 28 Oktober Maritz se spoor oor Leipoldtville, Wadrif en Brandwag na Lambertsbaai gevolg. Die Britte is oor Graafwater (Compagnesdrift) na Clanwilliam, Van Rhynsdorp, Calvinia en Nieuwoudtville na Ceres.

Toe is Jeudwine terug na Langbergsfontein, waar die Boere hom en sy manskappe in die nag vanaf 'n koppie bespied het. VoordagmŰre is die Britse kamp aangeval en die soldate, half deur die slaap en sonder hul toerusting, is uitmekaar gejaag. Sedertdien word diť koppie Vegkop genoem.

Jeudwine het egter nie tou opgegooi nie. Hy het die Boere steeds agtervolg. NŠ nog omswerwinge het diť afdeling op 8 Desember 1901 op Wittedrift (nou Redelinghuys) aangekom, maar geen Rebel gevind nie. Daar het die Britte van hul waens en perde agtergelaat.

Op 11 Des. 1901 was Jeudwine en sy manne weer op Wittedrift, waar die Rebelle hulle by Vegkop in 'n lokval gelei het. Een Tommie en talle perde is doodgeskiet. Die Britte moes terugval, die rivier oorsteek en die wyk neem na Rietvlei van oupa Koos Visser naby Aurora. Die rivier was in vloed en een van die soldate het verdrink.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 17:56
Helena se verhaal.

Helena Catharina du Plessis (my ouma) wat op 11 April 1894 gebore is, was 5 jaar met die
uitbreek van die oorlog en 8 met die vredesluiting. Hierdie is haar verhaal, hoewel in verkorte
vorm en toegelig uit ander bronne.

Steenbokfontein

Die verhaal begin op die plaas Steenbokfontein in die Rustenburg-distrik, steeds as plaas
bekend onder daardie naam en geleŽ in die huidige Noordwes Provinsie.
President Kruger en sy familie het op die aangrensende plaas, Boekenhoutfontein, gewoon.
Steenbokfontein het behoort aan die Voortrekker, Pieter Gert Wessel du Plessis van Cradock
en sy vrou, Sophia Margaretha Elisabeth, president Kruger se suster, van Bulhoek, Somerset,
teenswoordig Steynsburg. Hulle was albei jongmense tydens die Groot Trek en is in 1838 op
Potchefstroom getroud. Hy was toe 18 en sy 17. Hulle het 11 kinders gehad. Sy is in 1896
oorlede, dit wil sÍ ses jaar voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog.
Die verhaal laat ’n mens dink, nie aan ’n Griekse nie, maar ’n Boeretragedie met as
hoofrolspelers Oupa Pieter, Pa Jan en Ma Lenie en hulle agt kinders. Reken daarby ook die
ander familielede op die plaas en in die distrik.

Op Steenbokfontein was daar drie woonhuise naby mekaar geleŽ:
– Die groot grasdakhuis van Oupa Pieter, die 80-jarige ou Voortrekker en voormalige
waarnemende landdros van Rustenburg (Nielsen, 45).
– Die tweede huis het behoort aan een van sy dogters, Alida, genoem tant Alie, en haar man
Willem Grobler, ouers van Piet Grobler wat pres. Kruger oorsee vergesel het en wat later ’n
minister geword het.
– Die derde huis het behoort aan Pa Jan en Ma Lenie du Plessis. Lenie se oupa aan
moederskant, Jacobus Malan en sy seun David Eduard (albei afkomstig van Malangskraal,
Oos-Rietrivier, Somerset) sneuwel saam met Piet en Dirkie Uys by Italeni tydens
’n skermutseling teen die Zoeloes (Visagie, 292).
Pa Jan en Ma Lenie se vier oudste kinders, almal seuns, was op kommando saam met hulle
pa. Hulle was Gert, Danie, Louw en Jannie. Die ander kinders was Sophie, Jacobus (Kotie) en
Helena wat saam met Ma Lenie die kamplewe ervaar het.
Die verhaal begin waar die opstal verlate en stil is, want vroeg daardie oggend het al die
weerbare mans op die plaas, onder andere Jan en sy vier seuns, na skriflesing en gebed
opgesaal en by die kommando aangesluit. Die gesinslede het nie geweet of hulle mekaar in
hierdie lewe weer gaan sien nie.
Die vrouens en kinders wat saam met Oupa Pieter agterbly het, was hartseer oor die afskeid
en hulle het besef dat hulle sonder die mans se beskerming alleen op die plaas die boerdery
aan die gang moet hou en om sterk te wees ter wille van hulle mans op die slagveld.

Hulle was bang ... almal was bang!
Wanneer daag die vyand op om ook hierdie plaashuise af te brand, die diere dood te maak of
te vermink, en die vrouens, kinders en oumense na konsentrasiekampe te neem? Oupa Pieter
was hoogbejaard en die uitbreek van die oorlog het hom so hard getref dat “hy soos ’n kind
geword het, veral toe sy seuns en skoonseuns almal van die plaas af weg is”. Dan was daar
ook dik oom Pretorius wat nie kon gaan veg nie vanweŽ sy swaarlywigheid.
Almal het elke nag in tant Alie se huis gaan slaap.

Een oggend kom twee mans aangejaag. Dit was Boererapportryers. Hulle het die Kakies
gewaar en jaag toe weg oor die plaas heen. Een vra: “Het Tante nie ’n hoed nie. Myne het
afgeval. Toe gryp Ma Lenie haar jongste kindjie, Kassie (twee-en-’n-half jaar), se hoedjie en
gee dit vir die Boer. Hy was so bly, al was dit te klein.
’n Week of wat later kom die Kakies op die plaas aan en al die vrouens en kinders vlug na
Oupa Pieter se groot grasdakhuis. Die Kakies het niks gedoen nie maar van toe af het die
plaasmense voortdurend in vrees en spanning geleef. Elke aand voor slaaptyd is boeke gevat.
Die vrouens en kinders op die plaas het mettertyd so aangegroei uit die omgewing dat die
huise naderhand almal vol was. Hulle het gevlug voor die Kakies en die aggressiewe swartes.
Kassie word toe baie siek en daar was geen raad meer nie. Toe kom Ouboet Gert wat op
’n geheime sending was, onverwags op die plaas aan. Hy gaan haal medisyne by die
sendeling, mnr. FŁlsh, waarna hy sy reis moes voortsit. Die kindjie is egter na enkele dae
oorlede en oom Dik Lou Pretorius en die vrouens het ’n kissie gemaak en hom na skemer
begrawe uit vrees vir die Kakies.

Toe gebeur dit dat ’n klomp vrouens wie se mans op kommando was, deur die Kakies
gevange geneem is en net so in die vlakte afgelaai is. Dadelik word ’n ossewa gestuur om die
haweloses te gaan haal en plaas toe te bring. Onder hulle was die Hollandse mev. Goosje
Lampen wie se man ’n onderwyser was, en haar seuntjie Geert. Goosje word toe summier
tante Koos genoem.
Op ’n Sondag kom twee Tommies op die plaas aan. Hulle was baie honger en vra toe kos.
’n Bord heerlike boerekos word vir hulle gegee. Net toe hulle klaar geŽet het, spring ses
Boere van nÍrens vandaan van hulle perde af, die Tommies moes “hensop” en voor die Boere
se perde aanstap tot by hulle Kakiekamp.
Gerugte oor die gevegte tussen Boer en Brit duur voort, so ook van verslegtende toestande,
huise wat aan die brand gesteek word en al die vee en kos wat gebuit word, terwyl ander
gerugte lui van die sinnelose doodmaak en verminking van plaasdiere.
Op ’n dag sien hulle rookwolke op die buurplaas. Dit was die huis van tant Emmie Eloff, Ma
Lenie se jongste suster. Die Kakies wou by haar weet waar die mans is, hulle het haar nie
geglo dat daar geen Boere was nie. Sy kon geen Engels verstaan of praat nie. (Die gebrek aan
kommunikasie het waarskynlik dikwels daartoe gelei dat situasies so skeef geloop het.) Die
inwoners vlug uit die huis wat toe aan die brand gesteek word. Uit jammerte het ’n ou
Engelsman het egter die bulsak en een kombers gegryp en dit deur die venster gegooi voordat
die res verbrand het. Tant Emmie het hom woordeloos met die oŽ bedank.
Daardie aand het sy en haar kinders in die stal geslaap met die bulsak, kombers, biltong en
meel as hulle enigste besittings.
Een oggend op Steenbokfontein hoor hulle geweerskote en verneem later dat tant Maria van
der Merwe van die buurplaas doodgeskiet is toe sy op die stoep uitgekom het om haar man te
waarsku teen die Engelse en toe hy haar te hulp snel nadat sy in die bene geskiet is, is hy
gevang. Daardie aand het die vrouens haar gaan begrawe. Hulle was bang en hartseer.
Etlike weke verloop toe die Engelse weer een oggend op Steenbokfontein aankom. Hulle was
heeltemal beserk: vang die hoenders, steek die varke dood, skiet die tarentale in die
bloekomboom op die werf dood, smyt al die koring uit en steek dit aan die brand. Al die kos
wat Lenie-hulle begrawe het, het hulle oopgegrawe en vernietig. Schultz se winkel is
afgebrand en die vrouens moes die betroubaarste swartmense na Saulspoort stuur om
noodsaaklike ware by die Jood se winkeltjie te gaan kry.
Die Boerevolk se hart was rou en seer en dit was ’n groot skok om te verneem dat party van
hulle eie mense tussen die Engelse beweeg en die vyand van belangrike inligting voorsien het.
Die vrouens van die plaas het gebid: “Ons sal bid en aanhou bid tot die einde. Die Here sal
ons nie verlaat of verstoot as ons Hom in ons nood aanroep en Sy genade afsmeek nie.” In
hierdie wete het die krag gelÍ.
So het dit gebeur dat oom Frans van ’n buurplaas moes vlug vir die Engelse en tot sy skok sy
skoonseun tussen die vyand sien. Hulle het hom vasgekeer, maar hy het gesÍ dat hy nooit sal
oorgee nie, waarna hy doodgeskiet is.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 18:07
Vervolg:

Gevang.

Een van die redes waarom die konsentrasiekampe in Maart 1901 ingestel is, was om te sorg
dat die vrouens nie meer op die plase kon boer en die krygers van kos, klere en skuiling kon
voorsien nie. Dit was baie duidelik op Steenbokfontein dat die vrouens redelik en met die
hulp van hulle getroue werkers, op die plaas kon aangaan met die boerdery. Hulle het beskuit
7
gebak, kos voorsien en as die mans hulle gesinne besoek het, skuiling gebied en moed
ingepraat om voort te gaan met die oorlog ter wille van hulle volk se vryheid.
Een aand daag Pa Jan en Meester Lampen op Steenbokfontein op. Op buurplase het ook
’n paar mans aangekom. Hoewel die blydskap groot was, was hulle ook vol vrees en kommer
dat die Engelse iets sou agterkom. Na middernag word die huis egter deur die vyand omsingel
en daar was geen kans op ontvlugting nie. So word Pa Jan en Meester gevange geneem. Uit
vrees dat die Engelse die vrouens en kinders ook sou doodskiet, moes hulle oorgee, maar nie
voordat Pa Jan sy geweer stukkend geslaan het nie. Die vrouens en kinders bly toe agter in
groot droefheid.

7
gebak, kos voorsien en as die mans hulle gesinne besoek het, skuiling gebied en moed
ingepraat om voort te gaan met die oorlog ter wille van hulle volk se vryheid.
Een aand daag Pa Jan en Meester Lampen op Steenbokfontein op. Op buurplase het ook
’n paar mans aangekom. Hoewel die blydskap groot was, was hulle ook vol vrees en kommer
dat die Engelse iets sou agterkom. Na middernag word die huis egter deur die vyand omsingel
en daar was geen kans op ontvlugting nie. So word Pa Jan en Meester gevange geneem. Uit
vrees dat die Engelse die vrouens en kinders ook sou doodskiet, moes hulle oorgee, maar nie
voordat Pa Jan sy geweer stukkend geslaan het nie. Die vrouens en kinders bly toe agter in
groot droefheid.

Pa Jan en Meester Lampen is voor die perde uitgejaag tot waar hulle by ’n groep hensoppers
aangesluit het, hoewel hulle krygsgevangenes was. Een van die ou hensoppers wou die twee
ompraat om die eed van getrouheid af te lÍ, maar hulle was eerder bereid om weggestuur te
word as om so ’n papbroek en landsverraaier te wees. Pakenham skryf: “Kitchener se
gevangenes is werklike gevangenes, sombere voetgangers onderweg na die krygsgevangenekampe
– anders as die Engelse gevangenes wat poedelkaal en blosend met De Wet
se komplimente na hul vriende teruggestuur word nadat hulle hul gewere, stewels en klere
moes afstaan.”

Eendag nadat die vrouens van Steenbokfontein brood gebak het, kom die Kakies op die plaas
aan en eis dat hulle die vars brode moet oorhandig. Hulle neem dit met geweld af en die
vrouens hou niks oor nie; gevolglik moes tant Alie die aand vir hulle brood gee om te eet.
By ’n ander Boeretante se huis het ’n honger Engelsman oor die onderdeur geloer en gevra of
sy vir hom iets te ete kan gee. Hy sien vars brood en ’n bakkie kaaiings op die tafel. Hy vra
ewe ordentlik ’n stukkie brood en sÍ toe: “Thank you for your kindness”. Terwyl sy die brood
vir hom gee, brom sy: “Hy kom eet my brood en dan wil hy nog my kaaiings ook hÍ”, maar
gee nietemin vir die verbaasde Engelsman ’n paar kaaiings.

Toe kom die tyding dat baie van die vrouens en kinders na kampe geneem word. Onder hulle
was Ma Lenie se jongste suster, tant Emmie Eloff wie se huis maande gelede al afgebrand is.
Sy en haar vyf kinders is na Mafeking se kamp gestuur. (Volgens bronne is die
verdoemendste kritiek deur die Engelse vroue-ondersoekspan oor Mafeking gelewer, met 400
sterfgevalle per maand (Pakenham, 538).)
Oom Douwtjie, Pa Jan se broer en lieflingseun van Oupa Pieter is ernstig gewond en in
’n Engelse hospitaal op Rustenburg opgeneem. Dit en ook die feit dat Pa Jan gevang en
weggestuur is, moes vir Oupa dig gehou word.
Oom Jacobus Malan, familie van Ma Lenie is deur die Engelse doodgeskiet toe hy
Boerekrygers ’n kans wou gee om te ontsnap. As 70-jarige het hy alleen weerstand gebied en
12 Engelse raakgeskiet. Hy is egter oorweldig en doodgeskiet.

Die Engelse het al hoe meer vasberade en genadeloos begin optree. Op ’n dag daag daar egter
‘n groot klomp Boere op Steenbokfontein op. Dit was generaal Kemp se mense. Almal was so
bly om weer hulle eie mense te sien en met hulle te praat, en om nuus te hoor. Die Boere het
uit die Bybel gelees, gebid en psalms begin sing. Dit het hulle nuwe moed gegee vir die stryd
wat nog voorlÍ. Tante Koos sÍ daarop: “Och, as de Heere ons nou niet hore, zal Hij ons nooit
hore!” Hierna het die kommandolede vertrek – hoeveel van hulle sou die oorlog oorleef?
Oor die sang van die Boere verklaar Winston Churchill dat dit hom “yskoud van vrees”
gemaak het. Hy het homself afgevra: “Teen watter mense veg ons? Hulle het die beste saak en
diť saak is alles ... ” (Van Bart en Scholtz, 75).
Om en by my ouma-hulle was daar altyd ou aia Clara en aia Sarie en hulle broer, outa
Kerneels. Hulle was van die Kaapse volk wat Oupa Pieter-hulle op die Groot Trek
saamgebring het. Hulle het getrouheid openbaar wat ’n mens se agting afgedwing het. Outa
Kerneels het saam met oom Willem Grobler as agterryer op kommando gegaan, terwyl sy
twee susters tuis gebly het en Oupa Pieter help versorg het. Hulle het die familie bygestaan en
in hulle vreugde en leed, en ook hulle vrees vir die vyand gedeel.
Die vrouens was baie bang vir die kampe wat hulle het gehoor hoe die vrouens en kinders
daar sterf en dat mense honger ly.
Maar, aan die anderkant, het hulle gevoel: “As dit ons gesamentlike lot moet wees, dan is ons
nie beter as ander nie, en geen swaarkry en lyding sou te erg wees nie – as ons maar ons land
kon behou!”

Uiteindelik het die gevreesde dag ook vir Steenbokfontein se vrouens en kinders aangebreek.
Die Engelse het op die plaas aangekom en hulle beveel om alles in die huis uit te dra, want dit
gaan aan die brand gesteek word. Almal help en die kinders is naderhand doodmoeg terwyl
die Engelse staan en toekyk. Die helfte van die vrouens word aangesÍ om in die ossewa te
klim. Hartverskeurende tonele speel hulle af, veral toe een jong moeder haar seuntjie van
twee-en-’n-half jaar aan haar ma gee wat agterbly, terwyl sy en haar 10 maande oue dogtertjie
weggevoer word na Mafeking se kamp.
Almal is magteloos en vol vrees vir die onbekende lot wat op hulle wag. Die huis is toe nie
aan die brand gesteek nie, maar die Engelse is daar weg met die dreigement van “Next time”
Hulle moes toe weer die meubels met moeite indra en sommer rond en bont neersit. Dit was
maandelange sielkundige oorlogvoering uit die boek.
En toe kom die onvermydelike. Die dag wat hulle so gevrees het.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 18:13
Vervolg:

Kamp toe.

Met groot geswaai en lawaai het die Kakie-ruiters aangery gekom. Daar was twee tentlose
waens wat vir die groepie bedoel was. Ma Lenie wou nog klere en nodige goed in ’n kis gooi,
maar is verbied en het toe alles in ’n laken toegeknoop. Haar Bybel en Psalmboek het sy in
’n doek toegedraai en onder haar arm vasgeknyp en gehoop die vyand sien dit nie.
In die huis het die Kakies al die meubels, beddegoed, boeke, alles in die vertrekke op hope
gegooi, lampolie daaroor omgekeer en dit aan die brand gesteek. Die vrouens en kinders staan
verslae.
Die Engelse beduie dat net Oupa Pieter, twee vrouens en oom Dik Louw op die wa mag klim.
Die ander moet stap. Oupa weier en stap langs die wa. Later is hy gedwing om op te klim,
anders sou hulle hom skiet.
Klein Helena kyk terug en sien die droewige aia Sarie en aia Clara wat hulle agterna staar om
alleen op die plaas agter te bly. Die waens ry toe by die groot grasdakhuis en diť van tant Alie
verby – albei in ligte laaie. Die kinders is so bang en vra: “Waar gaan hulle nou met ons
heen ... wat sal hulle met ons maak?” maar kry geen antwoord van die ouer mense nie.
Dit is ’n tydsame reis op ’n skommelende wa in die skoeiende son. Die kleinvee word saam
met die wa aan gejaag, maar diť wat te moeg word, word keel afgesny en op ’n tweede leŽ wa
gegooi.
Teen sononder word uitgespan en die dooie diere wat die hele dag in die son gelÍ het word
oopgesny. Die stank is ondraaglik. Toe kry hulle van die vleis om te kook, maar niemand kon
dit eet nie. Oupa Pieter is baie honger, want hy is in die aand gewoond aan ’n snytjie brood en
melk. Lenie stap na ’n Engelsman toe en vertel hom van Oupa. Hy kyk eers behoedsaam rond
en gee toe vir haar ’n blikkie stroop en ’n halwe hopbrood, en beduie dat sy dit moet
wegsteek. Sy was baie dankbaar, maar Oupa wat nie lief was vir soetgoed nie, eet die brood
toe saam met swart koffie.
Klein Geert Lampen lÍ al, maar Helena sit nog regop. Ma Lenie sÍ hulle moet eers bid en
sing. Skielik is daar ’n groot rooi jagspinnekop teen die seiltjie bokant hulle koppe. Lenie sing
nog lustig toe tante Koos gil: “Tante Lenie, gij zing nog ... kijk dat beest!” skree sy. Geert
vlieg vervaard orent: “Och Mamma,” roep hy berouvol, “dit is omdat ik vergeet het om te
bidde”, en gou staan hy op sy knietjies om “te bidde”.

Die volgende oggend stap Ma Lenie na die offisier en vra beskerming teen die son en meer
ruimte, waarop hulle toe ’n ekstra wa kry om in te ry. Skielik kom die trek tot stilstand. Toe
sien hulle ’n paar bejaarde Boere-ooms wat gevang is en wat swart koffie en droŽ brood kry.
Die vrouens en kinders op die waens kry die ooms so jammer dat hulle trane in hulle oŽ kry,
maar mag niks wys nie. Saggies fluister Ma Lenie: “Ek wens my oŽ was Maxims, dan skiet ek
al hierdie Kakies!” Die waens het weer begin beweeg en die ou grysaards het vermoeid orent
gekom en agterna begin stap. Later kon klein Helena hulle nie meer sien nie.
Laat die middag kom die trek by Ventersdorp aan waar hulle moet oornag in ’n winkel wat
reeds deur die Kakies gestroop is. ’n Ou hensopperoom en sy vrou wat saam met die trek was,
het die nag in die glaskamertjie-kantoor in die middel van die winkelvertrek geslaap. Die
ander vrouens was ontevrede met hulle en Ma Lenie het gespot en gesÍ: “Hy is jou waarlik
’n hensopper en dis seker daarom dat hy nou ’n glaskamer kry om in te slaap”.
Daarvandaan vertrek hulle toe na die konsentrasiekamp op Potchefstroom. Duskant die dorp
gaan hulle vlak langs ’n klompie strooise verby. ’n Groepie swartmense is daar by die pad
saamgedrom en toe die wa nader kom, kom een ou swartvrou met ’n splinternuwe bruin
sinktrommel na Ma Lenie toe aan.

“Ounooi, vat tog die trommel – hulle wil my strooihuis brand en ek het die trommel gekoop,
maar nog nie gebruik nie,” verduidelik sy haastig en vervolg stadiger: “As die Ounooi eendag
weer hierlangs verby kom en ek leef nog, kan die Ounooi dit weer vir my gee.” Eers was Ma
Lenie bang om die trommel te vat, maar die Kakie gee sy toestemming en sy voel skatryk met
’n besitting wat nie eers hare is nie.
Toe ry die waens die onbekende Potchefstroom binne. Dit het gevoel of hulle duisende myle
afgelÍ het en nooit weer met dieselfde pad terug sou gaan nie. Ver agter was alles wat
dierbaar en bekend was, en hier voor hulle lÍ die drumpel van die onbekende en onsekerheid.
Meteens sien hulle duisende wit, ronde tente. Die vrouens het gehuil terwyl die kinders hulle
nekke gerek het en wou weet hoe lank ’n mens kon bly in diť goed wat soos miershope lyk.

Eindelik het hulle hul bestemming bereik en traag van die waens afgeklim. Om hulle was daar
’n see van gesigte van vrouens en kinders met dieselfde hartseer in hulle binneste.
Hulle was knaend honger, maar het teŽsinnig na die boeliebief gekyk. Daar was niks anders
nie en om die ergste honger te stil, moes hulle dit noodgedwonge inwurg. Oneetbare klinkers
en bief was byna al wat hulle in die kamp sou kry. Baie mense het seer tonge van die bief
gekry; ook Ma Lenie wat toe kwalik kon eet. Maar hulle het geen keuse gehad nie. Die suiker
was vol fyn blou-vitrioel. Die kos van die hensoppers was voldoende, terwyl die rantsoene vir
veral die bittereinders se vrouens en kinders heeltemal ontoereikend was.
Hulle kry toe een tent vir hulle groep wat bestaan het uit tante Koos, Geert, Ma Lenie, Sophie,
Kotie en Helena – sesstuks. Oupa, Ma Lenie se suster Fya, haar dogtertjie Ellie en klein Pietie
wie se mamma na Makefing gestuur is, was in ’n ander tent. Die twee groepies was saam in
kamp nommer 3.

Tante Koos het by die kamphoofde gaan kla oor die ontstellende beknoptheid in die tent en
toe het hulle nog ’n tent gekry: een om te bly en een om te slaap. Die tente het gebewe onder
die aanslae van storms en swaar weer en dit het gevoel of hulle onder die blote hemel was
wanneer die geweld van donderslae en weerlig so om hulle was.
Hulle was waarskynlik gelukkiger as die vrouens en kinders op voorgaande foto. Niemand
weet vandag hoeveel van hierdie pragtige rondegesig-Boerekindertjies die kamp oorleef het
nie.
Die vrouens en kinders het gereeld hulle wasgoed by die rivier gaan was. Dikwels was daar
afnemers om foto’s te neem. Dan het Lenie vir haar dogter Sophie gesÍ: “Trek jou kappie oor
jou oŽ my kind ... daar staan al weer ’n vloek wat ons afneem om met ons die spot te dryf in
hulle land (Engeland)”.
Dit was ’n bittere ervaring om aan die vreemde leefwyse gewoond te raak. Boonop het die
droewigheid van daaglikse sterfgevalle en begrafnisse van hulle eie mense, onafskeidbaar
deel van hulle lewe geword. Daar was so baie, baie siek mense. By die meeste tente waar jy
verbly loop, kon jy net smart en ellende sien.

Toe het ook Oupa siek geword. Sy twee skoondogters het hom versorg en by hom gewaak
totdat die dood hom weggeneem het. Die hensopperoom van Ventersdorp het tydens Oupa se
siekte sy hulp aangebied, maar Ma Lenie-hulle het dit van die hand gewys, want die oom is
’n mak-kakie en hulle sal self krag van die Here ontvang vir hulle taak ... ook hiťr in die
vyand se kamp.

Daarna het klein Pietie siek geword en is kort daarna oorlede. Toe het Sophie ernstig siek
geword sodat daar gevrees is vir haar lewe. Die groot tent wat as hospitaal gedien het, het
soveel vrees by die mense ontlok dat Ma Lenie besluit het om haar self te dokter met
homopatiese medisyne wat sy in die kamp by ’n oom Van den Berg gekry het. Die bottel
medisyne van die Engelse dokter het sy in die sand omgekeer. Sophie het geleidelik gesond
geword en daar was oneindige dankbaarheid. Sy was nog nie sterk nie, toe hoor die groepie
dat daar ’n kampfoto van hulle geneem gaan word. Omdat sy nog so swak was, het sy flou
geword op pad na die afnemer, maar het later haar kragte herwin en onderstaande foto is toe
geneem.
Hierna is ook klein Geert hospitaal toe met masels, maar het gelukkig gou teruggekom tent
toe. Helena is ook na die sombere hospitaaltent, maar sy het lank daar gebly omdat sy
longontsteking opgedoen het. Sy was ernstig siek en swak. Daar was egter ’n Boeremeisie,
Heybrecht Lessing wat ’n verpleegster was. Snags in die geheim het sy vir die siek dogtertjie
ligte beskuitjies gegee as sy so gehuil het van die honger.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 18:21
Vervolg:

Tante Koos wat ’n toelaag van die Hollandse Konsul ontvang het, het vir Helena
’n splinternuwe paar blinkleerskoentjies gekoop. Sy was so trots op die skoene, maar kon net
daarna kyk want sy was te siek en swak om op te staan. Tog het sy langsaam herstel, hoewel
dit baie lank geduur het voordat sy eers weer self kon loop.
Op ’n oggend toe Ma Lenie ’n sieke besoek het, kom ’n skoolonderwyseres by die tent aan en
skryf Sophie, Kotie en Helena se name op ’n stuk papier. Hulle moes komende Maandag na
die kampskool kom. Ma Lenie was vreeslik kwaad toe sy terugkom en dit hoor. Haar blou oŽ
het geblits en sy is agter die “teacher” aan en haal haar in kamp nommer 4 in.
“Kyk hier,” sÍ sy ontstoke, “my kinders se name trek jy hier vlak voor my oŽ dood. My
kinders sal nie in my vyand se skool gaan nie. My man is gevang, my oudste seun is gevang,
en drie seuns veg nog buite – hulle leef miskien nie eers meer nie en om dan hier my kinders
in my vyand se skool te sit! Trek dood, sÍ ek – trek dood hulle name!” Die “teacher” wou nog
die saak probeer red: “Ja, Mrs., maar die kinders kan tog nie sonder skool bly nie ... ”

“Myne kan so bly,” antwoord Ma Lenie. “Ek sal hulle uit die Bybel leer en hulle kan leer
skryf as dit vrede is.” Die haglike toestand en bittere ontbering het meegebring dat sy
’n geweldige afkeer in al die vyand se doen en late gehad het. Later het die vrouens, tog
nuuskierig, gaan kyk wat by die kwansuise skool gebeur. “Al die kinders stap ‘left, right’, nes
soldate, en nie soos die Boerekinders wat in ’n ordelike ry staan en die meester stil volg, om
dan na ’n Psalm en ’n gebed met die skoolwerk te begin nie,” was Ma Lenie se kommentaar.
Die kampe was met doringdraad omhein en met leŽ melk- en biefblikke behang. Daar was
ook gedurig wagte om die kamp. Ma Lenie moes ’n permit kry as hulle dorp toe wou gaan.
Hulle het ook kerk toe gegaan in hulle eenvoudige, maar skoon en netjiese klere. Sophie het
katkisasieklasse bygewoon om lidmaat te word en vir daardie geleentheid het tante Koos vir
haar ’n deftige rok met die hand gemaak.
Namate die tyd verloop het, het dit het al hoe moeiliker geword en hoe meer is geloof en
uithouvermoŽ op die proef gestel. Maar steeds het hulle gebede sterk en vertrouend gebly ...
vertroue dat daar ’n einde aan die ellende sal kom.
Op ’n dag kry Lenie ’n brief van haar suster Emmie in die Mafeking-kamp. Sy skryf dat al
vyf haar kinders binne die bestek van een week dood is en dat sy verlam geraak het van die
geweldige skok. Haar oudste kind was 13 en die jongste 3. Maandag het twee gesterf,
Donderdag twee en Saterdag die jongste en laaste. Hoe groot was die hartseer nie in my
ouma-hulle se tent nie. Ma Lenie was baie bedroef het dadelik teruggeskryf om haar suster te
troos met die woorde: “Ek bid vir jou – vertrou op God”. Tant Fya kry ’n brief van haar
dogter uit Mafeking wat skryf dat die babadogtertjie Annatjie dood is.
Uit tant Emmie se brief blyk dat ’n klompie vrouens onder leiding van tant Nelie van Dyk uit
die Mafeking-kamp ontsnap en gelukkig by ’n Boerelaer uitgekom het. Tant Emmie was nog
verlam en kon nie saam vlug nie. Die mans was oorstelp van vreugde en wou al die nuus oor
hulle gesinne hoor. Toe dit die beurt was van oom Frikkie Eloff, tant Emmie se man, sÍ tant
Nelie vir hom: “Ja, Frederik, vir almal kon ek gou sÍ, maar vir jou kan ek nie vinnig antwoord
nie.”
“Ja, Nelie,” sÍ hy, “jy weet ek het so ’n snaakse droom gehad. Ek droom ek kom by ons huis
waarvan net die murasie staan. Langs die huis waar die lemoenboom staan, het ek gesien vyf
van die takke lÍ afgekap onder die boom en net die stam staan daar. Nou het ek gewonder, is
die stam dalk ek of leef my vrou nog?”

“Ja, Frederik, jou vrou lewe nog, maar julle vyf kinders is kort na mekaar, binne een week
dood”, deel tant Nelie mee, terwyl oom Frikkie sy kop laat sak.
Ma Lenie hoor toe ook dat haar ander suster, Hannetjie Eloff, getroud met Michael Eloff, in
’n konsentrasiekamp by Pietermaritzburg was. ‘Sy met haar vyf dogters en seuntjie, Frederik,
was meer as veertien maande in die kamp. Haar man is gevang en na Ceylon gestuur. Een van
haar seuns was ’n krygsgevangene en drie op kommando. Sy was ’n gegoede vrou want haar
man was ’n vooruitstrewende boer met plase by Rustenburg en Standerton en sy het daarin
geslaag om 700 goue ponde die kamp in te smokkel’

Oorgawe.

Gerugte het die kamp bereik dat dit gaan “vrede” word – wat dit ook al sou beteken. Ma
Lenie-hulle wou dit nie glo nie en het gehoop en vertrou dat die Boere sou aanhou veg tot die
einde. Maar toe die eerste Boerekrygsmanne in die kamp aankom, was daar groot vreugde,
maar sy was verslae – bot en stil. Diep teleurgesteld: “Waarom het hulle nie geveg en aanhou
veg nie? Wat help vrede as ons ons land verloor ... ons sou nog meer verduur het as ons
mense net aanhou veg het tot oorwinning!” Die ontsettende besef was daar: “Ons het ons land
verloor – alles tevergeefs!!”
Min het Ma Lenie geweet dat haar drie seuns wat nog tot die laaste geveg het, moedeloos en
met geboŽ hoofde aangestap en met seer harte hulle wapens op Doornkom gaan neerlÍ het.
Berigte oor die lyding en sterftes van vrouens en kinders het die dapper, onverskrokke Boer
tot halt geroep – hom gedwing om die minste te wees. Ja, sommer daarvandaan het hulle
koers gekry plaas toe waar hulle alles in puin aangetref het.

Daagliks het daar Boere by die kamp aangekom. En toe hoor Lenie-hulle dat daar van
Rustenburg-distrik se mans verwag word. Klein Helena was nog te swak om te loop en het in
die tent gebly. Haar broers Danie en Louw het haar daar kom groet en sy was byna flou van
pure blydskap. Jannie, die jongste broer, het saam met ’n ander groep gereis en sou later kom.
Die broers het vertel dat alles op die plaas verwoes was, maar hulle was vol moed en wou
verbeterings aanbring voordat Ma Lenie en die kinders huis toe kom. Al die mans het hard
gewerk om hulle huise te herstel, en selfs diegene wat nooit gevang is nie, was ook weer tuis.

Huis toe.

Na wat vir hulle soos ’n ewigheid in die konsentrasiekamp gevoel het, het die groepie weer
die wa bestyg op pad plaas toe. In elke straat van Potchefstroom het die Union Jack gehang.
Lenie het anderpad gekyk en sugtend gesÍ: “Die Here sal ons nie verlaat nie. Hy is ons Vader
en Behoeder en ons onderwerp ons aan Sy wil.”
Hulle het weer by die strooihuise verby gery, maar dit was verlate. Net die bouvallige mure
het daar gestaan en daar was geen ou swartvrou om haar trommel terug te ontvang nie.
Die wa was ook leŽr, want Oupa Pieter en klein Pietie was nie meer daar nie.
Die aand het die swartmans wat by die trek was om die groot kampvuur gaan sit en die
vrouens en kinders, wat nou met leŽ hande – en sommige ook met leŽ harte – terugkeer,
toegesing. Dit was ’n baie aandoenlike gebaar en het hulle diep ontroer.
Verslae maar dankbaar het hulle Steenbokfontein bereik. Die bejaarde aia Clara het hulle van
ver af tegemoet gehardloop. Haar geel gesig was stralend van vreugde – trane van blydskap
het oor haar wange geloop toe sy hulle groet.
Sy het vir Ma Lenie ’n vleisbord gebring wat sy na die verwoestende brand in die huis ontdek
het. Sy was tog so in haar skik dat sy dit veilig kon bewaar, en Lenie het met diť erfstuk as
enigste besitting, skatryk gevoel.

Op die plaas het baie verander: Oupa Pieter se huis was leeg, verbrand en donker; oom
Douwtjie het tydens ’n geveg omgekom.2 By oom Fanie Eloff se huis was dit dieselfde: sy
vrou Hannie en jongste dogtertjie is in Mafeking se kamp dood en hulle drie dogtertjies was
in tant Alie se sorg.
Met groot ywer het die Boere probeer herwin wat verlore was. Hulle het riempiestoele en
-banke gemaak en geruil vir lemoene en ander eetware. Swartvrouens het kleipotte kom
verruil en so kon die drinkwater in die huis yskoud gehou word – in teenstelling met die warm
drinkwater in die kamptente.
Sprinz, die ou Jood, het ook sy winkel reggemaak en begin handel dryf. My ouma se broers
het hom teen vergoeding gaan help en so kon hulle die nodige lewensmiddele koop. Die
broers het mense wat nog osse en koeie gehad het, gaan help ploeg, en in ruil daarvoor weer
die osse geleen om hulle eie lande te ploeg. Dit was maar ’n sukkel-bestaan.
Tot hulle groot vreugde keer die mans terug uit die bannelingkampe: Pa Jan uit Ceylon oom
Willem Grobler uit Bermuda, oom Fanie Eloff van St. Helena en Ouboet Gert van
Shahjahanpur (IndiŽ). Meester is teruggestuur Holland toe. Tante Koos het geld van haar man
in Holland ontvang en sy en klein Geert kon toe terugkeer daarheen. Lenie-hulle het die twee
geweldig gemis.

Boertjie Phillip
23 Nov 2012, 18:22
Slot.

Met sy terugkeer het Lenie vir haar seun Gert vertel wat met sy goeie vriend, die Hollander
Pieter Schuil gebeur het: Die Engelse het hom van verraad beskuldig en ter dood veroordeel.
Hy was egter onskuldig en het vooraf alles aan Gert geskryf en die brief aan die NoorweŽr
Ingvald SchrÝder-Nielsen toevertrou om vir Gert te gee. Nielsen het woord gehou die brief vir
Ma Lenie kom gee, maar sy was te bang om dit te hou omdat enigeen wat enige dokumente
besit het, summier in die tronk gegooi is. Sy het die brief verbrand, sonder dat Gert dit gelees
het. Nielsen was saam met die Boere op kommando, is later gevang en na Bermuda verban.
Oupa se huis is opgeknap en ingerig as ’n skool – met Ouboet Gert as onderwyser! Die
kinders was verheug om te kon skoolgaan, al was dit op ’n eenvoudige manier. Thomas van
Dyk help toe vir Gert en die kinders leer Hollands, maar toe kom die opdrag dat hulle moes
Engels leer. Die Engelse skool van Miss Jerome, ’n rou Engelse onderwyseres, moes met die
Boereskool verenig, maar talle ouers was ontevrede en stuur toe hulle kinders na Meester
Venter se privaatskool.
Gert het egter goed met Miss Jerome oor die weg gekom; sy het naderhand die kinders begin
verstaan en hulle het nogal vir haar lief geword. Een van die liedjies wat hulle geleer het, was
vir tant Alie so mooi dat Helena dit byna elke dag vir haar moes sing, met paslike handgebare
daarby. Sy kon egter nie die wysie onthou nie, en leen toe sommer die wysie van Psalm 134.

Gert met sy pragtige stem het gesing terwyl Miss Jerome hom op die klavier begelei. Die
skoolkoortjie het selfs deelgeneem aan ’n konsert waar hulle die eerste keer ’n grammafoon
met die groot beuel gesien het.
Miss Jerome is getroud met Mr McKay – ’n ou siel wat hier kom veg het en nooit weer na
Engeland teruggegaan het nie. In hierdie sonnige land het hulle tussen die Boere gewoon en
oud geword voordat hulle albei na jare eers oorlede is.

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 06:11
Van Zylsrus: Vernoem na Genl. J.A. van Zyl.

Die dorpie Van Zylsrus is geleŽ aan die walle van die droŽ Kuruman-rivier. Die gebied was deel van die eeue-oue handelsroete tussen die Kora-Tswana gebiede suid van die Molopo en die Groot Namaland-Damaraland en Ovamboland.

Na die groot droogte van 1907-1908 het boere van veral die Suid-Vrystaat en Noord-Oos Kaap na die gebied gekom. Water was Ďn groot probleem en boorgate is deur majoor Thomas Cullinan op Eensaam, Kameelrus, Murray, Springputs, The Heights, Van Zylsrus en Visgat geboor.

Van Zylsrus is vernoem na Genl. J.A. van Zyl wat tydens die Anglo-Boereoorlog van 1899-1902 by generaal De la Rey aangesluit het en by Kimberley en Sweizer-Reneke geveg waar hy Ďn groot groep vroue van die Engelse bevry het. Hy was ook een van genl. De la Rey se bevelvoerders oor die Griekwalanders tydens die 1914-Rebellie.

Gedurende die 1914-1915 Rebellie het generaal J.A. van Zyl die stryd in en om Kuruman en die Kalahari gestry en Ďn groep ruiters aangevoer tydens die Suidwes-Afrika (NamibiŽ) veldtog.

Hy en sy manne het in die Kurumanrivier op die terrein van die huidige Van Zylsrus by Ďn windpomp afgesaal. Nadat hulle vier dae lank daar gerus het, is die groep verder op hulle reis deur die Kalahari. Volgens Donald Riekert, skrywer van Woestynruiter, die lewe van veggeneraal Jakobus Albertus van Zyl, het die generaal, toe hulle daarvandaan weggery het, sy hand opgelig en uitgeroep: ďVier dae het ek hier gerus, die plek se naam is Vanzylsrust.Ē Mettertyd het die naam na Van Zylsrus verander en plaaslike mense praat ook van die dorp as Vanzyls.

Na die oorlog is Ďn paar boere aangestel as boorgatwagters. As vergoeding is wei lisensies gratis aan hulle toegeken. In 1929 het kommandant Botha van die Departement Lande, plase in die gebied uitgemeet en aan boere toegeken

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 06:20
Perde en Fietse gedurende die Anglo-Boereoorlog.

Die gebruik van perde.

Die perd was een van die belangrikste vervoermiddels wat die komando's gedurende die oorlog gebruik het. Perdevoer is aan die begin van die oorlog deur die Hoofkomitee verskaf alhoewel 'n belangrike bron van voer ook die weiding in die veld was. Veral aan die suidelike en noordfront was die veld vroeg uitgetrap en afgevreet as gevolg van die oorbeweiding deur die menigte vee wat saam met die kommando's daar was.
'n Perd wat losgeloop het in die veld het gou 'n ander eienaar gekry. Die besit van sy perd was natuurlik vir die Boere heilig en as hy sy perd by iemand anders gewaar het, het hy die volste reg gehad om dit op te eis en die perd moes dadelik teruggegee word. Daar was ook mense sonder perde op kommando – voetgangers. Hulle het nie perde gehad nie omdat hulle dit nie kon bekostig nie. Perdesiekte, die moeilike bekombaarheid van perde en uitputtende trekke het tot gevolg gehad dat mense soos Deneys Reitz en Jan Celliers vir korter of langer tye sonder perde was.
Generaal de la Rey sÍ die volgende oor perde:" Sonder 'n perd beteken 'n Boer as krygsman niks. Dikwels het ons probeer om hulle te voet te laat veg maar sonder enige sukses. As 'n Boer dus 'n perd verloor het dit beteken dat daar een man verlore was en elke perd wat ons van die vyand afgeneem het was weer een Boer meer op die slagveld"

Die gebruik van fietse.

Reeds voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Danie Theron en sy vriend Koos Jooste,, wat 'n ywerige fietsryer was, die regering van die ZAR versoek om 'n fietsryerskorps op die been te bring. Na 'n resies tussen Pretoria en Krokodilbrug tussen Jooste en ene Martiens wat te perd was, wat Jooste dan ook wen, gee die kommandant-generaal van die ZAR, Piet Joubert toestemming dat die Wielrijders Corps gestig kan word.
Die korps het bestaan uit 100 jong mans wat deur Theron en 'n paar van sy helpers uit die geledere van die burgerlike bevolking asook die van goedgesinde vreemdelinge wat in die Republiek gewoon het, gekies is.
Die doel van die korps was om 'n vinnige rapportdiens tussen die verskillende seksies van die Boere se leŽrafdelings daar te stel. Theron was oortuig dat die fietsryers vinniger as perderuiters kon beweeg en ook nie so maklik in die veld deur die vyand opgemerk sou word nie. Die korps sou uiteindelik ook dien as 'n inligtingsdiens vir die Boere.
Aan die hoof van die korps het Danie Theron gestaan wat op 13 September 1899 formeel duer die kommandant-generaal in die posisie aangestel is. Theron is bygestaan deur luitenante wat in bevel van elke seksie was. Hy het elkeen persoonlik uitgesoek en aangestel en hulle was aan hom persoonlik verantwoordelik. J P (Koos) Jooste is later bevorder tot onderkaptein van die hele korps.
Elkeen van die manskappe is voorsien met 'n fiets, 'n rewolwer en waar nodig met 'n karabyn. Slegs die betroubaarste manne is tot die korps toegelaat. Die Wielrijders Corps het byvoorbeeld waardevolle werk aan die Swazilandgrens verrig waar hulle die grens gepatrolleer het. Die Engelse se fietsryerkorpse het weer die spoorlyn in die Noordwes-Kaap gepatrolleer.

Reeds voor die oorlog het kolonel George Knox die eerste fietsryerskorpse in Engeland in die leŽr op die been gebring. Toe die oorlog uitbreek was die City of London Imperial Volunteers en twee bataljons van die Royal Dublin Fusiliers toegerus met fietse. Van die plaaslike regimente het ook van fietse gebruik gemaak byvoorbeeld die Rand Rifles en die Cape Cyclist Corps
Die fietsryers aan Britse kant het ook as skakel tussen die infanterie en die ruitery opgetree. Hulle het telegramme, geld, verslae, rapporte asook die posduiwe vervoer. Majoor BFS Baden-Powell het tot 'n opvoubare fiets gebruik terwyl agt soldate die sogenaamde "War Cycle" beman het. Hulle het 'n spoed van 48 km per uur behaal .
Die fiets het egter nooit die perd as vervoermiddel gedurende die oorlog vervang nie.

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 07:01
Vyf Swemmers'' Anglo-Boere "

Russe, skrywers en nasate herdenk ABO op Heilbron.

OP die Vrystaatse dorp Heilbron is die horlosie onlangs vir 'n naweek teruggedraai na honderd jaar gelede, toe Boere van die distrik deur die Britse magte gevange geneem is. Belangstellendes en afstammelinge van die destydse Heilbronners wat vandag as twee van die "Vyf swemmers'' bekend staan, het van alle uithoeke selfs Moskou byeengekom om diť gebeure van 'n eeu gelede te herleef.

Danksy die fyn beplanning van mev. Quarta Pretorius en haar span helpers, wat twee jaar gelede al begin het met reŽlings vir die honderdjarige herdenking van die Anglo-Boere Oorlog, kon feesgangers hulle deeglik in die dae van diť gebeure inleef.

Op Vrydagmiddag 12 Oktober is besoek gebring aan die terrein van die Vredefort konsentrasiekamp en die begraafplaas, waar rye en rye naamlose grafte getuig van die vroue en veral kinders wat in die kamp omgekom het.

Vandaar is dit 'n kort rit oor die plat Vrystaatse vlakte tot by die stasie van Rooiwal, waar genl. Christiaan de Wet met sy stryders verantwoordelik was vir een van die Britte se grootste materiŽle verliese van die oorlog.

Boere magte het die spoorlyn tussen Bloemfontein en Johannesburg so beskadig dat Britse voorrade en possakke weke lank by Rooiwal opgehoop het.

Klere- en kosvoorrade, duisende komberse, gewere, ammunisie en granate, omtrent 2 000 possakke vol briewe en pakkies met eetgoed en luukshede soos horlosies, verkykers, sigarette, en selfs sigare en sjampanje, is op die stasie gebuit.

Wat nie deur Boere en hul krygsgevangenes geneem is nie, is aan die brand gesteek. Volgens oorlewering het die vuur vier dae lank bly brand en kon die vlamme en ontploffings van ammunisie en granate selfs van Kroonstad af 60 km ver gesien en gehoor word.

Tydens die herdenkingprogram op Saterdag 13 Oktober is in Heilbron se kerkhof hulde gebring aan die Boere wat nŠ die vernietiging van die Britse voorrade by Rooiwal in 'n Britse vergeldingsaanval gevange geneem is.

Onder hulle was Willie Steyn en Piet Botha, destyds van Heilbron. Tesame met die broers Louw en George Steytler en Hausner, 'n Duitser, was hulle later verantwoordelik vir wat bekend staan as een van die merkwaardigste ontsnappings in die oorlogsgeskiedenis van die wÍreld.

As krygsgevangenes het hulle in die Colombo hawe van die destydse Ceylon teen middernag van 'n Britse skip ontsnap. Al vyf is later deur 'n Russiese troepedraer uit die see opgepik en aan boord versteek totdat hulle Rusland bereik het.

In die Heilbronse kerkhof is kranse by die graf van Piet Botha neergelÍ. 'n Erewag van ``soldate'' in Britse en Boere mondering is daar gevorm.

Nadat die besoekers by 'n historiese huis in die dorp tee gedrink en verskeie keurige uitstallings besigtig het, is daar op die terrein van die Vegkop monument byeengekom. Daar het 'n Russiese konsul in Suid-Afrika, mnr. Oleg Kovalchuc, en prof. Apollon Davidson van Moskou, mede-skrywer van die boek The Russians and the Anglo-Boer War, in 'n outydse spaaider gearriveer.

Op die stoep van die feessaal het 'n boere-orkes gespeel en op die gras onder die doringbome is gemmerbier uit gedenkbekers gedrink in afwagting van 'n "aanval deur Britse soldate.'' Teen eenuur het 'n skyn-aanval hom naby die monument afgespeel, waartydens ``Britse troepe'' op 'n groepie ``Boere'' gevuur en hulle gevange geneem het.

Die "Boere'' is tot by die besoekers op die grasperk gelei en tot vermaak van die skare deur 'n "Skotse'' offisier verskree terwyl hulle name geneem is: onder andere Willie Steyn en Piet Botha.

NŠ 'n middagete op borde, wat met kleurryke doekies toegebind was, is daar in die volgepakte feessaal konsert gehou. Sangnommers is gevolg deur 'n oortuigende toneel van 'n reŁnie aan huis van Willie Steyn en sy vrou, 37 jaar nadat die swemmers van die Britse skip ontsnap het. Herinnerings aan die oorlog en die ontsnapping, soos deur die plaaslike akteurs met mekaar gedeel, het die gehoor 'n goeie beeld gegee van die wedervaringe van die merkwaardige Boere wat in die wÍreldpers opspraak verwek het met hul uitdagende, brawe poging om uit gevangenskap te ontsnap en hulle weer by hul kommando's aan te sluit.

Die moeite en harde werk van mev Quarta Pretorius en al die Heilbronners wat by die feesviering betrokke was, sal al die besoekers aan die "Vyf Swemmers'' Anglo-Boere Oorlog eeu-herdenking nog lank bybly.

Petrovna Metlerkamp van Hermanus is die kleindogter van Willie Steyn. Haar ongewone voornaam is ter ere van die Russiese vlootoffisier Wladimir Petrowitsj Kissimof, wat Steyn-hulle help ontsnap het. Petrovna se pa het die name Wladimir Petrowitsj gekry.

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 08:24
Breaker Morant: Held of skurk tydens die ABO? Hy was 'n skurk.

Breaker Morant

Harry Harbord Morant is een van die berugste figure uit die tyd van die Anglo-Boereoorlog. Hy is in 1864 in Engeland gebore en het hom in 1883 in Queensland, AustraliŽ, gaan vestig. Daar word steeds bespiegel oor sy agtergrond. Sommige historici beweer dat hy nie die kind van gewone werkersklasouers was nie, maar wel die buite-egtelike seun van ’n Britse admiraal.

Morant het bekend gestaan as ’n gekultiveerde man en ’n dapper soldaat. Hy het egter ook ’n reputasie gehad as ’n roekelose leuenaar, dief, geharde drinker en aarts-chauvinis. Morant het daarvan gehou om toertjies voor gehore uit te voer en het ’n reputasie gehad dat hy perde vinnig kon inbreek, vandaar die naam “Breaker.” Kort nŠ sy aankoms in AustraliŽ het die jong Engelsman by ’n sirkus aangesluit en met ’n jong vrou genaamd Daisy Bates getrou. Sy het hom egter gou gelos, toe sy besef het dat hy nie vir die troue betaal het nie en boonop ’n klompie varke en ’n saal vasgelÍ het.
Vir die volgende vyftien jaar het Morant ’n raap-en-skraapbestaan in Queensland en New South Wales gevoer. Hy was gewild onder plattelandse inwoners danksy sy drinkgewoontes en toertjies wat hy met perde kon uitvoer. Gedurende hierdie periode het hy ook gedigte onder die skuilnaam The Breaker geskryf, waarvan sommige selfs gepubliseer is.

Die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het die deure geopen vir ’n nuwe avontuur en het hom in staat gestel om AustraliŽ en almal vir wie hy geld geskuld het, te verlaat. Hy het by die South Australian Mounted Rifles aangesluit. Meer as 2 000 Suid-AustraliŽrs het hulle by die Britse magte aangesluit. Morant en sy kontingent het op 26 Januarie 1900 na Suid-Afrika vertrek.

In Suid-Afrika het Morant gou aandag getrek danksy sy ervaring met perde. Hy was in sy element, in hierdie land waar die landskappe en klimaat soveel met AustraliŽ ooreengestem het. Aanvanklik het hy as koerier opgetree vir die oorlogskorrespondent van die London Daily Telegraph. Nadat hy ’n klompie verpleegsters by die plaaslike hospitaal se harte gebreek het en ’n aantal onbetaalde rekeninge agtergelaat het, het hy teruggekeer na Engeland en daar aan die suster van een van sy vriende, kaptein Hunt, verloof geraak.

Met sy terugkeer na Suid-Afrika in April 1901 het hy by die gevreesde Bushveldt Carbineers aangesluit, wat in die Noord-Transvaal teen die Boere geveg het. Die regiment het uit 320 man bestaan en was in Pietersburg gebaseer. Amper die helfte van hulle was AustraliŽrs, maar daar was ook ’n veertigtal Boere wat vroeŽr aan die Engelse oorgegee het. Die twee groepe het nie goed oor die weg gekom nie. Die regiment was moeilik om te beheer en daar was vele gevalle van ongedissiplineerde optrede, soos om buit toe te eien en alkohol te misbruik.

Op 5 Augustus 1901 het kaptein Hunt en 17 lede van die Carbineers ’n plaashuis bestorm en heelwat meer Boere daar aangetref as wat hulle verwag het. Onder die Britse manskappe het ’n aantal gewapende swartes getel. Volgens luitenant Witton se latere getuienis was dit praktyk vir die Engelse om swartes te gebruik en het hulle van ”die mees afgryslike dade“ tydens die oorlog gepleeg.

Gedurende die aanval is beide kaptein Hunt en ene sersant Eland gedood. Hunt is wreed vermoor en al sy klere verwyder. Die verminking wat die liggaam ondergaan het (Hunt se hakskeensenings is byvoorbeeld afgesny) dui dalk op swart betrokkenheid. ’n Woedende Morant het egter wraak geneem deur Visser, ’n Boer wat met Hunt se klere rondgeloop het, ’n paar dae later te skiet, asook nog agt Boeregevangenes en later weer ’n groepie van drie. Hy het verder ’n Duitse sendeling genaamd Hesse laat doodskiet, aangesien hy hom verdink het van simpatie met die Boeregevangenes.

Sewe Carbineers, waaronder luitenant Morant, is in Januarie 1902 van ’n oorlogsmisdaad aangekla. Morant het absolute minagting vir die regter getoon, sy dade ruiterlik erken en dit geregverdig deur te sÍ dat Lord Kitchener self beveel het dat geen gevangenes geneem moet word nie. Uiteindelik is Morant, Witton en Handcock skuldig bevind op aanklag van moord op die Boeregevangenes, maar onskuldig van die moord op Hesse. Morant en Handcock is ter dood veroordeel, maar Witton se doodstraf is in lewenslange gevangenisstraf verander.

Toe Morant kort voor sy teregstelling gevra is of hy ’n priester wou sien, was sy verontwaardigde antwoord: ”Nee, ek is ’n heiden!” Handcock wou toe weet: ”Wat is ’n heiden?“ Nadat dit aan hom verduidelik is, het hy trots verklaar: ”Ek is ook ’n heiden!”

Op 27 Februarie 1902 is Handcock en Morant in Pretoria tereggestel. Morant se laaste woorde was: ”Shoot straight you bastards! Don’t make a mess of it.” Hulle het geweier om voor die vuurpeloton geblinddoek te word.

NŠ 28 maande in ’n Britse tronk is Witton vrygelaat. Lord Kitchener (wat self die doodsvonnisse geteken het) het later erken dat hy wel instruksies gegee het dat Boere wat in Britse uniforms betrap word, doodgeskiet moes word. Teen die einde van die oorlog was die Boere-soldate se klere meesal vodde en het hulle dikwels Britse klere gebuit - soms ook in ’n poging om Britse troepe te mislei.

In 1907 het Witton se boek, Scapegoats of the Empire, verskyn. Later het dit onmoontlik geword om ’n eksemplaar van hierdie boek in die hande te kry. Verhale het die rondte gedoen dat die Australiese regering ongemaklik gevoel het omdat Lord Kitchener se reputasie in die boek skade gely het en beslag gelÍ het op al die eksemplare wat hulle in die hande kon kry.

Tydens ’n besoek aan AustraliŽ in 1910 het Lord Kitchener geweier om ’n monument in Bathurst te onthul vir diegene wat tydens die ABO gesterf het, indien Handcock se naam nie verwyder word nie. Dit is toe gedoen, maar in 1964 is sy naam weer teruggevoeg op die monument. Die grafte van Morant en Handcock het nŠ die 1980-vrystelling van die film Breaker Morant gewild geword by besoekers. In AustraliŽ het Morant legendariese status verkry en vele anekdotes word steeds oor hom vertel.

Getuienis dui daarop dat Handcock, Witton en Morant deur hulle eie manskappe aangekla is, wat van hulle nie juis martelaars maak nie. Baie AustraliŽrs wonder egter steeds hoekom die twee Britse offisiere, wat aanvanklik saam met die Australiese Carbineers aangekla is, bloot oneervol ontslaan is, terwyl daar baie strenger teen Morant, Handcock en Witton opgetree is.

Die Morant-geval het die Australiese regering laat besluit om nooit weer Australiese soldate aan Britse justisie uit te lewer nie.

5662

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 08:56
Poetse en Hansworstery op kommando in die ABO.

Poetse het inderdaad onrustige energie help verlig. Generaal Kolbe, ’n Boer wie se welige baard sy trots was, het byvoorbeeld voor ’n geamuseerde gehoor wakker geword wat graag sy reaksie wou sien ten aanskoue van sy kaalgeskeerde gesig – die nagtelike handewerk van twee mede-offisiere.

Hansworsery deur agterryers soos Ben Viljoen se bekende Mooiroos sowel as “grootlieg- stories” het verligting gebring. Die Boerebroers Du Plessis het byvoorbeeld ’n ou mannetjiesbobbejaan gevang en, elkeen met een van die dier se voorpote in die hand, die bobbejaan na die president vergesel en aangekondig dat “’n nuwe burger” pas aangesluit het.

Onlangse studies toon dat die ervaring van humor die immuunstelsel kan versterk en moontlik spanning help verlig. Lag help stabiliseer jou bloeddruk, stuur suurstof na die bloed, stimuleer bloedsomloop, en sorg vir ’n behaaglikheids- gevoel wat waarskynlik met die vrystelling van endorfiene verband hou. In Darwinistiese taal hanteer diegene met ’n humorsin die hartseer van die wÍreld beter vanweŽ hul effens sterker immuunstelsels. Sommige data gee te kenne dat humor hoop verwek.

Lag het die Boere se moreel inderdaad ’n hupstoot gegee. DŪt was meermale te sien in hul chutzpah, die skaamtelose vermetelheid waarmee hulle die vyand bespot het. Van Lord Roberts van Kandahar is daar byvoorbeeld gesÍ: “Ja, Roberts fan Kan-da’ar/Is ni Roberts fan Kan-hiir!”

Oorlogsgrappe het die krygers opgebeur, soos hul verwysing na “martial law” as ’n meisie genaamd “Martjie Louw”. Die honende gelag wat hierdie kwinkslag ontlok het, het gewoonlik met ’n hernude vlaag lewenslus en opgewektheid gepaard gegaan.

Hilariteit (soms dalk letterlik “’n histeriese gelag”) het ’n uitkoms gebied: In Reitz se geskrifte staan dat hy in ’n besonder swaar aanval sy broer buite sig sien verdwyn het toe ’n granaatkartets op hom losbars, maar dat die broer laggend uitgery het, hy ťn sy perd ongeskonde.

Toe Reitz se geteisterde kommando uiteindelik die kus bereik, het baie van die jong mans wat nog nooit meer water bymekaar as die dam op hul ouers se plaas gesien het nie, hul perde bloots die see in gery en gejil en geskater as die branders ’n ruiter en sy perd omkeer.

Ook in diť trant skryf ’n Boerekryger hoe hy en sy makkers in die Slag van Renosterkop in November 1900 begin grappe vertel het; hoe hul gelag met die klank van die artillerievuur meegeding het.

Kommandohumor kon ook ’n vorm van sosiale beheer wees. Skynhowe is gehou met opsetlik verregaande aanklagte, wat met ’n gelag en gejuig begroet is. Sodoende was humor dalk ’n manier om moraliteitsverhale en gedragskodes oor te dra, en in die proses sosiale samehang te handhaaf. ’n Klomp burgers het genl. Viljoen byvoorbeeld so erg lastig geval vir toestemming om huis toe te gaan, dat dit hom daartoe gedryf het om op hul verlofpasse te skryf: “Verlof om Johannesburg toe te gaan weens lafhartigheid, op die regering se onkoste.”

Humor het gehelp om die interne hiŽrargie in stand te hou, en grappe het die grense van die gemeenskap help bepaal en samehorigheid help aanwakker. Op kommando het grappe die aandag op ’n gemeenskaplike identiteit, ’n onderlinge gevoel van behoort, gevestig. Dus was die broederlike gelag van die binnekring ook ’n “geen toegang”-teken vir buitestanders.

Onderlinge grappe het sowel bekragtiging binne die groep as oorwinning bo diegene buite die groep versinnebeeld. So het Viljoen se offisiere ’n poets op ’n paar vermoedelike “hensoppers” (diegene wat aan die Britte sou oorgee) gebak. Drie Boere-offisiere, uitgedos in kakie, het hulle [die buitestanders] gevra of hulle wou oorgee. Die “Kakies” is met beeste, skape, vuurwapens en ’n nuwe ponie by die ontluikende afvalliges weg. Die pseudo-kolonel het sy groot, lomp Engelse perd bestyg en trots weggery, maar die perd het oor doringdraad gestruikel en sy ruiter afgegooi. Toe sy twee “mede-Kakies” sy siel hieroor uittrek, het hy hulle vinnig stilgemaak: “My val was eintlik heel goed. Die verraaiers is nou seker oortuig ons is Engels omdat ek so onhandig perdry.”

By seldsame geleenthede kon humor ook grense tussen groepe oorsteek – tussen manskappe sowel as tussen offisiere, en soms selfs tussen vyande. Namate die oorlog voortgesleep het, het die Boere byvoorbeeld ’n gewoonte daarvan begin maak om Britse krygsgevangenes se uniforms van hul weg te neem, sodat die Tommies noodgedwonge die Boere se verslete klere moes aantrek. Louis Slabbert van die Heidelberg-kommando het in 1902 sů opgemerk: “Dit is een van die snaaksste goed wat ek nog ooit gesien het. Daar staan die Kakies, met hul rooi verbrande neuse en sproetgesigte, in netjiese rye in ou, verflenterde klere. Sommige se tone het deur stukkende velskoene gesteek en ander se hare het by die gate in hul hoede uitgekom. Een van die meer komieklike Tommies het sy vriend aan die skouer gegryp en gemaak of hy hom wou skop terwyl hy sÍ: ‘Come on, get on, you damn Boer!’ Hieroor het albei kante uitgebars van die lag.” Hierdie soort staaltjies weerspieŽl minstens ’n mate van onderlinge medemenslikheid en empatie te midde van gedeelde swaarkry.

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 09:11
Brit het "Boere se Jeanne d'Arc vereer" Ella Jacobs.


"A Boer Joan of Arc'' en "a real South African heroine'' is Ella Jacobs van Fauresmith (later Marais van Trompsburg) deur 'n Britse offisier genoem wat haar gevang het nadat sy vier maande saam met genl. J.B.M. Hertzog se kommando in die Anglo-Boere-oorlog (ABO) geveg het.
Die verhaal van een van die min vroue wat op kommando in die oorlog was, is een van 'n skat van vertellings van Fauresmith-inwoners wat in 1970 deur mev. Crena de Jager, wie se man, dr. Manie de Jager, van 1967 tot 1973 predikant van die NG kerk Fauresmith was, opgeteken.
Mev. De Jager, wat nou in Glentana by George bly, skryf die oorlog was 'n donker en moeilike tyd en het baie slagoffers geŽis, veral vroue en kinders in konsentrasiekampe.
In 1970 het nog 'n handjievol bejaardes in Fauresmith gebly wat as kinders die oorlog meegemaak het. Toe sy met hulle oor die konsentrasiekampe gesels het, kon hulle nog goed die lief en leed onthou.
Die eerste van die vertellings, diť van Ella Jacobs soos vertel deur haar suster Miems Lubbe en Ella se seun, Sarel Marais, verskyn hierby. Mnr. Marais, die oudste lewende Vrystaat-rugbyspeler, is nou byna 91 jaar oud en woon in Trompsburg. endig
Nols Nieman doen verslag.

ELLA MARAIS, oudste dogter van die Jacobs-gesin en toe byna 18, het met die uitbreek van die oorlog op Touwfontein, Fauresmith, gewoon.
Haar drie oudste broers was op kommando en haar pa en die dertienjarige Jan in Groenpunt se kamp toe haar ma met ses kinders byna twee jaar lank op die plaas agtergebly.
NŠ 'n geveg tussen die Boere en Engelse op hul plaas is hulle in die nag na Vlakfontein aangejaag waar die Engelse kamp was.
Haar twaalfjarige broer, Attie, was nie by nie, want toe die Engelse aankom, het hy met die vee na die rantjies gevlug. Later het hy hom by die kommando aangesluit waar sy broers was.

Haar ma was swanger en kon nie vinnig stap nie. In die donker het hulle oor klippe gestruikel en is deur bossies stukkend gekrap. Op een plek moes hulle deur 'n spruit sukkel. Ella het haar hande vol gehad om haar ma en die jonger kinders te help.
NŠ 'n slapelose nag is hulle op 'n wa na Trompsburg gebring en vandaar in 'n oop treintrok na die Springfontein-konsentrasiekamp. In hul tent is ook Ella se vriendin Sarah Raal en twee ander vroue geplaas.
Sowat twee weke later het Sarah gehoor haar ma is in die Bloemfontein-kamp. Sy wou haar graag sien, maar die kampkommandant het geweier. Sy moes bly en die Tommies se vuil klere was. Dit was vir haar een te veel en sy het besluit om te vlug en na haar vier broers op kommando te gaan. Sy het Ella en 'n ander vriendin omgepraat om dit saam met haar te waag.

Sarah, wat bang was die kampkommandant sien haar, laat Ella toe gaan om 'n pas te kry vir haarself en haar twee susters om hout in die veld te gaan haal. Sarah het haarself met 'n bril en kappie vermom om as een van Ella se susters deur te gaan. 'n Byl, 'n sak en 'n stukkie brood is as padkos saamgeneem.
Hulle het aan die wagte gesÍ hulle wil by rantjies gaan hout soek waar dikker hout was. Daar het hulle agter die eerste bultjies verdwyn, die sakke hout en byl neergegooi en sowat 40 km deur slote en rantjies gevlug in 'n omgewing vol swart verkenners. Hulle het die aand laat op die plaas Ribbokfontein van die Van Heerdens aangekom waar gelukkig nog mense was.
Een van die drie vlugtelinge, 'n mej. Van Schalkwyk, het besluit om daar agter te bly, omdat sy na haar ma toe wou gaan wat nie gevang is nie. Die ander twee is na Touwfontein weggebring, waar hulle later by Charles Erasmus se kommando uitgekom het waar Ella se broers ook was. Die broers wou hÍ hulle moes iewers in 'n huis gaan bly, maar hulle was te bang en het hulle eerder by die kommando aangesluit.
Ella kon eers 'n trommeltjie klere en ander goed, wat nog in hul huis op Touwfontein was, inpak en begrawe. NŠ die oorlog het sy dit veilig teruggekry.
Die twee vriendinne was nog 'n tydjie bymekaar totdat Sarah haar by haar broers se kommando aangesluit het. Ella het vier maande haar broers se lief en leed gedeel. Daar was dikwels min tyd om tussen die trekkery en skermutselinge te rus.
Tussen berge en koppies kon hulle asem skep en kos soek. Wild is geskiet en biltong is baie dun gesny om dit gou winddroog te kry. Dit is aan bome gehang en terwyl dit droog, is die orige vleis op 'n spit gebraai of gekook. Askoeke en pap is ook gemaak.
As hulle skielik moes vertrek, het net een woord weerklink: "Opsaal!''.

Gedurende gevegte of op trek was die enigste kos beskuit, droŽ brood en water uit watersakke. Waterstroompies of damme was soos oases waar drinkwater aangevul is en vermoeide lywe afgekoel en gewas is. As daar tyd was, is wasgoed gewas. Dikwels moes die klere halfdroog aangetrek word as hulle skielik moes trek.
Die penkoppe, seuns van jonger as 16, se hare was gewoonlik kort gesny. Die stoppels wat so regop soos 'n krimpvark se penne gestaan het, het volgens sommige mense aan hulle hul naam besorg.
Ella was graag in hul geselskap omdat haar broer Attie by hulle was. Sy het tot saam met hulle verspiederswerk gedoen, perde opgepas, kos gemaak en ander take uitgevoer.
Wanneer Engelse soldate nŠ gevegte uitgeskud is, het die penkoppe gewere en perde by hulle in die hande probeer kry, want dit het hulle aan die status van 'n burger gegee wat aan gevegte kon deelneem. Dan het hulle sommer hul vodde vir Tommies se klere verruil.
Saans het almal om 'n kampvuur ontspan en Ella het dit geniet om na al die staaltjies te luister.Een waaroor hulle lekker gelag het, was oor 'n Boer wat by 'n verlate plaashuis ingesluip het op soek na klere. In een van die kamers het hy skielik 'n Engelsman voor hom sien staan, sy geweer uitgepluk en geskiet. Toe sy makkers die skoot hoor, het hulle binnegestorm en hul verleŽ maat voor hangkasspieŽl sien staan wat flenters geskiet is.
Ella-hulle se kommando was dikwels by kleiner gevegte en skermutselinge betrokke wanner die Engelse lastig geval het. 'n Geveg naby Touwfontein een nag het vir haar as van groter geskiedkundige waarde as die ander.
Hulle was naby die trekpad van die Engelse en het kort-kort onder koeŽls deurgeloop. By Swartkoppies het dit selfs van voor en agter op hulle gereŽn en hulle moes so gou as moontlik padgee, maar het 'n klomp los perde gehad wat hulle nie graag wou verloor het nie. Dit, en ook omdat hulle deur 'n trop springbokke moes jaag, het hul spoed gebreek.
Ella se perd, Meerlant, was sterk en het maklik bygebly terwyl hulle sowat 35 km ver gejaag het om die vyand af te skud.
Hulle het besluit om dieselfde nag nog deur die Engelse linie te breek. Alles het goed gegaan totdat hulle by die hoofpad tussen Edenburg en Jagersfontein, waar groot kolonne Engelse op pad was. Die soldate, wat in groot groepe verdeel was, het in stilte vorentoe beweeg met 'n spasie van sowat 200 m tussen mekaar. Die Boere het doodstil om die maanlig tussen hulle deurbeweeg en oor die pad geglip.
Met sonop het hulle van die spits van die historiese Boomplaasberg gesien hoe die Engelse steeds in formaat na Jagersfontein verbytrek. Hulle is agter die kolonne om na 'n nabygeleŽ plaas, Fonteintjie. 'n Klompie Engelse het hulle gewaar en skielik tusen hulle ingejaag. Van skrik kon Ella nie haar voet gou genoeg in die stiebeuel kry nie. Die perd het in die rondte bly hardloop en die Engelse het haar van die res afgesny.
Haar broer Gideon het sy lewe gewaag deur terug te jaag. Hy het na haar perd se stang gegryp, maar dit was te laat en hulle is gevang. Gideon is as banneling na IndiŽ gestuur. Twee ander broers is ook gevang. Net broer Attie en die veldkornet het weggekom.
Sy het later uitgevind genl. Hamilton het opdrag gegee dat nie op vroue geskiet mag word nie. Hy het egter sy manne aangemoedig om vir Ella en Sarah te vang.
Kapt. Fletcher Vane was die bevelvoerder toe Ella gevang is. Hy het 'n goedtoegeruste verewa met 'n verebed daarin tot haar beskikking gestel en deur donkies na Springfontein laat trek. Sy is met groot respek behandel. Die eerste aand het hulle vir haar vetkoek gebring.
Voordat hulle by die Springfontein-kamp aangekom het, het een van die offisiere, Dowling, haar gevra of sy nie op pragtige wit perd die kamp wou inry nie.
"Nee, dankie, ek ry nie op 'n Engelse perd nie,'' was haar antwoord.
Vane skryf in sy boek Pax Brittanica in South Africa dit het 'n goeie indruk op hom gemaak. Hy het haar self by haar ma besorg en gesÍ hy het die voŽltjie teruggebring wat weggevlieg het. Haar ma het hom bedank, want sy was al die maande bekommerd oor haar veiligheid.
Vane het Ella later in die kamp besoek nŠ die oorlog die medalje wat hy vir dapperheid gekry het, aan haar gaan gee. Dit is nog in haar seun, Sarel, se besit in Trompsburg.
Terug in Brittanje het Vane aan Ella geskryf, sy foto ingesluit en een van haar gevra. Sy het 'n foto wat haar aanneming as kerklidmaat geneem is, gestuur. Vir 'n paar jaar daarna het sy elke Kersfees 'n kaartjie van hom gekry.
Vane, wat later ambassadeur in ItaliŽ was, vertel in sy boek van toe hy vir Ella gevang het.
Hy skryf hulle het van 'n koppie af gesien hoe 'n paar ruiters in dieselfde rigting waarvandaan hulle gekom het. Hy en 20 man het hulle bestorm. By 'n hek het 'n jong seun (Attie) se perd gestruikel. Hy het afgeval en sy hande as teken van oorgawe opgesteek. Hy het die hek vir hulle oopgemaak, hulle laat deurry, die hek toegemaak, vinnig op sy perd gespring en saam met 'n ander Boer ontsnap. Vane het toe 'n "fair prisoner'' (Ella) en ander gevang.

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 11:28
Generaal Piet Cronje word Sirkusgeneraal.

Gedurende die Tweede Vryheidsoorlog was Cronje meestal in beheer van die westelike oorlogsverhoog. Hy het die beleŽring van Kimberley en Mafeking van stapel gestuur. By Mafeking het hy die dorp met 'n mag wat tussen 2 000 en 6 000 gewissel het teen 1 200 gewone troepe en militia onder bevel van Kolonel Robert Baden-Powell beleŽr. By die Slag van Magersfontein vroeg in Desember 1899 het hy die aanval op sy posisie suksesvol afgeweer en sodoende die noordwaartse vooruitgang van die Britse kolom vir twee maande gestuit.

In Februarie 1900 weerstaan hy Lord Roberts se mag by Magersfontein maar kon nie daarin slaag om die bevryding van Kimberley te verhoed nie en moes hy terugval tot naby Paardeberg waar hy na 'n hardnekkige stryd moes oorgee. Na sy oorgawe met 4 000 man op 27 Februarie 1900 is hy as krygsgevangene in hegtenis geneem en na Sint Helena gestuur waar hy gebly het tot met die voltooiing van vredesamesprekinge in 1902. Met die oorgawe het byna 'n kwart van die Boeremagte in Britse hande geval en Cronje is veroordeel vir oordeel wat gelei het tot die nederlaag.

In 1904 het die sirkuspersoonlikheid, Frank Fillis, Cronje gewerf om na Amerika te reis as deel van die sogenaamde Boereoorlogsirkus (Engels: Boer War Circus). In 'n opvoering wat deur twee-miljoen mense by die World's Fair in Sint Louis gesien is het Cronjť opgetree in vertonings oor beroemde veldslae van die Boereoorlog insluitend sy oorgawe by Paardeberg. In wat 'n treurige einde aan sy loopbaan was, het Suid-Afrikaanse koerante hom die teen die einde van die World's Fair die sirkusgeneraal genoem en het hy na Coney Island gegaan waar hy in nog 'n skouspel tentoongestel is, eerder as om terug te kom na Suid-Afrika

Boertjie Phillip
24 Nov 2012, 11:50
Die Joiner en die Generaal. Verdien die miskende Piet de Wet wel die eer of bly hy 'n Joiner.

CHRISTIAAN RUDOLF en Pieter DaniŽl de Wet se ouers was jong Voortrekkers wat hulle in die Vrystaat gaan vestig het. Christiaan is in 1854 gebore en Piet in 1861.

Christiaan en Piet het grootgeword op die plaas Nieuwejaarsfontein in die distrik wat later na Christiaan genoem is: Dewetsdorp. Hulle was na aan mekaar: hulle het in 1879 saam buite Heidelberg (Transvaal) geboer en in dieselfde kommando in die Eerste Vryheidsoorlog geveg. Hulle was deel van die glorieryke oorwinning oor die magte van genl. George Colley by Amajuba op 27 Februarie 1881. Na die oorlog is die twee terug Vrystaat toe: Christiaan na 'n plaas buite Heilbron en Piet na die Lindley-distrik. Albei is tot Volksraadslede verkies.

Toe die Tweede Vryheidsoorlog in Oktober 1899 uitbreek, het die twee broers hulle geesdriftig by die Boeremagte aangesluit: Piet as lid van die Lindley-kommando en Christiaan as lid van die Heilbron-kommando. Die twee het saam aan die Slag van Nicholsonsnek deelgeneem en 850 Britse soldate gevange geneem. Die Vrystaatse president, M.T. Steyn, was so beÔndruk met Christiaan se leierskap dat hy hom in Desember 1899 as veggeneraal onder genl. P.A. Cronje aangestel het.

Piet het hom ook as 'n formidabele leier en strateeg onderskei, veral gedurende die beleg van Ladismith en die bevryding van Vaalkop op 16 Desember 1899. 'n Paar dae na sy broer se aanstelling het hy ook 'n generaal geword: die hoofkommandant van die suidelike front. Hy was 39.
GEDURENDE die eerste fases van die oorlog het hy groot naam gemaak en verskeie kere operasies saam met die befaamde genl. Koos de la Rey uitgevoer. In Mei 1900 het sy magte byna vyfhonderd man van die Imperial Yeomanry gevange geneem, 'n gevoelige slag vir die Britte. Die twee broers het in Maart en April 1900 saam suksesse by Abrahamskraal, Sannaspost en Dewetsdorp behaal. Christiaan het hom mettertyd op meer onkonvensionele oorlogvoering toegespits en word steeds as een van die vaders van guerrilla-oorlogvoering beskou.

Maar teen die middel van 1900, na kwaai terugslae vir die Boeremagte, het Piet de Wet begin besef die Boeremagte sou nooit teen die Britse oormag met sy moderne wapentuig en logistieke steun kon wen nie.

In Junie het Piet met lord Methuen op 'n skietstilstand van ses dae ooreengekom. Christiaan het dadelik 'n vergadering van sy senior offisiere belÍ om die ooreenkoms te bespreek. Die twee broers het die eerste keer in die openbaar verskil en op mekaar geskree. Piet het Christiaan daarvan beskuldig dat hy die burgers mislei deur te se hulp uit Europa was op pad. Volgens die weergawe van een van die offisiere, H.G. de Wet, het Piet gesÍ dit was tyd om die oorlog te staak omdat dit die land sou rus neer en vroue en kinders oneindig sou swaarkry. Christiaan het sy humeur verloor en sy broer gevloek.

VIR Piet was die laaste strooi toe hy en die legendariese Danie Theron op 19 Julie voor die magte van genl. R.G. Broadwood moes vlug. Die volgende dag het hy Christiaan naby Lindley ontmoet en by hom gepleit om vrede te oorweeg. Christiaan se enigste reaksie was om vir hom te skree: "Ben jij gek?"

Op 26 Julie 1900 het Piet hom op Kroonstad aan 'n Britse offisier oorgegee. Die voortsetting van die oorlog was net op emosie en sentiment -- "the curse of my race"-- gegrond, het hy gesÍ. Toe Christiaan van sy broer se daad hoor, het hy aan genl. C.C.J. Badenhorst gesÍ: "Had hem liever doodgeschoten."

'n Paar maande later het Piet die Burgersvredeskomitee van die Vrystaat gestig. Getrou aan sy woord dat hy die wapen neergelÍ het in belang van die gewone burgerlikes van die Vrystaat, het hy herhaaldelik by die Britse bevelvoerders beswaar gaan maak teen die manier waarop die Britte die Boerevroue en -kinders behandel het.

Op 11 Januarie 1901 het Piet 'n ope brief aan sy broer geskryf wat in die Bloemfontein Post geplaas is. Dit is as 'n klein boekie deur die Argus-maatskappy uitgegee -- ek het 'n oorspronklike weergawe daarvan in die Kaapstadse Nasionale Biblioteek raakgeloop. Die titel is Broeder tot Broeder. Een prijzenswaardige Brief. Een smeekstem tot De Wet. De Wet's verantwoordelikheid.

Die brief begin met "Waarde Broeder" en lui onder meer: "Ik heb gehoord dat gij zeer vertoornd op mij zat en dat, indien gij mij vind, gij mij zult dooden. God verhoede dat gij de gelegentheid zoudt hebben nog meer onschuldig bloed te vergieten. Genoeg is alreeds vergoten."

Hy skryf dat hy sy plig teenoor die oorlogspoging gedoen het en nie op 'n onverskillige manier sy wapens neergelÍ het nie, maar eers nadat hy die president self versoek het om die oorlog te staak en toe sonder om sy manskappe saam te vat. Hy het weer daarop gewys dat die hulp uit Europa wat Christiaan en ander so graag aan hul manskappe beloof het, 'n hersenskim en 'n stuk bedrog was.

"Ik bid u wederom zet al Uw opgezweept gevoel ter zijde en gebruik voor een oogenblik Uw gezond verstand, zij zult dan met mij instemmen dat het beste dat de bevolking van ons land kan doen is in te geven, lojaal te zijn aan het niewe Goevernement, te trachten om verantwoordelijk Goevernement te krijgen -zoodra de finantiele toestand het toelaat -- gelijk aan die Kaapkolonie en Natal, en zodoende het land zelf te regeeren, onze kinderen behoorlik geduceerd te zien en ons volk as volk te redden voor de toekomst van Zuid-Afrika.

"Aan de anderen kant: indien den oorlog een paar maanden langer duurt zal ons volk zoo arm zijn - als een groot gedeelte reeds is - dat het tot werkenden stand van het land zal vervallen en in dat geval als een Natie verdwijnen zal."

IN Junie 1901 het Piet de Wet die hensopper Piet de Wet die joiner geword toe hy en sy vredeskomitee as verkenners en gidse vir die Britte begin optree het. In 1902 het sy organisasie formeel die Orange River Colony Volunteers geword. Piet se mede bevelvoerder was Stephanus Vilonel, ook 'n senior Boere-offisier. Op 11 Januarie 1901 skryf Vilonel aan pres. Steyn: "Ek het die algemene verloop van die oorlog deeglik gevolg en ek het tot op hierdie oomblik niks gesien wat 'n voortsetting van die oorlog regverdig nie."

In Transvaal is die National Scouts met 'n soortgelyke doel gestig. Een van die Scouts se leiers was genl. Andries Cronje, broer van genl. Piet Cronje. Teen die einde van 1902 het Piet en Christiaan mekaar in die Grand Hotel op Kroonstad raakgeloop. Hulle het op mekaar begin skree en as hulle nie vasgehou was nie, sou hulle mekaar met die vuis getakel het. Die joiners is lank nie die einde van die oorlog op 31 Mei 1902 steeds met 'n passie gehaat.

Christiaan de Wet het 'n Bittereinder gebly: hy was een van die leiers van die 1914-Rebellie en is in November daardie jaar gevang. Na net ses maande in die tronk is hy vrygelaat. Hy is op 23 Februarie 1922 dood en is aan die voet van die Vrouemonument in Bloemfontein begrawe. Piet de Wet is sewe jaar later in 'n klein huisie op Lindley dood. Sy boedel was net vyfhonderd pond werd -teenoor Christiaan se boedel van meer as drieduisend pond. Die twee het nooit versoen nie.
PIET de Wet word vandag nog in Afrikanergeledere as 'n verraaier beskou. Min het ooit probeer besin oor die geldigheid van sy argumente soos hy dit laat in 1900 geformuleer het. Dit was inderdaad toe duidelik onmoontlik vir die Boererepublieke om die Britse oorlogmasjien te verslaan. As die Boere toe vrede beding het, sou die Britte nooit hul verskriklike verskroeide-aardebeleid uitgevoer het nie. Afrikaners (en Suid-Afrika) sou nie so verwoes gelaat gewees het nie.

Boertjie Phillip
26 Nov 2012, 17:38
Die Russiese Boere Generaal.

Sowat 250 Russiese vrywilligers het aan die Boere se kant aan die Anglo-Boereoorlog deelgeneem. Die mees merkwaardige figuur onder hulle was kolonel Yevgenij Maximov. Hy was 'n afgetrede offisier in the Russiese leer and het na Suid-Afrika gekom toe hy 51 jaar oud was.

Die Franse kolonel De Villebois-Mareuil, bevelvoerder van die Europese Legioen, het hom as sy adjunk aangestel. Na Villebois se dood het Maximov bevelvoerder van die Legioen geword -'n posisie wat hy om verskeie redes nie lank beklee het nie. Nogtans was hy vir 'n wyle bevelvoerder van een van die grootste, bes opgeleide en mees gedissiplineerde buitelandse afdelings in die land.

In Mei 1900 is hy tot die rang van veggeneraal bevorder. As 'n uiters dapper persoon wat deur politieke visie geÔnspireer is, het Maximov met verskeie beroemde Boereleiers bevriend geraak en selfs as raadgewer vir die presidente van die Boererepublieke opgetree. Verskeie boeke is al oor Villebois-Mareuil geskryf, maar weinig oor Maximov. Hy word bloot in sommige Suid-Afrikaanse publikasies oor die oorlog vermeld, en in Rusland is hy feitlik vergete. Die outeurs van hierdie artikel het in St. Pietersburg op sy persoonlike argief afgekom. Sy Suid-Afrikaanse dagboek, 'n brief van president Kruger, instruksies van Villebois-Mareuil en ander onbekende dokumente van die Anglo-Boereoorlog maak 'n prominente gedeelte van die argief uit. In hierdie artikel bespreek die outers hulle bevindinge en die gebeure rakende Maximov se deelname aan die Anglo-Boereoorlog.

Henry
26 Nov 2012, 18:36
Prysenswaardige draad.

Broertjie Flip, ek hoop jy gaan hierdie draad mettertyd as 'n boek publiseer, al is dit net 'n e-boek.

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 10:45
Ingvald SchrÝder-Nielsen, ’n Noorse vrywilliger.

En hier is nog ’n kostelike verhaal: die herinneringe van Ingvald SchrÝder-Nielsen, ’n Noorse vrywilliger by genl. Koos de la Rey se Wes-Transvaalse kommando’s in die guerrillafase en later ’n krygsgevangene op die Bermuda-eilande.

Toe hy in Oktober 1901 as krygsgevangene geneem is, is Nielsen se dagboek gekonfiskeer.

Sy herinneringe het toe eers in 1925 in Noors verskyn. Cornelis de Jong het ’n Afrikaanse weergawe daarvan met ’n beperkte oplaag in 1987 gepubliseer. Nou het ’n netjiese Engelse vertaling verskyn.

Die 28-jarige Nielsen, wat sedert 1898 ’n landmeter in Wes-Transvaal was, het met die uitbreek van die ABO met sy werk voortgegaan.

Toe die guerrillafase van die oorlog hom in sy kontrei kom tuismaak en ’n Britse patrollie sy huis plunder, het hy, oortuig van die regverdigheid van die Boeresaak, by genl. De la Rey se magte aangesluit.

Van die belangrikste veldslae waaraan hy deelgeneem het, is Tafelkop, Vlakfontein en Moedwil.

Nielsen lewer vir ons ’n buitengewoon waardevolle aanvulling tot die herinneringe van J.F. Naudť, Dietlof van Warmelo, die Switser Max Weber, asook Koos de la Rey en sy vrou, Nonnie, in Wes-Transvaal.

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 12:09
Prysenswaardige draad.

Broertjie Flip, ek hoop jy gaan hierdie draad mettertyd as 'n boek publiseer, al is dit net 'n e-boek.

Dankie Henry, maar hierdie is nie verhale en stories wat ek uit my duim suig nie. Al hierdie is feite en ware gebeurtenisse wat opgeteken is in ons Roemryke Geskiedenis.

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 16:19
Die lewe in die LOOPGRAWE.

DIE Boere het aan die begin hoofsaaklik 'n defensiewe oorlog gevoer, wat beteken
dat hulle weke lank in gekomoefleerde loopgrawe was. Snerpende nagte, snikhete
somerdae.
ReŽn het die ontberings vererger, en aan die Natalse front het die buitengewoo
nat somer van 1899-1900 die Boere tot die uiterste beproef.
By Colenso het hulle nŠ stortreŽns knidiep in die water gestaan: die grond was
deurweek, die komberse sopnat, klere en skoene verrot van die water en tente en
ander beskuttings myle ver.
Alles was deurweek: geweer, patrone, sout, koffie en brood. Kans vir vuurmaak
was daar nie.
Die vrees en ontspanning voor 'n geveg het grootliks verdwyn. Een burger het dit
so onthou: "Weg is die spanning, die verskriklike vrees wat my netnou nog
omklem het. Doodkalm soek ek nou my man uit, een vir een."

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 16:32
Anglo - Boereoorlog.
Krygsgevangene ; Lodevicus Johannes Combrinck.
Krygsgevange nommer 26874

Gevangeneming te Bosmanshoek op 13 Desember 1901.

Lodevicus Johannes Combrinck, gebore op 30 September 1874 en van die plaas Groenvlei, Bethlehem, het onder genl. Ben Viljoen en sy kommando geveg, m.a.w. die Bethlehemse kommando. Hy is op 13 Desember 1901 as 27 jarige krygsgevange geneem te Bosmanshoek, Transvaal. (Kyk na die spelling, want daar bestaan verwarring.) Die presiese plek van gevangeneming word deur die ABO museum as Bosmanshoek gegee en die datum word as korrek sertifiseer.

Volgens die ABO museum se Elria Wessels, was diť Vrystaat kommando van Genl Viljoen nie veronderstel om in Transvaal te wees nie, omdat die kommando`s tot hul eie gebied beperk was. Daarom is Lodevicus Johannes Combrinck nie saam met genl. Viljoen gevang nie. As ons na die kronologiese volgorde van gebeure gedurende die ABO kyk, kom geen ander voorvalle of skermutselings in die Transvaal voor op 13 Desember 1901, behalwe op Korannafontein, wat myle vÍr daarvan verwyder is. Meeste van die persone wat by Witkrans gevange geneem is, was van die Boksburgse en Elandsfonteinse kommando afkomstig.

Lodevicus Johannes Combrinck se krygsgevangeneming word as `n geisoleerde geval beskou. Wat het `n Vrystater op daardie staduim in die Transvaal gesoek ?. Was hy `n patrollie-ryer, rapportryer of het hy vir genl. Viljoen gaan spioneer ?. Was hy dalk oppad na `n siek moeder/vader ?. Ons sal nie weet tensy die familie iets van sy militÍre diens gedurende die ABO weet nie.

Daar bestaan geen ilnigting oor presies hoe hy na St Helena geneem is. Die mees waarskynlikste is dat hul na die naaste spoorwegstasie geneem (Moes loop nadat hul van alle waardevolle artikels/wapens ens gestroop is) is as groep krygsgevangenes, in oop beestrokke gelaai is en per trein na Kaapstad / Simonstad geneem is om in die Bellevue Kamp in Simonstad of in die Groenpunt Kamp in Kaapstad aangehou te word. Die kampe was slegs deurgangskampe. (Die gevaar was te groot van ontsetting deur die beweeglike De Wet en sy kommando daarom is die meeste krygsgevangenes buite Suid-Afrika aangehou.)

Daar bestaan geen inligting van watter krygsgevangene is met watter skip na St Helena agv die swak dokumentasie van die Engelse. Ons weet wel die SS Milwaukee het op 3 April 1900 na St Helena gevaar en op 11 April 1900 arriveer in St Jamestown met 514 KGV`s, meeste wat gevang is in die slag van Elandslaagte.(Voor Lodevicus Johannes Combrinck se gevangeneming !) Datums is onseker maar daarna het die SS Bavarian arriveer met 1100 KGv`s, die Orient met 1050, die Mongolian met 600, die Bavarian met `n verdere 1400, die Victoria met 199, weer die Orient op 21 Januarie 1902 met 600 KGV`s. (Ek vermoed Lodevicus Johannes Combrinck was onder die laaste groep van die Orient. Gevang 13/12/1901 - arriveer 21/01/1902. Reis van Kaapstad na St Helena per skip was Ī 8 dae. )

St Jamestown is die enigste hawe en groterige dorpie op die eiland, dus moes alles in en weg van die eiland deur die dorpie gaan. Boere krygsgevangenes moes per voet stap na die kampe, nl Broadbottom, Deadwood 1, Deadwood 2 (Pro Britse kamp.), Fort High Knoll (Strafkamp), Jamestown (Paroolkamp), RAMC (Hospitaal). Weereens is swak rekord gehou en weet ons nie presies wie is waar aangehou. In Deadwood 1&2 en Broadbottom alleen was Ī 5000 krygsgevangenes. Hiervan was die meeste (4000) burgers wat saam met genl. Cronje by Paardeberg oorgegee het. Genl Cronje en sy eggenote is egter net buite die kamp in `n kleinerige huisie gehuisves.

Die lewe op die eiland was aansienlik beter as in ander kampe bv. Diyatalawa in IndiŽ. Ons weet ook nie veel van indiwidue, behalwe uit dagboeke, foto`s en vertellinge wat behoue gebly het. Ook in die kamp het die KGV`s hul tyd verwyl met die maak van handgemaakte artikels uit been/plaat ens. Hul inisiatief en kreatiwiteit het die Engelse verstom. Daar is gereeld kerk en bidure gehou. Daar was selfs debatsvereenigings, toneelgroepe . Selfs sport is gereeld beoefen. Die eiland huisves uiteindelik ongeveer 5126 krygsgevangenes.

Op St Helena sterf uiteindelik 171 krygsgevangenes. VÍr van hul geboorteland, om nooit weer die wuiwende grasvlaktes te sien, die stem van `n geliefde of die roep van `n visarend te hoor nie. (Toevallig is die oudste 2 KGV`s wat tot sterwe in die KGV` kampe in die vreemde gekom het, altwee as 74 jariges begrawe op St Helena. Een van die 2 is 19 dae na vredesluiting oorlede.)

Met vredesluiting moes die KGV`s die eed van getrouheid aan Engeland en Eduard die 7de aflÍ. ReŽlings vir die KGV`s se terugkeer was `n lang uitgerekte proses vol administratiewe rompslomp. Die wat reeds die eed van getrouheid afgelÍ het, het voorkeur bo die res geniet. Lodevicus Johannes Combrinck se terugkeer na Suid-Afrika kan ook nie presies bepaal word nie, agv swak boekhouding. Ons weet wel die volgende skepe het St Helena op diť datums verlaat na Kaapstad en Simonstad. Op watter skip hy was weet ons egter nie. Die Kirkfield op 07/07/1902 met 11, die Abaka op 01/08/1902 met 20, die Avondale Castle op ??/08/1902 met 20, die Tagus op 21/08/1902 met 994 kgv`s insluitende genl Cronje en sy vrou, die Canada op 21/08/1902 met 984, die Malta op 30/08/1902 met 990, die Goorkha op 18/09/1902 met 12, die Orotava op 02/10/1902 met 990, die Braemer Castle op 02/10/1902 met 2 en laastens die Goloconda op 21/10/1902 met ongeveer 600 krygsgevangenes. (Die res is onseker oor hoe hul terug gekeer het.)

Vanaf Kaapstad en Simonstad is hul weer per trein terug na die naaste dorp aan hul huis/plaas gestuur. Hier moes hul verder na hul families/gesinne in die konsentrasiekampe gaan soek. (Die naaste konsentrasiekampe aan Bethlehem was Harrismith/Kroonstad/Winburg/Heilbron.) In die konsentrasiekampe het hul eers van die lyding van die vroue en kinders verneem. Daar was feitlik nie een gesin wat nie iemand aan die dood afgestaan het nie. Soms is hele gesinne uitgewis.

Terug op die plaas was alles verwoes agv Lord Kitchener se "Verskroeide aarde"-beleid. Geen vee, gesaaides of woonhuis. Met die tipiese Boeretrots, wat eg is aan ons nasie, is die land weer uit die puin en as opgebou.

Lodevicus Johannes Combrinck het die Anglo-Boereoorlog en die krygsgevangekamp op St Helena oorleef sodat sy nasate vandag met reg trots op hom kan wees.


Gevolgtrekking ; Krygsgevange nr 26874, Lodevicus Johannes Combrinck se gevangeneming te Bosmanshoek op 13/12/1901 kan nie met sekerheid bepaal word nie. Geen amptelike bronne maak melding van die gevangeneming nie. Hoekom die kommando van genl. Piet Viljoen by Witkrans gevange geneem is deur Bruce Hamilton en Lodevicus Johannes Combrinck by Bosmanshoek gevange geneem is, is onbekend. Volgens amptelike bronne en kronologiese gebeure van die ABO was daar op 13/12/1901 slegs skermutselings tussen Boer en Brit te Korrannafontein.

Ons kan dus met reg aanvaar dat "Times History vol V" reg is, aangesien die ABO museum dieselfde inskrywing op hul databasisse het. Wat egter die presiese situasie was, is onbekend, aangesien sy krygsgevangeneming `n geisoleerde geval blyk te wees omdat die res van die kommando by Witkrans gevange geneem is.

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 16:39
Geskiet 4 dae nŠ hy gevang is.

Josef Johannes (Jopie) Fourie is op 27 Augustus 1878 in die distrik Pretoria gebore.

Tydens die mislukte Jameson-inval – ’n belangrike voorteken van die dreigende Boereoorlog wat in 1899 sou uitbreek – het die 17-jarige Jopie onder kommandant Piet Roos gedien. Hy het ’n sentrale rol in dr. Leander Starr Jameson se oorgawe gespeel toe hy op ’n perd met ’n wit vlag na Jameson se stellings gery het om ’n brief aan hom te oorhandig.

Tydens die Anglo-Boereoorlog was hy ’n verkenner en rapportryer en is hy noord van Pretoria gewond en gevange geneem.

NŠ die oorlog het hy by die Burgermag aangesluit en met die uitbreek van die Eerste WÍreldoorlog het hy hom by rebelle geskaar wat kapsie gemaak het teen die eerste minister, Louis Botha, en sy kabinet se besluit om Duits*wes-Afrika binne te val om die Britse oorlogspoging te steun.

Fourie, ’n kaptein in die 13de Berede Skutters, het hom by die rebelle aangesluit sonder om uit die weermag te bedank of sy rang neer te lÍ en is op 16 Desember 1914 saam met sy jonger broer, Johannes Petrus Fourie, en 43 ander rebelle naby Rustenburg gevange geneem. ’n Veldkrygshof het hom skuldig bevind aan hoogverraad.

Verskeie Afrikanerleiers, onder wie genl. Piet Joubert se weduwee, het daarna alles in die stryd gewerp om sy lewe te red. Genl. Jan Smuts, die destydse minister van verdediging, het egter geweier om enige van die pleitbesorgers te woord te staan.

Op Saterdag 19 Desember 1914 is Fourie in kennis gestel dat hy teen sonsopkoms die volgende dag voor ’n vuurpeloton sou sterf. Hy is daarna na die Pretoriase gevangenis gebring, waar hy die nag deurgebring het deur te bid en briewe te skryf aan sy vrou, familie, genl. Louis Botha en sy volk.

Een van diť aan sy vrou lui soos volg: “Aan my dierbare vrou, Susanna Fourie, van haar ou Jopie. Vertrou op die Here, van ganse harte! God sal met ons wees tot ons mekaar weer sien, geliefde!”

Die vonnis is om 04:45 die volgende oggend voltrek. Hy was die enigste van die rebelle wat tereggestel is.

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 16:50
Leon Petrovsky.

Leon “Bietjie” Petrovsky, byvoorbeeld: “Hy was ’n Rus van Warskou wat saam met die Boere baklei het. Hulle het hom ‘Bietjie’ genoem, want hy kon nie ‘Boertjie’ sÍ nie. Toe het hy goed gesÍ soos ‘ek jammer vir Bietjie’ en ‘ek help die Bietjie’ in plaas van ‘Boertjie’.

“Hy is geskiet op 25 Desember 1900 toe hy ’n trein wou kaap by Wasbank in Natal. Daarna is hy deur mev. Gezina Uys, die vrou van Vaalpiet Uys, versorg. Hy’s dood op die plaas Uitzoek, en later is sy oorskot by die kerk in Utrecht, Natal, begrawe. Hier sien jy ’n inkomende brief van Rusland aan hom te velde.


Wata Te Wahahuia (John Walter Callaway)

’n Maori-kryger wat saam met ’n Nieu-Seelandse regiment aan die ABO deelgeneem het. Wahahuia kan as ’n voorloper van die gevreesde All Black beskou word, want in ’n brief van 19 November 1899 gee hy te kenne dat hy die Maori-oorlogskreet gekomponeer het wat later as die haka bekend sou staan. By sy aankoms in Kaapstad op 23 November 1899 het hy diť haka die eerste keer op Suid- Afrikaanse bodem uitgevoer. Alle toeskouers het hulle glo boeglam geskrik.

Wahahuia is op 22 Julie 1901 in ’n skermutseling naby Lindequesdrif gewond en teruggestuur huis toe, waar hy later die eerste Maori-offisier in die Nieu-Seelandse weermag geword het.

Boertjie Phillip
27 Nov 2012, 17:38
Pastorale sorg aan oorlogsballinge: Petrus Postma se werk in Ceylon.

Petrus Postma het waardevolle en gewaardeerde pastorale sorg gedurende die Anglo-
Boereoorlog in die Diyatalawa-kamp in Ceylon gelewer. Hy was die seun van die eerste
predikant en eerste teologiese professor van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika,
Dirk Postma. Hy was predikant van die Gereformeerde Kerk in Pretoria toe die Anglo-
Boereoorlog uitbreek. President Paul Kruger was lidmaat van hierdie gemeente en
Postma se verbintenis met hom was waarskynlik die rede waarom hy na die Diyatalawakamp
in Ceylon verban is.

Die oorlog het Postma se benadering tot pastorale bediening
ingrypend beÔnvloed. Hierdie artikel wil aantoon hoe ingrypend hierdie invloed was deur
briewe, kerkraadsnotules, oorlogsdagboeke, preke en ander relevante bronne te
raadpleeg. Sy pastorale sorg in die kamp het egter nŠ sewe maande feitlik tot stilstand
gekom toe sy vrou by hom aangesluit en hy parool gekry het om elders te gaan woon.

Die rede hiervoor word ondersoek.??

Selfs as in ag geneem word dat Postma nŠ sy vertrek uit die Diyatalawa-kamp steeds met
pastorale werk elders voortgegaan het, is daar tog ʼn vraagteken oor die redes waarom hy nŠ Maart
1901 so min aandag aan die Gereformeerdes in die Diyatalawa-kamp gegee het. Sy vrou en suster se
koms na Ceylon het klaarblyklik vir hom die geleentheid gebied om die spanning te ontvlug wat daar
mettertyd in die kamp tussen die Gereformeerdes en lidmate van die ander kerke ontstaan het. Hierdie
optrede van hom herinner sterk aan sy ontvlugtings aan bepaalde omstandighede toe hy ’n jong man
was. Die opmerking in sy brief aan ds. Gispen van Amsterdam, dat hy met vrymoedigheid uit die
Diyatalawa-kamp kon gaan omdat daar nog twee predikante in die kamp was, oortuig nie.

Daar was ten minste 4 000 manne in die kamp wat groot eise aan twee predikante gestel het.
Die talle onbeantwoorde oproepe wat die Gereformeerdes in die kamp aan hom gerig het om meer betrokke
bediening tel ook nie in sy guns nie. Tog moet ’n mens toegee dat die deursneepersoon sekerlik die
kans sou aangegryp het om aan die kamplewe te ontsnap. Nietemin kry ’n mens besondere agting vir
die predikante wat self ontwortel was en tog in moeilike omstandighede pastorale sorg verleen het aan
manne wat in oorlogsomstandighede geestelik moes oorleef.

Boertjie Phillip
28 Nov 2012, 16:39
Nederlandse Taalmonument.

Die enigste Taalmonument in die wÍreld wat opgerig is ter ere van die Nederlandse taal, staan vandag in Burgersdorp, Suid Afrika. Hierdie monument is op 18 Januarie 1893 onthul en is 'n mylpaal in die geskiedemis van ons taal.

Na die anneksasie van die Kaap deur Engeland, is Nederlands uit die openbare lewe verdring. In 1828 het Engels die enigste amptelike taal aan die Kaapkolonie geword. Die Afrikaners het hulle egter voortdurend beywer vir die erkenning van Nederlands as amptelike taal in die Kaap (naas Engels). Hierdie stryd om erkenning van ons taal, is gewen. Op 9 Junie 1882 is 'n wetsvoorstel in die Kaapse parlement aanvaar, op aandrang van 'Onze' Jan Hofmeyr, waarin Nederlands as amptelike taal erken was.

Om hierdie oorwinning te vier, is daar op 26 en 27 Junie 1882 te Burgersdorp fees gevier. 'n Reuse steen van 5 meter lank is voor die NG kerk neergelÍ waarop Jotham Joubert gestaan en die feesrede gelewer het. Op die feesrede het hy Afrikaners opgeroep om saam te staan en toe te sien dat Nederlands ook erkenning moes kry in die geregshowe. Ook het hy die gedagte geopper om 'n taalmonument op te rig en geld begin insamel. Op 17 en 18 Januarie 1893 is hierdie pragtige monument onthul. Die monument bestaan uit 'n beeld van 'n vrou: Sy personifiseer ons moedertaal Nederlands. Die vrou wys met haar vinger na 'n boek (blad) en daarop staan:"De Overwinning der Hollandsche Taal". By die onthulling van die monument was daar honderde Afrikaners aanwesig. Onze Jan Hofmeyr en S.J. du Toit het nasionalistiese toesprake gelewer waar ons taal geprys was.

Die Engelse het hierdie monument afstootlik en verwerplik gevind. Tydens die Anglo-Boereoorlog is dit deur die Engelse vernietig. Die Engelse het beweer dat hulle die beeld fyngekap en in die see gegooi het. In werklikheid het hulle die beeld verniel in dit op die vullishoop van King William's Town gestort waar dit in 1939 ontdek was.

In 1907 het die Britse regering 'n replika laat maak van die beeld en is dit in Burgersdorp heropgerig. Nadat die vernielde beeld ontdek was, is dit ook na Burgersdorp geneem en agter die replika opgerig. Met Uniewording is Nederlands saam met Engels erken as die 2 amptelike tale van die Unie van Suid-Afrika.

Boertjie Phillip
28 Nov 2012, 17:11
Die rekords van 65.000 soldate wat gedood, gewond, gevang of vereer tydens die Boere-oorlog (Kakies)

Soldate wat geveg het in die Boere-oorlog van disenterie, tifus koors en selfs 'n krokodil aanval gesterf het, volgens rekords aanlyn gepubliseer is gister vir die eerste keer.

Besonderhede van die lot van 65.000 soldate, wat gedood, gewond of gevange geneem, kan ondersoek word op ancestry.co.uk. Die databasis het elke soldaat se naam, rang, regiment, en die datum en plek van die besering of dood, sowel as die besonderhede van die 78 soldate toegeken aan die Victoria Cross, die hoogste militÍre eer.

Altesaam, is 7582 Britse soldate gedood in aksie of van wonde gesterf het, terwyl 13.139 van die siekte gesterf het. 'N ander 40.000 is gewond.

Dan Jones, die internasionale inhoud direkteur van die webwerf, het gesÍ: "Hierdie rekords is 'n skerp herinnering van die gruweldade van 'n konflik wat dikwels verduister deur oorloŽ wat plaasgevind het nader aan die huis Hulle detail 'n donker en jammer tydperk van die geskiedenis nie, maar. een wat moet nooit vergeet word nie.

"Hierdie rekords sal wees van groot betekenis aan enigiemand probeer om meer uit te vind oor 'n voorouer of soldaat wat geveg het in die Tweede Vryheidsoorlog, veral as Britse soldate wat geveg het in die konflik sal nie verskyn in die 1901-Engeland en Wallis sensus omdat hulle gevegte in Suid- Afrika . "

Boertjie Phillip
28 Nov 2012, 17:57
Danie Theron, 'n prokureur van Krugersdorp, is op die 25 April 1899 skuldig bevind van aanranding. Propaganda of die waarheid.

Danie Theron, 'n prokureur van Krugersdorp, is op die 25 April 1899 skuldig bevind van aanranding op Mnr WF Monneypenny, die redakteur van The Star koerant, en 'n boete van £ 20. Monneypenny, wat slegs vir twee maande in Suid-Afrika, het 'n hoogs neerhalende hoofartikel teen die "onkundige Nederlandse" geskryf. Theron gepleit uiterste provokasie en sy boete betaal is deur sy ondersteuners in die hofsaal.

So begin die verhaal van een van die Anglo-Boere-oorlog se mees roemryke held.

Danie Theron, wat in die 1895 MmalebŰgŰ (Malaboch) Oorlog gedien het, was 'n ware patriot - glo in die regverdige en goddelike reg van die Boere om op te staan ​​teen die Britse inmenging: "Ons krag lÍ in die geregtigheid van ons saak en in ons vertroue hulp van bo "

Voor die uitbreek van die oorlog, Theron en 'n vriend, JP "Koos" Jooste (a fietsry kampioen), die Transvaalse regering gevra hulle kan hulle 'n fiets korps stig.
(Fietse is vir die eerste keer gebruik deur die Amerikaanse weermag in die Spaanse Oorlog, 1898, wanneer 'n 100 swart fietsryers onder die bevel van Lt James Moss was om oproer te beheer in Havana, Kuba.)

Dit was Theron se mening dat hulle fietse gebruik versending en vir verkenning en perde word gebruik in geveg. Ten einde om die nodige toestemming te verkry het Theron en Jooste die hoogs skepties burgers wat nie glo fietse was so goeie ding nie, het Theron en Jooste hulle probeer oortuig dat fietse dalk beter is as perde.

Op die ou ende het hulle 'n 75 kilometer-wedloop gereŽl vanaf Pretoria na die Krokodilrivier brug waar Jooste met sy fiets teen 'n ervare perd ruiter gewen het en daarmee het hulle kommandant-generaal Piet Joubert en President JPS Kruger oortuig dat die idee van fietse is goed saak.

Elk van die 108 rekrute aan die "Wielrijeders Rapportgangers Corps" (Cycle Dispatch Rider Corps) is voorsien met 'n fiets, kortbroek, 'n rewolwer en op spesiale geleentheid, 'n ligte geweer. Later het hulle verkykers, tente, bokseile en draad knippers ontvang. Theron se korps onderskei hulself in Natal en op die westelike front, en selfs voor die oorlog begin het inligting verskaf het oor Britse troepe bewegings buite die Transvaal se westelike grens.

Op die 24ste Desember Theron het gekla by die Proviand kommissie dat hulle erg verwaarloos word en eis beter lewensmiddele. Sy klagte was dat sy korps het wat beide versending ry en verkenning werk doen en dat hulle opgeroep word om teen die vyand te veg. Hy wou hulle beter lewensmiddele as droŽ brood, vleis en rys aan te bied. Die gevolg van hierdie pleidooi verdien Theron, die bynaam van "Kaptein Dik-eet" omdat hy goed gesorg het vir sy korps se mae!

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 09:20
Generaal Manie Maritz. Wat was sy ware motief oor 'n skietstaking oor rugby.

Op 28 April 1902 het genl. Manie Maritz, onder wie se bevel die Boeremagte daar was, ’n brief aan die Britse bevelvoerder in die dorp gestuur. In diť brief het Maritz die Britte tot ’n “voetbalwedstryd” uitgedaag.

Dit was 11 jaar nadat die Britse Leeus (die Iere is toe nog nie genooi om saam te toer nie) die eerste keer in Suid-Afrika kom toer het.

Dit was ook kort nadat genl. Jan Smuts uit die noordweste van die Kaap vertrek het om die vredesamesprekings in Transvaal by te woon wat tot die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902 sou lei.

Maritz het teenoor ene maj. Edwards, aan wie hy die brief geskryf het, onderneem daar sou van 12:00 tot sononder ’n skietstaking wees sodat die wedstryd gespeel kon word.

Kol. W.S. Shelton, die Britse bevelvoerder in Okiep, was ten gunste van sů ’n wedstryd, maar sy senior, ’n kol. H. Cooper, het van Steinkopf, van waar hy Britse magte probeer ontset het, toestemming geweier, skryf prof. Fransjohan Pretorius in sy gesaghebbende boek Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902).

Maritz sÍ nie in die brief of hy na rugby of sokker verwys nie, maar sy seun, die 84-jarige oud-stoeier Manie Maritz, het op sy plaas naby Brits aan Beeld gesÍ sy pa het na rugby verwys.

Pretorius verwys na Ben Bouwer se boek Memoirs waarin diť ook sÍ dit sou ’n rugbywedstryd wees. Bouwer glo die doel van die wedstryd sou wees om as afleiding te midde van die daaglikse gevegte te dien.

Tog het Robert de Kersauson de Pennendreff, wat die brief namens Maritz aan Edwards gaan aflewer en dagboek oor die oorlog gehou het, gemeen die wedstryd was deel van Maritz se taktiek om Okiep in te neem.

Hy het gemeen Maritz was van plan om – nadat die skietstaking geŽindig het – ’n trein gelaai met dinamiet die dorp te laat binnestoom.

Genl. Maritz, wat later ’n rebelle-leier geword het, is in 1940 in ’n motorongeluk in Pretoria dood.

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 17:29
HOUDING VAN GENL. LOUIS BOTHA.

In die donker uur toe dit gelyk het of alles
inmekaar gaan stort, was daar aan die front een
man wat nie moed verloor het nie, die 37jarige
genl. Louis Botha. Hy het die terrein noord van
die Tugela met 'n kennersoog opgeneem en
besluit dat daar nog 'n baie goeie verdedigings
linie tussen die Tugela en Ladysmith gele het
waar Buller se leer, hoe groot ook al, tog deur
die burgermag gestuit kon word - die "Kameel-
doringrante" soos hy dit genoem het. Dit het
bestaan uit 'n byna aaneenlopende rante ketting
wat van die Tugela af rondom die Rooirantjies of
Colenso koppies in 'n halfsirkel geloop en die
hele vlakte aan die Tugela vanaf Rooikop in die
ooste tot by Pietershoogte in die weste beheers
het. Enige leer wat die Tugela dus by Hlangwane
of by Colenso sou oorsteek, sou dus op 'n vlakte
teregkom wat aan alle kante deur 'n halfsirkel
aaneenlopende heuwels beheers was, en sou
sowel in die front as in die flanke beskiet kon
word.

Botha se waarnemings tydens sy verkenningstog
van die 19de het horn oortuig dat Buller nie
sonder ontsaglike moeite ten ooste van Hlang-
wane oor die Tugela met sy hele leer sou kon
kom nie en dus gedwonge sou wees om die
terrein binne te trek wat deur die heuwels
beheers was. Daar sou dit met sy leer sleg
afloop. As die vlugtende burgers net beweeg kon

word om die heuwels rondom die Tugela vlakte
te beset en hulle daar so deeglik as moontlik in te
grawe, kon Buller dus wel met groot verliese
teruggejaag word.

Terwyl die Kommandant-generaal sit en treur het
oor die "vreeslike groot" Britse kanonne en die
volslae hopeloosheid van die Boere posisie het
Botha horn die aand van die 20ste verras met 'n
telegram waarin hy meegedeel het dat hy in vaste
vertroue op die hulp en bystand van die
"Allemachtige" sou doen wat hy kon om die
nuwe linie te versterk en te handhaaf. Aan pres.
Kruger wat op die stadium onder die indruk
moes verkeer het dat alles met die Boere
naastenby gedaan was, het hy die versekering
gegee dat, as die burgers net in die nuwe
sterlings wou vasstaan en nie nogmaals sou
retireer nie, "wij met de hulp des Allerhoogsten
de vijand weder zullen kunnen terugslaan al
hebben zijn ook onze vorige posities." Met ander
woorde hy was vol moed dat hy horn nie alleen
in die nuwe stellings sou kon handhaaf nie maar
dat hy selfs die vyand uit sy ou stellings wat
Buller verower het, sou kon gaan verdryf. Die
burgers moes net vasstaan en hul plig doen.

Dit was by Louis Botha ook nie 'n saak van
ydele bluf of lee woorde nie. Hy was vas daarvan
oortuig dat Buller se oormag in die Kameel-
doringrante deur sy nietige burgermag gestuit en
teruggewerp kon word, en het alles in sy vermoe
gedoen om sy onwillige, gedemoraliseerde
burgers na die nuwe linie terug te dwing. Daar
moes hulle die diens volk help om loopgrawe uit
te haal op die plekke wat hy aangewys het. Die
maak van die loopgrawe was 'n uiters moeilike
taak want die grond was so hard en so klipperig
dat dit die grootste inspanning geverg het om die
koevoete daar in die aarde te laat indring; en die
werk moes vinnig gedoen word want die groot
Engelse krygsmag oorkant die rivier kon te
eniger tyd opruk en dan moes daar geveg word. 14

Afgesien van die broodnodige loopgrawe moes
daar ook nog die nodige geesdrif by die burgers
ingepomp word om hul nuwe linie kragdadig te
verdedig, want hulle was op die tydstip met net
een ambisie vervul en dit was om alles te laat
vaar en huis toe te vlug, na hul boerderye en
families. Louis Botha het dit geweet maar ook
dit het horn nie laat tou opgooi nie. Op en af
langs die linie van so wat 'n uur te perd lank het
hy gery, dag en nag, nie alleen om toesig oor die
maak van die loopgrawe te hou nie maar veral
om deur woord en voorbeeld sy mense te
inspireer wat dag en nag aan die loopgrawe moes
werk en bowendien ook nog te eniger tyd sonder
voorafgaande kennisgewing na die geweer sou
moes gryp om die kakies terug te skiet as hulle
sou opruk. Hy het sy burgers geken en geweet
wat om te se of te doen om die moedelose
manskappe weer met moed en daadkrag te
besiel. Op en af het hy gery om as instrument in
Gods hand 'n bron van hoop, vertroue en
geesdrif vir sy gedemoraliseerde burgers te wees,
wat mettertyd die koevoete al hoe geesdriftiger
in die harde, klipperige bodem laat wegsink het,
besiel met 'n nuwe vasberadenheid.

Hy was so besig met die taak dat die
Kommandant-generaal wat laat die middag van
die 20ste persoonlik van Ladysmith af by die
front aangekom het om die toestand persoonlik
te ondersoek, horn nie eers te spreek kon kry nie.
Toe die gryse ou Kommandant-generaal genl.
Botha teen 5 nm. telegrafies laat verwittig het dat
laasgenoemde horn moes kom spreek, het Botha
slegs kortaf geantwoord dat hy nie kon nie maar
teen die aand 'n rapport aan die Kommandant-
generaal sou stuur. I5 Hy het dit gedoen ten spyte
van die feit dat hy wis dat kmdt.-genl. Piet
Joubert oud en siek was en horn veel moeite
moes getroos om met kar en perde na die front te
kom. Hy was egter so besig om gedurende die
kort tydjie wat Buller horn sou vergun om horn
weer eens vir die verdediging in te rig, sy
burgers met moed te besiel en die nodige
defensiewe maatreels te tref dat hy geweier het
om 'n minuut te vermors, al wou hy self die
Kommandant-generaal baie graag spreek. Sy
houding en onblusbare ywer het so 'n diep
indruk op die Kommandant-generaal gemaak dat
laasgenoemde daardie aand om 8.30, na sy
terugkoms by Ladysmith, aan pres. Kruger
getelegrafeer het: "Ik wensch dat elke officier zo
deed, zoo werkte en zoo dacht."'

Botha se opofferings was dan ook nie tevergeefs
nie. Die moed het uiteindelik weer teruggekeer
maar baie stadig, en toe hy teen die aand van die
20ste doodmoeg by genl. Meyer se staanplek
aankom waar hy blykbaar ook sy eie hoof-
kwartier ingerig gehad het, kon hy nog nie
melding maak van selfs 'n bietjie groter
gewilligheid by die burgers om vas te trap en hul
erenaam as Boere te handhaaf nie. Die burgers
was soos 'n klomp onwillige honde, so bang dat
hulle eerder geneig was om hul baas te byt as om
die haas te jaag wat hulle moes vang. Vir Botha
was dit bitter. Hy het gedurende die dag met die
op- en afgaan langs die linie vaster as ooit
daarvan oortuig geraak dat die verdedigingslinie
wat hy daar in die Kameeldoringrante uitgestip-
pel het, 'n ideale stelling was en dat Buller met
sy oormag soldate, swaargeskut en al daar nie
sou kan deurbreek nie as die burgers net
oorgehaal kon word om vas te trap en die
ellendige neiging om weg te hol, wou laat vaar.

Hy het dan ook onmiddellik na sy aankoms by
genl. Meyer se staanplek om 7.55 nm. die
rapport aan die Kommandant-generaal gesein
wat hy die middag beloof het om aan horn te laat
toekom. Dit het as volg gelui:

"Spoed. Net te laat hier bij asst.-genl. Meyers
wagens aangekomen en dat spijt mij zeer daar
ik u persoonlijk had willen zien over de ernst
van zaken want onze menschen wankelen en
de officieren gaven mij heden weder kennis
dat zij hunne burgers niet in hunne posities
kunnen houden. Echter ben ik overtuigd dat
als de burgers slechts hun plicht willen doen,
de vijand nu zelfs nog met geen mogelijkheid
door kunnen breken. Ben persoonlijk heden
van positie tot positie gereden om alles na te
gaan en ik kan u nogmaals verzekeren dat ik
alles wat in mijn vermogen is, zal aanwenden
om zaken hier in orde te brengen en te houden
en dat ik vast zal blijven staan tot het uiterste,
vertrouwende op God den Heer en ons heilig
recht."

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 17:35
HOUDING VAN GENL. LOUIS BOTHA. Deel 2

Genl. Botha se voorstel vir 'n algehele terugtog

Die gekombineerde pogings van genl. Botha en
die Kommandant-generaal om die nuwe linie
beset te kry, was egter vrugteloos. Daardie aand
nadat Botha die boaangehaalde verslag aan die
Kommandant-generaal versend het, het die
offisiere, self ook reeds moedeloos na al die
gespook om die burgers te laat stelling neem,
afgeslof by genl. Louis Botha se tent opgedaag
en soos 'n klomp jobstroosters eenstemmig
verklaar dat hul burgers so moedeloos was dat
dit bykans onmoontlik was om iets met hulle uit
te rig. 'n Ruim persentasie van hul manskappe
het glo botweg geweier om in die linie stelling te
neem. Die res wat wel stelling geneem het, was
so halfhartig dat die offisiere daarvan oortuig
was dat hulle geen ernstige poging sou aanwend
om die Britse oormag te weerstaan nie. Hulle sou
vlug sodra die Engelse tot die aanval oorgaan.
Was dit nie beter om die feit nou maar eenmaal
te aanvaar, die beleg van Ladysmith maar te
staak en met die hele Boere mag in Natal die bes
verdedigbare stellings in die Biggarsberge of die
Drakensberge te gaan inneem om van daar die
Engelse leer die toegang tot die Republieke self
te probeer betwis nie?

Hoe lank genl. Botha met die offisiere geworstel
het om hulle tot 'n ander insig te bring en hulle
te beweeg om nog eens die burgers te probeer
oorhaal om in die Kameeldoringrante te gaan
stelling neem, van waar hy seker was dat hy
Buller se leer sou kon terugslaan as die burgers
net hul plig wou doen, is nie bekend nie. Dit was
egter moeite tevergeefs. Die offisiere het soveel
teenstand teen die gedagte gebied om in die linie
wat Botha uitgekies het, stelling te neem dat ook
genl. Botha naderhand daaraan gewanhoop het
om daardie linie met welslae te verdedig.
Trouens as 'n groot gedeelte van die klein Boere
leermag - baie klein in vergelyking met Buller se
oorweldigende oormag - nie eers stelling wou
neem nie en die wat wel stelling geneem het,
sommer op die vlug sou slaan as die Engelse
soldate in alle erns sou begin aanval soos sy
offisiere horn eenstemmig verseker het en soos
hy self ook geglo het dat baie sou doen, hoe
moes hy die linie dan verdedig? Dan was dit
beter om maar na die Transvaalse en Vrystaatse
oosgrens of na die Biggarsberge te retireer
voordat die Engelse sy klein leermag nogmaals
verdryf. Daar sou hy hopelik voldoende
geleentheid he om weer die nodige veglus en
waagmoed in sy gedemoraliseerde, oorlogsmoee
burgers in te pomp. Nog 'n neerlaag naby die
Tugela vanwee lafhartigheid aan die kant van sy
burgers sou immers die einde wees van alle
weer stand teen Buller se oormag.

Laat die aand - hoe laat is onbekend - het hy dus
besluit om die Kommandant-generaal wat met 'n
swak leermag - meestal voetgangers - die beleg
van Ladysmith gehandhaaf het, oor die aange-
leentheid te raadpleeg. Hy het dit gedoen in 'n
telegram van die volgende inhoud.

"Heb pas officieren ontmoet en zaken zijn
uiterst ernstig en ik vrees voor het ergste daar
de officieren mij zeggen dat zij een groot deel
hunner burgers niet in positie kunnen krijgen
en ik vrees dat de burgers niet in hunne
positie s zullen blijven. Is de tijd daarom nu
niet aangebroken om een radicale verandering
te maken in onze positie s al zouden wij
daardoor Ladysmith moeten prijs geven?
Raadpleeg de Regeering en ook de andere
officieren want wij mogen onze groote zaak
geen schipbreuk laten lijden." 18

Die telegram het die terneergedrukte kmdt.-genl.
Piet Joubert soos 'n uitklophou teen die kaak
getref en hy het dit onmiddellik, voor middernag
die 20ste, in kode aan pres. Kruger gesein,
sonder enige kommentaar hoegenaamd. '" Eers
die volgende oggend om 8.40 het die
telegram versend , bestaan daar menings verskil. Volgens die
Times History en dr. Bakkes is dit op 19 Feb. 1900
versend, en volgens prof. Barnard op 21 Feb. 1900. Die
oorspronklike telegram wat deur genl. Botha aan die
Kommandant-generaal versend is en waarop die datum
stempel en die uur van afsending en ontvangs verskyn, het
verlore gegaan, soos tremens ook die weergawe daarvan in
kodeskrif van die Kommandant-generaal aan pres. Kruger.
Al wat in die Argiewe berus, is 'n ontsyferde weergawe
van die teks van die kodetelegram van die Kommandant-
generaal aan pres. Kruger, waarin die volledige teks van
genl. Botha se telegram soos hierbo aangehaal, vervat is.
Hierdie ontsyferde afskrif - wat tussen pres. Kruger se
oorlogs telegramme in die S. P. Engelbrecht versameling
berus - is in die handskrif van R. J. H. Fortuyn, sekretaris
van die "Kabinet" (d.w.s. die afdeling "Geheime Dienst"
van die Staatsekretaris) maar ongelukkig kom daarop geen
datum voor nie. Skrywer is egter daarvan oortuig dat die
stuk voor middernag op 20 Feb. deur die Kommandant-
generaal ontvang en onmiddellik daarna - kort voor
middernag - deur laasgenoemde aan pres. Kruger
oorgesein is, aan wie dit gedurende die vroee oggendure
van die 21ste bestel is. Hy baseer sy gevolgtrekking nie
alleen op die gebeurtenisse wat kort daarna plaasgevind

Kommandant-generaal kommentaar op genl.
het en wat hierbo verder beskryf word nie maar ook op 'n
inskrywing in die Register van die Staatsekretaris
(Afdeling gemerk "Oorlog stukke", S.S. 8552) in wie se
kantoor alle telegramme en korrespondensie met
betrekking tot die oorlog in leers opgeberg is. Volgens die
inskrywing is daar 'n telegram "Re verandering van
positien", gedateer 20 Feb. 1900 en afkomstig van die
"Asst. Comm. Genl.", Ladysmith, op 26 Feb. 1900 deur
die Staatsekretaris ontvang en in leer no. R.5393/00x opge-
berg. Hierdie leer is blykens die Kontroleboek gevoeg by
leer no. R.498/00x - 'n leer vol oorlogs berigte uit Natal.
Skrywer het die betrokke leers en ook die leers van die
sekretaris van die Kabinet gefynkam, dog kon die betrokke
leer no. R.5393/00x waarin die betrokke kode telegram
geberg is, nie terugvind nie. Dit is klaarblyklik uit die
Argief van die Staatsekretaris verwyder, wanneer en deur
wie, is onbekend. Die rede waarom die telegram wat op 20
Feb. 1900 van die Trans vaalse telegraafkantoor by
Ladysmith (d.i. die Modderspruit se kantoor) versend is,
eers op 26 Feb. 1900 (volgens die Register) in die
Staatsekretaris se kantoor tereggekom het, is duidelik. Dit
is nl. regstreeks aan die Staatspresident gerig en is dus by
ontvangs by pres. Kruger se huis (of kantoor) bestel, waar
dit 'n paar dae bly le het vir afhandeling deur die President
persoonlik voor dit na die Staatsekretaris se kantoor vir
opberging gestuur is.

Botha se verpletterende telegram gelewer en wel
as volg:

"Ik heb goed gedacht telegram van Genl.
Botha aan UHEd. in code te zenden. Ik
wensch echter op te merken dat ik niet geheel
en al instem met dat telegram maar ik acht het
noodzakelijk dat er menschen opkomen
bijtijds om als het moet wezen Langsnek en
Drakensberg te beschermen want de paniek
kan verschrikkelijk wezen. Daarom is het
noodig elken man die gemist kan worden en
gevonden kan worden opteroepen van
Middelburg, Heidelberg, Pretoria en alle
middel distrikten van de Republiek." 20

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 17:35
HOUDING VAN GENL. LOUIS BOTHA. Deel 2

Genl. Botha se voorstel vir 'n algehele terugtog

Die gekombineerde pogings van genl. Botha en
die Kommandant-generaal om die nuwe linie
beset te kry, was egter vrugteloos. Daardie aand
nadat Botha die boaangehaalde verslag aan die
Kommandant-generaal versend het, het die
offisiere, self ook reeds moedeloos na al die
gespook om die burgers te laat stelling neem,
afgeslof by genl. Louis Botha se tent opgedaag
en soos 'n klomp jobstroosters eenstemmig
verklaar dat hul burgers so moedeloos was dat
dit bykans onmoontlik was om iets met hulle uit
te rig. 'n Ruim persentasie van hul manskappe
het glo botweg geweier om in die linie stelling te
neem. Die res wat wel stelling geneem het, was
so halfhartig dat die offisiere daarvan oortuig
was dat hulle geen ernstige poging sou aanwend
om die Britse oormag te weerstaan nie. Hulle sou
vlug sodra die Engelse tot die aanval oorgaan.
Was dit nie beter om die feit nou maar eenmaal
te aanvaar, die beleg van Ladysmith maar te
staak en met die hele Boere mag in Natal die bes
verdedigbare stellings in die Biggarsberge of die
Drakensberge te gaan inneem om van daar die
Engelse leer die toegang tot die Republieke self
te probeer betwis nie?

Hoe lank genl. Botha met die offisiere geworstel
het om hulle tot 'n ander insig te bring en hulle
te beweeg om nog eens die burgers te probeer
oorhaal om in die Kameeldoringrante te gaan
stelling neem, van waar hy seker was dat hy
Buller se leer sou kon terugslaan as die burgers
net hul plig wou doen, is nie bekend nie. Dit was
egter moeite tevergeefs. Die offisiere het soveel
teenstand teen die gedagte gebied om in die linie
wat Botha uitgekies het, stelling te neem dat ook
genl. Botha naderhand daaraan gewanhoop het
om daardie linie met welslae te verdedig.
Trouens as 'n groot gedeelte van die klein Boere
leermag - baie klein in vergelyking met Buller se
oorweldigende oormag - nie eers stelling wou
neem nie en die wat wel stelling geneem het,
sommer op die vlug sou slaan as die Engelse
soldate in alle erns sou begin aanval soos sy
offisiere horn eenstemmig verseker het en soos
hy self ook geglo het dat baie sou doen, hoe
moes hy die linie dan verdedig? Dan was dit
beter om maar na die Transvaalse en Vrystaatse
oosgrens of na die Biggarsberge te retireer
voordat die Engelse sy klein leermag nogmaals
verdryf. Daar sou hy hopelik voldoende
geleentheid he om weer die nodige veglus en
waagmoed in sy gedemoraliseerde, oorlogsmoee
burgers in te pomp. Nog 'n neerlaag naby die
Tugela vanwee lafhartigheid aan die kant van sy
burgers sou immers die einde wees van alle
weer stand teen Buller se oormag.

Laat die aand - hoe laat is onbekend - het hy dus
besluit om die Kommandant-generaal wat met 'n
swak leermag - meestal voetgangers - die beleg
van Ladysmith gehandhaaf het, oor die aange-
leentheid te raadpleeg. Hy het dit gedoen in 'n
telegram van die volgende inhoud.

"Heb pas officieren ontmoet en zaken zijn
uiterst ernstig en ik vrees voor het ergste daar
de officieren mij zeggen dat zij een groot deel
hunner burgers niet in positie kunnen krijgen
en ik vrees dat de burgers niet in hunne
positie s zullen blijven. Is de tijd daarom nu
niet aangebroken om een radicale verandering
te maken in onze positie s al zouden wij
daardoor Ladysmith moeten prijs geven?
Raadpleeg de Regeering en ook de andere
officieren want wij mogen onze groote zaak
geen schipbreuk laten lijden." 18

Die telegram het die terneergedrukte kmdt.-genl.
Piet Joubert soos 'n uitklophou teen die kaak
getref en hy het dit onmiddellik, voor middernag
die 20ste, in kode aan pres. Kruger gesein,
sonder enige kommentaar hoegenaamd. '" Eers
die volgende oggend om 8.40 het die
telegram versend , bestaan daar menings verskil. Volgens die
Times History en dr. Bakkes is dit op 19 Feb. 1900
versend, en volgens prof. Barnard op 21 Feb. 1900. Die
oorspronklike telegram wat deur genl. Botha aan die
Kommandant-generaal versend is en waarop die datum
stempel en die uur van afsending en ontvangs verskyn, het
verlore gegaan, soos tremens ook die weergawe daarvan in
kodeskrif van die Kommandant-generaal aan pres. Kruger.
Al wat in die Argiewe berus, is 'n ontsyferde weergawe
van die teks van die kodetelegram van die Kommandant-
generaal aan pres. Kruger, waarin die volledige teks van
genl. Botha se telegram soos hierbo aangehaal, vervat is.
Hierdie ontsyferde afskrif - wat tussen pres. Kruger se
oorlogs telegramme in die S. P. Engelbrecht versameling
berus - is in die handskrif van R. J. H. Fortuyn, sekretaris
van die "Kabinet" (d.w.s. die afdeling "Geheime Dienst"
van die Staatsekretaris) maar ongelukkig kom daarop geen
datum voor nie. Skrywer is egter daarvan oortuig dat die
stuk voor middernag op 20 Feb. deur die Kommandant-
generaal ontvang en onmiddellik daarna - kort voor
middernag - deur laasgenoemde aan pres. Kruger
oorgesein is, aan wie dit gedurende die vroee oggendure
van die 21ste bestel is. Hy baseer sy gevolgtrekking nie
alleen op die gebeurtenisse wat kort daarna plaasgevind

Kommandant-generaal kommentaar op genl.
het en wat hierbo verder beskryf word nie maar ook op 'n
inskrywing in die Register van die Staatsekretaris
(Afdeling gemerk "Oorlog stukke", S.S. 8552) in wie se
kantoor alle telegramme en korrespondensie met
betrekking tot die oorlog in leers opgeberg is. Volgens die
inskrywing is daar 'n telegram "Re verandering van
positien", gedateer 20 Feb. 1900 en afkomstig van die
"Asst. Comm. Genl.", Ladysmith, op 26 Feb. 1900 deur
die Staatsekretaris ontvang en in leer no. R.5393/00x opge-
berg. Hierdie leer is blykens die Kontroleboek gevoeg by
leer no. R.498/00x - 'n leer vol oorlogs berigte uit Natal.
Skrywer het die betrokke leers en ook die leers van die
sekretaris van die Kabinet gefynkam, dog kon die betrokke
leer no. R.5393/00x waarin die betrokke kode telegram
geberg is, nie terugvind nie. Dit is klaarblyklik uit die
Argief van die Staatsekretaris verwyder, wanneer en deur
wie, is onbekend. Die rede waarom die telegram wat op 20
Feb. 1900 van die Trans vaalse telegraafkantoor by
Ladysmith (d.i. die Modderspruit se kantoor) versend is,
eers op 26 Feb. 1900 (volgens die Register) in die
Staatsekretaris se kantoor tereggekom het, is duidelik. Dit
is nl. regstreeks aan die Staatspresident gerig en is dus by
ontvangs by pres. Kruger se huis (of kantoor) bestel, waar
dit 'n paar dae bly le het vir afhandeling deur die President
persoonlik voor dit na die Staatsekretaris se kantoor vir
opberging gestuur is.

Botha se verpletterende telegram gelewer en wel
as volg:

"Ik heb goed gedacht telegram van Genl.
Botha aan UHEd. in code te zenden. Ik
wensch echter op te merken dat ik niet geheel
en al instem met dat telegram maar ik acht het
noodzakelijk dat er menschen opkomen
bijtijds om als het moet wezen Langsnek en
Drakensberg te beschermen want de paniek
kan verschrikkelijk wezen. Daarom is het
noodig elken man die gemist kan worden en
gevonden kan worden opteroepen van
Middelburg, Heidelberg, Pretoria en alle
middel distrikten van de Republiek."

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 17:44
HOUDING VAN PRES. KRUGER

Pres. Kruger het nie die kommentaar van die
Kommandant-generaal afgewag voor hy opge-
tree het nie. Nadat die ontsyferde telegram van
die Kommandant-generaal aan horn oorhandig is
en hy dit bestudeer en die implikasies van Botha
se voorgestelde stap deurdink het, het hy besluit
dat daar geen oorweging gegee kon word aan
Botha se voorstel om aan die Engelse vrye
toegang tot Ladysmith te gee en die hele Boere
mag in Natal elders heen te verskuif om Buller
se oormag te probeer stuit nie. Dit sou die einde
van die Boere republieke beteken. Daarom het
hy dadelik begin werk aan 'n kragtige boodskap
om die burgers weer op te beur. Die boodskap
het hy om 6.17 vm., dus 22 uur voor die
ontvangs van genl. Joubert se kommentaar, aan
genls. Botha en Meyer "en alle aadere offisieren
en Burgers" by Colenso gesein. Die inhoud
daarvan word hier in sy geheel weergegee omdat
dit een van die kragtigste boodskappe is wat
Kruger ooit tot sy volk gerig het. Dit was as
volg:

"Re uwe telegrammen omtrent toestand ten
uwent. Waarde Heeren en Broeders, Hoe
komt het mij voor als of het geloof van u en
uwe burgers door het ongeloof is vervangen?
Zoodra als u niet meer in den naam des
Heeren vasstaat en strijd, dan is het ongeloof
daar en zoodra het ongeloof daar is, dan volgt
lafhartigheid en wanneer gij dan den vijand de
rug toekeert, dan blijft er geen plaats over om
bescherming te krijgen want dan hebben wij
het vertrouwen op den Heer verlaten. Neen,
neen, Broeders, zoo tog niet! Heeft de Heer
ons niet tot nu toe dubbel bewijs gegeven dat
Hij aan onze zijde staan? Waar ook onze
burgers vast gestaan hebben, hoe zwaar ook
al, heeft de Heer de vijand door een weinig
getal onzer burgers doen terug slaan.
Broeders, is het niet nog dezelfde Heer die de
Roode zee deed kleven en Farao met al de
straffen sloeg toen Mozes vast stond in het
geloof? Is het niet nog dezelfde Heer die een
stroom water waarvan duizenden dronken uit
de steenrots deed springen? Is het niet nog
dezelfde Heer die daar op de zee wandelde en
de baren der zee en de winden belette en zij
waren hem gehoorzaam? Is het niet nog
dezelfde Heer die Petrus uit het schip roepte
op de baren der zee en hij door het geloof op
de zee wandelde en toen hij op de zee vreesde
en zijn geloof wankelde, wou hij zinken en
dat de Heer hem aan de hand greep en hem
bestrafde voor zijn ongeloof? Is het niet
dezelfde Heer die ons beloofde op de
stammen van Juda waar Christus uit geboren
is en al diegenen die waarlijk in hem geloof
die troost geeft: Gijlieden gelooft in God,
geloof ook in mij ! Ik zal u niet verlaten nog
begeven tot de einden der aarde want ik heb
de wereld overwonnen?'

Het komt mij voor volgens Gods Woord dat
wij leven in een punt des tijds waar
Openbaring gezegd heeft dat de beest macht
gekregen heeft om de kerk van Christus te
vervolgen om haar te louteren als goud
beproeft komende uit het vuur want het loopt
in de tijd van de heerlijke kerkstaat en de
groote macht van den vijand heeft niet de
overwinning in zijne hand maar de
overwinning is in de hand van den Heer. Tot
hier toe heeft de Heer getoond dat Hij aan
onze zijde staat daar Hij ons al de over-
winnings gegeven heeft waar wij vaststaan in
het geloof. Neen, neen, Broeders, laten wij nu
niet in ongeloof vallen om den Heer te
verlaten, maar staat vast in het geloof tot den
dood toe. De Heer zegt dat diegene die door
het geloof in Zijne naam vechten en op het
zwaard vallen hun dood dierbaar is in Zijne
oogen en het een offer is op het altaar. Dit is
de wettige strijd om de kroon te behalen
zoowel in de uitwendige roeping als in de
inwendige. Leest Psalm 27 vers 7. Daar zegt
de

Heer: 'Houd moed gij godvruchtige schaar.
De Heer is getrouw, in uwe zwakheid zal Hij
zijn kracht volbrengen! Leest Psalm 33 van
vers 7 tot einde toe, waar het zegt de
overwinning is alleen in de hand des Heeren
en niet in de groote overmacht van paarden of
wagens. Leest Psalm 108 alles in rhijm de
twee laatste verzen, die zegt, die in den naam
des Heer strijd zal kloeke daden doen en de
vijand zal vernietigd worden. Leest Psalm
118. Zij hebben ons als bijen omringd maar ik
sloeg haar in den naam des Heeren en zij zijn
als doornen voor het vuur vergaan. Leest ook
de tiende vers van zelfde Psalm. Dit is de
poorten des Heeren. Daar moet de recht-
vaardig volk door om hun God ootmoedig te
eeren voor het smaken zijner saligheid. Neen
Broeders, laten wij niet ons geheele
nageslacht in een algeheele verwoesting
brengen, maar staan vast in het geloof om te
strijden en gij zult overtuigd zijn dat de Heer
zal opstaan tot den strijd en Hij zal zijne
haters wijd en zijd verjagen. Psalm 68. Het
geloof is nu op het uiterste punt en de Heer
zal nu binnen kort toonen dat alleen Hij leeft
en regeert. De jongelingen verkiezen liever
den dood in de gloeiende oven eer zij van het
geloof afzien. Onze voorouders verkozen
liever de brandstapels eer zij van het geloof
afzien en de kerk die blijft bewaard en al
diegenen die liever den dood gekozen hebben
dan van het geloof af te zien, zijn een offer op
het altaar. Leest dit aan al de officieren en
burgers voor en mijn geloof en gebeden zijn
in het vaste vertrouwen dat de Heer zijn volk
zal versterken in het geloof al hebben zij geen
aardsche rots om achter te schuilen maar op
de open vlakte zullen overwinnen. Te



Modderrivier vechten onze broeders tegen
duizenden die hun omringen bijna op de open
vlakte, doch hebben steeds de vijand
teruggeslagen en honderden ter neer
geveld."

Hierdie soort vermaninge en vertroostinge uit die
Bybel - nagenoeg die enigste boek wat die Boer
destyds gelees het - was die taal wat die Boer
van daardie tyd verstaan het; en daarom het die
President hierdie lang telegram aan sy
gedemoraliseerde offisiere en burgers aan die
Tugela gestuur. As dit hulle nie weer met genoeg
moed sou besiel om te veg nie, so het hy
geredeneer, sou niks hulle besiel nie en dan was
die stryd verlore.

Nadat hy hierdie telegram versend het en ook
kmdt.-genl. Joubert se kommentaar op genl.
Louis Botha se telegram van daardie nag om
8.50 die oggend van 21 Feb. 1900 ontvang het,
het die President dit begin oorweeg om aan die
landdroste van Pretoria, Heidelberg, Boksburg,
Johannesburg, Krugersdorp, Standerton,
Wakkerstroom, Utrecht, Vryheid, Bethal, Piet
Retief, Ermelo, Carolina, Lydenburg en Middel-
burg te laat telegrafeer om alle burgers wat maar
enigsins kon gaan, met insluiting van diegene
wat met verlof was, onmiddellik na hul offisiere
in Natal te laat vertrek, aangesien die toestand
daar baie ernstig was en die teenwoordigheid van
elke burger dus dringend noodsaaklik aan die
front geword het. Slegs ou mense moes gebruik
word om noodsaaklike dienste in die Republiek
soos die verskaffing van kos aan armes te
behartig.

Daarna het hy om 12-uur die middag 'n
telegrafiese gesprek met kmdt.-genl. Piet Joubert
oor die toestand aangeknoop."

Uit die telegramme waarin die telegrafiese gesprek
opgeteken is self is dit baie moeilik om vas te stel of die
telegrafiese gesprek gedurende die middag of nag gevoer
is. Sommige outeurs meen dat dit gedurende die nag
gevoer is. Die eerste telegram van die Kommandant-
generaal aan pres. Kruger is deur die telegrafis gemerk

21.2.00 12 nm., en lui slegs : "ZHEd., genl. zegt groete,
g.m. - d.w.s. 'goede morgen' of 'goede middag'. Dis die
enigste van al die telegramme wat 'n datum en 'n tyds
aanduiding bevat, nl. 12 nm., wat kan beteken 12-uur
middag of 12-uur middernag, ofskoon volgens ander
telegramme die telegrafiste daarmee gewoonlik 12-uur
middag bedoel het. As die gesprek om 12-uur middernag
van 21-22 Feb. gevoer is, dan moes die telegramme waarin
dit opgeteken staan onder die stukke van 22 Feb. 1900
geberg gewees en gemerk gewees het no. 1 van 22 Feb.,
want dan het die gesprek tussen 12-uur middernag en die
vroee oggendure van 22 Feb. geduur. Dit kon nie geduur
het van 12-uur middernag die 20ste tot die vroee
oggendure van 21 Feb. 1900 nie want reeds in die eerste
telegram van pres. Kruger aan die Kommandant-generaal
word verwys na kmdt.-genl. Joubert se voorstel 'om de
overige burgers in de door u genoemde districten op te
commandeeren voor een achterlaag' - 'n voorstel wat die
Kommandant-generaal eers om 8.40 vm. die 21ste gedoen
het en wat eers 10 minute daarna aan die President bestel
is. Die gesprek moes dus die middag van 21 Feb. begin
het, d.w.s. nadat die President die Kommandant-generaal
se voorstel in die verband ontvang het. Dit is ook
twyfelagtig of die President of Kommandant-generaal om
12-uur die nag mekaar met 'n 'g(oede) m(orgen)' sou
begroet het. Die instruksie tydens die telegrafiese gesprek
deur die President aan die Kommandant-generaal gegee
om persoonlik na die Tugela te gaan.

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 17:52
HOUDING VAN PRES. KRUGER. Deel 2

Sommer by die aanknoop van die gesprek het
pres. Kruger gese dat hy genl. Botha se voorstel
om van stelling te verander "voor het
tegenswoordige" nie kon aanvaar nie, want 'n
terugtog van die Tugela af sou die Boere saak
geweldig benadeel solank as die toestand aan die
Wesgrens kritiek bly, en die enigste ander
posisie tussen Ladysmith en die Transvaalse
grens waar die Boere weer sou kon vasskop, nl.
Biggarsberg, was ondoeltreffend. Nie alleen sou
die burgers daar te ver uiteen geplaas moes word
om die verskillende poorte in die berge te
beskerm nie maar die hele gebied ten ooste van
Dundee sou onbeskermd wees en die vyand sou
die distrikte Vryheid en Utrecht dus sonder
weerstand kon binneval. Dit was dus veel beter
dat die Boere die linie voor die Tugela handhaaf
waar die burgers naby mekaar kon stelling neem.
Die President sou dadelik ernstige oorweging

bemoedig 'en dan bij terugkomst met ons weder een
telegrafisch gesprek te hebben al zou het dan snachts zijn'
dui ook daarop dat die telegrafiese gesprek waarmee hulle
toe besig was, in die dag plaasgevind het, nl. vanaf 12-uur
die middag van 21 Feb. 1900."
aan die Kommandant-generaal se versoek skenk
om die burgers wat nog in die sentrale distrikte
van die Republiek was, op te kommandeer om as
agterlaag - d.i. as reserwe - te dien.

Kmdt.-genl. Piet Joubert het hierop verduidelik
dat daar nie 'n enkele "overweging of zwarig-
heid" was wat hy nie self oorweeg het nie, en dat
hy met die President saamstem, mits die Boere
hulle net in hul stelling s kon bly handhaaf of die
Engelse kon terugdryf. Hulle was egter reeds
verdryf uit die stelling s wat hulle oorkant die
Tugela oninneembaar gewaan het met agterlating
van tente en kamp, ja selfs ammunisie en sowat
100 perde, en was op die vlug. Hul brug en pont
was vernietig terwyl die vyand net soveel brue
oor die rivier kon bou as hy wou en selfs
ongehinderd by Colenso kon deurkom. Dit was
die probleme van genl. Botha en dit moes in die
oe gestaar word. Hy, die Kommandant-generaal,
het die offisiere en burgers die vorige dag
persoonlik aangese om in die nuwe linie vas te
skop en dit te verskans en te versterk "maar of
dit zal behouden blijven, hangt af van wat de
Heer voor ons doet en wat de burgers zelf doen
willen."

Hierop het die President sy gryse ou
wapenbroeder probeer versterk met die gedagte
dat die lafhartige burgers in die slag van
Modderrivier (Tweeriviere) ook gevlug het, tog
het God die klompie getroues bygestaan sodat
hulle die oorwinning behaal het. Die Komman-
dant-generaal aan wie dadelik versterkings
gestuur sou word, moes dus maar persoonlik na
die front gaan, sake daar reel en die mense
bemoedig, o.a. deur hulle op die hart te druk dat
as hulle aan die Tugela sou opgee, die stryd vir
die Republieke 'n verlore stryd kon word. By sy
terugkoms moes hy weer 'n telegrafiese gesprek
met die President aanknoop, al sou dit dan ook
nag wees.

"President", het die Kommandant-generaal
geantwoord, "ek weet nie wat ek sou kon byvoeg
by wat ek gister aan die publiek in die laers van
Bethal en Middelburg gese het nie. Onder die
praat was daar blykbaar 'n verbetering te bespeur
en tog kom die burgers maar nie voorwaarts nie.

So is hul gees geskok, ook deur wat hulle van
elders aangaande die toestand op die Wesgrens
hoor." Tog sou die Kommandant-generaal alles
doen wat hy kon. Hy kon dit nie waag om te perd
te ry nie en was dus nie op die slagveld nie maar
hy het dag en nag gewerk, met mond en pen, om
die offisiere en burgers aan te moedig en die
publiek op die erns van die saak te wys. 300
Pretorianers is die oggend na die slagveld maar
die Britse grofgeskut wat van vroeg die oggend
af gebulder het, het hulle gedwing om so ver van
die Britse stellings af te bly dat hulle die troepe
nie onder skoot kon kry nie. Die troepe sou eers
moes nader storm voor hulle beskiet sou kon
word.

Die President het sy blydskap daaroor
uitgespreek omdat sy ou wapenbroeder na sy
besoek aan die Middelburg- en Bethal laers ook
die ander laers sou toespreek en die stellings
persoonlik sou besigtig. Sy advies was dat die
burgers stelling moes neem "van af Spioenkop
met Tugela af tot waar het wagenpad van
Ladysmith naar Colenso de rand afgaat en van
daar met de rand tot ongeveer waar genl.
Meyer's kamp stond en vandaar de hoogste
randjes achter de lagerplaats van V. C. Dercksen
tot op den nek waar de wagenpad over gaat naar
Nelthorpe stn. en van daar de hoogste randjes
wederom onder aan Tugela onderkant de
Boschrand." 24 Met die slag van Magersfontein is
op dergelike wyse stelling geneem. Daarna is die
troepe toegelaat om Modderrivier oor te steek
met die gevolg dat hulle 'n verpletterende
neerlaag gely het.

Na nog 'n versekering van die Kommandant-
generaal dat laasgenoemde alle bereikbare
offisiere en burgers sou besoek en moed sou
probeer inpraat, en dat volgens genl. Botha die
ingenome stellings redelik goed sou wees as die
burgers die posisies enigsins wou verbeter en hul
bes wou doen, het die President horn dit ten
Die verdedigings linie wat pres. Kruger hier voorgestel
het, al was hy persoonlik myle van die oorlogstoneel af
verwyderd, was presies dieselfde as wat Botha in die oog
gehad het, en toon onteenseglik dat hy oor 'n
buitengewone Militere talent beskik het.

Slotte op die hart gedruk om die burgers dit goed
aan die verstand te bring dat hulle, indien hulle
nie kloekmoedig bly veg nie, vir altyd slawe van
Engeland sou word soos die Iere. Die oueres sou
ontwapen en die jongeres weggevoer word as
soldate of self uit die land uit padgee, en die wat
oorbly, sou houthakkers en waterdraers van die
vreemdeling word.

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 17:55
Slot:

Voor die beeindiging van die telegrafiese
gesprek het die President die Kommandant-
generaal meegedeel dat daar tog 'n sprankie
hoop op die spoedige beeindiging van die oorlog
bestaan. Nie alleen was die Regerings van die
twee Republieke besig om regstreeks met lord
Salisbury oor vrede te onderhandel nie maar ook
Rusland en Frankryk het blykens berigte stappe
oorweeg wat Engeland in so 'n moeilike posisie
sou plaas dat hy vrede sou moes sluit. Daarom
moes die Kommandant-generaal desnoods met
'n kar die verskillende kommando's aan die
Tugela besoek en opbeur.

Nadat die President daarvan oortuig was dat die
Kommandant-generaal horn sou steun, het hy om
1 nm. persoonlik aan genl. Botha laat sein dat die
Regering die voorstel om die stellings voor die
Tugela te ontruim, nie kon goedkeur nie en dat
daardie stellings "voor dood en leven"
gehandhaaf moes word. Botha moes laat weet of
hy die President se lang telegram van die oggend
ontvang en dit aan die burgers laat voorlees het.
Dit moes nogmaals gedoen word, het die Presi-
dent beveel wat oortuig was dat sy boodskap 'n
gunstige uitwerking op die burgers sou he.

"Broeder;' het hy voortgegaan, "in ons
donkerste uur zal de Heer opstaan tot den


Laasgenoemde bron bevat die telegramme van
die President aan die Kommandant-generaal en eersge-
noemde die van die Kommandant-generaal aan die
President. Vgl. ook S. P. Engelbrecht-vers. no. 24, pp.
148-158 en 198-206.
strijd en den vijand gelijk kaf verstrooien.
Druk officieren en burgers op het hart dat zij
niet door ongeloof en wankelmoedigheid de
hulp en bij stand des Heeren verbeuren. Sta
vast in den Heer en Hij zal ons vertrouwen
niet beschamen."

Die burgers, het die President voortgegaan, was
in staat om die posisie te handhaaf. Trouens aan
die Wesgrens waar die stellings baie slegter was,
het die burgers met moed en vertroue geveg en
die geweldige vyandelike oormag groot verliese
toegebring."

Intussen het die President aan die landdroste
reeds genoem, instruksie gegee om alle diens-
pligtige burgers in hul distrikte te laat opkom-
mandeer om aan die Tugela te gaan help wal
gooi teen die Britse vloedgolf, en toe in spanning
gewag op 'n berig van kmdt.-genl. Joubert of van
genl. Botha wat sou aandui dat die burgers voor
die Tugela stelling geneem het, gereed om die
vyand te weerstaan. Toe hy na sononder nog niks
verneem het nie, het hy om 7.48 nm. by die
Kommandant-generaal navraag daaromtrent
gedoen en uiteindelik om 9.10 nm. van laasge-
noemde die blye tyding gekry dat die burgers die
Kameeldoringrante beset het, ongeveer in 'n
linie soos deur pres. Kruger tydens hul
telegrafiese gesprek van die middag voorgestel.
Die voorposte van die Boere- en Britse magte
was volgens genl. Meyer alreeds besig om op
mekaar te vuur en dit was dus baie waarskynlik
dat daar die volgende oggend reeds weer 'n
geveg sou losbars soortgelyk aan die wat op 15
Des. 1899 by Colenso op dieselfde terrein, net 'n
paar duisend tree nader aan die rivier, gewoed
het.

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 18:12
Die slag van Malipspoort

Die volgende dag, stuur die vyand ‘n sterk mag agter die Boere aan. Die Britse mag volg die Boere tot by Skuinshoogte naby Spelonken. Toe die Boere die vyand gesien aankom het hulle op vlug geslaan. Die gras was so hoog dat dit moeilik was om die vyand te sien. Hulle kon die vyand nog duidelik sien aankom toe die vyand oor die hoogtes getrek het, maar het totaal sig van die vyand verloor toe die vyand na die rivier afgedaal. Die vyand het skielik sowat vyf of ses treŽ van hulle af, aan die oorkant van die rivier, tussen die lang gras verskyn. Die Boere het onmiddellik skuiling tussen die gras gesoek en begin skiet. ‘n Woeste geveg wat tot die aand geduur het, het uitgebreek. Twee van Generaal Beyers se offisiere is gevange geneem. Hulle kon die vyand glad nie sien nie en het reg tussen die vyand in geloop, onder die indruk dat dit van hulle eie mense was. Toe dit donker word het die Boere weer op vlug geslaan. Hulle het dwarsdeur die nag gevlug om soveel moontlik afstand tussen hulle en die vyand te kry.

Twee dae na die geveg het een van die Engelse troepe na die Boere gekom om by hulle aan te sluit. Die Boere het hom met ope arms ontvang. Hy het daarna baie dapper vir die Boere teen die Britte geveg. Een van die burgers, Mnr Olivier, het by Skuinshoogte van die kommando weg gedros en by die vyand aangesluit.

Generaal Beyers het die waens by die voet van die berg gaan parkeer, sodat die Boere meer beweeglik kan wees. Toe die vyand weer met ‘n groot mag teen hulle uit trek het Beyers die kommando in vier verdeel. Die eerste afdeling het noord van Malipspoort by Beyersnek, aan die voet van die berg, posisie ingeneem. Een afdeling is suid van Malipspoort aan die voet van die berg geplaas. Die derde afdeling het naby Empatel stelling ingeneem op Coetzee se plaas, terwyl die laaste afdeling by Marabastad naby Malipspoort geplaas was.

Die vyand het begin om die afdeling noord van Malipspoort, by Beyersnek, te bombardeer. Die Boere het daarin geslaag om die vyand daar vir twee dae terug te hou. Generaal Beyers en Hendrik Bronkhorst is lig gewond en Gert Meyer is by Marabastad gedood.

Die vyand kon nie daarin slaag om die Boere op die voorste linies te verdryf nie. Na twee dae se geveg het die vyand daarin geslaag om die vleuel waarin Jacobus Potgieter geveg het, te omsingel en hulle uit hul posisie te dryf. Die vyand se mag het die Boere kommando te vÍr in getalle oortref. Duisende swartes het ook saam met die vyand geveg. Nadat die Boere verdryf is, het die vyand al die Boere se waens en beeste gebuit.

Die vyand het geprobeer om die hele Boere kommando te omsingel, maar die Boere het dapper terug geveg, al was hulle getalle maar min. Generaal Beyers het vir Jacobus Potgieter laat roep waar Jacobus met dertien man gelÍ en veg het. Hy het vir Jacobus gevra waar die mees geskikte plek sou wees vir die kommando om heen te vlug, waar daar voldoende water en kos te vinde sou wees. Generaal Beyers het geweet dat Jacobus deur daardie gebied gekom het toe hy uit die konsentrasiekamp gevlug het.

Boertjie Phillip
30 Nov 2012, 18:18
Die laaste dae van Boere-regter Hendrik Johannes Hugo.

Diť kaart dui die pad aan wat die Tommies met die swaargewonde kmdt. Hugo van Oorlogsfontein na Bokpoort gevolg het. Hy het op 22 Februarie 1902 daar gesterf nadat die koeŽlwond aan sy keel oopgegaan het. * Kmdt. regter H.J. Hugo wat op die jeugdige ouderdom van 22 jaar as regter-te-velde aangestel is. * Drie Boeregeneraals op 22 April 1939 saam by die Hugo monument op Oorlogsfontein, Victoria-Wes, by 'n herdenkingsgeleentheid afgeneem. Genl. Malan staan in die middel. Die ander is onbekend aan die skrywer.
Elbie Immelman

OP 'n kliprandjie naby die plaashuis op Oorlogsfontein in die distrik Victoria-Wes staan 'n monument ter gedagtenis aan kommandant regter H.J. Hugo wat teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog daar gewond is. Hy het op 22 Februarie 1902 aan sy wonde beswyk. Hendrik Johannes Hugo, in die omgang bekend as regter Henry Hugo, is op 1 Februarie 1877 op die plaas Lusthof naby Smithfield in die Suid-Vrystaat gebore.

Pas voor die uitbreek van die oorlog het hy uit Europa na Suid- Afrika teruggekeer nadat hy hom in Londen en Nederland as regsgeleerde bekwaam het.

Hugo het hom by die Boeremagte aangesluit en is in 1899 as regter-te- velde van die Hoogeregshof van die Oranje-Vrystaat en sekretaris van die krygsraad aangestel.

As lid van kmdt. Gideon Scheepers se kommando het hy in 1901 aan die stryd in Kaapland in onder meer die distrikte Graaff-Reinet, Beaufort-Wes en Aberdeen deelgeneem. Hy is later as kommandant onder genl. Wynand Malan aangestel en was in bevel van een van die sestien kommando's waarin genl. J.C. Smuts sy drieduisend man skappe verdeel het.

Die kommando's onder aanvoering van genl. Malan het hoofsaaklik in die sentrale Karoo opgetree en was dikwels in die distrikte Beaufort-Wes, Victoria-Wes en Fraserburg in skermutselings met Britse troepe en konvooie betrokke. In diť tyd het patrollies telkens op die plaas Wagenaarskraal, ongeveer 60 km suid van Victoria-Wes, aangekom en daar oornag.

In Februarie 1902 was die kommando van genl. Malan in 'n skermutseling betrokke met 'n Britse kolon tussen Beaufort-Wes en Fraserburg. Hulle het die Engelse oorwin en kon sů hul kosvoorraade en ammunisie aangevul.

Op 17 Februarie, teen sononder, het die goed toegeruste kommando (die meeste van die Boere het twee bandeliers gehad en die perde was in 'n goeie toestand) op Wagenaarskraal aangekom waar hulle oornag het. Wagenaarskraal was 'n bekende skaap- en vakansieplaas uit die poskoets-dae waar reisigers tussen Wellington en Kimberley oornag het. Sedert 1870 is die plaas in besit van die familie MacRobert en diť se nasate boer steeds daar.

Op 18 Februarie omstreeks 5 vm. het die Boerekommando na Oorlogsfontein, die plaas van Dirk Wouter Immelman omtrent 5km daarvandaan, vertrek. Daar het Chrissie Immelman, Dirk se vrou, ontbyt aan die offisiere voort gesit. Terwyl hulle nog rustig geŽet het, het 'n verkenner die huis binnegestorm en aangekondig dat 'n Engelse mag besig was om die rantjies aan die westekant van die plaas te beset. ``Nou ja, gaan donder hulle daaruit'', het genl. Malan se harde stem deur die huis weergalm.

Regter Hugo, wat diť oggend die diensbeurt gehad het, het uit sy stoel opgespring, hom na buite gehaas, sy manskappe byeengeroep en op 'n stywe galop die rant uitgery. Terselfdertyd het 'n Britse kaptein aan die ander kant van die rant uitgejaag en die twee offisiere het mekaar bo-op die rant tromp-op ontmoet ongeveer op dieselfde plek waar die Hugo herdenkingsmonument vandag staan.

Hugo en die Engelsman (sy naam is onbekend) het met hul handwapens op mekaar gevuur en Hugo het 'n koeŽl onder die oog en deur die keel gekry. Die Britse kaptein is in die been gewond en sy perd het elf koeŽlwonde opgedoen. Dit was duidelik dat Hugo nie sy vyand wou doodskiet nie, maar hom net buite aksie wou stel.

Die gevaar het ontstaan dat die erg-gewonde Hugo hom sou doodbloei en hy is inderhaas na die plaashuis op Oorlogsfontein gedra.

Vanaf Wagenaarskraal kon die huismense die geweerskote hoor klap en die geveg op die rantjies sien van waar die stofwolke van die perde se hoewe af opgestyg het soos hulle tussen die bossies en klippe gegalop en gesteier het. Aan die westekant van die plaashuis is later koeŽlmerke gevind.

NŠ die geveg het die Boere van Oorlogsfontein in 'n oostelike rigting teruggeval. Tussen elfuur en twaalfuur daardie oggend het die Britse kolonne by Wagenaarskraal opgedaag.

Die ironie van oorlog word weerspieŽl in die feit dat die familie MacRobert, wat net die vorige aand die Boerekrygers kos en slaapplek gegee het, die volgende oggend gasheer vir die Tommies moes speel.

Die Britse ambulanswa het met vier Britse en twee Boere gewondes by Wagenaarskraal aangekom. Vier swaargewonde perde is van die krale weggelei en met doodskote uit hul ellende verlos.

Nadat kmdt. Hugo die plaashuis binnegedra is, is hy so goed deur die Immelmans versorg dat hy nŠ 'n paar dae in die bed kon regop sit en eet. 'n Britse militÍre dokter het aanbeveel dat Hugo by die Immelmans versorg word sodat hy kon herstel. Maar vir die Britse soldate was hy as offisier 'n te waardevolle krygsgevangene om agter te laat.

Hulle het Hugo op 'n wa gelaai en op 'n stamperige rit in 'n noordelike rigting by Taaiboschfontein oor Stampfontein na Bokpoort gereis, waar hulle oornag het. Bokpoort is 'n poort in die plato waar die sekondÍre pad van Victoria-Wes en Loxton tussen Kwaggashoogte en Kornetskop deurgaan.

Dirk Immelman het die waspoor gevolg en later gesien dat bloed uit die wa gedrup het. Weens die gestamp van die wa het Hugo se keelwond weer aan die bloei gegaan. Hy is op 22 Februarie op Bokpoort dood aan vermoedelik bloedverlies, skok en versmoring. Hugo is op Stampfontein begrawe.

Sy oorskot is in 1904 opgegrawe en op 27 November in die familiekerkhof op Lusthof herbegrawe.

'n Monument ter gedagtenis aan Hugo is 'n week tevore op die kliprantjie op Oorlogsfontein, waar die skermutseling plaasgevind het, onthul. Die verrigtinge is deur genl. Wynand Malan gelei.

In sy dagboek skryf Malan dit is tragies dat so 'n talentvolle, mensliewende, intelligente regsgeleerde en pragtige man op die jeugdige ouderdom van 25 jaar moes sterf.

Boertjie Phillip
1 Dec 2012, 05:45
Vyf Vuurvreters in die ABO.

Naby Ventersdorp het vyf penkoppe, bekend as die
Vyf Vuurvreters, 'n berede patrollie en vyf proviandwaens voorgelÍ,
vier van die vyand doodge skiet, sewe gewond en die res gevang.
Penkop Rooi Flip Snyman het, afgeskei van sy makkers,
handgemeen geraak met gevange Tommies wat hom probeer oorrompel
het.

Nadat hulle hom met 'n bajonet in die kop gesteek het, het hy
losgeruk, een doodgeskiet en die ander gehensop. Agt dae later veg
hy met verbande om sy kop; dog later kry hy 'n kopskoot en sterf.
'n Agterryertjie met die naam Gesiggie, streng gesproke nie 'n
vegtende penkop nie, het vier Tommies gevang. Op 'n vraag hoe hy
dit reggekry het, antwoord hy: ''Ek het hulle omsingel!''
Daar was ook penkoppe wat verraad gepleeg het.

Boertjie Phillip
1 Dec 2012, 05:58
Was Generaal Pienaar waarlik 'n Generaal gewees?.

In 1885 het die byna dertigjarige Frans Pienaar
en sy gesin en sy ouers hulle in Johannesburg
gevestig, waar hy verskeie staatsbe.trekkings in
die Zuid-Afrikaansche Republiek beklee en later
ook kaptein van die Johannesburgse Vry-
willigerkorps geword het.

Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in
Oktober 1899 het hy met 500 burgers na die
oorlogsfront vertrek en hulle was die eerste
boere wat 'n Britse trein in Natal buitgemaak
het. Twee van sy seuns, Johannes (17) en
Ernest (15), het as penkoppe saam met Pienaar
aan die slag by Elandslaagte (21-10-1899),
onder aanvoering van genl. Ben Viljoen, deelgeneem.

Die twee seuns is deur die Engelse
krysgevange geneem, maar het na agt maande
daarin geslaag om uit die kamp in Simonstad te
ontsnap. Ernest is weer gevang en na St. Helena
verbano Johannes het die vyand ontduik en
na ongeveer twee maande weer by die kommando
van sy vader by Bronkhorstspruit
aangesluit.

Pienaar se eggenote is na die Britse
inname van Pretoria (5-6-1900) 'n maand lank in
die stad aangehou, maar sy het daarin geslaag
om per perdekar met haar jongste kinders te
ontsnap en het na agt dae by haar man se laer
by Bronkhorstspruit aangekom.

Omdat Pienaar hom op die slagveld onderskei
het, is hy op 15 September 1900, terwyl sy
kommando langs die Oosterspoorlyn was, as
veggeneraal aangestel. Toe genl. R.P. Carew
en sy Britse troepe die grenspos Komatipoort in
September 1900 genader het, het etlike honderde
burgers die Mosambiekse grens oorgesteek
met die idee om later na Transvaal
terug te keer.

In Mosambiek het genl. Pienaar
hulle tussen 18 en 22 September 1900 beveel
om hulle wapens neer te Ie, waarna hulle per
trein deur die Portugese owerheid na Lourenco
Marques vervoer is. Daar is hulle saam met
etlike Kolonialers, vreemdelinge wat aan
Boerekant geveg het en Boerevroue en -kinders
wat uit vrees vir gevangeneming deur die
Engelse na Mosambiek uitgewyk het, ge'interneer.
In Lourenco Marques het die Portugese goewerneur-
generaal genl. Pienaar as woordvoerder
van die ge'interneerdes beskou.

Op 19 November 1900 het Pienaar die geinterneerdes
toegespreek en hulle oorreed om hulle aan die
Britse outoriteite oor te gee, maar weinig burgers
was ten gunste daarvan. Hierdie optrede
van Pienaar het spanning tussen hom en die
ander boere in Lourenco Marques veroorsaak,
wat nog verder verhoog is toe die gerug die
rondte gedoen het dat Pienaar nooit behoorlik
as veggeneraal aangestel was nie.

Boertjie Phillip
1 Dec 2012, 09:29
Range tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog.

Die Jameson-inval het duideliker as ooit aangetoon dat Brittanje hoegenaamd nie van voorneme was om die onafhanklikheid van die Suid-Afrikaanse Republiek te eerbiedig nie. Met die aanstelling van sir Alfred Milner as Britse hoe kommissaris in Suid-Afrika in Maart 1897, het die twee state op 'n pad van konfrontasie beland wat slegs op oorlog kon uitloop. Die Transvaalse regering het reeds in 1896 met 'n program van bewapening begin. In pres Kruger se termyn as kommandant-generaal is 'n geheime verdrag in 1872 met die Oranje-Vrystaat gesluit waarin onder andere reŽlings neergelÍ is aangaande wedersydse hulp in die geval van vyandelikhede. Hierdie verdrag is in 1898 hersien. Daarin is onder andere bepaal dat indien die Suid-Afrikaanse Republiek aangeval sou word en die Oranje-Vrystaat hulp sou verleen, die opperbevel by die kommandant-generaal van die Transvaal sou berus, in oorleg met die kommandant-generaal van die Oranje-Vrystaat.

Kmdt-genl Joubert het egter tot met die ultimatum geglo dat vyandelikhede vermy sou kon word en het die voorbereidings halfhartig ondersteun. Hy het buitendien ander aspirasies gehad. Dit geluk hom om in 1896 weer as visepresident deur die volksraad gekies te word in die plek van N J Smit, wat oorlede is. Hieroor was hy innig dankbaar, maar in 1898 besluit die volksraad tot sy teleurstelling om die ampte van kommandant-generaal en superintendent van naturelle te skei. In dieselfde jaar verloor hy vir die vierde keer die presidentsverkiesing teen pres Kruger. Die gevolge van Piet Joubert se twingtigjarige termyn as kommandant-generaal was onder andere dat die Transvaal met die uitbreek van die oorlog geen behoorlike krygsplan gehad het nie, onvoldoende bewapen was en boweal, dat daar onder die burgers geen gees van militarisme of selfs dissipline ontwikkel was nie.

Die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek het op die vooraand van die oorlog besluite aangaande die krygswese geneem. Wet no 20 van 1898 soos aangevul deur Wet no 20 van 1899 is op 25 Oktober 1899 in die Staats Courant gepubliseer, waarin die range van offisiere nogmaals soos volg aangegee is: assistent-veldkornet, veldkornet, kommandant en kommandant-generaal. Die bekle&eunl;rs van al hiťrdie range en poste is streng volgens die grondwet verkies. Die vorige dag het die Uitvoerende Raad egter besluit om die reg om doodsvonnisse te bekragtig, te laat voltrek of te versag, toe te ken aan die kommandant-generaal en vyf 'assistent-generaals'. Hierdie bevoegdhede is op 28 Desember 1899 tot 'n sesde uitgebrei. Die Uitvoerende Raad het hier in werklikheid 'assistent-kommandant-generaal' bedoel in plaas van 'assistent-generaal' Alhoewel ongrondwetlik, het die regering dit nodig gevind om as oorlogsmaatreŽl assistent-kommandante-generaal vir die verskillende gevegsfronte aan te stel. Die Transvaalse regering het verder veggeneraals aangestel om as aanvoerders te dien in die gevalle waar verskillende kommando's as 'n leŽrafdeling moes optree. Die regsbevoegdhede hierbo genoem is op 17 Januarie 1900 deur die Uitvoerende Raad met magtiging van die Eerste Volksraad ook na veggeneraals uitgebrei.

Ook die Volksraad van die Oranje-Vrystaat het die nodige wysigings aan die krygs- en kommandowet aangeneem, toe dit geblyk het dat oorlog onvermydelik was. Die grondwet van die Oranje-Vrystaat het nie voorsiening gemaak vir 'n kommandant-generaal as opperbevelhebber nie. Elke leŽrafdeling kon sy eie kommandant-generaal kies, wat sy opdragte van die staatspresident sou ontvang. Die staatspresident was dus die opperbevelhebber van al die krygsmagte. Die Volksraad het op 27 September 1899 Wet no 33 van 1899 aangeneem en op 6 Oktober 1899 in die Gouvernements Courant gepubliseer, waarvolgens die assistent-veldkornette, veldkornette en kommandante na mobilisasie 'n hoofkommandant sou kies, wat as aanvoerder op 'n gevegsfront sou dien. Die hoofkommandante sou hul opdragte van die staatspresident ontvang. Daar is geen verwysing na die rang van kommandant-generaal, soos in die grondwet beskryf nie. Hierdie rang en amp het dus in die Oranje-Vrystaat verval. Dit is moontlik dat die Volksraad hom in hierdie besluit laat lei het deur die verdrag wat met die Suid-Afrikaanse Republiek in 1898 aangegaan is.

Genl de Wet maak die stelling dat die Volksraad van die Oranje-Vrystaat kort voor die uitbreek van die oorlog besluit het dat die president 'n veggeneraal kon aanstel, alhoewel daar wetlik geen voorsiening voor gemaak is nie. Breytenbach kon egter geen bewys vir so 'n besluit opspoor nie. Tog beskryf de Wet hoedat A P (Andries) Cronje deur die staatspresident as veggeneraal aangestel is. Hy vertel verder hoedat pres Steyn hom op 9 Desember 1899 telegrafies as veggeneraal vir die Wesgrens aangestel het. Dit is belangrik om daarop te let dat 'n veggeneraal in die Oranje-Vrystaat ondergeskik aan die amptelike rang van hoofkommandant was. Genl de Wet is na hoofkommandant Ignasius Ferreira se dood as waarnemende hoofkommandant in eersgenoemde se plek aangestel, nog steeds met die rang van veggeneraal. In hierdie hoedanigheid het hy self vir ds Paul Roux as veggeneraal aangestel.

Die senior range in die Oranje-Vrystaat was dus in stygende orde: kommandant, veggeneraal, hoofkommandant. Hierdie anomalie het eerstens tot gevolg gehad dat die hoofkommandant in die volksmond ook as 'generaal' aangespreek is. Dit is verstaanbaar, aangesien die gewone burger sou aanvaar het dat die veggeneraal se senior ook 'n generaal sou wees. Genl de Wet verwys self in een asem na C J Wessels sowel as na I S Ferreira as 'hoofkommandant' en as 'generaal'. Dit het tweedens daartoe gelei dat die benaming 'hoofkommandant' 'n posbenaming eerder as 'n rang geword het. Dit kom veral na vore na Mei 1900, toe die Regering die rang van veggeneraal in die Oranje-Vrystaat afgeskaf het en dit vervang het met die benaming 'assistent-hoofkommandant'. Genl de Wet was teen hierdie verandering gekant, maar het hierdie rang (in werklikheid 'n pos) aanvaar en sy ondergeskikte generaals Piet de Wet, C C Froneman, Philip Botha en Paul Roux ook as assistent-hoofkommandante aangestel. Die aanspreekvorm 'generaal' het in die volksmond egter behoue gebly. In Junie 1900 is de Wet as hoofkommandant gekies en gebruik daarna deurgaans ampshalwe hierdie titel. Hy teken uiteindelik die Vrede van Vereeniging in hierdie hoedanigheid. In korrespondensie tussen genl de Wet en lord Kitchener spreek Kitchener eersgenoemde egter as 'generaal' aan en onderteken de Wet self sy telegramme as 'generaal' in die hoedanigheid van 'hoofkommandant OVS'

Met die mobilisasie van die Boeremagte gedurende Oktober 1899, het die behoefte aan nog 'n nuwe rang spoedig ontstaan. In sy beraming van die aantal dienspligtige burgers in beide Republieke, kom die staatshistorikus Breytenbach op 'n getal van ongeveer 55 000 uit. (Hierdie syfer sluit nie die voltydse korpse, soos die artillerie en die polisie van beide state in nie.) Hy bevind ook dat aan die Natalse front, waar die grootste Boeremag gekonsentreer was, die aanmeldingsyfer 54.2 % was. Indien hierdie syfer enigsins verteenwoordigend van alle fronte was, het ongeveer 28 000 burgers op kommando gegaan. C Breytenbach gee ook die gekombineerde offisiers-sterkte van beide Republieke, generaals uitgesluit, aan as 280, bestaande uit 41 kommandante, 140 veldkornette en 99 assistent-veldkornette. Dit beteken dat 'n kommando gemiddeld uit ongeveer 700 burgers bestaan het, met slegs sewe offisiere. Indien dit met die sterktetabel van 'n moderne regiment of bataljon vergelyk word, is dit duidelik dat die offisierskader dringend versterking nodig gehad het. Dit is gedoen deur met mobilisasie die rang van korporaal, wat 'n eeu tevore in die Kaapkolonie as kommandorang in onbruik geraak het, in ere te herstel.

'n Veldkornetskap is gevolglik verdeel in 'n aantal korporaalskappe. Laasgenoemde het bestaan uit twaalf tot vyftien burgers, volgens die historikus Pretorius. Die korporaalskap is georganiseer volgens 'n proses van natuurlike seleksie, en het meesal bestaan uit familie en vriende. Die korporaal is deur sy medeburgers gekies, maar is volgens die Amerikaanse verslaggewer Hillegas sonder seremonie vervang wanneer hy hulle vertroue verbeur het. Dit het egter ook gebeur dat 'n korporaal sy rang afgestaan het ten gunste van een van sy burgers wat homself op die slagreld onderskei het. 'n Belangrike stafpos, volgens genl de Wet, was die sogenoemde 'vleeskorporaal', wat verantwoordelik was vir die verkryging en uitdeel van rantsoene. Die hoogste eise van onpartydigheid is aan hierdie individu gestel.

Boertjie Phillip
1 Dec 2012, 09:33
Range tydens die Tweede Anglo-Boereoorlog.Vervolg.

Die laagste en oudste rang in die kommandostelsel was die rang van burger. 'n Burger op kommando het homself nie as 'n soldaat beskou nie; hierdie titel is slegs vir die Britse magte gebruik. 'n Manlike inwoner van een van die Boererepublieke was 'n burger in tyd van vrede en sy status het hoegenaamd nie verander wanneer hy die wapen teen 'n vyand opneem nie. Volgens die kommandowette van beide republieke was alle burgers tussen 16 en 60 jaar dienspligtig, maar vele was op kommando wat buite hierdie ouderdomsgroep geval het. Daar was dus drie geslagte in die veld: Die grysaard, moontlik 'n veteraan van Majuba en talle ander veldtogte; die jongeling of penkop, wat eintlik op skool moes gewees het, maar homself ontydig midde-in die werklikhede van oorlog bevind het; en laastens die middeljarige burger; wat verkies het om op sy plaas en by sy vrou en kinders te wees, maar op kommando gegaan het toe sy volk hom nodig gehad het. Veel is geskryf oor die swak en goeie eienskappe van die boerekryger, sy gebrek aan dissipline, maar ook sy inisiatief en individualisme. Die skrywer wil graag hulde bring aan die kommandoburger van alle tye, wat aan die oproep gehoor gegee, sy taak met blymoedigheid uitgevoer en indien nodig die hoogste offer gebring het. Hulle nagedagtenis sal voortleef solank die Afrikanervolk bestaan.

Teen September 1900 het die regering van die Suid-Afrikaanse Republiek, toe dit blyk dat die oorlog langer duur as wat verwag was, besluit om die kommando's te herorganiseer. Dit is gedoen met Wet no 3 van 1900, gepubliseer op 4 September 1900. Vir die eerste keer is bepaal dat kommando's uit tussen 300 en 500 man sou bestaan en veldkornetskappe uit tussen 100 en 200 man, onderhewig aan die diskressie van die kommandant-generaal. Korporaalskappe sou bestaan uit nie meer as 15 man nie. Alle offisiere sou voortaan aangestel word. Daar is verder besluit om aan alle burgers rangsoldy te betaal. Die rang tussen kommandant-generaal en veggeneraal word in hierdie wet op een plek as 'assistent-generaal' en op 'n ander as 'assistent-kommandant-generaal' aangegee, wat daarop dui dat dit as sinonieme gebruik is. Die rang van assistent-veldkornet word glad nie in die wet genoem nie.

Die rangstruktuur van die Boerekommando's het dus teen die middel van 1900 'n hoogtepunt in sy ontwikkeling bereik, soos in tabel 1 aangegee. Met die uitsondering van die rang van assistent-veldkornet, is die range van die Suid-Afrikaanse Republiek presies net so bevestig in Wet no 3 van 4 September 1900. Daaruit blyk dit dat die owerhede op daardie stadium van die oorlog die rang van assistent-veldkornet as onnodig beskou het. Dit val nogtans op dat nadat die 'Dekoratie voor Trouwe Dienst, 1899 - 1902' in 1920 deur die Unieregering vir offisiere van die Republikeinse krygsmagte ingestel is, 79 van hierdie dekorasies uit 'n totaal van 662 aan assistent-veldkornette toegeken is. Ten minste 47 van hierdie assistent-veldkornette was aan Transvaalse kommando's verbonde.

Verskeie eienaardige range kom in die literatuur voor. Visekommandant-generaal, visegeneraal, assistent-veggeneraal, assistent-kommandant en hoofveldkornet is range wat deur Curson opgeteken is. Genl de Wet maak ook melding van Philip Botha as assistent-veggeneraal. Die Dekoratie voor Trouwe Dienst is aan ene assistent-veggeneraal J F Jordaan toegeken. Forsyth verwys na 'n brief van die Hoof van Weermagadministrasie in 1967, waarin die drie senior range in die kommando's van die Suid-Afrikaanse Republiek aangegee word as: kommandant-generaal, veggeneraal en assistent-veggeneraal. Hierdie skema is foutief en die range hierbo wat deur Curson opgeteken is, het waarskynlik by individue ontstaan en kan nie as amptelik beskou word nie. Daar moet in hierdie verband onderskei word tussen range wat volgens 'n wet ingestel is, range wat amptelik, hoewel ongrondwetlik, deur 'n regering as oorlogsmaatreŽl ingestel is en range wat nie-amptelik ontstaan het. Die skrywer aanvaar die rangstruktuur van Breytenbach as basies korrek en het bevind dat dit ooreenstem met die werke van van Heerden en genl de Wet.

Die rangstruktuur van die Unie Verdedigingsmag, gestig in 1912, is hoofsaaklik gebaseer op diť van die Britse LeŽr. Baie van hierdie range het al internasionaal begin raak en was gebruik deur die artillerie-, verkenner- en polisiekorpse van die twee Boererepublieke. Die kommandotradisie het egter in verskeie opsigte bly voortleef in die twintigste eeu. Veral na 1950 is verskeie range sowel as poste van die Boerekommando's in ere herstel.

Boertjie Phillip
1 Dec 2012, 12:55
Frederich Johannes (Fred) Kirstein .Vyftienjarige veg vir vryheid in die ABO:


'n Penkop wat hom op vyftienjarige ouderdom by die Boeremagte aangesluit het nadat hy homself vir diensplig opgeroep" het, is byna tereggestel, was dit nie vir die Britse opperbevelvoerder Lord Kitchener nie. Kitchener - wat die doodsvonnis wat Frederich Johannes (Fred) Kirstein opgelÍ is, moes bekragtig Ż het laat weet dit is te na aan die vredesluiting (sewentien dae) en Fred moet na IndiŽ verban word.

Kirstein is op 17 Augustus 1884 op die plaas Lemoenfontein in die distrik Klerksdorp gebore is. Hy het pas vyftien geword toe die oorlog op 11 Oktober 1899 uitgebreek het. Sy pa en broer was al in Kimberley met generaal Cronjť se burgermag toe Fred sy eie kommandeer-brief namens" generaal Liebenberg uitgeskryf het en sy ma sů oorreed het dat hy hom moes gaan aansluit.

Hy het toe te perd na Kimberley gery waar die beleg deur die Boere aan die gang was.

Kirstein het later in die oorlog onder generaal Koos de la Rey en ook generaal Christiaan Beyers geveg. Toe Jan Smuts as generaal aangestel is, het Fred 18 maande lank as spioen in die Danie Theron Verkennerskorps onder hom gedien. Hy het altyd gesÍ generaal Smuts het nie 'n bang haar op sy kop gehad nie.

In diť tyd was Fred by 'n hele paar insidente betrokke.

Op 'n keer, toe hy alleen verken het, het 'n Britse soldaat alleen te perd op hom afgekom en op hom begin skiet, waarop Fred teruggeskiet het. Hy was 'n baie goeie skut. Hy het agter 'n goot bloekomboom geskuil. As hy sy kop uitsteek, skiet die Brit. Een skoot het oor sy wang gesny en 'n ander het sy oor geraak. Hy het toe besef die Kakie was van plan om hom 'n kopskoot te gee.

Fred wou die Brit nie doodskiet nie, maar hy het besef dis nou ůf hy ůf die Brit. Fred het sy teiken getref en die Brit het swaar gewond neergesak.

Die seun stap toe nader en gee sy slagoffer van sy water. Hy kon Engels praat. Die gewonde sÍ toe hy het uit sy eie na Suid-Afrika gekom vir die avontuur om die wilde Boere te skiet", soos aan hom en sy makkers gesÍ is. Sy ma wou egter nie hÍ hy moes kom nie.

Hy oorhandig toe sy pistool, geweer, verkyker en perd, asook 'n brief en 'n foto van sy ma, en vra Fred om nŠ die oorlog aan haar te skryf. Dit het Fred dan later ook gedoen. Hy het oor die soldaat gewaak totdat hy gesterf het.

Verder het Fred deelgeneem aan die Slag van Tweebosch, Rooiwal, Modderrivier en Ysterspruit, waar hy in sy linkersy gewond is. Gelukkig was dit net 'n vleiswond. Omdat hy die uniform van 'n hoŽ Engelse offisier met 'n dik leergordel aangehad het, het dit die koeŽl gekeer om te diep in te gaan. Uit diť slag het net drie Boere lewend gekom.

Verder was Fred lid van 'n kommando wat in die rante by Hartbeesfontein in die distrik Klerksdorp geveg het. 'n Hele aantal Engelse offisiere het toe gesneuwel. Later, toe Fred as krygsgevangene op 'n skip was, het Tommies wat aan diť skermutseling deelgeneem het, aan hom gevra: Watter kommando was dit waarvan al die Boere op wit perde was wat daardie dag sů op ons geskiet het? Fred kon nie antwoord nie, want daar was nie so 'n kommando nie!

Dan het Oom Niklaas Siener" van Rensburg hom ook af en toe by hulle aangesluit. Hy het hulle by geleentheid tussen die Kakies deurgelei waar hulle gelÍ en slaap het.

Fred het die sluitstuk van 'n Britse Maxim-Nordenfelt kanon (bommeksim) ongesiens verwyder en dit in 'n skeur in 'n randjie naby Hartbeesfontein versteek. Toe kon die Britte dit nie meer gebruik nie.

In die Slag van Tweebosch is generaal Lord Methuen deur De la Rey se kommando gewond en gevange geneem. 'n Skietstilstand is gehou waartydens die Boere Methuen verpleeg het en toegelaat het dat hy na 'n hospitaal weggebring word.

Fred, 'n verkenner, het as boodskapper tussen die Boere en die Britse magte opgetree. Methuen het uit dankbaarheid 'n ambulans met mediese voorraad aan die kommando geskenk. So was dit deur die optrede van sommige in 'n sekere sin 'n beskaafde" oorlog.

Sowat drie weke voor die vrede was daar 'n groot saamtrek van Britse troepe, sowat 3 000 soldate, op Klerksdorp. Fred was onderweg van Hartbeesfontein toe 'n klompie joiners van Graaff-Reinet hom gewaar en van agter bestorm het. 'n Heen-en-weer-skietery het losgebars, maar vir Fred was daar nie uitkomkans nie. Vlak voor die Boere laer is hy omsingel en gevang.

Die Britte het hom gedwing om drie dae lank sonder kos of water op 'n miershoop te sit.

Hy is bewaak deur gewapende Tommies.

Luitenant-kolonel RG Kekewich het hom elke dag ure lank met behulp van 'n tolk ondervra. Hy is dan glo 'n kans gegee om die regte antwoorde te gee. Fred het voorgegee dat hy nie Engels verstaan nie.

Kekewich wou veral weet waar die sluitstuk van die bommeksim was. Diť offisier het die seun allervreesliks uitgeskel.

Later het Kekewich hom 'n plaas, 'n span osse en plaasgereedskap beloof as hy wys waar die sluitstuk versteek was. Fred, toe sewentien jaar oud, wou nie sÍ nie. N drie dae het Kekewich hom ter dood veroordeel en gewys waar sy graf sal wees. Hy is ook aangesÍ om 'n brief aan sy ouers te skryf.

Nadat Kitchener tussenbeide getree het, het Kekewich aan Fred gesÍ hy sal hom stuur so ver as wat God land gegee het". Hy is Durban toe gestuur, waar die skip waarmee hy in ballingskap gebring sou word, in die hawe gelÍ het met geel vlae wat aan die maste. Almal aan boord het masels gehad.

As kind het Fred diť siekte gehad, maar nou was dit soos 'n pes. Hy het op die seereis ernstig siek geword en in IndiŽ kon hy 'n tyd lank nie loop. Hulle het hom op 'n kameel gesit en so het hy by 'n Britse fort in die Himalajas op die grens met Rusland aangekom.

'n Paar maande later is hy egter na Suid-Afrika teruggestuur.

Boertjie Phillip
1 Dec 2012, 18:42
Gideon Sheepers: Wat het julle gedoen Engeland. Gideon bly 'n inspirasie.

Oh, England, what is this that thou hast done!
A deed so black, so steeped in coward shame
that we, thy British subject o'er the seas,
must weep hot tears of bitter self contempt
to bear so foul a name. Alas! alas!
Thou dost not know, or see, or feel. Deaf dumb
and stone blind, thou reelest to ruin.
What is one young and gallant life to thee?
What matter faith and knightly-hood and honour
to those, who calmly starve young babes to death?
"England, thou hast already lost thy spurs!"
So spake another of they modern seers, -
Thy "spurs"? Aye, knighthood, manhood,
!name and fame!
All, all are lost; and England - Milton's England,
now grasps a tinsel Empire in their place.
We wish her joy of her so noble choice,
and turn away our hearts to the lone grave
where Scheepers lies, away to burger-faith
to nobler manhood, truer Chivalry
than ever Empire breed.
England, Farewell!

Gideon Sheepers is op 4 April 1878 in Middelburg Transvaal gebore. In ’n leeftyd van minder as 24 jaar beleef Scheepers dalk veel meer as mense wat driekeer so oud geword het. Sy lewe en wedervaringe word bondig in verskeie webtuistes soos aangehaal in die bronnelys weergegee wat ter inleiding vertaal, bygewerk en opgesom word. Baie goeie agtergrondsinligting oor die tydperk is ook in van Jaarsveld (1967) en Muller (1980) gevind.

Op 16-jarige ouderdom sluit hy by die artilleriekorps aan waar hy as heliografis opgelei word. Heliografie is ‘n tegniek waarmee boodskappe destyds oor groot afstande met behulp van spieŽls na mekaar toe gekaats is. In 1898 word hy gesekondeer na die ou Oranje Vrystaat waar hy die rang van sersant beklee. Hy neem deel aan die bekende Magersfontein veldslag waaruit die Boere as oorwinnaars tree.

Sy sterk leiersvaardighede tree vroeg na vore en nadat generaal Piet Cronje by Paardeperg oorgee, ontsnap Sheepers. Hy breek deur die Britse linies en neem ‘n groep brawe Boere met hom saam. Onder sy leiding word groot skade aan Britse spoor- en kommunikasieverbindings in die destydse Kaap-provinsie aangerig.

Scheepers word baie gou vir die Britte ’n groot bedreiging en gevaar. Swartmense is deur die Britte opgesweep om Boerevestings te plunder en Boervrouens te vermoor en te verkrag. Scheepers veg terug deur wraak te neem op mense in die besit van vuurwapens wat deur die Britte aan hulle verskaf is.

Minnaar, 2001, skets die volgende beeld van Scheepers: “These commandos were a constant thorn in the flesh of the British forces and Scheepers in particular stood out for his daring and elusiveness. (A reward of 250 UK pounds was eventually placed on him for his capture). He constantly clashed with the columns of Cols Parsons, Grenfell and Henry J Scobell, who were hoping to capture him by encircling movements.”

Op 20 Desember 1900 is krygswet in Graaff-Reinet afgekondig, “but the loyalists in town were given a bad fright when news reached them that Kritzinger was in the neighbourhood of Middelburg and was heading their way.”

Siekte en skuldigbevinding

“Op 10 Oktober 1901 word Scheepers ernstig siek naby Prins Albert en vra om agtergelaat te word. Die Britte neem hom gevange en stuur hom na ʼn tronk op Graaff-Reinet. ʼn Krygsraad misken sy aanspraak as offisier van die Boere republieke se magte en aanvaar onbetroubare getuienis dat hy oorlogsmisdade gepleeg het. Hy word skuldig bevind aan oorlogswandade....” Hoe kan ’n Boer deur die Britte van oorlogsmisdade aangekla word terwyl hulle wat die oordeel vel, veel erger en barbaarse dinge aan onskuldige mense gedoen het? Wie dra die skuld vir die wandade in die konsentrasiekampe?

Teregstelling

Die volgende vertaalde stuk skets die toestand wat tydens Scheepers se teregstelling geheers het baie mooi (Van Rensburg, 2001): Die impak van die Anglo-Boereoorlog op Graaff-Reinet was traumaties om die minste te sÍ. Dit het het baie wonde en verdeling binne die gemeenskap gelaat wat vererger is deur ’n aantal teregstellings wat in die dorp voltrek is. Vanaf April 1901 was die verhoor van rebelle wat van wandade aangekla is in die hande van militÍre magte. Een van die bekendste teregstellings was die van Gideon Scheepers. Ofskoon baie aangeklaagdes ter dood veroordeel is, het slegs die volgende 8 die hoogste prys in Graaff-Reinet betaal: Petrus Jacobus Fourie, J B L van Rensburg, L F S Pheiffer, D F Olwagen, J W Nel, J H Roux, J F Geldenhuys en kommandant Gideon Scheepers wat om 15:30 op 18 Januarie 1902 tereggestel is.

Die Britte weier om Scheepers se stoflike oorskot te oorhandig, en hy word in ʼn onbekende graf begrawe.” Tot vandag weet niemand waar hierdie uitsonderlike Boereheld begrawe is nie. “Daar word vermoed dat sy graf iewers onder die huidige Nqweba-dam, op die Sondagsrivier net noord van Graaff-Reinet, lÍ.” . “Scheepers verwerf martelaarstatus deur die Britse krygshof se optrede en hy word as een van die helde van die Boeremagte gereken” (Wikipedia). Dit word algemeen aanvaar dat indien hy nie deur die Britte tereggestel is nie, Gideon Scheepers in alle waarskynlikheid een van die grootste volkshelde in die Suid-Afrikaanse geskiedenis sou word.

In 1908 is sewe van hierdie manne se grafte oopgegrawe, maar Scheepers s’n is nooit gevind nie. Op 1 Desember is hulle in ‘n massagraf in die begraafplaas in Graaff-Reinet begrawe. Die volgende dag is ‘n gedenkdiens vir hulle gehou. Prof Viljoen sonder Graaff- Reinet uit: “Vir my persoonlik het dit besondere betekenis want ek is gebore en het groot geword in Graaff-Reinet, waar Scheepers gefusilleer is deur die Engelse soldate tydens die ABO. Trouens, die Scheepers-monument staan drie huise van my ouers se huis in Somersetstraat.” Prof Viljoen se persoonlike ervaring en meelewing skep by my die vrymoedigheid, ťn die geleentheid, om onder die opskrif “Nabetragting” ’n eie persoolike gevoel met lesers te deel.

Pogings is doelbewus aangewend om die grafte weg te steek en te vermom (“disguise”). Is dit as gevolg van ’n skuldgevoel? Oordeel self. Hope grond is nie bo-op grafte geplaas soos die normale gebruik is nie. Dit is gelykgemaak met die grond soos wat jy ’n hond begrawe.
Scheepers as inspirasie en rolmodel

Die Scheepers-verhaal het verskeie skrywers meegevoer om oor hom te skryf, en die volgende drie skeppings word deur uitgesonder: “Kort nŠ sy dood het Olive Schreiner ’n gedig oor Scheepers geskryf. In 1938 het Gustav Preller sy dagboek gepubliseer en in 1950 het D.J. Opperman die wonderlike gedig, Gebed om die Gebeente, oor hierdie volksheld geskryf.” In Olive Schreiner se gedig oor Scheepers spreek sy haar gevoel in geen onduidelike taal uit nie en verwoord tegelyk ook die skreiende onregte van die Anglo-Boereoorlog:

Oh, England, what is this that thou hast done!
A deed so black, so steeped in coward shame
that we, thy British subject o'er the seas,
must weep hot tears of bitter self contempt
to bear so foul a name. Alas! alas!
Thou dost not know, or see, or feel. Deaf dumb
and stone blind, thou reelest to ruin.
What is one young and gallant life to thee?
What matter faith and knightly-hood and honour
to those, who calmly starve young babes to death?
"England, thou hast already lost thy spurs!"
So spake another of they modern seers, -
Thy "spurs"? Aye, knighthood, manhood,
!name and fame!
All, all are lost; and England - Milton's England,
now grasps a tinsel Empire in their place.
We wish her joy of her so noble choice,
and turn away our hearts to the lone grave
where Scheepers lies, away to burger-faith
to nobler manhood, truer Chivalry
than ever Empire breed.
England, Farewell!

Die woord vaarwel skets die algehele afkeur wat Schreiner, wat in Britanje gebore is, in die lafhartige daad teenoor Scheepers toon. Vaarwel is tegnies meer as net koebaaisÍ. Vaarwel is ’n laaste afskeid; so onomkeerbaar finaal soos ’n onbekeerde se sterfte, wat baie tragies is. In Opperman se gedig het Gideon Scheepers egter bly leef, soos die moeder se gebed dit so treffend stel: “....hy leef in hierdie land nou ewig en altyd!.”

’n Oordeel is gevel en ’n vonnis voltrek.

Die volgende stuk laat enige mens se hare letterlik rys: “Sy teregstelling het groot verontwaardiging in Suid-Afrika en oorsee ontlok. Selfs in die VSA het die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat besluite ondersteun dat hy volgens die Geneefse Konvensie behandel moet word, maar hierdie pogings was te laat om sy teregstelling te voorkom. Alhoewel Scheepers op sommige van die aanklagte skuld erken het, het hy deurgaans aangevoer dat hy die bevele van hoŽr offisiere uitgevoer het. Dit is ook bekend dat selfs Britse offisiere hulle aan dieselfde dade skuldig gemaak het. Dit word ook betwyfel of ’n Britse militÍre hof kragtens die internasionale reg bevoeg was om, terwyl die oorlog nog aan die gang was, die doodvonnis uit te spreek oor ’n krygsgevangene wat nie ’n Britse onderdaan was nie. Gideon Scheepers was ’n gebore Transvaler.”

’n Leier en senior offisier wat sy land met oorgawe gedien het, sterf onverdiend, ’n paar maande voor sy vier-en-twintigste verjaarsdag.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 07:08
ABO vertel oor haar Oumagrootjie.

Tydens die Anglo-Boereoorlog het my groot-oumagrootjie op ons plaas die Engelse vrou-alleen vir drie dae met ‘n perd en een geweer van die huis weg gehou.

Die mans was almal weg op kommando en sy het alleen by die huis gesit met my oupa (haar kleinkind), wat in 1898 op die kombuistafel gebore is, en sy boetie en sussie. Uiteraard wou sy nie daardie kombuistafel sommer so aan die kakies oorhandig nie, watwou nog haar kleinkinders, beeste en skape.

Die plaashuis was op ‘n heuwel (relatief gesproke, want diť is die Vrystaat) geleŽ. Sy kon ver in die vallei af sien tot by die rivier, waar die kakies kamp gemaak het en hul daaglikse terroriseringsessies en eie weergawe van affirmative shopping in die skaapkraal kom doen het.

Dit wat hulle nie wou eet nie, is keelaf gesny of aan die brand gesteek.

Na drie dae het versterkings opgedaag en het ‘n hele kommando van Haar Majesteit se beste opgedaag om haar te vang en konsentrasiekamp toe te neem.

Die kindertjies is op die wa gelaai, maar my oumagrootjie moes die 12 km na die kamp kaalvoet aflÍ, tot groot vermaak van die dapper soldate.

Later, toe een van die Britse ampsdraers die konsentrasiekamp besoek het, was daar ‘n ernstige tekort aan brandhout vir kosmaak en water kook.

Oumagrootjie het gou ‘n rebellie gereŽl onder die vroue en toe die man se perdekar by die kamp se hek inry, het hulle die karretjie bestorm en dit met handbyltjie opgekap. Hy moes maar wag vir ander vervoer verder.

Sy is later huis toe. Al die kinders het dit oorleef, maar van die plaas was nie veel oor nie. Die diere was almal dood en die plaashuis, kombuistafel en al, is tot op die grond afgebrand.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 07:14
ABO kan die Engelse nie vergeet: Verskeie Staaltjies.

My Oupa-hulle se grond was ook in die Heilbron distrik, sy van was Olivier. Hy het my vertel dat hy op die trein gebore is oppad konsentrasie kamp toe. Hy het geborsvoed tusse al die vrouens later daar want sy Ma het nie genoeg melk vir hom gehad nie. In sy skrywes het ek afgekom waar hy vertel die bewaarders wou sy suster van agt verkrag. My ouma het haar iets ingegee wat haar naar en siek gemaak het. Sy het toe haar eie vinger geprik en die bloed aan haar wang gesmeer om haar meer aanterkliker te maak vir die wagte. Wel dit het toe gewerk en die wagte het beurte met het haar gemaak.

My hare reis as ek nou weer daaraan dink! Hy het engelse gehaat met n passie en het hulle nooit vertrou nie. Ons was min afrikaans sprekendes in Natal se middelande op daai staduim en van my vriende was engels. Hulle mag nooit kom kuier het as my Oupa daar was nie. Ek het dit destyds geensins verstaan nie. Hy het my eers in standerd vyf van die oorlog vertel maar ek het eers baie jare later gelees van die verkragting en drama in die konsentrasie kamp. Ook maar goed so. Die Britse koningkryk het hulle skuldig gemaak aan baie ongenaakbare taktieke om hulle rykdom te beskerm.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 07:22
DIE staaltjie wat ek graag wil vertel:

DIE staaltjie wat ek graag wil vertel, was algemeen bekend en 'n spottery in my familie aan moederskant vir solank as wat my geheue teruggaan.

'n Bietjie agtergrond sal miskien help om te verduidelik waarom die staaltjie bitterheid in my moeder se familie veroorsaak het.
My oupa het geheet Barend Johannes van Biljoen stet (Biljon), 'n gebore Vrystater wat hom as jong man in Oos-Kaap bevind het waar hy my ouma, Sofia Frances Wyatt, ontmoet en met haar getrou het. Soos u kan aflei, was my ouma van Walliese afkoms. My oupagrootjie was 'n ware Wallieser. Ek kan hom nog onthou met sy rooi hare en baard. Hy kon ook pragtig sing.

Toe die Anglo-Boere-oorlog uitbreek, het oupa Ben teruggetrek Vrystaat toe waar hy as verkenner in die Boere-mag gedien het. Hy was ook in die Slag van Magersfontein en het jare later nog met bewondering praat van die brawe Skotte met die swart rokkies (Black Watch) wat so voor die voet platgeskiet is. Oupa is nooit gevange geneem nie, seker maar omdat hy as verkenner baie rondbeweeg het.

Oupa se swaers, die Wyatt-broers, het hulle by die Britse koloniale magte aangesluit. Soos dit nou maar moes gebeur het, het ``uncle'' Henry Wyatt sy rieme met oupa Ben styf geloop.
Oupa Ben was besig met verkenning toe hy 'n Britse berede soldaat gewaar. Hy en die Kakie spring toe van hul perde af en begin op mekaar losbrand. Oupa Ben was 'n baasskut en het gepresteer in die Jeppy-skildkompetisies, wat later die Suid-Afrikaanse Bisley geword het.

Met diť vernuf was dit nie lank nie of die Kakie ``hens-op''. Tot oupa Ben se verbasing moes hy sien sy prisonier is sy swaer Henry Wyatt. Hulle was vreeslik bly om mekaar te sien en het saam kos gemaak en koffie gedrink.

Daarna het oupa Ben saam met ``uncle'' Henry tot naby 'n Britse kamp gery, maar net daar het die moeilikheid begin.
Oupa Ben, seker ook maar moedswillig, het ``uncle'' Henry se perd, geweer, uniform, stewels alles buitgemaak en hom in die veld met net sy ``combination''-onderklere aan gelos.

Dit het later die groot grap van die familie geword. ``Uncle'' Henry was sů kwaad dat hy tot met sy dood nooit weer met oupa Ben gepraat het nie.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 08:05
DENEYS REITZ SE DEELNAME AAN DIE ANGLO-BOEREOORLOG.

WIE WAS DENEYS REITZ?

Deneys Reitz, die derde van FW en Blanca Reitz se vyf oorlewende seuns, is
op 2 April 1882 te midde van die politieke en ekonomiese ontwaking van die
Oranje-Vrystaat in Bloemfontein gebore. Hy kom uit ’n huis waarin sy vader
agtereenvolgens as staatspresident van die Vrystaat (1889-1895) en staatsekretaris
van die Zuid-Afrikaansche Republiek (Transvaal) (1898-1902) funksioneer. Met
die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog in 1899 gaan hy as 17-jarige seun op
kommando. Met die sluit van vrede na die Anglo-Boereoorlog weier hy om die eed
van getrouheid teenoor Brittanje af te lÍ en wend hy hom na Madagaskar waar hy
onder meer as ’n transportryer werk. Hy keer in 1903, op aandrang van Isie Smuts,
vrou van genl. Jan Smuts, na Suid-Afrika terug, kwalifiseer as ’n prokureur en open
’n prokureurspraktyk in die noordoos-Vrystaatse dorp, Heilbron.

Gedurende die 1914-rebellie skaar Reitz hom aan die Botha-Smuts-regering
se kant en voer hy die Heilbron-kommando teen die rebelle aan. Tydens die Eerste
WÍreldoorlog sluit hy aanvanklik by Botha en Smuts in Duits-Suidwes-Afrika aan en
daarna by die Britse leŽr in Brittanje. Hy bestee die grootste deel van sy tyd tydens
die Eerste WÍreldoorlog in die loopgrawe aan die Wesfront in Frankryk en vorder tot
die rang van kolonel in bevel van ’n bataljon van die First Royal Scots Fusiliers.
Na die Eerste WÍreldoorlog wend Reitz hom in 1920 tot die politiek en as
lid van die Suid-Afrikaanse Party (SAP) verteenwoordig hy eers Bloemfontein-
Suid en later Port Elizabeth. Vanaf 1929 verteenwoordig hy Barberton. Hy dien as
minister van lande onder Smuts, waar hy onder meer betrokke raak by wetgewing
i.v.m. die totstandkoming van die Krugerwildtuin. Hy dien ook as minister van
lande in die koalisiekabinet van JBM Hertzog (1933) en daarna as minister van
landbou en bosbou (1935), minister van mynwese (1938), minister van naturellesake
(1939) en as adjunkpremier in Smuts se Oorlogskabinet (1939-1943). Weens
swak gesondheid tree Reitz uit die politiek en word hy in 1943 as hoŽ kommissaris
in Londen aangestel, waar hy in 1944 oorlede is.

REITZ SLUIT BY DIE PRETORIA-KOMMANDO AAN.

Deneys Reitz se betrokkenheid by die Anglo-Boereoorlog het reeds in September
1899 ’n aanvang geneem, terwyl hy vir ’n kursus in ingenieurswese by die
Staatsgimnasium in Pretoria ingeskryf was.3 Die dreigende oorlog met Brittanje
het soveel opwinding onder die studente veroorsaak dat hulle nie veel aandag aan
hulle studies kon gee nie.

Dit het vir hom baie min waarde gehad en hy het gevolglik weinig van ingenieurswese geleer. Aangesien dit ’n algemene gevoel onder die leerlinge was, het die deure van die skool op 3 Oktober 1899, agt dae voor die uitbreek van die oorlog, gesluit,5 grootliks as gevolg van druk van bekommerde ouers, maar ook op versoek van sommige leerlinge wat onder meer gemeld het dat hulle wou huis toe gaan sodat “zij zich kunnen uitrusten ten strijde”.
Reitz meld in Commando dat die oorlog onafwendbaar was. Hy was van mening dat die Britse regering besluit het om ’n oorlog af te dwing en dat hulle die grootste skuld daarvoor moes kry. Die Transvalers was egter ook redelik veglustig en volgens wat hy in Pretoria waargeneem het, sou hulle in elk geval die situasie tot uitbarsting gebring het. Hyself het nie die Britte gehaat nie, maar as ’n “Suid-Afrikaner” sou hy vir sy land veg en die verdienste van die oorlog was nie iets waaraan hy hom veel gesteur het nie. “I looked on the prospect of war and adventure with the eyes of youth, seeing only the glamour, but knowing nothing of the horror and misery.”

Dit is hierdie verromantiseerde beeld van oorlog wat Reitz en sy 19-jarige broer, Joubert, vasbeslote gemaak het om aan die naderende oorlog met Brittanje deel te neem. Die besware van hulle ouers dat hulle te jonk was om daarby betrokke te raak en dat hulle boonop ook nie Transvaalse burgers was nie, is geÔgnoreer en hulle het op allerlei maniere gekonkel om wel hul sin te kry.
Artikel 7 van die Kommandowet van die ZAR (Wet 20 van 1898) het bepaal dat elke burger moes sorg vir sy eie klere, ’n geweer in goeie toestand en ammunisie vir ten minste 30 skote. Waar burgers nie oor gewere beskik het nie, sou dit deur die regering aan hulle verskaf word.8 Deneys en sy broer, Joubert, het gevolglik een oggend na die staatskantore gegaan en “koelbloedig” vir genl. Piet Joubert gevra om aan hulle elkeen ’n Mauser-geweer te skenk. Hoewel Joubert aanvanklik vir hulle gelag en verskonings gemaak het oor waarom hulle nie gewere kon kry nie, het hy wel later toegegee en aan assistent kmdt.genl. LF de Souza opdrag gegee om aan hulle elkeen ’n geweer te oorhandig. Op ’n soortgelyke wyse het die twee broers sonder hulle ouers se medewete by veldkornet (vk.) Melt Marais daarop aangedring dat hy hulle name op die kommandeerlys van die Pretoria-distrik moes plaas – iets wat Marais net voorgegee het om te doen.

Deneys Reitz se deelname aan die Anglo-Boereoorlog hoe om hulle ouers se goedkeuring te kry om aan die oorlog te kon deelneem, is deur pres. Paul Kruger vir hulle opgelos. Op sy vraag hoe oud Deneys is, het hy geantwoord dat hy al 17 was, maar dat sy vader dink dat hy nog te jonk is om op kommando te gaan. Daarop het Kruger glo vir FW Reitz gesÍ: “Ach nee meneer Reitz, jij moet hem laat saam gaan, ik het ook jong beginne.” FW Reitz se stilswye hierop was vir Deneys ’n teken dat die stryd gewen is. Uit ’n regsoogpunt het FW Reitz nie juis ’n argument gehad nie, aangesien artikel 28 van die ZAR Krygswet gespesifiseer het dat “[a]lle ingezetenen tusschen 16 en 60 jaren oud” opgeroep kon word om krygsdiens te verrig.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 08:15
DENEYS REITZ DIE VELDTOG IN NATAL.

Op 27 September 1899 het kmdt.genl. Piet Joubert aan die kommandante van die ZAR opdrag gegee om die burgers vir krygsdiens op te roep en hulle na aangewese punte op die grense te neem.13 Die Pretoria-kommando het op 29 September per trein vanaf die Pretoria-stasie na Natal vertrek.14 Op 2 Oktober was hulle by Sandspruit, ’n paar kilometer noordwes van Volksrust aan die Natalse spoorlyn, saamgetrek. Diť tydelike bymekaarkompunt het hulle met die kommando’s van Standerton, Krugersdorp, Bethal, Heidelberg en Middelburg, die vrywilligerskorps Nederlanders en oud-Nederlanders, die Ierse vrywilligerskorps, die Duitse korps en die Staatsartillerie gedeel.
Elke kommando was in twee of meer veldkornetskappe ingedeel, wat op hulle beurt weer in korporaalskappe, wat deur ’n natuurlike keuringsproses gevorm is, onderverdeel is. Vriende uit dieselfde staatsdepartement of afkomstig vanuit dieselfde gedeeltes van die dorp, het byvoorbeeld hulle kookgerei saamgevoeg en sodoende ’n klein militÍre eenheid gevorm wat mekaar ondersteun en bygestaan het. Een van die lede is dan as korporaal verkies en alle bevele is deur diť persoon aan die res van die korporaalskap oorgedra. Deneys se korporaalskap is gelei deur Isaac Malherbe, “een dappere en bekwame man van wien wij allen zeer hielden”. Die korporaalskap het verder bestaan uit die vier Malherbe broers, Joubert Reitz, Charlie Jeppe (Pretoria), Wouter de Vos (Ceres), Paulkie de Villiers (Paarl), Jan Luttig (Ceres), Lami de Villiers (Paarl), Baby van Rensburg (Pretoria), Sampie van Zijl en ’n paar ander Pretorianers, “een vroolijke en dappere klomp kerels”.

Hulle was meestal jong manne wat in die staatsdiens, regskantore en winkels in Pretoria gewerk het. Baie min van hulle het militÍre opleiding deurloop of was al in ’n oorlog betrokke, maar hulle was almal ywerig en vol vuur.
Reitz se vuurdoop het op 20 Oktober by Impati-berg plaasgevind. ’n Afdeling Britse kavallerie onder bevel van lt.kol. BD MŲller, aanvoerder van die 18th Hussars, is daarheen gestuur om genl. Lukas Meyer se terugtog vanaf Talana na Doringberg, na die Boere-aanval op Dundee, te verhoed. MŲller se mag het hom egter in ’n afdeling van kapt. Danie Theron se “Wielryders” asook burgers van die Ermelo-kommando vasgeloop en is gedwing om by ’n plaasopstal te gaan skuiling soek. Volgens Reitz het ’n paar van hulle ook die Britse troepe gewaar en agterna gesit. Nadat die opstal omsingel is, het hy vir die eerste keer die opwinding van ’n geveg ondervind en die gefluit van koeŽls om sy ore gehoor. Reitz meld dat hy van kleins af daarvan gedroom het om in ’n geveg betrokke te wees, maar dat hierdie eerste geveg waaraan hy deelgeneem het sy vooropgestelde idees van hoe gevegte is heeltemal verander het, aangesien daar amper niks was om te sien nie. Die soldate was versteek en behalwe vir ’n helm af en toe en die stofwolkies van die koeŽls wat rondom hulle grondvat, het hulle niks van die vyand gewaar nie. Diť geveg het nie lank geduur nie, aangesien die Britte oorgegee het nadat daar met ’n kanon op hulle geskiet is.

Reitz moes ook ’n tweede van sy vooropgestelde idees oor die Britte laat vaar deurdat hulle, tot sy teleurstelling, kakie-uniforms gedra het en nie sierlik met “brilliant roode uniform met gouden streepen en een groote beeren-vel helm op de hoofd” aangetrek was soos wat hy hulle voorgestel het nie. Sy opgewondenheid om uiteindelik aan ’n geveg te kon deelneem, het ook geseŽvier oor sy skok om vir die eerste keer soldate te sien wat in ’n geveg gesneuwel het, en dit het hom lank gepla.
Teen 28 Oktober het die Boeremagte in die omgewing van Ladysmith begin ontplooi met die oog op die stryd teen die Britse magte daar. Die Pretoria-kommando het stelling op die hoŽ rante ten noorde van Pepworthheuwel, noord van Ladysmith ingeneem, wat oor die Tintinyoni tot by Nicholsonsnek gestrekhet.28 Hierdie stellings van die kommando’s het aanleiding gegee tot ’n besluit van lt.genl. sir George White, Britse bevelvoerder in Ladysmith, om op 30 Oktober ’n aanval op die Boeremagte rondom Ladysmith te loods. Sy krygsplan was daarop gemik om onder dekking van swaar bombardemente eers Long Hill en daarna Pepworthheuwel in ’n infanteriestormloop in te neem. Dit het tot gevolg gehad dat beide die Vrystaatse en Transvaalse magte geÔsoleer en teruggedryf is. Terselfdertyd sou ’n mag onder leiding van lt.kol. FRC Carleton na Nicholsonsnek gestuur word met die doel om die hoofaanvalsmag se linkerflank te dek.
Die Britse aanvalle op 30 Oktober is gefnuik en die daaropvolgende Britse terugtrekking na Ladysmith30 het veroorsaak dat Reitz genl. Piet Joubert in sy Herinneringen ernstig gekritiseer het. ’n Aanval op die retirerende Britse magte sou die Boere die geleentheid gebied het om die vyand ’n ernstige nekslag toe te dien. Onderwyl waarnemende kmdt. CR de Wet, volgens Reitz, “Los jou ruiters, los jou ruiters” geprewel het in die hoop dat Piet Joubert die retirerende Britse magte sou aanval en oorrompel, het Joubert die Britte die geleentheid gegun om ongehinderd terug te val. Reitz haal vir genl. DJE Erasmus aan wat beweer het dat Joubert glo gesÍ het: “Wanneer God ’n vinger uithou, moenie die hele hand gryp nie” (vertaling). Reitz se interpretasie van die stelling was dat God hulle reeds genoeg bygestaan het op diť spesifieke dag en dat hulle nie aanmatigend moes wees om meer te wil hÍ nie. Dit het egter nie beteken dat hy hierdie mening gedeel het nie.
Reitz spreek in Commando die mening uit – wat nie in sy geskrewe Herinneringen van 1903 voorkom nie – dat hulle optrede tydens die aanvanklike gedeelte van die oorlog deur ’n gebrek aan visie beperk is. Hy was selfs van mening dat dit dalk beter sou gewees het as die Britte diť veldslag gewen het, aangesien dit die Boereleiers sou dwing om ’n beter gevegstaktiek te volg as om Ladysmith te beleŽr. Reitz het geglo dat die uitslag van die oorlog heel moontlik anders sou gewees het as die Boere na die kus opgeruk het eerder as om dorpe, wat van geen belang was nie, te beleŽr. Volgens hom het die Boereleiers die voordeel van hulle groter mobiliteit prysgegee en toegelaat dat uitstekende guerrillavegters stagneer en demoraliseer as gevolg van die eentonigheid van die beleŽringstaktiek.31
Twee dae na die gevegte van 30 Oktober het die beleg van Ladysmith begin – ’n beleg wat 119 dae sou duur.32 Die doel van die beleg was nie om die dorp deur direkte aanvalle in te neem nie, maar om die weerstand van die Britse troepe geleidelik af te breek. Die Boerekommando’s is gevolglik so geplaas dat hulle die verdedigers bloot deur middel van bombardemente kon aanval.

Die Pretoria-kommando was noord van Ladysmith geposisioneer. Reitz se korporaalskap het op Bellskop stelling ingeneem. Aangesien dit hulle permanente posisie sou word in die kordon wat rondom Ladysmith getrek is, het hulle begin om skuilings te bou en die laer gerieflik in te rig. Die Reitz-broers het gevolglik ’n rustige tydperk deurgebring en ’n gemaklike lewe gelei. Al wat hulle gedoen het, was om op die Britse buiteposte te skiet, te gaan kyk hoe daar met kanonne op die dorp gevuur word, of om by nabygeleŽ laers te gaan besoek aflÍ.

Geeneen van die veldslae in Natal het dieselfde impak op Reitz se gemoed gehad as die slag van Spioenkop nie. Spioenkop het plaasgevind nadat genl. sir Redvers Buller, in sy poging om Ladysmith te ontset, besluit het om die dorp van twee kante te nader. Genl.maj. NG Lyttelton sou die Tugelarivier by Potgietersdrif kruis om sodoende die Boere wat aan die noordekant van die rivier was, besig te hou. Terselfdertyd moes lt.genl. sir Charles Warren die rivier by Trichardtsdrif verder wes met drie infanteriebrigades, ’n berede brigade en ses batterye veldartillerie (altesaam 15 000 man en 36 kanonne) kruis. Hy was veronderstel om na die weste van Spioenkop te beweeg en die Boeremagte sodoende te omvleuel. Vanaf Acton Homes moes hy dan in die rigting van Ladysmith beweeg.
Ooreenkomstig Warren se aanvalsplan het ’n troepemag van sowat 1 700 man onder bevel van genl. ERP Woodgate Spioenkop die nag van 23 op 24 Januarie 1900 in digte mis en reŽn beset en die Boerebrandwagte wat daar geplaas was, verdryf. Die verjaagde brandwagte het genl. Schalk Burger, wat verantwoordelik was vir die verdediging van die sektor waarin Spioenkop geval het, vroeg die oggend van 24 Januarie oor die Britse besetting van Spioenkop gewaarsku. Hy het aan kmdt. Hendrik Prinsloo met 84 man van die Carolina-kommando opdrag gegee om die kop te bestorm. Genl. Louis Botha wat in beheer van die Boeremag aan die Tugelafront was, het vervolgens versterkings teen die berg uitgestuur, insluitende 30 man van die veldkornetskap Pretoria-dorp onder vk. Piet Zeederberg, ’n klompie uit die Pretoria-distrik onder kmdt. “Rooi” Daniel Opperman en manskappe van die Johannesburgse kommando, die Duitse korps onder lt. Schmitz-Dumont en die kommando Krugersdorp onder vk. J Kemp.37 Deneys, sy broer, Joubert, en verskeie ander burgers van Isaac Malherbe se korporaalskap het deel van die mag uitgemaak.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 08:26
DENEYS REITZ: Vervolg.

Die roete teen die noordehang van Spioenkop uit was besaai met gesneuwelde en sterwende burgers en Reitz het gou op tekens afgekom dat die Pretoria-kommando ook daar verby is. Hy het eerste op die lyk van Johan Malherbe, Isaac Malherbe se broer, afgekom. ’n Paar meter verder was nog twee gesneuweldes van die Pretoria-kommando. HoŽr op het hy sy tentmaat, Robert Reinecke, wat deur die kop geskiet is en nie ver daarvandaan nie L de Villiers, van hulle korporaalskap, teŽgekom. Nog hoŽr op was ene Krige, nog een van Isaac se manne, met ’n koeŽl deur beide longe. Hy het ook op sy tentmaat, Walter de Vos, afgekom. Hy is deur die bors geskiet, maar kon vriendelik glimlag toe hulle verby hom is. Behalwe gesneuwelde Pretorianers, het hulle ook ’n groot getal gewonde en gesneuwelde burgers van die Carolina-kommando teŽgekom.
Toe hulle die kop bereik het, het hulle gevind dat die Boere-aanvallers nie verder kon vorder as ’n rotsbank wat rondom die platorand gestrek het nie. Die Britte was in ’n vlak loopgraaf agter ’n lae klipstapel sowat 20 meter weg en die grootste gedeelte van die kruin was steeds in hulle hande. Reitz kon nie by Isaac Malherbe en die res van sy korporaalskap aansluit nie en het hom vir tyd en wyl by die gevegslinie van Opperman se burgers gevoeg. Hier het hy die hele dag deurgebring, terwyl daar aanhoudend oor en weer tussen hulle en die Britte geskiet is. In die rigting waarin die Pretoria-kommando verdwyn het, het hy die liggaam van sy tentmaat, Charles Jeppe, gesien lÍ. Reitz het Jeppe as ’n goeie vriend beskou en sy dood het hom so aangedaan gemaak dat hy skaars kon skiet. Nadat sy eerste skoot halfpad tussen hulle en die Britse stellings in die grond in is, het Opperman aan hom gesÍ dat hy nie kinders in sy kommando soek nie en dat Reitz eerder moes huis toe gaan. Reitz was egter op sy eer gesteld, het homself reggeruk en het daarna, tot Opperman se tevredenheid, elke skoot direk op die Britse skanse gerig.
Ofskoon Spioenkop ’n Boere-oorwinning was, het verskeie van Isaac Malherbe se korporaalskap gesneuwel 42 en die aand na die slag het Deneys teruggekeer na ’n verlate tent. Vier van sy tentmaats was dood, ’n vyfde was ernstig gewond. Sy broer, Joubert, het opdrag gekry om die Britse gevangenes na Pretoria te vergesel. Hy was gevolglik heeltemal alleen met net Charley, hul agterryer, wat alles gedoen het wat hy kon om Deneys te probeer opbeur.43 Eers ongeveer ’n week na die slag van Spioenkop het Deneys weer tentmaats gekry toe Joubert vanaf Pretoria teruggekeer het, vergesel van hul broers, Hjalmar, Arnt en Jack. Die 12-jarige Jack se verblyf was van korte duur, aangesien Erasmus hom gewaar en terug huis toe gestuur het.

Die slag van Spioenkop het ’n dramatiese uitwerking op Reitz en sy gevoel oor oorlog gehad.

In volume II van sy Herinneringen skryf hy onder meer:
“... en verliet ik toen ook dien onvergetelyken plaats van onbesckrijfelijke ellende en afgrijsen waar ik finaal leerde dat ‘oorlog is hel’ en nooit weer behoeft iemand bij mij te spreken over ‘the glory of war’ waar mannen die als helden gevallen waren en uitzagen als informaat vleesch die door een vleesch machine gegaan was en waar de dappere dooden met monden en neusgaten vol misselijke brommer vliegen waren en met huiwering-wekkende grijzen op de lippen en gezwollen en afgrijslijke uitziende oogen en gezichten in allerlei onmenschelijke houdingen in de zon lagen op te zwellen en heb ik van toen af een oorlog beschouwd als de grijwelijkste misdaad die door de menschdom gepleegd kon worden en de lust en plezier die ik tot hier toe in alles genomen had herleefde voor maanden lang niet weder”.

Op 27 Februarie 1900 het Buller ’n deurbraak op die Boere se linkerflank by Pietershoogte gemaak. Dit het die einde van die veldtog in Natal ingelui. Ladysmith is die volgende dag ontset en die Boere het begin terugval.46 Die Pretoria-kommando se opdrag om na Elandslaagte terug te trek, is volgens Reitz op ’n wanordelike manier uitgevoer. Elke burger het eenvoudig sy eie voorrade geneem en koers gekry en geen poging is aangewend om op ’n georganiseerde manier te onttrek nie. Die berede burgers het die res van die konvooi geÔgnoreer en groot probleme het ontstaan elke keer wanneer die waens ’n spruit of donga moes kruis. Die Reitz-broers en hulle oom het tot hierdie wanorde bygedra deur van die res van die Pretoria-kommando weg te breek en hulle eie roete na Elandslaagte te volg. Volgens Reitz het hulle dit gedoen omdat hulle nie die nut daarvan kon insien om in modder en water rond te ploeter nie. ’n Dag later het hulle Zeederberg by Glencoe raakgeloop en hier het hulle vir ’n paar dae oorgebly, terwyl die veldkornet weer die Pretoria-kommando bymekaar gemaak het. Daarna is hulle in ’n nuwe verdedigingslinie teen die hange van die Biggarsberge ontplooi.
Vir Reitz was hierdie terugtog uiters demoraliserend. Hy het na Natal gegaan met die gedagte dat hulle die Britte sou oorwin, maar na vier maande van nuttelose beleŽring by Ladysmith moes hulle die aftog blaas en dit was vir hom een van die slegste ervarings van sy lewe:
“Van kindsbeen aan was van ons grootste leesstof steeds geweest over de voortrekkers en de heldedaden van ons volk in de vroegere jaren en na wat die oorlog van 1880 gebeurd was en de Jameson inval, waren wij vast van meening dat de afrikander volk onder een soort van speciale voorzienigheid stond en dat wij onder bijzondere bescherming van de krijgsgeluk waren en wij de overwinningen tot hiertoe in deze oorlog behaald, bijna als voor natuurlijk aannamen, zoodat die ontnuchtering die ons in deze laatste dagen overkwam bitter als gal was en hebben wij, eigenlijk gezegd, tot aan de Vrede, nooit weer heelemaal over de schok
van deze tijd gekomen en nooit weer volkomen ons vroegere nationale zelfvetrouwen terug gevonden.”

Reitz beskryf die drie weke in hulle nuwe verdedigingslinie as “een uitgestrekte picnic”. Die broers het die laer lewe egter gou eentonig begin vind en toe hulle gerugte hoor dat dit maar moeilik gaan in die Vrystaat, het hulle besluit om eerder na hulle “eie” land terug te keer. Of hulle optrede korrek was of nie het hulle weinig geskeel, aangesien hulle gevoel het dat hulle kon gaan waar hulle wou sedert die vernietiging van hulle korporaalskap.50 Hierdie benadering het loodreg teen die vereistes van die Boereleiers, wat eerder as ’n goed georganiseerde eenheid sou wou veg, ingedruis. Dit spreek egter van die eiewyse en aanmatigende houding wat so gereeld en duidelik na vore kom in Reitz se beskrywing van sy wedervaringe.

Sewentien burgers het tydens die geveg by Nooitgedacht gesneuwel en 61 is gewond. Onder die gewondes was Jan Joubert, seun van genl. Piet Joubert en vriend van Reitz. Die gesig van hoe die burgers hulle gestorwe makkers oor perde se rŻe vasgemaak na die laer terugbring, het Reitz oorlog en die dood laat verromantiseer:
“Het was hard om te denken dat die afgrijselijke gezicht nog dezen morgen dappere manne geweest waren die als helden een sterke vijand bestormd en overrompeld hadden. Toch zie ik liever een dappere man als een schaap over een pakpaard gebonden met de patroon banden om de schouders en de sporen aan de voeten van het veld van eer gebracht dan dat hij in zijn bed als een ou vrouw moet sterven en in een akelige wagen met glaze zijden wegkarwijde wordt naar een enge kerkhof – het is tenminste een krijgsmans begrafenis om alzoo over een paard door zijne wapenbroeders begeleid bij zijn oude kommando voorbij gebracht te worden terwijl honderden dapperen met ontblote hoofden hem het laaste groet toeroepen.”

Teen Kersdag 1900 was Reitz uiters depressief oor die stand van die oorlog en hy maak sinies die volgende stelling: “Ik was nu voor de oorlog rechtig vies want het scheen mij dat het maar altoos zoo gaan dat de vijand ons als schapen voor zich uit zou jagen totdat de laatste man gevangen was.” Hy beskryf die algemene toestand in hierdie tydperk as baie sleg, aangesien duisende van die burgers neerslagtig was en baie van hulle van die kommando’s af weggesluip het om die wapen te gaan neerlÍ. Groot hoeveelhede van hulle het van die standpunt uitgegaan dat daar geen kans was om hulle vryheid te behou nie. Hulle was van mening dat as die oorlog sou voortgaan hulle vrouens en kinders uitgeroei sou word, hul vee sou verdwyn en alles op die grond afgebrand sou word. Vir Reitz was dit “niet ver van de waarheid”.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 08:45
Slot.

Na ’n geveg teen die 9th Lancers op 14 Oktober 1901 by die Kariegarivier was Reitz en sewe van sy makkers vir drie weke van die res van Smuts se kommando afgesny. Gedurende hulle trek om die kommando weer in te haal, was Reitz so neerslagtig dat hy gewonder het of hy hom nie aan die Britte moes gaan oorgee om voedsel in die hande te kry nie. Volgens sy beskrywing was sy toestand misrabel. Hy het in ’n stadium van sy makkers afgedwaal in ’n poging om van ’n groep Britte weg te kom. Sy voete was opgeswel as gevolg van dorings, ’n pendoring het deur sy hand gesteek en dit laat opswel en hy was in ’n vreemde wÍrelddeel, ver van sy eie land, sonder enige vriende of kennisse, omring deur die vyand. Boonop was hy moeg en honger. ’n Maaltyd en ’n bietjie versorging deur ’n goedgesinde Kaapse familie het sy mismoedigheid gou laat verdwyn. Hy was egter van mening dat hy nie die Smuts-kommando op sy eie sou kon inhaal nie en was siek en sat van die Kaapkolonie met al sy “berge en grammadoelas”. Hy het gevolglik besluit om eerder weer na die Transvaal terug te keer en daar by ’n ander kommando te gaan aansluit. Op die eerste nag nadat hy die terugtog aangepak het, het hy egter weer sy sewe afgedwaalde makkers raakgeloop. Alle gedagtes van terugkeer na die Transvaal het saam met sy vriende se weersiens gewyk.
Terug by die kommando het Smuts aan Reitz en Willem Conradie opdrag gegee om by sy staf aan te sluit. In Commando sÍ Reitz dat die eer hulle te beurt geval het uit erkenning vir hulle tog om weer by die kommando aan te sluit en dat dit gesien kan word as militÍre bevordering. In sy Herinneringen meld hy egter dat Smuts gesÍ het dat hy wat Reitz is, besig was om te wild te raak en dat Smuts vanweŽ sy vriendskap met FW Reitz eerder ’n ogie oor Reitz wou hou. Reitz was egter nie besonder beÔndruk met die reŽling nie, aangesien hy bewus daarvan was “dat de staf kerels niet konden doen of gaan waar zij wilden en dat zij eigenlijk als rapportrijders dienden en gedurig heen en weer gezonden werden met boodschappen en dat soort werk stond my niet aan … Er was echter niets aantedoen en werd ik aldus bij de ‘kripvreters’ ingelijfd.”

Die term “kripvreter” is volgens Reitz deur die burgers gebruik om spelendergewys na Smuts se personeel te verwys. Dit was gemik op ’n perd wat in ’n stal gevoer is in teenstelling met een wat sy eie kos in die veld moes soek.100 Die gevolg van die skuif was dat Reitz vir die res van die oorlog groot afstande te perd en te muil afgelÍ het om vir Smuts boodskappe tussen die verskillende kommando’s in Namakwaland te neem. Met een so ’n tog, op soek na kmdt. Van Deventer, het hy vir 80 ure geen rus of slaap gekry nie en hy beskryf dit as die langste ononderbroke rit wat hy gedurende die oorlog onderneem het. Ten spyte van die lang afstande wat hulle moes aflÍ, het Reitz die lewe geniet. Die plaaslike blanke bevolking het met hulle gesimpatiseer en hulle is oral welkom geheet. Reitz skryf: “I was not above feeling a pleasant glow when womenfolk waved from before the farmhouses, and the men shouted greetings from the roadside.”

Teen die einde van Februarie 1902 het Smuts sy planne gewysig en in plaas daarvan om die Boland in te val soos aanvanklik beplan is, het hy sy kommando’s
na Namakwaland verskuif. Die besluit was grootliks gegrond op advies wat hy van genl. Manie Maritz ontvang het. Maritz het Smuts gewaarsku dat dit reŽntyd was en dat die moontlikheid bestaan het dat die Britte hulle teen vol riviere sou kon vaskeer. Hy het daarom voorgestel dat hulle Namakwaland inval, die koperryke dorpies daar beset en hulle perde en voorrade opbou voordat hulle die tog na die suide aanpak.

Die gebied waarna hulle opgetrek het, het oor sowat 27 000 vierkante kilometer gestrek. Die belangrikste dorpe in die streek was die kopermyndorpies van Okiep, Concordia en Nababeep105 en dit was op hulle wat Smuts hom toegespits het. Springbok was die eerste van die dorpies in die distrik wat sy knie voor die Smuts-kommando moes buig,106 en Concordia sowat 13 kilometer noordoos van Okiep, het op 4 April, sonder dat ’n enkele skoot geskiet is, aan Smuts oorgegee.107 Okiep was egter ’n ander storie en lukrake aanvalle wat vanaf 8 April daarop geloods is, asook die eerste werklike gestruktureerde aanval op die 12de, het geen effek gehad nie.108 Die beleg van Okiep het vervolgens in ’n blokkade verander, maar selfs dit het uiteindelik redelik afgewater geraak.
Vir Reitz was die beleg van Okiep ’n rustige affÍre. Omdat hy deel van Smuts se staf was, was dit nie vir hom nodig om wag te staan of ander take te verrig nie en het hy in ’n kothuisie in Concordia gewoon.110 Hy het die tyd verwyl deur op ’n verebed te lÍ en lees, of deur na Okiep te gaan om daar op die blokhuise en die Britse soldate teiken te skiet. Reitz meld ook dat hy na Springbok gery het om daar by ’n “Engelschen dochter” wat hom baie vriendelik behandel het, te gaan kuier.

Volgens Izak Meyer het twee “karakters” tydens die beleg van Okiep uitgestaan. Die een was Manie Maritz en die ander Deneys Reitz. Hy beskryf Reitz as “ ’n sonderlinge mens, joviaal van geaardheid, innemende persoonlikheid, roekeloos, waaghalsig, dapper” en vertel ’n paar staaltjies van Reitz ter stawing hiervan. Een daarvan, wat ook breedvoerig in Herinneringen beskryf is, vertel hoe Reitz, as ’n grap, ’n Britse vlag aan sy perd se stert vasgebind en op ’n afstand van minder as 800 meter voor die forte rondom Okiep verbygejaag het. Meyer sÍ dat Reitz dit gedoen het omdat hy gedink het dat die Britte heeltemal te stil was na sy sin.

Reitz neem die storie egter ’n bietjie verder deur te skryf dat hy tot by ’n verlate plaashuis gery het, die vlag aan ’n vlagpaal opgehys het en saam met Albertus van Rooyen, Jan van Brummelen en nog ’n paar ander kÍrels van hier op die Britte geskiet het. Hy beskryf hierdie voorval in detail “omdat toen ik dien middag de laaste patroondop uit mijn geweer rukte had ik onbewust mijn finaale schot gevuurd voor land en volk en had ik de laaste bom hooren barsten en de laaste kogel horen fluiten …”

DIE VREDESLUITING

FW Reitz het die verdrag geteken met die opmerking dat hy dit onderteken as staatsekretaris, maar nie as FW Reitz nie.

“De mannen die hier verzamelden waren de keur van ons volk – allen dappere krijgslieden en zoo hard als ijser – de ‘ultimi Romani’ kan ik zeggen en zal er nooit een dergelijke vergadering Afrikaners bij elkaar komen, mannen die voor bijna drie jaren door dik en dun, door koude en honger, onder bom en kogel tegen een overweldigende overmacht gestreden hadden en nu stond zij zooals Schalk Burger zeide ‘aan het graf van de Republieken’ waarvoor zij alles opgeofferd hadden en toen de laatste oogenblik aanbrak, toen aangekondigd werd dat ons land en vrijheid verloren was, was het een bittere beker om uit te drinken en lagen groote mannen in de tenten als kinderen te snikken en op verweerde gelaten die onverschrokken de grootste gevaren aanschouwd hadden rolden nu heete tranen van verdriet. Deze mannen die met drooge oogen bij graf van vriend en zoon en vader gestaan hadden weenen nu bitterlijk bij het graf van hun vrijheid – voorwaar het was een bittere uur.”
Reitz was Reitz was self diep getref deur die verloop van die gebeure en het agter ’n tent gaan lÍ en huil. “Wel, de zaak was afgeloopen en al ons streven was voor niet geweest, ons land lag verwoest, ons halve natie uitgeroeid en ons vlag gestreken, misschien voor eeuwig ...”

Die verlies aan onafhanklikheid was vir die burgers ’n bitter pil om te sluk en om boonop ’n eed van getrouheid af te lÍ, was haas onuitvoerbaar. Deneys het ook nie sy weg hiertoe oopgesien nie. Hy het gevolglik planne beraam om na afloop van die konferensie na Concordia terug te keer, sy perde en wapens op te neem en na die Duitse gebied uit te wyk. Van hier wou hy na Mossamedes in Angola gaan, aangesien hy gehoor het van ’n groep Boere wat reeds sedert 1880 daar gebly het. Sy vader wou egter nie daarvan hoor nie en hy het genl. Smuts oortuig om Deneys nie weer na sy kommando in Namakwaland terug te neem nie. FW Reitz wou gehad het dat Deneys by hom moes bly en dat hulle saam na Amerika of Madagaskar gaan. Deneys is gevolglik saam met sy vader per trein na Balmoral om aan die Heidelberg-kommando te gaan sÍ dat die oorlog verby is. Die Heidelbergers was so ongelukkig met die nuus dat hulle hul patrone weggeskiet en gewere stukkend geslaan het.

Tydens die amptelike oorgawe deur die Heidelberg-kommando het FW Reitz sy geweer ingehandig, maar geweier om die eed van getrouheid af te lÍ en te onderteken. Ofskoon Deneys, volgens homself en in weerspreking van sy eie stelling dat hy na Angola wou uitwyk, nie sterk gevoelens oor die saak gehad het nie, het hy gevoel dat hy by sy vader moes staan en het hy gevolglik ook geweier om die eed van getrouheid af te lÍ. Dat hy as gevolg daarvan uit die land gesit sou word, het hom min gepla, aangesien hy gretig was om meer van die wÍreld te sien. Teen die einde van Junie 1902 het die Reitz-broers en hulle vader gevolglik met hul selfopgelegde ballingskap begin. Die volgende jaar was hy egter terug in Pretoria.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 09:35
‘n Klomp decent Boere en verbaasde kakies...

Pemberton se storie.

Die Boere-leier stap toe die hele lang afstand oor na die Engelse kant toe en sÍ vir hulle dat hy na Lord Methuen ‘n boodskap gestuur het om ambulanse te reŽl. Nie net die Engelse nie, maar ook die Boere het dus hul beseerdes gehad wat versorg moes word. En vir die Boere was dit so belangrik dat hulle bereid was om ongewapen met die vyand te gaan onderhandel vir mediese versorging.

Dit is nou ‘n kant van oorlog wat ‘n mens nie dikwels van hoor nie: soldate wat onderling hul skietery opskort om eers te kom reŽl vir die versorging van hul gewondes.

Uit sy vertelling blyk nou dat dit nie sommer net vir soldate was om saam te kom en oor gewondes te onderhandel nie: Die onderhandeling is stram, want dit het implikasies vir die gevegte. Die Boere-leier sÍ vir die Engelse offisier dat as hulle nie op die ambulanse sou skiet nie, sou die Boere nie na die Engelse soldate skiet nie. Die voorwaarde is dan dat hulle moet stil lÍ en nie opstaan nie.

Die Engelse was heel inskiklik hiermee en het daarmee akkoord gegaan.

Dit is egter nie die einde van die storie nie. Die toneel herhaal homself later in die dag weer. Pemberton vertel dat teen 6 nm., toe die geveg al 14 uur aan die gang was en toe gewondes se toestand vererger het weens miere wat hulle ook bygekom het, twee Boere weer na die Engelse kant oorgestap het. Hierdie keer het hulle water vir die gewonde Engelse soldate gebring!

Maar hulle maak nou 'n nuwe voorstel: Die Boere onderneem teenoor die bevelvoerder dat hulle sal toelaat dat die soldate hulle gewondes wegneem en terugval uit hul posisies op die slagveld, op voorwaarde dat hulle hul gewere agterlaat. Die Boere sou hierdie terugtog toelaat want hulle het op daardie stadium nie daarin belanggestel om gevangenes te neem nie.

Die Engelse bevelvoerder was eers behoorlik “verontwaardig” (indignant) oor hierdie aanbod en het begin om met die Boere daaroor te redeneer. Die argument het so hewig geword dat hy op ‘n stadium saam met die Boere na hulle loopgrawe afgesit het om daar verder te praat!

En, het hy later in sy verslag geskryf, daar ontdek hy tot sy verbasing dat die Boere nogal ‘n ordentlike klomp is (decent lot).

Stel jou voor - in 'n bitter oorlog in bitter omstandighede staan soldate en baklei met mekaar in hewige argumente oor die gepastheid van 'n aanbod om te kan terugval met jou gewondes! Dit is gelyk bisar en roerend.

Staaltjies oor Prins Albert

IN die Anglo-Boere Oorlog (1899-1902) het die Britse soldate sandsakke voor die NG kerk op Prins Albert gepak. Hulle het die dorp beset en by die fort, reg in die middel van die dorp, wag gehou.
Saans mag daar geen lig in die huise gebrand het nie en die inwoners het komberse voor die vensters gehang. Niemand mag nŠ sononder in die strate beweeg het nie.
Een nag hoor die dorpenaars 'n harde roep vanaf die fort se kant: `Halt! Who goes there?' Daar word 'n tweede keer en 'n derde keer halt geroep, en toe val daar 'n skoot.
Vroeg die volgende mŰre was almal buite om te sien wat gebeur het. En daar lÍ 'n groot, wit perd in die pad, morsdood.''

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 09:43
Sybrand se ABO-kaiings was lekker.

'n STAALTJIE uit die Anglo-Boereoorlog wat steeds met groot smaak vertel word, is die een van ``Sybrand se kaiings.''

'n Klompie burgers van 'n Vrystaatse kommando het een aand afgesaal en begin aandete maak. Die hoofdis was 'n speenvark wat hulle op 'n verlate plaas gevang het. Die kÍrels was honger en het eintlik hul lippe by voorbaat afgelek vir die heerlike gereg wat voorgelÍ het.

Hulle het die vark op die oewer van 'n rivier gebraai. Dit braaiery moes met groot omsigtigheid geskied. Die vuur moes laag brand en in 'n noodsituasie gou geblus kon word. Dit was om te voorkom dat die Tommies die vuurlig sien en hulle onverhoeds oorval.

Hoewel die vuur klein gehou is, is allerhande insekte deur die lig aangelok. Hieronder was 'n verskeidenheid torre en besies wat in hul wilde vlug na die lig in die vuur ťn op braaigeriewe geval het. Onderwyl die Boere in die donker hul gebraaide varkvleis geniet het, het burger Sybrand laat hoor: ``Manne, julle moet hier langs die kante kom proe watter lekker bros kaiings hier is. Die southappies kraak eintlik in jou mond.'' Die manne het ook nie op hulle laat wag en het weggelÍ tot die laaste krieseltjie verorber is.

Die volgende oggend toe dit lig word, het van hulle tot hul ontsteltenis bemerk dat dit torre was waaraan hulle so lekker gesmul het. Net daar is die torre tot ``Sybrand se kaiings'' herdoop. Hedendaagse Vrystaters ken die torre ook as ``Sybrand se kaiings''.

Boertjie Phillip
2 Dec 2012, 16:16
Jong meisie 'n steunpilaar vir Boervroue.

Mev. Hester Jacoba Carelse (Scheepers), 'n niggie van kmdt. Gideon Scheepers. Sy en haar suster, tant Hannie, het die konsentrasiekamp in Aliwal-Noord oorleef, hoewel hul jonger sussie aan maagkoors dood is. Tant Hannie het haar in die kamp laat droom van 'n wonderlike man - en met wie sy later getroud is! Hier is sy by haar man, Piet, en kinders Piet, Annie en Adrajana.

SO vurig soos kmdt. Gideon Scheepers, veelgeroemde Boere-spioen wat met sy lewe voor 'n Britse vuurpeloton moes boet, die Kakies opgedreun het, so vurig het 'n niggie van hom die gees onder die Boervroue in 'n konsentrasiekamp in die Anglo-Boereoorlog (ABO) laat brand.

Staaljies oor Hannie Scheepers, oftewel tant Hannie soos sy algemeen bekend was, is mev. Tina Greyling van Posbus 199, Zastron, se inskrywing vir Die Volksblad se ABO-verhalewedstryd. Tant Hannie was haar ouma se suster.
Tant Hannie se pa, mnr. Andries Josevus Scheepers wat by Jammersdrif by Wepener in die oorlog gesneuwel het, en Gideon Scheepers se pa was broers. Die naam A.J. Scheepers staan op 'n gedenksteen voor die NG kerk in Rouxville, waar hulle geboer het.

Greyling, wat 'n gedig geskryf het oor ``die Scheepers-familie wat hulle nie deur die bitter oorlog laat onderkry het nie'', sÍ haar ouma, Hester Jacoba Carelse (Scheepers), was 'n brose 16-jarige meisie toe die Kakies hul plaas in puin gelÍ het.
Volgens haar ouma was tant Hannie `` 'n meisie sterk van gees en liggaam''. Sy het haar ma en twee susters ``ferm en regop van die swart ashoop'' van die plaas na die konsentrasiekamp buite Aliwal-Noord laat wegvoer.
Hou jou waardig, Jacoba, deur hierdie oorlog kom ons lewend en dapper anderkant uit,'' het sy aan haar suster gesÍ.
Nadat dit bekend geword het hoe dapper hul neef Gideon in die oorlog geveg het, het hulle gou agtergekom hoe bang die Kakies vir die van Scheepers was. Tant Hannie het die hanskakies gedurig gekoggel en die hele tyd neus in die lug in die kamp rondgeloop.

Haar ouma het dit wonderlik gevind dat tant Hannie nie eintlik 'n ons gewig in die konsentrasiekamp afgeskud het nie. Sy het gesÍ sy het gedink tant Hannie het iewers kos gesteel hoe en waar, het sy egter nie geweet nie. Tant Hannie het haar ook altyd in die ribbes gepomp om regop te loop. Sy het ook gedurig met 'n fyn kammetjie almal se koppe uitgekam op soek na luise en weeluise.
Sy het gedurig moeilikheid gesoek met die Tommies en veral ontplof as die vroue onder toesig van die ``mak bobbejane'' wasgoed in die Oranjerivier moes gaan was, wat volgens haar die luise versprei het.
My ouma het altyd gesÍ tant Hannie het haar wonderlik ondersteun en haar selfs laat droom van die wonderlike klere waarin hulle eendag sou trou. Sneeu en koue winters het hul gesondheid geknou, maar niemand kon hul innerlike krag en die wil om te lewe knou nie.''
Hul jonger suster is aan maagkoors in die kamp dood. Dit was 'n geweldige terugslag vir hul ma om 'n man en 'n dogter te verloor.
NŠ die oorlog het Jacoba en Hannie met ``wonderlike'' mans getrou. Jacoba het agt kinders gehad.
Al wat ek goed van my ouma en oupa kan onthou, is dat hulle nooit wraak of bitterheid gekoester het nie. Hulle het hul bittere lyding sagkens aan hul kinders oorgedra.
My ouma het altyd vertel in oupa se sak was altyd suikerklontjies. Hy het altyd gesÍ: `Ek wil nooit honger wees as die Kakies my vang nie!' ''

Greyling het diť gedig oor die Scheepers-familie geskryf:

As ek val, Vader, neem my hand
Oorlog bring dood en skeiding
verpletter familiebande

Laat letsels om die hart se rand
as jou geliefdes afsak in die sand
vasgevang in 'n konsentrasiekamp

sonder klaag of murmerering
moet jy jouself maan
teen bitter haat en lyding.

Elke dag bid vir 'n volk se bevryding
Heer staan U ons by
Al moet ons nou so swaar vol ellende stry

Laat hierdie bloedige oorlog
ons nie onder kry
Here, laat ons nooit ophou hoop

Laat geen oorlog ons liefde vir U en hierdie lewe blus
Eendag as daar vrede is
Vind ons weer sielerus.

'n Eeu het intussen verloop
Ons eer nou hul nagedagtenis
Laat sak ons hoofde in stille eerbiedigheid.

Boertjie Phillip
3 Dec 2012, 17:41
Staaltjie uit die ABO. Humor het gehelp in die oorlog.

Die Boere-guerrilla-stryder Deneys Reitz het die verslane Boerekommando’s wat die kampe in Mei 1902 binnegestrompel het, beskryf as ’n luidrugtige klomp verhongerde, verwaarloosde mans, geklee in velle of sakke, hul liggame oortrek van sere.

In die nasleep van die Anglo Boereoorlog (1899-1902) het die Afrikaner verpletter voorgekom: die landelike ekonomie was in skerwe, familieplase is vernietig en meer as 25 000 Boerevroue en -kinders het in die konsentrasiekampe omgekom. Tog was daar iets vreemds aan hierdie apokaliptiese naoorlogse wÍreld: die Afrikaners wat Reitz aanskou het, het gelŠg.

Die Engelse filantroop Emily Hobhouse het hierdie eienaardige verskynsel verbysterd waargeneem. Sů skryf sy byvoorbeeld oor twee broers wat reuse-verliese in die oorlog gely het: “[One of them] had seven little mouths to feed. He got potatoes... but the drought killed them... He put in a little seed, but till it is ripe he has nothing to live upon. His beautiful house is in ruins, his blue gums all but two cut down, his fruit trees chopped... But how he laughed, and how his brother laughed.”

Hobhouse merk voorts op: *“Like all the other burghers, De Wet [die Boeregeneraal] is laughing. If he did not, he says, he should die. It makes him great fun.”

In ’n landelike dorpie in die Oranje-Vrystaat kom Hobhouse ’n arm man teŽ wat, toe sy hom iets te ete aanbied, sů reageer: “I shall be so glad that I shall laugh without feeling any inclination to laugh.”

En in Pretoria, meen Hobhouse, sÍ die Boere weinig “and only laugh”.

Sy kom tot die volgende gevolgtrekking: “There is getting to be something quite terrible to me in this laugh of the Boers which meets me everywhere. It is not all humour, nor all bitter, though partly both; it is more like the laughter of despair.”

Die onwelkome intimiteit van die kommandolewe en die gedurige spanning van guerrilla-oorlogvoering is met poetse getemper. Veral “perdepoetse” was ’n integrale deel van die kommandolewe – soos om die stekel van ’n olieboomtak onder ’n vriend se saal te versteek.

Poetse het inderdaad onrustige energie help verlig. Generaal Kolbe, ’n Boer wie se welige baard sy trots was, het byvoorbeeld voor ’n geamuseerde gehoor wakker geword wat graag sy reaksie wou sien ten aanskoue van sy kaalgeskeerde gesig – die nagtelike handewerk van twee mede-offisiere.

Hansworsery deur agterryers soos Ben Viljoen se bekende Mooiroos sowel as “grootlieg- stories” het verligting gebring. Die Boerebroers Du Plessis het byvoorbeeld ’n ou mannetjiesbobbejaan gevang en, elkeen met een van die dier se voorpote in die hand, die bobbejaan na die president vergesel en aangekondig dat “’n nuwe burger” pas aangesluit het.

Onlangse studies toon dat die ervaring van humor die immuunstelsel kan versterk en moontlik spanning help verlig. Lag help stabiliseer jou bloeddruk, stuur suurstof na die bloed, stimuleer bloedsomloop, en sorg vir ’n behaaglikheids- gevoel wat waarskynlik met die vrystelling van endorfiene verband hou. In Darwinistiese taal hanteer diegene met ’n humorsin die hartseer van die wÍreld beter vanweŽ hul effens sterker immuunstelsels. Sommige data gee te kenne dat humor hoop verwek.

Toe Reitz se geteisterde kommando uiteindelik die kus bereik, het baie van die jong mans wat nog nooit meer water bymekaar as die dam op hul ouers se plaas gesien het nie, hul perde bloots die see in gery en gejil en geskater as die branders ’n ruiter en sy perd omkeer.

Ook in diť trant skryf ’n Boerekryger hoe hy en sy makkers in die Slag van Renosterkop in November 1900 begin grappe vertel het; hoe hul gelag met die klank van die artillerievuur meegeding het.

Kommandohumor kon ook ’n vorm van sosiale beheer wees. Skynhowe is gehou met opsetlik verregaande aanklagte, wat met ’n gelag en gejuig begroet is. Sodoende was humor dalk ’n manier om moraliteitsverhale en gedragskodes oor te dra, en in die proses sosiale samehang te handhaaf. ’n Klomp burgers het genl. Viljoen byvoorbeeld so erg lastig geval vir toestemming om huis toe te gaan, dat dit hom daartoe gedryf het om op hul verlofpasse te skryf: “Verlof om Johannesburg toe te gaan weens lafhartigheid, op die regering se onkoste.”

Humor het gehelp om die interne hiŽrargie in stand te hou, en grappe het die grense van die gemeenskap help bepaal en samehorigheid help aanwakker. Op kommando het grappe die aandag op ’n gemeenskaplike identiteit, ’n onderlinge gevoel van behoort, gevestig. Dus was die broederlike gelag van die binnekring ook ’n “geen toegang”-teken vir buitestanders.

Onderlinge grappe het sowel bekragtiging binne die groep as oorwinning bo diegene buite die groep versinnebeeld. So het Viljoen se offisiere ’n poets op ’n paar vermoedelike “hensoppers” (diegene wat aan die Britte sou oorgee) gebak. Drie Boere-offisiere, uitgedos in kakie, het hulle [die buitestanders] gevra of hulle wou oorgee. Die “Kakies” is met beeste, skape, vuurwapens en ’n nuwe ponie by die ontluikende afvalliges weg. Die pseudo-kolonel het sy groot, lomp Engelse perd bestyg en trots weggery, maar die perd het oor doringdraad gestruikel en sy ruiter afgegooi. Toe sy twee “mede-Kakies” sy siel hieroor uittrek, het hy hulle vinnig stilgemaak: “My val was eintlik heel goed. Die verraaiers is nou seker oortuig ons is Engels omdat ek so onhandig perdry.”

By seldsame geleenthede kon humor ook grense tussen groepe oorsteek – tussen manskappe sowel as tussen offisiere, en soms selfs tussen vyande. Namate die oorlog voortgesleep het, het die Boere byvoorbeeld ’n gewoonte daarvan begin maak om Britse krygsgevangenes se uniforms van hul weg te neem, sodat die Tommies noodgedwonge die Boere se verslete klere moes aantrek. Louis Slabbert van die Heidelberg-kommando het in 1902 sů opgemerk: “Dit is een van die snaaksste goed wat ek nog ooit gesien het. Daar staan die Kakies, met hul rooi verbrande neuse en sproetgesigte, in netjiese rye in ou, verflenterde klere. Sommige se tone het deur stukkende velskoene gesteek en ander se hare het by die gate in hul hoede uitgekom. Een van die meer komieklike Tommies het sy vriend aan die skouer gegryp en gemaak of hy hom wou skop terwyl hy sÍ: ‘Come on, get on, you damn Boer!’ Hieroor het albei kante uitgebars van die lag.” Hierdie soort staaltjies weerspieŽl minstens ’n mate van onderlinge medemenslikheid en empatie te midde van gedeelde swaarkry.

Boertjie Phillip
3 Dec 2012, 17:59
Ons sal oorleef.

In die nasleep van die Anglo-Boereoorlog sou die verslane Boere veral een genre goed leer ken: diť van spot.

Alfred Milner, die Britse prokonsul in Suid-Afrika van 1897 tot 1905, het ’n naoorlogse heropbou-administrasie en verengelsingsbeleid ingestel wat oŽnskynlik die republikeinse Afrikaners in Engelssprekende koloniste moes verander. Die algemene gevoel was dat hy die laaste tekens van Afrikanerwees wou uitwis, ongeag die gevolge.

In Desember 1900 het Milner sy berugte aankondiging gedoen dat hy die verowering van die Republieke sou gebruik om die Engelse kultuur uit te brei en Hollands te beperk. Met die Verdrag van Vereeniging op 31 Mei 1902, het die Boererepublieke van die Transvaal en die Oranje-Vrystaat deel van die Britse Ryk geword.

NŠ die oorlog was Engels die enigste amptelike taal sowel as die onderrigtaal in skole, en die toekoms van Hollands-Afrikaans het onseker gelyk: Die owerhede het die gebruik van Hollands ontmoedig en ’n menigte nuwe onderwysers is uit Engeland gebring. Die vredesverdrag het Hollandse onderrig gewaarborg, maar hoogstens drie uur per dag. Aan die Kaap was dit nie meer nodig om Hollands te kan praat om die staatsdiens te betree nie. In die naoorlogse onderwysstelsel is allerweŽ aanvaar dat Afrikaanse kinders met verengelsing gedreig is.

DŪt het gelei tot die soort humor wat in die manifestasie van sosiale mag geanker is: die spotlag wat konformiteit in ’n samelewing help verseker.

Luidens ’n storie wat Afrikaners van die tyd dikwels vertel het, moes kinders wat meer as die toegelate drie uur Hollands-Afrikaans op skool gepraat het, ’n plakkaat dra waarop gestaan het: “I’m a donkey, I spoke Dutch.”

Deur bespotting te gebruik om die verslane boere tot stilte te dwing, het die Britte humor gebruik om dissipline af te dwing en om sosiale aggressie uit te leef. DŪt is in pas met die teorieŽ van Henri Bergson en Thomas Hobbes en Konrad Lorenz, teoretici wat die sosiale rol van lag en humor ontleed het.

Maar hoewel diť bespotting dalk die humor van die magtiges was, was dit allermins die humor van Šlmagtiges. Die Milner-bestel moes immers eers diegene wat die reŽls verbreek het, spot voordat daardie reŽls afgedwing en beskerm kon word.

Waar die Boere se stemme letterlik stil geword het, was ’n ander gelag hoorbaar, diť van die magteloses wat sosiale kritiek onder die dekmantel van humor by hul omstandighede ingesmokkel het. Hierdie swart humor was ’n wrange erkenning dat diegene wat gemuilband is minstens nog kon lag.

Met hierdie donker “oorlewingshumor” kon die Afrikaners ’n mate van waardigheid in hul geskende samelewing behou.

NŠ die oorlog het die Boere en die vroue en kinders wat die konsentrasiekampe oorleef het, aan posttraumatiese skok gely. Die “verskroeide aarde”-beleid het die landelike ekonomie verwoes, en die sosiale status quo rondom klas (en kort daarna ook rondom geslag) is omvergewerp.

“Daar is kwalik ’n Afrikanerfamilie sonder ’n ongeneeslike wond. Die spore van die bloedige stryd is oral,” het die oorlogsveteraan Ben Viljoen dit opgesom.

Tog het die Boere se sin vir humor nie in diť naoorlogse landskap van vernietiging en verlies verdwyn nie.

Een waarnemer het vertel: “Ek onthou my ouma se grinnik toe sy my vertel het hoe sy en my oupa met hulle terugkeer plaas toe, Mooifontein toe, op ’n donkie in Tabakskloof, op die verste uithoeke van die plaas, afgekom het...

Oupa en die donkie het ’n uiters primitiewe, stukkende ploeg gesleep, met Ouma wat al laggende (sÍ sy) desperaat aan die ploeg vasgeklou het. Ek het haar dikwels hoor sÍ: ‘Wat kon ons doen, my kind; ons kon maar net lag...’ selfs wanneer sy oor tragiese gebeure gepraat het (hoewel sy nooit ’n woord gerep het oor die kinders wat sy aan die dood moes afstaan nie).”

Dan het diť waarnemer se ouma glo gespot: “Ag, die Engelse is nie slegte mense nie, hulle weet net nie hoe om ’n goeie konsentrasiekamp te bestuur nie.”

Grappe het die Afrikaner in die naoorlogse jare in staat gestel om dinge te verwoord wat andersins sosiaal riskant sou wees. Enigiets wat “grappenderwys” gesÍ is, kon immers weer ontken word. “Dis net ’n grap” was ’n gerieflike verweer.

Eweneens bied politieke grappe aan die vertellers en aanhoorders daarvan ’n kortstondige blaaskans van die werklikhede van die alledaagse lewe; ’n oomblik waarin hķlle (eerder as die spottende owerhede) in beheer kan voel. Met sy teenstrydighede laat die politieke grap jou die werklikheid vir ’n oomblik nuut beskou.

In die naoorlogse wÍreld was party grappe waarskynlik revolusies in die kleine; ’n privaat bestryding van die status quo. (Dit is opmerklik dat grapmakery meer entoesiasties is onder totalitarisme as onder demokrasie.) Hierdie gedempte teenstand was te bespeur in die lag agter die hand. Elk van die grappe het ’n ruimte geskep (hoe klein ook al) wat die politieke bestel nie kon binnedring nie. Natuurlik was enige oorwinning wat hieraan te danke was, niks meer as kortstondig en sielkundig nie. Tog was die grappe oefeninge in selfhandhawing en geestelike versterking.

Baie van die volkskrywers van die tyd, C.J. Langenhoven onder andere, se geskrifte bevat uitdagende humor met implisiete politieke kommentaar. C. Louis Leipoldt het byvoorbeeld opgemerk dat hy baie van die gedigte in sy bloemlesing Oom Gert vertel en ander gedigte (1911) in die direkte nasleep van die oorlog geskryf het, “met die gedawer van Engelse kanonne nog in sy ore”.

“Vrede-aand” is ’n klinkende voorbeeld van sy bitter ironie en skerpsinnigheid:

Dis vrede man: die oorlog is verby!
Hoor jy die mense skreeu die strate vol?
Kom, hier’s ’n bottel soetwyn; laat ons drink!
Ons het ons nasie in die see gesink...
Van lag? Nou, lag maar, want die storie’s uit:
Ons nasie’s weg, ons kan daarnaar maar fluit!
Drink, drink jou glas! Die son skyn deur die wyn:
Is dit te soet, of smaak dit soos asyn?

Boertjie Phillip
3 Dec 2012, 18:17
Staaltjie.

Een van die interessante staaltjies wat Wessels ophaal, is van die poets wat ’n paar jong Boere die hardekwas Britse bewaarders gebak het. Onder aanvoering van ’n terggees, ene Myndert, het hulle ongesiens ’n taamlik groot seilbootjie gebou. Hulle het ook ’n pop gemaak en daarvoor ou klere aangetrek. Op die rug en bors het hulle met rooi verf die naam “Chamberlain” (die Britse minister van oorlog) geskryf. Die pop is toe in die bootjie geplaas en een maanlignag te water gelaat.

Die vaartuig het gou koers gekies oopsee toe. Toe dit by die wagte verbyvaar, het hulle verdwaas uitgeroep: “Halt! Come back!”. Maar toe die “voortvlugtende Boer” nie gehoor wou gee nie, is skote op “hom” en die bootjie geskiet. ’n Patrollieboot het dit toe agternagesit.

Die poetsbakkers, wat alles ongesiens dopgehou het, het hulle verkneukel toe die bewaarders die “vlugteling” inhaal en arresteer. Die uitroepe van verbasing en verontwaardiging was te kostelik vir woorde.

Die kampowerheid het naarstig na die skuldiges gesoek, maar al wat Myndert gesÍ het toe hy ondervra is, was: “Hoe kan dit Boere wees wat dit gedoen het? Chamberlain is dan ’n Engelse naam.”

Boertjie Phillip
3 Dec 2012, 18:33
Lily Rautenbach.

Boere-verpleegster Lily Rautenbach se weergawe van die gebeure op 9 Januarie 1902 in die Boere-hospitaal op Bezuidenhoutsdrif, aan die oewer van die Wilgerivier in die distrik Harri*smith, Vrystaat, die eerste keer onthul: Die hospitaal word deur ’n afdeling verkenners van die berugte Remington’s Guides bestorm terwyl hulle skiet op die mediese ordonnans, Hessel Jacob Poutsma, wat voor die gebou staan.

Hy vlug na binne, maar die soldate skiet deur die vensters na binne. Lily word op sewe plekke aan haar regterarm, nek en gesig gewond en kon nie weer haar regterarm gebruik nie.

Die leier van die groep wat haar met sy rewolwer gewond het, sers. Arthur Owen Vaughan, was ’n Wallies-Kanadese huur- soldaat. In Battle Scars & Dragon Tracks volg Von Zeil die voetspoor van Vaughan terug na Wallis en Kanada, en ontdek hy dat diť avonturier onder meer teen die Indiane geveg het voordat hy na Suid-Afrika gekom het om teen betaling teen die Boere te veg.

Die Remington’s Guides was berug vir die genadelose verwoestingswerk wat hulle onder die plattelandse Boere-bevolking van die Vrystaat aangerig het in navolging van genls. F.S. Roberts en H.H. Kitchener se verskroeide-aarde-veldtog.

Deel van Vaughan se merkwaardige lewensloop is die feit dat hy op 21 Desember 1900 in Vredefort met ’n Boere-meisie, Katharina Louisa (Lodewyka) Geere, getrou het voordat hy haar summier agtergelaat het om sy oorlog-eskapades voort te sit.

Sy is deur die oorlog in ’n konsen-trasiekamp aangehou voordat Vaughan haar nŠ die oorlog gaan haal en na Brittanje gebring het.

Lily is in Maart 1903 in Vereeniging met Louis Willem Boshoff getroud. Hulle was reeds voor die oorlog bevriend. Hulle het eers op Zandfontein naby Viljoensdrif gewoon voordat hulle hulle in Koppies gevestig het. Elf kinders is uit die huwelik gebore.

Boertjie Phillip
3 Dec 2012, 19:02
Koos de la Rey was eintlik 'n man vir vrede.

Generaal Koos de la Rey, was een van Suid-Afrika se beste krygsmanne nog.
En tog was hy nie `n man wat oorlog gesoek het nie. Voor
die begin van die Anglo-Boereoorlog het hy gepleit dat daar
weer gedink moes word voordat die stryd met Engeland aan-
geknoop word.

Sir Percy Fitzpatrick, die man wat groot roem as sy skrywer
verwerf het met sy storie oor sy hond Jock, vertel in sy
outobiografie dat De la Rey gedurende die laaste vergadering van die
Transvaalse volksraad voor die begin van die oorlog vir vrede gepleit het. Met
diť pleidooi het hy behoorlike swaarde gekruis met die strydlustige president
Paul Kruger.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het hy groot roem verwerf as `n
aanvoerder tydens veral stellinggevegte. Sy strategiese gebruik van
loopgrawe was so uitmuntend dat sommige historici hom later as die vader
van die gedagte wou uitbeeld. Dit was darem nie so waar nie, want die
gebruik van loopgrawe was reeds deel van die Krim-oorlog tussen Rusland en
Turkye (1853-56).

Anders as wat `n mens miskien verwag by `n vreeslose krygsman, was daar
aan generaal De de la Rey ook `n diep menslike sy. Toe die Britse aanvoerder
Lord Methuen in die laaste groot veldslag van die oorlog by Tweebosh deur De
la Rey se magte ernstig verwond is, het hy sy persoonlike perdekar tot die
beskikking van die Britse magte gestel om die Engelse edelman na die naaste
hospitaal te neem.

Nonnie het een van haar kosbare hoenders geslag en vir Methuen as padkos
saamgegee toe hy na Krugersdorp se hospitaal vervoer is.
De la Rey se manskappe was kwaad dat die vyand se bevelvoerder sulke
behandeling kry en het hul generaal verplig om die ambulanswa te laat
omdraai. Terug by Tweebosch het Koos en Nonnie saam aan die Boerekrygers
verduidelik dat dit die Christelike ding sou wees om te doen, en diť keer het
die manne dit aanvaar en Methuen is vort.

Koos en Nonnie het ín telegram aan Methuen se vrou laat stuur om te sÍ hy is
gewond, maar sou gou gesond word.
Van sy eie mense het hom oor die daad verkwalik. Wanneer dit kom in wat hy
geglo het reg was, het De la Rey hom egter nie aan kritiek gesteur nie. Daar
word ook vertel dat Nonnie ook sou gevra het dat die Engelse tog moet
onthou om die karretjie af te was voordat die bloed droog word!
NŠ die uitbreek van die Eerste WÍreldoorlog in 1914 het Suid-Afrika
aangebied om Suidwes-Afrika (die huidige NamibiŽ), wat toe nog `n Duitse
kolonie was, namens Brittanje te beset. Hierdie aanbod van generaal Louis
Botha het tog groot ongelukkigheid gelei.

Botha was `n groot vriend van De la Rey en sy ou kameraad uit die Anglo-
Boereoorlog.
De la Rey, toe `n senator, het weer soos destyds in die parlement gepleit dat
Suid-Afrika nie by die oorlog betrokke moes raak nie. Weer het sy pleidooi op
dowe ore geval.
Enkele dae later is hy in `n ongelukkige voorval by `n padblokkade deur `n
polisieman doodgeskiet.

Boertjie Phillip
4 Dec 2012, 14:57
Sy getroue kammeraad: Sy Perd

Laastens is daar die geval van diere wat getrou aan hulle base is, dwarsdeur die oorlog. Spesifiek is daar die geval van Jan Frederik Viljoen. Die hele oorlog deur het sy getrou perd om gedra deur menige gevegte en veldslae. Aan die einde van die oorlog, toe die huistoe gaan daar was, ry hy toe terug na sy geliefdes. Maar hoe nader hy aan die plaashuis kom, hoe benouder raak hy......


Daar was konsenstrasiekampe, en sy vrou en kind was daar, en se nou .....?Toe hy nader kom, sien hy egter al van ver af sy vrou vir hom wink. Uit blydskap trek hy toe 'n skoot met sy geweer af (die het hy nie ingegee nie). Hy is egter oorhaastig en per ongeluk skiet hy sy perd morsdood deur die kop.

Die getroue perd het hom gedra. Getrou was hy sy baas se maat. Dit alles moes eindig na die oorlog. So is daar baie meer aan oorlog as wat mens dink. Daar word baie gepraat en geskryf daar oor sonder om ooit werklik daaroor na te dink. So kan begrippe soos vryheid, trou, ens. slegs lee begrippe sonder enige betekenis word.

Boertjie Phillip
6 Dec 2012, 16:01
Suurberge en die Boere.

As Smuts en sy manne hulle Encephalartos longifolius van hul Encephalartos altensteinii kon onderskei, sou hulle nie amper gesterf het soos beeste wat groen lusern gevreet het nie.

Ja, die Engelse kolonne wat hulle heen en weer oor die Suurberge gejaag het, was ’n probleem, maar dis was ’n inheemse plant – en nie die Engelse nie – wat amper vir Smuts en sy manne langbome toe gestuur het.

Namate ons al hoŽr die Suurberge in ry, wys Stef ons elke af en toe broodbome wat soos oeroue wagters op die mure teen die steil hange van die berg groei. Dit was tot diť bome wat Smuts se kommando hulle weens desperate honger gewend het.

“Totnogtoe het ons so weinig moeite gehad om voorrade te kommandeer… dat niemand daar ooit aangedink het om vir die dag van mŰre te sorg, met gevolg dat, toe ons onverwags in hierdie wilde streek sonder woonplase beland, die burgers weinig of geen voedsel by hulle het en alreeds begin hulle honger ly,” vertel Reitz van hulle beproewing nadat hulle die Suurberge ingegaan het.

Moeg en rasend honger van dae sonder kos kom die Boere op die Suurbergbroodboom (Encephalartos longifolius) af wat tot ses meter hoog kan raak, en begin eet die giftige sade.

Die gevolg? Die manne val sommer so uit die saal. Ander, ook Smuts, lÍ op die grond en krul van die pyn terwyl sommige hul bewussyn verloor.

En terwyl dit gebeur, besluit die Engelse dis tyd om die wÍreld vir hulle nůg warmer te maak. Die wat nie van die sade geŽet het nie, bind toe maar die bewustelose siekes aan hul saals vas en lei hulle na veiligheid.

“…[I]t was a bold man who mentioned ‘Hottentot’s Bread’ to General Smuts for a year or more afterward,” merk genl. Ben Bouwer droogweg op in sy memoirs*.

Smuts het later gesÍ hy het sy hele lewe gely aan die nagevolge van die broodboom-episode en dit was baie jare voor hy die humor daarvan kon sien. Tog was diť storie later een van sy gunsteling-Boereoorlog-staaltjies.

Boertjie Phillip
7 Dec 2012, 18:50
Pylie en die Engelse.

Gedurende die Engelse oorlog was ou Pylie 'n kosryer vir die Engelse. Eendag het ou Pylie en ander met kos gekom en opgemerk dat die Engelse kamp omring was deur boere. Hoe het hulle geweet..?? Hulle, Pylie en sy span, was skerp en het die blink van boere se geweerlope gesien. Op 'n vraag van die Engelse of hulle nie die boere gewaar het nie, het hulle nee gesÍ, want sien, hulle was ook gatvol, want hulle was gedwing om vir die Tommies te werk.

Die Engelse verkenners het opgesaal en weggery. Meteens was daar pandemonium. Een skoot was gehoor en vier Tommies het met kopskote van perde getuimel en die kamp was in harwar.

'n Paar dae later was die erg beduiwelde Tommies weer daar. Hierdie keer op volle vaart agter 'n boer aan wat in volle vaart met sy vos wegjaag. Met 'n 2de kyk het Pylie gesien dit was die boere kommandant GIDEON SCHEEPERS!! Gideon het volgens die vertelling in 'n dammetjie gedraai en 'n ghwarriebostak aan sy perd se stert vasgehaak. Hy 'n paar sirkels gemaak en reg op die Engelse afgestorm. Laasgenoemde het gedink hier kom baie boere, want die ghwarriebos maak toe baie stof en hulle jaag weg met EEN boer wat omtrent 20 man jaag.

Pylie is oorlede in 1967, toe was hy nog 100. Hy het loogtwak of pruimtabak gekerf, gedroog en gerook tot hy 100 was.

Boertjie Phillip
9 Dec 2012, 07:11
Dis oorlog, sÍ jy? Gie-gie-gie . . .

Die Boere-guerrilla-stryder Deneys Reitz het die verslane Boerekommando’s wat die kampe in Mei 1902 binnegestrompel het, beskryf as ’n luidrugtige klomp verhongerde, verwaarloosde mans, geklee in velle of sakke, hul liggame oortrek van sere.

In die nasleep van die Anglo Boereoorlog (1899-1902) het die Afrikaner verpletter voorgekom: die landelike ekonomie was in skerwe, familieplase is vernietig en meer as 25 000 Boerevroue en -kinders het in die konsentrasiekampe omgekom. Tog was daar iets vreemds aan hierdie apokaliptiese naoorlogse wÍreld: die Afrikaners wat Reitz aanskou het, het gelŠg.

Die Engelse filantroop Emily Hobhouse het hierdie eienaardige verskynsel verbysterd waargeneem. Sů skryf sy byvoorbeeld oor twee broers wat reuse-verliese in die oorlog gely het: “[One of them] had seven little mouths to feed. He got potatoes . . . but the drought killed them . . . He put in a little seed, but till it is ripe he has nothing to live upon. His beautiful house is in ruins, his blue gums all but two cut down, his fruit trees chopped . . . But how he laughed, and how his brother laughed.”
Hobhouse merk voorts op: *“Like all the other burghers, De Wet [die Boeregeneraal] is laugh-ing. If he did not, he says, he should die. It makes him great fun.”
In ’n landelike dorpie in die Oranje-Vrystaat kom Hobhouse ’n arm man teŽ wat, toe sy hom iets te ete aanbied, sů reageer: “I shall be so glad that I shall laugh without feeling any inclination to laugh.”

En in Pretoria, meen Hobhouse, sÍ die Boere weinig “and only laugh”.

Sy kom tot die volgende gevolgtrekking: “There is getting to be something quite terrible to me in this laugh of the Boers which meets me everywhere. It is not all humour, nor all bitter, though partly both; it is more like the laughter of despair.”

Wanneer ’n mens deur dosyne oorlogsgeskrifte lees, bly die Boere se vermoŽ om aan te hou grappe maak, selfs toe die oorlog op sy ergste was, jou by. Hier kom Freud se betoog ter sprake, naamlik dat lag as uitlaatklep vir onrustige energie dien en tot ’n katarsis kan lei deur jou geestelik van swaarkry te bevry.
Die onwelkome intimiteit van die kommandolewe en die gedurige spanning van guerrilla- oorlogvoering is met poetse getemper. Veral “perdepoetse” was ’n integrale deel van die kommandolewe – soos om die stekel van ’n olieboomtak onder ’n vriend se saal te versteek.

Poetse het inderdaad onrustige energie help verlig. Generaal Kolbe, ’n Boer wie se welige baard sy trots was, het byvoorbeeld voor ’n geamuseerde gehoor wakker geword wat graag sy reaksie wou sien ten aanskoue van sy kaalgeskeerde gesig – die nagtelike handewerk van twee mede-offisiere.

Hansworsery deur agterryers soos Ben Viljoen se bekende Mooiroos sowel as “grootlieg- stories” het verligting gebring. Die Boerebroers Du Plessis het byvoorbeeld ’n ou mannetjiesbobbejaan gevang en, elkeen met een van die dier se voorpote in die hand, die bobbejaan na die president vergesel en aangekondig dat “ ’n nuwe burger” pas aangesluit het.

Lag het die Boere se moreel inderdaad ’n hupstoot gegee. DŪt was meermale te sien in hul chutzpah, die skaamtelose vermetelheid waarmee hulle die vyand bespot het. Van Lord Roberts van Kandahar is daar byvoorbeeld gesÍ: “Ja, Roberts fan Kan-da’ar/Is ni Roberts fan Kan-hiir!”

Oorlogsgrappe het die krygers opgebeur, soos hul verwysing na “martial law” as ’n meisie genaamd “Martjie Louw”. Die honende gelag wat hierdie kwinkslag ontlok het, het gewoonlik met ’n hernude vlaag lewenslus en opgewektheid gepaard gegaan.

Hilariteit (soms dalk letterlik “ ’n histeriese gelag”) het ’n uitkoms gebied: In Reitz se geskrifte staan dat hy in ’n besonder swaar aanval sy broer buite sig sien verdwyn het toe ’n granaatkartets op hom losbars, maar dat die broer laggend uitgery het, hy ťn sy perd ongeskonde.
Toe Reitz se geteisterde kommando uiteindelik die kus bereik, het baie van die jong mans wat nog nooit meer water bymekaar as die dam op hul ouers se plaas gesien het nie, hul perde bloots die see in gery en gejil en geskater as die branders ’n ruiter en sy perd omkeer.

Ook in diť trant skryf ’n Boerekryger hoe hy en sy makkers in die Slag van Renosterkop in November 1900 begin grappe vertel het; hoe hul gelag met die klank van die artillerievuur meegeding het.

Kommandohumor kon ook ’n vorm van sosiale beheer wees. Skynhowe is gehou met opsetlik verregaande aanklagte, wat met ’n gelag en gejuig begroet is. Sodoende was humor dalk ’n manier om moraliteitsverhale en gedragskodes oor te dra, en in die proses sosiale samehang te handhaaf. ’n Klomp burgers het genl. Viljoen byvoorbeeld so erg lastig geval vir toestemming om huis toe te gaan, dat dit hom daartoe gedryf het om op hul verlofpasse te skryf: “Verlof om Johannesburg toe te gaan weens lafhartigheid, op die regering se onkoste.”

Humor het gehelp om die interne hiŽrargie in stand te hou, en grappe het die grense van die gemeenskap help bepaal en samehorigheid help aanwakker. Op kommando het grappe die aandag op ’n gemeenskaplike identiteit, ’n onderlinge gevoel van behoort, gevestig. Dus was die broederlike gelag van die binnekring ook ’n “geen toegang”-teken vir buitestanders.

Onderlinge grappe het sowel bekragtiging binne die groep as oorwinning bo diegene buite die groep versinnebeeld. So het Viljoen se offisiere ’n poets op ’n paar vermoedelike “hensoppers” (diegene wat aan die Britte sou oorgee) gebak. Drie Boere-offisiere, uitgedos in kakie, het hulle [die buitestanders] gevra of hulle wou oorgee.

Die “Kakies” is met beeste, skape, vuurwapens en ’n nuwe ponie by die ontluikende afvalliges weg. Die pseudo-kolonel het sy groot, lomp Engelse perd bestyg en trots weggery, maar die perd het oor doringdraad gestruikel en sy ruiter afgegooi. Toe sy twee “mede-Kakies” sy siel hieroor uittrek, het hy hulle vinnig stilgemaak: “My val was eintlik heel goed. Die verraaiers is nou seker oortuig ons is Engels omdat ek so onhandig perdry.”

By seldsame geleenthede kon humor ook grense tussen groepe oorsteek – tussen manskappe sowel as tussen offisiere, en soms selfs tussen vyande. Namate die oorlog voortgesleep het, het die Boere byvoorbeeld ’n gewoonte daarvan begin maak om Britse krygsgevangenes se uniforms van hul weg te neem, sodat die Tommies noodgedwonge die Boere se verslete klere moes aantrek. Louis Slabbert van die Heidelberg-kommando het in 1902 sů opgemerk: “Dit is een van die snaaksste goed wat ek nog ooit gesien het. Daar staan die Kakies, met hul rooi verbrande neuse en sproetgesigte, in netjiese rye in ou, verflenterde klere. Sommige se tone het deur stukkende velskoene gesteek en ander se hare het by die gate in hul hoede uitgekom.

Een van die meer komieklike Tommies het sy vriend aan die skouer gegryp en gemaak of hy hom wou skop terwyl hy sÍ: ‘Come on, get on, you damn Boer!’ Hieroor het albei kante uitgebars van die lag.”

Boertjie Phillip
11 Dec 2012, 17:47
ABO: Kommandant amper tereggestel KMDT. T. F. DREYER.

DIE gevangeneming van kmdt. T.F.J. Dreyer, latere bevelvoerder van die Gatsrand-kommando, op die plaas Zuidoosthoek by Jammerbergsdrif naby Wepener op 28 September 1901, vandag 'n eeu gelede, is een van die minder bekende gebeure tydens genl. J.C. Smuts se inval in die Kaapkolonie in die Anglo-Boereoorlog. COBUS DREYER, 'n kleinseun, het die artikel hieronder oor sy oupa geskryf.

NA die val van Pretoria was Smuts saam met die kommando's van kmdte. F.G.A. Wolmarans, T.F.J. Dreyer, D.J.J. Breytenbach en B.D. Bouwer in die Wes-Transvaal bedrywig om die Britse mag te treiter. Toe hy in die nawinter van 1901 begin om manskappe vir die beplande inval in die Kaapkolonie bymekaar te maak, was Theunie Dreyer saam met J.R.F. Kirsten, P.H. Kritzinger en B.D. Bouwer deel van die plan.

Ander bronne noem ook die name van kmdte. Jaap van Deventer en Louis Boshof.
Smuts het sy manskappe juis in verskeie afdelings verdeel om afsonderlik tussen die Britse mag in die Vrystaat te kon deursypel.
Smuts steek uiteindelik op 3 September 1901 die Grootrivier oor, maar omdat die perde en manskappe van Kritzinger en Dreyer in 'n gehawende toestand was, besluit Smuts om hulle vir eers in die Vrystaat agter te laat.

Tydens hulle latere deurtog op 28 September 1901 is Dreyer in die been verwond en sy perd onder hom doodgeskiet. Hy en verskeie manskappe word op die plaas Zuidoosthoek by Jammerbergsdrif gevange geneem en in die Groenpunt-kamp in Kaapstad aangehou.
Dreyer word aanvanklik deur die Engelse met 'n sekere kmdt. Schoeman wat van moord aangekla was, verwar en hy en sy adjudant word verhoor en ter dood veroordeel. Gelukkig is die fout betyds ontdek en word hulle begenadig en na Sialkot in IndiŽ verban.

Piet Kritzinger, wat aanvanklik na Ladybrand terugval, slaag daarin om die Oranjerivier die nag van 11 Desember 1901 oor te steek en die Kolonie binne te trek.
Theunis Frederik Jacobus Dreyer is op 28 Januarie 1860 op Vaalbank, Senekal, waar sy ouers se grafte nog te sien is, gebore. In 1884 trou hy met Dirkie Cornelia Jacoba Breytenbach, 'n suster van genl. J.J.M. (Jaap) Breytenbach. Uit die huwelik word 11 kinders gebore, van wie nege oorleef. In 1886 vestig die egpaar hulle op die plaas Kleinfontein tussen Welverdiend en Frederikstad, naby Carletonville.

Die grond word in 1935 deur Goudvelde van Suid-Afrika uitgekoop vir die ontwikkeling van die Deelkraal-goudmyn. Terwyl die twee oudste seuns in diť stadium reeds in die Senekal-omgewing in die Vrystaat boer, vestig Dreyer hom hierna op die plaas Lissabon tussen Senekal en Ventersburg waar hy tot sy afsterwe op 4 Maart 1943 woon. Sy vrou oorleef hom nog tot 10 Julie 1946.
Hulle word aanvanklik daar naby op Dreyer se erfplaas, Klipfontein, begrawe, maar word later (c.1968) saam met ander familielede in die begraafplaas by Senekal herbegrawe.
Dreyer het ongelukkig nooit sy oorlogservaringe neergeskryf nie, maar uit ander geskrifte en vertellings van sy kinders kon sy betrokkenheid en wedervaringe tog nagespoor en opgeteken word. Sy rol in die ABO begin as gewone burger in die Gatsrand-wyk van die Potchefstroom-kommando. Hy maak die beleg van Mafeking mee en neem deel aan al die gevegte op die westelike grens van Transvaal.

Hy veg by Rustenburg, Potchefstroom, Klerksdorp, Krugersdorp. Hy is ook betrokke by verskeie skermutselings in die Gatsrante en tydens die nagtelike aanval op die Britse kamp by Modderfontein teen einde Januarie 1901, waar genl. Jaap Breytenbach, Dreyer se swaer, sneuwel. Tydens die beleg van genl. Piet Cronjť by Paardeberg in Februarie 1900 is Dreyer onder diegene wat voor die wapenneerlegging op 27 Februarie 1900 saam met Danie Theron ontsnap.
Hy word daarna genoem by die geveg by Abrahamskraal (Driefontein) en neem waarskynlik ook deel aan ander veldslae (onder meer Poplar Grove) tydens die Britse opmars aan die westelike front.

NŠ die besetting van Pretoria word Dreyer as veldkornet van die wyk Gatsrand aangestel en later tot kommandant bevorder. Die Dekoratie voor Trouwe Dienst-medalje (DTD) is in 1920 aan hom toegeken.
Een gebeurtenis wat waarskynlik tot sy dood 'n groot wroeging vir hom gebly het, het vroeg in Februarie 1901 plaasgevind. Onder bevel van Smuts moes kmdte. Bouwer, Wolmarans en Dreyer, elk met nagenoeg 50 manskappe, tydens 'n nagtelike aanval die treinbrug by Bank-stasie beset en vernietig. Dit sou Bouwer en sy manskappe se taak wees om die brug op te blaas, terwyl Dreyer op die regterflank en Wolmarans op die linkerflank die Britse mag sou afweer.
Die wagte by die brug het egter onraad gemerk en in die geharwar is Bouwer se manne op die brug met geweervuur deur Dreyer se manskappe begroet, onder die indruk dat dit Britse soldate was. Dreyer het dadelik die fout besef en die ongemagtigde vuur gestaak, maar verskeie burgers was reeds in die skietery gedood en ander verwond.

Wolmarans het intussen die Britse kamp aangeval en met Dreyer se hulp is die verrassingsaanval verder suksesvol deurgevoer. Hoewel Dreyer later van alle blaam onthef is, het hy die fout wat deur sy manskappe gemaak is, diep betreur. In sy weergawe van die ongelukkige gebeure, plaas Smuts, wat ook by die aanval teenwoordig was, interessant genoeg al die blaam op die manskappe van komdt. Wolmarans.
Tydens die oorlog trek sy vrou en kinders saam met ander gesinne in die omgewing van die Gatsrand rond om die Britse mag te ontwyk. Toe die vroue een nag probeer om met die kinders deur die Britse linies te ontsnap, word hulle gevang en in die gevangenis in Potchefstroom aangehou. Deur bemiddeling van genl. Louis Botha word almal uit die tronk vrygelaat en per trein na die konsentrasiekamp by Howick gestuur.

NŠ die vredesluiting op 31 Mei 1902 is hulle na die plaas terug om met die heropbou te begin. Aanvanklik woon die gesin onder sinkplate in die murasie van die afgebrande plaashuis, maar teen 1905 word 'n nuwe ruim opstal met buitegeboue voltooi.
Die krygsgevangenes uit die Gatsrand-wyk wat na St. Helena verban was, was die meeste reeds teen 7 Julie 1902 in Potchefstroom terug, maar Dreyer self het eers sowat 'n jaar nŠ die vrede weer op sy plaas aangekom. Die kinders vertel hoedat hy eendag terwyl hulle 'n landjie geploeg het oor die rand van Frederikstad se kant aangestap gekom het.
Ouma Dirkie het hom tegemoet gehardloop en met groot blydskap omhels.
Soos verskeie ander van die militÍre leiers nŠ die oorlog betree Dreyer die politiek en word in 1907 en 1910 onbestrede tot LV vir die Het Volk Party van Louis Botha in die Losberg-kiesafdeling verkies.

Boertjie Phillip
11 Dec 2012, 18:09
ABO: Vriend en vyand betreur sy dood.

DIE Held van Majuba en geliefde Boere-offisier van die Eerste Vryheidsoorlog (1880 en '81) en die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" van 1899 tot 1902, kmdt. genl. P.J. (Piet) Joubert, het op 27 Maart 1900 in Pretoria aan 'n ingewandskwaal en nierversaking gesterf.

Wat nie algemeen bekend is nie, is dat Joubert 'n boorling van Zwartberg naby Prins Albert in die Klein Karoo was wat op Swellendam gedoop is en as sesjarige die Groot Trek meegemaak het.
As begaafde en veelsydige mens, knap sakeman en voortreflike militÍre leier wat vriend en vyand diep beÔndruk het met sy diplomasie, welwillendheid en gasvryheid, het sy skielike afsterwe midde-in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" 'n sterk demoraliserende uitwerking op die Transvaalse burgers gehad.

Sy welwillendheid spreek duidelik uit 'n telegram van medelye wat hy op 28 Februarie 1881 nŠ die Slag van Majuba in die Eerste Vryheidsoorlog aan lady Colley, vrou van die Britse aanvoerder kol. George Colley, versend het. Colley het die vorige dag op Majuba gesneuwel.
Die boodskap het onder meer gelui: ``Dit is jammer dat hy (Colley) moes val in 'n oorlog die uitkoms van 'n beleid wat hy nie veroorsaak het nie. Ook dat hy moes val in so 'n ongeprovokeerde en onheilige oorlog teen die Boere-bevolking wat vir hul vryheid stry.''

Die telegram is nooit by mev. Colley afgelewer nie, omdat die leŽr dit as onbehoorlik (``improper'') beskou het.
NŠ die Slag van Majuba het Joubert in 'n onderhoud aan Engelse verslaggewers gesÍ: ``Ons Boere wil vrede hÍ, en ons wil nie teen Engeland of sy soldate veg nie. Maar vir ons vryheid sal ons almal sterf, ons elkeen. '' (Cape Times, 3 Maart 1881).

Toe die Britse bevelvoerder genl.maj. William Penn-Symons op 21 Oktober 1899 in die Slag van Talana by Dundee in Natal dodelike wonde opgedoen het waaraan hy op 23 Oktober gesterf het, het Joubert 'n telegram van medelye aan mev. Penn-Symons gestuur. Dit het haar wel bereik en sy het dit hoog op prys gestel.
Daarom was dit nie onvanpas dat met die dood van Joubert die Britte ook vir hom lofuitinge gehad het nie.
Die bekroonde Britse digter Rudyard Kipling het 'n huldeblyk aan Joubert in The Friend in Bloemfontein gepubliseer. Kipling is einde Maart 1900 deur lord F.S. Roberts, opperbevelhebber van die Britse leŽr in Suid-Afrika, as assistent-redakteur aangestel om die Empire te propageer.

Toe Roberts van Joubert se dood verneem het, het hy die volgende telegram aan pres. Paul Kruger gestuur: ``Ek het pas berig ontvang van genl. Joubert se dood en betuig u hoogedele en die burgers van die Zuid-Afrikaansche Republiek my opregte deelneming in die droewige gebeurtenis. ''

Koningin Victoria het Roberts versoek om haar deelneming te betuig aan die weduwee van Joubert, ``wat deur die Britse volk geag is as 'n moedige soldaat en 'n eerlike vyand''. Genl. White het aan die Standard gesÍ: ``Joubert was sowel 'n man van eer as 'n dapper soldaat.''

Die Britse krygsgevangenes in Pretoria het kranse na die begrafnis gestuur as huldeblyk ``vir die edele generaal van die Boere''.
Kruger se eerste woorde by die ontvangs van die doodstyding van die hoof van sy weermag was: ``Ek het my regterhand verloor!''

Op 29 Maart is die lyk van Joubert op 'n praalbed in sy ampswoning in Pretoria ten toon gestel; 'n groot aantal kranse het die doodskis bedek.
Hoewel hy voor sy dood versoek het dat die begrafnis in eenvoud en sonder militÍre eerbetoon moes plaasvind, was dit desnieteenstaande 'n indrukwekkende skouspel in Pretoria sowel as op Wakkerstroom, waar hy op sy plaas Rustfontein begrawe is.

NŠ 'n diens in die NG kerk is die kis in 'n optog na die Pretoriase stasie geneem. Daar het Kruger 'n indrukwekkende lykrede gehou en onder meer aangekondig dat ``die burgers besluit het om onverskrokke die stryd voort te sit''.
Die laaste wens van Joubert was om op Rustfontein begrawe te word. 'n Spesiale trein het die kis weggebring. Op Wakkerstroom-stasie is dit ingewag deur 'n groot skare, 'n perdewa vol kranse en 20 perde-rytuie, waaronder die staatspresidentskoets wat die Joubert-gesin vervoer het.

Die Vierkleur op die dak van die stasiegebou het halfmas gewapper en nog 'n Vierkleur was oor die kis gedrapeer. Die stoet na die begraafplaas op Rustfontein is gelei deur die generale staf en Joubert se ryperd met 'n swart doek oor sy rug gehang.
Onderweg het burgers 'n erewag gevorm. Die diens by die graf is waargeneem deur die leraar van Wakkerstroom, ds. D.P. Ackerman, wat bewoŽ begin het met: ``God heeft een hoge boom gekapt . . .''

Daarna het die plaaslike landdros 'n kort toespraak afgesteek en genl. Louis Botha, opvolger van Joubert volgens sy laaste wens, het die verrigtinge afgesluit. Drie geweersalvo's is oor die graf afgevuur terwyl die kis laat sak is.

Boertjie Phillip
11 Dec 2012, 18:27
ABO: Engelsman leer sy les kaalbas tussen die duwweltjies.



``EK wil 'n paar staaltjies vertel wat as kind vir my so lekker was om na te luister. Vandag is ek spyt dat ek nie meer uitgevra en meer aantekeninge van datums en gebeure gemaak het nie. Dit kan vir jou miskien nie so interessant klink nie, maar vir my is dit kosbaar,'' skryf mev. J.C. de Klerk.

Sy skryf: ``My oorlede oom Jasper van Huyssteen was my oorlede ma, Hester van Huyssteen, se neef. NŠ haar suster Annie se tweede man se dood was sy lank 'n weduwee en oom Jasper 'n wewenaar, en toe besluit die twee om te trou.
``Hy het op die plaas Rustvlei, Arlington, geboer. Ons het gereeld daar gaan kuier. Hy het ons altyd vermaak met staaltjies, maar twee was vir my altyd die oulikste.
``Hy sÍ 'n klompie boere (seker in die distrik Lindley) vang eendag 'n Engelsman. Hulle trek hom toe kaal uit en jaag hom in 'n duwweltjieland in. Hy het vertel dat as die dorings die voete te veel steek, gaan sit hy plat op sy kaal blaker. Dan begin die gekerm van voor af.

``Later het hulle sy klere teruggegee. Hy sÍ dit was die vinnigste wat hy ooit 'n Engelsman sien weghardloop het.
``Op 'n keer loop hy en 'n Engelse offisier onder 'n peerboom deur wat verskriklik baie pere aangehad het. Hy wou toe 'n baie goeie indruk op die offisier maak en hy kyk so op in die boom en sÍ :`H'm, here's more pÍrs den blÍrs'! (menende blare).

``My oorlede man, Pieter Jacobus Niemann, se pa, Pieter, en sy oupa Johannes was ook in die oorlog. Skoonpa was 'n penkop. Hulle het naby De Brug in die distrik Bloemfontein gebly. Ouma het deur die oorlog gevlug en is nooit gevang nie. Toe die oorlog uitbreek, het 'n boer vir haar sy Hoog-Hollandse Bybel gegee om vir hom te bewaar. (Ongelukkig kon niemand vir my sÍ wie die boer was nie.)

``Hy het nooit sy Bybel kom opeis nie. Seker gesneuwel. Die Bybel was altyd by ouma waar sy ook gegaan het. Nadat skoonpa van die oorlog af teruggekom het, het sy die Bybel vir skoonpa gegee. NŠ skoonpa se dood is dit na my man en nou het my seun Pieter die Bybel. Dit sal eendag na sy seun Pieter toe gaan.
``Terwyl ouma in Koffiefontein se wÍreld gevlug het, het sy Boere ontmoet wat vir haar gesÍ het daar naby is 'n plaashuis waar nog gordyne is waarmee sy vir haar kinders klere van kan maak. Toe sy daar kom, het iemand reeds die gordyne gevat. Al wat sy toe kry, was 'n porselein-waskom. Dit was pragtig met gebakte rose buite om.
``Toe my skoonpa en -ma later trou, gee ouma vir hulle die skottel. Skoonma het al nege haar babas daarin gebad. Toe ek en my man trou, kry ons die skottel. Skoonma het altyd gesÍ as iemand die skottel breek, moet hy dit skelm gaan begrawe en dit vir niemand vertel nie. Ek was altyd bang dat ek die ongelukkige een gaan wees om dit te breek.

``NŠ skoonma se dood het ons dit vir die Oorlogsmuseum in Bloemfontein geskenk. Dit is jare daar uitgestal, maar die laaste keer toe ek daar was, het ek dit nie gesien nie.
``My skoonma, Hester Niemann, was 'n nooi Booyens. Ek meen hulle het in Steynsrus of Heilbron rond gebly. Haar ma en die kinders is gevang en na 'n konsentrasiekamp gestuur. As ons vir haar gevra het wat die kamp se naam was, het sy altyd gesÍ ``Misroem Wellie'' en sy dink dit was naby Winburg. 'n Tyd gelede het ek gelees daar was wel 'n Mushroom Valley naby Winburg.
``Sy was glo 'n baie mooi kind met blou ogies en ligte krulhaartjies en die Tommies was baie lief vir haar. Hulle het altyd vir haar skelm kondensmelk en ``Bully beef'' gegee om vir haar ma in die tent te gaan gee.
`NŠ die oorlog het van die Boere vir haar ma gesÍ dat haar pa gesneuwel het. Hulle het getroos om te sÍ hulle het darem sy hoed oor sy gesig gesit toe hulle hom begrawe het. Sy het nooit geweet waar dit was nie.

``Haar ma is later met 'n Van Rensburg getroud. So het dit gekom dat sy as jong meisie by familie van die stiefpa beland het, oom Flip van Rensburg. Dit was op Van Heerdenskraal, naby De Brug. Daar het sy vir Boet van Rensburg (Doorsie van die Mielieblaarklub) help grootmaak.
``Sy het toe vir skoonpa Pieter Niemann ontmoet en in 1918 het oom Flip vir hulle R200 geleen en hulle het die plaas Hopewell net oorkant Kaalspruit gekoop. My oorlede man is daar begrawe, maar die droogte het ons in 1983 genoodsaak om Hopewell te verkoop.''

Boertjie Phillip
11 Dec 2012, 18:37
ABO: Boervrou looi hensopper toe met stuk vleis.


'n BOERVROU wat haar vererg het vir 'n hensopper wat haar skaapblad-rantsoen in die Winburg-konsentrasiekamp op die grond neergegooi het, het hom toe daarmee in die gesig gelooi, vertel mnr. Jan Bosman.

``Wyle my pa, Frederick Albert Williams Bosman, is op 1 Januarie 1892 in die omgewing van Marquard gebore. Met die uitbreek van die oorlog was hy dus so 'n raps oor die sewe jaar.
``My oupa Jan ( Kort Jan) was op kommando. My oupa se oudste seun, oom Koos, was ook op kommando. Hy het vroeg in Februarie 1902 naby Clocolan gesneuwel. Hy was lid van die Vrystaatse artillerie.

``Ouma Anna het siek geword en oupa Jan het menslikheidsverlof gekry. In diť tyd is hulle van hul plaas na die konsentrasiekamp by Winburg gebring.
``Pa het ons van hul ervarings in die kamp vertel.
``Afgesien van die Engelse soldate (Kakies) was daar ook 'n aansienlike getal hensoppers of hanskakies.
``Laasgenoemde is deur die Engelse gebruik vir werk in en om die kamp. Die gevangenes het geen hoŽ dunk van diť mede-landsburgers gehad nie.

``Deel van die hensoppers se taak was ook om te help met die uitdeel van rantsoene (``rations''). Op 'n sentrale punt was 'n verhogie of platform waarvandaan die ``rations'' uitgedeel is. Een mens het die name gelees en 'n ander het die uitdeelwerk gedoen.
``Op 'n dag is onder meer vleis uitgedeel. 'n Vrou wie se van gelees is, was in die bondel vasgevang en kon nie vinnig genoeg na vore kom nie. Haar porsie was 'n skaapblad. Die uitdeler skree toe: `Vang of dit val op die grond.'

``Hy het die vleis na haar gegooi, maar dit het toe wel op die grond geval. Sy het dit opgetel en stadig na die sondaar gestap en met vinnige beweging en 'n ``vang of dit val op die grond'' het sy hom met die sanderige stuk vleis in die gesig gelooi.
``Die gesin het diť dag nie vleis in die pot gehad nie.

``Weens swak sanitasie en higiŽne was sterftes baie algemeen. Dooies se lyke is in 'n tent geplaas. Soggens het 'n wa, getrek deur twee muile, die lyke opgelaai en na die begraafplaas gebring. Dit was 'n daaglikse roetine.
``Een nag het dit begin reŽn. Niemand het die doodstent se toue skiet gegee nie. Van die reŽn het dit gekrimp en die penne uit die grond getrek met die gevolg dat die tent inmekaar gevou het. Die volgende oggend het die gesig van die natgereŽnde lyke een jong meisie met 'n sliert hare oor die gesig 'n blywende indruk op die kinders gemaak.
``Skoolgaan was veronderstel om deel van die kamproetine te wees. Om die kinders in die skooltent te kry, was makliker gesÍ as gedaan. Veral die seuns het in alle rigtings uitmekaar gespat. As 'n mens in ag neem dat die onderrig in Engels was 'n vreemde taal kan 'n mens hul optrede dalk verstaan.

``Die jongspan het die tyd dan verwyl deur by 'n nabygeleŽ fontein te gaan klei uithaal en kleilat te gooi en talle `veldslae' te besleg.
``Deel van die rantsoene was klinkers, 'n soort harde beskuit wat eintlik deel was van die Engelse perderantsoen. Dit was sů hard dat 'n mens dit nie kon kou nie. Die fontein was redelik hoog geleŽ en het in 'n slootjie wegge loop.
``Die seuns het dan hul klinkers in die stroompie laat resies jaag. In die proses het dit geweek totdat dit eetbaar was.
In die somermaande was jagspinnekoppe (ook bekend as jaagspinnekoppe, maar nie te verwar met die roman nie) vry algemeen. Diť spinnekoppe het 'n voorliefde vir manshare gehad. In die kamp was dit glo 'n algemene gesig om 'n knaap met 'n paadjie of twee oor die kop te sien.

Boertjie Phillip
11 Dec 2012, 18:45
ABO: Offisier toe byna in die sop nŠ hulp.

So was die Slag van Tafelkop in Desember 1901 net 'n paar kilometer van die familieplaas waar ek nou woon. Die blokhuislinie na Vrede en Bothaspas het hier naby verbygeloop.
Sů skryf Herman Botha van Kalverfontein.

Hier is sy verhaal soos deur sy oupa aan hom vertel: tussen Frankfort en Vrede is die blokhuisbouers ywerig besig met die lyn na Bothaspas.
Dit is 'n miernes van bedrywighede. Hulle trek al verby Tafelkop, maar nou word hulle toenemend die teiken van herhaaldelike Boere-aanvalle.
Die Engelse het die distrik met een dryfjag nŠ die ander skoongevee en die Boere soek kos en voorraad - en natuurlik hul vryheid.

Brig.genl. Hamilton is in bevel van die fortbouers en het reeds beskerming aangevra.
Lord Kitchener het Damant en Rimington, albei ou bekendes in die omgewing, gestuur om na die bouers om te sien, maar veral om die voorraadwaens op te pas.
Dit is 'n warm somersdag. Kmdt. Manie Botha en sy manskappe lÍ verskuild en wag vir die konvooi wat materiaal en voorraad bring.
Die oorlog duur al lank en die burgers in hul verbleikte en verslete klere smelt weg in die rooigras wat reeds vol in die saad staan. Daar is geen onderskeid in voorkoms te tref tussen manskap en offisier nie.

Die wind is stil en die Boere sweet in die hitte van die dag. Die konvooi kom stadig nader. Dan volg die aanval plotseling. Stof slaan orals uit en styg lui-lui die lug in. Skote klap opgewonde en bevele word luid uitgebulder.
Die Engelse skud die verwarring van verrassing af en veg verbete terug. Die gevaar van lewensverlies verskerp en dis tyd vir die Boere om skuiling te soek. Hulle val terug na die beskerming van die klipperige randjie met sy jakkalsbessiebosse.

Dis toe dat dit gebeur: Swart Koos se perd word onder hom doodgeskiet. Hy is 'n groot man, ondanks die karige rantsoen en die baie maande in die veld . Hy is ook donker van gelaat en haar en verder swart gebrand deur die somerson tot onder die breŽ rand van sy hoed. Hy rol deur die stof en bossies, maar staan ongeskonde op.
Die kommandant sien hom val, draai sy perd om en jaag terug. Hy beduie en skree van ver af dat die man agterop moet spring, maar Koos skud net sy kop magteloos en bly verwese en beteuterd staan. Daardie groot lyf gaan dit nie maak nie. Die kommandant spring af en help Koos op.

``Wag vir my totdat ek op is,'' sÍ hy nog, maar toe Koos bo-op die perd is, lÍ hy die spore in. Die kommandant gryp die stiebeuel vas en hardloop 'n entjie saam en word dan verder in veiligheid gesleep. Die verskrikte Koos word kras en skerp berispe: ``Wat die . . . . gaan met jou aan? Jy los my daar, terwyl ek my lewe waag om jou te kom haal en jaag weg!''

Swart Koos stamel: ``Maar, maar die Engelse het seker gedink ek is 'n baie belangrike man en . . . en hulle was so naby, ek kon hulle duidelik hoor skree: `Shoot the dark one. Shoot the dark one.' ''

Boertjie Phillip
11 Dec 2012, 18:50
ABO: Boervrou maak 'n plan om die Britte te flous.

Mev. Maria van Rooyenskryf:

``My oupa, ouma en hul kinders het op die plaas Welkom, Winburg, gewoon. Ouma, Maria Elizabeth Wessels gebore Joubert en suster van wyle genl. Piet Joubert was met haar drie dogters nooit in 'n konsentrasiekamp nie, terwyl Oupa met sy sewe seuns almal op kommando was.
'n Ou tannie Van der Merwe het met haar twee dogters by Ouma kom inwoon ter wille van veiligheid. Hulle het gehoor die Engelse vang vroue en kinders en bring hulle na konsentrasiekampe.
Een mŰre sien hulle die Engelse vangwaens van Winburg se rigting aankom. Ouma was die oudste en iemand kry 'n plan. Hulle moet Ouma oorreed om in die bed te klim met 'n rooi kappie op haar kop. Teen wil en dank is Ouma oorreed, maar sy was kwaad. Intussen word orals knoffel en uie wat 'n reuk kan afgee stukkend op die vloere gestamp en kasterolie en medisyne uitgegooi.

Toe die patrollie waens voor die huis stilhou, kom die Engelse offisier nader en blaas op sy fluit. Hy sÍ toe hy gee hulle 'n halfuur kans dan moet hulle almal gereed en op die waens wees, want hy neem hulle weg.
Een van die dogters sÍ vir hom ``alles is reg'', maar wat moet hulle nou maak met die ou ``lady'' wat siek lÍ aan ``enteric fever''? (Hulle het gehoor die Engelse is bang vir ``fever''). Hy gee net twee skerp blase op sy fluit en daar trek die patrollie tot so 50 m van die huis af en hou stil.
Hy vra toe of hy die ou ``lady'' kan sien en hulle sÍ ja hy kan maar inkom hy sÍ toe nee hy sal net deur die venster kyk. Hulle bring hom toe tot voor die venster en hy sÍ hy kan sien die ou ``lady'' is baie siek intussen wil Ouma ontplof van woede, want sy wil haar nie van die Engelse uit die bed laat jaag nie hy gaan 'n dokter na haar uitbring.

Toe hy weg is met sy patrollie, was almal maar gespanne en bly net vir Ouma paai.
Die middag laat sien hulle toe twee ruiters aankom en dog toe dis die dokter en die offisier. Weer was dit 'n gespook om Ouma in die bed te kry.
Toe die twee stilhou, kom net die offisier na die huis en maak verskoning dat hy nie die dokter kon kry nie, maar hy het wel vir hulle iets gebring wat hulle dalk kan benodig. Dit was toe 'n blik goue stroop en 'n sakkie meel. Hy is toe daar weg en sÍ hulle moet maar mooi kyk na die ou ``lady''.

Daar was 'n gejuig in die huis en Ouma was toe tevrede dat sy gehoor aan die klompie gegee het.
Van die burgers Oupa-hulle het soms daar verby gekom en beskuit gekry wat van die meel gebak was. Almal was bly en verbaas. Hierna het Ouma-hulle per ossewa altyd gevlug as hulle enigsins die Engelse gewaar het almal het die oorlog oorleef.

Boertjie Phillip
13 Dec 2012, 16:19
ABO: Oorlog kon anders verloop het met Ferreira se plan.

Nols Nieman.

Die geskiedenis van Suid-Afrika kon heel anders verloop het as genl. Piet Cronjť 'n eeu gelede in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" (ABO) by Paardeberg na hoofkmdt. Ignatius Stefanus Ferreira geluister het.

Cronjť is uiteindelik gedwing om op 27 Februarie 1900 met 4 000 manskappe oor te gee, wat as die begin van die einde van die twee Boererepublieke, die Vrystaat en Transvaal, beskou word.
Sowat 130 trotse afstammelinge van Ferreira, wat op 18 Februarie 1900 by Koedoesrand 15 km noordoos van Paardeberg per ongeluk deur een van sy wagte doodgeskiet is, het die naweek hier reŁnie gehou om dit te gedenk.

'n Diens is Saterdagmiddag in die NG kerk gelei deur ds. Ferdinand Retief van Bloemfontein, 'n agterkleinseun van Ferreira, waarna kranse op sy graf, diť van sy vrou, Anna Margaretha, jongste seun, Gerhardus, en babadogtertjie, Lily, gelÍ is.

Met die aanbreek van die ABO in Oktober 1899 het Ferreira as kommandant van die Ladybrand-kommando met sy manskappe aan die grens van die destydse Basoetoland stelling ingeneem. Op 26 November het hy opdrag gekry om hom met 'n afdeling van sy kommando na die front in die Wes-Vrystaat te haas, waar hy aan die gevegte by Modderrivier en Magersfontein deelgeneem het.
Op 10 Desember het pres. M.T. Steyn hom as veggeneraal aangestel en op 8 Januarie 1900 volg hy hoofkmdt. C.J. Wessels op as hoofkommandant van die Vrystaatse mag. Genl. C.R. de Wet skryf hieroor in Die stryd tussen Boer en Brit:

``Hy (Ferreira) het sy hoofkwartier by Kimberley gevestig. Met die ontsetting van Kimberley (15.2.1900) het 'n gedeelte van die burgers wat Kimberley beleŽr het, na Veertien Strome vertrek; die ander in die rigting van Boshof en 'n klein klompie met Ferreira in die rigting van Koedoesrand, bokant Paardeberg.''
In diť stadium was Cronjť en sy mag, vroue en kinders inkluis, reeds deur die Britte onder lord Roberts omsingel en vasgekeer. Ferreira het 'n ordonnans na Cronjť gestuur om hom in te lig oor 'n plan dat Cronjť die vroue, kinders en waens moes agterlaat en 'n pad deur die Engelse oopveg, met Ferreira en De Wet wat van die flanke aanval. Oor Cronjť se reaksie skryf Francois D. Conradie in Met Cronjť aan die Wesfront: ``Alles het gestuit op die onversetlike wil van die opperbevelhebber, wat eers die nodige versterkings uit Bloemfontein wou hÍ.

` `Ek was generaal voordat jy gebore was; ek sal my plek hier teen die Engelse mag verdedig,' was sy kortaf antwoord. Daarop draai hy na sy offisiere toe en sÍ: `Is julle bang vir die Engelse? Dan kan julle gaan.' Daar was geen salf aan hom te smeer nie.''

Boertjie Phillip
13 Dec 2012, 16:23
DIE dag toe sy oupa ``gestreak'' het, is die verhaal wat Peet Albertse.

Oupa Dirk Albertse het by ons in Petrusburg gekuier. Sy groot vriend en oorlogsmakker, oom Attie Kruger, het hom besoek en die twee het my die volgende staaltjie vertel. Dit was in die guerrilla-fase van die oorlog en hul kommando was skraps aan ammunisie.
Feitlik al die burgers het kakieklere gedra wat hulle van vyandelike gevangenes gebuit het. Die meeste van diť klere was met luise besmet - Oupa en oom Attie s'n ook.
Hulle was verkenners en moes die omgewing wyd rondom die kommando bespied.
Op een so 'n verkenningstog gewaar hulle 'n vyandelike ammunisiekonvooi en rapporteer dit aan die kommandant. Hy beveel hulle om die konvooi op 'n veilige afstand te volg en sodra hulle kamp opslaan, hom onmiddellik te kom inlig. Hulle het juis min ammunisie en hy wou in 'n nagtelike aanval probeer om nog ammunisie te buit.
Terwyl hulle die konvooi agtervolg, raak die kommando met 'n oormag Tommies slaags en moes uiteindelik vlug. Oupa en oom Attie was natuurlik nie daarvan bewus nie. Toe die soldate by die konvooi begin kamp opslaan, ry hulle haastig terug na die kommando.

Daar was egter niemand en hulle besluit toe om vir 'n dag of twee in die omgewing te vertoef ingeval die kommandant iemand stuur om hulle te soek.
Naby 'n kliprantjie was 'n waterput en 'n vervalle stroois en tuin. Hulle besluit toe om, terwyl hulle wag, van die bytende luise ontslae te raak. By die stroois kry hulle 'n ou waterkonka en vul dit met water uit die put. Hulle klim halfpad teen die rantjie op sodat hulle ver kan sien en pak 'n vuurtjie aan. Die konka word met klippe bokant die vuurtjie staan gemaak, die twee trek al hulle klere uit en prop dit in die konka. Die kokende water můťs die luise laat vrek. Die perde was afgesaal, die tooms oor hul koppe gegooi en hulle het rustig onder die rantjie in die ou tuin gewei. Hul gewere het by die saals gelÍ.

NŠ 'n ruk hoor hulle stemme aan die agterkant van die rantjie. Oom Attie klim tot bo om te sien wie dit is. Oomblikke later kom hy teen 'n spoed gly-gly van bo af en sÍ so in die verbygaan: ``Dis Kakies!''
Oupa probeer toe die klere gryp, maar die kookwater brand sy hand. Hy versuim nie en vlug agter oom Attie aan - reguit na die perde. Die Kakies het intussen bo-op die rantjie gekom en toe hulle die ``kaalnalers'' sien, begin hulle onmiddellik vuur. Die perde skrik vir die skote en hardloop weg - die twee kales agterna.
Oom Attie was eerste by sy perd en al 'n ent weg toe Oupa eers sy perd tot bedaring bring om te kan opspring. Intussen fluit die koeŽls om hulle. Ongelukkig trap oom Attie se perd in 'n erdvarkgat en struikel. Hy duik bo-oor die perd en val hom half disnis. Toe oupa 'n ent weg is, kyk hy om en sien die Kakies het oom Attie. Hoewel dit moeilik was om kaalbas en boonop bloots te ry, het hy gelukkig weggekom.

Oom Attie vertel dat hy van jongs af dolgraag oorsee wou gaan om te sien hoe lyk die ``ander wÍreld''. In Kaapstad stel hulle hom voor 'n keuse: Hy kan die eed van getrouheid aflÍ en as gevangene in die Kaap aangehou word, of hy word na Bermuda verban. Hy dag: Hier is my kans - en dit op hulle koste!
``Nee, ek teken niks, stuur my liewer weg,'' sÍ hy.
Toe Oupa hom vra of hy, indien dit nie sy begeerte was om oorsee te gaan nie, sou teken, antwoord oom Attie vinnig: ``Nee man! Jy ken my mos.''

Boertjie Phillip
13 Dec 2012, 16:42
ABO: Bittere geween van Boere kenmerk Calvinia se eendaagse Huiloorlog.

Dit is die verhaal van die ``Eendaagse Huiloorlog'' van Calvinia. Mnr. Abrie Oosthuizen

Hy skryf: Ek het die verhaal opgetel in vertellings van die bekende en nimlike oom Kosie Louw van Calvinia soos hy dit nog aan familie en vriende oorvertel het toe hy reeds by die 80 jaar oud was in 'n ouetehuis in Goodwood.
Hy het altyd sy deelname aan die Huiloorlog gedramatiseer dat sy gehoor gelÍ het soos hulle lag.
Sy vrou, tannie Tienie (gebore Lochner), het vertel dat hoewel die storie nie in geskiedenisboeke opgeteken is nie, sy kan sweer oom Kosie se storie is die heilige waarheid.

Die Huiloorlog het plaasgevind teen die einde van 1901 toe byna die hele Hantam en Namakwaland onder die beheer van genl. Manie Maritz was.
Vanuit sy hoofkwartier op Vanrhynsdorp het Maritz die distrikte van Calvinia, Nieuwoudtville, Vanrhynsdorp en Clanwilliam beset en sy invalle tot diep in die Boland gedoen.
In Saldanha het sy manne selfs die Britse skip die H.M.S. Partridge, wat met versterkings op pad Tafelbaai toe was, onder die koeŽls gesteek - die enigste ``seeslag'' in diť oorlog!

Vroeg in Februarie 1902 het 'n Britse kolonne onder 'n kol. Haig 'n verrassingsaanval op Vanrhynsdorp gedoen en die dorp 'n paar dae beset.
Toe hy ook Nieuwoudtville bedreig, is versterkings dringend van Calvinia af aangevra. Dit is hier waar die Huiloorlog begin het.
Van die ouer Boere moes ook op kommando gaan, want die jonges was reeds opgeroep. Oom Kosie is as jong knapie saam op kommando om die rygoed op te pas. Hy beskryf diť roerende gebeure sů:

Smartlik en aandoenlik word afskeid geneem van vrou en kindertjies en daar gaat die groot kommando. Dis perdekarre, dis donkiewaens, en dis waens met twee koeie en twee donkies vooraan. Dit is Boere te perd en dis Boere te donkie.
Soos hulle nou die Hantamberge oorgaan, raak almal al hoe meer aangedaan. Dis nou oor vrou en kindertjies wat agterbly. Een oom met 'n stem soos 'n beeskalf begin hardop huil.
``Waa! Waa! Waa!'' eggo dit deur die kranse soos hy huil.

Volgende begin oom Sellebakkies Struis te huil. Hy kry sy naam van sy pa, oom Bakkie Strauss, want hy het dieselfde bakkies as sy pa en is net so lelik. Maar oom Sellebakkies Struis het 'n koorsblaar op sy lip. Nou kan hy sy mond nie lekker ooprek nie.
``Huu . . bib-bib-bib . . .'' huil hy en ``Huu . . . bib-bib-bib'' eggo dit deur die kranse.

Uiteindelik deur die Hantamberg op pad na Nieuwoudtville kom die kommando in 'n laagte fynbos. Nou eers uitspan en gaan verken. Vooraan die verkenners is oom Moestas. Hy het 'n snor soos 'n uitwaaierbesem. Hy ken van oorlog maak want hy was al vroeŽr hier deur met genl. J.B.M. Hertzog se kommando's.
Kosie gaan sit lekker gemaklik onder die fynbos om die perde en donkies op te pas.
Die lot is skaars weg, of hier kom hulle teruggehardloop.

``Die Engelse! Die Engelse is aan die kom! Kyk hoe slaan die stof uit soos hulle jaag! Hulle gaan Calvinia aanval! Dadelik soontoe om die dorp te gaan verdedig en versterkings te gaan vra!''
So skree hulle deurmekaar en hardloop na hul perde en donkies.
Heel voor hardloop oom Moestas. Hy ken mos van oorlog maak en spring sommer bloots op 'n donkie en skop hom in die lies. Die donkie begin sommer draf, maar reguit na die vyand toe.
``Diekant toe, jou bliksem! Diekant toe!'' skree oom Moestas en stuur die donkie aan sy ore asof dit 'n baaisikel is. Die ander manne spring ook op hul perde en donkies en jaag weg huis se kant toe.

In die geharwar trek iemand 'n skoot per ongeluk af.
``Die vyand is op ons! Aag ou vrou en kindertjies! Huu . . . bib-bib-bib,'' huil oom Sellebakkies weer.
Kosie, wat nog altyd rustig onder die fynbos lÍ waar hy perde en donkies opgepas het, kyk om na die aanstormende ``Engelse'' toe die manne oor die rantjie wegjaag.
Onder in die leegte waar die verkenners die stof sien uitslaan het, sien hy die klompie bruin vroue besig met houtmaak. Soos hulle die takke deur die sand sleep, slaan die stofwolke op. Sommige vroue slaan vrolik askoek dat die stof so staan in die sand om die hoop hout wat hulle bymekaargemaak het.

Nouja, as dit oorlog is en jou oŽ is nog nat van die trane, dan lyk die stofwolk wat 'n klompie dansende bruin vroue opskop maar seker baie groot vir 'n mens, vertel oom Kosie.
Daardie aand was die kommando heesgehuilde Boere en stokflou donkies veilig tuis in Calvinia.
En so eindig die eendaagse Huiloorlog van Calvinia.

Boertjie Phillip
13 Dec 2012, 17:08
ABO: Vrede se strydrosse sů onthou.

WILLEM L.E. NAUD….

Dit is 'n voorreg om u voor te stel aan oom Johannes Christiaan Venter van die plaas Tweefontein, Vrede.

Met die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 het hy en sy gade rustig op hul plaas gewoon. Hy was al redelik bejaard, maar as 'n gesiene kerkman en flukse boer was dit 'n groot teleurstelling toe hy sy sig verloor en blind geword het. Verby was die dae toe hy rustig op die stoep kon sit en sy boek gelees het.

Hy het egter die meeste van die tyd in sy rolstoel gesit, want die rumatiek het sy tol geŽis soos hy in jare gevorder het en hy kon beswaarlik oor die weg kom met 'n kierie as iemand hom nie ondersteun het nie.

Toe die ABO in 1899 uitbreek, is sy seun opgekommandeer en diť se vrou en twee klein kindertjies het by oom Johannes en sy vrou kom bly. In November 1900 het die Engelse soldate op Lord Kitchener se bevel gekom om die beleid van verskroeide aarde uit te voer deur die wonings en plase af te brand.

Nadat die vroue en kinders met die hulp van 'n manlike en 'n vroulike huishulp alles uitgedra het wat hulle wou hÍ om saam na die kamp in Standerton te neem, het die Engelse die hopie aan die brand gesteek en daarna die woning terwyl die ou tante en haar skoondogter, kindertjies en die huishulpe hulpeloos toekyk.

Die vroue is toe aangesÍ om na die oop wa te stap wat byna 'n kilometer van die huis anderkant van die spruit was, terwyl die ou oom in sy rolstoel bly sit het. Op versoek van die tante het die twee huishulpe die oom in sy stoel na hul stroois gedra en na hom omgesien vir die res van die oorlog totdat die tante en haar skoondogter teruggekom het nadat vrede op 31 Mei 1902 verklaar is

Boertjie Phillip
13 Dec 2012, 17:12
Drie vroue blaas stilletjies 'n ammunisie-wa van die Tommies op.

Mev. Ria Oosthuizen skryf:

Debeya (Dewie) Maria Odendaal (gebore Vivier op 10 Mei 1879 in Standerton) en twee metgeselle was die oorsaak van 'n groot lawaai omstreeks 9 Junie 1901 in die distrik Vrede by Steel se Drif. Diť drif is in die Kliprivier by Roodedraai in die ou Zuid-Afrikaanse Republiek.
Die vroue het nooit in die konsentrasiekamp beland nie omdat hulle bo-op die Rushoek- en Rustfonteinberge in 'n dwarskloof geskuil het.
Hulle het dikwels aan Boere-patrollies en verkenners kos en skuilplek gebied.
Op 'n dag het die drie benodigdhede gaan koop.

Percy Steel het 'n winkeltjie gehad waarin hy negosiegoed aangehou het dit was hul doelwit.
Die sekelmaan het ver in die weste gesit. Dewie, Martina en Johanna Swart het van ouhoutbos tot ouhoutbos gesluip sonder om 'n woord te praat.
Niemand mog sien waar hulle vandaan kom nie en niemand mog weet waarheen hulle op pad is nie. Hul skuilplek was te kosbaar. Sou iemand hulle sien, was al die ander vroue en kinders in gevaar om na 'n konsentrasiekamp weggevoer te word.

Dus het hulle soos skimme beweeg, verby die murasies van eertydse wonings waarin gelukkige gesinne eens gewoon het. Hulle het die ou watermeule bereik, waarvan die meulstene verwyder is en by Van der Merwesdrif weggesteek was.
Die ou opstal naby die begraafplaas het spookagtig gelyk. As 'n mens 21 jaar oud is, al is jy dapper, is daar vrese vir die onbekende en ou tant Martina van der Merwe het glo nie in vrede gerus nie.
Haar ou man, Hans die vioolspeler, was al fluks aan die gang om weer 'n hele spannetjie Van der Merwetjies by sy tweede vrou bymekaar te maak.
Dewie-hulle moes deur die rivier gaan. Aan die Z.A.R.-kant was die walle nie so hoog nie, maar aan die Vrystaat-kant moes hulle maar klouter om bo te kom.
Een vir een het die drie versigtig deur die water op verskillende plekke deur die water gegaan en sou weer op die wal by kromboompie bymekaar kom. Elkeen se oŽ en ore was wyd oop vir enige verdagte beweging of voorwerp.

Dewie, wat naby die wadrif was, het eerste stemme gehoor. Sy het geluister: Dit was die Rooi taal wat daar gepraat word! Daarvan het sy min verstaan.
Met die beskutting van die gras op die rivierwal het sy nader gekruip en die silhoeŽt van 'n wa gesien.
Drie mense het winkeltjie toe gestap. Die perde was uitgespan en juis vasgemaak aan die kromboompie waar die drie bymekaar moes kom.
Dit was 'n entjie van die wa af. Haar hart het in haar keel geklop. Sy het onthou om die patrys-roep te roep om haar maats te waarsku. Haar oŽ was aan die donker gewoond en sy kon die wa goed bespied.

Die drie Tommies is die winkeltjie in en ou Steel het van geselskap gehou. Daar was nie 'n roering nie.
Op haar maag het sy geseil om ondersoek te gaan instel. Dit was 'n wa. Vaag kon sy die woord ``AMMUNITION'' uitmaak. Die een ``patrys'' het links van haar geroep en verder af ook die ander een. Sy het ook haar kode uitgeroep. Dit was nie honderd jaar nie en die drie het na mekaar toe gekruip. Op fluistertoon is gesels.
Hulle het besluit al kos dit ook hul eie lewe, maar die ammunisie op die wa sal geen Boerekryger se dood veroorsaak nie. Die wa gaan opgeblaas word.

Takkies en gras is op die aste en wiele van die wa aan die kant weg van die winkel af gepak. Dewie het die ander twee gestuur om die wal te wag, want sy was die jongste en kon vinniger beweeg.
Versigtig het sy dit aan die brand gesteek. Sy wou seker maak hulle het hul werk goed gedoen, maar het net 'n oomblik te lank getalm voordat sy begin hardloop het. Die wa het met 'n geweldige slag ontplof en 'n stuk skrapnel het haar in die been getref. Haar twee metgeselle moes haar help om verder weg te kom.
Hulle het van hul klere verbande geskeur om die wond te verbind en die bloed te stop. So moes hulle die terugtog van sowat 16 km oor die berge aanpak. Hulle het toegesien dat geen spoor gelaat het wat deur die Engelse gevolg kon word nie. Ouma Dewie is in 1965 oorlede met die stuk skrapnel nog in haar been.

Boertjie Phillip
14 Dec 2012, 18:02
ABO: 'n Oorlogverhaal met 'n gelukkige einde.

Mev. Hannah Theron skryf:

'n Sekere boer in die Suid-Vrystaat was jonk getroud toe die oorlog uitbreek. Toe hy op kommando vertrek, moes hy sy jong, swanger vroutjie by sy ma agterlaat.
Nie lank daarna nie het die Kakies die vroue van die omgewing na 'n konsentrasiekamp weggevoer. Nog later is die hele plaas afgebrand en is die vee wat deur 'n arbeider opgepas is, in die klipkrale doodgeskiet.
In die konsentrasiekamp het vroue en kinders weens wanvoeding en maagkoors baie swaargekry. Met die geboorte van die jong vrou se baba is sy oorlede. Die vroedvrou het nie geglo die swakke babatjie sal oorleef nie.

'n Jong meisie van 14 het egter die babatjie onder haar sorg geneem en by al die sogende ma's in die kamp 'n slukkie melk vir die seuntjie gebedel.
Teen almal se verwagting in het hy oorleef en het die meisie die volle sorg van die kleintjie oorgeneem. Toe hy begin praat, het hy vir haar ``mamma'' gesÍ.
Intussen het die jong man op kommando gehoor sy vrou is oorlede en dat hy 'n seuntjie het wat in 'n kamp deur 'n vreemde meisie versorg word.

NŠ die oorlog het die jong man na sy geplunderde plaas teruggekeer en die arbeiders, wat stadigaan uit die destydse Basoetoland teruggekom het, aangesit om een vertrek van die afgebrande opstal weer leefbaar te maak.
Toe het hy na sy seuntjie begin soek, wat teen daardie tyd al twee jaar oud moes gewees het. Hy het oral navraag gedoen. Ten lange laaste het hy gehoor in watter distrik die meisie met sy seuntjie woon.
Hy het opgesaal en na die plaas gery, waar hy hom aan die boer bekend gestel het en daar en dan gevra het om met sy dogter te trou.

Die oom was taamlik onthuts en wou weet hoe hy met sy dogter wil staan en trou as hy haar nog nooit eens gesien het nie. Hy het die oom glo reguit in die oŽ gekyk en geantwoord: ``Oom, as sy goed genoeg was vir my kind, sal sy goed genoeg wees vir my. Kan ek nou asseblief met haar trou?''
Nou ja, die twee is kort daarna getroud en hulle het ondanks die grootste armoede 'n lang en gelukkige huwelik gehad waaruit nog 'n hele paar kinders gebore is.

Boertjie Phillip
14 Dec 2012, 18:56
Ou stories vertel.

Tharine Geldenhuys

DIS nie aldag dat staaltjies en vertellinge oor die Anglo-Boereoorlog woord vir woord gedokumenteer word nie.
Me. Susan Fouchť van Kroonstad het spoeletjies, wat in 1964 opgeneem is nog voordat kassette beskikbaar was, met vertellinge van die ABO met haar rekenaar verwerk om krappe en suisings uit te wis.
Sy het diť vertellinge van oom Abraham Mouton, tannie Annie Bierman en tannie Sannie Mouton woord vir woord in ’n dokument vervat.
Die Silwerjeug van die Evangelies Gereformeerde kerk op Kroonstad het verlede Saterdag bejaardes met ’n ossewa, wat aan Susan behoort, na die Boskoppie-leeuplaas buite Kroonstad getrakteer en die voorreg gekry om na diť vertellinge te luister.
Oom Abraham Mouton was ’n jong man toe die oorlog uitgebreek het en hy het die grootste gedeelte van sy lewe op ’n plaas naby Koppies by die Renosterrivier gewoon.
Hy is kort voor die vrede saam met kmdt. Meyer van Harrismith gevang en per skip na Bombaai, IndiŽ, vervoer.
In Shalahampore, ’n dorpie in IndiŽ, het hy en ander krygsgevangenes vir meer as ’n jaar gebly.
Nadat hulle ’n deklarasie onderteken het, is hul per skip na Simonstad vervoer.
Hy het vertel dat hul moeilik gebly het en is per trein na Wolwehoek gestuur.
Hier is hulle sonder kos, klere of ander nodige middele afgelaai en het hulle vir die volgende trein na Heilbron gewag.
Tannie Annie Bierman het vertel die ABO-tye was swaar, maar die Heer het voorsien al was daar nie uikoms nie.
Sy is van hul plaas tussen Frankfort en Heilbron na ’n konsentrasiekamp verjaag.
Sy kon net ’n verebed, ’n stoel en vier skinkborde saam met haar neem.
Al oplossing vir die vreeslike tandpyn wat sy toť ervaar het, was om heeltyd die stoel op haar kop te dra.
Sy vertel dat hul met die riemtelegram gehoor het dat die Engelse op pad was en dat die gesin in die knapsekÍrels, wat swart in die land gestaan het, gaan wegkruip het.
Die Engelse het hul plaashuis afgebrand en al wat oorgebly en bruikbaar was, was die pampoene wat deur die sink geval het.
“Heerlik gebak. Pampoen het nog nooit so heerlik gesmaak soos die pampoen diť dag nie,” het tannie Annie vertel.
Ouma Sannie Mouton vertel dat hul op Sondagskool was toe hul woord gekry het dat die oorlog begin het.
Hul woonhuis op die plaas is ook tot verskroeide aarde gelaat. Hulle het probeer vlug, maar die Engelse het hul gevang en hulle is met kakebeenwaens na Heilbron geneem. Oral waar hul plaasopstalle gesien het, was dit verbrand.
Van Heilbron is hul met ’n bees*trok per trein na Oos-Londen vervoer. Die reis het drie dae in gietende reŽn geduur.
In Oos-Londen moes hul by rou, Engelse onderwyseresse skoolonderrig kry. Om mekaar te kon verstaan was moeilik. As 12-jarige het sy darem plek-plek Engels begin verstaan.
Die terugkoms op Heilbron was hartseer. “Dit was bitter swaar om die opstal te sien. Ons was verwaarloos en sonder kos. Daar was niks om van te leef nie. Ons het maar by ander mense gebly.
“Ek was baie siek in die kamp en my oorlede ma was reeds agt dae begrawe voordat ek daarvan gehoor het. My broertjie is net ’n ruk nŠ my ma dood,” het ouma Sannie vertel.

Boertjie Phillip
21 Dec 2012, 16:52
Held van Majuba het ABO as `gentleman' benader.

Paul Zietsman

DIE held van Majuba, Piet Joubert, wat as verkose kommandant-generaal die Transvaalse gevegsmagte in die eerste fase van die Anglo-Boere Oorlog aangevoer het, het nie die militÍre briljantheid aan die dag gelÍ van Louis Botha en Christiaan de Wet, wat binne maande van gewone burgers tot bevelvoerders gevorder het, nie.

Joubert het die oorlog nog as 'n ``gentleman's war'' benader wat nie altyd in die pas was met die ongenaakbare eise van moderne oorlogvoering nie.

Joubert se rol as bevelvoerder in Natal is prakties kortgeknip toe hy op 24 November 1899 met sy perd geval en beseer is. Hy is op 30 November in die Volksrust veldhospitaal opgeneem en was nooit weer volkome krygsvaardig nie. Dit het ruimte gelaat vir die opkomende Louis Botha as de facto-bevelvoerder aan die Tugela front.

Onder Botha se uitmuntende aanvoering het die Boere magte die skitterende oorwinnings van Colenso (15 Desember 1899) en Spioenkop (24 Januarie 1900) behaal.

Nogtans het die gety teen die Republikeinse magte gedraai terwyl massiewe Britse versterkings na die fronte gestroom het. Joubert, terug op die Natalse front, kon nie meer aan die strawwe eise van die opperbevel voldoen nie en uiteindelik het Louis Botha die Boere magte aan die swaargeteisterde Tugela front aangevoer.

NŠ volgehoue druk het die Britse magte met 'n ontsaglike oormag soldate en kanonne op 27 Februarie 1900 'n onherwinbare bres in die Tugela linie geslaan. Op dieselfde swart Dinsdag dit was Majuba Dag het genl. Cronje met 4 000 Transvalers en Vrystaters aan die westelike front by Paardeberg oorgegee. Op 13 Maart het Roberts Bloemfontein ingeneem.

Terwyl groot getalle gedemoraliseerde burgers die stryd nou gewonne wou gee, het presidente Kruger en Steyn en genls. Joubert, De Wet en De la Rey op 17 Maart 1900 'n noodkrygsraad op Kroonstad gehou. Joubert, wat toe die Boere fronte begin verkrummel het Kruger en Steyn aangeraai het om vrede te sluit, het hom nou egter hart en siel vereenselwig met die voortsetting van die oorlog en die nuwe krygstrategie. Dit sou uitloop op die bewegings- of guerrilla-oorlog waarin kleiner, mobiele berede kommando's op die vyand sou toeslaan en, wanneer nodig, sou vlug.

Joubert het as 'n siek man na Pretoria teruggekeer, maar was nog in sy kantoor met krygsake besig toe hy op 24 Maart met maagvliesontsteking in die hospitaal opgeneem is. Op 27 Maart 1900 is hy oorlede. ``Wat sal er worden van ons arm volk,'' was die laaste woorde van diť generaal wat in die oŽ van sy volk 'n groot en goeie vaderlander was.

'n Moontlike rede waarom Joubert aanvanklik met oorlogvoorbereidings voete gesleep het, was dat hy tot op die laaste bly hoop en glo het dat die onenigheid tussen die ZAR en Brittanje nie tot oorlog sou kom nie. As kommandant-generaal was Joubert verantwoordelik vir die militÍre paraatheid van die ZAR terwyl die oorlogswolke al hoe swarter saamgepak het. Hy het die bewapening en militÍre voorbereidings van Transvaal nie met die dringenheid aangepak wat 'n mens onder die omstandighede sou verwag nie. Selfs nŠ die ontvangs van verslae van die ZAR se geheime diens in 1897 dat Brittanje op groot skaal bewapen het, het Joubert geweier om bykomstige kanonne aan te koop.

Sy traagheid in hierdie opsig was dan ook in aansienlike mate daarvoor verantwoordelik dat die staatsartillerie wat tydens die stellingsoorlog so onmisbaar doeltreffend aangewend is toe die oorlog uitbreek oor onvoldoende vuurmonde beskik het.

Die essensie van die republikeinse krygsplan aan die Natalse front was dat die Transvalers Natal vanuit die ooste en noordooste en die Vrystaters dit oor die Drakensberg passe vanuit die weste sou binneval en dan gesamentlik diť Britse kolonie so diep moontlik sou binnedring voordat die Britse versterkings ter see opdaag.

Nůg genl. Joubert, nůg die Vrystaatse opperbevelhebber, hoofkmdt. Marthinus Prinsloo, het egter die aanvoeling, aanleg en temperament vir diť offensiewe oorlogvoering gehad. Trouens, Joubert het 'n heimlike voorkeur gehad vir die defensiewe strategie wat hom sy beroemde oorwinning in die Slag van Laingsnek op 21 Januarie 1881 besorg het.

Die Transvalers onder sy bevel het die oprukkende Britte uit Natal vanuit goedgekose heuwelstellings by Laingsnek ingewag en aan dodelike geweervuur blootgestel.

As opperbevelhebber van die Transvaalse magte in 1899 het die bejaarde Joubert in der waarheid 'n veeleisende taak gehad Joubert het te kampe gehad met 'n groep onbekwame, onervare, bejaarde, lafhartige en eiesinnige offisiere, soms met al die tekortkominge in een persoon verenig.

Die Boere was nie beroepsoldate nie en was dikwels selfgemaakte individualiste wat nie maklik bevele geneem of onder gesag gebuig het nie. MiltÍre dissipline het veel te wense oorgelaat.

Selfs offisiere het krygsplanne waaroor vooraf ooreengekom en besluit is, verontagsaam. Om hierdie rede het reeds die eerste groot veldslag van die oorlog, die Slag van Talana op 20 Oktober 1899, vir die Boere magte skeefgeloop.

Op 17 Oktober het 'n krygsraad onder Joubert besluit dat die kommando's van genls. Lucas Meyer en DaniŽ1 (Moroela) Erasmus Dundee uit verskillende rigtings sou aanval. Joubert het, soos gewoonlik, die uitvoering van hierdie krygsverrigtinge aan sy generaals oorgelaat.

Meyer het op 19 Oktober deur middel van rapportryers met Erasmus oor 'n gesamentlike aanvalsplan ooreengekom. Toe Meyer egter die volgende dag tot die aanval oorgaan, het Erasmus met sy kommando die gebeurtenisse op 'n afstand dopgehou en versuim om Meyer te hulp te snel.

Dit bly egter 'n feit dat Joubert met sy oorversigtige opperleiding gulde kanse verspeel het. NÍrens was dit noodlottiger as met die Slag van Modderspruit op 30 November 1900 nie. Louis Botha het hier die eerste keer bevel gevoer en onder sy skitterende aanvoering is die magte van die oprukkende genl. White (12 540 man met 56 kanonne en 23 masjiengewere) met swaar verliese teruggedryf.

Botha het dringend aan Joubert gesein om hom by te staan in die agtervolging van die Britte wat paniekbevange in wanorde na Ladysmith teruggeval het, maar Joubert het dit verbied.

Genl. J.C. Kemp, wat soos Botha en De Wet as gewone burger begin het en wat as veggeneraal geŽindig het, het later oor die Slag van Modderspuit verklaar: ``As ons die vlugtende vyand agtervolg het, kon ons die dag Ladymith gevat het met al die Kakies wat daar was.'' Die hele Suid-Natal sou dan voor die Republikeinse magte oopgelÍ het.

Teen hierdie agtergrond noem die krygshistorikus Johan Barnard die weiering van Joubert om so 'n agtervolging te sanksioneer ``een van die groot keerpunte van die oorlog''.

Destydse militÍre deskundiges was al krities oor Joubert se leiding in die eerste fase van die Anglo-Boere Oorlog sedert 11 Oktober 1899 en krygshistorici het dit met die voordeel van restrospeksie onderskryf.

Piet Joubert het as sesjarige in 1837 in die Piet Retief geselskap die Trek na Natal meegemaak. As kind het Joubert weinig skoolonderwys gehad, maar hy het hom deur selfstudie van die Romeins-Hollandse regswerke as wetsagent en boedelberedderaar bekwaam.

Boertjie Phillip
21 Dec 2012, 17:09
http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/capt_fritz_duquesne-2_zps33b20ff4.jpg

Die man wat Kitchener se dood veroorsaak het. Die Swart Luiperd;

Kaptein: Frederick “Fritz” Joubert Duquesne.

Frederick “Fritz” Joubert Duquesne (soms geskryf as Du Quesne en uitgespreek in Afrikaans as Doe-kein) (21 September 1877 - 24 Mei 1956) was 'n Suid-Afrikaanse Boeresoldaat, krygsgevangene, grootwildjagter, joernalis, oorlogskorrespondent, Anglofoob, makelaar, saboteur, spioen en avonturier wie se haat vir die Britte hom gedryf het om vrywillig in albei WÍreldoorloŽ vir Duitsland te spioeneer. As Boerespioen was hy bekend as die Swart Luiperd en hy is ook bekend as die man wat Kitchener se dood veroorsaak het aangesien hy beweer dat hy in 1916 die HMS Hampshire gesaboteer en laat sink het waarop Lord Kitchener was op weg na Rusland. As Duitse spioen was sy kodenaam DUNN. In 1942 is hy en 32 ander lede van die Duquesne Spioenasiesindikaat skuldig bevind in die grootste spioenasieverhoor in die geskiedenis van die VSA.

Frits Joubert Duquesne is in Oos-Londen in die Kaapkolonie in 1877 gebore. Sy gesin het na sy geboorte na Nylstroom in die Zuid-Afrikaansche Republiek verhuis waar hulle begin boer het. Toe hy 17 was, is hy na Londen gestuur om te gaan studeer. Daarna het hy aan die Acadťmie Militaire Royale in Brussel gestudeer. Genl. Piet Joubert, 'n held in die Eerste Vryheidsoorlog en Kommandant-Generaal van die Suid-Afrikaansche Republiek (1880-1900) was sy oom

Toe die oorlog in Oktober 1899 uitgebreek het, het Duquesne na Suid-Afrika teruggekeer om hom by die Boerekommandos aan te sluit. Tydens die beleg van Ladysmith is hy beseer maar hy is ook bevorder tot die rang van kaptein in die artillerie. Duquesne is gevang deur die Britte by Colenso maar hy kon daarin slaag om in Durban te ontsnap. Hy het hom weer by die Boeremagte aangesluit en in die Slag van Bergendal geveg. Hulle moes egter terugval na Mosambiek. Daar is hy deur die Portugese gevang en na 'n interneringskamp in Caldas da Rainha naby Lissabon gestuur.

By hierdie kamp het hy die dogter van een van die wagte gesjarmeer. Sy het hom gehelp om na Parys te vlug. Van daar het hy na Aldershot in Engeland gereis waar hy hom by die Engelse magte aangesluit het. In 1901 is hy na Suid-Afrika gestuur as 'n offisier van die Britse magte.

Hy het in die Kaap aangekom met planne om strategiese Britse instellings te saboteer. Hy het 20 manne gewerf maar is deur een van diť se vrou verraai. Hy het die doodstraf vrygespring deur van die Boere se boodskappe (met vervalsing) aan die Britte deur te gee maar is steeds deur 'n krygshof skuldig bevind en tot lewenslange tronkstraf gevonnis. Die ander 20 lede van sy span is deur 'n vuurpeloton tereggestel.[2]

Hy is in Kaapstad in die Kasteel die Goeie Hoop opgesluit. Die mure van die kasteel wat baie dik maar aand na aand het Duquesne die sement om die stene weggekrap met 'n lepel. Hy het een aand byna ontsnap maar 'n groot steen het geval en hom in sy tonnel vasgepen. Die volgende oggend het 'n wag hom bewusteloos, maar ongedeerd gevind.[2]

Duquesne was een van baie Boerekrygsgevangenes wat na Bermuda gestuur is waar hy een van ongeveer 350 gevangenes was wat op Burt se Eiland, die tweede kleinste van die destydse selfregerende interneringseilande, geÔnterneer is.[3] Die "23-jarige" kon daarin slaag om homself as 'n Amerikaner voor te hou en is geken aan sy "vars" gelaat en "goedgemanierde" "deftige" voorkoms deur Kaptein C.E.M. Payne, die Kommandant van Burt se Eiland (woordvoerder en verteenwoordiger vir die ander Boere).[4] Op 25 Junie 1902 het Duquesne en Nicolaas du Toit wettiglik (aangesien die oorlog verby was) met 'n veerboot na Baileysbaai, Hamilton Parish, Bermuda gereis om vir Anna Maria Outerbridge, 'n leier van die "Boere Verligtingskomitee", te ontmoet. Sy was bekend daarvoor dat sy Boerekrygsgevangenes gehelp het om te probeer ontsnap, waarna die weermag haar huis deursoek het na elke ontsnapping. Die Koloniale Vergadering het die hulp en huisvesting van ontsnapte krygsgevangenes onwettig verklaar en tydens Guy Fawkes-aand is 'n afbeelding van haar en nie van Guy Fawkes nie, verbrand.[5] Outerbridge het gereŽl dat een van die mans sou ontsnap en die ander aan die weermag oorhandig sou word, waarna Duquesne na die hawe in St. George gestuur is. Daar het hy vir Kaptein W.E. Meyer, 'n ander lid van die Boere Verligtingskomitee, ontmoet en het hy vervoer gereŽl wat hom buite die kolonie sou neem.[6] Dit was in ongeveer hierdie tyd dat hy vir Alice Wortley ontmoet het en met haar getrou het. Frits was beskou as 'n aantreklike, maar misterieuse man.

Haat vir Kitchener en Brittanje.

Terwyl hy in die Britse weermag was het hulle deur sy ouers se plaas in Nylstroom gereis waar hy met sy eie oŽ gesien het hoe Kitchener se Verskroeideaardebeleid geÔmplementeer is. Hy het ook nuus ontvang dat sy suster verkrag en vermoor is en dat sy moeder aan't sterf was in 'n konsentrasiekamp. Duquesne was vervul met afgryse en haat. Hy het daar besluit dat hy op Kitchener en die Britte sou wraak neem. Kitchener was die teiken van die mislukte poging van massa sabotasie in Kaapstad.

http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/250px-Young_duquesne_zpsecc5aea8.jpg

Boertjie Phillip
21 Dec 2012, 18:07
Generaal Koos de la Rey se goeie of sagte hart of hoe nou??

Tydens die Anglo-Boereoorlog het generaal Koos de la Rey, die held van Wes-Transvaal, 'n voorbeeld van verdraagsaamheid aan sy landgenote gestel deur die gewonde luitenant-generaal Lord Methuen nŠ die Slag van Tweebosch, op 7 Maart 1902, vry te laat.

Dit was die enigste keer in die driejarige oorlog dat die Boere daarin kon slaag om 'n Britse generaal aan te keer en dit terwyl die verskroeide aarde beleid met sy konsentrasiekampe en die afbrand van Boerewonings 'n hoogtepunt bereik het.

Generaal De la Rey was juis die man wat wraak teen diť beleid by sy mense sou kon aanwakker. Het die dag van vergelding nie nou aangebreek nie?

De la Rey was egter nie 'n man van vergelding nie. Hy het met Methuen gepraat en besluit om hom nie net vry te laat nie, maar ook te sorg dat hy na Klerksdorp gebring word waar hy behandeling kon ontvang.

Die meeste van De la Rey se offisiere en manskappe was glad nie hiervoor te vinde nie. Hy het onmiddellik 'n krygsraad belÍ toe hy van diť ontevredenheid te hore kom.

Hy het lank en hard met sy manne gepraat en dit duidelik gestel dat dit Christene nie betaam om wraak te neem nie. Daarom laat hy die man vry wat sy huis afgebrand en daarvoor gesorg het dat sy vrou in 'n wa voor die Britse invalsmag moet vlug.

Mev Nonnie de la Rey het selfs 'n geslagte hoender, met aanwysings hoe om dit gaar te maak, en beskuit as padkos vir Methuen se tog na Klerksdorp gestuur.

Boertjie Phillip
22 Dec 2012, 13:51
ABO: Winterkoue en sterk drank verongeluk Boere se inval in Stormberge.

Abrie Oosthuizen

IN die snerpend koue winternag van 1 Junie 1901, vandag 'n eeu gelede, het genl. Pieter Kritzinger die derde Vrystaatse inval in Kaapland begin met 'n aanslag op Jamestown in die Stormberge. Nie net het sy aanval op 'n algehele fiasko uitgeloop nie, maar dit het ook die teregstelling van die eerste drie Kaapse rebelle in die openbaar tot gevolg gehad.

KRITZINGER, bygestaan deur die kommando's van kmdte. Willem Fouchee, Stoffel Myburg, Johannes LŲtter en Gert van Reenen, het twee weke nŠ sy inval in Kaapland met sowat 800 burgers en rebelle in die berge om Jamestown saamgetrek.
Sy doel met die aanslag op die dorp was hoofsaaklik om sy ammunisie en wapenvoorraad aan te vul. Jamestown was goed verskans met loopgrawe en doringdraad, maar die verdediging is oorgelaat aan 'n klein mag van die Dordrecht Volunteer Guards, terwyl 'n sterk Britse mag in Aliwal-Noord gereed gelÍ het om te help.
Die verskansings op die koppie bokant Jamestown is in die nag oorrompel nog voordat alarm in die dorp gemaak kon word. NŠ kort gevegte in die strate is die dorp ingeneem.
Ses koloniale soldate sneuwel. Slegs een burger is deur sy eie makkers doodgeskiet toe hy vir die vyand aangesien is nadat hy die jas van 'n Kakie aangetrek het om die koue te verdryf.

Die dorp is daarna geplunder en 'n groot hoeveelheid wapens, ammunisie en voorrade is gebuit. Veral die drankwinkel het deurgeloop met die gevolg dat 'n groot deel van die kommando die volgende mŰre nog hul roes lÍ en afslaap het toe Britse versterking uit Aliwal-Noord opdaag.
Gelukkig vir die Boere het die Britse versterkings onder kol. White ook onderweg na Jamestown by 'n plaashotel aangedoen om die winterkoue te verdryf.
Albei vegtende partye was derhalwe nie baie bekwaam vir die geveg nie.
Die Boere moes uiteindelik wanordelik vlug en al hul gebuite voorrade en ammunisie het weer in die Engelse se hande geval.

Kritzinger het die Drakensberg in gevlug en in die klowe van die Karnmelkspruit op die plaas Wildefontein gaan skuil.
Weens die koue is nie genoeg wagte uitgesit nie. Ander wagte het weens die gure weer hul poste verlaat om skuiling te soek.
'n Wag wat die gedruis van voete op gruis gerapporteer het, se inligting is geÔgnoreer toe 'n trop beeste in die trekpad gewaar is.
Kritzinger self het by die boer in die huis gaan slaap, onbewus daarvan dat die boer reeds 'n boodskap na Lady Grey gestuur het om die Engelse van Kritzinger se teenwoordigheid in kennis te stel.

Intussen was kol. Harry Scobell ook reeds van Dordrecht af op pad na die Karnmelkspruit met 'n sterk Britse mag gewapen met kanonne.
Fouchee het van Kritzinger se kommando af weggebreek en dieper in die Drakensberg getrek omdat hy ontevrede was met Kritzinger se veiligheidsmaatreŽls en dissipline en nie sy manne onnodig aan gevaar wou blootstel nie.
Sy vrees het gegrond blyk te wees toe Kritzinger se kommando in die nag van 6 Junie onverhoeds deur die Engelse oorval is.
'n Chaos het gevolg toe die Engelse op die slapende laer toeslaan. Terwyl grofgeskut losgebrand het, het die burgers in alle rigtings die donker nag in gevlug, baie sonder wapens of klere en die meeste sonder hul perde.

Kritzinger het ternouernood sonder sy perd ontsnap.
Op 15 Junie het hy met 'n gehawende kommando - talle was te voet - by Syfergat naby Molteno oor die spoorlyn getrek terug na die Kaapse Middelland.
Vir oulaas het hy die Stormberg-rebelle probeer beskerm deur sy bekende Stormberg-proklamasie uit te reik waarin hy herbevestig het dat die anneksasie van die Stormberg-distrikte deur kmdt. Hendrik Olivier nog van krag was.

Sy poging om die rebelle met diťproklamasie die status van republikeinse burgers te gee was waardeloos, want drie van die rebelle wat in die geveg op Wildefontein gevang, is in Dordrecht ter dood veroordeel en later in die openbaar opgehang.
Later word vertel van Louis Leipoldt se verslag van die drie rebelle se verhoor in Dordrecht en van die storm van protes wat hul openbare teregstelling in die Britse pers ontketen het.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 09:24
ABO: Kommandolewe nie maklik vir penkoppe.

Elria Wessels

VAN die penkoppe in die Anglo-Boereoorlog het genl. Wynand Malan gesÍ: ``Ek was met reg trots op hierdie dapper en betroubare seuns. Vandag sluit hulle hulle aan, mŰre storm hulle deur die vuur en oormŰre praat en handel hulle soos ou veterane.''

VIR baie penkoppe was die oppas van perde 'n vernederende taak. Sů het die jong Van Wyk ook geredeneer totdat Theuns Bassini eendag vir hom vertel het dat perde oppas groot verantwoordelikheid inhou. Veral Theuns se woorde: ``Dit kos 'n goeie man om 'n vernederende werk goed te kan doen,'' het 'n onuitwisbare indruk op die jong gemoed gemaak.

Om van die minder aangename takies te vermy, veral om na die ouer mans se vermiste besittings te soek, het hulle saamgekoek en hulself vermaak. Daar was wel ouer seuns wat kon skiet en wat in gevegsituasies aangewend is. Kmdt. P.D. Potgieter het seuns tussen 10 en 12 jaar geleer om 'n geweer in 'n gevegsituasie te hanteer.
Wat katkisasie betref, het ds. Kriel byvoorbeeld in Wes-Transvaal soos baie van die leraars wat by die kommando's was, formele katkisasie vir die jonges aangebied. Dat baie van hulle dit nie te aangenaam gevind het nie, blyk uit Marthinus Viljoen se verduideliking: ``De katkesante draai maar banja zwak op, hulle moet te lang zit en les opzeh en de leraar het sommige byna laat doodschrik door hen te laat lees uit de Bijbel hetwel heeltemaal uit hun lyn is!''

Baie is wel aangeneem, maar hulle kon weens die oorlog nie voorgestel word nie.
Die jong seuns het gou geleer dat die lewe op kommando nie maanskyn en rose was nie. Wanneer 'n geveg aan die gang was, was kos en water skaars.
So is by geleentheid 14 dae aanmekaar op die Natalse front geveg. In diť tyd het die kommando's slegs tien maaltye genuttig. Dit was hoofsaaklik droŽ brood of beskuit sonder iets daarby met water pleks van koffie om dit af te sluk.

Wanneer 'n penkop of burger oortree het, was daar drie moontlike soorte straf. Die spot en hoon wat hulle nadat die straf uitgedeel is, moes verduur, was egter die ergste.
Die eerste soort straf was beesvel ry. 'n Nat beesvel is geneem en styf getrek.
Die ongehoorsame burger is dan daarop gegooi en die lug ingeskiet. Soms het hulle die ongelukkige een in die beesvel rondgerol totdat hy naar was.
Dan was daar saalpak wat beteken het dat 'n saal op die een wat gestraf word, se kop of rug gesit is en dan moes hy om en om die laer draf.
Die derde soort straf was jukskeiry. Die agterjuk van die wa se disselboom is regop gesit en al die skeie behalwe die voorste een is uitgetrek. Die sondaar moes dan ``perdy'' oor die agterblywende skei. NŠ vyf minute soebat die skuldige terwyl hy op die skei rondwring. Dit veroorsaak dat die skei omslaan. Dan moet die kÍrel maar net weer opklim totdat hy sy straf uitgedien het.

Ledige uurtjies is gevul met speletjies, poetse bak, gesels en skerts. Van die speletjies was jukskei, vinger- en stoktrek, skilpad en hoenderhaan. Roland Schikkerling vertel hoedat hulle deur Boksburg se kommando tot 'n krieketwedstryd (24 Januarie 1901) uitgedaag is en dat hulle die Boksburgers twee keer geklop het. Een van die jong Boksburgers het die hele oorlog deurgemaak met sy krieketkolf aan sy saalboom vasgemaak.

Baie van die penkoppe het die annale van die geskiedenis vir hul uitsonderlike dapper dade gehaal - baie het natuurlik ook die hoogste tol betaal.
Sů was daar die jong Kosie Briedenhahn wat kmdt. J.H. Visser se lewe gered het en so self slagoffer geword het van 'n Britse koeŽl.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 09:34
Ereskuld Oplaas met ABO-monument op Laborie vereffen.

Danie de villiers

MET die oprigting van die ABO-monument op Laborie in die Paarl het Kaaplanders hul ereskuld aan die Kaapse Rebelle betaal – meer as ’n eeu nŠ die stryd.
Geen algemene monument vir die Kaapse Rebelle het tot dusver bestaan nie, hoewel daar al geargumenteer is dat hulle deur die Bittereinder-standbeeld by die Oorlogsmuseum in Bloemfontein gedenk word, aangesien die Kaaplanders so ’n groot deel van die eindstryderskorps gevorm het.
En in diť voortreflike museum self, met sy sale en kamers vol interessante tentoonstellings, word nŠ jare se skimpvra maar betreklik min, veels te min, melding gemaak van die rol wat die Kaapse Rebelle in die oorlog gespeel het.

Afstammelinge van die Kaapse Rebelle hoop dat die Transvalers en Vrystaters die hand diep in die sak sal steek om die tweede fase van die huidige projek te help verwesenlik, naamlik ’n beeld vir die Kaapse Rebel wat sal pas by die drie treffende beeldhouwerke wat reeds in Bloemdontein staan.
Diť beeldhouwerke vereer die kryger wat afskeid neem van sy geliefde by sy vertrek na sy kommando, die bittereinder, wat nie moed opgegee het nie en tot die einde van die oorlog bly veg het, asook die Boerestrydersgroep – vader en seun – wat as bannelinge van die hul vaderland na oorsese krygsgevangenekampe weggestuur word.
Niemand minder nie as die Vrystaatse president M.T. Steyn het hom sterk uitgespreek teen die minagting van die Rebelle se behoeftes by die vredesonderhandelinge op Vereeniging in Mei 1902: “Dit was ’n daad van ontrouheid wat om vergelding roep!” Weens siekte kon hy nie aan die samesprekinge deelneem nie.

Toe die Vrystaters die Noordoos-Kaap vroeg in die oorlog geannekseer het, is mooi beloftes soos beskerming teen die Engelse en plase in ’n vrye republiek gemaak. Kaapse Afrikaners wat nie teen hul regering wou rebelleer nie, is soms deur die Vrystaters aangerand, straf beboet en selfs met fusillering gedreig in ’n poging om hulle te dwing om by die Vrystaatse kommando’s aan te sluit. Maar toe die wÍreld vir die Vrystaters te warm geword het, en hulle oor die Oranjerivier teruggetrek het, moes die Kaapse Rebelle dit van die Britse militÍre owerheid ontgeld.

En later by die vredesonderhandelinge was hul seggenskap dieselfde as die hoopvolle troppie joiners, soos genls. Piet de Wet en Andries Cronje: Hoegenaamd niks nie! Die Engelse het die joiners verraai, terwyl die Boere-generaals onder leiding van Louis Botha en Jan Smuts die Rebelle se lot nie na wense beding het nie.
NŠ die vrede moes die Rebelle in die luisbesmette tronke agterbly en op hul lot wag terwyl hul broers terug is noorde toe, sommige gerieflik op die Rebelle se perde. Later moes van die Rebelle te voet huis toe loop, dikwels met kaalgeskeerde koppe, terwyl hulle deur selfs hul eie mense gehoon is.
Die bitterheid van die Rebelle word weerspieŽl deur Abrie Oosthuizen se verhaal van ’n Rebel wat geweier het om sy voete nŠ die oorlog ooit weer in die Vrystaat te sit. Hy het saketransaksies met Transvalers en Vrystaters in die middel van die brug oor die Oranjerivier by Aliwal-Noord beklink!

Met die inwyding van die Hildebrand-monument by Darling – waar die republikeinse stryder Casparus Hildebrand van Lichtenburg geval het – het dr. D.F. Malan in sy toespraak gesÍ die Kaapse Rebelle verdien nog behoorlike verering en dat dit ’n ereskuld is wat op die huidige geslag rus.
’n Paar gedenktekens en monumente is in Kaapland opgerig vir vegtende Kaapse Rebelle wat gesneuwel het of wat deur die Britte gefusilleer is. Geen monument is egter vir die oorlewendes of die Kaapse Rebelle as ’n groep opgerig nie. Daarom is die monument wat mŰre op Laborie ingewy word, enig in sy soort.
Sover vasgestel kan word, bestaan gedenktekens of monumente ter ere van individuele Kaapse Rebelle op Aliwal-Noord, Burgersdorp, Calvinia, Colesberg, Cradock, Dordrecht, Graaff-Reinet, Hanover, Kenhardt, Middelburg (Kaap) en Vryburg. Op drie dorpe waar Rebelle gefussileer is, naamlik Mafikeng, Somerset-Oos en Tarkastad, is niks om hul gedagtenis in ere te hou nie.

In 1998 het ek in KultuurKroniek, kultuurbylae by Die Burger ’n betoog gelewer vir ’n monument vir die Kaapse Rebel. Saam met die doyen van ons ABO-geskiedskrywing, prof. Tienie van Schoor, en dr. Chris Venter van Stellenbosch, het ek vergeefs ’n versoek tot die Junior Rapportryerbeweging gerig om te help om gedenktekens met die honderdjarige herdenking van die ABO op dorpe wat Rebelle-stryders gelewer het op te rig. ’n Paar dorpe het met voorstelle van uiteenlopende aard vorendag gekom wat weens politieke en finansiŽle redes nie haalbaar was nie.
Die milde testamentÍre bemaking van oudstryder Paul de Villiers, laaste tesourier-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek, was toe nog onbekend aan ons.
Een rede vir die gebrek aan gepaste verering van die Kaapse Rebelle is dat die Afrikaners nŠ die Anglo-Boereoorlog verslae was en bloot die verwoesting wou vergeet. Hulle was verarm en moes vir oorlewing veg. Eers met ’n mate van ekonomiese herstel, wat gepaard gegaan het met die opwelling van Afrikaner-nasionalisme in die 1930’s, het ’n kentering ingetree.

Die Kaapse Rebelle se oorlogsbydrae was egter beduidend. ’n Navorser, dr. Taffy Shearing, meen daar was sporadies meer as 16 000 op kommando. Hulle was egter nooit tegelyk te velde nie. Sowat 284 het gesneuwel. Meer as 3 000 Kaapse Rebelle is van hoogverraad aangekla. Aan 335 is die doodstraf opgelÍ, waarvan 35 vonnisse voltrek is.
Heelparty Kaapse Rebelle is na krygsgevangekampe in Britse kolonies verban of is langtermyn-tronkstraf opgelÍ. Sommige is finansieel geruÔneer deurdat hul plase en eiendomme afgeneem is, en swaar boetes opgelÍ is, hetsy geldelik of deur die beslaglegging van vee en trekdiere. Van die 3 621 Bittereinders wat in die Kaapkolonie die wapen neergelÍ het, was minder as 400 Republikeine, meld Shearing.
Die groot waarde van die Kaaplandse opstand het daarin gelÍ dat die gewapende Rebelle te velde 30 000 Britse soldate besig gehou het, ’n mag wat elders teen die Republieke ontplooi kon word.

Boonop het die oorlog in Kaapland die Britse regering jaarliks ongeveer £4 miljoen (sowat R800 miljoen in vandag se geldwaarde) uit die sak gejaag. ‘n Deel daarvan was te wyte aan die Kaapse Rebelle, wat dit in die veld kon uithou met kosvoorrade, perde, klere, gewere en ammunisie wat hulle van Britse soldate gebuit het!
Die tragedie was egter dat die Kaapse Rebelle hul stryd ook teen mede-Kolonialers wat lojaal jeens die Britse kroon was, moes voer: wit, bruin en swart. Van die 30 000 soldate wat aan die einde van die oorlog in die Kaapkolonie aan Britse kant geveg het, was sowat 20 000 Kolonialers. ’n Indrukwekkende monument is kort nŠ die oorlog vir hulle op die Parade regoor die stadhuis van Kaapstad opgerig.

Om bogenoemde redes verdien die Kaapse Rebelle ook ’n standbeeld op die heldeterrein by die Vrouemonument en die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein.
. Danie de Villiers is ’n oud-joernalis van Die Burger, Tygerbergse prokureur en lid van die ABO Monument-trusteeraad. Sy oupagrootjie Wynand Louw van der Merwe van die plaas Cardouw, Citrusdal, was ’n vegtende Kaapse Rebel. ’n Ander grootjie, die Paarlse boer David Pieter de Villiers, is saam met die redakteur van Ons Land, S.F. Malan, in die tronk gegooi omdat hy glo hulp aan die Boerekommando’s verleen het. Nog ’n voorsaat, Johannes Rudolph Buhrmann van Ermelo was ’n Bittereinder en regter te velde.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 09:48
Historici `ontmitologiseer' ABO.

MARTIENS VAN BART

Eerstens het die Britse opperbevelhebber, lord Horatio Kitchener, sedert Desember 1900 gewapende swartes toenemend en teen betaling in die Britse leŽr opgeneem omdat die Boere swart verkenners wat die Britte gehelp het, tereggestel het en omdat die mannekrag van die Britse leŽr getap was. In Julie 1901 het die kwessie 'n belangrike, verdere ontwikkeling ondergaan toe genl. P.H. Kritzinger vanuit Boere geledere Kitchener gewaarsku het dat gekleurdes wat in diens van die Britse leŽr was, tereggestel sou word indien hulle in Boere hande val, of hulle nou gewapen was of nie. Gevolglik is die meeste swart verkenners by die Britse kolonnes voortaan met gewere bewapen. VanweŽ die mannekragtekort in die leŽr is vuurwapens vervolgens ook uitgereik aan gekleurdes om die blokhuislinies te bewaak.

NŠ verskeie navrae van regeringsweŽ het Kitchener eindelik in Maart 1902 toegegee dat daar iets meer as tienduisend gewapende gekleurdes in die Britse leŽr was. Sy syfers het ongetwyfeld nie die totale aantal gewapende gekleurdes in die Britse leŽr weerspieŽl nie.

In Maart 1902 het David Lloyd George in die Britse parlement beweer dat die getal soveel as 30 000 was. Indien dit sů was en die moderne historikus Peter Warwick beskou die getal nie as vergesog nie beteken dit dat daar met die vrede (einde Mei 1902) 50% meer gewapende gekleurdes in die Britse militÍre diens was as wat daar Bittereinder Boere op kommando was.

'n Tweede vorm van bedreiging was die gewapende aanvalle deur swartes van reservate binne die ZuidAfrikaansche Republiek op rondswerwende Boere families of geÔsoleerde kommando's. Dit was veral in die geografiese hoefyster wat gestrek het van Wes-Transvaal oor Noordwes- en Noord-Transvaal, waar hoofsaaklik die Tswana, die Venda, die Pedi en die Zoeloe gewoon het.

Derdens het gewapende swartes van stamme in reservate binne die Zuid-Afrikaansche Republiek ontvolkte blanke grondgebied beset, of Boere kommando's uit swart grondgebied geweer en sů die beweegruimte van die kommando's beperk.

Soos Warwick tereg opmerk, kon die Boere die stryd slegs volhou ``by dispersing the superior numbers of the British army through operating over as large an area as possible''. Dit was nou nie meer moontlik nie.

Tesame met die beleid van verskroeide aarde en die konsentrasiekampstelsel waardeur die Britse kolonnes die Boere van voedsel ontneem het, en die blokhuisliniestelsel waardeur die bewegingsvryheid van die kommando's verder ingekort is, het die swart besetting van blanke gebiede daarvoor gesorg dat die kommando's nie in die kleiner operasionele gebied hul guerrilla-krygsmetode van veg doeltreffend kon voortsit nie.

Dit is bekend dat Emily Hobhouse gedurende die oorlog die bestaan van konsentrasiekampe en veral die haglike toestande en sterftes in die kampe vir Boere vroue en kinders aan die buitewÍreld bekend gestel het. As deel van die liberale dampkring in Brittanje was haar openbaarmakings uiteraard nie gewaardeerde stof in die Britse Konserwatiewe regeringskringe nie.

Die Konserwatiewe reaksie was om haar bevindinge dat die sterftes veroorsaak word deur skokkend swak Britse kampadministrasie verdag te maak. Daar is vanuit regeringskant aangevoer dat die sterftes toegeskryf moet word aan die Boere families se eie gebrek aan higiŽne en hul aanwending van twyfelagtige boererate en hul onwilligheid om deur die Britse kampdokters versorg te word.

S.B. Spies het in die sewentigerjare in 'n merkwaardig objektiewe studie (Methods of barbarism) tot die gevolgtrekking gekom dat verreweg die belangrikste oorsaak van die sterftes die swak Britse administrasie van die kampe was. Dit het onder meer ingesluit swak gehalte van voedsel en ontoereikende mediese personeel.

Spies se studie het die Britse historikus Andrew Roberts verbygegaan. In 'n artikel in die gesaghebbende The Spectator van 2 Oktober verlede jaar pak Roberts die skuld vir die kampsterftes weer op die Boere. Spies wys daarop dat die agterlikheid en bygeloof van die Boere vroue oor hul boererate nie as 'n belangrike rede vir die sterftes beskou kan word nie, aangesien die sterftesyfer aanmerklik gedaal het nadat die kamporganisasie onder meer deur die bemiddeling van Hobhouse opgeknap is.

Bostaande is 'n uittreksel uit Pretorius se gedenklesing. 'n Gedeelte waarin hy die sogenaamde mites oor die Boere aangaande hul gelowigheid, skietvernuf, moraliteit, heldhaftigheid en so meer ontmitologiseer het, is verlede Woensdag in Die Burger gepubliseer.

Daar is deesdae 'n groot wedywering onder sommige Afrikaanse historici en skrywers gaande om die Boere sogenaamd te ontmitologiseer. Baie hiervan wissel van onwetenskaplike eensydighede tot die skepping van juis nuwe anti-Boer mites in die psigoties-pretensieuse Soektog na genl. Mannetjies Mentz van wyle Christoffel Coetzee, wat die EugŤne Marais prys vir literatuur van die Akademie vir die boek ontvang het.

Skitterend in hul afwesigheid is egter akademiese studies oor die onmenslike wreedhede wat swartes, gekleurdes en IndiŽrs in die oorlog vernaamlik teen die Boere vroue, kinders en bejaardes gepleeg het.

Een van die ergste mitologiserings is dat die IndiŽrs onder leiding van Mahatma Ghandi net noodhulpwerk vir die Britse leŽr verrig het. Daar word verswyg dat hulle onder meer kampwagte was wat behae daarin geskep het om weerlose Boere vroue gereeld aan te rand. Ook die plundering van die besittings van gesneuweldes en gewondes op die slagvelde deur diť ``noodhulpmanne'' word verswyg.

Tientalle dagboeke van Boere vertel van die demoniese wreedhede wat die Kaapse gekleurdes in diens van die Britte in veral Namakwaland teen onder andere Boere krygsgevangenes gepleeg het.

Ook is dit uit oorspronklike geskrifte van oudstryders en oorlewendes van die konsentrasiekampe bekend hoedat swart wagte op wreedaardige wyse kampe ``skoongemaak het'' van die Boere kinders se troeteldiere en hoedat kinders in rioolputte gegooi is as ``straf'' vir ``oortredings van kampregulasies''.

Die byna epidemiese verspreiding van veneriese siektes onder swartes wat seksueel verkeer het met van die Kakies, talle uit Brittanje se agterbuurtes, en die oordraging van die siektes aan Boere vroue en kinders wat op plase en in die veld oorval en verkrag is, word in enkele oorspronklike geskrifte van oorlewendes onthul.

Omdat die bespreking van seks en seksuele misdrywe in die Victoriaanse tydperk 'n taboe-onderwerp onder die oorwegend konserwatiewe Afrikaner bevolking was, is min daaroor bekend.

Dieselfde historici wat die Boere met die honderdjarige herdenking van die ABO so graag ontmitologiseer, skram weg van hierdie onderwerp terwyl dit in hierdie era van openhartigheid oor verkragting en veneriese siektes, veral vigs, juis voorrang behoort te geniet.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 10:14
Aanhouding van vroue buite kampe kry min aandag.

'n VRYSTAATSE Boerevrou en haar trek. Mev. Adolf Eichhoff van die plaas Langlaagte, Boshof, en gesin op pad na die konsentrasiekamp by Norvalspont. Die seuntjie voor hou 'n Duitse vlag vas. Drie van die kinders is in die kamp dood.

DIE twee Henning-vroue van Zastron wat deur die Britte in die tronk in diť dorp aangehou is gedurende die Anglo-Boereoorlog (ABO). Mev. Herman, wat borgtog van 500 gekry het en mej. Katy Henning aan wie sewe dae straf opgelÍ is omdat hulle geweier het om Vierkleur-strikkies van hul rokke te haal.

Oorlogwesies.

CHARLES SMITH

'n ASPEK wat min aandag die afgelope eeu gekry het, is die aanhouding van Boerevroue buite die konsentrasiekampe. Hy het foto's onder oŽ gehad wat hy nooit geweet het bestaan nie, sÍ Raath.
By Zastron is twee Henning-susters aangehou wat geweier het om Vierkleur-strikkies van hul rokke te verwyder. Hulle is eers met 500 beboet.
Die Bloemfonteinse tronk was ook ``vol'' vroue van die Brandfort-kamp wat in protes gekom het teen die swak vleis wat hulle daar gekry het.
Dit was meisies van so jonk as 14 jaar tot 'n vrou van 80. Hulle is sonder die nodige beddegoed aangehou.

Hy verwys na die boek Onthou van mev. Hendrina Rabie van der Merwe oor die tronklewe in Jagersfontein. Ook in die Kaap is vroue aangehou, soos mevv. Kitty de Villiers en Hendrina Joubert, 'n niggie van genl. Piet Joubert.
Vroue-rebelle van Hofmeyr is op 'n oop veetrok na die Cradock-tronk vervoer en van hulle het weens blootstelling gesterf. Nog vroue is in die fort in Johannesburg aangehou.
Mev. Joubert, 'n asmalyer, is in die Paarl-tronk aangehou sonder 'n bed - bloot omdat sy aan die vrouekampe 'n brief geskryf het en daarvoor 'n vonnis van ses maande gekry het.
Sy het geweier om ``jingo-kos'' te eet en is selfs 'n naweek sonder kos in die tronk vergeet.

Vroue wat ballingskap verkies het, is na Portugal geÔnterneer. Die reis per skip van Mosambiek was baie moeilik. Hy het 'n foto bekom van die vroue op die dek van die skip.
Dan was daar die vlugtende vroue wat die oorlog in die veld deurgebring het, soos mev. De la Rey. Hulle is deur die Britte gebombardeer.
Diť wat gesterf het, is in die veld begrawe. Kinders is selfs in miershope begrawe. Daar is baie onbekende grafte in die veld van die Vrystaat en die ou Transvaal waar vroue en kinders in die veld omgekom het.
``Daar is skrikwekkende getuienis. Hulle is selfs deur groepe swartes in die veld aangeval. Waens waarvan die seildakke verweer het, is met blik oorgetrek. Baie van die vroue is in skermutselinge dood.''

Raath sÍ in Deel 2 konsentreer hy veral op die lotgevalle van die vroue in die kampe. Van diť kampe was nie bekend nie, soos die ``rebellenvrouekamp'' by Marico.
Oor die lyding en misbruik van die vroue is dit asof die volksgeheue toegeslaan het, sÍ hy. Sielkundiges sÍ dit is algemeen; die psigologiese profiel is om af te sluit.
Die Duitse offisier het gesÍ tot 50% van die vroue of -meisies is gemolesteer, maar om etiese of godsdiensige redes het hulle gesukkel om daaroor te praat.
``Dit is 'n stuk trauma wat deur die volksgeheue afgesluit is,'' noem hy die groot swyging. Van die vroue het tot nege kinders in 'n kamp verloor.

Weens die oorlog se spoedige einde, het De Wet nie met die internasionale geding oor die misbruik van die Boerevroue- en kinders voortgegaan nie. Nůg 'n rede hoekom hy dink baie van hierdie getuienis nie vroeŽr na vore gekom het nie, is die baie sterk reaksie van die Britse jingo-pers sodra dit genoem is. Uitgewers het dus nie kans gesien om dit te publiseer nie.
Baie van die materiaal is uit die Fred Horak-versameling. Horak het as redakteur van die De Transvaal in 1903 gevra vroue moet hul ondervindings neerpen en aan hom stuur. Hy het egter nooit sover gekom om 'n gedenkboek te skryf nie. Mev. ds. Neethling, oorlewende van die vroueballingskamp in Pietermaritzburg, het ook stof vir 'n gedenkboek in 1915-'16 ingesamel.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 10:19
ABO: StrafmaatreŽl het vernietigingsproses geword.

Sannette Greyvenstein

DIE Britte se verskroeide-aarde-beleid in die Anglo-Boereoorlog (ABO) het meegebring dat duisende burgerlikes na konsentrasiekampe gebring is waarin uiteindelik tienduisende mense gesterf het.
Die beleid het 'n ontsettende verwoesting tot gevolg gehad waarin, na beraming, meer as 30 000 plase afgebrand is. Die verlies aan kosbare erfgoed, soos antieke meubels, porselein, familiefoto's en veel meer, is tot vandag nog 'n leemte in menige familie, skryf Sannette Greyvenstein, navorser van die Oorlogsmuseum, in die laaste artikel oor diť beleid.

IN 'n verdere proklamasie wat lord Roberts uitgereik het, regverdig hy sy optrede deur te sÍ: ``I should be failing in my duty to Her Majesty's Government and to Her Majesty's Army in South Africa if I neglected to use every means in my power to bring such irregular warfare to an early conclusion . . . the longer this guerrilla warfare continues, the more vigorously must they be enforced.''

Op 29 November 1900 het Roberts na Brittanje teruggekeer en die bevel aan lord Kitchener oorhandig.
Roberts was daarvan oortuig dat die oorlog spoedig verby sou wees.
Kitchener het besluit om alles in die stryd te werp om die Boere tot oorgawe te dwing.
In Desember het hy 'n algemene memorandum uitgevaardig wat bepaal het dat enigiets wat vir die kommando's van waarde kon wees, vernietig of verwyder moes word. Dit het gelei tot grootskeepse verwoesting voor die voet.

Soldate het van plaas tot plaas getrek en huise afgebrand, gesaaides en oeste vernietig en vee afgemaai. Ook die hutte van die plaaswerkers is afgebrand. Uiteindelik is ook enige ander hut of kraal van swart mense waar Boere moontlik hulp kon kry, vernietig en is die inwoners na konsentrasiekampe weggevoer.
Wat dus oorspronklik as 'n strafmaatreŽl beoog is, het geleidelik oorgegaan tot 'n algehele vernietingsproses.
Die gevolg was dat huisverbranding nie meer 'n straf was nie, maar 'n doel op sigself.

'n Britse offisier het nŠ die afbranding van 'n plaas die volgende in sy dagboek geskryf: ``The women, in a little group, cling together, comforting each other or hiding their faces in each other's laps. Mrs B. Breytenbach declared: `There I stood, surrounded by my small children, while the cruel soldiers plundered my property. Furniture, clothing, everything was thrown in a heap and set alight . . . Despite my pleas that I might be allowed to retain a few antiques and heirlooms, they refused to listen.' ''

Nie net plaashuise is afgebrand nie, maar 'n hele paar dorpe soos Lindley, Ermelo en Hartebeestfontein, is byna heeltemal verwoes.
In talle dorpe is die kerke ook afgebrand, byvoorbeeld in Frankfort waar 'n nuwe kerk nŠ die oorlog gebou moes word.
Die skade aan kerklike eiendom het 'n groot verlies vir gemeentes meegebring en in baie gevalle is selfs die kerkraadsnotules vernietig.
Plundery is ten sterkste verbied en ingevolge 'n proklamasie wat deur Roberts uitgevaardig is, kon 'n soldaat wat daaraan skuldig bevind is, selfs tot gevangenisstraf gevonnis word.

Offisiere het egter lustig meegedoen en hulself gewoonlik gehelp aan wat hulle graag wou hÍ. 'n Blinde oog is meestal vir sulke oortredings gedraai.
By geleentheid het een van die lede van Roberts se staf vooruit gery en op 'n Kanadese soldaat afgekom wat met twee vet hoenders wat van sy saal afgehang het, op pad was. Hy is skerp deur die offisier aangespreek en aangesÍ om die hoenders weg te steek sodat Roberts dit nie sou sien nie. Dit was egter te laat en Roberts het aan die offisier gevra wat die doel van die hoenders was.
Die offisier het die situasie gered deur te sÍ dat die soldaat gehoor het dat Roberts se voorrade min was en dat hy bereid was om dit vir hom vir aandete te gee. Hy het bygevoeg dat hy die hoenders van 'n nabygeleŽ plaas van 'n Boer gekry het. Roberts het opgemerk dat dit besonder bedagsaam van hom was en gesÍ: ``What is your name? I am very much obliged to you.''

Nie alle Britse soldate het die verskroeide-aarde-beleid ewe gretig toegepas nie. Vir sommige was dit 'n straf en ander het selfs geweier.
Verder het sommige Boere hulle ook aan plundery en vernietiging van eiendom skuldig gemaak. In diť geval was dit veral die eiendom van burgers wat oorgegee het, wat onder skoot gekom het.
Die verskroeide-aarde-beleid het meegebring dat duisende burgerlikes na konsentrasiekampe gebring is waarin uiteindelik tienduisende mense gesterf het.
Die beleid het 'n ontsettende verwoesting tot gevolg gehad waarin, na beraming, meer as 30 000 plase afgebrand is.
Die verlies aan kosbare erfgoed, soos antieke meubels, porselein, familiefoto's en veel meer, is tot vandag nog 'n leemte in menige familie.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 10:22
Ek Boertjie Phillip spreek my waardering uit oor elkeen wat die poste op die draad lees. Dit is harde werk om elke staaltjie en storie te kry en ek waardeer dit opreg aan elkeen wat dit lees. Voorbaat dankie.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 10:28
ABO: Verhale van hartseer en humor oor oorlog ontvou in kerk se konsistorie.

DI… brief is een van die kosbare kleinode uit die Anglo-Boereoorlog wat aan mev. Martha van Niekerk van Langenhovenpark, Bloemfontein, en haar familie behoort. Dit is van haar oupa, mnr. S.J. van Niekerk, uit die Diyatalawa-krygsgevangenekamp op die ou Ceylon aan haar ouma. Dit was deel van 'n uitstalling Boereoorlog-kosbaarhede wat afgetredenes van die NG kerk Langenhovenpark gisterDi. op 'n herdenkingsbyeenkoms van die oorlog uitgestal het.

Marleen Smith

MNR. NIC SWANEPOEL se stem wil-wil deurslaan as hy vertel hoe sy oupa, ook Nic, nŠ die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" na 'n plaas moes terugkeer waar die brand- en breeklustige Engelse soldate vir hom niks oorgelaat het nie van wat eens 'n spogboerdery was.
Hy was gister een van 'n groep afgetredenes van die NG kerk Langenhovenpark by Bloemfontein wat met voorlesings, vertellings en voordragte die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" in herinnering geroep het.

Plek-plek het stemme gebreek terwyl aangrypende verhale van hartseer en swaarkry, maar ook waagmoed en humor hulle in die kerk se konsistorie ontvou het.
Swanepoel se verhaal het 'n gelukkige einde: NŠ die oorlog het sy oupa moedeloos na sy plaas Blesbokfontein tussen Dewetsdorp en Smithfield teruggekeer.
Hy het niks gehad nie en op die plaas was feitlik niks oor nie. Die klipkraal was die enigste staande struktuur, en diť was vol beendere en velle van sy vee.
Sy ma het hom toe 'n pond gegee, waarmee hy 'n windhond gekoop het. Die hond het die gesin lank onderhou deur bokke en hase te jag.

Een dag het die hond by Swanepoel gelÍ en slaap waar hy klip gebreek het om mee draad te span. Toevallig het 'n swart man met vier baster-boerbokooie daar aangekom. Die hond het wakker geskrik, 'n springbok opgejaag en, soos in sy aard, onmiddellik die bok vir die pot vasgetrek.
Die swart man was baie beÔndruk en wou diť wonderlike hond bitter graag hÍ. Uiteindelik het hy al vier sy boerbok-ooie, almal dragtig, vir die hond verruil. Om alles te kroon, het die ooie Swanepoel 'n ruk later met drie drielinge en 'n vierling beloon. Die vier ooie en 13 lammers het op 'n veiling in Dewetsdorp sů 'n goeie prys behaal dat Swanepoel die eerste keer nŠ die oorlog weer 'n melkkoei en 'n paar mofskape kon aanskaf, waarmee hy sy boerdery opnuut opgebou het.

In nog 'n aangetekende herinnering vertel mev. Marie Swanepoel se ouma, wat 11 jaar oud was toe die oorlog uitgebreek het, van 'n hardkoppige ou tannie in die Winburg-konsentrasiekamp wat die Engelse baie hoofbrekens besorg het. As straf omdat sy kampreŽls oortree het, moes haar tent op 'n keer afgebreek en ver van die res van die kamp weer opgeslaan word. Sy was veronderstel om 'n paar weke daar met haar kinders in afsondering te bly. Toe die kampkommandant egter opdrag gee dat sy pak, het sy geweier en op haar beddegoed binne-in die tent gaan lÍ. Die Engelse soldate moes haar noodgedwonge met beddegoed en al tot by die ver plek van afsondering dra. Daar gevestig, het sy geweier om in die kamp te gaan kos en water haal. Om te verhoed dat sy en haar kinders verhonger, het die kampkommandant, weer noodgedwonge, beslis hulle moet terug trek. Weer het sy onversetlik op haar beddegoed in die tent gaan lÍ en weer moes die soldate haar die hele ent terug dra.

Mev. Martha van Niekerk het vertel hoe opgewonde haar Ficksburgse voorsate was toe hulle hoor hulle gaan per trein konsentrasiekamp toe vervoer word. Almal het hul beste klere vir die rit aangetrek, net om agter te kom die passasierswaens is hulle nie beskore nie, maar wel die steenkooltrokke met dik lae steenkool onder-in!

Die byeenkoms gister is, ook met die oog op die verkiesing vandag2 Jun. , geopen met 'n gebed uit 'n sakboekie van die Boerekryger S.A. Strauss.
In potlood en Hoog-Hollands skryf diť boer: ``Als wy in de toekomst een blik werpen, dan zyn wy zeer beangst Vader! Wy treuren over het verledene, en wy zyn bekommerd en zeer bang voor de toekomst. Wy bidden U andermaal om toch genadig te zyn, onze gebeden toch te verhooren die wy zoo dag en nacht tot U opzenden om vrede!''

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 14:09
ABO: Vrou hou dagboek van gebeure.

Abrie Oosthuizen

DIE distrik Wodehouse, wat Dordrecht, Swempoort, Rossouw, Clanville, Jamestown en die grootste deel van die Stormberge ingesluit het, was die siel van die opstand in Noordoos-Kaapland in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog".
Die burgers van Dordrecht het in die veld gebly lank nadat die burgers van ander distrikte, wat hul magistrate verdryf het nog voordat kmdt. Jan Hendrik Olivier se kommando op die toneel verskyn het, reeds huis toe gekeer het.
Dordrecht was van besondere stategiese belang omdat dit toegang oor die Stormberge verleen tot die vlaktes wat van Jamestown en Aliwal-Noord lei. In Februarie 1900 het die hoofaanslag op die Suidfront dus verskuif van Stormbergaansluiting na die rebellevesting in Dordrecht, omdat dit die swak skakel in die Boere se verdedigingslinie was. 'n Deurbraak by Dordrecht sou Gatacre in staat stel om die ganse Boeremag op Stormberg te isoleer en hul terugtog oor die Oranje af te sny.

Die beslissende slae by Dordrecht en Labuschagnesnek het egter byna vergete geraak in die skadu van die Slag van Stormberg. Tog het diť slae die belangrikste bydrae gelewer tot die suksesvolle onttrekking van die Boere aan Noordoos-Kaapland nŠ die val van Bloemfontein op 13 Maart 1900.
Gelukkig is baie waardevolle dagboeke, oorlogsherinneringe en oorlewerings uit Wodehouse vir die nageslag bewaar. Die insiggewendste dagboek oor die politieke strominge in die Stormberge in die oorlog is diť van Moetie de Wet, vrou van die parlementslid vir Dordrecht, Ponie de Wet. Sy was 'n nooi Cloete met 'n Engelse agtergrond en van 1820-Setlaar-afkoms, dog sy het heeltemal verafrikaans en haar vereenselwig met die Boeresaak.

Dit blyk egter duidelik uit haar dagboek dat sy baie gekant was teen die inval van die Vrystaters in Noordoos-Kaap. Sy het haarself en haar man glad nie as ``rebelle'' beskou nie, dog haar beskrywing van die onreg wat die rebelle aangedoen is, gryp 'n mens aan die hart. Moetie se oorspronklike, vergeelde dagboek in potlood op oefenboekpapier geskryf het via die eertydse De Wet-museum 'n veilige bewaarplek in die Aliwal-museum gekry.
Ewe waardevol is haar man se herinneringe aan sy aanhouding in die tronke van Aliwal-Noord en Queenstown en uiteindelik in die interneringskamp in Beaufort-Wes. Sy geskrifte oor sy verhoor op aanklag van hoogverraad, sy vryspraak en geldelike ruÔnering weens die verhoor lewer insiggewende leesstof oor die rebelleverhore en -straf.

Die volledigste en roerendste beskrywing van rebelle-bedryfwighede in die Stormberge is opgeteken in die oorlogsherinneringe van Pieter Roux, 'n vurige rebel van die plaas Toomnek, Dordrecht. Hy is kort voor die einde van die oorlog gevang.
Ontnugter, uit sy plaas, brandarm en boonop ontkieser het hy nŠ die oorlog Johannesburg toe getrek om 'n lewe in die Goudstad te begin. Daar het hy sy herinneringe opgeteken en 'n leidende rol in die Afrikaanse taalbeweging gespeel. Van sy gedigte is selfs in Di Patriot saam met diť van S.J. du Toit en C.P. Hoogenhout opgeneem. As ouderling in die gemeente Johannesburg-Wes en as onderwyser in een van die eerste C.N.O.-skooltjies het hy 'n belangrike rol in godsdiens- en kultuurkringe aan die Rand gespeel.

Sy doodsberig en 'n huldeblyk deur dr. W. Jonker het op 18 Januarie 1956 in Die Kerkbode verskyn. In diť rubriek word ruim van sy herinneringe gebruik gemaak.
En dan is daar die politieke toesprake van die nimlike oom Kappie (G.H.F) Strydom, parlementslid van Aliwal-Noord, in die jare van die herontwaking van die Afrikaner. Strydom en Witkop van Caues was immers die twee penkoppe wat uit die skool weggeloop het en hulle by kmdt. Fouchee se kommando gaan aansluit het.
Oom Kappie het op menige verhoog die letsels van die 25 katshoue gewys wat hy in Dordrecht nŠ sy gevangeneming gekry het omdat hy te jonk was om die doodstraf opgelÍ te word. Die houe was te veel vir een dag en moes paaiementsgewys toegedien word. Sout is daarna in die wonde ingevryf.

Witkop van Caues het weer as bandiet in Dordrecht se strate gewerk totdat hy later na die tronk in Grahamstad gestuur is waar 211 rebelle aangehou is. Onder hulle was 90 rebelle van Dordrecht alleen. Witkop se oorlogswedervarings is later deur sy seun Leon von Caues van Hertzogville te boek gestel.
Daar is ook die toesprake wat veldkornet D.W. Schoeman van Moordenaarspoort in Dordrecht in die jare nŠ die oorlog gemaak het wat behoue gebly het, asook die geskrifte oor genl. Jan Smuts se rampspoedige ondervinding by Moordenaarspoort.
Dan is daar die boek Tussen die Berge van dr. Eben Greyling oor die mense van Clanville en Dordrecht in die ou dae en veral oor hul wedervarings in die oorlog.
Uit die rykdom van dagboeke, oorlogsherinneringe en mondelinge oorlewerings uit die Dordrecht-kontrei is ruim geput by die skryf van diť oorlogsjoernaal.

Boertjie Phillip
24 Dec 2012, 15:06
ABO: Verbleikte bene het `muurhoogte' gelÍ.

Tom Prinsloo

``MY oupa Paulus (Paul) Francois Prinsloo was 'n jong seun in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog". Hy was byna 95 jaar oud toe hy gesterf het (30 Augustus 1890 tot 24 Junie 1995).
``Toe hy reeds baie bejaard was, het hy sy outobiografie saamgestel. Ek haal aan wat te make gehad het met die oorlog:
`` 'n Gebeurtenis waarvan ek 'n getuie was, was toe die Britse regering ongeveer 4 000 langwol-merinoskape deur die Tommies en swart mense na 'n kraal op die plaas Zuringkrans aan die nasionale pad na Durban laat aanjaag het. (Ek vermoed dit is by Senekal, want Oupa het daar grootgeword.)

``Algaande is die skape deur die Tommies met spiese doodgesteek en deur die swartes met knopkieries doodgeslaan. Sodra die kraal vol was, is die dooie skape oor die muur gegooi en is die kraal weer vol gejaag. Toe ons twee jaar of langer daarna van die konsentrasiekamp af terugkom, het die verbleikte bene van die skape muurhoogte teen die kraal gelÍ.
``Ek was in die konsentrasiekamp in Harrismith. Daar was ons soos diere ingekamp agter 14 doringdrade. Van ons maats, uit kinderagtigheid en weens frustrasie, het in die donker onder die drade deurgekruip. Hulle is deur die Tommies teruggebring na die tronk om gestraf te word, asof hulle sů gevaarlik was.
``Sekerlik in stryd met enige internasionale welvoeglikheid is al wat seun was die volgende dag beveel om by die tronk te verskyn om te sien hoe die oortreders gestraf word. Hulle moes eers oor 'n dik boomstam lÍ. Hul broekies is afgetrek en hulle is oor hul kaal boudjies met fyn, dun latjies geslaan dat die rooi strepe sigbaar was, sů erg dat vir die een outjie 'n ander broekie verskaf moes word.

``My ou vriend wyle Thys Human van Wolwekraal het as penkop die nag nŠ 'n veldslag swaar gewond bly lÍ. Die volgende mŰre, toe die ambulansdokter omkom om te sien of daar moontlik nog gewondes is, kom hy op Thys af, steek sy voet so onder hom in en rol hom om.
``Hy sÍ toe vir sy assistent: `Die man leef nog, maar hy sal dit nie maak nie; hy moet maar bly.'
``Die assistent het hom tog opgelaai en per ambulans na 'n veldhospitaal vervoer waar hy herstel het. Die koeŽl was te na aan sy rugmurg en omdat dit te gevaarlik was om te verwyder, moes hy dit sy lewe lank verdra.

``Michiel Kierschner was 'n penkop van Arundel, Senekal, wat ernstig gewond was. Toe die Engelse nŠ die slag by hom kom, het hy nog geloop, maar sy ingewande het agter hom op die grond gesleep. Hy was later 'n offisier in die Suid-Afrikaanse weermag.
``Ook 'n interessante figuur was oom Tat Wessels van Winburg. Hy is die doodvonnis opgelÍ omdat hy nie getuienis wou lewer van sekere Boeregeheime nie en toe verkies hy om eerder daarvoor sy straf te verdra. Sy vonnis is later verander na lewenslange harde-arbeid en hy het met bandietklere kruiwa in Bloemfontein se strate gestoot, ook voor mev. pres. Tibbie Steyn se huis.

`` Voordat ons na die konsentrasiekamp is, het ek en my broer die flou perde van die Kakies wat op die plaas agtergebly het, buitgemaak. Hoe teleurgesteld was ek toe die Boerekommando later daar verbytrek en die kommandant 'n manskap stuur om die perde, wat maar net twee was, te kommandeer vir burgers sonder perde.
``Die een was kruppel, maar ek het op hom geklim en saam met die burgers gery tot by die kommandant wat op die voorpunt van die kommando was. Toe het die burger vir hom gesÍ die seun vra om hom te spreek. Ek het my saak so goed as moontlik gestel. Ek dink die sterkste argument was die trane in my oŽ. Die kommandant sÍ toe: `Toemaar, ou seun, oom sal nie dat hulle jou perd vat nie.'' Die ander burger moes toe maar sy saal afhaal en ek kon bloots op my perd terugkeer.

``My ma se broer oom Jaap Naudť het een nag laat aan my ma se venster geklop om te sÍ hy het in 'n braksloot vir haar 'n sak boermeel weggesteek terwyl hy 'n wavrag meel vir die Boerelaer moes kry. Dit was laat in die nag en hy het met doodsgevaar vir Ma kom sÍ terwyl die Britse kolonne baie naby was.
``VroeŽr dieselfde dag het die Britse offisier 'n wa met agt muile gestuur om my ma se stoof uit ons huis te laat haal om vir 'n onthaal voor te berei en ook omdat my ma dan kwansuis vir die Boere kos gaarmaak. Ons het nie eens iets gehad om vir onsself gaar te maak nie. Dieselfde dag het 'n Tommie my ma se handbyltjie gesteel. Ma het dit gesien, na hom geloop, sy hemp oopgepluk en die byl uitgetrek. Ek moes ook saam met my moeder toesien hoe die huis afgebrand word.

``In die konsentrasiekamp wou die Engelse van ons klein Engelsmanne maak. Toe die Skotse onderwyseres mej. Fife die eerste keer sÍ: `The boys at the back stand!' ruk die seun langs benoud aan my en vra wat sy nou sÍ.'

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 07:05
Die ridderlike De la Rey.

In die somer van 1901 tot 1902 het genl. De Wet vir heelwat opwinding gesorg. Hy en sy manne het die aand voor Kersdag 1901 geluidloos die steil hange van Groenkop tussen Bethlehem en Harrismith uitgeklim nadat die Britse wagte aan die voet van die kop doodgeskiet is. Die voorste burgers was op die kop voordat die Britte besef het wat aangaan. Baie is gedood of gewond. Vir die Britte was De Wet se oorwinning baie pynlik en Kitchener het besluit om nog blokhuislinies op te rig. Kitchener het drie groot dryfjagte in 1902 teen De Wet georganiseer, maar hy en sy mense het telkens ontsnap.

De la Rey het in diť tyd twee oorwinnings behaal -- die eerste op 25 Februarie 1902 by Yzerspruit naby Wolmaransstad. 'n Hele kolonne het in die hande van De la Rey geval en hy het ammunisie vir 'n baie lang tyd gehad. Sy grootste oorwinning was sowat twee weke later. NŠ Yzerspruit het lord Methuen, tweede in bevel nŠ Kitchener, van Vryburg na Klerksdorp opgeruk om met De la Rey te gaan afreken. Methuen het vir die nag op Tweebos gaan kampeer. Dis glo daar naby dat Nicolaas van Rensburg van Wolmaransstad, bekend as "die Siener", by De la Rey opgedaag het. De la Rey het Van Rensburg tegemoet gestap en gevra: "Dag, Oom Nicolaas, hoe lyk dit, ek wil mos mŰre vir Methuen vang?" Van Rensburg het glo sy kop 'n rukkie laat sak en gesÍ: "Generaal, jy is reg, mŰre vang jy hom. Ek sien die rooi bul kom aan, maar sy horings hang en ek sien ons mense tussen sy waens loop."

Die Britte was die oggend nouliks in beweging, toe De la Rey se burgers hulle aanval. Methuen het daarna die agterhoede versterk. Dit was net waarop De la Rey gewag het. Ander afdelings wat hy teruggehou het, het daarop die res van die kolonne aangehou. Groot verwarring het in Britse geledere ontstaan en baie het gevlug. Methuen is in sy been gewond en het in die Boere se hande geval.

Kaptein Japie de Villiers vertel dat 'n veldkornet hom ontbied het om met Methuen te praat. Diť het gevra of sy dokter daarnaby is. De Villiers het na die Engelse dokter gery en gesÍ dat sy generaal gewond lÍ en hom daar wil hÍ. Die dokter het geantwoord: "What nonsense!" De Villiers het hom toe met sy perd na Methuen aangejaag. Hy het by sy generaal op sy knieŽ geval en nadergekruip, die wond ondersoek en vasgestel dis 'n ernstige breuk. Terwyl hy besig was om die been te spalk, het De la Rey opgedaag, sy hoed afgehaal, Methuen gegroet en gesÍ hy is jammer om hom in diť toestand aan te tref. Methuen het gevra om in 'n huis te bly, maar De la Rey het geantwoord dat die Britte almal afgebrand het. Mev. De la Rey het Methuen ook besoek, vir hom beskuit gebak en haar enigste hoender vir hom geslag. Nadat sy been gespalk is, is hy na die plaas Gestoptefontein gestuur en die volgende dag onder bevel van Tom Leask, De la Rey se neef, na Klerksdorp met Methuen se eie waentjie en vier muile.

De la Rey se optrede het 'n groot indruk gemaak op die Russiese skrywer Leo Tolstoi, wat pro-Boer was. Hy was bly oor De la Rey se oorwinning, maar het Methuen se vrylating heelhartig toegejuig. "Hierdie daad het die Engelse doodeenvoudig stomgeslaan", het hy gesÍ.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 07:31
http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/AMPrinsloo1862_zpsf3dea37b.jpg



Susan Marť

NA 67 jaar word daar steeds oor die dood van genl. Rooi Michael Prinsloo bespiegel.

Voordat die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" in 1899 begin het, het min mense van Michael Antonie Prinsloo geweet. Dit was eers toe sy voortreflikhede in diť oorlog (1899-1902) aan die lig gekom het, dat mense van hom bewus geword het.
Voor die oorlog was hy nie eers in die politieke wÍreld bekend nie. Hy was sommer net 'n hardwerkende boer van Witbanksfontein in die Bethlehem-omgewing. Hy was nie ryk nie, en die oorlog het hom geldelik geknak.

Dit is sy lang postuur, kalm gelaatstrekke en 'n ewe kalm maar vasberade uitkyk, wat van hom 'n indrukwekkende figuur gemaak het. Hy was altyd op die voorpunt by gevegte, en ook laaste om daar pad te gee.
Sy roeping was om homself op te offer, en om ander tot dieselfde te motiveer. Sy land en volk was vir hom alles. Hy was een van die grootste vaderlanders wat Suid-Afrika nůg opgelewer het, het dr. J.D. Kestell op 'n keer gesÍ.
Hy het sy plek as gewone burger onder kmdt. Hans Naudť in die oorlog dadelik gevind, asof hy daarvoor gebore is.
Skielik, in diť omstandighede, het sy sterk persoonlikheid, diep sin vir godsdiens en leierskap na vore gekom. Sy krygsmanskap was opvallend. Hy het vinnig van onder-veldkornet, na veldkornet, na kommandant en uiteindelik na generaal gevorder.
NŠ die oorlog was hy bevelvoerende kommandant van die Bethlehem-kommando tot in 1921.

'n Pynlike onderhoud met genl. Christiaan de Wet het net voor die uitbreek van die Rebellie in 1914 plaasgevind. De Wet moes van sy ou wapenbroer verneem dat Prinsloo onwillig was om die wapen teen die regering van die dag op te neem.
Prinsloo het gemeen wapengeweld is 'n nodelose verspilling van bloed waaruit niks goeds gebore word nie. Opstandelinge het nŠ die Rebellie in hom 'n beskermheer gevind. Hy was oortuig dat die verdeling onder sy landgenote net deur sagte behandeling en by wyse van liefde geheel kon word, en het opreg geprobeer om versoening te bewerkstellig.
Na hierdie ou strydos het die Regering nooit omgesien nie. Toe in 1917 voorsiening gemaak is vir pensioene vir hulle wat sogenaamde letsels opgedoen het in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog", wou hy dit nie gehad het nie. Hy wou nie geld neem nie. Dit was vir hom genoeg dat God sy lewe in diť oorlog gespaar het.

In 1928 het hy by die Nasionale Party aangesluit, en nog later vir die munisipaliteit gewerk. Hy het ook in die stadsraad gedien. Hy het hom onder meer beywer om die dorp te verfraai deur meer bome aan te plant, en aangebied om sommer self daaroor toesig te hou.
Terwyl genl. Michael Prinsloo (69) en helpers gebukkend daarmee besig was op 'n sonnige Novemberoggend in 1931, het 'n swart motor langs hulle stilgehou.

'n Onbekende jong man het uitgeklim en hom koelbloedig doodgeskiet.

Ridder van die Langpad
25 Dec 2012, 10:41
Dankie Phillip.

Een staaltjie wat ek in 'n boek raakgeloop het oor die ABO in die Oos Transvaal, veral Ermelo en Carolina se gate, gaan oor twee ruiters wat oor 'n treinspoor moes gaan en tussen die blokhuise moes deur.

Dit was blykbaar bitter koud gewees en die een ruiter sÍ dat hy binnekort trou en as hy eendag sy kinders vertel hoe koud hy kry en hulle huil nie, dan slaan hy hulle tot hulle huil.

Dis jammer om te sÍ dat hy oomblikke daarna doodgeskiet was uit 'n blokhuis.

Die boek fokus op veldslae soos Bakenlaagte en andere in die Oos Transvaal.

F a n i e
25 Dec 2012, 11:48
Boertjie, waar kry jy die stories? en wil jy of kan ek hulle op 'n ander forum ook pos ?

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 12:39
Boertjie, waar kry jy die stories? en wil jy of kan ek hulle op 'n ander forum ook pos ?

Jy is meer as welkom Fanie. Hierdie Staaltjies en Stories en Verhale is alle gebeure in en tydens die Anglo Boereoorlog. Die ander draad is min of meer die selfde Tweede Vryheidsoorlog.

Ek hou maar by die konteks binne die oorlog. Daar is baie Staaltjies en Stories en Verhale buite die oorlog. Vir daardie sal ons 'n ander draad moet open Fanie.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 12:45
`Die onoorwonne' beeld krag van kultuur in ABO uit.

Die drie soorte Boere Mausers (van bo na onder) is die 7-mm jaggeweer, die lang model 1896 Mauser en die 1896 karabyn. Sů is die Boere telkens gedwing om die wapen neer te lÍ nadat hulle deur 'n oormag Kakies omsingel en tot oorgawe gedwing is. Vir baie van die stryders was die afstaan van hul geweer byna die ergste.

DIT was al lankal vir iedereen duidelik dat daar geen oorwinningskans meer was nie. Maar met 'n volharding wat soms uit wanhoop gebore word, het die gehawende klein kommando die stryd voortgesit op die uitgestrekte vlaktes van die binneland teenoor die oorweldigende magte van die vyand.

Hier 'n treinbrug in die lug laat spring, daar 'n gewaagde nagtelike aanval doen, en dan vinnig vlug na een van die paar skuilplekke wat daar nog oor was. Maar hul beweegruimte het al beperkter geword, die vyandelike leŽrs hoe langer, hoe oorweldigender, en op 'n snerpend koue wintermŰre toe die ryp meelwit op die grasvlakte lÍ, is hulle vasgekeer en tot oorgawe gedwing. Hande opsteek! Wapens neergooi!

Daantjie Brink was die jongste van die klein kommando. Sommer nog 'n bogseun wat nie 'n oomblik geaarsel het om sy lewe vir sy vaderland in die weegskaal te stel nie. Die ander burgers het vir klein Daantjie bewonder en liefgehad om sy onverskrokkenheid, en as hulle soms per geluk 'n paar Mauser patrone in die hande gekry het, was hulle maar te bly om dit vir hom te kan gee.

Hy was die enigste van die klein kommando wat 'n Mauser geweer besit het. Dit was sy trots. So lief soos 'n kind soms vir sy hondjie of vir sy hanslam kan word, so lief was Daantjie vir sy Mauser, en daarom het hy dit ook so goed opgepas; as daar 'n kansie kom, was hy maar met 'n stuk seildoek aan die vrywe aan sy geweer. Hy moet mos blink wees. Ammelee blinker.

``Jy sal nog darie ou windbuksie van jou so skuur dat daar naderhand niks van hom oorbly nie,'' het 'n bebaarde oom op 'n dag aan die seun gesÍ.

Daantjie Brink glimlag effens, maar hy kyk nie op nie en vrywe almaar-deur.

``Windbuksie, sÍ Oom? Nou toe, gaan staan vir my reg op vyfhonderd tree.''

``Ag nee, Daan, seunie. Ek sal dit nog so nooit waag nie. Jy weet mos ek maak sommer speletjies. En ek weet altevol goed hoe jy kan korrelvat!''

Die bebaarde oom het 'n entjie weggestap en toe omgedraai en lank staan en kyk na die skraal figuurtjie in gebukkende houding oor sy Mauser.

``Here! So 'n blote kind nog!'' sÍ hy skielik half driftig en vat toe koers die veld in.

Nou op hierdie koue wintermŰre staan die klompie burgers omring deur die vyandelike oormag. Hulle moet hul wapens oorgee. Op 'n hoop gooi langs 'n skraal doringboompie op die berypte winterveld. Dis 'n pynlike proses. Hier staan 'n paar wat maar nie gou genoeg wil nader kom nie; daar anderkant staan een met sy geweer onder sy arm en kyk vlak voor hom vas op die grond asof hy nie bra weet wat hy moet doen nie. In die koue van die wintermŰre is die vyandelike troepe ook nie danig haastig nie.

``Ons het hulle tog vas. Gee die oues maar 'n bietjie kans, wat,'' het die bevelvoerende offisier gesÍ.

Heeltemal onopgemerk 'n entjie daarvandaan in 'n waterlopie sit Daantjie Brink met sy Mauser in sy arms soos 'n kind sy liefste troeteldier sal vashou. Sy gedagtes loop wyd en ver. Hoe bly was hy nie toe sy vader hom die geweer gegee het nie!

``Vir ons land, Daan. En mag die Here julle altwee veilig na my toe terugbring.''

Dis nie reg nie! Dis nie reg nie! snik hy. 'n Tyd lank sit en huil Daantjie so met sy geweer teen sy bors vasgeklem. Hy rittel en bewe van die koue. Sy goiingsakpakkie bied skaars beskutting teen die ysigheid van hierdie wintermŰre.

Toe kry hy skielik 'n gedagte: Met die nat potklei en gruisklippertjies hier by hom, begin hy die geweerloop vol en vas te stamp met 'n laaistok, so vol en vas as dit maar kan kom. Hy moet iets doen om sy geweer onbruikaar te maak, en hierdie plan is die enigste waaraan hy nou kan dink. Hulle sal darem sukkel dat hulle bars om die potklei en die gruis uit die loop te kry. Hy stamp en stamp almaardeur die nat potklei en gruis in die geweerloop in. Stamp en stamp totdat dit tot in die loop se bek net ene vaste gruiserigheid was.

Hy is klaar met sy werk.

``As julle hom dan můťt hÍ, sal julle 'n verminkte Mausertjie kry. Ek wens in my hart die loop bars as 'n vreemde man die eerste skoot aftrek nŠ hy hom miskien skoon gekry het.''

Klein Daantjie Brink staan op en drentel soos iemand wat in sy slaap loop na die hoop gewere langs die skraal doringboompie.

'n Jong offisiertjie kom hom tegemoet en sÍ in 'n vreemde taal waarvan hy net 'n paar woorde ken:

``A! Dis mos my geweer daardie! Dis 'n mooie. Hierdie ander ou spul beteken niks.''

Die seun maak 'n wyerige draai om die offisiertjie. Draf-stap, draf-stap in sy dun goiingsakpakkie deur die wit gerypte gras. En toe, met al die krag van sy ou dun armpies, smyt hy sommer nog van ver af sy Mausertjie op die hoop gewere. Daarna loop hy snik-snik tussen die ander burgers in asof hy Írens 'n wegkruipplekkie wil gaan soek.

``Loop na die duiwel!'' sÍ hy.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 13:13
Nog ‘n grepie uit die ABO.


Omstandighede in die konsentrasiekampe was haglik. Vir babas en jong kinders was die kans op oorlewing feitlik nul. Siektes het op groot skaal uitgebreek. Vrot vleis en karige voorrade minderwaardige voedsel was vrouens en kinders se daaglikse lot. Die uitgeteerde kinders se sterwenswoorde het een allesoorheersende en skreiende tema: ondraaglike hongerte. Wat sÍ mens vir jou sterwende kind as hy hy om brood en genade smeek?

Blouvitrioel, wurms en en miet moes uit die meel gesif word. Metaalhakkies is in die sporadiese luuksheid van ingevoerde blikke bully beef gevind. Water is tot so min as twee koppies per persoon per dag beperk. Vandag se verslankende vrou drink meer water as dit voor ontbyt. Hiermee moes kos gemaak word, hulself gereinig word en klere sonder seep gewas word. Tot 20 mense moes in een tent bly. Privaatheid, gerief en blote menswaardigheid is gereduseer tot ‘n hersinskim uit die verfloŽ tyd.

Tot 300 mense moes een toilet (short drop) deel. Hout was feitlik onvergrygbaar en toiletsitplekke was ‘n verdwaalde plank of twee oor die oop gat. Kinders en oumense het gereeld gegly en ingeval, en sonder seep of water moes hulle noodgedwonge die klewende stank aan hulle strontdeurdrenkte liggame in die soms snerpende koue uitsweet.

Wellustige Kakies het soms aanvallige en dienende boervrouens se menswaardigheid met die oopruk van ‘n gulp vernietig terwyl hul mans geveg het of as krygegevangenes oorsee aangehou is. “Dit is opvallend dat verskeie Boeredagboeke melding maak van die feit dat die Tommies oor die algemeen luise in hul klere gehad het.”

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 13:33
ABO: Konsentrasiekamp in Aliwal-Noord wen stryd teen sterftes in koue winter.

Abrie Oosthuizen

VIER maande nadat Emily Hobhouse toestande in die vlugtelingkamp in Aliwal-Noord in Februarie 1901 as taamlik goed bestempel het, word Louis Leipoldt egter begroet deur 'n toneel van onbeskryflike ontbering en lyding in die konsentrasiekamp. ABRIE OOSTHUIZEN van Aliwal-Noord vertel verder in ons reeks ter herdenking van die Anglo-Boereoorlog.

DIT is einde Junie 1901, diť naweek 'n eeu gelede, in die hartjie van die Stormbergwinter as Leipoldt die kamp besoek. Die vlugtelingkamp het intussen 'n omheinde konsentrasiekamp geword waarin byna die hele bevolking van Rouxville, Smithfield en Zastron aangehou word.
Leipoldt stort sy indrukke uit in roerende gedigte soos In die Konsentrasiekamp en Die Seepkissie.
As oorlogverslaggewer het Leipoldt pas verslag gedoen oor die verhoor in Dordrecht waarin drie Kaapse rebelle op 24 Junie ter dood veroordeel is - een 'n 16-jarige penkop, die ander 'n vertraagde perdeoppassertjie en die derde 'n gesiene middeljarige gesinsman.

Al drie is later in die openbaar opgehang, wat Leipoldt diep ontroer het en die beskaafde wÍreld geskok het.
Deur sy ``trane van gister'' begin Leipoldt sy gedig met die skreiende woorde:
My oŽ is nog nat met die trane van gister.
My siel is gemartel deur smarte gepla.
Die ysige koue en reŽn van die winter in die Stormberge vind weerklank in sy woorde:
Jy hoor net die hoes van jou kind en die luie
gedrup van reŽndruppels oor die paal.

Onvoldoende huisvesting, tente wat aan flarde geskeur is deur wind en hael, swak sanitasie en chaotiese kampadministrasie dra alles by tot die haglike toestand in die kamp. Die bykans eindelose begrafnisstoete spreek uit die woorde:
Hier struikel die kind wat te vroeg was gebore,
hier struikel die oumens, te swak vir die stryd.
Die Stormberge is blykbaar vir Leipoldt nog vreemde terrein. Omdat die Kraairivierkamp as 'n Vrystaatse kamp bestuur word, sien hy die Kraairivier aan vir die Vaalrivier soos blyk uit die reŽl:

Die Junielug stort oor die stroom van die Vaal.
Met Leipoldt se besoek het die kampbevolking reeds tot 4 419 siele aangegroei.
In Junie sterf 32 vroue en kinders. In Julie sterf 67 en in Augustus bereik dit 'n hoogtepunt toe 192 sterf, ses begrafnisstoete op een dag!
Uiteindelik sterf altesaam 716 mense in die kamp, byna almal in die paar wintermaande.
Die grafte word aanvanklik maklik in die sagte alluviale grond langs die Kraairivier gegrawe, maar as die munisipaliteit kla oor die besoedelingsgevaar wat die grafte vir die dorp se drinkwater inhou, word die begraafplaas na hoŽr terrein verskuif.

Die grawery in die harde potkleigrond vorder egter so stadig dat na die ou begraafplaas teruggekeer moet word.
Die kampdokter, dr. L. Watson, gooi tou op wanneer nie gehoor gegee word aan sy oproepe om beter huisvesting, sanitasie en kos nie.
'n Kreupel, bejaarde dokter van Rouxville, dr. Gustav Hoexter, neem as kampdokter by hom oor. Hy begin met 'n intensiewe inentingveldtog teen pokke, laat alle drinkwater kook en stel drastiese sanitÍre maatreŽls in.

Onder sy groot werklas en weens sy swak gestel gee sy gesondheid ook uiteindelik in, maar wanneer die lente aanbreek, is die stryd gewonne. Einde 1901 daal die sterftesyfer tot slegs twee of drie per maand. In ander kampe in die land bereik die sterftesyfer eers lank nŠ Aliwal-Noord hul hoogtepunt. Die konsentrasiekamp in Aliwal-Noord word teen die einde van die oorlog as modelkamp vir ander kampe voorgehou.
In 'n later artikel word vertel hoe die wanadministrasie van die kampsuperintendent en die teenwoordigheid van so baie hensoppers in die kamp aanleiding gegee het tot 'n aanval van 'n Boerekommando onder kmdt. Willem Fouchee op die administratiewe kantore van die kamp.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 15:00
ABO: Boere se lang trek tot by Dewetsdorp.

Mnr. Johan Loock

DEWETSDORP is van 21 tot 23 November 1900 in die Anglo-Boereoorlog deur die Boere beleŽr. Maar vir pres. M.T. Steyn en genl. C.R. de Wet was dit 'n lang trek daarheen. Mnr. Johan Loock, Anglo-Boereoorlog-kenner van die Vrystaatse Universiteit, vertel daarvan.

DIE lang trek deur 'n gebied wat deur Britse soldate beset was, was ter uitvoering van 'n besluit geneem op 'n beraad wat deur pres. M.T. Steyn en genls. Louis Botha, Koos de la Rey en Jan Smuts op Cyferfontein 120 km wes van Pretoria bygewoon is.
Genl. C.R. de Wet was afwesig, want hy het groot Britse kolonne langs die Vaalrivier besig gehou. Nadat hy die president by Ventersdorp ontmoet het, is hulle eers na Bothaville, waar sake op 6 November 1900 vir hulle lelik skeefgeloop het. Vandaar is hulle suidooswaarts op 'n tog wat hulle uiteindelik na die Oranjerivier sou neem. Die plan was om die Kaapkolonie binne te val om die guerrillastryd in vyandelike gebied voort te sit en om terselfdertyd groot getalle Britse soldate van die twee republieke weg te trek.

Van Doornkraal af het die Boere eers vinnig en wanordelik gevlug. Nadat hulle tot verhaal gekom het, is die burgers van die Noordoos-Vrystaat na hul eie gebiede gestuur. Steyn en De Wet is oor die Sandrivier, verby Doringberg en die Korannaberg en verder oos van Thaba Nchu verby tot by Sprinkaansnek, 'n nou byna vergete deurgang deur 'n lang reeks rante wat suidooswaarts van Thaba Nchu af uitskiet.
Hier het die Boere tydelik gestuit teen die lang linie poste in forte van die Britte wat bedoel was om die Vrystaat in twee ``kampe'' te verdeel om die bewegings van kommando's te beperk. Laat die middag van 16 November het genl. Philip Botha die een fort by die nek bestook, terwyl kmdt. Hendrik Lategan, Colesberger en Kaapse rebel, die ander een moes aanval.

Hulle moes spaarsaam met hulle enkele Krupp-kanon en 16 bomme werk. Toe die vyand se aandag afgetrek is, het De Wet teen skemeraand met die hoofmag deur die Britse linie gebreek, gevolg deur Botha en Lategan. Met sy 1 500 man kon De Wet nou rustiger vorentoe trek en het hulle die aand van 17 November anderkant die Rietpoort langs die Modderrivier kamp opgeslaan. Die volgende dag se trek het hulle 7 km verder tot op Erinspride gebring. Diť plaas lÍ 10 km noord van Dewetsdorp en 4 km oos van Nuwejaarsfontein, De Wet se ou plaas. Dit kan ongelooflik klink, maar die Britse garnisoen in die dorp het nagelaat om verkenners uit te stuur en was heeltemal onbewus van die sterk Boeremag naby die dorp.Van Erinspride af het De Wet 'n klein groepie onder Botha na die dorp gestuur om die Britse posisies te bespied. Hyself het op 19 November binne sig van die dorp verbygetrek tot by Rooiwal langs die pad na Bloemfontein waar hulle sou oornag. Met diť rondtrekkery binne sig van die Britte was dit De Wet se doel om die vyand te verwar en te ontsenu en om te verseker dat hulle met groot ongerief permanent in hul stellings bly in afwagting van 'n moontlike aanval.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 15:14
ABO: Britte met vals boodskap geflous.

DIE dapper sers. Donald Farmer wat 'n Victoria Cross gekry het omdat hy 'n makker gered het.

DIE Slag van Nooitgedacht vandag 100 jaar gelede was 'n groot morele oorwinning vir die Boere, want die Britse ongevalle is die hoogste sedert hulle die Transvaal in Mei 1900 bereik het - 109 soldate sneuwel, 186 is gewond en 368 word gevang. Die Boere het 32 gesneuweldes en 46 gewondes.

Dat die Boere so goed gevaar het, was deels te danke aan 'n heliografis wat met 'n vals boodskap die Britte geflous het. Die slag word hiernaas beskryf.

GENL.MAJ. R.A.P. CLEMENTS en kol. Legge is in bevel van sowat 2 000 man met 10 kanonne. Clements plaas wagposte uit in klein forte op die hoŽ berge bokant sy kamp en aan weerskante van 'n kloof. Hy plaas ook wagposte in 'n halfsirkel van 3 km in die vallei rondom sy kamp uit, met die sterkste een op Yeomanry Hill, 3 km suidoos van sy kamp.
Genl. Koos de la Rey se aanvalsplan behels dat genl. C.F. Beyers eers met 'n mag van sowat 1 000 man die Britse wagposte bo-op die berg moet neutraliseer. Daarna sal hy en genl. Jan Smuts met 'n mag van sowat 700 man die hoofposisie van Clements aanval.

De la Rey se plan loop effens skeef toe sy linkerflank onder kmdt. Badenhorst om 03:30, vroeŽr as verwag, met 'n Britse wagpos slaags raak. Hy gaan tot die aanval oor, maar van alle kante word op hom gevuur. Albei kante ly verliese. Legge is een van die eerstes wat gewond word. Badenhorst word teruggedryf. Op die berg word die wagte deur die skietery op hul hoede geplaas en hulle begin op Krause se burgers vuur.

Met sonsopkoms begin Krause, regs van Beyers, met die aanval op die stellings op die westelike berg en sy skreeuende burgers storm nader. Krause en kmdt. Van Staden neem geleidelik die posisies op die westelike deel van die berg in deur telkens mekaar se naderende posisies met swaar geweervuur te dek. Hulle teister die onttrekkende Britse soldate laer teen die berg af met aanhoudende swaar vuur en ondersteun kmdte. Kemp en Marais met hul aanval op die oostelike posisies van die berg.

Omstreeks 07:00 gee diť soldate ook oor en die kruin van die berg word deur die Boere beheer. Die Britte ly 97 ongevalle, onder wie gesneuweldes en gewondes. Sers. D.D. (Donald) Farmer snel met 15 man die wagposte op die rif te hulp. Hulle loop hulle ook teen swaar geweervuur vas.
Twee sneuwel en vyf word gewond, onder wie lt. Sandilands. Sonder huiwering storm Farmer hom te hulp en dra hom in veiligheid voordat hy weer vuur en kort daarna gevang word. Vir sy heldedaad ontvang hy die Victoria Cross.

Met volgehoue vuur van die rif bokant Clements se kamp, word sy mag gedwing om te vlug. Hy laat die meeste van sy voorrade agter. De la Rey neem sy kamp in. Clements bereik Yeomanry Hill onder die dekkingsvuur van die Yorkshire Light Infantry. Die meeste burgers is halfhartig om die vlugtende Britte te agtervolg, omdat hulle haastig is om by die voorrade te kom wat hulle kan buit. Genl. Broadwood se mag 20 km daarvandaan hoor die geveg, maar word deur 'n Boereheliografis gerus gestel deurdat hy met gebuite toerusting diť boodskap oorsein: ``All's well, no assistance needed.''

Sewentig volgelaaide waens, 200 tente, baie ammunisie, 700 perde en muile en 500 beeste is gebuit. Toe De la Rey ontdek een van die waens is vol drank, bied hy dit aan die Britse gevangenes aan en is verras toe hulle hom toesing: ``For he's a jolly good fellow.''

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 15:23
ABO: Celliers laat skote heeltemal te vroeg klap vir beplande aanval.

GENL. KOOS DE LA REY, wat ontevrede was omdat die aanval op sy tuisdorp, Lichtenburg, op 'n Sondag gedoen is.
DIE verrassingselement was belangrik om 'n aanval van die Boere 100 jaar gelede in Lichtenburg te laat slaag, maar genl. J.G. Celliers se oorhaastigheid het die planne in die war gestuur.

OM 03:15 - lank voor die beplande tyd - het die eerste skote geklap. Dit was Celliers. Hy was hopeloos te vroeg. Die wagte wat dadelik besef het wat aan die gang was, het alarm gemaak. Toe genl. Koos de la Rey en sy burgers sowat 1 000 treŽ van die dorp met moeite hul weg deur die vlei baan, reŽn die Engelse koeŽls onverwags op hulle neer.

Genl. J.C. Smuts het deurgedruk om die Engelse uit die forte aan hul kant van die dorp te verdryf. Hulle het pas die eerste forte verower toe Celliers deur 'n koeŽl getref word en hy swaar gewond neerval. Kort daarna word kmdt. L.A.S. Lemmer ook getref.

Celliers se manne, nou sonder hul generaal, het begin terugval onder die hewige vuur uit die forte. Ook Smuts-hulle het kwaai deurgeloop sodat hulle ook uiteindelik verplig is om terug te val.
Net buite die dorp het De la Rey hulle gestop, aangesien hy in die donker nie presies kon vasstel wat met Celliers aan die gang was nie.

Hulle moes tot verdere kennisgewing daar wag. Uiteindelik het hy vasgestel dat Celliers en Lemmer ernstig gewond is en dat hul burgers teruggeval het.
Slegs kmdt. H.C.W. Vermaas was nog aktief in die dorp.
Vermaas het egter sů verwoed aangeval dat hy tot in die middel van die dorp deurgedring het.
De la Rey het besef dat die burgers wat teruggeval het, Vermaas in 'n onbenydenswaardige posisie geplaas het. Die gevaar bestaan dat die vyand hom enige oomblik sal omsluit.

Hy gee aan Smuts opdrag om agter hom in te beweeg en sy agterhoede te dek.
Toe al die burgers in posisie was, het De la Rey vier burgers die dorp ingestuur om met Vermaas kontak te maak. Hy wou veral weet of 'n inval in die dorp die moeite werd sou wees. Slegs twee van die vier kom terug. Die ander twee het die Engelse ten prooi geval. Volgens Vermaas is hy bereid om sy posisie in die dorp te hou totdat 'n beter geleentheid hom voordoen vir De la Rey om sy burgers in te stuur. Hy sou dit slegs kon doen as De la Rey sy flanke beskerm.

Op 5 Maart sou die geveg onverpoos voortduur. Teen die aand het Vermaas 'n volledige verslag aan De la Rey gestuur in verband met die verskansings in die dorp. Hy waarsku ook dat as De la Rey diť nag die dorp sou inneem dit slegs met swaar lewensverlies gepaard sou gaan veral as hulle soos beplan die een skans nŠ die ander wou verower. Baie van sy burgers is buitendien reeds gewond.
De la Rey laat Vermaas weet dat hy net nŠ donker sou aanval. Net toe die burgers reg was om aan te val laat Vermaas weet dat hy aan lt.kol. C.G. Money 'n wapenstilstand van twee uur toegestaan het.

``Ag, wat 'n teleurstelling,'' het die generaal opgemerk. ``Money het net om 'n wapenstilstand gevra om sy posisie te kan verbeter. Dit sal net dwaasheid wees om met die beplande aanval voort te gaan.''
Om 20:00 besluit De la Rey om sy burgers te onttrek.Veertien burgers is dood en 40 gewond. Tydens die terugval het een van die burgers De la Rey die volgende hoor sÍ: ``Die vyand het 'n goeie drag slae gekry, ek ook,'' en ``Wel, kol. Money, vandag is joune. Jou verdediging was te goed vir my.''
Baie van die retirerende Boere het in die vlei verdwaal en is gedwing om die volgende dag in die modder tussen die riete te skuil totdat hulle in die nag na veiligheid kon terugkeer.

'n Paar dae nŠ die mislukte aanval het Money besluit om die verdediging van die dorp nog verder op te knap. Aangesien die Boere die dekking van die bome en struike in die dorp gebruik het, is dit as 'n hindernis beskou. Die bevel was bondig: ``Clean the town completely. Cut down every tree, hedge and shrub!''
Die paar inwoners het sonder enige sukses gesoebat en gepleit. Slegs 'n paar van die ou bloekombome het behoue gebly aangesien hulle deur wagte as uitkykpunte gebruik is.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 17:04
ANGLO-BOEREOORLOG:Verpleegsters hul sout werd op slagveld.

DIT is November 1899. Hendrina Ralie van der Merwe en haar suster, Soekie, hardloop van koppie tot koppie iewers naby Bloemfontein. Hulle soek 'n Boerekommando by wie hulle hul as verpleegsters kan aansluit om op die slagvelde te gaan werk.

Laat een middag merk hulle 'n stoffie in die verte. Later word diť stoffie perde en nog 'n bietjie later Boere wat begin afsaal.

Die twee susters begin dadelik om die afstand tussen hulle en die boere te verklein. Dit neem hulle omtrent anderhalf uur voordat hulle die kommando te voet bereik.

Dit is die Ficksburg-kommando met 250 gewapende burgers. Hierna vind 'n gesprek plaas.

``Ek wil graag saam met die kommando na die slagveld. Ek en my suster Soekie wil as verpleegsters werk,'' sÍ Hendrina.

``Ag my kind,'' sÍ die kommandant, ``hoe kan ek julle saamneem? Ons is geroep om die voorposte te gaan versterk waar 'n reeks swaar gevegte plaasvind. Maar hoe ver wou julle gegaan het? Julle weet, Methuen en Buller is voor ons, en ons kan enige tyd aangeval word.

``Nee, my kind, ek kan julle regtig nie saamvat nie.''

Hendrina was bitter teleurgesteld en sÍ met trane in haar oŽ: ``Kommandant, mog u nooit my dienste nodig kry nie, maar u kan ůůk gewond word en hoe graag sal ek en my suster u dan wil verpleeg.''

``Ons sal dan maar 'n plan moet maak,'' sÍ die kommandant. ``Ek dink ek sal julle maar saamneem!''

Die susters is saam en op die agterste karretjie gelaai. Kommandant Jan van Schalkwyk van die Ficksburg-kommando sou nooit weet hoe waar hulle woorde sal word nie.

Op 11 Desember 1899 is hy gewond toe 'n koeŽl sy linkerbeen vergruis het. Die susters het hom vir drie maande in die Jacobsdalse hospitaal verpleeg.

Hy het daarna redelik gesond geword.

Boertjie Phillip
25 Dec 2012, 17:16
http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/VROUENS-WAT-BAKLEI-HET-251x300_zps866861df.jpg

Vegtende Boervroue blyk mite te wees.

Diť foto, waar 'n vrou in mansklere poseer sodat dit lyk of sy in die Anglo-Boereoorlog geveg het, het al menige geflous. Diť skynbaar dapper vrou (regs) is mev. Berrett. Die man langs haar is mnr. Wagner.

Adri Herbert

VEGTENDE Boerevroue in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" is 'n raaisel waaroor mense al jare debatteer. Uit navorsing deur 'n navorser van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein blyk egter nou dat diť sogenaamde Boere-Amasones nie 'n werklikheid was nie.
ONEERLIKE joernaliste is verantwoordelik vir 'n groot deel van die mites oor vegtende ``Boere-Amasones'' in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord". Britse koerante het in die oorlog bloot vir propaganda hieroor berig.

Sů sÍ mej. Elria Wessels, hoofvakkundige van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein. Sy doen navorsing oor die rol van vroue in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord".
Sy sÍ sy sou wat wou gee om te bewys dat vroue in die oorlog geveg het. Indringende navorsing het haar egter tot die gevolgtrekking laat kom dat geen bewyse van sogenaamde Boere-Amasones bestaan nie. Ondanks versoeke van sommige vroue om gewapen te wees, en die feit dat 'n Vrouekorps in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" gestig is, was daar geen verspreide, aktiewe vroulike deelname aan die konflik nie, soos die gewilde opvatting lui.

Die oorsprong van die meeste van die stories dat vroue geveg het, kan teruggespoor word na die oorname van Ladysmith.
C.M. Bakkes skryf in sy boek Die Britse deurbraak aan die benede-Tugela ene kol. Parsons het vir sy vrou geskryf van twee vroue wat vermoor gevind is. Een was gedwing om in die loopgraaf langs haar man te bly, omdat sy 'n goeie skut was. 'n Soortgelyke storie is op 1 Maart 1900 in die Natal Witness en The Cape Argus gepubliseer. Volgens die korrespondent van die twee koerante is 'n huisvrou van 19 jaar oud dood weens wonde wat sy in die loopgrawe in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" opgedoen het. Voor haar dood het sy gesÍ haar man het haar in die loopgraaf laat bly omdat sy 'n goeie skut was. Hy is minute voordat sy gewond is, doodgeskiet.

Barton skryf in sy boek Diary of the Boer War dieselfde storie, maar sÍ die vrou se linkerbors was weggeskiet, en dat 'n kind in haar arms was.
Die Natal Witness en Cape Argus het berig dat verskeie vroue die loopgrawe by Ladysmith verlaat het drie ure voordat die Boere deur Britse soldate oorval is, en dat die lyk van 'n 70-jarige vrou in die loopgrawe ontdek is.

Burger skryf in sy boek Worsteljare ds. A.P. Burger het vertel terwyl hulle by Glencoe was, het gerugte van dooie vroue wat op die slagveld gekry is, die ronde gedoen. Pres. Paul KrŁger het dadelik beveel dat alle vroue wat aan die oorlog deelgeneem het na Pretoria teruggestuur word.
Dieselfde ds. Burger vertel dat 'n sekere mev. of mej. Herbst as 'n seun vermom langs die manne aan die Natalse front geveg het voordat ontdek is dat sy 'n vrou is. Dit word deur die geskiedskrywers Schikkerling en De Villiers bevestig.
Op 4 September 1901 het 'n brief in die Bloemfontein Post in reaksie op 'n artikel oor die vegtende Boere-vroue verskyn. Die skrywer onder die skuilnaam ``One who knows'' ontken sterk dat daar vrouevegters aan die front was. Hy skryf as daar sulke vroue was, behoort hulle geskiet gewees het, want hulle het niks met die slagveld uit te waai gehad nie. Hy kom egter tot die gevolgtrekking dat daar mans was wat uit gebrek aan eie klere in vroueklere geveg het.

` . . . ek is sterk daarvan oortuig dat hulle mans vermom in vroueklere was.''
Wessels sÍ die Victoriaanse lewenstyl van die Boerevrou is waarskynlik een van die grootste redes waarom vroue nie geveg het nie. Vroue se plek was tradisioneel tuis. Oor die feit dat daar bronne oor die bestaan van sulke vroue is, sÍ sy die interpretasies van bronne moenie goedertrou geglo word nie. Sy het diť bronne gelees, en haar navorsing suiwer op feite gegrond.

Veral foto's met vroue in gevegsdrag en gewere in die hand maak die situasie baie verdag. Diť foto's is baie duidelik geposeer. Vroue, veral in Natal, het dikwels by hul mans op die gevegsfront gaan kuier, en foto's kon dan geneem gewees het. Baie vroue was ook op die front om hul mans mediese behandeling te gee. Duidelikheid moet gekry word dat vroue wat aan die front was, nie noodwendig geveg het nie. Oneerlike joernaliste is verantwoordelik vir 'n baie groot deel van die stories wat oor vrouevegters in die oorlog versprei is. Koerante wat in die oorlog berig het dat vroue geveg het, was die Britse koerante Cape Argus en Natal Witness. Diť tipe berigte is vir Britse propaganda geplaas.

Een van die goed-gedokumenteerde gevalle van 'n vrou wat haar by die kommando aangesluit het, was diť van Sarah Raal. Sy en 'n vriendin, mej. Jacobs, het uit die konsentrasiekamp by Springfontein verdwyn onder die voorwendsel dat hulle vuurmaakhout gaan soek het. Hulle het hulle by Raal se broers, wat in die kommando van kommandant C. Niewoudt in die Suid- en Suidwes-Vrystaat geveg het, aangesluit. Sy was met 'n rewolwer gewapen, maar sy noem net een geval waar sy 'n skoot afgevuur het op 'n groep swartes wat 'n boereverkenner vermoor het. Die Britse soldate het op haar gevuur, maar sy het nooit teruggeskiet nie. Sy was aktief by die verpleging van gewondes betrokke.

F a n i e
25 Dec 2012, 19:23
Boertjie, jy moet vinniger pos, ek haal jou in :D

Baie dankie vir jou moeite, dit word opreg waardeer en daar is ander wat dit ook geniet en nog gaan geniet.

Iets wat ek wil noem is dat dit lyk asof die geskiedenis homself herhaal, ons is weer terug voor 1838. Ek hoop die hardegatte en korrelkoppe gaan hierdie keer kan leer uit hulle foute en sorg dat dieselfde homself nie weeeer gaan of kan herhaal nie. Hulle se mos die definisie van 'n idioot is iemand dieselfde ding oor en oor doen maar ander resultate verwag. Ergste is ons gaan steeds aan onder en met mekaar selde soos 1838.

Daar is baie waaroor mens kan kommentaar lewer, maar ons wag eers dat jy klaarmaak.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 07:48
Boertjie, jy moet vinniger pos, ek haal jou in :D

Baie dankie vir jou moeite, dit word opreg waardeer en daar is ander wat dit ook geniet en nog gaan geniet.

Iets wat ek wil noem is dat dit lyk asof die geskiedenis homself herhaal, ons is weer terug voor 1838. Ek hoop die hardegatte en korrelkoppe gaan hierdie keer kan leer uit hulle foute en sorg dat dieselfde homself nie weeeer gaan of kan herhaal nie. Hulle se mos die definisie van 'n idioot is iemand dieselfde ding oor en oor doen maar ander resultate verwag. Ergste is ons gaan steeds aan onder en met mekaar selde soos 1838.

Daar is baie waaroor mens kan kommentaar lewer, maar ons wag eers dat jy klaarmaak.

Vinnige Fanie , jy moet my ouderdom in ag neem ek is nie meer so vinnig nie ...lol. Dalk is ons nou bietjie erger as wat hulle was.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 07:54
ABO: SWAK MATROSE.

Die perdeslagting van die Anglo-Boereoorlog (ABO) is destyds deur een offisier as ’n “massamoord” beskryf. Die Britte het etlike honderdduisende perde tydens die ABO ingevoer, maar dit was ’n stryd om perde by die oorlog te kry.

Die destydse remonte-skeepsoffisier Horace Hayes het ’n haglike prentjie geskets van die toestande aan boord van die skepe waarmee perde na die oorlog gebring is. Perde moes noodgedwonge op stal staan gedurende hul weke op see, en kon nie rol of gaan lÍ nie. Die diere wat hul balans verloor het, kon dikwels nie weer opstaan nie, en baie is vertrap. Belugting was power en die stalle swak ontwerp, en dit was moeilik om verrottende mis en suurvormende urine te verwyder.

Daar was dikwels niemand met ondervinding van veeartsenykunde aan boord nie. In een geval het onervare personeel tussen 200 en 300 perde oorboord gegooi in die waan dat hulle ’n aansteeklike siekte opgedoen het.
Elke bemanning moes ’n remonte-offisier en ’n veearts insluit, maar diť stafoffisiere was nie juis van die eerste rang nie. ’n Vooroorlogse verslag kla juis oor die “derderangse manne” wat aansoek gedoen het omdat die weermag te min betaal het om goeie kandidate te werf, en daar is selfs in die Britse Laerhuis kritiek uitgespreek oor die gedrag van Britse offisiere by ’n remonte-sentrum.

Muildrywers het die invoere van Amerika hanteer, en hulle was ’n bontspul swerwers en swendelaars, diewe en tronkvoŽls vir wie die versorging van perde dikwels bloot ’n gratis kaartjie na ’n ander wÍreld was.
Hulle het soms te min voer ingepak, en perde het aan boord van die honger gevrek. Die Monterey het byvoorbeeld op 7 Augustus 1900 met 1 168 perde aan boord uit New Orleans na Durban vertrek, maar toe die skip 39 dae later in Durban vasmeer, het 25 perde reeds weens die honger gevrek.
’n Driekwart van die oorlewende perde was so swak dat hulle twee maande lank nie gebruik kon word nie. ’n Tydgenoot het droogweg laat hoor: “Perde en muile is nie goeie seevaarders nie.”

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 08:00
http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/b046c160efc04a69adfd26bf6dcd00ff_zps64879492.jpg
Generaal Christiaan de Wet se Fleur het ikoniese status verkry.

ABO: HELDE MET HOEWE.

Tog het die oorlog die gedagte help posvat dat daar oor die perd as ’n “mens” gedink moes word eerder as net nůg ’n stuk militÍre toerusting.
Leiers het ikoniese perde gehad wat in hul eie reg oorlogsterre geword het: daar was generaal De Wet se grys perd, Fleur; generaal De la Rey se geliefde witgesigponie, Starlight; generaal Malan se Very Nice, en generaal Smuts se Charlie.

Lord Roberts se arabierperd, Vonolel, het hom deur veldtogte in IndiŽ, Afganistan en Birma gedra en selfs diensmedaljes van koningin Victoria ontvang.
Perde het as individue begin tel. Deneys Reitz se bekende boek Commando het eers Of Horses and Men geheet, wat daarop dui dat die rol van die perd nie net belangrik wŠs nie, maar ook as belangrik beskou is.

Daar het ’n affiniteit tussen soldate en hul perde ontstaan, en daar was selfs ’n tentatiewe analogie tussen die twee. Op diť manier het ’n veearts die Engelse perd met die stadsjapie-soldaat vergelyk – albei was immers nuwelinge in die Afrika-veld.
Aan die Boerekant het Reitz ook die ooreenkoms tussen perd en mens opgemerk: hoe langer die oorlog voortgesleep het, hoe meer het die Boere gelyk na “long columns of shaggy men on shaggy horses”. Volgens Reitz het die offisiere by generaal Smuts se hoofkwartier skertsend na hul stafoffisier-ekwivalente as “kripvreters” verwys – hulle was soos perde wat op stal gevoer is en nie soos gewone perde hul kos in die veld moes gaan aas nie.

Mense het begin glo dat perde vir hulself kon dink en onafhanklik kon optree. Reitz beskryf sy perd, Malpert, byvoorbeeld as “van die duiwel besete”. Die perd het werk ontduik deur te skop en handuit te ruk, en het Reitz telkens iewers “tussen vloek en lag” gelaat. Malpert het eers teŽsinnig vir hom respek ontwikkel nadat Reitz dit reggekry het om aan die perd vas te klou tydens een van sy demoniese bokspring-uitbarstings.

Soldate het ’n mate van bewuste denkvermoŽ aan hul perde verleen. Sommige het geglo hul perde het oor bykans mistieke magte beskik en sou hulle teen gevaar waarsku. Een Britse soldaat het oor sy gestorwe perd se dapperheid gesÍ: “One learns from the parting how close has been the comradeship.” Waar omstandighede dit toegelaat het, is dooie perde as stoflike oorskot eerder as vleis hanteer. Toe Reitz se Malpert vrek, het die kommando die uitgeteerde karkas ook gaan besoek.

’n Oorlogskorrespondent het ook dramaties beskryf hoe Britse soldate gekeer het dat aasvoŽls op hul gestorwe perde toesak: “… in a revolting mass of beaks and feathers above the fallen steed, as devils flock around the deathbed of a defaulting deacon. A soldier on the outer edge of the extended line swings his rifle with swift, backhanded motion over his shoulder, and brings the butt amidst the crowd of carrion. The vultures hop with grotesque, ungainly motions from their prey … their necks outstretched and curved heads dripping slime and blood, a fitting setting amidst the black ruin of war. The charger now looks upward from eyeless sockets … ”

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 08:08
ABO: Katolieke Kerk. Net vir die interessantheid hiervan.

Met die Anglo-Boere-oorlog (1899-1902) het Suid-Afrika op traumatiese wyse die twintigste eeu betree.

Die toenemende polarisasie tussen Afrikaans- en Engelsprekende Suid-Afrikaners wat die jare vůůr diť oorlog gekenmerk het, is deur diť tragiese gebeure tot nuwe hoogtes gedryf. Die groeiende Afrikaner-nasionalisme en stryd om erkenning van die Afrikaanse taal het beteken dat die Katolieke Kerk, met haar plaaslike wortels so diep in die Engelse kultuur, al hoe meer as volksvreemd beskou is. Dit was veral die predikante van die tradisioneel Afrikaanse kerke wat in hul heftige aanvalle op die Roomse Gevaar baie daartoe bygedra het dat die gemiddelde Afrikaanssprekende totaal onkundig en wantrouig gestaan het teenoor die Katolieke geloof (en daarmee teenoor meer as 1500 jaar Christelike geskiedenis).

Alhoewel daar sekerlik baie Katolieke aan die Britse kant geveg het, was daar ook Katolieke (veral onder die buitelanders) wat aan Boerekant geveg het. Dit sou ook verkeerd wees om te aanvaar dat alle Katolieke die Britse saak gesteun het. Die bekende Mgr. Kolbe het in 1900 sy redakteurskap van The Catholic Magazine neergelÍ omdat hy nie kon saamstem met enkele biskoppe in Suid-Afrika wat die Engelse verantwoordelikheid vir die Anglo-Boere-oorlog geregverdig het nie. Die bekende Katolieke spreker en skrywer, Alexander Wilmot, het in ’n reeks lesings wat hy in 1893 in die Paarl gelewer het (en wat net so oorgeneem en in The Catholic Magazine gepubliseer is) ’n baie simpatieke beeld van die Afrikaner se verlede en aspirasies aan sy Katolieke gehoord voorgehou.

Dit is interessant dat die Katolieke van die destydse Kaapkolonie oor die algemeen baie meer positief gesind was teenoor die Boererepublieke as diť van Natal. Tydens die oorlog het die meerderheid Katolieke in Suid-Afrika se simpatie egter by die Britte gelÍ. Sommige priesters het diens gedoen as kapelane vir die Britse soldate.

Tog is dit baie jammer dat die Katolieke Kerk in Suid-Afrika nooit amptelik protes aangeteken het teen Kitchener se beleid in oorlogvoering en veral die totstandkoming van die konsentrasiekampe nie???????????????.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 11:11
Poetse bak op kommando.

Daar was lang tye sonder gevegte op kommando, en dit het die terglustige
burgers die kans gegee om poetse te bak.

Een van die suksesvolste poetse was toe kmdt. F.J. Potgieter van Wolmaransstad
sy penkoppe ingespan het om die skynsieke en lafhartige leeglÍers skrik te maak.

Hy het agttien van die lyfwegstekers gestuur om in 'n nabygeleŽ boord vrugte vir
die kommando te gaan pluk.

Hulle was net lekker in die boord doenig toe die penkoppe met 'n sarsie skote bo-
oor hul koppe lostrek. Die plukkers het soos vrot perskes uit die bome geval,
opgeval en na hul perde gehardloop.

So groot was die verwarring dat hulle verrinneweer daar uitgesien het. Baie was
sonder hoed, ander se klere was geskeur, een was sonder 'n skoen en minstens
een vol turksvydorings.

Een van die plukkers was Nicolaas (Siener) van Rensburg.

F a n i e
26 Dec 2012, 12:03
Vinnige Fanie , jy moet my ouderdom in ag neem ek is nie meer so vinnig nie ...lol. Dalk is ons nou bietjie erger as wat hulle was.
Ek hou jou ouderdom in gedagte, dis waarom ek se. Ou mense slaap mos baie minder :D

Ek spot sommer Boertjie, die stories is baie oulik. Mens moet die stories natuurlik nie vanuit ons eie perspektief lees nie, maar teenoor die agtergrond van hoe dit daardie tyd was.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 14:54
Buller betaal swaar vir seun se dood .

Buller is nou nie juis `n ou wat gedurende die Anglo-
Boereoorlog vir homself groot roem verwerf het nie. Hy was die
aanvoerder van die Engelse magte op die Natalse front.

In Londen is geglo dat die hele "opstandjie" in Suid-Afrika voor
Kersfees 1899 iets van die verlede sou wees. Toe loop Buller
en sy manne hulle in Desember 1899 by Colenso hulle teen
'n Boeremag onder generaal Louis Botha vas.

Daar oor die Tugela het Buller en sy manne lelik slae gekry. In die proses het
die enigste seun van Lord Roberts, Freddie Roberts, gesneuwel toe hy
tevergeefs probeer help het om van die Engelse kanonne na veiligheid terug
te bring.

Die voorval kon as net nog 'n stukke oorlogstatistiek afgemaak gewees het as
dit nie was dat Lord Roberts later vir Buller verkwalik het vir sy seun se dood
nie.

Buller het roemloos na Brittanje teruggekeer en is op die aandrang van Lord
Roberts eerloos en met halfsoldy uit die Engelse weermag ontslaan. Alhoewel
hy aangedring het om voor `n krygsraad sy saak te kon stel, is die versoek
nie toegestaan nie – ook nie sy versoek om sy saak aan Koning Edward VII te
verduidelik nie.

In Suid-Afrika het die Boere minagtend na Redvers Buller verwys as ou
Rooivers Bulller. Sy eie manne het agter sy rug hom spottend ou Reverse
Buller genoem. Die afloop van sy militÍre loopbaan het nie reg laat geskied
aan die nagedagtenis van een van Brittanje se dapperste soldate nie.

Gedurende die Zoeloe-oorlog van 1879 was Buller ook in Natal. Hier het hy
in een van die veldslae vreesloos tussen `n klomp Zoeloekrygers ingejaag om
'n makker wat van sy perd geval het te gaan red. Ondanks proteste het hy die
gewonde makker agter op sy perd gelaai en na veiligheid gebring.

Vir hierdie doodsveragtende optrede het hy die Engelse se hoogste eerbewys
vir dapperheid te velde, die Victoria Kruis, ontvang.

Byna veertig jaar voordat Redvers Buller sy heldedaad in Natal verrig het, het
'n soortgelyke voorval plaasgevind.

Tydens die Slag van Bloedrivier het Andries Pretorius, die Boere se
aanvoerder, in `n stadium opdrag gegee dat die Boere tot die aanval moes
oorgaan. Die Boere het op hul perde gespring het die Zoeloes, wat toe reeds
'n verslane mag was, agtervolg.

Met die agternajaerry tussen die vlugtende Zoeloes aan het 'n Zoeloe-kryger
Pretorius beetgekry, hom van sy perd geruk en met sy spies in die arm
gewond. Net toe hy die hulpelose Pretorius wou doodsteek het een van
Pretorius se makkers sy gevalle aanvoerder gesien, op die Zoele afgestorm,
Pretorius op sy perd gelaai en weggejaag.

Die omstandighede en die afloop was byna presies dieselfde as in die Builler-
geval. Buller het die Victoria-kruis vir sy optrede ontvang.

Al wat ons van die Pretorius-geval het, is `n skildery van Andries Pretorius
met sy arm in 'n slinger. Die man wat sy lewe gered het, bly naamloos in die
Suid-Afrikaanse geskiedenis.


PENKOPPE

Van so jonk as 10 jaar wat haweloos met hul moeders en susters
in die veld rondgeswerf het nadat hul plase verwoes is, het hulle by die
kommando's aangesluit liewer as om in krygsgevangenekampe te beland.

In die guerrillafase het pres. M.T. Steyn in Desember 1901 'n proklamasie
uitgevaardig waarvolgens sterk en gesonde seuns van 14 jaar en ouer opge-
kommandeer kon word om meer weerbare burgers op kommando te kry.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 15:04
Onwelkome graaf toe maar koerant toe.

Wat sommige van die buitelanders besiel het om destyds hier aan die suidpunt van
Afrika aan Boerekant teen die Kakies te kom baklei, sal niemand ooit weet nie.

Een van die persoonlikhede wat destyds hier kom rondloop het, was die Oosten-
rykse graaf Adalbert Sternberg. Nadat hy tevore ook 'n draai kom maak het, het
hy kort nŠ die uitbreek van die oorlog sy dienste aan die Britse magte aangebied.

Diť Oostenrykse edelman was nou nie wat 'n mens sou noem beskeie met sy
menings nie. Hy het homself as 'n kenner op verskeie terreine beskou, maar
volgens sy eie mening was hy by uitstek 'n kenner van militÍre strategie.

Die Engelse het skynbaar nie in sy siening van homself gedeel nie, want hulle het
sy aanbod om hulle te help summier van die hand gewys.

Nie dat dit ons graaf se moed gebreek het nie. As die Engelse dan sonder sy hulp
kon klaarkom, dan gaan hy maar sy hulp aan die Boere aanbied, het hy besluit.

Die Boere het vrywilligers bitter nodig gehad, maar 'n Boer het darem sy trots ook.
Die Boere het graaf Sternberg hartlik bedank vir sy aanbod, maar laat weet dat
hulle nie 'n geskikte pos vir 'n militÍre kenner soos hy gehad het nie. Dankie, maar
nee dankie.

Ons vriend was egter nie 'n man wat hom sommer laat wegwys nie. As die Engelse
en die Boere hom nie wil gebruik nie, was daar nog een opsie oor: Koerantman! As
oorlogskorrespondent het hy hom aan genl. Piet Cronjť gaan voorstel en sommer
so voordat hy sy hand gelos het, hom van 'n stroom militÍre advies bedien.

Die byna ewe omstrede Fransman kol. Villebois-Maurueil het hom verkneukel aan
die maniertjies van die Oostenrykse edelman. Volgens Villebois-Maurueil het
Sternberg sigare gerook wat vyf sjielings stuk kos, maar soms drie dae laat
verbygaan sonder om te bad!

Wat die Fransman behoorlik ontstel het, was dat die Oostenryker gaan slaap het
sonder om sy stewels uit te trek.

Alles was darem nie negatief nie. Met Sternberg se voorliefde vir droŽ Franse
sjampanje kon Villebois-Maurueil nie fout vind nie. Toe Sternberg egter 'n bottel
van Frankryk se beste sjampanje se prop uittrek met hande wat pas 'n ui geskil
het, kon Villebois-Maurueil hom beswaarlik beteuel.



Uitskud.

Soos die oorlog gevorder het, het die
Tommies 'n al groter bron van klere vir
die Boere geword.

Britse kolonnes wat oorweldig is, moes
"uitskud" – hul netjies uniforms uittrek
en dit daar en dan verruil vir die vodde
waarin die Boere geklee was.

Hoe aktiewer die kommando was, hoe
beter was sy kanse om klere van die
Britse soldate te buit.

Een Boere-offisier onthou 'n geval toe sy
manne en die Tommies liedjies ge-sing,
saam sigarette gerook en selfs 'n bietjie
rum gedrink het terwyl die pro-
ses van ontkleding gebeur het.2

Die Boereleiers was vol begrip vir die
praktyk van uitskud, wat uit nood
gebore was.

Die Boeremagte het treinspore en
brue by verskeie geleenthede opge-
blaas. By een so 'n voorval is Winston
Churchill by Chieveley, naby Colenso,
gevange geneem. Hy was 'n oorlogs-
korrespondent.
'n Gesaghebbende Britse publikasie het ook begrip hiervoor getoon:
"
Die Boere was 'n volksleŽr sonder 'n eie uniform.
"
Daar moet onthou word dat die slaprandhoed wat die Boere gedra het, op sy
beurt deur die Britse leŽr oorgeneem is."

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 15:16
Boere-oorlog uit 'n ander hoek.

Ek luister nou die aand na die ghoeroe oor die Anglo-Boere-oorlog, prof. Fransjohan Pretorius.

Hy het vertel dat, so losweg bereken, daar aan die einde van die oorlog aan die
Boerekant so een derde van die manne nog in die veld was. Nog een derde was
krygsgevangenes en so 'n derde het voor die einde van die oorlog reeds die
wapen neergelÍ.

Hy het beklemtoon dat dit sommer so rofweg die geval was en nou nie gereken
moet word as presiese syfers tot in die fynste besonderheid nie. Niemand kan
daarmee verskil nie.

Nou vertel 'n vriend wat somme en statistiek verstaan - ek hoop so, want hy is 'n
aktuaris - dat 'n mens op diť basis kan reken dat min of meer die helfte van die
Boere wat krygsgevangene geneem is, tot aan die einde in die veld sou bly.

Andersom, min of meer die helfte sou voor die einde van die oorlog begin vrede
soek het.

Die prentjie lyk dan so: Van die Boere wat die oorlog begin het, het net die helfte
tot die einde getrou gebly.

Breek 'n mens diť syfers verder op, kom daar 'n interessante prentjie na vore.

Die Boere wat oorgegee het, moet weer verder in twee groepe verdeel word. Die
een groep is diť wat net opgehou veg het en huis toe is. Die bekendstes onder diť
manne is genl. Hendrik Schoeman. Sy kleinseun sou later in die kabinet dien.

Dan was daar ook die klomp Vrystaters aan die oosgrens wat vroeg in die oorlog
na Lesotho uitgewyk het. Onder diť se nageslag tel 'n latere staatspresident.

Onder diť wat ophou baklei het, is daar nog 'n groep. Dit was diť wat aktief aan
die kant van die Engelse, teen hulle eie mense, tot die stryd toegetree het. Die
bekendste onder die klomp was genl. Piet de Wet van die Vrystaat.

Die klomp wat tot die einde in die veld gebly het, kan ook in twee verdeel word.
Die groot meerderheid het teen Mei 1902 gevoel die tyd vir vrede het aangebreek.
Onder hulle was die bekendstes generaals Louis Botha, Jan Smuts, Koos de la Rey
en Jaap van Deventer.

'n Groep, wat generaals C.R. de Wet, C.F. Beyers, Manie Maritz en Jan Kemp
ingesluit het, het vrede gesien as 'n kans vir asemskep. Hulle wou, wanneer die
geleentheid daar was, die oorlog hervat.

Hierdie manne sou die leierskorps van die 1914-rebellie uitmaak.

En dan het Langenhoven gevra dat ons tog asseblief die erwe van ons vadere vir
ons kinders moet hou.


HOEKOM die Boere die oorlog verloor het - in 'n neutedop.

Anders as die Engelse beroepsoldate, was die Boere hoofsaaklik landbouers wat
min militÍre dissipline geken of gerespekteer het.

Die Boere het 'n defensiewe oorlog geveg. Pleks van die hawens te beset en te
voorkom dat voorrade, ammunisie en nog derduisende troepe die Kaap en Natal
binnekom, het hulle stellings ingeneem en plekke soos Mafeking en Ladysmith
beset en op die Engelse gewag.

Daar was geen strategie om die Natalse en die Westelike spoorlyn te beset en die
Tommies se vervoerstelsel te kniehalter nie.

Die Boere is met ossewaens en hul gesinne oorlog toe, wat hul beweeglikheid - hul
grootste bate - tot diep in die oorlog erg aan bande gelÍ het.

Anders as vir die Tommies, was daar geen strategiese bevoorrading vir die Boere
nie. Dit het hulle ook ontbreek aan 'n stelsel om gevange Tommies aan te hou, en
gevange soldate is vroeg in die oorlog reeds net weer vrygelaat.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 15:30
Rebelie se saadjie al jare tevore gesaai.

Sekerlik die tragiesste gebeurtenis in die geskiedenis van die Afrikaanssprekende deel van Suid-Afrika se bevolking in die 20ste eeu was die Rebelie van 1914.
Broer het op broer geskiet. Krygsmakker het nou op krygsmakker uit die dae van die Anglo-Boereoorlog geskiet.

Die bevelvoerder van die Vrystaatse krygsmagte in die Anglo-Boereoorlog, gen. Christiaan de Wet, het die rebelemagte gelei teen die regeringsmagte onder leiding van die kommandant-generaal van die destydse Transvaalse magte in die Anglo-Boereoorlog, gen. Louis Botha.

Alhoewel latere Afrikaner-historici die oorsaak van die rebelie bly soek het by genl. Botha se inskiklikheid teenoor die Britse kroon, moet die ware rede waarskynlik veel dieper gesoek word.
In September 1900 was die destydse Transvaalse regering onder leiding van pres. Paul Kruger bereid om vredesonderhandelinge met die Britse magte aan te knoop.

Die destydse Vrystaatse regering, wat te velde was onder die leiding van pres. M.T. Steyn, het hewig beswaar gemaak teen diť denkrigting. Die Vrystaters het Kruger oortuig om in balingskap te gaan en Botha oortuig om die oorlog voort te sit. Sedert daardie dag het daar 'n vertrouensbreuk tussen die twee groepe ontstaan. Hierna het die Transvalers onder die leierskap van die sjarmante en flambojante Botha gestaan. In die Vrystaat het die stoere, kortgebonde guerrillavegter De Wet die leiding geneem. Dit was 'n resep vir moeilikheid.

NŠ die oorlog het Botha en De Wet saam met genl. Koos de la Rey in Europa steun vir die ekonomiese heropbou van die Boererepublieke laan soek. De Wet het gedurende die toer bly kla oor sy persoonlike geldelike verknorsing en voor die beplande einde van die toer reeds na Suid-Afrika teruggekeer.

Voor De Wet se terugkeer het die driemanskap 'n besoek aan Kruger gebring. Kruger het De Wet gegroet met die woorde dat hy besonder goed daar uitsien en
waarskynlik niks daarmee bedoel nie. De Wet het hom egter bloedig vervies en teruggekap: "Ja, president, maar jy sien self nie seg daaruit nie. Lekker dik en vet."

Botha en De la ley het de Wet se oneerbiedige optrede teenoor die ikoniese Kruger spraakloos gadegeslaan.

Die saadjie vir die tragedie wat hom 12 jaar later sou afspeel, het daardie dag ontkiem. De Wet het Kruger en Botha en Transvaal verkwalik vir sy persoonlike
probleme en hulle nooit daarvoor vergewe nie.

LOUIS BOTHA SEEP.

Was reeds drie maande nŠ die uitbreek van die oorlog skaars. In die guerrilafase, toe elke kommando vir sy eie kos moes sorg en die winkels se voorrade uitgeput was, was die seeptekort nog erger.

In Oktober 1900 skryf 'n burger in Wes-Transvaal in sy dagboek dat hy " 'n hele eŽr" seepvriende het. Wanneer hy besig is om homself of sy klere te was, kom daar van oral burgers wat sy seep wil leen, want dit was by hule so skaars soos medisyne. Paasvervangers vir seep was die as van mieliestronke wat as soda gebruik is vir
die maak van seep, en 'n rankplant waarvan die blare skuim maak en in die plek van seep gebruik is.

Dit was waarskynlik die elandsdoring, wat volgens die botanikus A.C. Smith vir hierdie doel op kommando aangewend is.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 15:39
Was al die Boere dapper?

OP ’n dag gaan kuier ons uit die Kaap by my ma se niggie in die Ventersdorp-omgewing. Sy en haar man, Koos Visser, het op ’n plaas gebly met ’n naam
wat jy vandag nie meer in enige geselskap noem nie.

Daar het ek die eerste en enigste keer ’n kryger ontmoet wat self in die Anglo-Boereoorlog gedien het. Hy was oom Niklaas Claassen. Met diť dat my
ma so spog oor haar seuntjie se belangstelling in die geskiedenis en veral in die oorlog, word ek nader aan oom Niklaas gedruk.

“Toe, vra die oom nou oor die oorlog,” word daar gepor. Oom Niklaas was toe reeds blind. Sy gehoor was egter goed en ek onthou nog sy ruie grys baard met die pypolievlekke soos roeskolle. Sonder dat ek weet hoekom, vra ek toe heel onskuldig “Oom, was al die Boere dapper?”

Die oom gee so ’n pyprookkuggie. Toe vertel hy my die storie.

Hy was ’n penkop in die kommando van genl. Koos de la Rey, vertel hy. Saam op kommando was Siener van Rensburg. Elke keer as die generaal ’n besluit moes neem, wou hy eers weet of die Siener nie dalk iets kon “sien” wat met die besluit kon help nie.

Soos die oorlog gevorder het, het die generaal agtergekom dat die Siener soms misgekyk het. Teen die einde van die oorlog wou De la Rey telkens tog sy wyse van spreke ’n tweede opinie ook kry.

Diť dag wou die manne uitspan. Siener het gereken dat daar geen Engelsman in die omgewing was nie. Maar die generaal was onrustig. Hy vra toe vir Niklaas Claassen, wat die jongste in die kommando was, om ’n koppie uit te klim en net Siener se gevoeltes te bevestig.

Oom Niklaas Claassen kug eers weer en gaan toe aan. “Met die klim teen die koppie raak ek bang. Daar op my eie raak ek bang. Vreeslik bang. Ek was nog jonk en wou nie nou sterf nie,” vertel hy my. So van rots tot rots het hy met kloppende hart die koppie uitgeklim.

Uiteindelik sien hy ’n groterige rots aan die bokant van die koppie en reken dat as hy net die rots kan bereik sou hy veilig die vlakte aan die anderkant kan bespied.
“Ou kinta, dit was toe ek so om die rots kyk, dat ek behoorlik vierkantig in die oŽ van ’n kakie kyk. Hulle moes ook ’n siener gehad het wat hulle nie vertrou
het nie.” “En toe, oom?” vra ek toe dit lyk asof Niklaas Claassen klaar gepraat het. “Toe, my boetie, toe hardloop ek. Ek verwag elke tree wat ek gee om die doodskoot te kry.

Maar niks gebeur nie. Dit was toe ek uitasem halfpad bult af agter ’n groot klip ingeval het, dat ek vir die eerste keer kon hoor hoe rol die klippe aan die anderkant van die koppie af soos die Engelsman ook hardloop. “Dapper vra jy my? Nee my kind, in ’n oorlog wil jy graag bly leef.” Die Romeine het geglo, “Dulce et decorum est pro patria mori”. (Dit is goed en edel om vir jou land te sterf.) Hulle was verkeerd.


NASKRIF.

Die veelbesproke Siener van Rensburg was volgens die historikus Fransjohan Pretorius self nie een van die dapperste Boere op kommando nie, maar een wat tydens veldslae verkieslik die laer opgepas het.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 15:52
Britte voorsien Boere van ammunisie.

MET die uitbreek van die oorlog het die ZAR en die Vrystaat saam oor sowat 50 miljoen patrone en 100 000 gewere beskik. Die helfte was Duitse Mausers en die res hoofsaaklik Martini-Henry's (MH).

Die MH was teen die einde van die 19de eeu 'n verouderde wapen. Dit kon slegs een patroon op 'n slag neem, terwyl die Mauser naas die patroon in die loop 'n ingeboude voorraad gehad het waarin vyf patrone tegelyk met een drukbeweging gelaai kon word.

Die MH's se maksimum trefafstand was 1 800 meter, teenoor die Mauser se 4 000 meter. Die MH het met swart kruit geskiet, wat die skut se posisie verraai het. Die Mauser het met rooklose kruit geskiet. Die hewige gevegte by Magersfontein, Colenso en Stormberg in Desember 1899 het die Boere se ammunisievoorrade uitgeput. Lourenco Marques
(Maputo) was vir die invoer van wapens en patrone gesluit, wat beteken het dat die Boere daarna van Britse arsenale afhanklik was.

Die meeste Tommies was met Lee-Metfords gewapen en hulle het goed teen die Mauser opgeweeg, maar jy kon in 'n geveg meer skote met 'n Mauser afvuur: Die Lee-Metford se magasyn het tien patrone gevat, maar daar was nie in 'n geveg tyd om te herlaai nie. Die patrone moes dan een-een met die hand ingesesit word, teenoor die Mauser se vyf op 'n slag.

Die voorrade Britse wapens en ammunisie wat op 7 Junie 1900 by Roodewal in die hande van genl. Christiaan de Wet geval het, was die Boere se grootste buit in die oorlog. De Wet het 600 kiste Lee-Metfordpatrone en kanon-ammunisie gebuit en weggesteek. Die Vrystaters se skietgoed is telkens uit hier- die magasyn aangevul.

In April 1901 het pres. M.T. Steyn berig dat die Vrystaters se Mauser-patrone feitlik heeltemal uitgeput was, maar dat die meeste burgers gelukkig met Lee-Metfords gewapen was. Dit is bekom deur Tomies te vang en hul wapens af te neem. Britse arsenale het die Boere ook elders
bedien. Met die slag van Vlakfontein in Wes-Transvaal in Mei 1901 het die meeste burgers die geveg met slegs een gevulde bandelier binnegegaan. Hulle het egter
Britse soldate binne die eerste paar minute oorrompel en hul gewere afgeneem.

Byna elke burger het die dag afgesluit met twee gewere en soveel ammunisie as wat hy kon vervoer. Met die vredesluiting was sowat nege-tiendes van die burgers bewapen met
gewere wat oorspronklik aan Britse soldate behoort het. Die beskikbaarheid was egter wisselvallig en die koando's kon nie te alle tye op Britse arsenale staatmaak nie.

Daar was gevegsgebiede waarin en tydperke waartydens ammunisie bitter skaars was en vlug eerder as veg die patroon was.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 15:59
SÍ nou die Duitser se plan het gewerk?

Hans Cordua was 'n Duitser wat teen 1896 na die ou Transvaal gekom het. Toe die Anglo-Boereoorlog in 1899 uitbreek, het hy hom as vrywilliger en offisier by die
Staatsartillerie aangesluit. Toe Pretoria nŠ net 'n bietjie minder as agt maande in Britse hande geval het, het Cordua oŽnskynlik besluit genoeg is genoeg, homself
oorgegee en die eed van getrouheid aan koningin Victoria geteken.

Herr Cordua het egter nog glad nie sy veglus verloor nie. In sy kop het 'n plan begin posvat waarmee hy feitlik eiehandig die oorlog vir die Boere kon wen. Of so het hy gedink. Cordua het gereken dat as hy die Britse aanvoerder, Lord Roberts, kon ontvoer kan hy die bejaarde krygsman gyselaar hou. Hy sou dan dreig om Roberts dood te maak indien al die Britse troepe nie uit Suid-Afrika ontrek word nie.

Die eerste stap in sy plan was om hom as vrywilliger by die Britse weermag aan te sluit. Verbasend genoeg het die Brite hom in hul midde verwelkom en hom van 'n Britse kakie-uniform voorsien. En toe maak hy droog. Hy begin by van die plaaslike drinkplekke spog oor sy plan. 'n Engelsman was nog nooit juis 'n vergewensgesinde spesie nie. Toe hulle van Cordua se plan hoor, is hy onmiddellik in hegtenis geneem en voor 'n krygshof gedaag. Hier is hy met die spreekwoordelike boek gegooi. (1)Hy is aangekla dat hy onder valse voorwendsels die uniform van `n soldaat in Haar Majesteit se weermag bekom het, (2) sy eed van getrouheid verbreek het en (3) beplan het om 'n sekere
Britse offisier te ontvoer.

Hy is op al die aanklagte skuldig bevind en op elkeen tot die dood veroordeel. Op 24 Augustus 1900 het hy voor 'n vuurpeloton aan sy einde gekom. Ver van sy vaderland en sy geliefdes het Hans Cordua roemloos gesterf. Staan ek nou die dag weer by sy graf. Toe wonder ek: Was hy ernstig, of het hy sy planne in 'n oomblik van tydelike waansinnigheid gesmee?

Ek meen, dink net as sy plan kon gewerk het . . .

KOSMAAK in die oorlog.

Een van die daaglikse pligte op kommando was om vee te slag. Die vleis is in stukke gesny en op die gelsagte dier se wel gepak. Die vleiskorporaal het 'n naamlys in sy hand gehad en met sy rug na die uitdeler gestaan. Die uitdeler het met 'n stuk vleis in sy hand gestaan, en dit het dan gegaan aan die man wie se naam uitgelees is.

Groepies in dieselfde korporaalskap het kookspanne gevorm wat mekaar afgewissel het. Wanneer vleis oor die kole gebraai is, het elkeen vir homself gesorg. 'n Gewilde
metode was om stukkies maer en vet vleis aan 'n spit te ryg. Vleis is dikwels ook direk op kole gebraai of onder die warm as toegekrap.

Biltong is van repe gepekelde rou vleis gemaak en dit is dikwels in die saalsak gebÍre wanneer die burger vir 'n paar dae op patrollie uit is. Uitgeholde miershope waarvan die poreuse openinge met vars klei of beesmis toegesmeer is, het veral in die guerrilla uitstekende oonde uitgemaak.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 16:44
Toe Paul Kruger se moed hom begewe het.

Niemand kan Paul Kruger daarvan verdink dat hy nie 'n dapper man was nie. Daarvoor is daar net te veel bewyse.

Eers as seun saam met die trekkers deur die wilde woeste binneland van Suider Afrika. Daarna as jong man as soldaat om die Boere se nuutgevonde vryheid te bevestig en te verdedig. En uiteindelik as fommandant-generaal van die Zuid-Afrikaansche Republiek.

Miskien pas die laaste sin nie heeltemal in die pryssang nie. As kommandant-generaal was hy maar lekker omstrede, en elke keer as hy nie sy sin kon kry nie het hy eenvoudig bedank. Sy dislojale kommandant-generaal het veel bygedra dat pres. T. F. Burgers uiteindelik maar die handdoek ingegooi het.

Maar miskien moet daar tog begrip vir Kruger die kommandant-generaal wees. Hy was 'n man met ernstige politieke aspirasies. En die klomp boere noord van die Vaalrivier was nou nie altyd so lus om te gaan baklei nie. Geen wonder dat Kruger met die oog op sy langtermyn ambisies besluit het dat die werk van die kommandant-generaal dalk nie die regte pos vir hom was nie.

Maar ek dwaal af. Ek wil vertel van die dag dat Kruger se moed om wel begewe het. As president het hy as seun van die veld meer tegnologiese veranderinge beleef as wat vir enige Christenmens goed was.

Op 'n dag het daar 'n klomp manne met drade by die president aangekom. Sy Bybel het Kruger vertel dat God die son beheer. Soos dit God behaag het, kon Hy die dag langer of korter maak. Toe die manne met die drade hul koers gekry het, kon Kruger met 'n druk van 'n knoppie lig maak waar dit donker was.

Dit het Kruger behaag om nou ook die dag te kon rek. Dan het die Bybel het hom vertel dat net God met die mens kommunikeer sonder dat Hy gesien kan word. En toe op 'n dag kom daar manne met oorpakke by die president se huis aan. Hulle wil wet vir die president 'n ou apparaatjie hier kom insit, was die verduideliking. NŠ die gebruiklike koppie koffie het die manne begin werk.

Toe hulle klaar was, kon Kruger met staatsekretaris Willem Leyds by die raadsaal praat sonder dat hy kom kon sien. Hulle noem dit 'n telefoon, het die manne met die oorpakke verduidelik. Leyds het nie in God geglo nie, so die gedoente was maar 'n skok vir die president se gestel.

Toe dr. Willem Leyds hom die dag skakel en vra dat hy na Bereapark toe moes kom, was die president dus wantrouig. "Vir wat?" JP Hess wil vir die president `n kapkar wys wat sonder perde op sy eie stoom ry," kom die antwoord.

Dit was 4 Januarie 1897. Willem, wat het jy op nuwejaarsdag gedoen? "wou Kruger bekommerd weet". President, dankie vir die belangstelling, maar kan ons u kom haal? Hess noem sy kapkar 'n Benz Voiturette. Hy wil vir u in die kapkar laat ry." Vir een keer in sy lewe het Kruger die bewerasie gekry. "Nee, dankie. Ek bly net waar ek is," laat weet Kruger vir Leyds.

En so met die neersit van die telefoon skree hy: “Gezina, bring vir my koffie! Sterk koffie!”

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 17:05
TABAK.

Tabak was baie gesog op kommando en het al skaarser geword hoe langer die oorlog geduur het.

Die Transvaalse koerant De Volkstem het in Oktober 1899 'n tabakfonds gestig en weggespring met 'n donasie van 10 pond deur Paul Kruger en 'n skenking van 450 kg deur die sakeman Sammy Marks.

Toe genl. Barry Hertzog die Oranje in Desember 1900 oorgesteek het, het sy kommando twee mudsakke vol tabak oorkant die rivier gekry. Hulle het in 'n doringbos afgesaal en jy kon die rookdamp wat opgestyg het van ver af sien.

Tabak het sů gesog geword dat 'n man met regte tabak skelmpies moes rook, anders moes hy sy pyp die rondte laat doen.

Die burgers se vindingrykheid het wel vir plaasvervangers gesorg. Pampoen-, perske- of aartappelblare of sakke is in tabak-ekstrak gedoop - iets wat gewoonlik
as 'n skaapdip teen blouluis gebruik is.

Dit is dan in die son of op 'n blikplaat oor die vuur gedroog, in repe gesny of fyn gekerf en dan gerook nadat dit soms met 'n bietjie regte tabak gemeng was.

F a n i e
26 Dec 2012, 19:28
Boertjie ons is hier, ons lewer net nie kommentaar nie om jou pos kans te gee.

Boertjie Phillip
26 Dec 2012, 19:46
Boertjie ons is hier, ons lewer net nie kommentaar nie om jou pos kans te gee.

Dankie Fanie, julle kan maar kommentaar lewer ek moet ook bietjie rus...lol

F a n i e
26 Dec 2012, 20:52
Dankie Fanie, julle kan maar kommentaar lewer ek moet ook bietjie rus...lol

Nie voor die oorlog verby is nie :D

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 13:16
ABO: Snyman glo nie geneŽ om De la Rey te help.

Elria Wessels

REEDS op 21 April 1900 was genl. J.H. de la Rey oortuig dat dit slegs 'n kwessie van tyd was voordat die Britse soldate in Bloemfontein uitgerus is. Hy het ook verwag dat hulle enige dag tot die aanval sou oorgaan, hoewel die front in die omgewing van Bloemfontein stil was. Elria Wessels, hoofvakkundige van die Oorlogsmuseum, vertel van die gevegte by Thaba Nchu in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" toe aanstormende Vrystaters sommer uit die saal op die Engelse geskiet het.

DAAR was slegs een skermutseling op 20 April tussen die Amerikaanse verkenners van kapt. J.A. Hassell en 'n patrollie onder ene Du Plooy 'n Vrystaatse burger wat die wapen neergelÍ het en in diens van die Engelse getree het.
De la Rey het besef dat as sy vermoedens reg was, hy nog burgers nodig sou hÍ om sy linie wat oor meer as 40 km gestrek het, te verdedig. Genl. J.H. Snyman aan wie hy opdrag gegee het om aan hom 1 000 man te stuur was nie geneŽ om dit te doen nie omdat hy al sy manne nodig gehad het om 'n Britse mag wat uit Beira na Mafeking op pad was, teŽ te staan.

De la Rey het sy burgers so goed moontlik toegerus met perde, kanonmuile en slagvee sodat hulle gereed kon wees as lord Roberts se leŽr in beweging kom.
Op 20 April bring De la Rey se verkenners die nuus dat die Britse berede soldate aan die uittrek was. Oor die linkerflank was hy nie juis bekommerd nie. Philip Botha het nie net meer as genoeg soldate gehad om genl. Ian Hamilton se berede infanterie te kon stuit nie, maar hoofkmdt. Christiaan de Wet het juis met sy krygsmag oos van Thaba Nchu op die plaas AlexandriŽ aangekom.
Hy het die westelike uitlopers van Swartlapberg, wat oos en suid van Thaba Nchu lÍ, beset, gereed vir enige Britse bewegings. Die omgewing was so vol klowe en slote dat operasies deur 'n sterk Britse mag feitlik onmoontlik was. Hy het ook nie net Swartlapberg beset nie, maar ook die hoogtes noord tot by die oostelike punt van die rant waarop Houtnek was.

Op 27 April verlaat genl. J.D.P. French en Hamilton, vergesel deur twee sterk patrollies, Thaba Nchu om die omgewing te verken. French met sy 3de en 4de brigade van sy kavalleriedivisie en Hamilton se berede infanterie het juis kort tevore hier verenig, met French as die bevelvoerder van die gesamentlike mag. Met die oog op hul aanvalsplanne van die volgende dag het hulle Skuinshoogte laat beset.
Die paar burgers wat die wagpos daar beman het, het sonder om weerstand te bied, koers gekies. Ofskoon kort-kort skote geklap het, het dit nie eintlik iemand verontrus nie. French was so oortuig dat die stelling veilig was dat hy teen sononder die soldate opdrag gegee het om na die kamp terug te keer.
Dit was nog lig genoeg vir die burgers, wat intussen nader gesluip het, om 'n moordende vuur op die Engelse te open. Eers om 23:00 bereik hulle die kamp met tussen 12 en 14 man ůf dood ůf gewond. 'n Bataljon Gordon Highlanders wat die soldate moes gaan help, het verdwaal sodat hulle eers die volgende dag hulle weer by die res van die mag aangesluit het.

Die volgende oggend vroeg ruk French met die hele mag onder sy bevel teen die Boere by Swartlapberg op Hamilton se berede infanterie, die kavalleriebrigades van brig. J.R.P. Gordon en genl. J.B.B. Dickson en genl. Leslie Rundle se voetvolk.
Hulle beset Skuinshoogte en daarna begin hulle met 'n operasie om De Wet se krygsmag op die berg te omsingel.
Die 8ste divisie moes die dorp beskerm terwyl die res noord om die berg sou gaan.
Dickson se brigade was vinnig op De Wet se terugtogroete, gereed om hom af te sny sodra sy manskappe begin vlug. Dickson het vir Hamilton laat weet om versterkings te stuur om sy posisie te versterk.

Terwyl Dickson sy tande vir 'n konfrontasie met De Wet geslyp het, het Gordon se brigade hom in 'n penarie by Sprinkaansnek bevind. Hulle het in sulke skerp geweervuur van genl. J.B. Wessels se burgers vasgeloop dat hulle nie verder kon vorder nie. Gordon moes tevrede wees om die res van die dag skote met die Boere te wissel.
Hamilton het net op die toneel verskyn toe asst.-hoofkmdt J.H. Olivier skielik op hom toesak, nie alleen uit die suidooste nie, maar veral van die rante wat Swartlapberg en Houtnek met mekaar verbind het. Dit het Dickson en Hamilton onvoorbereid gevang en hulle het geen ander keuse gehad as om terug te val nie.
Die aanstormende Vrystaters wat sommer so uit die saal geskiet het, het immers gedreig om om hulle te trek. Die verlies in die geveg het sowat 49 man beloop van wie minstens 10 gevang is. Dickson, wie se verkenners nie hul werk na behore gedoen het nie, het nie eers besef dat die Boere daar ingegrawe is nie.
Dickson het bowendien 'n aansienlike aantal burgers op 'n afstand van 3 km voor hom sien verbyjaag, maar het nog nie besef wat aan die gang was nie. Hy het gedink dit is burgers wat van die berg verjaag is en die berg van die suidekant af omvleuel.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 13:28
ABO: `Totdat ek my Gideonsbende het. Sů lank wou M.T. Steyn die stryd volhou.

Elria Wessels

NA die val van Bloemfontein was die Boere ontmoedig en 'n krygraadsvergadering is vandag 'n eeu gelede op 17 Maart 1900 in die nuwe hoofstad, Kroonstad, gehou om hul krygstaktiek in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" te verander. Dit was die begin van die guerrilla-fase waarin die Boere die Britte die volgende 18 maande op hul herrie gegee het.

MET die naderende soldate feitlik in Bloemfontein vaardig pres. M.T. Steyn op 12 Maart 1900 'n proklamasie uit waarin bepaal word dat Kroonstad tot nadere kennisgewing ``die Hoofdplaats en zetel der Regeering sal zijn''. Die Vrystaatse regering vertrek dieselfde aand met sy amptenary, onder andere Thomas Brain, Jack Brebner, Alfred Roberts, Poultney, Gordon Fraser en Rocco de Villiers daarheen.
Van die ander amptenare het vroeŽr reeds per trein vertrek. Toe Steyn Bloemfontein verlaat, vra 'n grysaard hom: ``President, hoe lank is jy van plan om die stryd vol te hou?''

``Totdat ek my Gideonsbende het,'' was die antwoord.
Een van die eerste take van die regering was om die krygstaktiek te wysig om die indruk dat die Boere 'n vergeefse stryd gestry het, teŽ te werk en die moreel onder die burgers te herstel. Met die oog hierop het die staatshoofde van die twee republieke, presidente S.J.P. Kruger en Steyn, besluit om op 17 Maart 'n breŽ krygsraadvergadering in Kroonstad te hou ``om te beraadslagen wat te doen''. Hulle en die krygsowerstes sou die uiters belangrike vergadering bywoon.

DIE aand van die 16de het Kruger met 'n spesiale trein uit Pretoria vertrek. Hy is vergesel deur Piet Grobler, Frikkie Eloff, dr. Heymans en 'n afdeling polisie. Voor dit het hy eers van die balkon van sy reiswa 'n skare toegespreek. Hy het hulle aangemoedig om slegs in God en Sy Woord te glo, want alleen dan sou die oorwinning behaal word.
Sy wens was dat as hy die woorde ``Vrees niet'' aan alle offisiere en burgers kon toeroep, hulle dit tog kan verstaan.
Kruger is die 17de geesdriftig in Kroonstad deur Steyn, P.J. Blignaut, die Vrystaatse regeringsekretaris, en 'n groot aantal gewapende burgers ontvang. Ondanks gietende reŽn het die burgers op die markplein saamgedrom om Kruger, Steyn, kmdt.genl. Piet Joubert en hoofkmdt. C.R. de Wet aan te hoor. Kruger het in dieselfde trant as met sy vertrek uit Pretoria die burgers aangemoedig om, in vaste vertroue op God, met verenigde kragte te bly voortveg vir hul vryheid en geensins ontmoedig te voel omdat Bloemfontein in Britse hande geval het nie.

NŠ hom het Steyn 'n vurige beroep gedoen op die burgers om die stryd kragdadig voort te sit. Ook Joubert het benadruk dat geen rede bestaan om ontmoedig te wees nie. In die slottoespraak het De Wet Piet Cronjť se oorgawe, die geveg by Driefontein en die val van Bloemfontein behandel. Hierna het ds. Van der Lingen roerend in gebed by God gepleit om aan die Boere die oorwinning te skenk.

DIE krygsraadvergadering is deur 22 krygsoffisiere bygewoon, afgesien van Kruger, Joubert en Steyn wat as voorsitter opgetree het. Die groot vraag waaroor die raad uitsluitsel moes gee, was die wyse waarop die Boere die oorlog moes voortsit. Moes hulle die vyand in vaste stellings op die front inwag of was daar 'n alternatief?
'n Tweede saak waaroor besluit moes word, was waar en wanneer die nuwe krygstaktiek in werking gestel sou word. Steyn, wat homself as 'n leek op die gebied van oorlogvoering beskou het, het hom ge roepe gevoel om raad te gee oor die nuwe krygstaktiek veral nadat hy die voorafgaande maande die verloop van die oorlog deeglik bestudeer het. Sy wenk was dat afgesien moes word van die vaste defensiewe stellings in die front van die vyandelike leŽrs en eerder offensief opgetree moes word.
Dit is met groot geesdrif ontvang. Selfs De Wet, wat beskou word as die vader van die defensiewe krygstaktiek, het dit met entoesiasme begroet. ``Wij moeten den vijand onophoudelijk snel en die onverwachts aanvallen'' verklaar hy.

J OUBERT stel voor dat die kommando's in kleiner eenhede uitgaan om die vyand aan te val en hul kommunikasielyne te sny. Veelseggend was dat ook voorgestel is dat die kommando's sonder waens moet uittrek. Veral genl. Koos de la Rey het die groot wa-laer as die ondergang van die Boere gesien. Die voorstel is deur De Wet gesekondeer en is met groot geesdrif goedgekeur.
Die aanvaarding van die nuwe krygstaktiek het 'n reorganisasie van die Boeremag genoodsaak. Voortaan sou dit verdeel word in 'n groot aantal mobiele afdelings wat slegs deur enkele voertuie vergesel sou word. Oor elke 25 man sou 'n korporaal aangestel word om die toesig oor die burgers te vergemaklik. Die korporaal moes verslag aan die veldkornet doen.
Die krygsraad het ook 'n ander belangrike besluit geneem en dit was om offisiere en burgers te skors as hulle aan pligversuim en nalatigheid skuldig bevind is. Krygsplanne het dikwels in die verlede weens dit skipbreuk gely.
NŠ die vergadering is 'n manifes waarin die besluite van die vergadering uiteengesit is, per telegraaf of deur rapportgangers onder die burgers versprei.

Omdat Steyn geglo het die burgers moes daadwerklik bemoedig word, het hy ook twee proklamasies opgestel. Die staatsdrukker in Pretoria het 'n oplaag van 10 000 gedruk en dit so gou moontlik aangestuur. Die eerste gerig aan die burgers van die Vrystaat, was een van die kragtigste oproepe wat nog aan hulle gerig is. Steyn verduidelik die ``verdeel-en-heers''- beleid van die Engelse. Hy stel dit duidelik dat die regering van die Vrystaat nog bestaan en sy pligte kragdadig nakom.
DIE tweede proklamasie was van 'n formeler aard wat uitgereik is na aanleiding van een van van lord Roberts waarin die Vrystaatse burgers gewaarsku is om alle vyandelikhede teen die Britse soldate te staak.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 13:46
Slag van Groenkop met vernuf en dapperheid geveg Boere bekruip Engelse stilletjies gedurende die nag voordat aangeval word.

MORE 'n eeu gelede, op Kersdag 1901, het genl. C.R. de Wet 'n groot oorwinning in die Slag van Groenkop by Bethlehem behaal. ELRIA WESSELS, hoofnavorser van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, beskryf diť slagting in die Anglo-Boereoorlog in die artikel hieronder.

DESEMBER 1901, Noordoos-Vrystaat. Genl. Christiaan de Wet het pas 'n onsuksesvolle aanval op 'n Engelse kolonne tussen Bethlehem en Harrismith gedoen.
Hy besluit nou dat dit goed sou wees om ``iets ander uit te richten, maar dan moest, indien mogelijk, iets goeds zijn''.
Hulle trek na Tygerkloofspruit terug, waar goeie weiding vir die perde was en die kommando's boonop goed versteek kon word.
Hier het sy plan gestalte gekry.

Op 19 Desember ontbied hy kmdt. Jacobsz van Harrismith en verduidelik aan hom dat hy kol. Firman op Kersoggend wil aanval. Hy het nie geweet dat Firman 14 dae tevore reeds met verlof vertrek het nie en dat sy bevel tydelik aan maj. F.A. Williams oorhandig is nie.
Op 21 Desember vertrek Williams van Elandsrivierbrug na Tweefontein waar hul basis op Groenkop gesetel was.
Sy mag van sowat 700 man van die 11th Imperial Yeomanry het uit manskappe van Middlesex (34 en 35 kompanies), West Kent (36 kompanie) en East Kent (53 kompanie) en East Yorkshire bestaan.

Hulle het een 25 ponder-Armstrong-kanon asook een Vickers-Maxim saam met hulle gebring.
Hul taak was om beskerming te bied aan die oprigters van die blokhuislyn tussen Harrismith en Bethlehem.
By hul aankoms by Groenkop, wat 'n gereelde uitspanplek vir konvooie was en boonop 'n goeie uitsig oor die omliggende terrein gebied het, was die Engelse genoodsaak om eers 'n paar Boere te verdryf.
Sonder versuim het hulle hul kamp in 'n holte op Groenkop opgerig: die tente van die hoofkwartier bo, gevolg deur die tente van die Yeomanry en die perde en transport aan die buiterand van die kamp en laaste maar nie die minste nie, die hospitaal in die sentrale deel.
Bo-op die kop is klipskanse gepak terwyl voorsiening ook vir minstens ses wagposte gemaak is. Die twee kanonne is op die boonste vlak van die plato op die kop opgestel.
De Wet het manskappe van Bethlehem, Heilbron, Ladybrand, Vrede, Kroonstad en Heidelberg - sowat 600 tot 800 man - gehad.

Kmdt. Jan Jacobsz en vk. Beukes het hulle die dag voor die geveg by De Wet aangesluit nadat hulle die Britse garnisoen by Elandsrivierbrug uit hul stellings gelok het. Op 23 Desember het De Wet met genl. Michal Prinsloo en die kommandante wat saam met hom was, sy skuilplek in 'n verkenningstog verlaat.
Hulle het tot so na aan Groenkop probeer kom as wat moontlik was - eers uit die weste, toe die noorde en laastens uit die ooste.
Terwyl hulle van die suidekant die kop sit en bekyk en oor die slag bespiegel, sien hulle drie ruiters wat versigtig uit die kamp ry. Dit was drie swartes. De Wet stuur kmdt. Olivier en kapt. Potgieter van die verkenners om hulle te gaan afsny. Die drie ruiters sien hulle egter en hulle besluit om om te draai.
Op hul beurt word hulle nou deur die swartes agtervolg. Hulle swenk om die eerste bultjie om skielik weer agter die drie agtervolgers hul verskyning te maak. Die drie swartes probeer om spore te maak, dog een was te stadig en die twee burgers haal hom in en skiet hom dood.

Van bo-op die kop begin die Engelse, wat die geveg aanskou en die skote gehoor het, nou op die twee burgers met hul kanonne skiet.
Nou weet De Wet presies waar die geskut opgestel is. Hy sien self ook hoe die East Yorkshires na Tradouw vertrek. Hy het besef dat die kamp so goed verskans was dat geen moontlikheid bestaan om dit te bestorm nie. Hy besluit om die kamp baie vroeg op Kersoggend van die steil westelike kant aan te val nadat hy gerugte by swartes in die omgewing laat versprei het dat hy met sy kommando na Winburg vertrek het.

Op 24 Desember in die namiddag het De Wet se kommando's in beweging gekom. Vandaar is hulle in die donker na 'n punt sowat vier myl van Groenkop waar De Wet hulle ingewag het. Hy het self eers sy observasiepos by Groenkop in die donker verlaat.
Hier het hy sy opdragte uitgedeel: Die kommando's van Heilbron en Kroonstad was op die linkerflank, met die Bethlehemiete aan die regterkant. In die middel was die burgers van Harrismith en Vrede saam met die klompie Transvalers van kmdt. Mears.
Dit was 'n helder, maanverligte nag. Die burgers het so stil moontlik al met die bed van die Tygerkloofspruit hul weg gebaan. Hul perde is op 'n veilige plek agtergelaat. Bo hulle verseker die wolke en die ligte mis hul veilige opmars. Later sou dit heeltemal ooptrek.
02:00: Een van die skildwagte bemerk skielik onraad: ``Who goes there?'' roep hy.
Hulle was reeds halfpad teen die steilte uit. 'n Fluitjie skril.

Die volgende oomblik begin die Engelse skiet.
De Wet se bevel om aan te val kom dadelik: ``Storm, burgers!''
Elke burger wat dit gehoor het, het dit herhaal en met mening teen die steilte uitgeklouter.
Op die kruin sprei hulle dadelik na links en regs uit. Die Engelse slaag daarin om een skoot elk met die Armstrong en Nordenfeldt te skiet voordat die Boere die kanonne neutraliseer.
Omtrent vier minute het reeds verloop voordat die eerste Engelse soldate die skildwagte te hulp kon snel. 'n Hewige geveg wat sowat 20 minute sou duur en waarin die burgers en die soldate plek-plek feitlik handgemeen geraak het, breek nou uit.
Uiteindelik word die Engelse gedwing om tot agter hul kanonstellings terug te val.
Lt. Scarlett word by sy 15-ponder gevang, terwyl lt. Harwick op sy pos langs die Vickers-Maxim doodgeskiet word.

Elk van die Yeomanry-kompanies het 'n gebied gehad waarvoor hy verantwoordelik was. Solank die kommando's op die noordelike rand van die plato was, het hul koeŽls skadeloos oor die Engelse kamp getrek.
Elke keer as die Yeomanry egter poog om hul aangewese stellings te bereik, ly hulle swaar verliese sodra hulle die kamp verlaat.
Kapt. Crawley en die East Kents slaag daarin om met feitlik sy volsterkte kompanie hul gebied te bereik. Intussen het lt. Hudson van die West Kents reeds in die eerste poging om by die noordelike rand van die plato te kom gesneuwel.
Die Middlesex-kompanie onder kapt. Hall slaag daarin om die kruin te bereik. Hulle beland egter onder kwaai dwarsvuur van die Boere uit die noorde, en Hall en lt. Agnew sterf. Lt. Stutfield word gewond. Hulle was reeds binne 10 m van die Boere se stellings.
Maj. Williams, wat hom by hulle aangesluit het, skree aan die oorlewendes dat hulle plat moet val terwyl die koeŽls oor hul koppe fluit.

Oomblikke later staan die hele Boerelinie, wat veilig agter rotse verskuil is, soos een man op en beweeg vorentoe. Skouer teen skouer storm hulle oor die plat rotse terwyl hulle met hul gewere uit hul sye skiet.
Die East Kents, wat die burgers duidelik afgeŽts teen die sterrehemel gesien het, bied hewig weerstand. Die burgers beantwoord die vuur dadelik.
Kapt. Crawley word gewond. Die Boere sit die stormloop voort. Die oorlewendes van die Middlesex-kompanie is hul volgende slagoffers. Williams en sy adjudant, kapt. G. Price, sterf, terwyl maj. Haag swaar gewond word.

Lt. Watney, wat in beheer van die masjiensgeweerseksie was, kon nie in die donker vasstel in watter rigting hy moes vuur nie. Hy besluit dus om maar eerder sy klein afdeling teen die opdraande in 'n stormloop uit te lei. Sy manskappe word eenvoudig verswelg terwyl hyself sterf.
Die hele plato was nou in Boerehande en hulle sak op die kamp toe.
Van die Britte begin retireer tot op 'n afstand van 2 000 m.
Toe vlug hulle.

Slegs die East Kents, nou onder aanvoering van lt. Parson, het met hul rug teen hul klipskuilings nog manmoedig teenstand gebied.
Toe die geveg in die kamp aan die bedaar was, stuur Parsons twee man, sers. White en manskap Dack na die kamp toe om kontak met die ander kompanies te probeer bewerkstellig. Dack word gedood, terwyl White met die ontstellende nuus terugkom dat die kamp deur die Boere verower is.
Parsons besluit om ook terug te val. Voordat dit kon gebeur, het die Boere hulle omvleuel in 'n poging om hul terugtog af te sny. Nadat die East Kents selfs bajonetstormlope uitgevoer het, slaag 20 man uiteindelik daarin om weg te kom. Die res is ůf dood ůf gevang.

Teen 03:15 is die geveg verby. Dit het slegs 'n uur en 15 minute geduur.
Genl. Leslie Rundle, wat by Mooimeisjesrust sowat 5 km van Groenkop oornag het, is kort nŠ die begin van die geveg in kennis gestel dat daar hewige vuur by Groenkop was. Hy en 60 man van die South Staffords het ondersoek ingestel, net om amper deur die Boere digby Groenkop gevang te word.
Maj. Caldwell, die senior mediese offisier, het intussen De Wet opgesoek en beskerming vir die hospitaal gevra. Hy het dit dadelik toegestaan.
De Wet het kort hierna begin om die slagveld te ontruim. Die eerste wat vertrek het, was die gebuite kanonne. Kort daarna het die 20 transportwaens vol buit, onder meer gewere, ammunisie en selfs tente, gevolg. Een wa is vol drank gelaai ``zoodat de burgers, die van een zoopje hielden, hunnen dorst nu stillen konden,'' vertel De Wet.

Die 240 krygsgevangenes is ook saam met die waens weg. Hulle is eers op 26 Desember in Basoetoeland vrygelaat. Alles wat nie op die waens gelaai kon word nie, is verbrand. Hierna kon die burgers hul Kersontbyt nuttig.
Teen 07:00, toe die Engelse uiteindelik met die agtervolging kon begin, het De Wet en sy manskappe reeds die veiligheid van die Langberg se voetheuwels bereik.
Aan Engelse kant is 9 offisiere (ook dr. Reid) en 58 manskappe dood. Nagenoeg 140 gewondes moes versorg word.
Kmdt. Oliver van Bethlehem en vk. Jan Dalebout van Harrismith het saam met nog 11 burgers gesneuwel, terwyl vk. Lourens later aan sy wonde oorlede is. Dertig burgers is gewond.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 14:06
http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/2_zps41ee7631.jpg

TANT TIBBIE.

TANT TIBBIE, 'n 88 mm-Krupp-kanon soortgelyk aan diť 75 mm-kanonne wat die Vrystaatse artillerie in die Anglo-Boereoorlog gebruik het, word afgevuur op die herdenking van die Slag van Groenkop. Die kanonier, links by die kanon, is mnr. Johan Wolfaardt van Pretoria. Regs is mnr. Nico Fourie, navorser van die MilitÍre Museum Fort Bloemfontein. Albei is lede van die Vrystaatse Artilleriekorps. Dit was die tweede keer dat diť kanon afgevuur is sedert dit verlede jaar deur mnr. Cilliers Human van Senekal gerestoureer en tot Tant Tibbie hernoem is. Diť Duitse kanon is in die Eerste WÍreldoorlog in Palestina deur Suid-Afrikaanse soldate van die Turke afgeneem. Dit het lank voor die ou tronk in Boksburg gestaan en as die Cinderella-kanon bekend gestaan totdat mnr. M.C. Heunis van Pretoria, ook 'n lid van die hedendaagse Vrystaatse Artilleriekorps, 'n projek begin het vir die herstel en bewaring daarvan.
DIE vereniging vir Suid-Afrikaanse wapen- en ammunisieversamelaars in 'n skyngeveg op die herdenking van die Slag van Groenkop wat Saterdag gehou is. Hier gee mnr. Leon Ferreira (regs) van Gauteng homself oor aan adv. Colin Steyn van Bloemfontein. Steyn, voorsitter van die versamelaarsvereniging, dra 'n Engelse baadjie wat hy ``gebuit'' het, 'n Mauser-bandolier en dra 'n Martini Henry-geweer. Ferreira, wat sy Lee Enfield 303-geweer aan Steyn oorhandig, dra die uniform van die Scottish Highlanders.

Tant Tibbie skiet goud los

SENEKAL. - Die vurige Tant Tibbie van Senekal maak vir haarself groot naam in Suid-Afrika.
Onlangs is 'n goue medalje aan haar toegeken deur die Suid-Afrikaanse Wapen- en Ammunisieversamelaarsvereniging op die terrein van die MilitÍre Museum in Johannesburg.
Tant Tibbie se gewildheid het sedertdien toegeneem en sy word nou landwyd uitgenooi vir spesiale kultuurgeleenthede.
Die man agter Tant Tibbie se goue medalje-sukses is mnr. Cilliers Human van die plaas Wildealskop in die distrik Senekal. Hy het hierdie waardige ``vrou'' van 1/ ton persoonlik onder hande geneem. NŠ 'n geduldige ``kuur'' om haar weer ``vurig in werking'' te kry, het Human daarin geslaag dat Tant Tibbie met haar besonderse ``talente'' en eienskappe weer haar kant vir volkskultuur en vaderland kan bring. En bring sy nie haar kant nie!

Human, bevelvoerder van die Oranje Vrijstaat Artillerie Corps (OVAC) en sy manne in die Vrystaat en Gauteng sÍ Tant Tibbie - 'n Duitse Krupp-kanon (87 mm-kaliber) van 1873 - het onlangs 'n draai gemaak in Johannesburg, net langs die dieretuin.
Die mense daar was hoogs beÔndruk met Tant Tibbie en het haar van voor tot agter bewonder. Die manne van die OVAC was slaggereed om 'n skoot te skiet, maar die museummense het gesÍ hulle dink nie dit is 'n goeie ding vir die diere langsaan in die dieretuin nie.
``Die goue medalje is vir ons 'n veer in die hoed,'' sÍ Human. ``Dit bevestig die kultuurwaarde en historiese belangstelling wat diť Krupp-kanon uitgelok het. M.C. Heunis, een van die OVAC-manne, is nou op die internet bedrywig met navorsing om uit te vind wat van al die kanonne in die Anglo-Boereoorlog (ABO) geword het. Tant Tibbie is die enigste Krupp-kanon wat oor is in die Vrystaat en wat ouer is as die Anglo-Boereoorlog (ABO). Ons kry selfs navrae uit BelgiŽ, Engeland, AustraliŽ en Nieu-Seeland en het al van die ander ABO-kanonne in diť lande opgespoor. Die navorsing is driekwart voltooi en ons kan al byna 'n boek publiseer.''
Daar word nou ernstig gesoek na 'n ammunisie-wa vir Tant Tibbie. 'n Kanon vra nou maar eenmaal vir 'n eie ammunisiewa, sÍ Human. Dit lyk of adv. Colin Steyn,
agterkleinseun van pres. M.T. Steyn in Bloemfontein, met die opsporing van dele van 'n Engelse ammunisiewa op die Vegkop-terrein naby Lindley 'n oplossing gevind het.

Die Vegkop-komitee het die dele intussen aan die OVAC geskenk vir restourasie.
As die restourasie goed verloop, sal Tant Tibbie eersdaags deur haar eie kanonwa getrek word om al haar vaderlandspligte en -afsprake in Suid-Afrika na te kom.
'n Spesiale fonds is gestig om die ammunisiewa te restoureer, wat etlike duisende rande kan bedra.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 14:36
ABO: De Wet se sambok klap waar hy onwil by burgers bespeur.

WAAR genl. Christiaan de Wet onwil by burgers aangetref het, het hy nie gehuiwer om hulle met sy sambok terug te dryf nie. Elria Wessels, hoofvakkundige van die Oorlogsmuseum, vertel verder van die gevegte by Thaba Nchu in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog".

OP 29 April 1900 het French Rundle sy 8ste divisie teen De Wet in die veld gestoot in 'n poging om die burgers uit hul stellings op die oostelike helfte van Swartlapberg te verdryf. Dit was noodsaaklik aangesien die burgers uit hul stellings die Britse kamp, batterye en soldate voortdurend met kanonvuur geteister het.
Diť poging het ook misluk. Die Boere was goed verskuil en hul geweervuur sů erg dat die aanval in die kiem gesmoor is. Rundle het geen keuse gehad as om terug te val nie.
Toe De Wet merk dat die Engelse moeg begin word het, het hy die inisiatief geneem en van Sprinkaansnek 'n aanval op Gordon se berede brigade gedoen. Gordon se kamp en hoofkwartier was aan die Kabanyanarivier op die hoofpad na Dewetsdorp. De Wet het 'n water- en 'n voorraadwa verower.

Die druk wat hy op Gordon uitgeoefen het, het veroorsaak dat 'n bataljon van die Sussexs, 'n kompanie berede infanterie en uiteindelik Dickson se hele brigade tot Gordon se redding moes kom. 'n Konvooi van die 8ste divisie wat van Dewetsdorp na Thaba Nchu onderweg was, is ook deur burgers aangeval en is slegs deur die tydige tussenkoms van genl. J.P. Brabazon van algehele wanorde gered.
Brabazon het reeds met sy soldate vir die nag uitgespan toe iemand berig dat die Boere die konvooi aangeval het. Barbazon stuur die beriggewer terug met 'n boodskap aan die bevelvoerder van die konvooi dat hulle nie moes oorgee nie aangesien hy met versterkings onderweg was.
Teen diť oormag was die burgers nie bestand nie en al waarmee hulle uiteindelik teruggeval het na Thaba Nchu-nek was 178 trekosse en 15 perde.
De Wet se mense was sů moeg dat hulle nie eintlik meer geesdrif vir die stryd teen die Britte by Thaba Nchu gehad het nie. Volgens veldkornet Thring was die kommando reeds met hul aankoms by AlexandriŽ nŠ die mislukte beleŽring by Jammerbergdrif uitgeput en hul rydiere in 'n slegte toestand.

Die burgers het gehoop dat hulle 'n paar dae kon rus om van die tog van drie weke waarop hulle ůf in die saal was, ůf geveg het, te kon herstel. Die onwil van die burgers en hul gebrek aan geesdrif was duidelik sigbaar toe die nuut aangestelde kommandant, ds. Paul Roux, om vrywilligers gevra het om die Britse kamp by Thaba Nchu onder sy leiding te bestorm. Die meeste het so ongunstig gereageer dat hy sy plan moes laat vaar.
NŠ sowat drie dae se veg hier teen die hange van Swartlapberg het die vrees vir omsingeling ook die oorvermoeide burgers begin beetpak
``Like most bodies of men, with whom there is no discipline, the commandoes without waiting for orders began acting independently from one another,'' vertel Thring.
Verskeie kommando's het in die rigting van Korannaberg uitgewyk en nie teruggekeer nie. By De Wet se hoofkwartier het paniek ontstaan toe hy op 'n ander deel van die slagveld was. By sy terugkeer het hy bevind dat tente afgeslaan en waens ingespan gestaan het.

Hy het Thring toegesnou: ``Veldkornet, jou manne moet in hul posisie in die poort bly. Moenie dat hulle hul goeie naam verloor nie! Die terugtog is skandalig!''
Toe het hy in dieselfde toornige bui op diegene toegesak wat die tente laat afslaan en die waens laat inspan het.
Dit was nie die einde van sy probleme nie. Onmiddellik daarna is hy met twee Krupp-kanonne voorwaarts in die rigting van die vyand. Hy was pas weg of hy kom op 'n vlugtende kommando af wat hy terstond gestuit het en beveel het om saam met die kanonne te gaan. Hy het nou offisiere uitgestuur om orde te probeer herstel.

Waar De Wet onwil by die burgers aangetref het, het hy nie gehuiwer om hulle met sy sambok terug te dryf nie. Selfs waar hy burgers teŽgekom het wat probeer lyf wegsteek het, het hy sy sambok nie gespaar nie. So het een van die burgers wat nog rustig in 'n plaashuis gesit en koffie drink het, terdeŽ met sy sambok kennis gemaak. Onder die vlugtelinge was twee kommandante wat saam met hul burgers probeer wegkom het
``He rated them soundly for their conduct and told them they could go home with their commandos as he did not want any `lafaards' . . ,'' vertel Thring.
Dit het die gewenste uitwerking gehad. Die kommandante het diep beskaamd oor hul gedrag by die generaal om verskoning kom vra en hom gesmeek om saam met hul burgers aan die front te bly.

``The officers and men who had retreated and returned kept most cautiously out of his way, when his eyes gleamed and the sjambok shook in his hands as he spoke saying that we could easily have captured all the enemy who had ventured to push in so far with their guns, the position being in our favour,'' skryf Thring.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 14:48
Boerevlugtelinge tydens ABO beland in Portugal.

HEELWAT Boerevlugtelinge het in die Anglo-Boereoorlog in Portugal beland, waar die kos en taal vir hulle maar vreemd was.

BAIE van die Afrikaners in die Kaapkolonie het in die ABO besluit om hul waens te laai en noordwaarts voor die Britte uit te vlug.
Die Britse opmars het hulle uiteindelik ooswaarts gedwing totdat hulle die Mosambiekse grens oorgesteek het. Hulle kom in September 1900 per trein in Lourenco Marques aan.
Van die Vrystaatse en Transvaalse gesinne wat dit kon bekostig, het ook anderkant die grens in Mosambiek 'n heenkome gaan soek.
Baie van hulle was burgers wat van hulle kommando's af weggeloop het, hul gesinne op die plase gaan haal het en dan voor die oprukkende Britse mag oor die grens geglip het.
In 'n poging om die Boerekommando's tot oorgawe te dwing het lord Roberts van die vroue en kinders sonder heenkome na die Boerelinies gestuur.

Barberton het die versamelpunt van diť vroue geword. Nadat die dorp op 13 September deur genl. (sir) John French ingeneem is, het diť vroue en kinders ook 'n heenkome in Mosambiek gaan soek.
Middel September 1900 was nagenoeg 3 000 burgers by Komatipoort byeen. Meeste was sonder perde.
Toe die Britte Komatipoort nader, het 700 burgers oor die grens geglip om nie gevang te word nie.
Diť groep het later aangroei tot ongeveer 2 000 man wat nadat hulle wapen neergelÍ het, onder geleide na Lourenco Marques vervoer is.
Daar is hulle en hul gesinne in spoorwegwaens, 'n kamp by Rubenspunt en in gehuurde kamers en huise gehuisves.
Enkele mans is ook aan boord die Portugese oorlogskepe wat in die hawe voor anker gelÍ het, geherberg.

Toestande in die kamp was nie baie gunstig nie. Versengende hitte, bloeddorstige muskiete en malaria het die geÔnterneerdes geteister. Elf sterf in diť tyd.
Hoewel die Portugese owerheid goed na hulle omgesien het, het hulle nie genoeg huisvesting vir die Boere gehad nie.
Die Britse regering het ook groot druk op die Portugese regering begin uitoefen om die geÔnterneerdes na Portugal te stuur.
'n Ernstige malaria-epidemie onder die Boere het die finale deurslag gegee en die Portugese besluit om die geÔnterneerdes na Portugal te stuur.

Die vragskip Benguella vertrek op 26 Februarie 1901 met ongeveer 700 Boere aan boord.
Op 28 Maart 1901 - 'n eeu gelede - stap hulle aan wal in Lissabon. Hulle word per trein na Alcobaca en Peniche vervoer, terwyl genl. J.F. Pienaar en sy geselskap na Tomar gaan en kmdt H.P. Mostert en sy groep na Abrantes gebring is.
Die ZaÔre kom op 2 April met 89 burgers, 56 vroue en 172 kinders aan. Hulle word nŠ 'n paar dae na Caldas da Rainha oorgeplaas.
'n Tiental wederstrewige burgers wat in Lourenco Marques in die tronk beland het, word met die Affonso d'Albuquerque na Portugal gestuur. Op 12 Junie 1901 word hulle na 'n fort in Oeiras oorgeplaas.

In Tomar is Pienaar en sy geselskap in die Klooster van die Orde van Christus gehuisves, terwyl Mostert en 12 geÔnterneerdes in die Casa da Esperanca tuisgegaan het.
Mostert en sy gesin het later in 'n huis wat die Portugese ministerie van oorlog tot hulle beskikking gestel het, ingetrek.
Die 351 geÔnterneerdes in Caldas da Rainha het aanvanklik in die hospitaal by die warmwaterbron ingetrek. Toe die Europese badseisoen in Mei 1901 aanbreek, moes hulle plek maak vir die talle siekes wat die bron besoek het.

Hulle trek na militÍre kasernes en hospitaal net langs die warmwaterbron-hospitaal.
Aan diegene wat dit kon bekostig, is vergunning gegee om huise in die dorp te huur.
Nagenoeg 273 Boere het huisvesting gekry in die agterste deel van die koninklike abdy van Santa Maria in Alcobaca.
Die Boere en buitelandse vrywilligers wat hier aangehou is, het aktief aan die oorlog deelgeneem.
In Peniche is die 337 Boere in die fort, die St. Marcos-barakke en in die Baluarte da Misericůrdia - 'n deel van die hospitaal vir behoeftiges gehuisves. Hierdie was burgers wat ook almal aktief aan die ABO deelgeneem het. Twee bruines en 'n swart man wat saam met hulle na Portugal gestuur is, is ook hier aangehou. Net buite Oeiras het die wederstrewiges, wetsoortreders en ontsnappers (hul getalle het gewissel tussen 13 en 40) in die Fort de So Juliio da Barra gewoon. Hul oortredings het gewissel van dronkenskap, straatgevegte, ongehoorsaamheid aan opdragte van die owerheid en natuurlik pogings tot ontsnapping.

Teen Mei 1902 het 43 geÔnterneerdes reeds suksesvol uit aanhouding weggekom.
In die vreemde moes die Boere hul nie net by nuwe omstandighede aanpas nie, maar ook by 'n vreemde taal en kultuur. Veral die Portugese manier van kosvoorbereiding, en veral die voorliefde vir olyfolie, was vir die Boere vreemd.
Hulle versoek gou die owerheid om die groente en vleis in onverwerkte vorm aan hulle beskikbaar te stel. Kokke word uit eie geledere aangestel om die kos voor te berei.
Die geÔnterneerdes was ook verantwoordelik vir die sindelikheid van hul kwartiere en klere. 'n Spesiale komitee het in Nederland, Frankryk en Portugal warm klere vir diegene wat dit nie gehad het nie, ingesamel.
Boere gebruik gebaretaal sodat Portugese hulle kan verstaan.

F a n i e
27 Dec 2012, 15:20
Dankie Boertjie !

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 15:26
Dankie Boertjie !

Hoop ek gaan my meestersgraad vir geskiedenis kry voor April...:D:D

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 15:30
ABO: Boere vier feesdae te midde van reŽn, volgehoue gevegte.

BRITSE soldate in 'n skuiling by Jammerbergdrif.

LUISE, honger, reŽn, min slaap en angs het die Engelse in die beleg van 16 dae by Jammerbergdrif geteister.

D E nag van 10 op 11 April 1900 het De Wet 'n verwoede aanval op die stellings van die Cape Mounted Rifles gedoen. Dit het omstreeks 19:30 met 'n frontaanval op die skanse van die Cape Mounted Rifles en die Driscoll Scouts begin.
Terwyl die skerpskutters die wagte besig gehou het, het die Boere teen die koppie uitgekruip. Hulle het tot 45 m van die Britse stellings gevorder. Met gevelde bajonette het die Britte die aanval afgeweer.

Toe die maan om 22:00 ondergaan, is die aanval oor die hele westelike linie uitgebrei. Alles is in die stryd gewerp om deur te breek, maar dit was tevergeefs. NŠ die twee mislukte pogings het De Wet besluit om die kring nouer om die Kolonialers te trek.
Die nag van 11 op 12 April het die Boere hul kanonne op Jammerberg gebring sodat hulle die Britse stellings kon bombardeer. Terwyl die artillerie in die volgende tien dae in 'n tweestryd gewikkel was, is geweervuur ge staak. Slegs skerpskutters en kanonniers was bedrywig.
As soldate snags hul skuilings wou herstel, het skerpskutters hulle aanhoudend lastig geval. Die felheid van die bombardement aan Boerekant het van dag tot dag gewissel na gelang die kanonne van plek tot plek verskuif is.

Die beleŽrde soldate, moeg van die voortdurende gegrawe, het elke verposing benut om te slaap. Sestien dae lank het die Royal Scots en die Cape Mounted Rifles slegs sowat 450 g brood, vleis en koue tee gekry.
Volgens Luke Gormley het hulle van 9 April af ook nie kans gehad om te was of te skeer nie terwyl 'n luisplaag soldate in die loopgrawe geteister het. Volgens hom was hulle teen die 22ste ``perfect shadows''. Hy meld ook: ``The men's nerves were properly shattered with the anxiety and the strain and the lack of sleep combined with hunger and exposure.''

Met sonsondergang op 11 April het dit begin reŽn en toestande in die loopgrawe het versleg. Dit is gou oorstroom. Die reŽn sou nog drie dae duur.
Te midde van die stortreŽn en die volgehoue gevegte het die Boere nie hul godsdienstige feesdae vergeet nie. Op Vrydag 13 April is eredienste gehou en die Saterdag en Sondag is Paasfees gevier.
Dalgety het 'n groot tekort aan ammunisie ondervind. Teen die einde het hy feitlik elke patroon getel terwyl hy ook aan kapt. H.T. Lukin, in bevel van die artillerie, opdrag gegee het dat slegs op die Boere gevuur moes word indien hulle sigbaar was.

Lukin het teen die einde van die slag slegs elke kwartier kon vuur terwyl die Boere volgens Dalgety van 200 tot 300 projektiele per dag afgevuur het.
Lord Roberts het nie op hom laat wag nie. Hy stuur van Bloemfontein die 11de Divisie onder genl.maj. R. Pole-Carew na Dewetsdorp. Vandaar moes een kordon verhinder dat De Wet noord terugval, terwyl die ander een direk na Wepener moes gaan. Lt.genl H.M.L. Rundle en die 8ste Divisie moes ook na Wepener opruk. Van 23 April af kon die Boere by Jammerbergdrif reeds die geluid van die Britse grofgeskut hoor en bereik verslae oor die naderende gevaar hulle.
Op 25 April het De Wet die beleg opgehef. Hulle het ``by the skin of their teeth'' die oprukkende Engelse ontglip. Toe die Britse versterkings op 27 April opdaag, was De Wet-hulle skoonveld. Met groot behendigheid het hy met sy kommando's deur die oprukkende Engelse mag gevleg.

In die beleg van 16 dae is 3 Engelse offisiere en 25 manskappe gedood en 11 offisiere en 130 soldate gewond. Die Kolonialers wat gedood is, is in die familiebegraafplaas van die Robertsons begrawe, net wes van die pad. Aan Boerekant het 5 gesneuwel en is 13 gewond.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 15:35
ABO: Engelse se geskut kon Boere se kanonne nie stilswye oplÍ.

TOE Lord Roberts verneem dat die Boere hul posisies by Vereeniging verlaat het sonder om dit te probeer verdedig, was hy onder die indruk dat hulle sů moeg vir die oorlog was dat hy sonder veel moeite Johannesburg sou kon bereik.

ROBERTS se argument word versterk deurdat genl. J.D.P. French in sy trek oos, nadat hy oor die Vaalrivier is, geringe weerstand ondervind het. Hy het dit egter met gemak teruggedryf.
Roberts besluit om met die hoofmag oos om Johannesburg te gaan om besit van Germiston en Elandsfontein te neem, terwyl French om die stad aan die westekant by Florida moes trek, gevolg deur Ian Hamilton. French vertrek op 27 Mei om 10:00. Waar hy voorheen feitlik ongehinderd getrek het, word hy nou voortdurend deur genl. Lemmer en sy burgers lastig geval.
Hoewel Lemmer net 40 man gehad het, het hy nie gehuiwer om waar moontlik die Engelse se opmars te vertraag nie. So het veldkornet Bam reeds op 26 Mei French ingetrek toe hy Rietkuil beset het en die Engelse oorposte teruggedryf het. Agt van sy burgers het in die slag gebly met een burger dood en vyf gewond, terwyl twee as krygsgevangenes geneem is.
Onder die gewondes, wat in die Engelse se hande agtergelaat moes word, is Bam wie se geweer aan sy lyf stukkend geskiet is.

Bam en sy mense se voorbeeld was vir die res van die klein Gideonsbende onder Lemmer 'n aansporing om French by elke moontlike stelling aan te val. Lemmer se burgers word versterk deur 225 man van genl. F.A. Grobler. Die versterkte groep is so lastig dat French besonder stadig vorder. Naby Doringkuil was hy verplig om 'n kanon op hulle te rig en van sy kavallerie te ontplooi.
Voordat hulle met die stormloop kon begin, het die Boere soos mis voor die son verdwyn net om elders weer toe te slaan.
Die laaste keer wat Lemmer die soldate aangedurf het, was op die rante van Vlakfontein, die plaas van ene Van Staden waar hy die Engelse verras het net toe hulle padlangs deur die poort getrek het.
Toe die geveg teen 21:00 wegsterf, was die Boere nog in beheer van hul stelling. Eers in die nag het hulle van die hoogte padgegee en die poort na Kliprivier in die hande van die Engelse gelaat.

Die berig dat French feitlik al in Vanwijksrust was, was vir die Boereleiers in Johannesburg en Pretoria 'n swaar slag. Verwyte dat die kommando's sleg ingelig is oor die ware toedrag van sake by Vereeniging is heen en weer geslinger.
De la Rey vertrek na Klipriviersberg met tussen 400 en 600 perderuiters en kom net betyds vir die gevegte van 28 en 29 Mei by die Boere se stellings aan. Dit was nie die enigste versterkings wat vir Klipriviersberg bestem was nie.
In Johannesburg en Pretoria word alle fisiek geskikte burgers opgeroep en na die front gestuur. Ongelukkig het hulle nie die gevegsterrein betyds bereik nie en die leŽr waarmee Botha die Britse hoofmag moes weerstaan, het dus minder as 4 000 man gemonster.

Toe 28 Mei aanbreek, was die Boere in posisie, gereed vir French. By Klipriviersberg lÍ Louis Botha met die kommando's wat van Renosterrivier af teruggetrek het; op die westelike flank was veggenl. Oosthuizen se Krugersdorpers en die voorhoede van die kommando's wat by Mafeking betrokke was; op die oostelike flank by Natalspruit was die Heidelbergers onder genl. Fourie.
In die front was die posisie ideaal vir verdediging omdat dit aan die suide- en suidwestelike kant deur die moerasagtige Kliprivier beskerm is wat net by 'n paar plekke oorgesteek kon word: Jacksonsdrif, Vanwijksrus en Klipriviersoog.

French was haastig. Hy het die vorige dag baie tyd verloor deur die optrede van Lemmer en Grobler en bly in gebreke om die ligging van die Boerestelling deeglik te ondersoek. Hy stuur die 1ste kavalleriebrigade en lt-kol E.A.H. Alderson se berede infanterie oor die drif by Vanwijksrust om die Boere in hul front uit die pad te vee. Hyself trek verder wes met die suidelike oewer van die rivier langs, vas onder die indruk dat die terrein in sy front nie sterk beset was nie.

Die burgers by die drif by Vanwijksrust laat die Engelse toe om ongehinderd die rivier oor te steek, maar toe hulle die stelling nader was dit 'n perd van 'n ander kleur. Hulle word weerskante skuins van voor, deur die vuur van kapt. Von Dalwig se sewe kanonne begroet wat die vorige nag in 'n boog oos van Doringkop opgestel is.
Vir die soldate was dit 'n onaangename verrassing, maar hulle storm vorentoe om die Boere uit hul stellings te vee. French steun die aanval met sy berede batterye, Pom-poms en meksims.
Die Engelse se geskut kon die Boere se kanonne nie die stilswye oplÍ nie en die soldate se aanval word gestuit.

French word ook verplig om die 40ste kavalleriebrigade oor die rivier te stuur om te gaan help, maar hulle word ook gestuit. Hy is oortuig dat hy nie die Boere deur 'n frontaanval sou verdryf nie en besluit om die kavallerie oor die Klipriver terug te trek. Hy plaas nou genl.-maj. E.T.H. Hutton, Alderson en lt.-kol. T.D. Pilcher se berede infanterie op twee hoogtes in die front van die Boerestellings wat tevore deur die kavallerie beset is.

'n Tevrede Botha rapporteer aan pres Kruger: ``Na een warme zware dag is mij het aangenaam UHEd. te melden dat onze burgers door de goedheid des Allerhoogste hunne posities hebben behouden.Vijand werd op verschillende punten teruggeschoten.''

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 15:58
ABO: Boere reken met Benson se kolonne af.

Elria Wessels

IN die slag van Bakenlaagte gister 'n eeu gelede het die Boere goed met die Britte afgereken.

DIE konvooi met een bom-meksim het op die plaaswerf van Nooitgedacht begin kamp opslaan toe Wools-Sampson en Dauglish gewaar dat daar in die middel juis waar die twee groot kanonne was, 'n hewige geveg gewoed het.
Die grond was sů nat dat twee van die voorradewaens vasgeval het. Terwyl gespook is om dit uit die modder te bevry het Anley sy agterhoede laat halt.
Dit is toe dat hy die eerste keer die Boere sowat 200 m van hom gewaar en dit dadelik aan kol. George Elliot Benson rapporteer. Benson het sy twee kanonne op 'n hoogtetjie daar naby sowat 20 m van mekaar laat afhaak.
Skielik begin Louis Botha se stormloop. Dit was sů onverwags dat die Engelse dadelik tot stilstand kom en plat val net waar hulle is. ``Reguit kanonne toe,'' het die bevel aan Boerekant weerklink.

Meteens het die verskriklikste oorlogsrumoer losgebars. Orals het flitsende geweervuur uit die lang gras die aanstormende Boere probeer stuit, maar ondanks die bulderende kanonvuur het die Boere met doodsveragting vorentoe gejaag. Gou was die vinnigste perde by die kanonne.
Die Bethallers onder Grobler het tot 50 m van die kanonne gevorder, afgespring en platgeval. Toe Benson gewaar dat sy kanonne in gevaar is, gee hy bevel dat die kanonniers op die aanstormende burgers skiet. Dit duur egter nie lank voordat die meeste van die kanonniers dood of gewond om hul kanonne gelÍ het nie. Twee keer sou die Engelse spanne perde stuur om die kanonne te probeer haak - elke keer met dieselfde gevolg.

Voordat hulle by die kanonne aankom, word hulle afgemaai. Teen diť tyd is Benson in die been gewond, terwyl Guinness reeds gesneuwel het. Benson weier om die gevegsterrein te verlaat en gee nog bevele vanwaar hy agter een van die kanonne gelÍ het.
Al die offisiere en die kanonniers was al buite aksie. Om die kanonne het die Boere en Engelse op kort afstand van mekaar gelÍ. Benson se stafoffisier, Eyre Lloyd, wat nog in die kamp was toe die geveg begin het, het deur die geweervuur gejaag, maar word langs Benson doodgeskiet.

Maj. Murray probeer om met 'n klompie van sy Skotte 'n heldhaftige stormloop uit te voer, maar voordat sy ``Scotland for ever'' geuiter is, val hulle ook die dodelike Mauservuur ten prooi .
Benson stuur 'n boodskap dat die Boere by die kanonne onder skroot gesteek moes word, maar net toe kavalleris Grierson opstaan om die boodskap weg te neem tref 'n skoot hom deur die voet en Benson in die maag. Die volgende oomblik staan al wat Boer is op en begin skiet op enigiets wat op die rantjie beweeg. Toe storm hulle.
Die Bethallers bereik die kanonne eerste. Vk. Koos de Villiers spring bo-op een van die kanonne en roep triomfantlik uit:``Hoera, dis my kanon!''

Artilleris Kotie Naudť draai die kanon om en begin om op die Engelse se kamp te skiet.
Dit was al laatmiddag toe Benson 'n boodskapper na kmdt. Grobler stuur om na hom te kom sodat hy kon oorgee. Grobler en Opperman probeer Benson bereik, maar die geveg naby die kanonne is nog te hewig.
Teen sononder, toe die geveg uiteindelik ophou, bereik hulle die swaargewonde Benson. Die ambulans was reeds daar.
'n Dokter oorhandig Benson se papiere aan die Boere met die woorde dat die kolonel sterwend is. Hy sterf die volgende dag om 06:00.
Tot byna middernag was die flou lanternliggies van die ambulansmanne nog op die slagveld sigbaar waar hulle gewondes met die ambulans en muilwaens na die kamp vervoer het.

Aan Boerekant is 52 man dood terwyl 77 Engelse dood is.
Op 1 November bereik die berig van Benson se nederlaag Kitchener.
``Dit is die gewone storie,'' rapporteer hy bitter aan Roberts. ``Wat my egter die bangste maak, is dat hulle op diť manier met Benson se kolonne kon afreken. Hoeveel makliker sal dit nie wees om van my minder bevoegde kolonnes te betrap nie?''

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 16:03
ABO: Engelse ly swaar verliese in hewige geveg.

DIE Yeomanry het dit veral in die slag van Vlakfontein einde Mei 1901 ontgeld, terwyl al die Derbyshires feitlik uitgewis is. Hulle het feitlik tot die laaste man geveg.

DIE Britse kanonniers staan hul man by die kanonne totdat kmdt. J. Van Deventer met 'n paar van die artilleriste met 'n frontaanval twee van die kanonne buit. Die Britte vlug holderstebolder by die kanonne verby. Van Deventer se artilleriste bestook nou met die gebuite kanonne die vlugtende Engelse.
Van die burgers dring nou deur tot by brig.genl. H.G. Dixon se kamp terwyl die ander die vlugtende Engelse volg. Terwyl hulle die rantjies al skietende bestorm, word skielik op hulle gevuur van die rante tussen hulle en Waterval waar vk. Du Toit en Wyk III van Krugersdorp moes wees.
Dit het genl. Jan Kemp dronkgeslaan hoe die Engelse dan so skielik agter hulle kon wees. 'n Vuurwarm geveg breek uit. Kemp besluit nou dat dit noodlottig kon wees om verder in te dring. Sy kommando was ook nie sterk genoeg om te verdeel nie. Daarom draai hy om sodat hy kan uitvind waar die onverwagte Engelse agter hom vandaan kom. Met diť Engelse het hy beslis 'n appeltjie te skil.

Groot was sy verbasing toe hy vind dat Du Toit hom en sy burgers aangesien het vir Engelse en dat dit hulle was wat so driftig teenstand gebied het!
Chance het intussen benoud om versterkings gevra maar nůg Duff, nůg Dixon kon help. Dixon besef eers dat Chance in die moeilikheid was toe hy om 14:00 die kamp nader en Chance se kanonne op hom losbrand. Uiteindelik daag die langverwagte versterkings by Chance op.

Dixon kry sy vlugtende soldate onder beheer en doen 'n teenaanval. Die Engelse ontplooi die kanonne wat saam met die versterkings opgedaag het en begin op die Boere skiet.
Toe die Engelse omtrent 600 m van Kemp se posisie is, is hy genoodsaak om terug te trek. Hy het gou besef dat hy net so blootgestel as Chance op die rantjie sou wees as hy daar bly. Kemp is nou genoodsaak om die aftog te blaas. Die Engelse het weer hul kanonne in besit geneem aangesien die Boere nie genoeg perde gehad het om dit weg te sleep nie.

Teen die tyd wat die Engelse opgedaag het, het Van Deventer buitendien gesorg dat daar geen ammunisie oor was nie. Hy het alles weggeskiet.
Die Boere het 90 broodnodige perde buitgemaak. Elke burger het met twee gewere en soveel ammunisie moontlik weggekom.
NŠ die slag het elke kant hulle dooies gaan begrawe. Kemp moes eers die nodige toestemming van Dixon kry.
Die Engelse ly swaar verliese - die ergste sedert Nooitgedacht. Ses offisiere en 51 manskappe is dood. Aan Boerekant is sewe dood en minstens twee swaar gewond.
'n Erg geskokte Dixon trek nou na Naauwpoort terug waar hy op versterkings moes wag.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 16:36
http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/victorians_zps7fb3c153.jpg

ABO: AustraliŽrs lei groot skade in nagtelike Slag van Wilmansrust.

Elria Wessels

IN die Slag van Wilmansrust gister 'n eeu gelede in die Anglo-Boereoorlog is die AustraliŽrs 'n swaar slag toegedien.

REEDS op 10 Junie 1901 het brig.genl. S.B. Beatson, wat pas by die samevloeiing van die Steenkoolspruit en Olifantsriver opgedaag het, opdrag gegee dat sy linkerflank bestaande uit 350 man van die 5th Victorian Mounted Rifles ondersoek moet gaan instel na gerugte dat Boere in die omgewing is.
Teen die bitter koue aand van 12 Junie 1901 kampeer hulle op die plaaswerf van Wilmansrust tussen Middelburg en Ermelo.
Maj. C.J.N. Morris van die Royal Field Artillery, wat in bevel van die kolonne was, plaas vier wagposte uit.
Morris vertrou juis nie die vrede nie omdat hulle die middag reeds 'n paar ruiters in die omgewing opgemerk het, maar kon nie sien wie dit was nie. 'n Paar skote van die pom-pom het die vreemdelinge egter verdryf.

Intussen het genl. Chris Muller elke beweging van die Britte van Vaalkop af dopgehou. Hulle het inderdaad ook reeds laatmiddag 'n verkenningstog tot digby die Britte se kamp gewaag.
Hy ontbied kmdte. Wynand Viljoen, Nick Groenewald, Hendrik Grobler en Piet Trichardt na Vaalkop vir 'n krygsraad en besluit om dieselfde aand nog 'n verrassingsaanval op die Engelse se kamp uit te voer. Die buit was groot - sewe trolliewaens volgelaai met kosvoorraad, ammunisie en voer.
Dit was stil toe die 150 burgers omstreeks 19:15 sowat 600 m van die Engelse posisie agter 'n bultjie waar die kamp was, hul perde in die hande van 'n paar penkoppe agterlaat. Hulle stap stil-stil in 'n lang linie tot sowat 50 m van die Britte se kamp af.
Veldkornet Groenewald kan skaars sy ongeduld beheer en fluister kort-kort vir Groenewald: ``Skiet nou, skiet nou.''
Maar Groenewald wil niks weet nie.

Voor hulle in die donker sit niksvermoedende AustraliŽrs heerlik om groot vure en gesels. Selfs die wagte by die wagposte merk hulle nie op nie.
Omtrent 19:30 klap die eerste skote.
Morris en sy stafoffiser, Watson, wat op die stoepie van die huis gesit het, spring vervaard op en hardloop in die rigting van waar die perdelyne was. Teen diť tyd was die Boere reeds in die kamp.

`And the fire coming from their rifles made a long continuous flame . . . The Boers advanced on a straight line through the camp discharging their rifles rapidly in many cases without raising them to their shoulders,'' het Morris later in sy verslag geskryf.
Die aanval was uit twee rigtings - van voor af en van die deur die perdelyne. Die paniekbevange perde vlug. Morris probeer sy bes om sy manskappe bymekaar te kry, maar kan in die donker moeilik tussen vriend en vyand onderskei.
Om 19:45 word die sein gegee om vuur te staak.

Morris is reeds gevang en Watson dood. Morris vra toestemming by Muller om van die gevange soldate te gebruik om na die gewondes om te sien.
Aangesien die dokter ook onder die ongevalle getel kon word, vra hy van Muller toestemming om mediese hulp van Beatson se kamp te ontbied - 'n versoek wat Muller dadelik toestaan.
Teen 22:45 vertrek die Boere met al die komberse, klere en die sewe trollies vol voorraad asook 100 krygsgevangenes wat hulle 'n entjie van die kamp vrylaat.
Aan Australiese kant is 15 dood en 42 gewond.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 17:00
ABO: Vasbeslote pres. Steyn ontglip die Engelse met lojale Ruiter se hulp. PRES. STEYN se getroue Ruiter.

Elria Wessels

``Uit die hoek van sy oog sien hy hoe Ruiter ůf van sy perd afval ůf afspring. Die moontlikheid is sterk dat hy raakgeskiet is, maar daar is nie tyd om vas te stel wat gebeur het nie.''

Gordon Fraser, wat sien hoe Ruiter die Engelsman rondlei, dink eers Ruiter het die president verraai. Eers toe hy Curlewis se storie hoor, is Ruiter se optrede vir hom duidelik.

PRES. M.T. STEYN laat nie op hom wag nie en vlieg uit net om hom amper in die voorhoede van die Engelse sowat 400 m voor hom, vas te loop. Hy het nie geweet waar sy perd is nie. Ruiter weet egter en vlieg weg om die perd te gaan haal.
Steyn vra Hans, 'n ander bediende, om sy saal en sy rewolwer te gaan haal, maar die Engelse vang Hans.

Die president het so vinnig moontlik om die naaste hoek verdwyn en was dus buite sig van die vyand. Hy besef skielik dat hy by die stal is en dus sy perd in die hande kon kry sonder dat die Engelse hom kon sien. Hy het net besluit om bloots te ry toe jong Curlewis met 'n saal opdaag.
Daar was geen tyd om die stiebeuels langer te maak nie. Curlewis was maar kort en Steyn lank. Steyn klim op sy perd en roep na Ruiter dat diť op die ander perd moet klim. Toe Steyn die werf uitry, was die wÍreld reeds vol Engelse. Hy wou eers reguit, langs die straat af en so deur die dorp, maar Ruiter skud net sy kop:
``Nee, Oubaas, nee! Daar is te veel Kakies daarlangs!''

Met: ``Nou ja, kom laat ons sommer hier oor die bult jaag!'' verander hy rigting.
Meteens hoor hy agter hom ``halt!''. Die son was nog nie op nie, maar dit was al lig genoeg om mense te onderskei. Hy gee sy perd spore. Skielik hoor hy die klap van 'n skoot kort agter hom. Dit is 'n sersant van die 7th Dragoons wat hom op 'n moeŽ perd probeer agtervolg het, wat nou uit moedeloosheid op die president skiet.
Uit die hoek van sy oog sien hy hoe Ruiter ůf van sy perd afval, ůf afspring. Die moontlikheid is sterk dat hy raakgeskiet is, maar daar is nie tyd om vas te stel wat gebeur het nie.

Intussen lÍ Engelse skerpskutters ook op die vinnig verdwynende ruiter aan, maar die slotte van die gewere is buite werking omdat die olie weens die koue verys het.
Steyn se perd gaan voluit vir so 300 m en toe hy sien dat niemand hom agtervolg nie, begin hy stadiger ry.
Op die bult kyk hy om, maar sien nog niks nie. Hy ry op 'n galop verder totdat hy die plaas van die Grabes bereik. Toe sien hy eers die Engelse wat nou eers by die eerste bult buite Reitz hul verskyning maak. Dit was reeds te laat om hom in te haal.

Gelukkig bereik hy 'n entjie verder die verkenners wat juis op pad was om hulle te kom waarsku. Hulle het self amper in die vyand vasgery.
Nie net sy saal nie, maar ook sy baadjie en hoed het in die slag gebly. Hy het juis sy slaapmus op sy kop gehad toe hy sy perd loop soek het. Hy het daarvan ontslae geraak omdat dit te warm was. Een van die verkenners gee hom 'n rooi sysakdoek om om sy kop te draai.
'n Entjie verder kom hy een van sy manskappe teŽ wat juis klere in Basoetoland loop haal het. Hy het vir Steyn 'n hoed. By die huis van die De Jagers naby Houtkoppie ontvang mev. De Jager hom vriendelik. Ook sy kom tot sy redding en bied hom 'n baadjie aan.
Hy sou later sů oor sy klere skryf: ``Men kan begrepen dat mijn uniform toen juist niet de goedkeuring van een Potsdammer-generaal sou wegdragen.''
Steyn het nou net een doel voor oŽ en dit was om so gou moontlik 'n boodskap by genl. De Wet te kry. Hy ry onverwyld na die De Beers se plaas waar sy ander perde gelaat is om gevoer te word. Hier kry hy tot sy groot vreugde vir Berry du Plessis en Johannes Theron. Berry word dadelik die president se sekretaris en Theron die sekretaris van die uitvoerende raad.

Steyn het besef dat al die regeringslede wat saam met hom was, in die hande van die Engelse geval het. Eers nadat die Engelse uitReitz vertrek het, kon die verkenners vasstel wat van die regeringslede geword het. Van die president se tent en kar het net 'n hopie as oorgebly.
Later sou hy by Ruiter uitvind wat gebeur het.
``Die Engelse was haastig,'' vertel Ruiter.
Hy is nie raakgeskiet nie, maar het van sy perd afgespring omdat hy bang was. Die offisier wat op hulle geskiet het, het op hom afgestorm en by hom probeer uitvind wie die Boer was wat oor die bultjie verdwyn.
``Sommer 'n ou Boer,'' het hy beduie.
``Waar is die president?''
Ruiter is ook nie links nie en met 'n hart wat in sy keel klop, nooi hy die Engelsman uit om te kom kyk waar die president geslaap het. Om tyd te wen lei hy hom van tent tot tent en slaapplek tot slaapplek. Uiteindelik bereik hulle die tent waar die regeringslede geslaap het. Hulle was teen diť tyd reeds almal gevang en sit in 'n ry.

Kort-kort word hulle geledere aangevul deur nog mense wat gevang word. Juis toe kom hulle met jong Curlewis daar aan. Toe hy seker was dat die Engelse nie kon hoor nie, fluister hy tot almal se groot verligting dat die president veilig is.
Gordon Fraser, wat sien hoe Ruiter die Engelsman rondlei, dink eers Ruiter het die president verraai. Eers toe hy Curlewis se storie hoor, is Ruiter se optrede vir hom duidelik.
Onder die krygsgevangenes was Thomas Brian - regeringsekretaris; genl. Andries Cronjť, lid van die uitvoerende raad en die krygskommissie; genl. J.B. Wessels - lid van die krygskommissie; P.J. Steyn - krygskommissaris; Rocco de Villers - sekretaris van die uitvoerende raad; Fraser - private sekretaris; A. McHardy - sekretaris van die krygskommissie; kmdt. Davel en nog sowat 23 ander man.

Steyn stel J.W.C. Brebner as regeringsekretaris en tesourier aan en genls. De Wet, Hertzog en Oliver as lede van die uitvoerende raad.
Kmdt. H. van Niekerk en 30 burgers dien nou as sy lyfwagte. Hy laat ook so gou moontlik vir die vyand weet, sodat hulle kon besef dat die Vrystaat-regering steeds bestaan.
Die Engelse het 11 500 met inbegrip van 800 goue ponde en al die staatspapiere wat saam met die president was, gebuit. Die dokumente bevestig net dat Steyn vasbeslote was om die stryd voort te sit.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 17:12
ABO: Vroue het harte teenoor Hobhouse oopgemaak.

'n MEISIETJIE in die Bloemfontein-konsentrasiekamp wat byna aanhoudend geslaap het totdat sy van honger dood is.

DIE Boervroue het hul harte teenoor Emily Hobhouse oopgemaak en vertel van water wat as dit reŽn deur die tente stroom, kinders wat siek is en dood is, van siekte en huise wat afgebrand is, skryf Elria Wessels, hoofnavorser van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein, in haar laaste artikel oor diť Engelse weldoener se indrukke oor konsentrasiekampe in die Anglo-Boereoorlog (ABO).

HOBHOUSE se eerste taak op 26 Januarie 1901 was om mev. Philip Botha, vrou van die landdros van Philippolis, in Bloemfontein se konsentrasiekamp op te spoor. Sy het mev. Botha se suster Hester in Kaapstad ontmoet. Dit was geen geringe taak om tussen die 2 000 inwoners van die kamp en boonop in 'n tentedorp sonder nommers of straatname iemand te vind nie.

Botha se tent, waar hulle op opgerolde kakiekomberse gesit het - daar was nie stoele nie - het gou die versamelpunt geword van almal wat iets vir die vrou uit Engeland te vertelle gehad het. Hulle het saam gelag, gehuil en gepraat in ``bad Dutch and bad English'', vertel Emily.
Die vroue het hul harte teenoor haar oopgemaak en vertel van water wat as dit reŽn deur die tente stroom, kinders wat siek is en dood is, van siekte en huise wat afgebrand is.
``The women are wonderful: they cry very little and never complain. The very magnitude of their sufferings, indignities and loss and anxiety seem to lift them beyond tears,'' was haar gevolgtrekking.

So tussen deur het hulle hul behoeftes uitgespreek - dit nadat Emily 'n pofadder wat die tent binnegeseil het, met haar sonsambreeltjie probeer verwilder het.
Die nood was groot: 'n Matrone wat Hollands ťn Engelse magtig was; 'n doodstent, veral omdat die dooies nie gou genoeg uit die tente verwyder kon word nie; meer water - slegs twee emmers vir was, kook en drink vir agt mense, seep - wat nie uitgedeel is nie omdat daar 'n tekort was - en 'n skool vir die kinders.
Emily was egter oortuig daarvan dat wat sy, of die goedgesindes in Engeland of die militÍre owerheid ook al doen `` . . . it is only a miserable patch on a great wrong''.
Die volgende dag het sy begin met klere sorteer, want klere kon sy dadelik gee. In die bondels klere was babaklere vir 'n mev. Pienaar wat swanger was en haar baba-uitset verloor het toe hulle haar weggevoer het kamp toe.

`What a family to clothe!'' skryf sy later.

Ook kry sy vir mev. Pienaar wat op opgerolde komberse moes slaap, 'n matras.
Toe begin haar onderhandelings met die owerheid. Op 30 Januarie het sy, kapt. A. Hume, wat tydelik vir 'n siek Cray ingestaan het, en dr. N. Pern vergader. Sy dring aan op 'n stoomketel waarin die water gekook moet word voordat dit uitgedeel word, voer vir die 50 koeie wat vir die kamp aangeskaf is, houers om die melk in te kook, 'n waskamer met water wat van die dorp aangelÍ is, 'n matrone en natuurlik seep.
Bykomende verpleegsters en mediese toerusting is ook op die lys.

``True, I was given carte blanche to order what I thought necessary and I shall see how much of what I ask is given,'' skryf sy aan tant Mary Hobhouse.

Sy maak kennis met mev. Rachel Steyn, vrou van die Vrystaatse president, en 'n vriendskap wat 'n leeftyd sou hou, ontstaan.
Sy ontmoet eerw. J.G. Grosskopf van Bethanie wat elke Donderdag 'n diens in die kamp hou en elke week 'n sak groente vir die kampinwoners saambring. Biskop Webb, wat 'n ou kennis van haar vader was, kom ook besoek aflÍ.

Nadat sy 'n draai in onder meer Norvalspont en Aliwal-Noord gemaak het, is sy op 12 Februarie terug in Bloemfontein. Diť keer sou sy tot aan die einde van Februarie bly voordat sy vertrek na die ander kampe, onder meer by Kimberley.
Voor haar tweede besoek aan Bloemfontein het daar intussen adminstratiewe veranderings plaasgevind - kapt. A. Hume is aangestel as die nuwe kampkommandant en Pretyman is vervang as administrateur deur Hamilton Goold-Adams.

``Our camp is getting slowly better and more towards the level of Aliwal North and Norvalspont,'' berig sy, al het sy nog nie alles gekry waarvoor sy gevra het nie.
Dit was ook op die tweede besoek dat sy toestemming gekry het dat Eunice Ferreira, Engela van Rooyen, Lizzie en Hettie Botha na die Damesinstituut gestuur word vir skoolopleiding. Hulle sou ook in die koshuis tuisgaan. Die Distress Fund in Engeland sou die 25 skoolgeld betaal. Ongelukkig wou hulle nie toestem dat meer meisies uit die kamp na die skool gestuur word nie.

'n Komitee bestaande uit mej. Maynie Fleck en mev. Hannie Blignaut het haar bygestaan met die uitdeel van klere in die kamp - 'n taak wat hulle tot aan die einde van die oorlog sou verrig.
Dit was in diť tyd dat sy die pasgestigte Loyal Women's Guild toegespreek het en aan hulle die omvang van haar opdrag probeer uitspel het
``We understand that the ladies were not convinced and some of them left the meeting very indignant,'' berig die Bloemfontein Post.

Volgens die Post was Emily se bronne oor die kamp verdag ``and we, must certainly by way of conclusion, express the earnest hope that Miss Hobhouse will not, as part of her mission, teach the refugees at the Refugee camp who have so much to be grateful for, to believe that they have grievances - grievances quite uninmagined hitherto''. .

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 17:34
ABO: Slag van Vlakfontein: Boere val vreesloos aan.

IN die slag van Vlakfontein 'n eeu gelede in die Anglo-Boereoorlog het 'n veldbrand uitgebreek en het die Boere die vyand genadeloos bestorm. ELRIA WESSELS.

BRIG.GENL. H.G. DIXON besluit teen 13:30 op 29 Mei 1901om na die kamp terug te keer. Die afdeling links onder bevel van Chance moes nou as sy agterhoede dien.
Intussen het genl. Jan Kemp die bewegings van die Engelse belangstellend dopgehou.Van sy posisie tussen Waterval en Spitskop het hy 'n uitsig oor die hele gebied gehad. Hy hoor af en toe skote van Roodewal se rigting af. Kemp was egter dronkgeslaan toe die Engelse skielik omdraai en in die rigting van Elandsfontein terugtrek. Hy besef dat Chance se agterhoede baie blootgestel is en dus 'n swak punt in Dixon se mondering is.

Hy besluit om aan te val. Dit neem sowat 90 minute voordat Kemp se burgers tot sy bevrediging in posisie is, buite sig van Chance se kolonne. Teen 12:00, nŠ die gewone gebed, val hy gelyktydig Duff se posisie op die rif en Chance se agterhoede aan. Vyftig manskappe onder kmdt.Oosthuizen durf die Yeomanry aan en nog 250 storm teen die westelike hange van die rantjie uit waar hulle slaags raak met Chance se agterhoede.

Die geweerskote uit die rigting van die agterhoede het net begin toeneem toe die Engelse skielik 'n groot veldbrand tussen hulle en die Boere gewaar. Om sake te vererger daag 'n boodskapper om 14:30 by Dixon op met die berig dat hulle swaar onder die Boere deurloop. Dixon gee opdrag aan Duff dat hy met al sy soldate Chance moes gaan ondersteun.

Intussen het Kemp met 300 man teen die rookbedekte bult uitgestorm. Links was Joop van Deventer met sy verkenners en die ``kanonlose'' artilleriste, dan die veldkornette Van Heerden en Van Tonder met die Rustenburgers; langs hulle was die Krugersdorpers onder kmdt.Claassen en op die regtervleuel kmdt.Oosthuizen en die Pretorianers.
Kemp en sy staf het tussen die Krugersdorpers en die Rustenburgers posisie ingeneem. Op 'n galop nader hulle die brand wat deur 'n ligte windjie aangeblaas word. Elke burger hou sy geweer gereed om dadelik tot aksie oor te gaan as hulle die Engelse agter die rook gewaar. Een druk met die spore en toe is hulle oor die vuurlyn sommer tussen die Engelse in waar hulle agter die rook die Boere inwag.

Net toe hulle die Boere gewaar, trek hulle met hul kanonne los. Dit het Kemp en sy stormende burgers nie van stryk gebring nie. Gou is hulle in beheer van die rantjie. In die stormloop smoor hulle alle teenstand voor hulle.

Boertjie Phillip
27 Dec 2012, 17:59
ABO: De Wet se `vuurwerk' wyd gesien.

BOERE by van die verwoeste treinwaens nŠ die Slag van Roodewal. Die grootste ``vuurwerkvertoning'' in die Vrystaat se geskiedenis is tot by Kroonstad gesien.

DIE groot vrag wat genl. C.R. de Wet op 7 Junie 1900 op Rooiwal-stasie gebuit het, sou van onskatbare waarde vir die kommando's wees veral nŠ die val van Pretoria en daar nie meer uit die hoofstad in die krygsbehoeftes van die burgers voorsien kon word nie.

DIE probleem was dat De Wet nie met die klein groepie burgers wat hom vergesel het, al die krygstuig in veiligheid kon bring nie. Die Engelse se versterkings kon enige oomblik opdaag en hulle sou hom buitendien nie toelaat om dit te doen nie.
Oor een ding is hy hartseer en dit is dat hy nie genoeg van die kosbare winterklere vir die burgers kon laat wegvoer nie.
Dit was genoeg vir Šl die Vrystaatse kommando's.

Tussen 500 en 660 van die kiste Lee Metford-ammunisie laat hy eenkant toe sleep sodat hy dit die volgende dag na sy plaas kon bring waar hy dit vir latere gebruik wou versteek.
Die burgers kon soveel van die voorraad neem as wat hulle wou en die res moes verbrand word.
Nou kon hulle die possakke (omtrent 2 000) oopmaak. Alles is in groot hope uitgegooi.
Uit die pakkies uit die possakke het horlosies, verkykers, klere, sigarette, sigare, koek en sjokolade gekom.
Ook die krygsgevangenes is toegelaat om deel te neem en gou staan Boer en Brit ewe gemoedelik met mekaar en gesels.
Teen diť tyd was die meeste van die burgers al deftig uitgevat in nuwe monderings - sommige met 'n vet sigaar in die mond.

Toe die voorraad sjampanje ontdek word, klap die proppe gou. 'n Heildronk word op lord Roberts, wat hulle so mildelik van alles ``voorsien'' het, ingestel. Daarna dawer ``Drie hoera's vir oom Christiaan'' deur die lug.
Die son het al begin water trek - teen sonsondergang wou De Wet reeds ver weg wees met sy kosbare ammunisie.
Die burgers en die Engelse het vir oulaas bymekaargemaak wat hulle kon.
Daarna het almal, uitgesonderd 15 man, na De Wet se kampplek sowat 6 000 m oos van Rooiwal vertrek.

Die burgers se perde was sů vol gelaai van die buit dat die meeste hul perde moes lei. Van die krygsgevangenes se bondels was sů swaar dat hulle streep-streep van die klere en ander artikels weggegooi het om die las ligter te maak.
Nou kon die 15 man die oorblywende voorraad aan die brand steek op die verskillende plekke wat hulle voorberei het. Die vlamme het amper gelyk uitgeslaan.
Die generaal en sy manne was sowat 1 500 m van die stasie toe die eerste bomme ontplof.
Hulle het omgedraai en in hul saals die ongelooflike skouspel gadegeslaan.

Dit was 'n asemrowende vuurwerkvertoning en aangesien dit 'n donker nag was, was dit des te skouspelagtiger.
Tussen die harde gebulder van die groot granate was daar die sagter ontploffing van die hope kordiet.
De Wet sou later skryf dat die pragtigste van alles was ``het veelkleurig licht, dat zich hoog in die donkere lug verspreide''.
Die skouspel was tot by Kroonstad sigbaar.
Die volgende dag het 'n digte rookwolk nog oor die puin van die stasie gehang.

Geweldige ontploffings het kort-kort die omgewing geskud.
Dit het amper vier dae geduur voordat iemand dit daar naby kon waag.
Die ontploffing het 'n krater van 30 by 18 m wyd veroorsaak en was 6 m diep.
De Wet se vuurwerkvertoning het die Engelse sowat 700 000 uit die sak gejaag, het die Britse dagblaaie met groot verontwaardiging berig!

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 14:47
ABO: Honderde kinders het masels in kamp opgedoen.

DIE Mafeking-kamp is 'n eeu gelede deur Emily Hobhouse van 9 tot 11 April 1901 besoek, deur die Dameskomitee in Augustus en November en dr. Jane Waterston, Suid-Afrika se eerste vroue-dokter en lid van die Dameskomitee, in Desember 1901. Die skoolkinders moes speletjies speel wat op aandrang van die hoof Engels van oorsprong was.

DIE reŽn in November 1901 het die veld om die kamp sů verbeter dat die eienaars van vee hul vee kamp toe kon bring en so die voorraad vars melk kon aanvul.
Interessant genoeg is die plaas by Willowdam op 10 Januarie 1902 deur Boere aangeval en perde en vee is gebuit.
By hul aankoms in die kamp is alle nuwe aankomelinge eers buite medies ondersoek voordat hulle toegelaat is. Tog het 703 vlugtelinge van Taung af binnegekom sonder dat hulle ondersoek is. Onder hulle was talle kinders met masels wat die siekte so die kamp binnegebring het.
Die maselsepidemie het tussen 26 September en 17 Oktober 1901 hoogtepunte bereik toe gemiddeld 670 kinders dit gehad het. Die dokters en verpleegsters het in September alleen 1 600 maselsgevalle behandel. Daar is ook heelwat gevalle van masels met komplikasies soos griep, kinkhoes, enteritis en disinterie behandel, terwyl 1 200 kinders masels met longontsteking en tifoÔde koors opgedoen het.

Die ernstigste gevalle was sowat 30 gevalle van masels met meningitis. Waterpokkies is ook aangemeld, asook heelwat gevalle van malaria.
Een van die verpleegsters was 'n opgeleide vroedvrou - net in Desember 1901 was daar 12 bevallings.
Reeds in Maart 1901 was daar 'n private skool in 'n sinkgebou. Dit het later as kerk gedien.
In die laaste helfte van 1901, met die maselsepidemie op sy hoogtepunt, het die getalle gedaal totdat in November slegs 180 leerlinge in die skool was.

In Januarie 1902 is agt hout-en-seilhutte as klaskamers gebou. Terselfdertyd het die leerlingtal tot 727 gegroei en teen April 1902 tot 1 100.
Onderwyseresse is ver van die kamp gehuisves en is elk 50c per maand ``cab allowance'' betaal. In Februarie 1902 is met klasse vir volwassenes begin en 40 is ingeskryf.
Besondere nadruk is gelÍ op speletjies wat volgens die hoof Engels van oorsprong moes wees - 'n afsonderlike onderwyser is daarvoor aangevra. Die skool het in Desember 1902 sy deure gesluit. Klere het teen die einde van die oorlog so skaars geword dat die hoof daaroor by die kampsuperintendent gekla het.

In Mei 1902 is 'n omsendbrief aan kampe in Transvaal gestuur waarin versoek word dat die kroning van die nuwe koning, Eduard VII, feestelik herdenk moes word. Die eerste dag is 'n piekniek gehou en op die tweede dag 'n sportbyeenkoms. Ook op 3 Januarie 1902 was daar 'n sportbyeenkoms vir die kinders van 6 tot 17 jaar.
In drie markiestente is verversings bedien wat in die kamp gemaak is.
Sowat 500 seuns het aan die 100 tree-resies deelgeneem, terwyl die orkes van die South Wales Borderers toeskouers vermaak het.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 14:51
ABO: Inwoners van kamp rig versoekskrif. Vroue in die Kimberley-konsentrasiekamp.

INWONERS van die Kimberley-konsentrasiekamp kon reeds drie weke lank nie wasgoed was nie, want hulle het nie seep gekry nie. Sonder geld kon hulle ook nie seep, kerse en ander noodsaaklikhede aanskaf nie, argumenteer hulle in 'n versoekskrif.

DAAR was geen inwonende predikant in die Kimberley-kamp nie. Plaaslike predikante het die kamp besoek terwyl die kinders Sondagskool in Kimberley bygewoon het.
Wederstrewige en opstandige vroue en die wetsoortreders onder hulle is in die draadkamp aangehou, of die voorreg om dorp toe te gaan is hulle ontneem afhangende van die aard van die oortreding.
Die kampskool is in Maart 1901 met die stigting van die kamp opgerig. In September was daar reeds 500 leerlinge, onder wie slegs die helfte skool gereeld bygewoon het. Hulle het aanvanklik 'n markiestent en 'n kleiner tent as skoolgebou gebruik. In Desember 1901 het hulle 'n sinkgebou met 'n seildak betrek. In die begin was daar net drie onderwysers, maar teen Desember het die personeel reeds aangegroei tot ses. Daar was toe reeds 1 200 kinders in die kamp onder wie minder as die helfte skool bygewoon het. Die grootskaalse afwesigheid kan toegeskryf word aan die maselsepidemie wat van Julie tot Oktober die kamp in 'n wurggreep gehad het. In Augustus het kinkhoes en griep ook onder die kinders uitgebreek.

Pas nŠ die stigting van die kamp het die inwoners 'n versoekskrif met die volgende klagtes aan die kampsuperintendent oorhandig. Daarin kla hulle oor die omstandighede waarin hulle moes bly.

``On account of carelessness, bad management and ill treatment it is now the second time we are drenched through and through by rain which caused our children already sick with measles, whooping cough and fever to become dangerously ill. It is more than we can stand to be satisfied under all this.'' Hulle versoek die owerheid ``to look into our case with all reasonableness, and to have compassion on our position and to give us liberty to return to our respective homes.''

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 14:56
ABO: Diepe dankbaarheid nŠ Slag van Roodewal.

'n DEEL van die buit. Die Britse voorrade het op die Rooiwal-stasie opgehoop omdat die Boere die spoorlyn tussen Bloemfontein en Pretoria gesaboteer het.

VIR lt. Percy Peerce was die Britte se oorgawe op 7 Junie 1900 in die Slag van Roodewal tussen Kroonstad en Koppies 'n oomblik van diepe dankbaarheid:

``We all shook ourselves to see if we were still whole and breathed thankfulness accordingly . . . Yet a hopeless feeling of depression set in when we realized the position and looked at the killed and wounded, the wrecked buildings, the dead horses . . . the burning mail.''

GENL. CHRISTIAAN DE WET laat die vuur staak en ry na die Rooiwal-stasie toe.
Sowat 100 treŽ van die gebou af kom twee Engelse offisiere hom tegemoet. Hulle is bereid om oor te gee op voorwaarde dat hulle al hul persoonlike besittings en die pos in die possakke kon behou.
De Wet verseker hulle dat hul persoonlike goed veilig sou wees aangesien hy nog nooit enigiemand toegelaat het om in sy teenwoordigheid beslag te lÍ op die persoonlike besittings van 'n krygsgevangene nie.

Dit was 'n ander saak wat die pos betref. ``Maar wat die brieven betrof, kon ik niet toelaten dat die hunne bestemming kon bereiken . . . tenzin het vuur als zoodanig beschouwd worden'' sou hy later skryf.
Soos gebruiklik het hy eers na die welstand van die krygsgevangenes verneem. Die gewonde Britte is deur een van die Boere se dokters versorg.

De Wet woon self die begrafnis van die gesneuweldes by - hoed in die hand.
Later sou 'n veldhospitaal van die Imperial Yeomanry opdaag en die gewondes afvoer na die kamp van die 4th Derbyshires by die Renosterrivierbrug.
Nou kon die Boere eers inneem watter reuse-slag hulle geslaan het. Hulle het verstom gestaan oor die reuse-bale klere wat as verskansings gebruik is. Volgens De Wet was daar minstens 30 000 pakke warm klere, net soveel jasse, skoene, handskoene, warm onderklere en komberse.

Van die spoorwegwaens is belaai met blikkieskos, ingemaakte vrugte, suiker, koffie en rys en selfs weelde-artikels soos whisky en sjampanje.
Daar was krygstuig - onder meer duisende liddiet- en ander bomme waarvan sommige 127 kg geweeg het, duisende kiste kleingeweer-ammunisie en 'n Maxim-kanon. Van die burgers het die swaar projektiele probeer optel, maar nie een kon dit regkry nie.
Wat nou gemaak met al diť buit? het De Wet gewonder.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 15:02
ABO: Talle sterf in Kimberley-konsentrasiekamp.

KINDERS en ander siekes in die hospitaal van die Kimberley-konsentrasiekamp.

IN 1900 was die jaarlikse sterftesyfer in die Kimberley-konsentrasiekamp 535 per 1 000. Afgesien van masels het die inwoners ook longontsteking en tifoÔede koors opgedoen. Daar was nie genoeg dokters om die uitbreek van epidemies te hanteer nie. Siekes is nie na die hospitaal gebring nie en geen tentinspeksies het plaasgevind nie. Gedurende die maselsepidemie was daar nie genoeg beddens vir al die pasiŽnte nie. Inwoners met aansteeklike siektes is ook nie geÔsoleer nie.

DIE Kimberley-konsentrasiekamp was een van die kampe in die Anglo-Boereoorlog wat nie omhein was nie. Die enigste omheinde deel was waar die rebelle of die ongewenstes, dit wil sÍ vroue wie se mans die eed van getrouheid afgelÍ het en dit daarna weer verbreek het, gebly het.
Diegene in die oop kamp kon vrylik tussen Kimberley en die kamp beweeg. Van die inwoners het buite die kamp werk gekry, maar kon rantsoene kry al het hulle vergoeding gekry vir werk wat gedoen is.

Die inwoners van die draadkamp was egter nie so bevoorreg nie. Slegs 100 passe is per week uitgereik: 50 per dag vir twee dae alleenlik. Almal moes om 18:00 in die kamp wees tensy hulle spesiale toestemming van die superintendent gehad het om na 'n spesifieke geleentheid te gaan - dan het hulle 'n deurnagpas ontvang.
Elke gesin het hul eie kos berei, maar hulle het vyf gesamentlik bakoonde gebruik.

Brandhout (ongeveer 1 kg) is per persoon toegelaat. Diegene wat dit kon bekostig, kon hul voorraad aanvul. Maj. Harris van De Beers het by geleentheid 'n groot hoeveelheid hout by die kamp laat aflewer.
Geen beddens is uitgereik nie - inwoners moes op die grond op matrasse slaap. Slegs die hospitaal is van beddens voorsien. Die meeste inwoners het hul eie beddegoed gehad hoewel 5 000 komberse uitgereik is.

Die pryse in die kampwinkel is deur die hoofprovoos beheer. Die winkeleienaar het 10 per maand vir sy lisensie betaal. 'n Blik salm het 10c gekos, suiker 3c vir 450 g, drie blikkies sardientjies 10c, koffie 12c vir 450 g en tee 28c vir 450 g - dit is natuurlik as 'n mens die geld gehad het om dit te kon koop.
Die hospitaal was in drie hout-en-sinkhutte wat elk 14 beddens gehad het. Die res van die pasiŽnte is in vier groot markiestente verpleeg. Die hospitaal se kos in 'n klein kombuisie voorberei wat ook sommer as wassery gedien het. Die hospitaal se lakens is op die kombuistafel oopgevou. Die lakens wat deur pasiŽnte met hoogs aansteeklike tifoÔde koors gebruik is, is nie gekook nie, maar slegs voor gebruik ontsmet.

Daar was twee dokters asook een van die militÍre dokters uit die dorp wat gehelp het. Vier opgeleide verpleegsters en agt leerlingverpleegsters wat uit die geledere van die kampinwoners gekom het, het die verpleging gedoen. Die verpleegsters is goed betaal en het dieselfde rantsoene as die kampinwoners gekry. Hulle moes egter hul eie kos berei en daarom het die dokters hul rantsoene nie geneem nie, maar eerder verkies om buite die kamp kos te koop.

Van Maart tot 25 Augustus 1901 het 252 mense gesterf: 1 jaar en onder = 23, 1-3 jaar = 93; 3-5 jaar = 42; 5-10 jaar = 40; 10-15 jaar = 15; 15-25 jaar = 7; 25-35 jaar = 11; 35-40 jaar = 5; 56-65 = 2; 65 en ouer = 9.

Daar was geen inwonende predikant nie. Plaaslike predikante het die kamp besoek terwyl die kinders Sondagskool in Kimberley bygewoon het.
Baie skoolkinders was weens masels afwesig.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 15:11
ABO: Emosies oorval Hobhouse toe sy ellende aanskou. Wou nood in konsentrasiekampe verlig.

EMILY HOBHOUSE . . . sy is met die aanskoue van die Bloemfontein-konsentrasiekamp deur soveel emosies oorval dat sy dit aan niemand kon beskryf nie.

IN die bloedige son in die Bloemfontein-konsentrasiekamp op wag vir rantsoene.

OP 26 Januarie 1901, vandag 'n eeu gelede, kom Emily Hobhouse, Britse filantroop en mensevriend, by die konsentrasiekamp in Bloemfontein aan.
Haar tog na die oorloggeteisterde Suid-Afrika het in Engeland begin waar sy toestemming gekry het om as verteenwoordiger van die South African Women and Children's Distress Fund na Suid Afrika te reis.

Haar doel was om die nood van die vroue en kinders wat as gevolg van die verskroeide aarde-beleid haweloos gelaat is, te verlig.

IN Kaapstad het Emily Hobhouse eers van die omvang en impak van die beleid te hore gekom toe sy die eerste keer van die bestaan van die konsentrasiekampe gehoor het.
NŠ baie onderhandelings met toepaslike owerhede het sy uiteindelik toestemming gekry om die kampe te besoek.
Hoewel sy baie stories oor die toestande in die kampe by soldate voor haar vertrek in Kaapstad gehoor het, het sy nie geweet wat om te verwag nie - al sekerheid wat sy gehad het, was ``that much needs doing in Bloemfontein''.

Die reis van Kaapstad was eensaam.

Orals was tekens van verwoesting. ``The land seemed dead and silent, absolutely without life as far as the eye could reach, only carcasses of horses, mules and cattle with a sort of mute anguish in their look . . . and refuse of many kinds,'' skryf sy aan 'n tante, Mary Hobhouse.

Met haar aankoms in Bloemfontein het sy besef dat niks sonder die goedkeuring van die militÍre owerheid in Bloemfontein gebeur nie.
Haar eerste indruk van Bloemfontein was dat dit vol soldate was - ``and the little hotels and the post office and a great ring of camps all round and picquets continually demanding your pass. It is a perfect terror,'' is haar gevolgtrekking.

Genl.maj. G.T. Pretyman, 'n ou kennis van haar tantes, het toestemming gegee dat sy by mev. Caroline Fichardt in Kaya Lami, die huis van die Fichardts regoor die Tweetoringkerk, kon tuisgaan. Dit was teen Pretyman se sin, ``want sy is baie bitter'', het hy geredeneer.
Hy het nogtans toegegee en Emily kon haar intrek neem in die ``cool and comfortable house, receiving great kindness . . . unknown as I am''.
Haar indruk van Pretyman was dat hy 'n afgematte en bekommerde man was ``concious of gigantic blunders and with a problem before him that he does not know how to solve''.

Voor haar besoek aan die kamp het sy kapt. Nelson ontmoet wat tot kort voor haar aankoms in beheer van die kamp was, asook maj. R.B. Cray wat in beheer van al die kampe in die Vrystaat was. Hy het sy nood by haar bekla - geen treintrokke, geen geld en geen mag om in die kampe te doen wat hy graag wou doen nie.
``He begs me to go to all the camps,'' skryf sy aan haar tante in Londen.

Om 16:00 op 'n bloedige warm Saterdag kom sy by die kamp op die kaal bruin veld aan. Daar was nie 'n boom in sig nie en nog minder skaduwee.
Sy is met die aanskoue van die kamp deur soveel emosies oorval dat sy dit aan niemand kon beskryf nie.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 15:16
ABO: Boere se sluipskutters haal Kolonialers een vir een uit.

DIE Beleg van Jammerbergdrif (9-25 April 1900) was die jammerste slag van die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog", omdat genl. C.R. de Wet dit nooit moes gedoen het nie. Hy moes eerder sy opdrag uitgevoer het om die spoorlyn van die Kaap na Bloemfontein op te blaas. Dan sou meer Britte weens 'n kostekort gesterf het as by Wepener. Hy was vies oor die Engelssprekendes van Natal en die Kaapkolonie wat aan Britse kant geveg het en wou met hulle afreken.

DIE Koloniale soldate onder kapt. Goddard was sedert 24 Maart 1900 in Wepener om wapens in te samel onder die Boere en proklamasies uit te deel.
Die Boere onder genls. E.R. Grobler en J.H. Olivier wat van die suide aan die terugval was, asook die feit dat hulle met baie opstokers in die distrik te doene gehad het, het Goddard gedwing om hulp by die Britse hoofkwartier in Bloemfontein te vra.

Die eerste kontingent versterkings daag op 29 Maart by Wepener op. Hulle word gevolg deur 'n kompanie Royal Scots onder kapt. Molyneux Seel en 'n aantal Royal Engineers onder maj. Cedric Maxwell op 30 Maart.
Nadat Maxwell op 3 April die omgewing verken het, besluit hy om sy kamp by die reeks koppies digby die Jammerbergbrug oor die Caledonrivier op te slaan. Hoewel die koppies deur omliggende berge gedomineer word, het standhoudende water en die feit dat dit die sleutel was tot die brug en die paaie wat hier bymekaar aansluit, die deurslag gegee.

Hy het sy stellings deeglik beplan deur loopgrawe voor te berei, artillerieposisies te kies en 'n hospitaal by Robertson, die meulenaar se huis by die rivier, in te rig. Groot voorrade mondprovisie en ander benodigd hede is byeengebring deur die winkels en die huise in die dorp te stroop.
Seiners is na Mafeteng oorkant die grens gestuur, om daar as skakel te dien tussen seiners by Jammerbergdrif en diť in die suide. Spanne Sotho-boodskappers is georganiseer.
Op 4 April kom kol. E.H. Dalgety, bevelvoerder van die Cape Mounted Rifles, en sy hoofmag in Wepener aan. Hy neem bevel oor die sowat 111 offisiere en die 1 787 manskappe van die 2 en 1 Brabant's Horse, Kaffrarian Rifles, Cape Mounted Rifles (CMR), Royal Scots, Mounted Infantry (MI) en Driscoll Scouts.

De Wet se tog na Wepener het nie ongemerk verbygegaan nie. Die Engelse se verkenners het hulle gou ontdek en Dalgety in staat gestel om voorbereidings te tref.
Die teken vir die Boere om tot aanval oor te gaan was die eerste van drie kanonkoeŽls wat midde-in die kamp van die Royal Scots gebars het. Die soldate het dadelik hul tente platgetrek en die loopgrawe beset. Hier is hulle nie net met swaar geweervuur van alle kante begroet nie, maar ook deur 'n aanhoudende bombardement van die Boere.

Veral die stellings van die Cape Mounted Rifles het kwaai deurgeloop. Hulle het egter rotsvas bly staan. Maj. C.F. Sprenger, hul bevelvoerder, het met doodsveragting langs die linies op en af gestap, terwyl koeŽls om hom bly spat het. Toe hy op 'n klip gaan sit om asem te skep het hy geval, dodelik deur die hart getref.

Teen 10:00 was die Cape Mounted Rifles se ammunisie op. Om dit aan te vul moes hulle oor 'n oop vlakte hardloop. Die Boere se skerpskutters het gedy en die Kolonialers het swaar verliese gely.

Intussen het Dalgety die Driscoll Scouts en 'n afdeling van die Royal Scots in reserwe ontbied. Teen 17:30 het die geweervuur afgeneem, hoewel die Boere se skerpskutters op enig iets wat beweeg, geskiet het.
Die Engelse se baardraers moes 'n koeŽlreŽn trotseer om die 70 dooies en gewondes na veiligheid te bring. In die nag het die Kolonialers hul loopgrawe dieper gegrawe en hul westelike verdedigingslyn met sandsakke versterk.
Die Winburg-kommando het opgedaag om die insluiting te voltooi. Verdere versterkings het die Boere wat die Britse stellings omsluit het, op 8 000 te staan gebring.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 15:27
ABO: Boere nie lus om stad vol verraaiers te verdedig.

DIT was vir Louis Botha feitlik onmoontlik om met sy minder as 7 000 man die Engelse uit Pretoria te hou. Al die drosters sou eers bymekaar gemaak moes word voordat 'n leŽr van enige betekenis byeengebring kon word.

Selfs onder die manskappe wat hy gehad het, was talle lafhartiges wat nie langer wou veg nie. Sy leŽr het ook sedert die val van Johannesburg feitlik daagliks gekrimp.
Een van die plekke waarheen hulle padgegee het, was Pretoria - die hoofstad wat hulle moes verdedig.
Daar het hulle volgens staatsprokureur J.C. Smuts in 'n moeras verdwyn, gereed om te hensop sodra die eerste Tommies Pretoria binnery. 5 Junie 1900 in die Anglo Boereoorlog.

DIE Boere-offisiere word daagliks al hoe vieser vir die ``disastrous influence of Pretoria on the morale of their men, who seemed to be drinking Circean draughts in the foul treacherous atmosphere of the capital and their determination became more fixed to abandon the place to the enemy as soon as possible'', aldus Smuts.

Vir die verdediging van 'n stad vol rugstekers en verraaiers het hulle boonop nie lus gehad nie.
Nogtans was dit nodig om die vyand wat nŠ 'n paar dae se rus reeds digby Sesmylspruit was, uit die stad te hou om die groot hoeveelhede reserwe-ammunisie, proviand en die kanonne wat nog in die stad was, te verwyder. Botha neem met die burgers wat hy gehad het tussen die hoofstad en lord Roberts se oprukkende mag posisie in.

Op 30 Mei 1900 ondervind Roberts dat nie al die burgers oorlogsmoeg was soos vermoed is nie. Vyfhonderd met drie kanonne het verrassend, kenmerkend van die guerrilla-stryd, op diť dag kol. St. G.C. Henry se berede infanterie en die 3de kavalleriebrigade noord van Elandsfontein aangeval. Die 16th Lancers het sů 'n benoude tyd beleef dat dit net die tussenkoms van die 17th en 19th Lancers was wat hulle uit 'n moeilike situasie verlos het.
Hutton se berede infanterie het by Klipfontein aan die linkeroewer van die Jukskeirivier ook ``a series of dashing skirmishes'' met genl. J.H. de la Rey se krygsmag gehad. Hulle buit 'n kanon en 12 waens met ammunisie en voorrade gelaai en vang 45 burgers, maar hulle kon nie die rivier oorsteek nie. Die burgers het hulle tot laat die aand met kanon- en geweervuur op 'n afstand gehou voordat hulle onder dekking van die nag na Pretoria teruggeval het.
Ook 'n kolonne van maj. Hunter-Weston wat in die rigting van Bronkhorstspruit opgeruk het, is met verliese teruggedryf.

Roberts, wat nie van risiko's gehou het nie, het nŠ 'n paar dae se rus op 3 Junie met sy opmars na Pretoria begin. Ian Hamilton en die kavallerie moes wes om Pretoria trek tot teenoor Daspoortfort. Die hoofmag sou van Florida af per pad op Vlakplaas en Leeukop, suid van die stad, afstuur. French en sy kavallerie moes die verbindings na Pietersburg afsny. Gordon moes dieselfde met die Delagoabaai-lyn doen.

French word baie lastig geval deur die kommando's van genl. Sarel du Toit wat uiteindelik van die wesfront opgedaag het.
Op 4 Junie doen Roberts 'n aanval op die Boerestellings by Sesmylspruit. Vir Botha, wat besef het dat hy geen hoop gehad het om die Britse leŽr hier te stuit nie, was dit dringend noodsaaklik om die Engelse so lank moontlik besig te hou sodat Smuts en ander amptenare die staatsgoud, kanonne, ammunisie en ander voorrade kon verwyder sodat dit nie in die hande van die Engelse sou val nie.

Die Boerestellings aan die spruit tussen Swartkop en Irene het gou in Britse hande geval aangesien dit swak beset was.
Toe die berede infanterie en die Yeomanry die spruit oorsteek, word hulle verras deur swaar kanon- en geweervuur uit die eintlike Boerelinie tussen Skanskop en Kwaggaskop. Hulle val oor die spruit terug. Roberts ontplooi die infanterie en sewe veldbatterye.

Die Boere se kanonne onder bevel van Lood Pretorius en Von Lossberg handhaaf hulself goed teen die oormag Britse geskut. Onder die kanonne was die Long Tom op die spoorwegwa wat van die omgewing van Irene-stasie op die Engelse geskiet het. Eers teen 15:00 word die Long Tom onttrek en oos in die rigting van Middelburg gestuur.
Ook Roberts se infanterie kon nie vorder nie. Veral hul linkerflank loop onder 'n aantal burgers deur wat Botha op die hoogtes langs die spoorweglyn tussen Johannesburg en Pretoria geplaas het. Die infanterie het die gevaar geloop dat die klompie Boere enige oomblik die Engelse posisies kon omvleuel. Voordat die Engelse dus enigsins verder kon vorder, moes die klompie Boere eers verdryf word.

Die aankoms van versterkings van Diepkloof het die gewenste uitwerking gehad en die burgers het haastig padgegee om nie omsingel te word nie. Teen 16:45 het kol. De Lisle, wat die naaste aan Pretoria was, 'n brief namens Roberts aan Botha gestuur waarin hulle die oorgawe van die stad geŽis het.
Jonkheer Sandberg, Botha se sekretaris, lewer die Boereleier se antwoord eers lank na donker af by Roberts wat toe reeds ``tot aan zijn hals onder die dekens . . . met een witte slaapmuts op'' in sy waentjie gelÍ het. In die antwoord vra Botha om 'n wapenstilstand, oŽnskynlik om die vroue en kinders uit die stad te verwyder.
Roberts weier. Sy antwoord was dat sy soldate om 05:00 met die finale opmars na Pretoria sou begin.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 15:33
Boere verower Sladen se laer nŠ 'n kort geveg.

DIE slag van Graspan naby Reitz het op 6 Junie 1901 plaasgevind.

VOLGENS 'n beriggewer het genl. Christiaan de Wet se broer Piet en die National Scouts die Britse kolonne vermoedelik gelei. Van die burgers in die omgewing het hulle by die klein groepie aangesluit totdat hulle sowat 80 burgers was.
Teen 14:00 is hulle naby genoeg aan die hutte sodat hulle kon sien dat die Britte waens in rye van 10 of 12 trek waarvan die eerste ry se osse feitlik teen die kraal gestaan het.

Sladen, wat die ruiters nader sien kom het, is aanvanklik onder die indruk dat dit Bethune se kolonne kon wees. Hy was ook bang dat Bethune dalk nie bewus was dat die waens reeds in hul hande was nie en hulle dan onder skoot kon neem.
Hulle stuur lt. White van die Gordon Highlanders om uit te vind wat aan die gang is, maar hy keer nie terug nie. Die Boere het hom gevang en hom van al sy klere behalwe sy hemp gestroop.

Hy het later ontsnap en met De Lisle se kolonne kontak gemaak ``who from the lips of this strange but timely messenger learnt the news of Sladen's peril''.
Toe die ruiters op die bult op hulle afpyl en verder die waens van die noorde en die suide omsluit, was dit duidelik dat dit Boere was.
Davel, nadat hy die Britte se posisie goed verken het, gaan tot die aanval oor. Die soldate vang hul perde terwyl die gevangenes, onder meer Kestell, buite onmiddellike gevaar agter 'n sooimuur skuil. By die waens neem die Engelse sowat 100 m voor die waens stelling in terwyl die vroue en kinders by die waens self skuil.
Swaar geweervuur breek uit. Koeels fluit uit alle rigtings. Die mans agter die sooimuur se posisie word benard toe hulle ook onder die Boere wat die laer uit die suidweste bestorm het, se vuur deurloop.

Die wagte het hulle nou toegelaat om in een van die hutte te gaan skuiling soek.
Sowat 20 minute nadat die geveg begin het, het die Boere die laer verower.
`Sladen had indeed fallen into a nest of hornets,'' aldus die amptelike Britse geskiedenis.

Die soldate het nou geen ander keuse gehad as om self skuiling te soek nie. Hulle storm deur die waens na die hutte en die veekraal daar naby. Die oomblik toe dit gebeur, het van die vroue begin om met die waens te vlug. Almal het weggekom behalwe die laaste ry naaste aan die kraal.
Van die vroue het ook van die gewonde burgers afgevoer.
By die hutte en die kraal maak die Britte skietgate in die mure. Sladen se manne het die beste skuiling gehad, want die Boere het net een hut, 'n lae sooimuur en die skuiling van een ry waens tot hul beskikking gehad.

'n Hewige vuurgeveg van vier uur volg.
In die gewoel is twee gewonde soldate na die deur van die hut gedra waar ds. J.D. Kestell en sy makkers was. Kestell het dadelik uitgegaan om die dokter te help.
Terwyl hulle besig was, het die koeels om hulle begin fluit want die Boere het intussen die laer uit die ooste ingeneem. 'n Stuk of tien het tot by een van die hutte gevorder waar hulle op 'n afstand van 20 m op die Britte in die beeskraal begin skiet het en ook na Kestell en die krygsgevangenes.

``Ons is Boere,'' skree hulle, maar dit het niks gehelp nie, want die Boere het die wagte onder die krygsgevangenes opgemerk en gedink dat hulle as gidse vir die Britte optree.
Kestell stap toe self vorentoe en skree dat hulle Boere is.
``As julle Boere is, kom dan uit,'' kom die antwoord.

Boertjie Phillip
30 Dec 2012, 15:39
ABO: Vroue, kinders val weer in Britse hande.

IN die slag van Graspan naby Reitz op 6 Junie 1901 het die Britte op die vlugtende Boervroue geskiet en diť wat hulle gevang het, na konsentrasiekampe gebring.

CHARLES KESTELL, ds. J.D. Kestell self en van die ander gevangenes het dadelik uitgestorm en agter 'n ander sooimuur gaan skuil. By die hut merk Kestell vir Davel en oud-genl. Piet Fourie op.

Kort hierna het Davel 'n wit vlag gestuur na die kraal om aan die Engelse te sÍ om oor te gee. Hulle weier. Om 15:00 neem die geveg weer 'n wending toe De Lisle met die res van sy kolonne opdaag. Een van De Wet se verkenners het die Boere net betyds gewaarsku dat De Lisle in aantog was.
Kestell en sy seun se spaider het uitgespan gestaan en kon nie betyds ingespan word nie. Met die hulp van mev. C. de Beer en haar dogter, wie se kar wel ingespan was, het hulle egter weggekom.

Die Boere gee pad en die waens met die vroue (behalwe twee) verwissel weer van hande.
Die Britte begin op die vlugtende vroue en waens skiet. Die waens wat nie gebuit is nie, is verbrand. Die vroue en kinders wat nou weer in Britse hande val, word na die konsentrasiekampe in Heilbron en Kroonstad gebring.

Die kraal ``was found to be in a shambles, littered with the dead bodies of 26 of Sladen's men and 17 Boers'', vertel Amery in die Times History, terwyl sers. Sutherland van die Gordon Highlanders 40 van die 45 krygsgevangenes weer vang.

Die Britte het hul eie dooies en diť van die Boere in Reitz begrawe voordat hulle vertrek het.
Twee dae later het die Boere, so vertel Kestell, gegaan en 13 gesneuweldes ``op 'n deegliker wyse begrawe as wat die vyand dit inderhaas kon doen''.

Boertjie Phillip
31 Dec 2012, 12:19
Blokraaisels oor ABO sal vermaak ťn inlig.

'n BOEK met 50 blokraaisels oor die Anglo-Boereoorlog (ABO) deur Elria Wessels is deur die Oorlogsmuseum in Bloemfontein uitgegee.

Die ABO-blokraaiselboek kos R20. Die telefoonnommer is (051) 447-3447.

Dink dit behoort mens se kennis te toets oor ons geskiedenis.

Boertjie Phillip
31 Dec 2012, 13:29
Boervroue het manskoene volgestaan. Hulle het lande geploeg, diere gedip, en gesorg vir selfs 'n groter oes.

IN die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" toe die mans weg is front toe, het die vroue, wat op die plase agtergebly het, skape gedip en geskeer, windpompe reggemaak en oeste van die lande gehaal.

Die Volkstem van 12 Januarie het berig dat die mielie-oes van 1900 net so goed soos die vorige was, indien nie beter nie.
Nie elke mans het sy vrou vertrou om die boerdery te behartig nie. J.H.P. Steyn van Heilbron het weekliks per brief 'n stroom instruksies aan sy vrou op die plaas gestuur oor hoe sy die oes moes verkoop, die lande moes ploeg en wanneer sy dit moes doen. Hy was ontevrede oor die klein oes, maar aangesien dit die ``wil van die Here'' was, moes hy maar tevrede wees. Hy het selde in diť briewe gevra hoe dit met hŠŠr gaan.

Die vroue het nie net geboer nie. Voor die oorlog het hulle reeds begin noodhulpklasse neem om die mans te kon verpleeg. Diť klasse het voortgegaan tot nadat die oorlog uitgebreek het.
Die Kommandowet het bepaal dat elke burger mondproviand vir 'n paar dae met hom op kommando moet saamneem totdat die kommissariaat die taak van kosvoorsiening kon oorneem. Vroue het dus voor die oorlog op groot skaal gebak, en die verstandiges onder hulle in Bloemfontein en Pretoria het solank kosvoorrade aangekoop vir die tye wanneer dit onbekombaar sou raak.

Toe die oorlog uitbreek, is skole gesluit en kinders is teruggestuur plase toe. Die meeste van die hoŽrskoolleerlinge van Grey-kollege in Bloemfontein het kommando toe gegaan. Die oorblywende koshuisgangers is deur hulle ouers teruggeneem plaas toe. Die stadseuns, wat moes aanhou skoolgaan, het toe gestaak.
Die Damesinstituut in Bloemfontein moes van sy onderwyseresse afdank, en by St. Michaels moes die susters van pap en bossietee lewe en sokkies stop teen 'n sjieling 'n paar toe die afwesigheid van leerlinge hulle van 'n groot deel van hul inkomste beroof het.

Toe die skool op Kommandonek naby Ladybrand gesluit het, het mev. Barry besluit dat haar dogters nie so ledig kon rondsit nie. Hulle het toe onder haar wakende oog uit die boeke van hul broer, wat aan die Victoria-kollege in Stellenbosch gestudeer het, geleer.
Die ``joiners'' het die vroue op die plase voortdurend geteister. Op 'n tydstip in die oorlog skryf Anna Barry die enigste goed wat nog nie op haar plaas opgekommandeer, gesteel of weggedra is nie, was die vier vroue, die lÍhenne, twee katte en die hond, Sultan.

Nuus van die mans en kinders op die front het al hoe skaarser geword. Hulle het gewag vir briewe, amptelike verslae en persberigte. Die posdiens tussen die front en die burgers se tuisdorpe was nie altyd doeltreffend nie.
In Bloemfontein kon die inwoners die jongste nuus voor die Express se kantoor by die ``boom van kennis van goed en kwaad,'' soos dit by die inwoners bekend was, gaan lees. Die jongste nuus is aan die stam van 'n boom voor die kantoor van die Express vasgespyker.

Vroue in roudrag het 'n algemene gesig geword. Die preekstoel van die Tweetoringkerk in Bloemfontein is gou bedek met 'n swart kleed. Bidure is in kerke, woonhuise en onder koeltebome gehou. Baie gemeentes het nie predikante gehad nie, omdat hulle op kommando was.

O.T. de Villiers skryf oor die vroue: ``Julle almal, wat vaders, broers en verloofdes op kommando het, stry ook 'n stryd, en ek weet nie wie se stryd die swaarste is nie: om die vyand in die aangesig te kyk of om tuis die toekoms in te wag nie.'' - ABO

Boertjie Phillip
31 Dec 2012, 13:35
ABO: Agterryer het Boer se lyk 4,8 km na huis gedra.

DIE verhaal van 'n Boesman-agterryer wat 'n Boer se lyk 4,8 km ver gedra het.

As skooldogter van Kroonstad, ongeveer 1940, het my pa, Piet Odendaal, vir ons drie kinders gesÍ: ``Ek het vandag vir outa Gorrie en aia Mieta by Makawaanstat naby Steynsrus gaan haal. Julle moet hulle met respek behandel en hulle altyd aanspreek as outa Gorrie en aia Mieta. Hulle gaan vir die res van hul lewe hier by ons bly in die stroois naby die huis om genadebrood te eet.''

Later het Pa ons die geskiedenis vertel. 'n Jong Boesman, sy naam was eintlik Gowwerment, maar het later Gorrie geword, was sy pa, assistent-vdk. Jan Odendaal, se agterryer in die oorlog.

Op 28 September 1900 naby die bekende plaas Makawaanstat, ongeveer halfpad tussen Steynsrus en Lindley, was daar 'n skermutseling tussen die Boere en die Engelse. Terwyl die geveg op sy hewigste was, is Jan Odendaal noodlottig gewond. Sy getroue agterryer, Gorrie, het saam met van die Boere na skuiling gevlug.

Die nag toe dit stikdonker was, het Gorrie teruggegaan na die gevegstoneel om te soek na die lyk van Jan Odendaal. Hy het dit gekry en die byna onmoontlike vermag deur die lyk op te tel, oor sy skouer te gooi en 4,8 km ver te dra na 'n plaashuis vanwaar die naasbestaandes in kennis gestel is.
My pa se vraag: ``Verstaan julle nou waarom ons Odendaals erkentlik voel teenoor die ou Boesman wat gesorg het dat ons vandag weet waar julle oupa gesterf het en waar sy laaste rusplek is?''

In die jare wat ou Gorrie by ons op die plaas gewoon het, het hy vir baie vermaak gesorg. Vir ons as kinders het hy diťrympie geleer:
Die groot voŽl kom
Van Karamel en DiksenÍrie
Oor Horeb en Hareb
Vandaar kom die voŽl.

Op 'n dag het ou Gorrie saam met my pa en oom Fanie Gouws in die motor in Kroonstad se hoofstraat gery toe 'n vrou met 'n langbroek aan oor die straat gestap het (dit was nog nie algemene gebruik soos vandag nie). Ou Gorrie het terstond sy hande oor sy oŽ gehou en gesÍ: ``Ag, dankie, Here, dat U my so lank gespaar het om ook 'n trassie te sien.''

My pa het vir ou Gorrie 'n manel en keil gegee en Sondae het hy as lekeprediker opgetree. Hy kon nie Sotho praat nie, net pront Afrikaans. Hy het baie in sy ``preke'' gewaarsku teen ``kleingeestigheid''.
NŠ 'n klompie oŽnskynlik gelukkige jare op Frederiksrust het aia Mieta een oggend aan pa-hulle se kamervenster geklop en gesÍ: ``Pietman, ou Gorrie het sy laaste slaap begin slaap.''

My pa het ou Gorrie se graf laat grawe 'n entjie van die stroois af en eerw. Olivier van Kroonstad gevra om die begrafnis waar te neem. Baie oud-stryders en blankes het dit bygewoon om aan ou Gorrie as 'n oud-stryder die laaste eer te bewys.

F a n i e
1 Jan 2013, 18:36
Dankie Boertjie !

Boertjie Phillip
2 Jan 2013, 12:17
Dankie Boertjie !

Plesier Fanie , nou weer opsoek na vars staaltjies.... en die word skaars. :)

F a n i e
2 Jan 2013, 14:32
Plesier Fanie , nou weer opsoek na vars staaltjies.... en die word skaars. :)

He he, moenie nou met stories kom nie, kom met daai stories ;)

Dis soos jou pa altyd gese het - bly stil ! wat het jy gedoen ? en dan voeter hy jou as jy niks se nie :D

Boertjie Phillip
2 Jan 2013, 14:52
Kinders leer fluks in kampskool in Norvalspont.

DIE kampskool in die Norvalspont-konsentrasiekamp.

ALTESAME 366 inwoners het in die Norvalspont-konsentrasiekamp gesterf. Van hulle was 267 kinders jonger as 15 en 90 ouer as 15. Die hoofoorsaak onder die kinders was 'n maselepidemie wat van Julie tot Oktober 1901 die kamp geteister het. Ander oorsake was witseerkeel, tifoÔdekoors, diarree, disenterie en kinkhoes.

OUDONDERWYSERS en onderwysers onder die kampinwoners het gou 'n private kampskool vir die kinders tot stand gebring. Hul salarisse is aanvanklik deur die ouers van die leerlinge betaal.
E.B. Sargent, wat sedert Oktober 1900 waarnemende direkteur van onderwys in Transvaal en die Vrystaat was, open in Norvalspont een van die eerste amptelike kampskole. Mej. G. Fischer, 'n vlugteling uit die Kaap, is spesiaal daarheen gestuur om die hoof van die kampskool te wees.
In Augustus 1901 was daar 867 kinders in die skool en in Oktober 1901 het die leerlingtal tot 800 aangegroei, een van die grootste kampskole in die Vrystaat.
Skoolbywoning was gemiddeld 600 per dag.

Dit het aansienlik afgeneem toe 'n maselepidemie die kamp tref.
Die skool is in nege markiestente gehuisves, terwyl Fischer haar eie markiestent gehad het.
Mnr. W.P. Erasmus het Fischer as hoof opgevolg. Hy het 12 assistent-onderwysers gehad: 3 mans en 9 vroue. Skoolure was van 09:00 tot 13:00. Skoolbesoek was verpligtend.

Engels was die medium van onderrig. Een keer per dag het die kinders egter Bybelonderrig in Hollands ontvang.
Die kinders is ook onderrig in die drie ``r's'' (reading writing and arithmetic), Engels, sang, liggaamsoefening, teken en naaldwerk.
Die mans in die kamp moes daagliks van 09:00 tot 12:00 werk in die skoenmakery, timmermanswinkel, by die steenmakery, of by die smidswinkel waar hulle onder meer broodpanne moes maak. Die mans het ook 'n tennisbaan aangelÍ. Diť werk was verpligend.

Die inwoners van die kamp het die volgende rantsoene ontvang - lb. mieliemeel, rys of aartappels; 1 lb. vleis twee keer per week; 1 oz., oz. sout en 2 oz. suiker en koffie daagliks.
Diť skaal het die vroue en kinders wat familielede op kommando gehad het, gegeld.
Kinders onder die ouderdom van ses jaar het die volgende ontvang: lb. vleis twee keer per week, blik kondensmelk per dag, 1 oz. suiker en sout daagliks.
Melk was skaars en die kampsuperintendent moes daagliks 100 bottels melk vir die hospitaal teen 4c 'n bottel koop.
Elke gesin het hul eie kos voorberei. Hier was nie 'n tekort aan brandhout soos elders nie en die kamp het bakoonde gehad. Die 15 lynkorporaals het die rantsoene vir hul afdelings gaan haal. Die kinders was aanvanklik daarvoor verantwoordelik, maar omdat van die kosbare rantsoene deur lomp handjies gemors is, het die lynkapteins die werk oorgeneem.

Daar was vier winkels - vir diť wat geld gehad het. Die twee eienaars het met mekaar meegeding en gevolglik was die pryse laer as die amptelike pryse: 10-12 lemoene kos bv. 10c, koolkoppe 5c elk, wortels 8c 'n bos en flennie 15c 'n jaart. Vars vis het daagliks van Port Elizabeth gekom en is teen 5c verkoop.
Die lynkapteins het daagliks die tente besoek en siektes en sterftes by die kommandant aangemeld.

Siekes is in 11 groot tente gehuisves. Mej. Broers, 'n verpleegster uit Nederland, was in bevel van die hospitaal. Twee dokters, drie opgeleide verpleegsters, agt assistent-verpleegsters, twee verpleŽrs en agt manlike assistente en 'n apteker het na die pasiŽnte omgesien.
Die kamp het in Oktober 1902 gesluit.

Boertjie Phillip
2 Jan 2013, 14:56
``Oubaas, hier is die Engelse!''

Die burgers saam met Steyn was meestal van Reitz - baie van hulle het tuishuise in die dorp gehad. Die kommandant laat hulle dan nou ook toe om die nag in hul huise deur te bring.
Hulle was dus oor die dorp heen versprei. Die president laat sy tent opslaan voor die huis van ene Rousseau. Sy tentmaats daardie nag sou Wessels en Cronjť wees, asook sy ouer broer, P.G. Steyn, terwyl Davel en die heer Brain besluit om nie ver daarvandaan nie onder 'n kar te oornag. Die president se drie sekretarisse, Gordon Fraser, Rocco de Villiers en A. McHardy, besluit om in Rousseau se huis self te slaap aangesien hulle wou kaartspeel en is dus nie soos gewoonlik in die tent van die president nie.
Die meeste perde word gespan, maar die president se perde word in 'n stal sowat 300 treŽ van waar sy tent gestaan het, gehuisves.
Teen 02:00 staan Steyn oudergewoonte op om te sien of alles in orde is. Daar is geen wagte uitgesit nie, hoewel Davel aan twee van die verkenners opdrag gegee het om Broadwood se bewegings met 'n arendsoog dop te hou.
Gerus gestel dat alles in orde is, keer hy na sy tent terug. Intussen het sy kok en lyfbediende, Ruiter, ook opgestaan om koffie te gaan maak, hoewel dit nog nie lig was nie. Skielik hoor hy 'n geraas.
'n Oomblik lank is hy oortuig dat dit beeste is. Wat Ruiter nie weet nie, is dat dit die twee verkenners is wat Davel uitgestuur het wat nou met die Engelse kort op hul hakke die dorp ingejaag kom.
Ruiter twyfel en skielik tref dit hom soos 'n weerligstraal.
Dit is die Engelse!
Hy storm Steyn se tent binne met 'n benoude ``Oubaas, hier is die Engelse!''

Boertjie Phillip
2 Jan 2013, 15:03
Kleindogter gee beeld van oupa aan museum.

http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/8912e986f2714ab3aa3960ab0d96f262_zpsb09b9710.jpg
MEV. ELSA STOFBERG by haar treffende kunswerk van haar oupa, oudpresident M.T. Steyn, op sy perd.

OP 85 staan haar hande vir niks verkeerd nie en dit was vir haar ’n groot vreugde om ’n beeld vir die Bloemfonteinse Oorlogmuseum te maak.

Sů sÍ mev. Elsa Stofberg, ’n kunstenaar van Naboomspruit en die kleindogter van oudpresident. M.T. Steyn, wat gister ’n beeld van haar oupa aan die museum oorhandig het.

Die merkwaardige kunswerk is van pres. M.T. Steyn op sy perd, Scott, waarmee hy in die Anglo-Boereoorlog geveg het.

Steyn was die laaste president van die onafhanklike Oranje-Vrystaat van 1896 tot 1902.

“Ek het nooit my oupa geken nie, want hy was al dood toe ek gebore is. Toe ek onlangs ’n boek oor sy lewe lees, het ek besef ek wil graag ’n beeld van hom op sy perd maak.”

Stofberg doen beeldhouwerk en skep kuns wat vir haar bevredigend, lekker en mooi is.

“Die Oorlogmuseum het my gevra vir ’n borsbeeld van my oupa.

“Ek het gesÍ dit sal reg wees, maar ek wil graag een van hom op sy perd vir myself maak.

“Toe wil hulle ook een op ’n perd hÍ.”

Dit het haar sowat twee maande geneem om die beeld met die ruiter en perd te maak. Dit is in Pretoria in brons gegiet.

“Om beelde te maak is my lewe. Ek sal nie sÍ dit was moeilik nie.

“Dit was wonderlik en het gevoel ek het my oupa nog beter leer ken.”

Stofberg is die oud-Springbok-rugbykaptein Theuns Stofberg se ma. Sy het ses jare gelede ’n groot beeldhouprojek vir ’n groep ontwikkelaars in die Kaap voltooi.

Sy het vroeŽr jare by die Lettie Fouchť-skool in Bloemfontein klasse in pottebakkery gegee en agt beelde van Volksblad-koerantverkopers gemaak.

Boertjie Phillip
2 Jan 2013, 15:13
Boerestreke.

Die staaltjie onder die opskrif ``Reg en geregtigheid'', lui soos volg:

``Op Calvinia laat generaal Hertzog my (Rooi Faan van der Merwe) toe roep en hy sÍ vir my: `Kyk, Faan, ons het nou Calvinia van die Engelse afgeneem en ek en generaal Nieuwoudt gaan verder - ons wil gaan tot by Lambertsbaai en ons kan nie Calvinia sommer so los dat die Engelse hom weer inneem nie. Ek stel jou nou aan as landdros van Calvinia, jy kan vir jou 'n klompie man uitsoek - so tussen 20 en 25 - en dan bly julle agter en julle sien toe dat wet en orde in Calvinia gehandhaaf word totdat ek terugkom.'

``So gesÍ, so gedaan. Ek word aangestel as landdros van Calvinia en die twee generaals gaan verder. Daar het nou nie juis ernstige sake voor my gedien nie, maar ek het gou uitgevind dat 'n man soos ek geen kennis van regspleging het nie en baie gou in die war gebring kon word deur getuienis aan te hoor vir 'n man en teen 'n man, terwyl aan die ander kant, as 'n man skuld beken, word daar geen getuienis gelei nie!

``Toe maak ek 'n plan. Ek kam my bos rooi hare van agter af oor my kop en oor my gesig. My oŽ hou ek op skrefies waardeur ek net-net kon sien.

``So klim ek nou op die regbank met my rewolwer in my hand. As ek nou op die bank kom, bulder ek so 'n bietjie op my polisiemanne - hulle reageer gewoonlik te stadig na my sin en dan skiet ek so 'n paar skote rond in die hof dat die pleisterklei so waai.

``Dan eers sÍ ek vir die aanklaer hy moet die klagte teen die beskuldigde uitlees en as dit klaar is, k-y-y-y-k ek vir die man - meestal bruin mense - so deur die skrefies hare totdat hy ongemaklik op die beskuldigdebank begin rondskuif.

``Dan eers vra ek: `Pleit jy skuldig of onskuldig?'

``Gewoonlik antwoord hy sommer: `Skuldig, Seur, die Seur kyk dan so dwarsdeur 'n mens tot binne in sy siel! Nee, ek is maar skuldig, Seur.' ''

Boertjie Phillip
4 Jan 2013, 18:15
ABO: Skandinawiese Korps.

http://i1340.photobucket.com/albums/o729/boerevryheid2/450px-Boer-war-volunteers_from_FinlandampScandinavia_zpsc5e4e067. jpg

Die Skandinawiese Korps, foto waarskynlik op 16 Oktober 1899 geneem. Christer Uggla is in die eerste ry heel links. Ander lede wat geidentifiseer kan word: staande, in die middel sonder bandeliers, van links na regs: (2Lt en KM) Adolf Claudelin, 2iC company 1Lt Erik StŚlberg (swart snor), Veldkornet Johannes Flygare (bril en baard), 1st Lt en KM Carl David Appelgren (snor) en 2lt William Baerentsen (Deen, snor)

Die Skandinawiese Korps (Sweeds: Skandinaviska kŚren) was 'n militÍre eenheid wat deur Christer Uggla gestig is tydens die Tweede Vryheidsoorlog wat in 1899 uitgebreek het tussen die Boererepublieke en die Verenigde Koninkryk. Die eenheid het bestaan uit ongeveer 100 Sweedse, Finse, Deense en Noorweegse vrywilligers. Die eenheid het aan die beleg van Mafeking en die Slag van Magersfontein van 10 tot 11 Desember 1899 deelgeneem waar dit swaar verliese gelei het. Die soldate wat gesneuwel het is op die slagveld begrawe. Die eenheid is weer versterk en geherorganiseer. Die oorblywende lede is egter op 27 Februarie 1900 krygsgevangene geneem met Generaal Cronjť se oorgawe by Paardeberg. Later is 'n Skandinawiese monument opgerig op die plek waar die Skandinawiese soldate gesterf het.


Magersfontein.

Die Skandinawiese Korps wat agter klein rotse en skanse ingegrawe was op 'n voorwaartse verkenningspos wat later deur die Engelse "Horse Artillery Hill" gedoop was, het hulself aan die regterkantste flank van die Highlanders bevind. Toe die Highlanders begin terugval en in hulle rigting begin uitwyk het, het hulle hewig losgebrand op die Highlanders. Hulle posisie is bestorm en omdat hulle geÔsoleer geraak het van die ander Boeremagte is hulle oorweldig en is die korps geheel en al uitgewis ('n Monument ter nagedagtenis aan hierdie dapper vegters staan vandag daar op "Horse Artillery Hill").

Boertjie Phillip
4 Jan 2013, 18:42
Lewe keer terug na `normaale in Kimberley nŠ gevegte tussen Boer en Brit.

KIMBERLEY. Nadat Boer en Brit die eerste keer in die omgewing van diť beleŽrde dorp slaags geraak het, het die dorpenaars se lewe die daaropvolgende dae weer na die `normale' teruggekeer.

Dr. Henry Symons, 'n geneesheer, skryf op 26 Oktober 1899 aan sy broer, Edward, die grond(veiligheids)werk rondom die dorp is voltooi. Dit is weke vůůr vyandelike optrede deur ingenieurs beplan. In die meeste gevalle is van afvalhope gebruik gemaak. Op ander plekke is versperrings met houtplanke aan die binnekant en sandsakke en sand bo-op gebou.

Van die goed wat die meeste gemis word, is bome rondom die dorp. Dit is afgekap vir 'n beter uitsig en om as versperrings te dien.

Verpleegkundige Francis Wookey van die Kimberley-hospitaal skryf op 25 Oktober 1899 sy is van Lanyon-saal na Southey-saal verplaas. Twee of drie van die pasiŽnte is polisiemanne wat van Vryburg ontsnap het. Hulle het interessante verhale oor hul tog vertel.

'n Man wat 'n noue ontkoming gehad het, was die middag in die hospitaal. Hy sÍ 'n koeŽl het deur sy knapsak gegaan, deur 'n blikkie vleis, 'n blikkie kondensmelk en deur sy jas, maar dit het hom nie geraak nie.

Mnr. William Boothy, handelaar van Kimberley, skryf die oorlog het talle familie-verhoudinge in vyandige kampe gedryf. So 'n geval is die Brown-familie.

Die een broer het in die Jacobsdal-omgewing geboer. Hy is saam met die Vrystaat-kommando wat Kimberley by Modderrivier en ander plekke tot by Spytfontein afgesny het.

Die ander broer was 'n polisieman gestasioneer by Modderrivier. Hy en sy kollegas het teen die kommando geveg.

So lank as die Boere slegs stasies neem wat nie verdedig word nie, sal die (Waverers) onsekeres steeds onseker wees, maar as hulle (die boere) die Engelse soldate oorwin, of uitoorlÍ, of Kimberley inneem, sal die hele land van rebelle wemel, meen Boothy.

Boertjie Phillip
4 Jan 2013, 18:58
ABO: Sandveld ryk aan ABO kultuur.

Diť Britse bajonette is nŠ die oorlog op Klipvlei, Darling, gevind. Dit is vermoedelik deur die Boere buitgemaak, want die Britte het nooit op die plaas uitgekamp nie. Dit is egter dikwels deur die Boere besoek. Diť Victoriaanse woning op die hoek van Reiner en Retief (voorheen Van Riebeeck) Straat, Malmesbury, was in die Anglo-Boere Oorlog 'n Britse militÍre hospitaal. Dit is steeds in 'n goeie toestand.

OP die plaas Klipvlei, naby Darling, waar Boere kommando's in die Anglo-Boere Oorlog dikwels kamp opgeslaan het, is onder meer twee Britse bajonette nŠ die oorlog gevind.

Mej. Betrina Visser, gebore 1906, van Malmesbury het onlangs aan hierdie skrywer vertel haar familie het Klipvlei in die oorlogstyd besit.

Hulle het vertel dat die Britse kolonnes nooit op diť plaas kamp opgeslaan het nie. Die Tommies het wel by die plaasmense probeer uitvis wat die bewegings van die Boere kommando's was.

Visser sÍ haar familie het 'n goeie gesindheid jeens Boer en Brit bewaar, en het vir albei strydende partye gedoen wat hulle kon. Hulle het egter nooit by die vyandighede van die oorlog betrokke geraak nie.

Die bajonette is kort nŠ die oorlog deur plaaswerkers ontdek. Hulle het ook veldkornet Casparus Hildebrand se lyk daar in 'n vlak erdvarkgat, waar die Britse soldate dit begrawe het, ontdek. Dit was slegs 'n dag nŠ sy dood in 'n hewige skietgeveg. 'n Britse bomskerf het hom noodlottig gewond.

As kind het Visser dikwels staaltjies oor die oorlog gehoor, soos dat Hildebrand en sy manne sommer 'n skaap uit die kraal op Klipvlei gaan vang en gebraai het, nogal op dieselfde plek waar haar familie hul wapens en ammunisie begrawe het uit vrees dat die Britte ingevolge krygswet daarop beslag sou lÍ.

Die Boere was net met gewere en ligte handwapens bewapen, maar die Britte het ook masjiengewere en kanonne gehad.

Aan Visser is vertel dat wanneer die Britse kolonnes met hul kanonne oor die kop by Klipvlei gekom het, het die Boere kommando's hulle vinnig uit die voete gemaak. Hulle kon egter net so blitsig op die Britte toeslaan en hulle groot skade berokken.

Visser sÍ haar moeder was 'n nooi Bester wat in 1903 met Tienie Visser van Klipvlei getroud is. Hy het die bajonette aan haar bemaak. Sy besit ook 'n stereoskoop met baie foto's wat gedurende die oorlog geneem is.

Boertjie Phillip
4 Jan 2013, 19:11
Bobbejaanstreke onder die Boere op kommando.

Seker die haas ongelooflikste hiervan is sy vertelling van ``Die Jakkals'' en ``Die Wolf'', twee hoogs uitsonderlike en totaal onverskrokke Boere karakters wat hul lewe vir hul land afgelÍ het.

Hulle was deel van 'n gidskommando van veertig burgers wat genl. Koos de la Rey afgevaardig het om die Vrystaatse pres. M.T. Steyn deur die BosveldwÍreld in die Pilansberg in die huidige Noordweste te begelei.

Die Bouwer kommando, heeltydse begeleiding vir Steyn onderweg van Machadodorp, waar hy met pres. Paul Kruger samesprekings gevoer het, terug na die Vrystaat, het diť deel van die wÍreld nie geken nie .

Dit was die gevaarlike wÍreld van die Tswana, wat deur middel van lokvalle jag gemaak het op klein Boere kommando's. Die moordaanval op Derdepoort naby Rustenburg toe burgerlike boeregesinne op 23 November 1899 deur Twanas onder aanvoering van Britse soldate ůf uitgewis ůf weggevoer is, is seker die bekendste gruverhaal van daardie geweste.

Bouwer vertel voorts: ``Hierdie (De la Rey manne) was tipiese, geharde Wes-Transvaalse burgers, deur sommige bestempel as die beste stryders onder die Boere.

``Twee van hulle, broers, ek onthou baie duidelik: Du Plessis was hul naam, het die byname gekry van `Die Jakkals' en `Die Wolf'.

``Hulle was baie groot mans, joviaal op 'n grimmige manier, met die soort sin vir humor wat 'n boogskutter van die Swart Prins (Edward van Woodstock) voldoende deur sy kampanjes sou ondersteun het. Ek wil nie liefdevolle karakters van hulle maak nie, maar hulle het sekerlik 'n ten volle ontwikkelde lojaliteit teenoor hul eie soort gehad, en as hulle roekeloos met ander se lewe omgegaan het, het hulle nooit daarvoor teruggedeins om hul eie op die spel te plaas nie.

``Hulle was uit op verkenning toe hulle afkom op 'n bobbejaantrop, wat hulle agternagesit het. Die bobbejane, verward en verskrik, het paniekbevange in bome opgeklouter.

``Een yslike ou mannetjie wat alleen in 'n boom gesit het, is deur die twee broers geteiken. `Die Wolf' het in die boom opgeklim en die mannetjie na benede geskop waar `Die Jakkals' hom vasgepen het totdat `Die Wolf' uit die boom geklim het.

`` 'n Bobbejaan kan die grootste hond aan stukke skeur, maar daar was 'n roekelose vermetelheid aan hierdie twee kÍrels wat hulle in staat gestel het om opposisie te oorkom byna voordat dit kon ontstaan.

``Terwyl elk sy perd met die een hand lei, het hulle met die ander hand die bobbejaan aan 'n voorpoot beetgehad sodat hy regop op sy agterpote moes stap. Sů het hulle met hom na die kamp aangestap waar hulle 'n boodskap aan die president gestuur het dat 'n nuwe burger pas aangesluit het en graag aan hom (die president) voorgestel wil wees.

``Die bobbejaan was teen hierdie tyd sů oorweldig dat hy gedwee toegelaat het dat die president met hom blad skud.

``Toe hy later losgelaat is, het hy op 'n miershoop gaan sit en toegekyk hoe die hele kommando tien tree van hom af verbyry.''

'n Vrystaatse Boere offisier, kapt. Christoffel Cornelius Snyman, wat in die guerrilla-fase van die Anglo-Boere Oorlog saam met kmdt. J.H. Pyper die Kaap Kolonie binnegeval het om die Britte se aandag van die twee republieke af te lei, het 'n oorlogsdagboek gehou.

Dit is in 1950 deur sy dogter, Marthie, in 'n private publikasie gepubliseer en die dagboek vir bewaring aan die Oorlogsmuseum in Bloemfontein besorg.

Sy kleinseun, mnr. C.C. Snyman van die familieplaas Ganskuil op De Aar, het 'n eksemplaar van Avonture uit die Tweede Vryheidsoorlog aan WoonBurger geskenk. Daarin vertel Snyman die volgende interessante, dog treurige bobbejaan-staaltjie:

``Op 'n goeie dag het ek die besitter van 'n bobbejaantjie geword, wat bekend was as ons gelukbringer. Hy was 'n eienaardige ou figuurtjie met snaakse, prettige maniertjies en daarom baie vermaaklik. Gewoonlik het hy op my handperd bo-op die komberse gery.

``Bobbejane is mos verskriklik bang vir 'n geweer, veral as hy 'n skoot hoor, kry hy mos sommer die bloustuipe. Dog hierdie bobbejaantjie het hom min daaraan gesteur. As daar skote afgevuur is, het hy ewe onskuldig onder sy blad vlooie sit en krap.

``Wat kos betref, was hy altyd die beste daaraan toe, want al die burgers het vir hom gesorg.

``Op 'n goeie dag, seker ook maar soos 'n ongeluk moet kom, het die outjie seker moeg geword en van die perd afgespring. Hy was met 'n riem aan die perd se halter vasgemaak, en het reg voor die perd afgespring.

``Die perd, wat natuurlik ewe ingedagte gestap het, het hom byna lam geskrik vir die diertjie wat so kort onder sy neus grond gevat het. Hy het so geweldig omgevlieg dat hy uit my hande geruk en op loop gegaan het.

``Die arme bobbejaan het so hier en daar grondgevat, soos die perd gehardloop het. Toe ek die perd tot stilstand bring was die bobbejaan so dood soos 'n lap.

``Dit was die einde van sy loopbaantjie, en ons was almal baie jammer oor die diertjie se dood.''

Boertjie Phillip
4 Jan 2013, 19:21
ABO: Beaufort-Wes se plaasboere het in ABO swaargekry.

DIE Anglo-Boereoorlog het ook vir inwoners van Beaufort-Wes wrange vrugte meegebring.

Sommige plaasboere het swaar verliese gely: My oupa Pieter Hendrik Johannes Krynauw het alles verloor. Hy en my ouma Anna Maria Retief het indertyd op 'n plaas op die Nuweveldberge geboer.

Ten einde die bergpas te bewaak, het die Britse militÍre op die berg 'n fort gebou. Pieter Krynauw se plaas was die naaste aan die fort, beman deur town-guards of dorpswagte, almal plaaslike lojaliste.

Op 'n dag het van hierdie dorpswagte op die plaas opgedaag en Krynauw taamlik hardhandig in hegtenis geneem.

Hy was iewers in die veld met die vee doenig en Anna het haar koud geskrik toe die aanvoerder haar toeroep: ``Waar's jou man? Vandag skiet ek hom vrek!''

Sy het tussen die soldate ingestap totdat sy 'n Engelssprekende gevind het. Sy het hom gevra wat aangaan. Hy het saggies geantwoord: ``Lady, don't worry, he has no right to shoot your husband.''

Krynauw is gedwing om die sowat 40 km na Beaufort-Wes voor die ruiters stap. Hy het 'n verswakte been gehad, en die tog moes hom ontsettend vermoei het.

Krynauw se oudste seun, Stephen, wat op 23 Junie 1887 gebore is, was toe 14 jaar oud. Die dorpswag het hom en ook twee van die plaaswerkers beveel om saam Beaufort-Wes toe te stap blykbaar om stawende (valse) getuienis vir 'n aanklag kragtens die krygswet van hulle af te dwing.

Stephen het later vertel dat toe hulle al 'n ent op pad was, sy moeder agterna gekom het met 'n bondeltjie komberse en iets om te eet.

Die vader, seun en werkers is saam in een kamer van die polisiekantoor, 'n tweeverdiepinggebou van sandsteen, opgesluit.

Diť gebou, wat in 1839 vir die distriksgeneesheer dr. J. Christie as woning opgerig is, staan vandag nog. Dit is reg oorkant die Royal Hotel in Donkinstraat. Dit heet nou Clyde House, 'n pragtig gerestoureerde gebou wat as toerismeburo, eetplek en kunsgalery deur mev. Esther Smith, die huidige eienaar, bedryf word.

Die aanklag teen Pieter Krynauw was dat hy skuiling en herberg aan Boerestryders verleen het. Hy is drie maande lank aangehou voordat hy onskuldig bevind is. Dit spreek boekdele vir daardie twee plaaswerkers dat hulle nooit voor die druk van die Britte geswig het deur valse getuienis teen Krynauw te lewer nie, maar deurgaans volgehou het dat hy onskuldig is.

Al is hy onskuldig bevind, moes Krynauw nog drie maande lank op parool op die dorp bly en self vir sy verblyf en kos sorg. Daarna moes hy terugstap plaas toe.

Gedurende die oorlog het Britse soldate en hul meelopers, sowel as Boerestryders, by plase opgedaag en opgekommandeer wat hulle wou hÍ. Daarteen was die plaasboere weerloos. Nadat Krynauw terug op sy plaas was, het dit dan ook gebeur dat 'n Boere-kommando opgedaag en hulle 'n tyd lank daar skuilgehou het. Toe hulle vertrek, het die kommandant aan Krynauw gesÍ: ``Nou kan oom ons maar by die Engelse aanmeld.''

Krynauw se antwoord was: ``Ek het reeds straf uitgedien terwyl ek onskuldig was. Nou kan hulle my maar straf as ek skuldig is.''

Op die plaas was alles deur die strydendes kaal gestroop. Daar het nie eens 'n hoender oorgebly nie.

Krynauw het die bevelvoerder van die Britse fort in die bergpas gevra wat hom nou te doen staan, want sonder trekdiere kon hy nie kruideniersware van die dorp gaan haal nie. Hy wou weet of hy, sy vrou en sy kinders dan van honger moes omkom.

Later het die Britte 'n klompie donkies na die plaas gebring, maar die diere was in 'n haglike toestand en selfs met mensluise besmet. Dit het 'n gesukkel en 'n gedokter gekos om hulle weer gesond te kry sodat hulle vir werk geskik sou wees.

Toe hulle trekgereed was, het Krynauw hulle voor 'n wa ingespan en Beaufort-Wes toe gery om kos en ander ware te gaan koop.

Op pad terug kon die donkies weens uitputting nie die wa berg-uit trek nie. Hy het toe uitgespan. Diť Saterdagnag het dit egter sterk begin reŽn. Krynauw wou nie op die Sabbatdag ry nie, en as hy tot Maandag moes wag, kon dit groot probleme vir hom en sy gesin meebring. Sy vrou was boonop swanger. Die onrustigheid oor haar en die kinders het hom die ganse nag lank gekwel. Hy het later gekniel en van die Here vir 'n teken gebid: As die son die oggend weer skyn, sou hy aanvaar dat hy maar op die Sabbat mag inspan en huis toe ry.

Toe Krynauw opstaan, het die dag begin breek en deur 'n effense opening in swaar wolke het 'n straaltjie sonlig 'n paar oomblikke deurgeskyn. Toe het die wolke weer dig toegetrek en dit het verder gereŽn.

Hy het diť staaltjie nie vertel ter wille van die gebeurde self nie, maar om te beklemtoon dat sy reis op die Sabbatdag 'n daad gebore uit die uiterste nood was. Vir die diep gelowige Krynauw was die mens gering voor sy Skepper. Hy het egter ook geglo dat die mens daarop aangewese was om verantwoordelike besluite te neem. Goddelike genade strek oor dit alles heen.

Eerw. Izak Murray is indertyd saam met Krynauw in Clyde House aangehou en voor die krygshof gedaag. Tydens die verhoor het Murray verseg om sy hoed af te haal. Sodra 'n ordonnans dan die hoed van sy kop geklap het, het hy telkens gedwee afgebuk, dit opgetel, afgestof en weer op sy kop gesit met die woorde: ``Ek haal nie my hoed vir 'n Kakie af nie.''

Of dit diť uittarting hom die wrewel van die hof op die hals gehaal het nie, is onbekend. Maar diť houding sou hy sekerlik nie ingeneem het as hy aan iets ergers skuldig was as die blote feit dat hy 'n warm hart gehad het vir die Boere wat teen die Britse Empire vir hul land, vryheid en reg gestry het.

F a n i e
4 Jan 2013, 22:30
Dankie Boertjie !

Boertjie Phillip
5 Jan 2013, 08:34
ABO: Singende uitlander aan Boerekant was pure man.

Dit was gedurende die Tweede Vryheidsoorlog dat ek Antonio Lamberto, seun van 'n Italiaanse pa en Griekse ma, leer ken het. Hy was maar 'n klein mannetjie - nog nie vyf voet lank nie - maar besonder breed en goed gespierd. As hy lekker lag, dan raak sy groot ronde swart oŽ heeltemal weg, en dan sien jy net sy hoŽ wangbene en die sterk vierkantige ken met die kortgeknipte dik, swart baardjie.

Tussen sy oŽ en ore het daar diep hoenderspore gelÍ, en sy tande was bruin gevlek van die pruimtwak.
Aan sy linkeroorbel het daar 'n swaar ronde silwerring gehang, so groot soos 'n sjieling, wat sy gesig skeef, ongebalanseerd laat lyk het. Wanneer jy met hom gesels, dan soek jy onwillekeurig na nog 'n ring aan die regteroor.
Sy hele bolyf was oortrek met getatoeŽerde figure in verskillende kleure. Op die bors was die Heilige Maria en Kind omring deur vlieŽnde duiwe en op sy arms skeepsankers en visse. Langs sy rug af tot onderkant die kruis was 'n groen, kronkelende slang.

Antonio het effens mank geloop as gevolg van 'n koeŽlwond bokant die regterknie wat hy met onluste in Suid-Amerika opgedoen het.
Van Delagoabaai, waar hy geland het 'n maand voor ons hom ontmoet het, het hy gedros totdat hy eindelik by ons kommando, wat destyds naby Machadodorp gestaan het, uitgekom het.

Ons kommandant het hom die aand net voor sononder na ons seksie gebring waar ons om 'n kampvuur besig was om vleis te braai.
`Maar waarom dan vir ons kom help?'' vra ek hom op Engels. ``As jy net oorlog soek, kon jy makliker in Durban geland het en by die Engelse aangesluit het - dan het jy sommer die maand se rondswerwery in die Bosveld vrygespring. Jy vertel self hoe jy honger gely het en allerhande ervarings met wilde diere gehad het.''

In gebroke Engels en met 'n breŽ glimlag antwoord hy: ``You see, Antonio Lamberto he always fight de side wot win. Sound America, Mexico, Bulgaria, Serbia, China . . . all de wars Antonio fight, Antonio win. No good lose war. Bery good win war.''

Ons kÍrels het almal uitgebars van die lag, en toe vra ek weer: ``Antonio, as jy net altyd veg aan die kant wat wen, hoe weet jy dat die Boere hierdie oorlog gaan wen? Hulle is maar 'n handjievol teen die Engelse. Hulle hoofstad het reeds geval, en sake lyk nie baie mooi nie.''
Gedurende die volgende dae en weke het ons Antonio beter leer ken en waardeer. Sy opgeruimdheid, sy aansteeklike lekkerlag, sy gewilligheid om ons hout aan te dra en kos te kook - en ook om vir ons nodige artikels van die ander kommando's te gaan steel, of liewer gesÍ te gaan buit, want op kommando steel niemand nie - het hom almal se vriend gemaak.

Saans om ons kampvuurtjie het hy vir ons Italiaanse liedere gesing. Sy mooi tenoorstem, veral as hy sy geliefkoosde lied Maria Kasoosa sing, het gou klompies burgers van hulle vure na ons s'n getrek. En daar was altyd 'n baie jong of ouer burger wat die sakdoek moes uithaal en die oŽ, nat van die trane, afvee. Dit was dan ook nie lank nie of ons het allerhande nuwe liedjies - 'n mengelmoes van Italiaans en Afrikaans - op die wysies van Antonio gesing.

Maria Kasoosa Garibaldi Viva!
Ag hoe verlang ek vanaand na my man.
Antonio, jou duiwel, jy sing deksels mooi . . .
Hoe soebat my hart vanaand na my nooi.

Ons kommandant het gesÍ dat sy plan was om die Engelse kamp naby Belfast aan te val. Om dit te kon doen, moes ons omtrent dertig myl aflÍ. Ons het gery tot agtuur die aand tot by 'n kloof waar ons van die perde afgeklim het om hulle te laat rus.
Dit word nou ligter, want die maan is aan die opkom. Dit moet al middernag wees, en ons kan nou nie meer ver van die Engelse kamp af wees nie. Daar word stilgehou, maar ons klim nie van die perde af nie. Vyf minute, toe weer vorentoe. Van nou af aan word kort-kort stilgehou, en eindelik word bevel gefluister: ``Afstyg.'' Ons klim van die perde af en bind die koppe van agt of tien met die leisels aan mekaar, en laat een man by elke klomp perde agter.

Fluisterend word bevele oorgedra van een burger aan die ander. Ons kommando moet die forte aan die noordekant aanval. Die ander kommando's, wat reeds al 'n halfuur gelede van ons weg is, sal van die suide, ooste en weste stormloop. Stadig loop ons vorentoe, seksies langs mekaar.
Antonio is aan my regterkant, en Pita Buys links. Honderd tree - tweehonderd tree.
My hart klop geweldig; ek voel seker die twee weerskante van my kan dit hoor. My mond is kurkdroog, en my ore slaan half toe, en ek kry lus om te hoes. Ek prakseer nog of ek dit sal waag om 'n versmoorde hoesie te gee: toe knal dit in die naglug soos 'n sweepklap: ``Who goes there?'' onmiddellik gevolg deur 'n geweerskoot.

`Storm, burgers!'' skreeu ons kommandant, en toe is die hel los.
Van al die kante word geskree en geskiet. Antonio hardloop aan my regterkant met sy dolk in die hand. (Hy het sy geweer met die stormloop weggegooi).
Rondom hierdie fort (behalwe die nou, kronkelende ingang) het die Engelse 'n diep sloot van omtrent ses voet breed gegrawe. Oor die sloot het hulle doringdraad kruis en dwars gespan. Kom jy op hierdie mat te lande, dan is dit alleen met die grootste moeite dat jy weer daar kan uitkom.

Terwyl ek nog sukkel om van die doringdraad ontslae te raak, het Antonio daarin geslaag om met die hulp van sy dolk los te kom.
Hy storm langs die ingang tot by die fort se deur en onderwyl hy daarteen stamp en dit met geweld probeer oopbreek, kry hy die doodskoot.
Teen hierdie tyd was al die ander blokhuise en skanse al in ons hande. 'n Klomp burger van die ander kommando's het ons toe kom help, en met die geweldige en gekonsentreerde vuur op die skietgate het hierdie laaste fort ook geval.
Toe ons by Antonio kom, sit hy met sy rug teen die fortmuur en hyg na sy asem. Ons het hom op 'n kakiekombers 'n entjie daarvandaan gedra en neergelÍ, sy baadjie losgemaak en geprobeer om die bloeding te keer.

Ek het langs hom gekniel, sy hand gevat en gevra of daar iets is wat ons vir hom kan doen. In 'n fluisterende stem antwoord hy: ``Antonio . . . finish . . . no fight more . . . Antonio go heaven . . . ask Santa Maria . . . please . . . Boerman must . . . win . . . war.'' Dit was sy laaste woorde.

Toe die mŰrester helder in die ooste staan, en die rooidag begin breek, het sy siel verhuis.
Op 'n kakiekombers het vier van ons hom gedra tot waar ons perde was. Daar het ons sy graf gemaak en daar het ons die stoflike oorskot van Antonio Lamberto weggelÍ.
Ek het sy ponie gelei tot aan die kant van die graf, en daar tussen Pita en my het die ponie gestaan totdat die verrigtinge verby was.
Ons kommandant het nŠ 'n hartroerende toespraak met diť woorde geŽindig: ``Ja, burgers, al was hy 'n Uitlander, hy was pure man.''

Boertjie Phillip
5 Jan 2013, 08:57
ABO: 23 en 29 Oktober 1900. Dae wat die Boere liewer nie wil onthou nie.

Vir die Boere is die week van 23 tot 29 Oktober een wat hulle liewer nie wil onthou nie. Van oral af kom berigte van terugslae en hulle ly groot verliese. Maar daar is altyd nog hoop.

By Frederikstad-stasie naby Potchefstroom gaan generaals De Wet en Liebenberg voort met hulle beleg van generaal Barton, wat die vorige week begin het. Die gevaar bestaan egter dat hulle van agter af aangeval kan word deur die Britse kolonnes wat op pad is Barton te help. Op 25 Oktober daag die Britse versterkings op en in die aanval wat volg, ly die Boere groot verliese. Verder sukkel De Wet om generaal CE Knox, kolonel Le Gallais en kolonel De Lisle, wat die volgende dag warm op sy spoor bly, af te skud. Hoekom De Wet voortgegaan het met diť nuttelose beleg, is vir niemand duidelik nie.

26 Oktober. Deneys Reitz en sy broer Joubert tref vir assistent-kommandant-generaal Gert Gravett sterwend naby Roossenekal aan. Hy is swaar gewond in 'n geveg by Witpoort in Mapochsland. Net voor hy daardie middag sterf, vertel hy vir die Reitz-broers van sy vriendskap met hulle vader, staatsekretaris, FW Reitz. Gravett se dood is 'n groot slag vir die Boere, want sedert die begin van die oorlog het hy homself onder meer by Colesberg, Doornkop, Donkerhoek en Lydenburg bewys as 'n vreeslose kryger. Dis onrusbarend dat so baie Boere-offisiere in die oorlog sterf, maar dit is omdat hulle anders as die Britse offisiere, voor veg as hulle aangeval word.

Burgers wat vroeŽr die wapen neergelÍ het, begin ook weer by die Boere aansluit na De Wet se herorganisasie van die Vrystaatse magte. Gou het generaal Piet Fourie weer 750 man in die Oos-Vrystaat bymekaar, terwyl generaal JBM Hertzog eenduisend-200 en generaal Stoffel Badenhorst 'n duisend het. Vir diť bykomende kommandolede moet wapens en ammunisie gekry word en dis hier waar die Britse arsenale handig te pas kom.

Op 28 Oktober laat weet generaal Hertzog uit Petrusburg vir president Steyn: " Dit is werklik verkwikkend om te sien hoe ons by ons aankoms toegejuig word. Van alle kante sluit die burgers by ons aan. Hoewel ons nog gewere kortkom, word wapens daagliks van die vyand afgeneem, sodat ek hoop om binnekort alle burgers te voorsien."

29 Oktober. Op Warmbad, noord van Pretoria, vier die kommandos Nagmaal onder leiding van ds Abraham Kriel. Dit is deel van die gosdienstige herlewing wat onder Kriel, JF Naudť en generaal Christiaan Beyers in die Waterberg- en Zoutpanskommandos plaasvind. Lidmate van al drie susterskerke woon die Nagmaalviering by. In die Pietersburgse koerantjie - "De Zoutpansberg Wachter" - berig ds Kriel dat die viering besonder geseŽnd was.

In die krygsgevangenekamp op St Helena is daar op 26 Oktober 'n fees van 'n ander aard. Die lede van die voormalige Duitse Korps vier die honderdjarige herdenking van die geboorte van graaf Helmut von Molkte, wat hoof was van die Pruisiese generale staf. Eers word die partytjie beplan by Napoleon se graf, maar dit word op die ou einde verskuif. Die fees is 'n manier om vir 'n rukkie te vergeet van hulle neerdrukkende gevangeneskap en daar word behoorlik ingeklim in die reuse-vat Engelse bier wat een van die manne uit sy sak gekoop het.

Vir die Boere-krygsgevangenes op St Helena is dit 'n eer om by die graf van Napoleon afgeneem te word. Vir hulle is hy iemand wat deur dieselfde lot as hulle getref is en ook Brittanje as sy grootste vyand gehad het. Napoleon se graf is egter leeg, want die Britte het sy oorskot reeds in die vyftigerjare na Parys gestuur.

MilitÍre terugslae, 'n verskroeide aarde en krygsgevangenes wat feesvier. Kom daar dan nie 'n einde aan diť oorlog nie?

Boertjie Phillip
5 Jan 2013, 09:10
ABO: 18 en 24 September 1900.

" In die week van 18 tot 24 September 1900 is daar heelwat veranderings vir die Boere-kommandos. Die lente staan in volle bloei en dalk is dit net die begin van 'n herlewing op die militÍre front.

Die vernietiging van 'n groot hoeveelheid kos en ammunisie by Hectorspruit lei tot 'n belangrike ontwikkeling in die voorsiening van voorraad aan die Oos-Transvaalse kommandos. Elke kommando kry nou sy eie kommissariaat waar vleis en soms mielies of meel beskikbaar is. Net soos die Vrystaters is die Oos-Transvalers nou op hulleself aangewese vir voorraad.

Die opblaas van die kanonne veroorsaak dat die Transvaalse Staatsartellerie in September basies ontbind. Ongeveer 85 man bly as 'n berede korps met 'n paar kanonne onder majoors JF Wolmarans en Lood Pretorius oor. 'n Deel is reeds onder luitenant Jaap van Deventer by generaal Koos de la Rey in Wes-Transvaal. Enkele van die kanonne met artilleriste word by van die ander kommandos ingedeel.

18 September. Op hulle reis van Hectorspruit na Pietersburg steek die Transvalers onder generaals Louis Botha en Ben Viljoen die Krokodilrivier oor. Die kommandos trek nou noordwes deur die Sabie Wildreservaat wat pres. Kruger in 1898 geproklameer het - met die ou Voortrekker-handelspad verby Skipberg en Pretoriuskop en oor die Sabierivier.

Om die trekdiere te spaar, trek die burgers stadig en vroeg soggens en saans, terwyl hulle oor die middaguur rus. Party van die vee is naderhand so swak dat 'n paar man hulle moet optel as hulle gaan lÍ. Oral langs die pad na die noorde lÍ dooie en sterwende diere. Dikwels sien jy hoe 'n burger langs sy sterwende ryperd sit en huil.

Op 24 September bereik hulle die voet van die Drakensberge by Kowynspas. Generaal Botha vertrek met 'n klein geselskap oor die pas na Graskop en Pelgrimsrust. Generaal Buller probeer hom vanuit die suide afsny, maar kommandant Gert Gravett slaag daarin om die pad net lank genoeg oop te hou vir Botha om verby te kom. Ben Viljoen moet nou met tweeduisend man noordwaarts deur die Laeveld trek.

Intussen het sowat 850 burgers en seuns en 150 Boerevroue en meisies onder generaal FJ Pienaar by Komatipoort saamgedrom. Die Britte onder generaal Pole-Carew is vinnig op pad daarheen. Volgens 'n moedelose Pienaar is die oorlog verby. Op 21 September stuur goewerneur JJ Machado van Mosambiek 'n boodskap aan hom dat hy en sy burgers en hulle gesinne na Mosambiek moet uitwyk waar hulle goed ontvang sal word. Pienaar se krygsraad stem in, met die veronderstelling dat hulle so gou moontlik na die Transvaal sal terugkeer. Op 24 September bereik generaal Pole-Carew die Transvaalse grens by Komatipoort. Die boere is nou van die buitewÍreld afgesny.

Intussen vorder generaal De Wet fluks met die herorganisasie van sy magte in die Vrystaat. Op 23 September besoek hy die Harrismith - en Vredekommando onder generaal Frik Hatting naby Heilbron. Kragtig spreek hy hulle toe. Elkeen mot sy plig doen en alles opoffer vir hulle vryheid, sÍ hy. Hy kondig ook aan dat die wa-laers onmiddellik afgeskaf word sodat hulle makliker kan beweeg. Ds Kestell vertel dat daar baie gemor word oor die generaal se bevel. Hulle enigste besittings is dan hulle waens!

De Wet deel die Vrystaat in drie operasionele gebiede in. Generaal Piet Fourie word oor die suid-oostelike Vrystaat aangestel. Generaal Philip Botha oor die noordoostelike Vrystaat en generaal JBM Hertzog oor die suidwestelike Vrystaat. Hierdie offisiere moet nie alleen die burgers weer laat aansluit nie, maar ook die voortou neem in die guerilla-oorlog teen die Britte.

De Wet self neem geen distrik onder sy bevel nie, maar as opperbevelvoerder sal hy die oorlogs-poging koŲrdineer. Vir diť doel sal hy gedurig heen en weer tussen die distrikte beweeg.

Boertjie Phillip
5 Jan 2013, 09:13
ABO: OP DIE FRONT IN OOS-TRANSVAAL.

Ooggetuieverslag deur Wilhelm Mangold

OHRIGSTAD, 29 September NŠ die slag van Bergendal (waaroor Oorlog-Beeld verlede maand verslag gedoen het) het die Boere-kommando's suid, oos- en noordwaarts teruggeval.

Ons burgers van die wyk Heidelberg-dorp het saam met genl. Louis Botha se magte noordwaarts na Lydenburg uitgewyk. Teen agtuur die oggend van 28 Augustus het ons naby Machadodorp afgesaal. Ons was nog met ontbyt besig toe minstens 500 berede Kakies op ons afgestorm het. Nog voor ons kon opsaal, het die koeŽls om ons gefluit.

Ons moes so vinnig moontlik dekking soek. Ongelukkig het ons trollie vasgeval en moes ons dit prysgee nadat ons die ammunisie onder die manne verdeel het.

Ek het tydens ons terugtog verkenning gedoen. Skielik het ek sowat 300 meter voor my 14 berede Kakies gewaar. Ek het van my perd afgeklim en vorentoe gekruip tot ek hulle onder skoot kon kry. Ek het op die eerste ruiter gevuur. Al het hy nie van sy perd afgeval nie, het ek hom skynbaar getref, want 'n ander Kakie het na hom gery en aan hom steun verleen.

Die ander 12 het weggejaag, maar die gewonde en sy kameraad het stadig langs mekaar teruggery, terwyl laasgenoemde sy een arm om eersgenoemde se skouers gehou het. My eergevoel het my nie toegelaat om op 'n weerlose vyand te skiet nie en ek het hulle laat gaan.

Hierna het ons verder teruggeval. Op een plaaswerf was daar 'n wa wat swaar gelaai was met die meubels en proviand van vlugtende vroue wie se mans op kommando is. Ons moes 'n steil berg oorsteek. Gelukkig kon ons artillerie die vyand terughou totdat ons oor die kruin verdwyn het. In een stadium het ons selfs die Long Tom-kanonne in die rol van veldkanonne aangewend om die vyand te help stuit. Dit was hoogs susksesvol en die Kakies het teruggeval.

Sowat 20 kilometer suid van Lydenburg het ons weer stelling ingeneem. Gert Gravett, wat in hierdie stadium tot veggeneraal bevorder is, het 'n hoŽ kop oos van ons beset. Vroeg die oggend van 2 September het ons artilleriste van daar af met 'n Long Tom op die aankomende vyand losgebrand. Die skietery het 'n brand veroorsaak en minstens 100 tente en 'n paar waens van die Kakies is as gevolg daarvan verwoes. Die soldate het teruggeval en in die week daarna het net voorposgevegte plaasgevind.

In hierdie stadium het generaal Botha oor sowat 2 000 man met 3 Long Tom-kanonne, enkele veldkanonne en 2 Pom-poms beskik. Genl. Ben Viljoen was met 1 800 man en een Long Tom al langs die Oosterspoorlyn aan die terugval. Waar genls. De Wet en De la Rey hulle bevind, weet ons Heidelbergers nie. Op 5 September het ons tot vlak buite Lydenburg getrek en daar kamp ingerig.

Die volgende oggend was ons egter weer op pad, want die Britte was aan die kom. Ons het daardie middag die berg oos van Lydenburg oorgesteek. Die Kakies het hul kanonne in die middel van die dorp opgestel en ons bestook. Gelukkig was hul vuur wild en onakkuraat. Ons kanonniers het teruggeskiet en gelukkig weinig skade aangerig. Inderdaad was hul vuur sů doeltreffend dat die vyand hul bombardement gestaak het. Ons artilleriste het ook die Kakies se tentdorp bestook en paniek onder hulle veroorsaak.

Op 8 September het genl. Botha met die grootste deel van sy mag na Nelspruit vertrek en vir genl. Gravett as ons bevelvoerder agtergelaat. Terselfdertyd het Christiaan Beyers, wat enkele dae gelede deur genl. Botha as assistent-generaal aangestel is, met een van die Long Tom-kanonne na die noorde vertrek. Ons was hierna in 'n kwesbare posisie, want 'n digte mis het toegesak en dit het die Kakies in staat gestel om tot naby ons posisie te vorder. Ons kanonniers het die twee Long Tom-kanonne met spanne osse begin wegsleep. In een stadium was die Britte so naby dat die kanonniers dit oorweeg het om beide kanonne met dinamiet te verwoes. Ons voetsoldate het egter met Martini-Henry-gewere, wat op kort afstande meer doeltreffend as kleinkalibergewere is, die Kakies teruggeskiet en sů die kanonne gered.

Op 9 September het dit steeds met ons bars gegaan.

Ons moes noodgedwonge die hoŽ Mauchberg oorsteek. Die enigste begaanbare roete was die wapad oor die oostelike hang van die berg. Kmdt C. Spruyt met 18 man het die agterhoede gedek. Ek was een van hulle. Die Kakies het ons deurentyd met skrapnel bestook, maar gelukkig nie veel skade aangerig nie. Ons het teruggeskiet totdat ons bemerk het dat die Britte ons bykans omsingel het. Toe moes ons jaag om weg te kom. Wonder bo wonder het ons ongedeerd ontsnap.

Twee van die burgers, Biccard en Jooste, was astrant genoeg om met hul hoede vir die vyand te wuif en te roep: "Tot volgende keer, Kakies!"

Na 'n taamlik rustige nag het die Britte die oggend van 10 September hul aanval hervat. Ons het hulle probeer terughou, maar moes naderhand ons kanonne tot buite bereik van die Britte terugtrek. Teen die middag het die Britte weer naby genoeg beweeg om ons geskut onder groot druk te plaas. Ons een Long Tom was spoedig deur rook en stof omhul.

Die kanon se bediening was te klein om voluit aan te hou skiet. 'n Paar burgers moes inspring om ammunisie te help aandra. Kmdt. Kunze van die Duitse Korps was so be®ndruk dat hy uitgeroep het: "Pragtig! 'n Duitse artillerietroep sou nie beter kon vaar nie. So sou hulle almal die Ysterkruis verdien het!" Alhoewel geeneen van ons kanonniers getref is nie, was die toestand mettertyd onhoudbaar en het hulle die waardevolle Long Tom-kanon met 'n span van 20 osse weggesleep. Tot 40 burgers moes somtyds met rieme help om die kanon teen die opdraande uit te sleep of dit teen afdraandes te rem.

In die loop van die volgende paar dae het ons noordwaarts tot by Pelgrimsrus getrek. Daar het ek genoeg wit tentseil gekoop dat elkeen van ons vir hom 'n klein tentjie kon maak. Die tentmakery het 'n hele dag in beslag geneem. Naby die dorpie is daar 'n waterval waar ons geswem het en lekker kon ontspan terwyl ons perde hul kragte herwin het.

Ons het in daardie stadium tydelik heeltemal kontak met die buitewÍreld verloor en glad nie geweet wat op die ander fronte aangaan nie.

Op 21 September het pres. Steyn van die Vrystaat onverwags sy opwagting by ons gemaak. In 'n toespraak het hy pres. Kruger se vertrek na Europa aan ons bekendgemaak.

Steyn het vertel dat dit baie oorredingswerk gekos het om Kruger te oortuig dat sů 'n stap in die beste belang van die Suid-Afrikaanse Republiek is.

Op iemand se vraag of die oorlog op 'n einde was, het Steyn naastenby as volg geantwoord: "Dit begin nou eers! Ek sal teen Brittanje veg solank ek leef of tot al die Kakies ons land verlaat het. Al staan daar net 300 man aan my sy sal ek nie voor ons aartsvyand swig nie. Dit is vir julle swaar om geen tyding van jul geliefdes te ontvang nie.

``Ek is in dieselfde bootjie, want ook ek het vir maande niks van my geliefdes gehoor nie. Ook ek moes hulle in die hande van die vyand agtelaat. Maar God sal hulle beskerm terwyl ek my plig doen. As ons ons plig nakom, sal God ons nie verlaat nie."

Steyn se laaste opmerking was tot die jongelinge gerig en is luid toegejuig. Hy het naamlik gesÍ: "Ek sien hier is baie penkoppe. Ek is verheug oor jul dapperheid. Daarom belowe ek om, as die oorlog verby is, te sorg dat julle elkeen 'n mooi vrou kry!"

Dit was die eerste keer dat die meeste van ons vir pres. Steyn van nader leer ken het en hy het in die algemeen 'n goeie indruk gemaak. "Hy is 'n man, 'n opregte Afrikaner!", het talle burgers opgemerk.

Hy het saam met die burgers geswem en almal genooi om hul pype uit sy stampvol tabaksak te stop 'n voorreg wat met die toekenning van 'n medalje vergelyk kan word. Sy besoek het ons manne weer laat moed skep.

Ook genl. Louis Botha het in hierdie dae 'n kortstondige besoek by ons afgelÍ. Kort nadat hy en Steyn vertrek het, het die Britte ons eergister weer aangeval.

Ons is spoedig uit ons stellings verdryf en het noordwaarts na Pelgrimsrus teruggeval. Ons kon byna geen voorrade daar bekom nie. Gelukkig was daar op ons verdere pad oorgenoeg water. Van Pelgrimsrus is ons na Kaspersnek, war ons voor donker aangekom het. By 'n verlate plaashuis het ons 150 sak mielies sien lÍ. Daar was selfs 'n handmeule. Daardie aand het ons heerlike mieliepap gekook.

Nadat ons soveel meel gemaak en op ons perde gelaai het as wat ons maar kon, het ons verder getrek, want ons verkenners het berig dat die Britte aan die kom was. Teen vanmiddag het ons uiteindelik hier op Ohrigstad aangekom.

Die nuutste rapporte dui daarop dat die Kakies teruggetrek het. Hopelik gaan ons nou 'n paar dae rus hÍ, want ons is so uitgeput dat ons moeite ondervind het om onsself tot hier voort te sleep.

Boertjie Phillip
5 Jan 2013, 09:30
ABO: Een van die ambulanstreine wat in die Anglo-Boere .

Een van die ambulanstreine wat in die Anglo-Boere Oorlog gewondes en siekes vervoer het. PasiŽnte op 'n ambulanstrein. `Rijdende' ambulanse se rol in
ABO nie so algemeen bekend

MIN mense is bewus van die aktiewe rol wat ambulanstreine in die Anglo-Boere Oorlog gespeel het met die versorging en vervoer van gewondes en siekes.

Vier ``vliegende'' of ``rijdende'' ambulanse, soos die Boere die ambulanstreine genoem het, is in die Nederlandsche Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatskappy se sentrale werkwinkel in Pretoria deur 'n Sweedse ingenieur, A.C.H. Uggla, gebou en aan die ZAR geskenk.

Aanvanklik is die geneeshere en vrywillige leke-verpleegsters deur die Pretoriase Rooi Kruis afdeling voorsien.

Toe buitelandse ambulanseenhede egter in Desember 1899 op 'n streep in die ZAR aangekom het, het die bekwame en ervare geneeshere en verpleegsusters die dienste op die ambulanstreine oorgeneem.

Elke hospitaaltrein het waens gehad wat twintig swaar gewondes, dertig lig gewondes en 'n aantal siekes kon huisves. Daar was ook 'n operasiesaal, apteek en kombuis sowel as akkommodasie vir een of twee geneeshere, vier verpleegsusters, twee ambulansmanne, 'n apteker, kok, kondukteur en een of twee swart helpers.

'n Administrateur het toesig gehou oor die organisasie en die voorrade. Groot, rooi kruise is op 'n wit agtergrond op die waens aangebring vir identifikasie.

PasiŽnte kon by enige stasie aan die spoorlyn op versoek opgelaai word, maar hulle is hoofsaaklik van Modderspruit aan die Natalse front en van Bloemfontein in die Vrystaat na die algemene hospitale in Pretoria, Johannesburg en Krugersdorp aangery.

Waar geen regstreekse spoorverbinding met 'n front bestaan het nie, soos by Kimberley en Mafikeng, is pasiŽnte per ossewa of ambulans na die naaste spoorwegstasie vervoer.

NŠ Februarie 1900 het die Boere fronte in duie gestort.

Laaste dienste gelewer

Die ambulanstreine het hierna die Boere magte noordwaarts gevolg en was dikwels die laaste wat met gewondes en siekes vertrek het. Spoorlyne agter die treine is verniel om die Britse opmars te vertraag.

Bloemfontein is op 13 Maart en Pretoria op 5 Junie beset en die Boere magte het met die Oosterspoor na die Oos-Transvaal vertrek. Die ambulanstreine het in daardie tyd die laaste georganiseerde mediese dienste gelewer by die stasies waar hulle stilgehou het.

NŠ die Slag van Bergendal teen die einde van Augustus 1900 is 'n feller guerrillastryd voortgesit. Die ambulanstreine met hul hoofsaaklik Nederlandse ambulanspersoneel is na Machadodorp en Waterval-Onder. Hulle het pres. Paul Kruger bygestaan totdat hy die land verlaat het.

Nog 'n ambulans is na Nooitgedacht, waar mediese sorg aan Britse krygsgevangenes gelewer is.

Op 16 September 1900 is besluit dat kommando's ook na die Noord-Transvaal moet uitwyk om die guerrilla-oorlog voort te sit. Genl. F. J. Pienaar sou met 2 000 tot 2 500 voortvlugtende burgers, voetgangers, buitelandse vrywilligers, Kaapse rebelle, bejaardes, vroue, kinders en wegkruipers na Komatipoort gaan.

Kanonne, wapens en ammunisie is vernietig en in die Krokodilrivier gegooi. Voorrade is voor die Britse opmars verbrand.

Die spoorlyne was gedurende diť tyd oorbelaai en toestande chaoties. 'n Ambulanstrein was in 'n botsing en die apteek se glasware is deur die slag amper heeltemal vernietig.

Op 23 September 1900 het van die burgers per trein na Maputo begin vertrek. Die twee ambulanstreine het toe reeds met die Nederlandse personeel na Maputo vertrek.

Die Britse owerhede het probeer keer dat die treine oor die grens toegelaat word, maar die konsul-generaal van die ZAR in Maputo, ene G. Pott, het dit moontlik gemaak.

Die Britte het egter volhard met druk op die Portugese en beweeg hulle uiteindelik om die ambulanstreine te konfiskeer. Alternatiewe huisvesting is aan die Nederlandse personeel gebied om die pasiŽnte te huisves. Die geriewe was egter ontoereikend en Pott se huis is as 'n hospitaal ingerig.

Ten einde raad het die Portugese owerheid besluit om die pasiŽnte, die Nederlandse ambulanspersoneel en van die geÔnterneerdes na Portugal te stuur. Op 27 Februarie 1901 het hulle aan boord van die vragskip Benguella gegaan en op 28 Maart 1901 Lissabon binnegevaar.

Sů is die bestaan van die ambulanstreine beŽindig. Die Boere in Portugal is nŠ die vredesluiting op 31 Mei 1902 eers huis toe.

Boertjie Phillip
5 Jan 2013, 14:11
Die Boeresoldaat en sy vrou wat terugkeer na hul plaas, 1903.

Sy het die kers wat sy van Aliwal af saamgebring het aangesteek en dit op die tafel tussen hulle kom sit. Sy het oorkant hom gaan sit, op die enigste stoel in die huis. Hy het vroeŽr in die aand vir hom ín wynbalie uit die leŽ skuur gaan haal.

Sy het oud geword die afgelope jaar. Hy het vier dae vir haar op die plaas gewag dat sy kon terugkom.

Hy het al baie gedoen om dit beter te laat lyk. Hy het die swart mure in drie van die kamers toegekalk en hy het die stukkende meubels gaan verbrand. Hy het selfs die diergeraamtes op die vaal veld langs die opstal gaan begrawe. Daar was nie blydskap in haar oŽ soos hy gedag daar sou wees as sy hom weer sien nie. Dit was eerder ín kranksinnige benoudheid, en haar greep om sy nek het hom asemloos gelaat.

Hy het haar kombers vol bagasie vir haar gedra en sy een arm oor haar skouer gesit.

Die aand het hulle nie gepraat nie. Hy wou vra van hulle kinders, maar sy mond was te droog. Hy wou vra van hul vriende, van die kos, van die tente en die soldate.

Toe ín jakkals Írens lag het sy saggies gesug. Sy het na hom gekyk en geglimlag. Hy het haar hande binne in syne gesit en toe die kers gesmoor dat sy nie die leŽ mure rondom hulle kon sien nie.

Boertjie Phillip
6 Jan 2013, 10:00
Anglo-Boereoorlog: Boervrou vertel van verskriklike wedervaringe.

NIE minder nie as 26 000 vroue en kinders het in die Anglo-Boereoorlog in Britse konsentrasiekampe omgekom. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein bring hulde aan die duisende vroue en kinders wat die slagoffers was van 'n ``slagveld'' weg van die oorlogsarena.

Sy het agt maande rondgevlug met haar vyf kinders van wie die oudste agt jaar oud was.
Op 2 September 1901 is sy gevange geneem deur die National Scouts en Engelse soldate.
Dit is die inleidingsparagraaf ``opgedaan deur Wilhelima Christina Bester van Auguskraal, Ventersburg met betrekking tot eie ondervinding opgedaan vanaf 1899 tot 1902''.

`Aan Koolspruit, voor my deur, was 'n vrouelaer. Dit was verskriklik om te sien hoedat hulle met kanonne en kleingeweertjies op die laer skiet.
`Daar word toe 'n wa aan die brand geskiet, en meteens hardloop 'n vrou uit en waai met haar kappie en smeek dat hulle nie meer moet skiet nie. Die familie, almal behalwe syself, was gebreklik.''

Daar sien sy toe twee vroue te voet aankom. Die ou moeder van 70 jaar dra 'n kind van 2 jaar en die ander een dra hul klere en komberse. Diť vrou was 'n halfuur in die laer toe haar kind gebore is.
Die afstand wat hulle te voet afgelÍ het was twee uur te perd. Met groot moeite is vir hulle 'n wa met 'n tent gekry.
Diť dag het die vroue in die kamp vir die eerste maal kos gekry. Hulle het 'n bees van Bester geslag en omtrent 40 gesinne het van die vleis met klinkers gekry om te eet.

Vandaar het die vroue na Kroonstad vertrek. Dit het hulle tien dae geneem om daar te kom.
Die vroue moes wag van vroeg die mŰre tot laatmiddag voordat hulle na die kamp geneem is.
Bester is na 'n plaas geneem wat aan ene mnr. Nel behoort het. By hul aankoms daar was mev. Nel op sterwe en nŠ haar dood is hulle verder.

Later het ander vroue bygekom. Daardie dag het hulle van vieruur die mŰre tot eenuur die volgende nag na die plaas van ene mnr. Van Biljon gevorder, waar hulle drie dae gestaan het.
Gedurende diť drie dae was die Britte besig om skape en 300 Goewermentsperde dood te maak.
Dit was aaklig om die geluide van die diere te hoor.
Sy het gedurig gesien hoe vroue met waens en skotskarre daar aankom.

Met haar aankoms in die konsentrasiekamp was die eerste gesig wat sy gesien het 'n wa met 35 lyke daarop.
Hulle het voor die kampkantoor stilgehou en so af en toe het 'n bekende by hulle aangesluit, onder meer 'n mev. Bosman van wie drie kinders die vorige nag dood is.
Elkeen het 'n rantsoenkaartjie gekry en is toe na tente geneem wat opgeslaan moes word.

Dit was sů nat dat die water uit hul skoene gebars het as hulle loop.
Die hele dag het hulle niks te ete of te drinke gekry nie. Elkeen het 'n nat doringtak gekry, maar nie 'n druppel water nie.
Die nuwe aankomelinge moes sewe in 'n tent bly. Dit was vreeslik om gedurende die nag die gehuil en gekreun van die vroue en hul geroep na familie aan te hoor.
Drie van Bester se kinders is daar oorlede. Die seuntjie se laaste woorde was: ``Ag Ma, laat ons tog na die Boere toe gaan.''

Boertjie Phillip
6 Jan 2013, 11:57
ABO: Boervroue het in Tant Bet se Gat weggekruip.

DIT is niks snaaks om in die Vrede- of Memel-omgewing te hoor dat iemand van Tant Bet se Gat praat en dit geensins oneerbiedig bedoel nie.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het daar stoere Boervroue, wat vasbeslote was om nie deur die Engelse magte gevang en na konsentrasiekampe gestuur te word nie, voor die magte uitgevlug en soms skuiling gesoek op van die onwaarskynlikste plekke denkbaar.

Op die plaas Strydplaas, naby Memel, wat aan Slap Dirk Uys behoort het, was daar letterlik 'n gat in die grond wat die ingang was tot 'n skuiling onder oorhangende rotse.

Sů goed was hierdie ingang gekamoefleer met 'n boom wat uit die 'gat' in die grond gegroei het, dat die Engelse uit die nabygeleŽ berge deur hul verkykers op verskillende geleenthede mense in die veld gesien loop het en die volgende oomblik het die mense, wat gewoonlik vroue was, spoorloos voor die Engelse se oŽ verdwyn!

Daar kan tot vandag toe nog nie met sekerheid gesÍ word na watter Bet hierdie gat vernoem is nie en of sy nou Bettie, Bet, Bets of selfs Elizabeth was en die van van Odendaal, Uys, Lourens of Fourie gedra het nie.

Hierdie onsekerheid maak geen jota verskil aan die belangrikheid van daardie grot of skuiling op daardie tydstip gedurende die AngloBoereoorlog nie.

Sommige Boervroue was vasbeslote om nie deur die Engelse gevange geneem te word en na 'n konsentrasiekamp geneem te word en met of sonder kinders bereid om die haglike omstandighede te trotseer nie.

Hulle het eerder 'n waentjie, 'n skotskar en in sommige gevalle slegs 'n kapkar met die nodigste gelaai en dan van skuiling tot skuiling gevlug voor die vyand uit.

Hulle het sporadies na hul wonings teruggekeer en is soms onverhoeds deur die vyand betrap en dan gevange geneem.

Tant Bets se gat.

Volgens hom was Petrus Johannes (Uys) oorspronklik bekend as Piet Slaps, maar het later weens sy puntenerigheid die bynaam "Piet Master" gekry. (Sy blink stewels het blykbaar die deurslag gegee vir hierdie bynaam.)

Piet was getroud met Johanna Odendaal en het haar en haar sesjarige seun Adriaan en drie dogters agtergelaat terwyl hy en sy drie ouer seuns hulle by die kommando aangesluit het.

Sy (Johanna) het al die familieskatte met behulp van hul bediende, Sker, begrawe.

Die geslepe vabond het later teruggekeer en dit alles opgegrawe.

Terwyl sy eenkeer met haar skotskar en kinders op vlug was, moes Johanna 'n oorstroomde rivier oorsteek. Toe sy dit nie kon regkry nie, het hulle in Tant Bet se Grot op Slap Dirk Uys se plaas Strydplaas weggekruip.

Die sesjarige Adriaan het eendag die ontstellende nuus gebring dat Sker hulle verraai het en besig was om die Engelse na hul skuilplek te lei.

Die dokter wat die soldate vergesel het, het Johanna, wat swanger was, ondersoek en beveel dat sy moet agterbly.

Sy was hewig ontsteld en het geprotesteer dat haar kinders nie weggevoer mag word terwyl sy moet agterbly nie, maar die offisier, kol. Firman, het 'n brief aan Johanna gegee met die volgende daarop geskryf: " Why don't you persuade your husband to surrender if they have any compassion for their women and children why don't they surrender to a superior force?"

Uys vertel 'n mooi storie van Johanna se spitsvondige moeder Tant Alie, gebore Uys, wat haarself voorberei het om nie onvoorbereid deur die Engelse gevange geneem te word nie en toe 'n doodkis aangeskaf het waarin sy soveel proviand as moontlik, waaronder biltong, droŽ wors, droŽ vrugte, beskuit en stene boerseep, geberg het.

Die dag toe die Engelse haar aangekeer en haar huis afgebrand het voordat hulle haar na 'n konsentrasiekamp sou neem, het sy viervoet vasgesteek en geweier om op die oop wa te klim alvorens haar doodkis opgelaai is.

Ten einde laaste nŠ 'n groot gespook en baie sweet, is die doodkis ťn tant Alie opgelaai en die ou dame het haar tuisgemaak op die kis, doodluiters haar sambreel oopgemaak en plegtig aangekondig: " Now I am ready! "

Toe die offisier wou weet waar haar man is, het Tant Alie, wat 'n weduwee was alvorens sy weer getrou het, ewe onskuldig geantwoord : " The one I hev kilt and the udder one, you kan kill! "

'n Bevestiging van die feite rondom die "verhaal" van Tant Bet se grot vind mens ook in die boek Through Shot and Flame van JD Kestell.

Boertjie Phillip
6 Jan 2013, 12:11
Duitsers gebruik ABO in WO II om Britte te striem.


Sů is die Zuid-Afrikaansche Republiek se pres.Paul Kruger as Ohm KrŁger uitgebeeld.
DI… biljet van 1942 adverteer Ohm KrŁger as die rolprent van historiese egtheid vir die nasie.
IN diť toneel in Ohm KrŁger probeer 'n Boer sy vrou in 'n Britse konsentrasiekamp bereik. Hy word gevang en voor al die Boerevroue en -kinders aan 'n boom opgehang. Dit het egter nooit in die kampe gebeur nie.

'n KONSENTRASIEKAMPTONEEL in Ohm KrŁger. Dit is ironies dat die Duitsers diť wrede manier van oorlogvoering in die rolprent as 'n klad op die Britse karakter bestempel het, maar dit self op die Jode toegepas het.

TYDENS die Tweede WÍreldoorlog het Duitsland 'n rolprent oor die Anglo-Boereoorlog vervaardig om as propagandawapen teen die Britte in te span. Dit is klaarblyklik nogal waarheidsgetrou. Die rolprent word sedert die einde van die wÍreldoorlog agter slot en grendel gehou sodat die publiek nie daarvan mag weet nie.MARTIENS VAN BART vertel meer.

IN die Tweede WÍreldoorlog is die nuutste tegnologie vir oorlogvoering gebruik. Dit was ook die geval met propaganda as sielkundige wapen in die stryd tussen Duitsland en sy bondgenote teen die Britse Ryk en die Geallieerde Magte.

Een van die propaganda-media was die rolprentbedryf, wat in sy kinderskoene gestaan het.
Brittanje en Amerika het met minder sukses geprobeer om die Duitsers as 'n nasie van Nazi-sadiste uit te beeld. Weens die growwe veralgemening en oordrywing van diť uitbeelding het dit misluk.

Maar toe slaan Duitsland terug met groot sukses. Die rede: Hy het die Britse verguising van die Boere-republieke 40 jaar tevore as onderwerp aangegryp - en dus glad nie nodig gehad om te veralgemeen of te oordryf nie.
'n Aangrypende rolprent, Ohm KrŁger, wat sedertdien agter slot en grendel van die publiek weggehou word, is vervaardig met indertydse voorste Duitse akteurs in die rolverdeling. Die Duitse minister van propaganda, Josef Goebbels, was persoonlik betrokke by die samestelling van die draaiboek en die verfilming.

Die hoofrol is gespeel deur Emil Jannings as pres. Paul Kruger van die Transvaalse republiek.
In die rolprent is die sug van die aartskapitaliste Cecil John Rhodes, Alfred Milner en Joseph Chamberlain na die goud van Transvaal as hoofoorsaak van die oorlog deeglik uitgewys. Die konsentrasiekampe waarin die Boerevroue en -kinders ingehok is, speel 'n sentrale rol in die verhaal.
Die misdade van die Britse soldate en die rol van die Britse sendelinge om die swartes teen die Boere op te sweep en hulle om te koop om as gewapendes aan die kant van Brittanje te veg word ook in die verhaal ingeweef.

Victoria word uitgebeeld as 'n hartvogtige en geldgierige whiskydrinker - inderdaad 'n nogal waarheidsgetroue uitbeelding.
'n Dramatiese byverhaaltjie is egter 'n bietjie vergesog: Paul Kruger se seun is aanvanklik teen die oorlogspoging van die Boere gekant. Wanneer 'n Britse soldaat egter probeer om sy vrou te verkrag, word hy 'n oortuigde bekeerling vir die Boere-saak. Sy vrou word in 'n konsentrasiekamp gegooi en toe hy haar probeer besoek, word hy gevang en op 'n koppie in die kamp aan 'n boom opgehang. Hy sterf met die kreet: ``Ek sterf vir die Vaderland!''

Kruger word as 'n Bybelse profeet uitgebeeld wat vir die vryheid van sy mense stry. Hy raak selfs met sy eertydse vyand, Lobengula, wat deur Rhodes uit Zimbabwe verdryf is, versoen in die aangesig van die gemeenskaplike vyand, die Britse Empire.
In skrille kontras met die profeetagtige Kruger word die Britte uitgebeeld as agterlike skurke sonder 'n greintjie integriteit. Die rolprent eindig wanneer Kruger dramaties aankondig: ``Ons is 'n klein volkie, maar groot nasies sal teen Brittanje opstaan en hom verpletter. Dan sal die wÍreld skoon wees en kan almal 'n beter lewe lei.''
'n Weense plakkaat gedateer Januarie 1942 wat die vertoning van Ohm KrŁger aankondig, is onlangs op die internet te koop aangebied.
Daarop word in Duits aangedui dat die meesterstuk van die akteur Emil Jannings ``die rolprent vir die nasie'' is. ``Die verhaal van die Britse verkragting van die dapper klein Boerevolk'' word as 'n ``historiese egtheid voor die oŽ van die Duitse volk afgerol''. Kinders van 14 jaar en jonger word nie by die vertoning van die rolprent toegelaat nie.

Naas Jannings, was die ander rolprentakteurs Lucie HŲflich, Werner Hinz, Gisela Uhlen, Ernst SchrŲder, Friedrich Ulmer, Eugen KlŲpfer en Flockina von Platen.
Die suggestie van die rolprent dat die Britse soldate Boerevroue verkrag het, is geensins 'n oordrywing nie. In teendeel, die ware toedrag van sake was veel erger as wat in die rolprent beweer is.
In die Christiaan de Wet-annale nr. 10 is 'n uittreksel uit die oorlogsdagboek van George E.S. Liversage van 29 September 1899 tot 4 Januarie 1900 onder redaksie van dr. A.E. Faul Bosman gepubliseer.
Op Sondag 26 November 1899 teken Liversage soos volg aan: ``Op die dag voordat ons op Zandspruit aangekom het, het die lansiers (17th Lancers) na De Waal se plaas gegaan en hom, sy vrou en twee dogters gedwing om saam met hulle te gaan seggende dat hulle Boere-spioene is.

`Hulle het die twee meisies (een was nog nie 15 jaar oud nie) ongenadiglik verneder toe hulle Ladismith bereik het. Hulle het De Waal in die tronk gesit en die meisies van hul moeder weggeneem.
Die meisies het later daarin geslaag om te ontsnap. Hulle was in 'n wanhopige toestand, feitlik naak, heeltemal hartverskeurd en het aan ernstige beserings gely.
Die moeder het op Ladismith gesterf en die vader word erger as 'n misdadiger behandel.
Wat die meisies moes deurstaan, is so aaklig dat ek dit nie kan neerskryf nie, maar die Goeie God slaap nooit en sal die berowers van die eer van hierdie vroue vergeld volgens hul verdienste.

Hulle sÍ ons maak oorlog teen 'n Christelike en beskaafde nasie, maar . . . die jongste meisie is (onder meer) in een nag deur tien Britse offisiere verkrag.''

Boertjie Phillip
6 Jan 2013, 12:54
Kinderherinneringe van die A-B Oorlog in Oos-Kaapland.

Die NG pastorie op Somerset-Oos waar ds. C.H. Radloff ten tyde van die Anglo-Boere Oorlog tuisgegaan het voordat hy na 'n kamp gestuur is. Sů het vroue, ou mans en kinders rondgevlug om nie in die hande van Britse soldate te val nie. Hulle het selfs geen trekdiere gehad nie, net moed.

MY vader, Pieter Barend du Plessis, is in die begin van 1896 op Leliekop in die distrik Somerset-Oos gebore, maar hy het sy kinderdae op Morgenzon, ongeveer 25 km verder wes, deurgebring.

Die plaas is geleŽ in 'n nek in die Swaershoek berge wat weer deel uitmaak van die Bruintjieshoogte bergreeks, deel van die vroeŽre Oosgrens van die Kaap Kolonie. Dit is ook in diť omgewing waar die Vis rivier sy oorsprong het.

Die pad van Pearston en Graaff-Reinet na Cradock en Somerset-Oos loop voor die opstal verby. Tydens die Anglo-Boere Oorlog is diť roete deur Britse kolonne en Boere kommando's gebruik. In 1901 het veral kmdt. Gideon Scheepers, genl. Wynand Malan en kmdt. Carel van Heerden hier guerrilla-veldtogte teen die Kakies gevoer.

Die sesjarige Pieter kon toe al goed perd ry. Sy vader het nie gerebelleer nie en is deur die Britte met rus gelaat. Hulle het egter sy trekvee opgekommandeer en die plaaswerf dikwels as kampterrein gebruik.

Die veekrale was sowat 2 km van die plaaswoning af. Op 'n keer was my oupa besig om jong lammers te ontstert. My ouma het die sterte in die oond gebak, want dit was 'n besonderse lekkerny veral toe kos skaars geraak het. Pieter was op diť dag met sy arms vol skaapsterte onderweg van die kraal af huis toe, toe hy 'n kolonne Kakies gewaar. Rieme neerlÍ huis toe was die beste uitweg. Namate die vrag sterte vir hom te swaar geword het, het hy kort-kort van hulle laat val om vinniger weg te kom. Gelukkig het die Kakies verby getrek en het Pieter die sterte later gaan optel.

Op die plaas was 'n turksvylaning met groot, rooibont turksvye. Pieter het jare nŠ die oorlog graag vertel hoe die Kakies die turksvye gepluk het sonder om die dorings af te skuur. Gevolglik was hul hande en mond later vol geniepsige dorings.

Pieter se broer Jan het op die aangrensende plaas Mooifontein geboer. Op 'n dag was sy vrou, Annie, besig om boerseep in 'n groot seeppot op die werf te kook. Dit was nog redelik vroeg in die oggend. Toe sy opkyk, ry 'n groep Kakies die werf binne. Sy maak toe of sy hulle nie sien nie. Die bevelvoerende offisier stap nader, lig die deksel van die pot, kyk na die kooksel en in die waan dat dit pap is, roep hy sy manne nader met: ``Porridge for about forty men''.

Die honger Kakies sak daarop op die seeppot toe. Binne oomblikke nadat die eerste mondvol geneem is, het pandemonium op die werf losgebars. Hulle wou Annie net doodskiet. Haar bedaarde antwoord was: ``Dit is jul eie skuld. 'n Mens vra immers, dit is nie net vir gryp nie.''

Sommige van die Britse offisiere was brutaal jeens die plaasmense. As die Kakies daar op die werf kamp opgeslaan het, moes die plaasmense net wyk. Skape is voor die voet geslag en hoenders en eende is goedsmoeds nek omgedraai.

Ander Britte het meer beskaaf opgetree. Pieter het graag vertel van die dag toe 'n offisier hom voor op sy perd laat klim en met hom op die werf rondgery het. Pieter se ma was hoogs ontsteld daaroor, maar die offisier het haar gerus gestel met die woorde dat hy baie verlang na sy eie seun in Engeland. Hy het toe 'n sjieling aan Pieter gegee.

Die kolonnes wat Morgenzon aangedoen het, het gaandeweg al hoe meer geword. 'n Groot droogte het geheers. Ook koffie en suiker was onverkrygbaar. Op die plaas was heelwat witgatbome. Die boomwortels is gedroog, gebak en dan in 'n koffiemeul gemaal. Dit is in die plek van koffie gebruik. 'n Klont heuning in die kies het die soetigheid verskaf.

Van die Skotse Hooglanders en die Lansiers het met hul bamboes-lanse van 4 m of langer skape en beeste doodgesteek. Ander het dit met sabels gedoen.

Morgenzon se plaasmense het van hul vee in die veld teen die berghange versteek.

Die boervroue het die dooie pluimvee in die buitebakoond in kersvet gebak en dan aan die kakies verkoop. Sommige soldate het egter geweier om te betaal en selfs die kombuis geplunder.

Laat een nag was daar 'n rumoer op die werf en 'n gehamer aan die voordeur. Die patrollie Kakies het verdwaal en het 'n roete deur die veld na Pearston en Graaff-Reinet gesoek. Hulle was bang vir die Boere en wou nie padlangs ry nie.

Die sesjarige Pieter is gedwing om te perd as gids op te tree, en met hom vooraan het hulle in die stikdonker nag koers gekies veld in. Pieter kon maklik koers hou. Soms het sy perd gestruikel en dan het hy blitsig uit die saal gegly. Omdat hy nog so klein was, moes hy dan in die donker 'n miershoop vind om weer op die perd te kom. 'n Paar uur nadat hy die plaas verlaat het, was hy terug stukkend gekrap deur die doringboomtakke.

Op 'n dag het 'n groot Engelse mag op die werf kamp opgeslaan. Hulle was skaars klaar of die bevel kom om te vertrek, want 'n Boere kommando was op pad. Toe die laaste Kakie oor die rand verdwyn het, het Pieter en Jan op die kampterrein gaan snuffel. Hulle het verskillende kosware, koeŽls en selfs 'n Lee-Metford geweer opgetel.

Die koeŽls is later aan 'n Boere kommando gegee met die versoek, ``Skiet asseblief vir ons 'n paar Kakies hiermee.'' Mauser patrone was toe so skaars dat die meeste Boere met gebuite Britse Lee-Metfords bewapen was.

Dit het soms gebeur dat jong Britse soldate by Pieter se ma gekla het dat hulle na hul mense in Brittanje verlang. Hulle het nie verstaan waarom hulle teen die Boeremense moes veg wat dit nie verdien het nie. Die offisiere het hulle vertel dat die Boere barbare is, maar al wat hulle aantref, is beskaafde mense. Soos 'n moeder maar is, al is dit jou vyand, het Pieter se ma dan maar getroos.

Van die soldate wat in stede grootgeword het, het geen benul van die veld of die natuur gehad nie. Op Morgenzon het baie boomaalwyne gestaan van 2 m en hoŽr. Pieter het gesien hoe Kakies die plante snags vir Boere aangesien en dan op hulle losgebrand het.

Soos met talle Boere vroue en kinders gebeur het, is die vroue en kinders van Morgenzon en Mooifontein na 'n kamp op Somerset-Oos, ongeveer 60 km van diť plase, gedwing. Die kamp op Somerset-Oos was na aan die NG kerk, die pastorie en die markplein. 'n AandklokreŽl het gegeld en daar was 'n kampkommandant wat elke aand ``roll call'' gehou het om seker te maak dat almal in die kamp is. Wanneer Boere kommando's deur die dorp getrek het, het die Kakies op die kerk se dak tussen sandsakke geskuil. Hulle het geweet dat die Boere nie na die kerk sou skiet nie.

Op 'n dag het die Britte 'n Kaapse Rebel, ene Johnstone, gevang. Hy is op die kampterrein verhoor. Al die Boere vroue en kinders moes teenwoordig wees toe die doodvonnis oor hom uitgespreek is. Hy sou voor 'n vuurpeloton sterf, net buite die dorp, langs Bos rivier.

Die Kaapse goewerneur, Alfred Milner, het toe al met sy verengelsingbeleid begin. 'n Engelssprekende onderwyseres het vir Pieter-hulle in 'n tent skool gehou. NŠ die oorlog het hulle in die dorpskool skoolgegaan. Pieter was een van die duisende leerlinge van daardie dae wat gedwing is om 'n karton-plakkaat met die woorde ``I am a donkey, I spoke Dutch'' om sy nek te dra nadat hy betrap is dat hy Afrikaans praat. Sů is selfs Afrikaner kinders deur die Britte verneder.

F a n i e
6 Jan 2013, 13:12
Dankie Boertjie, baie oulik.

Maar hou nou op hanna-hanna en sit almal op toe man !

Boertjie Phillip
6 Jan 2013, 13:13
ABO: Koerantredakteurs kry tronkstraf oor waarheid.

DIE historiese herehuis van Tokai is die administrasiegebou van die Tokai-nywerheidskool. Dit is naby die huidige Pollsmoor-gevangenis. In die Anglo-Boereoorlog was dit die Tokai-tronk.

DIE hoofingang van die ou tronk in Roelandstraat, Kaapstad, waar F. S. Malan 'n tyd lank opgesluit is voordat hy na die Tokai-tronk oorgeplaas is. Die Roelandstraat-tronk is 'n ryd gelede tot die Argief herontwikkel

DIT is met groot kommer dat landsburgers wat weet dat 'n vrye pers een van die hoekstene van burgerlike vryheid is, verneem het dat die regering die Menseregtekommissie aangestel het om onder meer as waghond oor die media op te tree.
Diť kommer het tot angs oorgegaan toe minstens 40 redakteurs en nuushoofde gedagvaar is om ``hul aandadigheid aan rassisme in hul publikasies'' aan 'n kommissaris en sy span in openbare verhore te verduidelik.

Die beskuldigdes is onomwonde met tronkstraf gedreig indien hulle sou weier om die verhore by te woon.
Maar die hou van inkwisisies buite die ordelike regstelsel van die beskaafde samelewing is niks nuuts aan Suid-Afrika nie.
Willem Adriaan van der Stel, vroeŽ agtiende-eeuse Hollandse goewerneur aan die Kaap, het met mag en geweld onder die Vryburgers ingeklim omdat sommige van hulle die vermetelheid gehad het om sy korrupte doen en late aan die Kaap te bevraagteken.

Lord Charles Somerset, negentiende-eeuse Britse oorheerser van die Kaapkolonie, het soos dit 'n knap diktator betaam verskeie Engelstalige koerante gesluit en die redakteurs mishandel.
Hy het kritiek van niemand geduld nie en die bestaande regstelsel het nie hardhandig genoeg na sy sin kritiese burgers die mond gesnoer nie.
Maar die kwaaiste ingryping in vryheid van spraak en die publiek se fundamentele reg om ingelig te wees oor wat in hul gemeenskap aan die gang is, het in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" plaasgevind.

Die Britse invallers het onder die dekmantel van krygswetgewing en gewaande misdrywe Afrikaanse en Engelse koerantredakteurs in die tronk gegooi om hulle vir die duur van die oorlog die swye op te lÍ.
Maar daar moet toegegee word dat oorlogstoestande toe in die land geheers het en dat Krygswet darem formeel afgekondig is.
Die burgery was dit dus te wagte dat die militÍre owerheid met mag en geweld op hul vryheid inbreuk sou maak.
Die ergste geval van mishandeling van 'n koerantredakteur was diť van Francois Stephanus Malan, boorling van Bovlei op Wellington, wat as redakteur van die invloedryke Afrikaanse koerant Ons Land op 28 Maart 1901 daarvan aangekla is dat hy in sy koerant die burgerlike bevolking tot ongehoorsaamheid opgestook en dat hy 'n Britse kavallerie-aanvoerder genl.maj. J.D.P. French, belaster het.

Malan het naamlik 'n brief van 'n Caledonse leser gepubliseer waarin vertel is hoedat French se magte in die Britte se verskroeide-aarde- veldtog hul kanonne op 'n plaashuis gerig het waarin net weerlose Boerevroue en kinders geskuil het.
Diť insident het die briefskrywer van twee van hierdie vroue verneem wat nŠ die voorval in 'n Britse konsentrasiekamp elders in die land gevange gehou is.
Lord Alfred Milner het in hierdie tyd gesÍ hoewel Ons Land die gebalanseerdste verslae oor die oorlog publiseer, Malan die Republikeine in die veld aanmoedig om in hul stryd teen Brittanje te volhard.

Die publikasie van die brief en 'n Nederlandse plakkaat van 1754, wat bedekte kritiek op die Britse oorlogspoging sou wees, was voldoende rede om Malan en sy koerant nou uit die weg te ruim.
Milner en die militÍre owerheid was egter slu genoeg om deur die kantoor van die prokureur-generaal, sir James Rose-Innes, op te tree en Malan in die Kaapse Hooggeregsghof te laat verhoor.
Sů kon aan die buitewÍreld voorgegee word dat die burgerlike regstelsel en nie 'n militÍre junta nie die verhoor behartig.
Die saak het op 18 April voor regter Twentyman-Jones en 'n jurie gedien. Rose-Innes het self aangekla nadat hy die jurie gesuiwer het van alle Afrikaners en elke naam wat enigsins 'n Afrikaanse klank gehad het.

Malan het geen regsverteenwoordiger gehad nie en het self sy verdediging behartig.
Sy versoek dat die twee konsentrasiekamp-vroue as getuies vir die verdediging na die hof gebring word, is deur Rose-Innes teengestaan en deur regter Twentyman-Jones geweier.
'n Britse offisier wat reg en geregtigheid wou laat geskied, het op eie inisiatief die getuies laat haal.
Hulle het egter eers lank nadat die verhoor al verby was in die Kaap aangekom.

Malan was toe reeds tot 'n jaar tronkstraf sonder die keuse van 'n boete gevonnis en in die tronk gestop.
'n Rekening vir p36, synde die koste om hulle na die Kaap te bring, is in die Roelandstraat-tronk aan Malan oorhandig. Hy het geweier om dit te betaal.
In sy opsomming van die strafsaak teen die koerantredakteur het die regter gesÍ: ``Malan is een van Haar Koninklike Majesteit se onderdane wat geprobeer het om Haar Majesteit se offisiere en soldate in onguns te bring en om die prestige van haar militÍre hoofde te ondermyn en dit in 'n tyd wanneer ondersteuning en getrouheid aan die owerheid noodsaaklik is. Die jurie moet nou besluit of die publikasie van die brief bedoel was om Haar Majesteit se offisiere en soldate in oneer te bring en 'n kwaadwillige en gevaarlike laster is.''

Die eenparige bevinding van die jurie was dat Malan skuldig was soos aangekla.
In dieselfde tyd is drie ander redakteurs deur dieselfde hof en op dieselfde aanklagte ook tot tronkstraf gevonnis.
Hulle was Albert Cartwright van die South African News, J.A. Vosloo van 'n koerant in Somerset-Oos, en J. de Jongh, die redakteur van 'n koerant in Worcester.
Die koerantmanne is aanvanklik in die Roelandstraat-tronk in Kaapstad aangehou, maar toe oorgeplaas na die tronk in Tokai (nou bekend as Pollsmoor). Malan is tot 2 April 1902, 'n bietjie mee as 'n maand voor die ondertekening van die Verdrag van Vereeniging, daar aangehou.

F.S. Malan het nŠ die oorlog sy redakteurskap van Ons Land tot 1908 voortgesit. Hierna was hy tot 1910 lid van die wetgewende vergadering van die Kaapkolonie. In die Unie-regering het hy verskeie poste as kabinetsminister beklee en sy laaste amp was diť van president van die senaat. Hy is op 31 Desember 1941 oorlede. Media

F a n i e
6 Jan 2013, 13:38
Niks het veel verander nie ne' al die ongeregtelike instansies is weer teruggesit

Boertjie Phillip
6 Jan 2013, 15:04
ABO: Amnestie nŠ vrede kon Salmon van As nie red.

EEN van die drie Boere wat uit die amnestiebepalings van die vredesverdrag van Vereeniging van 1902 gesluit was, was veldkornet Salmon van As. Sy goedgelowigheid om hom te verlaat op die regverdigheid van die Britse kryghof het hom duur te staan gekom.

Op 23 Junie 1902 het hy met sy lewe betaal vir 'n daad wat hy onder oorlogsomstandighede as geregverdig beskou het: Hy het 'n Britse offisier in noodweer doodgeskiet.

Salomon Gerhardus van As is op 2 Mei 1878 vermoedelik in Kimberley gebore, hoewel hy op Heidelberg in die Zuid-Afrikaansche Republiek grootgeword het. Met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het hy hom by die Zuikerboschrandse kommando van Heidelberg aangesluit. Hy het die hele oorlog deurgeveg sonder om gevang te word en was 'n Bittereinder.

Op 25 September 1901 was Van As en ander burgers op 'n verkenningstog in die distrik Heidelberg toe die voorval plaasgevind het waarin die Britse offisier, kapt. Ronald Miers van die Somerset Light Infantry, doodgeskiet is.

Dit het nŠ die vredesluiting gelei tot Van As se verhoor, skuldigbevinding aan moord en sy fusillering deur 'n Britse vuurpeloton.

Volgens 'n verklaring van 'n kommandomaat van Van As, Louis Slabbert, het van die verkenners van die Heidelbergse Boerekommando sporadies verdwyn. Dit blyk toe dat 'n Britse offisier telkens wanneer Boereverkenners gewaar is, met 'n wit vlag op sy perd na hulle ry en 'n vriendelike gesprek aanknoop.

Diť vriendelike man het hul vertroue gewen en aan hulle aantreklike beloftes gemaak oor wat sou gebeur indien hulle hulle oorgee en inligting oor hul kommandobewegings verstrek. Talle van die Boere wat al moedeloos was oor die uitsiglose oorlog, het sů in die strik getrap.

Op 25 September was Slabbert en ander burgers saam met Van As op verkenning toe hulle 'n Britse soldaat op 'n blou perd met 'n wit vlag in die hand sien aankom. Toe hy naby hulle was, het Van As Slabbert aangesÍ om die soldaat voor te keer. Slabbert merk toe dat die man 'n rewolwer aan die sy dra. Hy het geweier om stil te hou en op die ander verkenners afgepeil. Die volgende oomblik het 'n skoot geknal, en die soldaat het dood van sy perd getuimel met sy rewolwer wat eenkant toe val. Van As het die noodlottige skoot met sy geweer gevuur.

Op Slabbert se vraag waarom hy die soldaat geskiet het, het Van As geantwoord: ``Dit is kapt. Miers hierdie, en weet jy wat hy wil hÍ ons moet doen? Hy wil dat ons wapens neerlÍ. Ek sÍ hom toe ons sal dit nimmer doen nie en ons is reeds hier om hom te vang vir al die verraad wat hy reeds gepleeg het deur ons Boeremagte om te rokkel. Die Engelsman pluk sy rewolwer uit en lÍ aan na my, maar ek was te gou vir hom. Voor hy my kon skiet, het ek hom neergevel.''

Slabbert het voorts ook verklaar: ``Ek het geweet Van As kon 'n geweer goed hanteer en hy was 'n vinnige kÍrel. Daar ek nog jonk was, kon ek dinge nie mooi verstaan nie, maar later was dit vir my duidelik dat die Engelse offisier al lank besig was om verraad te pleeg. Hy het snags uitgery en gespioeneer waar die Boere hul wagposte uitgeplaas het. Hy ry dan met die wit vlag tussen hulle in, presenteer sigarette en drank aan, en is baie vriendelik. Hy vertel hoe sleg dit gaan met die Boerevroue in die kampe. Hulle sterf uit hoe dwaas dit is van die Boere om nog aan te gaan met die oorlog. Baie Boere was wankelmoedig deur die ontberings en lyding, en dit was nie baie moeilik om hulle om te praat nie. Daarvoor is Van As gestuur om hierdie man te vang, en was hy nie so vinnig en onverskrokke nie, het ons al drie in die stof gebyt en ek was glad ongewapen.''

Slabbert het ook verklaar dat Van As se verloofde, Nellie Nortje, 'n paar weke later by die kommando opgedaag het om Van As te waarsku dat die Britte hom voŽlvry verklaar het. Hulle sou hom doodskiet weens die dood van Miers en omdat hy drie swart spioene in diens van die Britse leŽr by Emmasdale doodgeskiet het.

Die Britse militÍre het in die dood van Miers die verlies van 'n offisier, kameraad en gewilde soldaat gesien. Miers het heelwat sukses behaal om mismoedige burgers te oorreed om die wapen neer te lÍ. Sy dood moes gewreek word.

Slabbert het vertel dat Van As op 1 Junie 1902 genl. Louis Botha op Houtpoort gevra het: ``Generaal, is my lewe gewaarborg, want as dit nie so is nie, gaan ek nie die wapen neerlÍ nie. Ek het twee baie goeie perde, en ek sal na Duitse gebied vlug.''

Volgens hom het Botha geantwoord: ``Daar sal niks aan jou gedoen word nie. Daar sal alleenlik ondersoek ingestel word.''

Mev. Paulina Hattingh, 'n suster van Van As, het bevestig dat hierdie gesprek aan haar ouers oorgedra is. Sy het die pogings verwerp van ander skrywers, soos Gustav Preller, om Botha van alle blaam te onthef deur te beweer dat hy Van As aangeraai het om eerder te vlug, maar dat Van As gesÍ het: ``Ek is onskuldig, ek sal nie vlug nie.''

Van As het hom op 7 Junie 1902 vrywillig aan genl. Bruce Hamilton oorgegee. Die verhoor was van 17 tot 19 Junie in die Waverley Hotel op Heidelberg. Van As is skuldig bevind aan die moord op 'n Britse offisier onder die wit vlag. Hy is gevonnis om deur 'n vuurpeloton doodgeskiet te word.

Op 23 Junie om 7 vm. is hy teen die muur van die Heidelbergse tronk geskiet. 'n Gat is in die veld naby die dorpsbegraafplaas gemaak, en die lyk, toegedraai in 'n kakiekombers, is daarin gegooi.

Sy makkers het later 'n doringboom op die plek geplant. Die oorskot is meer as 'n jaar later opgegrawe en op 23 Oktober 1903 nŠ 'n plegtige begrafnis vanuit die Hervormde kerk op Heidelberg saam met diť van ses ander Boere-gesneuweldes in die kerkhof herbegrawe.

Boertjie Phillip
13 Jan 2013, 15:11
ABO: Leraar vertel van Namakwalanders se swaarkry in ABO.

Die Neogotiese kerk op Bowesdorp in die berge naby Kamieskroon is in 1861 ingewy. 'n Waterskaarste het die gemeente gedwing om na Springbok uit te wyk. Teen 1878 is die dorp ontruim en alles het verval. Die CSV in die konsentrasiekamp op Bethulie in die Anglo-Boereoorlog. Die vereniging het daar, soos ook oor die hele land in kampe, ook in oorsese krygsgevangekampe, die fakkel van die Woord helder laat brand.

DIE Anglo-Boereoorlog wat van 1899 tot 1902 tussen Engeland en die twee Boererepublieke gewoed het, het ook die verre Namakwaland intens geraak.

Die hele gebied was in diť tyd 'n toneel van stryd, beroering en groot onsekerheid. Dit was ook 'n donker tyd in die geskiedenis van die gemeente. Niemand het geweet wie vriend en wie vyand is nie en talle mense het na die Boesmanland en oor die Oranjerivier gevlug.

Die godsdiensverslag aan die Ring in 1902 gee 'n beeld van die spanning en ontwrigting op kerklik gebied in oorlogstyd: Ds. W.S.E. RŲrich word soos 'n banneling op Garies behandel, terwyl hy onder teenstand en vernedering 'n erediens op Kersdag 1901 op 'n plaas hou. Hoe erg die kerklike lewe geraak is, blyk ook uit die verslag: ``Tot September 1901 waren de diensten slechts te Springbok, Bowesdorp en Garies bepaald. En zelfs aan die plaatsen schraal, aangezien de militairen zich van de gelegenheden wisten te bedienden om onze paarden te kommandeeren, eene krijgslist zeer doeltreffend om onze menschen alle vrijmoedigheid tot het bezoeken van 't Godshuis te ontnamen.''

Op 15 September 1901 het 'n Nagmaalsgeleentheid op die kerkdorpie Bowesdorp plaasgevind, 'n rooilettergeleentheid wat gewoonlik deur die meeste boere in die omgewing bygewoon is.

'n Gerug is deur die Engelse versprei dat alle kinders op Bowesdorp geŽnt moes word, wat verseker het dat byna al die boere optrek na die kerkplaas tussen die berge. Met die boere se aankoms op Bowesdorp was hulle geskok, want die dorpie was beset deur lt.kol. Shelton met driehonderd ``Scouts'' (gekleurde soldate).

Hy het die krygswet op dreigende en onbeskofte wyse oorgedra en om sake te vererger is vroue met geweld rondgestamp. Die soldate het onbeskaamd in die tente ingebars waar vroue besig was om aan te trek.

Dit het die boere gebelg gemaak, sodat van hulle gerebelleer het.

Spanning in die gemeenskap het net toegeneem. Die leraar, kerkraad en gemeente is voor 'n krygsraad gedaag en alle mans wat sonder toestemming daar was, is met p1 beboet. Dit was die doodsklok vir alle kerklike byeenkomste.

Die kerkgebou op Garies is in diť tyd as 'n Engelse fort gebruik.

Op Springbokfontein wat in 1916 amptelik Springbok geword het, maar in die omgangstaal dit lank reeds was is aan die einde van 1901 drie forte gebou en deur ongeveer 120 Britte beman.

Op die middag van 1 April 1902 het die Boere die forte aangeval en twee dae later was Springbok stewig in Boerehande.

Volgens die navorsing van dr. Gert Kotzť van Springbok bestaan daar oorvloedige getuienis dat die Boere buitengewoon sober was. Dat daar op Springbok 'n lagwekkende voorval plaasgevind het waarby drank betrokke was, moet dus nie verkeerd vertolk word nie.

Ds. Abraham Kriel, wat saam met die Boere-kommando's uit Transvaal getrek het, het agtergekom dat 'n klompie burgers die plaaslike kroeg ``oorgeneem'' het en dat dit daar baie jolig gegaan het. Hy het op die kroegtoonbank geklim en die bottels drank met sy kierie begin verwoes.

Ene Groesbeek het op die toneel afgekom en omdat hy nie geweet het dat dit ds. Kriel was wat die staf sů swaai nie, het hy die verwoester in erg gekruide taal aangespreek.

Groesbeek het sy woorde vinnig gesluk toe ds. Kriel omdraai. Hy het hom toe dadelik uit die voete gemaak, maar het darem 'n bottel drank gegaps om te verseker dat sy skuldgevoel nie te lank duur nie.

Die jong ds. A.P. Kriel was die latere stigter van die bekende Abraham Kriel-Kinderhuis in Langlaagte. Hy het 'n leeftyd lank na ouerlose kinders uitgereik.

Op 'n kerkraadsvergadering op 17 September 1904 is verlof aan Jan de Waal gegee om 'n gedenkteken op te rig ter nagedagtenis aan die Boere wat gesneuwel het. Hy het selfs die bakstene gemaak ``voor't monument der ses herbegraven Burgers in Namaqualand gesneuveld''.

In Jesus is Koning skryf ds. Van der Merwe soos volg oor die CSV:

Die werk van die CSV het deur die oorlog 'n ernstige knou gekry, ook buite die grense van die twee Boererepublieke. Weens krygswet is die reisende personeel nie toegelaat om met die werk voort te gaan nie.

Van 30 Maart tot 2 April 1899 is 'n baie geslaagde konferensie in Bloemfontein gehou, wat ook neerslag gevind het in die amptelike blad van die vereniging. Dit het nŠ die uitbreek van die oorlog verskyn.

Hieroor skryf G.B.A. Gerdener: ``Die Driejarige Oorlog het ons 'n gedugte knou gegee: ons onthou nog die dag toe ons die brief ontvang het dat ons blad kontraband verklaar is. Nooit sal ons vergeet met watter beswaarde hart ons daardie paar duisend eksemplare van De Christen Student verbrand het nie. Ons beste skakel was daardeur weggeneem.''

Gedurende die oorlog is Boerekrygsgevangenes oorsee gestuur, onder meer na Ceylon, Bermuda en St. Helena. Verskeie boeke daaroor is deur leraars en bannelinge geskryf, waaruit blyk dat die kerk 'n deurslaggewende vashouplek en anker gebly het.

Plaaslik is vroue en kinders na konsentrasiekampe gestuur, waar veel pyn en smart beleef is. In die kamp op Bethulie, soos op vele ander plekke, het die fakkel van die Woord helder gebrand en soos elders word daar ook 'n CSV-tak gestig.

Ds. A.F. Louw, geestelike werker onder die krygsgevangenes op St Helena, vertel van die invloed wat die CSV op die manne in die vreemde het: ``Onder die gevangenes was daar ook jongmense wat kort tevore op Stellenbosch met die CSV in aanraking gekom het. En was dit nie vir my 'n verrassing nie om op 'n dag te verneem dat daar deur hulle 'n Sendingstudiekring, op voetspoor van 'n deel van die werksaamhede van die CSV, tot stand gebring is. Ten gevolge van saadjies gesaai op die eiland St. Helena, deur bogenoemde, is daar onder ons predikante, sendelinge, onderwysers en ongetwyfeld talle manne in ander betrekkings, wat in ballingskap nie tevergeefs vir hulself die vraag gestel het: Wat gaan ek met my lewe doen as ek weer terug in Suid-Afrika is?''

Boertjie Phillip
13 Jan 2013, 15:22
ABO: Dagboek vertel verhaal van stille held in oorlog.

DIE dagboek van 'n Duitse dokter wat in die Anglo-Boereoorlog tot die einde ambulansdiens by die Boerekommando's gedoen het, is die besonderse verhaal van 'n stille held.

HERO TILEMANN het in November 1899 uit Duitsland na Suid-Afrika vertrek, 'n paar dae nadat hy op 26 as arts gekwalifiseer het.

Hy was 'n vrywilliger in 'n Duitse ambulans en was en een van net drie buitelandse geneeshere wat ``bittereinders'' sou word.
Teen die tweede helfte van 1900, nadat Bloemfontein en Pretoria deur die Britte beset en die Boere in Transvaal tot teen die grens van Swaziland teruggedruk is, het die meeste van die buitelandse vrywilligers aan Boerekant Suid-Afrika begin verlaat.

Die gepubliseerde herinnerings van buitelandse vrywilligers behandel daarom gewoonlik net die eerste 9 tot 15 maande van die oorlog. Tilemann se dagboek is uniek deurdat dit sy ondervindings deur die oorlog heen beskryf.

Hy skryf uit die oogpunt van 'n buitelander, met 'n agtergrond en opvoeding anders as diť van die meeste burgers. Hy het uit idealisme in Suid-Afrika kom dien en sy meegevoel met die Boere was groot, maar nie sonder kritiek nie.
Hy vertel van die Boere se goeie maniere, gasvryheid, lewenswyse (onder meer oor die ``opsitkers'' wat vir sy Duitse lesers nogal heelwat lig op Boeregewoontes moes gewerp het) en onkonvensionele krygsvoering. Maar hy is ergerlik oor hul gebrek aan krygsdissipline en bitter oor verraaiers, hensoppers en joiners.

Die dramatiesste vertelling is van 'n operasie op 'n burger van die Heidelberg-kommando, ene Rademeyer, wat in Maart 1902 in 'n skermutseling by Boesmanskop gewond is.
By die kartets-maagwond het sowat 0,5 m van die ingewande uitgehang. In die operasie te velde in uiters primitiewe omstandighede het Tilemann met groot vindingrykheid en praktiese bekwaamheid sy beperkte mediese hulpmiddele ten beste gebruik. Die operasie het geslaag en die dokter teken aan dat die pasiŽnt goed begin herstel het, maar nie of hy die ondervinding oorlewe het nie.

(Rademeyer se naam verskyn nie op die ongevallelys wat Ian Uys in Heidelbergers of the Boer War verstrek nie).

Tilemann het die bepalings van die Geneefse konvensie goed geken, anders as baie van die Britse leŽr, volgens sy getuienis. Tilemann (soos sy kollegas by ander ambulanse) was die slagoffer van talle oortredings van die konvensie deur die Britte, hetsy deur Britse onkunde of om ander redes. Soms is op sy eenheid gevuur ondanks duidelike aanduidings dat hulle ambulanspersoneel is, sy ambulans twee keer verbrand, sy voorraad is geplunder, hy is herhaaldelik gevang en vrygelaat en sy personeel is weggevoer.

Tilemann het nie net in die vroeŽ fases by die kommando's gebly nie, toe hulle suksesse behaal het en hy sy mediese werk in betreklik normale omstandighede kon doen, maar ook toe hulle later nederlae gely het, moes vlug en groot ontberings verduur het. Hy is twee maal beseer en minstens vier keer gevang, maar het verkies om nie die baie geleenthede te gebruik om eerbaar uit die stryd te tree nie.
In die begin is verwag dat die oorlog hoogstens 'n paar maande sou duur. Toe dit langer aanhou en die konvensionele oorlog in 'n guerrillastryd oorgaan, het die meeste buitelanders en alte veel burgers tou opgegooi.

Waarskynlik kon Tilemann hom ook hom nie voorgestel het wat hy sou opoffer nie: drie jaar van sy lewe en sy mediese loopbaan en die samesyn met sy familie. (Sy pa is in sy afwesigheid oorlede).

Met die vredesluiting was Tilemann in Junie 1902 nog in die veld. Die laaste hoofstukke is 'n beskrywing van die byna apokaliptiese landskap waarin hy sy pasiŽnte besoek het.
Dit is geboekstaaf dat vreemde vrywilligers nie altyd by die Boere welkom was nie en dikwels met onverskilligheid, agterdog of self vyandigheid bejeŽn is. Party het diť soort houding verdien, aangesien die oorlog 'n taamlike aantal avontuursoekers gelok het. Tilemann was van 'n ander kaliber. 'n Brief van een van die kommando's wat hy gedien het, getuig van die waardering vir hom.

Niet alleen hebt gij uw Vaderland en Maatschap vrijwillig verlaten om tot ons over te komen om van dienst te zijn aan ons Volk, niet alleen hebt U de dagen van zonneschijn in het begin van den strijd met ons doorge bracht, maar voor al wardt gij trouw bevonden toen dagen van donkerheid over ons kwamen en velen, zelfs van ons eigen Volk, ons den rug toekeerden. Het was eerst in die dagen, toen uw humaniteitsgevoel en geest van zelfopoffering de sterksten toets moest doorstaan, dat wij U hebben leeren bewonderen als een Held in uw werk.

`Het ligt niet in ons vermogen uwe kostbare diensten te beloonen, maar wij willen vertrouwen en bidden dat onze rijke God U waardiglijk beloonen sal, gedurende uw leven en hiernamaals.
Met Hoochachting
H.A. Alberts, Vechtgeneraal ZAR

In Julie 1902, onderweg terug na Duitsland, is Tilemann in Kaapstad genooi na 'n private dinee ter ere van genls. Botha, De Wet en De la Rey. Twee dae later het hy saam met hulle op die skip die Saxon na Europa vertrek.

Tilemann se gevoelens oor die afloop van die oorlog was sů dat hy vir eers nie daaraan wou dink om sy herinneringe te publiseer nie. Hy is naderhand oortuig om dit te doen, maar hy het in 1907 in 'n seil ongeluk op die Elberivier verdrink; hy was maar 34 jaar oud.

Boertjie Phillip
13 Jan 2013, 17:19
ABO: Boervrou, kinders vlug voor Britte die berge in.

``DIE reeks artikels oor die Anglo-Boereoorlog, maar veral Nols Nieman se bydrae oor Fouriesburg en die holkrans, het my teruggevoer na baie jare gelede. My ouers het lank in diť distrik geboer en dit is waar ek die grootste gedeelte van my jeug gebly het. Die vertellinge van my moeder van hul wedervaringe in die oorlog staan my nog helder voor die gees,'' skryf mnr. Kobus (Patat) Cronjť.

`Oupa L.J. Venter (oom Leevies) se plaas, Donkerpoort, was slegs twee myl van die dorp af, net aan die noordekant van die groot ronde kop langs Fouriesburg. Dit is hier waar ses van sy sewe kinders gebore is. Van die opstal af kon 'n mens die pad van Bethlehem ver sien, so ongeveer ses of sewe myl.

`Toe die Britse mag in die Oos-Vrystaat begin aktief raak, het ouma Chatarina haar drie kindertjies ingelig oor haar planne. Sy het gesÍ dat sy haar nie deur die Engelse sal laat vang nie. Daarvoor het die Hemelse Vader gesorg vir genoeg skuilplek in die omringende berge.

`Haar kosbaarste besittinkies, eetgerei, komberse, ens. het sy in twee groot houtkaste gepak en aan 'n getroue plaaswerker toevertrou met die versoek om dit vir haar iewers te begrawe tot nŠ die oorlog. Sy plan daarmee was baie oorspronklik. In die perdestal het hy eers die perde se beddegoed en toe die keistene verwyder. Hy het 'n diep gat gegrawe, die kaste daarin gesit, toegegooi, die keistene weer netjies gepak en die beddegoed daaroor gegooi; geen teken van kosbare kaste nie!

`Ouma was gereed toe sy die eerste Britse soldate oor die bult uit die rigting van Bethlehem sien kom. Die laaste ding wat sy oor haar skouer gegooi het, was 'n bulsak, iets wat deesdae deur 'n geveerde matras vervang is. Sy en haar drie kindertjies, 8 jaar, 6 jaar (my ma) en 4 jaar, is weg die veld in op pad na die Rooiberge wat van Fouriesburg af tot by Slabberts strek. Op die plaas Ventersberg, destyds ook oupa s'n, het daar glo een of twee families hulle by hulle aangesluit.

`Die oorspronklike plan was om af te trek na die Therons se plaas waar daar vir baie jare 'n meule was. Gelukkig het hulle betyds berig ontvang dat daar reeds Engelse was. Ouma-hulle het toe gou 'n paar miershope uitgehol, brood gebak en toe al met die berge langs na Snymanshoek getrek waar die holkrans vir die volgende 11 maande hul tuiste sou wees.

`Volgens my moeder het die paar vroue met lang tamboekiegras afskortings tussen die paar families opgerig en van klippe en klei vir hulle tafels en sitplekke gebou. Iemand het glo later ook 'n drukpersie daar aan die gang gehad. Vir die kinders was daar glo soms moeilike tye, maar die pret van die buitelewe was ook daar.
`Een geleentheid was 'n besoek van genl. C. R. de Wet. Met trane in die oŽ het my moeder vertel dat die generaal 'n paar stukkies beskuit uit sy saalsak gehaal en onder die klompie kinders verdeel het.

`En waar kom die bulsak ter sprake? Dit was op daardie bulsak daar onder die holkrans dat ouma die lewe geskenk het aan haar vierde kind, Chatarina Cornelia, genoem na ouma. Sy was die een baba wat, soos in Nieman se artikel genoem, daar gebore is. Wie die een mens was wat daar gesterf het, weet ek ongelukkig nie.
`Toe daar vrede kom, kon ouma en vier kinders terugkeer Donkerpoort toe, oupa was weer daar, die ou plaaswerker kon die kaste uitgrawe en help om weer 'n huis te bou.

`Hier op Donkerpoort kon ek as klein seuntjie, haar eerste kleinkind, haar begrafnis bywoon, maar ook later jare baie gelukkige dae saam met oupa en oom Boet deurbring.
`Dit is hier waar oupa my leer perdry het, my gewys het hoe hy velle looi, rieme maak ai, heerlike sorgvrye dae.
`En ek proe nog die sappige saffraanpere wat ons daar op die damwal se ou groot boom in die muuromringende vrugteboord gepluk het.

`Ek moet darem iets sÍ van oupa Leevies se ervaring in die oorlog. Sy broer, oom Dawid, se plaas, Presentpoort, was moeilik bereikbaar deur 'n baie nou poort en die Engelse was net een keer daar deur, moontlik uit vrees vir 'n hinderlaag, maar die ťťn keer was nie lekker nie.
`Oupa, oom Dawid en oom Kerneels Pienaar was een aand op Presentpoort. Hulle perde was in die stal byna op die wal van 'n diep sloot. Toe die honde skielik begin blaf en onraad ruik, het hulle na die stal gehardloop.

`Hulle het gou besef wat aangaan en oom Kerneels het die wal afgespring en weggekom. Oupa was dadelik op sy knie met die geweer teen sy skouer. Dis toe dat 'n stem uit die donker kom: `Ou Rooie, in godsnaam moet nie skiet nie, julle is omring!' (Ai, die verraad!)
`Oupa en oom Dawid is daar gevang.''

Boertjie Phillip
13 Jan 2013, 18:13
ABO: Brandfort se `moordkamp' eis sy tol.

IN die Brandfort-konsentrasiekamp.

INTERESSANTE feite rakende die mediese sorg en verwante aspekte in die Brandfort-konsentrasiekamp in die eerste weke nŠ die amptelike erkenning van die kamp se status as konsentrasiekamp op 13 Maart 1901.

``NA 'n paar dae is my seun dood. Sy laaste woorde was: `Ma, gaan vra tog vir Jesus vir kos vir my.' ''

DIE Brandfort-konsentrasiekamp is op 13 Maart 1901 in werking gestel. Teen Augustus was 3404 mense reeds in die kamp gevestig.

Daar was voorheen reeds 'n gevestigde vlugtelingkamp in Brandfort, maar hoofsaaklik vir vrywilligers, wat gereeld deur die plaaslike Brandforters as joiners uitgekryt is.
Verskeie beŽdigde verklarings van vroue en kinders se ervaringe in diť kamp wat hulle die Brandfort-``moordkamp'' genoem het, is opgeteken.
Enigeen wat Brandfort se berugte swart turfgrond ken, sal weet dat die grootste probleem met die kamp was dat dit op 'n ongeleŽ plek op die plaas Karee aangelÍ was en dat die kampterrein in 'n taai, potklei-moeras nŠ reŽn omgeskep is.

Mev. A.S. Wolvaardt van Wolmaransstad vertel: ``In Januarie 1901 moes ek van my plaas af vlug. NŠ sewe maande is ons gevang en na die moordkamp in Brandfort gestuur. My jongste kind is op pad aan witseerkeel dood. Toe ons op 9 Augustus 1901 daar aankom, is ons dadelik in die kwarantynkamp gesit hieroor. Hier het twee van my kinders masels aangesteek. Daar was niks kos vir hulle behalwe verdunde blikkiesmelk nie.

`NŠ 'n paar dae is my seun dood. Sy laaste woorde was: `Ma, gaan vra tog vir Jesus vir kos vir my.'
`Drie van my kinders en ek self het dodelik siek geword van die koors.

`In die hospitaal is my dogter van 16 later dood van honger en die volgende dag is my 6-jarige dogter ook daar dood.''
Volgens ooggetuie-verslae uit kampe is vyf blikke kondensmelk oopgemaak en met blik, etiket en al in 'n groot pot kokende water gegooi, dan afgekoel en as enigste invalidekos vir siek kinders gebruik.

Ontwatering en ondervoeding is dikwels gegee as oorsaak van dood deur Brandfortse kampdokters, maar met 27 groot markiestente, elk met 'n maksimum van 60 pasiŽnte en slegs 'n paar verpleegsters en hulpverpleegsters, plus die honderde mense wat siek in die tente gelÍ het, was dit bykans onmoontlik om elkeen voldoende te versorg.
Dit blyk dat die Britse mediese owerheid tog sy bes geprobeer het om die gereelde epidemies van masels, witseerkeel, Duitse masels en kinkhoes te keer. Die mediese gesondheidsoffisier vir die Oranjerivierkolonie, dr. T. Clifford Tait, skryf aan dr. Smith, die distrikgeneesheer van Brandfort, en die nuwe hoof van die ``Brandfort Refugee Camp'' op 19 Maart 1901 dat hy 'n verslag wil hÍ oor die sukses van die inentings teen masels en Duitse masels, aangesien dr. Martinius 172 kinders teen 'n sikspens (5c) elk geŽnt het, waarvan 139 suksesvol was.

Weekverslae toon dat die algemene gesondheid in die kamp redelik bevredigend was, behalwe vir baie kinders onder 6 jaar wat ``enteric fever'' gehad het en erg aan diarree gely het.
Volgens rantsoene moes die kinders in die kamp weekliks melk kry, maar hoe haglik toestande was, kan gesien word uit die dringende opdrag aan die kampkommandant dat alle koeie aangekeer moet word ongeag aan wie dit behoort, en die eienaars geldelik vergoed moet word vir die verlies. Alle beskikbare melk moes reguit na die hospitaal gaan, aangesien dit die enigste voedsel is wat sommige siek kinders nog kon inneem en daar by tye nie eens genoeg melk vir die hospitaalkinders onder behandeling was nie, wat nog te sÍ van die siekes in tente.

Dit is interessant om te sien hoeveel siektes gemiddeld in een week in die kamp behandel is. Dieselfde weeklikse opgawes lees soos 'n dokter se nagmerrie:
Met die jongste pasiŽnt in 'n stadium 'n meisietjie van 1 jaar met diarree en die oudste 'n man van 63 met hardlywigheid, was daar 'n wye verskeidenheid kwellinge en akute siektetoestande waaraan drr. Martinius, Gunn en Smith moes aandag gee.

Siektes soos rumatoÔede artritis, skarlakenkoors, akute gastritis, diarree, ingewandskoors, tifoÔed, 'n nekabses in 'n wond opgedoen in die Slag van Belmont, chroniese mangelontsteking by volwassenes, histerie, ekseem, longontsteking, bloedarmoede, masels, Duitse masels, bronchitis, kinkhoes, witseerkeel, impetigo, koliek, ofthalmia, erysipelas en selfs sifilis is in 'n enkele week behandel.

Een sterfgeval is aangemeld: Die premature doodgebore baba van C. Lombard, 'n jong meisie van 20.
Juis oor die geboortes was daar 'n bakleiery, want die dokters wou ekstra geld vir moeilike bevallings hÍ en die Britse leŽr het gesÍ: ``Jammer, dis deel van jul pligte.''
Veral die dryfjagte teen genl. Christiaan de Wet het groot probleme vir die Brandfortse kampowerheid meegebring en grotendeels tot die geweldige oorbesetting van die kamp bygedra. So skryf 'n desperate kapt. Trollope op 21 Maart 1901 aan die Bloemfonteinse distrikkantoor dat 'n sekere offisier van ene maj. Du Moulon (sic) se kolonne honderde mense uit die distrik Smithfield ingebring het en dat hulle gestrand sit in Brandfort met geen huisvesting, mediese sorg of kosvoorrade nie.

Die antwoord was kort en kragtig: ``Ek het nog nooit van 'n maj. De Moulin se kolonne gehoor nie, wat nog te sÍ van waar hulle oral was voor hul aankoms. Ek is jammer, maar sulke ongelukke is onvermydelik.''

Brandfort is geÔdentifiseer en gebruik as aflaaiplek vir Boere en veral lastige en uitgesproke Boervroue waarmee die Britse regering nie raad geweet het nie. Die einste kapt. Trollope skryf dat hy 67 ``undesirables'' na Brandfort stuur, maar hy sal darem die kommandant vra om voortydig te waarsku dat hulle in aantog is, aangesien hy reeds 9500 mense in die Bloemfontein-kamp het, maar dat Brandfort nog 2 000 behoort te kan neem en Winburg 769.

Die antwoord was: ``Grond is daar genoeg, maar ons het regtig nie tente of medisyne of rantsoenvoorrade nie!''
Sodra 'n wa of trok met vlugtelinge aangekom het, het dr. Martinius, 'n gemoedelike en saggeaarde siviele geneesheer uit Londen, al die nuwe aankomelinge dadelik medies ondersoek en aansteeklike siektes geÔsoleer.

Uit 43 waens op een dag was daar benewens al die gewone siektes ook twee kinders met witseerkeel, van wie een twee uur nŠ aankoms in die konsentrasiekamp dood is en die ander enetjie twee dae later.

Boertjie Phillip
16 Jan 2013, 17:56
ABO: Boyle moes toe self loop soos die vroue en kinders.

GENL. CHRISTIAAN DE WET was woedend toe hy van lt. Cecil Boyle se opdrag hoor dat gevange vroue en kinders wat na kampe weggevoer word, moes loop en nie op 'n wa mag gery het nie.

Hy het besluit as daar een man is wat hy wou vang, is dit Boyle.
Hy skryf in sy boek Die stryd tussen Boer en Brit hy het tot naby Dewetsdorp gegaan en 'n gerug versprei dat hy nie kans sien om diť dorp in te neem nie, omdat die Engelse mag daar te sterk was. Maar hy het van sy spioene agtergelaat en na Verkeerdevlei se kant toe getrek.
NŠ 'n paar dae het die spioene hulle by kom aangemeld en hy het gevra: ``Wat sÍ die Engelse?'' Volgens hulle het die Engelse gesÍ dit is baie verstandig van hom om nie te probeer om Dewetsdorp in te neem nie.

Klaas Vermaak het aan my vertel De Wet het net daar omgedraai en duskant Thaba Nchu by Rietpoort deurgetrek. Sowat 18 myl van Dewetsdorp op die pad van Bloemfontein sit Rooikop, 'n hoŽ kop aan die regterkant van die pad. Net agter dit het hy sy kommando laat afsaal.
Daar het De Wet sy manne goed laat slaap, want hulle sou nie gou weer 'n kans gekry het nie.
Daarna het hy hulle gebring na waar die Jimmie Roos-skool nou is. Alles is in stilte en donkerte gedoen. Die Engelse het hom natuurlik nooit verwag nie, maar hy het sy planne mooi agtermekaar gesit hoe hy Dewetsdorp gaan aanval.

Hy het toe vir Barry Richter nader geroep en sÍ hy en twee ander moet vir Boyle gaan vang wat in die huis regoor diť van eerw. Josias Otto slaap.
Richter het toe vir Theuns de Bruyn en nog 'n man gekies om saam met hom te gaan.
Hulle het gesien twee wagte loop om die huis. Net toe die een sy rug draai, het hulle opgespring en die ander wag op die stoep met 'n bajonet doodgesteek.
In die kombuis het 'n ander wag by 'n lamplig gesit en lees. Toe hy die Boere sien, het hy hom boeglam geskrik en geskree.

Boyle het baie kwaad oor die geraas uit die kamer gestorm. Hy loop hom toe teen die Boere vas. Oom Klaas het veronderstel dat hulle iets van diť aard vir hom gesÍ: ``You're the fellow we want.''
Toe die ander Boere Dewetsdorp begin aanval en die geveg die oggend begin, het die Tommies na diť huis gehardloop. So vinnig as hulle daar aangekom het, het Richter en sy maats hulle gevang en ontwapen. Die middag toe die Engelse oorgee, is 'n stuk of 60 in die huis deur die drie gevange gehou.

Tant Gertie, eerw. Otto se dogter, het vertel dat sy iemand die nag by die kombuisvenster van hul huis oorkant die straat op die spruit se wal gehoor het.
``Wie's dit?'' het sy gevra.
``Dis oom Chrisjan (de Wet), maak vir ons koffie,'' het die beroemde generaal gesÍ. (Hy was goed met hulle bevriend en het by die eerwaarde skoolgegaan.)
De Wet en 'n paar Boere het die nag van die stasie se kant af opgekom, hul perde in 'n populierbos vasgemaak en na Otto se huis gekom terwyl Boyle net oorkant die straat nog aan die slaap was.

Die Engelse het nooit vermoed De Wet-hulle het omgedraai en by Rooikop geslaap nie. Die Boere het toe van die suide, weste, ooste en noorde af aangeval.
Tant Gertie vertel die middag het die Engelse by hul hoofkantoor in die rant 'n wit vlag opgetrek. Twee Boere het met mooi skimmelperde gery tot by die huis waar Boyle was, die deur oopgereik en gesÍ: ``Boyle, come out, will you!''

Hy het met sy hande die lug in uitgekom en hulle het aan hom gesÍ: ``You're going to walk.''

Boyle moes toe loop soos hy die vroue en kinders laat loop het.

Oom Chris van Niekerk, toe kmdt. Van Niekerk, het vertel hy het baie dae vir Boyle jammer gekry. Dit was warm en die taamlik gesette en lywige Boyle moes draf om by te bly. Sommige dae het van die Boere hom aan 'n perd se stert vasgemaak sodat diť hom moes aanhelp. Boyle moes net soos die Boere op die grond geslaap en hul kaboemielies geŽet het.
Naby Senekal het De Wet aan genl. Philip Botha, broer van genl. Louis Botha, gesÍ: ``Ek is nou moeg vir Boyle. Hy hou my op, vat jy hom.'' Net toe De Wet uit die gesig was, het Botha aan 'n paar Boere gesÍ om Boyle anderkant 'n rantjie te vat en hom dood te skiet.
Botha moes daaroor voor 'n Boere-krygsraad in Bethlehem verskyn. Hy het getalm en getalm. Uiteindelik is hy Bethlehem toe, maar op pad was hy in 'n skermutseling met die Engelse en het gesneuwel.

By die Vrede van Vereeniging was een van De Wet se voorwaardes dat geen verdere teregstellings sou plaasvind nie.
Kitchener het akkoord gegaan, maar het gesÍ hy wil Boyle se moordenaar hÍ. Toe De Wet aan hom sÍ Botha is dood, was hy tevrede.
Maar kmdt. Barend Cilliers wat Boyle tereggestel het, is wel nŠ die oorlog van moord aangekla en het die volgende beŽdigde verklaring afgelÍ: ``All I have to say is that I feel myself not guilty of murder. I shot and buried Boyle by order of Gen. P. Botha and according to military law I was in duty to obey him.''

Boertjie Phillip
16 Jan 2013, 18:38
ABO: Lord Roberts het besef Vrystaters was in oorlog ongetwyfeld onomkoopbaar.

Dit interessant om kennis te neem van 'n mislukte omkooppoging op die heel hoogste vlak in die Anglo-Boereoorlog (ABO). Destyds het die aspirant-omkopers misluk - en daarmee saam hul hoop om met geld 'n oorwinning vir die Britte te koop.

Met die Britse inname van Pretoria op 5 Junie 1900 was daar 'n algemene gees van moedeloosheid onder die Transvaalse Boere. Selfs pres. Paul Kruger het begin wonder of hulle nie maar 'n vredesooreenkoms met die Britte moes probeer beding nie.
Die krygsraad van die Zuid-Afrikaansche Republiek het onder die voorsitterskap van kmdt.genl. Louis Botha nog verder gegaan. Hulle het besluit dat die voortsetting van die stryd futiel sou wees. Historici aanvaar vandag dat dit net die besielende oproepe van pres. M.T. Steyn en genl. Christiaan de Wet uit die Vrystaat was wat hulle uiteindelik oorreed het om nie handdoek in te gooi nie.

Die Britse bevelvoerder, lord Roberts, was daarvan bewus dat 'n gees van moedeloosheid onder die Boereleiers geheers het. Niemand kon hom verkwalik dat hy geprobeer het om daardie moedeloosheid uit te buit in 'n poging om die Transvaalse Republiek se onttrekking uit die oorlog sonder slag of stoot te bewerkstellig nie.
Roberts het volgens verskeie Boerebronne besluit om die Boereleiers om te koop om die wapen neer te lÍ. Op 7 Junie 1900 het hy die spreekwoordelike geelwortel voor Botha gehang.

Volgens Botha se verslag daaroor aan Kruger het Roberts 'n boodskap aan hom gestuur waarin hy aangebied het ``dat as ek die wapen neerlÍ, hy my nie na St. Helena sal stuur nie, maar op parool na 'n veilige plek Írens in Suid-Afrika''.
Botha was smoorkwaad oor die brief, wat vir hom uiters beledigend was - sů woedend dat hy bevel gegee het dat die tussenganger, die hendsopper Louis de Souza, soos 'n dol hond doodgeskiet moes word.

Toe Roberts teen die volgende dag nog niks van Botha verneem het nie, het hy besluit om die versoeking te vergroot. Oor sy nuwe aanbod is selfs in die Buitengewone Staatskoerant van die ZAR verslag gedoen.
In ver-Afrikaanste vorm lui dit: ``Met betrekking tot die listige aanbod deur die vyand aan ons kmdt.genl. Louis Botha gedoen, in 'n poging om hom te oorreed om die wapen neer te lÍ, meld ons dat die vyand nou nog verder gegaan het en onbeskaamd aan Botha asook aan assistent-genl. (J.H.) de la Rey 'n jaarlikse inkomste van p10 000 aangebied het.''
Kruger se reaksie was volgens die Staatskoerant dat die Britte besef het dat die aanvaarding van die omkoopgeld vir hulle geweldige voordele sou inhou. Hy het vermoed dat hyself, Steyn en De Wet soortgelyke aanbiedinge sou ontvang. As al diť leiers die omkoopgeld sou aanvaar, sou die burgers leierloos wees en sou die oorlog oornag met die Britte as oorwinnaars tot 'n einde kom.

Dan sou die Britte nie meer nodig gehad het om teen hoŽ koste tienduisende soldate in Suid-Afrika in die veld te stoot nie.
Kruger was egter nie heeltemal in die kol met sy voorspelling nie. Roberts het uiteindelik nie omkoopgeld aan Steyn of De Wet gebied nie. Volgens die historikus J.H. Breytenbach het Roberts besef dit sou sinloos wees om met daardie twee Vrystaters oor oorgawe te gesels. Hulle was ongetwyfeld onomkoopbaar.
Maar om een of ander duistere rede het Roberts wel gedink dat hy met Kruger 'n kans staan. Hy het dus geprobeer om 'n afvaardiging bestaande uit hendsoppers wat goed aan Kruger bekend was, na Machadodorp te stuur. Hulle het nie ver gekom nie, want Botha het hulle by Donkerhoek beveel om om te draai.

Sowel Botha as De la Rey het aan Roberts laat weet dat hulle sy poging om hulle om te koop as kwetsend ervaar het. Botha het dit duidelik gestel dat ``sulke laagheid en belediging my sterker en meer vasberade maak om tot die uiterste te stry'' en dat hy bowendien ``nooit onder die Engelse juk sal buig nie, dat ek nie vir (verbanning na) St. Helena bang is nie, nog minder om gehang te word''.

De la Rey het ook aan Kruger die versekering gegee dat hy sou aanhou veg, al sou naderhand net 50 man in die veld oor wees.
Vir Kruger in die verre Machadodorp was diť versekering dat sy leidende offisiere onomkoopbaar was, 'n riem onder die hart.
Met vreugde het hy in die Staatskoerant daaroor gerapporteer: ``Ons leidsmanne - en dit is eintlik oorbodig om dit te konstateer - het verklaar dat hulle eerder die dood sal verkies as om verraaiers van hul land en van hul mede-burgers te word.''

Boertjie Phillip
16 Jan 2013, 18:56
ABO: Maagkoors trek soldate plat in Bloemfontein.

MET die Britse besetting van Bloemfontein op 13 Maart 1900 was daar net 4 000 inwoners, maar oornag het nog 40 000 mense bygekom. Die sanitasie was onvoldoende en teen einde Julie het reeds 2 500 aan maagkoors gesterf. Die stank was ondraaglik en Bloemfontein kon kilometers ver geruik word dit is geruik lank voor dit gesien is.

Dr. S.V. Potgieter van Bloemfontein beskryf die verskriklike maagkoors-epidemie wat 'n eeu gelede in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlogvolgende trefwoord" die Vrystaatse hoofstad getref het.

DIE Britse mag wat Bloemfontein in die vorige trefwoord"Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" op 13 Maart 1900 met ongeveer 40 000 man ingeneem het, was al sedert die veldtog wat op 23 November 1899 by Belmont begin het, te voet op pad.

Met die derde slag, by Modderrivier op 28 November 1899, was drie manskappe van die Guards-regiment siek. W.D. Wilson, die geneesheer-generaal, vra dat dr. Tooth van die private hospitaal Langman, wat by die Rondebosch-meent in Kaapstad gestaan het, na hulle moet kom kyk. Tooth diagnoseer maagkoors en hulle word waarskynlik in 'n veldhospitaal opgeneem wat saam met die soldate beweeg.
Daar was 'n aantal veldslae voor die inname van Bloemfontein en die ontberings wat die soldate meegemaak het, was beslis nie bevorderlik vir siekes nie.

Maagkoors was 'n endemiese siekte in die gebied waardeur die soldate beweeg het. Ook was die watervoorraad beperk en nie altyd geskik vir menslike gebruik nie. Dit was somer en die manskappe moes stap van Belmont oor Magersfontein, Paardeberg, Poplar Grove en Driefontein. Die gevolg was dat hulle erg aan ontberings en 'n gebrek aan vars kos gely het. Baie was siek en moes dringend gehospitaliseer word, maar waar?

In Bloemfontein was net twee hospitale, wat voldoende vir 'n bevolking van 4 000 was, maar oornag was daar al hoe meer mense. Die staatshospitaal was die Volkshospitaal met 270 beddens in Hospitaalweg, nou Andries Pretoriusstraat, en die St. George-cottage-hospitaal in Markgraaffstraat.
Albei kon geredelik maagkoors-pasiŽnte behandel omdat die behandeling toe bestaan het uit slegs bedrus en 'n bepaalde dieet. Geen spesifieke middels was toe in gebruik teen die siekte nie.
Die siek soldate is eers in die veldhospitale opgeneem. Die hospitale was weens lord Roberts se besluit om die osse, perde en waens te verminder om vinniger oor die weg te kom in die agtervolging van die terugvallende Boere, mank aan voldoende voorrade en toerusting.

'n Veldhospitaal het bekend gestaan as 'n 100-bed-eenheid, maar het geen beddens gehad nie. PasiŽnte kon slegs op draagbare of op die grond versorg word. Verpleging deur verpleegsters as sulks was onbekend in die Engelse leŽr. Ordonnanse, of manskappe aan die herstel, moes na die siekes omsien. Baie was self siek aan koors en waarskynlik self siek aan 'n ligter graad van maagkoors, wat hulle ongeskik gelaat het om met ander mense in verbinding te kom.

Sodra dit moontlik geword het om die enkel-spoorlyn van Norvalspont af te gebruik, is sogenaamde ``stationary''-hospitale en algemene hospitale na Bloemfontein vervoer. 'n Algemene hospitaal het uit 520 beddens bestaan, alles in tente en tente vir die geneeshere en ordonnanse wat verpleegdienste verrig het. Daar was enkele verpleegkundiges, maar die Britse leŽrleiding het nog nie tot die besef gekom dat meer verpleegkundiges doeltreffender aangewend kon word nie. Die enkele verpleegkundiges is as toesighouers, ``superintendents'', oor die ordonnanse gebruik.
'n ``Stationary''-hospitaal was maar net 'n veldhospitaal wat letterlik vir 'n langer tydperk, 'n paar dae, tot stilstand gekom het. Dit was verwag dat hulle op een of ander manier voorsiening vir beddens vir die pasiŽnte sou maak.

In die veldhospitale was geen linne of slaapklere vir pasiŽnte nie. 'n Siek soldaat met diarree het weke lank in sy kakie-uniform gelÍ. In 'n beltent was 8 tot 10 mense styf teen mekaar gedruk sodat dit feitlik onmoontlik was om tussen hulle te beweeg. Die meeste het slegs 'n enkel kombers gehad om op te lÍ met soms 'n ``waterproof'' daaronder met geen kussings of bÍreplek vir persoonlike besittings nie.
Die sanitÍre geriewe was haglik. Bloemfontein het nie 'n sanitÍre spoelstelsel gehad nie en 'n emmerstelsel was in gebruik wat deur die munisipaliteit se reinigingsafdeling verwyder is.

Kos was ook 'n probleem, sommige hospitale was ``dieted'' en ander ``non-dieted'', daarmee was bedoel dat 'n ``non-dieted''-hospitaal geen kombuisgeriewe gehad het nie en is buite op oop vure gekook, met 'n beperkte hoeveelheid kombuisware.
Om die Volkshospitaal in Hospitaalweg was die Algemene Hospitaal Nr. 9 in 180 beltente. Aanvanklik was daar 520 beddens, maar spoedig het die getal pasiŽnte tot 1 700 gegroei, van wie die meeste maagkoors gehad het. Kos het uit leŽrrantsoene bestaan en is op oop vure voorberei.
Bloemfontein se waterposisie was alles behalwe voldoende. Die hoofbron was die ou fontein in Victoriapark, agter die Presidensie, en waterputte op 'n paar plekke. Die water in die putte was nie geskik vir menslike gebruik nie en moes eers gekook word.
Die water van die Sannasposwaterwerke het al die dorp bereik, maar was nog nie met die uitbreek van die oorlog oral versprei nie. Om sake verder te bemoeilik het genl. C.R. de Wet die waterwerke op Sannaspos vir ses weke afgesny.

Die trekdiere het ook ontsettend gely en daar was baie vrektes onder die osse en muile. Die karkasse moes begrawe word en is oorgelaat aan die swart inwoners wat die Britse mag gevolg het en hul eie kampe digby die Britse kampe opgerig het.
Stof en die vlieŽ het die lewe vir almal versuur. Naby die Volkshospitaal en die Algemene Hospitaal was die perdestalle van die leŽr, die sogenaamde ``remount station'' teen die Bloemfonteinberg (later Naval Hill). Dit was 'n groot bron van vlieŽ. Geen wonder die 9 Algemene Hospitaal is as ``a tented city of pestilence'' beskryf nie.
Verder was daar geen poging tot klassifikasie en dus die moontlike skeiding van die pasiŽnte nie. Siek manskappe het van die transporte wat hulle meestal van die stasie of die kampe gebring het, (ossewaens) gesteier met 'n siekte wat genoem was ``N.Y.D.'' (not yet diagnosed) en 'n ander met ``S.C.F.'' (simple continuous fever) en hulle kon weerskante van 'n maagkoorspasiŽnt in 'n tent beland. NŠ twee maande in Bloemfontein het die Nr. 9-hospitaal nog net 20 verpleegkundiges gehad met 1 700 pasiŽnte.

'n Britse LP, mnr. Burdett-Coutts, was in Bloemfontein einde April en begin Mei in die slegste tyd. Hy het briewe aan die Times geskryf en op 29 Junie 1900 in die Britse laerhuis gepraat, wat die Britte baie geskok het.
Die Romer-kommissie wat hierna aangestel is om oor die behandeling van siekes en gewondes in Suid-Afrika verslag te doen, was op 2 en 3 September 1900 in Bloemfontein om getuienis af te neem. Teen diť tyd was die gevaar van maagkoors al verby nŠ die eerste koue in Junie met die vermindering van die vlieŽ en die verbetering in die waterverskaffing. In Maart en April het die dodetal spoedig gestyg en begrafnisse het elke middag plaasgevind, lyke moes vinnig begrawe word en daar was geen koelkasgeriewe nie. Die enigste begraafplaas was die Presidentsbegraafplaas op die hoek van Kerkstraat en Rhodeslaan. Die stank was ondraaglik. Bloemfontein kon oor 'n groot afstand voordat dit sigbaar geword het, geruik word.

Boertjie Phillip
17 Jan 2013, 16:51
ABO: Diť heuning gee bitter smaak.

'n GRYSAARD van Middelburg in Oos-Kaap wat staaltjies oor Kaapse Rebelle aan vaderskant gehoor het, is oom Johannes Andreas (Piet) Jansen van Rensburg. Hy maak daarop aanspraak dat hy die enigste oorlewende seun in die land van 'n Kaapse Rebel is.

Oom Piet (89) is 'n afgetrede boer en veearts. Sy pa was Izak Petrus (Zak) Jansen van Rensburg van die plaas Wonderfontein in die distrik Vosburg wat hom as twintigjarige by die Rebelle onder genl. Wynand Malan aangesluit het.

Aangesien sy ouer broer, Piet, reeds op hul enigste perd oorlog toe is, het Zak hom op 'n muil agternasit.
Piet en Zak is saam met 'n paar ander jong Rebelle as verkenners aangestel. Op een van die spioenasietogte het hulle byna flou van die honger by 'n plaashuis langs die ou pad tussen Prieska en Upington aangeklop. Die simpatieke Boerevrou het niks te ete gehad nie, maar hulle gesÍ van 'n heuningnes in die waterput naby die huis.
Zak, die jongste en kleinste, is in 'n emmer in die donker gat afgekatrol om die heuning uit te haal. Toe sy maat vol was, het Zak aan die tou gepluk die teken om hom op te trek. Daar was egter geen reaksie nie en hy het ure lank in die emmer bly hang met die bye wat verwoed in die donker om hom gons.

Redding het laat die middag gekom toe die tante hom aan die katrol opgehys het. Wat Zak nie geweet het nie, is dat Kakies op die werf opgedaag het pas nadat hy in die put laat sak is. Sy vriende moes noodgedwonge op die vlug slaan en een is doodgeskiet. - ABO

Boertjie Phillip
17 Jan 2013, 17:50
ABO: 'n Oorlogverhaal met 'n gelukkige einde.

'n Sekere boer in die Suid-Vrystaat was jonk getroud toe die oorlog uitbreek. Toe hy op kommando vertrek, moes hy sy jong, swanger vroutjie by sy ma agterlaat.
Nie lank daarna nie het die Kakies die vroue van die omgewing na 'n konsentrasiekamp weggevoer. Nog later is die hele plaas afgebrand en is die vee wat deur 'n arbeider opgepas is, in die klipkrale doodgeskiet.

In die konsentrasiekamp het vroue en kinders weens wanvoeding en maagkoors baie swaargekry. Met die geboorte van die jong vrou se baba is sy oorlede. Die vroedvrou het nie geglo die swakke babatjie sal oorleef nie.
'n Jong meisie van 14 het egter die babatjie onder haar sorg geneem en by al die sogende ma's in die kamp 'n slukkie melk vir die seuntjie gebedel.
Teen almal se verwagting in het hy oorleef en het die meisie die volle sorg van die kleintjie oorgeneem. Toe hy begin praat, het hy vir haar ``mamma'' gesÍ.
Intussen het die jong man op kommando gehoor sy vrou is oorlede en dat hy 'n seuntjie het wat in 'n kamp deur 'n vreemde meisie versorg word.

NŠ die oorlog het die jong man na sy geplunderde plaas teruggekeer en die arbeiders, wat stadigaan uit die destydse Basoetoland teruggekom het, aangesit om een vertrek van die afgebrande opstal weer leefbaar te maak.
Toe het hy na sy seuntjie begin soek, wat teen daardie tyd al twee jaar oud moes gewees het. Hy het oral navraag gedoen. Ten lange laaste het hy gehoor in watter distrik die meisie met sy seuntjie woon.

Hy het opgesaal en na die plaas gery, waar hy hom aan die boer bekend gestel het en daar en dan gevra het om met sy dogter te trou.
Die oom was taamlik onthuts en wou weet hoe hy met sy dogter wil staan en trou as hy haar nog nooit eens gesien het nie. Hy het die oom glo reguit in die oŽ gekyk en geantwoord: ``Oom, as sy goed genoeg was vir my kind, sal sy goed genoeg wees vir my. Kan ek nou asseblief met haar trou?''

Nou ja, die twee is kort daarna getroud en hulle het ondanks die grootste armoede 'n lang en gelukkige huwelik gehad waaruit nog 'n hele paar kinders gebore is.

Boertjie Phillip
17 Jan 2013, 18:00
ABO: Kakie val varkie dood toe Boeremeisie hom met 'n teeblik teen die kop gooi oor hoed.

'n BOERE-MEISIE, Bettie Venter van die plaas Twyfelaar tussen Kroonstad en Ventersburg, het 'n Engelse soldaat wat haar katkisasie-hoed opgesit het, met 'n teeblik gegooi dat 'n mens net hoed en teeblare sien trek het.

Om alles te kroon, het die Kakie 'n varkie doodgeval.

Mev. "Hendri" Louw skryf:
Ek is 'n kleinkind van ouma Bettie du Toit van Ventersburg wat in 1978 op 96 oorlede is.
Dat Ouma so oud geword het, nooit geopereer is nie, 11 kinders gehad en 4 mans oorleef het, wys vir 'n mens watter ``tawwe Tienie'' sy was, en ook hoekom sy nie bang was om 'n Engelse soldaat kort te vat nie.

NŠ Oupa Gert du Toit se dood moes ons as Van Deventer-kinders beurte maak om om by Ouma in haar huis te slaap.
Saans het sy vir my lÍ en vertel van die oorlog. Ek was tussen agt en tien jaar oud. Ek was al dikwels spyt dat ek nie al die verhale aangeteken het nie, maar diť een onthou ek goed:

Ouma (ek vermoed sy was so 15 jaar oud), haar ma, broer en susters is deur die Engelse soldate gevange geneem en op 'n wa weggevat. Die Engelse het 'n varkie se blad afgesny en gebraai, maar die arme dier net so lewend aan die wa gehang, omdat die vleis dan langer bruikbaar sou bly. So ver hulle gery het, het die varkie vreeslik geskreeu.

Die kinders was vreesbevange. Ouma het haar oŽ en ore toegedruk. NŠ 'n paar uur se voortskommel op die wa, het Ouma deur haar vingers geloer. Voor haar het 'n Engelse soldaat wragtag met haar katkisasie-hoed op sy kop gesit, een wat so opgeslaan het met blommetjies en al.
Langs Ouma was voorraad soos meel, koekies, beskuit en 'n blik tee gepak. Ouma het met die teeblik na die soldaat se kop gekorrel en hom sekuur agter sy kop getref sodat 'n mens net teeblare en hoed sien trek het.

Die Tommie het van skrik van die wa afgeval, bo-op die skreeuende varkie. Genadiglik het hy die vark met afvalslag morsdood geval, sodat hulle in stilte verder kon ry.
Ouma en haar familie was eers doodbenoud, maar die soldaat het doodbang aan die sykant van die wa verder saamgery baie lugtig vir Ouma.
Met haar hoed veilig op haar skoot het sy gevoel asof sy die oorlog gewen het!

As Ouma die verhaal vertel het, het sy met so 'n laggie gesÍ dat daar sowaar tot nŠ die oorlog teeblare in die hoed bly vassteek het.
Ouma-hulle se opstal is nooit afgebrand nie. NŠ die oorlog kon hulle kosbaarhede soos droŽ perskes, saad, droŽ wors en eetgerei wat hulle in die grondmure toegemessel het, gebruik. Hulle het ook goedere wat hulle op hul plaas in 'n grot versteek het, teruggebring.

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 16:14
ABO: Gedugte taak wag op genl. Botha by Renosterrivier.

MET die Boere se terugtog van Kroonstad was die vraag op almal se lippe of die Transvalers oor die Vaalrivier gaan trek en daar stelling gaan inneem. Die Vaalrivier was immers die een natuurlike defensiewe stelling waar hulle moontlik daarin sou slaag om die Engelse aantog te stuit.
Talle van die Transvaalse burgers se standpunt was dat dit hopeloos was om die vyand by enige stelling in die Vrystaat te keer. Hul vrees dat die aanvoerders dit wel gaan probeer, het tot 'n grootskaalse drostery gelei. Die meeste Transvalers wou buitendien nie meer in die Vrystaat veg nie en het verkies om oor hul eie grens terug te trek.

Louis Botha, kommandant-generaal van die Zuid-Afrikaanse Republiek, het op 11 Mei gesÍ Vereeniging was sy mikpunt. Pres. Paul Kruger het dit soveel so goedgekeur dat hy beveel het alle versterkings vir die kommandant-generaal moet net tot by Vereeniging gestuur word.
Op 12 Mei het hy selfs aan die aanvoerders van die Boere in Natal laat weet: ``Onse macht is teruggetrokken naar Vereeniging alwaar ook versterkings hiervandaan aangekome om de posities langs de Vaalrivier in te neem.''

Genl. C.R. de Wet het anders oor die saak gevoel. Hy wou hÍ hulle moes by die Renosterrivier vasskop. ``Maar of ik de Transvaalsche commando's daartoe sal overhaalde betwijfel ik,'' telegrafeer hy aan pres. M.T. Steyn wat reeds in Heilbron, die nuwe tydelike Vrystaatse hoofstad, was. Hy het juis verneem Botha was op Heuningspruitstasie om te keer dat die terugtog oor die Vaalrivier nie in 'n wilde vlug ontaard nie. Botha het ook aan die polisiehoof in Vereeniging opdrag gegee om geen voetganger, ruiter of perd verder as Vereeniging te laat gaan nie. Klaarblyklik was die Transvalers vasbeslote om anderkant die Vaalrivier met die oorlog voort te gaan.

Ook op 12 Mei het De Wet en Botha, wat tydelik met mekaar voeling verloor het, weer kontak bewerkstellig. De Wet het Botha van die voordele van stellinginname langs die Renosterrivier oortuig. Sy redenasie was dat die Vrystaatse regering in Heilbron te ene male beskerm moes word. Sonder die Transvalers se hulp sou hy dit nie kon regkry nie.
Botha was oortuig, maar sy offisiere het anders gevoel. Hulle was feitlik eenparig gekant teen die stellinginname aan die Renosterrivier.
Botha het gemeen die Vrystaters hier aan die Renosterrivier sou stewig kon vertoon, veral nŠ die aankoms van die kommando's van Heilbron en Kroonstad. Hy het ook terdeŽ besef indien hulle met die Vaalrivier-plan voortgaan dit net sy mense sou wees wat die Engelse moes keer.

Luidens 'n ooreenkoms tussen die twee regerings sou die Vrystaters nie volg as die Transvalers oor die Vaalrivier moes terugtrek nie. Hulle sou in die Vrystaat agterbly om eie bodem te verdedig.
Botha se verontagsaming van sy offisiere se eenparige weerstand het hom in der waarheid duur te staan gekom. Die burgers wat hy dwing om aan die Renosterrivier stelling in te neem, het vinnig padgegee huis toe.
Teen 14 Mei het hy aan pres. Kruger getelegrafeer dat hy minder as 1 000 man van die oorspronklike 3 000 op die front oor het. Om te verseker dat hy weer genoeg manskappe kry, doen hy 'n vurige beroep op die landdroste van Wakkerstroom, Standerton en Bethal om alle burgers onmiddellik na die front te stuur selfs diegene met 'n mediese brief. Die toestand is ernstig en die land in gevaar, het hy benadruk. Elke minuut wat versuim word om burgers na die front te stuur, was 'n misdaad teen land en volk. Hy het pres. Kruger gevra om die bevoegde amptenare opdrag te gee om drosters voor die voet in hegtenis te neem en terug te stuur. Kruger het dit dadelik laat doen.

Volgens alle aanduidings was die stellings aan die Renosterrivier dan ook uitstekend. Kapt. Lood Pretorius van die Staatsartillerie was beÔndruk daarmee. Sy oordeel was dat dit vir die vyand onmoontlik was om daar deur te breek. Genl. Tobias Smuts, wat hom pas by Botha aangesluit het, het saamgestem. 'n Gedugte taak het nou op Botha gewag. Hy moes sy mense bemoedig en seker maak dat hulle nie padgee uit hul stellings nie. Die vinnige groei van sy leŽr het sy welslae bevestig. Hy het daarin geslaag om soveel moed by die burgers in te pomp dat hulle almal besluit het om tot die uiterste toe te volhard.

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 16:19
ABO: Britse kaptein se slim plan met pakkie sigarette laat Boer sy hart verloor op Flags.

MNR. JAN WESSELS (1883 1955), tot met sy dood 'n boer op die plaas Tweefontein, Winburg, was 16 jaar oud met die uitbreek van die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog". Hy was die seun van genl. J.B. Wessels, neef van pres. M.T. Steyn.

In die oorlog het hy in verskeie kommando's gedien. Hy was ook in die personeel van genls. Koos de la Rey en C.R. de Wet en ook aide-de-camp en sekretaris van sy swaer, genl. Wessel Wessels. In laasgenoemde hoedanigheid het hy ook die vredesberaad in Vereeniging bygewoon. NŠ die oorlog het hy die Dekoratie van Troue Dienst ontvang. Sy seun, mnr. J.B. Wessels van Donald Murraylaan 82, Bloemfontein, het sy oorlede pa se oorlogsherinneringe vir Die Volksblad se ABO-verhalewedstryd ingeskryf. Diť volgende uittreksels word in sy pa se eie woorde vertel.

IN 'n geveg in die distrik Harrismith het die Kakies gou die aftog geblaas. In die lang gras het ek 'n vlaggie sien wapper. Daar vind ek toe 'n kapt. Bentley van die Royal Medical Corps by 'n gewonde Engelse soldaat.

Nadat ons gegroet het, sÍ hy: ``This youngster was a medical student in England. He joined up to see the fun. This is the result. He is badly wounded and dying.''
Ek wou weet wat ek kon doen. ``Could you get me some water? He is very thirsty.''

Ek stuur toe my agterryer Klaas om water in die Wilgerivier te gaan haal. Terwyl ons op hom wag, bied Bentley my 'n sigaret aan.
Op die pakkie was 'n groot Union Jack. Die sigarette se naam was Flags.

Ek kyk die pakkie so en sÍ: ``No, thanks.''
Kapt. Bentley draai toe die pakkie om met die agterkant na bo. Met 'n glimlag sÍ hy: ``Try it this way.''
Ek neem toe een.

In Standerton, op pad na Vereeniging vir die vredeskonferensie, het genl. Clements my opgesoek en dankie gesÍ vir my hulp aan die gewonde soldaat. Die soldaat is ongelukkig aan sy wonde dood.
Later toe lord Clarendon die goewerneur-generaal van die destydse unie was, het ek hom van die voorval vertel. En dat ek nog altyd Flags-sigarette rook.

``Oh! I see the point. You are still trying to burn the flag,'' sÍ hy toe.

(Wessels jr. sÍ sy pa het Flags gerook tot die aand van sy dood in 1955).

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 16:33
ABO: Leeu van Wes-Transvaal ransel Smuts met sambok af.

GENL. JAN CHRISTIAAN SMUTS in die jare rondom die Anglo-Boereoorlog afgeneem. Hy is in 1900 tot generaal bevorder. Hy was aanvanklik staatsprokureur van die Zuid-Afrikaansche Republiek.
DIE Leeu van Wes-Transvaal, genl. Koos de la Rey, was onverskrokke, dapper en 'n briljante veldheer. Sy humeur en vinnige sambokarm was legendaries.

EEN van die kwaaiste vernederings wat enige Boereoffisier in die Anglo-Boereoorlog kon verduur, het genl. Jan Christiaan Smuts op 13 Desember 1900 in die Magaliesberg te beurt geval.

Genl. Koos de la Rey het hom nŠ afloop van die Slag van Nooitgedacht weens growwe pligsversuim met 'n sambok afgeransel.
Hierdie voorval is nog nooit tevore in enige publikasie beskryf nie. Smuts verdoesel sy fout by Vaalkop (wat hy Groenkop noem) in sy eie geskrewe weergawe van die slag, soos gepubliseer in Jan Smuts, memoirs of the Boer War, geredigeer deur S.B. Spies en Gail Nattrass. Hy pak die skuld op die donker nag en beken geensins dat hy enige fout gemaak het nie. Ook sy biograaf, W.K. Hancock, gooi 'n wye draai om diť voorval in Smuts, the Sanguine Years 1870-1919.

Die onthulling van die sambok- voorval is pas in 'n brief van ds. Jozua Francois Naudť jr. (87), oudste seun van ds. Jozua Naudť, veldprediker van genls. De la Rey, Beyers en Kemp, aan KultuurKroniek, Bonus se susterpublikasie, gedoen.

In die vroeŽ oggendure van 13 Desember het die Boere onder De la Rey 'n skitterende krygsmaneuver beplan om 'n Britse mag onder genl.maj R.A.P. Clements in die Magaliesberg vas te trek. Diť gedenkwaardige Slag van Nooitgedacht het egter deels misluk omdat die 30-jarige Smuts, pas tot generaal bevorder, haas onverklaarbaar versuim het om die enigste ontvlugtingsroete vir die Britte aan die voet van Vaalkop te versper. Dit het Clements in staat gestel om uit die Boere se omsingeling te ontvlug.
Die merkwaardige slag het in die Magaliesberg suidoos van Rustenburg plaasgevind. Boere-offisiere wat onder andere daaraan deelgeneem het was genls. Christiaan Beyers en J.C.G. Kemp, asook kmdte. P. M. van Staden, C.P.S. Badenhorst, Koos Boshoff, E. Marais en Lodi Krause (aanvoerder van die verkenners).

Clements se mag het bestaan uit 1 500 beroepsoldate, nege kanonne en 'n pom-pom-masjiengeweer. Daar was 2 500 burgers. Die aanvalsplan was om Clements se kamp aan die suidelike hang van die berg in die Moot vanuit alle rigtings te omsingel en dan aan te val.
Smuts se opdrag was om Vaalkop suidoos van die Britse kamp te verower. Hy het nie daarin geslaag nie.
NŠ die slag, en in sy eie geskrewe weergawe, het hy gesÍ hy kon in die donker van die vroeŽ oggend nie die kop uitmaak nie en hy moes gevolglik wag totdat dit lig word. Omdat die burgers onder om toe sigbaar vir die Britte was, kon Smuts die kop nie verower nie en Clements het daarvandaan ooswaarts in die rigting van Rietfontein en Pretoria ontvlug.

Oom Joos skryf soos volg oor die staaltjie wat sy vader aan hulle vertel het:

`Na my wete is dit nog nÍrens op skrif gestel nie en ek gee dit nou hier in my eie woorde weer.
`My vader het wel in sy boek Vechten en vluchten van Beyers en Kemp bŰkant De Wet, wat Nijgh & Van Ditmar in 1903 in Rotterdam uitgegee het, die Slag van Nooitgedacht beskryf, maar onderstaande verhaal het hy nie in die boek genoem nie.
``Volgens my vader het die Boere in die nag die Magaliesberg van onder af na bo uitgeklim. Die Kakies het reeds stelling ingeneem aan die ander kant - onder aan die voet en ook hoŽr op.

``Genl. Smuts is aangesÍ om te keer dat die Kakies nie ontvlug nie. 'n Hele aantal het wel (deur Smuts se versuim) ontvlug en dit het De la Rey vreeslik kwaad gemaak. Die gevolg was dat hy toe vir Smuts met die sambok bygedam en hom 'n deeglike loesing gegee het.''
Genl. Kemp skryf in sy oorlogsweergawe, Vir vryheid en vir reg, Nasionale Pers 1941, soos volg oor Smuts se optrede tydens die Slag van Nooitgedacht:
`Van alle kante word die (Britse) kamp onder die lood gesteek. Clements het toe reeds een-derde van sy manskappe verloor en ons het 'n pragtige kans om die hele kamp met kanonne en al te vat, want die kamp was onverdedigbaar. Maar genl. De la Rey se kommando's is te stadig om 'n stormaanval te maak en Clements kry die geleentheid om 'n klompie waens en al sy kanonne terug te trek tot op Vaalkop, 'n paar duisend tree van die kamp geleŽ, waarvandaan hy ons bombardeer. Op Vaalkop moes genl. Smuts die vyand keer. Maar hy verlaat sy posisie en die vyand kom dus vry.''

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 16:42
ABO: Jan Smuts se wanhoopstog oor die Stormberge.

OP 12 September 1901, Woensdag 100 jaar gelede, het genl. J.C. Smuts feitlik die onmoontlike reggekry deur te perd met sy kommando binne slegs nege dae van die Oranjerivier af oor die Stormberge tot in die Kaapse Middelland te trek. ABRIE OOSTHUIZEN van Aliwal-Noord skryf oor diť tog in die Anglo-Boereoorlog wat die Smuts-kommando tot op die rand van wanhoop gebring het.

WAT die Smuts-kommando se prestasie des te merkwaardiger maak, is dat die tog oor die Stormberge in gietende reŽn en ysige winde onderneem is en dat die kommando daagliks slaags was met Britse jagkolonnes wat op hul spoor gebly het.
Die ontberings in die Stormberge het egter die kommando tot op die rand van algehele wanhoop gebring.
Die Engelse het sowat 10 000 manskappe in die stryd gewerp om alle deurgange oor die berge te blokkeer.
In folterende weerstoestande was die kommando 12 keer met die Britse soldate slaags.

Sowat 100 van hul perde het in die koue en modder gevrek. Sowat 40 burgers het sonder perde anderkant die berg aangekom, al het elke burger die tog met minstens twee perde aangepak. Die meeste het ook nog net sowat vier patrone in hul magasyne oorgehad.
Veertien burgers het een nag net spoorloos verdwyn.
`Deur die hele oorlog is ek deur geen groter toets nie,'' skryf Denys Reitz in sy boek Commando na aanleiding van die kommando se tog oor die Stormberge.

In haar dagboek beskryf Moetie de Wet van Dordrecht die toestand van die kommando so: ``Ook zijn Komdt. Smuts hier van de Transvaal. Zij zijn reg armoedig gekleed. Hen kleederen zijn met vellen en stukken kombaarssen gelap. Sommige zijn sonder hemden.''

En in Jamestown se Gedenkboek skryf Ella Wagenaar: ``Toe hulle op die plaas aankom, was Generaal Smuts se klere in 'n gehawende toestand.
`Groot Koot het vir hom een van sy broeke gegee.
`Die enigste moeilikheid was dat die skraal generaal byna in die groot man se broek verdwyn het. Hy moes dit glo onder sy arms optrek en vasmaak.''

Reitz skryf dat hy vir hom klere van 'n leŽ graansak gemaak het deur net 'n gat vir sy kop in die boom van die sak te maak.
Daarna is elke skuur wat die kommando teŽgekom het, deur die burgers van graansakke gestroop.
Pas nadat die kommando by die Witteberg-sendingstasie met die Sotho's slaags was, het die Groot ReŽn van 1901 begin.

'n Weerkundige verslag vir die jaar toon dat dit een van die natste voorjare in die geskiedenis was.
Binne 'n klein tydjie was die Oranjerivier in vloed sodat Pieter Kritzinger nie vir Smuts kon volg nie.
Toe die kommando aan die voetheuwels van die Stormberge kom, was hul pad vorentoe reeds deur Britse soldate versper.

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 17:14
ABO: `Sou hulle my nie kom haal om my dood te maak nie?'

DIE kommando's van kmdte. Pieter Kritzinger en Gert van Reenen was in vroeg Maart 1901 by AasvoŽlberg, Zastron, bymekaar toe die rapportryers Christiaan en Jan Kruger rapporte van genl. J.B.M Hertzog se kommando in die Wes-Vrystaat bring. Kritzinger is aangestel as generaal en hulle moes die Kaapkolonie binneval. Baie Vrystaatse burgers was onwillig om dit te doen. Saans moes betroubare manne agter die kommando ry om toe te sien dat burgers nie agterbly nie. Naby Springfontein is hulle oor die spoorlyn en in die rigting van Colesberg.

GERRIT KR‹GER van Steynsburg, skryf vir ons Anglo-Boereoorlog-verhalewedstryd oor die gevangeneming van lede van Van Reenen se kommando op Ruigtevlei, Steynsburg. Die besonderhede is verkry uit die nagelate herinneringe van J. Christiaan Kruger.

DIT was bitter koud en die vlak van die Grootrivier was baie laag toe die kommando's vroeg Mei 1901 bo Colesberg deur die rivier is. Soggens het die ryp soos kapok gelÍ. Die kommando's van Kritzinger, Van Reenen, Hendrik LŲtter en Myburg het agter Suurberg op die plaas Leeufontein vergader.
Christiaan Kruger en sy broer, Andries, is met rapporte na kmdt. Willem Fouchee in die Stormberge gestuur. Toe Fouchee met sy kommando hulle op 20 Mei 1901 by hulle aansluit, was ongeveer 800 Boereruiters byeen.

NŠ krygsraad waar besluit is om aan te hou destabiliseer, het elke kommando sy eie koers ingeslaan.
Van Reenen se kommando, met Kritzinger by hulle, is naby Teebus, wes van Steynsburg, oor die spoorlyn. Hiervandaan is Kritzinger en sy kommando in die rigting van die Stormberge. Van Reenen-hulle wou ook daarheen gaan, maar op die Steynburg-Stormberg-spoorlyn en op die Burgersdorp-Stormberg-spoorlyn was gepanterserde treine en Britse ruiters om die Boere vas te keer.

Hulle besluit om wes te swaai en is deur die distrik Molteno na die suide van die distrik Steynsburg.
Op 6 Junie 1901 kom omtrent 50 man van die kommando van Van Reenen op die plaas Ruigtevlei, suid van Steynsburg, aan. 'n Klompie man word gestuur na die plaas Shanks om perde wat daar deur die Engelse bymekaargebring is, te gaan haal. Van Reenen en 'n paar ander, onder wie die Kruger-broers, is met die pad langs dorp toe waar hulle twee perde uit die stal van mnr. Tjaart Kruger van die plaas De Poort langs die pad neem.

Die Engelse moes bewus gewees het van die Boere se teenwoordigheid op Ruigtevlei, want die 17th Lancers onder bevel van kapt. Wyndham het met 'n groot draai na Ruigtevlei beweeg.
Die Lansiers was in die Britse leŽr bekend as die ``death or glory boys'' en het 'n afbeelding van 'n hoofskedel op hul hoede gedra.
Omstreeks 01:00 was Van Reenen se groep terug op die plaas. Die plaasmense het vir hulle tee gemaak; hulle het 'n rukkie gesels en gaan slaap. Christiaan het aan Van Reenen gevra of hulle nie by die ander in die nabygeleŽ populierbos moes gaan slaap nie, aangesien hy ongerus gevoel het. Ook Meidnert Bornman, wat saam met die groep na Shanks was, het met Van Reenen hieroor gepraat.

Van Reenen se antwoord was: ``Ag, julle is net weer bang.''
Meer as 25 man het in en om die huis geslaap, terwyl die ander in die populierbos was.
Voordat hulle aan die slaap was, was die Lansiers om die huis. Uit die stoepkamer is geskiet. Jan Kruger het 'n koeŽl deur die hart gekry. Altesaam 18 ander is gevang en twee-twee aanmekaar gebind sodat hulle nie kon ontsnap nie. Onder diť wat in die verwarring in die donker weggekom het, was die drie Van Reenen-broers, Japie Labuschagne, Abel van Wyk, Dick Louw, Karel van Heerden en Sarel Pretorius, wat 'n skrams skoot teen die nek gekry het, asook 'n rewolwerkoeŽl op die gespe van sy kruisband. Hy was egter net gekneus op sy bors.

Die gevangenes moes na Steynsburg stap. Hulle was dr. Hutchinson, M. Bornman, P.W. Klopper van Burgersdorp, Christiaan en Andries Kruger van Klipfontein, Venterstad, Sarel van Biljon van Tweefontein, Steynsburg, Floris Coetzee en sy seuns, Andries en Tjaart, van Rietfontein, Steynsburg, Stef Koekemoer van Pylfontein, Steynsburg, Andries en Naas van Zyl van Wilgenhoutkloof, Cradock, Casper Pelser van Stinkhoutboom, Burgersdorp, Groot Jan Henning van Winnaarsbaken, Burgersdorp, M.J. Vosloo van Tooverfontein, Willowmore, Albert van Heerden van Doringpoort, Middelburg, Berend Pretorius van Langkloof, Cradock, en Danie Botha.

Hutchinson is later vrygelaat. Bornman was nie 'n rebel nie en dus 'n gewone krygsgevangene.
Dit het 'n paar dae geduur om 'n hof saam te stel wat uit drie offisiere bestaan het. Besoek is twee maal per week toegelaat. Die dorpsmense het baie deernis met gevangenes gehad en vir hulle kos en komberse gestuur.
Die blydskap van die Britte was groot oor wat hulle reggekry het.
Daar was groot spanning, aangesien die gevangenes besef het dat hulle ter dood veroordeel kon word. Op 18 Junie is P.W. Klopper uit die sel geneem om in Burgersdorp gevonnis te word.

By sy vertrek het hy aan sy maats gesÍ: ``KÍrels, sou hulle my nie kom haal om my dood te maak nie?''
Op 19 Junie is hy in Burgersdorp ter dood veroordeel en op 19 Julie in die tronk, ten aanskoue van die publiek, opgehang.
Christiaan skryf dat Klopper 'n baie dapper krygsmaat was. Hy het sy einde moedig tegemoet gegaan, soos ds. Geyer en prof. Lion-Cachet, wat hom in sy laaste ure bygestaan het, getuig het.

Jan is onder groot belangstelling in Steynsburg se kerkhof deur sy pa en bedroefde familie begrawe.
Op 20 Julie is die gevangenes deur 'n geleide van 40 Britse soldate na die Markplein gebring. Die rebelle sou in die teenwoordigheid van die publiek gevonnis word. Christiaan en Andries, S.W.C. van Biljon, Stef Koekemoer en nog een is ter dood veroordeel op aanklag van moord op die soldaat J. Lanham (wat in die geveg op Ruigtevlei gesneuwel het), asook van hoogverraad.

Nadat hy 'n paar oomblikke stilgebly het, sÍ die offisier dat hulle deur lord Kitchener begenadig is om lewenslank op Bermuda dwangarbeid te doen. Die res van die groep word ook tot lewenslange dwangarbeid op Bermuda gevonnis.
Die eienaar van Ruigtevlei, mnr. J.N. Labuscagne, word tot 'n boete van p250 of tronkstraf gevonnis.
Toe hulle by die tronk terugkom, is vir elkeen net twee komberse gelaat. Hulle moes bandietklere aantrek, wat vir sommige sleg gepas het.
Van 22 Julie af moes hulle begin klippe breek vir skanse vir die Tommies. Later moes hulle watervore langs die strate skoffel. Hulle mag nie besoeke ontvang het nie en mense het in die verbyloop 'n woordjie met hulle gewissel. Die soldate wat hulle bewaak het, was goed vir hulle. Andries en Christiaan se pa kon hulle kom groet.

Op 27 Julie het hulle per trein van die stasie af vertrek. Later die nag was hulle in Noupoort waar hulle 18 man van LŲtter se kommando, wat by Jamestown gevang is, ontmoet het. Hulle is ook lewenslank na Bermuda verban.
Hulle het 14 dae in 'n sinkgebou in Noupoort gebly. Daarvandaan is hulle na Bloemfontein, waar hulle in die tronk aangehou is. Toe is hulle na Kroonstad, waar hulle verskeie Afrikaners in Britse uniform gesien het.

Christiaan skryf dat terwyl Danie Botha aan hom vasgeboei was, Danie se broer in Britse uniform by die soldate gestaan het.
Van Kroonstad af is hulle oor Germiston, waar ene Britz van Kliprivier by die groep gevoeg is. Daarna is hulle na Ladysmith, waar hulle in 'n kamp oorgebly het. Daar kon hulle bad nŠ 'n treinreis van vyf dae. Van daar is hulle na Pietermaritzburg waar 'n groot skottel koffie en brood vir hulle op die perron gereed was. Die middag is hulle in Durban en is dadelik met 'n sleepboot na die SS Montrose gebring om na Bermuda te vertrek.

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 17:34
ABO: Formidabele Boervrou het Britse bevelvoerder koudgesit.

DIE kwaai Grietjie Badenhorst.

'n BOERVROU wat die Engelse generaal sir John French se tier was, is die verhaal wat Dolly Badenhorst.
Sy skryf: My kinders se oorgroot-grootmoeder, Margaretha Elizabeth Badenhorst van die plaas Raasfontein, was 'n formidabele vrou wat selfs die bevelvoerder van die Britse mag, sir French, in die omgewing van Colesberg koudgesit.

Omdat daar skermutselings in die omgewing van Raasfontein was (by Slingersfontein, Yardley en Kleintoren), is Raasfontein se huis deur die Engelse as hospitaal opgekommandeer.
Jan Hendrik en Grietjie Badenhorst het Raasfontein aan hul oudste seun, Pieter, oorgegee en hulle in 1881 in die dorp gevestig.

Hul huis, met die mooi Franse naam Bordeaux, is gebou in Kerkstraat op een van die eerste tien erwe wat in 1830 uitgegee is. Dit is 'n pragtige, ruim, goed bewaarde gebou met 'n groot agterplaas, waar 'n koetshuis en 'n perdestal is en 'n wingerdstok wat ouer as 100 jaar is en nou nog dra. Ouma Grietjie het haar eie ryding gehad - net soos vandag se vroue. Sy het 'n eenperd-kar met twee disselbome gehad, die sogenaamde treppie, afgelei van die Engelse ``trap''.

Die bakwerk was van gevlegte rottang, soortgelyk aan die rottang-drastoele waarin vroue in Jan van Riebeeck se tyd in die Kaap deur slawe rondgekarwei is.
Ouma Grietjie se perde is toe deur die Tommies opgekommandeer, maar hulle het nie rekening gehou met die kwaai Grietjie Badenhorst nie. Sy het haar wit diensmeisie en swart tuinhulp beveel om haar in die treppie tot voor die magistraatskantoor in Kerkstraat te trek.

Daar het sy French se kantoor met 'n sambok, of sogenaamde ``horse sweep'', ingestoom en vir die gestrenge heer beduie: ``Engelsman, jy het my perde gevat, maar ek sal jou wys: Ek sal ry. Gaan kyk, daar in die straat staan my wit merrie (die diensmeisie) en my swart hings (die tuinhulp).'' Sy is glo die enigste mens wat haar perde van French teruggekry het.

Soos dit destyds in baie families gegaan het, was ouma Grietjie se seun Evert (prokureur in Colesberg) Engeland goedgesind en haar ander seun Roelof nie. Op 'n dag het die twee hulle saam aan hul moeder se tafel bevind. Sy vra toe vir Evert om die tafelgebed te doen.
Hy bid toe vir die seŽn op koningin (Victoria en die Britse ryk) terwyl Roelof, wat nie die eed van getrouheid aan Brittanje wou aflÍ nie, onder gebed sulke afkeurende geluide sit en maak om sy misnoeŽ te kenne te gee.

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 17:40
ABO: Boere buit stil-stil Britte se beeste vir die pot.

KMDT. PIET DU PLOOY se kommando was die laaste paar maande van die Anglo-Boereoorlog voor vredesluiting op 31 Mei 1902 erg uitgedun, skryf Peet Albertse.
Hy skryf: Du Plooy en sy verhongerde burgers, onder wie my oupa Peet (Petie du Plooy), se laaste kamp was onder oorhangende rotse in 'n ruie kloof tussen die Caledon- en Grootrivier.

In die kommando, wat daar geplaas is om ``die vyand soveel moontlik lastig te val'', was heelwat Du Plooys. Almal verwant aan mekaar en meeste boere uit die omgewing.
In diť kommando was heelwat verkenners wat in groepe van twee die omgewing bespied het, selfs tot in die Kaapkolonie.
Die inligting wat hulle aangaande die bewegings van vyandelike soldate bekom het, was van onskatbare waarde vir genl. C.R. de Wet, by wie pres. M.T Steyn meestal was.
Hierdie inligting is deur middel van rapportryers aan die generaal oorgedra.

Hoewel goed verskuil in die kloof en taamlik beskut onder oorhangende kranse, was kos nie alte volop nie. Hulle het berig ontvang van 'n Britse kamp nie ver daarvandaan nie in Rouxville se omgewing.
Oupa Petie en sy neef Dokkie is deur Du Plooy op 'n verkenningstog na die kamp met sowat 500 Britte gestuur.
Toe hulle 'n groot trop beeste naby die Britse kamp opmerk, besluit hulle om te vertoef, hopende om 'n besie of twee te kan buit.
Die trop beeste is deur die Kakies teen sononder in 'n slordig saamgeflanste takkraal gejaag en snags deur twee ``handlangers'' bewaak.
Die twee beeswagters was blykbaar ook maar skrikkerig en het heelnag aan die kamp se kant van die kraal vertoef.

Oupa se neef is inderhaas na die Boerekamp om twee rieme te gaan haal.
Toe slaap die wagters in die vroeŽ oggendure oorval, glip die twee verkenners die kraal binne. Oomblikke later word takke geruisloos weggeskuif en twee beeste, riem om die nek, die kraal uitgelei. Dit was 'n koei en 'n weerbarstige tollie. Die beeste is elk aan 'n saal vasgemaak en weggelei.
Ongelukkig moes hulle 'n ent verder, nŠ 'n vreeslike gesukkel, die riem van die tollie losmaak en hom laat gaan.

Toe die twee teen dagbreek met die mak koeitjie die kamp op 'n stappie binnery, het die burgers spontaan gejuig, en geweet: Vanaand word vleis geŽet.
NŠ drie dae was daar niks oor nie - die nagenoeg 150 burgers het tot die bene kaal gestroop.

Boertjie Phillip
18 Jan 2013, 18:21
ABO: Roekelose veldkornet was genadeloos.

'n ROEKELOSE veldkornet het in die Anglo-Boereoorlog geen genade vir die Britte gehad nie, ook nie vir 'n gewonde nie.

Mnr. Peet Albertse van Dealesville.
Hy skryf hy gebruik liefs 'n fiktiewe naam vir die betrokke veldkornet. Hier is sy verhaal:

Genl. J.B.M. Hertzog het waarnemende vk. Willem nŠ 'n tugverhoor gestraf deur hom na kmdt. George Brand se kommando oor te plaas. Die veldkornet was glo parmantig en het geweier om sy vorige kommandant se opdragte uit te voer.
Die generaal het geweet dat Brand uiters streng was en geen ongedissiplineerdheid sou duld nie.
Ondanks Willem se streke was hy egter 'n uitstekende vegter en sy dapperheid het aan roekeloosheid gegrens. Hy het vir geen duiwel gestuit nie en volgens Oupa het hy menigmaal die vyand doodsveragtend getart. Hy was ook genadeloos.

Sy eerste ``uitval'' met Brand was juis toe die kommandant gevange Tommies losgelaat het nadat hulle ``geskud'' is.
Dit het Willem dwars in die krop gesteek, hy wou hulle summier teregstel.
`Jy laat hulle nou loop, kommandant, en mŰre kom skiet die donners weer op ons. Laat ek hulle klits, niemand sal tog weet nie.''

Toe die kommandant, wat glo self goed kon swets, hom streng oor sy voorstel berispe, het Willem kopskuddend en brom-brom weggestap.
Op 'n keer was die kommando in die omgewing van Fauresmith met 'n klein Britse bataljon slaags. Die vyand was in 'n klipkoppie verskans en het min weerstand gebied voordat hulle gevlug het.
Die kommandant gee toe vir Willem opdrag om twee burgers te neem en die koppie te fynkam en te kyk of daar nie dalk gewondes was wat hulle kon help nie.

'n Rukkie nadat Willem en die twee manne oor die koppie verdwyn het, hoor die burgers die dowwe slag van 'n Mauser agter die koppie.
NŠ 'n tyd kom Willem en die burgers om die koppie teruggestap. Willem dra sy Mauser dwars oor sy nek met die een arm oor die kolf en die ander oor die loop.
Toe hulle by die kommandant kom, vra diť: ``Is daar geen gewondes nie?''

Willem antwoord: ``Ja, kommandant, daar was een ou. Hy't tussen twee groot klippe gelÍ en kreun en sy hande na my uitgesteek vir hulp.''
`En toe?'' vra die kommandant angstig.
`Toe pleister ek hom deur die kop dat hy kan stil lÍ,'' antwoord Willem droogweg terwyl hy op sy perd klim.

Die kommandant het sy kop in ongeloof geskud, dog liewer stil gebly. Hy het besef daar was geen salf aan Willem te smeer nie.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 08:21
ABO-Dagboek.

20 Julie 1901

KMDT. HENDRIK LATEGAN en vk. Japie Neser word albei gewond in 'n skermutseling met kol. H. Scobell se mag by Tweefontein, Graaff-Reinet.

Genl. C.J. Spruyt sterf in 'n skermutseling toe hy die spoorlyn tussen Valstasie en Vlaklaagte op pad na Natal wou oorsteek.
Met die uitbreek van die oorlog was hy veldkornet van die dorp Heidelberg.
NŠ die beleg van Ladysmith het hy toe kommandant geword.
Hierna vertrek hy na die wesfront, waar hy by Koedoesrand gevang word.
Op pad na Kaapstad spring hy by De Aar uit die trein en baan sy weg na genl. C.R. de Wet.
Daarna keer hy terug na die ZAR.

In Desember 1900, nŠ genl. G. H. Gravett se dood, word hy tot assistent-kommandant-generaal bevorder.
Hy begelei die regering na Waterval naby Standerton waar samesprekings met die Vrystaatse regering plaasvind.
Op 20 Julie sterf hy 'n uur nadat hy gewond is.
Hy word op Willem Pretorius se plaas begrawe en daarna op 17 Oktober 1902 saam met nege ander in die Kloofkerkhof, Heidelberg, herbegrawe.

By Paardekop, naby Vereeniging, word genl. J.C. Smuts amper gevang toe 'n groep Engelse hulle verras waar hulle gelÍ en slaap het. Smuts se agterryer, Kleinbooi, sterf in die skermutseling. Smuts kom weg deur bevele in Engels uit te roep.

Hy slaag daarin om die dokumente wat hy in die warboel agtergelaat het, te herwin.
Gezina Kruger, vrou van pres. Paul Kruger, sterf in Pretoria.
St. John Brodrick reageer soos volg in verband met voorstelle wat lord Kitchener in verband met die konfiskasie van eiendom en die verbanning van gesinne na St. Helena gemaak het: ``Hitherto the effects of severity have not been all we could have hoped.
`Those who knew South Africa best expected the same results from farm-burning as are now claimed for confiscation - but we were led quite wrong in this.
`If confiscation did not lead to surrender, we should be worse off than ever - for every man still out would have every motive against surrender and Europe would be needlessly scandalised.
`Your other suggestion of sending the Boer women to St. Helena etc, and telling their husbands that they will never return, seems difficult to work out.
`We cannot permanently keep 16 000 men in ring fences and they are not a marketable commodity in other lands.''

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 08:35
ABO: De Wet probeer distrik Bethlehem verdedig. Kommando's in Drakensberge beveel om hulle by Boere-mag aan te sluit. Die gebied tussen Lindley en Bethlehem (Bakenskop).

NA die opheffing van die beleg van Lindley het die Boere van 27 Junie tot 1 Julie 1900 ``leeggelÍ in die laer'', volgens Oskar Hintrager. Uiteindelik was die ``ondraaglike kamplewe'' ook op 'n einde, want op 30 Junie 1900 hoor die Boere dat 'n sterk Engelse mag op pad is na Bethlehem.


GENL. PAGET was uit Senekal op pad na Bethlehem, versterk met 'n mag van 3 000 man onder genl.maj. R.A.P. Clements wat die bevel van Paget oorgeneem het. Clements se mag het uit tussen 9 000 en 10 000 man bestaan.
Aan Boerekant het versterkings onder asst.hoofkmdt. Paul Roux wat padgegee het uit Senekal nadat Clements na Lindley vertrek het, hulle by die Boere se hoofmag aangesluit. Daar was nou ongeveer 5 300 man onder De Wet se direkte bevel.
In diť stadium het niemand geweet wat hy beplan nie. Hy het juis 'n berig onderskep dat die Engelse van plan was om Bethlehem en die omliggende gebied te verower. Ook was hulle van plan om terselfdertyd die generaal vas te keer en hom uit te skakel. Indien hulle dit nie kon doen nie, was hulle van plan om hom na die Brandwaterkom terug te dryf en daar vas te keer.

Vir De Wet was nou net een ding om te doen en dit was om Bethlehem en sy graanryke distrik te verdedig. Dit was verder vir die Boere belangrik omdat die weg na die berge suid van Bethlehem ook nie afgesny mag word nie want daar was altyd vir die Boere nog 'n veilige ``skuilhoek''. Om sy mag dus verder te versterk het hy die kommando's in die Drakensberge beveel om hulle by hom aan te sluit.
Die Boeremag was in twee verdeel: Roux, kmdt. L. Steenkamp en kapt. Theron het 'n lang verdedigingslinie ingeneem tussen Kafferkop en die Valsriver by Malanspoort, terwyl De Wet self stellings sowat 12 km suidoos van Lindley beset het. Hierdeur was die toegang van Lindley na Bethlehem effektief versper.

Nadat Paget en Clements die saak bespreek het, besluit hulle dat hul offensief op 2 Julie sou begin. Clements se teiken was Roux se stellings, terwyl Paget De Wet se seksies sou aanval.
De Wet wou presies weet watter planne die Engelse in die mou voer. Daarom stuur hy nege man onder leiding van die Nederlandse vrywilliger lt. J.G. van Ham om te gaan uitvind. Van Ham, wat groot durf aan die dag gelÍ het, sluip deur die Engelse linies tot by Paget se hoofkwartier waar hy 'n gesprek afluister. Hieruit is dit duidelik dat die Engelse van plan was om die volgende dag aan te val.
Met Van Ham se inligting in gedagte kon De Wet nou sy mag ontplooi. Sy stellings het oor 14 km gestrek van Plesierfontein in die noorde oor Groenkop tot aan die Valsrivier in die suide. Kmdt. Olivier het die regtervleuel op Plesierfontein aangevoer, asst.hoofkmdt. Froneman was in die sentrum en kmdt. Michael Prinsloo was op die linkervleuel aan die rivier. Die Boere het drie kanonne gehad.

Die geveg het op 3 Julie om 10:30 begin toe Paget se verkenners die Boere op die rantjies naby Bakenkop ontdek het. Paget stuur 700 man van die Mounted Infantry en vier kanonne om De Wet se regtervleuel aan te val. Twee kompanies voetsoldate en twee kanonne asook die res van die berede infanterie met twee kanonne moes respektiewelik op die Boere se linkerflank en die sentrum frontaanvalle uitvoer. Van Erfenis, suid van Lindley, het genl. Clements met die hulp van die twee 5-dm.-skeepskanonne 'n langafstand-bombardement op die Boere se stellings geopen.
So is die Boere in 'n moordende kruisvuur vasgevang. Prinsloo moes sy stellings langs die rivier prysgee. Die Engelse se flankbeweging het 'n bykomende bedreiging in die Boere se rug beteken.
Om 09:30 trek die Boere-artillerie los. Dit het tot gevolg gehad dat die flankbeweging nie verder as 5 km kon vorder nie waar hulle vasval. Die ses kanonne wat as ondersteuning vir die Engelse se flankbeweging moes dien, neem stelling in op 'n randjie sowat 4 000 treŽ van die Boerelinie af en ongeveer regoor die sentrum. Die kanonne word in drie groepe van twee opgestel 130 en 80 treŽ van mekaar.

'n Lewendige geveg volg. Teen 12:30 bring die Boere twee kanonne as versterkings. Omdat die Engelse se kanonne se ammunisie min was, het die bevelvoerder, maj. H.E. Oldfield, die vuur gestaak en die kanonniers beveel om plat op die grond te gaan lÍ.
Skielik besef De Wet dat die Engelse se kanonne opgehou het met vuur. Sy gevolgtrekking was dat hulle die wyk geneem het. Hy was juis op diť oomblik by Prinsloo. Dit was 'n skitterende kans om 'n teenaanval uit te voer en terselfdertyd ook die kanonne te bekom. Om die Engelse te mislei doen hy dadelik 'n teenaanval op hul linkerflank terwyl Piet de Wet, Prinsloo en 100 man ongesiens deur 'n mielieland die kanonne kon bekruip.

Intussen het hy 'n volgehoue kartetsreŽn op die Engelse gerig om die naderende Boere te dek. Om 14:30 het hulle reeds tot 50 treŽ van die kanonne van die 38th RFA gevorder waar hulle onverwags met dodelike kleingeweervuur op die Engelse by die kanonne lostrek.
Maj. Oldfield is een van die eerste ongevalle - hy val dodelik gewond neer. Ook lt. W.G. Belcher betaal die hoogste prys, terwyl kapt. Fitzgerald swaar gewond is. Paniekbevange het die Imperial Yeomanry wat skuins agter die kanonne was en as eskort vir die kanonne moes dien, begin vlug. Hoewel die artilleriste desperate pogings aangewend het om hul kanonne te red, was hulle slegs deels suksesvol. Die bemanning van die twee noordelike kanonne kon elkeen net een skoot aftrek voordat hulle ook die Boere ten prooi geval het.

Intussen het sake vir die Boere begin verander. 'n Groep vrywilligers van die Imperial Bushmen onder kapt. Budworth van die Royal Artillery was op pad na die bedreigde punt.
Verder het die Boere nie perde of muile gehad om die kanonne weg te sleep nie. Dan was daar ook nog die gevaar dat hulle afgesny kon word. Die Boere by die kanonne kon nie die verbete aanslag van die AustraliŽrs weerstaan nie en gee vinnig pad.
De Wet het besef wat aan die gang was en het blitssnel opgetree om die situasie te probeer red. Hy stuur Olivier om 'n aanval op die Engelse se regtervleuel uit te voer asook perde om die kanonne weg te sleep.
Maar toe tref 'n ramp hulle. Die Boere se kanonne wat die dekking verskaf het, raak onklaar. Ook Olivier begin probleme ondervind om langer sy posisie te behou en hy trek terug.

Dit stel Paget in staat om met sy planne voort te gaan. Sy omvleuelingsbeweging in die noorde het vrugte begin afwerp toe die berede infanterie Bakenkop bestorm het en kon ondanks hewige teenstand die kop verower. Hiervandaan kon die Engelse nou met twee kanonne 'n hewige bombardement op die res van die Boerelinie rig en hul posisie onhoudbaar maak.
Die son het intussen gesak en met 'n digte mis wat die landskap versluier het, het die sig nog verder versleg. Teen omstreeks 20:00 beveel De Wet 'n algemene terugtog oor Middelwater en Bloukop in die rigting van Bethlehem. Dit is yskoud en mistig; desondanks hoor 'n mens tog van die jong Boere wat op die mars sing.
De Wet se eerste plan - om die Engelse toegang tot die distrik Bethlehem te weier - het misluk. Hy besluit om die dorp self te verdedig.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 10:20
ABO: Veldkornet en Slag van die Sprinkane.

IN geen oorlog is iedere offisier en manskap 'n dapper held wat onverskrokke met leeuemoed die vyand aandurf nie. Elke leŽrmag het maar sy stewige kwota lafaards, hensoppers en renegate. So was dit ook met die Boere in die "Anglo Boereoorlog" 'n eeu gelede gesteld.

In die biografie The War Memoirs of Commandant Ludwig Krause 18991900 vertel kmdt. Lodi Krause van die volgende skreeusnaakse insident oor die Zoutpansbergse kommando aan die begin van die oorlog. Een van die junior offisiere, veldkornet A.E.A. Briel, was besonder waaksaam en het die laer kort-kort laat verskuif om te voorkom dat die Britse soldate van sy teenwoordigheid bewus word ``en die burgers straks verras en gevange neem''.

Op 'n dag het die veiligheidsbewuste Briel te perd haastig die laer ingejaag gekom met die noodoproep dat 'n reuse-kolon Britse soldate aan die opruk was. Hy het die stofwolk wat die masjerende Tommies veroorsaak, ``self aanskou''.

Wanorde het 'n paar oomblikke in die laer geheers, maar gelukkig is een van die sterk kenmerke van 'n Boer dat hy na homself kan omsien. Sommige van die manskappe het daarop dapper die aanstormende stofwolk tegemoet gery om die slagveld eers te verken.

Maar goeie genugtig! Wat sien hulle toe: Die stofwolk is nie duisende Kakies op die aanval nie, maar 'n yslike wolk sprinkane wat van 'n afstand kompleet nes 'n stofwolk teen die horison lyk. Diť tyding het gou versprei en 'n ruk later was die laer weer soos voorheen rustig byeen.Veldkornet Briel, wat so haastig die teenoorgestelde rigting as die sprinkaanwolk ingeslaan het, het later skoorvoetend en rooi in die gesig sy opwagting by die laer gemaak. Een van die burgers, B.H. Dicke, het hom die bynaam ``Vlucht Veldkornet'' gegee. Dit was die einste Briel wat op kommando gegaan het met 'n gespog: ``Ik gaan om te vecht!''

Die manskappe het diť laer gou verlaat en hulle by ander kommando's aangesluit waar die offisiere 'n beter voorbeeld gestel het.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 10:39
ABO: Britse mag oorval slapende Boere: Baie sneuwel.

11 Oktober 1900, het die Slag van Moordpoortjie naby Frankfort plaasgevind. Minstens 11 Boere het in die grusame geveg gesneuwel. Omdat dit weens verraad as niks anders as moord beskou is nie, is die plek Moordpoortjie gedoop.

Mense en gebeure in die Noordoos-Vrystaat tydens die Anglo-Boereoorlog, wy Bertie de Jager, 'n boer van Frankfort, 'n hoofstuk aan diť slag. Hiernaas verskyn die eerste van twee artikels daaroor.

'n GROEP Boere onder veldkornet Koos de Wet is van Villiers in die rigting van Bothmasbanke gestuur om die sterk vyandelike mag wat op Frankfort was, kol. Grove met drie kompanies en kanonne, dop te hou. 'n Geskikte skuilplek is sowat 10 km oos van Frankfort, op die plaas Groenplaats, die eiendom van Marthinus de Jager, gevind. Dit was in 'n lopie, sowat 1 km noord van die Vrede-pad waar die randjies 'n poortjie gevorm het.

Die meeste huise in daardie omgewing was toe al deur die Britte afgebrand. Om nie die skuilplek weg te gee nie, is beweging slegs snags toegelaat. Ongelukkig is nie rekening gehou met die swart mense nie en daar was toe reeds baie verraaiers.
Die aand van 10 Oktober was al die Boere wat verlof gehad het, terug en het die getal tot 54 man aangegroei. Twee ronde tente was opgeslaan. Kpl. Koos van Biljon het opdrag gekry om brandwagte uit te sit in die rigting van Frankfort. Hy en nege man het stelling ingeneem langs die hoofweg, by Jakkalslaagte se spruit (huidige ou brug op Aanleg), sowat 6,5 km van die dorp.

'n Verdere nege moes wagstaan sowat 5 km van die dorp, naby die draai van die rivier, waar daar destyds 'n afdraaipad na Graskop en Cornelia was.
'n Berig is deurgestuur dat die Britte laatmiddag die dorp verlaat het, oor die brug, oor Wilgerivier in 'n westelike rigting.
Nagtrekke deur die vyand was toe nog iets onbekend.

Net voor dagbreek op 11 Oktober het Christiaan Beyers opgestaan om sy perd te gaan haal. Hy het die randjies ingeloop en homself toe tussen 'n klomp Britte bevind wat die Boere in die nag omsingel het. Hy het omgedraai en teruggehardloop om alarm te maak.

Terselfdertyd het Van Biljon, wat soos gewoonlik opdrag gehad het om voor ligdag terug te wees, met sy 18 brandwagte teruggekeer.
Die Britte het op die Boere losgetrek met hul gewere. Van Biljon en die brandwagte wat nog nie in die poortjie was nie, het omgedraai en weggejaag. In die verwarring het die slapende Boere na wapens gegryp en uit hul slaapplekke geskarrel. Skuiling was daar nie veel nie. 'n Paar het uitgehardloop. Die ander was in die doodsakker vasgepen. In die donkerte kon net die ligflitse van die Britte se gewere gesien word.

Die 14-jarige Dirk Potgieter vertel: ``Ek staan nog so, toe val Klein Piet Lourens hier aan my linkerkant, met 'n koeŽl deur die kop. Meteens roep oom Gert Victor: `Help.'
``Dit was warm hier waar ek nou was. Die koeŽls val soos sand om ons . . .''.
Cronjť van Vrede is doodgeskiet net soos hy geslaap het. Hy was doof en het waarskynlik nie betyds die skietery gehoor nie.

Van Biljon se laaste wag wat diens gedoen het, was Koos Victor. Dit was duidelik dat die Britte die poortjie aanval, maar hoe die vyand daar gekom het en vanwaar hulle gekom het, kon nie vasgestel word nie - dit was 'n absolute verrassing.
Vir die oorlewendes wat in die poortjie vasgepen was, het dit gevoel of die geveg ure aangehou het, terwyl Van Biljon en die Britte gereken het dat dit slegs vier of vyf minute geduur het. Toe die Britse offisier skree dat die Boere moet oorgee, het Tys Koen namens die Boere ingestem. Sommige Tommies staan toe so naby as 20 m van die Boere af op. Die Boere is ontwapen. Toe is eers gesien hoeveel gesneuweldes daar was. Ook die veldkornet.

Dit was dieselfde Britse mag wat die vorige aand in 'n teenoorgestelde rigting uit die dorp getrek het, wat hulle oorval het. Hulle het 'n paar uur verder, oor Ballingtomb by Naudťsdrif deur die Wilgerivier na Groenplaats gekom. Hulle het dus ver om die brandwag verbygetrek. Dit is duidelik dat die mens wat hulle hierheen gebring het, baie goed met die ligging van die poortjie bekend was en so ook met die plasing van die Boere in die kamp en hul brandwagte in die rigting van die dorp.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 11:41
ABO: Kitchener se `papierbom' met minagting bejeen.

OP 7 Augustus 1901 het lord H. Kitchener, die opperbevelhebber in Suid-Afrika, sy berugte proklamasie uitgevaardig waarmee hy vegtende republikeinse burgers en Kaapse rebelle aansÍ om voor 15 September, Saterdag 'n eeu gelede, oor te gee.

AAN die einde van die winter was die Boere en hul perde uitgeput en verswak en 'n aantal teregstellings in die Kaapkolonie het rebelle verskrik. Bowendien het hy gemeen dat hy 'n lae moreel en mismoedigheid in die twee republieke bespeur.

Sy proklamasie wat in feitlik alle koerante in die land gepubliseer is en in duisendtalle as groot pamflette aan geboue opgeplak is, bevat 'n eienaardige mengsel van twyfelagtige militÍre redenasies en dreigemente.
Proklamasie Nr 17 van 1901, uitgevaardig op 7 Augustus, begin met die gewone hoogdrawende beskrywing van homself wat eie van die tyd was. Hy stel hom aan die vegtendes voor as Sy Eksellensie, Baron Kitchener van Khartoem, Ridder van die Groot Kruis van die mees eerbare Orde van Bath.
Hierby voeg hy die aanhef van sy eintlike boodskap wat ons in 'n verkorte vorm kan weergee: ``Die Oranje-Vrystaat en die Suid-Afrikaanse Republiek is deur die Britse Kroon geannekseer en Britse magte beset die land en beheer die spoorweŽ en vernaamste dorpe. Derduisende burgers is reeds krygsgevange geneem en groot getalle inwoners woon vreedsaam in kampe onder Britse beskerming. Die Boere is nie meer in staat om gereelde oorlog te voer nie en vernietig die land deur hul volgehoue guerrilla-stryd.

`Derhalwe moet alle kommandante, veldkornette en leiers van gewapende bendes asook alle regeringsleiers van die twee gewese republieke voor 15 September oorgee, anders sal hulle permanent uit die land verban word. Gewone burgers se eiendom sal gekonfiskeer word om te help betaal vir die onderhoud van hul gesinne in Britse hande.'
Dis voorwaar 'n groot dreigement met die belofte van drastiese optrede.

Ons kan kyk na enkele voorbeelde van die effek van hierdie ``papierbom''.
In sy boek Commando skryf Deneys dat genl. Jan Smuts se kommando tydens hul inval in die Kaapkolonie 'n possak naby Sterkstroom gebuit het en dat hul tot hul verbasing 'n eksemplaar van die proklamasie gevind het. Aangesien dit op daardie dag reeds die 13de was, het hulle met Kitchener en sy ``bom'' gekgeskeer.
'n Interessante faset van die Britte se poging om rebelle te oorreed om oor te gee is die handgeskrewe kennisgewing wat in die distrik Oudtshoorn deur genl. French versprei is. Hierdeur waarborg hy 'n maksimum tronkstraf van een jaar vir alle rebelle wat vrywilliglik oorgee. Dit blyk dat hierdie kennisgewing ook nie veel trefkrag gehad het nie.

In die twee republieke het die bittereinders die proklamasie met minagting bejeen. Dit is darem nodig om hier te meld dat historici 'n geringe toename in wapenneerlegging bespeur het - moontlik deur mense wat liggaamlik en geestelik uitgeput was.
Vyf jaar nŠ die oorlog het die skrywers van The Times History of the War, Volume 5, eweneens na die skewe logika in die mislukking van die proklamasie verwys.
NŠ 15 September 1901 sou die oorlog nog agt maande woed en Brittanje moes 'n kwartmiljoen soldate aanwend om 'n geraamde 20 000 bittereinders tot oorgawe te dwing, alles teen enorme koste.
Smuts se inval in die Kaapkolonie en die aanhoudende optrede van ander kommando's, onder wie duisende rebelle, sou daartoe lei dat die Koloniale soldate tot 20 000 man sou aangroei.
Om die Kaapkolonie te help moes 8 000 Imperiale soldate aan die twee republieke onttrek word. Die kolonie sou onder diť militÍre las steier.
Volgens een berekening het dit p100 gekos om een rebel 'n maand lank te beveg.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 11:48
ABO: `Totdat ek my Gideonsbende het' . Sů lank wou M.T. Steyn die stryd volhou.


NA die val van Bloemfontein was die Boere ontmoedig en 'n krygraadsvergadering is vandag 'n eeu gelede op 17 Maart 1900 in die nuwe hoofstad, Kroonstad, gehou om hul krygstaktiek in die "Anglovolgende trefwoord"-vorige trefwoord"Boereoorlog" te verander. Dit was die begin van die guerrilla-fase waarin die Boere die Britte die volgende 18 maande op hul herrie gegee het.

MET die naderende soldate feitlik in Bloemfontein vaardig pres. M.T. Steyn op 12 Maart 1900 'n proklamasie uit waarin bepaal word dat Kroonstad tot nadere kennisgewing ``die Hoofdplaats en zetel der Regeering sal zijn''. Die Vrystaatse regering vertrek dieselfde aand met sy amptenary, onder andere Thomas Brain, Jack Brebner, Alfred Roberts, Poultney, Gordon Fraser en Rocco de Villiers daarheen.
Van die ander amptenare het vroeŽr reeds per trein vertrek. Toe Steyn Bloemfontein verlaat, vra 'n grysaard hom: ``President, hoe lank is jy van plan om die stryd vol te hou?''
`Totdat ek my Gideonsbende het,'' was die antwoord.

Een van die eerste take van die regering was om die krygstaktiek te wysig om die indruk dat die Boere 'n vergeefse stryd gestry het, teŽ te werk en die moreel onder die burgers te herstel. Met die oog hierop het die staatshoofde van die twee republieke, presidente S.J.P. Kruger en Steyn, besluit om op 17 Maart 'n breŽ krygsraadvergadering in Kroonstad te hou ``om te beraadslagen wat te doen''. Hulle en die krygsowerstes sou die uiters belangrike vergadering bywoon.

DIE aand van die 16de het Kruger met 'n spesiale trein uit Pretoria vertrek. Hy is vergesel deur Piet Grobler, Frikkie Eloff, dr. Heymans en 'n afdeling polisie. Voor dit het hy eers van die balkon van sy reiswa 'n skare toegespreek. Hy het hulle aangemoedig om slegs in God en Sy Woord te glo, want alleen dan sou die oorwinning behaal word.
Sy wens was dat as hy die woorde ``Vrees niet'' aan alle offisiere en burgers kon toeroep, hulle dit tog kan verstaan.

Kruger is die 17de geesdriftig in Kroonstad deur Steyn, P.J. Blignaut, die Vrystaatse regeringsekretaris, en 'n groot aantal gewapende burgers ontvang. Ondanks gietende reŽn het die burgers op die markplein saamgedrom om Kruger, Steyn, kmdt.genl. Piet Joubert en hoofkmdt. C.R. de Wet aan te hoor. Kruger het in dieselfde trant as met sy vertrek uit Pretoria die burgers aangemoedig om, in vaste vertroue op God, met verenigde kragte te bly voortveg vir hul vryheid en geensins ontmoedig te voel omdat Bloemfontein in Britse hande geval het nie.

NŠ hom het Steyn 'n vurige beroep gedoen op die burgers om die stryd kragdadig voort te sit. Ook Joubert het benadruk dat geen rede bestaan om ontmoedig te wees nie. In die slottoespraak het De Wet Piet Cronjť se oorgawe, die geveg by Driefontein en die val van Bloemfontein behandel. Hierna het ds. Van der Lingen roerend in gebed by God gepleit om aan die Boere die oorwinning te skenk.

DIE krygsraadvergadering is deur 22 krygsoffisiere bygewoon, afgesien van Kruger, Joubert en Steyn wat as voorsitter opgetree het. Die groot vraag waaroor die raad uitsluitsel moes gee, was die wyse waarop die Boere die oorlog moes voortsit. Moes hulle die vyand in vaste stellings op die front inwag of was daar 'n alternatief?
'n Tweede saak waaroor besluit moes word, was waar en wanneer die nuwe krygstaktiek in werking gestel sou word. Steyn, wat homself as 'n leek op die gebied van oorlogvoering beskou het, het hom ge roepe gevoel om raad te gee oor die nuwe krygstaktiek veral nadat hy die voorafgaande maande die verloop van die oorlog deeglik bestudeer het. Sy wenk was dat afgesien moes word van die vaste defensiewe stellings in die front van die vyandelike leŽrs en eerder offensief opgetree moes word.

Dit is met groot geesdrif ontvang. Selfs De Wet, wat beskou word as die vader van die defensiewe krygstaktiek, het dit met entoesiasme begroet. ``Wij moeten den vijand onophoudelijk snel en die onverwachts aanvallen'' verklaar hy.
JOUBERT stel voor dat die kommando's in kleiner eenhede uitgaan om die vyand aan te val en hul kommunikasielyne te sny. Veelseggend was dat ook voorgestel is dat die kommando's sonder waens moet uittrek. Veral genl. Koos de la Rey het die groot wa-laer as die ondergang van die Boere gesien. Die voorstel is deur De Wet gesekondeer en is met groot geesdrif goedgekeur.

Die aanvaarding van die nuwe krygstaktiek het 'n reorganisasie van die Boeremag genoodsaak. Voortaan sou dit verdeel word in 'n groot aantal mobiele afdelings wat slegs deur enkele voertuie vergesel sou word. Oor elke 25 man sou 'n korporaal aangestel word om die toesig oor die burgers te vergemaklik. Die korporaal moes verslag aan die veldkornet doen.
Die krygsraad het ook 'n ander belangrike besluit geneem en dit was om offisiere en burgers te skors as hulle aan pligversuim en nalatigheid skuldig bevind is. Krygsplanne het dikwels in die verlede weens dit skipbreuk gely.
NŠ die vergadering is 'n manifes waarin die besluite van die vergadering uiteengesit is, per telegraaf of deur rapportgangers onder die burgers versprei.

Omdat Steyn geglo het die burgers moes daadwerklik bemoedig word, het hy ook twee proklamasies opgestel. Die staatsdrukker in Pretoria het 'n oplaag van 10 000 gedruk en dit so gou moontlik aangestuur. Die eerste gerig aan die burgers van die Vrystaat, was een van die kragtigste oproepe wat nog aan hulle gerig is. Steyn verduidelik die ``verdeel-en-heers''- beleid van die Engelse. Hy stel dit duidelik dat die regering van die Vrystaat nog bestaan en sy pligte kragdadig nakom.

DIE tweede proklamasie was van 'n formeler aard wat uitgereik is na aanleiding van een van van lord Roberts waarin die Vrystaatse burgers gewaarsku is om alle vyandelikhede teen die Britse soldate te staak.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 11:55
ABO: Vervloekte Ier.

Byna 'n eeu nadat 'n jong Ier hier in die Anglo-Boereoorlog (ABO) deur 'n Boervrou vervloek en hy doodgeskiet is, het 'n lid van sy familie van Ierland gekom om 'n krans op sy graf hier in die ou begraafplaas te plaas en sy dood in die vreemde te gedenk.
Lt. William Michael Joseph White (23), jongste seun van ryk ouers van die landgoed Natenan by Limerick, Ierland, is op 12 Maart 1901 op die plaas Erfhoek van mnr. Stoffel Kruger doodgeskiet.

Die Ier het as lid van die militÍre intelligensie as verkenner en rapportryer opgetree. Op 12 Maart 1901 het hy hier alleen op die plaas Elpen van mnr. Piet du Plessis aangekom.
Hy het by mev. M. du Plessis dokumente in die huis gesoek, maar net op 'n spaarbussie afgekom. Hy het aan haar gevra wie s'n dit is. Sy het geantwoord dit is haar seun s'n, waarop hy dit in haar gesig gegooi het.

Die woedende vrou het gesÍ sy wens die Boere skiet hom.

Hy het in reŽn op sy perd geklim en weggery - min wetende dat hy na 'n groepie Boere onder bevel van veldkornet Barend Kruger in 'n rantjie op Erfhoek ry. Toe hy sowat 40 m van hulle af was, het Barend geskree hy moet oorgee. William het geweldig geskrik en sy perd omgeruk, waarna hy drie keer deur die Boere deur die lyf geskiet is.

Die Boere het ruiters uit 'n ander rigting sien kom en gevlug. Later het hulle uitgevind dit is hul eie mense en het na William gaan soek, wat skoonveld was. Net sy hoed, reŽnjas en kaart het daar gelÍ. Vier dae later het Stoffel Kruger en 'n werker, Frans, sy lyk 300 m van die plek gekry waar hy geskiet is. Hy was seker gewond en het daarheen gekruip. Hulle het 'n voor gemaak en sy lyk daarin begrawe.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 12:12
ABO: Kosie Briedenhann as Anglo-Boereoorlog se Dirkie Uys bestempel.


DIE Anglo-Boereoorlog se Dirkie Uys word hy genoem - die 16-jarige Kosie Briedenhann wat op die plaas Downs by Campbell in Noord-Kaap gesneuwel het toe hy met doodsveragting sy kommandant se lewe gered het.


Die verhaal van een van ons minder bekende, maar tog dapperste helde is deur Tielman Haumann vertel.
Op diť plaas van die familie Haumann is die grafsteen en monument vir een van Suid-Afrika se jeughelde, Jacobus Christiaan Briedenhann.

Kosie is op 28 Desember 1884 op Downs, 15 km noord van Campbell en 120 km wes van Kimberley, gebore. Sy ouers was deelboere op die plaas. Op 16 het Kosie hom by die Boeremagte as 'n Kaapse rebel aangesluit. Hy is in 'n verkennerskorps van 15 man onder veldkornet Willem Visser opgeneem.
Op 24 Oktober 1901 het die groep teen sononder by Downs aangekom. Hulle het geweet in die omgewing was heelparty Engelse soldate en het besluit om nie by die opstal te oornag nie. Hulle het 'n geskikte plek sowat 1 km wes van die huis tussen digte bosse gevind en daar afgesaal. Hulle het die perde naby die slaapplek gespan, maar was onbewus daarvan dat 'n Griekwa-spioen hul bewegings fyn dopgehou het.

Die spioen het hulle aan die Engelse in Campbell gaan rapporteer.
Met dagbreek is die slapende groep deur die geblaf van honde by die opstal gewek. Hulle het dadelik geweet dat alles nie pluis was nie. Visser het opdrag aan sy manne gegee om hul perde gereed te hou.

Terwyl die Boere se aandag nog in die opstal se rigting toegespits was, het die spioen die Engelse berede mag met 'n ompad gelei en die Boere is verwoed uit 'n suidelike rigting aangeval. Visser het dadelik sy manne beveel om weg te jaag, aangesien die oormag te groot was. Die geweervuur het Visser se perd verbouereer en hy kon nie opklim nie. Hy het vergeefs geprobeer om die perd te kalmeer.

Intussen het Kosie en die ander manskappe reeds veiligheid bereik. Toe hulle sien in watter gevaar Visser verkeer, het Kosie sonder om te huiwer teruggejaag na sy offisier om sy lewe te probeer red. Terwyl die koeŽls om hulle gefluit het, het Kosie van sy perd afgespring en die stang van Visser se perd vasgegryp sodat hy kon opklim.
Kosie se eie perd het egter losgeruk en weggehardloop. Visser het toe aan hom gesÍ om agter 'n digte bos in te spring, sodat hy hom agter op sy perd kon laai en wegjaag. Terselfdertyd het 'n Engelse koeŽl Kosie noodlottig in die kop getref, terwyl Visser noodgedwonge na veiligheid moes jaag. Kosie se lyk is dieselfde dag in komberse toegedraai en daar begrawe.

Kort nŠ die sluiting van die Vrede van Vereeniging in 1902 het die familie Kosie se oorskot uit die veldgraf opgegrawe en in die familiekerkhof op Downs herbegrawe. Op sy grafsteen staan in verweerde letters:

Het graf zal emmers hier getuig
Hy stierf gelyk een held
Voor onze vreiheid in ons volk
Rust hy hier in ons velt.

Die verskil tussen Kosie Briedenhann en Dirkie Uys is dat Dirkie sy vader te hulp gesnel het, terwyl Kosie 'n kameraad probeer red het. In 1969 is sy oorskot op Magersfontein herbegrawe deur die Raad vir Suid-Afrikaanse Oorlogsgrafte. Die grafsteen en 'n monument (op die slagveld) is op Downs te sien.

Die volgende gedig deur J.G. Maree is in Desember 1975 gelees toe die monument vir hom onthul is.

KOSIE BRIEDENHANN

Manskap van die Boerelaer
Kommandant Visser se regterhand.
Moeg vermoeid van vlug en veg
Vir vryheid van volk en vaderland

Hul het oornag in Downs se bos
Wou nie die eienaar in verleentheid stel,
Seshonderd tree van die plaas-opstal
Die nag oornag in soete rus.

'n Judasvriend het hul verraai
Vir klein gewin, beduie haarfyn
Hoe moeg en vaak, en waar hul slaap
Seshonderd tree wes van die plaas.

Op jas, kombers en sak het hul
In slaap gesnork, gesug.
Die perde in 'n kring bewaak
Net gras en bossies kraak

Met lig van helder mŰrester
Geweer gedonder op die laer.
Die oormag so geweldig groot -
``Opsaal! Vlug! Hieruit met spoed!''

Die skote knal, soos hael
Stort neer die koeŽl-gereŽn.
Verskrikte perde steier, skop en snork.
Die Kommandant kom glad nie op.

Kosie reeds veiligheid bereik,
Jaag terug en gryp sy Kommandant se ros
In stewig greep so vas.
Nou is hy op en weg.

Kosie word daar neergeskiet.
Sy laaste daad verrig.
Tot hulp te wees sy hoogste plig -
Onthou tot in die verste ver verskiet.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 14:39
ABO: Skande dat die Kakies Cornelis vergruis het deur 114 koeŽls en 'n sabelsteek dwarsdeur sy lyf .

Bertie de Jager ware verhale uit die Anglo-Boereoorlog.

Cornelis se gesondheid was swak, hy het nie na die Natalse grens gegaan nie en was nie opgekommandeer nie. Maar nadat die kommando's van Natal teruggekeer het, het hy hom vrywillig aangesluit by die kommando van kmdt. Van Coller van Heilbron. Hy was twee jaar op kommando.
Teen die einde van die oorlog het die kommando's feitlik net gevlug. Klere was skaars en die burgers was genoodsaak om enige soort klere, selfs die Engelse s'n, te dra.
Cornelis het 'n swaar halflengte kakiebaadjie gehad, maar diť was te groot vir hom. Gevolglik het hy sy baadjie nŠ die geveg by Groenkop naby Afrikaskop, Kestell, by 'n ander burger verruil vir 'n kleiner baadjie, wat toevallig 'n offisiersbaadjie was, met kentekens en al.

'n Paar dae nŠ Groenkop se geveg was hy en sy swaer Petrus Naudť (Elizabeth se man), swaer George Linde, Klaas Krause, Manie Steyn, Jan Rothman en Jacobus Steyn, sy broer, by Elizabeth en haar suster, Martha Linde, op Vredewerf naby Tweeling, waarheen hulle van Skurwekop af gevlug het.
Cornelis het nog sy ouers op Marseilles (Marsala?) naby Tweeling gaan besoek. Maandagoggend het die groep daarvan vertrek. Die middag is hy gevang, wes van Tweeling nie ver van waar Jackie Theron woon nie.

Hy het met 'n swakkerige perd gery, want hy het sy eie perd op Marseilles gelaat om te rus. Toe hy deur 'n spruitjie wou gaan, wou die perd nie verder loop nie.
Hy het afgespring en gehardloop. Toe hy moeg word, gooi hy eers sy geweer weg, toe die kakiebaadjie, die kos en ander los goed.
Naderhand het die Engelse hom ingehaal en gevang, hom op 'n perd gesit en saamgeneem.

Toe hulle by oom Piet van Rensburg se plaas aankom, vra tant Sannie hom: ``Wat maak jy hier by die Engelse, Corneels?''
Toe rol die trane oor sy wange en hy sÍ: ``Tant Sannie, gee my bietjie water, asseblief. Tant Sannie moet vir Pa, Ma, broers en susters sÍ: Tot hier gaan dit goed, hoe dit verder sal gaan, weet ek nie.''

Toe gee 'n swart man antwoord: ``Hoe kan jy sÍ jy weet nie? Ons het gesÍ ons sal jou doodskiet.''

Daarna het hulle hom geboei en aan 'n wa vasgemaak - twee dae lank, dag en nag. Die Engelse het hom beskuldig dat hy op Tafelkop (distrik Vrede) 'n offisier met 'n pik sou doodgeslaan het.
Dit was onwaar. Hy was nooit by Tafelkop, waar kmdt. A. Ross geopereer het nie, en hy het nie tot daardie kommando behoort nie. Hulle het gesÍ hy het die offisiersbaadjie daar bekom, wat onwaar was.
Hy het by die verhoor geen getuienis gehad nie, behalwe 'n medegevangene, 'n Delport, wat verskrik was en nie wou getuig nie.
Cornelis is die Woensdag, twee dae nŠ sy gevangeneming, teen 'n kransie naby Hooggelegen gefusilleer.
By die holtetjie wat hulle gegrawe het en wat as graf moes dien, wou hulle hom blinddoek, maar hy het gesÍ dat hy bereid is om die ewigheid onskuldig met oop oŽ in te gaan.

'n Mev. Van der Merwe wat op die plaas gewoon het, het sy lyk uitgehaal net nadat die Engelse weg was, dit in 'n lang kas geplaas en die vader verwittig.
Die vader, sy seun Koos en George Linde het die lyk gaan haal. Cornelis is vergruis deur 114 koeŽls en 'n sabelsteek dwarsdeur sy lyf. Die sabelwond het oopgevlek gelÍ.
(Die onderbaadjie, die hemp en die nekdoek, met al die gate sigbaar, is deur mev. Naudť aan die Oorlogmuseum in Bloemfontein gestuur.)
Van dieselfde kas het die vader 'n kis gemaak en Cornelis is op Marseilles begrawe op sy moeder se verjaardag, 22 Januarie 1902. Die vader het daar 'n monument opgerig.
Sy vader het gesÍ: ``My arme kind het 'n marteldood gesterf.''

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 17:36
ABO: Genl. Smuts kry 'n skoot deur sy hoed in Kaapkolonie-inval.

DIE Britte het spoedig agtergekom dat Smuts daarin geslaag het om die Kolonie binne te val.
Al die Britse soldate aan die suideroewer van die rivier het omgedraai en Smuts agtervolg, terwyl die soldate aan die noorderoewer per trein na Dordrecht vervoer is.
In 'n ommesientjie is 9 000 Britse soldate in die Stormberge ontplooi om elke moontlike bergpas te versper.
Smuts het laatmiddag in Moordenaarspoort laer opgeslaan.

Ondanks waarskuwings het hy besluit om self vooruit te gaan verken op soek na 'n pad deur die Engelse wagposte.
Hy het sy adjudant, Jan Neethling, sy agterryer en twee Adendorf-broers van Louis Wessels se kommando saamgeneem, onbewus daarvan dat al sy bewegings reeds deur Engelse poste op die omliggende rante dopgehou is.
In 'n smal kloof het Smuts hom in 'n hinderlaag vasgeloop.
Op 'n afstand van 10 m tot 20 m is op hulle gevuur. Neethling is op slag gedood.
Die Adendorf-broers is gewond en het later aan hul wonde beswyk.

Smuts se perd Charlie is onder hom doodgeskiet en sy agterryer het gesneuwel.
Met 'n skoot deur sy hoed het Smuts in 'n donga afgerol.
Die skote het sů om hom gereŽn dat hy in die stof van die koeŽls onsigbaar vir die Engelse was. So kon hy ontsnap. Eers om middernag het hy alleen te voet en sonder sy hoed by die kamp aangekom.
Kmdt. Piet Wessels was baie ontevrede oor die dood van die Adendorf-broers uit sy kommando, aangesien hy gevoel het Smuts waag te veel en stel sy manne onnodig bloot.

'n Paar dae later het hy en sy burgers teruggekeer Vrystaat toe om hulle weer by Kritzinger aan te sluit.
Die volgende dae was die kommando daagliks met Britse patrollies slaags, maar hul grootste foltering was die Stormberg-weer.
Half bevrore en met ysdruppels wat soos naalde in hul gesigte steek, het hulle voortgebeur en uiteindelik bewend op hul perde bly sit wat enkeldiep in die modder bly staan het.

Die volgende mŰre het 40 perde in die modder dood gelÍ. 'n Paar nagte later het nog 50 perde weens die koue gevrek.
Uiteindelik is die kommando deur jagkolonnes teen die platorand vasgekeer.
Die Boere se posisie was benard en die Engelse het vir die oorgawe gereed gemaak. Op Stapelbergsvlei het hulle egter die Engelse se aanslag met byna hul laaste patrone afgeweer. Sewe Britte en 'n burger het gesneuwel en is op Boshoffskraal begrawe.
Die burger wat gesneuwel het, 'n De la Rey, se graf is nooit gevind nie.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 17:50
ABO: Lourens-broers pak Engelse by klipmuur.

Colette Snyman.
Kmdt. Willie Lourens was 'n verkenner in die Verkennerskorps van genl. Christiaan de Wet. Hulle kom toe van Tweeling se kant Reitz toe. Willie en sy broer vra verlof om hul familie op Vinknes, die familieplaas, te besoek.
Ongeveer halfpad van Reitz af sien hulle rook hang.
Boetie Henkie sÍ: ``Willie, daardie brand is op Vinknes.''
Oupa en ouma Lourens het op Vinknes gewoon. Willie se skoonsuster tant Bellie Wentzel het in sy huis gewoon oorkant die spruit en populierbos. Willie se vrou, Lisa, is twee maande voor die uitbreek van die oorlog oorlede en het Willie agtergelaat met drie dogtertjies, Annie (6), Ellie (4) en Lizzie (2). Die kinders is in hul tannie se sorg gelaat toe hy op sy 30ste verjaardag op kommando vertrek.

Die broers kom op Vinknes aan en vind uit daar was Engelse soldate wat Willie se huis aan die brand gesteek het. Tant Bellie en die kinders het niks klere of komberse oorgehad nie en moes op graansakke in die skuur slaap. Willie moes 'n plan maak.
Hy sÍ aan sy skoonsuster om al die groot seeppotte vol water te maak en genoeg hout bymekaar te maak sodat sy teen 15:00 vuur kan aansteek, want hy gaan die Engelse met pakperde soek en sal teen 16:00 komberse bring wat sy dan eers in kookwater moet sit.
Die Engelse het per skip in Durban geland, met perde en voer. Die soldate was vol luise en vlooie. Daarom moes die komberse eers gekook word.
Die broers vertrek na Kestell se kant toe. Tussen Kestell en Aberfeldy kom hulle by 'n hoŽ rant waar 'n klipmuur regoor die rand gepak was. Die perde word aan die voet van die rant en beginpunt van die muur vasgemaak en hulle klim die rant al agter die muur langs tot bo.

Deur hul verkykers sien hulle net Kakies, honderde ry in gelid met pakperde heel voor.
Boetie Henkie sÍ: ``Willie, wat nou?''
Die Kakies se koper knope blink in die sonlig en die pakperde is al naby die voet van die rant.
Boet Willie sÍ: ``Henkie, ek laai my geweer en jy loop staan tien treŽ van my, agter die muur af. Ek skiet die eerste, op die voorste Kakies en as ek ophou, skiet jy, terwyl ek hardloop en tien treŽ verder af staan. Jy doen dan dieselfde - maar jy moet raakskiet! So moet ons aanhou totdat ons by ons perde kom. As hulle tog net nie begin runnik nie.''

Toe hulle by die perde kom, is hul ammunisie amper gedaan. Die perde runnik en 'n paar van die pakperde wat losgebreek het, kom na hulle toe. Die Kakies het verskrik rondgemaal. Sommige sneuwel en ook van die perde is raakgeskiet en val op hul ruiters. Almal draai om en jaag weg.
Die broers vang elkeen 'n pakperd en klim vinnig in die saals terug plaas toe. Sononder kom hulle op Vinknes en die water kook al in die seeppotte. Daar is nuwe komberse en groot rolle flennelet en linne met 'n paar naalde en gare by elke rol.
Toe het die vroue genoeg materiaal om rokkies te maak van die linne en hempies van die flennelet. Naalde was baie skaars, is soos goud bewaar en behoorlik stomp gewerk.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 18:35
ABO: Dapper 4-jarige gaan saam op kommando.

DIE verhale van 'n dapper vierjarige seuntjie wat in die Anglo-Boereoorlog (ABO) tot die bitter einde van die oorlog saam met sy pa op kommando moes gaan omdat sy ma in die konsentrasiekamp oorlede is en die verhaal van die netjiese kleremaakster in die Kimberley-kamp, deur professor At Nieman.

Gelukkig het sy ma 95 jaar oud geword en hy kon dus by haar en een van haar susters (ook al ouer as 90) besonderhede vir die verhaal van die kleremaakster kry.
`Ongelukkig het ek maar min detail oor die verhaal van die dapper seuntjie, want toe my pa die verhaal (verskeie kere!) vertel het, het ek maar min belang gestel. My pa is ook oorlede toe ek nog redelik jonk was en ek het sy broers en susters selde gesien nadat ons in die jare sestig uit die ou Transvaal Boland toe verhuis het.

Hier is die verhaal van die dapper seuntjie: Pieter Jacobus Nieman is op 19 Julie 1897 gebore. Sy vader, Willem Adriaan, in sy latere lewe bekend as Oom Adriaan, het op die plaas Hartsfontein, Wolmaransstad, geboer en is in 1895 in Potchefstroom met Magrieta Jonker getroud.
Gedurende die Anglo-Boereoorlog is die moeder en haar klein kindjie ook mettertyd na 'n konsentrasiekamp gestuur. Volgens oorlewering was dit een van die konsentrasiekampe in Natal - Merebank of Congella.

Magrieta is in Mei 1901 oorlede en sy is volgens die inligting in 'n Familiebybel te Rietvlei begrawe.
Na alle waarskynlikheid is sy, toe sy ernstig siek geword het, toegelaat om die konsentrasiekamp te verlaat en het sy iewers naby die Rietvlei gewoon. Tot dusver kon die latere familie nog nie vasstel waar die plek is nie.
In daardie stadium was klein Pieter Jacobus nog nie eens vier jaar oud nie.

Op een of ander manier het sy vader hom kort nŠ sy moeder se dood iewers gekry en vir die res van die oorlog voor op die saalboom saam op kommando geneem.
Hulle was albei Bittereinders, dit wil sÍ hulle is nooit deur die Engelse gevang nie.
Sou daar nog ander vier- of vyfjarige seuns gewees het wat saam met hul vader langer as'n jaar in die wind en die weer, in reŽn en koue en moordende hitte aan die oorlog deelgeneem het?

Oupa Adriaan en sy klein seuntjie het die oorlog oorleef en is terug na Hartsfontein. In Mei 1904 is Oupa weer getroud.
Die oudste seun uit diť huwelik, ook Willem Adriaan, het dikwels vir ons vertel van die dapper stiefboetie van hom. Die outjie was maar sieklik weens die ontberings te velde en is op 20 Maart 1912 oorlede.
'n Nefie van die klein Pieter Jacobus Nieman was ook 'n slagoffer van die oorlog. Jurgen Nieman was maar 2/ jaar oud toe hy op 27 Julie 1901, terwyl hy op sy moeder (ook 'n nooi Jonker) se skoot gesit het, in die kop getref is deur 'n koeŽl uit 'n geweer van 'n Engelse soldaat.
Dit is onseker of die skoot uit die Tommie se geweer per ongeluk afgegaan het en of hy doelbewus na die kind gemik het.
'n Nuwe grafsteentjie is in 2001 in die Marico-distrik op die graffie onthul.

Nieman se verhaal van die netjiese kleremaakster: My oupa, Pieter Francois Theron, was 41 jaar oud toe die oorlog uitbreek. Hy en sy vrou, my ouma Johanna Gesina, het op die plaas Kameelpan, Christiana, geboer.
Met die uitbreek van die oorlog het hulle ses kinders gehad; die sewende, 'n dogtertjie, Marthie (my moeder), is vroeg in 1900 gebore. Oupa is by Paardeberg gevange geneem en na St. Helena gestuur.
Ouma en haar sewe kinders het op Kameelpan gewoon toe 'n Engelse patrollie een oggend vroeg opdaag.

Die oudste seuns, Japie (tien jaar oud in 1900) en Danie (nege jaar), het al 'n paar keer weggeloop om hulle as penkoppe by 'n kommando aan te sluit. Hulle was die oggend toe die Engelse opdaag, juis weer op pad na 'n kommando.
Die derde seun, Piet, skaars sewe jaar oud, het sů groot vir die Engelse patrollie geskrik dat hy die hasepad gekies het, veld in.
Ouma en haar oorblywende krosie is summier na Kimberley se konsentrasiekamp gestuur: die sesjarige Maria, vierjarige Johannes, en twee babas, Jacobus Abraham net meer as 'n jaar oud en die babameisietjie Marthie van 'n paar maande.

Ouma Theron was baie knap met naald en gare en het, om 'n ekstratjie vir die kleintjies te verdien, klere vir die ander kampinwoners wat dit nie so goed kon doen nie, heelgemaak.
Mettertyd het van die verpleegsters wat die tente van tyd tot tyd besoek het, ook hulp met die heelmaak van hul uniforms gevra. Ouma het soggens die kleintjies aangesit om die paar komberse buite die tent uit te skud en netjies op te rol as sitplekke in die tent wat intussen skoongevee is. Geen wonder dat die verpleegsters, en later selfs van die offisiere - natuurlik teen vergoeding - hul klere by Ouma laat regmaak het nie: Alles was netjies.
Later het 'n Jodin, aan wie 'n winkeltjie behoort het, met Ouma ooreengekom dat sy kinderklere sou maak.
In die begin is 'n stukkie materiaal, net groot genoeg vir 'n hempie, aan Ouma gegee. Wanneer die hempie klaar was, het sy 'n sikspens as maakloon gekry. Dieselfde het gegeld vir die maak van 'n broekie, maar daarvoor was die maakloon darem 'n sjieling.

Die Jodin was sů tevrede met Ouma se werk, dat sy mettertyd die hele rol materiaal by Ouma gelos het, met die wete dat die materiaal nie sou wegraak nie.
Sy het ook 'n ou naaimasjien aan Ouma geleen om nog beter naaldwerk te kon doen. Ouma kon later uit haar verdienste die naaimasjien koop. (Een van haar skoonseuns, 'n houtwerkonderwyser, het baie jare later 'n netjiese tafeltjie gemaak en die handnaaimasjien in 'n trapnaaimasjien verander.)
Ouma kon met die geld wat sy verdien het, vir die kinders ekstra rantsoene koop, maar dit het nie verhoed dat Jacobus (30 maande) op 16 Augustus 1901 oorlede is nie; vier dae later is sy boetie Johannes, vyf jaar en sewe maande oud, ook oorlede.

Intussen het Ouma haar natuurlik dood bekommer oor die lot van die drie groter seuns.
Wat sy nie geweet het nie, is dat van die bure hulle onder hul sorg geneem het.
Meer as 'n jaar nadat Ouma-hulle weggevoer is, is die gesin by wie Piet gebly het, ook konsentrasiekamp toe en diť keer was daar nie wegholkans vir hom nie.
Soos gebruiklik, het die inwoners van die kamp weerskante van die ingangshek van die kamp saamgedrom om die nuwe aankomelinge te verwelkom en nuus te verneem.
Met 'n harde gil het die agtjarige Piet op sy ma, een van die toeskouers, afgestorm.
Later het hy vertel dat hy haar dadelik, al was dit nŠ 'n jaar, herken het, want sy was net so skoon en netjies soos hy haar sy lewe lank geken het!

Die netjiese kleremaakster het nŠ die oorlog met haar kinders teruggekeer Kameelpan toe, met genoeg geld om weer 'n begin te maak. Oupa Pieter het baie siek van St. Helena af teruggekom en kon nie weer behoorlik boer nie.
Die groter seuns het egter die oorlog oorleef en kon die boerdery behartig.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 18:52
ABO: Olof Bergh was 'n baie gehate man onder die Boere; het talle vermoor.


SOU 'n mens vandag die naam Olof Bergh noem, sou kwalik 'n wenkbrou gelig word. Dalk kan aan die brandewyn gedink word, maar in die Anglo-Boereoorlog was kapt. Olof Bergh 'n baie gehate man onder die Boere, skryf mnr. Jan van Wyk.
Hy skryf: Bergh was so gehaat omdat hy bevelvoerder was van 'n korps blanke wapenneerlÍers en swartes wat verskeie Boere vermoor, plaashuise afgebrand en vroue en kinders gemolesteer het.

Hy het veral uit Winburg opgetree, maar het ook kere in die Doornberg naby Ventersburg geskuil. Sy korps het onder bevel van 'n Britse offisier, kol. J.S. Barker, gestaan.
Die korps was op 28 Mei 1901 verantwoordelik vir die dood van Jan Scott, 'n Winburgse burger. Hy is koelbloedig vermoor. Op sy grafsteen staan: ``Gestorben deur verraad.''
Genl. C.R. de Wet maak ook melding van vier burgers wat ``gruwelijk'' deur Bergh se korps ``vermoord'' is. Hulle was van kmdt. Sarel Haasbroek se kommando. Die getuienis van burger G.J.S. van den Heever, wat drie van die lyke gesien het, is 'n bevestiging van hul afgryslike einde.

Hy meld dat ``die hendsopper en onder bevel van Bergh'' die kommando van Haasbroek by Doornberg, ongeveer 48 km noordoos van Winburg en 32 km wes van Senekal, in September 1901 omsingel het. Altesame 24 Boere is gevang en 4 gedood.
Ene Potgieter se ``hele kop was oopgeslaan en sy harsings het op die grond gelÍ. Ampie Botha is doodgeslaan en sy arms was fyngeslaan - natuurlik soos hy gekeer het. Toe is verder met een Martini-koeŽl by sy linkeroog ingeskiet en sy agterkop is weggeblaas, want jy kan sien dat hulle die geweer teen hom vasgedruk het soos die kruit hom gebrand het en dat hy nog een skoot deur sy maag gehad het.

``Ampie van Schalkwyk, die twee Ampies was neefs, het een skoot deur sy kop gehad - en dan het hy vyf skote op sy hart en een ronde kring gehad, dit het duidelik gewys dat die geweers teen hom vasgedruk was, want ons het nog die pluise uitgehaal.''
De Wet wou begin Desember 1901 diť moorde wreek. Hy het 'n aanval op Barker-hulle in die omgewing van Kafferskop, 30 km noordwes van Bethlehem, beplan. Hy het egter voor drie verenigde kolonne te staan gekom en was verplig om die aanval af te las.

Later in Desember het burgers van Haasbroek 18 van Bergh se swartes gevang en sonder meer gefusileer.
Volgens vertellings is Bergh in die Kaapkolonie gebore. Hy kon hom nie met die ideaal van die Vrystaters en Transvalers vereenselwig nie.
Interessant is dat hy met 'n nooi Wessels van Winburg getroud was. Hy het op die plaas Spuitfontein op die Doornberg gebly - op die grense van Ventersburg, Winburg en Senekal. Dit is ook hier waar hy vir hom 'n ``fort'' met skietgate gebou het.

NŠ die oorlog het hy na sy plaas teruggekeer. Sy medeboere was hom baie vyandig-gesind. Op jakkalsjagte het hy glo altyd eenkant gery uit vrees dat hy geskiet sou word. Om een of ander rede het hy altyd 'n wit ``helmet'' gedra. Hy het glo in 'n rondawel gebly - uit vrees vir sy lewe was sy gelaaide rewolwer altyd byderhand.
Hy het op 'n dag nŠ die oorlog te perd op die plaas van wyle dr. M.T.S. Vogel se ma aangekom. Sy het hom met ``hoe durf jy op my plaas kom'' van die perd afgeruk en goed met die tong geroskam.

Bergh is later aan keelkanker dood en in Ventersburg begrawe.
Vogel was lank 'n beminde geneesheer in diť dorp.
Bergh se Sweedse stamvader met dieselfde naam het hom in 1665 by die Hollands-Oos-Indiese Kompanie aangesluit. Hy het in 1676 na Suid-Afrika gekom. Goewerneur Simon van der Stel het hom op verskeie binnelandse ontdekkingsreise gestuur. Hy is later aan stranddiefstal skuldig bevind uit 'n skeepswrak naby Kaap Agulhas en het tronkstraf op Robbeneiland en in die Kasteel uitgedien. Daarna is hy die keuse gestel om as burger in die Kaap te bly of as luitenant na Ceylon te gaan. Hy het laasgenoemde gekies. NŠ vyf jaar is hy terug en het Groot Constantia uit Van der Stel se boedel gekoop.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 18:59
ABO: Lootjies getrek om te bepaal wie sou hang.

DIE teregstelling van die Kaapse rebel Petrus Kloppert in Burgersdorp is bepaal deur die trek van lootjies. Diť sonderlinge verhaal van die Anglo-Boereoorlog word vertel in die oorlogsherinneringe van Christiaan Kruger, 'n rebel wat saam met Kloppert in Steynsburg ter dood veroordeel is, maar begenadig en na Bermuda verban is.

'n VLAAG teregstellings van rebelle het gevolg kort op genl. Pieter Kritzinger se tweede inval in Kaapland op 19 Mei 1901.
Die keuse van die rebelle wat tereggestel is, was uiters selektief. Ook die dorpe waarin hulle in die openbaar tereggestel is, is gekies om die grootste moontlike impak te hÍ op die gemeenskap waar die rebelle bedrywig was.

Die rebelle wat op Steynsburg ter dood veroordeel is, was deel van kmdt. G.H.P. van Reenen se kommando wat op 7 Junie op Ruigtevlei laer opgeslaan het. Van Reenen wou Kritzinger nie vergesel op sy veldtog in die Stormberg nie en het op Ruigtevlei oorgestaan om sy kommando met vars perde toe te rus. Op die plaas het 'n paar rebelle van Burgersdorp hulle by die kommando kom aansluit.

Onder hulle was Petrus Kloppert wat reeds voorheen die wapen neergelÍ en die eed van neutraliteit afgelÍ het.
Hulle is gelas om in die nag vir hulle perde by 'n lojaalgesinde boer te gaan steel, dog die kommando se teenwoordigheid op Ruigtevlei is reeds deur die boer aan kol. Wyndham van die 17th Lancers verraai.
In 'n nagtelike aanval op Van Reenen se laer het Jan Kruger, 'n teologiese student van Burgersdorp, en 'n Britse soldaat gesneuwel, terwyl 18 rebelle gevang is. Van Reenen en kapt. Botha het egter ontsnap. Vyf van die 18 rebelle is op 17 Junie in Steynsburg ter dood veroordeel: Petrus Kloppert, Andries en Christiaan Kruger, C.W.C. van Biljon en Stef Koekemoer.

Die res is na die tronk in Tokaai gestuur. Vier van die veroordeeldes is begenadig en na Bermuda verban, maar Kloppert is op 24 Julie in Burgersdorp gehang.
Christiaan Kruger het nŠ sy terugkeer uit ballingskap na ArgentiniŽ uitgewyk. By sy terugkeer na Suid-Afrika het hy in sy oorlogsherinneringe sy sonderlinge verhaal vertel.
Voor sy vertrek na ArgentiniŽ het hy 'n Britse soldaat, ene Bell, ontmoet wat teenwoordig was met die teregstelling van die vyf Kaapse rebelle in Steynsburg.
Volgens Bell moes net een van die vyf tereggestel word om as voorbeeld vir die rebelle te dien. Lootjies is toe getrek en dit het op Kloppert geval. Kloppert is toe na Burgersdorp gebring om daar tereggestel te word as afskrikmiddel vir daardie rebelle-nes.

Kloppert het 'n maand lank in die tronk in Burgersdorp gesit terwyl hy elke dag die getimmer aan sy galg aangehoor het. Hy is in die openbaar op die plein voor die tronk tereggestel, terwyl die ongewenstes verplig is om die teregstelling by te woon.
Een van die ongewenstes, Jans Henning, wat saam met al sy seuns bo 16 jaar kennis gekry het om die teregstelling by te woon, beskryf die teregstelling so:

``Toe hy die trappe na die galg begin opklim, het prof. Lion-Cachet met 'n diep stem uitgeroep: `Gena, o, God!'

``Petrus het roerloos staan en kyk. Hy was bleek en verslae, maar het geen traan gestort en sy oŽ vir geen oomblik van ons af geneem nie. Toe die laksman die mussie oor sy kop trek, was die oŽ wat so na ons gestaar het, vir ewig toe. Toe die swaaideure oopgaan, het ons gesien hoe die tou met die dooie gewig onderaan heen en weer swaai.''
Kloppert is eers in die ou begraafplaas van Hottentot-moordenaars begrawe, maar later herbegrawe in 'n massagraf vir burgers wat in die Burgersdorp-omgewing gesneuwel het. Sy naam verskyn bo-aan die lys name van gesneuwelde burgers op die gedenksteen in Burgersdorp se begraafplaas.

Boertjie Phillip
19 Jan 2013, 19:10
ABO: Jong kommandant dood nŠ `flou koeŽl' in kop.

OP Ruiterskraal tussen Venterstad en Steynsburg is genl. P.H. Kritzinger op 13 Augustus 1901 beslissend verslaan.
HOEWEL Kritzinger self by Ruiterskraal ternouernood ontsnap het, het hy twee van sy kommandante verloor.

Die 23-jarige kmdt. Calman Lion-Cachet, bevelvoerder van Kritzinger se verkennerskorps en seun van prof. Jan Lion-Cachet van die Teologiese Seminarium in Burgersdorp, het in die geveg gesneuwel. Kmdt. J.L.P. Erasmus, 'n Transvaalse prokureur in Kritzinger se kommando, is gevange geneem en kapt. D. Scheepers is ernstig gewond.
'n Groot getal burgers is gewond of gevange geneem.
Die voorval het plaasgevind toe Engelse vliegkolonnes besig was om Kritzinger met 'n groot dryfbeweging noordwaarts uit die Suurberge te verdryf. Nadat kol. E. Crabbe dae lank op Kritzinger se spoor was, het Kritzinger laer opgeslaan op Ruiterskraal tussen Venterstad en Steynsburg.

Die middag teen 14:00 het 'n vars vliegkolonne onder kol. G.F. Gorringe onverhoeds op Kritzinger se laer met grofgeskut toegeslaan.
NŠ 'n hewige geveg het die kommando op vlug geslaan en is tot laataand agtervolg. Kritzinger, kmdt. Louis Wessels en 'n klompie burgers het in die donker daarin geslaag om te ontsnap.
Twee dae later het hulle die Oranjerivier oorgesteek nadat hulle 48 uur in die saal was.

Kmdt. Erasmus is nŠ sy gevangeneming na IndiŽ verban.
Toe hy in 1903 van ballingskap terugkeer, het hy 'n brief aan prof. Lion-Cachet geskryf om hom te vertel hoe sy seun Calman gesterf het. Die brief met 'n skets van die slagveld is nog in besit van mev. Miriam Coetzee van Potchefstroom. Mev. Coetzee is die enigste oorlewende kleindogter van prof. Lion-Cachet. Sy en haar man, mnr. H.J. Coetzee, het nog tot onlangs op Tweekoppies in die distrik Venterstad, nie ver van Ruiterskraal nie, gewoon.

In die brief skryf kmdt. Erasmus dat hy Calman die dag tydens die geveg in diepe bepeinsing sien sit het, iets wat by hom geheel ongewoon was in sulke omstandighede.
Twintig minute later het hulle oor 'n leegte gevlug terwyl die vyand nog buite sig agter 'n rantjie in 'n geveg met hul agterhoede betrokke was.
Hy en 'n paar burgers het 'n doringdraad-heining genader toe Calman links in sy saal omdraai om agtertoe te kyk.

'n KoeŽl het hom bokant die linkeroog getref terwyl hulle nie eers naby die geveg was nie. Hy het uit sy saal geval ongeveer tien treŽ van kmdt. Erasmus. Erasmus het na Calman gery en sy kop opgetel.
Dit het gelyk asof hy dood was. Dit was 'n ``flou koeŽl'' wat hom getref het en moes van 'n groot afstand geskiet gewees het, want dit het net die skedel binnegedring.

Omdat die Engelse op hulle was, kon kmdt. Erasmus net Calman se saal oor hom gooi en sy beursie, sakboekie en rewolwer neem voordat hulle verder gevlug het.
'n Halfuur later is kmdt. Erasmus gevange geneem toe hulle deur die Engelse omring is. Hulle is langs dieselfde weg terug as wat hulle gevlug het en het stilgehou op die plek waar Calman geval het. Hy was nie dood nie, maar bewusteloos. Die Engelse aanvoerder, sers.maj. A. Young, het hom op versoek van kmdt. Erasmus na 'n plaashuis gestuur om verpleeg te word terwyl 'n paar burgers stapels klippe gepak het op die plek waar hy gelÍ het.

Mev. Coetzee vertel dat Calman deur mev. Maria Strydom in die huis op Ruiterskraal verpleeg is. Hy is kort daarna oorlede en op Ruiterskraal begrawe. NŠ die oorlog is sy stoflike oorskot in Steynsburg herbegrawe. Kmdt. Erasmus het nŠ die oorlog vir sers.maj. Young versoek om kmdt. Lion-Cachet se persoonlike besittings en rewolwer aan die familie as aandenking terug te besorg.

Tydens die ossewatrek in 1938 is die stapel klippe wat die burgers gepak het, hernu. Op 15 Augustus 1967 is 'n monument van klip en 'n gedenkplaat op dieselfde plek opgerig. Die monument is onthul deur mev. Lettie van Rooy, die enigste oorlewende suster van kmdt. Lion-Cachet. Mev. Van Rooy was die eggenote van wyle prof. Joon van Rooy, in lewe rektor en kanselier van die Potchefstroomse Universiteit.

Die uitwissing van Kritzinger se kommando op Ruiterskraal het 'n einde gebring aan Kritzinger se aandeel aan die oorlog in die Kolonie. NŠ 'n mislukte poging om die Kolonie weer in September 1901 saam met genl. J.C. Smuts binne te val, het Kritzinger die Kolonie weer in Desember binnegeval, maar hy is naby Hanover-weg ernstig gewond en gevange geneem toe hy 'n blokhuislinie probeer oorsteek het.

Boertjie Phillip
20 Jan 2013, 06:26
ABO: Pa sterf kort nadat seuntjie gebore is.

DIE roerende verhaal van 'n jong pa, wat in die Slag van Sannaspos gesneuwel het.

Mnr. H. la G. Odendaalskryf:
Wanneer 'n veldslag gewen word, word verwys na die taktiek van die bevelvoerder en hoeveel van die vyand gesneuwel het, maar min oor eie sterftes.

Het ons al daaraan gedink hoeveel hartseer dit aan huisgenote bring?
Een van die gesneuweldes by Sannaspos was my ma se jongste broer, Gerhard Goossens. Hy het, dapper soos wat hy was, teen die einde van die slag tussen die Engelse ingestorm om hulle te ontwapen en te vang.

In diť deurmekaarspul is hy dodelik gewond.
Toe alles verby was, het twee vriende, Hans Boshoff en Barry Richter (genl. C.R. de Wet se dapper adjudant), by hom gaan sit om te kyk wat hulle vir hom kan doen. Gerhard het die wens uitgespreek dat hy op sy plaas by sy pa in die familiekerkhof begrawe wil wees.

Aan Richter het hy sy besittings toevertrou om dit aan sy vrou, Chrissie, wat saam met my ouma en ma op die plaas was, te bring. Boshoff het Gerhard se lyk op sy perd vasgebind en dit gebring na Driekoppan, Senekal, waar hy langs sy ouers begrawe is. Die familie het vir hom uit sandklip 'n sarkofaag laat kap, waarop uitgebeitel is:

Voor huis en haard, voor land en volk, voor vrijheid en voor recht. Rust Edele Dooden Gerhardus H. Goossens gebore 24 Maart 1876, Gesneuweld 31 Maart 1900 te Sannaspos Boere-Britse-oorlog.

Die tragiese is dat twee weke voor sy dood 'n seuntjie vir hom en sy vrou, Chrissie, gebore is. Gerhard het wel sy seuntjie gesien, want De Wet het nadat Bloemfontein geval het, sy burgers verlof gegee om te gaan besluit of hulle verder wil veg. Gerhard, troue burger wat hy was, het gegaan met die idee om die oorlog voort te sit en by Sannaspos, die eerste geveg nŠ die besluit, het hy sy lewe vir sy land gegee.

Richter het by die eersvolgende geleentheid na Senekal gery en aan Chrissie Gerhard se besittings gaan gee. Daartussen was 'n silwerrewolwer wat hy van 'n Engelsman geneem het. Dit is aan die Engelsman gegee vir 'n dapper daad in IndiŽ.
Die handvatsel was van ivoor en daarop is in silwer beskryf waarvoor hy dit gekry het.

Ongelukkig het my ma die rewolwer in 'n put op die plaas gegooi toe die Engelse die huis deurgesoek het vir wapens en gedreig het om die huis aan die brand te steek as hulle daar wapens of Boere sou kry.
Ongelukkig kan my ma nie die plek uitwys waar die put was nie, want dit is oorgroei deur 'n populierbos.

Hoewel Gerhard se dood veel hartseer veroorsaak het, is daar een stukkie blye nuus. NŠ die oorlog is Richter met Chrissie getroud en hulle het vir Gerhard grootgemaak totdat hy oud genoeg was om op sy plaas te gaan boer. Hy is ongelukkig op 34 jaar oorlede.

Boertjie Phillip
20 Jan 2013, 10:55
ABO: Eensame graf getuie van haat Boeremeisie koelbloedig doodgeskiet.

Die eensame graffie van 'n boeremeisie by die pan by DaniŽlskuil. Op die sandsteen-kopstuk is uitgekerf: Martha Corneulia Maria Vermeulen. Geboren 20 Augustus 1879. Gestorven 16 Juni 1900.

DANIELSKUIL. Naby die bekende kuil waarna die dorp genoem is, pryk die enkele graffie van 'n boeremeisie wat koelbloedig deur Engelse soldate in die Anglo-Boereoorlog doodgeskiet is.
Diť graffie langs die dorpspan is 'n stille getuienis van die gewapende stryd wat veral bitterheid van die boeremeenskap jeens die optrede van die vyandelike mag op die hals gehaal het.

In die Mekka van Kaapse rebelle het die oorgrote meerderheid boere van die omgewing reeds sedert die begin van die oorlog die wapen teen Engeland opgeneem. Sir Charles Warren, wat die Noord-Kaap goed geken het, het in Mei 1900 met 'n taakmag van Belmont opgeruk.
Hy het DaniŽlskuil op 8 Junie 1900 beset. Die rebelle is weens hoogverraad aangekla. Die meeste is swaar boetes opgelÍ, maar diť wat regeringsaanstellings of militere range gehad het, is tronk toe.

Luidens 'n plaaslike geskiedenisboek, DaniŽlskuil van Griekwa-buitepos tot dienssentrum, saamgestel deur mnr. P.H.R. Snyman, het bitterheid teen die Engelse toegeneem toe 'n boeremeisie, Martha Vermeulen, op 16 Junie 1900 doodgeskiet is.
Die soldate het vermoed gewapende rebelle skuil in die huis van die Vermeulens. Hulle het op die huis geskiet. Ma en seun het gevlug, maar die dogter is noodlottig getref.

'n Ander onbevestigde weergawe is dat die meisie deur 'n soldaat raakgeskiet is terwyl sy langs die pan gestap het. Die soldaat op 'n koppie sowat 800 m van die graf is na bewering deur 'n makker gewed dat hy haar nie sou tref nie, met noodlottige gevolge.
DaniŽlskuil se garnisoen is op 5 Januarie 1901 deur 'n boeremag van 400 manskappe aangeval. Die boere het hulle vasgeloop teen 'n stelsel van loopgrawe wat al die sleutelpunte soos die fonteine verbind het.

Van Junie 1901 het die rebelle-bedrywighede weer toegeneem toe boerekommando's Griekwaland-Wes ingeval het. In die aanvalle was veral konvooie van Kimberley af die teiken.
Weens die toename van rebelle-aktiwiteite moes die garnisoen tot sowat 130 manskappe vergroot word. Benewens die loopgrawe is vyf blokhuise van ``masonry dry stone'' opgerig. Een van die blokhuise kan vandag nog op die fortkoppie by die dorp gesien word.

Met die oorgawe van die boere in 1902 was Noord-Kaapse distrikte met die uitsondering van dorpe (soos DaniŽlskuil) steeds in rebelle se hande.
In die dorp is Engelse grafte van soldate wat in skermutselings en aan siektes dood is.

Boertjie Phillip
20 Jan 2013, 13:41
ABO: KMDT (REGTER) HENRY HUGO van Smithfield.

DIE 25-jarige kmdt. (regter) Henry Hugo was in die Anglo-Boereoorlog 'n doring in die Engelse se vlees en 'n geesdriftige werwer van Kaapse rebelle. Hy is in 1899 as sekretaris van die krygsraad en regter-te-velde aangestel omdat hy in die regte in Nederland en Londen gestudeer het. In 1901 veg hy onder kmdt. Gideon Scheepers in die Kaapkolonie by Graaff-Reinet, Cradock, Murraysburg (waar hy kol. Dorian naby Meiringspoort verwond) en die Middellande. Toe Wynand Malan generaal word, word hy tot kommandant onder Malan bevorder. Hy kry een van die 16 kommando's waarin genl. J.C. Smuts sy 3 000 burgers verdeel het. In Februarie kry hy by Oorlogsfontein, naby Drie Susters-stasie, 'n koeŽl deur die keel.

OP 'n rantjie naby die huis op Oorlogsfontein, Victoria-Wes, staan 'n monument ter gedagtenis aan kmdt. (regter) H.J. Hugo wat in die ABO daar gewond is en later aan sy wonde beswyk het.
Hendrik Johannes Hugo, bekend as regter Henry Hugo, is gebore op 1 Februarie 1877 op die plaas Lusthof, Smithfield, as seun van Christiaan en Tryna Hugo. Pas voor die uitbreek van die oorlog het hy uit Europa na Suid-Afrika teruggekeer nadat hy hom in die regte bekwaam het. Hy het hom by die republikeinse mag aangesluit en is te velde as regter aangestel.

As lid van kmdt. Gideon Scheepers se kommando neem Hugo deel aan die inval in die Kaapkolonie. Hy word as kommandant van Danie Theron se verkennerskorps aangestel nadat sy voorganger, kmdt. Wynand Malan, in Januarie 1902 as veggeneraal in bevel van die Middellandse kommando's van die republikeinse mag in die Kaapkolonie benoem is.
Die kommando's onder Malan het hoofsaaklik in die sentrale Karoo geopereer en was dikwels by Beaufort-Wes, Victoria-Wes en Fraserburg in skermutselings met Britse soldate en konvooie betrokke.

In diť tyd het patrollies telkens op die plaas Wagenaarskraal aangekom en oornag. Wagenaarskraal lÍ ongeveer 60 km suid van Victoria-Wes en is 'n bekende skaap-en-vakansieplaas uit die poskoetsdae. NŠ die ontdekking van diamante in 1867 en die instelling van 'n passasiers- en poskoetsdiens tussen Wellington en Kimberley het Wagenaarskraal 'n belangrike stilhouplek geword.
Die plaas is sedert 1870 in die besit van die MacRobert-familie. Danksy 'n dagboek wat George Findlay MacRobert van 1902 tot 1905 gehou het, het heelwat omtrent die skermutseling by Oorlogsfontein en die dood van Hugo behoue gebly.

MacRobert skryf dat lord Kitchener se verskroeide-aarde-beleid ook in die Kaapkolonie toegepas is. Om Malan se bewegings in die Sentrale Karoo aan bande te lÍ het 'n Britse patrollie wat op die buurplaas Doornkloof gestasioneer was, op 'n dag al die koringkaf uit Wagenaarskraal se skuur verwyder en aan die brand gesteek.
In Februarie 1902 was Malan se kommando in 'n skermutseling met 'n Britse kolonne tussen Beaufort-Wes en Fraserburg betrokke. Hulle het die Engelse oorrompel en dit het hulle in staat gestel om hul voorrade en ammunisie aan te vul.

Teen sononder van 17 Februarie 1902 het diť goedtoegeruste kommando op Wagenaarskraal aangekom, waar hulle oornag het.
Ann Barker MacRobert, George se ma, het geprobeer om vir die offisiere 'n aandete voor te berei, maar die manskappe het haar sů toegeval met koffieketels wat hulle op haar koolstoof wou warm maak, dat sy nie naby die stoof kon kom nie. Raadop het sy haar tot Hugo gewend. Eers nadat hy die burgers uit die kombuis verwilder het, kon sy die ete voorberei.

Omstreeks 05:00 op 18 Februarie het die kommando vertrek na Oorlogsfontein, plaas van Dirk Wouter Immelman jr., omtrent 5 km daarvandaan.
Nadat hulle weg is, is bloed aan Malan se beddegoed gevind en is aangeneem dat hy in die skermutseling met die Britte gewond is, want toe die kommando by Wagenaarskraal aankom, het hy nie op sy perd nie, maar in 'n spaider gery.
Op Oorlogsfontein het Chrissie Immelman (Dirk se vrou) ontbyt aan die offisiere bedien. Terwyl hulle geŽet het, het 'n verkenner ingehardloop en uitgeroep dat 'n Engelse mag die rantjies aan die westekant beset.

`Nou-ja, gaan donder hulle daaruit,'' het Malan se harde stem weerklink.
Hugo hardloop na buite, roep die manskappe bymekaar en storm met sy perd teen die rant uit. Terselfdertyd het 'n Britse kaptein van die westekant af teen die rant uitgejaag en die twee offisiere het mekaar bo-op die rant ontmoet, ongeveer op die plek waar die monument vandag staan.
Hugo en die kaptein het met hul pistole op mekaar gevuur. Hugo is in die nek getref, terwyl die kaptein in die been gewond is en sy perd 11 koeŽlwonde gekry het.
Hugo is inderhaas na die huis op Oorlogsfontein gedra.

Van Wagenaarskraal af kon die mense die geweerskote hoor klap en die geveg op die rantjies sien van waar die stofwolke van die perde se hoewe af opstyg soos hulle galop en steier.
Weens al die opwinding is die kinders in die skool op Wagenaarskraal deur hul goewernante verskoon. Opgewonde het hulle die koppie agter die huis uitgeklouter van waar hulle met afwagting en bang genot geskiedenis voor hulle oŽ sien afspeel het.
Twee Boereagterryers wat in die droŽ rivierbedding onderkant die kinders verbygejaag het, het geskree: ``Hiert, julle kinders, klim af van die kop. Die Engelse sal julle doodskiet!''

NŠ die geveg het die Boere weggejaag. Tussen 11:00 en 12:00 het die Britse kolonne by Wagenaarskraal aangekom. Aan die westelike muur van Oorlogsfontein se huis is later koeŽlmerke gevind.
Die ironie van oorlog word weerspieŽl in die feit dat die MacRobert-familie wat die vorige aand die Boerekrygers kos en slaapplek gegee het, hulle die volgende oggend oor die Engelse ontferm het. Ann het 'n groot sinkbad vol suurlemoenstroop op die lang klipstoep gesit en die Engelse soldate het in gelid verbygeloop met hul bekers om lafenis te skep.

Die Britse ambulanswa het met vier Britse en twee Boeregewondes by Wagenaarskraal aangekom. Vier swaar gewonde perde is doodgeskiet. Nadat die soldate weg is, het die jong Scot MacRobert die dooie perde met 'n span donkies na 'n klofie aan die voet van Bell Rock-koppie gesleep en daar gelaat.
Nadat Hugo by die huis op Oorlogsfontein ingedra is, is hy sů goed deur Dirk-hulle versorg, dat hy nŠ 'n paar dae kon sit en eet.

'n Britse geneesheer het laat blyk dat as Hugo by die Immelmans kon bly, hy heel moontlik volkome sou herstel, maar die Engelse in die omgewing het verneem 'n Boerekommando was in aantog. Die bevelvoerder van die Britse kolonne het besef dat Hugo as offisier 'n waardevolle gevangene was en kon dit daarom nie waag om hom op Oorlogsfontein agter te laat nie, want as die Boere hom sou help ontsnap, sou hy daarvoor verantwoordelik gehou word.

Die Engelse het Hugo op 'n stamperige wa gelaai en met hulle saamgeneem in 'n noordwestelike rigting, by Taaiboschfontein verby oor Stampfontein na Bokpoort waar hulle oornag het. Bokpoort is waar die sekondÍre pad van Victoria-Wes en Loxton tussen Kwaggashoogte en Kornetskop deurgaan.
Dirk het die waspoor gevolg en gesien bloed drup uit die wa. Weens die gestamp van die wa het Hugo se wond oopgegaan en begin bloei.

Vermoedelik is hy by Bokpoort aan bloedverlies oorlede. Hy is daar begrawe. In 1904 is hy op Lusthof, Smithfield, herbegrawe.
Op 20 Oktober 1904 is 'n monument ter gedagtenis aan hom op die rantjie waar die geveg op Oorlogsfontein plaasgevind het, onthul. Die verrigtinge is deur Malan gelei. Hulde is gebring deur George MacRobert, wat sy waardering betuig het vir Hugo se mensliewendheid teenoor sy familie.

F a n i e
20 Jan 2013, 16:20
Dankie Boertjie !

Ek wil steeds weet of daar kopie reg van enige aard op hierdie stories is ?

Boertjie Phillip
20 Jan 2013, 16:42
Dankie Boertjie !

Ek wil steeds weet of daar kopie reg van enige aard op hierdie stories is ?

Ek het alles uit 'n ou bekende koerant gehaal op internet. Geen kopiereg gesien nie. Dit is mos die Volk se erfenis en geskiedenis en geen mens kan dit vir homself toeŽien nie.
Ek dink dit is die enigste plek in die land waar daar soveel oor die ABO Staaltjies en Stories geplaas is - is hier op die BV.

Boertjie Phillip
20 Jan 2013, 16:55
ABO: Kitchener se verdrinking dansend gevier.

'n GROOT dansparty is in 1916 in die distrik Senekal gehou om lord Kitchener se verdrinking te vier, skryf mnr. S.C. Ferreira.

Hy skryf: ``Oom Petrus Ferreira van die plaas Ferrara, Senekal, was 'n jonger broer van die bejaarde hoofkmdt. Ignatius Ferreira van Ladybrand.
`Oom Petrus het die Britte en by uitstek lord Kitchener die skade en wreedhede wat hy die Boerevolk in die Anglo-Boeroorlog (ABO) aangedoen het tot met sy dood in 1941 nooit vergewe nie.
`Hy het ook nŠ die oorlog wyd en syd verkondig dat lord Kitchener nie 'n helde- of 'n natuurlike dood sou sterf nie. Kitchener sou ůf verbrand ůf vermoor word, of soos oom Petrus gesÍ het, versuip, omdat hy vroue en kinders in die `moordkampe' nie genoeg kos en water gegee het nie.

Soos die geskiedenis dit dan wou hÍ, het die skip waarop Kitchener was in Junie 1916 in die Eerste WÍreldoorlog 'n seemyn in die Noordsee getref en hy het verdrink. Getrou aan sy belofte dat Kitchener se dood behoorlik gevier sou word, het oom Petrus op sy plaas 'n dansparty gegee wat van sononder tot die volgende oggend sonop geduur het.
`Toe ek in die jare dertig 'n kind van sowat tien jaar oud was, is in Senekal se distrik nog baie gepraat van die aand met `Kitchener se ball' het dit en dat gebeur.
`Die ironie van die saak was dat twee van oom Petrus se Engelse bure wat ook die ``fees'' bygewoon het, nadat die voggies goed getrek het, aan hom gevra wat die geleentheid is.

"Oom Petrus se antwoord was: `Weet julle nie dat Kitchener versuip het nie?'

F a n i e
20 Jan 2013, 17:04
Dankie, ek verstaan die "erfenis en geskiedenis en geen mens kan dit vir homself toe eis nie" deel, maar iemand het dalk baie werk en moeite gedoen om die stories saam te stel of bymekaar te maak. As dit egter uit ou koerante kom is dit iets anders.



Iets wat vir my nogal opvallend is is dat daar selfs 12 jarige kinders was wat gaan veg het vir hulle vryheid - as mens kyk na wat vandag gaan dan sit daar vele "groot" ... "manne" wat eerder sal toelaat dat alles waarvoor ons staan vertrap word omdat hulle te slap gat (bevrees) is om vir enige iets te staan en op te staan. Hulle neem nie eers standpunt in nie uit vrees dat hulle iets gaan oorkom as gevolg daarvan.

Al beskuldig eh eh eh hom net van rasisme dat hy eerder sy broer sal gaan indoen as om vir eh eh eh te se hy moet bogger-off.

Boertjie Phillip
21 Jan 2013, 19:35
ABO: Seun vertel van pa se wedervaringe in oorlog.

'n ELFJARIGE seuntjie se wedervaringe as krygsgevange.
J.J. Bothaskryf:
My oupa was Jacobus J.P.G. Botha en sy oudste seun Jacobus P. Botha, wat toe die oorlog uitbreek, maar 'n kind van 11 jaar was. Hulle het gewoon op die plaas Goedgegund, Lindley, na Edenville se kant toe. Ek meen hulle het onder die Kroonstad-kommando gesorteer.

My pa het vertel dat hy saam met my oupa in die kommando was. Hy was nog te klein om 'n wapen te hanteer en het maar seker ander takies verrig.
Ek kan nie presies die datum onthou nie, maar hulle is by Rooiwal naby Koppies gevang. Daarvandaan is hulle te voet na Kroonstad aangejaag. Langs die pad het hulle oor 'n damwal geloop - ``daar was water in die dam''. My pa het so agterlangs geloop en 'n Engelsman sÍ vir hom ``your boots are no good'' en gee hom so 'n stoot met die geweer.
My pa spring toe met skoene en al in die water. Toe hy anderkant uitkom, het sy skoene opgeskuiwe en sit toe onder sy knieŽ. Daaraan kan 'n mens oordeel in watter toestand sy skoene moes gewees het.

Nadat hulle in Kroonstad aangekom het, is hulle 'n paar dae daar gevange gehou en toe met 'n trein in oop trokke na Durban gestuur. In Durban is hulle aan boord van 'n skip wat daar in die hawe lÍ en wag het.
Hulle het bedags op die dek deurgebring, maar snags onder in die romp geslaap.
My pa het siek geword, seker maar naar en hy besluit toe hy moet vinnig by die toilette uitkom. Dit was Februarie en baie warm, met die gevolg dat hulle sommer in hul Adamsgewaad geslaap het.

My pa vertel daar was 'n lang leer en dan 'n platform met gate in, iets soos 'n growwe sif en dan weer 'n leer en dan die toilette. Toe my pa by die platform kom, was hy moeg en besluit toe om 'n bietjie te rus, maar hy kan ook nie rus nie - hy moet by die toilette kom.
Hy hardloop toe maar die tweede leer uit, maar toe hy halfpad kom, kon hy nie meer hou nie en laat maar los. Hy staan toe 'n rukkie stil en weet nie wat om te doen nie.

Net toe hoor hy iemand van onder af skree: ``Maak toe die deur. Dit reŽn in daarbo.''
'n Ander een skree: ``Dit is nie reŽn nie, dit is k . . .''
My pa vertel hy is toe maar op sy gemak verder tot by die toilette en het daar gaan sit en rus.

Toe hy later teruggaan, was almal aan die skoonmaak en wou net weet wie dit was wat hulle so iets kon aandoen, maar diť een is natuurlik dood . . .
In IndiŽ is hulle na Kakool-kamp gestuur. NŠ 'n tyd kon hulle 'n bietjie rondbeweeg. Dit was vir hulle vreemd dat daar soms hare en pruimpies in hulle brood was.
Eendag kom van hul mense die ander gevangenes roep om te kom kyk wat aangaan. Dis toe dat hulle sien waar hulle brood geknie word.
Volgens my pa was daar sulke lang bakke waarin meel, suurdeeg en water gegooi is. Dan klim so vyf of ses IndiŽrs in en trap met die voete totdat dit deeg is. Met die gebaljaardery gryp een van hulle 'n handvol deeg en gooi 'n ander een agter sy kop en dan word die deeg afgetrek met hare en al en weer teruggegooi. 'n Ander een wat pruim, verloor miskien sy pruimpie met die spelery en dit word ook maar in die deeg ingetrap.
Nou ja, die gevangenes het geprotesteer, met die gevolg dat hulle doodeenvoudig belet is om weer te gaan kyk.

Boertjie Phillip
24 Jan 2013, 17:44
ABO: Brit skenk souspotjie aan Boervrou om dankie te sÍ vir behandeling.

Mev. Anna Snyman hou hier die silwer-souspotjie vas wat 'n Britse offisier aan haar man se ouma na die Anglo-Boereoorlog gestuur het. Die offisier is op die plaas Grasfontein behandel nadaat hy gewond is. Op die potjie is die datum van die veldslag aangebring: 6 April 1900

ROUXVILLE. 'n Klein souspotjie van egte silwer wat deur 'n Britse offisier aan 'n Boervrou gestuur is vir die goeie behandeling wat hy ten tyde van die oorlog in die huis op die plaas Grasfontein ontvang het, word nŠ bykans 100 jaar steeds in die huis bewaar.

Die Britse offisier en 'n Boer, wat albei gewond is, is elk in 'n kamer aan weerskante van die groot stoep van die plaashuis deur die Boervrou en haar twee dogters behandel. Die Boer is egter die volgende dag dood.
In die veldslag in April 1900 het die Tommies en die Boere uit die hoŽ rantjies aan weerskante van die huis op mekaar geskiet.

Mev. Anna Snyman, wat nou alleen in die huis woon, sÍ haar man, wyle mnr. Klein Snyman, se ouma, tant Ellie Snyman, en haar dogters, Jassie en Miem, was alleen tuis toe die swaar gewonde Boer eerste na die huis gebring is.
Diť Boer, Paul Greyling, is dwars oor die rug van 'n perd na die huis vervoer, en in een van die stoepkamers neergelÍ. Die Britse offisier, wat in die elmboog gewond is, het 'n rukkie later opgedaag en is in die ander stoepkamer geakkommodeer.

`Die offisier het behoorlik gekerm toe hy ingebring is. Ouma Snyman was baie bang vir hom, en het sy kos eers net by die deur vir sy lyfwagte gegee.
`Hy het egter vir haar gesÍ sy moenie bang wees nie, hy gaan haar niks aandoen nie. As die oorlog klaar is, sal hy vir haar 'n geskenk stuur.''

Diť offisier niemand kon onthou wat sy naam was nie was 'n man van sy woord. Sowat 'n jaar nŠ die oorlog het die landdros ouma Ellie laat weet daar is 'n pakkie by hom wat gerig is aan 'n ``Mrs. Snyman, Rouxville, South Africa''.

In die pakkie was net die klein silwer souspotjie waarop die datum gegrafeer is waarop die veldslag plaasgevind het: 6 April 1900.
As die potjie omgekeer word, neem dit die vorm aan van die hoed van die Brabant Light Horse, vermoedelik die offisier se eenheid.

Ironies is dat die oorspronklike huis op Grasfontein deur die Britse soldate afgebrand is kort nadat die offisier daar behandel is.
Snyman sÍ haar seun, Rudo, het koeŽldoppies in die rantjies opgetel.
Hy het ook koeŽls en bandoliere uitgegrawe wat deur die Boere in die ou tuin 'n entjie van die huis gegooi is.
Sy sÍ sy bewaar die silwerpotjie soos goud in die huis op Grasfontein.

Boertjie Phillip
24 Jan 2013, 17:53
ABO: Transvaler tereggestel oor Britse klere.


``MOENIE bedroef wees nie, liewe Ouers, want dit is die Wil van die Heer en daarom gaan ek die dood betree met die wete dat Hy by my sal bly van nou af tot in Ewigheid,'' het John Alexander Baxter in die Anglo-Boereoorlog (ABO) aan sy ouers geskryf voordat hy volgens die Boere onskuldig tereggestel is weens die dra van kakieklere.
F.A. Kleinhans skryf:

Hy skryf: Graag wil ek die volgende besonderhede aangaande die ABO aan u noem oor die dood van John Alexander Baxter op die plaas van my oupa T.C.E. Kleinhans, Goewermentsvlei in 1901 waar hy tereggestel is.
Hy was nie 'n Kaapse Rebel nie, maar afkomstig van die Transvaalse Republiek en in diens van Binnelandse Inkomste in Pretoria in die ouderdom van 20 jaar.
Hy is na Klerksdorp waar hy hom by die kommando van genl. Liebenberg aangesluit het en later in die kommando van genl. Jan Smuts diens gedoen het om vir sy land te veg.

Hy was nie 'n verraaier nie.
Die volgende het sy vader aan my oupa vertel met die opgrawing en herbegrafnis van John op 30 Mei 1905, vandag 97 jaar gelede.
'n Brief wat John geskryf het aan sy ouers voor die teregstelling op 13 Oktober 1901 lui: ``Liewe Ouers, ek is vanmŰre krygsgevange geneem en deur die vyand ter dood veroordeel vir die dra van kakieklere.
``Moenie bedroef wees nie, liewe Ouers, want dit is die Wil van die Heer en daarom gaan ek die dood betree met die wete dat Hy by my sal bly van nou af tot in Ewigheid. Wees gegroet. God seŽn U almal.
``Van U beminde J.A. Baxter.''

Genl. Harry Schobell het Baxter se vonnis bekragtig.
Hy het wag gestaan en blykbaar van die kommando afgedwaal en by die Britse leŽr aangekom.
NŠ die oorlog het Schobell na Suid-Afrika teruggekom en 'n hoŽ pos beklee.

Op verskeie gesellighede het Smuts hom geÔgnoreer en nie gegroet nie asof hy nie bestaan nie, omdat hy Baxter onskuldig ter dood veroordeel het net omdat hy Britse klere gedra het terwyl hy in daardie stadium sů nakend was dat hy nie 'n keuse gehad het nie.

Schobell het met die vredesamespreking in Vereeniging in Mei 1902, presies 100 jaar gelede, gesÍ Smuts alleen is verantwoordelik vir die dood van Baxter omdat Schobell Smuts gewaarsku het dat, as die vyand met Britse klere aan gevang word, hulle die gevolge moes dra en dat Smuts dit nie aan sy manne oorgedra het nie.

Boertjie Phillip
24 Jan 2013, 18:08
ABO: Storm van protes oor Dordrecht-rebelle se teregstelling.

OOMBLIKKE voordat die luik van die galg oopgegaan het, het 'n 16-jarige penkop in die Anglo-Boereoorlog geprewel: ``My Jesus is nou aan my sy.'' Louis Leipoldt het die eerste openbare teregstellings van Kaapse rebelle as wreed en weersinwekkend beskryf. As oorlogskorrespondent vir die Manchester Guardian en etlike ander oorsese koerante het hy verslag gedoen oor die verhoor waarin drie Kaapse rebelle op 24 Junie 1901.

JOHANNES COETZEE, Cornelius Claassen en Frederick Marais is op 6 Junie 1901 op Wildefontein in die klowe van die Karnmelkspruit gevang toe genl. Pieter Kritzinger se kommando in die nag deur die Engelse oorrompel is. In die wilde nagtelike gevegte wat gevolg het, is manskap Gibbons gewond terwyl die Engelse 'n koppie bestorm het van waar daar op hulle gevuur is.

Drie van die rebelle in Kritzinger se kommando wat gevang is, is van hoogverraad en poging tot moord aangekla. Hulle is deur 'n militÍre hof in Dordrecht verhoor en ter dood veroordeel.
NŠ 'n maand se aanhouding in die tronk in Dordrecht is die drie op hul tuisdorpe in die openbaar tereggestel. In al drie gevalle is ongewenstes wat daarvan verdink is dat hulle die rebelle simpatiek gesind was, gedwing om die teregstellings by te woon.

Die selektiewe teregstelling van diť drie en die ophang in die openbaar was duidelik om as die grootste moontlike afskrikmiddel vir die gemeenskap te dien.
Coetzee was 'n 16-jarige penkop van Cradock. Hy het ontken dat hy ooit iemand probeer vermoor het. Hy het erken dat hy hom by die republikeinse mag aangesluit het om sy verdrukte volk te help en as hy daarvoor moes sterf, was hy bereid om dit te doen, maar moord het hy nie gepleeg nie. Op 13 Julie is hy in Cradock in die openbaar opgehang.
Oomblikke voordat die luik oopgegaan het, het hy geprewel: ``My Jesus is nou aan my sy.''

Claassen was 'n vertraagde jong man wat 'n perdeoppasser in die laer was. Hy het skuld beken op 'n klag van hoogverraad, maar het gesweer dat hy nooit 'n enkele skoot geskiet het nie, want hy het net perde opgepas. Hy is op 24 Julie in Somerset-Oos in die openbaar opgehang terwyl dit gelyk het of hy nie eers mooi geweet het wat om hom aangaan nie.

Marais was 'n boer van Middelburg met 'n vrou en kinders. Hy het in die hof verklaar dat hy hom weens die verdrukkende krygswet by die Boere aangesluit het en dat hy niks verder gehad het om te sÍ nie. Hy is op 10 Julie 1901 in Middelburg in die openbaar opgehang.
Op die skavot het hy uitgeroep: ``Mijn God! Mijn God! Zie en aanschouw deze daden die aan mij en mijn volk gedaan worden!''
Die teregstellings het 'n storm van protes tot ver buite die landsgrense ontketen. Die Morning Leader het in Brittanje die teregstellings as skandalig beskryf. Die blad het verder vervolg dat Coetzee skuldig bevind is deur 'n hof wat nie die mees elementÍre kennis van getuienis gehad het nie en dat daar geen besliste getuienis was waarop Coetzee veroordeel kon word nie.

Hy was 'n jong man, geen skurk of moordenaar nie en beslis geen leier onder die rebelle nie. Sy teregstelling was totaal onverdedigbaar tensy Engeland bereid was om alle rebelle as sodanig op te hang, besluit die blad.
In 'n hoofartikel in die South African News het Leipoldt die teregstellings as wreed en weersinwekkend vir elke beskaafde mens beskryf. Hy het verder daarop gewys dat die openbare teregstellings bowendien strydig was met 'n Britse wet wat in 1868 aangeneem is waarvolgens teregstellings in die openbaar verbied is.
In die Manchester Guardian het Leipoldt te velde getrek teen die militÍre tribunaal en juriste wat geen benul gehad het van die wette oor verraad of van die opweeg van getuienis nie.

Boertjie Phillip
24 Jan 2013, 18:15
ABO: Teregstelling onskuldig.

Hierdie gesiene boer van Middelburg se teregstelling op 2 Maart 1901 was een van die opspraakwekkendste teregstellings.

Die ironie van hierdie stuk geskiedenis is dat Van Heerden en nog drie burgers in Maar 1901 tereggestel is nog voordat die instelling van militÍre howe op 12 April gemagtig is.
Van Heerden was nie eens 'n rebel nie. Hy was 'n gewone burgerlike en lojale Britse onderdaan. Op 1 Maart 1901 het 'n groep boere van kmdt. Kritzinger se kommando op Van Heerden se plaas aangekom waar hulle proviand en voer vir hul perde gekry het. Kort hierna het 'n groep soldate van kol. Gorringe se vliegkolonne wat op die spoor van die boere was, daar aangekom en Van Heerden in hegtenis geneem vir ondervraging.

Hulle was maar 'n paar honderd treŽ van die huis toe boere van 'n rantjie op die groep begin vuur het. Van Heerden is swaar gewond.

Die dag nŠ die skietery het 'n groep soldate by die plaas opgedaag. Die luitenant in bevel het Van Heerden se kamerdeur oopgeskop en hom meegedeel dat 'n bevoegde hof hom aan hoogverraad skuldig bevind het en dat hy agt minute gegun was voordat hy tereggestel sou word. Dit blyk dat die verhoor op die buurplaas, Rietvlei, plaasgevind het en Van Heerden op grond van getuienis van swartes die doodsvonnis gekry het.

Van Heerden, in groot pyn, is deur soldate uit sy vrou se arms losgeskeur, op 'n kombers gesit en na buite gedra. Na 'n ruk was daar 'n sarsie skote agter die kraalmuur.

Oomblikke later het die soldate 'n sterwende Van Heerden die huis ingedra en op sy bed neergegooi. Die teregstelling het 'n herrie veroorsaak. Die teregstelling van 'n gevangene sonder verhoor, terwyl hy boonop gewond was, was gewis een van die grofste skendings van die Haagse Konvensie se reŽls vir beskaafde oorlogvoering wat in die loop van die ABO voorgekom het. Van Heerden het in sy vrou se arms gesterf. Sy laaste woorde aan haar was: ``My vrou, my vrou! Sit op my grafsteen: Onskuldig bloed! Onskuldig bloed!''

Boertjie Phillip
24 Jan 2013, 18:36
ABO: Penkop gee ooggetuie-verslag van luitenant Liebenberg se teregstelling.

OP 12 Januarie 1902, Saterdag 100 jaar gelede (sommige bronne sÍ 11 Januarie en ander 10 Januarie), is lt. Izak Liebenberg (18) van die Vrystaat weens die ``moord'' op lt. Leopold Nieumeyer van Smitfield nŠ 'n omstrede verhoor op 23 November 1900 in Aliwal-Noord tereggestel - eintlik twee keer, omdat die eerste ``teregstelling'' misluk het.

Menings bestaan dat kmdt. Gideon Scheepers, op wie se direkte bevel hy Nieumeyer tereggestel het, hom kon red. Die siek Scheepers, wat self verhoorafwagtend was, se verklaring daaroor was egter sů flou en onbevredigend dat die advokaat vir die verdediging dit as getuienis teruggetrek het. Sommige meen dat Scheepers dus vir Liebenberg in die steek gelaat het. LEON VON CAUES van Hertzogville se pa, Leonard Carl Johannes Jurgens, beter bekend as Witkop, was 'n ooggetuie van die teregstelling van Liebenberg.

TEEN die aand bevind die penkoppe hulle in Aliwal-Noord se gevangenis. Hulle staan in 'n kantoor waar 'n Kakie in die lig van 'n stormlantern hul besonderhede in 'n register aanteken. Agter die penkoppe staan die wagte wat hulle van Dordrecht af begelei het. Skielik verstyf die een wag en skree: ``Attention!''
'n Kakie met 'n oorgetrekte leerlatjie onder die arm kom die vertrek binne, terwyl al die Kakies stokstyf regop staan en in die verte tuur. Dit lyk kompleet of hulle op nagenoeg portrettelyshoogte dwarsdeur die muur kyk.

`At ease,'' sÍ die Kakie met die stokkie en almal lyk weer normaal.
Die penkoppe vind die optrede komies en kyk glimlaggend na mekaar.
Die Kakie met die stokkie hou blykbaar nie van die penkoppe se optrede nie en gluur hulle boos aan. Die penkoppe glimlag nou nog ooglopender en kyk die Kakie-offisier uitdagend aan.

Nadat die offisier met die Kakie wat die skryfwerk doen, gepraat het, beweeg hy na die deur. By die deur steek hy egter vas en kyk na die penkoppe:
`I'd like to see you smile after tomorrow's hanging,'' sÍ hy en stap by die deur uit.

Die penkoppe het egter nie 'n idee waaroor die offisier praat nie en kyk vraend na mekaar.
Later word die penkoppe na 'n sel geneem waarin reeds drie ander Boere aangehou word. Die drie Boere is volwassenes en die een is 'n oom van in sy sestigs. Die drie Boere is stil, nadat oor en weer gegroet is. Die penkoppe ervaar 'n stroewe atmosfeer wat vir hulle vreemd is. In Dordrecht het hulle geskerts en gesels nadat hulle aandgodsdiens gehou het, partymaal tot laat in die nag.

Willie is die oudste van die penkoppe en besluit om die leiding te neem. Hy haal 'n klein boekie uit sy kous waar hy dit wegsteek sodat die Kakies nie daarop moet beslag lÍ nie en wink sy maats nader. Almal ken die boekie en weet wat Willie wil doen. Die boekie is die Evangelie volgens Johannes in Nederlands en die penkoppe hou hul aandgodsdiens.
Toe Willie vra of iemand met gebed sal afsluit, staan die senior oom op en bid een van die mooiste gebede wat Witkop in 'n lang tyd gehoor het. 'n Groot deel van sy gebed word gewy aan afsmeking van genade vir die onsterflike siel van Izak Liebenberg wat die volgende dag tereggestel sou word.

Die penkoppe besef nou waarna die Kakie-offisier vroeŽr die aand verwys het.
Op hul vrae aan die drie Boere, verneem die penkoppe dat Izak die volgende oggend in die tronk gehang sal word en dat al die Boerekrygsgevangenes teenwoordig die teregstelling sal aanskou. Oom Ernst, die senior oom, vertel dat 'n predikant reeds van die middag af by Izak is en waarskynlik die hele nag by hom sal bly.
Witkop het daardie nag laat (of was dit al die volgende mŰre vroeg?) wakker geword en gehoor hoe twee manstemme Nader my God by U sing. Hy het aanvaar dat dit Izak en die predikant was.

Daarna kon Witkop nie weer slaap nie. Hy het gewonder hoe dit voel om te weet jy word oor 'n paar ure doodgemaak; hy het gewonder wat sy en die ander penkoppe se lot sal wees.
Witkop het 'n geweldige deernis vir Izak Liebenberg gevoel. Izak het geveg vir iets waarin hy geglo het, maar die ergste was volgens oom Ernst dat Izak gaan sterf vir iets wat hy nie gedoen het nie. Dit is bloot 'n plan van die Kakies om die rebelle die skrik op die lyf te jaag.
Teen 09:00 die oggend het al die krygsgevangenes teen die muur van die gevangenis se binnehof gestaan. Die galg was aan die een kant van die binnehof opgestel.

Dit was doodstil toe Izak die binnehof inkom en na die galg toe stap. Wat vir Witkop dadelik opval, is dat Izak fier en regop stap en dat hy 'n grys pet op sy kop het.
Hy het by die houtstruktuur gekom en die paar trappies opgeklim. Op die boonste trappie het hy 'n oomblik geaarsel en na die Boere gekyk wat teen die muur staan. Toe loop hy vorentoe tot reg onder die galgtou.
Iemand in kakie-uniform en met 'n swart mus oor sy kop en gesig kom nader en plaas die tou om Izak se nek, dan staan hy eenkant toe en plaas sy hand op 'n hefboom. Skielik druk hy die hefboom af en Izak stort deur 'n valdeur wat onder sy voete oopgaan. Terselfdertyd val 'n gordyn oor die toneel en niemand kan sien wat gebeur nie.

Die meeste Boere sou in elk geval niks gesien het nie, want byna almal het ůf hul oŽ gesluit ůf hul koppe weggedraai.
Twee Kakies kom nader tot voor die galg en trek die gordyn weg . . . en daar staan Izak, ongedeerd!
Een van die Kakies roep bevele uit en twee ander storm by die binnehof se deur uit.
Die Boere wat verstaan wat gesÍ word, verduidelik aan die ander dat die Kakies vergeet het dat daar 'n gat van sowat twee voet diep (nagenoeg 60 cm) onder die galg gemaak moet word, omdat die struktuur te laag is om 'n mens se nek af te ruk.

Die twee Kakies wat die binnehof uitgestorm het, kom terug met 'n paar bandiete met pikke en grawe wat dadelik begin om 'n gat onder die valdeur te maak.
Terwyl die bandiete die gat maak, stap Izak by al die Boere wat teen die muur staan verby. Hy groet elkeen met die hand en praat 'n paar woorde met elkeen. Baie van die Boere kyk hom stom aan, omdat hulle nie weet wat om te sÍ nie en ander vertrou weer nie hul eie stem nie.
Izak steur hom egter nie hieraan nie en praat met elkeen in 'n sterk stem. Toe hy met die laaste Boer gepraat het, word hy na die galg gebied en weer eens stap hy met vaste tred na die treetjies.

Toe hy egter op die boonste treetjie kom, val sy pet van sy kop af, rol teen die treetjies af en kom in die stof tot stilstand.
Izak aarsel asof hy dit oorweeg om sy pet te gaan optel. Dan lyk dit of hy anders besluit en sÍ met 'n sterk stem: ``Gaan maar ou pet, jou baas gaan ook.''
Die hele proses word nou herhaal en toe die Kakies hierdie keer die gordyn ooptrek, swaai Izak stadig heen en weer aan die galgtou. Sy kop hang skuins na voor op sy bors.
Hy is dood.

Witkop was 13 jaar oud toe hy in Jamestown weggeloop het om teen die Britte te veg.