PDA

View Full Version : Die geheime wurmakkedis



Kerkmuis
21 Mar 2009, 22:48
Die geheime wurmakkedis

Die wurmakkedis is ’n seldsame dier wat aan die orde van die skubreptiele (Squamata) behoort en nog nie goed bekend is nie. Hulle is hoofsaaklik in Suider Afrika te vind. (Suid-Amerika en Spanje hê ook ’n paar van dié.)

Vandag bekende Afrikaanse spesies is: Kalahari wurmakkedis; pers wurmakkedis (Zygaspis violacea); Lang se wurmakkedis; Kalahari wigsnoet-wurmakkedis; Kaapse wigsnoet-wurmakkedis; Skraal wigsnoet-wurmakkedis. (Kruger Nasionale Wildtuin)

http://www.sanparks.org/parks/kruger/conservation/scientific/ff/reptile_checklist.pdf

Wetenskaplikes doen nou ’n beroep op die publiek om dié reptiele te soek en in te bring as hulle dit kry. (Volksblad)

Het u al ervaringe met wurmakkedisse op u plase of êrens gehad?


Museum soek wurmakkedisse
Jan 26 2009

KIMBERLEY. – ’n Seldsame wurmakkedis is onlangs op ’n plaas buite Kimberley gekry.

Wetenskaplikes doen nou ’n beroep op die publiek om dié reptiele te soek en in te bring as hulle dit kry.

Volgens ’n wetenskaplike van die McGregor-museum in Kimberley, me. Beryl Wilson, is daar tien spesies wurmakkedisse in Suid-Afrika waarvan een in die Vrystaat en twee tot drie spesies in die groter Kimberley voorkom.

Wurmakkedisse leef in die grond en lyk na ’n kruising tussen ’n akkedis en ’n wurm.

Volgens Wilson, dr. John Measey van die Suid-Afrikaanse Nasionale Instituut vir Biodiversiteit (Sanbi) in Kaapstad en dr. Mike Bates van die Nasionale Museum in Bloemfontein, is daar ’n tekort aan wurmakkedisse vir navorsing.

Toe die meeste van die bestaande museumeksemplare versamel is, het wetenskaplikes fisieke voorkoms gebruik om te bepaal hoe hulle in verskillende spesies ingedeel moes word.

Dit het eienskappe soos kleur, aantal en posisie van kop- en lyfskubbe en die vorm van die kop en die stert ingesluit. Deesdae kan molekulêre tegnieke (DNS) gebruik word om die kenmerke wat gesien en gemeet kan word, te ondersteun en dié tegniek kan help om die verwantskappe tussen spesies te bepaal. Vir molekulêre studie word vars weefsel, bevrore of geberg in suiwer alkohol, van onlangs versamelde eksemplare benodig.

Die dun en onskadelike reptiele is twee tot drie keer groter as ’n groot erdwurm en kom ná reën na die oppervlak, veral wanneer lande geploeg word.

As wurmakkedisse dood gevind word, kan hulle in suiwer alkohol geplaas word, nie metielalkohol/spiritus nie, dit vernietig die DNS. As hulle lewend gevind word, kan hulle in ’n graaf vol van die grond waarin hulle gekry is, tuisgemaak word in ’n koel plek.

Wilson vra dat sy dadelik gekontak word met inligting oor waar en wanneer die wurmakkedis gekry is en dat die reptiel so gou moontlik vir haar gebring word.

Wilson kan bereik word by 053-839-2727 of 083-292-2008.

Die McGregor-museum is ’n komponent van die Noord-Kaapse departement van sport, kuns en kultuur.

Foto:

http://de.wikipedia.org/w/index.php?title=Datei:Iberian_worm_lizard.jpg&filetimestamp=20081102112548