PDA

View Full Version : Hospitaal het net kos vir 2 dae



Michelle Mans
19 Mar 2009, 09:45
Hospitaal het net kos vir 2 dae
Mar 19 2009
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2487879,00.html

’n Johannesburgse staatshospitaal het net genoeg kos vir twee dae oor.
Dit is as maaltye “met sousbone en botterbone gerek word”.

’n Kombuiswerker van dié hospitaal het gister met haar eie geld vir pasiënte brood gekoop.

Dié hospitaal, wat se naam op versoek van die bestuur weerhou word, is een van talle in Gauteng wat se kombuisrakke leeg staan omdat die Gautengse gedeeldedienssentrum (GSSC) verskaffers glo nie betaal nie. Die GSSC moet onder meer diensteverskaffers aanstel en betaal.

Volgens ’n bestuurslid van die hospitaal is daar vleis vir drie maaltye oor en glad nie vars groente, vrugte of brood nie. Beeld het verneem die sjef het gister groente by ’n ander hospitaal geleen. Die hospitaal het sedert einde Januarie ’n tekort aan brood en koop glo meel uit die kleinkas om brood te bak.

Mnr. Jack Bloom, DA-LPW, het gesê verskeie hospitale in die provinsie het ’n tekort aan kos.

By die Chris Hani Baragwanath-hospitaal het pasiënte glo die afgelope drie maande nie ’n stukkie hoender of vis oor hul lippe gehad nie.

“Die situasie word nou vererger omdat die provinsiale regering uit geld geraak het in aanloop tot die einde van die boekjaar op 31 Maart,” het Bloom gesê.

’n Groot voedselverskaffer wat anoniem wil bly, het gesê hy moes eergister ’n betaling van sowat R300 000 ontvang, maar ’n paar honderd rand is in dié onderneming se rekening inbetaal. ’n Werknemer van die provinsiale regering het hom laat weet alle betalings is tot 1 April bevries. Me. Khusela Sangoni, die GSSC se hoof van kommunikasie, het in ’n verklaring gesê bewerings van ’n agterstand in betalings is “niks minder as goedkoop politiekery deur Jack Bloom, wat ’n desperate mediahonger opportunis geword het” nie. Volgens Sangoni sal Bloom enigiets doen om die regering in oneer te bring – insluitend om gerugte as evangelie te verkondig sonder om oor feite seker te maak.

Sy het gesê die GSSC beoog om hul kontraktuele verpligtinge na te kom “soos ons nog altyd het”.

’n Verskaffer van onder meer suiwelprodukte, ’n verskeidenheid kruideniersware, meel en vleis, lewer sedert verlede maand nie af nie.

Die eienaar het gesê hy het “byna geen” betalings in Februarie en Maart ontvang nie. “Dis verskriklik dat pasiënte daarvoor gestraf word.”

Die hospitaalbestuurslid het gesê dis verstaanbaar dat verskaffers nie aflewer nie.

“Hulle (die GSSC) speel met hierdie mense (die verskaffers). By my gaan dit oor siek mense. Vir hom (die verskaffer) is dit ’n besigheid.”

Die Gautengse gesondheidsdepartement het teen druktyd nog nie kommentaar gelewer nie.

Witleeu
19 Mar 2009, 10:40
Logies is daar nie geld nie....ALLES is gemors om JZ, Shabir,Jackie Selebe, John Hlope- en ander misdadigers se hofsake om hulle basse uit die tronke te hou, sowel as die 9 Miljard wat Zimbabwe gaan kry- en NATUURLIK die groot SOKKER fiasko se stadions waar siek "spectators" met die nuwe GAUTREIN gaan aangekarwei word om vir " Bafloppa-Bafloppa" te gaan cheer....hoe dan nou?

Ossewa Brandwag
19 Mar 2009, 16:49
My ouma was nou onlangs in die hospitaal gewees. Weens sekere redes dek haar medies nie meer privaat hospitale nie sy moes na n staats hospitaal toe. Die kos was n bietjie rys met bone. Dit is al. En hulle los die trollies in die gange as jy nie daar kan uit kom nie kan jy nie eet of iets drink nie. My ma het elke aand vir Ouma gekook en kos hospitaal toe gevat. dit hospitaal is in n patetiese toestand en mense word aan hulle eie lot oor gelaat. As daar nie famielie is wat kan omsien na jou nie is jy in die moeilikheid

BPK Barend Paul Kruger
21 Mar 2009, 00:32
Weet julle hoekom. Die hospitale het 'n gesamentlikke bestel struktuur wat vir al die Hospitale voorraad bestel.

Die aankoop liggaam betaal nie die verskaffers nie en party van hulle word in die miljoene al geskuld.

Die sisteem is in verval en dus kry die Hospitale nie die nodige voorsienings nie.

Die hospitaal wat nie genoem was nie is die Baragwanath Hospitaal (Info van 702 verkry).

Kyk na jou mense in die Hospitaal maar moenie donasies skenk nie asseblief.

Hulle gaan omdraai en dit 'n witmense / rasis storie maak of apartheid blameer omdat hulle niks kan bestuur nie.

Rooi Jan
21 Mar 2009, 16:40
Die twee dae is verby. Wat eet die pasiënte nou? :uhoh:

sclark
21 Mar 2009, 16:50
Die twee dae is verby. Wat eet die pasiënte nou? :uhoh:

Hopefully not each other!:wtf:

Rooi Jan
21 Mar 2009, 18:42
Hopefully not each other!
In die nuwe SA is enige iets moontlik... :evil6: