PDA

View Full Version : ANC se lys ‘weerspreek stellings oor korrupsie’



Arend
18 Mar 2009, 10:58
Hulle leier wat oor die 700 aanklagte teen hom het maak ook hierdie stellings. Wat 'n Micky Mouse party met Dumber as leier.



Kaapstad. - Die ANC se sogenaamde verbintenis tot die uitroei van korrupsie is leë retoriek gemeet aan sy parlementęre kandidatelys, wat “deurspek” is met lede wat ’n geskiedenis van een of ander vorm van korrupsie het.

Só het mnr. James Selfe, voorsitter van die federale dagbestuur van die DA, gister gesę.

Die DA het, soos die VF+ vroeër, gister amptelik by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) beswaar aangeteken teen die benoeming van me. Winnie Madikizela-Mandela as kandidaat vir die Nasionale Vergadering.

Selfe het daarop gewys dat die top-100 name op die ANC se kandidatelys vir die parlement deurspek is met die name van mense wat ’n geskiedenis van korrupsie het.

Onder hulle tel die ANC se presidentskandidaat, mnr. Jacob Zuma, wat meer as 700 korrupsieklagte teen hom het, en die ANC-hoofsweep, mnr. Mnyamezeli Booi, nommer 65 op die lys, wat nog steeds in die gesig staar word deur klagte weens die parlementęre reisskandaal.

Ander in dié kategorie is mnr. Bathabile Dlamini (16de op die lys), wat in 2006 ’n boete van R120 000 en ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelę is weens bedrog van R254 000 in die reisskandaal.

Me. Beauty Dludlani (58ste op die lys) is met R120 000 beboet weens bedrog in die reisskandaal waarby ’n bedrag van R289 000 betrokke was.

Me. Angie Molebatsi (84ste) is ’n boete van R25 000 opgelę of drie jaar tronkstraf en ’n bykomende opgeskorte vonnis van vyf jaar, terwyl me. Duma Ndleleni (79ste) ’n boete van R30 000 asook ’n opgeskorte vonnis van vyf jaar opgelę is.

Volgens Selfe kwalifiseer Madikizela-Mandela, wat vyfde op die ANC se benoemingslys is, ingevolge die Grondwet nie vir ’n parlementęre pos nie.

Hy het uit art. 47 van die Grondwet aangehaal wat bepaal dat enigiemand wat skuldig bevind is aan ’n oortreding en ’n vonnis van meer as 12 maande opgelę is sonder die opsie van ’n boete, nie geskik is om ’n lid van die parlement te wees nie.

Madikizela-Mandela se opgeskorte vonnis sal eers in Julie vanjaar ten einde loop en teen dié tyd sal sy waarskynlik reeds tot die parlement verkies wees.

“Die DA maak dus beswaar teen haar benoeming op grond daarvan dat haar opgeskorte vonnis nog nie verval het nie en sy dus nie kwalifiseer as ’n LP nie.”

http://www.dieburger.com/Stories/News/19.0.1387773610.aspx

Boertjie Phillip
18 Mar 2009, 17:44
Asof dit vir hulle 'n daaglikse bestaan is om in korrupsie te lewe. Dit is hulle behoud in die lewe , hoe groter die korrupsie , hoe groter die aansien.