View Full Version : Hoe nou gemaak.
Ek gaan hierdie draad oopmaak vir al daardie vrae wat ons nie ken nie, maar ons Volksgenote ons wel mee kan help. Soms sukkel ons vir ure terwyl hulp byderhand is.
Kom ons help mekaar.
Hoe gaan ek te werk om L/100Km uit te werk. Ek het dit nodig vir my "logboek".
lukeskywalker
13 Mar 2009, 19:23
Arend, dis 'n maklike een. Deel jou liters gebruik deur jou kilometers gery en maal met 100.
So se jy het 63.8 liter gebruik om 783 km te ry, dan is die som
63.8/783 * 100
= 8.148 liter per honderd kilometer
Kyk nou net. Dis darem lekker as mens slim is.
Dit wil se ek moet die tenk elke keer vol maak om die verskil te bereken.
Wat gebeur as ek soms bv. net R100 ingooi en volgende keer R250. Kan dit dan nog bereken word?
BOERLANDER
13 Mar 2009, 19:31
Dit wil se ek moet die tenk elke keer vol maak om die verskil te bereken.
Wat gebeur as ek soms bv. net R100 ingooi en volgende keer R250. Kan dit dan nog bereken word?
Dan net rofweg, maar naby genoeg.
R100 = 12 LITER, jy ry 150 km met dit, dan deel jy net weer jou liter deur die km.
Israeliet, die probleem wat ek het is dat ek nie elke keer al daardie petrol uit ry nie. Daar bly soms oor en dan gooi ek weer in. Is ek nou net plein dof of kan dit nie bereken word op hierdie grondslag nie.
BOERLANDER
13 Mar 2009, 19:42
Israeliet, die probleem wat ek het is dat ek nie elke keer al daardie petrol uit ry nie. Daar bly soms oor en dan gooi ek weer in. Is ek nou net plein dof of kan dit nie bereken word op hierdie grondslag nie.
Jy het mos n logboek. Elke keer as jy ingooi, skryf die hoeveelheid en kilo's neer. Op n kol dan tel jy net die petrol op, werk die kilo's uit en maak n sommetjie. Dit sal jou dan n goeie idee gee van wat jou verbruik is.
Ek het ook gedink dis die enigste manier om die gemiddeld te kry. Ek wou dit egter na elke ingooi uitwerk, maar dit sal nie werk nie.
BOERLANDER
13 Mar 2009, 19:48
Ek het ook gedink dis die enigste manier om die gemiddeld te kry. Ek wou dit egter na elke ingooi uitwerk, maar dit sal nie werk nie.
Nee, sal nie werk op die manier hoe jy ingooi nie. Net op n langduur sal jy n gemiddeld kry.
Tensy jy begin om op n sondag vol te maak en elke sondag vol te maak. Dan kan jy per week uitwerk, of per tenk.
Nee jong ek gooi elke dag soveel in soos wat in my beursie is.
lukeskywalker
13 Mar 2009, 20:12
Dis moeilik om uit te werk hoeveel liter jy uitgery het as jy nie volmaak nie. Ek stel voor maak maar elke keer vol as jy naby aan leeg is, dis maar wat ek doen, en 'n tenk hou my dan so 12 tot 14 dae so ek maak so 2 keer per maand vol.
Arend, koop vir jou 'n motor met aanboord rekenaar, dan werk hy dit sommer vir jou so in die ry uit. Jy hoef nie duur te gaan nie 320D BMW sal goeie opsie wees.
Groete
Ek kan nie eers die agterwiel van daardie goed bekostig nie.
:rofl:Moet ek vir jou een reel.....
Rooi Jan
13 Mar 2009, 21:33
Die enigste akkurate manier is ongelukkig om die tenk vol te maak en dan die ritmeter op nul te stel. Ry dan 'n klomp petrol uit, maak vol en maak somme. Enige ander manier is raaiwerk.
Om in myl per gallon te werk (vir die wat gevorder het in jare):
(km x 0.62) / (liter * 0.22)
Bv 800km met 65 liter is
(800 x 0.62)/(65 x 0.22) = 498/14.3 = 34.8 mpg
Voertsek
13 Mar 2009, 21:50
Google jou motor se fabrieks spesifikasies vir stad en langpad brandstof gebruik. Natuurlik sal jy n paar liters moet byvoeg vir die loodvoet effek.....:p
Hoe gaan ek te werk as ek 'n ''Screen Print'' wil doen?
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.