PDA

View Full Version : Berekening van rente



Rooi Jan
7 Mar 2009, 11:34
Man kry sy geld terug ná 32 jaar – met rente
Mar 06 2009 08:48:40:657PM - (SA)
Norman Silke

Port Elizabeth. – Meer as drie dekades nadat ’n jong troep R29 by ’n stafsersant geleen het, het hy dit eindelik teruggegee – met rente wat tot op die sent bereken is.

Mnr. Bruce Halgreen van Durban vertel dit het hom jare lank gepla dat hy nooit die geld teruggegee het wat hy in 1976 geleen het nie. Soms het ’n skuldgevoel hom snags wakker gehou.

Destyds, as 20-jarige troep by die Bourkes Luck-infanterieskool in Mpumalanga, wou hy graag die infanterieskool se kleurbaadjie koop, maar in 1976 was R29 ’n yslike bedrag.

Uiteindelik was dit ’n stafsersant, ’n permanente lid van die weermag, wat hom daarmee gehelp het. “Ek het hand en mond belowe om hom terug te betaal, maar in 1977 is ek daar weg en ons paaie het geskei,” sê Halgreen.

Intussen het die stafsersant, nou oudkol. Lieb Liebenberg (63), eienaar van ’n tuindienste-onderneming in Port Elizabeth, al jare gelede vergeet van daardie jong troep en die R29.

Maandag het Liebenberg ’n oproep van ’n vriend, oudgenl. Wessel Kritzinger, ontvang.

“Daar is ’n man wat jou iets wil vra. Kan ek hom jou kontakbesonderhede gee?” het Kritzinger gesê.

Liebenberg het ja gesê en Dinsdagoggend het hy ’n oproep van ’n man van Durban ontvang. “Hy het gesê hy vlieg nog dieselfde dag hierheen en omstreeks 17:00 het hy by my huis opgedaag,” vertel Liebenberg.

Halgreen, nou ’n operasionale direkteur van Group 4 Securicor (G4S), sê hy het Liebenberg dadelik herken “hoewel hy nie geweet het wie ek is nie”.

Jy kon Liebenberg met ’n veer omtik toe Halgreen ’n banksakkie met R149,42 aan hom oorhandig.

“Hy het die rente op die R29 vir elke jaar van 1976 tot 2008 uitgewerk. Ons het albei trane in ons oë gehad – ’n mens kry net nie meer dié soort eerlikheid nie.”

Liebenberg gaan die R149,42 vir sy kleinseun, Christiaan (5), belê.
http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2481364,00.html

Hierdie is nou Beeld se goeie nuus van die dag om ons te laat vergeet dat ons eintlik in die hel is. Ek weet nie baie van renteberekening nie, maar dit lyk my die troep het die stafsersant meer as een keer verneuk. Hy het ongeveer 5% rente per jaar op die lening betaal. Dis uiters pateties. Waar sal jy ooit 'n lening teen so 'n koers kry? As hy 10% gegee het moes hy omtrent R600 gehoes het. Teen 15% per jaar word dit R2500. Teen 20% per jaar (nie onrealisties in terme van skuld maak nie) moes hy amper R10000 uitkeer. As iemand na 32 jaar by my aangesit kom met so 'n halfhartige gebaar sou ek die geld vir hom op 'n plek ingedruk het waar die son nie skyn nie!
:cussing:

marco
7 Mar 2009, 17:10
Moet nou nie die ou sleg maak omdat Beeld pateties is nie! :)

Seker gaan dit nie werklik oor die bedrag nie maar oor die gebaar!

As dit ek was het ek net die R29 terug gegee met 'n dankie sê kaartjie! ;)

Arend
7 Mar 2009, 17:41
As dit ek was het ek net die R29 terug gegee met 'n dankie sê kaartjie!

Hehehe, :rofl:ja, jou ou skelm. Jy sal verseker ook nie wakker gelê het nie, of hoe?:zzz:

Rooi Jan
7 Mar 2009, 17:48
Ek probeer nou onthou wat 'n mens met R29 kon doen in 1976. Ek was nog op skool. Dit was seker maklik twee tenks vol petrol gewees. Ek dink 'n gesin van vyf kon gaan fliek en uiteet daarmee. Kan iemand wat daar was dalk help?

Om na al die jare net R149 terug te betaal is net nie goed genoeg in my boek nie. Dit het glad nie inflasie in berekening gebring nie. Wat toe genoeg was vir 'n baadjie is met die rente nie eers genoeg vir 'n hemp nie. By Woolworths kos 'n baadjie omtrent R800. Dis 'n belediging. Wys jou maar net hoe die skeweBeeld na strooihalms sal gryp om goeie nuus te probeer opdis.
:upset:

marco
7 Mar 2009, 18:00
Hehehe, :rofl:ja, jou ou skelm. Jy sal verseker ook nie wakker gelê het nie, of hoe?:zzz:

Hehe, lyk my jy ken my al te goed! :evil6:

marco
7 Mar 2009, 18:06
Ek probeer nou onthou wat 'n mens met R29 kon doen in 1976. Ek was nog op skool. Dit was seker maklik twee tenks vol petrol gewees. Ek dink 'n gesin van vyf kon gaan fliek en uiteet daarmee. Kan iemand wat daar was dalk help?

Om na al die jare net R149 terug te betaal is net nie goed genoeg in my boek nie. Dit het glad nie inflasie in berekening gebring nie. Wat toe genoeg was vir 'n baadjie is met die rente nie eers genoeg vir 'n hemp nie. By Woolworths kos 'n baadjie omtrent R800. Dis 'n belediging. Wys jou maar net hoe die skeweBeeld na strooihalms sal gryp om goeie nuus te probeer opdis.
:upset:

Ek was maar 6! Darem uit die doeke gewees maar dink ek het seker nog bietjie duim gesuig so skelm skelm! :)

R29 sou my soos 'n miljoenêr laat voel het! Maar hy, die ou het darem 'n gebaar gemaak om te betaal! Hehe.

Ek weet net nie hoe jy R150 gaan belê nie! Net om die belegging te begin kos seker al meer!