PDA

View Full Version : Bul Van 'n Slang-regte Een



Witleeu
6 Feb 2009, 20:04
Prehistoriese kolos van ’n slang ontdek
ANTOINETTE PIENAAR
Johannesburg
05/02/2009 06:58:45 PM - (SA)

Wetenskaplikes het op ’n fossiel van ’n massiewe prehistoriese slang afgekom wat vandag se volwasse anakondas soos babaslangetjies sou laat lyk.

Die Titanoboa cerrejonensis-fossiel wat in die Cerrejon-steenkoolmyn in Colombia in Suid-Amerika ontdek is, se rugwerwels toon hy het sowat 1 140 kg geweeg en was 13 m lank.

Volgens die aanlyn-ensiklopedie Wikipedia is die grootste slang wat in vandag se tyd aangeteken is, ’n groen anakonda van 250 kg en 9,5 m. Daar is onbevestigde verhale van groteres, maar geen bewyse nie.

’n Soort luislang, die Python reticulatus, kan wel tot 10 m lank word, maar is baie dunner as anakondas.

Drs. Jason Head en David Polly, albei voormalige akademici van die Queen Mary-universiteit in Londen, het aan Eurek*Alert! gesê die slang was op sy wydste deel, gewoonlik in die middel, so hoog soos ’n volwassene se heup van die grond af.

Ander navorsers het dié slang se grootte gebruik om ’n skatting te maak van die Aarde se temperatuur 60 miljoen jaar gelede toe dié dier in ’n tropiese reënwoud geseil het.

Polly en Head het die Titanoboa se grootte met behulp van ’n rekenaarprogram geraam. Dít het gewys die rugwerwels kom van die middel van die slang se lyf. As die program ’n fout gemaak het en die werwel kom van ’n dunner deel van die lyf, kon die slang heelwat groter gewees het.

(Kompetisie Boerseuns?):rofl::rofl::rofl:

RICHARD B RUDDICK
6 Feb 2009, 20:08
Ek het gehoor van die storie.Hulle se hy was so groot soos n bus.

Trotseboer
6 Feb 2009, 20:23
Met so troeteldier het ons lankal ons volksaak gewen.

Boertjie Phillip
6 Feb 2009, 20:27
[QUOTE=Witleeu;241767]Prehistoriese kolos van ’n slang ontdek


Daar is vandag nog groot slange.

Peet Meerkat
6 Feb 2009, 21:13
Op Witleeu se aanmerking wat lui: (Kompetisie Boerseuns?):rofl::rofl::rofl:

Die volgende:
Die grootste gif kom in klein botteltjies.

Kiwiboer
7 Feb 2009, 01:17
Dis hoekom ek baie bly is oor my huidige ligging.

GEEN slange hier nie, behalwe in die dieretuin

En ook geen Bobbejane of Ape ook nie - net terloops

marco
7 Feb 2009, 01:21
Ek kan darem nie dink jy is die enigste bobbejaan daar nie!
:)

Kiwiboer
7 Feb 2009, 01:34
Ek kan darem nie dink jy is die enigste bobbejaan daar nie!
:)

Altyd tyd vir 'n ou grappie (sug)
Dankie dat jy so lief is vir my.
Ek is lief vir jou ook hoor

Betty Boop
9 Feb 2009, 10:58
Ek het van oggend die foto's per e-pos ontvang. Onder die titel
"Where is my dog?"

Sanderis
10 Feb 2009, 19:56
Giftige slange is meer van 'n aanwins .