View Full Version : Fonds Insamelings Projekte en Idees vir Boerevryheid
BPK Barend Paul Kruger
5 Feb 2009, 22:01
Mans En Dames,
Ek het met die vergadering van 24 Januarie 2009 besef hoe veel harde werk dit is en dat daar baie logistiek is vir al die feeste en dinge wat Boerevryheid aanpak om mense meer bewus te maak van die Boere se Vryheids veldtog.
Ek wil graag weet of julle fonds insamelings idees hier kan plaas en dan kan ons vir die bestuur vra of van die fonds insamelings deur lede behartig kan word names die BVS.
Voorbeeld:
Kom ons hou 'n loodtjie dalk tussen ons eie mense eers. Ek stel voor dat ons 'n Bees of 'n Skaap of so iets uitloot.
Met 'n eerste Prys ( Geslagte Skaap - Afgelewer), tweede Prys( 'n stel Boere Vryheids Kleure, hoed en hemde) en derde Prys ('n Boerevryheid Koppie, Glas en Bord stel).
Nou wat kan 'n mens gebruik om die lootjie te te verkoop.
Wel kom ons gebruik die maklikste voorbeeld;
Wat sal die eind telling wees vir die Krieket Spel tussen SA en Australia. (Voorbeeld)
Lootjies sal mens ten minste 10 rand elk moet maak. Geld moet oor betaal word aan die BVS met jou naam en telling as verwysing of iets in die lyn..
Ek vra vir julle insette ook asb.
Ons kan met die gelde groter funksies reel, busse ens. om ons mense almal saam te vat na vakansie oorde toe, feeste soos die Majuba en Bloedrivier ens. En ons kan mense permanente werk begin bied om Boere Produkte te bemark en te verkoop.
BPK Barend Paul Kruger
6 Feb 2009, 21:36
Sal enige iemand belangstel vir BV.
BPK Barend Paul Kruger
7 Feb 2009, 22:21
Ek wil vra of mense wat idees het oor 'n looitjie of fonds insameling aksies asseblief tog hier 'n paar idees plaas.
Lekker aand.
Hannes Lottering
7 Feb 2009, 22:32
Ek wil vra of mense wat idees het oor 'n looitjie of fonds insameling aksies asseblief tog hier 'n paar idees plaas.
Lekker aand.
Watter aksies word beoog met die geld wat ingesamel word?
Is dit aksies wat ons nader aan vryheid gaan bring?
Ek vra maar net.
BPK Barend Paul Kruger
7 Feb 2009, 22:58
Hi Hannes,
Ek weet nie. Dit is net dinge wat ons moet doen om geld in die BVS rekening te sit sodat daar voorsiening gemaak kan word vir "Die Reuse Vlag" op en af ry, Busse te huur vir ons mense wat feeste wil bywoon soos bloedrivier ens. miskien hierdie jaar en ook om die BVS mannekrag te kan gee en dalk werk te skep vir ons forum mense om vir BVS te werk ens.
Wie van Julle gaan na die Nampo skou toe? Dit is mos een of ander Boere Skou - Is ons van plan om soontoe te gaan om Boere op die volksregister te kry en dalk ook die Boere daar aan te spreuk?
"
http://www.grainsa.co.za/admin/UserFiles/Image/name_index2.gif
Closing date for agricultural applications is 15 February 2009. Limited space available.
Sluitingsdatum vir aansoeke van landbouprodukte is 15 Februarie 2009. Beperkte uitstalruimte beskikbaar.
Closing date for non-agricultural applications is 31 October 2008. Limited space available.
Sluitingsdatum vir aansoeke van nie-landbouprodukte is 31 Oktober 2008. Beperkte uitstalruimte beskikbaar.
The more than 620 leading input suppliers and general exhibitors that displayed their products at the 2008 NAMPO Harvest Day, have expressed their satisfaction regarding the favourable business they conducted with the 64 198 visitors at this annual agricultural trade show. This year also hosted more overseas visitors and exhibitors, which emphasise the fact that the relevance of the Harvest Day in terms of worldwide agriculture, is still on the rise. Exhibitors from Argentina, Australia, Germany and China attended NAMPO. "
Hierdie is groot Boeresaamtrekke. Ons moet daar kan uitkom mense kan ontplooi en kan kominikeer met die bestuur van Nampo ens. Alles kos geld en iemand om die werk te doen.
http://www.grainsa.co.za/nam_index.asp
BPK Barend Paul Kruger
8 Feb 2009, 13:44
Lyk my of almal weg is die naweek of niemand stel belang nie.
Dan ploeter ek maar self voort. Ek sal julle inlig sodra ek 'n looitjie en pryse uitgewerk het.
Julle kan ook deur looitjies verkoop selfs iets wen vir die meeste looitjies verkoop...
Ek was omtrent heel week weg. Dinge vorder goed.
Hannes ek het van jou poste uitgehaal, skakel maar as jy daarmee 'n probleem het.
NIE almal hier IS mede boere nie!!!
Hannes Lottering
8 Feb 2009, 13:57
Ek was omtrent heel week weg. Dinge vorder goed.
Hannes ek het van jou poste uitgehaal, skakel maar as jy daarmee 'n probleem het.
NIE almal hier IS mede boere nie!!!
Dit is reg so.
Hannes
Boertjie Phillip
8 Feb 2009, 14:53
Sal dit 'n groot opskop wees , as hulle R20 of R50 vra elke maand as lid van die Boerevryheid , wat dan elektronies afgetrek word elke maand. Ook moet dit op die forum verskyn wat hulle doen met die geld.
Laat ons stem of ons dit kan doen of is dit teen die reëls.
verewigBoerSeun
8 Feb 2009, 15:12
Sal dit 'n groot opskop wees , as hulle R20 of R50 vra elke maand as lid van die Boerevryheid , wat dan elektronies afgetrek word elke maand. Ook moet dit op die forum verskyn wat hulle doen met die geld.
Laat ons stem of ons dit kan doen of is dit teen die reëls.
Dis n Goeie Idea
Ek vir een sal nooit skroom om gelde en skenkings te maak nie
Maar soos enige ander belegging wil ek insae he
Dis tog wat hierdie is n belegging vir ons vrye en onafhanklike toekoms
So as die klaring daar is dat alle geldelike sake oop is vir die lede dan dink ek dis n briljante idea
Veral by auditeuring van spandering van gelde
Hannes Lottering
8 Feb 2009, 16:02

Al gedink aan hoeveel ouens ons nooit weer sal hoor nie as hulle moet betaal om lid te wees?
Vriende,
Daar is al lang debatte oor hierdie onderwerp gevoer.
Ek persoonlik dink dat julle dit eers met die Bestuur opgeneem alvorens ons dit verder op die oop forum bespreek.
voortrekker
9 Feb 2009, 12:23
Al gedink aan hoeveel ouens ons nooit weer sal hoor nie as hulle moet betaal om lid te wees?
Dis n jammerte dat niemand vir hul vryheid wil betaal nie,het Paul Kruger van hoendermis gelewe.
Geld is nodig vir alles op hierdie aardbol ,en die wat hulle geld beskerm mag dit dalk gou verloor.
Boertjie Phillip
9 Feb 2009, 16:57
Wat gaan een 2liter coke jou nou armer maak. Ek glo ons kan een afstaan 'n maand. Wat kos 'n 2liter coke vandag amper R10. Van my kant het ek nie 'n probleem nie , maar daar is ander wat dalk anders voel.
BPK Barend Paul Kruger
10 Feb 2009, 00:07
Ek dink lede geld mag dalk meer mense gelok het in die ou dae van dan was jy mos ekslusief maar nie vandag nie.
As mens net papiere uitdeel oor die forum ens. vra almal my daelik is dit politiek of wat kos dit nou weer.
'N looitjie is eerlik en lekker. En 'n Boere manier van fondse insamel vir projekte en diesmeer.
Voertsek
10 Feb 2009, 00:49
Ek persoonlik het nie n probleem met fonds insameling nie - natuurlik maak dit sin.
Maar soos dit al tot vervelens nou al gedebateer is, daar is ONWETTIGLIK afgewyk van die oorspronklike kontrak waarvolgens BV homself wou VERKOOP het aan die BOERE.
Daardie glossy brosjure het bekend gestaan as die Majuba Deklerasie. Dis soos hierdie versekerings polise wat die mense deesedae adverteer, wat jou hoog en laag belowe dat alle denkbare senarios gedek gaan wees, net om uit te vind dat wanneer dit kom by die uitvoer van die beloftes is daar eweskielik n muur van onoorkombare vereistes en fieterjasies wat dan nou nie deur almal verstaan of handteer mag word nie.
Vraa jou die vraag, hoe sal jy so n versekerings polis handtere, ja jy sal hom woedend op skeur en vir die varke voer met geen verdere bydrae nie. Inteendeel ek sal so n besigheid voor die hof daag met bedrog.
Hoe anders....
THE EMPEROR HAS (NEVER HAD) NO CLOTHES
StefanvanHuyssteen
10 Feb 2009, 04:58
GELD GELD GELD hier gaan ons al weer. Geld is die wortel van alle kwaad.
Hoekom moet ons betaal om aan 'n forum te behoort?
AS iemand geld wil skenk vir BVS of BVR het ek nie 'n probleem nie, maar geld om aan 'n gespreksforum deel te neem is onlogies en baie gevra. Phillip R10 of R20 of R5o is vir party van JULLE nie baie nie., maar vir my wat tussen R30 en R50 'n aand fooitjies kry en dit moet gebruik om van te leef is dit te veel gevra.
As iemand lid wil wees van 'n vereniging is dit net reg dat hy betaal maar 'n Gespreksforum???????????????????????
StefanvanHuyssteen
10 Feb 2009, 05:01
Ek persoonlik het nie n probleem met fonds insameling nie - natuurlik maak dit sin.
Maar soos dit al tot vervelens nou al gedebateer is, daar is ONWETTIGLIK afgewyk van die oorspronklike kontrak waarvolgens BV homself wou VERKOOP het aan die BOERE.
Daardie glossy brosjure het bekend gestaan as die Majuba Deklerasie. Dis soos hierdie versekerings polise wat die mense deesedae adverteer, wat jou hoog en laag belowe dat alle denkbare senarios gedek gaan wees, net om uit te vind dat wanneer dit kom by die uitvoer van die beloftes is daar eweskielik n muur van onoorkombare vereistes en fieterjasies wat dan nou nie deur almal verstaan of handteer mag word nie.
Vraa jou die vraag, hoe sal jy so n versekerings polis handtere, ja jy sal hom woedend op skeur en vir die varke voer met geen verdere bydrae nie. Inteendeel ek sal so n besigheid voor die hof daag met bedrog.
Hoe anders....
THE EMPEROR HAS (NEVER HAD) NO CLOTHES
Ek weet dat daar iets soos die MAJUBA DEKLARASIE is of was want uit gesprekke hier op die Forum blyk dit VERLEDE TYD te wees.
Plaas dit weer en sien of jul reaksie gaan kry want sien ek weet nie wat staan daarin nie.
StefanvanHuyssteen
10 Feb 2009, 05:20
Die 2 drade oor die PERSVERKlARING is gesluit sien ek.
Gaan ons nou antwoorde kry op ons vrae?
Gaan daar weer .n Verklaring kom?
Nou word daar gepraat van FONDSINSAMELING? Ek was onder indruk geld is klaar daar?
5000 VK km gebied?
wie gaan meeste voordeel daaruit trek?
Hoekom is HANNES nou HANSKAKIE? Te veel vrae gevra?
Of het hy iets gedoen op eie waaroor "BESTUUR" skaam kry?
LET WEL BESTUUR wat nie deur meerderheid van VOLK verkies is nie.
DOEN mense hou op PRAAT..........
ONTPLOFFING IS HARDER AS DONDERWEER!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
VEG VIR VRYHEID
Barend Pienaar
10 Feb 2009, 05:24
BB jy ontspoor die draad.Die drade sal weer oopgemaak word.
noordoos
10 Feb 2009, 09:18
Die 2 drade oor die PERSVERKlARING is gesluit sien ek.
Duidelik het jy nie die moeite gedoen om hulle te lees nie?
Nou word daar gepraat van FONDSINSAMELING? Ek was onder indruk geld is klaar daar?
Of miskien lees jy net wat jy wil sien?
wie gaan meeste voordeel daaruit trek?
Die mense wat saamwerk aan die idee. Nie mense soos ek en jy wat net sit en tjol op die kantlyn nie.
Hoekom is HANNES nou HANSKAKIE? Te veel vrae gevra?
Of het hy iets gedoen op eie waaroor "BESTUUR" skaam kry?
Hy het gesmeek daarvoor. Persoonlik dink ek Riekie Louw het hom gehelp. Lees "Boerevolk persverklaring se gat!", Hannes se laaste draad.
LET WEL BESTUUR wat nie deur meerderheid van VOLK verkies is nie.?
Duidelik, weereens, verstaan jy nie hoe dinge werk nie. Doen moeite en gaan lees op, dat BVR of wat mens dit ookal noem, nie soos n demokrasie werk nie.
DOEN mense hou op PRAAT..........?
Wys ons hoe, ek 'dare' jou.
Nog n ding. Dit is belaglik om te redeneer mens hoef nie vir n gesprekforum te betaal nie. Wie moet dan vir dit betaal? Die feit dat dit hier verniet is, beteken net iemand betaal dit namens jou. En nou begin ons dink dit moet so wees. Hier is geen advertensies nie. Dink bietjie daaroor.
voortrekker
10 Feb 2009, 12:27
OP DIE ONDERWERP.
Het vanoggend vonkpos gekry van Voortrekker monument wat wil he ek moet R15 skenk vir die gebou,daar is n sel nommer en as jy n sms stuur trek hulle die R15 af van jou lugtyd . (Geen gestaan in bank rye nie,mense is mos bang vir moete)
Almal het selfone
Waarom kan BV nie so iets doen nie dit klink heel eenvoudig.
Die geld kan vir verskeie projekte aangewend word.
wat dink julle van idee
BPK Barend Paul Kruger
10 Feb 2009, 12:33
Buffel ek praat van 'n idea wat pryse aan mense kan verskaf met deelname sodat mense m.b.t. tot my voorbeeld vleis kan wen vir die huis of Boerevryheid memoribillia soos kleure,vlae en hoedens.
Ek promoteer die forum. Ek vra nie vir geld nie. As mens looitjies vir fonds insameling verkoop maak ons wel geld bymekaar vir die BVS vir enige doel en rede wat hulle dit wil gebruik.
Die ander fondse word nie self gegenereer nie dus is daar sekerlik sekere vereistes vir die besteding van daai fondse.
As BVS geld van hulle eie inwin kan dit vir voedsel aksies gebruik word of Sop potte vir die Armes deur die reddingsdaad bond of vir vervoer van die "Reuse Vlag"..
Ons kan geld wat ons insamel in 'n trust sit vir beurse sodat ons vir 'n paar jongmense kan help miskien.
Ek glo as jy iets wil laat werk moet jy daaraan werk. As jy nie wil nie hoef jy nie. Dit is soos bloedskenk jy doen dit omdat jy wil.
Antwoord ek na jou wense of is daar nog iets wat ek in my persoonlikke hoedanigheid vir jou uiteen kan probeer sit?
Lekker dag verder.
Pro aktief eerder as on aktief
BPK Barend Paul Kruger
10 Feb 2009, 12:38
Ditsem Voortrekker dit is wat ek van praat en daarmee sny mens fisiese behandeling van geld uit. Jou spog Os dit is briljant. Hoe kan mens so iets doen.
Ek dink as mens 'n vrywillige sms wil stuur om fondse te skenk vir iets is dit mos nou jou oortuiging en hoe jy voel daaroor.
Ons vang nou lekker wind dankie my vriend.
voortrekker
10 Feb 2009, 12:45

Skakel enige sel maatskappy hulle sal kan raad gee.
Dit word deur baie organisasies gedoen.
voortrekker
10 Feb 2009, 13:16
Ditsem Voortrekker dit is wat ek van praat en daarmee sny mens fisiese behandeling van geld uit. Jou spog Os dit is briljant. Hoe kan mens so iets doen.
Ek dink as mens 'n vrywillige sms wil stuur om fondse te skenk vir iets is dit mos nou jou oortuiging en hoe jy voel daaroor.
Ons vang nou lekker wind dankie my vriend.
ek het volgende nommer gekry by Vodacom
011 8488455 opsie 3 kan net nie deurkom nie.
Rooi Jan
10 Feb 2009, 14:40
Ons het al na die selfoon skenkings metode gekyk en dis helaas nie so maklik as wat dit klink nie. Dit kos jou 'n arm, 'n been en 'n pond vleis uit jou agterstewe om een van daai vyf syfer SMS nommers op jou naam te kry. Daar is ook aansienlike maandelikse kostes daaraan verbonde. Daar moet dus sommer baie boodskappe inkom voor dit begin betaal. Verder is die terme van betaling ook heeltemal in die selfoon mafia se guns. Hulle betaal nét as die bedrag bo 'n seker perk is, anders staan dit oor tot 'n volgende keer. Ek sê nie dis onmoontlik nie, maar daar sal 'n goeie besigheidsplan uitgewerk moet word.
So, nou word poste hier uitgehaal omdat een persoon besluit wie Boere is en wie nie?? Wat se s****t is dit? Ons het juis nodig om soveel standpunte moontlik te hoor en so wyd moontlik ondersteuning te kry. Dis hier waar wysheid inkom, maar verwyderings help nie enige saak nie. Daars ander maniere om sulke mense aan te vat.
voortrekker
16 Feb 2009, 08:33
Ons het al na die selfoon skenkings metode gekyk en dis helaas nie so maklik as wat dit klink nie. Dit kos jou 'n arm, 'n been en 'n pond vleis uit jou agterstewe om een van daai vyf syfer SMS nommers op jou naam te kry. Daar is ook aansienlike maandelikse kostes daaraan verbonde. Daar moet dus sommer baie boodskappe inkom voor dit begin betaal. Verder is die terme van betaling ook heeltemal in die selfoon mafia se guns. Hulle betaal nét as die bedrag bo 'n seker perk is, anders staan dit oor tot 'n volgende keer. Ek sê nie dis onmoontlik nie, maar daar sal 'n goeie besigheidsplan uitgewerk moet word.
Dankie vir terugvoering is daar prys verskille tussen verskaffers.
het telkom so n diens
maritzpm
16 Feb 2009, 08:52
Het julle al oorweeg om 'n funksie of twee te reel vir geld insamelings? Iets lekkers soos 'n boeresport dag of 'n volkspele aand of 'n skuurdans (met 'n skaap op die spit). Mens kan 'n hele paar rand so insamel en sommer bietjie kultuur ook inkry.
Barend Pienaar
16 Feb 2009, 08:56
Welkom maritzpm.
Jou 1 ste 10 poste is onder moderasie daarna kan jy pos dat dit kraak.
Wat is 'n skuurdans. :coocoo::coocoo:Wat skuur ons.:icon_wtf:
peter henderson
16 Feb 2009, 10:22
Wat is 'n skuurdans. :coocoo::coocoo:Wat skuur ons.:icon_wtf:
In hierdie skuur dans mag ons net skuur, of kan ons vat ook:rofl2:
maritzpm
16 Feb 2009, 10:25
Skuurdans: Ons oortuig 'n boer om een van sy skure leeg en skoon te maak, ons pak sommer sakke en grasbale vir sitplek, reel 'n lekker orkes of iets, sit 'n ietsie lekkers op 'n spit en dans die hele nag om totdat die son opkom (of ons so moeg is dat ons nie meer regop kan loop nie.)
Arend, dis hier waar die skuur inkom - dan skuur ons so al langs die muur af kar toe omdat ons nie meer kan regop loop nie. Dans tot dagbreek is harde werk!
Mede Boere, gaan soek gerus 'n draad met die naam ekonomiese voorstel. Soos daar en weer hier sien ek weer geen deelname van bestuur se kant af nie.
Sonder fondse gaan ons nie Vryheid geniet nie, nog minder 'n oorlog wen!
Werk die ding maar vir julle self uit...
peter henderson
16 Feb 2009, 10:43

Ja swaar dit is hoekom ek besluit het om R200 n maand te skenk vir die beweging, waar is joune?:rofl2::director:Ek doen dit uit eie wil net vir die wat nou weer wil dink aan n "conspiracy" teorie:rofl:.
peter henderson
16 Feb 2009, 10:47
Vir die wat nie geld kan offer nie,:no: die VOLK het dalk julle tyd nodig, dit kos niks om:yikes: te help nie, vir die een wat se hy het nie geld nie.:whistling::icon_lmao
Ja swaar dit is hoekom ek besluit het om R200 n maand te skenk vir die beweging, waar is joune?:rofl2::director:Ek doen dit uit eie wil net vir die wat nou weer wil dink aan n "conspiracy" teorie:rofl:.
Peter,
Ek sien jy is nuut hier.
Ek gaan nie met jou redeneer nie maar net een vraag vrae:
Waar is die bestuur, waarheen gaan die skenkings geld, waar is die state van geld reeds ontvang en gespandeer.
Daar is hoeveel mense soos ek en jy wat reeds geld inbetaal het, maar ek het nog nooit gehoor waarheen die geld gaan nie?
peter henderson
16 Feb 2009, 11:12

Ek stry nie, ek is dalk nog n groentjie,:rofl:
:director:Het jy al persoonlik die bestuur ontmoet, indien nie maak n punt daarvan en gaan kyk wat met die geld gedoen word. Dit is dalk die rede hoekom die Volk nie gaan opstaan nie, te veel van ons wag vir beter dae.:pissed:
Barend Pienaar
16 Feb 2009, 11:15
koffie hoe gaan dit?Kan ek vir jou die state deurstuur dat jy daarna kan kyk?
Barend Pienaar
16 Feb 2009, 11:19
Ek het ook al my kop gebreek oor fondse maar ons het basies op elke skou n verlies getoon.Die fondse wat daar gebruik is,is privaat fondse.Ons het ook nog baie hemde,borde,koppies,glase ens. wat nog nie verkoop is nie.
Barend Paul het n lys.As julle vir hom vrae is ek seker sal hy vir julle aanstuur.
koffie hoe gaan dit?Kan ek vir jou die state deurstuur dat jy daarna kan kyk?
Barend, gaan goed dankie.
Kan jy asb 'n kopie vir my epos indien moontlik.
Groete
Koffie
Scrooge
16 Feb 2009, 11:32
Ek het ook al my kop gebreek oor fondse maar ons het basies op elke skou n verlies getoon.Die fondse wat daar gebruik is,is privaat fondse.Ons het ook nog baie hemde,borde,koppies,glase ens. wat nog nie verkoop is nie.
Barend Paul het n lys.As julle vir hom vrae is ek seker sal hy vir julle aanstuur.
:icon_wtf:Barend dit is presies wat ek se... mense wil geld insamel, maar ons kan nie eers `n projek ondersteun soos
"Krisis Beheer Sentrum" nie. WAAR SAL MY HULP VANDAAN KOM!
Ek stry nie, ek is dalk nog n groentjie,:rofl:
:director:Het jy al persoonlik die bestuur ontmoet, indien nie maak n punt daarvan en gaan kyk wat met die geld gedoen word. Dit is dalk die rede hoekom die Volk nie gaan opstaan nie, te veel van ons wag vir beter dae.:pissed:
Peter
Dis duidelik dat jy niks van my af weet nie, ek verkies dit so.
Ek sien wat jy bedoel en voel dieselfde. Die punt is dat enige iemand wat geld gee, graag die gemoedsrus wil he dat dit reg aangewend en bestuur word.
Onthou, geld is die duiwel se oor kussing.
Groete
peter henderson
16 Feb 2009, 11:53

Ek stem SAAM, mens se geld is n mens se geld.Maar ek kan nie aan my geldjies vasklou en sodoende nie die BOEREVOLK help nie,wat soek ek dan hier .:pissed:
Dit is waar ek ken baie van die mense hier op die forum nie, en so ken hulle my ook nie. :director:AS EK IETS DOEN, DOEN EK DIT TEN VOLLE
Ek se dit met respek.:whiteflag:clink:
peter henderson
16 Feb 2009, 11:58
:icon_wtf:Barend dit is presies wat ek se... mense wil geld insamel, maar ons kan nie eers `n projek ondersteun soos
"Krisis Beheer Sentrum" nie. WAAR SAL MY HULP VANDAAN KOM!
Dit is hoekom ek gedink het om geld te skenk sonder om vrae te vra,nie wie gaan pizza of skuifies daarmee koop nie!!:rofl:
Dit is die minste wat ons kan doen :icon_hug:
Scrooge
16 Feb 2009, 12:25
Peter, dankie. Wat meer kan `n mens se, dit is mense soos jy wat dinge moontlik maak, nie net praat nie maar doen. Ek het so ruk terug een van my skilderye op geveil, ook vir `n Boere doel, dit het R1000.00 behaal, ek sit nog steeds met die skildery. Ek stel dit weer beskikbaar vir die "Krisis Beheer Sentrum" indien enige iemand sou belangstel.
http://i249.photobucket.com/albums/gg239/scrooge001_2008/ABCD0006.jpg
Barend Pienaar
16 Feb 2009, 12:32
Scrooge is dit hoe jy in die ware lewe lyk?
peter henderson
16 Feb 2009, 12:32
Scrooge,
Wie speel daai tropetter mandiba?:rofl::rofl::rofl::rofl::rofl:
Scrooge
16 Feb 2009, 12:34
My self protret!!!!!!!!!!!!!!!!!
peter henderson
16 Feb 2009, 12:38
Die rede hoekom ek persoonlik raak gaande die fonds insameling en vertroue, as daar struwelinge, wantroue onder ons {DIE VOLK} oor geld is, hoe gaan dit wees as ons sy aan sy op die oorlog veld le en op moet staatmaak. Vertroue begin hier op die forum.
Ek vat niemand aan nie dit is hoe ek dit lees.:whiteflag
voortrekker
16 Feb 2009, 13:14

Ek stem saam dit is van wantroue dat ons nou nog slawe is na 16 jaar.
100% Boertjie
16 Feb 2009, 18:25
Lede geld is 'n goeie idee, maar wat van ons boere wat dit nie kan by bring nie. Ons lewe in baie moeilike tye. Ons het 'n besigheid van ons eie & dit begin nou maar broek skeur gaan met die nuwe wette, in die stadium hou die bank ons gelde terug & kan ons eers na al die jare ons geld na 5 werks dae kry, met die gevolg kan ons amper niks meer werk nie & as ons nie werk nie dan kry ons nie geld nie. Dit sal regtig 'n jammer wees as ons nie meer deel kan he aan die forum omdat ons fondse dit nie toelaat nie. Ek is seker dat dit nie net ons is nie, want ek hoor baie wit mense met hulle eie besighede sukkel nou. Ons sal wel help met die lootjie idee
Dit is hoekom ek gedink het om geld te skenk sonder om vrae te vra,nie wie gaan pizza of skuifies daarmee koop nie!!:rofl:
Dit is die minste wat ons kan doen :icon_hug:
Peter, dis juis daar waar jy die fout maak. Jy moet vrae waar die geld heen gaan, en of dit reg aangewend word.
Enige besigheidsman sal die vrae vra.
Dis reeds moeilik genoeg in die NSA om 'n besigheid te bedryf.
maritzpm
17 Feb 2009, 08:28
100% Boertjie, ek verstaan jou probleem rondom ledegelde - ek was nog nooit in my lewe so platsak soos nou nie, nie eers toe ek 'n student was nie. Maar in plaas van geld bydrae is ek bereid om te help net waar ek kan.
Ons armg@tte moet maar net koppe bymekaar sit en aan 'n plan dink waarmee ons kan geld maak sonder om baie van ons eie geld te gebruik.
Ek verstaan dat dit 'n basiese besigheidsbeginsel is om te wil weet waarheen geld gaan. Aan die ander kant voel ek dat as 'n mens geld skenk aan 'n organisasie, jy dit doen omdat jy glo in die saak en aanvaar dat hulle dit op die beste manier moontlik sal aanwend.
Vir my is dit die grootste verskil tussen wins-gedrewe- en nie-wins-gedrewe besighede.
voortrekker
17 Feb 2009, 13:14
Peter, dis juis daar waar jy die fout maak. Jy moet vrae waar die geld heen gaan, en of dit reg aangewend word.
Enige besigheidsman sal die vrae vra.
Dis reeds moeilik genoeg in die NSA om 'n besigheid te bedryf.
Dit is juis die punt dit is nie n besigheid nie dis n volksaksie,onthou die leiers kom uit die Laers uit ons moet ons self vertrou.
wantroue help niemand nie
peter henderson
17 Feb 2009, 13:28
Middag Koffie, 100% Boertjie en Maritzpm
Eerlikwaar ek wil nie stry nie, ek stem saam met wat julle se.:icon_hug:
Dit is die minste wat ek kan doen.:clap:
Koffie, Vertrou jou Volksgenote, ons doel is dieselfde.
100% B, Al wat die volk soek is jou tyd dit kos niks.
Maritzpm, Lootjies wat ook al, die Volk het ons hulp nodig.
Goed gaan Boere kom ons soek die beste in mekaar en nie die foute nie.
peter henderson
17 Feb 2009, 13:33
Dit is juis die punt dit is nie n besigheid nie dis n volksaksie,onthou die leiers kom uit die Laers uit ons moet ons self vertrou.
wantroue help niemand nie
Dankie Voortrekker, ek sal jou enige tyd help om jou ossewa deur die donga te trek.:evil6:
Scrooge
17 Feb 2009, 13:52
Is daar niemand wat ons wil help met die Krisis Sentrum nie. Ons soek niemand se geld nie, net sekere items, soos `n verkoeling stelsel vir nou.
peter henderson
17 Feb 2009, 13:57
Het n paar pêlle sal uitvind, belowe
Scrooge
17 Feb 2009, 14:00
Het n paar pêlle sal uitvind, belowe
Baie dankie Peter....terwyl ons nou sommer so praat kyk of hulle ons nie kan help met `n waterverkoeling stelsel(jy weet daai met die bottel bo-op) as ons nie `n vertrek verkoeling stelsel kan kry nie, ek glo dit sal keer dat Nadine nie uitdroog en ons een van die dae daar op `n "mummie" af kom nie.:rofl2::rofl:
peter henderson
17 Feb 2009, 14:11

Probeer my bes,
Ek plaas weer `n gedeelte van my navrae hier aangesien ek nog nie terugvoer in die verband ontvang het nie.
Die BKBS het die potensiaal om uit “Die lidmaatskap van R35 sonder die addisionele pakket van Crisis On Call, wat R75 per maand vir n hele gesin is”, `n gereelde inkomste te genereer.
Geld is skaars maar ek glo dat lede dit as `n ereskuld sal betaal, indien hulle daarvan oortuig is dat daar verantwoordelike en deursigtige bestuur en besteding is.
Verstaan ek reg dat die diens wat die “Crisis on call” wat deur die BKBS beoog word gelyk is aan die AWB/Brandwag se sms stelsel?
Indien dit gelykstaande aan die Brandwag stelsel is, is die stelsel al uitgebrei dat dit effektiewe diens in bv. die Boland sal kan lewer?
Groete.
Ogriet, the Crisis Centre, is mainly a support centre, as there aren't folks who get called out to assist as with a security company. Let me elaborate, you dial the Centre's No in an emergency, and they in turn will notify the relevant authorities of your situation (Police, ambulance etc.) If you cannot speak for whatever reason, the computer will pick your number up and who you are, and this information will then be turned over to the Police asap! Once you are issued with the wristband, a number allocated to you is printed on the inside. Should you be in an accident, the paramedics and emergency personel know who to contact to get your details. Many people who have been in serious accidents have had thier wallets/handbags stolen at the scene. When the paramedics arrive, they have no information on who you are, your medical aid, allergies, next of kin etc. What has happened before is that people have been dumped at Provincial hospitals to either die there, or not receive the correct treatment, yet the person concerned did in fact have full medical cover! I stand corrected, but I think the AWB's system is more of a buddy system, whereby people will come to you in an emergency. With the Crisis Cebntre, there are no physical personel to assist, but rather a system you can dial, who will in turn dial the necessaries for you. Often in a situation, one is bordering on the hysterical, and therefore one cannot speak clearly, or tell whoever on the line what is going down, and as has happened before with one of the Cell phone companies, the operator hangs up on you because you are hysterical, or too stressed to get the correct information across timeously. This is where the Centre steps in. It is all handled telephonically. Hope this helps!
100% Boertjie
17 Feb 2009, 17:10
100% B, Al wat die volk soek is jou tyd dit kos niks.
Hallo Peter
Ja tyd kan ons enige tyd gee. Ek is maar nog relatief nuut hier. Weet niks van wat aan gaan nie. Ek wil graag meer weet & meer betrokke raak maar hoe & waar. Ons is van Kempton park af, ek wag nog om te hoor waar daar 'n walear hier in ons area is.
As jy dalk raad het van hoe & waar ek kan help, ek luister graag
BPK Barend Paul Kruger
17 Feb 2009, 22:37
Vir die wat belangstel;
Hier is Pryse vir items wat Boerevryheid het wat klaar gemaak is vir skoue en fonds insameling.
Julle is welkom om meer per item aan te bied. Kontak Barend Pienaar met julle bestellings.
Borde R40
Willy Bierglas R20
Koffiebeker R30
Asbakkie R15
Totglasie R10
Sleutelhouer R5
Boshemp R140
T-Hemp Kids R40
T-Hemp volw R50
Golfhemp R120
Hoed R40
Hier is 'n paar fotos. Die Sleutelhouer het die vierkleur op en jong daar is vlae ook maar die sal Barend Pienaar vir ons moet Prys. Ek sal nog foto's oplaai. My limiet is net bietjie klein.
Ek soek 'n hoed vir nou. Ek sal hom Donderdag kom koop.
peter henderson
18 Feb 2009, 07:29
100% B, Al wat die volk soek is jou tyd dit kos niks.
Hallo Peter
Ja tyd kan ons enige tyd gee. Ek is maar nog relatief nuut hier. Weet niks van wat aan gaan nie. Ek wil graag meer weet & meer betrokke raak maar hoe & waar. Ons is van Kempton park af, ek wag nog om te hoor waar daar 'n walear hier in ons area is.
As jy dalk raad het van hoe & waar ek kan help, ek luister graag
100% B,
Jy bly sommer naby, die volgende byeenkoms waar jy jou kan betrek is by Majuba dit begin Vry 27 Feb en maak klaar die Son.
Net jou teenwoordigheid daar is klaar genoeg.
Ek is ook nog nuut hier, die Boerevolk het n groot 4 kleur vlag ek dink die WR en ek wil graag daar wees om te help met die oopmaak van die vlag ,:director: dit is black,sam groot.:rofl: As jy oop is die naweek ,kan ons reël om saam soontoe te beweeg.
In n Boere laer.:rofl2:
maritzpm
18 Feb 2009, 16:07
Wat presies gebeur die naweek op Majuba dat almal aftrek soontoe? Ek wil ook gaan! Het iemand voorstelle vir blyplek?
peter henderson
18 Feb 2009, 16:24
Ons die Boere vier Majuba dag in die ou tyd(1ste brit/Boer oorlog) het die Boere die brit opgedonner. Dit is al wat ek weet,:clap::clap:
Ek dink daar is kampplek R200 staanplek of iets ek is nie seker nie, bring en braai ens.:rofl2:
Ek glo die onderdak verblyf is by die tyd uitverhuur. Die meeste ouens gaan met hul woonwaens en ander slaan sommer 'n tentjie op.
peter henderson
18 Feb 2009, 16:33
Ons die Boere vier Majuba dag in die ou tyd(1ste brit/Boer oorlog) het die Boere die brit opgedonner. Dit is al wat ek weet,:clap::clap:
Ek dink daar is kampplek R200 staanplek of iets ek is nie seker nie, bring en braai ens.:rofl2:
maritzpm
18 Feb 2009, 16:36
Ek is juis lankal lus vir 'n lekker naweek in die tent! Wat presies gebeur alles daar? Ek soek orals na meer inligting, behalwe op die regte plek!
peter henderson
18 Feb 2009, 17:14
Ek was nog nie daar nie miskien as jy Barend Pienaar pm sal hy dalk daarmee help, moenie se ek het jou gese nie:rofl::rofl::rofl::rofl::rofl:
BOERLANDER
18 Feb 2009, 18:14
Ek is juis lankal lus vir 'n lekker naweek in die tent! Wat presies gebeur alles daar? Ek soek orals na meer inligting, behalwe op die regte plek!
Gaan kyk http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=11527. Daar sal jy meer kan sien en lees wat laasjaar daar gebeur het.
BPK Barend Paul Kruger
9 Dec 2009, 19:47
Vir die wat belangstel;
Hier is Pryse vir items wat Boerevryheid het wat klaar gemaak is vir skoue en fonds insameling.
Julle is welkom om meer per item aan te bied. Kontak Barend Pienaar met julle bestellings.
Borde R40
Willy Bierglas R20
Koffiebeker R30
Asbakkie R15
Totglasie R10
Sleutelhouer R5
Boshemp R140
T-Hemp Kids R40
T-Hemp volw R50
Golfhemp R120
Hoed R40
As julle manne skenkings wil maak vir Pryse solank wat ons kan gebruik volgende Jaar, kontak my op PM asseblief.
BPK Barend Paul Kruger
13 Dec 2009, 21:59
Enige Boer Pryse wat iemand kan aanbied vir volgende Jaar sal waardeer word.
Enige manne wat Golf speel en ons dalk kan help met 'n Golf dag reël asook so paar pryse en borge tevore kan kom sal regtig waardeer word.
Ek dink dat almal kan saamstem dat ons Geld wil begin inwin sodat die BVS 'n nuwe taak kan aanpak saam met die ander take wat hulle nog besig is.
Die skep van 'n omgee sisteem / Boerdery vir ons arm Boere wat in plakkers toestande lewe.
Enige iemand wat Grond en geboue kan skenk naby aan JHB en Pretoria om mee te begin met Boorgat water om ons mense te huisves en hul dors te les sal waardeer word.
Ek hoop regtig daar is iemand wat 'n paar Hektaar kan skenk aan die BVS sodat ons dit kan bewerk en daarna kan kyk om ons armes werk te gee, blyplek te gee en hulle op te help in 2010. Ons sal die plek moet op bou sodat die mense wat daarheen kom opgelei kan word om te bou, plant en van die Grond af te lewe.
Kom manne, ek wil ook voorstel dat ons 'n Komitee saamstel uit mense soos Scrooge wat regtig baie naby aan die mense is en hulle verstaan en weet hoe mens skenkings kan aanwend om opbouend te wees.
Die Voorgestelde naam vir die Komitee: Die Binneman Helpende Hand.
BPK Barend Paul Kruger
26 Jan 2010, 07:31
Stel enige iemand belang om ons hierdie jaar in 'n Groot Manier te probeer help?
Wat wil ons doen met fondse:
Natuurlik moet die geld vir die forum en aanwending deur die BVS ingewin word.
Ons het 'n paar dinge nodig waarvoor die geld ingewin moet word soos;
Betaling van mense om Boerevryheid Professioneel te bemark;
Betaling van mense om die webblad en forum te onderhou oorsee;
Die uitbreiding van Boervolk Radio dalk?
Ons moet ook kyk na lang termyn dinge soos -
Krag opwekkers,
Weermag tente,
bedde en slaapgoed om vir ons hawelose wit mense heenkome te kan skep.
Grond wat ons kan aanskaf waar ons arm blankes kan huisves ( Dalk grond daar naby Orania?)
Sekuriteits en weerbaarheid opleiding vir die Armes en onderrig. (Hier is baie meer as wat ons alleen kan kou)
'N Trust fonds vir wit kinders wie se ouers nie geld het om vir hul skoolgelde, kleure en kos te betaal nie en ongetwyfeld is daar van ons forum mense wat ook aandag nodig het om hulle te help met 'n paar rand
'n Kos Pakkie sisteem op die been bring vir skool kinders sodat hulle ten minste 'n kossie kan geniet deur die dag by die skool, ons kinders sal baie beter kan doen in hulle skole met kos in hul mae.
Daar is so baie dinge waarvoor ons fondse nodig het maar dit is moeilik om al die belangrike dinge op jou eie te kan raaksien. Identifiseer nog dinge wat die BVS kan aanpak wat jy dalk dink fondse mag nodig het.
Hoe gaan ons die fondse inwin?
Ons loot 'n skaap uit teen 5 rand 'n loodjie (Barend kan aan ons 'n skaap of Bok verkoop vir ex. hoeveelheid klaar geslag en verpak) Al die nommers word in 'n hoed gegooi en ons trek die wenner daaruit..
Ons reël 'n Boere Dans met Boere Orkeste soos - Klipwerf en die Jong Boereband, die Penkoppe (Ek het die Penkoppe se besigheids kaartjie)
Ons reel 'n musiek byeenkoms en Fete/Kermis waar Boere hul tuisgemaakte produkte kan kom toon en ons hou dit by 'n kerk. Een in PTA en een hier aan die Oosrand etc. waar ons ookal 'n konsentrasie mense ken.
Kunstenaars wat ons dalk kan kontak - Jodie Wayne (Het sy Kaartjie ook gekry), dalk kan julle aan 'n paar ouer kunstenaars dink wat ons kan probeer kontak. (Ek het familie in die musiek bedryf wat ek kan vra om bekende kunstenaars se arms dalk te draai)
Ons bied 'n spesiale aanbod aan op ons produkte, Borde, Koppies en Kepse maar alle verkope word op 'n faktuur verskaf met 'n unieke nommer, die nommers word dan in 'n hoed getrek en so paar word gekies
Pryse wat gewen kan word?
- Miskien Boeke?
- 'n Lekker Potjie Pot en Bestanddele binne in die Pot vir 'n Potjie Kos
- 'n Naweek na Warmbad se "Hydro Spa" toe vir 2 mense en miskien tot maksimum 3 kinders (Buite Seisoen)
- 'n inkopie "Voucher"?
Golfdag ( Naby JHB of PTA area waar julle dalk kontakte by het)
Pryse wat aangebied kan word? - ( Ons moet koöperatiewe borge kry)
- Golf stel of Golf sakke
- Elektriese Golf Trollies
- 'n Golf Karretjie ..
- 'n 1000 rand "Voucher" vir goed by 'n Pro Golf Winkel
- 'n lekker sleepwa
- 'n R10 000 rand Kontant Prys[/font]
Daar is wel 'n tamaai projek wat ons kan aanpak hierdie Jaar en dit is die Volksmoord Museum daar in Balmoral.
Kan daar op die bestuur ingekom word dat die plek ordentlik kan maak want Volksmoord le baie naby aan die Kern van ons onafhanklikheid eis as 'n Volk doen dit nie?
Ons moet die plek se ingang bord mooi en leesbaar maak sowel as die pad van die hek na die gebou of museum self wat basies met "backfill" gevul moet word en ons het "compacters" nodig om die rommel boumateriaal vas te stamp vir 'n meer beskaafde ingang pad.
Ek weet die plek kort elektrisiteit so son panele en wind opwekkers is 'n baie duur maar beter opsie as die Eskom Krag vir die lang termyn.
Ek ken nie baie besigheid mense vir Borgskappe nie maar die Prinsiep vir die Borge moet wees die Welsyn van ons arm blankes waarvoor daar 'n groot aanvraag is aan ons forum wat die Boerevolk verteenwoordig en waar meeste mense hulp en raad kom soek.
Donasies soos produkte word nog steeds direk verwys na die Reddingsdaadbond (Oom Hans toe) en mense skenk self geld as hulle wil. Ons hou die SMS nommer lewendig wat jy die woord "Blank" sms en sodoende bring ons fondse vir Oom Hans hulle direk in.
Kan julle my help werk aan beplanning.
BPK Barend Paul Kruger
26 Jan 2010, 10:21
Hoe klink 500 000 rand as 'n mikpunt.
Wie kan sulke fondse genereer?
Kom plaas jou bydrae hier al gee jy net idees mense, dit op sig self help baie.
Geld help baie meer.
BPK Barend Paul Kruger
27 Jan 2010, 23:10
Het ons vriende wat kans sien om te help? Dit lyk my julle is almal al klaar te moeg of negatief om te help.
Ons karring maar voort. Iewers is daar 'n Boer of Boere met Harte groot genoeg wat dalk hier en daar kan help.
Ek wag vir julle.
BPK Barend Paul Kruger
9 Feb 2010, 04:55
Dankie dat die Volk so gretig is.
Lourens-Human
9 Feb 2010, 20:38
Ons het al na die selfoon skenkings metode gekyk en dis helaas nie so maklik as wat dit klink nie. Dit kos jou 'n arm, 'n been en 'n pond vleis uit jou agterstewe om een van daai vyf syfer SMS nommers op jou naam te kry. Daar is ook aansienlike maandelikse kostes daaraan verbonde. Daar moet dus sommer baie boodskappe inkom voor dit begin betaal. Verder is die terme van betaling ook heeltemal in die selfoon mafia se guns. Hulle betaal nét as die bedrag bo 'n seker perk is, anders staan dit oor tot 'n volgende keer. Ek sê nie dis onmoontlik nie, maar daar sal 'n goeie besigheidsplan uitgewerk moet word.
Ek het nou nog nie die hele garing gelees nie maar ek wil voorlopig die volgende met julle deel.
Dit is regtig nie nodig om baie geld uit te gee om 'n kort sms nommer te kry nie. Daar is verskeie diens verskaffers wat dit teen 'n billike prys verskaf.
Een wat ek kan aanbeveel is http://www.titbits.co.za/ die koste om te begin is laag omdat die selfde nommer gedeel word.
Hoe klink 500 000 rand as 'n mikpunt.
Wie kan sulke fondse genereer?
Kom plaas jou bydrae hier al gee jy net idees mense, dit op sig self help baie.
Geld help baie meer.
Ek wil voorstel dat ALLE lede van hierdie forum 'n minimale bedrag per maand betaal om lidmaatskap te behou(kan per aftrek order geskied). Die wat nie bereid is om iets by te dra nie, is seker ook dan nie baie ernstig oor die saak nie en kan hulle met alle respek hulle lidmaatskap heroorweeg.Vat julle die pad verder met 9000 mooiweerslede of miskien met 4000 mense wat ernstig is oor ons saak?
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.