View Full Version : Hoe word die BVR verkies?
Lets Pretorius
19 Jan 2009, 21:37
Francois Conradie wil graag weet hoe die BVR verkies word. Hy weet natuurlik baie goed aangesien hy vir 2 1/2 maande in die BKBS gewerk het en daarom sien ek sy vraag as kwelsugtig.
Ek sien dat hy tans in die yskas verkeer omdat hy n privaat boodskap wat aan hom gerig is, op die openbare forum geplak het. Die bestuur beskou so n oortreding in n baie ernstige lig en ek verstaan dat hy geskors is. ((lyk my tydelik?)
Ek gaan nou sy vrae antwoord maar dan moet hy, sodra hy uit die yskas kom, vertel waarom hy by die BKBS weg is. Alternatief moet hy sy houding drasties verander. Ons is nie hier om mekaar af te breek en te vernietig nie, ons het genoeg vyande na links. Na regs is daar geen vyande nie!! (behoort daar nie te wees nie)
Gaan kyk gerus op die drade: http://www.boerevryheid.co.za/forums/forumdisplay.php?f=218 wat die BVR reeds vermag het die afgelope paar jaar. gaan kyk ook na die redaksionele kommentare wat die afgelope tyd verskyn het by: http://www.boerevryheid.co.za/cms/index.php?page=ouredaksionelenuus
vervolg..........>
Lets Pretorius
19 Jan 2009, 21:48
Tydens die Bosberaad van die ISO (Instituut vir Samewerking en Ontwikkeling,) in Mei 2006, is twee belangrike besluite geneem:
1. Daar is besluit om die vryheidspad in die naam van die Boerevolk aan te pak, omdat die Boerevolk die nodige locus standi besit om as Volk die pad te loop en die term Afrikaner ongelukkig tot so n mate verwarrend is, dat Afrikaner-eenheid nie in sig is nie.
2. Dan is daar besluit om n Boerevolk Verkiesingskommissie in die lewe te roep. Hierdie BVK is opdrag gegee om:
i) n struktuur te ontwerp om
ii) die Boerevolk bymekaar te maak,
iii) wat ook kan dien as magsbasis en as struktuur om
iv) Die leiers vanuit die Boerevolk op n wettige stelsel te verkies.
(Vgl die VVK wat sonder mandaat tot stand kom, uit n vergadering n jaar later!!)
..................> vervolg
Lets Pretorius
19 Jan 2009, 22:00
Vervolg:
Die BVK reël toe
1. n Volksvergadering wat bekend staan as n volksverteenwoordigende vergadering (VVV). Alle bestaande en bekende organisasies wat hulle met die sake van die Afrikaner en van die Boerevolk bemoei, is daarheen uitgenooi.
2. Die BVK ontwerp ook die Walaerstruktuur. dit is niks anders as n selgroep nie.
2.1 Die walaer kies sy eie Walaerleier.
2.2 Die Walaerleier groepeer saam met minstens drie ander Walaerleiers om n Trekleier te kies. (hierdie vind geografies plaas.)
2.3 Twee trekleiers met die onderskeie Walaerleiers, (dus ten minste tien persone) kies n Boerelaer Kommandant (Owerste oor 100 volgens Exodus)
2.4 Minstens 8 Kommandante kies uit hulle geledere n Hoofkommandant wat outomaties op die Volksraad (BVR) sal dien.
Ek gaan hier n byvoeging maak. kyk aan die einde by die laaste pos.
.................>vervolg
Lets Pretorius
19 Jan 2009, 22:17
vervolg.............>
Tydens die eerste V V V was daar op daardie stadium reeds 19 Walaers gestig en tydens die vergadering, is daar 7 BVR lede aangewys.
Die grondwet maak voorsiening dat daar tydens die vormingsjare, n BVR uit die top hierargie van die strukture wat uit die Volksregister tot stand kom, n BVR gekies kan word.
Die BVR word dan op gereelde basis gekies soos die strukture uitbrei.
Daar moet onthou word dat dit baanbrekerswerk is, dat daar geen Bloudruk bestaan nie en dat daar dikwels op n "probeer en tref" basis opgetree moes word.
Daarom is daar 12 persone op die BVR gekies tydens n vergadering te Nkwe op 21 April 2007. Op daardie stadium het die aantal Walaers reeds die 60 merk bereik.
Tydens daardie vergadering het persone met hul eie agenda's n wegbreek aksie beplan wat tot die totstandkoming van Bravoland gelei het.
Ten spyte dan die weerstand, het ons eenvoudig volhard om binne die grondwet en die beplanning deur die BVK, die Boerevolk bymekaar te maak.
In hierdie tyd het nog vyande uit n ander hoek n stok in die wiel probeer steek, toe 'n persoon, wat op die BVR was, ook sy eie wegbreek aksie van stapel gestuur het. Ons het letterlik maande gesukkel om die lede wat aan die Oos Rand gewerf is, se name uit hom te kry.
Die openlike vyandige beplanning vanuit die geledere wat op die oog af deel van die Vryheidsinisiatief is, het baie vrae laat ontstaan oor mense se motiewe.
..............>vervolg
Lets Pretorius
20 Jan 2009, 00:20
Daar is wyd op die Plaaswerf geadverteer vir n VVV wat plaasgevind het op 23 Februarie 2008 by Majuba. Daar is weer 12 persone, in streeksverband gekies. Ongelukkig is die verkiesing as n BVR lid, nie sonder eise nie. Daar is van die lede verwag om hulle streke te orden en Walaers op te rig. Van die BVR lede het uitstekend daarin gevaar terwyl ander langs die pad begin uitval het. Daar kan sekerlik verstaan word dat insette in jou eie tyd moet geskied en op eie koste gedryf word. elkeen het maar sy eie lewe om te lei en kan ons diegene wat langs die pad begin uitsak het, nie verkwalik nie.
Ons het verder met die probleem gesit dat ons duisende nuwe registrasies op die Volksregister ontvang het. Hierdie lede moes in walaers georden word sodat nuwe Walaerleiers , Trekleiers Boerekonmmandante en uiteindelik Hoofkommandante (wat op die BVR kan dien)gekies kan word.
Ons het verskeie kere by kantoor Tannie se huis bymekaar gekom waar ons die vorms georden het.
......................> vervolg
Lets Pretorius
20 Jan 2009, 00:23
Daar was n verdere beperking nl. dat ons n program gekort het om die Volksregister op te plaas. Een van die Volksgenote het vir amper n jaar ons aan n lyntjie gehou en ons onder dioe indruk gebring dat die program: "volgende week" klaar sal wees. Om uiteindelik met die hartseer verhaal na vore te kom dat die data alles weg is.
Ons moes dus van voor af begin.
Uiteindelik ( en ons is baie dankbaar daaroor) het Baardman vir ons n program in plek gekry sodat ons nou alle data op n veilige bediener anderkant die see kan intik.
intussen het Kantoor Tannie wat in die begin berge versit het, n halfdagpos en later n voldagpos aanvaar. Haar verpligtinge het gemaak dat sy nie meer al haar aandag aan die uitbou van walaers kon gee nie.
Op daardie stadium het Francois Conradie die kantoor (BKBS) bestuur. Soos bekend is, het hy bedank.
Tans is daar na baie bekwame dametjie met die naam Nadine agter die rekenaar. Sy is besig om met rasse skrede die Volksregister te orden en in te sleutel. Ons beplan om op 31 Januarie by Eugene se plek (sal later presies verduidelik) n finale inisiatief van stapel te stuur om die register finaal en volledig te maak.
Intussen registreer mense nog daagliks op die Plaaswerf asook by die BKBS.
vervolg.............................>
Lets Pretorius
20 Jan 2009, 00:32
Die volgende fase is om die nuwe geordende name, in streke, voorstede en straatblokke in te deel. Daarna moet die groepe uit hulle eie geledere hul leiers kies. die leiers moet dan weer met mekaar en met bestaande Walaerleiers in verbinding gebring word, sodat verdere leiers op die piramiedale struktuur verkies kan word.
Hierdie is inderdaad n anderse manier van kies as waaraan ons gewoond is, maar is uiteindelik baie meer demokraties en is die verantwoordelikheid teenoor die mense onder jou soveel groter as wanneer "almal in die land" vir jou gestem het.
Die tyd het aangebreek (en daar is nie meer baie tyd oor nie) om nou uit jou blokke te kom en deel te neem aan hierdie prosesse wat vir elke lid van die Boerevolk beskikbaar is.
Hoop dit werp meer lig op die onderwerp. Verduidelik ook hoekom ek nie in een sin die vraag kon antwoord nie.
Ek wil net vir elke potensiële leier van die Boerevolk geduld, wysheid en volharding toewens en toebid. As Moses gedink het hy kry swaar met die Israeliete, het hy nog nie van die Boerevolk en sy maniere gehoor nie.
Opregte Boeregroete,
Lets Pretorius
Lets Pretorius
20 Jan 2009, 00:48
Hierdie pos hoort eintlik by pos 3.
Ek wil graag die BVR vergelyk met n Voortrekker Raad wat al meer verteenwoordigend geword het soos wat die Boere se trekgeselskappe uit die Tarka en die Oosgrens getrek en by mekaar aangesluit het.
Daar is mense wat tog so bekommerd is oor wie nou as leier moet optree en dat die BVR hulle nou aanmatig as die leiers van die Boerevolk.
As die Voortrekkers nie hulle verskillende Trekgeselskappe georden het en n leierstruktuur aangewys het nie, kon hulle nie by die Vetrivier uitgekom het waar die eerste en tweede Voortrekker-regering (en Volksraad van die Boerevolk), gekies is nie.
Beskou asseblief die BVR as die huidige leiersgroep van die Boerevolk, op pad na selfbeskikking, op pad na Vryheid, op pad na n eie land, op pad na n Vetrivier waar daar, wanneer die tyd geleë is, n Boerevolk Regering gekies of aangewys sal word. Vir die huidige, is daar werklik slegs een groepering wat voltyds, georden gefokus en meedoënloos, Vryheid vir die Boerevolk nastreef en dis die BVS en die BVR.
Ek doen ten slotte n beroep op elke lid van die Boerevolk, om met mag en mening jou gewig in te gooi. Hou asseblief op om soos n brakkie te kef oor elke muis of kriek wat opspring. Gee julle volle steun aan elkeen van die Leiers wat tans bereid is om voor te stap, te spyte van teëstand op alle terreine, en veral van mense wat Afrikaans praat en soos ek en jy lyk.
As ons dit nie doen nie, gaan iemand dit doen nie.
As ons vir ander wag om dit te doen, gaan ons nog lank wag.
Maak jou keuse, neem n besluit en doen dit NOU.
Lets Pretorius
Dr. Lets
Baie dankie vir die verduideliking. Sterkte aan jou en die res van die bestuur, die taak aan julle opgelê is beslis nie `n maklike een nie. Ek bid u die Vader se wysheid en leiding toe. Baie dankie vir wat julle vir ons Boervolk doen.
Vriendelike Groete
voortrekker
20 Jan 2009, 09:12
Dr. Lets
Baie dankie vir die verduideliking. Sterkte aan jou en die res van die bestuur, die taak aan julle opgelê is beslis nie `n maklike een nie. Ek bid u die Vader se wysheid en leiding toe. Baie dankie vir wat vir ons Boervolk doen.
Vriendelike Groete
Dankie vir die voledige verduideliking ek glo nie dit sal veel kommentaar uitlok nie want dit is self verduidelikend
Tydens daardie vergadering het persone met hul eie agenda's n wegbreek aksie beplan wat tot die totstandkoming van Bravoland gelei het.
Dr Lets, ek neem regtig ernstig aanstoot deur u volgehoue en knaende "verdag-impliserende" verwysing na die bovermelde episode.
Dit is 'n blatante leuen om aan te voer dat daar "tydens daardie vergadering" 'n "wegbreek aksie" beplan is.
U het my na u chalet laat roep en was dit myself, uself en die Bestuur van BV. Rooi Jan was daar en so ook Genl de Wet. As ek reg onthou sowat twaalf persone in totaal.
Gedurende daardie vergadering moes ek eerstens 'n vraag van u antwoord, welke vraag gehandel het oor " Wat is jou rigting met Bravo Kompanie".
Ek het dit daar baie duidelik uitgespel dat Bravo Kompanie 'n gemaklik-humoristiese bespreking met "army" ondertone was.
Die hele bestuur het geleentheid gehad om hul opinies oor B Komp te lig en het so gedoen.
Daarna het u my versoek om B Komp te stop synde dit te militer sou wees (met verwysing ook na die Boeremag saak).
Die daaropvolgende dag het ek met die hulp van die toe Tegniese Administrasie en u vertrouling Admiraal Guardian, die hele B Komp vanaf die BV databasis verwyder.
Eers drie dae daarna, na vele telefoonoproepe van ontstelde kletsers ( B Komp was BAIE gewild) is die webtuiste van Bravoland registreer.
So regtig, u skep wanindrukke deur u aannames en vingerwysing.
Dink so daaraan. As u en die BV bestuur NIE die B Kompanie tot niet wou maak nie, was Bravoland heel waarskynlik vandag nog hier op die plaaswerf.
Ek ken vir Rooi Jan en vir Genl de Wet, albei manne van integriteit, laat hulle dan beaam of ontken.
Dr Lets, u het nou binne een dag daarin geslaag om twee keer na daardie spesifieke geleentheid te verwys. Ek het beslis nie hierdie gesprek begin nie, maar omdat ek in my persoon betrokke was, is dit sekerlik regverdig dat ek ook 'n spreekbeurt kry?
Lets Pretorius
20 Jan 2009, 15:52
Dr Lets, ek neem regtig ernstig aanstoot deur u volgehoue en knaende "verdag-impliserende" verwysing na die bovermelde episode.
Dit is 'n blatante leuen om aan te voer dat daar "tydens daardie vergadering" 'n "wegbreek aksie" beplan is.
Sakkie,
Ek het nie probeer aanstoot gee nie. Ek het die geskiedenis weergegee soos ek dit beleef het.
Jy is reg, daar was ander mense soos Baardman, Genl CR De Wet, Rooijan en Admiraal teenwoordig. Ek sou graag hulle weergawe wou hoor.
Wat ek weet is dat ons geen samewerking van n sekere groep ervaar het nie. Verder het dit ook deurgeskemer dat daar deur die spesifieke groep n ander sakelys vir die naweek beplan is. hulle is selfs versoek om uniforms aan te trek. Tydens die vergadering wat ons gehou het, was daar ook geen samewerking nie.
Om hierdie rede is die gesprek met jou aangevra.
Alhoewel die detail nie regtig belangrik is nie, illustreer dit net die moeilike pad wat die BVR telkens moes loop. Om hierdie rede het ek dit aangehaal, sonder om name te noem:
Tydens daardie vergadering het persone met hul eie agenda's n wegbreek aksie beplan wat tot die totstandkoming van Bravoland gelei het.
Jy het self die skoen (onnodig)aangetrek.
Ek sal jou op die ander draad waar ek jou naam pertinent in die verband genoem het, omdat dit daar relevant was, antwoord.
Ek wil regtig nie met jou in n persoonlike vete betrokke raak nie.
Hierdie draad is bedoel om die volledige agtergrond van die BVR op skrif te stel.
Boeregroete,
Lets P

Dr Lets, daar is ook aspekte in hierdie pos van u waarop ek graag wil reageer.
My versoek aan u is dat ons hierdie Bravoland struikelblok vir eens en vir altyd uit die weg ruim deur dit tot in detail te bespreek. Nie op hierdie BVR draad nie en ook nie op die VVK draad nie, maar op 'n spesifieke draad daarvoor geskep.
Lets Pretorius
20 Jan 2009, 17:40

Jy is baie welkom om dit weer aan te raak (of te roer). As jy gaan kyk, is daar waarskynlik reeds n paar dosyn poste daaroor geplaas. Doen gerus n soek. Dalk vind jy nog n feit of twee wat nie oor gedebatteer is nie.
Ek moet vir jou eerlik se dat my tyd ontsettend beperk is en dat ek nie op elke pos en nog minder, op n een tot een basis sal kan reageer nie. Om eerlik te wees, Bravoland het my tot nou regtig nie geïnteresseer nie en ek dink nie ek was meer as twee keer daar om te kyk nie. Ek sal dus n swak "debatsvoerder" wees.
Daar is egter baie mense wat wel sal kan reageer, indien hulle wil.
Boeregroete,
Lets
Barend Pienaar
20 Jan 2009, 17:42
XB ek dink dat ons vir altyd vir Bravoland moet los en aangaan met dit wat ons doen.Bravoland kan verseker op sy manie rvoortgaan soos wat ons voortgaan op ons manier.Ons ondersteun mekaar tog.
Bravoland het 4 kleure en propageer die saak en ons doen dit ook.Moenie dat ons verdere koeie afslag nie.

Dr Lets, u plaas 'n belemmering op my gemoed. U is die een wat met die suggestiewe Bravoand verwysings vorendag gekom het, suggestie in die sin dat dit my as persoon impliseer in gedrag teen die Boerevolk. My versoek tot debat handel juis oor daardie aspek van Bravoland - die totstandkoming. Nie die bestaande Bravoland nie.
Ewenwel, ek het volle begrip daarvoor dat u tyd beperk is.
Ek dank u vir u aanbod om die aangeleentheid "weer aan te raak" en sal dan dienooreenkomstig 'n bespreking begin.
Van my kan wil ek u hartelik uitnooi om, soos u tyd dit toelaat, u insette en bydraes te lewer.
XB ek dink dat ons vir altyd vir Bravoland moet los en aangaan met dit wat ons doen.Bravoland kan verseker op sy manie rvoortgaan soos wat ons voortgaan op ons manier.Ons ondersteun mekaar tog.
Bravoland het 4 kleure en propageer die saak en ons doen dit ook.Moenie dat ons verdere koeie afslag nie.
Barend, ook ek het geen saak te maak met Bravoland nie en het geen behoefte om oor Bravoland te debatteer nie.
As jy die ontstaan van die huidige Bravoland kommunikasie sou waarneem, sou jy aanvaar dat die opmerkings wat gemaak is verwys na die totstandkom van Bravoland. Opmerkings wat 'n ernstige beletsel op my geloofwaardigheid en integriteit plaas (soos ek dit beleef).
My opregte begeerte is dus nie om Bravoland per se te bespreek nie, maar die ONSTAAN van Bravoland.
Dr Lets het aan my 'n uitnodiging gerig om, sou dit my behaag, die bespreking te voer. Ek het sy uitnodiging aanvaar.
My versoek aan jou sal dan wees om Dr Lets se hoedanigheid te repekteer en my die geleentheid te gee soos deur hom aangebied.
Rooi Jan
20 Jan 2009, 18:20
Xboers, ek weet nie mooi wat ons sal bereik om die ontstaan van Bravoland te ondersoek nie. Ek dog dis ou koeie. Al wat ek kan onthou is al die kraalmis wat in die Bravo Kompanie draad gepraat is. ;)
Trekos1
20 Jan 2009, 18:29
Nou wat van aaaaaal die ander webwerwe, moet ons hulle in detail ook behandel. Daar is +/- 70 Volksorganisasies wat Afrikaner webtuistes insluit!!! En boonop dink elkeen van hulle dat hulle op "die regte pad" is. Na 107 jaar en ons wonder nog steeds???
Dalk het jy die tyd XB, maar ons het nie.
Die feit bly, BV is nog steeds die grootste Afrikaanse webwerf. Nou moet ons almal akkomodeer en promoveer, want hulle besoekers getalle is minder. En as daar iets verkeerd gese word, word ons daar en hier in die spervuur geplaas. Maak dit sin? Pluk 'n lat vir jouself??
Die oplossing: sluit aan by webwerwe waar jy tuis voel. As jy nie tuisvoel by een nie, moenie hom probeer verander om by jou siening aan te pas nie.
Ons het wel plek gemaak vir ons bondgenote, en hulle vir ons op hul webwerwe.
Daar bestaan geen kwade gevoelens teenoor ander (behalwe die wat ons doelbewus afkraak)nie. Elkeen sien dinge op sy eie manier. Dis maar in ons bloed, en ons is nog steeds in ons eie gemaksone.
Die slotsom is nog steeds: fokus jou engergie op wat werklik saakmaak!!!
Voorbeelde:
1) verkry alle koerante se e-pos adresse. Laat weet hulle dat die Boerevolk nog hier is.
2) verkry alle lande se ministerie van Buitelandse sake en skryf aan hulle van die Volksmoord wat hier plaasvind.
3) Beding maniere om geld in te kry vir volksake.
4) Spandeer eerder tyd om mense te kry om betrokke te raak.
5) Lig mense in van ons geskiedenis en kultuur.
Dankie vir dr Lets dat jy weereens die pad van die BVS, ISO, ens verduidelik. Dit sal nuwelinge op hoogte kry. Dis nou vir die wat dit nog nie op die "soekfunksie" kon opspoor nie.
Xboers, ek weet nie mooi wat ons sal bereik om die ontstaan van Bravoland te ondersoek nie. Ek dog dis ou koeie. Al wat ek kan onthou is al die kraalmis wat in die Bravo Kompanie draad gepraat is. ;)
Ja Rooies, ek stem met jou saam. Edwin, met wat jy te vertel het stem ek ook saam.
Wat geskryf staan kan gelees word en dit sal sekerlik weer in die toekoms ter sprake kom.
Vir die rekord.
Ek het nie vir een enkele oomblik gevra vir 'n bespreking van Bravoland (en al die ander sarkastiese webtuistes nie). Ek het baie duidelik gevra vir 'n detail bespreking oor die ONSTAAN van Bravoland.
Eenvoudige rede, twee beweringe:
Tydens daardie vergadering het persone met hul eie agenda's n wegbreek aksie beplan wat tot die totstandkoming van Bravoland gelei het.
Jy breek weg van die Plaaswerf af en stig ‘n opposisie webwerf: Bravoland.
Ek aanvaar dat dit steeds nie in die ope geplaas gaan word nie.
christo heinz
20 Jan 2009, 18:46
[Die oplossing: sluit aan by webwerwe waar jy tuis voel. As jy nie tuisvoel by een nie, moenie hom probeer verander om by jou siening aan te pas nie.]
Ek wil graag by die stelling van Edwin aansluit. Ek stel nie belang om van Bravoland te verneem nie, omdat wat ek hier op Boerevryheid gevind het met my aansluiting vir my voldoende is.
Kom ons beweeg weg van hierdie bemoeisieke mentaliteit van verdeeldheid saai en beweeg vorentoe binne die suiwere Boerevolk gedagte van volkwees.
Enige Afrikaner konotasie soos bvb die van die VVK kan uit ondervinding nie goed wees vir die Boerevolk, en sal veroorsaak dat die nageslag weereens hiermee sal moet worstel.
Barend Pienaar
20 Jan 2009, 19:38
Manne hou by die draad aub.
Hierdie is n BVR bespreking
francois.conradie
22 Jan 2009, 20:02
Dr. Lets Pretorius, ek wil U bedank vir die poging wat U aangewend het om my vrae te beantwoord. My vraag was egter nie gewees hoe die BVR verkies behoort te word nie, ek wou weet hoe die BVR onderskeidelik in 2006, 2007 en 2008 presies verkies was?
Francois Conradie wil graag weet hoe die BVR verkies word. Hy weet natuurlik baie goed aangesien hy vir 2 1/2 maande in die BKBS gewerk het en daarom sien ek sy vraag as kwelsugtig.
Hierdie sluit aan by my punt wat ek bo meld dat ek gevra het hoe die BVR onderskeidelik in 2006, 2007 en 2008 verkies was. Verder wil ek vra waarom U hierdie vraag as kwelsugtig beskou? Dit is immers die Volk se reg om te weet presies hoe 'n raad verkies was om die Volk te verteenwoordig? Dit is dus in my oe nie 'n vergunning nie, die Volk kan hierop aanspraak maak. Ek is ook nie die enigste wat wil weet nie, daarvan kan ek U verseker.
Ek sien dat hy tans in die yskas verkeer omdat hy n privaat boodskap wat aan hom gerig is, op die openbare forum geplak het. Die bestuur beskou so n oortreding in n baie ernstige lig en ek verstaan dat hy geskors is. ((lyk my tydelik?)
Ek was inderdaad vir 2 agtereenvolgende dae 'geskors' omrede ek die reel oortree het deur 'n privaat boodskap aan my gerig op die forum te pos. Ek wil dit egter onder U aandag bring dat ek nie sal toelaat dat my eer en waardigheid geskend word met die 'hanskakie' onderskrif wat 2 keer onder my naam aangebring was nie. Dit is 'n baie groot en wilde aantuiging om te maak teen enige ware Boer, ek sal dit nie dult nie, en ek glo ook nie enige ander Boer nie.
Ek gaan nou sy vrae antwoord maar dan moet hy, sodra hy uit die yskas kom, vertel waarom hy by die BKBS weg is.
Ek is geen verduideliking verskuldig nie, soos tydens my bedanking, verkies ek om geen redes op hierdie stadium aan te voer vir my bedanking nie.
Alternatief moet hy sy houding drasties verander. Ons is nie hier om mekaar af te breek en te vernietig nie, ons het genoeg vyande na links. Na regs is daar geen vyande nie!! (behoort daar nie te wees nie)
Gaan kyk gerus op die drade: http://www.boerevryheid.co.za/forums/forumdisplay.php?f=218 wat die BVR reeds vermag het die afgelope paar jaar. gaan kyk ook na die redaksionele kommentare wat die afgelope tyd verskyn het by: http://www.boerevryheid.co.za/cms/index.php?page=ouredaksionelenuus
vervolg..........>
Dit is baie jammer dat U voel dat ek 'n 'houding' openbaar, bloot omrede ek (en die Volk) graag wil weet presies hoe die BVR die laaste 3 jaar verkies was. Ek vra omrede ek deel van die Boerevolk is (wat aan niemand behoort nie, aangestelde lede behoort eerder aan die Volk) en die BVR veronderstel is om die Boerevolk te verteenwoordig. As dit 'n 'houding' openbaar wat U nie aanstaan nie, is dit baie jammer en is ek 'n baie bekommerde man...
francois.conradie
22 Jan 2009, 20:30
Tydens die Bosberaad van die ISO (Instituut vir Samewerking en Ontwikkeling,) in Mei 2006, is twee belangrike besluite geneem:
1. Daar is besluit om die vryheidspad in die naam van die Boerevolk aan te pak, omdat die Boerevolk die nodige locus standi besit om as Volk die pad te loop en die term Afrikaner ongelukkig tot so n mate verwarrend is, dat Afrikaner-eenheid nie in sig is nie.
Wie was almal teenwoordig by hierdie Bosberaad van die ISO, was daar 'n stemming gehou om die Vryheidspad in die naam van die Boerevolk te loop, en wie het deelgeneem in die stemming as daar 'n stemming was?
2. Dan is daar besluit om n Boerevolk Verkiesingskommissie in die lewe te roep. Hierdie BVK is opdrag gegee om:
i) n struktuur te ontwerp om
ii) die Boerevolk bymekaar te maak,
iii) wat ook kan dien as magsbasis en as struktuur om
iv) Die leiers vanuit die Boerevolk op n wettige stelsel te verkies.
(Vgl die VVK wat sonder mandaat tot stand kom, uit n vergadering n jaar later!!)
..................> vervolg
Wie het op hierdie VVK komisie gedien van 2006 tot nou en bestaan hierdie komisie nog?
francois.conradie
22 Jan 2009, 21:15
Ek antwoord hierdie punt dan asof dit punt 3 is...
Hierdie pos hoort eintlik by pos 3.
Ek wil graag die BVR vergelyk met n Voortrekker Raad wat al meer verteenwoordigend geword het soos wat die Boere se trekgeselskappe uit die Tarka en die Oosgrens getrek en by mekaar aangesluit het.
Daar is mense wat tog so bekommerd is oor wie nou as leier moet optree en dat die BVR hulle nou aanmatig as die leiers van die Boerevolk.
As die Voortrekkers nie hulle verskillende Trekgeselskappe georden het en n leierstruktuur aangewys het nie, kon hulle nie by die Vetrivier uitgekom het waar die eerste en tweede Voortrekker-regering (en Volksraad van die Boerevolk), gekies is nie.
Beskou asseblief die BVR as die huidige leiersgroep van die Boerevolk, op pad na selfbeskikking, op pad na Vryheid, op pad na n eie land, op pad na n Vetrivier waar daar, wanneer die tyd geleë is, n Boerevolk Regering gekies of aangewys sal word. Vir die huidige, is daar werklik slegs een groepering wat voltyds, georden gefokus en meedoënloos, Vryheid vir die Boerevolk nastreef en dis die BVS en die BVR.
Ek doen ten slotte n beroep op elke lid van die Boerevolk, om met mag en mening jou gewig in te gooi. Hou asseblief op om soos n brakkie te kef oor elke muis of kriek wat opspring. Gee julle volle steun aan elkeen van die Leiers wat tans bereid is om voor te stap, te spyte van teëstand op alle terreine, en veral van mense wat Afrikaans praat en soos ek en jy lyk.
As ons dit nie doen nie, gaan iemand dit doen nie.
As ons vir ander wag om dit te doen, gaan ons nog lank wag.
Maak jou keuse, neem n besluit en doen dit NOU.
Lets Pretorius
Dr. Lets Pretorius, hier skep U 'n baie mooi prentjie. Ons Volk wil vir seker ons onafhanklikheid en selfbeskikking he, daarom steun die Volk die BVR reeds vir 3 jaar sonder dat hul op enige stadium die 'leiers' bevraagteken het of wou weet hoe die 'leiers' verkies was. 3 Jaar is nou verby en die Volk wil graag die resultate sien, hoe ver het ons beweeg op die pad na Vryheid?
Daar is mense wat tog so bekommerd is oor wie nou as leier moet optree en dat die BVR hulle nou aanmatig as die leiers van die Boerevolk.
Ons Volk moet juis bekommerd wees oor wie ons Volk lei en hoe daardie 'leiers' hul posisies beklee het. Want hulle verteenwoordig ons Volk. So, ek sien niks verkeerd daarmee nie.
francois.conradie
22 Jan 2009, 21:18
Vervolg:
Die BVK reël toe
1. n Volksvergadering wat bekend staan as n volksverteenwoordigende vergadering (VVV). Alle bestaande en bekende organisasies wat hulle met die sake van die Afrikaner en van die Boerevolk bemoei, is daarheen uitgenooi.
2. Die BVK ontwerp ook die Walaerstruktuur. dit is niks anders as n selgroep nie.
2.1 Die walaer kies sy eie Walaerleier.
2.2 Die Walaerleier groepeer saam met minstens drie ander Walaerleiers om n Trekleier te kies. (hierdie vind geografies plaas.)
2.3 Twee trekleiers met die onderskeie Walaerleiers, (dus ten minste tien persone) kies n Boerelaer Kommandant (Owerste oor 100 volgens Exodus)
2.4 Minstens 8 Kommandante kies uit hulle geledere n Hoofkommandant wat outomaties op die Volksraad (BVR) sal dien.
Ek gaan hier n byvoeging maak. kyk aan die einde by die laaste pos.
.................>vervolg
Wanneer was hierdie VVV vergadering gereel?
francois.conradie
22 Jan 2009, 21:35
vervolg.............>
Tydens die eerste V V V was daar op daardie stadium reeds 19 Walaers gestig en tydens die vergadering, is daar 7 BVR lede aangewys.
Waar was hierdie walaes en wie was die BVR lede wat op daardie stadium verkies was?
Die grondwet maak voorsiening dat daar tydens die vormingsjare, n BVR uit die top hierargie van die strukture wat uit die Volksregister tot stand kom, n BVR gekies kan word.
Die BVR word dan op gereelde basis gekies soos die strukture uitbrei.
Wie het hierdie grondwet geskryf?
Vormingsjare? Wat word gesien as vormingsjare? Beteken dit dn dat die leiers verkies kan word sonder die walaer struktuur? Indien wel, wie verkies dan hierdie lede?
Daar moet onthou word dat dit baanbrekerswerk is, dat daar geen Bloudruk bestaan nie en dat daar dikwels op n "probeer en tref" basis opgetree moes word.
Daarom is daar 12 persone op die BVR gekies tydens n vergadering te Nkwe op 21 April 2007. Op daardie stadium het die aantal Walaers reeds die 60 merk bereik.
Tydens daardie vergadering het persone met hul eie agenda's n wegbreek aksie beplan wat tot die totstandkoming van Bravoland gelei het.
Verstaan ek dan nou reg dat daar nie 'n BVR reeds in 2006 verkies was nie en dat die eerste BVR soos bogenoemde datum verkies is?
Ten spyte dan die weerstand, het ons eenvoudig volhard om binne die grondwet en die beplanning deur die BVK, die Boerevolk bymekaar te maak.
In hierdie tyd het nog vyande uit n ander hoek n stok in die wiel probeer steek, toe 'n persoon, wat op die BVR was, ook sy eie wegbreek aksie van stapel gestuur het. Ons het letterlik maande gesukkel om die lede wat aan die Oos Rand gewerf is, se name uit hom te kry.
Die openlike vyandige beplanning vanuit die geledere wat op die oog af deel van die Vryheidsinisiatief is, het baie vrae laat ontstaan oor mense se motiewe.
..............>vervolg
Die feit dat lede wegbreek kan sekerlik as vyandig beskou word, of dit kan ook natuurlik gesien word as lede van die BVR wat met mekaar verskil het oor sekere aspekte en nie die verskille onder mekaar kon uitklaar nie.
Kan ons meer hieroor ingelig word? Wat was die geskille wat ontstaan het onder die BVR lede?
francois.conradie
22 Jan 2009, 21:44
Daar is wyd op die Plaaswerf geadverteer vir n VVV wat plaasgevind het op 23 Februarie 2008 by Majuba. Daar is weer 12 persone, in streeksverband gekies. Ongelukkig is die verkiesing as n BVR lid, nie sonder eise nie. Daar is van die lede verwag om hulle streke te orden en Walaers op te rig. Van die BVR lede het uitstekend daarin gevaar terwyl ander langs die pad begin uitval het. Daar kan sekerlik verstaan word dat insette in jou eie tyd moet geskied en op eie koste gedryf word. elkeen het maar sy eie lewe om te lei en kan ons diegene wat langs die pad begin uitsak het, nie verkwalik nie.
Ons het verder met die probleem gesit dat ons duisende nuwe registrasies op die Volksregister ontvang het. Hierdie lede moes in walaers georden word sodat nuwe Walaerleiers , Trekleiers Boerekonmmandante en uiteindelik Hoofkommandante (wat op die BVR kan dien)gekies kan word.
Ons het verskeie kere by kantoor Tannie se huis bymekaar gekom waar ons die vorms georden het.
......................> vervolg
Dit bring my by die volgende punt. Daar word 12 persone in streeksverband verkies, is dit in walaer verband of was hierdie lede verkose 'leiers'? Indien hul nie uit walaer verband verkies is nie, hoe het die verkiesing van hierdie lede plaasgevind en was die Volk ten volle hierby betrek?
Waar staan ons walaers huidiglik en kan ons Volk 'n lys kry van walaers in ons omgewing waarby ons kan inskakel?
francois.conradie
22 Jan 2009, 22:16
Die volgende fase is om die nuwe geordende name, in streke, voorstede en straatblokke in te deel. Daarna moet die groepe uit hulle eie geledere hul leiers kies. die leiers moet dan weer met mekaar en met bestaande Walaerleiers in verbinding gebring word, sodat verdere leiers op die piramiedale struktuur verkies kan word.
Hierdie is inderdaad n anderse manier van kies as waaraan ons gewoond is, maar is uiteindelik baie meer demokraties en is die verantwoordelikheid teenoor die mense onder jou soveel groter as wanneer "almal in die land" vir jou gestem het.
Die tyd het aangebreek (en daar is nie meer baie tyd oor nie) om nou uit jou blokke te kom en deel te neem aan hierdie prosesse wat vir elke lid van die Boerevolk beskikbaar is.
Hoop dit werp meer lig op die onderwerp. Verduidelik ook hoekom ek nie in een sin die vraag kon antwoord nie.
Ek wil net vir elke potensiële leier van die Boerevolk geduld, wysheid en volharding toewens en toebid. As Moses gedink het hy kry swaar met die Israeliete, het hy nog nie van die Boerevolk en sy maniere gehoor nie.
Opregte Boeregroete,
Lets Pretorius
Verstaan ek dan reg dat tot en met nou was die BVR nie werklik uit die walaer struktuur verkies nie, want daar was nognie 'n behoorlike walaer struktuur nie en daar word nou gepoog om so 'n struktuur op die been te bring sodat die BVR verkies kan word soos die 'grondwet' bepaal?
Indien dit die geval is, was die Volk daadwerklik betrek met die verkiesing van die BVR lede wat tot nou op die BVR gedien het en watse pogings was gemaak op ons Volk ten volle te betrek by hierdiedie belangrike verkiesings tot nou?
francois.conradie
22 Jan 2009, 22:19
Die 'nuwe' BVR lede moet nou binnekort weer verkies word as ek reg verstaan? Kan daar aan ons Volk verduidelik word presies hoe die kandidate vir die BVR verkiesing gekies gaan word en wat die Volk se deelname en betrokkenheid by hierdie verkiesing gaan wees?
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.