PDA

View Full Version : Gebed vir vryheid.



nieuwoudtrl
6 Jan 2009, 18:57
Onse Vader wat in die hemel is, aan U kom al die lof toe.

Vader ons bid vandag tot U in die naam van Jesus Christus, en ons pleit by U dat U vir ons volk n uitweg sal bied sodat ons kan vry wees in hierdie land wat u aan ons voorvaders gegee het om in te woon.

Ons bid ook dat U ons gedagtes sal verander sodat ons kan saam staan as een volk in U naam.

Vader ons het baie sondes en ons sien ons huidige omstandighede as n straf wat U oor ons gebring het, en ons wil vra dat U vir ons sal vergewe van ons sondes.

Vader ons volk word deur terroristiese aanvalle verwilder en talle mense verlaat die land opsoek na n veiliger heenkome.

As dit U wil is Vader sal U vir ons die pad aanwys sodat ons weer vry kan wees sodat ons weer onder U wette kan leef in die land wat U aan ons gegee het.

Ons pleit by U in die naam van Jesus Christus U Seun vir U genade oor ons volk.

Amen.

Arend
6 Jan 2009, 19:11
Ek kan ook net se AMEN.

Ridder Van Die Langpad
6 Jan 2009, 19:24
Amen en weerens amen.

Kom ons neem die gebed en indien iemand iets wil byvoeg verwerk ons hom sodat ons op die einde met 'n nuwe Gelofte en ook Belofte voor ons God kan staan.
Sodat ons in nederige erkentlikheid op ons knië kan gaan en ons harte oopmaak om voor die hele wêreld ons Vryheid te bely en waar dit vandaan kom.

Gebed is magtiger as die wapen.
Dit mag dalk dien as die basis vir ons om die eerste treë te gee.
Ons weet ons is nie bang vir die wapen nie.
Maar ons gaan die keer gebed gebruik.

Nrl, dankie dat jy my hand neem, ons is nou in die loopgraaf van geloof.

vanAswegen
6 Jan 2009, 19:29
Dankie vir die mooi gebed Nieuwoudtrl.
Ek glo God verhoor jou gebed en ek se AMEN hierop.

BPK Barend Paul Kruger
22 Nov 2011, 11:09
vanAswegen waarom is jy so stil!