jjgsmith
4 Nov 2008, 13:23
Ek het vanoggend het skok en groot hartseer kennis geneem van die skielike afstewe van Hennie Erasmus van die distrik Winburg in die Vrystaat.
Hennie was 'n getroue eggenoot, goeie vader, groot vriend en 'n ware volksman. Vir baie jare was hy die Voorsitter van die destydse BKA in die Vrystaat, daarna voorsitter van BA in die Vrystaat. Hy was 'n leier op die landbou gebied, 'n leier op volksgebied en ware kind van God.
Aan sy eggenote Lottie, sy seun en dogter, ons innige simpatie met die groot verlies wat julle gely het. Die boerevolk rou saam met julle. Ons het 'n groot man verloor.
Ek bid julle die genade en vertroosting toe van God ons Vader. Mag julle krag ontvang in hierdie besondere moeilik tyd. Maar ons dank en eer aan God vir iemand soos Hennie Erasmus. Kom ons onthou hierdie besondere man.
Jou vriend
Gerhard