PDA

View Full Version : Woede oor Satanisme-lesse



Arend
29 Aug 2008, 10:38
http://files.uploadffs.com/645a7f_20080828205434Satanistesimbole.jpg

Ouers van sommige gr. 11-leerlinge aan die Hoërskool Dr. E.G. Jansen aan die Oos-Rand is ontsteld oor die inhoud van die vak lewensoriëntering waarin in 17 bladsye breedvoerig inligting oor Satanisme verskaf word.

’n Ouer het gister uitgevaar teen die “absolute gemors” waaraan leerlinge in die kurrikulum blootgestel word.

“Dit is weens dié soort goed wat kinders se nuuskierigheid geprikkel word en hulle met verkeerde goed begin eksperimenteer wat tot voorvalle soos die onlangse swaardaanval by ’n skool kan lei,” het dié pa gesê.

In die hoofstuk in gr. 11-leerlinge se handboeke wat aan Beeld beskikbaar gestel is, verskyn ’n gebed aan Satan, ’n breedvoerige uiteensetting oor die kerk van Satan as organisasie, ’n getrouheidseed wat aan Satan afgelê kan word, die “wette en reëls” van die kerk wat gehoorsaam moet word, die hoofrigtings van Satanisme, verse uit die satanistiese bybel, sowel as al die kentekens en waarvoor dit staan.

Die ouer het gesê skole is met “uiters gevaarlike dinge” besig as hulle kinders hieraan blootstel. “Wat my betref, is dit onverantwoordelik. Ek het nie ’n probleem as daar in ’n les verduidelikend na Satanisme verwys word nie, maar om dit in soveel diepte te behandel is onaanvaarbaar.”

Mnr. Gallie Maré, hoof van die skool, het gesê dié inligting is in handboeke en op die internet tot almal se beskikking. “Ons het al die gr. 11’s en ’n predikant wat in die onderwerp onderlê is, bymekaar gekry om die ingewikkelde gedeelte van die kurrikulum aan hulle te verduidelik en hulle die nodige leiding te gee.”

Volgens Maré is leerlinge elke dag aan gevare blootgestel en moet hulle toegerus word om dit te kan hanteer.

Verskeie ander skole wat Beeld genader het, soos die Hoërskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Die Anker in Brakpan en die Hoërskool Tuine in Pretoria-Wes, het gesê hulle gee geen aandag aan Satanisme in hul lewensoriëntering-leerplan nie.

Mnr. George Nel, hoof van Die Anker, het gesê al sal dit in die leerplan wees, sál die skool dit nie aanbied nie.

’n Woordvoerder van die Hoërskool Tuine het gesê die skool se uitgangspunt is dat ’n fyn streep getrek moet word by leermateriaal wat kinders kan verwar. Prof. Kobus Maree, opvoedkundige sielkundige van Pretoria wat gereeld met adolessente werk, meen in die lig daarvan dat kinders vandag aan allerlei dinge op MXit, die internet, in winkelsentrums en ander media blootgestel word, is dit eintlik noodsaaklik dat hulle ’n “opvoedkundige regstellende perspektief” op iets soos Satanisme kry.

“Of ouers dit nou wil weet of nie, hul kinders kom daarmee in aanraking en dit is beter dat hulle die regte inligting kry. Ouers behoort self ook inligting te kry sodat hulle hul kinders se vrae kan beantwoord.”

Mnr. Panyaza Lesufi, onderwyswoordvoerder in Gauteng, het gesê ’n taakspan sal ondersoek instel.

“Die departement is daartoe verbind om enige vorm van Satanisme in skole uit te roei en moedig dit nie aan dat leerlinge daaraan blootgestel word nie. As dit aanstootlik is, sal dit verwyder word.”

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2384513,00.html

Vlamme
29 Aug 2008, 10:46
Die prentjie lyk maar na gemors.

Maar hoe op aarde kan hulle satanisme op skool vir kinders leer? Dit is 'n skande en mense moet streng protes maak teen dit.

wasklip
29 Aug 2008, 12:10
Ek het eenkeer n storieboek gelees.Eers halfpad deur die boek besef dit is uit en uit n sataniese boek het die boek toe gemaak en sommer tussen my ander boeke geplaas.Van daardie dag af het ek nagmerries gehad en alles in my lewe het begin verkeerd loop.Een nag was ek baie moedeloos en het vir die Here gevra wat gaan aan.Dit het tot my gekom dat die die boek is.Het onmiddelik opgestaan die boek gesoek,uitgegaan na buite en die boek stukkend geskeur,sodat geen ander mens dit in die hande kon kry nie.En dit weggegooi in een van daardie groot vuilgoed bakke.

Terug by de huis het ek onmiddelik vir die Here gevra om my en my huis skoon temaak.Daardie was die eerste nag wat daar weer rus in my huis was en my lewe het weer verbeter.

Nou loop die kinders met die boeke in hulle tasse rond en dit is elke dag naby hulle.As ek die kinders is vernietig ek daardie boeke en alle aantekeninge wat daaroor gemaak is en bid dat God hulle sal skoonmaak.

Ouers moet weier dat n kind na daardie skool gaan waar daardie tipe lesse aangebied word.Skole moet dit verwyder uit die handboeke en geheel en al uit hulle skole.Bid dat God die skool sal skoon maak en die kinders en onderwys personeel sal skoonmaak van die boosheid.

Hou julle oe op Jesus.:)

Vlamme
29 Aug 2008, 12:38
Ek het eenkeer n storieboek gelees.Eers halfpad deur die boek besef dit is uit en uit n sataniese boek het die boek toe gemaak en sommer tussen my ander boeke geplaas.Van daardie dag af het ek nagmerries gehad en alles in my lewe het begin verkeerd loop.Een nag was ek baie moedeloos en het vir die Here gevra wat gaan aan.Dit het tot my gekom dat die die boek is.Het onmiddelik opgestaan die boek gesoek,uitgegaan na buite en die boek stukkend geskeur,sodat geen ander mens dit in die hande kon kry nie.En dit weggegooi in een van daardie groot vuilgoed bakke.

Terug by de huis het ek onmiddelik vir die Here gevra om my en my huis skoon temaak.Daardie was die eerste nag wat daar weer rus in my huis was en my lewe het weer verbeter.

Hou julle oe op Jesus.:)

Dit is pragtig Wasklip, - ek het einklik vergeet om dit te se op my ander pos. 'n Mens moet eers ontslae raak van alle onheilige dinge in die huis. Baie goed dat jy dit opbring. Nadat ek dit gedoen het, het ek die olie in die huis gebruik om dit te verseel.
M.a.w. eers heilig 'n mens die huis en dan verseel 'n mens dit.

Groete vir jou

HEINRICH MULLER
29 Aug 2008, 20:29
waar kan ek die DVD "MAAK JOU HUIS SKOON " kry? ek dink daars baie goeters in ons huise waarvan ons nie eers weet van nie wat bindinge op ons huwelike en huise plaas.

Gerrit13
30 Aug 2008, 14:09
waar kan ek die DVD "MAAK JOU HUIS SKOON " kry? ek dink daars baie goeters in ons huise waarvan ons nie eers weet van nie wat bindinge op ons huwelike en huise plaas.

Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie maar teen die geeste in die lug. Hoe meer kennis jy het oor geestelike oorlogsvoering hoe beter kan jy jou huis en jou gesin beskerm en die tekens raaksien waar lucifer jou aanval. Mense moet hom nie onderskat nie wat hy is magtig. Hy loop rond soos 'n brullende leeu reg om jou te verskeur.

Leef naby die almagtige God en bid elke dag vir beskerming. Moenie vir die duiwel 'n pinkie gee want hy sal jou hele arm vat.

Gerrit13
30 Aug 2008, 14:12
Satanisme is 'n werklikheid em omdat ons in sou 'n liberale samelewing lewe is dit besig om te groei. Dit is ons plig as Christene om die wapenrusting van God elke dag aantetrek en die duiwel te beveg.

Gerrit13
30 Aug 2008, 14:13
Selfs die gays wen nou sake teen die Kerk.

Gerrit13
30 Aug 2008, 14:16
waar kan ek die DVD "MAAK JOU HUIS SKOON " kry? ek dink daars baie goeters in ons huise waarvan ons nie eers weet van nie wat bindinge op ons huwelike en huise plaas.

Bid dat die Heilige Gees jou wys waar daar goed is in jou huis wat bindings op jou lewe kan hê en verbrand dit. Afrika ornamente soos beeldjies en maskers en Oosterse goed soos swaarde word in rituele gebruik. Hierdie kan alles bindings op jou en jou huis gesin sit. Vra vir beskerming en vra dat die Heilige Gees jou lei dat jy hierdie goed uit jou huis kry.

:angel7:

Gerrit13
30 Aug 2008, 14:18
waar kan ek die DVD "MAAK JOU HUIS SKOON " kry? ek dink daars baie goeters in ons huise waarvan ons nie eers weet van nie wat bindinge op ons huwelike en huise plaas.

Daar is baie boeke ook op Geestelike oorlogsvoering wat jy kan lees. Ek weet Ds. Bennie Mostert het 'n goeie boek wat jou alles sal verduidelik.

Toffie
30 Aug 2008, 14:53
Afrika ornamente soos beeldjies en maskers en Oosterse goed soos swaarde word in rituele gebruik. Hierdie kan alles bindings op jou en jou huis gesin sit.

Nee wat Gerrit. Daaraan glo ek gladnie.

Ek vrek oor "Chimes" en hier hang 'n hele paar in my tuin. Ek hoor so 'n rukkie gelede dat Bhoediste dit gebruik . Dir beteken nie ek is 'n Bhoedis of hang hulle geloof aan nie.

Gerrit13
30 Aug 2008, 17:27
Nee wat Gerrit. Daaraan glo ek gladnie.

Ek vrek oor "Chimes" en hier hang 'n hele paar in my tuin. Ek hoor so 'n rukkie gelede dat Bhoediste dit gebruik . Dir beteken nie ek is 'n Bhoedis of hang hulle geloof aan nie.

Toffie

Ek gaan jou nie probeer oortuig dat hierdie goed bindings op mens het nie. Ek persoonlik bly eerder weg van sulke goed. Rather save than sorry.

Die chimes beteken nie dat jy 'n bhoedis is nie en ek glo ook nie jy is een nie. Chimes het net 'n konektasie met die spirituele wêreld. Ek bly eerder net weg van sulke goed.

Yahred
30 Aug 2008, 19:18
Die ouer het gesê skole is met “uiters gevaarlike dinge” besig as hulle kinders hieraan blootstel. “Wat my betref, is dit onverantwoordelik. Ek het nie ’n probleem as daar in ’n les verduidelikend na Satanisme verwys word nie, maar om dit in soveel diepte te behandel is onaanvaarbaar.”

Nou daar is mos nou 'n bepaling in die grondwet t.o.v. godsdiensvryheid. Dis mos "jou demokratiese reg" om dit te gebruik en dus die bepaalde boekies te "checkers" en by die skool te gaan aflewer en hulle verbied dat jou kind/kinders deelname aan sodanige "lesse" sal hê.

Ons lewe in die NSA, jy betaal harde kontant vir skoolgelde. Jy is die kliënt en hulle die diensverskaffer so hulle sal maak soos die kliënt vra - ent van die prent!! Dis hulle wat dit moet vat of los - NIE JY NIE!