PDA

View Full Version : Nuwe BVS voorsitter



Stoffel
18 Aug 2008, 01:54
Vriende, lees aankondiging (http://boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=14914) van nuwe BVS Voorsitter.

Boeregroete,
Stoffel

Scrooge
18 Aug 2008, 07:36
Vriende,
Op Saterdag, 16 Augustus, is daar n bestuursvergadering van die BVS by Maders gehou.
Die notule van die BVS vergadering, behoort binnekort geplaas word.
Intussen is dit belangrik dat daar kennis geneem word dat Barend Pienaar Saterdagoggend as die nuwe BVS voorsitter gekies is.
Eerstens baie geluk aan Barend,Ons het volle vertroue in hom en vra dat almal hom die nodige ondersteuning sal gee.
Tweedens, baie sterkte!!
Dis voorwaar n wonderlike,uitdagende, maar uiters moeilike taak, om die Boerevolk bymekaar te maak.
Boeregroete,
Stoffel
(Ek gaan die pos in die oop forum ook plaas)
Die BVR gaan steeds aan soos by Majuba aangewys. Dis nou tyd om duidelik onderskeid tussen die BVR en die BVS te maak.
Die BVS het ten doel om fondse in te samel en om dit aan te wend tot voordeel van die Boerevolk se Vryheidstrewe.

Deur die BVS se inisiatief, het n Verteenwoordigende Volksvergadering op 9 Desember plaasgevind en die BVR tot stand gekom.

Die BVR se opdrag deur die Volksvergadering van 9 Desember 2006, soos bevestig op 21 April 2007 en 23 Februarie2008, is om:
i) Die Boerevolk op n Volksregister bymekaar te maak en
ii) Selfbeskikking vir die Boerevolk te bewerkstellig.

Boeregroete,
Stoffel


Barend, baie geluk met jou nuwe posisie, ek wens jou alle sterkte toe vir dit wat voorle. Kon nie vir `n beter man vir die vra nie.

Trekos1
18 Aug 2008, 08:13
Geluk Barend!! Sterkte met die een.

sclark
18 Aug 2008, 08:16
Baie geluk Barnie, alles van die beste voorentoe!

Yahred
18 Aug 2008, 08:28
Beste Barend,

Baie geluk.
Mag jy geseën word met die wysheid van Salomo en die geduld van Job.

Voorspoed.

Boere Staatsman
18 Aug 2008, 08:43
Barend, baie geluk met die aanstelling -sterkte me die taak wat voorle.

propatria
18 Aug 2008, 08:50
Geluk Barend, mag die God wat ons voorouers bygestaan het jou ook bystaan en lei. Ek bid dat my Vader sy hand or jou hou.

Boere Groete

verkennergroep
18 Aug 2008, 09:29
Baie Geluk Barend.yahweh Sal Jou Seen En Jou Dra Op Die Regte Pad.

Johan Nel
18 Aug 2008, 10:15
Baie geluk Barend. Gods rykste seën vir jou taak wat voorlê.

Groete
Johan en Magda

Toffie
18 Aug 2008, 11:08
Barend, baie geluk jong!

Sterkte met die groot taak!

voortrekker
18 Aug 2008, 11:24
Barend sterkte vir die taak vorentoe en onthou moenie moedeloos raak as die winde om jou begin waai nie dit is maar wat gebeur met hoe bome.

StadsJapie
18 Aug 2008, 11:28
Baie Geluk Barend

Arend
18 Aug 2008, 12:27
Baie geluk ou Barend, Jy moet nou nog net begin rugby kyk.:whiteflag

Barend Pienaar
18 Aug 2008, 13:33
Dankie julle vir dit.Ek was regtig onder die indruk dat dit net vir die een dag was wat ek op die stoel moet sit maar na die skok van die nuus so n paar ure gelede en na n paar biere voel ek nou beter.

Al wat ek vrae is dat waar ons aksies loods en waar ons saamtrekke reel ,neem deel.

Ek was nog altyd n Boer en sal een bly.Ek is te jonk om n broeder te wees en te kwaad vir die broeders.
Ek behoort aan die AP kerk Nylstroom ,is gebore en getoe in die ng kerk en daar uit in 1988.

My standpunt is eenvoudig.

ONS BOERE SAL WAAR ONS KAN, OPSTAAN EN LANDSWYD WEER VIR ALMAL WYS DAT DAAR MET ONS REKENING GEHOU MOET WORD.

HOOG DIE VIERKLEUR.
VRYHEID VIR ONS KINDERS.
ONS GOD EERSTE.

voortrekker
18 Aug 2008, 14:06
Sterkte met die werk wat voorle onthou die wind gaan nou begin waai jy is mos nou n hoe boom.

witbrood1
18 Aug 2008, 14:31
Barend, baie sterkte met jou werksaamhede vorentoe. Ek ken jou nie persoonlik nie maar kan aflei uit jou poste hier op die forum dat jy iemand met karakter is. Sterkte!!

Barend Pienaar
18 Aug 2008, 16:21
Baie dankie julle en aan voortrekker en wb 1.Ek hou van wind vernaamlik as ons die reuse 4 kleur open en die wind waai hom.

Kom kyk aub op die 11 de Oktober weereens na die geskiedkundige opening.
Ek wil graag al ons lede, gaste uitnooi na die dag.Die dag sal weer vir jou trotsheid en vuurheid gee om met die stryd aan te gaan.

jjgsmith
18 Aug 2008, 16:50
Barend Pienaar

Baie geluk met jou verkiesing in hierdie baie belangrike amp. Sekerlik is jy die regte man vir die regte pos.
Mag hierdie groot taak jou tot groot hoogtes dryf
Gerhard Smith

Trekos1
18 Aug 2008, 16:50
:laughing1Kort ronde bome word ook deur die wind rongeruk!

Die kruks van die saak is, as 'n boom se wortels goed gevestig is, kan die winde maar waai...die boom sal bly staan.

Jy praat nou so oor die 11de, die Afrikaner het via radio Pretoria
die vlag se opening geadverteer. Daar in jou area vang jy dit seker nie op nie. E-pos my asb die artikel, hier kry ek nou weer nie die Afrikaner nie.

Barend Pienaar
18 Aug 2008, 16:55
[QUOTE=Edwin Leemans;202810]:laughing1Kort ronde bome word ook deur die wind rongeruk!

hehehehehehehehehehe!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!:rofl2: :rofl2:

Kantoor Tannie
18 Aug 2008, 18:18
Baie geluk Barend, of moet ek liewer se sterkte! Ek weet jy sukkel maar soms so bietjie met ons ou klompie, maar jy is die regte man vir die werk.

nieuwoudtrl
18 Aug 2008, 18:26
Baie geluk Barend, hou die stuur vas en laat die wind die syle werk.

Jy is nie aleen nie, daar is baie van ons om jou te help in jou taak. Praat net.

Barend Pienaar
18 Aug 2008, 20:51
Dankie julle ek waardeer en gaan verseker op almal se knoppe druk.Ek wil baie graag die poste uitbrei op die BVS.Ek moet net gou die grondwet weer gaan "opswot".Daar is plek vir 7 lede waar daar nou net 5 posisies beklee word.

Daar is verseker plek vir mense.

SAF-Scorpion
18 Aug 2008, 21:01
geluk Barend en alle sterkte.

Witleeu
18 Aug 2008, 21:02
"we Call On Old Barend To Type Us A Song....type Us A Song!!! We Call On Old Barend To Type Us A Song...type Us A Song!!!!!!!!!!"

Geluk Barend Maat!

Witleeu
18 Aug 2008, 21:04
"we Call On Old Barend To Type Us A Song....type Us A Song, Type Us A Type Us A Type Us A Song...."

Barend Pienaar
18 Aug 2008, 21:26
Dankie julle ek waardeer.Ai Wl die getikkery.


Ken jy die Volk vol heldemoed
en tog so lank verkneg
Hy het geoffer goed en bloed
vir Vryheid en vir reg
Kom burgers! laat die vlae wapper
Ons lyding is verby
Roem in die sege van ons dapp'res
'n Vrye volk is ons
'n Vrye volk
'n Vrye volk
'n Vrye,Vrye volk is ons.

Paul
18 Aug 2008, 21:54
Gee hom gas kwagga!!! Alles van die beste Barend!

Waarmaker
19 Aug 2008, 14:02
Baie geluk met die aanstelling Barend.

Ek sal graag wil weet waar die vergadering verkondig is, ek het nie geweet daar is vergadering nie.

vanAswegen
19 Aug 2008, 17:11
Baie geluk en sterkte vorentoe hierso vanaf Germiston, Barend! Ons het nog nie ontmoet nie maar wie weet dalk sien ons mekaar in die nabye toekoms en dalk nog by die Pretoria skou op 11 Oktober.
Mens kan sien uit jou poste hier op boerevryheid dat jy die regte een is vir hierdie besondere taak. God seeninge vorentoe!

DuP du Plessis
19 Aug 2008, 17:37
Goeiedag Barend,
Baie geluk met jou verkiesing as voorsitter, mag die God van die Boerevolk jou toerus vir die taak en mag die volk wat jy dien se ondersteuning daardie taak ook ligter maak.
Boeregroete,
DuP.

vanAswegen
19 Aug 2008, 18:32
Baie geluk en sterkte vorentoe hiervanaf Germiston, Barend!
Ons het nog nie ontmoet nie maar sal seker in die nabye toekoms (wieweet dalk by die skou 11 Oktober)
Mens kan sien in die lees van jou poste dat jy uitgeknip is vir die taak.
Welgedaan!
:)

LID 5876
19 Aug 2008, 23:08
Baie geluk met die aanstelling. Maar nou verstaan ek nie lekker nie. Barend is op die BVR. Mag hy dan ook in die BVS diens doen? Soos ek verstaan met wat ek al gelees het, is dit twee verskillende rade. Ek vra maar net om n beter insig te kry.

Dankie

Max
19 Aug 2008, 23:28
Barend baie geluk!

Ek hoop jy het daardie bier geniet want van hier af aan gaan jy "calmettes" nodig he!! Hehehe.
Op n meer ernstige noot: Die God van die Boerevolk sal jou en almal wat saam met jou werk lei. Julle sal n sukses hiervan maak.
En ook baie geluk aan jou gesin. Hulle ondersteun jou geweldig in dit waarin jy glo en doen. "Agter elke suksesvolle Boer staan n Boervrou wat verstaan"

BOERLANDER
21 Aug 2008, 11:24
Baie geluk met die aanstelling BAREND. Lekker werk nou. :rofl:

Barend Pienaar
21 Aug 2008, 13:50
Baie dankie julle.Hierdie leisels is vasgevat nou gaan ons vorentoe.