View Full Version : Peper sproei
Kantoor Tannie
14 Jul 2008, 12:35
Ek sit nou al die afgelope week en dink watter tipe selfverdedigings middels/voorwerpe kan ek vir my kinders aanskaf. Dit is ongelukkig so dat hulle nou so iets sal moet begin dra, en mens kan nie heeldag by hulle wees nie. 'n Mes is vir my buite die kwessie, want dit kan maklik by hulle afgeneem word.
ek oorweeg peper sproei, maar is nie seker hoe werk dit nie, en hoe effektief dit is nie. Is daar enige iemand met raad?
Ria Graaff
14 Jul 2008, 13:17
Ek en my meisiekind het elkeen peper sproei. My vinger het al 'n hele ruk gebrand om die ding te toets en Vrydag was ek in 'n avontuurlistige bui. Ek het dit so in die loop regvoor my gespuit. (asb. tog sorg net dat die wind van agter af is en nie van voor soos Vrydag nie.:icon_wtf:) Ek het die wit wolk gelukkig gesystap maar die ousie agter ons het reg in dit ingeloop. Ons was al om die hoek toe hoor ek haar nog nies.:rofl2:
Ria
Kantoor Tannie
14 Jul 2008, 13:21
Werk dit maklik? Sal 'n kind met bewerige vingers(van skok) dit maklik kan gebruik? ek wil ook graag weet hoe lank hou dit, en hoeveel keer kan mens daarmee spuit.
Trekos1
14 Jul 2008, 13:33
Pepersproei is maar die beter oplossing. As die boosdoener so naby aan jou kind kom dat hy met pepper gespuit kan word, is jou saak sterker om nie as 'n rasis uitgejou te word nie.
Wapenwinkels en sekuriteitsfirmas het van hulle. Kos vanaf R40.00. Klein genoeg om in jou sak gedra te word. Asmalyers moet dit egter nie met hul pompies verwar nie. Hulle is dieselfde grootte.
Ek self het ook al hieroor gewonder.Maar te bang die goed werk nie.
Nou hoe lank kan jy so sproei hou voor dit nie meer effektief is nie?
Ossewa Brandwag
14 Jul 2008, 14:12
Ek weet nie hoe lank n mens die sproei kan hou nie maar dit is effektief. En en my vriende het eenkeer net n bietjie gespuit. Dit brand nogal n mens se oe,keel en neus. En glo my ons kon vir n uur omtrent nie asem kry nie. En dit het vir lank aan gehou. Ek sal nie weer met so iets speel nie. Maar met die nuwe wet wil hulle verbied dat n mens wel pepersproei dra. Sê dit skend die aanvaller se mense regte. Selfs ketties , slingervelle en messe gaan geban word in openbare plekke. Ek weet nie hoe hulle dit gaan toepas nie.

Nou waarmee verwag hulle moet ons dames ons mee beskerm?
Ek praat nou van myself as ek se.Ek weet nie wat ek dalk eendag gaan doen as iemand my vasdruk nie want my bors trek so toe dat skree is nie eers 'n opsie nie!!
Ek het my vrou se Peper Sproei op my buurman se honde wat so aanhoudend blaf gebruik.:angel7: Dit het vir 'n rukkie goed gewerk, maar toe begin hulle weer blaf.:icon_wtf:
Littleimpi
14 Jul 2008, 14:19
Veiligheid vir die Suid-Afrikaanse huisvrou en haar familie
Suid-Afrika se misdaad statistieke is skokkend.
Dit is hoekom dit belangrik is dat ons familie veiligheid n prioriteit moet maak.
Hierdie webwerf is geloots om veiligheid en sekuriteit makliker te maak vir die huisvrou en haar kinders.
Bespreek veiligheid met jou familie
Laat almal insluitende ouer kinders saam gesels oor hulle vrese en wat hulle dink die huis nodig het om hulle veiliger te maak en laat voel.
Algemene veiligheids maatreëls moet neergele word
1. Voordeure word onder geen omstandighede oopgemaak vir vreemdelinge nie.
-> praat deur die deur en stel eers vas of jy besigheid het met die vreemdeling
- bv n posman wat n posstuk aflewer
-> iemand wat vir kos of geld of werk vra - maak jy nie die deur voor oop nie
2. Voordeure word nie deur kleiner kinders oopgemaak nie, misdadigers kan jong kinders maklik mislei of inligting by hulle bekom.
2.b Sleutels word nooit in deure gelos nie, hang die sleutels buite bereik van deure en vensters.
3. Jong kinders moet nie die telefoon antwoord nie, want hulle is te jonk en kan mislei word om inligting uit te gee.
4. Tieners wat smiddae alleen na skool by die huis is , moet in die gewoonte kom om deure toe te hou, veral as daar gefliek word of harde musiek gespeel word, want die kind sal nie eens bewus wees daarvan as misdadigers ingekom het nie.
5. Tieners wat in die publiek moet rondbeweeg of stap moet altyd paraat wees.
Hier volg n paar vrae wat tieners as standaard moet toepas:
- wie loop agter my?
- daar kom n groep mans wat my ongemaklik laat voel
- daardie persoon lyk verdag
- dis te donker om nou na my vriend toe te stap
- het my selfoon krag om huistoe te bel ingeval van nood
- moenie my ipod/mp3/selfoon/geld in die publiek wys nie
- gebruik selfoon op veilige plekke
- moenie my ipod/mp3 speler so hard speel dat ek niks kan hoor nie
- hoekom kyk daai ouens my uit?
- ek beter aan die anderkant van die pad stap
- die straat lyk te donker
- wie's daai vreemdeling in ons straat?
6. Tiener dogters, moet veral paraat wees en bewus gemaak word daarvan dat misdadigers veral vrouens as sagte teikens sien.
- dogters moet veral paraat wees soos hierbo in punt 5 beskryf
- jonger dogters word nie deur ooms, oupa's of mansvriende gebabysit nie
- dogters is teikens veral vir seks misdadigers
- dogters stap nooit na donker iewers heen nie
- dogters moet bewus wees daarvan dat hoë hakke en/of kort rompe of kort toppies en baie lae broeke uitloklik kan wees vir seks misdadigers en dronk mans
- dogters dra nie hoë hakke as hulle ver moet stap nie, dan het hulle geen kans om weg te hardloop in n nood situasie
- dogters/alle tieners moet verkieslik per motor deur ouers afgelaai en gaan haal word, moenie te lui wees om jou tieners te vervoer vir sosiale geleenthede nie, hulle het die reg om sosiaal te verkeer
- ouer tiener dogters moet peper sproei in hulle handsakkies dra of verkieslik in hulle hand vashou as hulle alleen iewers moet stap
7. Die husivrou wat bedags alleen is terwyl kinders skool toe is
- hou deure, patiodeure, skuifdeure toe, terwyl jy huiswerk doen
- as jy in die voorste deel van jou huis werk, maak seker die agterste of kant deure is toe gesluit
- as jy op die stoep of in die tuin sit of werk, maak seker die res van die huis se deure en venster is toe
- as jy in die area by jou agterdeur werk of ontspan, maak seker die voordeur en/of kantdeure is gesluit
- moenie die voordeur oopmaak vir vreemdeling nie, praat deur die deur
- as jy ontspan voor die tv, sluit eers die hele huis.
- moenie al die vensters en patiodeure oopmaak en dan ontspan nie, maak net oop in die vertrek waar jy is indien nodig.
- moenie op warm somersdae jou hele huis oopmaak en langs die swembad area gaan ontspan nie, hou eerder die dele van die huis waar jy nie gaan ontspan nie se vensters/deure toe, en maak net die deure en vensters by die swembad area oop.
- wees paraat wanneer jy in-en-uit jou motor klim voor of na inkopies
- wees oor die algemeen paraat en ken die klanke van die buurt en jou huis
- hou peper sproei in jou kombuis of slaapkamer of by jou in die area waar jy werk of ontspan
- as jy na donker moet ry, hou die peper sproei binne bereik langs jou in die motor
- maak blindings en gordyne na donker toe sodat misdadigers nie in die huis kan sien nie
- as jy die huis moet verlaat bedags, hou n radio of tv se klank aan
- as jy saans weg is van die huis af, skakel buite ligte aan en een of twee ligte in die huis en hou jou tv ook aan.
Ekstra veiligheid
- alarm stelsel
- veiligheids tralies
- veiligheids hekke
- honde slaap in die huis saans
- buite ligte saans aan
- een of twee ligte aan in die huis terwyl jy slaap
- peper sproei langs bed saans
- selfoon langs bed saans
- paniek knoppie
- buurt wag
- noodnommers opgeplak
- veiligheids kamera
- loergaaitjie in deur
Nog Top Wenke
Stap om jou huis en kyk waar kan n dief inkom
Onthou diewe gebruik soms klein maer kinders om in te kom, so selfs klein vensters is nie veilig nie
Stap in die donkerte om jou huis en kyk waar kan mense insien
Moenie gereedskap of n leer buite los nie, pak dit weg, want diewe kan dit gebruik om mee in te breek
Moenie kameras, selfone, handsakke en laptops voor oop vensters sit nie, al is daar tralies
Moenie saans vensters ooplos nie, al is daar tralies, diewe kan tralies saag of breek, maar glas wat breek maak n groot geraas
Sommige skuifdeure kan maklik van spore af gelig word, slaan n spyker in die regte plek sodat diewe dit nie kan lig nie
Plant doringplante by vensters of mure
Verwyder bosse by vensters en jou inrit wat as wegkruip plekke deur kriminele gebruik kan word
Moenie wasgoed oornag op die draad los nie, dit daag diewe uit
Wees bewus wanneer werkers, bouers en tuiniers in die area werk
Hou tuinhekke toe. Sluit kelder en dakdeure.
Moenie kleingeld, beursies, klere, ipods of enige iets in jou motor los nie
Hou jou posbus leeg
Besoek die lys van webwerwe om meer inligting oor sekuriteit en veiligheid te lees
Citizens Against Crime
SA Polisie Tips
ADT burglaries tips
Maxidor crime hints
No nonsense home security
Protect your home from burglars
Geskryf deur Cynthia Gertenbach, veiligheids bewuste huisvrou van Kaapstad.
Indien jy n goeie wenk het, e-pos my te info@heksie.com, ek sal dit hier plaas.
http://www.heksie.com/huisveilig/
Ja ek weet bogenoemde maatreels is belangrik.
En ek self probeer regtig baie hard om dit toe te pas om meeste van tye.
Maar as vrou alleen na hulle in elk geval verby die reels gekom het
WAT KAN JY REGTIG DOEN??
Ek dink net bid.
Kaptein Hempel
14 Jul 2008, 15:24
Ek gaan binnekort klasse aanbied vir almal wat belangstel, diegene wat dit wil oorweeg om te begin kan my PM. Die kursusse wat ek sal aanbied sal soos volg wees: Basiese en Gevorderde Self Verdediging... "Anti-Rape, Anti Hi-Jacking, Anti-Mugging en Amorous Advances ens... Asook hoe om die algemeenste voorwerpe tot jou beskiking te gebruik.
Indien iemand van 'n lokaal (Dojo / Saal) beskik sal dit waardeur word. Ek sal my pryse billik hou indien daar genoeg mense is wat sal bywoon.
Minimum persone per klas 20.
Boere Groete
Kaptein Hempel
Kantoor Tannie
14 Jul 2008, 15:27
Die klasse klink baie interrisant. Ek sal hoor hoeveel mense ek kan kry vir die klasse, maar sover is ons 3.
HI daar in watter omgewing . Stel belang,
soldaat
14 Jul 2008, 17:07
Daar is nou ook alarms sisteme wat in die huis kan gemonteer word, wat peper gas sprei sou die alarm afgaan. Dit kan ook gekoppel word aan 'n paniek knoppie, so sou u deur 'n terroris aangeval word, en u het kans om die paniek knoppie te druk, sal die peper gas afgaan. Enigste nadeel is jy sal self ook onder die peper gas lei, maar dit sal verseker vir u 'n beter kans gee om weg te kom, en die terroris ook te stol , as ek dit so mag noem. Ek weet Absa bank gebruik hierdie stelsel.
Crystal
14 Jul 2008, 18:54
Kantoor Tannie, as jy pepersproei koop, moet NIE by 'n vlooimark koop nie. Hulle verkoop nagemaakte gemors aan jou. As jy in Pretoria woon, in Brooklyn Mall is 'n klein plekkie wat die regte pepersproei verkoop. As jy met die roltrappe opgaan en jy draai regs sal jy dit sien. Ek kan nie onthou wat die winkel se naam is nie, my geheue laat my in die steek. Daar werk blanke mans wat jou baie goeie advies kan gee. Ek het myne daar gekoop en hou dit altyd byderhand.
Hornett
14 Jul 2008, 19:07
Ek het my vrou se Peper Sproei op my buurman se honde wat so aanhoudend blaf gebruik.:angel7: Dit het vir 'n rukkie goed gewerk, maar toe begin hulle weer blaf.:icon_wtf:
Jy praat so ek het 'n buurman wat lief is om DIEP in die bottel te kyk en dan 2uur 3 uur in die ogend sy musiek so hard speel dat almal dit kan hoor, poliese kon of wou niks doen omtrent di saak nie toe leen ek so 3 spruitjies vir hom en siedaar.......... hulle het buite die huis gestaan en nies en hoes vir 2ure lank alle probleme opgelos.
Dit werk defnitief maar glo my ek het ook afgetjop.
KYK WATTER KANT WAAI DIE WIND!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!:director::rofl2:
Kantoor Tannie
14 Jul 2008, 19:13
Dankie Crystal. Ek sal sommer die naweek soontoe gaan.
Barend Pienaar
14 Jul 2008, 19:22
Pepersprooie kan ook in die Kolonade winkelsetrum reg lans dions verkry word.
Blanke personeel en baie vriendelik.
Ek persoonlik dink dat n mes n beter metode is maar dan moet die kind geleer word om dit te gebruik.
Spyderco messe werk baie goed vir die tipe verdediging.Ek het al in die verlede sprinkane getakel met pepersproei maar hulle kom nog.
Man in Bruin
14 Jul 2008, 20:58
Wat ook goed werk is die traangas wat die SAPD gebruik. Ek het 'n blikkie by een van my vriende wat in die polisie is gekry, duck tape om dit gedraai, sodat dit nie kan deur skaaf nie en ry dit in die rakkie in my motor se deur.
Sê my gou hoe effektief is SWAT pepergas.. My pa het dit vir my gekry na ek 'n stalker probleem gehad het en steeds het...
BOERLANDER
14 Jul 2008, 21:08
Sê my gou hoe effektief is SWAT pepergas.. My pa het dit vir my gekry na ek 'n stalker probleem gehad het en steeds het...
Dan druk jy hom in waar die son nie skyn nie en laat waai volstoom. Hy sal jou nooit weer pla nie.
Kantoor Tannie
14 Jul 2008, 21:10
Kry mens nie pepersproei met wit verf in nie! Van daardie soort wat nie kan afwas nie?
Jy praat so ek het 'n buurman wat lief is om DIEP in die bottel te kyk en dan 2uur 3 uur in die ogend sy musiek so hard speel dat almal dit kan hoor, poliese kon of wou niks doen omtrent di saak nie toe leen ek so 3 spruitjies vir hom en siedaar.......... hulle het buite die huis gestaan en nies en hoes vir 2ure lank alle probleme opgelos.
Dit werk defnitief maar glo my ek het ook afgetjop.
KYK WATTER KANT WAAI DIE WIND!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!:director::rofl2:
"Party pooper"!!!!!!
Jou buurman.
Bosperd
14 Jul 2008, 21:19
Ek was self al lus om my buurman met iets te gooi! So welgedaan Hornett. As ek peper sproei gehad het, sou ek dit sekerlik gebruik het vir daardie dekselse vier wiel motorfiets wat heeldag op en af gery word van 6uur die oggende tot 8uur saans!
Dan druk jy hom in waar die son nie skyn nie en laat waai volstoom. Hy sal jou nooit weer pla nie.
MOOOI dis wat ek wil hoor. Dankie Israeliet. Volgende keer gaan hy bars dubbel en dwars.... :rofl2:
DieMerker
14 Jul 2008, 22:13
SWAT en Liquid Bullet is uiters effektief. Solank die dryfmiddel (gas wat dit uitspuit) uithou sal dit werk (gemiddelde raklewe van 5 jaar of meer). Die rooirissie bestandeel verdof nooit.
Die gebruik is eenvoudig en ekself het dit al in verskeie situasies gebruik om uit die moeilikheid te bly (van honde wat wil byt tot padwoed en een roofpoging). Dit stuit enig aanvaller in sy spoor. Dit maak nie dood nie en los geenletsel en sal iemand buite aksie plaas vir minstens 10 minute.
Die gebruiker mag self sproei in die oog kry a.g.v. wind en ander faktore, maar selfs al het beide partye tranende oë word die situasie ontlont in meeste gevalle. Dit is kompak en wettig, maar leer die kinders dat dit nie 'n speelding is nie. Ek weet van 'n geval waar kinders gespeel het by die skool met hul pepper gas en toe een dit moes gebruik was dit leeg.
Bosperd
14 Jul 2008, 22:15
SWAT en Liquid Bullet is uiters effektief. Solank die dryfmiddel (gas wat dit uitspuit) uithou sal dit werk (gemiddelde raklewe van 5 jaar of meer). Die rooirissie bestandeel verdof nooit.
Waar koop mens dit?
Waar koop mens dit?
My pa het myne by Kloppers gekoop vir R95.
Kaptein Hempel
14 Jul 2008, 23:45
Ek woon in Pretoria. Indien verdere inligting verlang word Pm my gerus.
Boere Groete
Kaptein Hempel
Kaptein Hempel
14 Jul 2008, 23:50
Wil net gou byvoeg, Indien daar genoeg belangstelling in ander streke is sal Ek daarnatoe gaan om 'n naweek Seminaar aantebied.
Laat weet gerus.
Boere Groete
Kaptein Hempel
Waar koop mens dit?
Koop dit by Kollonade of Brooklyn Mall se sekuriteits winkels.
Swat werk goed, is die R165 se moeite werd.
Wil net gou byvoeg, Indien daar genoeg belangstelling in ander streke is sal Ek daarnatoe gaan om 'n naweek Seminaar aantebied.
Laat weet gerus.
Boere Groete
Kaptein Hempel
Klink goed ons moet regtig meer gesels ek is in die oosrand (Brakpan).Ek weet nou ongelukkig net nie waar en wanneer om so iets te hou nie.Maar is seker ek kan 'n paar dames by mekaar kry wat dalk sal belangstel.
Kaptein Hempel
15 Jul 2008, 20:17
Stuur asseblief vir my dan 'n lys van wie belang stel en watter areas, kyk dan vir 'n sentrale punt waar daar genoeg ruimte is. Private Message my.
Boere groete
KH
Gerrit13
15 Jul 2008, 20:31
SWAT en Liquid Bullet is uiters effektief. Solank die dryfmiddel (gas wat dit uitspuit) uithou sal dit werk (gemiddelde raklewe van 5 jaar of meer). Die rooirissie bestandeel verdof nooit.
Die gebruik is eenvoudig en ekself het dit al in verskeie situasies gebruik om uit die moeilikheid te bly (van honde wat wil byt tot padwoed en een roofpoging). Dit stuit enig aanvaller in sy spoor. Dit maak nie dood nie en los geenletsel en sal iemand buite aksie plaas vir minstens 10 minute.
Die gebruiker mag self sproei in die oog kry a.g.v. wind en ander faktore, maar selfs al het beide partye tranende oë word die situasie ontlont in meeste gevalle. Dit is kompak en wettig, maar leer die kinders dat dit nie 'n speelding is nie. Ek weet van 'n geval waar kinders gespeel het by die skool met hul pepper gas en toe een dit moes gebruik was dit leeg.
Ek sal ook SWAT aanbeveel. Een van my vriende was op 'n stadium een van die verspreiders van die produk. Sodra jy gespuit word gaan jou liggaam in skok in. :icon_spri
Koning Dawid
15 Jul 2008, 21:29
Nou waarmee verwag hulle moet ons dames ons mee beskerm?
Ek praat nou van myself as ek se.Ek weet nie wat ek dalk eendag gaan doen as iemand my vasdruk nie want my bors trek so toe dat skree is nie eers 'n opsie nie!!
Ag spookie glo my. Jy fluister net scrooge en daai ou hardloop klaar:rofl2:
Koning Dawid
15 Jul 2008, 21:37
Dag almal. Wil nie nou in julle pap akkies nie. Voormalige AWB Genl. Barend Mostert is nou al by die 6de hof saak verby. Hy is aangekla op die besit van traangas (SWAT Pepper gas). Springs inteligensie eenheid hanteer die saak. Wees asb versigtig, want as jou vel wit is het jy nie reg tot self verdediging nie.
Kry eerder van die shock stokkies vir r300 lang die pad . Maak blou electrisie straal en werk slegs as jy die knoppie druk en kan maklik om die gewrig gedra word. Neutraliseer verdagte vir +- 10 min wat jou kans gee om weg te kom. Ek gaan vir my dogter een kry as sy 16 word.Die oorlog sal dan hoopenlik verby wees maar jong boerseuns sal op die werf wil kom le.
Gerrit13
16 Jul 2008, 08:51

SWAT is so sterk dat sodra jy iemand met dit gespuit het jy dit by die Polisie moet aanmeld. Ek stel dit nogsteeds voor want dit is klein en kompak maar slaan 'n harde hou. Die probleem met die shock stok is dat jy tot teenaan die aanvaller moet kom. Ek sien Kpt Hempel gaan klasse gee. Gaan doen dit. Jy word geleer om dit reg te hanteer en selfs teen 'n groep te gebruik.
Dag almal. Wil nie nou in julle pap akkies nie. Voormalige AWB Genl. Barend Mostert is nou al by die 6de hof saak verby. Hy is aangekla op die besit van traangas (SWAT Pepper gas). Springs inteligensie eenheid hanteer die saak. Wees asb versigtig, want as jou vel wit is het jy nie reg tot self verdediging nie.
Kry eerder van die shock stokkies vir r300 lang die pad . Maak blou electrisie straal en werk slegs as jy die knoppie druk en kan maklik om die gewrig gedra word. Neutraliseer verdagte vir +- 10 min wat jou kans gee om weg te kom. Ek gaan vir my dogter een kry as sy 16 word.Die oorlog sal dan hoopenlik verby wees maar jong boerseuns sal op die werf wil kom le.
Kan Jy vir my min of meer se waar ek n skok stok kan kry vir daai prys
Pendoring
16 Jul 2008, 12:42
As jy 'n 'protter' (?) kry, kry een wat sal maak dat die aap sy naam en ma vergeet. Sodoende gaan die ding so stink dat niemand hom ook wil help nie. Indien jy nou regtig gelukkig is het die voorval in pad plaas gevind en die astrok trap hom !!
Ek praat nou bietjie nonsens maar dit is uit moedeloosheid uit dat ons NIKS mag doen -volgens nsa wette-om ons en ons kinders te beskerm en nie moeilikheid te kry nie.
Koning Dawid
16 Jul 2008, 13:51
Kan Jy vir my min of meer se waar ek n skok stok kan kry vir daai prysHier by Carnival City en Carnival Mall se robotte hier in Brakpan.
Kry eerder van die shock stokkies vir r300 lang die pad . Maak blou electrisie straal en werk slegs as jy die knoppie druk en kan maklik om die gewrig gedra word. Neutraliseer verdagte vir +- 10 min wat jou kans gee om weg te kom. Ek gaan vir my dogter een kry as sy 16 word.Die oorlog sal dan hoopenlik verby wees maar jong boerseuns sal op die werf wil kom le.
:rofl:
KD kry vir jou `n goeie haelgeweer en vir haar `n skokstok en pepper spray!!!!!
Maak seker as julle wel die "skokstok" roete gaan dat dit `n baie goeie een is.`n Pel van my het vir sy vrou een gekoop en nadat hy die ding vir my gewys het het ek hom vertel dis gemors en ek glo nie dit sal haar help in `n noodgeval nie.Om my punt te bewys het ek gese hy kan my scock met die ding,lang storie kort die ding byt maar dit is regtig nie genoeg om `n aanvaler te stuit nie!
In terme van peper sproei die volgende:
Indien die regte maak gekoop word, is dit baie effektief.
In terme van selfverdedigingswapen is dit die ENIGSTE Less-than-Lethal wapen waar die skurk jou nie na die tyd kan hof toe sleep nie, omdat daar geen fisiese merk of teken op hom is om te bewys dat jy hom/haar seergemaak het nie. Dit is nou waar daar nie getuies is nie.
Dit is bewys dat 'n persoon met pistool of revolver, wat gereeld oefen en weet hoe om dit wapen te gebruik, 'n 65% kans het om 'n aanvaller te stop wat in sy huis op hom afgepyl kom met 'n asbak in die hand. 'n 15 jarige skoolmeisie met die regte peper sproei het 'n 95% kans om dieselfde aanvaller te stop, indien sy net eenmaal vantevore die wapen gebruik het.
In my opinie is die enigste van die make op die mark wat ek persoonlik sal aanbeveel en gebruik SWAT is. Dis 'n swart kannetjioe met rooi geskryf - SWAT.
Elke kannetjie moet volgens wet 'n verval datum hê. Indien nie, moet dit nie koop nie. Dis die datum wat aandui ongeveer wanneer die betroubaarheid van die dryfmiddel drasties begin afneem.
'n Paar wenke:
- Moenie die peper sproei koop indien jy dit nie fisies in jou hand gaan dra of tussen jou bene in die kar nie. Geen krimineel gaan vir jou wag om die kannetjie in jou handsak te soek nie. Klip dit op die handsak se bandjie as jy dit dan nie fisies in die hand wil/kan rond dra nie.
- Koop aanvanklik 'n speel kannetjie ook saam met die eerste aankoop en speel dan daarmee, voel hoe die knoppie druk, kyk hoe ver en wyd dit sproei, ens.
- Moenie dit op jou hande kry wanneer jy daarmee speel nie, waar jy ookal vat gaan dit brand vir ten minste 90 minute, selfs nadat jy jou hande al 3 keer met seep gewas het.
- Peper sproei werk vir diere ook, soos honde. 'n Rottweiler kalmeer vir so 5 minute voor hy weer tot verhaal kom met SWAT.
- SWAT waarborg dat 'n direkte spuit in die gesig 'n volwasse man uitsit vir 45 minute. Hy lê fisies op die grond in fetale posisie, oë traan, huig na asem, skuim om die mond. Baie mans bevuil hulle broeke, omdat hulle alle beheer verloor. Peper sproei is nie grappies as jy dit in die gesig kry nie. Ek het al 'n huis ontruim vir etlike ure, nadat ek dit gedemonstreer het 10m vanaf die agterdeur en die wind dit in die huis ingewaai het.
- Moet dit ook nie in jou kar bêre nie, soos alle aerosol kannetjies gaan dit bars as dit by 50 grade kom, en dan is jy jou kar vir so 2 weke kwyt. Tensy jy goed met jou kop buite die venster kan bestuur.
Dit is definitief die beste selfbeskermingsmiddel beskikbaar vir vrouens en kinders, gegewe dit is in jou hand wanneer jy dit nodig het.
Hello Boerki
Interresant dat jy die storie oor die skokstok vertel.Ek het so n paar jaar terug by n skou met so n ding gespeel.n Man het met so n ding voor n groep mense die ding tentoongestel.Nogal indrukwekkend die blou vonke en harde klapgeleide.Die ou se die ding sal enige aanvaller onmiddelik flou op die grond laat val.Ek se toe gee die ding hier en het rustig met die ding oor my lyf en arms gespeel.Al wat die ding doen jou spiere in die betrokke area spring net kwaai maar dis al.Ek persoonlik dink n skok stok is net n foefie of skrikmaker,glad nie effektiewe manier om self te beskerming.Nog langer jare terug in die ou Hillbrow is ek in n nagklub met pepersproei gespuit in die gesig.Dit onthou ek as n bliksem,ek onthou net ek kon nie asemhaal vandag nie en buiten die seer oe ens is n direkte skoot van die goeidjies genoeg om jou al jou mamma se maniere wat sy tevergees in jou probeer inprop het te laat onthou.
subie
:rofl:
KD kry vir jou `n goeie haelgeweer en vir haar `n skokstok en pepper spray!!!!!
Maak seker as julle wel die "skokstok" roete gaan dat dit `n baie goeie een is.`n Pel van my het vir sy vrou een gekoop en nadat hy die ding vir my gewys het het ek hom vertel dis gemors en ek glo nie dit sal haar help in `n noodgeval nie.Om my punt te bewys het ek gese hy kan my scock met die ding,lang storie kort die ding byt maar dit is regtig nie genoeg om `n aanvaler te stuit nie!
Wat skokstokke aanbetref, kyk na die hoeveelheid stroom (ampere) of energie (J) wat dit gee. Die hoeveelheid volt maak nie saak nie. Hoe hoër die stroom of energie hoe beter. Die wet beperk dit egter tot 'n maksimum.
Vir interessantheid: Ek weet van ten minste een geval waar 'n man homself dood geskok het met 'n gewone voltmeter, toe hy sy liggaam se weerstand wou meet. Hy het 'n terminaal in elke duim ingedruk, onder die vel. Dit was maar 'n paar mikro-ampere. Die hart kort nie veel nie, net 100 mikro-ampere onder die vel, aan weerskante van die hart.
Die vel het 'n baie hoë weerstand. Kry dus vir jou eerder 'n skokstok met die twee punte wat fisies in die vel inskiet. Hulle is al bewys die mees effektief te wees.
Peper sproei:
Die wet laat 'n maksimum 10% oplossing van die oleoresin toe. Vervaardigers gebruik oor die algemeen 6%. SWAT is 'n baie goeie produk, maar hou maar by die verval datum. Ek was self ook op 'n tyd 'n verspreider en kan getuig dat dit nie betroubaar is na die verval datum nie. Het kannetjies wat nou 3.5 jaar oud is (18 maande oor verval datum), in koel droë plek gebêre, wat net geborrel het met aktivering, 3 na mekaar. Die oleoresin werk nog uitstekend, maar die dryfmiddel was uit.
Kan Jy vir my min of meer se waar ek n skok stok kan kry vir daai prys
Kyk by die sekuriteitswinkel in Kolonnade, hulle het nou getrek na 'n perseel langs Woolworths, by die banke.
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.