View Full Version : Sannas en mausers
witkoppen
8 Jul 2008, 10:59
Dagse,
Sover ek verstaan het die boere sannas gebruik teen die zulus, en die britte het mausers gebruik in hul oorloe.
Kan enigiemand my asb. help en verduidelik, of my wys na 'n plek wat verduidelik hoe albei van daai wapens gewerk het, of hoe daai verskillende partye werk gemaak het daarvan om dit te kan gebruik ?
dankie
witkoppen
Rooi Jan
8 Jul 2008, 11:11
'n Sanna is 'n voorlaaier. Jy gooi 'n patroon, kruit en 'n proppie in die loop en stamp dit vas met 'n laaistok. Dan kan jy skiet. Die patroon is rond en die loop het ook nie groewe nie. Dit beteken dat dit nie baie akkuraat is nie. Dit vat omtrent 'n minuut om te laai, effens minder as jy baie oefen.
'n Mauser soos deur die Boere gebruik in die Anglo Boere oorlog lyk en werk net soos 'n moderne jaggeweer, dalk effens beter. Sit patrone in die magasyn, werk die slot om oor te haal en skiet. Herhaal tot magasyn leeg is en begin voor. Die Engelse het Lee-Enfields gebruik. Jy ken dit dalk as oupa se 303.
BOERLANDER
8 Jul 2008, 11:15

Dat so n brein eendag tot niet moet gaan. Mooi uiteen gelê Rooi Jan.
witkoppen
8 Jul 2008, 11:16
dankie.
hoe lyk die patroon vir 'n sanna ?
Dertignulses
8 Jul 2008, 11:27
Die eerste geweer wat die engelse gebruik het was die Martini-Henry wat vervang is deur die Lee-Metford, wat vervang is deur die Lee-Enfield no 1 MK 3 SMLE en later die Leen Enfield No4 MK 1 en na die oorlog die no4 MK 2.
Waarmaker
8 Jul 2008, 11:44

Jy doen verseker jou naam gestand
Ek het self `n Mk 4 .303 en het al baie koedoes aan die draad in die garage laat hang met hom,self al `n klipspringer op 230m geklop.
Wat ek wou se is dat mens vandag weer voorlaaiers kan koop (nuwes) en `n mens het nie eers `n lesensie nodig vir hom nie.
Dertignulses
8 Jul 2008, 11:52
Jy doen verseker jou naam gestand
Ek het onlangs 'n No4 MK 2 in 'n jaggeweer omskep. Hy is toe so akkuraat dat ek versot geraak het op Lee-Enfield gewere en baie opgelees het oor hulle geskiedenis. MAAR my moderne CZ 550 in 30-06 bly baas!
Waarmaker
8 Jul 2008, 12:04
Ek het self `n Mk 4 .303 en het al baie koedoes aan die draad in die garage laat hang met hom,self al `n klipspringer op 230m geklop.
Wat ek wou se is dat mens vandag weer voorlaaiers kan koop (nuwes) en `n mens het nie eers `n lesensie nodig vir hom nie.
Hulle is vrek duur maar ek oorweeg nogal een (oor die lisensie ding). Jy kry rewolvers ook sonder lisensie. Laai en skiet ses skote op n slag.

Ek weet nie hoe akuraat my inligting is nie maar ek het gehoor R 1 500.00 vir een,maar praat nou uit `n ander perd se bek.Wat interesant is,is die feit dat `n mens nie `n lesensie nodig het nie,so nou wonder ek mag mens nie self een bou nie?Die ander ding wat ek wil weet is wat se die wet oor die koop van kruit?Moet mens `n lesensie/permit he daarvoor?Word mens tot hoeveelhede beperk?
vanniekerk
8 Jul 2008, 12:20
Jy moet blykbaar 'n lisensie vir kruit he.
Onthou die geskiedenis die engelse het die BOERE se hoeveelheid kruit ens. beperk toe later die verkoop aan BOERE heeltemal verbied.
Ek het onlangs 'n No4 MK 2 in 'n jaggeweer omskep. Hy is toe so akkuraat dat ek versot geraak het op Lee-Enfield gewere en baie opgelees het oor hulle geskiedenis. MAAR my moderne CZ 550 in 30-06 bly baas!
Skiet jy ook met `n DERTIG-NUL-KWES?:rofl:
Watse veranderings het jy aan die MK2 se sneller gemaak?Kon jy van die "voortrek" ontslae raak?
Waarmaker
8 Jul 2008, 12:21
Ek weet nie hoe akuraat my inligting is nie maar ek het gehoor R 1 500.00 vir een,maar praat nou uit `n ander perd se bek.Wat interesant is,is die feit dat `n mens nie `n lesensie nodig het nie,so nou wonder ek mag mens nie self een bou nie?Die ander ding wat ek wil weet is wat se die wet oor die koop van kruit?Moet mens `n lesensie/permit he daarvoor?Word mens tot hoeveelhede beperk?
Ek dink hulle reik n permit uit by aankoop van die geweer. Die kwotasies wat ek het is ongeveer R5000 vir die geweer en selfde vir revolver.
Koning Dawid
8 Jul 2008, 12:49
Ek weet nie hoe akuraat my inligting is nie maar ek het gehoor R 1 500.00 vir een,maar praat nou uit `n ander perd se bek.Wat interesant is,is die feit dat `n mens nie `n lesensie nodig het nie,so nou wonder ek mag mens nie self een bou nie?Die ander ding wat ek wil weet is wat se die wet oor die koop van kruit?Moet mens `n lesensie/permit he daarvoor?Word mens tot hoeveelhede beperk?Classic Arms in Witbank verkoop van die voorlaaieer rewolwers. Jy het wel `n buskruit lisensie (+- R180.00) nodig en die rewolwer self het nie `n lisensie nodig nie.
Dertignulses
8 Jul 2008, 12:54
Skiet jy ook met `n DERTIG-NUL-KWES?:rofl:
Watse veranderings het jy aan die MK2 se sneller gemaak?Kon jy van die "voortrek" ontslae raak?
Die een wat ek het, is in Fazerkerley in Ierland in 1953 gemaak. Sy sneller is puik, met 'n kort voortrek en hy breek skoon, dit was dus nie nodig om aan die sneller te werk nie. Ek het die hout afgeskuur (begin by 80 grit en werk op na 1000 toe!) Toe het ek die hout waterdig gemaak met eier wit. Die albumien in die eierwit maak die hout waterdig en toe het ek dit vyf lae Shaftol gegee.
Toe het ek die visier afgehaal en Thor basisse opgesit. Dit alleen was R1000! Ek het net voor die jag seisoen vir my 30-06 'n Leopold VX3 4.5-14x40 opgesit, toe vat ek die Lynx 2-7x32 en sit hom op die 303. As die popo die fan strike vat ek die 303, Met sy 10 skoot magasyn en 2x vergroting is hy ideaal vir "running shots"
Dis net jammer die .303 Br is so staaaadig. 150 gr teen 2600 fps in vergelyking met die 30-06 150 gr teen 3040 fps!

My maat daar is nie `n pikkewyn wat kan hol teen 2600fps nie so dit is goed genoeg vir my.Ek skiet deesdae net met SAKO 22gr . . . . .eish. . . haaw batho. . . .hy slaan!Ek het my .303 laat herpak en dit het `n groot verskil gemaak aan die akuraatheid,ek beveel dit sterk aan.Ek het my .303 by `n neef gekry wat PF was en hom gekoop het vir R47.Wens ek het 2 gehad (1 amptelik en 1 nie)
Rooi Jan
8 Jul 2008, 13:16
dankie.
hoe lyk die patroon vir 'n sanna ?
Dis net 'n ronde lood balletjie. Baie low tech maar jy wil nie aan die verkeerde kant van die sanna staan nie.
Het gisteraand 'n program gekyk waar hulle met 'n voorlaaier geskiet het. Die patroon het glad nie getref waar die skut gemik het nie. Geen wonder hulle het maar gesukkel om raak te skiet nie, en die wat wel raakgeskiet het, was baie baie goed!
Skiet jy ook met `n DERTIG-NUL-KWES?:rofl:
Watse veranderings het jy aan die MK2 se sneller gemaak?Kon jy van die "voortrek" ontslae raak?
Boerki ek het dieselfde ombouing, mens leer om met daai laaaang voortrek saam te leef.
Ek het al menigte bokke met myne geskiet waar manne met magnum kalibers en 22 250's en ander warmgemaakte .22's gefaal het.
Die beste groepering met die "dasblad" soos oupa die .303 genoem het was tot dusver 17 mm op honderd meter vir vyf skote met Highland AX fabriek patrone, vreemd dat pmp's gladnie in my wapen wil groepeer nie.
Het gisteraand 'n program gekyk waar hulle met 'n voorlaaier geskiet het. Die patroon het glad nie getref waar die skut gemik het nie. Geen wonder hulle het maar gesukkel om raak te skiet nie, en die wat wel raakgeskiet het, was baie baie goed!
Charmain,
Dit is soos 'n kollega vir my eendag op die skietbaan gesê het toe die wind so erg gewaai het; "Hy bewe hom maar in".:)
Ouvolk,
Ek moet sê, alhoewel ek self 'n R1 - skerpskutter was, kon ek nog nooit so akkuraat skiet as met my .303 nie.
Alhoewel ek linkshandig is het ek en my 303 net een probleem met mekaar. As die skoot klap, spoeg ek bloed.
Ek het al alles probeer, self dat manne my dophou om te bepaal wat ek verkeerd doen,maar sy klits my elke keer op die bolip.
Ek sal dit maar aanvaar vir die akkuraatheid daarvan.:)
Boerki ek het dieselfde ombouing, mens leer om met daai laaaang voortrek saam te leef.
Ek het al menigte bokke met myne geskiet waar manne met magnum kalibers en 22 250's en ander warmgemaakte .22's gefaal het.
Die beste groepering met die "dasblad" soos oupa die .303 genoem het was tot dusver 17 mm op honderd meter vir vyf skote met Highland AX fabriek patrone, vreemd dat pmp's gladnie in my wapen wil groepeer nie.
Ouvolk jy moet nooit pmp`s koop nie dis gemors vandat die "previously disatvantaged" dit vervaardig.Die pro amm word egter nog onder streng kwaliteits kontrole vervaardig en is baie akuraat.Die enigste probleem wat ek met my .303 het is wanner daar springbokke geskiet moet word op 250m+.Die akuraatheid op daardie afstand is nie na wense nie, dan verkies ek eerder `n 243.
Die groepering waarvan jy praat is baie baie goed.Ek het self `n boks Highland gekoop maar nie die AX nie die SX,die met die sierra punte.Ek kon nog net nie `n punt kry om te sien hoe goed hy "mushroom" nie.Ek verkies steeds SAKO patrone wat vir die .303 in 220gr beskikbaar is.
Toffie dit is die slot grendel wat jou slaan op die lip omdat jy links skiet.

Boerki,
Ek het al gewonder of dit nie dalk my duim om die kolf is nie, want ek het al my skouer sover as moontlik vorentoe gedruk dat die grendel ver van my gesig af is.
Maar as die skoot klap........................................ is dit so.

My "scope" het my al lekker op die oog geslaan maar dit was in `n le posisie en ek het teen `n berg op geskiet.Ek glo nie jy sal jouself tref as jy uit `n sit of staan posisie skiet nie omdat jou lyf makliker terug beweeg met die skop.Die ander ding wat moontlik `n probleem in jou geval kan wees is dat die geweer te lig gemaak is,swaarder gewere skop nie so erg nie.
Die ander ding wat moontlik `n probleem in jou geval kan wees is dat die geweer te lig gemaak is,swaarder gewere skop nie so erg nie.
Boerki, dis my groot trots daardie en ek het dit nog nooit oorweeg om hom aan te pas nie, maar my geweer is in 1901 vervaardig en nog so oorspronklik soos wat kan kom.
'n Opregte Bulldog. Nog destyds gekoop toe ek 'n Polisieman was. Ek wens jy kan hom sien.
Jong Wit Boer
14 Jul 2008, 10:00
Ek is dalk nou van die onderwerp af maar kan iemand my dalk na 'n goeie geweer smid toe verwys? Ek het werk wat ek wil laat doen op 'n .22?

Ek weet nie of bestaan hulle nog nie maar probeer Moller&Moller in Pretoria.
Littleimpi
14 Jul 2008, 11:36
Ek is dalk nou van die onderwerp af maar kan iemand my dalk na 'n goeie geweer smid toe verwys? Ek het werk wat ek wil laat doen op 'n .22?
Gaan SAHARA toe in Pretoria Wes jy sal gehelp word.
Jong Wit Boer
14 Jul 2008, 12:07
Baie dankie julle!
Ouvolk,
Ek moet sê, alhoewel ek self 'n R1 - skerpskutter was, kon ek nog nooit so akkuraat skiet as met my .303 nie.
Alhoewel ek linkshandig is het ek en my 303 net een probleem met mekaar. As die skoot klap, spoeg ek bloed.
Ek het al alles probeer, self dat manne my dophou om te bepaal wat ek verkeerd doen,maar sy klits my elke keer op die bolip.
Ek sal dit maar aanvaar vir die akkuraatheid daarvan.:)
Daar is 'n groot verskil tussen 'n R1 en 'n slotgeweer met die selfde kaliber. Veral vir 'n skerpskitter. Die 7.62 is ter sprake en is beslis meer akkuraat as die 303 geweer.
Groete
Gesar
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.