Arend
31 May 2008, 10:01
As hierdie kar gaan funksioneer soos die regering funksioneer moet hulle dit maar net in Afrika te bemark.
SA ontwikkel battery-aangedrewe kar
Kaapstad. – Die regering het gister uit die bloute aangekondig dat Suid-Afrika besig is om twee weergawes van ’n battery-aangedrewe (elektriese) motor te ontwikkel.
Mnr. Derek Hanekom, minister van wetenskap en tegnologie, het dié onthulling in die parlement gedoen en gesê die eerste prototipe sal so vroeg as einde vanjaar bekend gestel word. Geen ontwerpsketse of kunstenaarsvoorstellings is beskikbaar gestel nie. Diegene wat wel al dié sketse gesien het, het die ontwerpe glo as “pragtig” beskryf.
Hanekom het die aankondiging tydens sy departement se begrotingsdebat gedoen.
“Die projek . . . betrek ’n reeks belangehouers, insluitend Suid-Afrikaanse universiteite en die nywerheidsektor.”
Dr. Boni Mehlomakulu, hoof van die departement se ontwikkelings- en innoverings?program, het gesê ’n passasier- sowel as ’n nutsvoertuig word tans ontwikkel.
Die passasiersweergawe het ses sitplekke en is glo deur ’n voormalige Jaguar-ontwerper ontwerp.
Dit sal ’n reikafstand van 100 tot 400 km hê, afhangende van die spoed waarteen dit bestuur word.
In al twee weergawes sal sonpanele in die dak ingebou wees om die motor se batterye te help laai wanneer dit in die son geparkeer is.
Andersins sal die batterye snags, “wanneer kraggebruik laag is”, via ’n gewone kragpunt gelaai kan word.
Die nutsvoertuig, wat Mehlomakulu as ’n soort paneelwa beskryf het, het drie sitplekke.
Volgens Mehlomakulu sal aanvanklike produksie in 2010 sowat 4 000 eenhede per jaar wees.
Sowat R300 miljoen sal nodig wees vir die aanleg om die voer?tuie te vervaardig.
Die motors sal aanvanklik vir die staatsvloot vervaardig word, wat die projek se borge ook van ’n aanvanklike plaaslike mark sal verseker.
Verdere verkope sal “afhang van vraag” en of beleggers genoeg belangstel.
Volgens Mehlomakulu is nog nie oor ’n moontlike verkoopprys besluit nie. – Sapa