View Full Version : SG. Boeremaglid soek gebedsgenote
Stoffel
29 Apr 2008, 20:15
Dagsê vriende
Verlede jaar het ons Hemelse Vader dit op my hart geplaas om vir die BVR en BVS te bid. Nou is ek op soek na mense wat saam met my kan bid vir die BVS en BVR. Dit is nie iets wat ligtelik oorweeg moet word nie want dit is ’n taak wat dissipline en toeweiding verg. Daar kom dae wat dit voel of die gebede niks werd is nie, maar dan is dit veral die dae wat voortgegaan moet word. As dit nie ’n opgelegde verantwoordelikheid van God was nie sou ek al lankal uit my eie opgehou het, maar deur die genade van God gaan ek voort om daagliks vir die BVR en BVS te bid. Daar is dae wat ek oorgeslaan het maar probeer om dit tot die minimum te beperk. Dit is een van die redes hoekom ek graag saam met nog ander mense wil bid sodat ons mekaar kan ondersteun en ook saam met mekaar kan stem oor dit wat ons bid sodat ons berge kan verskuif vir ons volk. Ongelukkig het ons nie Internet in die gevangenis nie en soek ek asseblief kontak nommers (verkieslik landlyn nommers want selfoon is duur van die kaartfoon af) sodat ek met almal kan kontak maak. Maak dit asseblief ’n gebedsaak en versoek ek almal wat betrokke is by die BVS en BVR om ook gereeld vir dit te bid, want daarin is ons voorspoed.
Groete
Kobus Pretorius
Belangstellende kan hul tel. nommer deurstuur per PB na Stoffel.
Stoffel
30 Apr 2008, 20:46

__________________________________________________ __
Hy het pertinent versoek dat mense, al is dit net twee of drie, wat bereid is om saam met hom te bid, hulle tel no vir my deurstuur, ek sal sorg dat hy dit kry, dan sal hy die persoon skakel.
Ons kan nie verwag dat ons sal aanhou suksesse behaal, indien ons nie bid vir insig, wysheid, geleenthede, die regte persone om betrokke te raak ens.
BG
S
Stoffel, sit my op die lys. Ek het ongelukkig nie 'n landlyn no nie.
Stoffel
30 Apr 2008, 20:55
Stoffel, sit my op die lys. Ek het ongelukkig nie 'n landlyn no nie.
Baie dankie ek maak so.SMS asb jou nommer na 082 651 2057
S
Slagdoppie
1 May 2008, 12:23
Halo oom
Oom kan my nommer ook vir hom gee.
Is daar nie 'n manier wat ons hulle kan kontak nie?
Of sal die maklikste wees om vir hulle foonkaarte te stuur?
Groete :cowboy:
Papegaai
25 May 2008, 23:35
Julle kan my maar ook gerus opskryf hiervoor. Ongelukkig sit ek in London so ek wil nie he hulle moet geld mors om my hier te probeer bel nie, maar ek sal aanhou bid.
Stoffel
27 May 2008, 21:47
Baie dankie ek maak so.SMS asb jou nommer na 082 651 2057
S
Ek het ongelukkig die verkeerde nommer geplaas.
kontak my by: 082651- 2056 Ek haat dit as die onderbroekvlag verskyn sodra jy n telefoon nommer op die PLaaswerf sit.. Om hierdie rede skryf ek die nommer anders as standaard!!!
jjgsmith
28 May 2008, 00:46
Ek het ongelukkig die verkeerde nommer geplaas.
kontak my by: 082651- 2056 Ek haat dit as die onderbroekvlag verskyn sodra jy n telefoon nommer op die PLaaswerf sit.. Om hierdie rede skryf ek die nommer anders as standaard!!!
Lets Ek en Debbie sal elke dag bid vir Kobus en sy makkers. Ongelukkig het ons nie meer 'n landlyn nie. Die barbare en vreemdelinge dra die telefoonpale en kabels weg en Telkom maak nie meer reg nie.
BoerseunTrompie
18 Jun 2008, 19:21
Naand oom Stoffel
Stuur asb groete aan Kobus en die manne. Ek het die kuier baie waardeur laas keer. Hy het my laas keer ook gebel, maar op die oomblik is die opvangs so sleg dat hy sy tyd gaan mors om my te bel.
Is dit moonlik dat ek en my vrou vir hom kan gaan kuier so 4/5 Augustus. Ek weet sy tyd is beperk en dat familie belangriker is by sy kort kuiers maar sal graag hom weer wil sien. Baie van sy skool vriende stuur ook groete.
Baie groete
Trompie
chillyprofpepper
18 Jun 2008, 19:36
Ek hoop hulle is eerlik wat betref die versoek, omdat die geskiedenis homself oor en oor herspeel hier met Stoffel sy onderbroeksvlag en kroos saam
chillyprofpepper
18 Jun 2008, 19:45
Apology
http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?p=182014 read #18
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.