View Full Version : Boere gevangenis
Genl C R de Wet
21 Apr 2008, 14:13
Ek plaas graag die gebed versoek soos ontvang van Dr. Pretorius:
Tersius Delport, Koos vd Merwe en ander lede van die Amnestie Komitee, eet vanmiddag 21 April , saam met Mbeki. Tydens die ete gaan hulle hom versoek om die mandaat van die Amnestie Komitee uit te brei sodat alle politieke gevangenes amnestie kan kry.
Dit sluit in:
1. Persone wat afgewys is deur die WVK.
2. Persone wat nog nie aansoek gedoen het nie.
3. Persone wat verhoorafwagtend is.
Bid asseblief vir hierdie belangrike geleentheid dat "Farao se hart nie verhard sal word nie"
Baie dankie,
LP
Hennovdm
21 Apr 2008, 14:15
Ons gebede is saam met ons Boerehelde, mag ons Hemelse Vader hulle huistoe stuur.
Ons sal beslis vir hulle bid.
Enige iets is moontlik deur gebed ons moet net glo en dit sal geskied.
francois.conradie
21 Apr 2008, 14:43
My Gebede gaan ook uit na ons Volkshelde.
nieuwoudtrl
21 Apr 2008, 15:14
Ek dra hulle ook op in gebed, mag die Here sien dat hulle uitkom.
venterid
21 Apr 2008, 15:25
"Farao se hart nie verhard sal word nie"
Ons bid vir almal - Mag God se wil geskied. Amen.
Koning Dawid
21 Apr 2008, 15:29
Ons bid dat God se wil sal geskied. Aan almal. Adv. Botha is ook besig met cliff barnard hulle. God hoor as ons daarvoor vra. God gee as ons bid. In Jesus Naam Amen.
My hart gaan uit na ons Volkshelde, mag onse Hemelse Vader gee dat hulle almal spoedig tuis sal wees!
jjgsmith
21 Apr 2008, 17:32
Jacobus 1 vanaf vers 5
En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat vir almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Maar hy moet in geloof bid, sonder om te twyfel; want een wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesleep word.
Ons bid uit geloof dat God ons sal vehoor en die harte van die heidene sal versag om ons volksgenote genadig te wees.
Amen
Slagdoppie
21 Apr 2008, 20:58
Die ete kan dalk verby wees, maar ek bid vir die beste.
Mag die Here vir hulle in hierdie situasie help.
BOERLANDER
21 Apr 2008, 21:00
En as die blikslaer nie wou nie, hoop ek hy kry sooibrand tot in klein toontjie.
Lets Pretorius
21 Apr 2008, 22:19
En as die blikslaer nie wou nie, hoop ek hy kry sooibrand tot in klein toontjie.
Ek wil n ernstige beroep doen op elke Volksgenoot wat op die Gebedslaer pos, om NIE sekulêre poste soos hierdie te plaas nie. Indien jy dit wil doen, plaas dit asb by die Klets hoekie.
Ek weet Israeliet het waarskynlik nie daaraan gedink nie en ook nie geweet dat dit die gedagte is nie. Ek los sy pos soos dit is sodat die boodskap helder kan deurkom.
Baie dankie vir die gebede wat reeds opgegaan het.
Die terugvoering is dat die Amnestie Komitee (AK) inderdaad n baie lang vergadering met Mbeki gehad het. Hy het aandagtig geluister, met die dokumente daar weg en n ernstige onderneming om daarna te kyk en die aangeleentheid ook baie ernstig te oorweeg.
Sy terugvoering na die AK sal binnekort moet wees aangesien die afsny datum vir aansoeke, 31 Mei is.
Bid asb nog steeds dat sy hart nie verhard sal word nie.
Boeregroete,
Lets Pretorius
Witleeu
22 Apr 2008, 00:00
Kaapse gebede vir die manne- ons het elke burger in die stryd nodig!
Lets Pretorius
22 Apr 2008, 19:50
Ons gee graag terugvoering hier: http://www.boerevryheid.co.za/forums/showthread.php?t=12359
Aangedryf deur vBulletin™ Version 4.1.12 Kopiereg © 2012 vBulletin Solutions, Inc. Alle regte voorbehou.