PDA

View Full Version : Vandag se Volks Gedig



Arend
31 Mar 2008, 10:59
DIE ONTWAKING
A.G. Visser
1 Maart 1878 10 Junie 1929

DIE ONTWAKING

Daar is n tyd om hout te hak.
Daar is n tyd vir water-dra;
n Tyd vir mooie broodjies bak
n Tyd om asseblief te vra.

Daar is n tyd vir pleit en paai,
Daar is n tyd om toe te gee;
n Tyd om doekies om te draai
Terwille slegs van rus en vree.

Daar is n tyd om maar te ploeg,
Daar is n tyd om maar te saai
Al is n mens ook baie moeg,
Al sal n ander dit ook maai.

Daar is n tyd om maar te buk,
Om maar te dra en te verdra
Die sware, ongelyke juk,
Om stil te swyg en nie te kla.

Maar een dag kom daar tog die tyd
Die dissel met die hand te vat:
Hier eindig die lamlendigheid,
Wat ek is der verachting zat!

Ek het n arm, ek het n vuis:
k Wil pal staan vir my goeie reg
En baas wees in my eie huis ---
Daar l die baadjie van die Kneg !

Die tyd vir soebat is verby.
En mooi-praat is nie meer die plan:
n Plekkie in die son vir my ---
Die regte van n vrye man!

Arend
1 Apr 2008, 15:50
TROU
Jan F.E. Celliers
(1865-1940)

Ek hou van ‘n man wat sy man kan staan;
Ek hou van ‘n arm wat ‘n slag kan slaan;
‘n oog wat nie wyk,
wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipstaan staan –

vas soos ‘n berg van grou graniet
op vaderlandsgrond, sy hartsgebied,
aan haar getrou
soos aan kind en vrou,
en wat in haar ere ook syne siet.

Ek hou van ‘n man wat sy moeder eer
In die taal uit haar vrome mond geleer,
En die bastergeslag
In sy siel verag,
Wat, haar verstotend, hulself kleineer.

Die oog wil ek sien wat ‘n traan nog ween
Vir ‘n heldedgeslag, in hul rus daarheen,
Maar ‘n blits van trou
In die traan van rou,
Wat aan liefde weer gee wat haar bron is ontleen.

Vir my die Afrikaner van durf en daad,
Wat Mammons eer en loon versmaad,
Sy hoof en sy hand vir sy volk en sy land
En ‘n trap van sy voet vir laag verraad!

O, ek hou van ‘n man wat sy man kan staan:
Ek hou van ‘n daad wat soos donder slaan;
‘n oog wat nie wyk, wat ‘n bars kan kyk;
en ‘n wil wat so vas soos ‘n klipsteen staan!

Stephanus
1 Apr 2008, 17:57
Een van die heel bestes!!

Arend
2 Apr 2008, 15:44
Maar een Suid-Afrika
A.D. Keet
(1888-1972)

Gee my ‘n roer in my regterhand,
Gee my ‘n bok wat vlug oor ‘n rand –
En ‘n flukse perd om hom weg te dra:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ‘n kamp waar bossies groei,
Gee my ‘n fraai volstruis wat broei –
En ‘n Boerseun wat baie wa:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ‘n koppie om op te staan,
Gee my die Swartland met al sy graan –
En nooit of te nimmer hoor jy my kla:

Gee my Suid-Afrika.

Gee my ‘n vlakte ruim en wyd,
Gee my die veld se oneindigheid –
En die lekker geur wat die lug daar dra:

Gee my Suid-Afrika.


A.D. Keet
(1888-1972)

Arend
3 Apr 2008, 08:31
KOMAAN! JAN F.E. CELLIERS

Wees sterk!
Daar's 'n nasie te lei,daar's 'n stryd te stry, daar's werk!
Daar's nie na guns of eer te kyk,
daar's nie na links of regs te wyk,
daar's net te swyg en aan te stryk--Komaan!

Wees trou! Daar's 'n volk te leer
om homself te eer, te bou;
om God en God alleen te vrees,
aan aard en taal getrou te wees,
gesond en waar van hart en gees--Komaan!

Wees fier op 'n voorgeslag waard,
in wil en in daad gespier!
Hul lewensweg het ons gewys
om trou te wees aan waarheidseis.
Wie laak mag laak, wie prys mag prys--Komaan!

Arend
5 Apr 2008, 09:29
Majuba

So sing die jonges vol van vreugde,
maar ag, oom Gert se hart is seer
as hy straks diep en dieper peinsend
gaan langs die slagveld van weleer.

Dr l Majuba, donker kleurig,
sy sye een en al terras;
dis of die berg van alle eeue
vir wonderdaad geskape was.

Daar l Laingsnek; dis of Gods hande
dit vir 'n skanswerk uit wou bou.
En daar's Ingogo's kronkelbedding
net om die vyand op te hou.

Daar's nog die wonderlike hoeke,
net om die vyand vas te keer;
maar ag, oom Gert voel nou so anders,
sy hart is onverklaarbaar seer.

Hy sien nou oral groot kanonne,
hy weet nie of die ding sal gaan.
Die treine voer nou alle soorte
van wapens uit die hoofstad aan.

Daar is hom ook so baie mense,
en baie goed word aangevoer;
voorheen was daar so min maar nodig:
'n ryperd, biltong en 'n roer.

Dis nodig, ja, die tyd die vorder,
en daarom swyg hy maar en kyk.
Maar heel die Amajuba-wreld,
alles wil hom so anders lyk.

Tog leef hy weer, die troue krygsman,
al trek hy nou maar same net:
'n oorlogsperd die stamp en runnik
wanneer hy hoor die krygstrompet!

Arend
6 Apr 2008, 10:06
Herdenking - WEG Louw



O my liefste, as die appelbloeisels

weer tenger aan die takkies hang,

moet ek dink aan jou en wonderlik

stil in my hart verlang

na daardie eerste laaiende liefdestyd

toe jy vir my was my daelikse brood,

die helder water wat ek drink

in my bitter eenlingnood...

Madelief
6 Apr 2008, 10:13
Ek het nie veel van gedigte gehou nie, maar deesdae is dit n roepstem.

Soos Siener se, die voorgeslag roep uit die Skadu.

Arend
6 Apr 2008, 10:43
Madelief, Ons het van die mooiste gedigte waaraan 'n mens kan dink. Ek praat nou veral van die werke van ouer digters. Mense wat ons Volk se harte aangespreek het met hulle verse. Hierdie gedigte is onsterfbaar. Keer op keer dring die een of ander gedig weer na bo om ons aan te spreek.

WEG Louw se gedig van vandag is nie 'n Volksgedig nie, maar ek kon nie anders as om dit te plaas nie. Veral vir ons oueres wat op hierdie pragtige Sondagoggend weer heimwee kry oor daardie eerste liefde, of nog beter, teruggevoer word na die dae toe ons op ons wederhelftes verlief geraak het.

Prysloos.

Arend
8 Apr 2008, 08:54
Maball
Eugene Marais


Vinnig langs die paadjie trippel Maball;
vrolik klink die liedjie
wat die klingelinge van haar enkelringe vergesel.
Op die voetpad sy alleen,
met die skadus om haar heen;
op haar kop die kruik gelig
in gedienstig ewewig.
Golwend kleur die hemelboog,
stadig sterf die laaste lig,
en van verre deur die skermmure
winkend blink die eerste vure.

Wydgestrek in eensaam vrede
l Rakwen, die stille, brede;
glansend in die westerpraal,
met n ceintuur in sy diepte van koraal.
En die witgepluimde riet
sing n treurig wiegelied,
en buigend vleg n wilwersoom al om
die diepgespielde hemelkom.

Wag, wag, Mabell!
Is daar niks wat jou vertel-
is daar niks wat deur die duister
bang en dringend in jou ore fluister
van die vreeslike gesel
wat jou vrolik lied beluister,
wat jou spoor hou, Maball?
Word jy niks gewaar
van ʼn dreigende gevaar?
Voel jy nog nie, kil en snood,
Om jou hart die skadu van die dood?

Ver benee die palmietstele
in die bloue duister wag Lalele,
kwintessens van alles boos,
die Wreedheid self, meedonloos;
met lydsaamheid wat alles kan ontbeer,
wat tyd en toeval kan trotseer;
wat seker as die Noodlot van sy dag
stil-wakker in die diepte op sy ure wag.
Deur winterkou en somergloed,
deur blankend droogte en swelgend vloed,
deur al die kerende tafrele,
in sy diepte wag Lalele.

As die straaltjie in die sand
deur ʼn vlam-geskroeide land
tussen walle dor en vaal
skaars die rotse van Rakwena haal,
en die hulsels van die riet
ʼn rouband bind van swart verdriet
om die groenbedekte kuil
waar die laaste water skuil
en die sugtend wind versmag
deur ʼn woedend son verkrag, -
roerloos by die skepplek hou Lalele wag!

En wanneer in donker nagte
rasend losbreek al die magte
van geweld en storm en vloed,
en Rakwen omring van angsgeskreeu,
smagtend sig nog eens te wreek,
soos ʼn swaar gekweste leeu
swart en brullend deur die bome breek; -
blinkend uit die donker kolk, -
vlieg ʼn vlammend dolk, -
wat deur stormbanke dig
ʼn wreld van verwoeste loof verlig
ongeroer deur al die groot krakele
in sy diepte wag Lalele!

Droom sy op die kantjie, Maball,
tot haar hart verlangend swel;
in haar peinse ongedeer,
staar sy in die diepte neer,
staar sy in die spielgewelf
met die donker reeds omsoom
tot sy, dromend, self
deel word van n salig droom;
uit die wreld omgekeer
lokkend lag haar beeldjie weer.

Stadig deur die rietpensele
opwaarts uit die diepte rys Lalele.

Skud jou wakker, Maball!
Sien jy nie die skadu opwaarts wel?
Naar die hoogwal, Maball!
Hou jou mymering vir later
nooit had vyg of wilg in water
so ʼn gespielde metgesel!
Nooit ʼn skrikbeeld uit die holte van die nag,
wat die dromer sug doen na die dag;
nooit onheilige gedaante uit die diepte van die hel
half so dreigend, half so fel
as di skadu, Maball,
as di skadu, wat benee jou
uit die diepte opwaarts wel.

Voor jou voete, Maball,
deur die westergloor verhel,
waar jy onbedagsaam staar,
sonder ooit gedagte van gevaar,
uit die stroomweg stadig
dryf ʼn halfverdrinkte blaar.

Had jy spiere van ʼn tier,
of die vlerke van ʼn gier,
meidjie, niks sou dit jou baar,
want te lank het jy gewag te laat!
Uit die spielvlak omhoog
bars ʼn skuimend waterboog;
Oor Rakwena, kalm en breed,
Galm ʼn enkel angsvol kreet;
en dan saggies weer
oor alles sak die stilte neer.

Winkend deur die skermmure
helder blink die voornagvure.
Uit die donker stilte, skel,
klink geroep na Maball
en die rotse antwoord weer;
maar terugkom sal sy ... nimmermeer.

Stadig deur die rietpensele
naar die diepte sak Lalele.

Arend
9 Apr 2008, 12:28
O die Pyn-gedagte
Totius (J.D. du Toit) (1877-1953)

O Die pyn-gedagte: My kind is dood!...
dit brand soos 'n pyl in my.
Die mense sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

Die dae kom en die nagte gaan;
die skadu's word lank en weer kort;
die drywerstem van my werk weerklink,
en ek gaan op my kruisweg vort.

Maar daar skiet aldeur 'n pyn in my hart,
s, dat my lewe se glans verdwyn:
Jou kind is dood met 'n vreeslike dood!
en - ek gryp my bors van die pyn.

O die bliksemgedagte!...Ja, lieflingskind,
n straal het jou skone liggaam verskroei,
maar bliksemstrale sonder tal
laat my binneste brand en bloei.

Sy was so teer soos 'n vlindertjie,
sy't lugtig omheen geswerf;
'n asempie wind kon haar vlerkies breek
en - kyk watter dood moes sy sterf!

Hoe weinig die kinders wat so moet sterf,
dis n uit die tienduisend-tal.
en ag! dat dit sy was en ek moes sien
dat sy dood in my arms val!

O die pyn-gedagte: My kind is dood!...
dit brand soos 'n pyl in my;
die mense die sien daar niks nie van,
en die Here alleen die weet wat ek ly.

Arend
10 Apr 2008, 08:16
Ek het 'n huisie by die see
H.A. Fagan

Ek het 'n huisie by die see. Dis nag.
Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
teenaan die rots waarop my huisie staan
met al die oseaan se woeste krag.

Ek hoor die winde huil - 'n kreun, 'n klag,
soos van verlore siele in hul nood
al dwalend, klagend, wat in grag en dood
geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.

My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite
ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
hierbinne is dit veilig, warm en dig.

Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan -
dit is 'n rots waarop my huisie staan.

Arend
11 Apr 2008, 10:02
Die Ossewa

Jan FE Cilliers

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hun skowwe -
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna -
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe -
en ver is die tog van die dag.

Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
die knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.

So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad...
Hul bene, na swoe en swerwe,
l ver op die velde verlaat.

Arend
11 Apr 2008, 10:05
Ek wil so graag die gedig oor die Kosmos blommetjie hier plaas, maar kry dit nerens. Dit is nou kosmostyd en ons land is oortrek van hierdie pragtige onkruid. Die saad is ook deur die kakies ingebring maar hierdie keer van Mexiko af.

Help my asb met die gedig. Ek verstout my deur te se dit is ook 'n werk van Jan FE Cilliers. Kan ook nie meer so mooi onthou nie. My studiejare le doer agter.

Arend
17 Apr 2008, 07:32
Dans van die reën

Eugene Marais

O, die dans van ons Suster!
Eers oor die bergtop loer sy skelm,
en haar oge is skaam;
en sy lag saggies,

En van ver af wink sy met die een hand;
haar armbande blink en haar krale skitter;
saggies roep sy,
Sy vertel die winde van die dans
en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof is groot.

Die grootwild jaag uit die vlakte,
hulle dam op die bulttop,
wyd rek hulle die neusgate
en hulle sluk die wind;
en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien.
Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleep van haar voete,
en hulle kruip nader en sing saggies;
"Ons Suster! Ons Suster! Jy het gekom! Jy het gekom!"

En haar krale skud,
en haar koperringe blink in die wegraak van die son.
Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;
sy trap af van die hoogte;
sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;
die asem van die wind raak weg.
O, die dans van ons Suster!

Arend
19 Apr 2008, 19:07
Die Ou Voortrekker

AG Visser

My kinders om my bed geskaar
Ek voel die lange tog is klaar,
Die laaste uitspan daar, ---
Dank Heer, dat U aan gindse kus
Die moeë trekker gun sy rus,
Na opdraans lank en swaar.

Die ou familiebybel daar
Moet julle meer as goud bewaar;
Hy was deur al die swaar
My raad en troos in tyd van nood,
Nou in die ure van die dood
My vaste steunpilaar.

Daar aan die muur hang my geweer;
Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer
By dreigende gevaar
Was net sy snelle, wisse lood
Ons een’ge redding van die dood
Deur roofdier of barbaar!

Majoebaberg die ken sy knal;
Die grootwild het voor hom geval,
En leeus die stof gebyt!
Mag daar nooit iemand met my van,
Wat nie kan skiet --- geen weerbaar’ man, ---
Die lewe hulploos slyt.

Besonders wil en julle vra:
Hou vir gedagt’nis my ou wa;
Wat het hy nie deurstaan?
Hy was ons huis as onweer dreig,
Ons vesting sterk in felle kryg
Met Silkats en Dingaan!

Hy kan getuig van moedermin:
Die Lewe het in hom begin;
Die kille Dood ken hy.
Wat ‘n verhaal kon hy ontvou
Van mannemoed en vrouetrou
En eerste liefde bly!

Gee aan ou Poon, my laaste perd,
Genadebrood. Hy is dit werd.
Vir hom is daar geen geld!
Hoe dikwels het ons twee gedeel
My laaste bietjie mieliemeel
Daar buite op die veld!

My kinders bly die grond behou;
Onthou julle afkoms; wees getrou!
Laat vreemde sedes staan!
Al bars die swaarste onweerswolk
Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk
En sal ons voortbestaan.

Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag ---
Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag ---
Ek sal daar nie meer wees ---,
Maar mag ons eie vlag weer waai,
Vat my geweer en skiet en laai ---
En . . . Heer, ontvang my gees !

Arend
20 Apr 2008, 15:17
DF Malherbe (1881-1969)[B]

Slaap


Wat is die slaap 'n wondersoete ding!
Sag op haar bloue o daal die vaak
soos maneskyn diep waterkuile raak
om daar te droom in silwer skemering.

Vir laas beef oor haar lippe 'n fluistering:
"Nag, Pappie." Ek merk hoe langsaam hy genaak,
wat drome soet tot werklikhede maak:
in vaderarms rus my lieweling.
Sluit so my o, God, wanneer vir my
u Engel wenk ter laaste, lange rus
en ek van wilde woeling hier moet skei;
dat my dan stille drome huis toe sus
en sterke Hand deur duisternisse lei.
Sluit so my o, God, as ek gaan rus.

Arend
22 Apr 2008, 19:06
Amakeia

AG Visser



In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.

Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:

"Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver."

Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.

Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.

Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.

Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.

"Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan."

Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
"Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy
met die hande uitgestrek.

Woedend tier die wilde bende:
"Sterf of gee die wit kind hier!"
"Oor my lewelose liggaam ..."
antwoord Amakeia fier.

"My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas."

"Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!"

In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
"Tula - Tula - stil, my kind!"

Arend
23 Apr 2008, 19:01
Wys My Die Plek

C Louis Leipoldt

Wys my die plek waar ons saam gestaan het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, voor jou liefde vir my getaan het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die silwer see
Blink in die sonskyn, soos lang verlee
Dit eenmaal geblink het, 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam gekniel het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe een siel vir ons saam besiel het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde; die hemel, blou,
Lag soos voorheen op my en op jou;
Dit skitter nog altyd 'n welkomsgroet
Vir ons liefde wat uithou en alles vergoed.

Wys my die plek waar ons saam geloop het,
Eens, toe jy myne was -
Vroeër, toe ons harte so veel gehoop het,
Vroeër, toe jy myne was.
Kyk, dis dieselfde! Net jy nie. Vra,
Wie van ons twee moet die meeste dra?
Jy wat vergeet het - of ek wat boet
Vir my liefde wat uithou en alles vergoed?

Arend
26 Apr 2008, 16:13
Die Ossewa

Jan FE Cilliers

Die osse stap aan deur die stowwe,
geduldig, gedienstig, gedwee;
die jukke, al drukkend hun skowwe -
hul dra dit getroos en tevree.

En stille, al stuiwend en stampend,
kom stadig die wa agterna -
die dowwe rooi stowwe, al dampend,
tersy op die windjie gedra.

Die middagson brand op die koppe,
gebuk in hul beurende krag;
hul swaai heen en weer in die stroppe -
en ver is die tog van die dag.

Dit kraak deur die brekende brokke:
die opdraans is ver en is swaar;
die knars in die knakkende knokke,
maar hul beur, en die vrag bring hul daar.

So, stom tot die stond van hul sterwe,
blyf ieder 'n held van die daad...
Hul bene, na swoeë en swerwe,
lê ver op die velde verlaat.

Arend
27 Apr 2008, 17:45
Rooigrondtronk

Eugene Terblanche

Drie uur smidags, 'n bietjie voor afhoktyd
staan ons in twee rye, en word soos skape getel
daarna agter traliehek en staaldeur toegesluit
en droom ek alleen tot die môre in my sel

Soos soggens, die middag ook pap
maar dan styf met 'n lepel vaal geel sop
dit met hom tot ons môre weer in rye uitstap
met leë maag en vol weemoed krop

Dit is melktyd op die plaas
netnou huppel die kalwers vry oor die veld
maar hier, die skor gemor van bandiete en blikborde wat raas
as hulle sing van slappap en flou poeiermelk

Halt, nie 'n tree verder gaan
die drade, elektries gelaai
laat jou stom stilstaan
en jy moet omdraai

Omdraai, na wat –
'n sel met diefweer vensters
'n Potplant, jou duurste skat
en jou hart op die vuil vloer, flenters!!

Hulle het aan die rowe gekrap
wat tyd probeer heel
maar agter seldeure, toegeklap
kan wat gebreek het, nooit weer heel

Arend
29 Apr 2008, 16:26
Afskeid

Koos Du Plessis

Die uurglas het reeds leeg geloop,
die populierboom is gestroop
van elke goue blaar.
En ons, ons staan beteuterd rond
en tuur half skuinsweg op die grond -
soos vreemdes vir mekaar.

Ek weet jy wil nog met my praat,
maar onder in die donker straat
hoor ek die motor toet.
En vir die derde, vierde keer
sit ek my loodswaar koffer neer
om jou verlaas te groet.

Arend
30 Apr 2008, 19:18
Vergewe en Vergeet
Totius

Dat gij niet vergeet de dingen die uwe
ogen gezien hebben. (Deut 4:9).

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie platgetrap."

Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.

Arend
30 Apr 2008, 19:20
Dit bly maar een van ons mooiste Volks gedigte. So sprekend van hierdie gewonde Volk.

Arend
1 May 2008, 09:30
Prinses Lointaine (Prinses Van Verre)

AG Visser

Was jy n rosebloesem
En ek die roos se geur,
Hoe heerlik deur die lewe
Steeds rondom jou te swewe.
Beswymend aan jou boesem,
Betower deur jou kleur.
Was jy n rosebloesem
En ek die roos se geur.

Was jy n lied se woorde
En ek die melodie.
Hoe sou die dag verheerlik
Jou skoonheid so begeerlik;
Die nag tril van akkoorde
En soetste harmonie.
Was jy n lied se woorde,
En ek die melodie.

Was jy die hoogste kranse,
En ek die sonnegloed.
Jou wange sou dan verwe
En op jou lippe sterwe
My eerste moreglanse
En laaste awend-groet;
Was jy die hoogste kranse
En ek die sonnegloed

Maar jy s Prinses van Verre
En ek... n troebadoer;
Al gloei ook my gesange
Van liefde en verlange,
- Die vuurvlieg vir die sterre -
Wat my ten hemel voer;
Jy bly Prinses van Verre
En ek... n troebadoer.

Arend
2 May 2008, 10:20
Die Vlakte
Jan FE Cilliers

Ek slaap in die rus van die eeue gesus,
ongesien, ongehoord,
en dof en loom in my sonnedroom,
ongewek, ongestoord.
Tot die yl-bloue bande van die ver-verre rande
skuif my breedte uit,
wyd-kringend aan die puur al-omwelwend asuur
wat my swyend omsluit.


Jong aarde se stoot het my boesem ontbloot
bo die diep van die meer;
en volswanger van lewe 't oor die waat're geswewe
die gees van die Heer.
Uit die woelende nag van haar jeugdige krag
brag die aarde voort
Lewiatansgeslagte, geweldig van kragte -
storm-ontruk aan haar skoot.
Diep in my gesteente berg ek hul gebeente -
die geheim van hul lewe en lot;
maar gewek uit die sode herleef uit die dode,
na die ewig hernuwingsgebod,
die van d' verlede in vorme van d' hede,
in eindeloos komme en gaan;
wat die dood my vertrou 't, ek bewaar dit as goud,
en geen grein sal 'k verlore laat gaan.


As die son oor my vloer in die more kom loer,
en die dou van my lippe kom kus,
dan kyk ek net stom met 'n glimlag om
en ek lê maar weer stil in my rus.
Hog bowe die kim op sy troon geklim,
is hy heer van lewe en dood;
na wil of luim gee hy, skraal of ruim,
verderf of lewensbrood.

Uit die gloeiende sfeer brand hy wreed op my neer,
tot my naaktheid kraak en skroei,
en my koorsige asem in bewende wasem
al hygend my bors ontvloei.
In sy skadetjie rond om sy stam op die grond
staat 'n eensame doringboom,
soos die Stilte op haar troon, met dorings gekroon,
wat roerloos die eeue verdroom.
Geen drop vir die dors aan my stofdroë bors:
my kinders versmag en beswyk,
en die stowwe staan soos hul trek en gaan
om my skrale dis te ontwyk.


Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom 'n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot 'n stapelbou
van marmer wat krul en leef -
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en beef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai in dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent:
die gras skud hul wakker om same te jakker,
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterte van jaende perde
sy stingels golf en gooi.

Met dof-sware plof, soos koeels in die stof,
kom die eerste drupples neer,
tot dit ruis alom soos deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en te buit
jaag 'n haelwolk langs verby,
soos 'n perde-kommande wat dreun oor die lande
vertrap en gesel hy-
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.


Stil in die duister le 'k so en luister
hoe die spruite gesels en lag;
maar bowe die pak van my wolkedak
het die maan al lank gewag:
nou breek en skeur hy 'n baan daardeur
om te deel in my vreug benede;
hy sprei die waas van sy romig-blou gaas-
en ek lag so stil-tevrede.
Plek op plek, soos die wolke trek,
sweef die skaduwees onder mee,
soos eilande wyd oor die waat're verspreid
op die boesem van die grote see.
Met 'n afskeidskus gaan die maan ook ter rus,
en ek wag op die daeraad-
so skoon en so mooi soos 'n fris jong nooi
wat lag in haar bruidsgewaad.


Oor die bulte se rug slaat die gloed in die lug
van die brande wat ver-weg kwyn,
en doringbome fluister in rooi skemerduister
van gevare wat kom of verdwyn.
Uit slote en plas, uit die geurende gras,
styg 'n danklied op ten hemel;
en dis net of ek hoor hoe die kriekies se koor
weergalm uit die sterre gewemel,
waar wêrelde gaan op hul stille baan
tot die einde van ruimte en tyd.
So, groots en klaar, staat Gods tempel daar,
wyd - in sy majesteit.

Arend
7 May 2008, 19:28
SJ du Toit

Die Elwekoning
(Goethe)

Wie ry daar so laat deur nag en wind?
Dit is 'n vader met sy kind;
Hy druk die knapie so styf in die arm,
Hy hou hom veilig, hy koester hom warm.

"My seuntjie berg bang sy gesiggie, vir wie?"
"Sien Vader die Elwekoning dan nie?
Die Elwekoning met mantel en sleep?"
"My kind, dit is 'n newelstreep."

"Kom, kindjielief, kom saam met my!
So heerlik speel hul waar ek bly;
Veelkleurige blomme groei op die strand,
Van goud gaan jou kleed wees uit moeder se hand."-

"My Pappie, is Pappie dan heeltemal doof
Vir wat Elwekoning my saggies beloof?"
"Bly stil, wees rustig maar, my kind!
In dorre blare duisel die wind."-

"Gaan jy, lief seuntjie, met my saam?
My dogters ken almal reeds jou naam;
My dogters dans voor die nagt'like rei
En wieg jou en dans en sing so bly." -

"My Vader, kan Vader dan glad nie gewaar
Elwekonig se dogters in die donker kol daar?"
"My seuntjie, my seuntjie, ek sien dit heel goed:
Die ou-gras skyn geel aan die randjie se voet?"

"Jou skoonheid bemin ek, my siel is ontsteld;
En as jy nie wil nie, gebruik ek geweld!"
"My Pappie, my Pappie, nou vat hy my raak!
Elwekoning het my seer gemaak!"

Die vader skrik; hy ry soos die wind,
En hou in sy arms die kreunende kind,
Bereik sy plaas in bange nood;
Die kind lê in sy arms dood.

Tasha
7 May 2008, 19:45
Prinses Lointaine (Prinses Van Verre)

AG Visser

Was jy n rosebloesem
En ek die roos se geur,
Hoe heerlik deur die lewe
Steeds rondom jou te swewe.
Beswymend aan jou boesem,
Betower deur jou kleur.
Was jy n rosebloesem
En ek die roos se geur.

Was jy n lied se woorde
En ek die melodie.
Hoe sou die dag verheerlik
Jou skoonheid so begeerlik;
Die nag tril van akkoorde
En soetste harmonie.
Was jy n lied se woorde,
En ek die melodie.

Was jy die hoogste kranse,
En ek die sonnegloed.
Jou wange sou dan verwe
En op jou lippe sterwe
My eerste moreglanse
En laaste awend-groet;
Was jy die hoogste kranse
En ek die sonnegloed

Maar jy s Prinses van Verre
En ek... n troebadoer;
Al gloei ook my gesange
Van liefde en verlange,
- Die vuurvlieg vir die sterre -
Wat my ten hemel voer;
Jy bly Prinses van Verre
En ek... n troebadoer.

Sjoe, dis pragtig!

Arella
15 May 2008, 08:21
Hier is regtig pragtige gedigte! Totius is natuurlik een van my gunstelinge!

Arella
15 May 2008, 08:40
O, die oggendstond op 'n boereplaas!
Daar trek al op die eerste rook.
Hul het gistraand die graag beslis
wie of se beurt dit mre is
om ketel te kook.
Die mre-ster het opgegaan;
daarbinne roer al een;
daarbuite bly die rokie draai,
omdat daar nou geen windjie waai
deur vroe mrewreld heen.

Die haan het op sy beul geblaas;
hy spring al van sy tak;
'n mens sal s dat hy die baas
(so stap hy) is van die werf en plaas,
en die transport dra in sy sak.

Hom volg sy vrind die kallekoen,
en oue towenaar:
hy worstel met sy slange, wat
hy nukrig teke in die pad
se stof, met duistre vlekgebaar.

Die kraalvee is al moeg gel;
hul rek die stramme lywe uit.
Daar kom die ****** ook al aan,
wat koulik oor die douveld gaan
en eers die kalwerhok ontsluit.

Sy emmer ruis van pure musiek,
so vloei dit nou uit volle speen;
musiek ook vir die kalfie als
hy kort-kort om sy moeder wals
op nod onvaste horrelbeen.

Maar kyk hoe staan die osse met
groot o naar die hek te tuur,
totdat die sware hinderpaal,
word uit die mikstok uitgehaal,
waaraan hul saans hul lywe skuur.

Die songaan op, die vee verdwyn.
net in die onverstoorbre vert'
'n osse-span stap voor die ploeg,
en agteraan die man wat swoeg
by 'n rukkeringe stert.

Die mre smelt weer met die dou,
die vrede alleen bly soos dit was.
Net 'n hen spring van haar eiers af
met groot geraas, en die brakhond blaf
vir die enkele kuiergas.

Totius[/CENTER]

(****** dui aan ou benaming vir swart man)

Arella
15 May 2008, 08:43
1877 - 1953: Totius was die skrywersnaam van prof. dr. J.D. du Toit van Potchefstroom. Hy was 'n geleerde in die godsdiens, het die Psalms in Afrikaans berym en meegewerk aan die vertaling van die Bybel. Totius is 'n sagmoedige digter wat fyn waarneem, soos in "O, die Oggendstond op 'n Boereplaas" en "Die Tarentaal". Hy sing ook oor sy persoonlike leed. Sy seuntjie is oorlede aan breinvlies ontsteking en ongeveer twee maande later het hy sy dogtertjie deur weerlig verloor. In sy werk vind ons dikwels 'n treursklank. As 'n man van God weet hy die aarde is nie ons tuise nie, dat ons as mens altyd na elders verlang. Totius kom van die Prel; hy het saam met D.F.Malherbe en A.G.Visser in Daljosafat skoolgegaan. Van die Universiteit van Amsterdam, Kaapstad, Stellenbosch, Witwatersrand en Potchefstroom het hy eredoktorsgrade ontvang.

Arella
16 May 2008, 10:02
Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vinnig daal,
die tarentaal.

Hy soek - en dit is ook al laat -
vir hom 'n kameraad,
om in 'n boom die eensaamheid
en nag te slyt.

Sm sal hul in 'n blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom,
en by die naadring van verderf,
alln nie sterf.

*

Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
wg in die nag!

deur Totius

Trekos1
16 Apr 2010, 08:23
Die Springkaanplaag

Sagies agter swart geslote mond.
Smoel die boer se mond en vat sy grond.
Donker duiwels beplanning word beoog,
Vernietig die Boer, maak dood die witvrou wat soog.

Ontwapen en druk die witman teen die grond
Verpes sy kinders, laat hulle swerf, die wreld rond
Die tweeling van liberale poltiek en sag-sussende kerk
laat lelike letsels,… ja ‘n diep gekerfde merk!

“n Volk sonder leier, siel en sonder gees
Dis nie beskore om sonder Krag te wees
Terug op die knie en gerig na bowe
Laat ons vasklou aan dit wat Vader belowe

Die tyd tik verby en die onheilsnag staan nader
Iewers is die duiwelskinders besig om te vergader
Skielik bars dit los en dan… kapmese en geweer
Amper elke straat, elke stegie is met witbloed besmeer

Die springkaanplaag beur oor muur en in deur,
elke venster word oorweldig met terreur
Gille en geskreeu wurg die nag
Gekaptes l rond en vroue is verkrag

Die bitter rou weerklank die ewigheid in
Uit duisende is die wat oor is elendig min
Die geskreeu en gesmeek het vasgeslaan in Vader se hart
Sy enkelinge, soos silwer en goud gelouter deur smart
Tel op jou kop gereinigde Boer
Jou Vaderland wag en loer
Jy moet behou jou murg en moed
Onverskrokke, geestelik sterk onder Sy Bloed

Ja geliefde Moeders van die geloftevolk
Altyd sorgsaam, liefdevol en getrou
Altyd die silwerrantjie om die donker wolk
Dis julle wat ons volk kragdadig bou!

Kom Bittereinders, laat staan alle struwel om altyd reg te wees
Verhef julle aanblik, in liefde, nederigheid en reine gees na Bowe
Verkry die oorwinnaarskrag van die Gees
Hierdie land is reeds aan ons gegewe en belowe

Van bo het die Krag gekom saam met die loon
Lank sal elke Boer in sy bloedland bly woon.
Die veraaiers, ook die wat Sodom en Gomorra vergeet
Hulle het kos geword waaraan die wurms vreet

Vry, het ons Oorwinaar, ons gemaak
Vry van die wreld, maar nie sonder hulle haat
Syne bring hy in die Suidland bymekaar
Elkeen volgens barmhartigheid gespaar.

In broeder liefde, met gebonde hart
Vooruitstrewend is ons, sonder smart
Die letsels toegegroei en Sy Volk het Siel en Gees
Weg is die sprinkaan, en ons lewe sonder vrees.

Die Vierkleur waper diep in die hart
Ons is as volk weer verenig deur smart.
Jubel in JaHweh ons vaste Rots
Vir ewig….. Wit, Afrikaner Boeremense met rasegte trots.

Christiaan W van den Berg 21-08-2009

Oom Henry
21 Apr 2010, 10:51
Weer Oom Totius. :D

Ek wonder al jare oor die titel van hierdie gedig.


Vergewe en vergeet


Dat gij niet vergeet de dingen die uwe
ogen gezien hebben (Deuteronium 4:9)

Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.

En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.

"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie platgetrap."

Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.

Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.

Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.

Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.

Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daar die merk word groter
en groei maar aldeur aan.

Hornett
5 Aug 2011, 13:36
Die Here Bly Ons Soek !



Half elf die aand, en ek sit en wag vir 'n boodskap vir die gemoed.

Die winde waai daar in die nag, en die woorde kom so soet.

Verbly my seun, Verbly my seun, Verbly jou in geloof.

Ontvang die ren, Ontvang die sen wat Ek vir julle stuur.

Ek gee verlossing, en Ek gee die vrede, Laat jou lewe aan My oor.

Prys die Here, Prys Sy Naam, Die Vader Seun en Gees.

Hy red jou van die oorlogspad en hou ons almal saam.



Prys die Here, Loof Sy Naam, Ons lewe wil Hy h.

Hardkoppig loop ons die krome pad, Terwyl Hy vir ons s,

Keer trug na My en kom bely, Hy gee jou lewe doel.

En ly jou in die donker nag verby alles wat om jou woel.

Die Here wil ek loof en prys met alles in my bloed.

Die Here is my Pa en Vriend wat ek al jare soek.

Dankie Abba Vader vir alles rein en goed.

Vir alles wat U gee, En dat U my bly soek.



Amen



.

Hornett
5 Aug 2011, 13:39
Heer wees U die EEN.
.



Die ritsel van die blare, die wolke in die blou; blou lug.

God's Afrikaner volk, sit moedeloos en sug.

'n Stile traan wat val, en mense sit en rou, oor dinge wat gedoen is wat ons- nou berou.

Almal wil verandering h maar niemand buig die knie,

Almal wil verlosing h maar hoogmoed bly sevier.

Here red ons volk dat ons weer trots kan staan,

Dat almal in die wereld, kan se dat God bestaan.

Ons volk maak net soos Israel's tyd, en roep na 'n leier,

Terwyl ons as volk nog, oor ons egos steier.

Here wees U die een wat ons gaan lei, en ons vir die swaar tyd voorberei.

Gee ons die krag en maak ons sterk, dat ons met trots kan opstaan en vir U werk

Dat ons, ons kinders altyd leer,

Dat Abba Vader ALTYD SAL REGEER.

Hornett
5 Aug 2011, 16:08
AL DIE EER AAN GOD DIE HEER


'n Trotse volk staan klein en seer,
Daar waar hulle vir oorlewing steeds probeer.
Hulle word verkrag ,vermoor, vermink,
Terwyl hulpgeroep op dowe ore klink.

Die jeug staan rond en verbaas, oor al die nasies wat so raas.
"Julle het gesteel voorvader's grond"
Terwyl ons staan met voet in mond.
Het ons gekom, gebou, probeer, 'n beter lewe te bespeur?
Nou word gevat 'n volk se hart, en staar die oe ook nou vol smart.

Van kant tot kant probeer ons veg,
Maar ons toestand bly versleg.
Die ouer gade is al moeg, van 'n vyhandslang wat gif bly spoeg.
Vyhand's kind word van kleins geleer, dat apartheid NOU nog hul regeer.
En word hul beveel om ons te boet,
Met Duur Afrikaner Boere Bloed.

Maar wees versigtig broer van my,
Daai verraaier hond wil jou ook kry.
En nog net nog een tree na regs; En 'n HARDE Skoot,
En die verraaier slaan neer- morsdood!

Hul wapens draai na ouman, vrou en kind,
En probeer alles breek wat ons nog bind.
Maar tot ons kniee moet ons neer daal,
Voor ABBA VADER ons, uit brandood haal.

Met Lof en Eer en Prys gesang,
Loof ons God vir ons bestaan.
Ons is gered uit donker gat,
En neergeplaas op Regte pad.
Loof God die Here Prys sy naam,
En ons as volk SAL DIT BEAAM!

Jeanc
4 Sep 2011, 21:01
Hornett, dankie, dis pit-kos vir die siel

Hornett
5 Sep 2011, 12:31
Hornett, dankie, dis pit-kos vir die siel


Dankie Jeanc Ek is bly as julle dit wardeer sal kyk of ek 1 of ander tyd nog 'n paar kan plaas.
Boere Groete Hornett

Hornett
6 Sep 2011, 12:10
Is daar nie nog mense wat hul eie gedigte geskryf het wat dit graag hier sal plaas nie asb.?

Hornett
6 Sep 2011, 13:48
HOE GROOT IS GOD.!


Die mense sit net en kla terwyl daar persone is wat 'n swaar vrag dra.
Die Woord s Kom, Kom na My toe.
Neem jou lig en plaas dit hoog, vir elke mens se Hart en Oog.
Hu kan ek op jou neer kyk, en s dat jy jou verlossing nou misbruik;
Waar Jakobus 2:9 s; dat ek die uiterlike moet neerl.

Hu Groot is GOD dat HY nogsteeds, my nader trek en sen as SY Kerk.
Ek struikel elke dag en nag, terwyl my tong soos gladde slang,
Alte vinnig sleg praat.....Dit maak my bang.
O Verlossing, o Vergifnis is wat ek smeek.
My knie is rou maar ek kan nie waag;
Om op te staan en die vyhand weer te laat slaag.

O HERE GOD U is so GROOT, hu kan ek bekostig om U weg te stoot;
Nie aspris, Nie beplan, Nie bedoel;
En nogsteeds bly dinge hier in my woel.

Dankie HERE vir rustigheid en dat U GEES vir my besluit;
Solank ek nederig voor U bly, Trek U my nader aan U Sy.
Dankie vir U SEUN se Bloed, waar Hy vir almal se sondes moes boet.
Ek sit nou en gee U Al die EER;
Want U SAL altyd oor die Heelal BLY REGEER!

Hornett
16 Sep 2011, 08:02
SUID AFRIKA SE LIEFDE AAN DIE BLOM!!!!


Die gras staan hoog, die alwyn droog.

Die bosse wag vir die eerste ren;

Ek kyk oor die vlaktes, die doring bosse groen, ons is gesen!

Die tarentaal pik pik oor die aarde heen;

En vlug vir die geringste voertuig dreun.

Die briesie streel hier oor my vel, oor 'n Afrika storie wat hy vertel;

Van waar hy kom en waar gaan hy heen?

Daai antwoord ken slegs hy alleen.

So vr die berg en vlaktes strek, het elke vol en dier sy plek.

Die sonnetjie laag....laat middag bron;

Hou Suid Afrika se Liefde aan die blom!

Die Ou Man
19 May 2013, 11:39
Winternag
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
le die velde in sterlig en skade
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk grashalm se vou
blink n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!