PDA

View Full Version : Radio inligting



Baardman
26 Feb 2008, 08:30
FM radios praat op 'n spesifieke frekwensie, en kan 'n addisionele toonfrekwensie uitsaai om privaatheid te help. Hierdie word "CTCSS tones" genoem. Die radio skakel sy luidspreker af as die spesifieke privaatheids frekwensie nie teenwoordig is in 'n uitsending nie. Op hierdie manier kan twee groepe in dieselfde omgewing dieselfde hoof-frekwensie gebruik (met verskillende CTCSS frekwensies, en solank hulle nie tegelykertyd uitsaai nie) sonder dat hulle mekaar kan hoor. Daar is ook alternatiewe privaatheids skemas, bv. DCS (d.w.s. CTCSS is nie die enigste metode nie).

Die Zartek Eco (WT202) en Pro8 (WT206) radios gebruik "CTCSS tones". Volgens Zartek is die Pro8 kanaal-versoenbaar met die Eco radios (d.w.s. die Eco radios kan met die Pro8 radios praat, die Pro8 kan net verder praat en het meer funksies). Hulle is UHF (ultra hoë frekwensie) FM radios. Hier volg die inligting vir Zartek Pro8 radios (gebruik dit om van 'n programmeerbare UHF radio na Zarteks te kan praat).

Zartek Pro8 (en Eco)

Kanaal en frekwensie:

1 - 446.000 MHz
2 - 446.0125 MHz
3 - 446.025 MHz
4 - 446.0375 MHz
5 - 446.050 MHz
6 - 446.0625 MHz
7 - 446.075 MHz
8 - 446.0825 MHz

In elke geval is subkanaal "00" gewone FM, sonder CTCSS. Die CTCSS tone frekwensie vir die onderskeie subkanale is soos volg:

Subkanaal en frekwensie:

01 - 67.0 Hz
02 - 71.9 Hz
03 - 74.4 Hz
04 - 77.0 Hz
05 - 79.7 Hz
06 - 82.5 Hz
07 - 85.4 Hz
08 - 88.5 Hz
09 - 91.5 Hz
10 - 94.8 Hz
11 - 97.4 Hz
12 - 100.0 Hz
13 - 103.5 Hz
14 - 107.2 Hz
15 - 110.9 Hz
16 - 114.8 Hz
17 - 118.8 Hz
18 - 123.0 Hz
19 - 127.3 Hz
20 - 131.8 Hz
21 - 136.5 Hz
22 - 141.3 Hz
23 - 146.2 Hz
24 - 151.4 Hz
25 - 156.7 Hz
26 - 162.2 Hz
27 - 167.9 Hz
28 - 173.8 Hz
29 - 179.9 Hz
30 - 186.2 Hz
31 - 192.8 Hz
32 - 203.5 Hz
33 - 210.7 Hz
34 - 218.1 Hz
35 - 225.7 Hz
36 - 233.6 Hz
37 - 241.8 Hz
38 - 250.3 Hz

Groete
Baardman

Baardman
26 Feb 2008, 08:33
Die volgende nuttige radio dienste is beskikbaar op kortgolf (SW, of HF):

BBC World Service

6.190 MHz AM (beter opvangs in die dag)
3.255 MHz AM (beter opvangs in die aand/nag)

Voice of America

6.080 MHz AM (dag)
4.930 MHz AM (nag)

Ek vind veral die nuusberigte van die BBC World Service interessant - goed wat ons nooit op ONS nuus hoor nie...

Groete
Baardman

Baardman
26 Feb 2008, 09:24
Die ou burgerband-radios (CB) het 'n maksimum van 40 kanale gehad, waarvan slegs 9 is Suid-Afrika wettig was (kanale 19-27). CB frekwensies het verskil tussen Amerika en Engeland. Ons het die Amerikaanse frekwensies gebruik.

CBs het in die 27MHz (HF) bereik gewerk, en was gewoonlik AM. Die beter stelle kon ook SSB ("single side band") praat wat die verrigting verbeter het. CB radios is nie meer baie gewild nie, wat beteken dat hulle soms goedkoop in pandjieswinkels beskikbaar is.

Kanaal, frekwensie

01 - 26.965 MHz
02 - 26.975 MHz
03 - 26.985 MHz
04 - 27.005 MHz
05 - 27.015 MHz
06 - 27.025 MHz
07 - 27.035 MHz
08 - 27.055 MHz
09 - 27.065 MHz
10 - 27.075 MHz
11 - 27.085 MHz
12 - 27.105 MHz
13 - 27.115 MHz
14 - 27.125 MHz
15 - 27.135 MHz
16 - 27.155 MHz
17 - 27.165 MHz
18 - 27.175 MHz
19 - 27.185 MHz
20 - 27.205 MHz
21 - 27.215 MHz
22 - 27.225 MHz
23 - 27.255 MHz
24 - 27.235 MHz
25 - 27.245 MHz
26 - 27.265 MHz
27 - 27.275 MHz
28 - 27.285 MHz
29 - 27.295 MHz
30 - 27.305 MHz
31 - 27.315 MHz
32 - 27.325 MHz
33 - 27.335 MHz
34 - 27.345 MHz
35 - 27.355 MHz
36 - 27.365 MHz
37 - 27.375 MHz
38 - 27.385 MHz
39 - 27.395 MHz
40 - 27.405 MHz

Groete
Baardman

Baardman
26 Feb 2008, 09:49
Lisensiëring

Behalwe vir die klein tweerigting radiotjies soos die Zartek, Oregon Scientific en Motorola modelle wat by buitelugwinkels te koop is, het alle radios lisensies nodig. Selfs CBs.

Lisensiering in SA word deur ICASA gedoen, die aansoekvorms vir lisensies is sommer op ICASA se webtuiste beskikbaar (http://www.icasa.org.za).

Soos ek dit verstaan kos 'n CB lisensie R33 per jaar. Daar mag 'n aanvanklike (eenmalige) ekstra bedrag wees.

Elke radio moet gelisensieer wees. Vir HF radios (soos wat trokke gebruik) en VHF radios (soos in die 4x4 wereld gebruik) word 'n radio net vir 'n spesifieke frekwensie gelisensieer.

Die alternatief is om die operateur te lisensieer - in die vorm van 'n radio amateur lisensie. Daar is eenmalige kostes, maar daarna is dit maar sowat R27 per jaar. Amateurs mag op 'n verskeidenheid van frekwensies praat, en mag meer as een radio besit onder hul amateur lisensie. Amateur eksamens word twee maal jaarliks geskryf, Mei en November. Die SA Radio Liga (http://www.sarl.org.za) kan hiermee help.

Hier is 'n skakel met baie inligting oor radios en lisensiëring (gerig op 4x4 gebruikers): http://www.beadbreaker.co.za/radio_qa.htm

Groete
Baardman