PDA

View Full Version : Waar staan ons

Bosperd
4 Feb 2008, 20:12
Ek is al 'n geruime tyd op die forum, eers vir 'n jaar as 'n gas, en vandaar as 'n lid. Ek lees amper elke dag die poste, en pos ook maar my kommentaar.

Ek het 'n paar dinge waaroor ek wonder, en miskien kan julle my antwoord:

1. Sien julle dat die forum ons enigsins gehelp het om die volk positief bymekaar te kry, of dien dit maar as 'n tydsverdryf waar elkeen sy eie smarte en vreugdes net kan deel, maar daar gebeur niks verder nie?

2. Sien julle die BVS as 'n groot en magtige stigting, of ploeter ons maar net voort? Watse voorstelle het julle, en hoe sal julle 'n groot en magtige organisasie beskryf, en ook dan, hoe sal julle die BVS graag wil sien?

3. Wat verwag julle, as forum lede en volksregister lede van die BVS, en hoe dink julle gaan ons daarby uitkom?

NS- ek bedoel hierdie glad nie as negatief nie, en wil ook asb positiewe bydraes sien as kommentaar.

francois.conradie
4 Feb 2008, 21:23

Self nou al so rukkie op die forum en voel ek wil graag jou vrae beantwoord van my oogpunt.

1. Ek dink die forum het tot dusver gehelp mense by mekaar kry maar het moontlik van ons mense laat distansieer ook. Ek wil duidelik maak dat ek vir seker glo dat sonder die forum sou ons almal maar nog by ons huise gesit het en geglo het alles om ons is normaal en maar deel van ons liewe land se veranderings proses. Ons Volk is nou meer waaksaam, bedag, betrokke, verenig en dit groei by die dag net sterker en sterker. Hoor ons magtige dreuning!!!!!!!

2. BVS is nog lank nie n magtige stigting nie, alles begin maar as n saatjie, ontkiem, groei en as jy jou oe uitvee staan daar n magtige groot en sterk Geelhout boom. Ek sal niks van BVS verander nie, genoeg van verandering! Opbou, opbou, opbou, dit is wat BVS doen en dit is wat ons as Volk nou moet doen en op konsentreer!

3. Ek verwag niks maar niks van BVS nie, BVS is n stigting vir ons Volk, n stigting waaraan ons Volk moet werk en bou, ek verwag baie van ons Volk, ek verwag van ons Volk om weer hul wortels te vind, die wortels te voed en sterk geanker te staan... Hierby sluit ek my self in.

LANK LEWE ONS TROTSE BOERE VOLK!!!!

Slagdoppie
4 Feb 2008, 21:44

Ek dink die forum maak baie mense bymekaar. Ek dink ook dat dit maak baie wakker.
Sodra hulle dan meer sien wat gaan aan, dan versprei hulle weer BV se naam.
Ek dink dis een baie goeie kettingreaksie.

Saarkie
4 Feb 2008, 22:04
Slagdoppie,

Ja ek stem saam met jou daar....

Die forum bereik regtig baie mense!!!

Bosperd
5 Feb 2008, 08:27
Ek het gewonder of ons nie meer mense bewus kan maak van ons bestaan en ons doel deur bv meer positiewe projekte aan te pak nie. Soos bv as elke lid R10 of R20 per maand bydra kan ons baie meer vermag as wat ons tans in ons huidige situasie kan doen. Ons sal ook dalk n prokureur kan aanstel om bv die Majuba dek. vir ons kan dryf ens. Wat dink julle daarvan?

Saarkie
5 Feb 2008, 08:42
Ek dink dis 'n wonderlike idee!!! dit kan dalk net werk!! Ek meen , wat is R10 regtig vandag?

Dit sal nie teveel aan jou sak raak nie!
Bosperd, kontak vir Kantoor Tannie met jou idee, ek dink dit kan werk !

Hennovdm
5 Feb 2008, 08:59
Ek het op die web rond gesweef opsoek na nog mense wat soos ek dink want dit het op 'n stadium gelyk of ons hele volk verlore gegaan het, of almal blind geword het.

Dit is toe dat ek op BV afkom, hier was mense wat verstaan en soos mens voel en dink. Ek het dadelik tuis gevoel.

Ek het besluit ek moes meer betrokke raak, omdat dit my plig is net sso dit elke ander lid van die Boerevolk se plig is. Ek het besef baie mense dink altyd "Iemand anders sal dit doen" dit is nie so nie, as elkeen van ons nie self inklim nie gaan niks gebeur nie.

Die geld kwessie:
Ek het dit al baie keer probeer aan die gang kry. Mense is maar nie bereid om R10 per maand vir hul selfbeskikking te betaal nie. Daai R10 per maand sal dinge baie bespoedig, maar ongelukkig sit ons met baie praters op die plaaswerf.(Wat nie vry wil wees nie)

Ek sal so inisiatief steeds enige tyd ondersteun.

Bosperd
5 Feb 2008, 13:58
Henno

Mense is maar nie bereid om R10 per maand vir hul selfbeskikking te betaal nie. Daai R10 per maand sal dinge baie bespoedig, maar ongelukkig sit ons met baie praters op die plaaswerf.(Wat nie vry wil wees nie)

Ek dink ek begin met jou saam te stem hieroor.

Dit lyk vir my dat ek tog gedeeltelik reg was. Hierdie webwerf is maar om die mense in die kuber ruimte bymekaar te kry, maar nie in die werklike lewe nie. Daar was ook nie veel insette gewees op hierdie draad nie.

Hennovdm
5 Feb 2008, 14:25
Jy het 2 gekry wat bereid was om iets op te offer, 3 saam met jou. Ek kon al voor die tyd vir jou gese het wat die resultaat sou wees. Die woord "keyboardkryger" is gepas, en dit is waar dit bly.

Hulle leef nog te lekker. Party moet eers hulle koppe stamp voor hulle wakker skrik.

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 14:48
Dankie. Met R30 'n maand sal ek seker elke 3maande darem 'n pak papier kan koop, waarop ek nog lid vorms sal kan druk.
Ek sal nie daarmee kan e-posse stuur nie, en glo my, op hierdie stadium word lede sonder e-pos adresse nie eens gekontak nie, want wie gaan 7000 mense uit hul eie sak uit bel?
As ons eerder die papier los, kan ons miskien 1keer elke 10maande 'n goedkoop saal huur vir R300, om darem so 'n ou klein vergaderingkie te kan hou!

Barend Pienaar
5 Feb 2008, 17:06
Kantoor tannie jy het nou nie my R 10.00 bygereken nie.

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 17:11
Dankie Barend,

Nou sal ons darem 'n groter saal kan huur vir R400! Miskien oor 20 jaar sal ons dan in so ongeveer 20 dorpe vergaderings kon hou! Ons vorder, stadig maar seker.

....Aanstap rooies die pad is lank en swaar, ....

Barend Pienaar
5 Feb 2008, 17:15
Wie betaal die vergadering op die 8 ste Februarie 2008?,en word die sprekers betaal.

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 17:19
Die kostes van die saal huur gaan ek betaal vir die 8ste en die 9de. Die sprekers kom op eie onkoste deur en bied gelukkig hulle dienste gratis aan. As daar geld was, sou ek graag vir Ds Andre van den Berg gevra het, aangesien hy ook berading bied vir mense oor die toekoms van ons land, en hy het ook 'n Siener van Rensburg DVD wat hy verkoop.

Alle skryfbehoeftes en vorms kom direk uit 3 lede se sak.

Barend Pienaar
5 Feb 2008, 17:36
Gaan Ds A v d Berg ook by die vergadering wees en of gaan hy nie daar wees nie.

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 17:40
Ons het hom nou genooi om te kom insit, maar nie om te praat nie.

Barend Pienaar
5 Feb 2008, 17:53
Dit klink goed.Gaan hy van sy laserskywe daar verkoop.

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 17:56
Nee, hy is net genooi as 'n gas. Ek sal met hom gesels as hy daar is, want heel moontlik kan ons 'n tweede vergadering reel met hom as hoofspreker, spesifiek oor Siener van Rensburg. Ek dink dit sal baie belangstellendes lok.

Rooi Jan
5 Feb 2008, 22:21
Om jou vrae te beantwoord, ja ek dink die werf en die BVS bereik iets. Ek het in 2006 begin onrustig raak veral nadat die hoofsekuriteitsprinkan geseg het ek moet my goed vat en loop. Ek het begin agterkom dat daar week na week berigte in die nuus is oor die een of ander staatsdepartement wat al weer droggemaak het. Omdat ek in die bedryf is, het ek aan die Internet gedink as 'n manier om protes aan te teken. In my soeke op Google het ek op 'n paar werwe afgekom wat my aangegryp het. Hierdie was een van hulle. Sedertdien het ek vele mense ontmoet wat soos ek dink en voel. Hulle is almal wonderlike mense en ek het al soveel nuwe vriende gemaak. Dit het eintlik my hele lewe verander. Sonder hierdie werf sou dit nie gebeur het nie.

Party dae voel 'n mens maar so 'n bietjie mismoedig as jy sien hoe fel die aanslag is. Dan dink jy weer aan hoeveel ander Boere al vir die stryd gedoen en opgeoffer het. Dan trek jy die sleutelbord en die muis nader en doen maar weer jou deeltjie.

jpvdwalt
6 Feb 2008, 06:25

Alles kom van jouself en al gebeur wat jy kan nie jouself keur om weer betrokke te raak nie. N boer bly n Boer en is deel van jou verlede en is beslis deel van ons toekoms. Daar sal altyd goed gebeur om mens weer te laat dink of dit waarvoor jy (ons) stry die regte ding is, en dis dan waar jou "blou bloed" navore kom en jy weet as jy niks doen of se nie is jy net soos die ander jingo`s. Ek is eerder saam met my volk as teen my volk want as jy teen die volk is is jy ook teen God. God is en sal ook altyd deel van ons lewe en geskiedenis wees.
Ons moet net onthou hoe veller die aanslag hoe sterker maak dit die volk.

Saarkie
6 Feb 2008, 14:13
Haai nee julle kan nie so haastig wees om te dink julle is net vier nie. Ek is nou nie meer so gereeld op die forum nie, want ek werk my vrek! Hierdie forum is my "life-line" net soos die kinders se selfone hulle "life-line" is. (die mense met kinders wat selfone het, sal nou weet wat ek sê).

Ek weet ook dat ons al baie mense bereik het hier, maar die wat ons hier bereik het, is nie al Boere wat daar buite is nie. Daar is baie wat nie elektronies bevoegdhede het nie, dus moet ons bietjie daarna ook kyk.

"...deur storms sal ons jou vlag dra..." ;en deur storms gaan ons BVS dra!!!!

Boerste Groete
Nb

ps. Hierdie was eintlik Koffie-Bokkie, Saarkie se seine interfeer bietjie met myne.

Lets Pretorius
7 Feb 2008, 07:07
Self nou al so rukkie op die forum en voel ek wil graag jou vrae beantwoord van my oogpunt.

1. Ek dink die forum het tot dusver gehelp mense by mekaar kry maar het moontlik van ons mense laat distansieer ook. Ek wil duidelik maak dat ek vir seker glo dat sonder die forum sou ons almal maar nog by ons huise gesit het en geglo het alles om ons is normaal en maar deel van ons liewe land se veranderings proses. Ons Volk is nou meer waaksaam, bedag, betrokke, verenig en dit groei by die dag net sterker en sterker. Hoor ons magtige dreuning!!!!!!!

2. BVS is nog lank nie n magtige stigting nie, alles begin maar as n saatjie, ontkiem, groei en as jy jou oe uitvee staan daar n magtige groot en sterk Geelhout boom. Ek sal niks van BVS verander nie, genoeg van verandering! Opbou, opbou, opbou, dit is wat BVS doen en dit is wat ons as Volk nou moet doen en op konsentreer!

3. Ek verwag niks maar niks van BVS nie, BVS is n stigting vir ons Volk, n stigting waaraan ons Volk moet werk en bou, ek verwag baie van ons Volk, ek verwag van ons Volk om weer hul wortels te vind, die wortels te voed en sterk geanker te staan... Hierby sluit ek my self in.

LANK LEWE ONS TROTSE BOERE VOLK!!!!

Francois,
Baie dankie vir n baie goeie opsomming en skitterende inset. Dis inderdaad so dat die BVS ongeveer twee jaar gelede die lig gesien het. As ons terugkyk na ons baanrekord (trekrekord pas vir my baie mooi) dan kan ons met reg dankbaar wees. Ons is tans die enigste momentum (ek noem dit doelbewus nie organisasie of instansie of stigting nie, want dis die Boerevolk wat in beweging kom) wat duidelik uitspel: "ONAFHANKLIKHEID VIR DIE BOEREVOLK" en dit daagliks op al die terreine waarmee ons besig is uitleef.
Ek weet nie waar jy bly nie maar sou jou graag Vrydag en Saterdag wou sien??
Boeregroete,
Lets Pretorius

PJF le Roux
7 Feb 2008, 22:46
Ek kan nie finansieel bydra nie, maar probeer darem om so n bietjie te help waar ek kan.Ek dink werk vir jou Boerevolk is ook belangrik.