PDA

View Full Version : Pretoria Vergadering 8 Februarie



Kantoor Tannie
1 Feb 2008, 14:32
AAN ALMAL, NEEM KENNIS ASB

INLIGTINGS VERGADERING IN PRETORIA 8 FEBRUARIE

AP Kerk
18h00 tot klaar
Bring saam:
Eie water/koeldrank saam. Asb, geen alkohol.
Vriende en Familie
Positiewe gesindheid

Daar sal koeriers te koop wees teen R20 elk of R30 vir twee

Bosperd
1 Feb 2008, 18:44
Dit is die Afrikaanse Protestantse kerk,
Walterlaan 1430
Waverley

Sal later 'n padkaart plaas vir die wat belangstel

Rooi Jan
2 Feb 2008, 19:58
Asseblief mense, laat weet almal wat julle ken per vonkpos, SMS en mikstok van hierdie een.

Saarkie
4 Feb 2008, 10:02
Mense,

Bring asseblief julle kinders saam!!! Kry hulle ook betrokke!

Onthou net, dat die jeug is die toekoms, die toekoms waaraan ons almal nou werk, die toekoms wat oom Siener gesê het vir ons wag, ons toekoms!

Kry hulle betrokke, lig hulle in!!! Ons moet die jeug betrokke kry, en hulle kry dat hulle op die jeug laer begin praat, vrae vra, en gesels!!!

Boerenooi Groete

Saarkie

Kantoor Tannie
4 Feb 2008, 18:42
Ek kry redelik baie e-pos terugvoering ivm die vergadering!
Almal wat kan, moet asb vir my 'n paar Volksregister inskrywings vorms saambring. Die mense wat ekstra penne het kan dit gerus ook maar vir ons bring asb.

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 16:18
As daar mense is wat miskien so 15min vroeer kan kom sal dit gaaf wees as julle my net gou kan help stoele regskuif.

Stoffel
5 Feb 2008, 17:39
Dit is die Afrikaanse Protestantse kerk,
Walterlaan 1430
Waverley

Sal later 'n padkaart plaas vir die wat belangstel

Tannie Kantoor,
Is dit nie op die hoek van Ben Swart en Japonica nie?
Ek stuur die kaart na Woogie om te laai.

Boeregroete,
stoffel

Rooi Jan
5 Feb 2008, 18:04
O wereld, dit lyk my ek het die verkeerde adres versprei. Sal maar weer dit moet oordoen.. :uhoh:

Kantoor Tannie
5 Feb 2008, 18:07
Nee, wag eers. Die eerste adres is direk uit die foongids gekry, en stem ooreen met die nommer wat ons gebruik het vir die saalbespreking. Maar andersins, sal ons net 'n herleidings-bordjie opsit na die regte adres, dis 'n blok uitmekaar.

Slagdoppie
5 Feb 2008, 21:33
Tannie Kantoor,
Is dit nie op die hoek van Ben Swart en Japonica nie?
Ek stuur die kaart na Woogie om te laai.

Boeregroete,
stoffel

Hier is die kaart wat oom Stoffel aan my gestuur het.

Hennovdm
6 Feb 2008, 07:05
Kantoor tannie

Ek sal regtig probeer om daar te wees.

Maar ek gaan vroeg moet loop.

Ek dink steeds ons moet die vergadering vroeer begin.

Kantoor Tannie
7 Feb 2008, 18:34
Henno,

Baie dankie. Ons sal dit waardeer. Miskien kan jy net vir ons so 'n 15 min toesprakie hou, voor jy ry?? Ons sal jou eerste op die program sit.